# Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2025, 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2025 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2025

                   AFRIKAANS HUISTAAL V1

PUNTE:     70

TYD:       2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 2

2                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1               (EC/SEPTEMBER 2025)

  INSTRUKSIES EN INLIGTING

  1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

        AFDELING A:      Leesbegrip                      (30)
        AFDELING B:      Opsomming                       (10)
        AFDELING C:      Taalstrukture en -konvensies    (30)

  2.    Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

  3.    Beantwoord AL die vrae.

  4.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

  5.    Trek ŉ streep ná elke afdeling.

  6.    Nommer elke antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

  7.    Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

  8.    Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

  9.    Voorgestelde tydsindeling:

        AFDELING A:         50 minute
        AFDELING B:         30 minute
        AFDELING C:         40 minute

  10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief
        Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2025)                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                                3

 AFDELING A: LEESBEGRIP

 VRAAG 1

 Lees en kyk na die tekste hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

 TEKS A: ARTIKEL

 Damprook: Skoksyfers oor tieners
 in SA; kan breinontwikkeling skaad
 1         Byna 30% van matriekleerlinge in 52 skole oor die land heen damprook
           aktief.

 2         Dit is kommerwekkend omdat nikotiengebruik in die tienerjare kinders se
           breinontwikkeling kan belemmer, is bevind in ŉ onlangse studie onder leiding
           van die Universiteit van Kaapstad.                                           5

 3         25 000 leerlinge by 52 skole is vir die studie ondervra. Die resultate is
           onlangs in die vaktydskrif The Lancet eClinicalMedicine gepubliseer.

 4         In die studie is ook vasgestel 16,8% van hoërskoolleerlinge wat ondervra is,
           het die voorafgaande 30 dae gedamprook. Onder dié leerlinge is 29,5% in
           matriek. In sommige skole damprook soveel as 46% van matrieks. Dis in 10
           teenstelling met 5% aangemelde gevalle van leerlinge wat dagga gebruik, 2%
           wat tabaksigarette rook en 3% wat waterpype rook.

 5         Tussen 40% en 60% van die leerlinge wat damprook, is waarskynlik aan
           nikotien verslaaf. Baie van hulle het onttrekkingsimptome aangemeld, onder
           meer die behoefte om te damprook onmiddellik nadat hulle wakker word. 15
           Sommige leerders het gekla van ŉ ligte hoofpyn of ŉ effens narerige gevoel.
           In sekere gevalle was die naarheid baie erg. Party het gesê dat hulle
           soggens selfs ŉ bewerigheid in die hande ervaar.

 6         “Hierdie syfers oor tieners wat damprook, is erg kommerwekkend weens die
           hoogs verslawende aard van nikotien,” sê prof. Richard van Zyl-Smit, ŉ 20
           longspesialis, akademikus en toonaangewende kenner van tabak- en
           damprooknavorsing by die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad.

 7         Hy waarksu nikotiengebruik gedurende die tienerjare kan die ontwikkelende
           brein benadeel met moontlike langtermyngevolge vir leer, geheue en
           aandagspan. “Dit verhoog ook die gevaar van oorskakeling na konvensionele 25
           sigaretrook.”

 8         In die studie is vasgestel tieners begin gewoonlik damprook weens sosiale
           druk, nuuskierigheid en om spanning te verlig. Mettertyd ontwikkel hierdie
           faktore ŉ stappie verder na afhanklikheid en ŉ hanteringsmeganisme vir
           emosionele welstand.                                                       30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 4

4                                 AFRIKAANS HUISTAAL V1                       (EC/SEPTEMBER 2025)

  9         Prof. Jackie Hoare, medeskrywer van die studie, sê baie leerlinge besef nie
            hulle is afhanklik nie, al ervaar hulle reeds onttrekkingsimptome. Sy stel voor
            dat verdere studies gedoen moet word oor watter opvoedkundige en ander
            ingrepe gedoen kan word om die probleem te pak.

  10        Baie kenners is dit eens dat damprook ŉ besonder groot probleem is, 35
            aangesien veral tieners nie die gevaar van damprook besef nie. Baie tieners
            beskou dit slegs as ŉ onskuldige tydverdryf en besef nie dat verslawing tot
            baie ander negatiewe newe-effekte kan lei nie.

  11        Leerlinge by skole wat jaarliks skoolgeld van tussen R20 000 en R40 000 vra,
            het luidens die studie die meeste gedamprook (19,5%), vergeleke met 14,6% 40
            by skole wat meer as R90 000 per jaar vra.

  12        “Hierdie data kan help om beleid te formuleer wat toegang tot, bemarking en
            advertering van damprookprodukte onder tieners reguleer,” sê Van Zyl-Smit.

  13        Willemien Brümmer het in ŉ onlangse diepte-artikel oor damprook geskryf dis
            ŉ “wolhaar-storie” dat damprook onskadelik is, en nuwe wetgewing is nodig 45
            om dit te reguleer om jong mense te beskerm.

  14        Volgens prof. Andrew Huberman, ŉ neurowetenskaplike by die Stanford
            Universiteit in die VSA, word die neuro-oordraer dopamien aansienlik vinniger
            vrygestel wanneer jy teug aan jou damprooktoestel as wanneer jy
            tradisionele sigarette rook. “Kort voor lank het jy al hoe meer teue nodig vir 50
            dieselfde aktivering van jou brein se beloningsnetwerk.”

  15        Volgens Huberman is die prentjie “uiters donker” – veral onder rokers jonger
            as 25. “Ek is baie bekommerd oor ŉ praktyk wat die dopamien-stelsel
            aktiveer volgens dieselfde kinetika wat ŉ mens sien met die inname van
            kokaïenkristalle onder jong mense, wat vinnig mag lei tot ŉ toestand waar die 55
            hele beloningsnetwerk beskadig is en permanent beskadig mag bly, tensy jy
            op baie spesifieke maniere ingryp.”

  16        Van Zyl-Smit het aan Brümmer gesê damprook het sedert 2016 met meer as
            900% toegeneem. Baie meer tieners kry hul nikotien-fix op hierdie manier as
            deur tabak. Tieners begin gemiddeld op 14 jaar oud damprook.                60

  17        In die lig van die bevindinge in die onlangse landwye studie het Van Zyl-Smit
            ŉ voorlegging gemaak aan die portefeuljekomitee vir gesondheid oor die
            beoogde Wetsontwerp op die Beheer van Tabakprodukte en Elektroniese
            Afleweringstelsels, wat daarop gemik is om e-sigarette op ŉ soortgelyke
            manier as sigarette te reguleer.                                              65

  18        “Op die oomblik is dit basies ŉ free-for-all. Enigemand kan dit aanlyn bestel
            en kinders kan dit by die kafee op die hoek naby hul skool koop. Jy moet die
            bedryf daarvan weerhou om absolute gemors aan mense te bemark.”

                                                   [Aangepas uit Die Burger, 11 Desember 2024]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief
        Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2025)        AFRIKAANS HUISTAAL V1                    5

 TEKS B: VISUELE TEKS

A

B

Kopiereg voorbehou                                   Blaai om asseblief
       Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 6

6                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                        (EC/SEPTEMBER 2025)

  VRAE: TEKS A

  1.1      Verwys na die titel.

           Watter ander woord in die titel sluit by “skoksyfers” aan om die negatiewe
           effek van damprook te beklemtoon?                                                    (1)

  1.2      1.2.1 Is die statistiek in paragraaf 1 werklik skokkend? Motiveer jou
                 antwoord.                                                                      (1)

           1.2.2 Sê waarom paragraaf 2 ŉ geskikte opvolg op paragraaf 1 is.                     (1)

  1.3      Verduidelik waarom die noem van die vaktydskrif se naam in paragraaf 3
           funksioneel is.                                                                      (1)

  1.4      Verwys na paragraaf 4.

           Watter afleiding kan ŉ mens maak rakende die gewildheid van dagga,
           gewone sigarette en waterpype?                                                       (1)

  1.5      Sê of die eerste sin in paragraaf 5 ŉ feit of ŉ mening is. Motiveer.                 (1)

  1.6      Noem VIER tekens van onttrekkingsimptome wat leerders ervaar.                        (4)

  1.7      Evalueer die volgende stelling:

           Die inligting in paragraaf 6 is geloofwaardig.                                       (1)

  1.8      Verduidelik in TWEE volsinne, in jou eie woorde, hoe damprookverslawing
           gebeur.                                                                              (2)

  1.9      Wat is, volgens prof. Hoare, TWEE groot probleme met die hantering van
           damprookafhanklikes?                                                                 (2)

  1.10     Verwys na paragraaf 8 en 11.

           Gee DRIE moontlike redes waarom “armer” skole se leerders meer
           damprook as dié van “ryker” skole.                                                   (3)

  1.11     Wat word oor damprook geïnsinueer as dit vergelyk word met die gebruik
           van kokaïen?                                                                         (1)

  1.12     1.12.1     Watter gemeenskaplike siening deel Willemien Brümmer en
                      prof. Richard van Zyl-Smit?                                               (1)

           1.12.2     Van Zyl-Smit hamer op die regulering van damprookprodukte.
                      Wat bedoel hy eintlik hiermee?                                            (1)

  1.13     Noem DRIE probleme wat met damprook ondervind word, volgens die
           laaste 5 paragrawe van die artikel.                                                  (3)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief
         Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2025)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                     7

 TEKS B

 1.14       1.14.1     Hoe sluit TEKS B by TEKS A in die geheel aan?                        (1)

            1.14.2     Watter voordeel het die grafiese voorstelling in TEKS B bo           (1)
                       TEKS A?

            1.14.3     In TEKS B lyk gedeelte B baie anders as gedeelte A.
                       Stem jy met die stelling saam? Motiveer jou antwoord.                (1)

 1.15       Wat impliseer die woordkeuse “moontlik” in die sin by C:
            Dit het moontlik langtermyn nadelige gevolge vir leer, geheue en
            aandagspan?                                                                     (1)

 TEKS A EN TEKS B

 1.16     1.16.1       Sê waarom die persentasie leerders wat die afgelope 30 dae
                       gedamprook het, nie veralgemeen kan word nie.                        (1)

          1.16.2       Hoe word die statistiek wat sê dat 40─60% leerders verslaaf is,
                       in ŉ mate in TEKS A weerspreek?                                      (1)

                                                              TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief
        Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 8

8                                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                           (EC/SEPTEMBER 2025)

  AFDELING B: OPSOMMING

  VRAAG 2

  Lees die teks hieronder en maak ŉ opsomming van SEWE riglyne hoe sportouers hul
  kinders kan help druk hanteer.

  LET WEL:      1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) in paragraafvorm
                   aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
                2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
                3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ŉ titel te gee nie.
                4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
  TEKS C

           DIE SPORTVELD IS ʼN POTENSIËLE SLAGVELD VIR ENIGE OUER ...

   Almal wil die beste hê vir hul kind. Ons gedrag, gesprekke en invloed kan egter bepaal
   hoe hulle sport beleef, hoe goed hulle doen en of dit enigsins van opvoedkundige waarde
   vir hulle is. So sê Gielie Hoffmann wat as ŉ geestesbreier met atlete, spelers en spanne
   werk. Hy help ook gereeld afrigters en ouers deur wenke te gee om die balans te vind en
   geestelik voorbereid te wees.

   Eerstens, wees ŉ ondersteuner. Maak seker dat jou kind weet jy ondersteun hulle
   ongeag wat. Maar moet nie die rol van die afrigter, spanmaat of onderwyser probeer
   oorvat nie. Praat ook positief oor spanmaats, die afrigter en ander ouers. Elke keer wat jy
   ŉ afrigter of speler voor jou kind slegsê, maak dit dat hulle volgende keer sukkel om die
   afrigter of speler te vertrou.

   Wees versigtig met kritiek op jou eie kind. Tydens deelname is dit glad nie nodig nie.
   Direk ná ŉ wedstryd ook nie. Gesels die volgende dag. Dit gee jou ŉ kans om bietjie te
   bedaar en om perspektief te kry en te bepaal wat regtig waarde sal hê.
   Realistiese verwagtinge is ook belangrik. Ongesonde druk kan keer dat jou kind sy
   potensiaal verwesenlik. Lê eerder klem op hulle veg- en sportmangees. Maak seker hulle
   gee hulle beste. Respekteer die opponente, skeidsregter en hul eie spanmaats.

   Hanteer beserings reg. Niks is belangriker as jou kind se welstand nie. Gee aandag aan
   beserings. Luister na die aanbevelings van die spesialiste. Op ŉ emosionele vlak moet
   mens ook uitbranding voorkom. Om vir ŉ te lang tydperk onder te veel druk te wees
   sonder om volkome te ontspan sal maak dat ŉ speler in ŉ stadium nie meer kompeterend
   kan wees nie. Hulle motivering gaan verdwyn. Hulle gaan geen fisiese en emosionele
   energie hê nie.

   Balans tussen sport en die res van hulle lewe is hier belangrik. Moenie jou gesinslewe
   inboet vir sport nie. Baie keer kry die sportkind in die huis se behoeftes voorkeur. Maak
   seker daar is naweke en vakansies wat nie net om sport draai nie. So moedig jy ander
   belangstellings en ŉ sosiale lewe aan.
                     [Aangepas uit https://maroelamedia.co.za/leefstyl/ouerskap/10-wenke-vir-n-sport-ouer/]

                                                                                TOTAAL AFDELING B: 10

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief
        Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2025)                AFRIKAANS HUISTAAL V1                                   9

 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

 VRAAG 3: ADVERTENSIE

 Lees die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS D

    1

    2

    3

    4

    5

    6

    7

                                                        [Aangepas uit Taalgenoot, Winter 2024]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief
        Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 10

10                                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                    (EC/SEPTEMBER 2025)

  VRAE: TEKS D

  3.1    Hierdie advertensie lê klem op die feit dat ŉ digitale platform adverteer word.

         3.1.1       Watter tegniek word reeds in die titel van die advertensie aangewend
                     om die bogenoemde stelling te ondersteun?                                   (1)

         3.1.2       Noem TWEE maniere wat regdeur die advertensie gebruik word om
                     die leser se belangstelling te behou.                                       (2)

  3.2    Hoe, dink jy, dra die eerste drie woorde wat in reël 2 gebruik word by tot die
         geslaagdheid van die inhoud in reël 2?                                                  (1)

  3.3    Identifiseer die moontlike stereotipering wat uit reël 3 afgelei kan word.              (1)

  3.4    Verwys na reël 4.

         3.4.1       Wat is die funksie van die visuele uitbeelding regs van reël 4?             (1)

         3.4.2       Benoem die aksentteken wat in reël 4 funksioneel gebruik word.              (1)

  3.5    Watter klankverskynsel vind plaas indien “vir die” (reël 5) as “virrie” uitgespreek
         sou word?                                                                               (1)

  3.6    Gee die geïmpliseerde betekenis van die vraag in reël 6.                                (1)

  3.7    Is die insluiting van die advertensie se QR-kode funksioneel? Motiveer.                 (1)
                                                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief
        Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2025)                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                                               11

 VRAAG 4: STROKIESPRENT

 Lees die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS E

               RAAMPIE 1                               RAAMPIE 2                                 RAAMPIE 3

     KAN JY MY HELP?          JA, BESLIS!          MMM… DALK Ń     WAT VAN Ń             DIT KLINK NOU        ONS HET Ń
    EK IS OPSOEK NA Ń        HET JY IETS               NUWE          NUWE                NA Ń BAKGAT-          GROOT
      VERJAARDAG-            SPESIFIEK IN          ELEKTRONIESE     TABLET?                  PLAN!         VERSKEIDENHEID
         GESKENK.             GEDAGTE?               TOESTEL!                                               BESKIKBAAR.

  SALE                                                                                  SALE
                                            SALE

          EK SAL DIE           SJOE, DIS        NIKS MINDER
                                                AS DIE BESTE      EN WIE IS DIE                              GELUKKIGE
         DUURSTE EEN           OMTRENT                             GELUKKIGE
                                                                                               EK!          VERJAARDAG!
         NEEM, DANKIE.       VRYGEWIG VAN      VIR Ń SPESIALE
                                                                  ONTVANGER?
                                 JOU!          PERSOON NIE!

              RAAMPIE 4                               RAAMPIE 5                                RAAMPIE 6

                                                                                  [Aangepas uit comicskingdom.com 2017]

 VRAE: TEKS E

 4.1         Gee die korrekte verkleiningsvorm van die onderstreepte woord in RAAMPIE 1.                                  (1)

 4.2         Verwys na RAAMPIE 2

             4.2.1       Watter gevoel word deur die man se lyftaal in RAAMPIE 2
                         geïmpliseer? Motiveer jou antwoord deur ook na die verbale inligting,
                         wat dié gevoel ondersteun, te verwys.                                                            (2)

             4.2.2       Benoem die leesteken wat die gevoel in VRAAG 4.2.1 verder                                        (1)
                         beklemtoon.

 4.3         Watter TWEE visuele aanduidings is daar in RAAMPIE 3 dat die man
             belangstelling toon in die verkoopsdame se voorstel?                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                                                       Blaai om asseblief
           Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 12

12                                AFRIKAANS HUISTAAL V1                   (EC/SEPTEMBER 2025)

  4.4    Die vrou is in RAAMPIE 4 tevrede met die man se versoek.

         Skryf EEN woord uit hierdie RAAMPIE neer om dié stelling te bewys.                  (1)

  4.5    Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (4.5) en die letter
         (A–D) neer, bv. 4.5 E.

         Die man se woorde aan die verkoopsdame in RAAMPIE 5 kan gesien word as
         ŉ voorbeeld van ...

         A     diskriminasie.
         B     partydigheid.
         C     sarkasme.
         D     eufemisme.                                                                    (1)

  4.6    Watter aanname kan die leser van die verkoopsdame maak deur na haar
         vraag in RAAMPIE 5 te kyk?                                                          (1)

  4.7    Dink jy die man slaag in sy doel met sy antwoord in RAAMPIE 6? Verwys in jou
         antwoord na die verkoopsdame se lyftaal.                                            (1)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
        Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2025)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                          13

 VRAAG 5: ARTIKEL

 Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS F

                              DIE STORIE VAN MELKTERT
 1     Kan jy nou meer, melktert is toe nie so eie aan SA soos jy gedink het nie! Talle
       ander lande het ŉ (5.2) (gee + weer) van dié lekkerte ... Hetta van Deventer-
       Terblanche, koshistorikus en Kokkedoor-(5.3) beoordelaar, vertel meer oor die
       geskiedenis van ons geliefde melktert en (5.4) lê familie uit.

 2     (5.5) Melktert skitter êrens in die Melkweg van ons tradisionele koshemel.                 5
       Of dit nou met kaneelsuiker of met amandel gegeur is, en of dit met ŉ
       eenvoudige broskors of ryker skilferkors warm uit die oond voorgesit word,
       melktert bly trooskos.

 3     Soos baie van ons ander kos-erfstukke is melktert ŉ goeie voorbeeld van
       soetigheid (5.6) wat reeds van die Middeleeue af bekend is. Dit is mos júis een           10
       van die kenmerke van ons kookkuns - dat verouderde smake, resepte en
       tegnieke hiér behoue gebly het.

 4     Die Romeine was reeds 2 000 jaar gelede versot op eiervla, soet en sout. Die
       streng (5.7) vasdagreels wat die Katolieke Kerk mettertyd ingestel het, het
       veroorsaak dat monnikke en nonne met mekaar gewedywer het in hul soektog                  15
       na (5.8) (smaakvolle/smaaklike) plaasvervangers vir vleis, vis, melk en eiers.

 5     Ter afsluiting, dit maak nie saak watter vlapap-soetding jou gunstelingtrooskos
       is nie, as jy weer jouself wil bederf, maak soos kokke die wêreld oor reeds eeue
       lank doen en kies een van dié maklike, vinnige en bekostigbare verleidings.
                                              [Aangepas uit Sarie.com-span, 27 Februarie 2014]

 VRAE: TEKS F

 5.1     Herskryf die opskrif deur die bepaalde lidwoord in die opskrif met ŉ
         aanwysende voornaamwoord te vervang.                                                    (1)

 5.2     Skryf die woorde tussen hakies in die korrekte vorm.                                    (1)

 5.3     Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die vraagnommer (5.3) en die letter
         (A–D) neer, bv. 5.3 E.

         Die korrekte versamelnaam van die vetgedrukte woord in reël 3 is ...

         A      paneel.
         B      reeks.
         C      groep.
         D      ry.                                                                              (1)

 5.4     Wat is die funksie van die skryfteken in die onderstreepte woord?                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief
        Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

### Page 14

14                                AFRIKAANS HUISTAAL V1                    (EC/SEPTEMBER 2025)

  5.5      Verwys na paragraaf 2, reël 5.

           5.5.1 Verklaar die vetgedrukte idiomatiese uitdrukking in jou eie woorde.     (1)

           5.5.2 Skryf dieselfde vetgedrukte sin oor in die ontkennende vorm.            (1)

  5.6      Benoem die onderstreepte bysin in paragraaf 3.                                (1)

  5.7      Verbeter die spelfout in die vetgedrukte woord.                               (1)

  5.8      Kies die korrekte antwoord uit die twee moontlikhede wat die beste in
           paragraaf 4 se konteks sal pas.                                               (1)

  5.9      Identifiseer die verbindingswoorde in paragraaf 5 wat die chronologiese
           verloop van die teks aandui.                                                   (1)
                                                                                         [10]

                                                             TOTAAL AFDELING C:            30
                                                                 GROOTTOTAAL:              70

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief
        Hierdie dokument is afgelaai vanaf www.ecexams.co.za.

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 QP SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-qp-sept2020/54595e79-3d93-4ae2-b134-974b78fd2965) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 MEMO GR12 SEPT 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-memo-gr12-sept-2022/3073e906-8969-412a-869e-48eff08f4ccc) — Afrikaans HL · Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2020/c443320a-014e-4134-a869-afbb86475a74) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2022/635d4025-2ec6-4a06-a793-dc0f35254a58) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HT GR. 12 V 2 JUNIE 2023 FINAAL](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-gr-12-v-2-junie-2023-finaal/4cfda32a-8937-4c06-b165-cdfa2820cd2d) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
