# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2021 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2021, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2021/39cab760-0e0e-445f-b819-8d4eb75d5219
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2021 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2021/39cab760-0e0e-445f-b819-8d4eb75d5219)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             AFRIKAANS HUISTAAL V1

                                          2021

                                                                          PUNTE: 70

                                                                          TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           2                           DBE/2021
                                             SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: Leesbegrip                   (30)
          AFDELING B: Opsomming                    (10)
          AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

4.        Trek 'n streep ná elke afdeling.

5.        Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël oop na elke antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A:      50 minute
          AFDELING B:      30 minute
          AFDELING C:      40 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                       3                                   DBE/2021
                                         SS/NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

TEKS A: ARTIKEL

                             'N TSOENAMI* VAN HOOP

1      Suid-Afrika steier deesdae vuisvoos onder die baie negatiewe uitsprake oor ons
       land se toekoms. Volgens Mercy Kannemeyer beïnvloed dit landsburgers. Sulke
       negatiewe uitsprake laat 'n gevoel van hooploosheid onder landsburgers posvat.
       Dit versterk ook die gevoel van vasgevangendheid onder ons mense. Ondanks
       laasgenoemde is daar steeds Suid-Afrikaners wat besluit het om nie in die 5
       buiteland na groener weivelde te gaan soek nie.

2      Terwyl baie mense niks beters het om oor te gesels as die moontlikheid om
       te emigreer ter wille van 'n beter lewe nie, het 'n Kaapstadse sakeman,
       Jarette Petzer, 'n Facebookgroep met die hutsmerk #ImStaying gestig. Die doel
       was om eendersdenkende Suid-Afrikaners saam te snoer. Verder moes dit hulle 10
       die geleentheid bied om negatiewe menings oor Suid-Afrika te verander. Dit
       moes ook 'n gevoel van lojaliteit teenoor en hoop vir Suid-Afrika laat posvat.

3      Die #ImStaying-projek se benadering is om die pessimiste deur ander mense se
       positiewe ervarings te inspireer. Hopelik sou hulle dan nie Suid-Afrika sommer
       so vir die buiteland verruil nie. Hulle sal dit eers goed deurdink. Die boodskap 15
       moet wees: "Hokaai, stop! Wegvlug is nie die oplossing nie. Dink objektief
       voordat jy besluit om te waai." En binne minder as 'n maand staan byna 'n
       halfmiljoen Suid-Afrikaners in hierdie groep saam en sê: "Ek bly."

4      "Die inspirasie wat uit die #ImStaying-veldtog se duisende hartverblydende
       plasings gevloei het, het my opnuut gemotiveer om ten alle koste die negatiewe 20
       sienings oor my land te probeer verander," sê Thabo Selepe van Shosanguve in
       sy #ImStaying-Facebookplasing. Hy is in die middernagtelike ure iewers tussen
       niks en nêrens deur 'n wildvreemde barmhartige Samaritaan gehelp nadat sy
       motor sonder brandstof gaan staan het. "Ek is trots om uiteindelik deel te wees
       van landsburgers van verskillende ras- en kultuurgroepe. Hulle reik na mekaar 25
       uit om só 'n opwindende nuwe era van nasiebou uit te brei." Shren Chettier van
       Potchefstroom vertel: "Ek het onlangs tydens 'n rit na Pretoria siek geword. My
       herstel is te danke aan Frans Moheilwa, 'n motorwag van Krugersdorp, wat my
       vrou spontaan gehelp het om my betyds by die hospitaal te kry. Gewoon omdat
       hy 'n landsburger in nood herken en instinktief opgetree het."                  30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                              4                                         DBE/2021
                                                SS/NSS

5     Ten spyte van die getuienis op die vorige bladsy dat Suid-Afrika nie net met
      ernstige probleme worstel nie, is daar ongelukkig reeds – soos verwag – 'n
      teenreaksie van 'n groepie hooploses. Hulle is mense wat rampspoed voorspel.
      Verder wil hulle die #ImStaying-Facebookprojek, wat tans die grootste toename
      in ledetal onder Suid-Afrikaanse Facebookgroepe het, in onguns bring. Hulle sien 35
      alle pogings van ekonome om die land reg te ruk as onindrukwekkend.

6     'n Vinnige berekening bevestig hoe ver hierdie skeptikusse die kat aan die stert
      beet het. Navorsingsresultate van die NOBG (Nasionale Ondersteunings-
      bewusmakingsgroep) dui daarop dat #ImStaying se ledetal tans 5,16 keer meer
      is as die aantal sitplekke (94 700) in die grootste sportstadion in Suid-Afrika. 40
      En dít slegs minder as 'n maand nadat die eerste kommentaar op die
      #ImStaying-Facebookblad geplaas is. Verder, indien #ImStaying as 'n politieke
      party sou kon registreer, sou dit die vyfde grootste party in ons parlement
      gewees het. En as dit moontlik was om #Imstaying as 'n onafhanklike land erken
      te kry, sou dit volgens "bevolkingsgetalle" 175ste op die wêreldranglys (net groter 45
      as Malta) gewees het!

7     Bogenoemde statistiek wys dit duidelik: die #ImStaying-projek het
      Suid-Afrikaners soos 'n storm getref. Mercy Kannemeyer skryf op
      Maroela Media dat #ImStaying presies is wat Suid-Afrika tans nodig het.
      "In hierdie tyd van onluste, geweld, onenigheid en verdeeldheid moet 50
      Suid-Afrikaners gereeld daaraan herinner word: die mooi en die goeie bestaan
      ook hier." Imram Naidoo pleit op Facebook: ʺ ʹn Projek om mense bymekaar te
      bring (hoe onvolmaak dit ook mag wees), verdien ondersteuning. Jarette Petzer,
      ek hóú van die entoesiasme en die positiewe verhale. #ImStaying versprei die
      gees van ubuntu** wat ons as nasie nodig het. Wat egter 'n jammerte is,ʺ skryf 55
      hy, "is dat dit enigsins nodig was om so 'n groep te skep. Wat sê dit van ons as
      Suid-Afrikaners?"

8     In reaksie hierop sê Petzer: "Ja, die #ImStaying-inisiatief is beslis nie volmaak
      nie. Ons gaan verséker aan die begin foute maak en op mense se tone trap,
      maar ek dink ons slaag ten minste in ons doel om vir Suid-Afrikaners genoeg 60
      redes te gee waarom hulle twee keer behoort te dink voordat hulle hierdie mooi
      land vol geleenthede sommer wil verlaat. Ons veroordeel egter nie diegene wat
      kies om die land te verlaat nie, want die realiteit vir baie mense is dat daar elders
      beter geleenthede is."

9     Dit bly belangrik om aktief na redes vir optimisme te soek en dit wyd en syd 65
      bekend te maak. Dit beteken nie dat ons blind moet wees vir die groot uitdagings
      waarmee ons land gekonfronteer word nie, maar #ImStaying pleit: Veg saam met
      ons vir 'n blink toekoms, vir al ons mense. Hooploosheid gaan ons nêrens bring
      nie.
      *tsoenami – hoë, uitgestrekte getygolf/seegolf veroorsaak deur ʹn aardbewing of ander steurnis
      onder die water
      **ubuntu – lewensingesteldheid van medemenslikheid, hulpvaardigheid en barmhartigheid

                  [Verwerk uit Vrouekeur, 22 November 2019 en https://maroelamedia.co.za/4/10/2019]

                                                  EN

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                            5                                          DBE/2021
                                              SS/NSS

TEKS B: VISUELE TEKS

                     HIÉROOR WIL SUID-AFRIKANERS BLY EN NIE GLY NIE
                                                                     Gegrond op NOBG-navorsing – Julie 2019

                                                                                     www.redesomtebly.co.za

                                            74%                             A
                                                        61%                             www.uitentuis.com

     56%

                                    42%

              39%                                                                      .

                        27%

                                                                  18%

                                                                            10%

      Diversiteit*      Ondersteunings-     Medemenslikheid        Natuurskoon

                           netwerk**

     * Verskillende kultuurgroepe

     ** Ondersteuningsnetwerk sluit familie, vriende, kollegas en werkgewers in

                                                       [Verwerk uit Grafika24: Netwerk24, 4 Oktober 2019]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          6                                      DBE/2021
                                            SS/NSS

VRAE: TEKS A

1.1      Herlees reël 1 en 2 van paragraaf 1.

         Gee EEN woord wat 'n beeld skep van hoe swaar Suid-Afrika onder negatiewe
         uitsprake deurloop. Skryf nog ʹn woord wat aandui dat ons land eintlik nie meer
         sulke uitsprake kan verduur nie.                                                         (2)

1.2      Die baie negatiewe uitsprake oor Suid-Afrika het emosionele gevolge vir
         landsburgers wat hulle dan noodsaak om 'n spesifieke besluit te neem.

         Gee die TWEE emosionele gevolge asook die besluit wat landsburgers
         hiervolgens neem.                                                                        (3)

1.3      Wat impliseer die skrywer met die onderstreepte sinsdeel in paragraaf 2?                 (1)

1.4      Jarette Petzer is die stigter van die #ImStaying-Facebookgroep.

         1.4.1     Noem kortliks wat hy met die stigting van hierdie groep beoog.                 (3)

         1.4.2     Kan Petzer se groep kort na die stigting daarvan as suksesvol beskou
                   word? Gee 'n rede vir jou antwoord.                                            (1)

1.5      Herlees Thabo Selepe se plasing op die #ImStaying-Facebookblad in
         reëls 19 tot 21.

         1.5.1     Hoe ondersteun sy plasing die benaderingswyse van hierdie blad?                (1)

         1.5.2     Watter negatiewe siening oor Suid-Afrika kan moontlik deur hierdie
                   plasing verander?                                                              (1)

1.6      Gee 'n rede waarom Selepe se ervaring met die barmhartige Samaritaan
         (paragraaf 4) jou moontlik kan inspireer.                                                (1)

1.7      Herlees die onderstreepte sinsdeel in paragraaf 5.

         1.7.1     Met watter woord in paragraaf 3 hou hierdie sinsdeel verband?                  (1)

         1.7.2     Noem TWEE sienings wat die hooploses oor die land huldig.                      (2)

1.8      Kritici sê dat die #ImStaying-projek hulle nie beïndruk nie (paragraaf 5).

         Watter resultate van die NOBG-navorsing bewys dat die #ImStaying-projek
         eintlik indrukwekkend is?                                                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          7                                    DBE/2021
                                            SS/NSS

1.9      Is die onderstreepte sin in paragraaf 7 funksioneel ten opsigte van die artikel se
         titel? Motiveer jou antwoord.                                                            (1)

1.10     Aan watter EEN van die negatiewe aspekte wat Mercy Kannemeyer noem,
         word direk deur die #ImStaying-projek aandag gegee?                                      (1)

1.11     Gee TWEE redes waarom 'n leser kan sê dat Imram Naidoo bevooroordeeld in
         sy siening van die #ImStaying-projek is.                                                 (2)

1.12     Gee 'n gepaste antwoord op Naidoo se retoriese vraag in die laaste sin van
         paragraaf 7.                                                                             (1)

1.13     Pessimiste moet maar pak en trek! Ons het nie julle tipe landsburgers in
         Suid-Afrika nodig nie.

         Haal 'n sin uit paragraaf 8 aan wat sal verklaar waarom Jarette Petzer
         waarskynlik nie 'n plasing met hierdie strekking/boodskap op die #ImStaying-
         Facebookblad sou toelaat nie.                                                            (1)

VRAE: TEKS B

1.14      Waarna verwys die onderstreepte woord in die opskrif van hierdie grafiek?               (1)

1.15      Noem die bronne wat Grafika24 geraadpleeg het vir die saamstel van hierdie
          grafiek.                                                                                (2)

1.16      Hoe help die sleutel van hierdie grafiek (gemerk A) die leser om die inligting te
          verstaan?                                                                               (1)

VRAE: TEKS A EN B

1.17      Hoe hou die aspek van medemenslikheid in TEKS B verband met die inhoud
          van paragraaf 4 in TEKS A?                                                              (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         8                                      DBE/2021
                                           SS/NSS

AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van SEWE feite wat op Chappies-
omhulsels voorkom om mense se algemene kennis uit te brei.

LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm
            aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
         2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
         3. Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie.
         4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

TEKS C

                           70 JAAR SE GELUKKIGE GEKOU
Lank voordat Google die agies se soeke na kennis kon stil, was kennis op
'n omhulsel van 5½ by 3½ cm beskikbaar. Al wat die nuuskierige moes doen, was om
na die naaste winkel toe te stap en vier Chappies vir 'n sent te gaan koop. Jy wonder
straks hoe word hierdie k(l)outjie by die oor gebring.
Die beskeie kougompie was amper nie met ons nie. Arthur Ginsburg, 'n werknemer by
die lekkergoedfabriek Chapelat, moes met 'n nuwe produk vorendag kom toe Chapelat
sy grootste kliënt verloor het. Ginsburg het kougom voorgestel en dit Chappies genoem,
afgelei van fabrieksnaam Chapelat. So het dié eg Suid-Afrikaanse produk ontstaan.
Vra enigiemand ouer as 30 oor Chappies uit en jy sal baie stories hoor van grootword
met hierdie kougom. Chappies word onthou as die kougom wat jou slim gemaak het
omdat Ginsburg se aanslag om "Het-jy-geweet?"-feite aan die binnekant van die
kougom se omhulsel aan te bring, 'n wenner onder die jonger geslag was. Tieners kon
op die Chappie-omhulsel lees dat hulle aan nomofobie ly (die vrees om sonder
selfoonkontak te wees).
Chappies was in suurlemoen-, lemoen- en aarbeigeur beskikbaar. Een van die feite op
die omhulsel was dat 537 aarbeie meer vitamien C as dieselfde getal lemoene bevat.
ʹn Ander voedselfeit is dat macadamianeute giftig vir honde is. Terwyl die diereryk nou
aan die beurt is met die Chappie-feite: Het jy geweet slakke kan 'n jaar lank hiberneer
sonder om te eet? Dit wil mos voorkom asof die mens wil-wil hiberneer as jy die
Chappie-feit glo dat mense 'n derde van hulle lewens omslaap!
Aanvanklik is die feite wat gebruik is, vanaf 'n vasvraprogram verkry. Een van die feite in
enige vasvraprogram van daardie tyd (en natuurlik 'n Chappie-feit) was dat die enigste
straat waarin twee Nobelpryswenners gewoon het, in Soweto is. Later het die
Universiteit van die Witwatersrand 'n rol in die bymekaarmaak van die amper
6 000 Chappie-feite gespeel.
Later is Chapelat aan Cadbury verkoop, wat dit vandag steeds besit. Ek haal vinnig my
Chappie se omhulsel af. Het jy geweet maande wat op 'n Sondag begin, sal altyd 'n
Vrydag die dertiende hê?
                                             [Verwerk uit Die Burger Naweek, 15 November 2019]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:             10

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          9                                         DBE/2021
                                            SS/NSS

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS D

1
2          kultuur, natuur, plesier

3         Skryf dit in jou dagboek!
4                                13 Desember 2020

5

6                                                               saam met Kersvader
7                                                                      en WEER in 2021,
8                                                    maar sonder die man met die rooi mus:
9                                                                     11, 12, 13 Januarie.

10       Vier 'n pragtige sonsondergang en die mooiste volmaan saam met
11       vriende en familie.                Geniet ook koorsmooi musiek.

12       BRING JULLE KOSMANDJIES …            OF BESTEL DIT VOORAF BY RASHEED
13                                            SINGH.
14                                            SKAKEL HOM BY 021 863 2800.
15      Vanaf 17:00–22:00
16      (Daar is ruim parkering en genoeg
17      karwagte om volkome gemoedsrus
18      te verseker.)                                                  R40-toegangskaartjies
19                                                                 ten bate van die DBV
20                                                    Bring asseblief duidelik gemerkte
21                                                    geskenke vir jou kinders voor 18:30 na die
22                                                        besoekersentrum.

                                                            [Verwerk uit https://taalmonument .co.za]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          10                                  DBE/2021
                                             SS/NSS

3.1        Skryf die sinoniem van die onderstreepte woord in reël 2 neer.                        (1)

3.2        Skryf die kern van die onderstreepte woord in reël 5 neer. Gebruik dié kern
           as ʹn bepaler van 'n samestelling in 'n sin.                                          (2)

3.3        Waarom is die gebruik van die vetgedrukte woord in reël 7 effektief in hierdie
           advertensie?                                                                          (1)

3.4        Waarom word die dubbelpunt in reël 8 gebruik? Herskryf die sinsdeel in
           reël 8 en 9 en gebruik 'n ander gepaste leesteken in die plek van die
           dubbelpunt.                                                                           (2)

3.5        Wat is die adverteerder se oogmerk met die insluiting van die onderstreepte
           woord in reël 11?                                                                     (1)

3.6        Die piekniekgangers hoef nie oor die veiligheid van hul motors bekommerd
           te wees nie.

           Motiveer waarom die stelling hierbo 'n feit is.                                       (1)

3.7        Noem TWEE teikengroepe van hierdie advertensie.                                       (2)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                                            11                                                      DBE/2021
                                                               SS/NSS

VRAAG 4: STROKIESPRENT

Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E: STROKIESPRENT

KINDERS EN HUL DINGE                                                                                                    Deur Bill Hinds
                        RAAMPIE 1                                                                RAAMPIE 2
   1 Die wanopvatting
 dat meisies ook          2 Nie in sulke diep moeilikheid soos           3 Kyk, kom ons "strike a deal":
 sokker kan speel, gaan waarin julle outjies gaan wees                  julle bly stil oor die ou trossie
 julle nog diep in die    wanneer mnr. Sisulu uitvind dit is júlle      druiwe, dan sal ek en Marvin nie
 moeilikheid laat beland, wat sy laaste tros druiwe gesteel het         'n woord verder oor julle twee se
   Melinda.                  nie!                                       vrotsige sokkervaardighede sê
                                                                                                               4 Ag, nee, dit lyk nie vir
                                                                        nie. Hoe klink dit vir julle? Miskien
                                                                                                              my of ek en Palesa veel
                                                                        kan ons dalk tog 'n koeldrank
                                                                                                              van 'n keuse in hierdie
                                                                        híérby insluit.
                                                                                                              saak het nie.

                        RAAMPIE 3                                                                RAAMPIE 4

                                                                     6 Ons het eintlik                 7 Briljante oplossing vir 'n
      5 Jong, Gert, sê nou maar net die                              geen ander keuse as               moeilike kwessie! Dit help
      meisies hou nie by ons ooreenkoms                              om saam met                       seker nie ons versin
      nie – jy kén meisies. Ek baseer                                hulle te gaan speel               allerhande verskonings om
                                                                     nie. Ons moet                     nie saam te gaan sokker
      hierdie stelling op dure
                                                                     hieroor vandag                    speel nie. Dan kan ons hulle
      ondervinding. En ek is reeds op dun
                                                                     deeglik besin.                    sommer wys waar Dawid die
      ys by mnr. Sisulu oor my laaste                                                                  wortels gegrawe het!
      kwartaal toets.

                                                                                         [Verwerk uit https://gocomics.azcentral.com]

4.1          Wat is die betekenis van die voorvoegsel in die eerste woord wat in
             SPRAAKBORREL 1 onderstreep is?                                                                                                 (1)

4.2          Gebruik die intensiewe vorm van diep (SPRAAKBORREL 1) in 'n sin van
             jou eie.                                                                                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                       12                                   DBE/2021
                                          SS/NSS

4.3       Skryf die eienaam in SPRAAKBORREL 1 in die verkleining. Sê ook watter
          houding Melinda uitdruk met die verkleiningsvorm wat sy in SPRAAKBORREL
          2 gebruik.                                                                           (2)

4.4       Gert se taalgebruik in sin 1 van SPRAAKBORREL 3 is nie Standaardafrikaans
          nie.

          Dink jy dat sy taalgebruik in hierdie SPRAAKBORREL funksioneel is? Gee 'n
          rede vir jou antwoord.                                                               (1)

4.5       'n Spreker gebruik taal dikwels op so 'n manier dat hy/sy 'n ander persoon kan
          manipuleer.

          Haal 'n woord uit die laaste sin in SPRAAKBORREL 3 aan om die stelling
          hierbo te staaf.                                                                     (1)

4.6       Herskryf Melinda se woorde in SPRAAKBORREL 4 in die indirekte rede.                  (1)

4.7       Skryf die woord wat in SPRAAKBORREL 5 verkeerd gespel is, korrek oor.
          Gee die spelreël vir die korrekte skryfwyse van hierdie woord.                       (2)

4.8       Verander die woordorde wat in die onderstreepte sin van SPRAAKBORREL 6
          voorkom sodat die tyd beklemtoon word.                                               (1)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          13                                       DBE/2021
                                             SS/NSS

VRAAG 5: ARTIKEL

Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS F: ARTIKEL

         TEL 'N TJEKBOEK NOG? NEE, NET GELOOF, HOOP EN LIEFDE!

1     Dit is (5.2) (kan nie glo nie) dat hierdie jaar sowaar al sy laaste paar treë gaan
      gee.

2     In 'n uiters moeilike jaar vir ons Suid-Afrikaners moes ekonome (5.3) vure oor
      tjekrekeningbedrog (5.3) dood slaan en boere moes droogtes oorleef. Ek sluk
      aan die gal wat opstoot oor ander narighede en gemeenhede wat onbeheerbaar
      was.

3     Danksy baie aanlyn platforms is ons deesdae ingelig oor wat wêreldwyd aan't
      gebeur is. Ons word in volkleur en geur deur die donker kant van die lewe
      gebombardeer. Daagliks! En dit terwyl ons (5.4) skaars oogkontak maak met dié
      wat saam met ons lewe.

4     Ons strewe om gelukkig te wees voel soos 'n onmoontlikheid. (5.5) Ons verval in
      moedeloosheid en pessimisme. Die moeilikste deel van lewe is nie om die
      boosheid van elke dag te bowe te kom nie, dis om goeie en klein oomblikke van
      vreugde raak te sien en saam te string in 'n snoer sodat ons uiteindelik daarna
      kan kyk en dit kan herken vir wat dit is: Geluk!

5     Wat ons eintlik terughou, is die gebrek aan insig, 'n nagevolg van ons
      (5.6) hiperaktiewe lewe en ons onvermoë om die oomblikke wat ons beleef,
      werklik te lééf.

6     Mag ons tog hierby uitkom ... Mag ons mekaar raaksien en
      (5.7) waardeer/waardeur en vashou aan die geloof, hoop en liefde sodat
      ons in die klein oomblikke vreugde vind.

                                                         [Verwerk uit rooi rose, Desember 2019]

5.1       Skryf die affrikaat wat in die titel voorkom neer.                                         (1)

5.2       Vervang die frase tussen hakies in paragraaf 1 met EEN woord.                              (1)

5.3       Herlees paragraaf 2 se onderstreepte woorde (vure ... dood slaan).

          5.3.1    Wat word met hierdie uitdrukking binne konteks van die teks bedoel?               (1)

          5.3.2    Gebruik dié onderstreepte woorde letterlik in 'n verduidelikende sin.             (1)

5.4       Watter woordsoort is die onderstreepte woord in paragraaf 3? Gebruik die
          onderstreepte woord nou as 'n byvoeglike naamwoord in 'n sin van jou eie.                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                       14                                  DBE/2021
                                          SS/NSS

5.5       Brei die onderwerp van die onderstreepte sin in paragraaf 4 uit deur middel
          van 'n byvoeglike bysin. Skryf die sin met die byvoeglike bysin neer.            (1)

5.6       Sê waarom die onderstreepte woord in paragraaf 5 'n kompleks is.                 (1)

5.7       Kies die korrekte woord (paragraaf 6) binne die konteks van die teks en
          skryf dit neer. Skryf dan 'n verklarende sin met die woord wat jy NIE gekies
          het NIE.                                                                         (2)
                                                                                           [10]

                                                              TOTAAL AFDELING C:           30
                                                                  GROOTTOTAAL:             70

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2021/bd0848ce-447c-46d0-8bdd-1169e8e62e6e) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2021/42e929f2-d518-448d-9474-d880ba2834f8) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2021/7bdd34ac-0ea8-45ae-9033-ffd66428cf13) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2019/367ff59a-d2b3-4a61-9ec2-462562ce9a61) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018/545e8fa8-1674-4879-89f2-de25424ab5f0) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
