# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2018, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018/545e8fa8-1674-4879-89f2-de25424ab5f0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018/545e8fa8-1674-4879-89f2-de25424ab5f0)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P1 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018-memo/ec966033-9c89-4162-a085-348fa5019f1d) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             AFRIKAANS HUISTAAL V1

                                          2018

                                                                        PUNTE: 70

                                                                        TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           2                           DBE/2018
                                               SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: Leesbegrip                         (30)
          AFDELING B: Opsomming                          (10)
          AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies       (30)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

4.        Trek 'n streep ná elke afdeling.

5.        Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël oop na elke antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 50 minute
          AFDELING B: 30 minute
          AFDELING C: 40 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        3                                     DBE/2018
                                            SSE

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

TEKS A: ARTIKEL

                              RAY PHIRI: 1947–2017
                               LANK LEEF DIE KONING!

1       Vir sommige was hy 'n mentor, vir ander die skepper van 'n townshipklank wat
        diep weerklank gevind het. Hoe dit ook al sy, almal is dit eens dat hy die
        koning van jazz was!

2       Phiri was die stigter-leier van die orkes, Stimela; sy musiekloopbaan het oor
        meer as vier dekades gestrek. Nou is die land hartseer omdat die lig wat                 5
        Raymond Chikapa Phiri uitgestraal het, uitgedoof is. Hulde het ingestroom vir
        dié kitaarspeler en komponis wat in 'n hospitaal in Nelspruit weens longkanker
        dood is.

3       "Dit wat op hierdie plaas (Mayfern) gebeur het, het 'n groot invloed op my
        musiekloopbaan gehad en het my 'n kunstenaar laat word. Die enigste sosiale          10
        bymekaarkomplek wat Nelspruit daardie tyd gehad het, was dié plaas, en
        mense het elke Vrydag uit die ou township gekom om hier te kom fliek. Dis
        hoe ons townshipkinders mense soos Elvis Presley, Charles Jacobie en ander
        sangers gesien het. As dit nie vir die kultuurlewe hiér was nie, sou ek nooit die
        geleentheid gehad het om in musiek te wees nie," het Phiri in 'n onderhoud in        15
        2012 gesê.

4       Phiri en Stimela het internasionaal sukses behaal as deel van die superster,
        Paul Simon, se Graceland-projek. Hy was 'n paar jaar lank die hoofkitaarspeler
        in dié projek en het in 1987, 1989 en 2012 saam met Simon getoer. Stimela
        word op Simon se album Graceland gehoor. Simon het hom in 1985 saam met              20
        Ladysmith Black Mambazo genooi om deel te wees van sy projek, wat
        meegehelp het om Suid-Afrikaanse jazzkunstenaars oorsee suksesvol bekend
        te stel. Hy was ook betrokke by 'n paar van Simon se albums en hy het ook al
        in Madison Square Garden in New York opgetree. Phiri se musiek het wyd
        waardering en bewondering geniet: vier van sy CD's was Suid-Afrikaanse               25
        topverkopers wat goud- en platinumstatus verwerf het.

5       Phiri sal nie bloot vir sy musiek onthou word nie, maar ook vir die geestelike
        krag van sy musiek, sy menslikheid en sy nederigheid. In sy laaste onderhoud
        met Media24 (op 3 Maart 2017) het Phiri sy eie nederigheid bevestig. "Ek voel
        besonder bevoorreg as ek iets aan mense kan gee, as iemand my nodig het              30
        en ek kan help. Dit maak my nie geldelik ryk nie, maar 'n skatryk mens."

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                       4                                       DBE/2018
                                           SSE

6       In 'n onderhoud met Phumlani Langa van City Press op 21 Mei vanjaar het hy
        sy nederige menslikheid nogeens bevestig. Hy het gepraat oor hoe sy musiek
        hom nog op 70-jarige leeftyd roer en oor die geestelike krag van musiek. "Dit
        bied heling en bepeinsing en dit moet waarde toevoeg. Emosie en 'n gesonde 35
        mate van respek moet in musiek teenwoordig wees."

7       Die komponis-musikant, Neo Muyanga, wat vanjaar op die Nasionale
        Kunstefees in Grahamstad opgetree het, vertel hoe hy kleintyd al na Stimela
        geluister het en deur die geestelike krag daarvan beïnvloed is: "Dit was
        musiek waarmee ons kinders in die township grootgeword het. Dit het iets in 40
        jou geroer wat jy nie kon verklaar nie. As jong komponis het sy vreemd-
        aangrypende komposisies my besiel. Ek wóú graag in sy voetspore volg en
        het baie by hom geleer oor musiek en spesifiek jazz."

8       Omdat omgee vir opkomende kunstenaars die koning van die elektriese kitaar
        se lewe gekenmerk het, het hy jong talent gekoester. "Ek geniet dit om saam 45
        met jong mense musiek te maak en te luister. Hoe bemagtig jy sonder om aan
        te moedig of van jouself te gee?"

9       John Hassan, tromspeler wat saam met Phiri in Stimela was en nou in
        Hassan'adas speel, beskryf Phiri as sy mentor*. "Ek huil nie maklik nie, maar
        vandag huil ek. Hy het my alles geleer van hoe om 'n professionele musikant 50
        te wees. Hy het 'n groot invloed op baie mense en op Suid-Afrikaanse musiek
        gehad. Oral in die wêreld waar ons getoer het, het hy 'n indruk gemaak."

10      Phiri het nie net aan jóng talent erkenning gegee nie. Op 2 Maart vanjaar op
        'n musiekfees in Stellenbosch het hy in 'n huldeblyk aan die legendariese
        Nico Carstens opgetree. Hy het genoem dat Carstens se musiek uit sy hart 55
        kom: "Ek het dit gesien toe ons vir die eerste keer saamgewerk het. Ek het
        'n lied geskryf om my pa se nagedagtenis te eer. Daar was nie veel struktuur
        nie, bloot emosie. Ek wou 'n trekklavierspeler hê om saam met my te speel en
        nadat ek vyf ander oorweeg het, het ek hóm gekies. Toe hy my vra waar die
        bladmusiek is, het ek gesê dit bestaan nie. Ek het hom riglyne gegee en gesê: 60
        'Sit jouself in my skoene en speel wat jy vóél.' Ná 45 minute het ons die lied
        Father klaar opgeneem. Volmaak."

11      'n Mens se liefde vir musiek maak dikwels ander dinge onbenullig. So was dit
        ook in Phiri se geval: hy het sy musiek belangriker geag as drome van roem
        en rykdom.                                                                   65

12      Ray Phiri sal beslis onthou word – die groot koning met die mooi hart is dood.
        Lank leef die koning!

        * mentor: ervare leier; raadgewer; gids: iemand wat aan ander hulp en leiding
                  gee
                                                           [Verwerk uit Beeld, 13 Julie 2017]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                             5                                        DBE/2018
                                                 SSE

TEKS B: VISUELE TEKS

                              RSG-KUNSTEFEES
                                     4–11 NOV. 2014
  1
  2

  3      Ladysmith Black Mambazo, Stimela en die Soweto
  4      Strings verskaf townshipklank en gee ritme aan lywe.
  5             80 vingers streel oor trekklavierklawers;
  6             Hemelbesem rymklets koddige rympies.
  7         Koning Lear praat in sprankelende Afrikaans,
  8                  Nataniël vertel sy beste stories,
  9       Katriena en Shimmy Isaacs lawe die lagspiere ...
 10    Daar's baie meer, want hierdie fees bied vir die fynproewer
 11              unieke teater van emosie sonder grense.
 12       Radio Sonder Grense
 13      Alle Kunstefeesproduksies is
 14                 gratis.
 15         Volledige program by rsg.co.za/
 16             #RSGfees vir feesnuus

              [Verwerk uit https://i1.wp.com/maroelamedia.co.za/wp-11/RSG-Kunstefees-2014.jpg]

VRAE: TEKS A

1.1      Watter tipe musiek kan met Phiri geassosieer word?                                              (1)

1.2      Watter mediese toestand het Phiri se lig uitgedoof?                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        6                                     DBE/2018
                                            SSE

1.3       Was dit vir townshipkinders voordelig om bekende kunstenaars in flieks te
          sien? Motiveer jou antwoord.                                                           (1)

1.4       Noem TWEE kunstenaars wat Phiri se musiek beïnvloed het.                               (2)

1.5       Watter positiewe gevolg het die kultuurgebeure op die plaas Mayfern vir Phiri
          gehad?                                                                                 (1)

1.6       Gee TWEE bewyse van Phiri se internasionale sukses.                                    (2)

1.7       Watter DRIE vereistes het Phiri aan sy eie musiek gestel?                              (3)

1.8       Waarom, dink jy, is Phiri 'n positiewe rolmodel vir townshipkinders?                   (1)

1.9       Op watter wyse het Phiri jong talent gekoester?                                        (3)

1.10      Noem TWEE kunstenaars wat as gevolg van Phiri se mentorskap sukses
          behaal het en dui telkens die mate van Phiri se mentorskap aan.                        (4)

1.11      Hoekom het Phiri 'n groot bewondering vir Nico Carstens gehad? Dink jy die
          opname van Father het sy bewondering vir Carstens versterk? Motiveer jou
          antwoord.                                                                              (2)

1.12      Wat is die geïmpliseerde betekenis van die onderstreepte woord in die
          slotparagraaf? Gee TWEE bewyse uit die teks dat Phiri 'n mooi hart
          gehad het.                                                                             (3)

VRAE: TEKS B

1.13      Gee die teks genoeg visuele leidrade waarvan lesers/belangstellendes kan
          aflei dat musiek die belangrikste aspek van die RSG-kunstefees is? Gee
          TWEE redes vir jou antwoord.                                                           (2)

1.14      Is die gebruik van die spesifieke lettertipe in reëls 3 tot 11 gepas? Motiveer
          jou antwoord.                                                                          (1)

VRAE: TEKS A EN B

1.15      Op watter manier was Ray Phiri by hierdie konsert in 2014 betrokke?                    (1)

1.16      Herlees paragraaf 6 en paragraaf 10 van TEKS A, asook reëls 3 tot 11 van
          TEKS B.

          Aan watter vereiste van Phiri het hierdie Kunstefees voldoen? Sal Carstens
          se weergawe van Phiri se Father by dié Kunstefees pas? Motiveer jou
          antwoord.                                                                              (2)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                             7                                        DBE/2018
                                                 SSE

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van SEWE wenke om jou
voornemens suksesvol uit te voer.

LET WEL:         1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in
                    paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde
                    beslaan nie.
                 2. Jy moet 'n samehangende paragraaf skryf.
                 3. Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie.
                 4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

TEKS C

                               VERANDERING IS MOONTLIK
Mense sien dikwels 'n nuwe jaar as 'n geleentheid om veranderinge in hul lewens
teweeg te bring. Dit wissel van emmerskoplysies tot groot veranderinge in mense se
persoonlike sowel as professionele lewens.
As 'n mens in ag neem hoe min voornemens uiteindelik suksesvol uitgevoer word, is
dit duidelik dat verandering baie inspanning verg. Navorsers aan die Universiteit van
Kaapstad het bevind dat slegs 8% van mense hul voornemens suksesvol uitvoer.
In die boek Kragtige Denke gee kundiges allerlei slim wenke wat jou sal help om
sukses met jou voornemens te behaal. Die sleutel tot sukses is, volgens die skrywers,
om jou gewoontes te ontleed sodat jy 'n beter begrip van die invloed van jou
gewoontes op jou lewenswyse, gesondheid en finansies kan kry. Stel daarna 'n
prioriteitslys saam wat dit makliker maak om die gewoonte wat jy wil verander, te kies.
As jy byvoorbeeld minder wil eet, kan jy 'n ander gewoonte, nl. om meer water te drink,
byvoeg. Jy sal outomaties minder eet omdat die water jou laat versadig voel. Verander
slegs een gewoonte per maand – en ná 'n jaar sal jy twaalf gewoontes hê om tot jou
suksessyfer by te dra.
Vae doelwitte is dikwels geneig om vae resultate te lewer. Skryf vir jou 'n duidelike
doelwit neer om as motivering te dien, byvoorbeeld om teen 'n sekere datum 'n
spesifieke hoeveelheid gewig af te skud. So dra 'n duidelike, gemotiveerde doelwit by
tot die bevestiging van jou prioriteite, wat weer bydra tot suksesvolle verandering.
Nog 'n baie belangrike aspek is om jou huismense te vertel waarmee jy besig is sodat
hulle jou kan ondersteun; in 'n omgewing waar jy positief ondersteun word, realiseer
doelwitte dikwels suksesvoller. Dis verder baie belangrik dat jy jou ook daartoe verbind
om positief oor jou nuwe gewoonte te dink.
Aangesien dit ongeveer 'n maand neem om 'n nuwe gewoonte aan te leer én heelwat
langer om dit te vestig, is dit belangrik om nie dae oor te slaan as jy ernstig oor jou
verandering is nie.
Voordat jy jou oë uitvee, is dit 'n nuwe jy wat in die spieël na jou kyk.
          [Verwerk uit http://www.netwerk24.com/Ontspan/Leef/verander-een-ding-op-n-slag-20161216]

                                                                       TOTAAL AFDELING B:               10
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          8                                 DBE/2018
                                              SSE

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIES

Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS D

  1

  2

  3

  4
  5
  6                             Kom gou terwyl voorraad hou.
  7                             Begin 17 Maart
  8                             * Bepalings en voorwaardes geld.

                                                                   [Bron: www.edgars.co.za]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          9                                 DBE/2018
                                              SSE

VRAE: TEKS D

3.1       Benoem die woordsoort van die onderstreepte woord in reël 1.                         (1)

3.2       Skryf die woord in reël 1 wat verkeerd gespel is, korrek oor.                        (1)

3.3       Dink jy die onderstreepte woord in reël 3 ("massiewe") sal die leser oorreed
          om die winkel te besoek? Motiveer jou antwoord.                                      (1)

3.4       Hoe dra die foto tot die geslaagdheid van die advertensie by?                        (1)

3.5       Wat is die funksie van die asterisk by "50%" in reël 4?                              (1)

3.6       Gee 'n woord wat min of meer dieselfde as die onderstreepte woord in reël 4
          beteken.                                                                             (1)

3.7       Voeg die korrekte leesteken in reël 6 in. Skryf ook die woord voor en na die
          leesteken wat jy ingevoeg het, neer.                                                 (1)

3.8       Verdeel die onderstreepte woord in reël 6 in klankgrepe.                             (1)

3.9       Gee die afkorting vir "Maart" (reël 7).                                              (1)

3.10      Reël 8 verwys na "voorwaardes". Vervang die onderstreepte woorde in die
          volgende sin met slegs EEN woord wat dieselfde beteken:

          Ek glo jou sonder voorwaardes.                                                       (1)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                       10                                        DBE/2018
                                           SSE

VRAAG 4: STROKIESPRENT
Lees en kyk na die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E

                                                                       RAAMPIE 1
                                                                   Hi Mike. Kan ons so 'n

 Lief                                                              bietjie gesels?

                 en
                              leed
          RAAMPIE 2                    RAAMPIE 3                             RAAMPIE 4
        Ja ... as Ma regtig          Hmm ... my duim is              Ek wonder of die patrone sal
        wil.                         groen. Het ek nou               verdwyn as daar lank genoeg
                                       skielik groen                     na die plakpapier
                                        vingers ont-                       gestaar word ...
                                          wikkel?

        RAAMPIE 5                       RAAMPIE 6                            RAAMPIE 7
        Dit lyk of Ma 'n             Sy knip haar oë regtig                     Dankie tog ... ek
          krummel op                  baie. Ek wonder of                          kan nou vir
           haar ken                  ander mense ook so                        Gordon bel om te
              het.                     baie hul oë knip.                          hoor of sy
                                                                                 huiswerk al
                                                                                   klaar is.

        RAAMPIE 8                                         RAAMPIE 9
(sug) ... Ek en Mike                                      en vir die eerste keer is ek seker hy het
het nou so lekker                                                                sowaar geluister
gesels, Skat ...                                                                    na wat ek sê!

                                                                         [Verwerk uit www.gocomics.com]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         11                                   DBE/2018
                                             SSE

VRAE: TEKS E

4.1       Waarom word die onderstreepte woord in RAAMPIE 1 met 'n hoofletter
          geskryf?                                                                               (1)

4.2       Watter gevoel dra Mike se woorde in RAAMPIE 2 oor?                                     (1)

4.3       Alles wat jy plant, floreer.

          Haal TWEE opeenvolgende woorde uit RAAMPIES 2 tot 4 aan wat dieselfde
          beteken as die sin hierbo.                                                             (1)

4.4       Herskryf die onderstreepte sinsdeel in RAAMPIE 4 in die bedrywende vorm.               (1)

4.5       Benoem die onderstreepte bysin in RAAMPIE 5.                                           (1)

4.6       By watter woord in RAAMPIE 6 kan assimilasie voorkom?                                  (1)

4.7       Brei die onderstreepte woord in RAAMPIE 7 met 'n byvoeglike bepaling uit.              (1)

4.8       Is die aanname wat die ma in RAAMPIE 9 maak, korrek? Gee TWEE redes
          vir jou antwoord.                                                                      (2)

4.9       Verklaar die gebruik van die kappie in die onderstreepte woord in RAAMPIE 9.           (1)
                                                                                                 [10]

VRAAG 5: ARTIKEL

Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS F

                            KAKKERLAKMELK IN JOU SUPERMARK?

1         (5.2) Internasionale navorsers het 'n nuwe supervoedsel ontdek wat glo baie
          gesond en voedsaam is. As jy nie 'n sterk maag het nie, haal eers diep asem
          voordat jy verder lees.

2         Kakkerlakmelk is glo baie (5.3) ryk aan voedingstowwe en hoog in kalorieë,
          (5.4) sê die wetenskaplikes wat hierdie verskynsel navors. Insekkenners
          vermoed al lank dat die spesie Diploptera punctata vloeistof, bekend as
          Lili-Mip, afskei wat hulle vir hul kleintjies voer. Dié spesie is (5.5) uniek en
          buitengewoon omdat hulle geboorte gee aan hul kleintjies en nie eiers lê nie.
          Wetenskaplikes het aanvanklik gedink dat die kleintjies slegs die melk van die
          lakterende volwasse kakkerlak af inneem.

3         Navorsers het egter onlangs op proteïenkristalle in die kakkerlak-embrio's
          afgekom. Volgens 'n studie wat deur die Internasionale Unie vir Kristallografie
          gepubliseer is, is (5.7) kakkerlakmelk ryk aan proteïene, suiker en vet. Dit
          bevat meer as drie keer soveel energie (5.8) … buffelmelk, wat bekend is om
          sy ryk voedingswaarde.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          12                                       DBE/2018
                                              SSE

4         Moenie bekommerd wees nie. Jy sal nie in die afsienbare toekoms
          kakkerlakmelk langs beesmelk in jou supermark sien nie.

5         Heelwat navorsing is nog nodig om te bepaal of dit geskik is vir menslike
          gebruik. En selfs al word kakkerlakmelk eendag kommersieel geproduseer,
          sal dit waarskynlik nie van die kakkerlakke self kom nie, maar biotegnies
          vervaardig word.
                                                 [Verwerk uit http://www.netwerk24.com/Ontspan]

VRAE: TEKS F

5.1       Skryf die diftong neer wat in die titel voorkom.                                         (1)

5.2       Brei die onderstreepte sinsdeel in paragraaf 1 uit deur 'n bywoordelike
          bepaling van tyd in te voeg. Skryf die onderstreepte sinsdeel oor.                       (1)

5.3       Vorm 'n sin van jou eie met die homofoon van die onderstreepte woord in
          paragraaf 2.                                                                             (1)

5.4       Herskryf die vetgedrukte sinsdeel in paragraaf 2 in die toekomende tyd.                  (1)

5.5       Benoem die taalverskynsel wat op die onderstreepte woorde in paragraaf 2
          van toepassing is.                                                                       (1)

5.6       "Wetenskaplikes het aanvanklik gedink dat die kleintjies slegs die melk van
          die lakterende volwasse kakkerlak af inneem."

          Gee die gesegde van die hoofsin.                                                         (1)

5.7       Motiveer waarom die onderstreepte woord in paragraaf 3 'n kompleks is.                   (1)

5.8       Gee die voorsetsel wat in paragraaf 3 ontbreek.                                          (1)

5.9       Verbind die sinne in paragraaf 4 met "aangesien" om een sin te vorm.                     (1)

5.10      Skryf die hoofsin van die onderstreepte sin in paragraaf 5 neer.                         (1)
                                                                                                   [10]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:              30
                                                                       GROOTTOTAAL:                70

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018/d44727d2-705d-4fdd-a87d-4da1c4380318) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2018/a2880343-bd5f-4f3a-ae57-86ba082a8a22) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2018/bcd42fc0-41e4-42c1-a659-fcbdbdae1e58) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2019/367ff59a-d2b3-4a61-9ec2-462562ce9a61) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P1 June July 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-june-july-2015/37fb3790-ac90-40b8-8e30-19a5b23e458e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018-memo/89172392-378e-4868-8b19-5f1762563210) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
