# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the November 2024 NSC, 9 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024-mg/1495aee8-42e6-4e14-83a3-e77d155da267
- Updated: 2026-10-29
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 November 2024 NSC Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024-mg/1495aee8-42e6-4e14-83a3-e77d155da267)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024 · Afrikaans. Memorandum. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                           AFRIKAANS HUISTAAL V1

                                 NOVEMBER 2024

                                 NASIENRIGLYNE

PUNTE: 70

                     Hierdie nasienriglyne bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Huistaal/V1                               2                             DBE/November 2024
                                           NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: LEESBEGRIP
 Nasien van die leesbegrip:
       •   Die fokus is op die begrip van die leesteks. Spel- en taalfoute word nie nagesien nie tensy
           dit die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal- en spelfoute moet wel aangetoon
           word.)
       •   Indien die kandidaat woorde uit 'n ander taal gebruik as die taal waarin die vraestel
           verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord sonder die vreemde
           woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie. Indien die vreemde woord in
           die antwoord vereis word, word dit aanvaar.
       •   Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
           SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
       •   Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
           rede/bewys/motivering word oorweeg by die puntetoekenning.
       •   Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
           aanhalingstekens ontbreek nie.
       •   Waar eenwoordantwoorde gevra word en die kandidaat 'n volsin gee, is dit korrek, mits
           die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig word.
       •   Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee 'n hele reeks, word
           slegs die eerste twee of drie feite/punte nagesien.
       •   Die nasien van 'n aanhaling vereis dat 'n aanhaling 100% korrek aangehaal moet word.
       •   Aanvaar dialektiese variasies.
       •   Aanvaar by meervoudigekeusevrae BEIDE die ooreenstemmende letter met die korrekte
           antwoord EN/OF die volledige, uitgeskryfde antwoord.

 VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik nie.)
 Vraag Antwoord                                                                                Punt
 1.1   "energiehupstoot in die kort termyn"/
       "gesondheidsvlerke (in die lang termyn) vinnig knip"/
       "energiehupstoot in die kort termyn kan jou gesondheidsvlerke in die lang termyn vinnig
       knip."/
       "waarsku"/
       "dink twee keer"                                                                         2

            Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

 1.2        Die skrywer gee te kenne dat die drinker vinnig/genotvol drink./voortdurend daaraan
            drink./drink sonder om te dink./een na die ander drankie verorber./die drankies so
            veel/gou moontlik na mekaar drink.                                                            1
            Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

 1.3        Verhoogde energievlakke 
            Verbeterde fisieke prestasies 
            Opskerping van verstand 
            Gewigsverlies                                                                                 4

            Die kandidaat bied VIER antwoorde vir EEN punt elk aan.

 1.4        Die statistiek in paragraaf 3 is betroubaar, aangesien dit nagevors is./deur 'n kenner
            (op die gebied van gesondheidsekonomie) aangehaal word.                                       1

            Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

                                                      EN

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Huistaal/V1                            3                             DBE/November 2024
                                        NSS – Nasienriglyne

          Die statistiek in paragraaf 4 is nie betroubaar nie, want dit is gegrond op
          voorspellings./dit het nog nie plaasgevind nie.
                                                   OF
          Die statistiek in paragraaf 4 is betroubaar, want die voorspelling word deur 'n
          maatskappy wat in marknavorsing spesialiseer, gedoen.                                           1
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

 1.5.1    Die wanpersepsie is dat dit 'n towerdrankie vir die liggaam kan wees.                          1

                                                   EN

          Dit het (blykbaar) eienskappe wat die liggaam help genees. 
          (Die antieke Grieke het geglo dat) dit jou onsterflik maak.                                     2

          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

 1.5.2    Nee
          Red Bull kan nie verantwoordelik gehou word as mense die slagspreuk letterlik
          interpreteer nie. 

                                                   OF

          Ja
          Red Bull moet weet dat mense die slagspreuk verkeerd kan interpreteer./dat mense
          hulle juis van valse manipulasie kan beskuldig.                                                 1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

 1.6      Die hart word nadelig beïnvloed, omdat die hartspoed/bloeddruk kan verhoog.                     1
          Die niere moet harder werk, omdat energiedrankies die aanvraag na meer vloeistof
          verhoog./stimuleer./meer water deur die niere laat beweeg.                                      1
          Die lewer word ooreis, omdat dit nie gestoorde energie kan vervang nie./omdat die
          kombinasie van kafeïen en suiker die vrylating van gestoorde energie stimuleer.                 1

          Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.
          Die kandidaat moet na elke orgaan in 'n afsonderlike sin verwys.

 1.7.1    Dr. Naudé fokus op die gesondheid van die menslike liggaam./mense se organe.                    1
          Sunet Kotzé fokus op dit wat die mens inneem./kos wat voedsaam vir die liggaam
          is./wat op 'n volhoubare wyse energie verskaf.                                                  1

          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

 1.7.2    Dr. Naudé is 'n (mediese) dokter, terwyl Sunet Kotzé 'n dieetkundige is./
          Dr. Naudé en Sunet Kotzé het verskillende (mediese) beroepe.                                    1

          Die kandidaat bied beide kante van die verskil vir EEN punt aan.

 1.8      Kinders sal nie voortdurend moeg wees nie./
          Kinders sal minder hiperaktief wees./
          Kinders se aandagspan sal beter/voldoende wees./
          Kinders sal minder afwesig by skole wees (as gevolg van allergieë).                            2
          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Huistaal/V1                            4                              DBE/November 2024
                                        NSS – Nasienriglyne

 1.9      Ja
          Die inligting bewys dat die feite geloofwaardig is (omdat Harvard 'n gerekende
          universiteit is)./
          Die inligting bewys met navorsing dat energiedrankies middels bevat om brein-
          aktiwiteit te verhoog./wat verslawend kan wees./
          Die inligting skok die leser met die geweldige hoë suikerinhoud in energiedrankies./
          Die inligting lig die leser in presies watter bestanddele daar in energiedrankies is.        2
          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
          Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.
 1.10     (Dit is verrassend dat hy erken daar is 'n negatiewe konnotasie, aangesien) hy steeds
          die energiedrankies bemark./verkoop./die erkenning sy verkope nadelig kan
          beïnvloed.                                                                                    1
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
 1.11     Die bewegingstrepies by die lyf./
          Die man is nou n superheld./
          Die man vlieg./kry vlerke./
          Die man se kop is in die wolke./
          Die koeldrank spat uit die blikkie uit./
          Die soutpot kantel op die tafel./
          Die betaalstrokie waai./
          Die pak klere sit nog regop, terwyl daar nie meer 'n lyf in is nie./
          Daar is 'n ontploffing/bewegingstrepies by die nek van die hemp.                             2
          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
 1.12     Die herhaling van die v-/f-klank sluit by die gedagte van die man wat vlieg aan./ ver-
          sterk die vlieg-/vryheid-/ontsnappingsgedagte.                                                1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
                                                      EN
          Die woordgebruik "doller-as-kopaf-dae" pas by die leë pak klere (sonder 'n kop) in die
          agtergrond./
          Die woord "vlerke"/"vlieg" pas by die man wat in die lug is./
          Die woorde "selfs ná middagete" pas by die tafel met kos wat pas geëet is./
          Die woorde "voel jou fut is uit" sluit aan by die koplose man.                                1
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
 1.13.1   Die energiedrankie is 'n wondermiddel, want dit gee hom vinnig energie (wanneer hy
          moeg is).                                                                                     1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
 1.13.2   Die middagete/kos wat hy geëet het, was nie voedsaam genoeg nie./het nie genoeg
          energie verskaf nie.                                                                          1
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
                                                                        TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Huistaal/V1                               5                            DBE/November 2024
                                              NSS – Nasienriglyne

    AFDELING B: OPSOMMING

    VRAAG 2
    Nasien van die opsomming
    •         Die nasien van die opsomming word baseer op die insluiting van die relevante feite in die
              teks wat met die vraag ooreenstem.
    •         Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van 'n opskrif/titel te
              voorsien nie.
    •         Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
    •         Slegs positiewe uitwerkings wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
    •         Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie, word die
              eerste opsomming nagesien.
    •         Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
    •         Punte word soos volg toegeken:
             o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
             o 3 punte vir taal
             o Totale punte: 10
    •        Verspreiding van punte vir taal wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal het nie:
             o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe.
             o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe.
             o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe.
    o         Verspreiding van punte vir taal wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het.
             o 6–7 direkte aanhalings: ken geen punte vir taal toe nie.
             o 4–5 direkte aanhalings: ken 'n maksimum van 1 taalpunt toe.
             o 2–3 direkte aanhalings: ken 'n maksimum van 2 taalpunte toe.
              NASIEN VAN OPSOMMINGS INDIEN DIREKTE AANHALINGS GEBRUIK WORD
 Gewone                                  AANTAL DIREKTE AANHALINGS UIT DIE TEKS
opsomming          7             6            5            4             3            2              1
 met eie      AANHALINGS    AANHALINGS   AANHALINGS   AANHALINGS    AANHALINGS   AANHALINGS     AANHALING      TOTAAL
 woorde
 7 feite +
                  +0            +0           +1           +1            +2           +2             +3           7
 3 punte
 6 feite +
                                +0           +1           +1            +2           +2             +3           6
 3 punte
 5 feite +
                                             +0           +0            +1           +1             +2           5
 2 punte
 4 feite +
                                                          +0            +1           +1             +2           4
 2 punte
 3 feite +
                                                                        +0           +0             +1           3
  1 punt
 2 feite +
                                                                                     +0             +1           2
  1 punt
 1 feite +
                                                                                                    +0           1
  1 punt
    LET WEL:
    •     Tel van woorde:
          o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
          o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui het nie of
              as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
          o As die getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die getal woorde
              oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.
          o Korter opsommings wat die vereiste aspekte bevat, mag nie gepenaliseer word nie.
      NASIENSIMBOLE
       V    Onvolledige sin        H       Herhaling              A     Aanhaling
       ^    Onvolledige feit       F       Feitefout

   Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Huistaal/V1                           6                             DBE/November 2024
                                       NSS – Nasienriglyne

 MOONTLIKE PARAGRAAF

 Rooibos help om die liggaam teen chroniese siektes te beskerm. Die inname van Rooibos kan
 bydra tot jou daaglikse vloeistofinname om gesonde hidrasie te bevorder. Rooibostee het verder
 ook 'n kalmerende uitwerking op die sentrale senustelsel en help met gewigsverlies. As jy
 Rooibostee voor slaaptyd drink, sal jy nie sukkel met slaapversteurings nie. Die inname van die
 tee dra tot 'n gesonde spysverteringstelsel by. Voorts help Rooibos na oefening om die liggaam se
 natuurlike balans te herstel. Gereelde verbruik van Rooibostee hou verband met verminderde
 koerse van depressie.                                                           [Getal woorde: 88]
                                               OF
             AANHALING UIT TEKS                         MOONTLIKE BEWOORDING
 1   ... want dit bevat natuurlike oksidante wat A Rooibos het medisinale waarde/help om die
     die liggaam teen chroniese siektes soos       liggaam teen (chroniese) siektes/kanker/
     kanker en hartsiektes beskerm.                hartsiektes te beskerm.
 2   Wanneer Rooibos sonder om suiker by te B Dit kan bydra tot jou daaglikse vloeistof-
     voeg gedrink word, kan dit daarom bydra  inname (om gesonde hidrasie te bevorder)./
     tot jou daaglikse vloeistofinname om     Dit kan gesonde hidrasie verseker/
     gesonde hidrasie aan te help.            aanhelp.
 3   Omdat Rooibostee ook kafeïenvry is, het C Rooibostee het 'n kalmerende uitwerking
     dit 'n kalmerende uitwerking op die        op die mens./die sentrale senustelsel.
     sentrale senustelsel.
 4   Mense wat aan slaapversteurings ly, vind D As jy Rooibostee (voor slaaptyd) drink, sal
     ook baat by die inname van hierdie tee.    jy nie met slaapversteurings sukkel nie.
 5   ... dat Rooibos geen kilojoules bevat nie – E Rooibos help met gewigsverlies.
     die eienskap maak dit ideaal vir mense
     wat op 'n gewigsverliesplan is.
 6   ... Rooibos is ook daarvoor bekend dat dit F Rooibos dra by tot 'n gesonde spysver-
     verskeie spysverteringsvoordele het. 'n      teringstelsel./help met jou algehele wel-
     Gesonde spysverteringstelsel dra tot jou     stand.
     algehele welstand by.
 7   ... wat help om die liggaam se natuurlike G Rooibos (na oefening) help dat die liggaam
     balans ná oefening te herstel.              se natuurlike balans herstel word.
 8   Navorsers het bevind dat gereelde verbruik H Gereelde verbruik van Rooibostee vermin-
     van Rooibos ’n sterk verwantskap met         der depressie.
     verminderde koerse van depressie het.
                                                                 Getal woorde: 82 woorde
                                                                     TOTAAL AFDELING B: 10

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Huistaal/V1                             7                             DBE/November 2024
                                         NSS – Nasienriglyne

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Nasien van hierdie afdeling:
•  Spelling:
   o Eenwoordantwoorde word nie gepenaliseer nie, al is die spelling nie korrek nie, tensy
        die spelling die betekenis van die woord beïnvloed en/of spelling die aspek is wat
        geassesseer word.
   o Waar 'n afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
•  Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word soos in die
   instruksie aangedui.
• Vir meervoudigekeusevrae word die letter van die korrekte antwoord en/of die antwoord wat
   uitgeskryf is, as korrek aanvaar.
VRAAG 3: ADVERTENSIE
Vraag      Antwoord                                                                             Punt
3.1.1      Die verskillende skriftipes/lettertipes/Sommige woorde is in hoofletters./groter/vet
           gedruk./
           Die woordgebruik: ontkenningsvorm/persoonlike voornaamwoord "ons"/die woord-
           keuse "oukei"/
           Die gebruik van kort sinne                                                            1
           Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
3.1.2      Ja
           Die weglaat van die opskrif is juis geslaagd, want dit veroorsaak dat die leser tot die
           einde van die advertensie moet lees./op die prente moet staatmaak om te weet waaroor
           die advertensie handel./Indien daar 'n opskrif was, sou die leser makliker geweet het
           watter produk geadverteer word.
                                                      OF
           Nee
           Die leser se aandag word reeds vasgevang deur die verskillende skriftipes./Die visuele
           voorstellings laat die leser dadelik sien watter produkte geadverteer word./
           Die afwesigheid van 'n opskrif laat die leser tot die einde lees om uit te vind wat
           geadverteer word. 
           Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.                                  1
3.2        "stout"                                                                                      1
           "sout"                                                                                       1
3.3.1      "nie"                                                                                        1
3.3.2      Die samelewing verwag dat almal van soetgoed sal hou./hulle soet sal gedra./mense
           almal dieselfde voorkeur moet hê.                                                            1
           Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
3.4        Denotatief: Dit verwys na southappies wat verkoop word.                                      1
           Konnotatief: Die besigheid kan vertrou word./is eerlik.                                      1
           Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN elk punt aan.
3.5        C/Dit beklemtoon die teenstelling wat deur "maar" ingelei word.                              1
3.6        Dit trek die leser se aandag, omdat dit onder in die hoek staan./skuins na bo geskryf
           staan./
           Die feit dat die naam regs onder staan, dwing die leser om eers deur al die inligting te
           lees./skep die idee dat die naam die hoogtepunt/kerngedagte vorm.                            1
           Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
                                                                                                         10

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Huistaal/V1                             8                             DBE/November 2024
                                         NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: STROKIESPRENT

Vraag     Antwoord                                                                                       Punt
4.1       "tog"/"net"                                                                                    1

4.2.1     Tamia glo nie in die herwinningsman nie./dink die herwinningsman is sommer 'n
          storietjie.                                                                                    1

4.2.2     Skok/verbasing/verstomming/verontwaardiging                                                    1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

4.3.      In RAAMPIE 3 kyk Ouma haar stip aan./is Ouma se arms gelig (om Tamia bang te
          maak)./is Ouma se vingers wyd gesprei./word Ouma se gesig geskakeer (wat op die
          onheilspellendheid in haar stem kan dui)./leun Ouma vooroor.                                   1

                                                     EN

          In RAAMPIE 4 is die agtergrond donker./die maan sigbaar./word net die silhoeët van die
          man (wat deur die strate draf) aangetoon.                                                      1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
4.4       Ja
          Tamia vra vir Ouma vir meer inligting./wys dat sy nuuskierig/bang is./leun agteroor (asof
          sy wegdeins)./se oë is groot.                                                                  1

          Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.
4.5       C/sarkasties                                                                                   1
4.6.1     ... wat vandag leef .../... met wie ons vandag werk ...                                        1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke BYVOEGLIKE BYSIN vir EEN punt aan.
4.6.2     na/volgens                                                                                     1

4.7       Die strokiesprent is gepas, want herwinning is tans 'n groot kwessie./kwessie wat
          dikwels misgekyk word./
          Die strokiesprent is gepas, want kinders is deesdae ongeërg oor herwinning./gee nie
          om oor die natuur nie./is nie op die omgewing ingestel nie.

                                                     OF
          Die strokiesprent is nie gepas nie, want die kinders is deesdae sterk ingestel op die
          groen manier van lewe./herwinning.                                                             1
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
                                                                                                          10

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V1                              9                         DBE/November 2024
                                          NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5: ARTIKEL

Vraag     Antwoord                                                                               Punt
5.1       y /jy                                                                                   1
5.2       vir seker                                                                              1
                                                       EN
          Seker maak/waarborg:
          Jy moet verseker dat daar genoeg geld is om jou rekeninge te betaal./
          Verseël die pakkie om te verseker dat niks uitval nie./
          Vir jouself kry:
          Ek wil vir my 'n lekker sitplek by die venster verseker./
          Iets is definitief so:
          Ek kan jou verseker dat ek die antwoord ken./
          Die taxibestuurder het my verseker dat ons betyds by die lughawe sal wees./
          Ooreenkoms met 'n maatskappy:
          Ek verseker my meubels teen diefstal./
          Goed toemaak:
          Jy moet jou besittings met 'n dubbele slot verseker./
          Oortuig wees:
          Jy kan verseker wees dat jy hierdie punt sal kry.
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
                                                   OF
          Ek gaan vir seker twee dae weg wees.                                                   1
          Indien die kandidaat se eerste antwoord verkeerd is, word die tweede opsie aanvaar.
5.3       Assimilasie                                                                            1
5.4       vrede + lief                                                                           1
5.5       En dit was regtig altyd 'n lekker beurt!                                               1
5.6.1     "Want" plaas die fokus op/beklemtoon die gevolgtrekking dat mense se drukkies
          verskil./die motivering waarom die skrywer oor die "drukkie" nagedink het.             1
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
5.6.2     Ek het onlangs weer diep (oor die druk wat die soen vervang het,) nagedink,
          omdat/aangesien/alhoewel/dat niemand op dieselfde manier 'n drukkie gee nie.           1
5.7       'n Drukkie word (deur niemand)/nie op dieselfde manier gegee nie.                      1
5.8       As 'n werkwoord:
          Hy jou die speler uit./
          Moenie my "jy" en "jou" nie./
          As 'n selfstandige naamwoord:
          Skryf die woord "jou" op die bord./
          As 'n ander voornaamwoordsoort:
          Moet jou nie bekommer nie./
          Ek ken jou al sewe jaar. 
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.                            1
                                                                                                  10
                                                                         TOTAAL AFDELING C:       30

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018-memo/ec966033-9c89-4162-a085-348fa5019f1d) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [FINAL Afrikaans HL P1 Nov 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/final-afrikaans-hl-p1-nov-2018-memo/b68b459e-9b13-478b-be0d-a2f55fdaa625) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2018-memo/774b795c-7467-46ef-bbf8-49299197af1c) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2017-memo/a6422696-4ee3-497e-a363-2d437719558c) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
