# Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2017, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2017/27a9ec2a-c935-43e9-8bab-be0e55e995d4
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2017/27a9ec2a-c935-43e9-8bab-be0e55e995d4)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P1 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2017-memo/fa7f0ff6-59a4-4b73-a84a-aedb0efb3663) — Memo · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            AFRIKAANS HUISTAAL V1

                                 NOVEMBER 2017

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         2                    DBE/November 2017
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

        AFDELING A: Leesbegrip                         (30)
        AFDELING B: Opsomming                          (10)
        AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies       (30)

2.      Beantwoord AL die vrae.

3.      Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

4.      Trek 'n streep ná elke afdeling.

5.      Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

6.      Laat 'n reël oop na elke antwoord.

7.      Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.      Voorgestelde tydsindeling:

        AFDELING A: 50 minute
        AFDELING B: 30 minute
        AFDELING C: 40 minute

9.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                       3                          DBE/November 2017
                                           NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

TEKS A: ARTIKEL

                        DIE LEWE IS NIE NET ROSE EN ROOMYS NIE

1         In 'n interessante gesprek wat Riana Scheepers verlede jaar op die
          Woordfees met die kosboekskrywer en bekroonde sjef Reuben Riffel gevoer
          het, het sy hom gevra wat die een ding is wat hy elke kind in Suid-Afrika
          toewens.

2         Ek het stilletjies gedink sy antwoord sou " 'n goeie bord kos elke dag" wees, 5
          maar sy antwoord was: deursettingsvermoë (of grit, soos hy dit noem).
          Dié briljante kok, gewilde geleentheidspreker, TV-persoonlikheid, eienaar van
          gesogte restaurante en suksesvolle sakeman weet (anders as Jan Alleman)
          dat talent, passie en kreatiwiteit alleen nie sukses waarborg nie, maar dat
          kinders baie meer van deursettingsvermoë en vasbyt moet weet as hoe om 10
          dit te spel.

3         Janet Yellen, voorsitter van die Federale Reserweraad van Amerika, het 'n
          soortgelyke boodskap aan skoolverlaters in Amerika gegee: Sukses word nie
          deur jou vermoëns bepaal nie. Net deur harde werk, toewyding om
          langtermyndoelwitte te bereik en onwrikbare vasbyt wanneer daar terugslae 15
          is, leer jy dat die lewe nie net rose en roomys is nie.

4         Dus, sowel Riffel as Yellen beklemtoon die waarde van deursettingsvermoë,
          wat saamgevat kan word as, onder andere, moed, taaiheid, veerkragtigheid,
          integriteit en volharding, maar ook selfdissipline.

5         Die sielkundige, Gerard Mischel, het die malvalekker-eksperiment gebruik om 20
          die waarde van selfdissipline by kinders te bewys. Kinders moes vir 'n tweede
          malvalekker wag voordat hulle die eerste een kon eet. Dié wat die
          selfdissipline gehad het om nie dadelik die eerste malvalekker te eet nie, het
          die vreugde van beloning – twee lekkers – ervaar! Statistiek bewys dat
          hierdie kinders, wat oor deursettingsvermoë beskik, beduidend beter op skool 25
          vaar en later meer suksesvol is.

6         Bogenoemde kundiges word ondersteun deur die bevindings van
          prof. Andy Harrods van Unisa: mense het tien jaar van harde werk of
          oefening in enige veld nodig om 'n meester te word, die sogenaamde
          tienjaarreël. Die twee eienskappe wat hy by hoogs suksesvolle mense 30
          geïdentifiseer het, is selfdissipline om toegewyd aan 'n taak te wees – en om
          vas te byt wanneer probleme opduik. Hy definieer die twee eienskappe as
          deursettingsvermoë en beskou dit as 'n beter voorspeller van sukses as IK,
          passie of talent.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        4                           DBE/November 2017
                                            NSS

7          Prof. Carol Beck van die Stanford Universiteit het Harrods se navorsing 35
           verder gevoer. Sy het bevind dat leerders met 'n groeimentaliteit meer
           deursettingsvermoë ontwikkel as dié met 'n wenmentaliteit omdat die
           belangrikste vraag vir hulle is: Watter foute het ek gemaak? Wat het ek
           daaruit geleer? Wat sal ek volgende keer anders doen? Ongelukkig gebeur
           presies die teenoorgestelde in die moderne samelewing. Die moderne 40
           samelewing meet sukses aan: "Het jy vandag gewen?" Dit is om van te huil.

8          Leerders met 'n groeimentaliteit besef dat hul breine telkens sterker word
           wanneer hulle met moeilike opdragte sukkel. Hulle kanse op uiteindelike
           sukses is soveel beter omdat hulle weet dat hulle, volgens Beck, 'n "werk in
           wording" is.                                                                 45

9         Suid-Afrika het, wat deursettingsvermoë betref, geweldige uitdagings.

10        In Suid-Afrika leef 'n groot persentasie hoë-risiko-kinders sonder 'n
          groeimentaliteit. Hulle bevind hulle daagliks in 'n oorlewingstryd vanweë baie
          struikelblokke wat deursettingsvermoë 'n vae droom maak. Die afwesigheid
          van kwaliteitverhoudinge met ondersteunende volwassenes wat kinders leer 50
          om teleurstellings te verwerk, vas te byt en gefokus te bly, lei tot 'n gebrek
          aan deursettingsvermoë.

11        Aan die ander kant van die spektrum toon navorsing deur die sielkundige,
          Dan Kindlon, dat daar kinders met sogenaamde helikopterouers is.
          Helikopterouers hang soos 'n helikopter bo hul kinders en wil nie hê hul 55
          kinders moet sukkel of mislukkings beleef nie. Die sielkundige kom tereg tot
          die gevolgtrekking dat ouers se oorbeskerming van hul kinders die
          ontwikkeling van moed, selfdissipline en vasbyt – deursettingsvermoë –
          verhinder. Die ironie is dat ouers wat hul kinders se lewens te maklik wil
          maak, hulle daardeur benadeel en hulle 'n agterstand gee. Indien kinders van 60
          jongs af in watte toegedraai word, gaan hulle nie die stampe van die lewe
          kan hanteer en ná teleurstellings en krisisse veerkragtig kan terugbons nie.
          Uiteindelik ervaar sulke kinders nié die lewe se rose en roomys nie.

12        Hoe kan ons deursettingsvermoë in kinders ontwikkel?

13        Fokus minder op prestasies en meer op karakter. Ontwikkel 65
          karaktereienskappe wat kinders in staat stel om hul beste werk te lewer:
          selfdissipline, deursettingsvermoë, hardwerkendheid, verantwoordelikheid en
          'n innerlike taaiheid om vas te byt wanneer planne skeefloop en mislukkings
          voorkom. Swaarkry kweek karakter!

14        Wanneer ouers toelaat dat kinders self probeer, mislukkings beleef en wéér 70
          probeer, terwyl die ouers steeds ter ondersteuning op die agtergrond is, leer
          kinders dat deursettingsvermoë die geheim van sukses is. Karakter word
          gebou in die fyn balans tussen ondersteuning en selfstandige besluitneming
          waar kinders nie deur uitdagings oorweldig word nie, maar ook nie teen elke
          teleurstelling beskerm word nie.                                              75

15        Die lewe is nie net rose en roomys nie! Maar meer murg in ons pype maak
          die rose en roomys ook meer!
                                                        [Bron: Die Burger, 5 Augustus 2016]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                      5                            DBE/November 2017
                                          NSS

TEKS B: VISUELE TEKS

  1. Die SA Skaaphondspan het             2. Ons het nie 'n kans gehad nie!
     sonder enige sukses van die             Dáár is die skape drié keer groter
     Wêreldbyeenkoms in Skotland             as hier ... hulle't slagtande soos
     teruggekeer.                            sesduimspykers ... géén
                                             dissipline nie ... en só aggressief!
                                             Ons was totaal vreesbevange! Dit
                                             was die laaste: nóóit weer nie!

                                         3. Hulle kon nie hond haaraf maak nie!
                                                           [Bron: Beeld, 11 September 2015]

VRAE: TEKS A

1.1       Waarom tree Reuben Riffel by die Woordfees op?                                        (1)

1.2       Hoekom het die skrywer juis " 'n goeie bord kos elke dag" as antwoord
          verwag?                                                                               (1)

1.3       Van watter wanopvatting van die publiek oor sukses verskil Reuben Riffel?
          Dink jy Reuben Riffel is 'n geloofwaardige bewys van sukses? Motiveer jou
          antwoord met TWEE redes.                                                              (3)

1.4       Waarom, dink jy, gee Janet Yellen hierdie boodskap aan skoolverlaters?
          In watter opsig sluit "rose en roomys" by Yellen se boodskap aan?                     (2)

1.5       Watter DRIE eienskappe, volgens paragraaf 3, ontbreek by 'n sukkelende
          sakeman/-vrou wat sy/haar onderneming na slegs twee jaar wil verkoop?                 (3)

1.6       In watter opsig hou die malvalekker-eksperiment met die waarde van
          selfdissipline verband?                                                               (1)

1.7       Watter ooreenstemmende siening ten opsigte van deursettingsvermoë huldig
          professor Andy Harrods en Janet Yellen?                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          6                         DBE/November 2017
                                              NSS

1.8       Herlees paragraaf 7.

          Dink jy skole behoort oor 'n groeimentaliteit of 'n wenmentaliteit te beskik?
          Gee TWEE redes vir jou antwoord.                                                       (2)

1.9       Wat bedoel die skrywer met 'n "werk in wording" in paragraaf 8?                        (1)

1.10      Watter VIER faktore beperk die ontwikkeling van deursettingsvermoë by
          kinders?                                                                               (4)

1.11      ''Die ironie is dat ouers wat hul kinders se lewe te maklik wil maak, hulle
          eintlik daardeur benadeel en hulle 'n agterstand gee.'' (Paragraaf 11)

          Is die stelling hierbo 'n feit? Motiveer jou antwoord.                                 (1)

1.12      Wat is die gevolg daarvan as ouers hul kinders ondersteun, maar ook toelaat
          om selfstandig besluite te neem?                                                       (1)

1.13      Wat is die verband tussen die onderstreepte frases in paragraaf 15 binne
          konteks van dié paragraaf? Noem TWEE maniere wat die skrywer gebruik om
          "rose en roomys" in die teks te beklemtoon.                                            (3)

VRAE: TEKS B

1.14      Watter visuele aanduiding gee die teks dat die pratende hond nie oor
          deursettingsvermoë beskik nie?                                                         (1)

1.15      Herlees SPRAAKBORREL 2.

          Waarom oordryf die pratende hond so wanneer hy van die skape praat?
          Hoekom is die hond se woorde ironies?                                                  (2)

1.16      Herlees RAAMPIE 3 van TEKS B.

          Dink jy die muis, regs onder in die hoek van die spotprent, se woorde is
          gepas? Motiveer jou antwoord.                                                          (1)

VRAE: TEKS A EN B

1.17      Die spotprent (TEKS B) bewys dat Janet Yellen en prof. Carol Beck se
          sienings oor sukses (TEKS A) die waarheid is.

          Motiveer hierdie stelling deur na onderskeidelik Beck én Yellen te verwys.             (2)

                                                                   TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                       7                           DBE/November 2017
                                           NSS

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van SEWE geleenthede/aktiwiteite
wat jy tydens die meertaligheidsfees in Johannesburg en Soweto kon bywoon.

LET WEL:
• Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm aangebied
   word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
• Dit is nie nodig om die opsomming 'n titel te gee nie.
• Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

TEKS C

                                 TALE MAAK SAAK
Tale op die skoolterrein, in die klaskamer en werkplek maak saak. Dit was die
boodskap van al die sprekers by die vele geleenthede van vanjaar se
meertaligheidsfeesviering in Johannesburg. Die fees, ter bevordering van
meertaligheid, bewys prof. Marné Pienaar se leuse, naamlik dat doen beter as praat is.
Die verrigtinge het in Soweto afgeskop met 'n middagete by die gewilde Sakhumzi-
restaurant, waarna die gaste tydens die amptelike openingsgeleentheid op die
feesterrein deur prof. Mbulungeni Madiba (voorsitter van panSAT) toegespreek is. Hy
het gesê dat daar nie genoeg gedoen word ter bevordering van al Suid-Afrika se
amptelike tale nie. Meertaligheid in al sy fasette moet beklemtoon word om die groei
van Afrikaans te verseker. Sy toespraak is opgevolg met 'n werkswinkelgesprek,
waartydens prof. Farid Esack, hoof van Godsdiensstudies by UJ, gewys het op die rol
van Afrikaans in nasiebou en versoening. Hy is oortuig dat Afrikaans nie die taal van
die onderdrukker is nie, aangesien hy, aan die hand van sy eie lewensverhaal, weet
dat die struggle ook in Afrikaans gevoer is. Dit maak Afrikaans 'n bevrydingstaal.
Die program was vol: 'n verskeidenheid aktiwiteite op verskillende plekke het mekaar
opgevolg. 'n Talethon – 'n meertalige vasvrakompetisie vir gr. 9-leerders – is daarna by
UJ gehou. Die doel van hierdie kompetisie was om deelnemers met meer as een taal
vertroud te maak en om 'n Iiefde vir ons land se verskeidenheid tale te ontwikkel. Die
kompeteerders moes Afrikaans, Zoeloe en Sotho gebruik.
Daar is terselfdertyd 'n inligtingsessie vir hoërskoolleerlinge oor die waarde en
noodsaaklikheid van meertaligheid in loopbane gehou. Die moontlikhede wat taalstudie
vir 'n loopbaan in die akademie bied, die rol van taal in godsdiens en die waarde van
meertaligheid vir onderwysers, tolke, skrywers, ingenieurs en joernaliste is beklemtoon.
By 'n dinkskrum is onderwysers die geleentheid gegee om oor uitdagings met
betrekking tot meertaligheid in die klaskamer te gesels; die sessie is benut om by en
van mekaar te leer.
Daarna is die deelnemers per bus na Soweto geneem sodat hulle skole kon besoek.
Só kon hulle eerstehands ervaar hoe Afrikaans in die praktyk onderrig word.
Hierdie feesvieringe is deur die ATKV, UJ en die werkgroep vir Afrikaans-in-Soweto
aangebied.
                                                             [Bron: Taalgenoot, Lente 2015]

                                                               TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         8                             DBE/November 2017
                                             NSS

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS D

                                      kiep
                                   kiep

1
2
3
4

5
6

7                              Amanda Strydom       Sandra Prinsloo
8                              Tobie Cronjé         June van Merch
9                              Jana Strydom         Churchill Naudé
10                             en nog vele meer!

11
12                                                                    ÓNS HART KL   P KUNS

13                                     Laai die app gratis af
14                                      Laat die aard' klop

15        Bly op die hoogte van al die nuus en feeswenke.
16        Beskikbaar vir alle Apple- en Android-slimfone
17        onder die naam Aardklop.

18        Die dagprogram kan ook op die app gekry word.          ÓNS HART KL   P TEGNOLOGIE

                                                        [Verwerk uit http://www.potchfees.co.za]

3.1       Wat is die funksie van die beletselteken/ellips in reël 1–6?                              (1)

3.2       Watter konnotatiewe betekenis, binne die konteks van die advertensie, kan
          aan die woorde in reël 1–6 geheg word?                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                                 9                               DBE/November 2017
                                                     NSS

3.3       Gee die korrekte vorm van die deelwoord tussen hakies:

          Ek is (gaan) oor die kunstenaars wat by Aardklop optree.                                               (1)

3.4       Skryf die onbepaalde hooftelwoord in reël 7–11 neer.                                                   (1)

3.5       Lees reël 13–14.

          Watter woord gebruik die adverteerder om die feesganger te oorreed om die
          app af te laai?                                                                                        (1)

3.6       Skryf die leenwoord uit reël 13–14 neer.                                                               (1)

3.7       Waarom gebruik die adverteerder juis die onderstreepte woorde in reël 14?                              (1)

3.8       Waarom is die onderstreepte woord in reël 15 'n samestellende afleiding?                               (1)

3.9       Herskryf die onderstreepte sin in reël 18 in die bedrywende vorm.                                      (1)

3.10      Watter woord in reël 18 dui op partydigheid?                                                           (1)
                                                                                                                 [10]

VRAAG 4: STROKIESPRENTE

Lees en kyk na die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E

       ZITTS                                                          Jerry Scott en Jim Borgman
                                                            3. Dis       4. My wêreld het tot
       1. MY REKENAAR WERK                       2. Oeps.                'n einde gekom.
       NIE SOOS DIT MOET NIE!                               jammer.
                                                                                        5. Rampe kan
                                                                                      wag tot negeuur.

       6. Wat skort                     8. Aanhou-                       10. Miskien        11. As ek
       met jou          7. Dit skakel    dend?       9. Nee, net as ek   moet jy nie drie   minner as drie
       rekenaar?        vanself af.                  'n fliek kyk,       goed op een        goed op 'n slag
                                                     huiswerk doen en    slag doen nie.     doen, raak ek
                                                     met Sara praat.                        aan die slaap.

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                                   10                               DBE/November 2017
                                                       NSS

       12. Op hierdie forum sê                                                     14. So, Ma sê ek het
                                       13. Om die probleem op te los,
        hulle dat jou rekenaar dalk                                                 'n nuwe rekenaar
                                       moet jy nie op een slag 'n fliek kyk, met
        oorverhit.                                                                        nodig.
                                       vriende praat én huiswerk
                                       doen nie.

       15. Ek gaan nie      16.       17. Maak dit nie meer sin
                           Dink
                                                                     18.
       vir jou 'n nuwe                om 'n paar duisend rand te
       rekenaar koop       gou        bestee eerder as wat ek
       sodat jy kan fliek daaroor.    my studiemetodes moet
       kyk terwyl jy                    aanpas nie?
       huiswerk doen nie.

                                                                                   [Bron: www.netwerk24.com]

4.1        Skryf die diftong neer wat in SPRAAKBORREL 1 voorkom.                                                   (1)

4.2        Verbind die sinne in SPRAAKBORREL 1 en SPRAAKBORREL 4 met die
           voegwoord "aangesien". Begin jou sin met: Aangesien ...                                                 (1)

4.3        Hoe word tieners in SPRAAKBORREL 4 gestereotipeer?                                                      (1)

4.4        Skryf die bywoordelike bepaling van wyse neer wat in SPRAAKBORREL 6–7
           voorkom.                                                                                                (1)

4.5        Herskryf die sin in SPRAAKBORREL 10 in die verlede tyd.                                                 (1)

4.6        Benoem die klankverskynsel                  wat      in    die    onderstreepte     woord      in
           SPRAAKBORREL 11 voorkom.                                                                                (1)

4.7        Watter betekenis dra "dalk" in SPRAAKBORREL 12 oor?                                                     (1)

4.8        Watter afleiding behoort Zitts uit sy ma se woorde in SPRAAKBORREL 13 te
           maak?                                                                                                   (1)

4.9        Gee die intensiewe vorm vir die onderstreepte woord in SPRAAKBORREL 14.                                 (1)

4.10       Voltooi die idioom deur die ontbrekende woord in te vul:

           In SPRAAKBORREL 18 suggereer Ma: Oor my dooie ...                                                       (1)
                                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        11                           DBE/November 2017
                                            NSS

VRAAG 5: ARTIKEL

Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS F

                        TIENERS IS NEGE UUR PER DAG AANLYN – OPNAME

1         As jy een van daardie ouers is wat byvoorbeeld daarvan oortuig is dat jou
          tiener aan 'n selfoon of rekenaarskerm vasgeplak is, is jy nie ver van verkeerd
          nie.

2         Tieners bestee gemiddeld nege uur elke dag aanlyn – agt uur en 56 minute
          om presies te wees.

3         Dít blyk uit 'n opname deur Common Sense Media, 'n organisasie wat
          gesinne help om die veilige gebruik van media en tegnologie onder kinders te
          bewerkstellig.

4         En daardie nege uur sluit nie enige skoolwerk in nie.

5         Tienerseuns bestee die meeste van hul tyd aan aanlyn videospeletjies,
          terwyl jy tienermeisies eerder (5.6) … sosialemediaplatforms sal vind.

6         Dit is in ooreenstemming met een van die opname se oorhoofse bevindings
          dat daar 'n groot verskil is in hoe seuns en meisies media gebruik.
          Ekonomiese status speel ook 'n rol in hoe en watter media gebruik word.

7         Dit blyk ook dat meer tradisionele media (soos TV en musiek) steeds gewilder
          is as nuwe media en formate wat aanlyn videospeletjies insluit. Dié
          tradisionele media word egter op nuwe maniere gebruik, soos met
          stromingsdienste.

8         Onder die ander bevindings tel dat tieners gereeld aanlyn besig is terwyl hulle
          hul skoolwerk doen – veral op sosiale media – en dat hulle nie dink dít het 'n
          negatiewe invloed op hul leerproses nie.
                                                            [Bron: http://www.netwerk24.com]

5.1       Skryf die kern van die onderstreepte woord in paragraaf 1 neer.                          (1)

5.2       Gee EEN woord vir die onderstreepte woorde in paragraaf 2.                               (1)

5.3       Skryf die koppelwerkwoord neer wat in paragraaf 3 voorkom.                               (1)

5.4       Waarom word die onderstreepte Engelse woorde in paragraaf 3 nie in
          Afrikaans vertaal nie?                                                                   (1)

5.5       Brei die onderstreepte woord in paragraaf 4 met 'n bysin uit. Skryf die sin in
          paragraaf 4 oor en onderstreep die bysin wat jy ingevoeg het.                            (1)

5.6       Skryf die voorsetsel neer wat in paragraaf 5 ontbreek.                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        12                        DBE/November 2017
                                            NSS

5.7       Gebruik die onderstreepte woord in paragraaf 6 as 'n werkwoord in 'n sin van
          jou eie sodat die betekenis duidelik blyk.                                       (1)

5.8       Vervang die onderstreepte woord in paragraaf 7 met 'n gepaste antoniem.          (1)

5.9       Watter funksie verrig die parentese in paragraaf 7?                              (1)

5.10      Waarna verwys die onderstreepte woord in paragraaf 8?                            (1)
                                                                                           [10]

                                                                TOTAAL AFDELING C:         30
                                                                    GROOTTOTAAL:           70

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2017/4577c737-2595-4437-bfdb-6520a8a9afe6) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2017/4b510bf1-897d-48b4-97b1-3bb8f71ded49) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2022/7d3a1fac-f27c-4882-a682-cfe752eb8aeb) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2021/7bdd34ac-0ea8-45ae-9033-ffd66428cf13) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2020/1c2a3f09-82b0-4c05-9c11-abab034e3b99) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2016/59a8c6fd-f198-43a4-87af-9f576b583cc4) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
