# Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the NSC November Exam 2021, 14 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2021/7bdd34ac-0ea8-45ae-9033-ffd66428cf13
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 NSC November 2021 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2021/7bdd34ac-0ea8-45ae-9033-ffd66428cf13)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC November Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            AFRIKAANS HUISTAAL V1

                                 NOVEMBER 2021

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                           2                    DBE/November 2021
                                               NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: Leesbegrip                   (30)
          AFDELING B: Opsomming                    (10)
          AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies (30)

2.        Lees AL die instruksies sorgvuldig.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        Trek 'n streep ná elke afdeling.

6.        Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Laat 'n reël oop na elke antwoord.

8.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

9.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A:      50 minute
          AFDELING B:      30 minute
          AFDELING C:      40 minute

10.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                      3                          DBE/November 2021
                                          NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1
Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

TEKS A: ARTIKEL

                            BANG VIR VERANDERING?
                                                                      Susan Goosen
 1     Elke jaar bring verandering. En ewe onvermydelik ꞌn vrees by sommige mense
       daarvoor. Trouens, vir baie mense bring verandering ꞌn soort angs mee wat
       hulle verlam. Nie alle mense is noodwendig intelligent genoeg en emosioneel
       gereed vir verandering nie, en daarom ook nie vir die aanpassings wat daarmee
       gepaard gaan nie.                                                             5

 2     Intelligensiekwosiënt (IK) en sy eweknie, emosionele kwosiënt (EK), word wyd
       as belangrike aanwysers vir suksesvolle aanpassing ná verandering erken.
       Albei verwys na ꞌn natuurlike intellektuele aanleg, boekekennis én mensekennis
       wat saam met mense-ervaring ꞌn rol speel in hoe iemand die uitdagings wat
       verandering en aanpassing meebring, gaan aanpak.                               10

 3     Wanneer die winde van verandering jou lewensbootjie omkeer, is daar dikwels
       net een van die twee moontlikhede: sink of swem. Daarom beklemtoon kenners
       deesdae ook die belangrikheid van ꞌn sogenaamde aanpasbaarheidskwosiënt
       (AK). Laasgenoemde verwys na jou vermoë om by nuwe situasies wat
       verandering meegebring het, aan te pas. Dit is ꞌn onderwerp waaroor min 15
       inligting beskikbaar is en daarom word dit met toenemende erns nagevors.

 4     Oor die konsep van die belangrikheid van ꞌn AK, sê Lynette Beer, ꞌn
       lewensafrigter* van onder andere maatskappydirekteure in Pretoria:
       "Maatskappydirekteure stel deesdae al minder in mense se kwalifikasies belang,
       maar meer in hulle AK's. Tydens werksonderhoude is beroepsondervinding 20
       deesdae minder belangrik as die vermoë om potensiële probleemsituasies op te
       los. Daarom word vrae soos: ꞌHoe sal jy die volgende situasie hanteer?ꞌ of ꞌWat
       as die volgende gebeur?ꞌ gevra om vas te stel of jy opgewasse sal wees vir die
       uitdagings wat voortdurende verandering bring. Ou oplossings werk nie meer vir
       moderne probleme nie. En ꞌn onderneming wat nie by verandering kan bybly 25
       nie, gaan nie oorleef nie."

 5     Lynette Beer sê voorts ook die volgende oor die aanpassings wat verandering
       meebring: "Ons moet buite die boks dink. Ter wille van oorlewing, ja, maar ook
       sodat ons ons gesinslede kan begelei en ondersteun. Die statistiek rakende
       veral depressie en ook stres, verslawing en trauma maak dit noodsaaklik om 30
       aanpassingsvaardighede aan te leer, tot voordeel van jouself en jou gesin.
       Persoonlike groei gaan hand aan hand met verandering én die aanpassings wat
       jy moet maak. Terselfdertyd kry ꞌn mens die onderskeidingsvermoë om te weet
       wanneer verandering dalk nié die antwoord is nie, of nié tot ons voordeel sal
       wees nie."                                                                     35

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                            4                               DBE/November 2021
                                                NSS

6       ꞌn Mens se AK help jou dus nie net tydens verandering om te oorleef nie, maar
        ook om te groei en te gedy, veral in tye wanneer groot veranderinge
        noodwendig drastiese aanpassings meebring.

7      Lynette Beer gee ook wenke aan diegene wat bang is dat hulle nie die
       uitdagings van verandering gaan oorleef nie en daarom hulle 40
       aanpassingsvaardighede wil inoefen: "Erken dat verandering normaal en
       dikwels nodig is. Neem vervolgens eienaarskap van die veranderingsproses.
       Stel dan ꞌn uitvoerbare aksieplan op. Gee laastens erkenning aan jou suksesse
       en persoonlike groei deur jouself op die skouer te klop."

8      Ngobezi Dwada, ꞌn maatskaplike werker en berader, sê ook dat grootskaalse 45
       veranderinge heelwat ingrypende aanpassings kan verg – veral in stresvolle
       werksomgewings wat voortdurend vars denkrigtings vereis. As werknemers
       egter voorbereid is hierop, kan hierdie veranderinge dan uiteindelik opwindend
       wees. "Daarom behoort die hooffokus tydens werksonderhoude júis te wees
       om te bepaal of die aansoeker oor die regte kwalifikasies beskik wat hom/haar 50
       in staat sal stel om probleemoplossend te dink. Maar ongelukkig reageer veral
       ouer mense nie goed wanneer hulle aanpassings in die gesig moet staar nie –
       dít as gevolg van ꞌn ingeboude weerstand teen verandering. En dit is veral ouer
       mense wat ongemaklik met die onbekende is. Dít maak dan aanpassings by
       veranderde omstandighede vir hulle dikwels vreesaanjaend. Hulle is dikwels 55
       bang dat hulle nie die vermoë of die vaardighede meer het om nuwe of
       veranderde situasies te kan hanteer nie."

9      Dr. Ike Gentleman, ꞌn lektor in bedryfsielkunde, wys egter in hierdie verband
       daarop dat daar wél mense is wat oor ꞌn ingebore aanpasbaarheid beskik en
       daarom beter op nuwe of veranderde situasies reageer. "Navorsers reken dat 60
       hierdie mense suksesvol is omdat hulle in die ꞌnouꞌ lewe, en weet hoe om
       hulself aan die vloei van die lewe oor te gee. Hulle hanteer die stres van
       verandering en aanpassing makliker."

10     Dr. Gentleman verduidelik verder dat temperament, persoonlikheid, vaardigheid
       en voorkeure alles ꞌn rol speel by hoe aanpasbaar ꞌn persoon kan wees. 65
       "Aanvaar dat die lewe verrassings en eiesoortige uitdagings gaan meebring.
       Hierdie uitdagings kan uiteindelik daartoe bydra om jou menswees te slyp en te
       ontwikkel. Sodra ons hierdie vlak van aanvaarding bereik, kan ons veel
       makliker met nuwe situasies werk én aanbeweeg. Ons het moontlik nie altyd
       beheer oor wat om ons gebeur nie, maar ons kan wel ons reaksies daarop 70
       beheer."

11     Die geleerdes is dit dus eens: veranderinge in die lewe kan nie vermy word nie,
       maar hóé jy dit gaan hanteer, dìs die groot geheim vir ꞌn suksesvolle lewe.

       *lewensafrigter – ꞌn persoon wie se werk dit is om die lewensgehalte van sy/haar kliënte te
       verbeter deur aan hulle loopbaanadvies te gee; ook om sy/haar kliënte met die aanpassing in
       nuwe situasies by te staan. Gee raad aan diegene in bestuursposisies oor aanstellings van
       personeel.
                                                   [Verwerk uit Lig, Desember 2019/Januarie 2020]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                          5                             DBE/November 2021
                                              NSS

TEKS B: SPOTPRENT

  A ꞌn Nuwe toep bied gebruikers die
  geleentheid om gratis te eet en selfs
  in stede soos Kaapstad, New York                          B Maar ek is ꞌn model … As
  en Milaan gratis by gimnasiums te                         my baard jou pla – dis vir ꞌn
  oefen. Daar is net één voorwaarde:                        advertensie. Ons sal jou ook
  jy móét ꞌn model wees!                                    kan gebruik. Werk net aan
                                                            jou glimlag.

                                                                         C Ag nee … regtig. Hy
                                                                            kon darem ꞌn langbroek
                                                                            aangetrek het.

                                                                [Uit: Die Burger, 31 Januarie 2019]

VRAE: TEKS A

1.1       Sommige mense het volgens paragraaf 1 geen keuse as om met nuwe
          uitdagings en die vrees daarvoor saam te leef nie.

          Skryf TWEE redes neer waarom angs baie mense as't ware verlam wanneer
          hulle met verandering gekonfronteer word.                                                    (2)

1.2       "... wanneer die winde van verandering jou lewensbootjie omkeer ..."
          (paragraaf 3)

           1.2.1       Wat beteken dié uitdrukking binne die konteks waarin dit gebruik                (1)
                       word?

           1.2.2        Gee EEN eie rede waarom aanpasbaarheid in dié situasie as ꞌn
                        oplossing aanbeveel word.                                                      (1)

           1.2.3        Waarom word daar met toenemende erns oor die onderwerp van
                        mense se aanpasbaarheidskwosiënte navorsing gedoen?                            (1)

1.3       Beoordeel die geloofwaardigheid van Lynette Beer se stelling in paragraaf 4
          oor maatskappydirekteure. Gee ꞌn rede vir jou beoordeling.                                   (1)

1.4       Herlees reëls 17–21 van paragraaf 4.

          Watter implikasie hou dit nóú vir werkaansoekers in as die fokus van vrae
          tydens werksonderhoude verander het?                                                         (1)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                            6                          DBE/November 2021
                                                NSS

1.5      Haal ꞌn sin uit paragraaf 4 aan wat met die onderstreepte sin in paragraaf 5
         verband hou.                                                                                (1)

1.6       Herlees paragraaf 5.

         Lynette Beer noem die aspek van depressie eerste wanneer sy na statistiek
         verwys wat aanpassingsvaardighede noodsaaklik maak. Gee ꞌn moontlike
         rede hiervoor binne verband van die teks.                                                   (1)

1.7       Watter wenke gee Lynette Beer aan mense om hul AK in te oefen?                             (4)

1.8       Herlees paragraaf 4 en 8.

         Watter verskil blyk uit dié onderskeie paragrawe t.o.v. dit wat werkgewers in
         ag behoort te neem wanneer hulle met iemand ꞌn werksonderhoud voer?                         (1)

1.9      Watter afleiding kan ꞌn leser uit die onderstreepte sinsdeel in paragraaf 8
         t.o.v. werknemers se werksverrigting maak?                                                  (1)

1.10     Ngobezi Dwada kan van vooroordeel beskuldig word. Verduidelik hierdie
         stelling.                                                                                   (1)

1.11     Dr. Ike Gentleman huldig in paragraaf 9 ꞌn spesifieke siening t.o.v. mense se
         aanpasbaarheid.

          1.11.1        In watter opsig verskil dr. Gentleman se siening t.o.v. verandering
                        en aanpassing van dié van me. Dwada?                                     (1)

          1.11.2        Waarom sou ꞌn leser eerder dr. Gentleman se siening as
                        gesaghebbend beskou?                                                     (1)

          1.11.3        Wat bedoel dr. Gentleman as hy sê dat mense weet hoe om
                        hulself aan die vloei van die lewe oor te gee?                               (1)

1.12      Verwys na dr. Ike Gentleman se stelling in paragraaf 10.

          Wat gaan die gevolge wees wanneer ꞌn mens aanvaar dat die lewe vol
          verrassings is?                                                                            (2)

VRAE: TEKS B

1.13      Watter visuele inligting skep ꞌn restaurantagtergrond?                                     (2)

1.14      Waarom dink jy is die gratis kos slegs op modelle van toepassing?                          (1)

1.15      Is die man se verwagting om gratis te eet en die kelner se houding
          onderskeidelik geregverdig? Motiveer jou antwoord deur na die man en die
          kelner te verwys.                                                                          (2)

1.16      Lei die funksie van die beletselteken/ellips in SPRAAKBORREL B binne
          konteks van die spotprent af.                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                             7                      DBE/November 2021
                                                 NSS

VRAE: TEKS A EN B

1.17     Herlees TEKS B en paragraaf 5 van TEKS A.

         Slaag die spotprentkunstenaar na jou mening daarin om die kwessie van
         ꞌn mens se aanpasbaarheidskwosiënt (AK) voldoende weer te gee indien die
         onderstreepte sin in paragraaf 5 (TEKS A) in ag geneem word? Motiveer jou
         antwoord.                                                                                (1)

1.18     Verwys na SPRAAKBORREL C van TEKS B.

         1.18.1         Sluit die muis se woorde by die slotsom in paragraaf 11 (TEKS A)
                        aan?

                        Motiveer jou antwoord.                                                    (1)

         1.18.2         Wat is die geïmpliseerde boodskap van die muis se woorde in
                        SPRAAKBORREL C?                                                           (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        8                            DBE/November 2021
                                            NSS

AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 2
Lees die teks hieronder en maak 'n opsomming van SEWE wenke om ꞌn stresvrye
lewe te lei.
LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm
            aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
         2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
         3. Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie.
         4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
TEKS C
                         ꞌN GELUKKIGER, STRESVRYE JY
Het jy geweet dat jou liggaam natuurlike goedvoelchemikalieë bevat? Een hiervan is
serotonien, ꞌn breinoordragstof wat jou kalm en gelukkig laat voel. Jy kan jou
serotonienvlakke ꞌn hupstoot gee wanneer jy bietjie gespanne voel.
Jy het net 15 minute se oefening per dag nodig. Oefening help nie net met
gewigsbeheer nie, maar ook om hartkwale te voorkom en stresvlakke te verlaag. Oefen
dus gereeld om jou stresvlakke laag te hou. Maar oefening alleen is nie genoeg vir die
mens se rustige gemoed nie! Doen elke dag iets lekker soos om byvoorbeeld ꞌn boek te
lees. Dit hou serotonienvlakke in stand.
Jy ken mos daardie warm, gelukkige gevoel nadat jy heerlik geëet het? Dit is omdat
sekere kossoorte jou brein se chemiese samestelling beïnvloed. Eet kossoorte wat jou
later ontspanne sal laat voel. Hou egter in gedagte dat suiker, alkohol en kaffeïen jou
serotonienvlakke ꞌn vinnige hupstoot gee. Wanneer jy te gereeld hiervan inneem, laat
dit jou gespanne voel. Vermy ook die oormatige inname van hoë suiker- en
kaffeïendrankies in ꞌn poging om jou stresvlakke normaal te hou.
Sorg dat jy ꞌn behoorlike nagrus inkry, want niks werk so goed om stres vaarwel te roep
nie. Jou slaapkamer is die plek waar jy goeie nagrus moet kry. Slaap help beslis, maar
as jy nie kwaliteitslaap inkry nie, staan jy dikwels meer gespanne op as wat jy
aanvanklik was. Dit help nie jy slaap vir ure aaneen met ꞌn brein wat nog nie afgeskakel
is nie.
Oggendsonlig stimuleer die produksie van goedvoelhormone. Verwerk stres met behulp
van UV-strale. Stel jou aan soveel moontlik van die oggendsonlig se UV-strale bloot,
want jou gemoedstoestand is soggens meer vatbaar vir die helende invloed van
sonstrale. Jy hoef dus nie vir ure onder skadelike UV-strale te lê en sonbak nie.
Masserings is ꞌn algemene behandeling vir mense wat onder spanning verkeer.
Onlangse navorsing deur die Universiteit van Miami se mediese skool wys dat ꞌn
masseringsessie jou serotonienvlakke met 28% kan laat verhoog en kortisol (die
streshormoon) met 21% laat verlaag. Besoek gereeld ꞌn masseur om die stram
spiertjies uit te stryk sodat jy stresvry jou dagtaak kan aanpak.
Hoop jy weet nou hoe om van spanning ontslae te raak om met ꞌn huppel in jou stap die
lewe aan te pak.
                                           [Verwerk uit Die Burger Naweek, 15 November 2019]

                                                                TOTAAL AFDELING B:                 10

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        9                            DBE/November 2021
                                            NSS

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Bestudeer die advertensie (TEKS D) en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS D

  1

  2

  3       Tropika gee jou 'n voorsmaak van die lekker lewe – proe dit self.
  4       Ontsnap na 'n eksotiese eilandlewe waar jy luilekker op die strand kan lê en
  5       luister hoe die branders breek.
  6       Min dinge klop daardie eilandgevoel, maar Tropika gee jou 'n proesel van die
  7       goeie lewe met sy verskeidenheid lipleklekker geure. Ontspan terwyl jy stadig
  8       teug aan die strelende smaak van Tropika.

  9       Wat is jou gunsteling? Kies: mango-perske, lemoen, pynappel, Cool Red en
  10      nou – vir die heel lekkerste eilandgevoel – die nuwe Pina Colada.
  11      Tropika sê: ''Slegs fynproewers drink hierdie verfrissende drankie – enige
  12      plek, enige tyd – om hulle saai lewens op te kikker.''
                                                             [Verwerk uit Tuis, Augustus 2020]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                            10                           DBE/November 2021
                                                NSS

VRAE

3.1       Plaas 'n gepaste skryfteken op die laaste woord in reël 1 van die opskrif en sê
          hoe dit die woordsoort verander.                                                         (2)

3.2       Verwys na die groter letters en lettertipes in reël 1 en 2.

          3.2.1         Hoe beïnvloed die groter letters in reël 1 en 2 die leser?                 (1)

          3.2.2         Sou jy die gebruik van die ander lettertipe in reël 2 as funksioneel
                        beskou? Verduidelik jou antwoord kortliks.                                 (1)

3.3       Hoe word die leser in reël 3 betrek?                                                     (1)

3.4       Waarom maak die adverteerder van die woord eksotiese in reël 4 gebruik?
          Bied jou antwoord in 'n volsin aan.                                                      (1)

3.5       Skryf 'n woord uit reël 7 neer waarmee die adverteerder die gebruiker oortuig
          om die produk te koop.                                                                   (1)

3.6       Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.6) en die letter
          (A–D) neer.

          Die rede waarom die woord ''teug'' in reël 8 eerder as drink gebruik is, is
          omdat dit die …

          A       korrekte register van advertensietaal aandui.
          B       gepaste voorbeeld van 'n neutrale woord is.
          C       ontspanne atmosfeer van 'n eilandlewe ondersteun.
          D       emosionele behoefte van gebruikers aanspreek.                                    (1)

3.7       Op grond waarvan is hierdie advertensie bevooroordeeld indien reël 11 en 12
          in ag geneem word?                                                                       (2)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                                               11                             DBE/November 2021
                                                                   NSS

VRAAG 4: STROKIESPRENT

Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E

                                   RAAMPIE 1                                                  RAAMPIE 2
                                  Heita, tjommies! Ek kan nie
 DIE LEWE IS                      glo julle twee kon iets anders
 NIE ALTYD 'N                     regkry as om net rugby te
                                  speel nie! Om 'n e-pos-
 LIED NIE …                       boodskap te stuur … Sjoe!

 Deur Ray Billingsly
                                                                                                                   A

               RAAMPIE 3                                           RAAMPIE 4                       RAAMPIE 5
      Nou gaan sy seker weer sorg                  JULLE TWEE MOET                    Ek is oortuig daarvan dat jy dit
      dat hierdie ou storietjie voor                                                  nie gaan regkry nie – jy het dan
      pouse die hele skoolterrein vol              OPPAS WAT JULLE VAN                nie eers ʹn lepel by jou nie. Kan
      lê … Gmpf!                                   MY SÊ. EK ROER JULLE               ons jou daarmee help?
                                                   SOMMER NOU-NOU!!

                                                                                                    A

                                                                          [Verwerk uit https://wwwcomicskingdom.com]

VRAE

4.1           Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.1) en die letter
              (A–D) neer.

              Die eerste twee woorde van die strokie se titel is ʹn …

              A        onderwerp.
              B        voorwerp.
              C        gesegde.
              D        byvoeglike bepaling.                                                                                  (1)

4.2           Waarom is die onderstreepte woord in RAAMPIE 1 gepas?                                                          (1)

4.3           Hoe behoort ʹn leser die vraagteken bokant die meisie se kop in RAAMPIE 2
              te verstaan?                                                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                             12                            DBE/November 2021
                                                 NSS

4.4       In RAAMPIE 3 is dit duidelik dat die twee seuns die meisie doelbewus nie by
          hulle gesprek wil insluit nie.

          Watter visuele en verbale inligting bied hierdie raampie om die stelling hierbo
          te ondersteun?                                                                               (2)

4.5       Hoe weet die leser dat die meisie se stemtoon in RAAMPIE 4 kwaai is? Gee
          dan TWEE OPEENVOLGENDE woorde uit hierdie raampie wat by haar
          stemtoon aansluit.                                                                           (2)

4.6       Verander die onderstreepte woord in RAAMPIE 4 na ʹn teenwoordige
          deelwoord wat jy in ʹn sin van jou eie gebruik.                                              (1)

4.7       Die seun (gemerk A) se liggaamstaal in RAAMPIE 5 en RAAMPIE 2 verskil.

          4.7.1         Motiveer hierdie stelling.                                                     (1)

          4.7.2         Wat dink jy is ʹn moontlike rede vir dié verandering?                          (1)
                                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                       13                            DBE/November 2021
                                           NSS

VRAAG 5: ARTIKEL

Bestudeer die artikel (TEKS F) en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS F

                                 TIMBUKTU SKEP

1     Vyftig kinders se gesigte het van trots gestraal nadat hulle die reaksie op hul
      kunswerke gesien het. Honderde mense het ingestroom om na hul handewerk te
      kom kyk, vrae te vra en van die kleurryke skeppings te koop wat hulle op die
      Ndebele-kombers voor hul leersentrum uitgestal het. Die kinders was bly en
      verheug oor die reaksie.                                                        5

2     Die eerste Sondag van die maand is markdag by Victoria Yards, die nuwe
      stedelike ontwikkeling oos van Johannesburg se middestad. Dan ry mense meer
      as veertig kilometer na dié deel van die stad om ꞌn dag van kuns en kultuur,
      organiese kos en vermaak te geniet.

3     Dit was die eerste keer dat die kinders van die leersentrum, Timbuktu in the 10
      Valley, hier ꞌn fondsinsameling vir hul skool gehou het met versierings wat hulle
      met hul eie hande gemaak het.

4     Die organisasie se skryfbehoeftevennoot; Staedler, het die Fimo-kunstenaar,
      Riaan Marais, na hierdie sentrum gebring. "Sjoe, en het hierdie kinders van die
      buurt dít nou baie geniet!" het Mia Sonnekus, woordvoerder van Staedler gister 15
      in ꞌn onderhoud gesê.

5     Timbuktu in the Valley is twee jaar gelede tydens ꞌn nasionale (5.5) inisiatief
      gestig. Die hoofdoel was om plaaslike sosio-ekonomiese uitdagings te help
      oorkom. Daar word gereeld werksessies oor onderwerpe soos tuinmaak,
      kunsvlyt, herwinning, drama, kosmaak en kleiwerk aangebied om die 20
      (5.6) jongspan aan verskillende beroepe bloot te stel.

6     Die fokus is om vir plaaslike jongmense, wat swaarkry, meer geleenthede in die
      lewe te bied deur hulle met die nodige vaardighede toe te rus om ꞌn onafhanklike
      lewe te lei. Dit was die noodsaaklikste ding wat by hierdie gemeenskapsprojek
      moes gebeur en sal hopelik suksesvol wees.                                       25
                                                 [Verwerk uit Huisgenoot, 26 Desember 2019]

5.1     Benoem die onderstreepte telwoord in paragraaf 1.                                          (1)

5.2     Skryf die pleonasme in paragraaf 1 neer. Dink jy dié pleonasme is funksioneel
        in die sin? Motiveer jou antwoord.                                                         (2)

5.3     Skryf die kern van die onderstreepte samestelling in paragraaf 2 neer. Vorm
        nou ꞌn bywoord daarvan en gebruik dit in ꞌn sin van jou eie.                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V1                        14                          DBE/November 2021
                                            NSS

5.4     Verbeter die leestekenfout by die parentese in paragraaf 4 deur die sin korrek
        neer te skryf en gee ook die funksie van dié parentese.                              (2)

5.5     Verdeel die onderstreepte woord in paragraaf 5 in lettergrepe.                       (1)

5.6     Gebruik die vetgedrukte woord in paragraaf 5 as twee woorde in ꞌn
        verklarende sin.                                                                     (1)

5.7     Skryf die basisvorme/stamme van die onderstreepte woord in paragraaf 6.              (1)
                                                                                             [10]

                                                              TOTAAL AFDELING C:             30
                                                                  GROOTTOTAAL:               70

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2021/54f8cdfd-5b2e-4cb9-a51e-0ac6aa4c408b) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2022/7d3a1fac-f27c-4882-a682-cfe752eb8aeb) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2020/1c2a3f09-82b0-4c05-9c11-abab034e3b99) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2016/59a8c6fd-f198-43a4-87af-9f576b583cc4) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2014/b6d6ed0b-b38a-43d1-aaa9-19251fedb07c) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
