# Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2012 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2012, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2012/38ee302b-a838-4be8-8c43-d7491fd916d5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2012 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2012/38ee302b-a838-4be8-8c43-d7491fd916d5)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2012 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P1 Nov 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2012-memo/6d718631-40f4-49ae-8e11-869f22258cfc) — Memo · 2012 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            AFRIKAANS HUISTAAL V1

                                 NOVEMBER 2012

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          2                 DBE/November 2012
                                              NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE AFDELINGS:

      AFDELING A: Leesbegrip              (30)
      AFDELING B: Opsomming               (10)
      AFDELING C: Taal                    (30)

2.    Voorgestelde tydsindeling:

      AFDELING A: ongeveer 50 minute
      AFDELING B: ongeveer 25 minute
      AFDELING C: ongeveer 45 minute

3.    Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

4.    Beantwoord AL die vrae.

5.    Begin ELKE afdeling op ’n nuwe bladsy.

6.    Trek ’n streep ná elke afdeling voltooi is.

7.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

8.    Laat ’n reël oop na elke antwoord.

9.    Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         3                            DBE/November 2012
                                             NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

TEKS 1

                             Maak dus skerp julle potlode
1         Ek is in st. 1 (deesdae gr. 3) en dis Vrydagoggend, net ná saal. Juffrou
          Engelbrecht haal ons skoonskrifskrifte uit. Potlode skerp? vra sy. “Gert Swart
          (hy is besig om met sy knipmes ’n fyn puntjie aan sy potlood te kerf), nie te
          skerp nie, jy steek gate in jou boek! Vryf die punt ’n bietjie stomp op ’n stukkie
          afvalpapier. Nou, klas, onthou, liggies op en donkerder af, en bly netjies
          tussen die lyntjies ...”

2         Met die jare het my regterhand juffrou Engelbrecht se instruksies begin
          vergeet, maar die basis van ’n netjiese, leesbare skrif is nog daar: Ek skryf
          soos ’n opgevoede mens. My handskrif, soos dié van my tydgenote en ’n
          geslag of twee daarna, is ’n verlenging, ’n uitbreiding, van liggaam en gees.
          Dit spreek van my karakter, van wie ek is.

3         Ons het mooi leer skryf, nie drukskrif nie, maar aanmekaar, netjies. My
          grootste bewondering was egter altyd vir die Amerikaanse handskrif. Daardie
          kinders word ’n bepaalde sierskrif geleer wat nie net goed leesbaar is nie,
          maar die leser plesier gee. Dit vertel iets van die persoonlikheid van die
          skrywer. Maar dis aan die verbygaan. Volgens The Philadelphia Inquirer
          gaan langskrif nie meer op skool gedoseer word nie; die kinders moet eerder
          rekenaarvaardighede aanleer.

4         Rekenaarvaardighede? Verbeel jou!

5         Dit is erg genoeg dat ek omtrent nooit meer ’n brief in die pos ontvang nie.
          Vonkpos het slakkepos vervang (Fanus se skeppings, dink ek), wat beteken
          dat die slakkepas van gewoon lééf ook nie meer bestaan nie.

6         Alles moet teen die spoed van lig gebeur.

7         Niemand gaan sit meer soos my ma elke week om haar susters met ’n
          skryfblok en ’n pen die jongste familienuus mee te deel nie, weliswaar geen
          aardskuddende nuus nie, maar die gewone klein besonderhede waaruit die
          daaglikse lewe bestaan.

8         Wat skryf die een mens aan die ander op die rekenaar? Vinnige en (vergeef
          my) onbenullige kommunikasies op Facebook en Twitter, kort mededelings
          sonder leestekens en dikwels sonder hoofletters, met korrekte spelling nooit
          ’n noodsaaklike opsie nie. En wat maak jy daarmee as jy dit klaar gelees het?

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        4                               DBE/November 2012
                                            NSS

9         In ’n houer in my kas is die briewe wat John voor ons troue vir my van
          Tanganjika (nou Tanzanië) geskryf het – lewendige beskrywings van sy
          daaglikse lewe, sy werk as geoloog, staaltjies oor die plaaslike bevolking,
          klein pensketsies om sy skrywes te illustreer. Persoonlike kommunikasie in ’n
          herkenbare, mettertyd geliefde handskrif. Ek het tante Bertje van
          Ranonkelstraat in Rotterdam in die waskamer by die Zimbabwe-ruïnes
          ontmoet, en sy het ’n lewenslange vriendin geword. Nie meer jonk nie, maar
          steeds was sy ’n kranige reisiger, en deur die jare het haar poskaarte die huis
          ingekom – van die Ooste, van Hawaii, van Israel. Poskaarte vol interessante
          vertelsels in haar hoekige Nederlandse handskrif. Totdat die brief van haar
          dogter van Rotterdam gekom het om te vertel dat tante Bertje heen is, en my
          naam op ’n lang lys van mense wêreldwyd is aan wie sy briewe geskryf het.

10        Ek beny my kleinkinders se vaardigheid op die rekenaar, maar as
          kommunikasiemiddel is dit onpersoonlik en, ja, onbetroubaar.

11        Ek ken ’n professor wat sy studente in hul eerste jaar van doktorale studie nie
          toelaat om op die rekenaar te skryf nie. Hulle moet ’n potlood gebruik, ’n
          potlood en ’n uitveër. En ’n leesbare skrif, asseblief. Want die hand werk
          vinniger as die verstand, en wat jy dan kry (my weergawe) is dit: Twak in,
          twak uit ...

12        Nou die dag het ek ’n interessante artikel oor handskrif gelees en tot die
          gevolgtrekking gekom dat handskrif altyd belangrik sal wees. “’n Mens se
          handskrif is soos jou vingerafdrukke. Nie twee mense het dieselfde handskrif
          nie,” sê mnr. Landman, ’n forensiese handskrifdeskundige van Pretoria met
          30 jaar ondervinding. Hy is optimisties dat die gebruik om met die hand te
          skryf, nooit sal verdwyn nie. Ondanks die tegnologie-ontploffing meen hy skryf
          sal altyd belangrik bly. “Dink maar aan hoe noodsaaklik dit is om dokumente
          en kontrakte te onderteken.”

13        Hy verwys ook na die duisende jare wat handskrif al deel van die mens se
          bestaan is. Daar word aanvaar dat die Fenisiese handelaars wat van
          1200 tot 900 v.C. bedrywig was, reeds die eerste alfabet versprei het.

14        Talle studies is die afgelope eeu oor handskrif gedoen. Aan die een kant sê
          Ron N Morris in sy boek Forensic Handwriting Identification dat handskrif
          “eintlik 'n breinfunksie is en die hand, voet of mond bloot net ’n instrument is
          om opdragte uit te voer wat van die brein kom”.

15        In ’n ander boek op my rak, Handwriting Identification: Facts and
          Fundamentals (Roy A Huber en AM Headrick), word handskrif as “’n
          aangeleerde vaardigheid, ’n komplekse perseptuele motoriese taak” beskryf.
          Dit word bestempel as een van die gevorderdste prestasies van die
          mensdom.

16        Maak dus skerp julle potlode, sê juffrou Engelbrecht. En ek stem.
                                              [Aangepas uit Beeld, 23 Junie 2003; 25 Julie 2011]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         5                           DBE/November 2012
                                             NSS

1.1       Watter voorwaarde het Juffrou Engelbrecht gehad vir haar leerders voordat
          hulle in hul skoonskrifskrifte moes skryf?                                              (1)

1.2       Waaruit kan jy in paragraaf 1 aflei dat die skrywer in die eerste helfte van die
          vorige eeu op skool was en watter belangrike beginsels oor die handskrif van
          ’n opgevoede mens het hulle in daardie jare geleer?                                     (2)

1.3       Wat is die hoofgedagte van paragraaf 2?                                                 (1)

1.4       Noem TWEE redes waarom die skrywer Amerikaanse handskrif bewonder.                      (2)

1.5       Bespreek na aanleiding van paragraaf 3 of die aanleer                        van
          rekenaarvaardighede belangriker is as die aanleer van langskryf.                        (2)

1.6       Lees paragraaf 4 weer.

          Watter ingesteldheid teenoor die aanleer van rekenaarvaardighede word deur
          die woorde Verbeel jou! oorgedra?                                                       (1)

1.7       Die skrywer gebruik die woord slakkepos. Wat is dit volgens haar?                       (1)

1.8       Watter woord in paragraaf 5 kontrasteer met die inhoud van paragraaf 6?                 (1)

1.9       Wat is die inhoud van handgeskrewe briewe volgens die skrywer?                          (1)

1.10      Facebook en Twitter bevat onbenullige kommunikasies (paragraaf 8).

          Is die stelling hierbo ’n feit of ’n mening? Motiveer jou antwoord deur ’n frase
          uit paragraaf 8 aan te haal.                                                            (2)

1.11      Wat bedoel die skrywer wanneer sy sê dat John se briewe in ’n mettertyd
          geliefde handskrif (paragraaf 9) geskryf is?                                            (1)

1.12      Hoe het John sy briewe visueel interessant gemaak?                                      (1)

1.13      Wat beteken dit as tante Bertje heen (paragraaf 9) is?                                  (1)

1.14      Wat suggereer die woorde Twak in, twak uit ... ten opsigte van handskrif?
          Gee jou mening oor die effektiwiteit van hierdie woordkeuse?                            (3)

1.15      Hoekom is mnr. Landman optimisties oor die gebruik van handskrif?                       (1)

1.16      Bewys uit die teks dat die vermoë om te skryf al baie jare lank bestaan.                (1)

1.17      Handskrif is ’n belangrike sleutel waarmee die mens sy denke uitdruk.

          Bespreek of hierdie stelling binne teksverband geloofwaardig is of nie.
          Motiveer jou keuse met DRIE bewyse.                                                     (3)

1.18      Hoe sluit die slotparagraaf by die inhoud van die teks aan?                             (1)

                                                EN
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        6                              DBE/November 2012
                                            NSS

TEKS 2

          Zitts
          RAAMPIE 1         RAAMPIE 2        RAAMPIE 3           RAAMPIE 4

                                         [Aangepas uit http://www.blackbagsupport.com]

1.19      Watter afleiding maak jy oor die skrif wat in raampie 1 en 2 gebruik word?                (1)

1.20      Dink jy die kunstenaar se voorstelling van die pa se houding teenoor
          rekenaars in raampie 4 is funksioneel? Motiveer jou antwoord.                             (1)

1.21      Haal ’n frase uit paragraaf 9–10 van TEKS 1 aan wat by TEKS 2 aansluit.
          Motiveer jou keuse.                                                                       (2)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                 30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        7                             DBE/November 2012
                                            NSS

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

•   Lees die teks hieronder en maak ’n opsomming van SEWE interessante feite oor
    die geskiedenis van Coca-Cola tot 1971.
•   Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) puntsgewys of in
    paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
•   Dit is nie nodig om vir die opsomming ’n titel te gee nie.
•   Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

                        Coca-Cola gewild van die intrapslag

Daar is kenners wat meen die woord Coca-Cola is naas oukei die bekendste woord ter
wêreld. Of dit so is, weet niemand nie, maar een ding is seker: Coca-Cola het op ’n
vreedsame manier die aardbol gekoloniseer. Hierdie bekende handelsnaam is seker
van die suksesvolste handelsname ter wêreld. Jy sal dit in die hartjie van ’n township
of in die deftigste restaurant kan koop.

Dr. John Pemberton, ’n apteker van Atlanta, het dit in Mei 1886 ontwikkel. Hierdie
konkoksie van 'n hele klomp bestanddele het hy in ’n driebeen-koperketel in sy tuin
gebrou. Dit was sy boekhouer, Frank Robinson, wat die bekende logo, wat tot vandag
toe nog dieselfde is, ook in daardie jaar ontwerp het.

Die sukses van Coca-Cola lê in die feit dat hulle hul mark ken en weet hoe om hulle
produk te adverteer – ’n kuns wat hulle by die slim sakeman en apteker, Asa Candler,
geleer het. Hy het die potensiaal van hierdie koeldrank raakgesien en die Coca-Cola-
formule in 1887 vir $2 300 by Pemberton gekoop. Aanvanklik is hierdie koeldrank net
in ’n koeldrankmasjien in ’n apteek in Atlanta verkoop. Danksy baie slim advertensies,
bemarking en verspreiding van die drankie was die drankie gou orals in Amerika en
Kanada gewild. Teen die 1900’s het die bemarkers die stroop aan onafhanklike
gelisensieerde maatskappye verkoop.

Mense het orals in winkels rondom toonbanke Coca-Cola uit glase met baie ys
gestaan en drink. Die bemarkers het besef dat hulle iets moet doen om die koeldrank
nog meer toeganklik en wegneembaar te maak. ’n Kompetisie, wat deur Earl R Dean
gewen is, is in 1916 van stapel gestuur vir die ontwerp van die ikoniese botteltjie wat
dadelik deur mense, selfs in die donker, herken sou word.

Coca-Cola is die mees geadverteerde produk ter wêreld en die maatskappy, met sy
33 000 werknemers, is die grootste vervaardiger van koeldrank. Hulle gebruik graag
musiek in hulle advertensies en so het die liedjie I’d Like to Teach the World to Sing in
1971 ’n wêreldwye treffer geword.

Die oorspronklike resep van Coca-Cola word volgens gerugte in ’n brandkluis in
Atlanta bewaar.
                                                     [Aangepas uit my tyd, 13 Februarie 2011]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                 10

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        8                                 DBE/November 2012
                                            NSS

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3

Lees die tekste hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae.

TEKS 1: KOERANTARTIKEL

                   Beter prestasie as tiener later slaap
1       Tieners in Suid-Afrika se skooldag behoort later te begin sodat hulle wakkerder
        kan wees en hulle konsentrasievermoee beter kan wees.

2       Dit is die mening van dr. Alison Bentley, erenavorser by Wits en
        oudonderwyser. Hy het hierdie mening uitgespreek in reaksie op die nuutste
        navorsing in die VSA oor die voordele wat ’n skooldag wat later begin, inhou.
        ’n Klein, onafhanklike skool in Rhode Island het vir navorsing die skooldag
        twee maande lank ’n skrale halfuur later begin.

3       Periodes, saalbyeenkomste en buitemuurse aktiwiteite is met 5 tot 10 minute
        verkort, sodat die skooldag nie later geëindig het nie.

4       In dié tyd het navorsers bevind dat dié 201 gr. 9- tot 12-leerlinge wat aan die
        opname deelgeneem het, meer gemotiveerd en minder vaak en depressief
        was.

5       Bentley beweer dat wanneer kinders hulle tienerjare bereik, hul liggaamsritme
        verander; gevolglik daal hul liggaamstemperatuur nie meer teen 21:00 nie,
        maar eers drie uur later.

6       “Dit is ’n biologiese verandering en nie een van gewoonte of houding nie,” sê
        Bentley.

7       Dit beteken tieners word eers baie later vaak en kan soms so laat as 01:00
        eers aan die slaap raak.

8       “Om hulle om 06:00 wakker te maak, beteken hulle het nog nie genoeg slaap
        gehad nie, maar ook dat hulle voel soos iemand wat 04:00 wakker gemaak is.

9       Tieners is dus die eerste uur en ’n half van die skooldag nie op hul beste nie.
        Ironies genoeg is dit juis wanneer baie skole se roosters voorsiening maak vir
        vakke soos Wiskunde omdat hulle dink tieners is dan op hul skerpste.

                                                            [Aangepas uit Rapport, 18 Julie 2010]

3.1     Identifiseer die woord wat in paragraaf 1 verkeerd gespel is en skryf dié woord
        korrek oor.                                                                                    (1)

3.2     Skryf die afkorting dr. in paragraaf 2 in woorde.                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                            9                        DBE/November 2012
                                                NSS

3.3       Gebruik die volgende uittreksel uit die HAT (2011) om die vraag te
          beantwoord:

          skraal b.nw. en bw. 1 Maer, dun: So ’n skraal kêreltjie. Rietskraal. Sy gesig
          is skraal sonder om benerig te wees, sy neus geboë sonder dat ’n mens dit
          krom kan noem (François Bloemhof). 2 (w.g.) Met min vet; maer: Skraal kos,
          dieet. 3 Nie oorvloedig nie; karig: Ons leef maar skraal. 4 Onvrugbaar, dor:
          Die grond is skraal. 5 Armsalig: ’n Skrale troos. 6 Min, weinig in getal: ’n
          Skrale opkoms by bidure. ’n Skrale meerderheid in die verkiesing behaal.
          7 (van die weer) Koud en droog, guur: ’n Skraal luggie waai van die see se
          kant af. Sy oë traan van die skraal windjie (Boerneef). skraal: -heid, -te.
          skra′lerig.
                                                                  [Uit: HAT, 2011, bl. 1 026]

          3.3.1         Watter betekenismoontlikheid van skraal is van toepassing in
                        paragraaf 2?                                                              (1)

          3.3.2         My inkomste is min en karig.

                        Hoekom is die frase min en karig NIE ’n voorbeeld van
                        kontaminasie NIE?                                                         (1)

3.4       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (3.4) in jou ANTWOORDEBOEK neer.

          Die betekenisfunksie van ver- in die woord verkort (paragraaf 3) is …

          A       korter.
          B       maak.
          C       nie.
          D       weer.                                                                           (1)

3.5       Gebruik die vergrotende trap van vaak (paragraaf 4) in ’n sin sodat die
          betekenis duidelik blyk.                                                                (1)

3.6       Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies:

          Dit is ’n klein (verandering) en nie een van gewoonte of houding nie.                   (1)

3.7       Gee ’n antoniem vir tieners in paragraaf 7.                                             (1)

3.8       Gebruik jou kennis van spelreëls om die tyd in paragraaf 7 te skryf sonder om
          syfers te gebruik.                                                                      (1)

3.9       Gee ’n sin van jou eie waarin jy die homofoon van dink (paragraaf 9) gebruik
          sodat die betekenis daarvan duidelik blyk.                                              (1)

                                                   EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        10                            DBE/November 2012
                                            NSS

TEKS 2: ADVERTENSIE

1

2

3                                              In 2010
                                               ● was Suid-Afrika gasheer van die
                                                 wêreld se grootste sokkergeleentheid.
                                               ● het Europa se topsokkerspan in
                                                       Potchefstroom tuisgegaan.
                                               ● het hulle by die splinternuwe
                                                 Potchefstroom-lughawe geland …
                                               • het hulle as kampioene vertrek!

4                                              In 2010
                                               ● is Potchefstroom aangewys as die
                                                 beste stad in die Noordwes-provinsie.

5      Kom kyk nou hoe ons tot die beste stad in Suid-Afrika uitstyg:

6      * Beste sportgeriewe
       * Beste omgewing, skoon drinkwater
       * Groeiende ekonomie, aantreklike beleggingsgeleenthede en ’n belowende
         toerismemark.

7      Potchefstroom, waarheen mense met drome en verwagtinge
       kom en waar hulle as kampioene en oorwinnaars die stad
       verlaat!
                                                  [Aangepas uit Beeld-bylaag, 10 Augustus 2010]

3.10      Watter konnotasie word aan Ons is in die wolke geheg?                                   (1)

3.11      Skryf in die toevoegende wyse:

          Kom kyk nou hoe ons tot die beste stad in Suid-Afrika uitstyg.                          (1)

3.12      Dink jy die volgende sin in die advertensie is ’n regverdige uitlating teenoor
          ander stede in Suid-Afrika? Motiveer jou antwoord.

          Potchefstroom, waarheen mense met drome en verwagtinge kom en waar
          hulle as kampioene en oorwinnaars die stad verlaat!                                     (1)

3.13      Watter implisiete boodskap dra die advertensie rakende Potchefstroom oor?               (1)

3.14      Hoe skakel die vliegtuig by die advertensie in?                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        11                           DBE/November 2012
                                            NSS

3.15      Vorm ’n veelvoudige sin deur die twee onderstreepte gedeeltes in paragraaf 3
          saam te voeg.                                                                          (1)

3.16      Haal ’n woord uit paragraaf 6 aan wat ’n toeris sal oorreed om Potchefstroom
          te besoek.                                                                             (1)

3.17      Brei die volgende sin deur middel van ’n bywoordelike bepaling uit:

          Europa se topspan gaan in Potchefstroom tuis.                                          (1)

3.18      Skryf ’n onvoltooide deelwoord uit paragraaf 6 neer.                                   (1)

3.19      Skryf die onderwerp van die volgende sin neer:

          In 2010 was Suid-Afrika         gasheer    van   die   wêreld     se   grootste
          sokkergeleentheid.                                                                     (1)

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                                        12                                    DBE/November 2012
                                                            NSS

TEKS 3: STROKIESPRENT

RAAMPIE 1                                                    RAAMPIE 2
Wie was dit wat nou net         Ag, sommer ’n meisie         Sý vra vir jou!? As ma wil ek        Nonsens! Ons was nog
vir jou gebel het, Pieter?     wat ek ken. Sy wil hê ek      darem net sê jy’s nog net 17 en      nie 18 toe ons al ogies
                                                                                                  vir mekaar gemaak het
                                moet haar uitneem.           daar’s nog baie tyd vir sulke            nie!
                                                                 dinge!

RAAMPIE 3                      RAAMPIE 4                     RAAMPIE 5                         RAAMPIE 6
                               Ag, jy’s skoon simpel! Jy                                       Huh! Nou maak jy asof dit ek
 Daar ondermyn jy al weer                                                                      was wat agter jou aan-
                               laat dan nie eens toe dat      Wel, mý ma het my nooit
 alles wat ek sê! Moet ons                                                                     gehardloop het! Jy was mal
                               hul maatjies hier kom          laat uitslaap nie … of
 hulle maar laat maak net                                                                      agter my aan! Jou ma is mos
                               slaap nie! Wat’s nogal         agter seuns laat
 soos hulle lus het?                                                                           so uit die oude doos!
                               verkeerd daarmee?              aanhardloop nie!

RAAMPIE 7                      RAAMPIE 8                     RAAMPIE 9                         RAAMPIE 10
My ma meng ten minste          Nee! Maar daai vet tante       Maar jy gee nie om as sy          Huh! Asof ek ’n dankie kry
nie in ons huwelik in          van jou steek gedurig haar     die kinders met geld en           na ek die hele naweek aan
soos joune nie!                lang neus in ons sake! En      presente oorlaai nie. En jy’t     jou broer Robert se kar
                               my ma kom teer nie             haar nie eens ’n Kerskaart        gewerk het!
                               maande lank op ons soos        gestuur nie!
                               sý nie!

RAAMPIE 11                     RAAMPIE 12                    RAAMPIE 13
 Kyk, hoekom vat jy nie nou    Ek sal ook! En jy kan                                      Hallo, Ansie, ek’s jammer,
 maar die ou paar              maar daardie elektriese                                    maar ek mag jou nie uitneem
 presentjies terug wat jy my   heiningknipper terugvat!                                   nie ... My ouers sê ek’s nog
 so langtand vir Kersfees                                         Ek het                  te onvolwasse.
 gegee het nie?                                                   lus
                                                                  en skei
                                                                  jou!

                                                                            Piekfyn!

                                             [Aangepas uit Ben, Babsie en Familie, Human en Rousseau, 1982]

Kopiereg voorbehou                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        13                          DBE/November 2012
                                            NSS

3.20      Skryf die onderstreepte sin in raampie 1 in die direkte rede. Begin die sin met
          Sy vra: ...                                                                        (1)

3.21      Wat bedoel die pa in raampie 2 as hy sê hulle het al vir mekaar ogies
          gemaak?                                                                            (1)

3.22      Herskryf die onderstaande sin as ’n bevelsin:

          Moet ons hulle maar laat maak net soos hulle lus het?                              (1)

3.23      Watter woordsoort is skoon in raampie 4?                                           (1)

3.24      Motiveer of dit regverdig is dat Pieter in raampie 13 na homself as
          onvolwasse verwys.                                                                 (1)

3.25      Skryf die sin in raampie 7 in die passief/lydende vorm.                            (1)

3.26      Waarom is die uitroeptekengebruik in die strokiesprent geslaagd?                   (1)

3.27      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
          (3.27) in jou ANTWOORDEBOEK neer.

          Langtand (raampie 11) beteken …

          A     vreugdevol.
          B     gewillig.
          C     lustig.
          D     teësinnig.                                                                   (1)

3.28      Gebruik die hulpwerkwoord kan in raampie 12 as ’n selfstandige naamwoord
          in ’n sin sodat die betekenis duidelik blyk.                                       (1)

3.29      Hoe ondersteun Pieter se lyftaal sy woorde in raampie 13?                          (1)

                                                                TOTAAL AFDELING C:           30
                                                                    GROOTTOTAAL:             70

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2022/7d3a1fac-f27c-4882-a682-cfe752eb8aeb) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2021/7bdd34ac-0ea8-45ae-9033-ffd66428cf13) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2020/1c2a3f09-82b0-4c05-9c11-abab034e3b99) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2016/59a8c6fd-f198-43a4-87af-9f576b583cc4) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2014/b6d6ed0b-b38a-43d1-aaa9-19251fedb07c) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2012-memo/6606e9e2-7766-4f59-94d8-04406fa43937) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
