# Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2019, 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-nov-2019-d/af17b42a-bf7d-411a-bd91-82a3e48685f9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-nov-2019-d/af17b42a-bf7d-411a-bd91-82a3e48685f9)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P1 MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-memo-nov-2019/cc69d4d1-16aa-4b0a-9f2f-f5f2b5556419) — Memo · 2019 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                      NOVEMBER 2019

                 AFRIKAANS HUISTAAL V1

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                                *IAFRHL1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
  2                                   AFRIKAANS HUISTAAL V1               (EC/NOVEMBER 2019)

   INSTRUKSIES EN INLIGTING

   1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A:      Leesbegrip                      (30)
         AFDELING B:      Opsomming                       (10)
         AFDELING C:      Taalstrukture en -konvensies    (30)

   2.    Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

   3.    Beantwoord AL die vrae.

   4.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

   5.    Trek ŉ streep na elke afdeling.

   6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

   7.    Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

   8.    Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

   9.    Voorgestelde tydsindeling:

         AFDELING A: 50 minute
         AFDELING B: 30 minute
         AFDELING C: 40 minute

   10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2019)                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                                 3

 AFDELING A: LEESBEGRIP

 VRAAG 1

 Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

 TEKS A: ARTIKEL

                               Eet jouself POSITIEF!
      Gemorskos is nie net sleg vir jou liggaam nie, dis sleg vir jou brein en maak jou
     depressief. Nuwe navorsing toon jy kan met ŉ paar dieetveranderinge jou gemoed
                                          ophelder.

 1        Dis ou nuus dat burgers, skyfies en pizzas nie juis goed vir jou lyf is nie. Te     1
          veel daarvan kan ook tot hartsiektes en algemene swak gesondheid lei. Is
          gemorskos trooskos wat jou dadelik beter laat voel? Wat die meeste mense
          vergeet, is dat die brein deel van die liggaam en dus sentraal by gevoelens en
          gewaarwordinge betrokke is. Wat sleg is vir die liggaam, gaan sleg wees vir         5
          die brein.

 2        ŉ Uitgebreide, nuwe studie van navorsers in Brittanje, Frankryk, Spanje,
          Australië en die VSA het die verband tussen dieet en depressie ondersoek.
          Altesaam 32 908 volwassenes het aan 41 studies oor die verband tussen
          dieet en depressie deelgeneem. Die belangrikste bevinding is dat gemorskos         10
          met baie vet en suiker of verwerkte kosse sistemiese inflammasie in die
          maag, maar ook die hele liggaam bevorder. Die impak van ŉ swak dieet is
          dieselfde as ŉ rookgewoonte, besoedeling, vetsug en te min oefening. Hierdie
          soort chroniese inflammasie affekteer breinmolekules en neurotransmittors
          wat die gemoedstoestand reguleer.                                                  15

 3        Volgens dr. Camille Lassale, die leier van die studie, verbonde aan die
          departement van epidermiologie en openbare gesondheid van die
          Universiteitskollege van Londen, verhoog ŉ slegte dieet die risiko van
          depressie aansienlik. Dr. Cosmo Hallstrom, ŉ depressie-spesialis van die
          Koninklike Kollege van Psigiaters in Londen, bevestig dit: “Die chemiese           20
          samestelling van die maag stem baie ooreen met dié van die brein. Dus is dit
          nie verrassend dat dinge wat die maag affekteer, ook die brein affekteer nie.”
          Prof. Helen S. Lampard, voorsitter van die Koninklike Kollege van Algemene
          Praktisyns, beaam dat hierdie grootskaalse studie verdere bewyse verskaf
          dat ŉ gesonde dieet ons gemoed verbeter en ons meer energie gee. Volgens           25
          haar beveel al meer algemene praktisyns (in Engeland) aan dat hul pasiënte
          ŉ sinvolle dieet volg en lewenstylveranderinge maak as deel van ŉ holistiese
          benadering vir die behandeling van chroniese siektes, omdat dit verskeie
          positiewe invloede op hul pasiënte se fisieke en geestelike gesondheid het.

 4        Een uit ses volwasse Britte ervaar depressie en angsaanvalle. Daar bestaan         30
          nou sterk argumente ten gunste van dieet in die hoofstroom van psigiatriese
          medisyne, volgens een van die navorsers van die studie. Die voordele van ŉ
          verbeterde dieet in die stryd teen depressie word ook deur onlangse
          proefnemings gesteun. Weereens is transvette uitgewys as die groot
          sondebokke.                                                                        35

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
  4                                AFRIKAANS HUISTAAL V1                      (EC/NOVEMBER 2019)

         Wetenskaplikes aan die San Diego-universiteit het die transvetsuur in die
         dieet van 1 699 mans en 3 293 vroue ontleed en hul emosionele reaksies
         gemeet en gevind dat kitskos mense depressief en minder in beheer van hul
         emosies maak. Individue met ŉ hoër inname van transvette het gesukkel met
         “emosionele bewustheid” en ŉ laer vlak van “emosionele helderheid” getoon.          40
         Daarteenoor word individue met ŉ lae inname van transvette met meer
         positiewe en minder negatiewe effekte geassosieer en hulle kon hul emosies
         beter beheer. Hierdie bevindings strook met nog ŉ studie van die Universiteit
         van Kalifornië wat bevind het dat daar ŉ beduidende verband tussen ŉ hoër
         inname van transvetsure en aggressie is. Anders gestel: meer transvette             45
         maak jou befoeterd.

  5      ŉ Dieet ryk aan transvette word reeds aan hoë vlakke van cholesterol in die
         bloed gekoppel, wat hartaanvalle, hartsiektes en beroerte veroorsaak.
         Kenners is besorg dat die gevare van transvette vir die gemoed en
         geestesgesteldheid nog nie ernstig opgeneem word nie. Die dieet wat ons             50
         liggame verwoes, is ook besig om ons breine te verwoes, stel die Oxford
         navorser, dr. Alex Richardson, dit onomwonde in The Guardian.

  6      Inflammasie is ons liggaam se gesonde reaksie om siekte te beveg. Maar
         wanneer dit handuit ruk, kan inflammasie chronies raak en tot vele
         gesondheidsprobleme lei, van outo-immuunsiektes tot kanker en depressie.            55
         Kosse hoog in suiker en versadigde vette kan inflammasie aanwakker, en dis
         hoekom sommige mense wat aan inflammatoriese toestande en outo-
         immuunafwykings ly, hulle tot laesuikerdiëte wend, berig Time. Gelukkig is
         daar talle voedselsoorte wat inflammasie teenwerk.

  7      Die dieetkundige, Desiree Nielsen sê dat ons ons spens moet skoonmaak               60
         deur ontslae te raak van versnaperinge, bykosse en kitsmaaltye met
         bestanddele wat nie die gesonde kombuistoets slaag nie. As jy ŉ bestanddeel
         sien waarmee jy nie kan kook nie, moet jy dit nie eet nie. Ons
         tweelingepidemies van spysverteringsiektes en inflammasie gaan hand aan
         hand. ŉ Gesonde, funksionele maag bevolk deur gesonde bakterieë hou die             65
         immuunstelsel kalm.

  8      Nielsen stel die volgende voor: “Beperk jou inname van alkohol, suiker,
         kaffeïen en rooivleis – dit meng alles met die gesondheid van jou
         spysvertering in. Voer jou maag en sy inwoners met probiotika, sink en
         heelplantvoedsel.”                                                                  70

  9      Om die afbrekende emosionele uitwerking van transvette teë te werk, word
         die volgende aanbeveel: verminder stres, slaap genoeg, hou op rook, oefen
         meer en neem meer van die volgende superkosse in wat jou
         gemoedstoestand ŉ hupstoot gee, soos paprika en eet pere wat ŉ hoë
         veselverskaffer is. Spinasie beskerm die liggaam teen molekules wat                 75
         inflammasie veroorsaak en swart tee maak are oop en bevat antioksidante
         wat bekend is daarvoor dat hulle selle teen skade beskerm.
                                                 [Verwerk uit Vrouekeur, 14 Desember 2018]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2019)                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                                     5

 TEKS B: VISUELE TEKS

                                                        1   Geen melk en koekies
                                                                vir jou nie…

                                                        2 Dis ŉ glutenvrye, lae-
                                                          vet, organiese
                                                          beskuitjie en water.

                                                        3 Ons skoorsteen is dun,
                                                          kan kraak en Mamma
                                                          sê jy raak vet.

                                               [Verwerk uit: Maroelamedia, 15 Desember 2017]
  VRAE: TEKS A

  1.1   Gee TWEE opeenvolgende woorde in die subteks wat by die woord ‘positief’
        in die titel aansluit.                                                             (1)

  1.2   Gemorskos is “trooskos”. Stem jy saam na aanleiding van paragraaf 1?               (1)

  1.3   Wat word gesien as ŉ gevolg van die inname van gemorskos met baie vet en
        suiker en waarmee kan dit vergelyk word?                                           (2)

  1.4   Waarom word die mens se gemoedstoestand dan deur gemorskos
        geaffekteer?                                                                       (2)

  1.5   Herlees paragraaf 3.

        Watter ooreenstemmende sienswyse huldig drs. Lassale en Hallstrom? Kan
        hul uitsprake as geloofwaardig beskou word? Motiveer jou antwoord.                 (2)

  1.6   Noem TWEE positiewe gevolge van ŉ gesonde dieet. Is dit, na jou mening,
        moontlik om altyd ŉ gesonde dieet te volg? Motiveer jou antwoord.                  (3)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
  6                                AFRIKAANS HUISTAAL V1                    (EC/NOVEMBER 2019)

  1.7    In paragraaf 3 benadruk prof. Helen S. Lampard dat huisartse/algemene
         praktisyns sekere aanbevelings aan hulle pasiënte maak wat aan chroniese
         siektes ly. Noem hierdie aanbevelings asook watter aanbeveling jy as die
         belangrikste beskou. Motiveer jou keuse.                                          (3)

  1.8    Noem die VIER negatiewe gevolge wat ŉ hoër inname van transvetsure op
         die liggaam het.                                                                  (4)

  1.9    Waarom, dink jy, kan daar gesê word dat inflammasie nie net sleg is vir jou
         liggaam nie?                                                                      (1)

  1.10   Volgens die Amerikaanse dieetkundige, Desiree Nielsen, kan Jan Publiek wel
         sekere maatreëls tref om spysverteringsiektes en inflammasie te bekamp.
         Wat is jou reaksie/opinie hierop? Verduidelik jou sienswyse.                      (1)

  1.11   Herlees paragraaf 9.

         Noem enige EEN van hierdie sogenaamde superkosse. Sou jy sê dat dit wel
         moontlik is om jou gemoedstoestand op te kikker met die sogenaamde
         ‘superkosse’? Motiveer jou antwoord.                                              (2)

  1.12   Noem enige epidemie wat volgens Desiree Nielsen amok saai onder die
         mens en gee ŉ voorsorgmaatreël wat getref kan word om dit te bekamp.              (2)

  VRAE: TEKS B

  1.13   Watter visuele leidraad in TEKS B dui daarop dat die Kersvader nie ingenome
         is met dit wat die seuntjie hom aanbied nie?                                      (1)

  1.14   Wat word met die eerste twee sinne van die seuntjie geïmpliseer?                  (1)

  1.15   Hoe slaag die spotprent daarin om die fokus op oorgewig en gesond eet te
         plaas?                                                                            (1)

  VRAE: TEKS A EN B

  1.16   Herlees TEKS A (paragraaf 4) en TEKS B. Watter ooreenkoms is daar
         tussen dié paragraaf en die uitdrukking op die Kersvader se gesig?                (1)

  1.17   Herlees die onderstreepte sinne 1 en 3 in TEKS B. Waarom kan die seuntjie
         se woorde as manipulerend beskou word? Bespreek ook die ironie hiervan.           (2)

                                                             TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2019)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                                      7

 AFDELING B: OPSOMMING

 VRAAG 2

 Lees die teks hieronder en maak ŉ opsomming van SEWE wenke wat jy kan gebruik
 om 2020 jou jaar van GROOT sukses te maak.

 LET WEL:        1.    Jou opsomming moet in jou eie woorde (in duidelike, volsinne) in
                       paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde
                       beslaan nie.
                 2.    Jy moet ŉ samehangende paragraaf skryf.
                 3.    Dit is nie nodig om vir die opsomming ŉ titel te gee nie
                 4.    Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

 TEKS C

                           MAAK 2020 JOU BESTE JAAR OOIT!
 Die lewe is te kort om te veel onnodige foute te maak. Leer by ander en maak 2020 jou
 jaar van GROOT sukses. Soms is dit klein veranderinge wat ŉ groot verskil maak.
 Moenie volgende jaar nes 2019 aanpak nie. Staan ŉ tree terug en kyk hoe jy dit dalk
 anders en beter kan doen.
 Begin die dag reg deur jou soggens ŉ paar kalm minute met jou beker koffie of tee te
 gun. Dit skud nie net jou brein aan die gang nie, dis ook die ideale tyd om jou dag te
 beplan en ŉ paar aantekeninge te maak oor dinge wat jy moet doen. Boonop is jy in
 goeie geselskap. Beethoven het glo presies sestig koffiebone vir sy oggendkoffie
 gebruik.
 Daar is selde kortpaaie na sukses. Die meeste suksesvolle mense sal vir jou sê dat
 harde werk en toewyding die boustene vir sukses is. Moenie bang wees vir mislukkings
 nie. As jy nie waag nie, gaan jy nie wen nie, lui die spreekwoord. Jy weet nooit
 wanneer jou groot deurbraak sal aanbreek nie. ŉ Mens leer mos net deur jou foute. Jou
 grootste suksesse kan dus juis wag om te gebeur omdat jy nie bang is vir mislukkings
 nie.
 Ons almal het daardie nare takies wat ons uitstel en uitstel. Kies dus ŉ dag soos ŉ
 Maandag of ŉ Vrydag en doen dan al die goedjies wat jy bly uitstel. Moenie net by
 uitstel bly nie!
 Almal kan effens aan hul persoonlikheid skaaf, of deur opleiding nuwe kennis inwin,
 maar dit help nie jy probeer om iemand anders te wees nie. Die geheim is om jou
 uniekheid as jou persoonlike wapen in te span. So ding jy nie gedurig met ander mee
 nie.
 Net omdat jy in jou jonger dae geglo het jy is nie goed genoeg met iets nie, beteken dit
 nie dit moet jou begrens of definieer nie. Moenie jouself onderskat nie – durf nuwe
 dinge aan.
 Volgens navorsing kan verhoogde bloedtoevoer na jou brein probleemoplossing
 verbeter. Boonop is jou hippokampus – die deel van jou brein verantwoordelik vir leer
 en onthou – baie aktief wanneer jy oefen. Wees aktief, jy het nie meer motivering nodig
 nie.
                                                          [Verwerk uit rooi rose, Januarie 2018]
                                                                 TOTAAL AFDELING B:                10

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
  8                                 AFRIKAANS HUISTAAL V1                            (EC/NOVEMBER 2019)

   AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

   VRAAG 3: ADVERTENSIE

   Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat volg.

   TEKS D

                                                               1      Skoonma met haar
                                                               2          voorliefde vir
                                                               3      foutsoek, rissielose
                                                               4           souttert en
                                                               5     suikerklontjies in haar
                                                               6        koffie kom kuier.

                                                               7     Dis nie ’n krisis nie.

                                               8 Suid-Afrika se grootste restaurant-gids is nou nog
                        EET UIT                9 meer handig! Kies en keur uit meer as 6 000
                                               10 restaurante landswyd. Soek per area en ontdek
                                               11 die allerbeste opsies in die omgewing. Lees
                                               12 resensies van ander gaste en professionele
                                               13 resensente. Om op te som: bekyk spyskaarte en
                                               14 foto’s. En bespreek jou tafel.

                                               15 LAAI DIE NUWE EET UIT APP NOU AF

                                                           {Verwerk uit: Die Burger, 10 Maart 2019]

   VRAE: TEKS D

   3.1   Watter stereotipering vind ons in reël 1 tot 6?                                               (1)

   3.2   Gee die meervoud van die eerste onderstreepte woord in reël 1.                                (1)

   3.3   Verskaf die betekenisfunksie van die agtervoegsel van die onderstreepte
         woord in reël 3 en verdeel die woord in klankgrepe.                                           (2)

   3.4   Gebruik die bepaler van die onderstreepte woord in reël 4 in ŉ woord sodat dit
         as die kern gebruik word.                                                                     (1)
Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2019)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                              9

 3.5    Watter aanname kan die leser maak na aanleiding van reël 7?                      (1)

 3.6    Watter boodskap wil die adverteerder met die donkergedrukte reël 7 oordra?       (1)

 3.7    Uit watter taal is die donkergedrukte woord in reël 10 ontleen?                  (1)

 3.8    Skryf die onderstreepte sin in reël 13 in die ontkennende vorm.                  (1)

 3.9    Identifiseer en skryf die woorde neer wat op samevatting dui.                   (1)
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
  10                                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                            (EC/NOVEMBER 2019)

  VRAAG 4: STROKIESPRENT

  Bestudeer die strokiesprente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

  TEKS E

                 RAAMPIE 1                        RAAMPIE 2                         RAAMPIE 3
                                            25 skape, 13 osse,
             Hulle reken ‘n koshuis-         104 hamburgers,                      Dis terwyl hulle
           student eet in een jaar 600             G’n wonder hulle kry               studeer!
             brode, 17 dos eiers, 96               nie tyd om te studeer
              hoenders, 31 varke,                           nie!

  ZITTS
              RAAMPIE 4                            RAAMPIE 5                         RAAMPIE 6

     Wat is fout met                     Hy wil nie eintlik hê ek          Bysteke op Dit klink seer, maar
        jou pa?      Dis ‘n mediese      moet daaroor praat nie.           die boude. wat ‘n lekker naam
                        toestand.                        Komaan wat is                vir ‘n musiekgroep!
                                                               dit?

                 RAAMPIE 7                        RAAMPIE 8                         RAAMPIE 9
                                          Dis jammer niemand                    Jý moet húlle betaal.
          As kind het ek gedroom ek       wil betaal om jou te
             gaan ‘n renjaar word             sien jaag nie

                                                        [Verwerk uit Die Burger, 25 Januarie 2019]

  VRAE: TEKS E

  4.1     Verskaf ŉ gepaste sinoniem vir die onderstreepte woord in RAAMPIE 1.                          (1)

  4.2     Identifiseer die woord in RAAMPIE 1 wat deur assimilasie beïnvloed kan
          word.                                                                                         (1)

  4.3     Skryf die afkorting wat in RAAMPIE 1 voorkom volledig uit.                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2019)                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                              11

  4.4   Wat is die geïmpliseerde betekenis van die leeu se woorde in
        RAAMPIE 2? Benoem die skryfteken van die eerste woord in dieselfde sin.       (2)

  4.5   Benoem die onderstreepte werkwoord in RAAMPIE 4 volledig.                     (1)

  4.6   Gebruik ŉ toepaslike skryfteken om die vetgedrukte woord in RAAMPIE 5
        op ŉ ander manier as vetdruk te beklemtoon.                                   (1)

  4.7   Brei die ondersteepte sin in RAAMPIE 5 uit met ŉ onderwerp/voorwerpsin.       (1)

  4.8   Ondersteun die visuele voorstelling in RAAMPIE 9 die sin in hierdie
        raampie? Motiveer jou antwoord.                                               (1)

  4.9   Identifiseer en verbeter die spelfout in enige van die drie raampies van
        Mama Taxi.                                                                    (1)
                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
  12                                 AFRIKAANS HUISTAAL V1                         (EC/NOVEMBER 2019)

   VRAAG 5: ARTIKEL

   Beantwoord die vrae wat op die teks gebaseer is.

   TEKS F

                         ONS LYWE PRAAT GOED SAAM
   1    Biljoene is al verdien, dinastieë is gebou as gevolg van ons soektog na
        perfekte of beter lywe. Sommige wil maer wees, ander gespierd, ander
        pynloos, beeldskoon of (5.2) immer jeugdig. Sommige wil van verslawing
        ontsnap, ander smag (5.3) liefde, miljoene soek energie en genesing. En daar
        is raad vir alles, (5.4) kort-kort is daar ŉ nuwe onthulling in die nuus, dit maak
        nou siek, dit veroorsaak ellendes. En net so vinnig verskyn die oplossings,
        hierdie dieet, (5.5) daardie leefstyl, só ŉ oefening, só ŉ stroop, het jy gehoor
        van daardie inspuiting?

   2    Ons is so pas aangewys as die 5.6 (ongesond) land ter wêreld, ook met die
        kortste (5.7) lewensverwagting. Dis die armoede sê hulle. Het hulle vergeet
        daar is talle lande op aarde met groter armoede? Daar is streke waar mense
        sonder kontak met die buitewêreld moet leef met net dit wat hulle self kweek
        of in die natuur opspoor.(5.8) Hier word van die oudste mense op aarde
        gevind, baie langer aktief as dié met moderne tegnologie, ook sonder
        allergieë en ongeneeslike toestande.

   3    Ongelooflike krag en onvermydelike breekbaarheid, hierdie is albei kenmerke
        van die menslike liggaam, kosbare geskenke vir dié wat luister, ŉ ramp vir dié
        wat nie hoor nie. Die liggaam het ŉ geheue, dit wat lank gelede gebeur het,
        word in ŉ fisieke argief gebêre, dit wat nooit verwerk is nie, wag op erkenning
        en die nodige konfrontasie, wat die kop vergeet, sal die lyf onthou.

   4    Mense vergeet dat hulle gerook het, lank gelede aanhoudend gefuif en
        gedrink het, ŉ ongeluk oorleef het, maar die lyf onthou. Ons moet anders eet,
        oefen, postuur verander, ŉ geveg beëindig, korrek asemhaal, kommer moet
        verdwyn, so word ons vertel, gereeld deur ander, altyd en eerstens deur ons
        lywe. (5.9) Leer lees is noodsaaklik, leer luister selfs meer.

                                                           [Verwerk uit Sarie.com, Mei, 2019]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2019)                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                             13

 VRAE: TEKS F

 5.1    Identifiseer die eerste diftong in die opskrif.                                    (1)

 5.2    Verskaf die antoniem van die onderstreepte woord.                                  (1)

 5.3    Skryf die ontbrekende voorsetsel neer.                                             (1)

 5.4    Verduidelik die gebruik van die koppelteken.                                       (1)

 5.5    Benoem die woordsoort volledig.                                                    (1)

 5.6    Verskaf die oortreffende trap van die woord in hakies.                             (1)

 5.7    Is hierdie woord ŉ voorbeeld van ŉ samestelling, afleiding of samestellende
        afleiding?                                                                         (1)

 5.8    Herskryf hierdie onderstreepte sin in die bedrywende vorm.                         (1)

 5.9    Gebruik die skrywer in paragraaf 3 die woord ‘breekbaarheid’, denotatief of
        konnotatief? Gebruik hierdie woord se stam nou as ŉ sterk verlede deelwoord
        in ŉ duidelik verklarende sin.                                                     (2)
                                                                                          [10]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:        30
                                                                     GROOTTOTAAL:          70

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

         

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [AFRIKAANS HL P2 GR11 QP NOV 2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-qp-nov-2019-d/382e5356-2a84-44dc-9c6f-a7e99677346e) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP NOV 2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-nov-2019-d/621faa5a-85ea-491d-97c1-65c622ae079f) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 GR11 MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-memo-nov-2019/389a192b-7bf5-435c-8167-2f2c2d34294a) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2019/f9a9671f-5a24-4e6a-b25c-327ad80e428e) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP NOV 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-nov-2020-d/279a85bd-fc36-442d-970d-462fe5b33332) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP NOV 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-nov-2020/ad488968-98ae-45c9-b72c-ec327d9a517d) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7331d9c-fb08-4e50-a5fa-5194e10abedf) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/5169c337-6d70-4178-bd0f-5faa5fe965d4) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/d9c49a75-8852-4349-9c83-f93cd7d0edb8) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1-afrikaans/4b4f5755-8780-46c0-939e-18488a8db73e) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-2-afrikaans/c1c25cf5-d38e-4cb8-93e6-6f12c024cc2c) — Memo · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
