# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2016 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2016, 8 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2016-memo/f5c157e4-66bd-4457-8073-3afef745981a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2016-memo/f5c157e4-66bd-4457-8073-3afef745981a)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2016 · Afrikaans. Memorandum, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                            AFRIKAANS HUISTAAL V1

                                        2016

                                  MEMORANDUM

                                                                    PUNTE: 70

                      Hierdie memorandum bestaan uit 8 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                             2                                           DBE/2016
                                          SSE – Memorandum

AFDELING A: LEESBEGRIP
Nasien van die leesbegrip:

•     Die fokus is op die begrip van die leesteks. Spel- en taalfoute word nie nagesien nie tensy
      dit die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal- en spelfoute moet wel aangetoon
      word.)
•     Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
      SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
•     Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
      aanhalingstekens ontbreek nie.
•     Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat ’n volsin gee, is dit korrek mits
      die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
•     Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee ’n hele reeks, word
      slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
•     Indien die kandidaat woorde uit ’n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel
      verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde
      woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die
      antwoord vereis word, word dit aanvaar.
•     Aanvaar dialektiese variasies.

VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.)
Vraag  Antwoord                                                                                       Punt
1.1    Die ervarings van die wêreld om ons/ons kinderjare bepaal ons selfbeeld./
       Hoe ander mense jou op sosiale netwerke beoordeel, bepaal jou selfbeeld. √                     1

           Dit is noodsaaklik vir emosionele gesondheid (selfwaarde/selfvertroue/
           selfaanvaarding). √                                                                        1

1.2        Tieners moet nog steeds skoolgaan./
           Hulle moet ongelukkig steeds skool toe gaan./
           Skool kan ook ’n selfbeeldbouer/-afbreker wees.
           Die skool is nie vir die tieners so belangrik soos wat die sosiale netwerke is nie. √      1

1.3        Kompulsief √                                                                               1

1.4        Om mooi te wees/om maer te wees, die regte soort selfoon te besit/klere met die
           regte handelsmerk te dra, is sukses. √√√                                        3

           Die kandidaat bied enige DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.

1.5        Ja
           Dit is jammer dat ma’s in kompetisie met mekaar staan./nie hul kinders ondersteun
           nie./een van die grootste euwels in sommige tieners se lewens is./verwag dat jou
           uiterlike by dié van jou ma aansluit.

                                                     OF

           Nee
           My ma ondersteun my./bou my selfbeeld./laat my toe om my eie mens te wees./
           kompeteer nie met my nie. √                                                                1

           Die kandidaat bied ’n soortgelyke motivering vir EEN punt aan.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                             3                                       DBE/2016
                                          SSE – Memorandum

1.6       Kinders kan dissiplineloos/rebels grootword.
          Implikasie: Daar gaan al hoe minder dissipline in gesinne toegepas word.
          Oplossing: Ouers moet weer ouers wees/hul kinders begin dissiplineer.

                                                      OF

          Tieners kan met hul selfwaarde sukkel.
          Implikasie: Dit lei tot gedragsprobleme in toekomstige huisgesinne.
          Oplossing:Die ouers moet die kind se selfwaarde met liefde/respek bou.

                                                      OF

          Dit kan lei tot ongesonde kompetisie tussen ouers en kinders.
          Implikasie: Die gesagstruktuur van die ouer verval./Die ouer se gesag is nie meer
          geloofwaardig nie./word geminag.
          Oplossing: Ouers moet weer die leiers in die gesin word.

                                                      OF

          Kinders kan die ouerhuise regeer. √                                                    1
          Implikasie: Daar heers anargie in die ouerhuise. √                                     1
          Oplossing: Ouers moet weer hul ouerskaprol opneem. √                                   1

          Die kandidaat bied ’n implikasie aan wat by sy eerste antwoord sal pas en noem hoe
          dié probleem opgelos kan word.

1.7       Wanneer die kind se beste nie goed genoeg is nie. √                                    1

          Dit het ’n verpletterende uitwerking op selfwaarde. √                                  1
          Dit lei tot gedragsprobleme. √                                                         1
1.8       Dit kan kinders kommunikasievaardighede aanleer./
          Selfwaarde kan deur sosiale netwerke gebou word. √                                     1

1.9       Gebruikers moet gebruikersetiket aanleer./
          Gebruikers moet met groot sorg/versigtig dié met wie hulle kommunikeer, kies. √        1

          Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord aan.

1.10      Dit wat in jou lewe gebeur, word gereeld/stap vir stap op Facebook geskryf. √          1

          “hiperkonnektiwiteit” √                                                                1
1.11      Bou kinders se selfwaarde.
          Gee kinders baie liefde./
          Behandel ’n kind met respek./
          Kweek gesonde idees oor identiteit./                                                   4
          Kweek sukses by kinders. √√√√

          Die kandidaat bied VIER antwoorde vir een punt elk aan.

1.12      Ja
          Die titel prikkel die leser om verder te lees.
          Die titel vat die inhoud van die teks saam.

                                                      OF

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                             4                                       DBE/2016
                                          SSE – Memorandum

          Nee
          Daar is ook positiewe aspekte wat in die teks voorkom en nie net negatief soos wat
          die titel aandui nie.
          Daar word ook oplossings aangebied. √√                                                      2

          Die kandidaat kan soortgelyke motiverings vir EEN punt elk aanbied.

1.13      Skok/verbasing/woede/ontsteltenis/ongeloof/kwaad √                                          1

1.14      Tieners kommunikeer op sosiale platforms/die internet soos wat die tieners in
          raampie 5 vir mekaar SMS’e/WhatsApps stuur./
          Tieners is van mening dat hulle verhoudings met Whatsapp kan bou. √                         1

          Sy sit met haar rug na hom toe. √                                                           1

1.15      Die tieners se selfwaarde sou ’n knou gekry het./
          Die SMS sou haar hart gebreek het.√                                                         1

          Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

          Dit is geslaagd.
          Tieners kommunikeer al minder verbaal met mekaar./eerder deur middel van
          elektroniese toestelle.√
                                                      OF
          Dit is nie geslaagd nie.
          Nie alle tieners kommunikeer deur middel van elektroniese toestelle nie./
          Heelwat tieners is nog sterk verbaal in hul kommunikasie.√                                  1

          Die kandidaat bied enige soortgelyke motivering vir EEN punt aan.

1.16      Die meisie se gesigsuitdrukking helder op./Sy glimlag/is nie meer ontsteld/ hartseer/
          geskok/verbaas nie. √                                                                       1

                                                                       TOTAAL:AFDELING A              [30]

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Nasien van die opsomming

•      Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ’n opskrif/titel te
       voorsien nie.
•      Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
•      Slegs stadiums wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
•      Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie, word
       die eerste opsomming nagesien.
•      Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.

•       Punte word soos volg toegeken:
       o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
       o 3 punte vir taal
       o Puntetotaal: 10

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          5                                          DBE/2016
                                       SSE – Memorandum

•     Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal het nie:
      o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe
      o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe
      o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe

•      Verspreiding van punte vir taal wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het.
       o 6–7 direkte aanhalings: ken geen punte vir taal toe nie
       o 1–5 direkte aanhalings: ken 1 punt vir taal toe

LET WEL:
•    Tel van woorde:
     o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
     o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui het nie of
         as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
     o As die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die getal woorde
         oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.
     o Korter opsommings wat die vereiste stadiums bevat, mag nie gepenaliseer word nie.

In 8000 v.C. het Amerikaanse Indiane die eerste soort skoen van gevlegte leer en gras gedra.
’n Primitiewe skoen wat met gras uitgevoer is, is in 3300 v.C. gebruik. Die Egiptenare het in
3000 v.C. sandale van gebreide leer gemaak. Vryburgers en slawe-eienaars het in 100 n.C.
eenvoudige leerskoene gedra. Skoene met hoë hakke is in 1500 deur Leonardo da Vinci aan
die wêreld bekendgestel. Eers in 1600 is gespes met skoenveters vervang. Van 1800 af het
die massaproduksie van blinkleer- en skerppuntskoene in fabrieke begin.
                                                                             Getal woorde: 87

                                                OF
            AANHALING UIT TEKS                          MOONTLIKE BEWOORDING
1   Die vroegste bewys van skoene is in 8000     A    In 8000 v.C. het Amerikaanse Indiane
    v.C. in Missouri by die Amerikaanse               ’n soort skoen van gevlegte leer en
    Indiane gevind: ... gevlegte leer en gras         gras gedra.
    wat die voetsool ...

2   Die sogenaamde “Ysman” het in 3300           B    ’n Primitiewe skoen wat met gras
    v.C. in die Franse Alpe gesterf en ’n             uitgevoer is, is in 3300 v.C. gebruik.
    primitiewe skoen, met gras uitgevoer,
    is aan sy beendere gevind.

3   Die Egiptenare het 3000 v.C. muurskil-       C    Die Egiptenare het in 3000 v.C.
    derye, wat skoene en skoenmakers                  sandale van gebreide leer gemaak.
    uitbeeld, geverf – iets soos sandale wat
    van gebreide leer gemaak is.

4   In 100 n.C. het vryburgers en slawe-         D    Vryburgers en slawe-eienaars het in
    eienaars … eenvoudige                             100 n.C. eenvoudige handver-
    handvervaardigde leerskoene …                     vaardigde leerskoene gedra.

5   In 1500 het die kunstenaar, Leonardo da      E    Skoene met hoë hakke is in 1500 deur
    Vinci, skoene verhef tot noodsaaklike             Leonardo da Vinci aan die wêreld
    bykomstigheid: hy het die hoë hak                 bekendgestel.
    ontwerp …

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
    Afrikaans Huistaal/V1                           6                                           DBE/2016
                                            SSE – Memorandum

    6    ’n Eeu later het skoenveters hoogmode        F     In 1600 het skoenveters gespes
         geword en blink gespes is met veters               vervang.
         vervang.

    7    Dit was eers in 1800 dat fabrieke werklik    G     Van 1800 af het die massaproduksie
         die skoenmaker se eenvoudige leerskoen             van blinkleer- en skerppuntskoene in
         met blinkleer-en-skerppunt-                        fabrieke begin.
         massaprodukte begin vervang het.

                                                                                 Getal woorde: 83

                                                                           TOTAAL AFDELING B:              10

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

Nasien van hierdie afdeling:

•       Spelling:
        o Eenwoord-antwoorde word nie gepenaliseer nie, al is die spelling nie korrek nie tensy
             die spelling die betekenis van die woord beïnvloed en/of spelling die aspek is wat
             geassesseer word.
        o In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout in die
             taalstruktuur getoets word.
        o Waar ’n afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
•       Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in die
        instruksie aangedui.

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Vraag       Antwoord                                                                                   Punt
3.1         ... suiwel, maar ... √                                                                     1

3.2         Ja
            Die voedingstowwe in melk veroorsaak dat melk nie maklik verteerbaar is nie./
            Die voedingstowwe in melk is soos spykers wat nie maklik verteerbaar is nie.

                                                      OF

            Nee
            As jy die spykers in die voorstelling inneem, gaan dit nie verteer word nie, maar
            EasyGest-melk sal maklik verteer./
            Die spykers in die bottel dui nie op heilsaamheid nie. √                                   1
3.3         (laktose-)intoleransie √                                                                   1

            Die woord moet korrek gespel word.

3.4         verteerbaar √                                                                              1

            Die woord moet korrek gespel word.

3.5         Is Parmalat EasyGest in volroom- en laevetmelk beskikbaar?/beskikbaar in volroom-
            en laevetmelk? √                                                                           1

    Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Huistaal/V1                            7                                           DBE/2016
                                          SSE – Memorandum

3.6      Die enigste keuse wat voorgehou word, is dié van Parmalat./
         Die leser word beïnvloed/manipuleer omdat daar net een keuse is. √                           1

3.7      Geslagsdiskriminasie./Dit is nie net pa’s/mans wat ’n Lazboy-stoel besit/op ’n Lazboy-
         stoel kan sit nie. √                                                                         1

         In die prent is dit nie die pa wat op die stoel sit nie, maar moontlik sy dogter/iemand
         van die vroulike geslag. √                                                                   1
3.8      Sy is ontspanne/gemaklik/rustig. √                                                           1

3.9      Engels is een van die kommunikasietale van die wêreld./
         Die meeste mense verstaan Engels./
         Die naam van die produk is ’n Engelse naam/in Engels.
         Lazboy is ’n woordspeling op lazy boy wat op rustigheid/ontspanning/kalmte sinspeel.
         Dit is ’n bemarkingstrategie. √                                                              1

                                                                                                      [10]

VRAAG 4: SPOTPRENT

Vraag    Antwoord                                                                                     Punt
4.1      Wisk./wisk. √                                                                                1

         Die afkorting moet korrek aangedui word en daar moet ’n punt wees.

4.2      Moenie/Moet nie ’n kind help as jy bang is vir Wiskunde nie. √                               1

4.3      Die stelling word nie (deur navorsing) bewys nie. √                                          1

4.4      (Wiskunde-)probleempies √                                                                    1

         Die woord moet korrek gespel word.

4.5      Bangbroek/Bangjan/bangjan √                                                                  1

         Die woord moet korrek gespel word.

4.6      Ouers/Mense is bang vir Wiskunde./
         Vroue sukkel met Wiskunde./
         Ouers doen hul kinders se huiswerk. √√                                                       2

         Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

4.7      vermenigvuldig met/keer/vermenigvuldig √                                                     1

         Die woord moet korrek gespel word.

4.8      Die meerkat sê dat hy/sy ook van daardie/daai pastei soek./
         Die meerkat sê hy/sy soek ook van daai/daardie pastei.
         Die meerkat sê dat hy/sy ook van daai/daardie pastei wil/wou hê.√                            1

 Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Huistaal/V1                            8                                          DBE/2016
                                          SSE – Memorandum

4.9      Die seuntjie is ontspanne/kyk spottend toe terwyl sy ouers sy Wiskundehuiswerk
         doen./wend geen poging aan om betrokke te raak by sy Wiskundehuiswerk nie, want
         sy ouers gaan sy huiswerk doen./
         Wiskunde is so moeilik dat ouers dit nie kan doen nie.
         Die seuntjie kry lekker/verlekker hom daarin dat sy ouers ook met Wiskunde sukkel. √        1

                                                                                                     [10]

VRAAG 5: ARTIKEL

Vraag      Antwoord                                                                                  Punt
5.1        Dit was (toe) ysig in die Magaliesburg. √                                                 1

5.2        kraaknetjies √                                                                            1

           Die woord moet korrek gespel word.

5.3        Sy lyk netjies in haar blou blazer en skoolromp(,) terwyl haar skoene blink gepolitoer
           is. √                                                                                     1

5.4        Sy vra vir ’n saamrygeleentheid van verbygaande motoriste (deur haar duim regop te
           hou)/ryloop. √                                                                     1

5.5        is op pad √                                                                               1

5.6        abnormaal/buitengewoon/vreemd/snaaks/ongewoon √                                           1

           Die woord moet korrek gespel word.

5.7        “’n Vlieënier”, antwoord sy met ’n glimlag./“’n Vlieënier,” antwoord sy glimlaggend. √    1

           Die kandidaat gee ’n eie gepaste bywoordelike bepaling.

5.8        Onwettige ontgroening behoort sterk veroordeel te word. √                                 1

           Die kandidaat gee ’n eie sin met die betekenis om iemand skuldig te bevind, te sê
           hoe iemand gestraf behoort te word, kritiek uit te spreek, ’n sterk afkeur toon of iets
           afwys. (HAT, 2015. bl. 1466)

5.9        Pleonasme/woordoortolligheid √                                                            1

5.10       Hierdie/Dié/Sulke/Daardie √                                                               1

                                                                                                     [10]

                                                                          TOTAAL AFDELING C: 30
                                                                              GROOTTOTAAL: 70

 Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2016-memo/5497b749-e408-4f00-b341-25758bcc85a8) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016-memo/286a319c-256a-4fcd-b924-7c2fce54b61b) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2016-memo/ec5253b7-0b0a-4d47-8896-0899c013fb83) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018-memo/ec966033-9c89-4162-a085-348fa5019f1d) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2017-memo/a6422696-4ee3-497e-a363-2d437719558c) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016/e6142ea4-cb8a-4b71-9341-44f4847a8b2d) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
