# Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2018, 12 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2018/ded3d70d-2dd5-4934-a750-d6c4415f9f67
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2018/ded3d70d-2dd5-4934-a750-d6c4415f9f67)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [FINAL Afrikaans HL P1 Nov 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/final-afrikaans-hl-p1-nov-2018-memo/b68b459e-9b13-478b-be0d-a2f55fdaa625) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                            AFRIKAANS HUISTAAL V1

                                  NOVEMBER 2018

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           2                    DBE/November 2018
                                               NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: Leesbegrip                         (30)
          AFDELING B: Opsomming                          (10)
          AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies       (30)

2.        Beantwoord AL die vrae.

3.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

4.        Trek 'n streep ná elke afdeling.

5.        Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

6.        Laat 'n reël oop na elke antwoord.

7.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

8.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 50 minute
          AFDELING B: 30 minute
          AFDELING C: 40 minute

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         3                           DBE/November 2018
                                             NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

TEKS A: ARTIKEL

    Wees           sélf jou BESTE handelsmerk
1       Nike, Coke, Levi – dis handelsmerke wat geen bekendstelling nodig het nie.
        Almal ken hierdie groot internasionale rolspelers. Plaaslik is van die
        topmaatskappy-handelsmerke Mrs Ball's-blatjang, SARIE en Ouma-beskuit.
        Dis duidelik: 'n sterk handelsmerk bepaal sukses.

2       Ter wille van jou eie sukses is dit tyd om jou persoonlike handelsmerk te skep 5
        en uit te bou. Jong werksoekers word toenemend aangeraai om hul éie
        handelsmerke te vestig voordat hulle vir werksonderhoude gaan. Dit word al
        duideliker dat jong werksoekers nie kan bekostig om die sakewêreld sonder 'n
        sterk persoonlike handelsmerk aan te pak nie.

3       Sake- en leefstylafrigter, Julia Fourie van Durbanville, sê: "Bepaal eers wat jou 10
        langtermynvisie en die doel van jou handelsmerk is. Wees egter eg en onthou:
        eerste indrukke tel. Wanneer jy iemand ontmoet of op sosiale media verskyn,
        maak seker jou klere, lyftaal, nuanses in jou stem, wat jy sê, verswyg om te sê,
        is wat die wêreld moet sien. Kortom, wie en wat jy is of wil verteenwoordig, is
        jou handelsmerk," sê Fourie.                                                      15

4       Georg Knoke, vryskutdosent aan die Instituut vir Bemarkingsbestuur wat op
        handelsmerke, digitale bemarking en sosiale media fokus, ondersteun Fourie
        se standpunt wanneer hy opmerk: "Opinies word binne vyf sekondes gevorm,
        voordat jy nog jou mond opgemaak het. As jy 'n slegte eerste indruk maak,
        neem dit tot twintig jaar om dit te herstel."                              20

5       Hy beskryf die kenmerke van 'n goeie persoonlike handelsmerk as egtheid,
        aantreklikheid en professionaliteit. Goeie kommunikasievaardighede sodat jy
        jou saak onomwonde kan stel, is ook belangrik. Die kletskoningin,
        Oprah Winfrey, en komediant, Trevor Noah, is voorbeelde. Hy reken dit sal
        goed wees as kinders reeds op skool ingelig word oor die waarde van 'n goeie 25
        handelsmerk – veral in vandag se ekonomiese tye, waar jy nêrens kom as jy
        jouself nie kan bemark nie.

6       Soms maak jy "foute" en skep 'n beeld wat nie met jou handelsmerk strook nie.
        Dit is nadelig. "Hoe beter jy jouself verstaan, hoe meer sal jy besef wat jy eintlik
        vir die ander persoon/werkgewer oor jouself wil 'sê'," verduidelik Fourie.           30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                       4                           DBE/November 2018
                                           NSS

7       Jy sal dit nooit honderd persent regkry om nie foute te maak nie. Interpretasie
        van jou handelsmerk deur werkgewers is afhanklik van hulle kultuuragtergrond
        en geloof (doen dus eers 'n bietjie navorsing indien nodig!), maar daar is
        sekere algemeen aanvaarbare standaarde waarvolgens jy kan optree. Lyk
        netjies, ruik lekker, praat duidelik. Luister na mense, vra belangstellend uit, 35
        maar moenie persoonlike vrae vra nie. Moenie dadelik te veel persoonlike
        inligting oordra nie; wees ontspanne en selfversekerd, maar nie aanstellerig
        nie.
8       Fourie waarsku dat dit taboe is om foto's op sosiale media te plaas waar jy
        kaal/skraps geklee is, onder die invloed van drank verkeer of iemand oopmond 40
        soen. 'n Definitiewe taboe is platvloerse statusse met onsmaaklike grappe en
        vloekwoorde.
9       Knoke bied ook raad in die vestiging van jou eie handelsmerk aan. Hy beveel
        aan dat jy nie by persoonlike vetes op sosiale media betrokke moet raak nie,
        en liefs moet wegbly van politiek en godsdiens. "As jy een keer 'n uitspraak op 45
        sosiale media gemaak het, is dit vir ewig daar. Jare daarna haal mense jou
        nog aan. Maak seker dat jou taalgebruik onberispelik is – géén vloekery nie en
        beslis ook géén spelfoute nie."
10      'n Nuwe neiging is om onderhoude met die werkgewer aanlyn, via Skype, te
        voer. Sorg dat jy tydens so 'n onderhoud 'n professionele handelsmerk 50
        voorhou, aldus Knoke. Hy stel voor: "Vermy te veel juweliersware, verberg
        tatoeëermerke en raak ontslae van neusringe."
11      Deesdae bepaal individue se handelsmerke hul sukses makliker as wat groot
        maatskappye se handelsmerke húl sukses bepaal, volgens die webtuiste
        www.werksoek.com. Maatskappye kyk nie meer net na toekomstige 55
        werknemers se curriculum vitaes en verwysingsbriewe nie, en beoordeel hulle
        aansoekers nie slegs op grond van onderhoude nie. Jou aanlyn
        teenwoordigheid tel baie punte. Met 'n sterk aanlyn handelsmerk kan jy tot
        500% meer mense bereik as wanneer maatskappye dieselfde inligting
        versprei, meen die webtuiste.                                               60
12      Mense vind dit moeilik om hul eie handelsmerke te vestig – aanlyn of in die
        regte lewe. Maar Fourie meen jy sal moet leer om uit jou gemaksone te kom.
        "Dit is deel van die handelsmerkuitdaging. Wees trots op die dinge wat jy
        bereik het en plaas gerus jou suksesse op sosiale media; jy kan nie verwag
        dat mense iewers anders moet uitvind wat jy hulle kan bied nie. Dan gaan jy 65
        nie in jou loopbaan vorder nie," sê sy.
13      Indien jy 'n sukses van jou loopbaan wil maak, is dit waardevol om raad van
        kenners in te win, is Knoke se raad, veral wanneer jy beplan om aansoek te
        doen om 'n pos by groot maatskappye soos Sasol, Eskom en Absa. Hy voeg
        by dat jy moet sorg dat jou persoonlike handelsmerk by hul maatskappybeeld 70
        pas.
14      Verder is Knoke van mening dat jou persoonlike handelsmerk soos 'n sleutel in
        'n slot by jou sakebelange moet pas. "Die wagwoord is: wees eg/outentiek. Só
        wen jy harte en bou jy 'n goeie reputasie. Dán wil mense jou volg en kan jy
        hulle beïnvloed."                                                             75
                                                         [Verwerk uit Sarie, Januarie 2018]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                              5                              DBE/November 2018
                                                  NSS

TEKS B: VISUELE TEKS

              AGTERGRONDINLIGTING
              Twaalf kamele is vanjaar se                    1. Ai, vandag se kamele darem!
              Kameelfees in Saoedi-Arabië belet                 Kyk nou net daai vals lippe!
              omdat hulle glo met Botox* ingespuit
                                                                Onthou jy, ons is mos van jongs
              is om hulle vir die Kameelfees mooier
              te laat lyk.
                                                                af geleer om net onsself te
              CNN berig duisende kamele neem                    wees? 'n Kameel hoef net 'n
              jaarliks aan die Koning Abdullaziz-               kameel te wees ...
              Kameelfees deel waar hul voorkoms
              beoordeel word, onder meer op grond
              van hulle volronde lippe.

                                                      2. Die Botox-storie is omtrent op almal se lippe!

                                                              [Verwerk uit https://www.msccruises.co.za]

      * Botox is 'n middel wat in klein hoeveelhede deur plastiese sjirurge gebruik word om lyne
        en plooitjies op die gesig tydelik te verwyder of minder opvallend te maak.

VRAE: TEKS A

1.1       Gee die woord in die titel wat by "SARIE" in paragraaf 1 aansluit.                               (1)

1.2       Is Coke 'n voorbeeld van 'n tophandelsmerk? Motiveer jou antwoord.                               (1)

1.3       Wat is, volgens Julia Fourie, die eerste aspek wat jy in ag moet neem met die
          bou van jou eie handelsmerk?                                                                     (1)

1.4       Wat is 'n handelsmerk, volgens Julia Fourie?                                                     (1)

1.5       Herlees paragraaf 3 en 4.

          Watter ooreenstemmende sienswyse huldig Fourie en Knoke? Kan hul
          uitsprake as geloofwaardig beskou word? Motiveer jou antwoord.                                   (2)

1.6       Watter VIER kwaliteite, volgens Knoke, sal 'n goeie persoonlike handelsmerk
          waarborg?                                                                                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        6                           DBE/November 2018
                                            NSS

1.7       Herlees paragraaf 3 en 6.

          Noem TWEE maniere waarop jy sogenaamde "foute" ten opsigte van jou
          voorkoms kan voorkom. Is dit, na jou mening, moontlik om altyd 'n positiewe
          handelsmerk met betrekking tot jou voorkoms uit te straal? Motiveer jou
          antwoord.                                                                             (3)

1.8       Paragraaf 7 noem algemeen aanvaarbare standaarde.

          Watter TWEE van dié standaarde beskou jý as die belangrikste
          kommunikasievaardighede tydens 'n werksonderhoud? Gee 'n rede vir ELKE
          standaard wat jy noem.                                                                (2)

1.9       Fourie en Knoke gee waarskuwings ten opsigte van sosiale media.

          Noem die waarskuwing waarvan albei melding maak. Gee TWEE redes
          waarom hierdie waarskuwing ten opsigte van sosiale media so belangrik is.             (3)

1.10      In watter opsig weerspreek die onderstreepte sin in paragraaf 11 die mening
          van die joernalis in paragraaf 1?                                                     (1)

1.11      Gee TWEE redes waarom sommige mense dit so uitdagend vind om 'n eie
          handelsmerk te vestig.                                                                (2)

1.12      Dink jy die aanbeveling in die onderstreepte sinsdeel in paragraaf 13 is sinvol
          vir 'n jong werksoeker? Motiveer jou antwoord.                                        (1)

1.13      Gee TWEE gevolge wat 'n outentieke persoonlike handelsmerk vir jou kan
          inhou.                                                                                (2)

VRAE: TEKS B

1.14      Watter visuele leidraad in TEKS B dui daarop dat die pratende kameel
          afgunstig op die ander twee kamele is?                                                (1)

1.15      Wat word met die sin in SPRAAKBORREL 2 geïmpliseer?                                   (1)

1.16      Op watter manier slaag die spotprent daarin om die fokus op volronde lippe
          te plaas?                                                                             (1)

VRAE: TEKS A EN B

1.17      Herlees TEKS A (paragraaf 5) en TEKS B.

          Noem TWEE ooreenkomste tussen dié paragraaf en die AGTERGROND-
          INLIGTING in TEKS B.

          Gee 'n aanhaling uit SPRAAKBORREL 1 wat op 'n ooreenkoms tussen
          TEKS A (paragraaf 5) en dié spraakborrel dui.                                         (3)

                                                                TOTAAL AFDELING A:              30
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         7                             DBE/November 2018
                                             NSS

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van SEWE wenke wat jy kan gebruik
om 'n goeie CV (curriculum vitae) op te stel.

LET WEL:        1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in
                   paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde
                   beslaan nie.
                2. Jy moet 'n samehangende paragraaf skryf.
                3. Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie.
                4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

TEKS C

                                KELDER JOU CV JOU?

As jy ondanks jou goeie kwalifikasies voel dis makliker om die Lotto te wen as om 'n
werksonderhoud te kry, lê die probleem dalk by jou CV.

Jou CV is die eerste en enigste indruk wat die maatskappy van jou het. Sorg dat jou
CV taalkundig goed versorg is, sodat jy die beste indruk moontlik maak. Moenie in die
versoeking kom om die waarheid effens te rek in 'n poging om jou CV so blink as
moontlik te poets nie; eerlike bewyse en inligting wek nie agterdog nie.

As jy by 'n groot maatskappy om 'n posisie aansoek doen, sit die posbenaming op jou
CV by; die kanse is goed dat hulle ook ander poste adverteer. Indien jy net
"werksaansoek" op die CV/koevert skryf, kan dit maklik misgekyk word.

As jy by meer as een maatskappy en om verskeie poste aansoek doen, is dit belangrik
dat jou CV raakgesien word. Maak jou CV uniek deur seker te maak dat jy alle
tersaaklike inligting by die CV insluit, bv. alle addisionele kursusse wat jy voltooi het.
Lig jou sterkste eienskappe uit wat dit duidelik maak dat jy 'n bydrae tot voordeel van
die maatskappy se strukture kan lewer.

'n Droomwerk vereis 'n droomkandidaat. Jy gaan nie soos een lyk as jy twee jaar
gelede graad gekry het en sedertdien by die huis gesit en niks gedoen het nie. As jy
nie werk kry nie, doen iets om persoonlik te groei of leer iets nuuts aan. As vyftig
mense om 'n pos aansoek doen en jy het nagelaat om verwysings van vorige
aanstellings in te sit, is jou kans skraal dat iemand die moeite gaan doen om daarvoor
te vra.

Jy sal nie kan terugsit in die hoop dat jy die beste aansoek uitgestuur het nie. Jou
soektog is soos 'n werk. Bly daagliks op die uitkyk na nuwe moontlikhede, sodat jy jou
CV gereeld kan aanpas om onmiddellik te kan reageer wanneer 'n geleentheid hom
voordoen.

Bly positief, hou moed en hanteer elke aansoek met trots asof dit die een is wat gaan
slaag.
                                                        [Verwerk uit rooi rose, November 2016]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:                 10
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                            8                                DBE/November 2018
                                                NSS

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS D

1                       Smaakliker. Makliker.
2                 Ons sensasionele someroes verseker
3                         gesonder lewens,
4                           moeiteloos!

5                                                                         Betaal vir die
6                                                                        beste druiwe in
7                                                                         Suid-Afrika –
8                                                                        slegs R19,99
9                                                                          per 250 gram

10           Plaasvars-
11          belofte 100%
12          gewaarborg:
                                                                         A
13              Vrugte                                        NUUT:
14              Groente                                           R46,99 per
15              Gebak                                              suikersoet
16              Suiwel                                            waatlemoen
17              Vleis

18                      Deur die bank beter as die allerbeste vir jou!
                                                            [Verwerk uit https://static0.tiendeo.co.za]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         9                         DBE/November 2018
                                             NSS

VRAE: TEKS D

3.1       Gee die oortreffende trap van die onderstreepte woord in reël 1.                         (1)

3.2       Die advertensie gebruik die woord "smaakliker" in reël 1.

          Gebruik die woord "smaakvol" in 'n verduidelikende sin.                                  (1)

3.3       Verdeel die onderstreepte woord in reël 2 in lettergrepe.                                (1)

3.4       Gee die betekenisfunksie van die agtervoegsel van die woord in reël 4.                   (1)

3.5       Watter TWEE boodskappe wil die adverteerder met die woord in reël 4
          oordra?                                                                                  (2)

3.6       Gee die korrekte afkorting van die onderstreepte woord in reël 9.                        (1)

3.7       Watter aanname kan Checkers se klante na aanleiding van reëls 10 tot 12
          maak?                                                                                    (1)

3.8       Waarom gee die adverteerder voorkeur aan regmerkies in reëls 13 tot 17?                  (1)

3.9       Dink jy die stervorm (A) in die hoek regs onder in die advertensie ondersteun
          die slagspreuk in reël 18? Gee 'n rede vir jou antwoord.                                 (1)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                                                  10                                          DBE/November 2018
                                                                      NSS

VRAAG 4: STROKIESPRENT

Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E

MAMA TAXI
      RAAMPIE 1                          RAAMPIE 2                             RAAMPIE 3                        RAAMPIE 4

   Het jy onlangs                                                         ... en baie                              Facebook. Ek lees
                                           Dis vol opwindende             prentjies!
   'n goeie boek                      lewensdramas, romanse,                                                       dáár die mense is
                                                                                         Naam?
     gelees?              Ja, een      vieslike skinderstories ...                                                 kwaad vir die taxi.
                          wat ek
                          nie kan
                          neersit
                            nie!

         RAAMPIE 5                                         RAAMPIE 6                                      RAAMPIE 7

      Hierdie koerant skryf óók dat                    Mama, kyk, almal groet                         Ai toggie! Wie sal my help?
       die mense vir Mama-hulle                        jou! Moet jy nie stadiger                      STADIG! Die lig is rooi!
                 kwaad is.                               ry en teruggroet nie?

     RAAMPIE 8                      RAAMPIE 9                           RAAMPIE 10                              RAAMPIE 11
                                                                 Jou regterflikkerlig                         Die linkerflikkerlig werk nie
            Mama,
                                                               is aan. Jy draai links.   O, toggie!             en ek wou 'n ongeluk
         asseblief tog!
                                                                   Wat is fout?                                  voorkom! Meneer, ...

Kopiereg voorbehou                                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                                     11                             DBE/November 2018
                                                         NSS

           RAAMPIE 12                        RAAMPIE 13                          RAAMPIE 14

      ... my kop is nie lekker nie – lae    Korporaal, as jy my nou
         bloeddruk. Ek is op pad om iets   dadelik laat ry, koop ek vir        Kou solank hieraan!
             souts te koop om te kou!        jou ook iets om te kou!

                                                                          [Verwerk uit Die Burger, Maart 2018]

VRAE: TEKS E

4.1            Benoem die onderstreepte werkwoord in RAAMPIE 1 volledig.                                          (1)

4.2            Skryf die meervoud van die onderstreepte woord in RAAMPIE 4 neer.                                  (1)

4.3            Wat is die geïmpliseerde betekenis van die passasier se woorde in die
               onderstreepte sinsdeel in RAAMPIE 6?                                                               (1)

4.4            Gebruik 'n toepaslike skryfteken om die vetgedrukte woord in RAAMPIE 7 op
               'n ander manier as vetdruk te beklemtoon.                                                          (1)

4.5            Ondersteun die visuele voorstelling in RAAMPIE 7 die onderstreepte sin in dié
               raampie? Motiveer jou antwoord.                                                                    (1)

4.6            Verbind die verkeersman se onderstreepte sinne in RAAMPIE 10 om 'n
               veelvoudige sin te vorm.                                                                           (1)

4.7            Gebruik die onderstreepte woord in RAAMPIE 12 as 'n afgeleide werkwoord
               in 'n verduidelikende sin.                                                                         (1)

4.8            Haal die sinsdeel aan waarmee Mama Taxi die verkeersman probeer
               manipuleer en dui die aard van die manipulasie aan.                                                (2)

4.9            Wat is die konnotatiewe betekenis van die verkeersman se woorde in
               RAAMPIE 14?                                                                                        (1)
                                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                         12                            DBE/November 2018
                                             NSS

VRAAG 5: ARTIKEL

Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS F

                           SUIKER: DIS WAT DÍT AAN JOU DOEN
1       Jy weet jy moet minder soetgoed eet.
2       Jy gooi dit by jou koffie/tee. Voeg dit by gebak soos pasteie en koek. Sprinkel
        dit oor jou ontbytvlokkies en hawermout, proe dit in tamatiesous en in feitlik
        elke versnapering. Suiker. Vir ons is dit 'n verloklike lekkerte.
3       Maar die verband tussen suiker en chroniese siektes kom toenemend onder
        die soeklig. Kenners beskou ons suikerinname as 'n moontlike oorsaak van die
        wêreldwye epidemie van vetsug, metaboliese sindroom, hoë bloeddruk,
        cholesterol en bloedsuiker. Dit kan jou kans op diabetes, bloedvat- en
        lewersiektes vergroot.
4       Sowat 65% vroue en 31% mans is oorgewig/vetsugtig. Ook sowat 23% kinders
        van 2 tot 14, volgens die Dieetkundevereniging van SA (ADSA). Tot 150 jaar
        gelede was suiker nie stapelkos nie. Nou gebruik ons jaarliks gemiddeld sowat
        50 kg per persoon. "Dis 29 teelepels per dag!" sê die Dieetkundevereniging.
5       Piet Smit vra of jy presies weet wat die effek van so baie soetgoed op jou
        liggaam is. Die antwoord is eenvoudig: Jou gesondheid word afgebreek!
        Volgens hom is nalatigheid 'n duur prys om vir jou gesondheid te betaal.
6       Suikerverslaafdes kan óf natuurlike versoeters óf kunsmatige versoeters as
        alternatief oorweeg. Jou gesondheid is belangriker as 'n oomblik se
        lekkerte op jou lippe.
                                                       [Verwerk uit SARIE, 29 Desember 2017]

VRAE: TEKS F
5.1       Skryf EEN woord uit paragraaf 1 en EEN woord uit paragraaf 2 neer wat direk
          met "dít" in die titel verband hou.                                                   (2)
5.2       Gee 'n voorbeeld van kontaminasie uit paragraaf 2.                                    (1)
5.3       Skryf die onderstreepte sin in paragraaf 3 in die lydende vorm.                       (1)
5.4       Skryf die woord in paragraaf 5 neer wat deur ontronding beïnvloed kan word.
          Gebruik dié ontronde woord in 'n sin van jou eie.                                     (2)
5.5       Gee die direkte rede van die onderstreepte sin in paragraaf 5.                        (1)
5.6       Gebruik die verlede deelwoord van "vra" (in paragraaf 5) in 'n verduidelikende
          sin.                                                                                  (1)
5.7       Skryf die onderstreepte sin in paragraaf 6 in die ontkennende vorm.                   (1)
5.8       Brei die vetgedrukte sin in paragraaf 6 met 'n bywoordelike bysin uit. Skryf die
          sin met die uitbreiding neer.                                                         (1)
                                                                                                [10]
                                                                 TOTAAL AFDELING C:             30
                                                                     GROOTTOTAAL:               70
Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 Nov 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2018/e7743bcd-7218-48b4-8668-8fc4d889c57a) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2018/31afda0e-922d-4d84-9a6e-0d9fb2cbbb1d) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018/545e8fa8-1674-4879-89f2-de25424ab5f0) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2018/bcd42fc0-41e4-42c1-a659-fcbdbdae1e58) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2022/7d3a1fac-f27c-4882-a682-cfe752eb8aeb) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2021/7bdd34ac-0ea8-45ae-9033-ffd66428cf13) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
