# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2017, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2017/0a4e50f5-bb77-4402-be64-7624e3658bc9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2017/0a4e50f5-bb77-4402-be64-7624e3658bc9)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2017-memo/a6422696-4ee3-497e-a363-2d437719558c) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             AFRIKAANS HUISTAAL V1

                                          2017

                                                                       PUNTE: 70

                                                                       TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           2                           DBE/2017
                                               SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: Leesbegrip                         (30)
          AFDELING B: Opsomming                          (10)
          AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies       (30)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

4.        Trek 'n streep ná elke afdeling.

5.        Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël oop na elke antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 50 minute
          AFDELING B: 30 minute
          AFDELING C: 40 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        3                                   DBE/2017
                                            SSE

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

TEKS A: ARTIKEL

                        SLAAP: ONS IS DIEP IN DIE SKULD

1         Daar is 'n krisis in sprokiesland: Klaas Vakie gaan sy werk verloor. Hoekom?
          Mense slaap al minder.

2         Hierdie krisis is veroorsaak deur Thomas Edison wat meer as 'n eeu gelede
          die gloeilamp uitgevind het. Sedertdien slaap ons minder en minder. Edison
          het geglo slaap is onproduktief, 'n mors van tyd. In ons moderne, 5
          materialistiese wêreld word hierdie mening deur veral die korporatiewe
          wêreld misbruik, want hulle slagspreuk – Tyd is geld! – word toenemend
          geglo. Die ongelukkige gevolg? Mense slaap ál minder.

3         Arianna Huffington, navorser van slaappatrone en skrywer van The Sleep
          Revolution, is (anders as Edison en die korporatiewe wêreld) 'n passievolle 10
          kampvegter vir slaap nadat sy, weens 'n gebrek daaraan, ineengestort het.
          Nou glo sy dat mense snags sewe uur moet slaap. ''Ons het 'n nuwe
          slaaprewolusie nodig sodat ons weer beheer oor ons lewe kan neem. Glo dit
          of nie, jy kán jou doodwerk.''

4         Huffington skryf dat drie rewolusies agter ons slegte slaapgewoontes lê: die 15
          nywerheidsrewolusie toe die bevolking na stede met hul vinnige tempo
          gestroom het; tóé die tegnologierewolusie met, onder andere, die
          ontdekking van die gloeilamp en gevolglik langer dagure; uiteindelik het die
          virtuele, digitale rewolusie – die derde een – waar ons 24/7 aanlyn is,
          aangebreek. Digitale uitvindings maak dit deesdae makliker om jou werk 20
          oral saam te dra – jy gooi net jou selfoon en/of skootrekenaar in jou sak.

5         Ons verkeer, ongelukkig, in die waan dat slaap tydmors is, aldus Huffington.
          Sy voorspel 'n vierde rewolusie wat ons na beter slaaphigiëne – gewoontes
          en praktyke wat genoeg slaap op gereelde tye bevorder – sal teruglei.
          ''Ons aanvaar dieet en oefening is belangrike pilare vir gesondheid. Slaap is 25
          die derde pilaar.''

6         Huffington meen slaap is 'n basiese menslike behoefte. Jy voel knorrig as jy
          te min daarvan kry, en geïrriteerd as die bure se partytjie jou daarvan
          weerhou. Maar die uitwerking van te min slaap strek baie verder.

7         Dr. Hugo, psigiater en geheuedeskundige, verduidelik dat elke mens 'n 30
          spesifieke slaapbehoefte het en as dit nie bevredig word nie, word daar
          slaapskuld opgebou. Jou spesifieke slaapbehoefte is die hoeveelheid slaap
          wat jy nodig het om soggens uitgerus wakker te word. Te min hiervan
          veroorsaak slaapskuld. Volgens hom is die meeste van ons diep in dié
          skuld.                                                                    35
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        4                                         DBE/2017
                                            SSE

8         Navorsing toon 'n tekort aan slaap het 'n skrikwekkend negatiewe effek op
          die brein, waarvan knorrigheid, onstuimige emosies, vergeetagtigheid, die
          onvermoë om te konsentreer en 'n aangetaste geheue maar enkele
          voorbeelde is. Ná sewentien uur sonder slaap is 'n mens se vaardighede
          gelyk aan dié van iemand met 'n bloedalkoholvlak van 0,05% – genoeg om 40
          jou agter tralies te laat beland.

9         Hoeveel moet jy slaap? Die ideale hoeveelheid slaap verskil van persoon tot
          persoon, maar minder as ses uur vir Jan Alleman word deur kenners as 'n
          gedeeltelike gebrek bestempel. Babas slaap tot 16 uur per dag terwyl
          tieners sowat 10 uur per nag nodig het. Sekere noodsaaklike 45
          liggaamsiklusse van tieners, soos die afskeiding van groeihormone, kom
          ook net voor terwyl hulle slaap. Slaap help tieners om die geheue te
          rangskik, te verfris en om leervermoë te verbeter, sê Peet Vermaak,
          neurofisioloog van The Pretoria Sleep Lab.

10        Nog 'n kundige, dr. Jeff King, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Vereniging 50
          vir Slaapgeneeskunde, sê dat slaap noodsaaklik is om van gifstowwe in jou
          liggaam ontslae te raak. Ander navorsers het reeds bewys dat minder as
          sewe uur slaap per nag jou risiko vir vetsug, diabetes, hoë bloeddruk,
          hartsiektes en depressie verhoog. Slaap is dus nie 'n luukse nie, maar die
          eerste stap om wêreldwye gesondheidsprobleme te takel.                       55

11        Te min slaap kan beslis jou oordeel en reflekse aantas. Studies toon dat
          mediese studente met 'n slaaptekort meer foute maak. Volgens Jan Top van
          die Panorama-hospitaal se slaapkliniek ly nagtelike skofwerkers aan
          uitputting, soortgelyk aan dié van mediese studente omdat hul liggame se
          normale blootstelling aan lig deurmekaar geskommel word. Moegheid by 60
          skofwerkers het al tot ernstige nywerheidskatastrofes, soos die kernkrag-
          ongelukke by Tsjernobil en Three Mile Island, gelei.

12        Drs. Rock en Siegal van die Mindsight Institute glo aan oefeninge wat kan
          help om jou brein optimaal te laat funksioneer en om jou brein te laat rus.
          Voldoende slaaptyd om die brein tyd te gee om te rus is nommer een op hul 65
          lys. ''net soos jy nie dag én nag pizza kan eet nie, kan jou brein ook nie elke
          dag op min slaap lewe nie.''

13        Karlien Fourie, 'n neurofisioloog, beveel die volgende vir 'n gesonde brein
          aan: ''Hou jou slaapkamer donker en raak ontslae van enige afleidings soos
          selfone of televisie. Probeer om elke aand presies dieselfde tyd te gaan 70
          slaap en soggens dieselfde tyd op te staan. Skakel stimulante soos suiker
          en kafeïen uit.''

14        Klaas Vakie se sandjies is nie te versmaai nie. Die tyd vandat jy saans jou
          bedlampie afskakel tot die oomblik dat jou selfoon jou die volgende oggend
          wakker biep, is tyd waarmee jy jou lewe verleng.                            75

                                     [Verwerk uit Sarie, September 2016 en Die Burger, 8 April 2016]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                            5                                     DBE/2017
                                                SSE

TEKS B: VISUELE TEKS

  Soeteruslaan

                                                Navorsing toon honde
                                                 verstaan wat jy sê.

                          Hy kan geen hond haaraf maak nie.

                                                              [Bron: Die Burger, 6 September 2016]

VRAE: TEKS A

1.1       Watter uitvinding was die oorsaak dat mense al minder begin slaap het?                     (1)

1.2       Waarom is Huffington se mening in paragraaf 3 oor slaap geloofwaardig?                     (1)

1.3       Hoe verskil Edison en Huffington se sieninge oor slaap?                                    (2)

1.4       Wat is die gevolg van ELK van die DRIE rewolusies ten opsigte van mense se
          veranderde slaapgewoontes?                                                                 (3)

1.5       Hoe ondersteun paragraaf 7 die titel van die teks?                                         (1)

1.6       Noem TWEE negatiewe gevolge wat min slaap vir tieners inhou.                               (2)

1.7       Herlees paragraaf 10–11.

          Wat is dr. King se standpunt oor slaap? Noem TWEE voorbeelde uit
          paragraaf 11 waar reflekse/oordeel aangetas word en haal EEN woord aan
          wat aandui dat slaapskuld 'n universele probleem is.                                       (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        6                                  DBE/2017
                                            SSE

1.8       Waarom word breinoefening deur die Mindsight Institute aanbeveel?                (2)

1.9       Stem jy saam dat die hedendaagse mens in diep slaapskuld verkeer?
          Gee DRIE redes vir jou antwoord.                                                 (3)

1.10      Is daar motivering in die teks vir die onderstreepte sin in paragraaf 14?
          Motiveer jou antwoord met behulp van paragraaf 10.                               (1)

1.11      Waarvan moet jy, volgens Karlien Fourie, afstand doen indien jy jou
          slaaphigiëne wil verbeter?                                                       (3)

1.12      Dink jy dat tieners die inligting in hierdie teks ter harte sal neem?
          Motiveer jou antwoord.                                                           (1)

VRAE: TEKS B

1.13      Die hond én die man in hierdie spotprent is knorrig.

          Motiveer die stelling.                                                               (2)

1.14      Dink jy die gebruik van die straatnaam, Soeteruslaan, is funksioneel?
          Motiveer jou antwoord.                                                               (1)

VRAE: TEKS A EN B

1.15      Wat is die verband tussen paragraaf 6 in TEKS A en die situasie in TEKS B?           (1)

1.16      Herlees paragraaf 10–11 (TEKS A).

          Hoe stem die man in TEKS B se gedrag ooreen met dié van
          nagskofwerkers? Aan watter gesondheidsrisiko is die man in TEKS B
          blootgestel?                                                                         (2)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        7                                        DBE/2017
                                            SSE

AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van SEWE wenke om jou teen
identiteitsdiefstal te beskerm.
LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm
            aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
         2. Jou paragraaf moet samehangend geskryf word.
         3. Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie.
         4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
TEKS C
                        BESKERM JOU PERSOONLIKE INLIGTING
Identiteitsdiefstal kos Suid-Afrikaners jaarliks miljoene rande, en Roy Retief van die
Suid-Afrikaanse Bedrogvoorkomingsdiens (SABVD) waarsku dat slagoffers dalk verras kan
word met 'n selfoonkontrak, motorverhuringsooreenkoms of lening wat onwettig in hul
name uitgeneem is. Pas die volgende wenke toe om jou identiteit te beskerm.
Jy moet jou identiteitsinligting in veilige bewaring hou. Waarmee jy ook al besig is of waar
jy ook al gaan, sorg vir die veilige bewaring van jou dokumente en inligting, want die verlies
daarvan veroorsaak eindelose veiligheidsrisiko's. Boonop het jy dan die frustrasie om vir
nuwe dokumente te moet aansoek doen.
Inligting wat onverskillig en roekeloos op Facebook geplaas word, kan maklik deur
booswigte versamel word. So is 'n foto van jou vliegtuigkaartjie 'n maklike manier vir
booswigte om inligting te bekom. Wees daarom versigtig watter inligting jy op sosiale
media beskikbaar stel.
Verbrand persoonlike dokumente wanneer jy dit wil vernietig, eerder as om dit in die
vullisdrom te gooi. Dit is baie veiliger en bied gemoedsrus. Wees boonop bedag op
ongevraagde e-posversoeke wat jou vra om jou bankbesonderhede te bevestig.
Gevestigde banke sal nie via e-posboodskappe sulke inligting vra nie.
Die SABVD sê mense moet bedag wees op sogenaamde ''419''-foefies. ''Hier word die
persoon via SMS of e-pos gekontak en gesê dat hulle byvoorbeeld 'n lotery of kompetisie
gewen het. Om jou prys te kan kry, vra hulle dan sekere inligting. ''As dit te goed klink om
waar te wees, is dit moontlik die geval.''
Die media het vroeër vanjaar berig oor kuberboewe wat mense via Facebook kontak en
voorgee dat hulle vriende wil wees. Moenie sulke ''aanlyn vriendskappe'' met vreemdelinge
aanknoop nie! Dit neem gewoonlik nie lank voordat die boewe persoonlike inligting probeer
uitvis nie, want vriendskappe is mos die grondslag vir die uitruil van inligting.
Roy beveel aan dat mense by die SABVD 'n ''beskermde registrasie'' op hul ID laat
registreer. ''Hierdie inligting word gesirkuleer, en as dit by enige van ons
lidmaatmaatskappye gebruik word, word 'n oproep uitgestuur om seker te maak hulle werk
met die regte jy.''
Die prys vir identiteitsdiefstal in Suid-Afrika ís te hoog. Dit kan voorkom word deur
bogenoemde eenvoudige wenke te volg.
                                                          [Verwerk uit Vrouekeur, 21 Oktober 2016]

                                                                     TOTAAL AFDELING B: 10

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                                            8                               DBE/2017
                                                                SSE

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIES
Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS D

  1

  2

  3

  4

  5   Ons verkoop 'n wye reeks tuingereedskap in 'n goeie toestand vir heelwat minder
 6    as wat jy sou verwag – en koop jou gehalte-items by jou wanneer jy wil opgradeer.
 7        En terwyl jy 'n draai maak in ons winkels, kan jy gerus 'n bietjie rondkyk.
 8       Jy sal verbaas wees oor hoeveel goed daar is wat sommer nommerpas vir jou
 9               droomhuis is, teen heelwat minder as wat jy elders sal betaal.
10          En ja, wanneer jou visie verander en jy aan 'n nuwe droom werk, koop
11                    ons graag wéér by jou sodat jy nóg geld kan bank.
12                                 Dis persies só eenvoudig!
            cashconverters.co.za
      Bepalings & voorwaardes geld. Cash Converters is 'n lid
            van die National Association of Franchised
                   Tweedehandse Handelaars.
          Cash Converters bied franchise-geleenthede.
                                                                      [Verwerk uit Huisgenoot, 1 September 2016]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        9                                    DBE/2017
                                            SSE

VRAE: TEKS D

3.1       Gee die kontrasterende woorde in die opskrif wat die adverteerders se diens
          beskryf.                                                                              (1)

3.2       Vervang die kommapunt in reël 1 met 'n gepaste woord sonder om die
          woordorde van die sin(ne) te verander.                                                (1)

3.3       Hoekom pas die visuele voorstelling in reël 1–3 by dié advertensie?                   (1)

3.4       Watter wanindruk ten opsigte van die adverteerder skep die visuele
          voorstelling in reël 4?                                                               (1)

3.5       Gebruik die onderstreepte byvoeglike naamwoord in reël 5 as 'n bywoord in
          'n sin. Indien nodig, mag die woord verbuig word.                                     (1)

3.6       Wat is die adverteerders se doel met die onderstreepte woorde in reël 9?
          Dink jy die visuele voorstelling ondersteun dié woorde? Motiveer jou
          antwoord.                                                                             (2)

3.7       Skryf slegs die hoofsin wat in reël 10–11 voorkom, neer.                              (1)

3.8       Gebruik die homoniem van bank (reël 11) in 'n verklarende sin.                        (1)

3.9       Watter klankverskynsel kom voor by die uitspraak van die onderstreepte
          woord in reël 12?                                                                     (1)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                       10                                            DBE/2017
                                           SSE

VRAAG 4: STROKIESPRENT

Lees en kyk na die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E

RAAMPIE 1                     RAAMPIE 2                               RAAMPIE 3
                                                                           Dit maak die verskil
                                  Maniere is baie, baie
                                                                          tussen 'n WARE heer
                                  belangrik, my seun.
                                                                              en 'n barbaar!

RAAMPIE 4                     RAAMPIE 5                              RAAMPIE 6
  Ons het ’n gediggie                                                     Vir wat moet ’n Wiking
                               Ek het twee vriende so gaaf,
  wat jou mooi maniere                                                    sulke snert leer, Helga?
                               hulle is vriendelik en braaf.
  sal leer ...                                                                       Is hy dalk ’n
                               Die een is 'Dankie' en die
                               ander 'Asseblief' en vir hulle                          koning of
                               twee bly ek altyd lief!                                    iets?

RAAMPIE 7                     RAAMPIE 8                              RAAMPIE 9
  Dan het ek twee ánder         SJARRAP EN SKOERT!                            Met jou hoed in
   vriende, nl. ...                          Jou buffel!                      die hand, ...

                                                           [Verwerk uit www.creditreportservice.info/article]

LET WEL: Hägar is die Viking en Helga is sy vrou.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                            11                                  DBE/2017
                                                SSE

VRAE: TEKS E

4.1       Vervang die onderstreepte woorde in RAAMPIE 2 met die intensiewe/
          versterkte vorm.                                                                         (1)

4.2       Skryf Helga se woorde in RAAMPIE 3 in die lydende vorm.                                  (1)

4.3       Die hoofletters in RAAMPIE 3 is gebruik om die woord te beklemtoon.

          Skryf die woord oor en gebruik die korrekte aksentteken(s) op die korrekte
          manier om die woord te beklemtoon.                                                       (1)

4.4       Waarom sê Helga in RAAMPIE 4 nie reguit dat haar seun ongemanierd
          is nie?                                                                                  (1)

4.5       Herlees RAAMPIE 6.

          4.5.1         Vervang die onderstreepte woorde met 'n enkele voornaamwoord
                        wat in die sin pas.                                                        (1)

          4.5.2         Wat impliseer Hägar met sy tweede sin?                                     (1)

4.6       Gebruik die afkorting in RAAMPIE 7, volledig uitgeskryf, in 'n verklarende sin
          van jou eie.                                                                             (1)

4.7       Bestudeer RAAMPIE 8.

          4.7.1         Op watter wyse gebruik Helga taal om haar mag te demonstreer?              (1)

          4.7.2         Dink jy Hägar verdien hierdie optrede? Motiveer jou antwoord.              (1)

4.8       Voltooi namens Helga die idioom in RAAMPIE 9.                                            (1)
                                                                                                   [10]

VRAAG 5: ARTIKEL

Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS F

                  SUID-AFRIKA: SÓ VERLOKLIK, MAAR O, SO SUKSESLOOS!

1         Die sukses van 'n (5.3) (ontwikkel) nasie hang nie van ouderdom af nie:
          Egipte en Indië is ouer as twee (5.4) (tydperke van 1 000 jaar) terwyl Kanada,
          Australië en Nieu-Seeland relatief jonk, maar (5.5) welvarend is.

2         Dit hang ook nie af van beskikbare hulpbronne nie. Japan het min natuurlike
          hulpbronne, maar verwerk ingevoerde grondstowwe en voer dan die
          produkte uit na die res van die wêreld. Switserland kweek self nie kakao nie,
          maar vervaardig van die beste sjokolade.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         12                                        DBE/2017
                                             SSE

3         Daar is ook nie intellektuele verskille tussen eweknieë van suksesvolle en
          onsuksesvolle nasies nie. Die enigste verskil lê daarin dat die meeste
          mense in suksesvolle lande die kernwaardes van etiek, integriteit,
          verantwoordelikheid, respek vir wette en regulasies, hardwerkendheid,
          produktiwiteit, spaarsaamheid en stiptelikheid uitleef. (5.8) Hulle ken nóg
          bedrog, nóg korrupsie.

4         Die geheim van sukses lê dus eenvoudig in die karakter en houding, in die
          kwaliteit van die innerlike krag van die land se inwoners.

5         Om (5.9) … pas met dié kernwaardes te leef mag dalk eenvoudig en selfs
          outyds klink, maar dit het baie implikasies. Dit beteken dat leerders en
          studente nie skole en biblioteke aan die brand steek nie, dat hulle eerder hard
          sal werk en beskikbare bronne met verantwoordelikheid tot voordeel van alle
          mense sal gebruik.
                                                       [Verwerk uit Die Burger, 5 Januarie 2016]

VRAE: TEKS F

5.1       Benoem die taalverskynsel wat aangewend is om die onderstreepte woord in
          die opskrif te vorm.                                                                     (1)

5.2       Wat is die betekenis van die agtervoegsel/postmorfeem/suffiks in die laaste
          woord van die opskrif?                                                                   (1)

5.3       Gee die korrekte vorm van die onvoltooide/teenwoordige deelwoord in die
          eerste sin van paragraaf 1.                                                              (1)

5.4       Vervang die woorde wat tussen hakies in paragraaf 1 voorkom, met slegs
          EEN woord.                                                                               (1)

5.5       Gebruik die antoniem van die onderstreepte woord in paragraaf 1 in 'n
          verklarende sin.                                                                         (1)

5.6       Skryf die onderwerp van die onderstreepte sin in paragraaf 2 neer.                       (1)

5.7       Verdeel die vetgedrukte woord in paragraaf 3 in lettergrepe.                             (1)

5.8       Skryf die onderstreepte sin in paragraaf 3 in die verlede tyd.                           (1)

5.9       Skryf slegs die voorsetsel wat in paragraaf 5 ontbreek, neer.                            (1)

5.10      Brei die onderstreepte sin in paragraaf 5 uit met behulp van 'n byvoeglike
          bysin. Skryf die sin volledig oor en onderstreep jou bysin.                              (1)
                                                                                                   [10]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:               30
                                                                      GROOTTOTAAL:                 70

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 May June 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017/7f504e9a-f69d-45ee-b1f6-ef529a4fd2da) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2017/4b510bf1-897d-48b4-97b1-3bb8f71ded49) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2019/367ff59a-d2b3-4a61-9ec2-462562ce9a61) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018/545e8fa8-1674-4879-89f2-de25424ab5f0) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 June July 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-june-july-2015/37fb3790-ac90-40b8-8e30-19a5b23e458e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017-memo/8d004299-0884-48ae-94a7-fa262185f416) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
