# Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the November 2024 NSC, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: November 2024 NSC
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 November 2024 NSC Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · November 2024 NSC · 2024 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                              NASIONALE
                          SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 12

                         AFRIKAANS HUISTAAL V1

                               NOVEMBER 2024

PUNTE: 70

TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Huistaal/V1                        2                       DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: Leesbegrip                         (30)
          AFDELING B: Opsomming                          (10)
          AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies       (30)

2.        Lees alle instruksies noukeurig deur.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.        Begin ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

5.        Trek 'n streep ná elke afdeling.

6.        Nommer elke antwoord korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Laat 'n reël oop ná elke antwoord.

8.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

9.        Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: 50 minute
          AFDELING B: 30 minute
          AFDELING C: 40 minute

10.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Huistaal/V1                      3                           DBE/November 2024
                                      NSS Vertroulik

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.   Nov

TEKS A: ARTIKEL

         ENERGIEDRANKIES: WONDERMIDDEL OF 'N WOLF IN SKAAPSKLERE*?

1    Of jy nou die langpad vat of laataand vir die eksamen leer, dink twee keer voor jy
     een ná die ander energiedrankie opslurp, waarsku kenners. Dié energiehupstoot
     in die kort termyn kan jou gesondheidsvlerke in die lang termyn vinnig knip.

2    Energiedrankies is besig om die mark vinnig oor te neem met beloftes van hoër
     energievlakke en nog beter fisieke prestasies. Verder word beweer dat dit jou 5
     verstand opskerp en selfs met gewigsverlies kan help.

3    Volgens 'n kenner hieroor, prof. Karen Hofman van Wits se Sentrum vir
     Gesondheidsekonomie, het die verkope van energiedrankies die laaste
     dekade verdriedubbel. In 2020 is R780 miljard van dié dikwels verslawende
     energiedrankies wêreldwyd verkoop.                                        10

4    Mordor Intelligence, 'n marknavorsingsmaatskappy, het reeds in 2020 voorspel
     dat die energiedrankiemark in Afrika elke jaar tot 2025 met 3,9% sal groei.
     Volgens hulle kan die groei in die verbruik daarvan aan die groei in aanvraag na
     energiedrankies en 'n veranderende leefstyl toegeskryf word. Mense se hoër
     inkomste, sportaktiwiteite en verstedeliking dra hiertoe by. Tydens 'n onderhoud 15
     op Cape Talk het prof. Hofman genoem dat hierdie groeiende aanvraag daartoe
     gelei het dat advertensies oor energiedrankies baie vinnig toegeneem het. Die
     teikengroep van die advertensies is veral mans tussen die ouderdomme van
     17 en 34 jaar.

5    Die energiedrankie word veral as 'n towerdrankie vir jou liggaam bemark! Dit het 20
     blykbaar eienskappe wat help om die liggaam te genees. Verder dateer
     adverteerders dit terug na toe die Antieke Grieke towerdrankies gemaak het.
     Hulle het geglo dat dit jou onsterflik sal maak. In 2014 is die Red Bull-maatskappy
     egter vir $13 miljoen gedagvaar vir sy valse bemarking. Sy slagspreuk ("Red Bull
     gives you wings") is deur iemand wat geglo het dat dit hom sal laat vlieg, letterlik 25
     opgeneem.

6    Dr. Isak Naudé, 'n mediese dokter in Gauteng, meen energiedrankies is oor die
     algemeen nie goed vir jou gesondheid nie – juis as gevolg van die hoë kafeïen-
     en suikerinhoud. Hoewel dit 'n paar vitamiene (veral vitamien B, wat help met
     breinfunksie) bevat, kan die kafeïen die hartspoed, die bloeddruk asook die 30
     hoeveelheid water wat deur jou niere beweeg, verhoog. Die gevolg is dat die
     liggaam meer vloeistof nodig het. Dit het tot gevolg dat die persoon nóg 'n drankie
     neem en só raak dit maklik 'n bose kringloop.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Huistaal/V1                                4                          DBE/November 2024
                                                NSS Vertroulik

7    'n Verdere probleem is dat die kombinasie van kafeïen en suiker die vrylating van
     gestoorde energie in die lewer stimuleer. Indien die stimulante uitwerk, bereik die 35
     liggaam 'n laagtepunt. Die lewer kan nie die verlies aan gestoorde energie
     vervang nie. Dit dryf die gebruiker om wéér 'n energiedrankie te neem.

8    Nog 'n bekommernis, volgens prof. Hofman, is die meng van energiedrankies met
     alkohol – veral by jong volwassenes. Mense "voel" glo minder onder die invloed,
     maar hulle koördinasie- en reaksievermoë word steeds beperk. Volgens die 40
     Wêreldgesondheidsorganisasie drink Suid-Afrikaners van die meeste alkohol ter
     wêreld. Suid-Afrikaners is ook, wat die verbruik van energiedrankies betref, besig
     om 'n voorloper te word. Daar word geraam dat hulle meer as 168 miljoen liter
     daarvan per jaar drink.

9    Sunet Kotzé, 'n geregistreerde dieetkundige van Pretoria, sê dat Suid-Afrikaners 45
     in die gejaagde lewe al hoe meer kits- en verwerkte kosse eet. Hierdie kossoorte
     laat nie groeiende kinders versadig voel nie – hulle is dus amper altyd honger en
     moeg. Energiedrankies word dikwels gebruik om eetlus te onderdruk en in die kort
     termyn 'n energie-inspuiting te gee. Hierdie swak eetgewoontes saam met
     energiedrankies kan gevolglik tot allergieë, hiperaktiwiteit en aandagtekort by 50
     kinders lei.

10   Sy voeg by dat voedsame kos, eerder as energiedrankies, ons liggame van
     volhoubare energie moet voorsien. Die meeste energiedrankies het baie suiker in
     wat baie vinnig in die bloedstroom beland. Dit kan tot insulienweerstandigheid lei,
     wat weer oorgewig en tipe 2-diabetes tot gevolg kan hê.                             55

11   Prof. Hofman bevestig dat suiker en kafeïen albei verslawend is. Aangesien
     hierdie energiedrankies besonder baie kafeïen en suiker bevat, raak mense
     maklik daaraan verslaaf. 'n Tipiese energiedrankie, volgens die Harvard Skool vir
     Openbare Gesondheid, bevat omtrent 40 g suiker (15 teelepels), 160 g kafeïen,
     kunsmatige versoeters, asook verskeie kruie of ander middels wat breinaktiwiteit 60
     verhoog.

12   Geo Bouwer, stigter en direkteur van PandaRoc-energiedrankies, gee toe dat
     hierdie drankies 'n negatiewe konnotasie het as gevolg van die hoë suiker- en
     kafeïeninhoud daarvan. Hy sê gesonder opsies in dié mark is beslis nodig, maar
     dit is eerder nodig dat die verbruiker opgevoed moet word oor die hoeveelheid 65
     verskillende kosgroepe wat per dag geëet moet word. Energiedrankies moenie as
     die sondebok uitgemaak word nie.

13   Daar kan dus met reg gevra word: Is energiedrankies die wondermiddel of die
     wolf in skaapsklere?

     *'n Wolf in skaapsklere – 'n skynheilige

        [Aangepas uit www.netwerk24./energiedrankies-dis-hoe-dit-jou-gesondheid-kelder-20221104 en
                                      maroelamedia.co.za//se-nee-vir-energiedrankies-die-eksamen]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Huistaal/V1                          5                             DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

TEKS B: VISUELE TEKS

                                              1 Vir daardie doller-as-kopaf-
                                              2 dae wanneer jy voel jou fut
                                              3 is uit, laat Red Bull
                                              4     jou met
                                              5        vlerke vlieg –
                                              6 selfs ná middagete.

                                              [Aangepas uit Red-Bull-cartoons/modules/590841179]

VRAE: TEKS A

1.1       Skryf TWEE afsonderlike sinsdele uit paragraaf 1 neer wat by " 'n wolf in
          skaapsklere" (in die titel) aansluit.                                                      (2)

1.2       Watter gedagte dra die skrywer met die gebruik van die woord "opslurp" in
          paragraaf 1 oor?                                                                           (1)

1.3       Verwys na paragraaf 2.

          Watter VIER beloftes dra daartoe by dat meer energiedrankies verkoop word?                 (4)

1.4       Evalueer die betroubaarheid van die statistiek in paragraaf 3 en 4 deur na
          elke paragraaf afsonderlik te verwys.                                                      (2)

1.5       Bemarking speel 'n belangrike rol in die verkope van produkte.

          1.5.1         Watter wanpersepsie oor energiedrankies word deur adverteerders
                        geskep én watter TWEE twyfelagtige feite gebruik hulle om die
                        teikenleser te manipuleer?                                                   (3)

          1.5.2         Dink jy dit is regverdig dat die Red Bull-maatskappy in 2014 vir
                        "valse bemarking" gedagvaar is? Motiveer jou antwoord.                       (1)

1.6       Verwys na paragraaf 6 en 7.

          Energiedrankies benadeel drie organe op verskillende maniere. Bewys hierdie
          stelling in DRIE afsonderlike sinne.                                                       (3)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Huistaal/V1                            6                            DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

1.7       Dr. Isak Naudé (paragraaf 6) en Sunet Kotzé (paragraaf 9) kyk vanuit
          verskillende oogpunte na die invloed van energiedrankies.

          1.7.1         Waarop fokus hulle onderskeidelik?                                           (2)

          1.7.2         Waarom het hulle verskillende benaderings hieroor?                           (1)

1.8       Watter TWEE voordele sal dit vir onderwysers inhou as ouers vir hulle kinders
          eerder gesonde kos gee as om energiedrankies toe te laat?                                  (2)

1.9       Is die invoeging van die Harvard Skool se inligting (paragraaf 11) funksioneel?
          Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                                                      (2)

1.10      Waarom is dit verrassend dat Geo Bouwer, die stigter en direkteur van
          PandaRoc-energiedrankies, saamstem dat energiedrankies 'n negatiewe
          konnotasie het?                                                                            (1)

TEKS B

1.11      Watter visuele inligting versterk die gedagte dat die energiedrankie baie
          vinnig werk? Noem TWEE aspekte.                                                            (2)

1.12      Verwys na reëls 1 tot 5.

          Waarom sou 'n mens kan sê dat die herhaling van die v/f-klank EN die
          woordgebruik die visuele uitbeeldings versterk? Verwys in jou antwoord na
          beide aspekte afsonderlik.                                                                 (2)

TEKS A EN B

1.13      Verwys na TEKS A en TEKS B.

          1.13.1        Hoe, dink jy, sal die man in TEKS B waarskynlik die vraag in die titel
                        van TEKS A beantwoord? Motiveer jou antwoord.                                (1)

          1.13.2        Verwys na paragraaf 10 in TEKS A.

                        Die man in TEKS B drink Red Bull saam met sy kos. Wat word
                        geïmpliseer oor die kos wat die man in TEKS B geëet het?                     (1)

                                                                     TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Huistaal/V1                        7                                DBE/November 2024
                                        NSS Vertroulik

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die teks hieronder en identifiseer SEWE positiewe uitwerkings wat rooibostee op
die mens se liggaam het.

LET WEL:       1.    Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm
                     aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
               2.    Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
               3.    Dit is nie nodig om vir die opsomming 'n titel te gee nie.
               4.    Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

TEKS C

                'N KOPPIE ROOIBOSTEE HELP MEER AS WAT JY BESEF
Rooibostee hou verskeie voordele vir die hele gesin in. Dié tee kom van 'n struik wat net
in die Sederberge by Clanwilliam voorkom en is dus uniek aan die Wes-Kaap. Dit vorm
deel van die Kaapse blommeryk wat algemeen as fynbos bekend staan en nêrens anders
in die wêreld groei nie.
Wat kan rooibos vir jou gesondheid doen? Rooibos het eerstens medisinale waarde, want
dit bevat natuurlike oksidante wat die liggaam teen chroniese siektes soos kanker en
hartsiektes beskerm. Dit is noodsaaklik om te alle tye gehidreer te bly as jy goeie
gesondheid wil handhaaf. Wanneer rooibos gedrink word sonder om suiker by te voeg,
kan dit daartoe bydra dat jou daaglikse vloeistofinname verhoog om sodoende gesonde
hidrasie aan te help.
Omdat rooibostee ook kafeïenvry is, het dit 'n kalmerende uitwerking op die sentrale
senustelsel van mense. Mense wat aan slaapversteurings ly, vind ook baat by die inname
van hierdie tee. Dit word selfs algemeen vir babas aanbeveel. Indien dit egter vir babas
gegee word, is dit belangrik dat dit nie as 'n plaasvervanger vir melk beskou word nie.
As jy sukkel om vetjies af te skud, kan jy gerus 'n koppie of twee rooibostee geniet. Die
rede hiervoor is dat rooibos geen kilojoules bevat nie – dié eienskap maak dit ideaal vir
mense wat op 'n gewigsverliesplan is. Kruietee soos rooibos is ook daarvoor bekend dat
dit verskeie spysverteringsvoordele het. 'n Gesonde spysverteringstelsel dra by tot jou
algehele welstand.
Vir fiksheidsbewustes en diegene wat besluit om ongesonde gewoontes soos oormatige
inname van suikerhoudende drankies te verminder, is rooibos 'n gesonde alternatief. Die
minerale in rooibostee is 'n bykomende voordeel wat help om die liggaam se natuurlike
balans ná oefening te herstel. Dit is daarom ideaal ná oefening.
Navorsers het verder bevind dat die gereelde verbruik van rooibostee 'n sterk
verwantskap met verminderde vlakke van depressie het. Een studie het bepaal dat vir
elke drie koppies tee wat per dag verbruik word, die relatiewe risiko van depressie met
37% afgeneem het.
Hierdie tradisionele drankie se voordele is legio en die uitwerking daarvan moenie
onderskat word nie.
                                                    [Aangepas uit https://mooileefstyl.co.za/rooibos]

                                                                       TOTAAL AFDELING B:               10
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Huistaal/V1                     8                                DBE/November 2024
                                     NSS Vertroulik

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Lees die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS D

                                                                    KAASSKONSIES
                                                                    R30 PER DOSYN

                                                                WASGOEDBONDELTJIES
                                                                    R40 PER DOSYN

                                                                   VLEISROLLETJIES
                                                                    R40 PER DOSYN

                                                                     VETKOEKIES
                                                                    R40 PER DOSYN

                                                                  FRIKKADELLETJIES
                                                                   R30 PER DOSYN

                                                 [Aangepas uit https://www.kiefkoekies.co.za]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V1                            9                           DBE/November 2024
                                            NSS Vertroulik

VRAE: TEKS D

3.1       'n Advertensie se hoofdoel is om die leser te oortuig om die produkte te koop.

          3.1.1         Watter tegniek gebruik die kopieskrywer in reëls 1 tot 3 om
                        onmiddellik die leser se aandag te trek?                                     (1)

          3.1.2         Het die weglaat van 'n opskrif 'n invloed op die geslaagdheid van dié
                        advertensie? Motiveer jou antwoord.                                          (1)

3.2       Skryf TWEE antonieme uit die advertensie neer wat bewys dat soet (reël 2)
          meer as een betekenis het.                                                                 (2)

3.3       Verwys na reëls 1 tot 3.

          3.3.1         Watter woord veroorsaak dat reël 1 en 2 nie 'n veralgemening is
                        nie?                                                                         (1)

          3.3.2         Watter verwagting deur die samelewing word in reël 3 weerspreek?             (1)

3.4       Die woordspeling in reël 7 en 8 dra tot die geslaagdheid van die advertensie
          by.

          Bewys hierdie stelling deur na die denotatiewe EN die konnotatiewe
          betekenis te verwys.                                                                       (2)

3.5       Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (3.5) en die letter
          (A–D) neer, bv. 3.5 E.

          Watter EEN van die volgende opsies is NIE die funksie van die beletseltekens
          in reël 9 NIE?

          A    Dit skep 'n dramatiese effek om die ekstra produkte te beklemtoon.
          B    Dit skep afwagting by die leser dat nog southappies beskikbaar is.
          C    Dit beklemtoon die teenstelling wat deur "maar" ingelei word.
          D    Dit manipuleer die leser om die inligting in reël 10 te lees.                         (1)

3.6       Die plasing van die naam van die besigheid is funksioneel.

          Motiveer waarom jy met hierdie stelling saamstem.                                          (1)
                                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V1                                      10                                         DBE/November 2024
                                                      NSS Vertroulik

VRAAG 4: STROKIESPRENT

Lees die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E
                                        RAAMPIE 1
                                                      Sorteer Ouma weer die               Sjuut, Tamia! Die
                                                      vullis? Herwinning is tog net       herwinningsman moenie
                                                      'n mors van tyd.                    hoor wat jy sê nie!

 Die                 Wat!? Het jy                      ... hy dwaal in die     Hy is gemaak van plastiek, papier,
 herwinnings-        nog nooit van     Is hy nie 'n                            metaal en glas ... soek deur die hele
                                                       nag deur die leë
 man? Hahaha!        hom gehoor        mite nie?                               buurt ...
                                                       strate.
                     nie?

                                       En as hy        Wat dink jy? Hy vat
   … na kinders wat dink                                                        Mooi probeer. As Ouma hom weer
                                       een kry?        hulle saam om
   herwinning is simpel!                                                        sien, sê vir hom ek sê hallo.
                                       Wat dan?        hulle te laat herwin.

                                                                                Kinders van vandag is anders. Hulle
    Hallo ... Het jy iets wat ek kan
    herwin?                                 AAAAH!                              is (4.6.2) ... my mening so
                                                                                gespanne!

                                                                   [Aangepas uit DM-Recycling-Man-2000px]

Kopiereg voorbehou                                                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V1                             11                          DBE/November 2024
                                             NSS Vertroulik

VRAE: TEKS E

4.1       Skryf 'n bywoord van modaliteit uit RAAMPIE 1 neer wat op Tamia se
          negatiewe houding dui.                                                                     (1)

4.2       Verwys na RAAMPIE 2.

          4.2.1         Watter aanname kan die leser uit Tamia se woorde in RAAMPIE 2
                        maak?                                                                        (1)

          4.2.2         Watter emosie dra die vetgedrukte woord van Ouma oor?                        (1)

4.3       Watter visuele tegnieke word in RAAMPIE 3 en RAAMPIE 4 onderskeidelik
          gebruik om die onheilspellende toon te ondersteun?                                         (2)

4.4       Ouma slaag in haar doel met haar woorde in RAAMPIES 3 tot 5.

          Stem jy met hierdie stelling saam? Motiveer jou antwoord deur na Tamia se
          reaksie in RAAMPIE 6 te verwys.                                                            (1)

4.5       Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (4.5) en die letter
          (A–D) neer, bv. 4.5 E.

          Tamia se woorde in RAAMPIE 7 is ...

          A    diskriminerend.
          B    stereotiperend.
          C    sarkasties.
          D    bevooroordeeld.                                                                       (1)

4.6       Verwys na RAAMPIE 10.

          4.6.1         "Kinders van vandag is anders."

                        Verander die onderstreepte bepaling na 'n byvoeglike bysin.                  (1)

          4.6.2         "Hulle is ... my mening so gespanne!"

                        Voltooi die sin hierbo met die korrekte voorsetsel.                          (1)

4.7       Evalueer die gepastheid van die strokiesprent in die samelewing waarin ons
          leef.                                                                                      (1)
                                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Huistaal/V1                           12                           DBE/November 2024
                                           NSS Vertroulik

VRAAG 5: ARTIKEL

Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS F

                          KOES JY VIR 'N SOENGROET?

1     Die soengroet is, dankie tog, finaal die nekslag toegedien weens Covid-19.
      Dit was 'n uitgerekte proses.

2     Almal het (5.2) (verseker/vir seker) 'n storie oor (5.3) daardie soenery: Van
      ou tannies met moesies en 'n swart haartjie wat jy probeer mis soen en die
      mik-sus-mik-so-aanval, tot die desperate systap van die sopperige 5
      smeersel.

3     In ons familie was daar een oom oor wie ons die snaaksste
      vermydingstaktiek uitgedink het om hom nie te soengroet nie. Ironies was
      oom Duif so sagmoedig en (5.4) vredeliewend soos sy naam. Maar, helaas,
      hy was ook tandloos! Nietemin, jy kon net sóveel keer agter in die tou val 10
      voordat dit jou beurt was. (5.5) En dit was regtig nooit 'n lekker beurt nie!

4     Ek het onlangs weer diep oor die druk wat die soen vervang het, nagedink.
      Want (5.7) niemand gee op dieselfde manier 'n drukkie nie.

5     Behalwe vir die beerdruk is daar die windmeulwals, waar niemand weet wie
      se arm bo-oor waffer skouer moet gaan nie en in dié proses beland jy 15
      gewoonlik met (5.8) jou neus in iemand se nekkuiltjie.
              [Aangepas uit https://www.netwerk24.com/netwerk24/stemme/menings20230713]

VRAE: TEKS F

5.1       Skryf die diftong in die titel neer.                                                      (1)

5.2       Kies die korrekte spelling tussen hakies én gebruik die een wat jy nie gekies
          het nie in 'n verklarende sin.                                                            (2)

5.3       Watter klankverskynsel vind plaas indien "daardie" (paragraaf 2) as "daarie"
          uitgespreek word?                                                                         (1)

5.4       Skryf die stamme          van    die   samestellende   afleiding   "vredeliewend"
          (paragraaf 3) neer.                                                                       (1)

5.5       "En dit was regtig nooit 'n lekker beurt nie!" (Paragraaf 3)

          Skryf die sin hierbo in die bevestigende vorm.                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Afrikaans Huistaal/V1                          13                        DBE/November 2024
                                          NSS Vertroulik

5.6       Verwys na paragraaf 4.

          5.6.1         Waarom is dit effektief om die neweskikkende voegwoord ("want")
                        aan die begin van die tweede sin te plaas?                               (1)

          5.6.2         Verbind die twee sinne in die paragraaf met 'n onderskikkende
                        voegwoord.                                                               (1)

5.7       "... niemand gee op dieselfde manier 'n drukkie nie." (Paragraaf 4)

          Skryf die woorde hierbo in die lydende vorm.                                           (1)

5.8       Gebruik die besitlike voornaamwoord "jou" in paragraaf 5 as 'n ander
          woordsoort in 'n verklarende sin.                                                      (1)
                                                                                                 [10]

                                                                TOTAAL AFDELING C:               30
                                                                    GROOTTOTAAL:                 70

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Afrikaans HL · Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2022/7d3a1fac-f27c-4882-a682-cfe752eb8aeb) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans HT GR. 12 V 2 JUNIE 2023 FINAAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-gr-12-v-2-junie-2023-finaal/4cfda32a-8937-4c06-b165-cdfa2820cd2d) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2023/570bfb5d-f864-4400-8cd2-30d4b1b647c7) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 MEMO GR12 SEPT 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-memo-gr12-sept-2022/3073e906-8969-412a-869e-48eff08f4ccc) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
