# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the NSC June Exam 2022, 14 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2022-mg/cfafa7cd-5407-48b4-98ca-37a03cdf6b09
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2022 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2022-mg/cfafa7cd-5407-48b4-98ca-37a03cdf6b09)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         1                          DBE/Junie 2022
                                      NSS – Nasienriglyne

                                      GRAAD 12

                  SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
             NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                               AFRIKAANS HUISTAAL V1

                                             2022

                                     NASIENRIGLYNE

                                                                               PUNTE: 70

                        Hierdie nasienriglyne bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          2                                        DBE/2022
                                     SSS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: LEESBEGRIP

Nasien van die leesbegrip:

    Die fokus is op die begrip van die leesteks. Spel- en taalfoute word nie nagesien nie tensy
     dit die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal- en spelfoute moet wel aangetoon
     word.)
    Indien die kandidaat woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel
     verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde
     woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in die
     antwoord vereis word, word dit aanvaar.
    Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
     SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
    Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
     rede/bewys/motivering word oorweeg by die puntetoekenning.
    Waar eenwoordantwoorde gevra word en die kandidaat 'n volsin gee, is dit korrek mits die
     korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
    Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee 'n hele reeks, word
     slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
    Aanvaar dialektiese variasies.
    Aanvaar by meervoudigekeusevrae BEIDE die ooreenstemmende letter met die korrekte
     antwoord EN/OF die volledige, uitgeskryfde antwoord.

VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.)
Vraag Antwoord                                                                                        Punt
1.1.1 "verlore"                                                                                     1

1.1.2     Die skrywer wil die leser vermaan/waarsku om minder kos te mors./aandui dat hy
          emosioneel oor die implikasies van kosvermorsing is./
          Die skrywer wil die erns/kommer/belangrikheid van die kosvermorsing beklemtoon.  1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

1.1.3     Alhoewel daar mense is wat honger ly, gaan eetbare kos verlore./'n Mens verwag dat
          eetbare kos onder noodlydendes/honger mense versprei sal word, maar dit word
          weggegooi./Baie kos word geproduseer, maar tog is daar baie mense wat honger ly./
          Mense mors kos./Ons is onverantwoordelik deur kos te mors.                      1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           3                                          DBE/2022
                                      SSS/NSS – Nasienriglyne

1.2       Ja
          Dit dra by tot die geloofwaardigheid van die inligting./
          Dit dui die omvang van die kosvermorsing aan./
          Dit toon watter sektor die meeste tot kosvermorsing bydra./
          Die statistiek ondersteun die inligting in die titel./subtitel./paragraaf 1./
          Dit beklemtoon dat dit feite en nie menings is nie./
          Die oog van die leser fokus makliker op syfers as op woorde wat die inligting
          ondersteun.
          
                                                       OF
          Nee
          Die datum word nie by al die statistiek genoem nie, wat veroorsaak dat dit nie
          noodwendig geloofwaardig/aktueel is nie./
          Daar word genoem dat van die inligting uit 'n vorige studie is, wat beteken dat die
          statistiek verouderd kan wees./kon verander het./nie meer van toepassing is nie./
          Dit is nie werklik noodsaaklik om te weet watter sektor bydra tot die vermorsing nie,
          want die fokus moet val op die feit dat daar wel vermorsing is.                     2

          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

1.3       Navorsers maak met dié onderskeid seker dat die publiek die omvang van kosverlies
          in Suid-Afrika besef./
          Navorsers beklemtoon daarmee hulle werk is volledig./omvangryk./sluit elke aspek
          van kosvermorsing in./
          Navorsers tref onderskeid, omdat albei te make het met kosvermorsing, hoewel dit nie
          presies dieselfde beteken nie./
          Die onderskeid is om aan te toon dat die verbruiker nie alleen verantwoordelik is vir
          die probleem/skuldig is nie./
          Voedselverlies dui op voedsel wat bederf raak/beskadig word en verbruikersvermor-
          sing dui op verbruikers wat die voedsel weggooi wat hulle nie wil gebruik nie, dus is dit
          nodig vir navorsers om te onderskei dat verskillende vorms van verlies in albei areas
          plaasvind.                                                                                   1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

                                                    EN

          Die produkte is van hoë (voedings-/prys-)waarde./duur./
          Die produkte kan nie heraangewend word nie./
          Die vermorsing kan voorkom word./
          Die vermorsing word geïgnoreer./
          Te veel/Baie produkte (tot soveel as 4% tamaties, 21% kool en ongeveer 18%
          wortels) gaan verlore.                                                                     3
          
          Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           4                                        DBE/2022
                                      SSS/NSS – Nasienriglyne

1.4       Die studie in April 2018 tot 31 Maart 2021/nuutste navorsing handel oor kosverlies én
          -vermorsing/ook oor kosverlies, terwyl die navorsing tussen 2010 en 2015 net oor
          kosvermorsing handel.                                                                1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

                                                    EN

          Die studie is wetenskaplik gedoen./lewer bewyse/statistiek dat daar ernstige probleme
          in die bedryf bestaan./
          Die nuwe studie is deur die Departement van Wetenskap en Innovasie gefinansier./
          Die (eerste/vroeëre/vorige) navorsing tussen 2010 en 2015 berus op die enigste
          nasionale ekonomiese navorsingsdata in die land./
          Albei die studies is baseer op wetenskaplike data./navorsing.                        1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

1.5       Omdat Suid-Afrika minder kos moet mors (volgens die eis van die VN), moes ons
          uitvind wat die beste/korrekte manier is om aan die VN se eis te
          voldoen./voedselvermorsing te verminder./
          Suid-Afrika wou daarmee die regte optrede bepaal/bepaal hoe te werk gegaan moet
          word om aan die VN se eis te voldoen.                                          1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

1.6       Ys- en vrieskaste kan/moet op regte temperatuur gehou word./
          Die nadelige effek van kragonderbrekings moet verminder word./
          Verbruikers moet produkte wat hul uit koelkaste haal óf koop, óf in yskaste terugpak./
          Die handelaar(s) moet plaaslike produkte ondersteun./
          Produkte moenie so ver na markte vervoer word nie./
          Padtoestande kan verbeter word.                                                           3

          Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.
1.7       Ja
          Weens die bevolkingsgroei/landboutoestande/droogte/veldbrande/armoede/wanvoe-
          ding/werkloosheid ervaar Suid-Afrika reeds geweldige kommer oor voedseltekorte./
          Te veel kos, wat kan help om voedseltekorte teë te werk, word vermors./gaan in Suid-
          Afrika verlore./
          Voedselvermorsing is nadelig vir die omgewing./ekonomie. 

                                               OF
          Nee
          Daar word genoeg kos geproduseer (wat beskikbaar sou wees indien dit nie vermors
          word nie).                                                                      1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          5                                       DBE/2022
                                     SSS/NSS – Nasienriglyne

1.8       Ja
          'n Mens kan nie regtig 'n idee vorm van die hoeveelheid water wat ter sprake is nie./
          Die feite oor die Gariepdam wat daarna gegee word, gee dieselfde inligting.
                                                  OF
          Nee
          Dit bring die omvang van die watergebruik onder die aandag van die leser./
          Dit gee vir die leser 'n beter idee van hoeveel water gebruik word./
          Die leser kom onder die indruk dat hy nie kos moet vermors nie, aangesien daar 'n
          groot hoeveelheid water onttrek word om die kos te produseer. 
                                                                                                     1
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

1.9       Die isolering hef die belangrike versoek/mededeling/oproep uit./beklemtoon dat die
          titel van die teks nou ter sprake is./ondersteun die besonderhede (oor kosvermorsing)
          wat reeds gegee is, met 'n versoek.                                                  1
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

1.10      Produsente kan die inligting tot hulle voordeel gebruik./
          Produsente hoef nie self die belangrike data te probeer invorder nie./
          Boere weet nou wat die probleme is./
          Beter kommunikasie met potensiële markte kan boere bevoordeel./
          Hulle kan hul inkomstepotensiaal verhoog./
          Ander markte kan deur produsente gesoek/gevind word (vir produkte van effens laer
          gehalte/wat deur topmarkte verwerp word)./
          Ander produksietegnieke kan oorweeg/uitgedink word./
          Beskadiging van produkte tydens hantering/berging kan beperk word.             3
          Die kandidaat bied DRIE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

1.11      Boere/produsente/vervaardigers/
          Verbruikers/huishoudings/
          (Klein-)handelaars                                                                       2
          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
          Indien die kandidaat verskeie verbruikers opnoem, verdien hy/sy net EEN punt.

1.12      Ja
          In die teks word bewys dat ons te veel kos mors (wat hergebruik moet/kan word.)/
          Die ontwikkelingsdoelwitte van die VN sluit by dié oproep aan (nl. om te "koester"
          eerder as te vermors)./
          Die teks bewys dat voedselvermorsing/-verlies ernstige afmetings aanneem./
          Die teks plaas oorskietkos se herwaardering/hergebruik in die kollig./
          Die teks/subopskrif noem dat te veel mense in Suid-Afrika honger ly./
          Die teks noem dat dit noodsaaklik is om oorskietkos vir honger mense te hergebruik.
                                                  OF
          Nee
          Daar word te min inligting oor die omvang van hongerlydendes in Suid-Afrika gegee./
          Die klem word in Teks A op algemene voedselverliese en ‘n vermorsing waarvan oor-
          skiet slegs ‘n klein gedeelte uitmaak, geplaas./
          Die grootste verlies vind plaas voordat dit die verbruiker bereik. 
                                                                                                     1
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                            6                                          DBE/2022
                                       SSS/NSS – Nasienriglyne

1.13.1    Ja
          Die verbruiker is vir minder vermorsing verantwoordelik./
          Die boer se aandeel is 5,1 miljoen ton/astronomies/skokkend omvangryk, terwyl die
          verbruiker maar vir 0,5 miljoen ton se vermorsing verantwoordelik is.            1

          Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.

1.13.2    Die boer/boere behoort/is veronderstel om verantwoordelik vir voedselsekerheid in die
          land te wees; daarom is dit ontstellend dat hulle die grootste vermorsers is./
          Aangesien boere gesteld is op 'n goeie inkomste, sou 'n mens verwag dat hulle soveel
          moontlik produkte wil verkoop, en nie vermors nie.                                   1

          Die kandidaat bied albei kante van die ironie vir EEN punt aan.

1.14      Nee
          Dit geld slegs vir kos/produkte wat in Suid-Afrika verbou/gekweek/geoes word./
          Die asterisk dui duidelik aan dat ingevoerde kos uitgesluit is by die statistiek.              1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
          Die kandidaat kan nie 'n JA-antwoord aanbied nie.

1.15      Die inligting is maklik/logies aangebied./
          Die soort grafiek maak dit maklik om die segmente met die teks/woorde/verduideliking
          bymekaar te bring./
          Geen simbole/kodes word in die illustrasie gebruik nie.                                        1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

1.16      Die verbruikerstadium                                                                          1

                                                     EN

          Skaf 'n komposhouer aan./Gebruik 'n komposhouer.                                               1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

                                                                           TOTAAL: AFDELING A 30

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          7                                        DBE/2022
                                     SSS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Nasien van die opsomming

      Die nasien van die opsomming word baseer op die insluiting van die relevante feite in
       die teks wat met die vraag ooreenstem.
      Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van 'n opskrif/titel te
       voorsien nie.
      Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
      Slegs voordele wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
      Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie, word
       die eerste opsomming nagesien.
      Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
      Punte word soos volg toegeken:
      o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
      o 3 punte vir taal
      o Totale punte: 10
     Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal het nie:
      o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe.
      o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe.
      o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe.

o     Verspreiding van punte vir taal wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het.
     o 6–7 direkte aanhalings: ken geen punte vir taal toe nie.
     o 4–5 direkte aanhalings: ken 'n maksimum van 1 taalpunt toe.
     o 2–3 direkte aanhalings: ken 'n maksimum van 2 taalpunte toe.
LET WEL:
    Tel van woorde:
     o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
     o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui het nie of
         as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
     o As die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die getal woorde
         oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.
     o Korter opsommings wat die vereiste aspekte bevat, mag nie gepenaliseer word nie.

MOONTLIKE PARAGRAAF

Hartverwante siektes kom baie minder by koffiedrinkers as by koeldrankslawe voor en
koffiedrinkers lewe langer. Koffiedrinkers se beendigtheid toon ook beduidend min tekens van
veroudering. Koffie stimuleer die koffiedrinker se goedvoelhormone in die brein wat hom/haar
gelukkiger maak. Dié drankie versnel boonop die koffiedrinker se metabolisme./dra by tot beter
gewigbeheer. En asof dit nie genoeg is nie, verbeter dit 'n koffiedrinker se reaksies op die
sportveld. Koffie gee jou boonop 'n sterker uithouvermoë. Daar is ook bewys dat koffiedrinkers
minder selfdood pleeg.

                                                                              [Getal woorde: 78]

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           8                                       DBE/2022
                                      SSS/NSS – Nasienriglyne

           AANHALING UIT TEKS                          MOONTLIKE BEWOORDING
1   Koffiedrinkers   kry    minder    ernstige A Hartsiektes/Lewensgevaarlike siektes wat
    hartverwante siektes as koeldrankdrinkers.   hartverwant      is, kom    minder    by
                                                 koffiedrinkers voor.

2   ... want hulle het baie langer gelewe as wat B Koffiedrinkers word ouer.
    verwag is!

3   Hulle beendigtheid ... verbeter opvallend ...   C Koffiedrinkers se beendigtheid verbeter
                                                      aansienlik.
4   Kafeïen verbeter boonop 'n mens se totale D Koffie stimuleer die koffiedrinker se goed-
    ingesteldheid teenoor die lewe deur         voelhormone in sy/haar brein wat hom/haar
    endorfiene – die sogenaamde goedvoel-       gelukkiger laat voel./Koffie het 'n positiewe
    hormoon – in jou brein los te laat.         invloed op jou breinfunksies.

5   Koffie … versnel ook jou metabolisme wat        E Koffie versnel jou metabolisme wat
    … bydra tot beter gewigbeheer.                    gewigbeheer vergemaklik./Deur koffie te
                                                      drink, maak jy jou gewigbeheer makliker.

6   … maak dit jou reaksies op die sportveld F         Koffie verbeter jou reaksies (op die sport-
    vlymskerp …                                        veld)./maak jou reaksies (op die sportveld)
                                                       flink en vinnig.
7   … én gee jou 'n veel beter uithouvermoë G Koffie laat jou langer uithou.
    as sportfanatici wat op water leef.

8   Selfs selfdood is heelwat minder onder H Minder koffiedrinkers pleeg selfdood.
    koffiedrinkers …

                                                                             Getal woorde: 69
                                                                       TOTAAL AFDELING B: 10

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           9                                      DBE/2022
                                      SSS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

Nasien van hierdie afdeling:

     Spelling:
      o Eenwoordantwoorde word nie gepenaliseer nie, al is die spelling nie korrek nie tensy
           die spelling die betekenis van die woord beïnvloed en/of spelling die aspek is wat
           geassesseer word.
      o Waar 'n afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
     Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in die
      instruksie aangedui.

  Spelling:
  o Eenwoordantwoorde moet korrek gemerk word, selfs as die spelling verkeerd is,
     behalwe as die fout die betekenis van die woord verander.
  o In volsinantwoorde moet foutiewe spelling gepenaliseer word, indien die fout in die
     taalstruktuur is wat getoets word.
    Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in
     die instruksie aangedui.
    Aanvaar by meervoudigekeusevrae BEIDE die ooreenstemmende letter met die
     korrekte antwoord EN/OF die volledige, uitgeskryfde antwoord.

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Vraag     Antwoord                                                                                Punt
3.1       Die opskrif kan bo die visuele uitbeeldings geplaas word./
          Skei die opskrif deur 'n spasie voor die teks te plaas.                                   1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

3.2       Visuele uitbeelding B se woorde kan op wit gedruk word om beter/duideliker sigbaar te
          wees./
          Die inligting op die plakkaat/bord kan groter aangebied word./
          Die man wat die inligtingsbord vashou, kan meer op die voorgrond geplaas word./
          Die inligting gemerk "B" kan in 'n groter font/lettertipe gedruk word./
          Kolpunte sal help om al die belangrike inligting beter uit te lig.                        1

                                                    EN

          Indien jy van die aanbod gebruik maak, gaan jy gelukkig met jou motor wees net soos
          wanneer jy 'n ring sou ontvang./
          Indien jy van VW se aanbod gebruik maak, sal jy geld spaar wat jy vir spesiale
          oomblikke/geskenke/verrassings kan aanwend./
          Indien jy van VW se aanbod gebruik maak, het jy 'n lewenslange verbintenis met VW
          (soos met 'n huwelik)./
          'n Aanbod om verloof te raak/te trou, moet goed deurdink word – net soos VW se
          aanbod om jou voertuig te diens.                                                          1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         10                                        DBE/2022
                                    SSS/NSS – Nasienriglyne

3.3     Nee
        Visuele uitbeelding B is te ver op die agtergrond/te klein/oninteressant/onvanpas binne
        die strandmilieu./
        Die leser moet 'n doelbewuste poging aanwend om die inhoud te lees./sukkel om die
        inligting te lees as gevolg van die bord se kleur./
        Hier word net voorsiening gemaak vir petrolmodelle./Dieselmodelle word uitgesluit.
                                                 OF
        Ja
        Die inligting op die plakkaat is 'n samevatting van VW se spesiale aanbod./
        Die pryse wat adverteer word, is verrassend bekostigbaar./dui op 'n verrassende
        besparing./
        Die verkoopsman in sy netjiese klere, staan uit teen die agtergrond van die strand./
        Hy lyk ingenome, omdat hy hom nie oor die diens hoef te bekommer nie./
        Selfs met sy werksklere voel dit vir die verkoopsman soos vakansie, omdat hy hom nie
        oor die diens hoef te bekommer nie./
        Die man lyk soos ‘n tipiese motorverkoopsman wat die paartjie onderbreek met sy
        spesiale diensaanbod wat ook die leser se aandag verdien. 
                                                                                                      1
        Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
3.4     Dit maak dit vir die leser moontlik om die gewone werkwoord "diens" te lees, terwyl dit
        dadelik die "Volkswagen Diens" onderaan die advertensie beklemtoon./
        Dit dien 'n tweërlei doel: "diens" sowel as die adverteerder se naam "Volkswagen
        Diens" word nou die fokus./
        Dit beklemtoon die naam sowel as die produk.                                                 1

        Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
        Die kandidaat moet na albei dele van die antwoord vir EEN punt verwys.

3.5     B/persoonlike aanspreekvorm van die leser                                                    1

3.6     Bring jou motor tuis na waar alles begin het; hou jou Volkswagen 'n Volkswagen.              1

3.7     Jou goeie dade sal nog beloon word./
        Julle ry werklik met goeie Volkswagens.                                                      1

        Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

3.8     Die kontakbesonderhede (van die (naaste) handelaar/selfoon-/telefoon-/faksnommer/
        e-posadres ontbreek).                                                                        1

                                                 EN

        Die regmerkie suggereer dat die teikenleser/hy/sy nie 'n fout maak om 'n Volkswagen-
        handelaar te kies nie./
        Die handeskudsimbool skep die idee van 'n ooreenkoms wat gesluit word./
        Die VW-embleem/Das Auto skep die idee van 'n jarelange verbintenis./mense se
        kennis van/vertroue in die VW-produkte./VW is 'n betroubare handelsmerk./
        Die vergrootglas skep die indruk dat die diens van VW onder die vergrootglas geplaas
        word.                                                                                        1

        Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

                                                                                                      10

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           11                                         DBE/2022
                                      SSS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: STROKIESPRENT

Vraag   Antwoord                                                                                         Punt
4.1     Die musieknoot/bewegingstrepie dui die klank aan./
        Die woorde "TRIENG-TRIENG" word van klein na groot geskryf om klank aan te dui.             1

4.2     Hulle bedel altyd./vra altyd geld./aanvaar nie nee vir 'n antwoord nie.                     1

4.3     Hy/Sy is oënskynlik geïnteresseerd in hulle gesprek./nuuskierig om meer te wete te
        kom./
        Hy/Sy mag dalk sarkasties wees./skepties voel./bevooroordeeld wees teenoor die
        mense wat teen inentings gekant is./
        Daar word geïmpliseer dat hy/sy nie saamstem met die gaste wat teen inentings
        gekant is nie.                                                                    1

        Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

                                                   EN

        Die hoofletters/vetdruk (in raampie 5 toon aan dat hy nog meer geïnteresseerd
        is./verwonderd is./begin twyfel./skeptieser is as in raampie 3./harder praat).  1
        Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

4.4.    Ja
        Dit ondersteun die springbeweging./dra by tot die humor.

                                                   OF

        Nee
        Daar is bewegingslyne wat die woorde onnodig maak./Die leser kan duidelik sien dat
        die man spring, want sy voete raak nie die grond nie./Die vliegaksie met die arms skep
        die idee dat die man spring.                                                          1
        Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

4.5     In raampie 1 word die indruk geskep dat die klank sag begin en harder word, terwyl die
        klank in raampie 8 slegs een harde klank is./
        In raampie 1 dui dit op hoflikheid,/vrolikheid, terwyl raampie 8 dui op onbeskoftheid./
        hardheid./onbelangstellendheid./woede./minagting.                                      1

        Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
        Die kandidaat bied beide dele van die verskil vir EEN punt aan.

4.6     C/assimilasie                                                                               1

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                            12                                     DBE/2022
                                       SSS/NSS – Nasienriglyne

4.7     Gee pad!/Ek gaan my nie deur julle laat beïnvloed nie./
        Trap!/Maak dat julle wegkom!/Ek wil niks met julle petisie te doen hê nie.               1

        Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
        Die kandidaat hoef die antwoord nie in bevelvorm aan te bied nie.

                                                     EN

        Die onderste deel van haar gesig het verdwyn./
        Dit lyk of sy haar mond op 'n piepklein tuitjie trek./
        Haar oë is besonder groot./
        Die vrou rol haar oë./
        Haar oë is half toe.                                                                     1

        Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord/omskrywing vir EEN punt aan.

4.8     Vlieënde visse veroorsaak dat mense op die plek toesak./
        Die vlieënde piering het groot konsternasie veroorsaak./
        Die spookskip, die Vlieënde Hollander, gryp mense se verbeelding aan.                    1

        Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
        Die kandidaat moet die woord vlieënde korrek spel.

                                                                                                  10

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           13                                     DBE/2022
                                      SSS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5: ARTIKEL

Vraag     Antwoord                                                                               Punt
5.1       want/en                                                                               1

5.2       Jou verwonderde asem sal lag-lag (daardeur) weggeslaan word./
          Jou verwonderde asem sal (daardeur) lag-lag weggeslaan word.                          1

                                                    EN

          Dit beskryf hoe die werkwoord "wegslaan" uitgevoer sal word./
          Die woord "lag-lag" sluit by "verwonderde asem" aan om die verstomming/verbasing
          (wat die toeskouer sal ervaar)/hoe maklik dit sal wees te beklemtoon./

          Dit dui op die vreugde wat die besoeker sal ervaar (wanneer sy/haar asem
          weggeslaan word)./
          Dis 'n emotiewe woord wat mense wil oorreed om na die mooi veldblomme te kom
          kyk./
          Dit suggereer die emosies wat die mooi "skildery" by die mens sal aanwakker.  1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

5.3       Mense wat van oor die hele land kom, het die natuur kom indrink./
          Mense wat van oor die hele land gekom het, het die natuur kom indrink.                1

          Die kandidaat moet 'n komma tussen die twee gesegdes invoeg.

5.4       Jou ouers gee aan jou die nodige leiding oor die lewe./
          Ek gee my aan jou leiding oor./
          Onder leiding van die bestuur het ons die projek suksesvol uitgevoer.                 1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

5.5       vuisvoos                                                                              1

                                                    EN

          Ja
          Die woorde is oortuigend omdat dit deel is van streekstaal./
          Die informele woorde sluit aan by die trant van die artikel.                          1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
          Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         14                                 DBE/2022
                                    SSS/NSS – Nasienriglyne

5.6       "handjievol" beteken baie min, terwyl "emmersvol" die teenoorgestelde daarvan,
          naamlik baie, beteken.                                                        1

5.7       Die werfhoenders sal/gaan tussen die gousblomme en vygies skrop dat die stof so
          staan.                                                                         1

5.8       kameratjie                                                                    1

          Die kandidaat moet die woord kameratjie korrek spel.

                                                                                              10
                                                                 TOTAAL AFDELING C:           30
                                                                       GROOTTOTAAL:           70

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018-memo/ec966033-9c89-4162-a085-348fa5019f1d) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2017-memo/a6422696-4ee3-497e-a363-2d437719558c) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2016-memo/f5c157e4-66bd-4457-8073-3afef745981a) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2022/b6902408-ac2a-4a7c-a4f3-5057a283114e) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2022/c6956443-8f83-4967-aec5-c587b7e618da) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2022/7d3a1fac-f27c-4882-a682-cfe752eb8aeb) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
