# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2021 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2021, 9 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2021-mg/5616ab4e-d538-4e33-aa78-dfc36360946c
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2021-mg/5616ab4e-d538-4e33-aa78-dfc36360946c)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2021 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             AFRIKAANS HUISTAAL V1

                                          2021

                                  NASIENRIGLYNE

                                                                            PUNTE: 70

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                            2                                         DBE/2021
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: LEESBEGRIP

Nasien van die leesbegrip:

Die fokus is op die begrip van die leesstuk. Spel- en taalfoute word nie nagesien nie, tensy dit
die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal- en spelfoute moet wel aangetoon word.)
 Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
     SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
 Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
     aanhalingstekens ontbreek nie.
 Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat 'n volsin gee, is dit korrek mits
     die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
 Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee 'n hele reeks, word
     slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
 Indien die kandidaat woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel
     verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde
     woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die
     antwoord vereis word, word dit aanvaar.
 Aanvaar dialektiese variasies.

VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.)
Vraag  Antwoord                                                                                       Punt
1.1    "steier" 
       "vuisvoos"                                                                                       2

          Die kandidaat bied hierdie woorde in die korrekte volgorde aan.

1.2       (Dit laat hulle met 'n) hooploosheid. 
          (Dit laat hulle) vasgevang(e) voel./vasgevangenheid                                           2

          Hulle gaan soek dan groener weivelde in die buiteland./besluit om te emigreer./
          besluit om die land te verlaat.                                                               1

1.3       Diegene voel dat emigrasie hul enigste uitweg is./daar niks in die land/Suid-Afrika is
          wat hulle hier hou nie./
          Gesprekke oor emigrasie oorheers mense se gedagtegange./
          Mense mors tyd om oor emigrasie te gesels.                                                    1
          Die kandidaat bied enige soortgelyke geïmpliseerde betekenis aan.

1.4.1     Hy beoog om die mense wat positief oor Suid-Afrika voel, as 'n groep saam te snoer./
          Hy wil 'n platform skep waar negatiewe menings oor Suid-Afrika verander kan word./
          Hy hoop dat hierdie projek 'n gevoel van lojaliteit teenoor Suid-Afrika sal laat posvat./
          Hy vertrou dat hierdie projek vir (die burgers van) Suid-Afrika 'n gevoel van hoop sal
          bring./
          Hy wil pessimiste deur ander se positiewe ervarings inspireer om ook positief te
          raak./                                                                                         3
          Hy hoop dat diegene wat wil emigreer, eerder sal besluit om te bly. 

          Die kandidaat bied DRIE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                             3                                DBE/November 2019
                                          NSS – Nasienriglyne

1.4.2     Ja, die projek het binne 'n maand byna 'n halfmiljoen plasings op die groep se
          Facebookblad gehad.                                                                             1
          Die kandidaat kan nie NEE as 'n antwoord aanbied nie.

1.5.1     Hy inspireer die lesers./rapporteer positief oor 'n negatiewe ervaring./Hy wil mense
          laat glo dat verandering teweeg gebring kan word.                                               1
          Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

1.5.2     Mense van verskillende rasse/kulture reik nie na mekaar uit nie./help mekaar nie in
          tye van nood nie./Suid-Afrika is 'n gevaarlike plek as jy iewers tussen niks en nêrens
          gaan staan./Suid-Afrika het nie barmhartige Samaritane/mense om jou te help/mense
          wat hulle oor dié in nood ontferm nie.                                                          1

          Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

1.6       As ons saamstaan, kan Suid-Afrika 'n land vol hoopvolles word./
          Die barmhartige Samaritaan het my geïnspireer om in ongewone omstandighede
          mense te hulp te snel.                                                                          1
          Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

1.7.1     "pessimiste"                                                                                    1

1.7.2     Daar is geen hoop vir 'n positiewe toekoms in Suid-Afrika nie./
          Suid-Afrika is 'n land wat met ernstige probleme worstel./
          As jy 'n beter lewe verlang, moet jy emigreer./wegvlug./
          Daar wag rampspoed op Suid-Afrika./
          Pogings (van ekonome) om die land reg te ruk is onindrukwekkend.                               2
          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

1.8       Die #Imstaying-Facebookblad toon tans die grootste toename in ledetalle onder Suid-
          Afrikaanse Facebookgroepe./
          Hierdie Facebookblad het 5,16 keer meer lede as die 94 700 sitplekke van
          Soccer City./
          Die ondersteuners van hierdie projek sou die 5de grootste politieke party in
          Suid-Afrika kon vorm (indien die ledetalle in ag geneem word)./
          #Imstaying se "bevolkingsgetalle" sou dit die 175ste grootste "land" in die wêreld
          maak.                                                                                         3
          Die kandidaat bied enige DRIE van bogenoemde antwoorde vir EEN punt elk aan.

1.9       Ja, dit slaag daarin om die leser te laat besef dat die #Imstaying se impak net so
          sterk/kragtig was soos die impak wat 'n tsoenami op die omgewing het./
          Ja, die impak van die statistiek (waarna verwys word), word met die oorweldigende
          effek van 'n tsoenami vergelyk./
          Die funksionaliteit is daarin geleë dat die beeldspraak ("... soos 'n storm getref ...") die
          term "... tsoenami ..." in die opskrif verklaar./ondersteun.                                    1

          Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
          Die kandidaat moet na beide dele van die vraag verwys.

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           4                                          DBE/2021
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

1.10      Die kwessie van verdeeldheid/onenigheid.                                                    1

1.11      Hy wys daarop dat hierdie projek onvolmaak is.
          Hy wys dat dit jammer is dat dinge (die gebrek aan omgee/om die goeie en die mooie
          raak te sien) so ver moes gaan om so 'n groep te regverdig.                                2
          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

1.12      Suid-Afrikaners is verdeeld oor hulle land./
          Suid-Afrikaners wil nie die positiewe in Suid-Afrika (genoeg) ondersteun nie./
          'n Gees van ubuntu ontbreek onder Suid-Afrikaners.                                          1

          Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord binne konteks vir EEN punt aan.

1.13      "Ons veroordeel egter nie diegene wat kies om die land te verlaat nie, want die
          realiteit vir baie mense is dat daar elders beter geleenthede is."                          1

          Die kandidaat moet die volledige sin aanbied.

1.14      Dit verwys na die redes waarom Suid-Afrikaners verkies om eerder in Suid-Afrika te
          bly (as om te emigreer).                                                                    1

          Indien die kandidaat na die aspekte soos "diversiteit, ondersteuningsnetwerk,
          medemenslikheid en natuurskoon" verwys, moet al hierdie aspekte in die antwoord
          voorkom om EEN punt te verdien.

1.15      www.redesomtebly.co.za/
          www.uitentuis.com/
          NOBG-navorsing                                                                             2
          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

1.16      Die verskillende skakerings by die navorsingsbronne stem ooreen met die
          verskillende skakerings van die staafgrafieke sodat die leser kan bepaal watter
          statistiek by watter navorsingsbron hoort.                                                  1

1.17      Paragraaf 4, Teks A, se inhoud verwys na "deur 'n wildvreemde barmhartige
          Samaritaan gehelp."/"Hulle reik na mekaar uit."/"My herstel is te danke aan Frans
          Moheilwa, 'n motorwag van Krugersdorp, wat my vrou spontaan gehelp het ..." wat
          aansluit by die aspek van medemenslikheid in Teks B./
          In paragraaf 4 van Teks A word voorbeelde van medemenslikheid aangebied, terwyl
          medemenslikheid (persentasiegewys) in Teks B hoog aangeslaan word.                          1

          Die kandidaat se antwoord moet na beide tekste verwys.

                                                                        TOTAAL: AFDELING A             30

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                            5                                       DBE/2021
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2
Nasien van die opsomming

Tydens die nasien van die opsomming is die insluiting van geldige feite en die uitsluiting van
irrelevante feite belangrik.

      Opskrif/Titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van 'n opskrif/titel te
       voorsien nie.
      Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde, skryf.
      Slegs wenke wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
      Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie, word
       die eerste opsomming nagesien.
      Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.

      Punte word soos volg toegeken:
      o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
      o 3 punte vir taal
      o Puntetotaal: 10

     Verspreiding van taalpunte wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal het nie:
      o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe
      o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe
      o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe

      Verspreiding van taalpunte wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het:
       o 6–7 direkte aanhalings: ken geen taalpunte toe nie
       o 1–5 direkte aanhalings: ken 1 punt vir taal toe

LET WEL:
    Tel van woorde:
     o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
     o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui het nie of
         as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
     o As die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die getal woorde
         oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.
     o Korter opsommings wat die vereiste feite bevat, mag nie gepenaliseer word nie.

MOONTLIKE PARAGRAAF

Nomofobie is die vrees om sonder 'n selfoonkontak te wees en 537 aarbeie bevat meer vitamien
C as dieselfde getal lemoene. Macadamianeute is giftig vir honde terwyl slakke vir 'n jaar sonder
kos kan gaan as hulle hiberneer. Die mens slaap 'n derde van sy lewe om. Soweto is voorts die
enigste plek in die wêreld met 'n straat waarin twee Nobelpryswenners gewoon het. Gewoonlik
sal daar 'n Vrydag die dertiende wees as die maand op 'n Sondag begin.
                                                                                       80 woorde

                                                     OF

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                            6                                        DBE/2021
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

             AANHALING UIT TEKS                           MOONTLIKE BEWOORDING
1     ʺ… nomofobie … (die vrees om sonder          A Nomofobie is die vrees om sonder selfoon-
      selfoonkontak te wees).ʺ                       kontak te wees.

2     ʺ... 537 aarbeie meer vitamien C as          B 537 aarbeie bevat meer vitamien C as
      dieselfde getal lemoene bevat.ʺ                dieselfde getal lemoene.

3     ʺ… macadamianeute giftig vir honde is.ʺ      C Macadamianeute kan honde vergiftig.

4     ʺ… slakke kan 'n jaar lank hiberneer sonder D Slakke kan tydens hibernasie vir 'n jaar
      om te eet.ʺ                                   sonder kos bly.

5     ʺ… mense 'n derde van hulle lewens E 'n Derde van die mens se lewe word
      omslaap!ʺ                            omgeslaap.

6     ʺ… die enigste straat waarin twee Nobel- F     Soweto is die enigste plek met 'n straat
      pryswenners gewoon het, in Soweto is.ʺ         waarin twee Nobelpryswenners gewoon
                                                     het.
7     ʺ… maande wat op 'n Sondag begin, sal        G Daar sal altyd 'n Vrydag die dertiende wees
      altyd 'n Vrydag die dertiende hê?ʺ             as die maand op 'n Sondag begin.

                                                                             Getal woorde: 82
                                                                          TOTAAL AFDELING B:              10

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

Nasien van hierdie afdeling:

     Spelling:
      o Eenwoord-antwoorde word nie gepenaliseer nie, al is die spelling nie korrek nie tensy
           die spelling die betekenis van die woord beïnvloed en/of spelling die aspek is wat
           geassesseer word.
      o Waar 'n afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
     Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in die
      instruksie aangedui.

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Vraag Antwoord                                                                                          Punt
3.1   Pret/lekkerte/aangenaamheid/genot/vreugde                                                         1

         Enige gepaste sinoniem wat binne die raamwerk van 'n informele (gesins-)piekniek pas,
         kan hier oorweeg word.

3.2      Piekniek                                                                                       1

                                                    EN

         'n Gesogte piekniekplek is ongetwyfeld Die Willows in Port Elizabeth.                          1

         Die kandidaat bied 'n eie sin met "piekniek" as bepaler aan.
         Die woord hoef nie in die sin onderstreep te wees nie.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          7                             DBE/November 2019
                                       NSS – Nasienriglyne

3.3     Dit skep 'n verwagting by die teikenleser oor 'n herhaling van die volmaanpiekniek./Dit
        maak die teikenlesers opgewonde oor die feit dat die piekniek nie 'n eenmalige
        gebeurtenis is nie.                                                                         1
        Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

3.4     Dit dui aan wanneer die piekniek (in 2021) gaan plaasvind./Daar volg 'n verklaring van
        wanneer die piekniek gaan plaasvind.                                                        1
        … maar sonder die man met die rooi mus – 11, 12, 13 Januarie.                               1

        Die kandidaat kan nie "beklemtoon" in die antwoord aanbied nie.

3.5     Die adverteerder wil die gehoor daarvan oortuig dat die musiek hul emosies sal
        aanvuur/aanraak./
        Dit hef die gehalte/kwaliteit van die musiek uit.                                           1

        Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

3.6     Karwagte pas jou motor op./
        Die organiseerders het veiligheidsmaatreëls soos karwagte getref./
        Daar is voldoende parkering beskikbaar.                                                     1

3.7     Ouers met klein kinders (wat nog aan Kersvader glo)./
        Mense wat daarvan hou om piekniek te hou./na mooi musiek te luister./
        Diereliefhebbers/
        Natuurliefhebbers/
        Kultuurliefhebbers                                                                         2

        Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

                                                                                                     10

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                            8                                     DBE/2021
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: STROKIESPRENT

Vraag Antwoord                                                                                       Punt
4.1   verkeerde                                                                                      1

4.2     Die man staan kniediep in die water./
        Julle gaan kniediep in die sop wees.                                                         1

        Die kandidaat bied ʹn eie sin met ʺkniediepʺ aan.
        Die woord ʺkniediepʺ moet korrek gespel wees.

4.3     Melindatjie                                                                                  1
        (leed-)vermakerig/spottend/sarkasties/vernederend/minagtend/verkleinerend/
        baasspelerig                                                                                 1

4.4.    Ja.
        Die gemengde taalgebruik is tiperend van die manier waarop kinders met mekaar
        praat./
        Die gemengde taalgebruik is in ooreenstemming met die ouderdom van die kinders wat
        in gesprek is.

                                                   OF

        Nee.
        Die gemengde taalgebruik dra nie by om die trefkrag van Gert se ultimatum te versterk
        nie./
        Daar is meer gebruikersvriendelike Afrikaanse woorde wat gebruik kan word om
        betekenis oor te dra.                                                                        1
        Die kandidaat bied enige soortgelyke motivering vir EEN punt aan.

4.5     "miskien"/"dalk"/"tog"                                                                       1

4.6     Melinda sê moedeloos/merk moedeloos op/sê teleurgesteld dat dit nie vir haar lyk of sy
        en Palesa veel van 'n keuse in hierdie saak het nie./
        Melinda het moedeloos gesê/opgemerk/teleurgesteld gesê dat dit nie vir haar gelyk het
        of sy en Palesa veel van 'n keuse in daardie saak gehad het/sou hê nie.                      1
        Die kandidaat moet die volledige sin in die indirekte rede oorskryf.

4.7     kwartaaltoets                                                                                1

        Samestellings word as een woord geskryf.                                                     1

4.8     Ons moet vandag deeglik hieroor besin./
        Ons moet vandag hieroor deeglik besin./
        Vandag moet ons deeglik hieroor besin.                                                       1

                                                                                                      10

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           9                                       DBE/2021
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5: ARTIKEL
Vraag  Antwoord                                                                                    Punt
5.1    tj/
       tjekboek                                                                                    1

          Indien die kandidaat die woord neerskryf, MOET die ʺtjʺ onderstreep wees.

5.2       ongelooflik                                                                              1

5.3.1     Dit beteken om skinderstories te probeer keer voordat dit as die waarheid beskou
          word./Dit beteken om die gemoedere te kalmeer./om skadebeheer toe te pas./om
          skade ongedaan te maak.                                                                  1

          Die kandidaat bied ʹn soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

5.3.2     Die brandweer moet die vuur doodslaan om te keer dat die brand versprei./Tydens
          die bosbrand het die brandweer hard gepoog om met seile die vure dood te slaan.          1

          Die kandidaat bied ʹn soortgelyke sin vir EEN punt aan.

5.4       skaars: bywoord (van wyse/modaliteit)                                                    1

                                                    EN

          Die skaars muntstuk is vir duisende rande opgeveil./Die muntstuk is skaars en sal 'n
          versamelstuk word.                                                                       1

          Die kandidaat bied ʹn eie sin aan met ʺskaarsʺ as ʹn byvoeglike naamwoord.

5.5       Ons wat die land se belange op die hart dra, verval in moedeloosheid en
          pessimisme.                                                                              1
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke byvoeglike bysin as antwoord aan.

5.6       Die woord bestaan (in sy afgeleide vorm) uit ʹn voorvoegsel/hiper- plus ʹn stam/aktief
          plus ʹn agtervoegsel/-e.                                                                 1

5.7       Waardeer                                                                                 1

          Die driffie waardeur ek stap, het ruwe klippe wat jou voete seermaak.                    1

          Die kandidaat bied ʹn soortgelyke sin met ʺwaardeurʺ aan.
          HAT: waardeur vnw. Ook waardeur deur watter ding; op watter wyse: die gat
          waardeur die jakkals gekruip het. Waardeur het jy jou agting verwerf?

                                                                       TOTAAL AFDELING C:           30
                                                                           GROOTTOTAAL:             70

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018-memo/ec966033-9c89-4162-a085-348fa5019f1d) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2017-memo/a6422696-4ee3-497e-a363-2d437719558c) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2016-memo/f5c157e4-66bd-4457-8073-3afef745981a) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2021/bd0848ce-447c-46d0-8bdd-1169e8e62e6e) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2021/42e929f2-d518-448d-9474-d880ba2834f8) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
