# Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2022, 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2022/c96b2145-8ca9-4a74-b98a-2cbc883bb34f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2022/c96b2145-8ca9-4a74-b98a-2cbc883bb34f)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P1 MEMO GR12 SEPT 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-memo-gr12-sept-2022/3073e906-8969-412a-869e-48eff08f4ccc) — Memo · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2022

                   AFRIKAANS HUISTAAL V1

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
  2                                   AFRIKAANS HUISTAAL V1            (EC/SEPTEMBER 2022)

  INSTRUKSIES EN INLIGTING

  1.     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A: Leesbegrip                           (30)
         AFDELING B: Opsomming                            (10)
         AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies         (30)

  2.     Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

  3.     Beantwoord AL die vrae.

  4.     Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

  5.     Trek ŉ streep na elke afdeling.

  6.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

  7.     Laat reël oop na elke antwoord.

  8.     Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

  9.     Voorgestelde tydsindeling:

         AFDELING A: 50 minute
         AFDELING B: 30 minute
         AFDELING C: 40 minute

  10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                  3

  AFDELING A: LEESBEGRIP

  VRAAG 1

  Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

  TEKS A: ARTIKEL

                        Jurassic Park vir Robbeneiland
        Dinosourusse en mammoete* – genetiese manipulasie ál
                      groter deel van ons lewe
  1     Drie navorsingsgroepe werk tans aan ŉ plan om mammoete te laat herlewe.

  2     Mammoete – daardie olifantagtige gediertes in Disney se Ice Age-fliekreeks –
        het 4 000 jaar gelede uitgesterf. Dis nie te lank gelede nie; daar was nog
        mammoete in Siberië toe die Egiptenare die groot piramide van Giza gebou
        het!                                                                                  5

  3     Maar net miskien is ons generasie bevoorreg genoeg om weer mammoete in
        lewende lywe te sien. Dit, ten minste, is wat die nuutste tegnologie beloof, en
        wat drie navorsingspanne dryf. Elke span gebruik ŉ ander tegniek. Suid-
        Koreaanse span is op soek na lewendige mammoetselle in die Siberiese
        ontvriesde ys. ŉ Japannese span wil molekulêre biologie gebruik om                  10
        mammoetselle in muise te kweek en die Amerikaners wil deur kloning Asiese
        olifante transformeer in mammoete.

  4     Maar volgens Beth Shapiro, professor in ewolusionêre biologie in Kalifornië en
        skrywer van Life as We Made It, is al drie pogings redelik vergesog*. Al hierdie
        spanne het ŉ verkeerde perd opgesaal. Dis baie onwaarskynlik, verduidelik sy,       15
        dat lewendige selle in die Siberiese ys sou voortleef. En Asiatiese olifante en
        mammoete se DNS het byna 1 miljoen verskille. Dit gaan bitter lank vat om
        van Asiatiese olifant-DNS na mammoet-DNS in ŉ lewendige sel te beweeg.

  5     Kom ons aanvaar dis tegnies moontlik. Die vraag is: Moet ons? Shapiro is
        versigtig. Sy skryf: “Terwyl wetenskaplikes eendag ŉ olifantgenoom kan              20
        verander in ŉ mammoetgenoom, en dan daardie sel kloon met olifantma om ŉ
        dier te kry wat soos ŉ mammoet lyk, is dit werklik ŉ mammoet?”

  6     Ons almal weet dat ŉ identiese tweeling dieselfde lyk, maar as die een in ŉ
        ander omgewing grootword, is hulle werklik dieselfde? “Sal die baba-
        mammoet, blootgestel aan olifantkos en -gedrag, soos ŉ mammoet of soos ŉ            25
        olifant optree?”

  7     ŉ Meer filosofiese vraag is seker: Hoekom wil ons mammoete – of enige ander
        uitgestorwe dier – terugbring? Is dit net om hulle weer te sien? Is dit om hulle
        te bestudeer? Of om met hulle te boer? Of dalk om geld uit hulle te maak? In
        Asië kan jy reeds jou troeteldier kloon teen ŉ geniepsige $100 000, natuurlik.      30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
  4                                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                          (EC/SEPTEMBER 2022)

  8    Genetiese manipulasie hou geweldige moontlikhede vir die toekoms in, vir
       mens en dier. Haar eie navorsing, oor die bison van Amerika, wys hoe die
       mens oor duisende jare reeds die genetika van hierdie diere onwillekeurig
       gemanipuleer het: die bison is vandag baie kleiner as voorheen. Daar is
       natuurlik baie ander voorbeelde in die diereryk, byvoorbeeld beeste wat 10 500               35
       jaar gelede selektief geteel is vanaf aurogs. Soos mense al hoe meer op een
       plek begin bly het, het hulle waarskynlik wilde aurogs gevang en dan net die
       mins aggressiewe bulle gekies om mee te teel. Oor honderde generasies het
       nuwe spesies ontstaan.

  9    Wat nuut is, is die spoed waarteen ons vandag nuwe spesies kan skep.                         40
       Tegnologie soos CRISPR – ontwikkel deur Jennifer Doudna en Emmanuelle
       Charpentier in 2012 – laat wetenskaplikes toe om binne een generasie ŉ dier
       se eienskappe te selekteer. Shapiro beskryf so ŉ eksperiment – die poging
       van die biotegnologiemaatskappy, Recombinetics, om horinglose holstein-
       bees te ontwikkel. In 2015 is Buri en Spotigy gebore uit embrio’s wat                        45
       gemanipuleer is. Albei het nie horings gehad nie. Sukses!

  10   Maar daar was ook uitdagings. Een was dat die Amerikaanse regulatoriese*
       owerhede addisionele genetiese materiaal gevind het. Daar was ook ander
       tegniese bekommernisse, wat veral slegte en onregverdige sensasionele
       persdekking in Amerika gekry het. Die hele eksperiment, ten spyte van die                    50
       sukses, is stopgesit.

  11   ŉ Mens kan produkte met ŉ swaar las op die omgewing vervang. Die
       maatskappy, Impossible Foods, is besig om vegetariese burgers met laer
       vetinhoud te maak wat soos die ware Jakob proe. Hul geheime bestanddeel?
       Plantbloed vervaardig deur geneties-gemanipuleerde gis. Gis is ŉ wonder-                     55
       middel. Die maatskappy, Bolt Threds, manipuleer gis vir tekstielware. Die
       maatskappy, Modern Meadow, manipuleer gis om leer te vervaardig. Let wel,
       dit is nie kunsmatige leer nie, dis ware leer, behalwe dat mens nie dier
       daarvoor hoef te slag nie. Soos die koste van manipulasie en vervaardiging
       daal, gaan die ekonomiese moontlikhede toeneem. Boere sal moet wakker                        60
       slaap.

  12   Die volgende stap is die manipulasie van die menslike genoom. Hoewel die
       meeste van ons manipulasie van plante en diere aanvaar, is ons minder
       opgewonde oor die selektering van spesifieke eienskappe in babas. Ek weet
       nie of ek my kind se karaktereienskappe op ŉ spyskaart wil kan uitkies nie.                  65

  13   Daar is geen twyfel dat genetiese manipulasie deel van ons toekoms sal wees
       nie. Daar is groot mediese, regulatoriese en etiese kwessies wat uitgeklaar
       sal moet word.

  14   Maar daar is ook die moontlikheid, soos Shapiro verduidelik, om die wêreld ŉ
       beter plek te maak. Jurassic Park op Robbeneiland? Dalk nie so onwerklik                     70
       soos dit klink nie.

       *mammoete – prehistoriese, behaarde olifantsoort
       *regulatoriese – wat bepaal of voorskrifte nagekom word
       *vergesog – wat nie in noue verband met die onderwerp staan nie

                                                          [Verwerk uit Rapport, 9 Januarie 2022]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                                 5

  TEKS B: VISUELE TEKS

    7 Maart 1997, sowat ŉ jaar ná Dolly, ŉ Skotse skaap, die eerste soogdier is wat suksesvol
    van ŉ volwasse sel gekloon is, bespiegel wetenskaplikes en genetici oor die
    lewensvatbaarheid van mense kloon.

                                                                 [Uit Landbouweekblad, 1 Mei 2019]

  VRAE: TEKS A

  1.1      Haal DRIE opeenvolgende woorde uit die subopskrif aan wat by die
           hoofopskrif aansluit.                                                               (1)

  1.2      Waarom beskou die skrywer 4 000 jaar gelede nie as lank gelede nie?                 (1)

  1.3      Waarom word die poging van die Japannese span om mammoete te laat
           herleef as ironies beskou?                                                          (1)

  1.4      Herlees die onderstreepte sin in paragraaf 3 en die volledige paragraaf 4.

           Hoe weerspreek die onderstreepte sin in paragraaf 3 Beth Shapiro se
           sienings?                                                                           (1)

  1.5      Herlees die onderstreepte sin in paragraaf 4.

           1.5.1       Verduidelik die betekenis van die uitdrukking binne die konteks
                       waarin dit hiér gebruik word.                                           (1)

           1.5.2       Sê waarom Beth Shapiro se mening oor die mense se pogings om
                       mammoete te probeer ‘skep’ as geloofwaardig beskou kan word.            (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
  6                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                      (EC/SEPTEMBER 2022)

   1.6      Herlees paragraaf 5.

            1.6.1     Wat word geïmpliseer met die woorde: ‘Shapiro is versigtig’?              (1)

            1.6.2     Gee TWEE redes waarom ŉ retoriese vraag gebruik word om
                      paragraaf 5 af te sluit.                                                  (2)

   1.7      Sê in EEN volsin wat die kritiek is op die skepping van ŉ mammoet.                  (1)

   1.8      Noem VIER redes waarom mense moontlik die mammoet wil laat herleef.                 (4)

   1.9      Verduidelik waarom die kloning van ŉ troeteldier, volgens jou, as ŉ goeie of
            slegte idee beskou kan word.                                                        (1)

   1.10     Herlees paragraaf 8.

            Stem jy saam met prof. Shapiro se stelling oor die bison as gemanipuleerde
            dier?                                                                               (1)

   1.11     Is die voorlaaste sin in paragraaf 8 ŉ feit of ŉ mening? Motiveer jou antwoord.

   1.12     Herlees paragraaf 10.                                                               (1)

            1.12.1    Gee TWEE redes waarom die pogings om ŉ horinglose bees te
                      ontwikkel gestaak is, hoewel dit suksesvol aangepak is.                   (2)

            1.12.2    Skryf ŉ woord uit paragraaf 10 neer wat ŉ direkte teenstelling van
                      die laaste woord in paragraaf 9 is.                                       (1)

   1.13     Herlees paragraaf 11.

            1.13.1    Bespreek waarom die manipulasie van gis vir tekstielware nie nét
                      voordeel vir die mensdom inhou nie.                                       (1)

            1.13.2    Noem TWEE voordele wat die manipulasie van gis vir die mens
                      inhou.                                                                    (2)

   1.14     Evalueer die moontlikheid om werklik van Robbeneiland ŉ Jurassic Park te
            maak, na aanleiding van die inhoud van TEKS A.                                      (1)

   VRAE: TEKS B

   1.15      Dink jy die hond is geïnteresseerd in die man se woorde? Motiveer.                 (1)

   1.16      Gee TWEE visuele bewyse dat die vrou verward is ná sy haar man se
             woorde gehoor het.                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                                 7

  VRAAG: TEKS A en TEKS B

  1.17     Wat impliseer die man met die koerant met sy woorde rakende die man wat
           herhaaldelik in sy gedagtes voorkom?                                           (1)

  1.18     Waarom kan ŉ mens sê dat die boer se reaksie in TEKS B ŉ kontras vorm,
           met die onderstreepte sinsdeel in die laaste paragraaf van TEKS A?             (1)

  1.19     Bespreek hoe die verwysing na genetiese manipulasie in TEKS A,
           paragraaf 12, verskil van die genetiese manipulasie in die sin direk onder
           die spotprent (TEKS B).                                                        (1)

                                                            TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
  8                                 AFRIKAANS HUISTAAL V1                        (EC/SEPTEMBER 2022)

   AFDELING B: OPSOMMING

   VRAAG 2

   Lees die teks hieronder en maak ŉ opsomming van SEWE wenke om ‘Covid-brein’
   teen te werk.

   LET WEL:

   1.    Jou opsomming moet in jou eie woorde (in duidelike, volsinne) in
         paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
   2.    Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
   3.    Dit is nie nodig om vir die opsomming ŉ titel te gee nie.
   4.    Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

   TEKS C

                                      COVID-BREIN

   Covid-brein is ŉ skrikwekkende ervaring wat veroorsaak dat selfs jongmense dink
   dat hulle Alzheimersiekte ná die virus het. Dit veroorsaak dat jy mense se name
   vergeet, onbewus is wat jy vroeër gedoen het en take wil herhaal. Die ergste wat
   kan gebeur, is dat jy ŉ neuroloog besoek om hom mee te deel dat jy Covid-19 gehad
   het, maar dan vergeet jy hoekom jy daar is.

   Aangesien hierdie ervaring nuut is, weet mense nie wat om te doen nie en volg
   moontlik verkeerde raad. Die beste raad is om met ŉ kenner soos ŉ sielkundige oor
   angs en depressie te praat. Dit bly ŉ vorm van terapie vir die siel as jy van jou laste
   kan ontslae raak deur daaroor te praat. Soms voel jy ná so ŉ sessie of daar ŉ
   massiewe las van jou skouers afgegooi is. Dit is ook aan te beveel om na musiek te
   luister, want dit bring kalmte in jou gemoed en verbeter breingesondheid.

   Dit is goed om ŉ Mediterreense dieet wat uit groente, vrugte, neute, bone, volgraan-
   produkte, onversadigde vette en suiwelprodukte bestaan te volg en alkohol en
   dwelms te vermy. Wat ŉ mens inneem, het tog ŉ groot impak op jou gemoed.

   Kenners reken ook dat die toestand vererger word indien ŉ mens nie genoeg slaap
   inkry nie, want dit is ŉ bewys dat ŉ brein wat genoeg rus kry, gouer herstel. Baie
   volwassenes glo dat net groeiende kinders ag uur of meer per nag se slaap moet
   inkry, maar dit is beslis nie ŉ reël slegs vir kinders nie.

   ŉ Baie vinnige lewenstempo kan ook net meehelp om die situasie te vererger. ŉ
   Lewenstempo wat te hoog is, plaas eenvoudig net te veel druk op jou as mens.

   Positiewe denke is ŉ wonderlike teenmiddel om Covid-brein teen te staan, want
   wanneer jy aan positiewe dinge dink, word jou gemoed onmiddellik gelig en dit kan
   kort- en langtermynvoordele vir jou inhou.

   Dis ŉ ongelooflik frustrerende gevoel as jy skielik iemand bekend se naam vergeet
   het of maklike woorde wat jy wil uitspreek, nie kan onthou nie

                                                         [Verwerk uit rooirose, Januarie 2022]

                                                                TOTAAL AFDELING B:               10

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)                AFRIKAANS HUISTAAL V1                                     9

  AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

  VRAAG 3: ADVERTENSIE

  Bestudeer die advertensie (TEKS D) en beantwoord die vrae wat volg.

  TEKS D

   Super M
   1   JOU GRYP-EN-
   2   GENIET-DRANKIE
   3   VIR DIE TUSSENIN
   4   OOMBLIKKE

   5   In ons besige lewens
   6   kan jy nie elke
   7   dingetjie beheer nie,
   8   maar jy kan dit
   9   geniet.

   10 Al wat jy nodig het,
   11 is M!

   12 Het jy ŉ hupstoot in die namiddag nodig?
   13 Super M sal jou dag maak!

                                                          14 Al wat jy
                                                          15 nodig het

                                                      [Verwerk uit Tuis, Febr./Maart 2021.]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
  10                                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                      (EC/SEPTEMBER 2022)

  3.1    Watter boodskap wil die adverteerder met reël 1 en 2 oordra?                            (1)

  3.2    Verwys na die groter letters en lettertipes in reël 1 tot 4.

         3.2.1       Hoe beïnvloed die groter letters in reël 1 tot 4 die leser?                 (1)

         3.2.2       Sal jy die gebruik van dié tipe letters as funksioneel beskou?
                     Verduidelik jou antwoord kortliks.                                          (1)

  3.3    Hoe word die leser in reël 5 betrek?                                                    (1)

  3.4    Waarom maak die adverteerder van die woorde ‘besige lewens’ in reël 5
         gebruik?                                                                                (1)

  3.5    Hoe ondersteun die foto die boodskap van die advertensie?                               (1)

  3.6    Watter oorredingstegniek gebruik die adverteerder in reël 10 en 11?                     (1)

  3.7    3.7.1       Waarom is die gebruik van die woord hupstoot in reël 12 na jou
                     mening gepas?                                                               (1)

         3.7.2       Verskaf ŉ sinoniem vir die woord hupstoot in reël 12.                       (1)

  3.8    Gee die afkorting van die onderstreepte woord in reël 12.                               (1)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                                       11

 VRAAG 4: STROKIESPRENT

 Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS E

 ZITS 1

       RAAMPIE 1                      RAAMPIE 2                      RAAMPIE 3
   … en toe sê                      Dit was pret om saam
                                                                 Ons moet dit
   Moederlief: “Ja, dit             met jou skottelgoed te
                                                                 meer gereeld
   is so.”                               was, Jeremy.
                                                                    doen.

 ZITS 2

     RAAMPIE 4            RAAMPIE 5                 RAAMPIE 6             RAAMPIE 7

     Hier het ek een         … en droë
    trippelhamburger       blaarslaai met                                            Kan ek
    met ekstra kaas,        suurlemoen.                                                ŉ
       sous, tjips…                                                     Seuns…
                                                                                     happie
                                                                                     van dit
                 Vir my                                                               kry?

                                                     [Verwerk uit https://www.comicskingdom.com]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
  12                                AFRIKAANS HUISTAAL V1                   (EC/SEPTEMBER 2022)

   TEKS E

   4.1     Waarom is die onderstreepte woord in RAAMPIE 1 na jou mening gepas?             (1)

   4.2     Wat is die rede waarom Jeremy se lag in RAAMPIE 3 anders uitgebeeld
           word, as sy lag in RAAMPIE 1?                                                   (1)

   4.3     Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (4.3) en die letter
           (A–D) neer.

           In RAAMPIE 3 is Jeremy ...

           A    teleurgesteld.
           B    gefrustreerd.
           C    sarkasties.
           D    gelukkig.                                                                  (1)

   4.4     Watter stereotipering van seuns word in RAAMPIES 1–3 uitgebeeld?                (1)

   4.5     Wat is die funksie van die ellips in RAAMPIE 4 binne die konteks van die
           strokie?                                                                        (1)

   4.6     Verklaar die rede vir die meisie se gesigsuitdrukking in RAAMPIE 7.             (1)

   4.7     Verduidelik watter ironie is in Jeremy se woorde in RAAMPIE 7 opgesluit.        (1)

   4.8     Verskaf ŉ gepaste voornaamwoord in die plek van die onderstreepte woorde
           in RAAMPIE 7.                                                                   (1)

   4.9     Dui ŉ vorm van oordrywing én stereotipering wat in RAAMPIES 4–7 voorkom,
           afsonderlik aan.                                                                (2)
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                                    13

  VRAAG 5: ARTIKEL

  Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

  TEKS F

                        (5.1) BEDREIGDE DIERESPESIES

  1      Diere is (5.2) belangrik in die werking van die natuur, maar baie van hulle
         word bedreig. As ons hulle nie bewaar nie kan hulle (5.4) eendag uitsterf.

  2      Plaaslike diere op die Rooi Lys:

         Swartrenoster        3 142             ((5.5) Dís hoeveel volwassenes oor is.
         Danksy ingryping neem die getalle toe, maar dit word steeds bedreig.)

  3      Meer as 40 000 (5.6) dierespesies word deur uitsterwing bedreig.

  4      Wat bedreig diere se bestaan?

         Baie diere word onwettig gejag vir ornamente of om as medisyne gebruik te
         word.    Renosters se horings en ietermagô’s se huidskubbe word
         byvoorbeeld gebruik as medisyne, want sommige kulture glo dit het magiese
         genesings- eienskappe.

  5      Ander (5.7) (mens) aktiwiteite wat diere se voortbestaan in gevaar stel, is die
         vernietiging van hul habitatte. Hul habitatte word besoedel, verwoes deur
         middel van ontbossing, aardverwarming en die bou van omgewings vir
         mense om te bly.

  6      Hoekom maak diere saak?

         Wanneer diere uitsterf, beïnvloed dit ekostelsels. Die balans tussen die
         spesies, en daarom ook die gehalte van die (5.8) voedselketting neem af.

                                                            [Verwerk uit Kuier, 3 Maart 2022]

  VRAE: TEKS F

  5.1     5.1.1      Gebruik die stam van die onderstreepte woord in die opskrif om ŉ
                     teenwoordige deelwoord te vorm. Gebruik nou hierdie teenwoordige
                     deelwoord in ŉ verklarende sin.                                            (1)

          5.1.2      Benoem watter woordsoort dit nou is.                                       (1)

  5.2     Gee die intensiewe vorm van die onderstreepte woord in paragraaf 1.                   (1)

  5.3     Verbeter die leestekenfout in paragraaf 1 deur die sin korrek neer te skryf
          en noem ook die funksie van die leesteken.                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
  14                                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                 (EC/SEPTEMBER 2022)

   5.4     Gebruik die donkergedrukte woord in paragraaf 1 as twee woorde in ŉ
           verklarende sin.                                                                (1)

   5.5     In paragraaf 2 word ŉ akuut gebruik ter wille van beklemtoning. (Dís)
           sê of dit, volgens jou mening, nodig is om hierdie woord hier te beklemtoon.    (1)

   5.6     Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (5.6) en die letter
           neer.

           In paragraaf 3 is die onderstreepte woord ŉ ...

           A         simpleks.
           B         afleiding.
           C         samestelling.
           D         samestellende afleiding.                                              (1)

   5.7     Maak gebruik van afleiding om die woord tussen hakies in die korrekte vorm
           te verbuig. Skryf slegs die woord neer.                                         (1)

   5.8     Verdeel die onderstreepte woord in klankgrepe.                                  (1)
                                                                                          [10]

                                                               TOTAAL AFDELING C:           30
                                                                   GROOTTOTAAL:             70

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2022/635d4025-2ec6-4a06-a793-dc0f35254a58) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2022/7d3a1fac-f27c-4882-a682-cfe752eb8aeb) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 QP SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-qp-sept2020/54595e79-3d93-4ae2-b134-974b78fd2965) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2022/3eab821d-3328-4649-9b69-df2f8a598b74) — Afrikaans HL · Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Afrikaans HL · Memo · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
