# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC June Exam 2025, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2025/43780eae-d8ae-4f13-8d0e-5ed5c9a35e7f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 NSC June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2025/43780eae-d8ae-4f13-8d0e-5ed5c9a35e7f)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                         AFRIKAANS HUISTAAL V1

                               MEI/JUNIE 2025

                                                                     PUNTE: 70

                                                                      TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Huistaal/V1                                2                   DBE/Mei/Junie 2025
                                              SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: Leesbegrip                                  (30)
          AFDELING B: Opsomming                                   (10)
          AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies                (30)

2.        Lees alle instruksies noukeurig deur.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        Trek 'n streep ná elke afdeling.

6.        Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Laat 'n reël oop ná elke antwoord.

8.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

9.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 50 minute
          AFDELING B: 30 minute
          AFDELING C: 40 minute

10.       Skryf netjies en leesbaar.   2025

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Huistaal/V1                        3                           DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

TEKS A: ARTIKEL

                        'N KLETSBOT* WAT MENSE VERSTOM

1         Die mens staan voor 'n era van vooruitgang en ontwikkeling, en die sleutel tot
          hierdie nuwe era is kunsmatige intelligensie (KI) soos ChatGPT.

2         Die kletsbot, ChatGPT, stoor kennis sodat dit later op ander, maar
          soortgelyke, probleme toegepas kan word. Die gebruiker vra vir die kletsbot 'n
          vraag en dan reageer dit teen 'n vinnige tempo! Maar helaas, nie altyd 100% 5
          akkuraat nie! Sommige antwoorde klink dalk moontlik, maar is soms verkeerd.
          Die rede hiervoor is dat die kletsbot nie vanself tussen reg en verkeerd kan
          onderskei nie.

3         'n Sleutelfaktor van ChatGPT is dat dit 'n teks outomaties uit tekste van ander
          mense kan saamstel, maar nie die mens ten volle kan vervang nie – nog nie. 10
          Dit kan wel suksesvol vir bemarkingsnavorsing, kliëntediens, virtuele
          ondersteuning en aanlyn onderrig gebruik word. Adrian Twarog, 'n Australiese
          webwerf-ontwerper, maak dit duidelik dat mense nie net wenke, hulpmiddels
          en konteks van die BOT moet aanvaar nie. Die inhoud van ChatGPT moet
          beslis geredigeer en hersien word, want sonder die mens se kreatiwiteit bly dit 15
          'n bot.

4         Alhoewel baie mense nog min aan KI-tegnologie blootgestel is, verander die
          blootstelling daagliks soos mense met ChatGPT kennis maak. Mense is
          verbaas oor die intelligensie van dié kletsbot. Die vermoë van dié kletsbot is
          baie indrukwekkend en daar word voorspel dat hierdie kletsbot al hoe 20
          intelligenter gaan raak … én maatjies gaan begin kry. En op al hoe meer
          terreine soos die mediese veld en sakesektor 'n invloed sal hê.

5         Die gebruik van KI in die mediese veld is verstommend. Dr. Jenny Lee, 'n
          gesondheidsdeskundige, sê dat dit nie net mediese data kan analiseer nie, dit
          kan selfs diagnoses maak en nuwe behandelings aanbeveel. Hierdie 25
          tegnologie lei tot minder foute, wat tot beter resultate vir die pasiënte lei.

6         Dr. Sarah Adams, senior Rekeningkunde-lektor aan die Australiese Nasionale
          Universiteit, fokus op die impak van KI in die sakesektor. Sy sê KI-stelsels,
          soos ChatGPT, kan nuwe geleenthede raaksien, tendense voorspel en
          kompeterende strategieë uitwerk. Internasionale besighede trek voordeel 30
          hieruit, omdat ChatGPT in talle tale kan kommunikeer. Dus word die grense
          van taal oorbrug sodat toegang tot nuwe markte vergemaklik word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Huistaal/V1                             4                                DBE/Mei/Junie 2025
                                           SS/NSS Vertroulik

7         Hierdie tegnologieë kan die onderwys in 'n groot mate verander deur 'n wye
          toegang tot kennis te bied. Die opkoms van KI in die onderwys lei wel tot
          gemengde reaksies. Mnr. DJ Cloete, 'n meestersgraadstudent in Afrikaans en 35
          dosent by Akademia, gebruik 'n kompas as metafoor om KI in die onderwys te
          verduidelik: Net soos 'n kompas ons help om deur 'n onbekende terrein te
          navigeer, kan KI leerders help om onbekende inligting te verwerk. Sodoende
          identifiseer KI die leerders se sterk en swak punte en bevorder leer binne 'n
          bepaalde veld. Aan die ander kant kan die wanfunksionering van KI, soos met 40
          'n kompas, veroorsaak dat leerders (en onderwysers) op 'n dwaalspoor
          beland.

8         Cloete waarsku dat KI altyd verantwoordelik gebruik moet word. Plagiaat kan
          maklik gepleeg word as bestaande tekste bloot gekopieer word. Die
          onderwyser kan dit dan moeilik vind om die egtheid van die werk te bepaal. 45
          Gelukkig kan plagiaat deur die gebruik van sagteware-programme opgespoor
          word.

9         Voortgesette gesprekke oor die etiese gebruik van ChatGPT en soortgelyke
          KI-programme is dus baie belangrik. Opvoeders moet leer om krities te dink
          en om ook kritiese denke by leerders te bevorder. Aangesien ChatGPT nie 50
          kan oordeel oor waardes nie, sal 'n slim onderwyser 'n evalueringsaspek oor
          waardes by opdragte inwerk.

10        Die nuwe kletsbot, ChatGPT, word egter nie oral met ope arms verwelkom
          nie. Elon Musk, uitvoerende hoof van maatskappye soos Tesla en X
          (voorheen Twitter), het reeds in 2014 sy kommer daaroor uitgespreek. Hy 55
          meen dat super-KI-stelsels moontlik 'n groter gevaar vir die mens kan inhou
          as kernwapens!

11        Die Wêreld- Ekonomiese Forum beskou kuberaanvalle in sy jongste verslag
          as een van die grootste, wêreldwye KI-risiko's. Navorsing toon dat
          kubermisdadigers KI gebruik om hulle aanvalle meer doeltreffend te maak. 60
          Mense moet op hulle hoede wees! Hulle moet besef dat KI-ontwikkeling tot
          gevolg kan hê dat die mens die vermoë verloor om tussen die werklikheid en
          'n vals werklikheid te onderskei. Elke mens moet ook besef dat hy/sy in alle
          situasies waar e-posse, stem- of video-boodskappe gedeel word, krities moet
          optree. Al lyk die boodskap hoe eg, moet dit nie summier vertrou word nie.   65

12        Die toekoms bied 'n wêreld van geleenthede waarop KI 'n groot impak sal hê,
          aangesien KI mense se lewens op baie maniere gaan verander. Die uitdaging
          vir elke mens is om sy/haar menslike eienskappe te behou ten spyte van KI
          en ChatGPT se oorname, want alhoewel hierdie tegnologie ons kan help, is
          ons menswees, emosies en kreatiwiteit onvervangbaar.                        70

13        Mense kan dus met reg vra: Is KI en ChatGPT ons vriend of vyand?

           [Aangepas uit netwerk24.com/stemme/aktueel/chatgpt-ja-daar-is-rede-tot-kommer-20230202
                              en https://afrikaans.com/2023/03/15/chatgpt-kletsbot-wat-jou-stomslaan]

*Kletsbot is 'n rekenaarprogram wat voorafbepaalde take outomaties uitvoer.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Huistaal/V1                             5                              DBE/Mei/Junie 2025
                                           SS/NSS Vertroulik

TEKS B: VISUELE TEKS

                                                      ChatGPT – vriend of vyand
             BEN, JY HET
                JOU
             SKOOLBOEK
              VERGEET!

                                                                     Nie nodig nie!
                                                                    My "bot" doen al
                                                                    die lees-, skryf-
                                                                    en dinkwerk vir
                                                                          my.

         Hopelik kan
         "bot" vir hom
         eksamen ook
            skryf!

                           [Aangepas uit https://www.toonpool.com/cartoons/Chat%20GPT 419575]

VRAE: TEKS A

1.1       Verwys na die titel en paragraaf 1 en 2.

          1.1.1          Skryf EEN woord neer wat die reaksie van die mens op die era van
                         vooruitgang aandui.                                                            (1)

          1.1.2          Watter eienskap van die kletsbot wat in paragraaf 2 genoem word,
                         sluit by die titel aan?                                                        (1)

          1.1.3          Waarom is die gebruik van die woorde "Maar helaas" (reël 5) binne
                         konteks effektief?                                                             (1)

1.2       Verwys na paragraaf 3.

          1.2.1          Wat word deur die woorde "nog nie" geïmpliseer?                                (1)

          1.2.2          Gee DRIE redes waarom Adrian Twarog se mening dat mense nie
                         net "wenke, hulpmiddels en konteks van die bot moet aanvaar nie",
                         geregverdig is.                                                                (3)

1.3       Gee TWEE redes waarom die gebruik van KI in die mediese veld as
          "verstommend" (paragraaf 5) beskryf word. Het die pasiënte rede om negatief
          teenoor dié tegnologie te wees? Motiveer jou antwoord.                                        (3)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Huistaal/V1                          6                            DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

1.4       In watter opsig weerspreek dr. Jenny Lee se stelling (paragraaf 5) die inligting
          in die onderstreepte sinne van paragraaf 2?                                             (1)

1.5       Watter VIER voordele hou die KI-stelsels vir die sakesektor in?                         (4)

1.6       Verwys na paragraaf 7.

          Dink jy DJ Cloete slaag daarin om die teenstrydige invloed van KI in die
          onderwys verstaanbaar te verduidelik? Motiveer jou antwoord deur na beide
          kante van KI in die onderwys te verwys.                                                 (2)

1.7       Verwys na paragraaf 8 en 9.

          Op watter TWEE maniere kan onderwysers die oorskryf van tekste sonder
          begrip verhoed? Watter EEN, dink jy, sal nie doeltreffend in die
          Suid-Afrikaanse onderwysstelsel werk nie? Motiveer jou antwoord.                        (3)

1.8       "Die nuwe kletsbot … word egter nie oral met ope arms verwelkom nie."
          (Paragraaf 10)

          Bewys hierdie stelling deur na die verskil in dr. Adams (paragraaf 6) en
          Elon Musk se uitsprake te verwys.                                                       (1)

1.9       Watter mense sal, as gevolg van die invloed van KI-ontwikkeling, maklik
          slagoffers van kubermisdaad word?                                                       (2)

1.10      Is die slotparagraaf effektief binne konteks van die leesstuk? Motiveer jou
          antwoord.                                                                               (1)

VRAE: TEKS B

1.11      Watter visuele bewys is daar dat die ma die skoolboek as belangrik beskou?              (1)

1.12      Die ma se verwagting van skoolgaan en die seun se belewing van
          skoolgaan is verskillend.

          Bewys hierdie stelling.                                                                 (1)

1.13      Wat is die toon van die miniatuurrobot se woorde EN wat is die verskuilde
          waarskuwing in sy woorde?                                                               (2)

VRAE: TEKS A EN B

1.14      Verwys na paragraaf 12 van TEKS A en na TEKS B.

          Op watter manier het KI reeds die seun in TEKS B se menswees aangetas?
          Dink jy die seun se ervaring van skool berei hom op die uitdagings van die
          toekoms voor? Motiveer jou antwoord.                                                    (2)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Huistaal/V1                       7                           DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS Vertroulik

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die teks hieronder en identifiseer SEWE stappe wat gevolg moet word om 'n
meer etiese samelewing, wat weet wat reg en wat verkeerd is, te verseker.

LET WEL:

1.   Jou opsomming moet in jou eie woorde in 'n paragraaf aangebied word en mag
     nie meer as 90 woorde beslaan nie.
2.   Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
3.   Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie.
4.   Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

TEKS C

        WAARHEEN IS ONS OP PAD MET SUID-AFRIKA SE SAMELEWING?

Ons bevind ons in 'n morele moeras, want elke mens besluit self watter wette en reëls
hy/sy sal nakom – of nie. Die vraag is: Watter stappe moet Suid-Afrikaners volg na 'n
samelewing wat weet wat reg en verkeerd is?

Die eerste stap na 'n meer etiese samelewing is die opvoeding van ons mense ten
opsigte van die basiese beginsels van etiek, naamlik om die goeie te ken en te
koester. Aristoteles het eeue gelede gesê die mens is wat hy/sy herhaaldelik doen.
Doen ons dus herhaaldelik goeie dinge, word ons goed, want so vorm ons gesonde
morele gewoontes. Dit is daarom belangrik dat ons mense op 'n praktiese wyse hierdie
raad van Aristoteles moet uitleef.

Om 'n meer etiese samelewing te skep moet mense deelneem aan morele aksies
waarby hulle ook hulle kinders betrek. Tydens hierdie aksies leer die kinders by
volwassenes hoe hulle 'n verskil in ander se lewens kan maak deur waardes soos
empatie en omgee aan te leer.

Ongelukkig kry mense vandag die boodskap dat jy kan maak soos jy wil en wegkom
daarmee. Suid-Afrikaners sal moet leer wat die logiese gevolge is wanneer hulle
gedrag teenstrydig met kernwaardes is. Tans word kinders ook lelik in die steek gelaat
deur die gebrek aan positiewe morele rolmodelle in ons land. Sorg dat daar sulke
rolmodelle in kinders se lewens is, want hulle het 'n voorbeeld van vel en been nodig
om waardes soos respek en eerlikheid aan te leer.

Suid-Afrikaners moet ook kan identifiseer met gesagsfigure soos godsdiensleiers en
onderwysers wat goeie waardes uitleef. Hierdie leiers se integriteit moet bo verdenking
wees en die verkeerde voorbeelde moenie aan kinders gestel word nie.

Die fisieke omgewing waarin mense leef, het 'n invloed op hulle karakterontwikkeling.
Wanneer jy deur 'n vuil, onordelike omgewing omring word, sal jy meer tot wangedrag
geneig wees; 'n netjiese, skoon omgewing sal tot 'n meer etiese samelewing lei.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Huistaal/V1                           8                              DBE/Mei/Junie 2025
                                         SS/NSS Vertroulik

Met behulp van hierdie sewe stappe kan ons die fondasie lê vir 'n samelewing waarin
etiese gedrag die norm is. Kom ons raak betrokke by karakteropvoeding, want die
toekoms van ons land se kinders hang daarvan af.

     [Aangepas uit www.netwerk24.com/waarheen-is-ons-op-pad-met-suid-afrika-se-kinders-20230227]

                                                                     TOTAAL AFDELING B:               10

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V1                              9                               DBE/Mei/Junie 2025
                                            SS/NSS Vertroulik

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Lees die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS D

  A                      MAAK
                         REG VIR 'N
                         AVONTUUR

 Toets jou (3.3) uithouvermoë en skryf in vir die 21,1 km-halfmarathon.
 Werk aan jou fiksheid en verbeter jou vorige tyd in die 10 km-wedloop.
 Maak reg vir 'n onvergeetlike avontuur met die 17,8 km-veldwedloop.
 Geniet die dag saam met jou familie en neem aan die 5 km-pretloop
 of 5 km-troeteldierpretloop deel.
                           Buiten die onderskeie wedlope is daar ook 'n verskeidenheid
                           kosstalletjies om te besoek asook 'n speelarea vir die kleinspan.

                                   Skandeer die QR-kode of besoek
                                outsurance.co.za/gunrun vir meer inligting.

D
                                                                [Aangepas uit Huisgenoot, 20 Julie 2023]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V1                          10                         DBE/Mei/Junie 2025
                                         SS/NSS Vertroulik

VRAE: TEKS D

3.1       "Maak reg vir 'n avontuur" (BLOK A)

          3.1.1         Skryf die woord neer wat daarop dui dat die advertensie oor 'n
                        opwindende gebeurtenis handel.                                          (1)

          3.1.2         Waarom is die gebruik van die gebiedende sinswyse doeltreffend?         (1)

3.2       Verwys na die visuele voorstelling.

          Watter visuele bewys is daar dat die 17,8 km-veldwedloop moeilik gaan
          wees? Skryf 'n werkwoord uit BLOK B neer wat daarop dui dat sommige dele
          van die wedlope uitdagend gaan wees.                                                  (2)

3.3       Verdeel die woord "uithouvermoë" in lettergrepe.                                      (1)

3.4       Verander die bepaler in "halfmarathon" (BLOK B) na 'n werkwoord en gebruik
          die woord in 'n verklarende sin van jou eie.                                          (1)

3.5       Gee TWEE redes waarom die gebruik van die vetgedrukte woorde in BLOK B
          funksioneel is.                                                                       (2)

3.6       Watter invloed sou dit op die leser hê as die QR-kode by BLOK C nie
          ingevoeg is nie?                                                                      (1)

3.7       Waarom is die gebruik van die logo's in BLOK D doeltreffend?                          (1)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V1                         11                               DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

VRAAG 4: STROKIESPRENT

Lees die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E

                                [Aangepas uit https://comicskingdom.com/katzenjammer-kids/2023-02-26]

VRAE: TEKS E

4.1       Verwys na RAAMPIE 2.

          Skryf EEN woord neer wat daarop dui dat Hägar se ouma en oupa vir hom
          teenstellende raad gegee het. Ondersteun die visuele aanbieding sy
          onsekerheid effektief? Motiveer jou antwoord.                                               (2)

4.2       Verwys na RAAMPIES 3 tot 5.

          4.2.1         Watter emosie word deur die uitroeptekens in RAAMPIE 4 en 5
                        weergegee?                                                                    (1)

          4.2.2         Op watter manier ondersteun Hägar se gesin se optrede in
                        RAAMPIE 3 die uitroeptekens in RAAMPIE 5?                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Huistaal/V1                         12                               DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

4.3       Verwys na Helga (Hägar se vrou) se woorde in RAAMPIE 6.

          4.3.1         Wat word geïmpliseer deur die insluiting van "hierdie keer"?
                        Vervang "hierdie" met 'n ander aanwysende voornaamwoord
                        binne konteks.                                                                (2)

          4.3.2         Skryf Helga se woorde in die indirekte rede. Begin die sin met:
                        Helga het gevra …                                                             (1)

4.4       Is die veranderde gesigsuitdrukking               van   Hägar   in   RAAMPIE        6
          geloofwaardig? Motiveer jou antwoord.                                                       (1)

4.5       Watter verband is daar enersyds tussen die ouma se raad (RAAMPIE 1) en
          Hägar se aankoms in RAAMPIE 5 én andersyds tussen die oupa se raad
          (RAAMPIE 2) en Hägar se ervaring in RAAMPIE 6?                                              (2)
                                                                                                      [10]

VRAAG 5: ARTIKEL

Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS F

                                WIE SKRIK VIR WORTEL WOLF?
                                                                      Deur Leon-Ben Lamprecht

1     In die boek word die stories van die "Drie Varkies", "Rooikappie" en die seun wat
      "wolf!" geskree het op hulle koppe gedraai. Die booswigte word die helde en soms
      is daar geen booswigte nie. (5.2) Die boek word as geskik vir ses- tot negejariges
      beskryf.

2     Dié selfleesboek is die perfekte oorgang tussen 'n prenteboek en 'n eerste 5
      hoofstukboek. Met heelwat illustrasies is dit ook geskik as voorleesboek. (5.4) Die
      sinne is meestal kort.

3     Humor laat die boek uitstaan. Daar is humor vir grootmense én kinders.
      Grootmense sal die fyn gespottery met (5.5) gesondheidsfanatici (Wortel Wolf is
      vegetaries en gril vir sy sweet) snap.                                          10

4     Die ironie van sy vegetariese status skep humor, maar hou ook 'n subtiele les in
      (5.7) … selfs dié wat soos booswigte lyk, kan goeie eienskappe hê.

5     (5.8) Spanning word deur die bekendheid van die sprokies geskep – ons weet wat
      gaan gebeur, maar omdat die wolf nie die booswig is nie, wil ons verder lees.

6     Dit is 'n lieflike, humoristiese boek waarvan kinders baie sal hou.                           15
                                                       [Aangepas uit www.litnet.co.za. 17-5-2023]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Afrikaans Huistaal/V1                         13                          DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

5.1       Verwys na paragraaf 1.

          Skryf VIER OPEENVOLGENDE woorde uit die eerste sin neer wat daarop dui
          dat die kinderstories heeltemal verander het. Gebruik dié woorde denotatief in
          'n verklarende sin.                                                                  (2)

5.2       "Die boek word as geskik vir ses- tot negejariges beskryf." (Paragraaf 1)

          Skryf dié sin in die verlede tyd.                                                    (1)

5.3       Skryf 'n woord uit paragraaf 2 neer wat na analogie van "prenteboek" gevorm
          is.                                                                                  (1)

5.4       "Die sinne is meestal kort." (Paragraaf 2)

          Brei dié sin met 'n byvoeglike bysin uit. Skryf die hele sin neer en onderstreep
          die bysin wat ingevoeg is.                                                           (1)

5.5       Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (5.5) en die letter (A–D)
          neer.

          Gesondheidsfanatici se ander meervoud is …

          A     gesondheidsfanatikuste.
          B     gesondheidsfanatikusse.
          C     gesondheidsfanatici'e.
          D     gesondheidsfanatici's.                                                         (1)

5.6       "Die ironie van sy vegetariese status skep humor, …" (Paragraaf 4)

          Gebruik die woord "sy" se homoniem in 'n verklarende sin.                            (1)

5.7       Watter ander leesteken sou in die plek van die beletselteken in paragraaf 4
          gebruik kan word? Gee 'n rede waarom dié leesteken in hierdie sin gepas sou
          wees.                                                                                (2)

5.8       "Spanning word deur die bekendheid van die sprokies geskep …"
          (Paragraaf 5)

          Skryf die sin hierbo in die bedrywende vorm.                                         (1)
                                                                                               [10]

                                                                TOTAAL AFDELING C:             30
                                                                    GROOTTOTAAL:               70

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 May June 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2019/367ff59a-d2b3-4a61-9ec2-462562ce9a61) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018/545e8fa8-1674-4879-89f2-de25424ab5f0) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 June July 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-june-july-2015/37fb3790-ac90-40b8-8e30-19a5b23e458e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Afrikaans HL · Memo · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018-memo/ec966033-9c89-4162-a085-348fa5019f1d) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2017-memo/a6422696-4ee3-497e-a363-2d437719558c) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
