# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2017, 9 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2017-memo/a6422696-4ee3-497e-a363-2d437719558c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2017-memo/a6422696-4ee3-497e-a363-2d437719558c)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             AFRIKAANS HUISTAAL V1

                                          2017

                                  NASIENRIGLYNE

                                                                       PUNTE: 70

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            2                                          DBE/2017
                                         SSE – Nasienriglyne

AFDELING A: LEESBEGRIP
Nasien van die leesbegrip:

•     Die fokus is op die begrip van die leesteks. Spel- en taalfoute word nie nagesien nie tensy
      dit die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal- en spelfoute moet wel aangetoon
      word.)
•     Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
      SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
•     Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
      aanhalingstekens ontbreek nie.
•     Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat 'n volsin gee, is dit korrek mits
      die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
•     Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee 'n hele reeks, word
      slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
•     Indien die kandidaat woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel
      verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde
      woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die
      antwoord vereis word, word dit aanvaar.
•     Aanvaar dialektiese variasies.

VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.)
Vraag  Antwoord                                                                                      Punt
1.1    (Die ontdekking van) die gloeilamp √                                                          1

1.2        Sy was self die slagoffer van min slaap./
           As navorser/skrywer/kenner is sy bekend             met   slaappatrone./slegte   slaap-
           gewoontes. √                                                                              1

1.3        Edison glo dat baie slaap tot onproduktiwiteit lei terwyl Huffington glo dat jy deur
           slaap beheer oor jou lewe neem. √                                                    1
           Edison glo dat slaap tydmors is, maar Huffington glo dat goeie slaaphigiëne juis 'n
           belegging in jou gesondheid is. √                                                    1

1.4        Die (vinnige) tempo van die nywerheidsrewolusies het tot minder slaap gelei. √
           Die ontdekking van die gloeilamp (tydens die tegnologierewolusie) het langer
           werksdae./meer werksure per dag tot gevolg gehad. √
           As gevolg van die digitale era is mense 24 uur aan die gang./werk mense oral./
           permanent. √                                                                   3

           Die kandidaat moet die gevolg van elke rewolusie beskryf.

1.5        Die paragraaf gee die rede vir slaapskuld./
           Die paragraaf verskaf 'n verduideliking van wat met slaapskuld bedoel word./
           Die titel word in die paragraaf herhaal./
           Die kundige se uitsprake verleen geloofwaardigheid aan die titel./ondersteun die
           titel. √                                                                         1

1.6        Sekere noodsaaklike liggaamsprosesse kan nie plaasvind nie.
           Die afskeiding van groeihormone kan nie plaasvind nie.
           Die geheue word nie verfris nie.
           Leervermoë verbeter nie.                                                                  2
           Die geheue word nie gerangskik nie. √√

           Die kandidaat bied enige TWEE gepaste negatiewe gevolge vir EEN punt elk aan.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           3                                       DBE/2017
                                        SSE – Nasienriglyne

1.7       Dr. King glo slaap is noodsaaklik (om van gifstowwe in jou liggaam ontslae te 1
          raak). √
                                                   EN
          Mediese studente wat min slaap maak meer foute. √
          Moegheid    by    skofwerkers/nagskofwerkers    het    al   tot    groot    rampe/
          nywerheidskatastrofes/kernkragongelukke/by Tsjernobil/Three Mile Island gelei. √   2
                                                   EN

          ''wêreldwye'' √                                                                         1
1.8       Dit verseker dat jou brein optimaal funksioneer. √                                      1
          Jou brein moet geleentheid kry om te rus. √                                             1

1.9       Ja
          Die digitale tydperk waarin ons leef, veroorsaak dat mense nie genoeg slaap nie.
          Tegnologiese vooruitgang maak dit makliker om snags te kommunikeer/werk.
          Die tegnologiese era veroorsaak verhoogde werksdruk wat lei tot strenger spertye en
          dus minder slaap.
                                                   OF
          Nee
          Daar is baie mense wat met minder as ses uur se slaap normaal kan funksioneer.
          Daar is ouer mense en jong kinders wat genoeg slaap en nie slaapskuld het nie.
          Nie alle mense het toegang tot tegnologie wat hulle uit die slaap hou nie.
          Afgetrede persone het gewoonlik goeie slaapgewoontes hoewel 'n mens minder
          slaap wanneer jy ouer word. √√√                                                3
          Die kandidaat bied enige soortgelyke DRIE motiverings vir EEN punt elk aan.

1.10      Ja
          (Dr. Jeff King meld dat) genoeg slaap gifstowwe uit die liggaam verwyder (wat 'n
          gesonder liggaam/langer lewe verseker)./(Ander navorsers bevind) genoeg slaap
          verminder jou risiko op vetsug./diabetes./hoë bloeddruk./hartsiektes./depressie./
          eietydse siektes.

                                                   OF

          Nee
          Daar is nie voldoende mediese navorsing as bewys nie./
          Bewyse is beperk tot afleidings van 'n kardioloog./
          Die studies/navorsing is nie wêreldwyd gedoen nie. √                                    1

          Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

1.11      Selfone/televisie/alle vorme van media/stimulante/kafeïen/suiker √√√                    3
          Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           4                                          DBE/2017
                                        SSE – Nasienriglyne

1.12      Ja
          Tieners besef nie dat te min slaap so gevaarlik kan wees nie.

                                                    OF

          Nee
          Die artikel spreek hoofsaaklik volwassenes wat al werk aan.
          Die teikengroep vir hierdie teks is volwassenes, dus sal tieners nie die teks lees nie.√   1
          Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

1.13      Die hond verstaan die man wat hom skel./reageer op die man se aanval./
          Die hond neem 'n aggressiewe houding teenoor die oumense in./
          Die gesigsuitdrukking(bek/tande)/strepies/uitroeptekens om die hond se kop dui aan
          dat hy hard blaf./vies is./kwaad is./
          Die hond staan regop teen die draad. √                                             1

                                                    EN

          Die man wys met 'n reguit vinger na die hond./
          Hy kla by sy vrou dat die hond hom pla./
          Sy gesig dui op beswaardheid/frustrasie./
          Sy mond hang van ontevredenheid.
          Hy beledig die hond. √                                                                     1
          Die kandidaat bied EEN bewys by die hond en EEN bewys by die man aan.

1.14      Ja
          Dit beklemtoon die ironie/feit dat die man glad nie rus kry nie./
          Dit beklemtoon dat die bure se hond hom nie rus toelaat nie./ondersteun die woorde
          van die man dat die hond nie sy versoek verstaan het nie./nie opgehou blaf het nie.

                                                    OF

          Nee
          Die straatnaam het niks met die straatbewoners te make nie./
          Daar is 'n onderonsie/geblaf/geskree/gevloek tussen die man en die hond (wat
          veroorsaak dat daar nie 'n soete rus in die straat is nie). √
                                                                                                     1
          Die kandidaat bied EEN soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

1.15      Albei tekste verwys na die knorrigheid van mense wanneer hul bure/ander faktore
          die oorsaak is dat hulle min slaap./
          In TEKS A lei die bure se partytjies in die nag tot knorrigheid en min slaap terwyl die
          hond se aanhoudende geblaf in TEKS B die oorsaak is van knorrigheid en te min
          slaap. √                                                                                1

1.16      Die man is uitgeput omdat die hond hom uit die slaap gehou het, terwyl skofwerkers
          uitgeput is vanweë nagtelike werksure./
          Die man se oordeel is aangetas, terwyl die nagtelike skofwerkers se oordeel hul in
          die steek laat wat werksfoute tot gevolg het. √                                    1

          Hartsiektes/hoë bloeddruk/diabetes/depressie/vetsug √                                      1

                                                                                                     30
                                                                        TOTAAL:AFDELING A:           [30]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            5                                       DBE/2017
                                         SSE – Nasienriglyne

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Nasien van die opsomming

•      Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van 'n opskrif/titel te voorsien
       nie.
•      Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
•      Slegs wenke wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
•      Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie, word die eerste
       opsomming nagesien.
•      Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.

•      Punte word soos volg toegeken:
      o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
      o 3 punte vir taal
      o Puntetotaal: 10

•     Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal het
      nie:
      o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe.
      o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe.
      o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe.

•      Verspreiding van punte vir taal wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het.
       o 6–7 direkte aanhalings: ken geen punte vir taal toe nie.
       o 1–5 direkte aanhalings: ken 1 punt vir taal toe.

LET WEL:
•    Tel van woorde:
     o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
     o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui het of as
         die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is nie.
     o As die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die getal woorde
         oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.
     o Korter opsommings wat die vereiste wenke bevat, mag nie gepenaliseer word nie.

Identiteitsinligting moet so veilig moontlik gehou word en persoonlike inligting moet nooit op
sosiale media beskikbaar gestel word nie. Moenie jou persoonlike dokumente in die vullisdrom
gooi nie, verbrand dit eerder. Vermy ook e-posversoeke waarin jy persoonlike inligting moet
bevestig. Wees bedag op die ''419''-foefies en moenie aanlyn vriendskappe met vreemdelinge
aanknoop nie. Registreer 'n ''beskermde registrasie'' op jou ID om sodoende jou identiteit te
beskerm.
                                                                            Getal woorde: 67

                                                     OF

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
    Afrikaans Huistaal/V2                             6                                          DBE/2017
                                              SSE – Nasienriglyne

              AANHALING UIT TEKS                               MOONTLIKE BEWOORDING
1       Jy moet jou identiteitsinligting in           A     Identiteitsinligting moet veilig gehou
        veilige bewaring hou.                               word.

2       Wees daarom versigtig watter inligting        B     Moenie inligting op sosiale media
        jy op sosiale media beskikbaar stel.                beskikbaar stel nie.
3       Verbrand persoonlike dokumente                C     Moenie persoonlike dokumente in die
        wanneer jy dit wil vernietig eerder as om           drom gooi nie, maar verbrand dit.
        dit in die vullisdrom te gooi.

4       Wees boonop bedag op ongevraagde e-           D     Vermy e-posversoeke/sms’e waarin jy
        posversoeke wat jou vra om jou                      bankbesonderhede moet bevestig.
        bankbesonderhede te bevestig. ''Hier
        word die persoon via SMS of e-pos
        gekontak …

5       Die SABVD sê mense moet bedag wees            E     Wees bedag op die ''419''-foefies.
        op sogenaamde ''419''-foefies.

6       Moenie hierdie ''aanlyn vriendskappe''        F     Moenie sulke vriendskappe met
        met vreemdelinge aanknoop nie!                      vreemdelinge aanlyn aanknoop nie.

7       Roy beveel aan dat mense by die               G     Registreer 'n ''beskermde registrasie'' op
        SABVD 'n ''beskermde registrasie'' op               jou ID.
        hul ID laat registreer.
                                                                                    Getal woorde: 53

                                                                           TOTAAL AFDELING B:                 10

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

Nasien van hierdie afdeling:

•     Spelling:
      o Eenwoord-antwoorde word nie gepenaliseer nie, al is die spelling nie korrek nie, tensy
           die spelling die betekenis van die woord beïnvloed en/of spelling die aspek is wat
           geassesseer word.
      o In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout in die
           taalstruktuur getoets word.
      o Waar afkortings getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
•     Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in die
      instruksie aangedui.

    Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Huistaal/V2                            7                                    DBE/2017
                                          SSE – Nasienriglyne

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Vraag    Antwoord                                                                                Punt
3.1      Koop, verkoop √                                                                         1

         Indien die antwoord in 'n sin aangebied word, moet die twee kontrasterende woorde
         uitgelig word d.m.v. onderstreping of op 'n ander wyse.

3.2      maar/en/of/dog √                                                                        1

3.3      Die visuele voorstelling van blare/takkies waarop die letters staan, sluit by die
         tuingereedskap op die kruiwa aan. √                                                     1

3.4      Dit lyk (vir my) of daar nét tuinboubenodigdhede/-gereedskap verkoop word./of net
         vroue tuingereedskap aankoop./in die tuin werk. √                                 1

3.5      Die hemel span wyd oor ons oop. √                                                       1

         Die kandidaat bied 'n eie sin met hierdie bywoord aan.

3.6      Oorreding/Beïnvloeding om die leser nuuskierig te maak (sodat hy/sy gaan kyk)/bewus
         te maak van die goedkoper opsie wat gebied word./
         Manipulering om tot aksie oor te gaan. √                                            1

                                                    EN

         Ja
         Die koper het meer tuingereedskap aangekoop (want die kruiwa is swaar gelaai) as
         waarop sy gereken het./Beklemtoon die bekostigbaarheid van die tuingereedskap. √ 1

3.7      ... koop ons (graag wéér) by jou .../
         Ons koop (graag wéér) by jou ... √                                                      1

3.8      Die man sit op die bank terwyl hy televisie kyk.
         Die bank van die rivier het tydens die vloed oorstroom. √                               1

         Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord met ''bank'' as homoniem aan.

3.9      Klankverspringing/Metatesis √                                                           1

                                                                                                 10

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Huistaal/V2                            8                                       DBE/2017
                                          SSE – Nasienriglyne

VRAAG 4: SPOTPRENT

Vraag    Antwoord                                                                                 Punt
4.1      lewensbelangrik √                                                                        1

         Die woord moet korrek gespel word.

4.2      Die verskil tussen 'n ware heer en 'n barbaar word daardeur/hierdeur gemaak./
         Daardeur/hierdeur word die verskil tussen 'n ware heer en 'n barbaar gemaak. √           1

4.3      wáre √                                                                                   1

4.4      Sy wil hom (taktvol maniere) leer./
         Sy wil die pa beïnvloed ten opsigte van goeie maniere./
         Sy wil hom met behulp van rympies (maniere) leer. √                                      1

4.5.1    Waarom/Hoekom/Waarvoor moet 'n Viking sulke snert leer? √                                1

4.5.2    Net konings het goeie maniere./hoef goeie maniere te hê.
         Hy moet soos 'n tipiese Viking optree. √                                                 1

4.6      Ons skryf volgende week eksamen in ons hoofvak, naamlik Afrikaans. √                     1

         Die kandidaat bied 'n soortgelyke sin van sy/haar eie aan met die korrekte gebruik van
         die afkorting voluit as 'n woord geskryf.

4.7.1    Helga skree baie hard vir/op Hägar (sodat hy sommer platval/op die tafel gaan lê wat
         haar mag/die mag van haar woorde aantoon)./
         Sy sê hom baie sleg/beledig hom (wat aantoon dat sy d.m.v. taal mag het). √          1

4.7.2    Ja
         Hy ondersteun haar nie./suggereer dat sy seun hom nie aan sy ma moet steur nie.

                                                    OF

         Nee
         Hy het bloot twee vrae gevra sonder om ongeskik te wees./Niemand verdien om 'n
         buffel genoem te word nie. √                                                   1

4.8      ... kom jy deur die (ganse) land./
         ... stap jy deur die land. √                                                             1

                                                                                                  [10]

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Huistaal/V2                           9                                    DBE/2017
                                         SSE – Nasienriglyne

VRAAG 5: ARTIKEL

Vraag      Antwoord                                                                          Punt
5.1        Kontaminasie √                                                                    1

5.2        sonder/geen/niks/nie √                                                            1

5.3        ontwikkelende √                                                                   1

           Die woord moet korrek gespel word.

5.4        millennia/millenniums √                                                           1

           Die woord moet korrek gespel word en die antwoord moet in die meervoud
           aangebied word.

5.5        Die lande waarvan melding gemaak word, is juis nie verarm(-d)/arm/verarmde lande
           nie./
           Die meeste mense wat daar woon, leef armoedig./
           Dis 'n gesin sonder lewensmiddele – hulle is behoeftig./
           Die kerk sorg vir mense wat armlastig is./
           Baie lande van die wêreld is tans hulpbehoewend as gevolg van oorloë. √          1

           Die kandidaat bied 'n eie sin met die antoniem (arm/armoedig/behoeftig/
           armlastig/hulpbehoewend) vir EEN punt aan.

5.6        Dit √                                                                             1

5.7        e-we-knie-e/
           e/we/knie/e √                                                                     1

           Ignoreer die deelteken indien die kandidaat dit wel gebruik.

5.8        Hulle het nóg bedrog, nóg korrupsie geken. √                                      1

5.9        in √                                                                              1

5.10       Dit het baie implikasies wat ons nog duur te staan gaan kom./
           Dit het baie implikasies waarvan jy later baie sal hoor./
           Dit, waarvan jy my nou beskuldig, het baie implikasies. √                         1

           Die kandidaat bied 'n eie, gepaste byvoeglike bysin aan.

                                                                                             [10]

                                                                          TOTAAL AFDELING C: 30
                                                                              GROOTTOTAAL: 70

 Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017-memo/8d004299-0884-48ae-94a7-fa262185f416) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2017-memo/fa7f0ff6-59a4-4b73-a84a-aedb0efb3663) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2017-memo/12b9d119-2e97-47a3-ad9f-b1556ca44258) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018-memo/ec966033-9c89-4162-a085-348fa5019f1d) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2016-memo/f5c157e4-66bd-4457-8073-3afef745981a) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017/7f504e9a-f69d-45ee-b1f6-ef529a4fd2da) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
