# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2021 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2021, 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-memo-gr12-sept-2021/61caaf0b-2824-47e9-889c-c2180c9a02ea
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-memo-gr12-sept-2021/61caaf0b-2824-47e9-889c-c2180c9a02ea)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — QP · 2021 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2021

               AFRIKAANS HUISTAAL V1
                   NASIENRIGLYN

PUNTE:   70

                Hierdie nasienriglyn bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                                AFRIKAANS HUISTAAL V1                   (EC/SEPTEMBER 2021)

 AFDELING A: LEESBEGRIP
 VRAAG 1
 Nasien van die leesbegrip:
      Spelling in eenwoord-antwoorde word by Huistaal gepenaliseer.
      Spel- en taalfoute in langer antwoorde word nie gepenaliseer nie, omdat die
       fokus op begrip is.
      Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK
       STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
      Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
       aanhalingstekens ontbreek nie.
      Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat ŉ volsin gee, is dit
       korrek mits die korrekte woord onderstreep word of op een of ander wyse
       uitgelig word.
      Wanneer twee, drie of vier feite/punte vereis word en die kandidaat gee ŉ hele
       reeks, word slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
      Indien die kandidaat woorde uit ŉ ander taal gebruik as die taal waarin die
       vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord
       sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
       Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.
      Aanvaar dialektiese variasies.

VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.)
 Vraag                                  Antwoord                              Punt
 1.1    Mense luister nie meer na mekaar nie/
        Die mens het luister verleer. √                                         1

 1.2        Studies wys dat die mens slegs 25% van wat ons hoor, onthou. Die
            seuntjie wil seker maak sy ma luister mooi na wat hy sê sodat sy 100%
            hoor wat hy sê. √                                                               1

            Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord aan vir EEN punt.

 1.3        Die skrywer wil die omvang van die krisis van swak luister aandui. /
            Die skrywer wil die artikel meer geloofwaardig maak./
            Die skrywer wil die probleem bevestig/versterk/ondersteun. √                    1

 1.4        Luister vorm deel van doeltreffende/effektiewe kommunikasie √
            en dus suksesvolle verhoudings. √                                               2

 1.5        Mense druk hulself nie doeltreffend uit nie √
            Mense druk hulself nie met emosie uit nie √
            Mense is konfronterend √
            Mense is krities √
            Mense is verwytend √                                                            4
            Enige VIER van bogenoemde.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                               3

1.6.1     Deur te luister kan jy by die kern van die probleem uitkom. √
          As jy goed luister na jou gespreksgenoot se probleem help jy die persoon
          om kreatief te dink, selfvertroue te kry om die beste oplossing te vind./
          Deur te luister kan jy hom/haar help om oorweldigende emosies te
          beheer. √                                                                       2

          Die kandidaat bied sy/haar keuse in enige TWEE soortgelyke antwoorde
          vir EEN punt elk aan.

1.6.2     Wanneer emosies jou gespreksgenoot se denke domineer, dink hy dalk
          nie meer so rasioneel nie. √                                                    1

1.7       Die seuntjie versoek sy ma herhaaldelik om na hom te luister. Dit is asof
          hy in die verlede ervaar het dat sy ma nie luister nie en daarom klink hy
          ontsteld, gefrustreerd en dit bevestig die onderstreepte sinne in
          paragraaf 4. √                                                                  1

1.8       Daar word duidelik genoem dat disrespek seëvier/wen/die oorhand het. √          1

          Wanneer ons mense goed ken, heg ons nie meer waarde aan hulle nie /
          Ons kyk werklikheidsprogramme wat skok /
          Sporthelde en-afrigters vloek en skree op skeidsregters /
          Leerders minag hul onderwysers. √√                                              2

          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

1.9.1     Deur met wedersydse agting/
          liefde/
          vrede/
          met begrip te luister. √√                                                       2

          Kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

1.9.2     Ja
          Sy is ŉ kenner van verhoudings/sielkundige. √                                   1

1.10      Ja
          Paragraaf 8 lig al die negatiewe oorsake uit van swak luistervaardighede
          en swak verhoudings – (tegnologie, min sosiale vaardighede, kritiek,
          manipulasie, foute raaksien en dat die mens te selfgerig geraak het ten
          koste van ander). √√√                                                           3

          Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord aan.

1.11      Die onderstreepte sin verduidelik dat ons luister om te reageer en nie met
          begrip om werklik te verstaan wat die ander persoon aan ons sê nie. Dit is
          die teenoorgestelde van wat ons eintlik veronderstel is om te doen / hoe
          om te luister na mekaar. √                                                      1

          Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord aan.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                              AFRIKAANS HUISTAAL V1                      (EC/SEPTEMBER 2021)

 1.12      Ek wil daarop let om mense in die oë te kyk wanneer hulle praat / ek met
           hulle praat. / Ek wil meer glimlag, my kop skud wanneer ek na ander
           luister om aan te dui dat ek werklik luister en belangstel. √                    1

           Kandidaat bied enige soortgelyke antwoord aan vir EEN punt.

 1.13      Dit vorm nie deel van aktief luister nie. /
           Respek is ononderhandelbaar – dus respekteer mekaar se tyd en
           gemoed. √                                                                        1

 1.14      Daar word duidelik gestel dat die departement van arbeid van die VSA
           navorsing/studies gedoen het. Dit is dus op feite gebaseer. √

                                               OF

           Swak luistervaardighede kom oral voor, ook in die werkplek. √                    1

           Kandidate kan soortgelyke antwoorde aanbied.

 1.15      Die tieners se oë is op hul selfone gerig /
           Daar is geen sprake van korrekte liggaamstaal vir doeltreffende
           kommunikasie nie. /
           Die tieners is elkeen besig met sy/haar eie dinge en steur hulle nie aan
           mekaar nie. √                                                                    1

           Die kandidaat kan enige soortgelyke antwoord bied.

 1.16      Ja.
           Die muis se woorde beaam/waarsku dat menslike luistervaardighede
           swak en ondoeltreffend is en pleit daarom – “maak oop jou ore, niemand
           luister meer nie”. √                                                             1

 1.17      In paragraaf 8 van TEKS A word verduidelik dat ons te selfgerig is terwyl
           TEKS B dit uitlig dat mense nie na mekaar luister nie en elkeen besig is
           met sy/haar eie dinge. √
                                              EN

           In paragraaf 10 van TEKS A word verduidelik dat luistervaardighede
           ingeoefen moet word en dat ons moet fokus op ons gespreksgenote deur
           die regte liggaamstaal ens. te hê terwyl in TEKS B die groepie tieners nie
           gefokus is op mekaar nie.                                                        2

           Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord aan waarin daar
           afsonderlik na ŉ ooreenkoms tussen die twee tekste verwys word.

                                                             TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                            5

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Nasien van die opsomming:

Tydens die nasien van die opsomming is die insluiting van geldige feite en die
uitsluiting van irrelevante feite belangrik.

   Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ŉ
    opskrif/titel te voorsien nie.
   Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
   Slegs feite wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
   Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie,
    word die eerste opsomming nagesien.
   Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.

   Punte word soos volg toegeken vir HT:
    o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
    o 3 punte vir taal
    o Puntetotaal: 10

   Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal
    het nie:
    o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe
    o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe
    o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe
   Verspreiding van taalpunte wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het:
    o 6–7 direkte aanhalings: ken geen taalpunte toe nie
    o 1–5 direkte aanhalings: ken 1 punt vir taal toe

LET WEL:
 Tel van woorde:
  o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
  o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui
      het nie of as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
  o As die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die getal
      woorde oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.
  o Korter opsommings wat die vereiste wenke bevat, mag nie gepenaliseer
      word nie.

LET WEL:       Kandidate mag nie afkortings in hul opsommings gebruik nie, maar
               indien dit in die opsomming voorkom, word elke afkorting getel
               volgens die getal woorde wat dit voorstel.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                                AFRIKAANS HUISTAAL V1                  (EC/SEPTEMBER 2021)

 Moontlike antwoord: Die volgende feite MOET in PARAGRAAFVORM
 aangebied word.
 Tuinmaak skep ŉ gevoel van prestasie by jou. Tuinmaak is goed vir jou fisiese
 gesondheid. Dit kan ŉ lekker gesinsaktiwiteit wees en bied geleenthede vir
 herinneringe skep. Tuinmaak is ook ŉ goeie aktiwiteit om alleen te doen. As jy
 groente en kruie plant, kan jy dit verkoop en so bou aan jou finansiële gesondheid.
 Deur tuin te maak leer jy jou vaardighede en kreatiwiteit ken. Voorts is dit ŉ
 bewustheids- en meditasie-oefening.
                                                                         [72 woorde]

           AANHALINGS UIT DIE TEKS                           EIE WOORDE
    Tuinmaak skep ŉ gevoel van                  Tuinmaak skep ŉ gevoel van
     prestasie.                                  prestasie by jou.
    ... is goed vir jou hartgesondheid ...      Tuinmaak is goed vir jou fisiese
                                                 gesondheid.
    ... is ŉ lekker gesinsaktiwiteit ...        Tuinmaak kan ŉ lekker
                                                 gesinsaktiwiteit wees en bied
                                                 geleenthede vir herinneringe maak.
    .. .ook ŉ goeie aktiwiteit om alleen aan    Tuinmaak is ook ŉ goeie aktiwiteit
     te pak ...                                  om alleen te doen.
    ... aangesien dit perfek is as              Voorts is dit ŉ bewustheids- en
     bewustheids- en meditasie-oefening          meditasie-oefening.
    ... plant groente en kruie vir finansiële   As jy groente en kruie plant, kan jy
     gesondheid ...                              dit verkoop en so bou aan jou
                                                 finansiële gesondheid.
    ... terwyl jy jou vaardighede slyp ...      Deur tuin te maak leer jy jou
     hou jou kreatief ...                        vaardighede en kreatiwiteit ken.
                                                                   (Getal woorde: 70)

                                                             TOTAAL AFDELING B:           10

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                            7

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Nasien van hierdie afdeling:
 Spelling:
   Eenwoord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling verkeerd is.
      Indien die spelling van die bepaalde woord korrek moet wees, word die
      spelling verkeerd gemerk al word die antwoord in ŉ sin aangebied.
   In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout
      in die taalstruktuur getoets word.
   Waar ŉ afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
 Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word
   soos in die instruksie aangedui.
 By meervoudigekeuse-vrae word BEIDE die letter wat ooreenstem met die
   korrekte antwoord EN die antwoord wat uitgeskryf word, aanvaar.
VRAAG 3
Vraag                                    Antwoord                                      Punt
3.1       Dit beklemtoon die skok na die hond sy modder afskud op die kind. √           1

3.2       alles √                                                                       1

3.3       Dit dui op gerusstelling tydens ŉ krisis. √                                   1

3.4       Die meisie se vinger wys na én sy kyk na die woord “Skitterskoon”. √          1

3.5       piekfyn √                                                                     1

3.6       Ja
          Dit wys hoe die mors- en moddervlekke plaasgevind het/
          Dit sluit aan waarom die wasmiddel benodig gaan word/
          Die moddervlekke beklemtoon die boodskap dat die wasmiddel die
          oplossing bied vir hierdie vuil vlekke. √

                                               OF
          Nee
          Die hond laat nie reg geskied aan wat die wonderlike wasmiddel kan
          doen nie/
          Dis swak smaak om die skuld op ŉ onskuldige hond te plaas. √                  1

          Kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

3.7       Die lyftaal √ (beide arms sowel as die vingertjie)                            1
          Die gesigsuitdrukking is nie ontspanne nie – mond is oop in ongeloof/skok
          – wys dat sy wel stres. √                                                     1

3.8       Ons dink √                                                                    1
          Ons weet hierdie veeldoelige skoonmaakmiddel is die oplossing tot alle
          onverwagse foute en flaters. √                                                1
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                              AFRIKAANS HUISTAAL V1                    (EC/SEPTEMBER 2021)

 VRAAG 4: STROKIESPRENT

 Vraag                                   Antwoord                                        Punt
 4.1       Die eerste komma word gebruik tussen twee werkwoorde (aflê, is). √             1
           Zits is die aangesprokene en moet dus ŉ komma kry. √                           1

 4.2       Met die herhaling van die woorde “wees net jouself” √                           1
           Die vetgedrukte woorde bevestig dat hy die woorde beklemtoon om sy
           posisie as ouers wat weet, uit te lig. √                                        1

 4.3       Ja, sy woorde dui duidelik daarop dat hy nie dink Zits kan gefokus en
           versigtig wees nie √                                                            1

 4.4       Sy oë wat hemelwaarts gerig is. √                                               1

 4.5       Ja.
           Zits se pa se oë kyk na bo wat dui op sy moedeloosheid/besinning oor
           Zits se gewone nie-versigtige en nie-gefokusde optrede. √                       1

 4.6       Zits sit net tydens die hele gesprek gefokus op sy selfoon/                     1
           Zits sit pal met sy foon. √

 4.7       Ouer mense dink dat jongmense onverantwoordelike bestuurders is, sal
           wees en bly. √                                                                  1

 4.8       Hy het verwag dat Zits se ma hom meer as net vyf keer moes
           herinner/waarsku. √                                                            1
                                                                                         [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                          9

VRAAG 5: ARTIKEL

Vraag                                    Antwoord                                   Punt
5.1       tuisonderrig √                                                             1

5.2       Ek moet my matriek-wiskunde takel en afhandel. √                            1

5.3       ŉ Klip uit die pad rol. √                                                   1

5.4       aan √                                                                       1

5.5       Sy voel naar asof daar ŉ knop in haar maag is./
          Sy is bekommerd. √                                                          1

5.6       Druk die naald deur die materiaal √                                         1

5.7       tyd √                                                                       1
          etenstyd / spertyd / eksamentyd / vryetyd √                                 1

5.8       permanente √                                                                1

5.9       kontaminasie √                                                             1
                                                                                    [10]

                                                            TOTAAL AFDELING C:       30
                                                                GROOTTOTAAL:         70

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2021/ff108b78-d3ed-481e-bcc0-ecd7d096a8be) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2021/7bdd34ac-0ea8-45ae-9033-ffd66428cf13) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — Afrikaans HL · QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 QP SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-qp-sept2020/54595e79-3d93-4ae2-b134-974b78fd2965) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
