# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2015 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2015, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-june-july-2015/37fb3790-ac90-40b8-8e30-19a5b23e458e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-june-july-2015/37fb3790-ac90-40b8-8e30-19a5b23e458e)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             AFRIKAANS HUISTAAL V1

                                          2015

                                                                       PUNTE: 70

                                                                       TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           2                           DBE/2015
                                               SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: Leesbegrip                   (30)
          AFDELING B: Opsomming                    (10)
          AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

4.        Trek ’n streep ná elke afdeling.

5.        Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat ’n reël oop na elke antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Skryf netjies en leesbaar.

9.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A:      50 minute
          AFDELING B:      30 minute
          AFDELING C:      40 minute

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         3                                     DBE/2015
                                             SSE

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

TEKS 1: ARTIKEL

                             DIÉ SAKE RAAK JOU SAK
                         Hou dop: jy gaan anders sake doen

1       Baie gebeure wat verlede jaar die hoofopskrifte in alle nasionale koerante
        gehaal het, gaan vanjaar steeds in die nuus wees. Die Sakebeeld-redaksie
        voorspel wat in 2015 die grootste invloed op die media – en jou sak – behoort
        te hê.

2       Eerstens is beurtkrag die huidige vlieg in die apteker se salf. Beurtkrag het in
        die aanloop tot Kersfees talle nywerhede, winkelsentrums, restaurante en
        ander ondernemings groot finansiële skade berokken. Medupi sou die
        antwoord wees.

3       Teen die middel van 2015 word Medupi se eerste eenheid ten volle met die
        kragnetwerk geïntegreer. Of dié 794 MW se opwekkingsvermoë die probleme
        by ander kragstasies sal verlig, bly ’n ope vraag.

4       Alwyn Smit, direkteur van Beleggings van Sanlam Private Welvaart, sê toe die
        beurtkragkrisis in 2008 die land lamgelê het, was die oorsaak die verskaffing
        en gehalte van steenkool. “Dié keer hou dit verband met swak tegniese
        onderhoud en infrastruktuur – inderdaad ’n perd van ’n ander kleur! Daar is nie
        nou weer korttermynoplossings nie.”

5       Volgens Johan Willemse, landbou-ekonoom van die Universiteit van die
        Vrystaat, kan ons verwag dat probleme met kragverskaffing in die huidige jaar
        gaan vererger: “Trouens, swakker infrastruktuur is vanjaar ’n gegewe.
        Ondernemings belê gevolglik enorme bedrae in kragopwekkers wat die koste
        van sake doen noodgedwonge verhoog.”

6       ’n Tweede saak wat vanjaar aandag sal kry, is die ekonomie. In sy vuurdoop
        as minister van finansies het Nhlanhla Nene in die begrotingsraamwerk in
        Oktober aangekondig dat Suid-Afrika se ekonomiese groei baie traag is: “Ons
        is by ’n keerpunt, want dit plaas die staat se inkomste uit belasting onder druk.”
        Hy het, voorts, maatreëls aangekondig om die regering se uitgawes te
        verminder en gesinspeel op hoër persoonlike belasting.

7       Die Internasionale Monetêre Fonds het intussen aangedui dat die uitwerking
        van hoër belasting dieselfde is as hoër rentekoerse – nóg ’n dreigende
        moontlikheid – en dit kan ekonomiese groei onderdruk. Dit lyk na ’n bose
        kringloop vir die staat, en verhoogde belasting blyk, ongelukkig, onafwendbaar
        te wees.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        4                                       DBE/2015
                                            SSE

8         Volgens Willemse behoort daar, ná die uitmergelende viermaandelange
          staking in die mynsektor gedurende die afgelope jaar, hopelik, ’n groter
          realisme by onderhandelingstafels in die mynboubedryf te wees. Hy waarsku
          egter dat huidige onderstrominge onder etlike vakbondfaksies tot verdere
          krisisse kan lei. Hy is versigtig optimisties dat nuwe stakings nie weer sulke
          ekstreme afmetings sal aanneem nie.
9         Die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) val vanaf Desember onder die toesig en
          beheer van die waarnemende hoof, Nico Bezuidenhout, tans uitvoerende
          hoof van die doeltreffende staatsbeheerde laekostelugdiens, Mango, omdat
          die vorige SAL-hoof sy pos ontruim het. Bezuidenhout het in Desember ’n
          indrukwekkende aksieplan van 90 dae aangekondig waarin die lugdiens weer
          op koers geplaas moet word. Ons sal aan die begin van Maart weet of dit
          moontlik is om binne drie maande ’n duik te maak in die probleme van dié
          (tegnies bankrot) lugdiens.
10        Cees Bruggemans, ekonoom van Bruggemans & Associates, sê Amerika is
          nou, na die resessie, redelik goed op dreef en daarom verwag hy ’n
          rentekoersverhoging daar. Hierdie sterker Amerikaanse ekonomiese groei én
          die gepaardgaande rentekoersverhoging sal ontluikende markte en hulle
          geldeenhede (met inbegrip van Suid-Afrika) beslis duur te staan kom. ’n
          Verdere verswakking van die rand teenoor die dollar behoort darem, volgens
          hom, nie te wanordelik plaas te vind nie.
11        In 2014 het die olieprys skerp gedaal, wat ’n verlaging in brandstofpryse (wat
          Jan Alleman laat glimlag) tot gevolg gehad het. ’n Laer olieprys beteken laer
          inflasie en ’n skraler kans vir rentekoersverhogings.
12        Een vraagstuk wat dalk nie positiewe resultate sal kan oplewer nie, is die
          Suid-Afrikaanse Poskantoor se swak diens. Pos het in 2014 dakhoogte in
          stede opgestapel nadat tydelike werkers die stelsel lamgelê het ter wille van
          ’n 8%-verhoging en vaste aanstellings. Boonop het die Poskantoor die
          regering om meer as R2,3 miljoen se hulp gevra. Kan daar nog enigiets
          gedoen word om dié instelling se diens te verbeter? “Solank as wat daar nie
          kundige bestuurders aangestel word nie, sal dienslewering nie verbeter nie,”
          aldus Willemse. Verwag dus dat 2015 verbruikers sal noop om toenemend na
          digitale vorme van kommunikasie te gryp.
13        Ander sake wat die voorblaaie van koerante gehaal het, maar beslis nie
          opgelos is nie, sluit in:
          • Die paleisrewolusie by PPC Sement; die jaarvergadering op 26 Januarie
             behoort baie interessante gevolge te hê.
          • Woolworths wat deur betogende pro-Palestynse drukgroepe geboikot is;
             die saak gaan na verwagting vanjaar met ’n interdik teen die drukgroep
             opgevolg word.
          • Die ineenstorting van African Bank in Augustus wat, waarskynlik, sal lei
             tot ondersoeke na oorsake van die dilemma, en sondebokke sal
             uitgewys moet word.
14        Enigiemand wat gedink het die afgelope jaar se nuus is verby, sal in die nuwe
          jaar aan eie lyf voel dat die verlede hom telkens herhaal.
                                                   [Aangepas uit Sakebeeld, 6 Januarie 2015]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          5                                 DBE/2015
                                              SSE

1.1       Herlees die titel, subopskrif en paragraaf 1.

          1.1.1         Waarna verwys die opskrif met DIÉ SAKE?                                 (1)

          1.1.2         Waarom word anders (subopskrif) en Sakebeeld (paragraaf 1)
                        onderskeidelik gekursiveer?                                             (2)

1.2       Vind jy dit gepas dat die joernalis paragraaf 3 met die onderstreepte woorde
          afsluit? Motiveer jou antwoord.                                                       (1)

1.3       Bewys met feite uit paragraaf 4 dat die onderstreepte idioom korrek
          gebruik is.                                                                           (3)

1.4       Herlees paragraaf 6. Hoeveel begrotingsraamwerke het Nhlanhla Nene as
          minister van finansies reeds, volgens dié paragraaf, aangebied? Haal ’n
          woord aan om jou antwoord te staaf.                                                   (2)

1.5       Herlees die onderstreepte sin in paragraaf 7.

          Voer bewyse aan wat daarop dui dat die joernalis hier tot die korrekte
          gevolgtrekking kom.                                                                   (3)

1.6       Wat is Johan Willemse (paragraaf 8) se standpunt oor stakings in die
          mynbedryf in 2015?                                                                    (1)

1.7       Is daar hoop vir die SAL? Motiveer jou antwoord.                                      (1)

1.8       Stem jy saam dat positiewe ekonomiese groei in Amerika vir Suid-Afrika net
          voordele inhou? Motiveer jou antwoord.                                                (1)

1.9       Herlees paragraaf 12. Tot watter gevolgtrekking kom die skrywer oor die
          Suid-Afrikaanse Poskantoor?                                                           (2)

1.10      Gee ’n rede vir die gebruik van kolpunte in paragraaf 13.                             (1)

1.11      Dink jy die joernalis maak hom/haar in paragraaf 13, by die tweede
          aandagkol, aan diskriminasie skuldig? Motiveer jou antwoord.                          (1)

1.12      Dink jy die waarskuwing in die subopskrif word genoegsaam deur die teks
          ondersteun? Motiveer jou antwoord.                                                    (4)

                                                 EN

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        6                                      DBE/2015
                                            SSE

TEKS 2: VISUELE TEKS

                                                             [Uit Volksblad, 6 Maart 2013]

1.13    Verklaar die verskil in lettergrootte op die inligtingsbord. Dui ook aan wat met
        “hoes of koes” geїmpliseer word.                                                           (2)

1.14    Hoe weerspreek die voorstelling van die vrou die tema van Teks 2?                          (2)

1.15    Bewys met behulp van dié spotprent se inhoud dat die slotparagraaf van
        Teks 1 die waarheid is.                                                                    (3)

                                                               TOTAAL AFDELING A:                  30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          7                                         DBE/2015
                                              SSE

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

•   Lees die teks hieronder en maak ’n opsomming van SEWE belangrike aspekte wat
    ’n man in ag moet neem wanneer hy ’n meisie om haar hand vra.
•   Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm aangebied
    word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
•   Dit is nie nodig om vir die opsomming ’n titel te gee nie.
•   Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

                        STEL DIE GRÓÓT VRAAG OP VALENTYNSDAG

Valentynsdag – Dié dag word algemeen as die dag van die liefde beskou. Dit is baie
maal die dag waarop Skugter Sarels hulle liefde (hetsy romanties of dramaties) aan
Skaam Sannies verklaar. Baie ander mans gebruik dié dag om vaste verhoudings te
bevestig. Wêreldwyd is dit ook ’n baie gewilde dag waarop huweliksaansoeke gedoen
word.

Deesdae is dit verblydend dat al hoe meer mans hul huweliksaansoeke deurdink en
moeite doen daarmee.

Vir diegene wat gereed is om die groot sprong op Valentynsdag te neem, het ons ’n lysie
saamgestel van moets en moenies om in gedagte te hou.

Neem die gevoelens van die mens aan wie jy die huweliksaansoek wil rig, in ag. ’n
Emosionele tranetrekkery sal beslis nie die gewenste uitwerking op ’n rabbedoe hê nie.

Probeer die onderwerp vóór jou huweliksaansoek aanroer sodat jy seker is oor haar
gevoelens vir jou. Wat jy die minste wil hê, is dat sy dit op Valentynsdag van die hand
wys.

Dit klink dalk outyds, maar neem haar ouers ook in ag. Hulle sal jou respekteer en die
band tussen julle sal verstewig indien jy hulle van jou voorgenome planne vertel.

Indien jy beplan om die vraag in ’n restaurant te stel, reël vooraf vir ’n tafel wat aan julle
bietjie privaatheid sal gee.

Behalwe as jy presies weet waarvan sy hou, moenie namens haar ’n ring kies nie. Die
meeste vroue sal daarvan hou om hul eie een te kies. Onthou, sy is die een wat dit gaan
dra – hopelik baie lank.

Neem die voorkeure van jou geliefde in ag wanneer jy haar om haar hand vra. Dit help
nie jy beplan iets buitengewoons soos ’n helikopterrit as sy nie van vlieg hou nie.

Moenie die huweliksaansoek doen wanneer sy op haar slegste lyk nie. Die meeste
vroue sal moeite wil doen om op hulle allerbeste te lyk en te vóél wanneer die groot
vraag gestel word.

’n Huweliksaansoek is ’n baie spesiale oomblik tussen twee mense en een wat hulle die
res van hul lewens sal onthou.
                                                        [Aangepas uit Leefstyl, 12 Februarie 2014]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:                  10
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          8                                    DBE/2015
                                              SSE

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 1            Meer drama as jou

 2

 3      Van ’n kontemporêre meesterstuk,
 4      soos "Romeo en Juliet" onder regie
 5      van Marthinus Basson tot ’n ou
 6      gunsteling soos ”Faan se trein”, is
 7      een ding seker oor vanjaar se
 8      Aardklop. Dit bied jou meer
 9                 drama
10      as wat jou skoonma van kan droom.

11                   Bring jou nader aan die kunste!
12              27 September tot 1 Oktober, Potchefstroom
13                                       www.aardklop.co.za
14                                 Bespreek by Computicket
                                                         [Aangepas uit Kakkerlak, Winter 2005]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                            9                                   DBE/2015
                                                SSE

3.1       Bestudeer reël 1 en 2.

          3.1.1         Gee die meervoud van die woord drama in reël 1.                             (1)

          3.1.2         Watter bydrae lewer die skryfwyse van die woord skoonma (reël 2)
                        in hierdie advertensie?                                                     (1)

          3.1.3         Dink jy die visuele voorstelling ondersteun die teks? Motiveer jou
                        antwoord.                                                                   (1)

3.2       Opvallende vooroordeel kom in reël 1 en 2 voor. Waarin is die vooroordeel
          geleë en waarom is dit hier gepas?                                                        (2)

3.3       Gee ’n antoniem vir die onderstreepte woord in reël 3.                                    (1)

3.4       Lees reël 3 en 4.

          3.4.1         Vervang die emotiewe woord met ’n neutrale woord wat die
                        oortuigingskrag van die advertensie verminder.                              (1)

          3.4.2         Hoekom is die emotiewe woord as ’n advertensietegniek ’n beter
                        keuse vir dié advertensie?                                                  (1)

3.5       Skryf reël 8 se woorde oor en vervang die leesteken met ’n aandagstreep.                  (1)

3.6       Gee die korrekte vorm van die voornaamwoord in die sin in reël 8–10.                      (1)
                                                                                                    [10]
                                                   EN

VRAAG 4: STROKIESPRENT

Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Raampie 1                           Raampie 2                      Raampie 3

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                    10                            DBE/2015
                                        SSE

Raampie 4                  Raampie 5              Raampie 6

Raampie 7                  Raampie 8              Raampie 9

Raampie 10                 Raampie 11             Raampie 12

                                              [Aangepas uit Huisgenoot, 24 Junie 1997]

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         11                                    DBE/2015
                                             SSE

4.1       Verbeter die spelfout wat in raampie 1 voorkom.                                          (1)

4.2       Vervang die woorde tussen hakies in raampie 1 met ’n gepaste intensiewe
          vorm. Skryf net die antwoord neer.                                                       (1)

4.3       Gebruik die soortnaam in raampie 2 konnotatief in ’n sin.                                (1)

4.4       Wat is die geïmpliseerde betekenis van die eerste sin in raampie 4?                      (1)

4.5       Lei die korrekte vorm van die woord tussen hakies in raampie 6 af en skryf dit
          neer.                                                                                    (1)

4.6       Skryf die voorwerp van die onderstreepte sin in raampie 7 neer.                          (1)

4.7       Skryf die korrekte vorm van die homofoon tussen hakies in raampie 8 neer.                (1)

4.8       Verduidelik wat die onderstreepte idioom in raampie 9 beteken.                           (1)

4.9       Verander Wildehond se direkte woorde in raampie 11 na die indirekte rede.                (1)

4.10      Watter klankverskynsel kom voor wanneer die woord presentjie (raampie 11)
          as persentjie uitgespreek word?                                                          (1)
                                                                                                   [10]
                                                EN
VRAAG 5: ARTIKEL

Lees die teks hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae.

                              LEESLUS IN ’N TYD VAN E-BOEKE

1         Afrikaanse uitgewers is dit eens dat e-boekverkope in Suid-Afrika in die
          (vlg./vgl.) paar jaar nog meer gaan styg. Die vooruitsig lyk, inderdaad, positief
          – maar nié ten koste van die gedrukte, tradisionele boeke van papier nie!
          Maggie Marx het ondersoek ingestel.

2         Nèlleke de Jager, NB-uitgewers se digitale uitgewer, is tevrede met hul
          e-boekverkope sedert NB verlede jaar ook via digitale platforms begin
          versprei het. “Ons verkope het van ’n lae grondslag af gegroei, maar oor die
          afgelope jaar is daar elke maand meer boeke in e-formaat beskikbaar gestel
          en die verkope het (elke maand) ’n sterker groei getoon.”

3         Frederik de Jager, uitgewershoof by Penguin Suid-Afrika, stem saam: “Wat
          ons gevind het, was hoë volumes aan die begin – toe te skryf aan die
          aanvanklike vrystelling van feitlik ons hele aktiewe titellys. Dis gevolg deur ’n
          stadige verlangsaming.”

4         Dat dit goeie nuus vir sommige van Afrikaans se gunstelingskrywers is, wat
          byna deur die bank eerder ’n gedrukte boek verkies, laat geen twyfel nie.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        12                                       DBE/2015
                                            SSE

5         “Vir my lees ’n boek steeds makliker as ’n skerm,” sê Deon Meyer, wie se
          nuutste boek pas verskyn het. “E-boeke word dus redelik gereeld deur my
          gelees, veral as ek reis; die enigste nadeel van boeke is mos die gewig en
          massa.”
                                                      [Aangepas uit Rapport, 1 Februarie 2014]

5.1       Gee die rede vir die gebruik van die skryfteken by e-boeke (opskrif).                  (1)

5.2       In paragraaf 1 kom ’n voorbeeld van pleonasme/woordoortolligheid voor.
          Skryf die frase neer.                                                                  (1)

5.3       Kies in paragraaf 1 die afkorting wat in die sin pas en gebruik die ander
          afkorting in ’n verduidelikende sin.                                                   (2)

5.4       Vervang die onderstreepte woorde in paragraaf 2 met EEN woord wat in die
          sin pas.                                                                               (1)

5.5       Brei die onderstreepte sin in paragraaf 3 uit deur die byvoeglike bepaling as
          ’n byvoeglike bysin te skryf. Skryf die sin volledig oor.                              (1)

5.6       Skryf die onderwerpsin wat in paragraaf 4 gebruik is, neer.                            (1)

5.7       Skryf Deon Meyer se onderstreepte woorde in paragraaf 5 in die bedrywende
          vorm.                                                                                  (1)

5.8       Verskaf ’n rede waarom die verbindingswoord wat Deon Meyer in die
          onderstreepte deel gebruik, korrek is.                                                 (1)

5.9       Vorm na analogie van “huisgenoot” ’n ander woord van die gekursiveerde
          woord in paragraaf 5.                                                                  (1)
                                                                                                 [10]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:              30
                                                                     GROOTTOTAAL:                70

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 May June 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2019/367ff59a-d2b3-4a61-9ec2-462562ce9a61) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018/545e8fa8-1674-4879-89f2-de25424ab5f0) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-june-july-2015-memo/8da47c41-e534-4c6b-97f6-361042b9ed60) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P3 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-june-july-2015-memo/bf8c35d0-d11d-4de1-b157-00c447f077fb) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2015-memo/60f3e49d-7d9b-498b-ab2d-79b9cea75254) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018-memo/ec966033-9c89-4162-a085-348fa5019f1d) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
