# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2019, 11 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2019-memo/6abdc465-8fd0-4b6b-8608-daa29a5c2188
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2019-memo/6abdc465-8fd0-4b6b-8608-daa29a5c2188)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P1 May June 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2019/367ff59a-d2b3-4a61-9ec2-462562ce9a61) — QP · 2019 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
               NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                              AFRIKAANS HUISTAAL V1
                                           2019
                                    NASIENRIGLYNE

                                                                            PUNTE: 70

                       Hierdie nasienriglyne bestaan uit 11 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           2                                         DBE/2019
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

 AFDELING A: LEESBEGRIP

Nasien van die leesbegrip:

  •   Die fokus is op die begrip van die leesstuk. Spel- en taalfoute word nie nagesien nie, tensy
      dit die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal- en spelfoute moet wel aangetoon
      word.)
  •   Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
      SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
  •   Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
      aanhalingstekens ontbreek nie.
  •   Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat 'n volsin gee, is dit korrek mits
      die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
  •   Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee 'n hele reeks, word
      slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
  •   Indien die kandidaat woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel
      verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde
      woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die
      antwoord vereis word, word dit aanvaar.
  •   Aanvaar dialektiese variasies.

VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.)
Vraag  Antwoord                                                                                      Punt
1.1    Hy verlig ander mense se lot. √                                                               1

1.2        Hy is (as student aan die UKZN, waar hy in medisyne studeer het,) verkleineer,
           terwyl hy moeite doen om mens op te hef./
           Hy (en sy gesin) is huisvesting ontneem, terwyl hy vir mense behuising/beskutting/
           veilige blyplek verskaf./
           As student was hy ergerlik oor onregverdigheid, terwyl hy nou onvoorwaardelik dien
           ongeag die onreg wat plaasgevind het./
           As student was hy wrewelrig teenoor regerings, terwyl hy nou regerings tydens
           oorloë/ontvoerings bystaan. √√                                                            2

           Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
           Die kandidaat bied albei kante van die saak vir EEN punt elk aan.

1.3        Zorah/'n Spirituele onderwyser √                                                          1

           Ten spyte daarvan dat Sooliman en Zorah nie mekaar se taal verstaan nie/
           Sooliman nie Turks verstaan en Zorah/die spirituele onderwyser nie Engels verstaan
           nie, deel hulle 'n geestelike taal./stig Sooliman 'n wêreldwye hulporganisasie./sien
           Zorah in Sooliman se siel dat hy iemand is wat mense wou help./verstaan Sooliman
           die opdrag om Gift of the Givers te stig./gehoorsaam Imtiaz Sooliman 'n vreemdeling
           se opdrag. √                                                                              1

           Die kandidaat moet na TWEE kante van die saak verwys.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           3                                          DBE/2019
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

1.4        'n Gebrek aan deernis √
           'n Gebrek aan goeie kwalifikasies √
           Die onvermoë om onder druk te kan werk √
           Die onvermoë om jou emosioneel van mense af te kan sluit/onpartydig te bly √             4

           Die kandidaat se antwoord moet fokus op "diskwalifiseer".
           Die kandidaat bied VIER antwoorde vir EEN punt elk aan.

1.5        (Hy gaan help by) 'n oorlog (in Sirië).
           (Hy doen bemiddeling ná) ontvoerings (in Jemen).
           (Hy help met die) waternood/droogte (in Mosambiek).
           (Hy help tydens die) wegholbrande (aan die Tuinroete).
           (Hy is ook betrokke by die) waternood (in die Kaap en Karoo). √√√                        3

           Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.

1.6        Baie ouers is nie positiewe rolmodelle van deernis vir hulle kinders nie./
           Kinders kry dikwels die verkeerde voorbeeld, nl. om geen deernis te bewys nie./
           Indien kinders nie deernis beleef nie, is die moontlikheid dat hulle deernis sal
           aanleer/bewys, min./
           Dit is moeilik om die begrip deernis vir kinders te omskryf: hulle moet dit in aksie
           sién./
           Kinders moet ervaar dat deernis nie by 'n gevoel ophou nie, maar dat dit ook optrede 1
           verg. √

           Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

           Ja                                                                                       1
           Sy pa het klante se skuld dikwels afgeskryf. √
           (Met sy ma se werkverskaffingsburo) het sy werk aan mense verskaf./hulle deur werk       1
           bemagtig. √

           Die kandidaat kan nie "Nee" as 'n antwoord aanbied nie.

1.7        Ja
           Imtiaz Sooliman/die spanne dokters wat in krisissituasies werk, kry dit reg (en daarom
           is dit moontlik).

                                                    OF

           Nee
           As 'n mens werklik deernis/empatie met mense het,/'n verskil wil maak, is dit
           onmoontlik om buite die situasie te staan./van die situasie te vergeet./nie emosioneel
           daaroor te raak nie. √                                                                   1

           Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           4                                          DBE/2019
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

1.8        Die waarheid (het haar gedryf./was 'n vereiste.) √                                        1

           Sy was dikwels té emosioneel./té betrokke./het kontak met slagoffers behou. √
           Sy kon soms die groter prentjie nie sien nie. √                                           2

           Die vraag moet in volgorde beantwoord word, tensy die eerste antwoord eksplisiet in
           'n sin aangedui word.

1.9        Die bankstate dien as bewys./kan nagevors word./daar is bewyse op skrif dat die
           R20-miljoenskenking in 2017 gemaak is. √                                                  1

1.10       Hulle leer by Sooliman die belangrike verskil wat deernis in die wêreld maak./ Dis
           waardevol om te sien dat deernis 'n verskil in ander mense se lewens maak./
           belangrik is./'n mens ook iets moet dóén om 'n verskil te maak. √                         1

1.11       Ja
           Die werkers kan nie binne 10 dae uitbrand nie (en eers as jy lánger as tien dae
           aanmekaar werk, bestaan die gevaar van uitbranding).
           Die werkers/medici is opgelei/emosioneel sterk genoeg om die eise te hanteer.

                                                    OF

           Nee
           Die werksdag is reeds agttien uur lank wat nie (vir tien dae sonder gevolge) volgehou
           kan word nie./billik is nie.
           Langdurige, emosionele eise/betrokkenheid by ander mense se nood is (emosioneel)
           dreinerend wat nie (vir tien dae aanmekaar) billik is nie.
           Dit is nie billik nie, aangesien hulle rus nodig het. √√                                  2

           Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

1.12       Jy verwag dat mense wat in haglike omstandighede bly, nie vrede ervaar nie./hulle
           bekommer oor geld/besittings/aansien/die toekoms, maar hulle ervaar vrede./geniet
           die vreugde van elke dag./bekommer hulle nie.
           Mense wat min het, is dikwels, anders as wat jy sal dink, tevrede met wat hulle
           het/hulle omstandighede, wat veroorsaak dat hulle gelukkiger is as mense wat na die
           hoogste sport in die lewe streef./hulle doodwerk./met ander kompeteer om
           ryk/gesiene te                                                                      1
           wees. √

           Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
           Die kandidate moet beide kante van die ironie in die antwoord aanbied.

1.13       (Die groter letters/skuinsdruk/vetdruk) beklemtoon/plaas die fokus op die stryd./
           euwel./mensehandel. √                                                                     1

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           5                                          DBE/2019
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

1.14       Ja
           Die kind in die foto wek onmiddellik deernis by die leser, (want 'n mens kan empatie
           hê met kinders wat aan mensehandel onderwerp word)./
           Die foto van die kind maak 'n appèl op mens se betrokkenheid/omgee/hulp aan
           mensehandelslagoffers./
           Goedversorgde kinders loop 'n groter risiko om die slagoffer van mensehandel te
           wees. √

                                                    OF

           Nee
           Die foto skep nie die idee van 'n kind wat afgeskeep word/aan mensehandeltrauma
           onderwerp is nie./die kind lyk goed versorg./gelukkig. √                        1
                                                                                        1
           Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan./
           Die kandidaat bied ook net "Ja" of "Nee" as antwoord vir EEN punt aan.

1.15       "omgee en meelewing" √                                                                   1

           Die kandidaat bied DRIE opeenvolgende woorde vir EEN punt aan.

           Ja
           Die herhaling van die hartsimbool spreek die leser se emosies/omgee/deernis aan.

                                                    OF

           Nee
           Die onderwerp/tema van die advertensie is van so 'n aard dat jy/die leser in elk geval
           aangespreek word. √                                                                      1

           Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

1.16       Albei herenig die ontvoerdes met hul families./Gift of the Givers onderhandel om
           ontvoerdes weer met hul families herenig te kry, terwyl die VKSA hulle beywer om
           ontvoerde kinders by hulle huise te kry./vrygelaat te kry. √
           Albei werk met omgee./deernis. √                                                         2

           Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
           Die kandidaat kan nie net een woord as 'n antwoord aanbied nie.

                                                                        TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                                6                                  DBE/2019
                                             SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2
Nasien van die opsomming
Tydens die nasien van die opsomming is die insluiting van geldige feite en die uitsluiting van
irrelevante feite belangrik.
   •      Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van 'n opskrif/titel te voorsien nie.
   •      Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
   •      Slegs wenke wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
   •      Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie, word
          die eerste opsomming nagesien.
   •      Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
           Punte word soos volg toegeken:
           o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
           o 3 punte vir taal
           o Puntetotaal: 10

  •      Verspreiding van taalpunte wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal het nie:
          o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe
          o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe
          o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe
  •        Verspreiding van taalpunte wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het.
           o 6–7 direkte aanhalings: ken geen taalpunte toe nie
           o 1–5 direkte aanhalings: ken 1 punt vir taal toe
LET WEL:
 •    Tel van woorde:
      o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
      o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui het nie of
         as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
      o As die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die getal woorde
         oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.
       o Korter opsommings wat die vereiste wenke bevat, mag nie gepenaliseer word nie.

      ŉ Opsomming wat in paragraafvorm aangebied word, kan die volgende moontlike
      bewoording gebruik:

MOONTLIKE PARAGRAAF
 Bepaal eerstens wat jy met jou tyd doen om tydvermorsing uit te skakel. Beplan vervolgens
 elke dag sodat prioriteite eerste aandag kan kry. Kry ook iemand wat jou met werk kan help:
 delegeer. Jy kan ook twee take wat aan mekaar verwant is tegelykertyd afhandel. Gee jou
 daarna net 'n afgebakende hoeveelheid tyd vir elke taak. Bêre gerus jou selfoon as jy baie
 ekstra ure beskikbaar wil hê. Dit is sinvol om te eksperimenteer om sekere take vinniger klaar
 te maak.
                                                                            Getal woorde: 82

                                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           7                                        DBE/2019
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

             AANHALING UIT TEKS                          MOONTLIKE BEWOORDING
1    ... jy moet eers bepaal wat jy tans met   A       Voorkom tydvermorsing deur eerstens
     jou tyd doen sodat jy weet waarmee jy jou         te bepaal hoe jy jou tyd bestee.
     tyd mors; dán eers kan jy dit voorkom.

2    Daarna beplan jy jou dag. "Ons het almal      B   Beplan/Organiseer elke dag/jou werk
     net 24 uur per dag; deur die regte                sodat prioriteite eerste aandag kry.
     beplanning van prioriteite-altyd-eerste kan
     jy die beste uit elke dag haal."

3    Delegeer van jou werk – met die regte         C   Kry iemand wat jou met werk kan help:
     mense wat take namens jou doen, wen jy            delegeer dus.
     baie tyd.

4    Dit is belangrik om die vloei van jou         D   Doen twee take wat aan mekaar
     energie so te gebruik dat jy take wat aan         verwant is, tegelykertyd.
     mekaar verwant is, tegelykertyd kan
     afhandel.

5    Baken die tyd wat jy aan 'n taak kan          E   Gebruik     net      'n     afgebakende
     afstaan, af.                                      hoeveelheid tyd vir elke taak.

6    En bêre jou selfoon! Navorsing toon dat    F      Bêre gerus jou selfoon as jy baie ekstra
     een onderbreking van ’n twiet, sms of epos        ure beskikbaar wil hê.
     byna vyf-en-twintig minute van jou tyd
     steel.

7    Dis sinvol om met            planne te G          Eksperimenteer gerus met planne om
     eksperimenteer sodat jy tyd wen,                  sekere take vinniger te voltooi./tyd wen.
     byvoorbeeld deur die klere wat jy die
     volgende dag wil aantrek, die vorige aand
     reg te sit.

                                                                            Getal woorde: 74

                                                                     TOTAAL AFDELING B:                10

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                            8                                       DBE/2019
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Nasien van hierdie afdeling:
•   Spelling:    o Eenwoord-antwoorde word nie gepenaliseer nie, al is die spelling nie korrek
    nie,
                  tensy die spelling die betekenis van die woord beïnvloed en/of spelling die
                  aspek is wat geassesseer word.
                o In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout in
                  die taalstruktuur getoets word.
                o Waar 'n afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
•   Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in die
    instruksie aangedui.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                                9                                       DBE/2019
                                          SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Vraag    Antwoord                                                                                    Punt
3.1      salighede √                                                                                 1

         Die woord moet korrek gespel word.

3.2      Hy/Sy wil jou oorreed om die sjokolade-eier te eet./te koop./bewus maak van die
         uitsonderlike kwaliteit van die sjokolade./lus maak vir die sjokolade-eier./laat jou voel jy
         gaan iets ontbeer as jy nie die sjokolade-eier eet nie. √                                    1

         Die kandidaat bied EEN soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

3.3      Die sjokolade/ysblokkie smelt in my mond weg./
         My hart smelt weg vir die vrou wat deur moeilike beproewings gegaan het. √                  1

         Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

3.4      boonste √                                                                                   1

3.5      Dit beklemtoon/vestig die aandag op die sinsdeel wat volg, nl. dat Lindor-eiers (so)
         spesiaal is./dat 'n mens dit (vir ander mense) sal wil wegsteek. √                   1

         Konteks is belangrik.
         Die eerste deel (generies) moet in die tweede deel van die antwoord, binne konteks, op
         die teks van toepassing gemaak word.

3.6      Die eierdop het 'n snaakse kleur./
         Was asseblief die eierpan./
         Die eiersel kan nie bevrug word nie./
         Die eierresepteboek lê op die kombuistafel./
         Die eierplant se vrug staan as ’n brinjal bekend. √                                         1

         Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
         'n Samestelling bestaan uit minstens twee basisse.

3.7      Smulpaap/lekkerbek/gulsbek √                                                                1

3.8      só sag √                                                                                    1
         té spesiaal √                                                                               1

         Indien die kandidaat meer as twee opeenvolgende woorde in die antwoord aanbied,
         moet dié korrekte twee woorde onderstreep of uitgehef word.

3.9      Vir jóú om vandag te geniet. √                                                              1

         Die kandidaat bied 'n soortgelyke bywoordelike bepaling van tyd aan.
         Die bepaling kan uit meer as een woord bestaan, solank dit nie 'n gesegde bevat nie.

                                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Huistaal/V1                             10                                     DBE/2019
                                         SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: SPOTPRENT

Vraag     Antwoord                                                                                 Punt
4.1       mens √                                                                                   1

4.2       Hy hou sy kop vas./kyk af na die grond./druk sy ore toe. √                               1

4.3       leuens √                                                                                 1
4.4       twitter √                                                                                1

4.5       Dit is 'n stelling wat (aanneem dat dit) vir alle mense geld./
          Die aanname is dat alle mense net 'n sensasionele opskrif lees wat nie waar is
          nie./Daar is geen bewyse vir die aanname nie.
          Die kind veralgemeen (dat) die stelling (vir alle mense geld). √               1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

          Die visuele voorstelling dui 'n lang berig/artikel aan wat aansluit by die aanname dat
          mense eerder net die opskrif lees./afleidings maak na aanleiding van slegs die
          opskrif./titel./nie daarvan hou om lang artikels/skryfstukke te lees nie./
          Die visuele voorstelling sluit by die aanname aan dat die seun inderhaas (verwys na
          strepies) slegs opskrif gelees het./
          Die visuele voorstelling bewys die aanname verkeerd, want dit bewys dat die seun
          alles gelees het. √                                                                    1
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
          Die kandidaat moet na beide aspekte, nl. die visuele voorstelling asook die aanname
          verwys, of dit impliseer.

4.6       Die regter veroordeel die man wat sy vrou vermoor het./
          Die misdadiger is tot drie jaar gevangenisstraf veroordeel./
          Die media veroordeel onwettige ontgroeningspraktyke wat in skole posvat./ Wraak
          word deur die samelewing veroordeel en daarom verwerp. √                                 1

          Die kandidaat bied 'n eie sin met "veroordeel" aan.
          'n Neutrale sin sonder konnotasie verdien geen punt nie. Konnotasie: veroordeling/
          verwerping/kritiseer, byvoorbeeld: Ek veroordeel jou. x Ek veroordeel jou
          optrede./Moenie ander mense veroordeel nie. √

4.7       stokou/stokoue/horingou/horingoue/oerou/oeroue √                                         1

          Die kandidaat kan nie stokoud as antwoord aanbied nie. Die antwoord moet as een
          woord geskryf word.

4.8       Kon dit tog 'n grap wees!/
          Mag dit 'n grap wees!/
          Mag dit dalk 'n grap wees!/
          Laat dit tog 'n grap wees! √                                                             1
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke sin vir EEN punt aan wat op wenslikheid,
          moontlikheid of waarskynlikheid dui.
          Die antwoord kan met of sonder die uitroepteken aangebied word.

 Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Huistaal/V1                              11                                         DBE/2019
                                          SS/NSS – Nasienriglyne

4.9       Die as van die kaggel is vuurwarm./
          Die as van die motor hou die wiele in plek./
          'n Gedenkmuur is opgerig om die as van gestorwenes te bewaar./ Hy het die
          teenstander se hand in die as geslaan./
          Engeland het die As van Australië teruggewen. √                                            1
          Die kandidaat bied 'n eie sin met die homoniem van "as" aan.

                                                                                                     [10]

VRAAG 5: ARTIKEL

Vraag      Antwoord                                                                                  Punt
5.1        span √                                                                                    1

5.2        Die tronkbestuur sal 'n formule moet vind om te bepaal hoeveel selle oor vyftien jaar
           in die tronk nodig sal/gaan wees. √                                                   1

5.3        Die tronkbestuurder/Hulle het op 'n eenvoudige formule besluit: √                         1
           Moenie kandidate penaliseer wat die sin met 'n punt eindig nie.

5.4        Die lesende publiek is geletterd./
           Die lesende publiek beland nie in die tronk nie./
           Die kinders wat lesend is, se algemene kennis is beter as dié wat nie lees nie. √         1
           Die kandidaat bied 'n eie sin met "lesende"/"lesend" aan.

5.5        ... dat ons daagliks e-posse moet stuur. √                                                1
           dit./stiptelikheid./daaglikse stiptelikheid./die versending van ... √                     1
           Die kandidaat bied 'n soortgelyke voorwerp vir EEN punt aan.
           Die kandidaat mag ook 'n bepaling saam met die voorwerp in die antwoord aanbied.

5.6        daarom √                                                                                  1

5.7        Gaiman/Sy/Hy het gesê (dat) biblioteke wat daardie dag toemaak, dieselfde effek op
           'n land het as om inentingsprogramme te staak./
           Gaiman/Sy/Hy het gesê (dat) biblioteke wat daardie tyd toemaak, dieselfde effek op 'n
           land het as om inentingsprogramme te staak. √                                         1

           Die woordorde moet korrek aangebied word.

5.8        naamlik √                                                                                 1

5.9        Dit is deesdae belangrik om goeie leesgewoontes by kinders te kweek omdat dit die
           belangrikste belegging in hul toekoms is!/
           Deesdae is dit belangrik om goeie leesgewoontes by kinders te kweek omdat dit die
           belangrikste belegging in hul toekoms is! √                                       1

                                                                                                 [10]
                                                                                     AFDELING C: 30
                                                                                   GROOTTOTAAL: 70

 Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2019-memo/669ef435-fb0c-4809-bd37-e82d905f388f) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018-memo/ec966033-9c89-4162-a085-348fa5019f1d) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2017-memo/a6422696-4ee3-497e-a363-2d437719558c) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2016-memo/f5c157e4-66bd-4457-8073-3afef745981a) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018/545e8fa8-1674-4879-89f2-de25424ab5f0) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 June July 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-june-july-2015/37fb3790-ac90-40b8-8e30-19a5b23e458e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
