# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2015 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2015, 9 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-june-july-2015-memo/1d91eb2d-8374-4c71-b5a6-1f915bdd5604
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-june-july-2015-memo/1d91eb2d-8374-4c71-b5a6-1f915bdd5604)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P1 June July 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-june-july-2015/37fb3790-ac90-40b8-8e30-19a5b23e458e) — QP · 2015 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            AFRIKAANS HUISTAAL V1

                                        2015

                                  MEMORANDUM

                                                                      PUNTE: 70

                      Hierdie memorandum bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                            2                                       DBE/2015
                                         SSE – Memorandum

AFDELING A: LEESBEGRIP
Nasien van die leesbegrip:
•     Spelfoute in eenwoord-antwoorde word by Huistaal gepenaliseer.
•     Spel- en taalfoute in langer antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die fokus op
      begrip is.
•     Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
      SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
•     Vir WAAR/ONWAAR- of FEIT/MENING/LUG JOU MENING-vrae, word nie punte
      toegeken        vir  WAAR/ONWAAR            of    FEIT/MENING         nie.   Slegs     die
      redes/motivering/aanhalings kry punte.
•     Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
      aanhalingstekens ontbreek nie.
•     Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat ’n volsin gee, is dit korrek mits
      die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
•     Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee ’n hele reeks, word
      slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
•     Indien die kandidaat woorde uit ’n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel
      verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde
      woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die
      antwoord vereis word, word dit aanvaar.
•     Aanvaar dialektiese variasies.
•     Vir meervoudigekeuse-vrae word sowel die letter as die korrekte antwoord wat ten volle
      uitgeskryf is, aanvaar.
VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.)
Vraag      Antwoord (voordeel van die twyfel aan die kandidaat)                                    Punt
1.1.1      Nuusberigte/gebeure (wat in 2014 opslae gemaak het)./Berigte in nasionale koerante
           (wat verlede jaar in die nuus was)./Berigte oor ekonomiese sake/geldsake/finansiële
           sake (wat verlede jaar in die nuus was). √                                              1

1.1.2      Die woord anders word gekursiveer ter wille van beklemtoning/uitheffing van die
           andersheid daarvan. √
           Sakebeeld word gekursiveer aangesien dit ’n eienaam/naam van ’n koerant/
           tydskrif is. √                                                                  2

1.2        Ja
           Die spreker/joernalis is nog nie seker dat dit wel die geval gaan wees nie./
           Dit moet nog plaasvind./Hy kan nog nie die vraag antwoord nie./kan nog nie die
           antwoord verskaf nie.√                                                         1

1.3        In 2008 was die oorsaak die verskaffing/gehalte van steenkool. √
                                                    EN
           Die 2008-probleem kon redelik vinnig opgelos word./
           In 2015 is die probleem swak tegniese onderhoud en infrastruktuur./
           Die oplossing van infrastruktuurprobleme is iets wat baie tyd verg./
           Infrastruktuur het nie korttermynoplossings nie. √√                                     3
           Enige TWEE van bogenoemde antwoorde binne konteks is aanvaarbaar.
1.4        Een √
           “vuurdoop” √                                                                            2

1.5        Hoër belastings √ onderdruk ekonomiese groei.
           Hoër rentekoerse √ onderdruk ekonomiese groei. √
           Ekonomiese groei gaan nie plaasvind nie./gaan onderdruk word./gaan baie laag
           wees. √                                                                      3

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          3                                       DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

1.6       Dit/Nuwe stakings behoort nie so ekstreem te wees soos die vorige staking/2014 se
          staking nie. √                                                                    1

1.7       Ja
          Die nuwe (waarnemende) hoof het ’n bewese rekord van sukses en/of hy het ’n plan
          van aksie om die SAL reg te ruk. √

                                                  OF
          Nee
          Dis prakties onmoontlik om ’n bankrotonderneming binne drie maande reg te ruk. √       1

1.8       Nee

          Cees Bruggemans wat ’n ekonoom is, sê dis nie so nie./Sterker ekonomiese groei
          (en gepaardgaande rentekoersverhogings in Amerika) sal ’n negatiewe impak op die
          Suid-Afrikaanse ekonomie hê./SA duur te staan kom./veroorsaak dat die rand verder
          verswak teen die dollar wat SA en/of sy inwoners negatief sal beïnvloed. √        1
          Ja-antwoord kan nie korrek wees nie.

1.9       Kundige bestuurders moet aangestel word √ om dienslewering te verbeter. √ /
          Die poskantoor gaan nie verbeter nie/die diens gaan nie verbeter nie √ daarom sal
          digitale kommunikasie nie verbeter nie. √
          Die poskantoor kan nie hulle finansies goed bestuur nie, √ want hulle het die regering
          weer om ekstra finansiële hulp gevra. √                                                2

1.10      Dit hef die verdere hoofgedagtes/voorbeelde van/verdere belangrike ekonomiese
          gebeure uit. √                                                                1

1.11      Nee

          Die joernalis gee doodgewone feite./skryf oor werklike nuuswaardighede./kies nie
          kant nie en/of sê niemand sleg nie./is objektief. √                              1

1.12      Ja

          Volgens kundiges/Alwyn Smit gaan beurtkrag ’n groot invloed op ons finansies
          hê, want meer mense sal in kragopwekkers moet belê./elektrisiteit sal duurder word./
          Die minister van finansies/Internasionale Monetêre Fonds/kundiges voorspel hoër
          rentekoerse wat mense sal dwing om versigtiger met geld te werk./
          Persoonlike belasting kan verhoog word, aldus Bruggemans/kundiges/die
          minister wat mense finansieel sal beïnvloed./
          Mense wat in die mynboubedryf werksaam is, kan deur stakings beïnvloed word
          wat ’n invloed op hulle beursies sal hê./
          Vliegtuigkaartjies van SAL kan duurder word wat mense sal dwing om anders te
          reis/meer te betaal./
          Die rand kan teenoor die dollar verswak – reisigers sal dan meer betaal wanneer
          hulle Amerika toe reis./
          Poskantoordienste sal mense dwing om digitaal te kommunikeer wat beteken
          dat mense meer moet belê in rekenaars, internet ens. √√√√

          Die kandidaat gee enige VIER feitelike bewyse uit die teks.
                                                  OF
          In die teks kom daar baie voorbeelde van probleme wat almal se sakke raak voor. √      4

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           4                                       DBE/2015
                                        SSE – Memorandum

1.13      Die groter letters wil die belangrike(r) woorde beklemtoon./hef die tema van die
          spotprent uit. √

          Mense wat nie (vir die gebruik van die pad/paaie/snelweg) wil betaal nie, moenie die
          pad/snelweg gebruik nie./moet ’n alternatief oorweeg. √                              2

1.14      Die vrou is duidelik ontevrede met die situasie √ terwyl die man (en donkie) tevrede is
          met die plan wat hulle maak om geld te spaar. √/
          Die vrou is spoggerig/volgens die nuutste modeneigings geklee/selfs met donkerbril
          en oorkrabbe, √ terwyl die tema fokus op geldbesparingsmaatreëls/dit lyk nie of die
          vrou bewus is daarvan dat bespaar moet word nie. √/
          Die tema fokus op besparingsmaatreëls, √ terwyl die vrou sarkasties is oor die
          moontlikheid van goedkoper vleis. √                                                     2
          Enige EEN, maar beide kante moet gestel word.
1.15      Dié spotprent het in 2013 verskyn – dieselfde nuusberigte het in 2014 verskyn aldus
          die teks en sal weer in 2015 (waarskynlik) nuuswaardig wees. √/
          Die teks verwys na sake wat die verbruikers gaan geld kos, soos elektrisiteit, terwyl
          die spotprent direk na die prys/koop/besparing ter wille van elektrisiteit verwys. √/
          Volgens die koerantopskrif in die Volksblad styg pryse van krag en petrol terwyl die
          slotparagraaf pertinent verwys na uitgawes wat jou sak raak. √/
          Dis duidelik dat die slot mense waarsku teen verhoogde uitgawes in 2015 wat hulle
          gaan dwing om allerhande besparingsmaatreëls in te stel; dis presies wat die
          spotprent suggereer terwyl dit reeds in 2013/die verlede plaasgevind het. √√√         3
          Enige DRIE afleidings, binne konteks, is aanvaarbaar, mits albei tekste in die
          antwoord genoem/betrek word.

                                                                     TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           5                                       DBE/2015
                                        SSE – Memorandum

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2
Nasien van die opsomming

•      Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ’n opskrif/titel te
       voorsien nie.
•      Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
•      Slegs wenke wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
•      Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie, word
       die eerste opsomming nagesien.
•      Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
•      Indien die kandidaat die opsomming puntsgewys aanbied, word dit nagesien.

•      Punte word soos volg toegeken:
      o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
      o 3 punte vir taal
      o Puntetotaal: 10

•     Verspreiding van taalpunte wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal het nie:
      o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe
      o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe
      o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe

•      Verspreiding van taalpunte wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het.
       o 6–7 direkte aanhalings: ken geen taalpunte toe nie
       o 1–5 direkte aanhalings: ken 1 punt vir taal toe

LET WEL:
•    Tel van woorde:
     o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
     o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui het nie of
         as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
     o Indien die kandidaat die vereiste getal woorde oorskry, lees tot by 90 woorde, lees
         die sin tot aan die einde en ignoreer die res van die opsomming.
     o Korter opsommings wat die vereiste wenke bevat, mag nie gepenaliseer word nie.

ŉ Opsomming wat in paragraafvorm aangebied word, kan die volgende moontlike
bewoording gebruik:

Neem jou geliefde se gevoelens in ag. Bepaal vooraf of sy met jou wil trou en lig haar ouers in
oor jou planne. Indien jy ’n restaurantaand oorweeg, moet jy dit vooraf besoek en ’n geskikte
tafel kies. Laat haar toe om die ring van haar keuse uit te soek. Maak baie seker dat die aard
van die geleentheid vir haar lekker sal wees: beplan iets waarvan sy sal hou. Onthou ook dat
sy goed/spesiaal sal wil lyk en voel wanneer jy die vraag vra.
                                                                            Getal woorde: 85

                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
    Afrikaans Huistaal/V1                             6                                         DBE/2015
                                              SSE – Memorandum

              AANHALING UIT TEKS                             MOONTLIKE BEWOORDING
1       Neem die gevoelens van die mens aan            A   Neem jou geliefde se gevoelens in ag.
        wie jy die huweliksaansoek wil rig, in ag.

2       Probeer die onderwerp vóór jou huweliks- B         Bepaal vooraf of sy met jou wil trou.
        aansoek aanroer, sodat jy seker is oor
        haar gevoelens vir jou.

3       Dit klink dalk outyds, maar neem haar          C   Lig beslis haar ouers in oor jou planne.
        ouers ook in ag.

4       Indien jy beplan om die vraag in ’n            D   Indien jy ’n restaurantaand oorweeg,
        restaurant te stel, reël vooraf vir ’n tafel       sorg dat jy vooraf reël vir ’n geskikte
        wat aan julle bietjie privaatheid sal gee.         tafel.

5       Behalwe as jy presies weet waarvan sy          E   Laat haar toe om die ring van haar
        hou, moenie namens haar ’n ring kies               keuse uit te soek.
        nie.

6       Neem die voorkeure van jou geliefde            F   Maak seker dat die aard van die
        in ag wanneer jy haar om haar hand vra.            geleentheid vir haar lekker sal wees.

7       Moenie die huweliksaansoek doen                G   Maak seker dat sy goed/spesiaal lyk en
        wanneer sy op haar slegste lyk                     voel wanneer jy die vraag vra./Moenie
        nie./Die meeste vroue sal … op hulle               die groot vraag vra wanneer sy sleg lyk
        allerbeste wil lyk en voel …                       nie.

                                                                                   Getal woorde: 85

                                                                          TOTAAL AFDELING B:                 10

    Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
    Afrikaans Huistaal/V1                            7                                         DBE/2015
                                             SSE – Memorandum

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Nasien van hierdie afdeling:
•     Spelling:
      o Eenwoord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling verkeerd is.
      o In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout in die
           taalstruktuur getoets word.
      o Waar ’n afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
•     Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in die
      instruksie aangedui.
•     By meervoudigekeuse-vrae word BEIDE die letter wat ooreenstem met die korrekte
      antwoord EN die antwoord wat uitgeskryf word, aanvaar.

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Vraag       Antwoord                                                                                   Punt
3.1.1       dramas √                                                                                   1

3.1.2       Dit trek die aandag van die leser./
            Dit hef die woord (en implikasie) uit./
            Die “drama” van die skoonma word visueel voorgestel./
            Dit versterk die stereotipe van ’n skoonma (wat altyd sleg/naar/vol drama is.) √           1

3.1.3       Ja

            Die visuele voorstelling van die skoonma ondersteun die idee van drama, want sy is
            ontevrede./stuurs./nors./onbeïndruk./lyk moeilik./lyk vol drama. √                 1
3.2         Skoonma’s veroorsaak drama./is mense wat drama veroorsaak. √

            Ja
            Skoonma’s veroorsaak dramas en daar word dramas by die kunstefees/Aardklop
            opgevoer. √
                                                      OF
            Nee
            By ’n kunstefees verwag jy letterlik meer dramas as wat ’n skoonma kan veroorsaak. √       2

3.3         ouderwetse/outydse/geskiedkundige/historiese/ouwêreldse/verouderde √                       1

            Die korrekte vorm van die woord is belangrik, m.a.w. die e-agtervoegsel is belangrik.

3.4.1       drama/toneelstuk/opvoering √                                                               1

3.4.2       Dit oortuig die leser dat die dramas van hoogstaande gehalte sal wees./
            Dit laat die leser voel dat dit die moeite werd sal wees om die dramas te sien./hy/sy
            veel armer gaan wees indien hy/sy dit nie gesien het nie./
            Dit voldoen aan vereistes vir effektiewe manipulering. √                              1

3.5         Aardklop – dit bied jou meer ... √                                                         1

3.6         Dit bied jou meer drama as waarvan jou skoonma kan droom./waarvan √                        1

                                                                                                       [10]

    Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Huistaal/V1                           8                                      DBE/2015
                                         SSE – Memorandum

VRAAG 4: STROKIESPRENT

Vraag    Antwoord                                                                                 Punt
4.1      pootuit √                                                                                1

4.2      kurkdroë √                                                                               1

         Die verbuiging moet korrek wees.
4.3      Ek het ’n paar klippe in my skoen wat ek graag met jou wil bespreek./
         Hierdie klippe lê baie seer en swaar in my gemoed./
         Gedurende droogtes kou die boere klippe./
         Om klippe met hande te probeer breek is dikwels ’n enorme uitdaging./
         Stadig oor die klippe; jy gaan jou vingers verbrand!
         Mense wat in glashuise woon, kan nie met klippe gooi nie. √                              1

         Idiome kan/mag gebruik word.

4.4      Jakkals is slu/skelm/agterbaks/geslepe. √                                                1

4.5      geslepe √                                                                                1

4.6      (vier) hoenders √                                                                        1

4.7      vonds √                                                                                  1

4.8      Dit lyk of hy niks verkeerds kan doen nie./
         Hy lyk doodonskuldig./Hy is die onskuld self. √                                          1

4.9      Wildehond sê/beveel/soebat (en sê) dat hulle (tog) (nou) moet probeer om nie weer
         droog te maak nie./
         Wildehond raas en sê dat hulle (tog) (nou) moet probeer om nie weer droog te maak
         nie./
         Wildehond sê ernstig dat hulle (tog) (nou) asseblief moet probeer om nie weer droog te
         maak nie./
         Wildehond vra (vir) hulle baie mooi dat hulle (nou) moet probeer om nie weer droog te
         maak nie. √                                                                              1

         Enige soortgelyke weergawe van die sin moet/kan aanvaar word.

4.10     Metatesis/Klankverspringing √                                                            1

                                                                                                  [10]

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Huistaal/V1                            9                                    DBE/2015
                                          SSE – Memorandum

VRAAG 5: ARTIKEL

Vraag      Antwoord                                                                           Punt
5.1        Die woord verbind met ’n afkorting./
           Samestellings met afkortings word met koppeltekens geskryf./
           Samestellings met ’n letter word met koppeltekens geskryf./
           Samestellings met ’n simbool word met koppeltekens geskryf. √                      1

5.2        (tradisionele) boeke van papier √                                                  1

5.3        vlg. √
           Diere verskil: vgl. byvoorbeeld ’n hond met ’n kat. √                              2

5.4        maandeliks √                                                                       1

5.5        Frederik de Jager wat die uitgewershoof by Penguin SA is, stem saam. √             1

5.6        Dat dit goeie nuus (vir sommige van Afrikaans se gunstelingskrywers) is √          1

5.7        Ek lees dus redelik gereeld e-boeke. √                                             1

5.8        Die woord dus dui op oorsaak en gevolg./dui op ’n gevolgtrekking./Omdat
           tradisionele boeke swaar is, lees hy eerder e-boeke. √                  1

5.9        reisgenoot √                                                                       1

                                                                                              [10]

                                                                     TOTAAL AFDELING C: 30
                                                                         GROOTTOTAAL: 70

 Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-june-july-2015-memo/8da47c41-e534-4c6b-97f6-361042b9ed60) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P3 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-june-july-2015-memo/bf8c35d0-d11d-4de1-b157-00c447f077fb) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018-memo/ec966033-9c89-4162-a085-348fa5019f1d) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2017-memo/a6422696-4ee3-497e-a363-2d437719558c) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2016-memo/f5c157e4-66bd-4457-8073-3afef745981a) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2019/367ff59a-d2b3-4a61-9ec2-462562ce9a61) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
