# Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2015 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2015, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2015/aad68d36-2ba0-4cbf-a76d-738b5ff25d41
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2015/aad68d36-2ba0-4cbf-a76d-738b5ff25d41)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                            AFRIKAANS HUISTAAL V1

                                 NOVEMBER 2015

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           2                    DBE/November 2015
                                               NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE AFDELINGS:

          AFDELING A: Leesbegrip                       (30)
          AFDELING B: Opsomming                        (10)
          AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies     (30)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

4.        Trek ’n streep ná elke afdeling.

5.        Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat ’n reël oop na elke antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Skryf netjies en leesbaar.

9.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 50 minute
          AFDELING B: 30 minute
          AFDELING C: 40 minute

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                       3                          DBE/November 2015
                                           NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

TEKS A: ARTIKEL

                            DIE LEES VAN LUGKASTELE
              Donnay Torr delf dieper in die nuutjie van sogenaamde JVL of
                Jongvolwasseneliteratuur, wat die wêreld aan’t gons het.

1       Dit gebeur gereeld: my ander helfte wat kreun wanneer hy my met die nuutste
        jongvolwasseneboek vang: “Nie nóg een nie! Lees ’n bietjie ’n saketydskrif! Of
        so iets.”

2       Ek kan dit nie verhelp nie. Die lees van JVL is soos om ’n ander soort
        lugkasteel te bou. Dit is dagdrome oor dinge en mense wat kon gewees het,
        wat was en wat is.

3       My verslawing is nie uniek nie – tussen 2002 en 2012 het die verkope van JVL
        met meer as 120% gegroei. Luidens ’n 2014-Nielsenverslag is meer as
        715 miljoen kinder- en jongvolwasseneboeke in 2013 verkoop. Die JVL-kopers
        dra interessante baadjies: 22% is tussen 13 en 17 jaar oud, terwyl 77% ouer as
        18 is. En 35%, die grootste marksegment, is mense tussen die ouderdom van
        18 en 29 jaar.

4       Volgens Simone Hough, kinder-en-jeugboek-uitgewer by Human & Rousseau,
        is daar ’n wêreldwye tendens van groei in verkope van JVL. “Dit is iets wat oor
        die afgelope jare aangevuur is deur gewilde tienerreekse soos Harry Potter,
        The Hunger Games, Divergent en diesulkes. Alhoewel dit eintlik jeugboeke is,
        word hulle ook deur volwassenes gelees, wat verkope natuurlik sterk
        beïnvloed.”

5       JVL is nie noodwendig ’n genre opsigself nie, maar eerder ’n kategorie waarby
        jonger lesers aanklank moet vind. Dit moet kategorieë van magiese realisme,
        fantasie en realisme insluit. Die intrige moet ’n aktuele tema aanspreek sonder
        om noodwendig bladsye en bladsye lank te wees. Die skryfstyl is oppervlakkig
        of diepsinnig.

6       Jaco Jacobs, skrywer en senior uitgewer: kinder- en jeugboeke by LAPA
        Uitgewers, meen die interpretasie van wat met JVL bedoel word, kan probleme
        gee. “Grense tussen genres is nie naastenby so duidelik soos wat literatore en
        uitgewers ons wil laat glo nie. Ek verkies, dáárom, om na boeke vir lesers
        tussen ongeveer 12 en 16 as tienerliteratuur te verwys, en na boeke vir lesers
        van 16 tot 18 jaar as JVL.”

7       Waarom is JVL, gemik op so ’n relatief jong demografie, dan so gewild onder
        veral volwassenes?

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           4                          DBE/November 2015
                                               NSS

8       “JVL word op só ’n manier geskryf dat dit vol intrige is, baie genotvol, en
        dikwels verrassend, sonder om uitputtend of uit die hoogte te wees. Dit is ’n
        wêreld of wêrelde waarheen ’n mens kan ontsnap wanneer die druk en stres
        van die volwasse lewe ’n bietjie opsy geskuif moet word,” sê Nico Bruinette, ’n
        kwalitatiewe analis. Reklamekoördineerder, Alé Smith, is oortuig dat JVL-
        skrywers nog stóries vertel. Die slimmes het vergeet om stories te vertel.

9       Jaco kan aan twee redes vir dié gewildheid dink: “Eerstens, die feit dat daar die
        afgelope dekade regtig sterk, vernuwende boeke wat baie media-aandag gekry
        het, in hierdie genre verskyn het en tweedens die sterk fokus wat daar
        wêreldwyd op jongmense en jongmenskultuur is.”

10      Volgens Tarryn Talbot-Da Costa, reklamekoördineerder by Pan Macmillan, is
        JVL met metafore vir “regte wêreld”-probleme gevul. “Dalk dien dit as ’n
        literatuurkaart om jongmense deur hulle grootwordjare en volwasse lewe te
        help lei. Dikwels gee dit oplossings vir problematiese kwessies wat deur die
        samelewing verswyg word; dit skep ook scenario’s wat jou leer hoe om netelige
        emosies te hanteer. Die storielyn dwing dikwels die lesers om onbekende
        terreine te verken, emosioneel betrokke te raak en ideologieë te bevraagteken:
        te dínk oor wat ’n boek die moeite werd maak om te lees. Meer en meer titels
        het nie meer gelukkige eindes nie, maar eindig met ’n boodskap van hoop en
        dinge om voor te veg.”

11      Die suksesvolste JVL wentel om universele temas: liefde, om te behoort,
        anders wees/nie inpas nie, die hantering van hartseer, woede en pyn. Dis
        dinge wat ons almal raak, verpak in ’n meesleurende storielyn en karakters vir
        wie ons kan omgee. Die skrywer moet die wêreld deur die oë van die jong
        volwassene kan sien en seker maak die verhoudings tussen karakters is net so
        ’n groot deel van die spanningslyn as die opeenvolging van gebeure. Dit
        verseker goeie JVL.

12      Is daar enige temas wat taboe is vir JVL, veral in Afrikaanse JVL? Jaco dink
        nie so nie. “Afrikaans is veel minder behoudend as wat mense dink – seks,
        dwelms en geweld is alles temas wat al in Afrikaans oopgeskryf is. Ek hou nie
        baie van die fokus wat daar op ‘taboes’ in die jongmensliteratuur geplaas word
        nie – dit is asof mense hierdie taboes as maatstaf van die vernuwing of gehalte
        van ’n boek gebruik. Dit skep die gevaar dat skrywers voel hulle moet iets
        omstrede skryf om in hierdie genre raakgesien te word. Dit is nié die geval nie.”

13      Een ding is seker: die gewildheid van JVL het ’n positiewe uitwerking op die
        kweek van ’n leeskultuur. JVL word die brug tussen tienerboeke en volwasse
        literatuur. JVL verseker dus dat jong lesers ’n lewenslange liefde vir lees
        ontwikkel.
                                                      [Aangepas uit TAALGENOOT, Somer 2015]

1.1       Herlees die subopskrif van die teks.

          1.1.1         Waarna verwys die nuutjie?                                                 (1)

          1.1.2         Watter konnotasie word aan die onderstreepte frase geheg?                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         5                            DBE/November 2015
                                             NSS

1.2       Watter emosie dink jy ervaar die skryfster se eggenoot in paragraaf 1?                  (1)

1.3       In paragraaf 2 gebruik die skryfster die beeld van ’n lugkasteel. Gee TWEE
          betekenisse wat sy aan die beeld heg.                                                   (2)

1.4       Hoekom gebruik die skryfster die statistiek in paragraaf 3?                             (2)

1.5       Simone Hough se uitsprake in paragraaf 4                 is   gesaghebbend en
          geloofwaardig. Motiveer hierdie stelling uit die teks.                                  (2)

1.6       Watter vereistes word volgens paragraaf 5 gebruik om ’n boek as JVL
          te klassifiseer?                                                                        (4)

1.7       Waarom veroorsaak die omskrywing van JVL volgens Jaco Jacobs, in
          paragraaf 6, probleme? Watter oplossing gebruik hy om dié verwarring
          te oorkom?                                                                              (3)

1.8       Watter geïmpliseerde boodskap dra Nico Bruinette in paragraaf 8 oor?                    (1)

1.9       Waarom, dink jy, is daar deesdae in boeke en rolprente so ’n sterk fokus op
          jongmense en hul kultuur?                                                               (1)

1.10      Herlees paragraaf 10.

          Stem jy saam met die siening dat JVL as 'n literatuurkaart gesien word wat
          jongmense deur hul grootwordproses help lei? Gee redes vir jou antwoord na
          aanleiding van paragraaf 10.                                                            (2)

1.11      Lewer krities kommentaar op die aktualiteit van enige DRIE van die temas
          wat in paragraaf 11 ten opsigte van JVL genoem word.                                    (3)

1.12      Na watter wanpersepsies word in paragraaf 12 verwys?                                    (2)

                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        6                           DBE/November 2015
                                            NSS

TEKS B: VISUELE TEKS

          Los my! Ek is
           op ’n ander
             plek ...

                                                    [Aangepas uit TAALGENOOT, Somer 2015]

1.13      Hoekom is die ellips in die meisie se gedagtes effektief?                              (1)

1.14      Paragraaf 12 van TEKS A verwys na drie temas wat taboe is.

          Gebruik TEKS B en identifiseer DRIE ander sake wat, indien dit oordryf word,
          verkeerd is. Motiveer elke keer.                                                       (3)

1.15      TEKS B ondersteun die laaste sin van TEKS A.

          Motiveer hierdie stelling.                                                             (1)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               30
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        7                             DBE/November 2015
                                            NSS

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

1. Lees die teks hieronder en maak ’n opsomming van SEWE goeie gewoontes om
   ’n effektiewe leefstyl te handhaaf.
2. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm aangebied
   word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ’n titel te gee nie.
4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

                        GOEIE GEWOONTES VIR LEEFSTYLSUKSES
Een van die suksesse in die lewe is om ’n goeie leefstyl te handhaaf.
Om die blou Maandagoggend se frustrasie na ’n prettige naweek saam met vriende te
voorkom en jou te vrywaar van frustrasie oor ’n deurmekaar blyplek en leë koskaste,
kan die volgende leefstylgewoontes deur studente en jongmense aangekweek word:
Ons almal kry gereeld lus vir ongesonde versnaperings. Dieetkundiges se siening is
egter dat weeklikse dieetbeplanning ’n belangrike deel van jou voedselprogram moet
uitmaak. Daarom behoort jy jou weeklikse kosaankope behoorlik te beplan, anders
maak jy (verkeerdelik) op ongesonde versnaperings staat.
Het jy al vergeet van belangrike afsprake en verpligtinge? Stel onthoulysies op van
daaglikse aktiwiteite wat jou aandag verdien. Wat ’n eenvoudige, dog doeltreffende
wenresep!
Leefstylraadgewers voorsien lang lyste van moets en moenies wanneer dit by goeie
gewoontes vir ’n effektiewer leefstyl kom. Een daarvan is: doen gereeld oefeninge wat
by jou fisiese vermoëns pas. Sien jy kans daarvoor? Dan sal jy beslis effektiewer leef!
Die beantwoording van e-posse, SMS’e en telefoonoproepe bly tydrowende aktiwiteite.
Kweek ’n bepaalde roetine aan, waartydens jy elke dag op ’n vaste tyd hieraan aandag
gee. Is dit nie die klein jakkalsies wat die wingerd verniel nie? ’n Spesifieke tyd per dag
daarvoor sal wondere verrig.
’n Deurmekaar woonstel of kamer is dikwels ’n bron van irritasie. Ruk dus, na kuiertjies,
jou nessie onmiddellik reg deur op te ruim, want niemand wil in ’n vuil en omgekrapte
omgewing bly nie. Verder maak allerhande goed wat jy nie gebruik nie, jou kaste en
boekrakke oorvol. Raak dáárom ontslae van die items wat jy nooit meer gebruik nie
deur minstens twee keer per jaar ’n regpak-, liasseer- en weggooisessie te hou.
Kry ’n spesifieke bêreplek in die woonstel/kamer vir al daardie dingetjies
(skryfbehoeftes, sleutels, toiletware, sporttoerusting en skoonmaakgoed, asook
vreemde items vir werkstukke, koshuiskompetisies en informele funksies soos lint, tou,
maskers en vere) wat onnodig rondlê.
Goeie gewoontes vir ’n effektiewe leefstyl is in die moderne, gejaagde lewe onontbeerlik
indien jy suksesvol, effektief en verantwoordelik wil leef en werk.
Party dinge is tweede natuur, maar bogenoemde goeie gewoontes kan enige jongmens
aanleer sonder uitgawes of veel moeite.
                                                       [Aangepas uit Leefstyl, 15 Januarie 2014]

                                                                   TOTAAL AFDELING B:               10
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                      8                             DBE/November 2015
                                          NSS

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

  1                           Met ’n bietjie hulp kan ’n
  2                     (ryk aan glorie) toekoms meer as net
  3                                ’n droom word.

  4     Sedert 2010 help ons om duisende jong atlete se dagdrome te verwesenlik
  5     deur ons borgskap van verskillende sportgeleenthede: FNB-Beroemde
  6     Botsings, FNB-Universiteitstrofee en FNB-Sokker Eerste.
  7     Sommige van hulle het dit selfs tot in hul provinsiale spanne gemaak.
  8                       Só help ons om drome gestalte te gee ...
  9                                   Vra jouself nou af, hoe kan ons jou vandag help?
  10                                                             FNB
  11                                                  Hoe kan ons jóú help?
  12    Woon die indaba van First National Bank, ’n afdeling van FirstRand Bank
  13    Beperk – ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste en krediet – op
  14    14 Julie om 08:30 by Gallagher Landgoed by!
                                                      [Aangepas uit Huisgenoot, 2 Mei 2013]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        9                            DBE/November 2015
                                            NSS

3.1       Van watter basisvorm/stam is die onderstreepte woord in reël 1 afgelei?                (1)

3.2       Vorm deur middel van afleiding ’n attributiewe byvoeglike naamwoord van die
          frase tussen hakies (reël 2).                                                          (1)

3.3       Vervang die onderstreepte woord in reël 3 met ’n gepaste antoniem.                     (1)

3.4       FNB verwesenlik jong atlete se drome volgens reël 4.

          Hoekom is dié stelling ’n feit?                                                        (1)

3.5       Brei die sin in reël 7 uit deur ’n bywoordelike bysin te gebruik. Skryf die hele
          sin oor.                                                                               (1)

3.6       Watter klankverskynsel kom voor as vandag in reël 9 as vindag uitgespreek
          word?                                                                                  (1)

3.7       Die aksenttekens op die onderstreepte woord in reël 11 kan, onder andere,
          ’n uitheffings-/beklemtoningsfunksie vervul. Gee ’n ander rede waarom die
          aksenttekens hier effektief gebruik is.                                                (1)

3.8       Watter woord wat in reël 12 gebruik word, word aan Afrika-tale ontleen?                (1)

3.9       Verander die onderstreepte byvoeglike naamwoord in reël 13 na ’n bywoord
          en gebruik dit in jou eie sin.                                                         (1)

3.10      Wie is die teikenmark van hierdie advertensie?                                         (1)
                                                                                                 [10]

                                                EN

VRAAG 4: VISUELE TEKSTE

Lees die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         Raampie 1                      Raampie 2                     Raampie 3

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                       10                           DBE/November 2015
                                           NSS

        Raampie 4                    Raampie 5                        Raampie 6

       Raampie 7                    Raampie 8                         Raampie 9

       Raampie 10                   Raampie 11                        Raampie 12

                                                                           Tipiese
                                                                           ‘Waterdraer’.

                                             [Aangepas uit Kekkel en Kloek, Wim Bosman 1996]

4.1     Benoem die onderstreepte woord in raampie 1 volledig.                                    (1)

4.2     Vorm ’n samestellende afleiding met behulp van opstel + skryf (raampie 1).               (1)

4.3     Wat suggereer die woorde van die donker hen in raampie 2?                                (1)

4.4     In raampie 3 verwys die spreker na 'n duisend jaar. Gee EEN woord vir ’n
        tydperk van 'n duisend jaar.                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         11                          DBE/November 2015
                                             NSS

4.5     Voltooi die idioom in raampie 4 deur die ontbrekende woorde neer te skryf.                 (1)

4.6     Wat is die funksie van die beletseltekens in raampie 5?                                    (1)

4.7     Skryf die wit hen se woorde in raampie 8 in die indirekte rede oor.                        (1)

4.8     Verduidelik hoe die laaste woord in raampie 9 se betekenis verander indien dit
        as twee woorde geskryf word.                                                               (1)

4.9     Skryf ’n verduidelikende sin waarin jy die onderstreepte woord in raampie 10 in
        ’n ander betekenisverband gebruik.                                                         (1)

4.10    Verklaar die ironie in raampie 12.                                                         (1)
                                                                                                   [10]

VRAAG 5: ARTIKEL

Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  “EK        JOU SONBRIL!”

1       Seep, lyfroom, badsout! My vriende weet hulle (5.1) moenie onverwags vir my
        by Spar “sepies en twakkies” koop vandag nie. Dit sê vir my jy dink ek het ’n
        (5.3) stort nodig.

2       Serpe! Wat ’n (5.4) verrassing, nè? (5.5) Vat dit van my af: Die keuse van ’n
        serp is nogal persoonlik. Laat ons dit self vir ons koop.

3       ’n Boek! Beslis, maar kyk dan mooi wat voor in jou boek staan. (5.6) Ek het ’n
        boek ontvang – en opgewonde daardeur geblaai … Op die eerste bladsy lees
        ek: “Eiendom van ABC” (waar my vriend werk).

4       Wat koop jy dan? Iets wat iemand laat glimlag! ’n Bottel wyn. ’n Geskenkbewys
        vir ’n massering. ’n Boek (kyk voorin, reg?) Vroue hou van mooi geskenke
        soos juwele, ornamente of selfs ’n (5.7) KKNK-kaartjiepakket!

5       Moederlief sê altyd: Die geheim van ’n geskenk lê in die tyd wat jy daaraan
        (5.8) spandeer het.

6       Soos wat gebeur het met my vriendin, Vans. Ek het een jaar net nie by ’n
        winkel uitgekom nie en (5.9) Moeks gevra om vir Vans ’n geskenk te gaan
        koop.

7       Maande later lê ek en Vans op die strand: “Ek hou van jou sonbril. Dis werklik
        (5.10) (opmerksaam/opmerklik). Waar het jy dit gekoop?”

8       Moeks was reg.
                                                     [Aangepas uit My Tyd, 8 Desember 2013]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        12                          DBE/November 2015
                                            NSS

5.1     Gee die korrekte woordorde van die onderstreepte sin in paragraaf 1.                 (1)

5.2     Watter gesindheid dra die gebruik van die verkleinwoorde “sepies en twakkies”
        in paragraaf 1 oor?                                                                  (1)

5.3     Gebruik die homoniem van die onderstreepte enkele woord in paragraaf 1 in ’n
        verklarende sin.                                                                     (1)

5.4     Die weglating van een r in die gekursiveerde woord in paragraaf 2 verander die
        betekenis van die woord.

        Gebruik dié woord in ’n verklarende sin om bogenoemde stelling te bewys.             (1)

5.5     Verbeter die anglisisme in die onderstreepte sin van paragraaf 2 deur dit in
        korrekte Afrikaans te skryf.                                                         (1)

5.6     Skryf die onderstreepte sin in paragraaf 3 in die gebiedende wyse oor.               (1)

5.7     Skryf die onderstreepte akroniem in paragraaf 4 volledig uit.                        (1)

5.8     Vervang die onderstreepte werkwoord in paragraaf 5 met ’n meer gepaste
        woord.                                                                               (1)

5.9     Skryf die onderstreepte sinsdeel in paragraaf 6 in die direkte rede oor.             (1)

5.10    Skryf die korrekte paroniem in paragraaf 7 neer.                                     (1)
                                                                                             [10]

                                                                TOTAAL AFDELING C:           30
                                                                    GROOTTOTAAL:             70

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 Nov 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2015/cdab90d4-3d84-4b91-af49-f2c24059a99e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P1 June July 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-june-july-2015/37fb3790-ac90-40b8-8e30-19a5b23e458e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2022/7d3a1fac-f27c-4882-a682-cfe752eb8aeb) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2021/7bdd34ac-0ea8-45ae-9033-ffd66428cf13) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2020/1c2a3f09-82b0-4c05-9c11-abab034e3b99) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2016/59a8c6fd-f198-43a4-87af-9f576b583cc4) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
