# Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021, 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2021

                 AFRIKAANS HUISTAAL V1

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
  2                                   AFRIKAANS HUISTAAL V1              (EC/SEPTEMBER 2021)

   INSTRUKSIES EN INLIGTING

   1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A:       Leesbegrip                     (30)
         AFDELING B:       Opsomming                      (10)
         AFDELING C:       Taalstrukture en -konvensies   (30)

   2.    Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

   3.    Beantwoord AL die vrae.

   4.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

   5.    Trek ŉ streep na elke afdeling.

   6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

   7.    Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

   8.    Skryf netjies en leesbaar.

   9.    Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

   10. Voorgestelde tydsindeling:

         AFDELING A: 50 minute
         AFDELING B: 30 minute
         AFDELING C: 40 minute

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2021)                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                                     3

  AFDELING A: LEESBEGRIP

  VRAAG 1

  Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

  TEKS A: ARTIKEL

                  JY HOOR MY NIE, WANT ... ONS LUISTER NIE MEER NIE
           Ons het die kuns van luister verleer ... dis hoekom ons verhoudings sneuwel.

     1     “Okay, Linda. Listen, listen, listen ... listen, Linda,” sê ŉ driejarige seuntjie in ŉ
           YouTube-video. (Dis nie net Linda wat nie luister nie.) Volgens ŉ studie aan
           drie Amerikaanse universiteite onthou ons net 25% van wat ons hoor. Ons
           het die kuns van luister verloor, reken dié navorsers.

     2     Luistervaardighede is een van die hoekstene van doeltreffende kommunikasie 5
           en suksesvolle verhoudings, sê Marlaine Pienaar, Bolandse sielkundige. Ons
           praat ook, maar word nie gehoor nie. Dalk omdat ons onsself nie doeltreffend
           of met emosie uitdruk nie. Of omdat ons konfronteer of krities of verwytend is.
           Sy bevestig verder dat ŉ gebrek aan luistervaardighede verhoudings laat
           verbrokkel en dit maak ons so ongelukkig.                                       10

     3     Deur te luister kan ons probleme identifiseer. Moet net nie oombliklik iemand
           anders s’n wil oplos nie. Heidi Malan, sielkundige van Pretoria, verduidelik die
           meeste probleme is soos ŉ ui. Deur te luister kan jy iemand help om elke lagie
           af te skil en by die kern van die probleem te kom. Luister kan ook
           oorweldigende emosies verlig, sê sy. Wanneer emosies jou gespreksgenoot 15
           se denke domineer, dink hy dalk nie meer so rasioneel nie. Indien jy na hom
           luister, help dit hom omdat hy nie meer so emosioneel oor sy probleem dink
           nie, eerder nugter. Deur te luister help jy ook jou gespreksgenoot om self sy
           probleem op te los. Om dit reg te kry moet hy kreatief dink. Wanneer hy dit
           regkry, gee dit hom selfvertroue en vind hy dit makliker om die beste oplossing 20
           te kry.

     4     Ons behoort met begrip te luister, eerder as om te reageer, voeg Heidi by. Jy
           bedoel dit dalk goed om raad te gee, of te troos, maar dit verlig nie noodwendig
           ontsteltenis nie. Jou gespreksgenoot kan opstandig raak en jou insette
           verkeerd vertolk as “jy dink ek kan nie my eie probleem oplos nie. Jy verstaan 25
           my nie. Jy frustreer of bedreig my. Jy maak my angstig.” Maar deur met begrip
           te luister, word die onvoorwaardelike aanvaarding van “ek hoor jou” geskep.
           Julle hoef nie noodwendig saam te stem nie.

     5     Jannie Putter, motiveringspreker en leefstylafrigter, beklemtoon dat respek
           ononderhandelbaar is vir suksesvolle verhoudings. Ongelukkig seëvier 30
           disrespek. Familiariteit is ŉ oorsaak hiervan, reken hy. Wanneer ons mense
           goed ken, heg ons nie meer waarde aan hulle nie, ons hoor nie meer wat hulle
           sê nie.

     6     Ons kyk na werklikheidsprogramme. Eers skokkend, maar later die norm.
           Sporthelde en -afrigters vloek en skree op skeidsregters. Leerders minag hul 35
           onderwysers.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
  4                                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                          (EC/SEPTEMBER 2021)

      7     Deur met begrip te luister kan ons verhoudings bou wat op wedersydse
            agting, liefde en vrede gebaseer is. Maar hoekom luister ons dan nie meer
            nie? Tegnologie is ŉ groot probleem. Ons is behep met ons selfone. Ons
            vrees dat ons iets sal misloop. Tegnologie gee ook onmiddellike                              40
            behoeftebevrediging. Jy voel of jy tot ŉ groep behoort. Maar dit kan ook
            verslawend wees en raak uiteindelik belangriker as regte verhoudings.

      8     Ons het die stem van die wêreld in ons ore. Ons luister nie, want ons oë is
            op skerms gerig of ons dra oorfone. Jou kind se selfoon word sy belangrikste
            verhouding. Ons verleer sosiale vaardighede. Ons wil ook nie hoor wat ons                    45
            alles moet doen nie. Dalk is ons bang vir kritiek en manipulasie. Ons word
            grootgemaak om foute raak te sien, mekaar te kritiseer en te oordeel, reken
            Putter. Ons wil reageer, maar luister nie na ander se hart nie. Marlaine
            Pienaar, sielkundige van die Boland, reken weer ons is selfgerig, ons jaag
            sukses en plesier na. Ons ambisies en prestasies is belangriker as ander                     50
            se behoeftes. Die lewe het mededingend geword. Hierdie stres veroorsaak
            angs en dit lei tot meer gejaagdheid.

      9     Elke verhouding bied spesifieke luisteruitdagings. Die uitdaging is om met
            begrip na mekaar te luister en nie dadelik te reageer nie. Ongelukkig luister
            ons om te praat, nie om te verstaan nie. As jy met begrip luister, probeer jy                55
            verstaan.

      10 Waak teen vooropgestelde idees. Raak bewus van en werk aan jou
         persoonlikheidseienskappe. Doen introspeksie – dalk is jy dominerend of
         selfgesentreerd. Oefen respek tuis. Maak daagliks tyd vir persoonlike
         gesprekke en oor iets spesifieks. Monitor die tyd wat jy aan jou selfoon                        60
         bestee. As jy nie gehoor word nie, het jy dikwels minder selfvertroue en
         probleme met interpersoonlike verhoudings. Jou liggaamstaal moet wys jy
         luister, behou oogkontak, glimlag en gee erkenning. Neem mekaar se
         kommunikasiestyle in ag. Onthou dat persoonlikhede verskil. Respekteer
         mekaar se tyd en gemoed. Vra of dit ŉ goeie tyd is om te praat.                                 65

      11 ŉ Gebrek aan kommunikasie is een van die belangrikste redes vir
         egskeiding, sê kenners. Te veel dinge trek ons aandag af en ons verleer om
         na mekaar te luister. Die gevolg is frustrasie, angstigheid of eensaamheid.
         Om aktief te luister skep minder misverstande. Dit skep ŉ veilige ruimte om
         oor gevoelens te praat en mekaar te verstaan. Emosies is nie reg of                             70
         verkeerd nie. Hoe kan ons beter luister? Fokus. Maak seker jy het reg
         gehoor. Vra jou maat vrae. Moenie gevolgtrekkings maak of die persoon
         onderbreek nie. Moenie blameer of veroordeel nie.

      12 Luistervaardighede is ook van deurslaggewende belang in die werkplek.
         Verskeie studies van die departement van arbeid in die VSA het dit reeds                        75
         bewys. As jy goed luister, is jy meer doeltreffend en produktief.
         Misverstande sal verminder. Jy sal ŉ sterker samehorigheidsgevoel op
         kantoor skep en beter in ŉ span kan saamwerk.

                                                                [Verwerk uit Sarie.com, Junie 2020]

      *Introspeksie: selfondersoek, waarneming van die eie innerlike, ondersoek en ontleding van eie
       gedagtes en gevoelens

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2021)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                   5

 TEKS B: VISUELE TEKS

                                          RAAMPIE 1

                                          RAAMPIE 2

                        Luister ons werklik na
                               mekaar?

                                          RAAMPIE 3

                         Maak oop jou ore ... niemand luister meer nie!

                                                               [Aangepas uit www.istockphoto.com]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
  6                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                     (EC/SEPTEMBER 2021)

   VRAE: TEKS A

   1.1      Waarom ondervind verhoudings so baie probleme en selfs verbrokkeling?              (1)

   1.2      Hoe sluit die driejarige seuntjie se pleidooi by die onderstreepte frase in
            paragraaf 1 aan?                                                                   (1)

   1.3      Noem EEN rede waarom die skrywer statistiek by hierdie artikel ingesluit
            het.                                                                               (1)

   1.4      Luistervaardighede word as uiters belangrik geag. Verskaf TWEE redes
            waarom.                                                                            (2)

   1.5      Gee VIER redes waarom kommunikasie nie suksesvol kan plaasvind nie.                (4)

   1.6      Herlees paragraaf 3.

   1.6.1    Waarom, dink jy, is die identifisering van ŉ probleem sowel as die oplos
            daarvan onderskeidelik so belangrik as die gespreksgenoot se
            luistervaardighede goed is?                                                        (2)

   1.6.2    Verduidelik watter gevaar daar in emosies skuil tydens probleemoplossing.          (1)

   1.7      Hoe sluit die onderstreepte sinne in paragraaf 4 by die eerste sin van
            paragraaf 1 aan?                                                                   (1)

   1.8      Hoe weet die leser dat disrespek die oorhand het? Gee TWEE bewyse
            waarom disrespek as die norm beskou kan word.                                      (3)

   1.9.1    Volgens Heidi Malan, in paragraaf 7, kan verhoudings wel gered word.
            Noem TWEE voorvereistes van ŉ suksesvolle verhouding.                              (2)

   1.9.2    Kan Heidi Malan se oplossings as geloofwaardig beskou word? Motiveer jou
            antwoord.                                                                           (1)

   1.10     Dink jy, na aanleiding van paragraaf 8, dat die leser rede tot
            bekommernis/skeptisisme het wanneer dit by persoonlike verhoudings kom?             (3)

   1.11     Waarin lê die ironie opgesluit van die onderstreepte sin in paragraaf 9?            (1)

   1.12     Deur na liggaamstaal in paragraaf 10 te verwys, evalueer jou
            kommunikasiestyl (en waaraan jy aandag behoort te gee).                             (1)

   1.13     Waarom is dit belangrik om nie gevolgtrekkings te maak of jou
            gespreksgenoot te onderbreek nie?                                                   (1)

   1.14     Die departement van arbeid in die VSA slaag in sy verduideliking in
            paragraaf 12 waarom luistervaardighede in die werkplek belangrik is.

            Verduidelik waarom die leser met bogenoemde stelling kan saamstem.                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2021)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                                 7

  VRAE: TEKS B

  1.15     Watter visuele bewys in RAAMPIE 3 dui daarop dat die kommunikasie nie
           suksesvol is nie?                                                                (1)

  1.16     Dink jy die woorde van die muis in die hoek van die spotprent is gepas?
           Motiveer jou antwoord.                                                           (1)

 VRAAG: TEKS A en TEKS B

  1.17     In watter opsig is daar ŉ verband tussen paragraaf 8 en 10 van TEKS A en
           die inhoud van TEKS B? Verwys afsonderlik in jou antwoord na die verband
           van elkeen van die paragrawe met TEKS B.                                         (2)

                                                               TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
  8                                 AFRIKAANS HUISTAAL V1                       (EC/SEPTEMBER 2021)

   AFDELING B: OPSOMMING
   VRAAG 2

   Lees die teks hieronder en maak ŉ opsomming van SEWE voordele wat
   tuinmaak op die mens se siel en gees het.

   LET WEL:
   1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in duidelike, volsinne) in
      paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
   2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
   3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ŉ titel te gee nie.
   4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
   TEKS C

                          VIER VANJAAR TUINMAAK – VIRTUEEL
   Tuinmaak word jaarliks tydens Oktober in sonnige SA gevier. Gedink dis net vir (ou)
   mense wat nie iets beter het om met hul tyd te doen nie? Dink weer. Navorsing toon dat
   daar talle voordele is vir dié wat tyd in groen en natuurlike ruimtes deurbring.
   Tuinmaak skep ŉ gevoel van prestasie, selfs al het jy jouself nooit as iemand met groen
   vingers beskou nie. Nadat jy geplant, gekweek en geoes het, mag jy dalk anders oor
   tuinmaak voel.
   ŉ Tuin, selfs net ŉ pot of twee, drie, is vol dinge wat op versorgende hande reageer. Dit is
   goed vir hartgesondheid deur jou hart te versterk. Sonder om dit te besef, verbrand jy ŉ
   paar kalorieë ook en bou spierkrag. ŉ Gimnasium in jou tuin!
   Tuinmaak is ŉ lekker gesinsaktiwiteit. Dit skep herinneringe en kinders geniet dit om in die
   grond te speel en leer verantwoordelikheid aanvaar. So bring jy tyd saam met jou gesin
   deur. Dit is ŉ wonderlike ding om met geliefdes te deel.
   Tuinmaak is ook ŉ goeie aktiwiteit om alleen aan te pak. Dit laat jou in voeling kom met
   jouself aangesien dit perfek is as bewustheids- en meditasie-oefening. Geniet die plante,
   voëlsang en vars lug terwyl jy werk.
   Plant groente en kruie vir finansiële gesondheid. As jy groente plant, beteken dit jy hoef
   dit nie te koop nie. Jy kan baie geld op kos bespaar deur dit self te kweek. Jy kan ook van
   jou oes verkoop!
   Dit help jou ontspan terwyl jy jou vaardighede slyp. Dit hou jou kreatief deurdat jy beplan,
   uitvoering aan jou planne gee en moontlike probleemoplossing bied wat in die toekoms
   mag opduik.
   Tuinmaak is ook goed vir jou geestesgesondheid. Dit het sensoriese en terapeutiese
   voordele. As jy na mooi blomme kyk, skep dit positiewe gevoelens en verminder stres. Dit
   kan selfs pasiënte in hospitale help herstel.
   So, waarvoor wag jy? Trek daar ŉ pot nader, kry jou vingers in die grond – met of sonder
   handskoene!
                                                       [Aangepas uit Huisgenoot, 2 Februarie 2020 ]

                                                                TOTAAL AFDELING B:             10

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2021)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                     9

  AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

  VRAAG 3: ADVERTENSIE

  Bestudeer die advertensie (TEKS D) en beantwoord die vrae wat volg.

  TEKS D

        1
                             Oeps!
        2              Toemaar, alles gaan
        3                  fyn wees!

        3

       4        Glad nie nodig om te stres oor mors en vuil vlekke.
       5       Ons dink hierdie veeldoelige skoonmaakmiddel is die
       6         oplossing vir al jou onverwagse foute en flaters.

       7          Skitterskoon, die antwoord op ál jou
       8
       11           vlekke; nie net Vlekkie s’n nie.

                                                         [Verwerk uit Dischem Benefits, Summer 2019]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
  10                                AFRIKAANS HUISTAAL V1                     (EC/SEPTEMBER 2021)

   VRAE: TEKS D

   3.1      Waarom is die uitroepteken in reël 1 funksioneel in die konteks van die
            advertensie?                                                                   (1)

   3.2      Skryf ŉ woord uit reël 2 tot 3 neer wat as manipulerende taal beskou kan
            word.                                                                          (1)

   3.3      Hoekom is die woord “Toemaar” in reël 2 gepas?                                 (1)

   3.4      Hoe ondersteun die meisie se lyftaal die woord “Toemaar” in reël 2?            (1)

   3.5      Gee die intensiewe vorm van die onderstreepte woord in reël 3.                 (1)

   3.6      Is die foto van die hond in die advertensie gepas? Motiveer jou antwoord.      (1)

   3.7      Die onderstreepte woorde in reël 4 weerspreek die visuele voorstelling
            van die advertensie. Verduidelik deur TWEE bewyse uit te lig.                  (2)

   3.8      Skryf TWEE opeenvolgende woorde uit reël 5 tot 6 neer wat op ŉ eie
            opvatting/mening/standpunt dui. Herskryf nou hierdie reël sodat dit ŉ feit
            vorm.                                                                           (2)
                                                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2021)                                AFRIKAANS HUISTAAL V1                                         11

  VRAAG 4: STROKIESPRENT

  Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

  TEKS E

   ZITS

                  RAAMPIE 1                             RAAMPIE 2                           RAAMPIE 3
               Wanneer jy jou                                                    Om op te som, wees jouself,
        bestuurslisensie-toets aflê, is       Wees net jouself.                  maar tree op soos iemand
                                                                   OK, Pa.
          die belangrikste ding om
                                                                                 wat gefokus en versigtig is.
            jouself te wees, Zits.

             RAAMPIE 4                    RAAMPIE 5                              RAAMPIE 6
                                    Moenie jaag nie! Kyk na die
         Bestuur versigtig.
                                     voetgangers! Gebruik jou      Watek
                                                                  Wat   ekmoet
                                                                           moet weet,
                                                                                weet, vertel
                                                                                      vertelsy
                                                                                             symy
                                                                                                mynooit  nienie
                                                                                                     nooit
         Ek wil my minder
                                    spieëls! Moenie jou selfoon      en wat ek reeds weet,  herhaal sy vyf
                                                                  en wat ek reeds weet, herhaal sy vyf keer.
        bekommer oor jou.
                                            gebruik nie!                            maal!
                                             Jy bestuur!                                                 Net
                                                         OK                                              vyf?
                              OK                         OK

                                                         OK

                                                        OK

                                                                               [Aangepas uit www.zitscomics.com]

  VRAE: TEKS E

  4.1         Verduidelik onderskeidelik die gebruik van die twee kommas in
              RAAMPIE 1.                                                    (2)

  4.2         Hoe weet ons dat Zits se pa in RAAMPIE 3 sy woorde gebruik om die
              verhouding tussen taal en mag uit te beeld?                       (2)

  4.3         Stem jy saam dat Zits se pa hier bevooroordeeld is? Motiveer jou antwoord. (1)

  4.4         Watter visuele bewys is daar in RAAMPIE 3 dat Zits se pa moeilik sy eie
              woorde glo?                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
  12                               AFRIKAANS HUISTAAL V1                   (EC/SEPTEMBER 2021)

   4.5      Ondersteun die visuele voorstelling in RAAMPIE 3 die vetgedrukte
            woorde in hierdie raampie?                                                   (1)

   4.6      Watter visuele bewyse is daar in RAAMPIE 1, 2 en 3 dat Zits se ma, in
            RAAMPIE 4, rede tot kommer het?                                              (1)

   4.7      Verduidelik waarom RAAMPIE 5 as stereotipering beskou kan word.              (1)

   4.8      Wat is die geïmpliseerde betekenis van Zits se vriend se woorde in
            RAAMPIE 6?                                                                   (1)
                                                                                         [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2021)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                     13

  VRAAG 5: ARTIKEL

  Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS F

        MATRIKULANT: “DIE KLAS VAN 2020 GAAN DIE BESTE HIERVAN MAAK”

  1     My gewone skoolskedule is deur Covid verwoes. Hier sit ek nou in my
        slaapkamer. My matriek-wiskunde moet getakel en afgehandel word. My ander
        handboeke gluur my aan asof ek die virus is. Tuisonderrig is my voorland.

  2     Die besef tref my weer soos ŉ klip teen die kop: Dié inperking waarin ek verkeer,
        het net twee uitkomste: of ŉ absolute mislukking, of welverdiende sukses. Ek is 5
        gewoond aan roosters en halfuur-pouses, maar nou is ek uitgelewer (5.4) die
        selfdissipline en eise van tuisonderrig.

  3     My maag draai as ek besef: ek moet iets doen! My heen en weer “yskas-toe-stap-
        plan” gaan nie werk nie. My kop begin stelselmatig ŉ aksieplan vir aanpas en
        wen uiteensit: Ek gaan vasbyt en deurdruk. Hier kom ŉ unieke leergeleentheid, 10
        nogals met my pantoffels aan!

  4     My bekommernis begin stadigaan afneem namate ek my werk op die tydlyn voor
        my neerpen. Ek begin bewus raak van nuwe geleenthede. Ek is deel van
        nasionale inperking. Dit is veel meer van belang as my tydelike hartseer oor
        verlore tyd saam met my vriende.                                             15

  5     Tussendeur begin ek en my maats diep dinge gesels. Ek besef dat isolasie dalk
        ŉ bedekte seën kan wees. In pleks van om ŉ slagoffer-jas oor my skouers te trek,
        het ek die kans om myself vir ander maalkolke en slaggate voor te berei. Ek sal
        eendag kan terugkyk en sê ek het hierdie een gewen en die beste uit die virus-
        jare gehaal.                                                                     20

                                             [Aangepas uit Die student, netwerk24, 6 Mei 2020]

  VRAE: TEKS F

  5.1      Skryf EEN woord uit paragraaf 1 neer wat direk met “hiervan” in die titel
           verband hou.                                                                          (1)

  5.2      Herskryf die onderstreepte sin in paragraaf 1 in die bedrywende vorm.                 (1)

  5.3      Gee ŉ idioom met “klip” as kern wat beteken jy help iemand met ŉ moeilike
           taak.                                                                                 (1)

  5.4      Skryf die ontbrekende voorsetsel in paragraaf 2 neer.                                 (1)

  5.5      Wat is die konnotatiewe verklaring vir die onderstreepte woorde in                    (1)
           paragraaf 3?

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
  14                                AFRIKAANS HUISTAAL V1                    (EC/SEPTEMBER 2021)

   5.6      Gebruik die vetgedrukte werkwoord in paragraaf 3 as ŉ skeibare
            werkwoord in ŉ verklarende sin.                                                (1)

   5.7      Wat is die bepaler van die vetgedrukte woord in paragraaf 4? Gebruik dit
            nou as kern in ŉ samestelling van jou eie in ŉ sin.                            (2)

   5.8      Skryf die antoniem van die onderstreepte woord in paragraaf 4 neer.            (1)

   5.9      Benoem die taalverskynsel wat in die onderstreepte woorde aangetref
            word.                                                                          (1)
                                                                                          [10]

                                                            TOTAAL AFDELING C:            30
                                                                GROOTTOTAAL:              70

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2021/ff108b78-d3ed-481e-bcc0-ecd7d096a8be) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2021/7bdd34ac-0ea8-45ae-9033-ffd66428cf13) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 QP SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-qp-sept2020/54595e79-3d93-4ae2-b134-974b78fd2965) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Afrikaans HL · Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 MEMO GR12 SEPT 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-memo-gr12-sept-2022/3073e906-8969-412a-869e-48eff08f4ccc) — Afrikaans HL · Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2020/c443320a-014e-4134-a869-afbb86475a74) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
