# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2019, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2019/367ff59a-d2b3-4a61-9ec2-462562ce9a61
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2019/367ff59a-d2b3-4a61-9ec2-462562ce9a61)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2019 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             AFRIKAANS HUISTAAL V1

                                          2019

                                                                          PUNTE: 70

                                                                          TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           2                           DBE/2019
                                             SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: Leesbegrip                   (30)
          AFDELING B: Opsomming                    (10)
          AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

4.        Trek 'n streep ná elke afdeling.

5.        Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël oop na elke antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A:      50 minute
          AFDELING B:      30 minute
          AFDELING C:      40 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        3                                    DBE/2019
                                          SS/NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.
TEKS A: ARTIKEL
                               'N KOELKOP MET EMPATIE

 1 Imtiaz Sooliman, Gift of the Givers. Dié stigter en dié organisasie werk met net
   een doel voor oë: om mense se lot met deernis te verlig.

 2 Hy noem homself 'n rampspoedtoeris, sê dr. Imtiaz Sooliman toe ons op 'n
   somersdag in die Tuine in Kaapstad ontmoet. Hy sit rustig en gesels.

 3 Imtiaz praat vinnig, gedrewe. In sy jeug was hy ergerlik oor onregverdigheid. "Ons           5
   moes persele ontruim, is verkleineer en as student aan die Universiteit van
   KwaZulu-Natal, waar ek in medisyne studeer het, was ek wrewelrig teenoor die
   regering."

 4 Maar toe verander sy lewe op 6 Augustus 1992. Hy was op besoek in Istanboel,
   Turkye, en het 'n gebedsessie vir alle denominasies bygewoon. 'n Spirituele 10
   onderwyser het in sy oë gekyk en gesê: "My seun, in jou siel sien ek iemand wat
   mense wil help." Wat dit merkwaardig maak, is dat hy nie Turks, en die spirituele
   onderwyser, Zorah, nie Engels verstaan het nie, onthou Imtiaz. "Ons het 'n
   geestelike taal gedeel," verduidelik hy. "Die man het gesê: 'Ek vra jou nie, maar
   beveel jou om die organisasie, Gift of the Givers, te stig en om mense van alle 15
   rasse en gelowe, kleure en politieke oortuigings van oor die wêreld
   onvoorwaardelik te dien.' Dié opdrag het my lewe verander."

 5 Reeds vir 25 jaar is hy aan die stuur van een van die wêreld se bekendste
   humanitêre organisasies, Gift of the Givers. Daar waar die nood groot en
   oorweldigend is – in Sirië se burgeroorlog, in Jemen ná ontvoerings, in die Kaap en 20
   Karoo waar waternood mense tot stilstand dwing, in die Suid-Kaap toe
   wegholveldbrande alles vernietig het, in Mosambiek tydens droogtes – dáár werk
   Imtiaz en sy span gekwalifiseerde helpers.

 6 Enigiemand kan vir Gift of the Givers werk, "mits jy deernis het, hoogs
   gekwalifiseerd is en onder druk kan werk". Die organisasie bedryf 21 projekte wat 25
   wissel van traumaberading, voeding, behuising tot mediese bystand tydens rampe.
   Hulle onderhandel ook vir die vrylating van ontvoerdes.

 7 Imtiaz se deernis vir mense het kleintyd begin. Twee mense het daartoe bygedra
   dat hy 'n mediese dokter geword het: sy pa en sy ma. "My pa was 'n winkeleienaar.
   Hy het dikwels die skuld van sy klante afgeskryf." Sy ma, by wie hy en sy twee 30
   susters grootgeword het, het 'n werkverskaffingsburo gehad. "Sy het geglo mense
   wat werk, is bemagtig."

 8 Om mense se lot te verlig, is sy lewenstaak. Dís wat hom dryf. Maar om dit te
   doen, mag hy nooit emosioneel betrokke raak nie. Hy kan dit nie bekostig nie, want
   dan verloor hy fokus. "Jy moet die groter prentjie sien, en nie almal kry dit reg nie." 35

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        4                                       DBE/2019
                                          SS/NSS

9 Hy noem die voorbeeld van die joernalis, Suna Venter, wat soms gesukkel het om
  emosioneel onbetrokke te bly. Suna was een van die SAUK-8 wat afgedank is
  nadat hulle beswaar gemaak het teen die SAUK-besluit dat werklike nuusgebeure,
  die waarheid, verswyg moes word. Sy was baie betrokke by Gift of the Givers
  en was saam op sendings na Libië, Gaza, Egipte en Sirië voordat sy verlede jaar 40
  dood is.

10 "Suna was 'n wonderlike mens," sê Imtiaz. "Sy het soveel vrae vir slagoffers gevra.
   Mense was gek na haar, maar sy was té betrokke. Ná sendings het sy kontak met
   slagoffers behou. Hoewel dit haar enigste strewe was om die waarheid te ontbloot,
   het haar betrokkenheid by slagoffers soms haar werk beïnvloed – sy kon nie 45
   onbetrokke bly nie; sy kon soms nie die groter prentjie sien nie."

11 Wat doen Gift of the Givers? Sedert hulle ontstaan het hulle al hulp van
   R2,5 miljard in 42 lande verleen. Hieronder tel die R20 miljoen, volgens hul
   bankstate, wat die organisasie in 2017 tydens die verwoestende Knysnabrande aan
   die Tuinroete bygedra het as een van hul grootste plaaslike projekte tot op hede. 50
   Midde-in die vernietigende droogte het Imtiaz en sy span onlangs landwyd
   R40 miljoen se veevoer aan boere versprei.

12 Sy kinders verstaan die eise wat sy werk stel. "Hulle weet ek moet baie reis om
   mense te help, gevolglik leer hulle van jongs af hoe belangrik deernis is. Dit is
   moeilik om die begrip deernis vir hulle te omskryf: hulle sién wel dat dit 'n gevoel is, 55
   maar dat dit ook optrede verg."

13 Imtiaz se sukses met Gift of the Givers kan toegeskryf word aan sy kalmte, geduld
   en energie. "Ons verdeel in spanne van tussen dertig en sestig dokters, na gelang
   van die projek. Soms sien ons 7 000 pasiënte per week en werk soggens van ses
   tot middernag. Hierdie medici is emosioneel sterk en word vooraf gewaarsku dat 60
   hulle tydens hulle werksaamhede in gevaarsituasies kan sterf. Selfs sterk mense
   het ongelukkig 'n beperkte uithouvermoë: wanneer hulle langer as tien dae aaneen
   werk, loop hulle die gevaar om uit te brand."

14 Hy bly verstom dat mense in die haglikste omstandighede waardig, hoflik en
   dankbaar bly. "Hulle het dikwels groter vrede as mense wat té gemaklik leef." 65

15 Imtiaz se lewe vul hom daagliks met groot dankbaarheid. Vir hierdie deernisvolle
   koelkop is dit 'n voorreg om mense te help.
                                                               [Verwerk uit Sarie, Maart 2018]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           5                                         DBE/2019
                                             SS/NSS

TEKS B: VISUELE TEKS

1                       ONDERSTEUN DIE STRYD TEEN MENSEHANDEL

2 Raak betrokke by die stryd teen mensehandel en help VKSA om kinders huis toe te bring.

3 Skenk vandag jou R25 deur middel van 'n SMS aan die VKSA-nommer: 41006 en
4 bewys só jou omgee en meelewing teenoor die verlore kinders.

5   ANDER MANIERE OM BETROKKE TE RAAK:
                                                            VERLORE
                                                            KINDERS
    BORG 'N       DIREKTE      MYVILLAGE     VRYWILLIGER      SUID-
    SALARIS       DEPOSITO      KAART        OF SKENKING
                                                             AFRIKA
                                                           NPO 067 095/ PBO 930 034 181

                        Verlore Kinders SA                 e-pos: info@verlorekinders.org.za

                        @072verlore                        Noodnommer: 072 647 7464/
                                                           www.verlorekinders.org.za
                                                           [Verwerk uit Goeie huishouding, Maart 2018]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         6                                    DBE/2019
                                           SS/NSS

VRAE: TEKS A

1.1       Watter verskil maak Imtiaz se lewe, volgens paragraaf 1, aan menselewens?              (1)

1.2       Op watter TWEE maniere weerspreek Sooliman se werk as volwassene
          sy ervarings toe hy jonk was?                                                          (2)

1.3       Aan wie skryf Sooliman die stigting van Gift of the Givers toe?
          Waarom is sy ontmoeting met dié persoon merkwaardig?                                   (2)

1.4       Watter VIER aspekte diskwalifiseer jou vir werk by Gift of the Givers?                 (4)

1.5       Herlees paragraaf 2 en 5.

          In paragraaf 2 noem Sooliman homself 'n "rampspoedtoeris".

          Gee DRIE voorbeelde van sy werk uit paragraaf 5 wat aan hierdie beskrywing
          voldoen.                                                                               (3)

1.6       Waarom is dit, na jou mening, soms vir kinders moeilik om deernis aan te
          leer? Was Sooliman se ouers positiewe rolmodelle met betrekking tot
          deernis? Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                                         (3)

1.7       Dink jy dit is vir werkers van Gift of the Givers moontlik om emosioneel
          onbetrokke te bly wanneer hulle mense in nood help? Motiveer jou antwoord.             (1)

1.8       Herlees paragraaf 9 en 10.

          Watter vereiste het Suna Venter aan die werk wat sy gedoen het, gestel?
          Watter TWEE eienskappe van Suna het haar werk by Gift of the Givers
          negatief beïnvloed?                                                                    (3)

1.9       Waarom is die onderstreepte sinsdeel in paragraaf 11 'n feit?                          (1)

1.10      Watter waarde het Sooliman se werk vir sy kinders?                                     (1)

1.11      Is dit, volgens jou, billik om van die Gift of the Givers-personeel te verwag om
          vir tien dae aaneen te werk? Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                     (2)

1.12      Waarom, dink jy, is dit ironies dat mense wat in haglike omstandighede leef
          groter vrede ervaar as mense wat gemaklik leef?                                        (1)

VRAE: TEKS B

1.13      Gee 'n rede waarom die skrif in reël 1 nie deurgaans dieselfde is nie.                 (1)

1.14      Is die gebruik van hierdie spesifieke foto effektief om die boodskap van dié
          advertensie oor te dra?                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                       7                                 DBE/2019
                                         SS/NSS

1.15      Watter DRIE opeenvolgende woorde in reëls 1 tot 4 sluit by die simbool van
          die hart in die advertensie aan? Is dit geslaagd dat die advertensie die
          hartsimbool herhaal? Motiveer jou antwoord.                                       (2)

VRAE: TEKS A EN B

1.16      Herlees die onderstreepte gedeelte in paragraaf 6 van TEKS A en reël 2 van
          TEKS B.

          Wat het die werksaamhede van Gift of the Givers en Verlore Kinders
          Suid-Afrika gemeen? Noem TWEE sake.                                               (2)

                                                            TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         8                                     DBE/2019
                                           SS/NSS

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van SEWE wenke om meer in 'n dag
gedoen te kry.

LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm
            aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
         2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
         3. Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie.
         4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

TEKS C
                         KRY HEELWAT MEER UIT JOU DAG!
Neem jy jou gereeld voor om meer uit elke dag te kry, maar jy hol steeds besete rond
om huis, werk en sosiale verpligtinge te laat vlot? Kundiges sê deur meer te probeer
doen, kry ons minder reg.
Lauren de Witt, 'n bestuursafrigter wat in tydsbestuur spesialiseer, glo jy moet eers
bepaal wat jy tans met jou tyd doen sodat jy weet waarmee jy jou tyd mors; dán eers kan
jy dit voorkom. Daarna beplan jy jou dag. "Ons het almal net 24 uur per dag; deur die
regte beplanning van prioriteite-altyd-eerste kan jy die beste uit elke dag haal," is haar
raad. Dit sal voorkom dat jy met take wag totdat die kalf in die put is: deeglike
beplanning sal jou in staat stel om al jou werk georganiseerd, en betyds klaar te kry.
Swak beplanning lei tot paniek en aframmeling van werk, wat in elk geval nie
verantwoordelik is nie.
As jy boonop heeltyd alles alleen probeer doen, gaan jy beslis faal. Delegeer van jou
werk – met die regte mense wat take namens jou doen, wen jy baie tyd. Hoekom wíl jy
alles alleen baasraak?
Dit is belangrik om die vloei van jou energie so te gebruik dat jy take wat aan mekaar
verwant is, tegelykertyd kan afhandel. As jy na een kind se leesles luister, terwyl jy 'n
ander met 'n opstel help, val dit binne dieselfde raamwerk. Op dié manier wen jy 'n paar
minute tyd!
Baken die tyd wat jy aan 'n taak kan afstaan, af. Anders sal jy heeldag besig bly met 'n
eenvoudige taak, byvoorbeeld om kamer skoon te maak. Gee jy jou net twee uur vir die
taak, dwing dit jou om binne die vasgestelde tyd klaar te kry. En bêre jou selfoon!
Navorsing toon dat een onderbreking van 'n twiet, sms of e-pos byna vyf-en-twintig
minute van jou tyd steel. Dís hoe lank dit jou neem om weer op die taak waarmee jy
besig was, te fokus!

Dis sinvol om met planne te eksperimenteer sodat jy tyd wen, byvoorbeeld deur die klere
wat jy die volgende dag wil aantrek, die vorige aand reg te sit.
Soms is dit klein goedjies wat jou tyd opslurp.
                                                          [Verwerk uit rooi rose, April 2018]

                                                               TOTAAL AFDELING B:                10

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          9                                      DBE/2019
                                            SS/NSS

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS D

1

2                  Laat jou weerstand wegsmelt met die Lindor-eier, met 'n vulsel
3                    só sag jy sal dit nie kan weerstaan nie. Dit is bederf uit die
4                     (3.4) … rakke en eenvoudig té spesiaal om te deel – die
5                         ideale sjokolade-eier om vir ander weg te steek.
6                 LINDOR, met liefde gemaak deur die LINDT-meestersjokolateur.
7                            Passie en liefde vir sjokolade sedert 1845.
8                                         Vir jóú om te geniet.

                                    Vind meer uit by: www.lindt.com
9
                             Volg ons    Lindt   @lindtsa en     @lindtsa

                                                           [Verwerk uit kookenkuier, Maart 2018]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        10                                    DBE/2019
                                           SS/NSS

VRAE: TEKS D

3.1       Gee die meervoud van die onderstreepte woord in reël 1.                                (1)

3.2       "Laat jou weerstand wegsmelt met die Lindor-eier ..." (reël 2).

          Wat wil die adverteerder met die gebruik van hierdie sinsdeel bereik?                  (1)

3.3       Gebruik die deeltjiewerkwoord/skeibare werkwoord in reël 2 as twee woorde
          in 'n sin van jou eie.                                                                 (1)

3.4       Voltooi die vaste uitdrukking in reëls 3 tot 4 deur die ontbrekende woord neer
          te skryf.                                                                              (1)

3.5       Waarom word die aandagstreep in reël 4 gebruik?                                        (1)

3.6       Gebruik die kern van die onderstreepte woord in reël 5 as 'n bepaler in 'n
          ander samestelling in 'n verduidelikende sin.                                          (1)

3.7       Gee EEN woord vir iemand wat van lekker eet hou.                                       (1)

3.8       Met watter TWEE sinsdele (bestaande uit twee opeenvolgende woorde elk)
          uit reëls 2 tot 5 beklemtoon die adverteerder die Lindor-eier se heerlikheid
          asook die gesogtheid daarvan onderskeidelik?                                           (2)

3.9       Voeg 'n bywoordelike bepaling van tyd in reël 8 in. Skryf die sin oor en
          onderstreep die bepaling.                                                              (1)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                                        11                                               DBE/2019
                                                           SS/NSS

VRAAG 4: SPOTPRENT
Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS E

RAAMPIE 1                                                        RAAMPIE 2                      RAAMPIE 3
                                                                 Ek weet wat jy bedoel.         Ek het afgekom op AGT
                                                                 Die oorvloed van               maniere wat ek kan gebruik
                                                                 inligting is 'n moeras van     om vas te stel of iets
                                                                 waarheid en leuns. 'n          WAAR of VALS is.
                   Ai, my mens, ek                               Mens kan nie te versigtig
                   weet deesdae                                  wees nie ... Watter
                   nie meer wat                                  stories kan jy glo?
                   om te glo nie ...

RAAMPIE 4                         RAAMPIE 5                      RAAMPIE 6                       RAAMPIE 7
Kyk waar kom die storie          Mense lees net 'n               Beoordeel die skrywer. Is       Is daar enige verwysings?
vandaan. Kyk na die              sensasionele opskrif            hy/sy geloofwaardig? Het        Staaf dit die storie? Is die
koerant/kanaal/webtuiste/        sonder om die hele storie       hy/sy 'n reputasie?             verwysings betroubaar?
twitter. Wie is hulle? Wat is    in ag te neem. Lees verder.     Bestaan hy/sy rêrig?
hulle invalshoek?

RAAMPIE 8                        RAAMPIE 9                       RAAMPIE 10                      RAAMPIE 11
 Kyk na die datum. Miskien       Is dit 'n grap? As die storie   Jou eie vooroordele ...         Vra iemand wat weet soos 'n
 is die verwysing of die         heeltemal verregaande is,       Onthou dat jou opinies en       kundige, of 'n bibliotekaris,
 storie ou nuus ...              kan dit dalk 'n satire wees.    wêreldsiening jou oordeel       of 'n ander betroubare bron
                                                                 kan beïnvloed. Wil jy hê dit    soos jou ma. So sê
                                                                 moet waar of vals wees?         www.factcheck.org.

                                                                                         [Verwerk uit Rapport, 11 Maart 2018]

Kopiereg voorbehou                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                       12                                   DBE/2019
                                          SS/NSS

VRAE: TEKS E

4.1       By watter woord in RAAMPIE 1 kan nasalering en vokalisering/nasalering
          plaasvind?                                                                            (1)

4.2       Hoe ondersteun die spreker (die seun aan die regterkant) se lyftaal sy
          woorde in RAAMPIE 1?                                                                  (1)

4.3       Verbeter die spelfout in RAAMPIE 2 deur die woord korrek neer te skryf.               (1)

4.4       Skryf die leenwoord wat in RAAMPIE 4 gebruik word, neer.                              (1)

4.5       Bestudeer RAAMPIE 5.

          Waarom kan die onderstreepte sin as 'n aanname beskou word? Op watter
          wyse ondersteun die visuele voorstelling dié aanname?                                 (2)

4.6       In RAAMPIE 6 word die woord "beoordeel" gebruik. Maak 'n sin waarin jy die
          woord veroordeel gebruik.                                                             (1)

4.7       Gee die intensiewe vorm van die onderstreepte woord in RAAMPIE 8.                     (1)

4.8       Herskryf die onderstreepte sin in RAAMPIE 9 in die aanvoegende wyse.                  (1)

4.9       Gebruik die homoniem van "As" (RAAMPIE 9) in 'n verduidelikende sin.              (1)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         13                                        DBE/2019
                                            SS/NSS

VRAAG 5: ARTIKEL

Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS F

    HOE MEER JY LEES, HOE MINDER IS JOU KANS OM TRONK TOE TE GAAN

1      Neil Gaiman, 'n berugte skrywer en spreker, het op 'n keer New York, waar 'n
       span tegnici in die proses was om 'n tronk te beplan, besoek. (5.2) Die
       tronkbestuur moes 'n formule vind om te bepaal hoeveel selle oor 15 jaar in die
       tronk nodig sou wees. (5.3) Daar is op 'n eenvoudige formule besluit: die
       aantal selle is bepaal deur vas te stel hoeveel 10- en 11-jariges in daardie
       stadium nie kon lees nie!

2      'n Onlangse nasionale studie dui daarop dat 85% van alle gevangenes in tronke
       ongeletterd is. Volgens die webtuiste www.beginlees.co.za sal twee derdes van
       leerders wat teen graad vier nie kan (5.4) lees nie, in die tronk eindig. Statistiek
       toon ook dat sulke gevangenes wat vrygelaat word, 'n 70%-kans het om weer in
       die tronk te beland indien hulle in die tronk/elders geen hulp met hul
       leesvaardighede ontvang nie.

3      Geletterdheid is tans die belangrikste vaardigheid in ons samelewing. Lees en
       skryf vorm immers deel van ons alledaagse verpligtinge. Ons lewens vereis dat
       ons daagliks e-posse moet stuur. Ons moet ook skriftelike inligting verwerk.
       Wanneer mense nie nie kan lees nie, wend hulle hulle dikwels tot misdaad en
       beland in tronke.

4      "Ons toekoms hang daarom van lees, biblioteke en boeke af," het Gaiman
       gesê. (5.8) "Biblioteke wat vandag toemaak, het dieselfde effek op 'n land as
       wat die staking van inentingsprogramme het: selfvernietiging."

5      Dit is belangrik om deesdae goeie leesgewoontes by kinders te kweek omdat
       dit die belangrikste belegging in hul toekoms is!

                                                       [Verwerk uit https://helpendehand.co.za]

VRAE: TEKS F

5.1       Skryf die versamelnaam wat in paragraaf 1 gebruik word, neer.                              (1)

5.2       Herskryf die onderstreepte sin in paragraaf 1 in die toekomende tyd.                       (1)

5.3       Skryf die vetgedrukte sinsdeel in paragraaf 1 in die bedrywende vorm.                      (1)

5.4       Gebruik die teenwoordige deelwoord/onvoltooide deelwoord                  van    die
          onderstreepte woord in paragraaf 2 in 'n sin van jou eie.                                  (1)

5.5       Skryf die voorwerpsin van die onderstreepte sin in paragraaf 3 neer. Gee ook
          'n ander voorwerp wat in die plek van die voorwerpsin gebruik kan word.                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        14                                    DBE/2019
                                           SS/NSS

5.6       Haal die verbindingswoord wat in paragraaf 4 op oorsaak en gevolg dui, aan.         (1)

5.7       Herskryf die onderstreepte sin in paragraaf 4 in die indirekte rede.                (1)

5.8       Vervang die dubbelpunt aan die einde van die onderstreepte sin
          (in paragraaf 4) met 'n gepaste woord.                                              (1)

5.9       Verbeter die woordorde in die sin in paragraaf 5. Skryf die sin in die korrekte
          woordorde oor.                                                                      (1)
                                                                                              [10]

                                                                TOTAAL AFDELING C:            30
                                                                    GROOTTOTAAL:              70

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018/545e8fa8-1674-4879-89f2-de25424ab5f0) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 June July 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-june-july-2015/37fb3790-ac90-40b8-8e30-19a5b23e458e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2019-memo/669ef435-fb0c-4809-bd37-e82d905f388f) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018-memo/ec966033-9c89-4162-a085-348fa5019f1d) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2017-memo/a6422696-4ee3-497e-a363-2d437719558c) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2016-memo/f5c157e4-66bd-4457-8073-3afef745981a) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
