# Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 Memo

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape November 2019, 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-memo-nov-2019/cc69d4d1-16aa-4b0a-9f2f-f5f2b5556419
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-memo-nov-2019/cc69d4d1-16aa-4b0a-9f2f-f5f2b5556419)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P1 QP NOV 2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-nov-2019-d/af17b42a-bf7d-411a-bd91-82a3e48685f9) — QP · 2019 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                       NOVEMBER 2019

                AFRIKAANS HUISTAAL V1
                    NASIENRIGLYN

PUNTE:   70

                 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                                 AFRIKAANS HUISTAAL V1                      (EC/NOVEMBER 2019)

  AFDELING A: LEESBEGRIP
  VRAAG 1
  Nasien van die leesbegrip:
       Die fokus is op die begrip van die leesstuk. Spel- en taalfoute word nie nagesien
        nie, tensy dit die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal- en spelfoute moet
        wel nagesien word.)
       Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE of EK STEM SAAM/EK
        STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
       Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
        aanhalingstekens ontbreek nie.
       Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat gee ŉ hele reeks, word
        slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
       Indien die kandidaat woorde uit ŉ ander taal gebruik as die taal waarin die
        vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord
        sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
        Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.
       Die nasien van ŉ aanhaling vereis dat die aanhaling 100% korrek aangehaal
        moet word.
       Aanvaar dialektiese variasies.

  Vraag                                       Antwoord                                        Punt
  1.1   “gemoed ophelder”                                                                       1

  1.2       Nee, dis onwaar, want die brein is sentraal by gevoelens en
            gewaarwordinge betrokke en die stelling is dus nie waar nie. /
                                                 OF
            Nee, navorsers het bevind dat as iets sleg is vir die liggaam, dit ook sleg is
            vir die brein en kan dus nie as trooskos gesien word nie.

            Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord aan.                                     1

  1.3       Dit veroorsaak sistemiese inflammasie in die maag en hele liggaam √
            Die gevolge van die inname van gemorskos is dieselfde as ŉ
            rookgewoonte, besoedeling, vetsug en te min oefening. √                                2

  1.4       Chroniese inflammasie affekteer breinmolekules √
            en neurotransmitters wat die gemoedstoestand reguleer. √                               2

  1.5       Beide verklaar dat ŉ slegte dieet die risiko van depressie aansienlik
            verhoog. √
            Ja, hul uitsprake kan as geloofwaardig beskou word aangesien hulle
            kenners/kundiges op dié vakgebied is. √                                                2

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                                3

 1.6      Dit verbeter die gemoedstoestand √
          Dit verskaf meer energie √                                                            2

          Nee.
          Vanweë mense se verskillende finansiële posisies kan nie almal ŉ
          gesonde dieet volg nie /
                                            OF

          Ja.
          As jy gesteld is op ŉ gesonde dieet, sal jy nie gemorskos eet nie.

          Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir die EEN punt aan.                       1

 1.7      Sinvolle dieet – mense eet deesdae te veel gemorskos / kitskos en besef
          nie watter ongesonde kos hul inneem nie √

                                               OF

          Lewenstylveranderinge – mense wat aan chroniese siektes ly, moet bv.
          stresvolle situasies vermy/ meer oefening kry / daarop fokus om te ontspan
          aangesien stres chroniese siektes kan vererger √

          Kandidaat voeg sy/haar belangrikste aanbeveling by met ŉ gepaste
          motivering. √                                                                         3

 1.8      Meer transvette maak jou befoeterd √
          Hoër vlakke van cholesterol is in die bloed √
          Hoër cholesterolvlakke lei weer tot hartaanvalle √
          asook hartsiektes √
          en beroertes √

          Enige VIER van bogenoemde.                                                            4

 1.9      Inflammasie is die liggaam se gesonde reaksie om siektetoestande te
          beveg.                                                                                1

 1.10     Sy stel voor dat ŉ mens jou inname van alkohol, suiker, kaffeïen en
          rooivleis moet beperk.

          Ek voel dis wel moontlik aangesien ons die gevare hiervan reeds lankal
          besef omdat dit deur navorsing gestaaf word.

                                               OF

          Ek voel dat dit nie moontlik is nie omdat dit vir baie mense ŉ ontvlugting is
          en hulle deur die gebruik hiervan die lewe makliker kan hanteer.

          Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord aan.                                    1

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                               AFRIKAANS HUISTAAL V1                       (EC/NOVEMBER 2019)

  1.11     Paprika / spinasie / pere / swart tee √

           Enige EEN van hierdie superkosse

           Ja.
           Dit is moontlik omdat hierdie voedselsoorte in byna alle huishoudings
           voorkom en is nie te duur vir die meeste mense nie.

                                                OF

           Nee.
           Dit is nie moontlik nie aangesien nie almal toegang het tot paprika,
           spinasie, pere en swart tee nie / nie almal hou van hierdie superkosse nie.            2

  1.12     Spysverteringsiektes / inflammasie √                                                   1

           Beperk jou inname van alkohol / suiker / kaffeïen / rooivleis √                        1

  1.13     Kersvader se gesigsuitdrukking, spesifiek se mondhoek wat afwaarts wys/
           Kersvader se oog lyk ook nie baie vriendelik nie                                       1

  1.14     Die ma het besluit dat daar na Kersvader se gesondheid gekyk moet word
           en dus het sy die tradisionele versnaperinge vervang met meer gesonde
           eetgoed./ Die tradisionele melk en koekies is vervang met meer gesonde
           alternatiewe.√                                                                         1

  1.15     Die spotprent wys ŉ volronde Kersvader / Kersvader het ŉ ronde maag.                   1

  1.16     TEKS A praat van kitskos wat mense depressief en minder in beheer van
           hul emosies maak /dat transvette ŉ mens befoeterd maak.
           TEKS B wys dat Kersvader nie gelukkig lyk nie en die seuntjie se woorde
           dui daarop dat Kersvader oorgewig / te vet is.

           Beide tekste moet aangespreek word vir EEN punt.                                       1

  1.17     Die seuntjie se woorde kan die man se aksies manipuleer omdat hy
           Kersvader se gesondheid voorhou.

           Die ironie is dat daar aanvanklik na Kersvader se gesondheid verwys word
           en wat vir hom tot voordeel is, maar in die laaste twee sinne noem die
           seuntjie eerstens dat sy ma bekommerd is oor die skoorsteen.

           Kandidaat moet BEIDE kante toon van die ironie vir EEN punt.                           2

                                                               TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                            5

 AFDELING B: OPSOMMING

 VRAAG 2

 Nasien van die opsomming:

 Tydens die nasien van die opsomming is die insluiting van geldige feite en die
 uitsluiting van irrelevante feite belangrik.

    Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ŉ
     opskrif/titel te voorsien nie.
    Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
    Slegs feite wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
    Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie,
     word die eerste opsomming nagesien.
    Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
    Indien ŉ kandidaat meer as een paragraaf skryf, sien slegs die eerste paragraaf
     na.
    Punte word soos volg toegeken vir HT:
     o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
     o 3 punte vir taal
     o Puntetotaal: 10

    Verspreiding van taalpunte wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal
     het nie:
     o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe
     o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe
     o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe
    Verspreiding van taalpunte wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het:
     o 6–7 direkte aanhalings: ken geen taalpunte toe nie
     o 1–5 direkte aanhalings: ken 1 punt vir taal toe

 LET WEL:
  Tel van woorde:
   o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
   o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui
       het nie of as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
   o As die vereiste getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die
       getal woorde oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.
   o Korter opsommings wat die vereiste wenke bevat, mag nie gepenaliseer
       word nie.

 LET WEL:       Kandidate mag nie afkortings gebruik in hul opsommings nie, maar
                indien dit in die opsomming voorkom, word elke afkorting getel
                volgens die getal woorde wat dit voorstel.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                             AFRIKAANS HUISTAAL V1                  (EC/NOVEMBER 2019)

  Antwoord: Die volgende feite MOET in PARAGRAAFVORM aangebied word.

  Begin jou dag reg met ŉ paar kalm minute en jou beker koffie of tee waartydens
  jy jou dag beplan. Harde werk met toewyding is die boustene vir sukses. Deur
  mislukkings leer jy uit jou foute. Moenie aanhoudend uitstel nie. Span jou
  uniekheid in as jou persoonlike wapen, want so ding jy nie met ander mee nie.
  Durf nuwe dinge aan en moenie jouself onderskat nie. Wees aktief, want dit
  verbeter jou probleemoplossingsvaardighede. (73)

           Aanhalings uit die teks:                       Eie woorde:
  1       Begin die dag reg ... ŉ paar        A   Begin jou dag reg met ŉ paar
            kalm minute met jou beker              kalm minute en jou beker koffie of
            koffie of tee te gun ... ook die       tee waartydens jy jou dag beplan.
            ideale tyd om jou dag te
            beplan ...
  2       Die meeste suksesvolle mense        B   Harde werk met toewyding is die
            sal vir jou sê dat harde werk          boustene vir sukses.
            met toewyding die boustene
            vir sukses is.
  3       Moenie bang wees vir                C   Deur mislukkings leer jy uit jou
            mislukkings nie ... mens leer          foute.
            mos net deur jou foute.
  4       Moenie net by uitstel bly nie!      D   Moenie aanhoudend uitstel nie.
  5       Dit help nie jy probeer om          E   Span jou uniekheid in as jou
            iemand anders te wees nie ...          persoonlike wapen, want so ding
            so ding jy nie gedurig met             jy nie met ander mee nie.
            ander mee nie.
  6       Moenie jouself onderskat nie –      F   Durf nuwe dinge aan en moenie
            durf nuwe dinge aan.                   jouself onderskat nie.
  7       ... verhoogde bloedtoevoer na       G   Wees aktief, want dit verbeter jou
            jou brein kan                          probleemoplossings-vaardighede.
            probleemoplossing verbeter –
            Jou hippokampus is baie
            aktief wanneer jy oefen
                                                                         (73 woorde)

                                                         TOTAAL AFDELING B: 10

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                              7

 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

 Nasien van hierdie afdeling:

      Spelling:
        Eenwoord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling verkeerd is.
        In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout
          in die taalstruktuur getoets word.
        Waar ŉ afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
       Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word
        soos in die instruksie aangedui.
       Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
        aanhalingstekens ontbreek nie.

 VRAAG 3: ADVERTENSIE

 Vraag                                     Antwoord                                       Punt
 3.1       Dat alle skoonma’s moeilike, foutsoekerige mense is.                            1

 3.2       Skoonma’s                                                                          1

 3.3       Lose = sonder √
           ri-sie-lo-se √                                                                     2

 3.4       Tafelsout                                                                          1

 3.5       Wanneer skoonma kom kuier, kan dit ŉ krisis veroorsaak.                            1

 3.6       Die adverteerder beklemtoon dat dit beslis geen krisis sal wees nie.               1

 3.7       Frans                                                                              1

 3.8       Moenie spyskaarte en foto’s bekyk nie!                                             1

 3.9       Om op te som                                                                     1
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                                 AFRIKAANS HUISTAAL V1                    (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 4: STROKIESPRENT

     Vraag                                     Antwoord                                     Punt
     4.1     skat / beraam / voorspel / dink                                                 1

     4.2     hoenders – hoeners                                                                  1

     4.3     dosyn                                                                               1

     4.4     dat studente nie juis studeer nie √
             weglatingsteken √                                                                   2

     4.5     Koppelwerkwoord                                                                     1

     4.6     wÍl                                                                                 1

     4.7     Wat is dit wat jy my nie wil vertel nie?                                            1

     4.8     Ja, die taxi-bestuurder se oë is groot van verbasing/skok/ongeloof/die
             strepies by die bestuurder se oë dui op spanning/skok/sweet √                       1

     4.9     Renjaer                                                                          1
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                             9

VRAAG 5: ARTIKEL

 Vraag                                     Antwoord                                     Punt
 5.1      lywe                                                                           1

 5.2      nooit / selde                                                                   1

 5.3      na                                                                              1

 5.4      die herhaling van woorde vereis ŉ koppelteken                                   1

 5.5      aanwysende voornaamwoord                                                        1

          Kandidaat moet die woordsoort volledig beantwoord vir EEN punt.

 5.6      ongesondste                                                                     1

 5.7      samestellende afleiding                                                         1

 5.8      Ons/hulle/jy/ek vind hier die oudste mense op aarde                             1

 5.9      konnotatief √                                                                   1
          Die dogtertjie se hart is gebroke na sy beide haar ouers in die
          motorongeluk verloor het.                                                        1
                                                                                         [10]

                                                              TOTAAL AFDELING C:         30
                                                                  GROOTTOTAAL:           70

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P2 GR11 MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-memo-nov-2019/389a192b-7bf5-435c-8167-2f2c2d34294a) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2019/f9a9671f-5a24-4e6a-b25c-327ad80e428e) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 GR11 QP NOV 2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-qp-nov-2019-d/382e5356-2a84-44dc-9c6f-a7e99677346e) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP NOV 2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-nov-2019-d/621faa5a-85ea-491d-97c1-65c622ae079f) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2020/fac0bbfb-2db1-4969-bc69-6b016e2f249f) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2020-d/d11183d6-5fdd-4148-b1c0-cafef0a8db82) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/4cc70ac7-f749-4802-8e1b-8cec773c7368) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/a7e90129-8e5a-43be-963d-f02b31d0b7a4) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/df1906ad-6c91-4938-9533-c5ba7baa3444) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-1-afrikaans/9892ea43-cb95-460f-8521-db662ba8b5c9) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-2-afrikaans/58fc56f1-3f43-4541-9fa9-c8cf9faa560a) — QP · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
