# Afrikaans HL Grade 12 P2 Supplementary November 2016 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Supplementary November 2016, 27 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2016-memo/5bb7960d-f331-44be-9676-13d3f2b334bd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: Supplementary November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 27

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 Supplementary November 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2016-memo/5bb7960d-f331-44be-9676-13d3f2b334bd)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Supplementary November · 2016 · Afrikaans. Memorandum, 27 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                  NASIONALE
                              SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            AFRIKAANS HUISTAAL V2

                             FEBRUARIE/MAART 2016

                                  MEMORANDUM

PUNTE: 80

                      Hierdie memorandum bestaan uit 27 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        2                           DBE/Feb.-Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

NASIENRIGLYNE

1.        As ’n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
          eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag
          en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)

2.        As ’n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte
          beantwoord het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.

3.        As ’n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
          opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
          antwoord word geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en
          C beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits
          een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.

4.        As ’n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd,
          maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die
          tweede antwoord word geïgnoreer.

5.        As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
          memorandum nagesien.

6.        As ’n spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
          gemerk. As die spelfout nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie,
          word dit as korrek beskou.

7.        Literêre opstel
          As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
          gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel
          te lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener.
          Die memorandum is slegs ’n riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as
          korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die literêre opstelle
          na te sien.

8.        Kontekstuele vrae
          As ’n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ’n vraag dit vereis nie,
          word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

9.        Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK
          STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

10.       Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
          rede/motivering/bewys verdien die punt.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        3                         DBE/Feb.-Mrt. 2016
                                     NSS – Memorandum

AFDELING A: GEDIGTE

VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

LET WEL:

•   Dis ’n breë raamwerk van feite.
•   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat gee ’n gepaste inleiding.

•   Staat is ’n protesgedig, want die titel, staat, en die datum onderaan die gedig,
    1975, dui daarop dat hierdie gedig gemik is op die politieke situasie van destyds.
•   Die protes blyk ook uit die lede van die wit minderheidsregering, die wit krap
    (versreël 2–3), wat hulleself as meerderwaardig en foutloos beskou het.
    Hierdie meerderwaardigheid het tot opstand gelei.
•   As die gedig teen die agtergrond van die politieke bedeling van die
    sewentigerjare gelees word, kan swart (versreël 11) beskou word as die swart
    meerderheid wat onstuitbaar was/die magte wat die regering omver wou werp.
•   Die swart mierbataljon (versreël 11) het die parate (versreël 12) regering
    binnegedring, ten spyte van die regering se waaksaamheid (steeltjiesoog,
    versreël 4 en waaksaam omhoog, versreël 6)
•   Die gediginhoud kan ook as universeel beskou word, omdat die titel sonder ’n
    lidwoord is. Daarom kan dit op alle state/instansies van toepassing gemaak word.
•   Die gedig kan ook wyer as bloot regerings geïnterpreteer word, want die titel
    kan ook verwys na ’n toestand van sake, byvoorbeeld: ’n huwelik wat ’n staat van
    liefdeloosheid bereik het of waar kommunikasie ’n probleem is./’n skool wat eens
    op 'n tyd ’n spogskool was en mettertyd tot ’n verleentheid verval het./’n
    maatskappy wat eens op ’n tyd sterk en voorspoedig was maar as gevolg van
    wanbestuur of korrupsie tot ’n val gekom het.
•   Die staat kan verwys na die mens as verganklike wese wat die dood, wat so
    stil deur enige pantser kan dring, vrees. Bv. maar wanneer en hoé het die swart
    mierbataljon dié parate pantser binnegekom? (versreël 10–12)
•   Die universele betekenis van die gedig word uitgehef deur die gebruik van die
    woord niemand (versreël 7). Dit dui daarop dat die verganklikheid op alle mense/
    instansies van toepassing is.
•   Die universele betekenis word deur die gebruik van die woord ook (versreël
    9) na vore gebring (beklemtoon) omdat dit die onsekerheid oor die dood/
    verganklikheid beklemtoon.
•   Die in hom (versreël 9) verwys na al die mense (d.w.s. speler, leser,
    toeskouers en/of lede van die staat) wat in so ’n staat van doodsheid en
    passiwiteit kan verkeer.
•   Die universele betekenis word beklemtoon deur die gebruik van die woord
    miere (versreël 11) wat nie noodwendig mense hoef te wees nie, maar wat op
    negatiewe dinge kan dui (euwels) – korrupsie/misdaad/selfverryking/vernietiging/
    verval van standaarde.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            4                                DBE/Feb.-Mrt. 2016
                                         NSS – Memorandum

•     Die universaliteit kan selfs verder uitgebrei word, want die miere in versreël 11
      kan verwys na die stilgroeiende sonde wat die mense nie kan ontkom nie. Bv.
      versreël 12: dié parate pantser binnegekom?

Die kandidaat gee ’n gepaste slot.                                                                       [10]

                                                 OF

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Vroegherfs – NP van Wyk Louw

Vraag     Antwoord                                                                             Punt
2.1       Kruisrym/Gekruiste rym √                                                             1

2.2       Metafoor √                                                                           1
          Versreëls 11–12 is die toepassing van die metafoor op die mens se lewe./
          handel oor die wyse waarop die mens “ryp” wil word./tot volwassenheid
          kom./gestroop word van waan en hoogmoed./gesuiwer word./vernuwing
          ondergaan. √                                                                         1

2.3       word √                                                                               1

          Die blare/wingerde verbruin./verkleur goud.
          Daar is minder wolke in die lug wat ’n helder lug tot gevolg het.
          Die blare van die bome val af wat die bome kaal laat.
          Elke blom word vrug. √√                                                              2

          Die kandidaat bied TWEE bewyse vir EEN punt elk aan.

2.4       Dit sluit by die gebed/toepassing in die sestet/versreël 9–14 aan./
          Die spreker vra dat iets in sy lewe moet gebeur./
          Die woorde dui op ’n gebedsversoek dat iets in sy lewe moet gebeur./
          Dit toon die dinge/gebeure aan wat die stropingsproses moet laat gebeur. √           1

2.5       Die spreker versoek om van die oppervlakkighede wat eie aan die jeug is,
          gestroop te word. √                                                                  1

2.6       Die kandidaat gee sy eie geskikte antwoord, bv.
          ’n Middeljarige/volwassene/bejaarde √                                                1
          In die mens se middeljare/later jare stroop jy jouself van dit wat onbelangrik in
          jou lewe is./leef jy jou lewe gestroop van bagasie wat jy saamdra. √                 1

                                                                                               10

                                                 OF

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           5                              DBE/Feb.-Mrt. 2016
                                        NSS – Memorandum

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Sonsverduistering – PJ Philander

Vraag     Antwoord                                                                      Punt
3.1       Die gedig se inhoud word in ’n oktaaf en sestet verdeel.
          In versreël 1–8 (die oktaaf) word die natuurbeeld geskep en in versreël 9–14
          (die sestet) word die beeld op die mens van toepassing gemaak.
          Die gedig word deur die struktuur (bv. die punt en die rymskema) in ’n oktaaf
          en sestet verdeel. √√                                                         2

          Die kandidaat bied TWEE bewyse vir EEN punt elk aan.

3.2       vlek √                                                                               1

3.3       “vlek van skadu”/“sekelboog van son”/“swart die kol”/“dreigend swart” √              1

3.4       Die kommas aan weerskante van die woord swygsaam./Deur die parentese √               1

3.5       Die menslike onverskilligheid (teenoor God)/Die figuurlike sonsverduistering/
          Die mag van die bose (oor die mens wat die lig verduister.)/Die sonde/Die wil
          van God wat verduister word.√                                                        1

          “Oor gans die mensdom” √                                                             1

3.6       Die mens keer hom nie betyds tot God nie. √                                    1
          Dis ironies dat die slimmer mens nie ook instinktief soos diere huiswaarts (na
          veiligheid – God) keer nie. √
          Ek stem saam, want die mens weet nié meer instinktief wat die regte ding is
          om te doen nie.                                                                1
                                               OF
          Ek stem nie saam nie, want die mens weet uit sy verwysingsraamwerk/die 1
          Bybel wat reg of verkeerd is. √
                                                                                         10

                                                OF

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Die huis luister – Daniël Hugo

Vraag     Antwoord                                                                   Punt
4.1       Personifikasie √                                                           1
          Dit beklemtoon die boodskap dat huismense eerder moet luister as om mekaar
          te verinneweer. √                                                          1

4.2       Die huis hoor alles./Alle geluide in die huis word vergroot/duideliker gehoor./
          Die binnekant van die huis is nie vol liefde nie./
          Dit is negatief omdat die gesin nie wil luister nie. √                          1

4.3       Alliterasie/v-alliterasie/s-alliterasie √                                            1
          Dit laat jou die onophoudelike verwyte/negatiwiteit hoor. √                          1

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             6                             DBE/Feb.-Mrt. 2016
                                          NSS – Memorandum

4.4       Bewaar √                                                                           1

4.5       “Julle gebede”/“om hulp” √                                                         1

4.6       Die huis luister./Die huis bewaar die geheime/verlede. √                           1

          Die huismense word nie gehelp nie, want die huis is nie in staat om hulp aan te
          bied nie.
          Die huis kan nie die geroep om hulp beantwoord nie.
          Die huis verweer. √√                                                            2

          Die kandidaat bied TWEE gevolge vir EEN punt elk aan.

                                                                                             10

                                                  EN

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag-in-’n-bottel – Joan Hambidge

Vraag     Antwoord                                                                           Punt
5.1       Die geliefde/spreker se vrou/man √                                                 1

5.2       Inversie √                                                                         1
          Dit beklemtoon dat die boodskap nie op ’n ander tyd gestuur kan word nie. √        1

5.3       Albei het ’n boodskap in ’n bottel gestuur./
          Vir albei was dit ’n onverwagse handeling./
          Albei het geliefdes gehad. √√                                                      2
          Die kandidaat bied TWEE ooreenkomste vir EEN punt elk aan.

5.4       Dit is ’n aanduiding dat dit die woorde in die brief is. √                        1

5.5       Liefde/teerheid √                                                                 1
          ... van my liefde. √                                                              1

5.6       Nee, as /
          Ja, as (kan ook beteken dat die brief ontvang word) √                             1

5.7       Ja
          Dit bewys dat die spreker se pyn in sy/haar hart geskryf is./dat die spreker
          sy/haar seerkry alleen dra, want die boodskap is stil./bevestig dat hy/sy
          seergekry het, want die pyn is geskandeer en dit behoort dus pynlik te wees.

                                                   OF

          Nee
          Die boodskap is nie stil nie, maar in ’n bottel geplaas wat ander kan vind en
          daarvan kennis kan neem.√                                                         1

                                                                                            [10]

                                                                TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         7                          DBE/Feb.-Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 6: LITERÊRE OPSTEL Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:     •    Dis ’n breë raamwerk van feite.
             •    Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding.

•   Iris voel aanvanklik dat sy nie wil trou nie, omdat sy nie vasgevang wil wees in
    die soort huwelike wat sy om haar ervaar nie./Bl. 82 : “Ek wil nie trou nie.” ... My
    redes was moeilik verklaarbaar, selfs aan myself. Die onwilligheid was nie net
    vanweë my eie ouers se huwelik nie; ...
•   Die Engel het van vroeg af vir Iris probeer wys dat daar meer as een
    blomoomblik is, want Joe kan dalk nuwe deure vir haar oopmaak./Bl. 101: “Sies,”
    het die Engel in my oor gesis./Die Engel probeer Iris oortuig om saam met Peter
    Vermont toe te gaan./Bl. 133: “Sien jy?” het die Engel gesê. “Jou dom aap.”
•   Die Engel laat Iris besef dat haar blomoomblik nie noodwendig iets groots
    hoef te wees nie, want sommige blom ongesiens./stil-stil./Bl. 195: Party mense
    blom ongesiens, ... So onverwags dat niemand dit eers opmerk nie.
•   Die Engel bring Iris tot insig dat die blomnaam en die lelie niks met haar
    toekoms te doen het nie, want ’n naam is net ’n naam./Bl. 187: “Net sowel,” het
    hy gesê. “Ek sien geen verband tussen jou lelie en enigiets wat ons vannag
    bespreek het nie.”
•   Die Engel lei haar tot die insig dat hy nie haar toekoms bepaal nie, omdat sy
    haar eie toekoms moet opdroom en kyk of sy daarvan hou./Bl. 179: “Droom dit op
    en kyk of jy daarvan hou.”
•   Die Engel laat Iris besef dat die lewe nie ’n storie is nie, want sy is
    verantwoordelik vir haar keuses en eie lewe./Bl. 217: “Ek is nie ’n loopring nie.”
•   Die Engel lei haar tot die besef dat sy ook elke dag kan blom./Alhoewel Iris
    besluit om met Peter te trou, vra sy tog die Engel of dit die regte besluit was./Bl.
    209: “Nou ja. Waarom vra jy dan? Ek was self nie seker nie. Goedkeuring,
    miskien.”
•   Peter laat Iris twyfel oor die betekenis van haar naam, omdat hy hewig van
    haar verskil oor die belangrikheid wat sy aan haar naam en die een blomoomblik
    heg./Bl. 132: “Jou teorie is net op elke tweede mens van toepassing.”
•   Peter stel haar voor ’n ultimatum om óf die modelkontrak te aanvaar óf saam
    met hom na Vermont toe te gaan. Hy is moeg gewag vir haar soeke na haar
    blomtyd en weiering om haar tot ’n vaste verhouding te verbind./Bl. 133: “Ek gaan
    nie in jou pad staan nie, Iris. As jy wil blom onder ateljeeligte met mense wat jou
    deurmekaar gaan boelie, moet jy dit doen. Ek gaan Vermont toe.”

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            8                               DBE/Feb.-Mrt. 2016
                                         NSS – Memorandum

•     Aan die einde van die roman verstaan Iris dat die lewe nie ’n soeke is na een
      hoogtepunt is nie, omdat elke dag saam met Peter sy eie spesiale oomblikke
      inhou./sy nie sonder Peter kan klaarkom nie./Bl. 209: “Sonder Peter kan ek tog
      regtig nie klaarkom nie.” /Bl. 220: “Wees geduldig”, sê ek. “Dis amper tyd.”
•     Die werklikheid saam met Peter kan net so magies wees as die beste
      fantasie, daarom is Iris bereid om vrede te maak met die realiteit van ’n
      geroetineerde voorstedelike bestaan./Bl. 187: “Gebeur dinge nie maar sommerso
      nie? My lewe bestaan uit onsamehangende flardes.”
•     Iris se gesprekke met Billy lei haar tot gedeeltelike insig, omdat sy teenoor
      hom moet erken dat sy nog eers moet uitvind wie die hoër Gode is voordat sy kan
      blom./Bl. 104: “Ek glo nie eintlik die laaste een nie, maar die eerste een is wel van
      toepassing.”
•     Billy waarsku Iris oor haar blomtyd, omdat nie alle bolle tot bloei kom nie./Bl.
      105: “Dis alles goed en wel dat jy wil blom, maar gestel die man spit jou uit?”
•     Die Engel het ongetwyfeld die sterkste invloed op Iris, want hy lei haar tot ’n
      besef van die werklikheid.
•     Die Engel laat haar haar toekoms opdroom, omdat hy wil hê sy moet
      gaandeweg besef sy is self verantwoordelik vir haar eie keuses./Bl. 179: “Droom
      dit op en kyk of jy daarvan hou.”/Die Engel lei haar totdat sy besef ’n naam is net ’n
      naam./Bl. 187: “Net sowel,” het hy gesê. “Ek sien geen verband tussen jou lelie en
      enigiets wat ons vannag bespreek het nie.”

Die kandidaat verskaf ’n gepaste slot.                                                                  [25]

                                                OF

VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker

Vraag      Antwoord                                                                           Punt
7.1        Die verteller wil laat blyk dat die kinders baie Kersgeskenke gekry het./die
           kinders se houding teenoor die kersgeskenke aantoon. √                             1

7.2        Hulle kom nie goed oor die weg nie. √                                              1

           Die kinders wil nie hê dat Brian met Bettie moet trou nie. √                       1

           Junior dreig om sy bed met opset nat te maak. √                                    1

7.3        Peter is by met die geboorte van die kinders terwyl haar eie pa nie met haar
           geboorte by was nie.√
           Peter wou graag kinders hê terwyl Iris se ma haar as ’n glips beskou het. √        2

7.4        Ja
           Iris wag op die oomblik van volmaakte sintese/haar blomoomblik en intussen
           doen sy ’n werk waarby haar kop onbetrokke bly. √                                  1

           “is dit wanneer sy kaktus blom.” √                                                 1

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            9                                DBE/Feb.-Mrt. 2016
                                         NSS – Memorandum

7.5        Die kandidaat gee sy/haar eie antwoord wat hy/sy as die karakter se oomblik
           van glorie, binne konteks van die roman, beskou, bv.

           Peter se oomblik van glorie is om ’n suksesvolle ingenieur te wees. √

           Brian se oomblik van glorie is sy kinders uit sy eerste huwelik. √

           Bettie se oomblik van glorie is dat sy in ’n verhouding met Brian staan. √

           Iris se oomblik van glorie is toe sy met Peter trou. √                              4

7.6        Uiterlike konflik √                                                                 1

           Iris beskuldig hom dat hy nie gekeer het toe Peter sy oë in ’n sweisongeluk
           beseer het nie. √                                                                   1

7.7        Hy het ’n verhouding met sy student terwyl hy met Elsa getroud is. √                1

           Peter √                                                                             1

           Ja, niemand anders het kans gesien om met hom te praat nie./dit is vir Iris
           noodsaaklik om die familie bymekaar te hou./Iris se pa het geweier om met
           hom te praat.

                                                  OF

           Nee, nie een van die betrokke partye het ooit weer iets hieroor gepraat nie. √      1

7.8        Ja
           Die redes vir Hannes se ontrou sal meer betroubaar aangebied word. √

           Nee
           Hannes speel ’n onbenullige rol in die roman wat dit nie nodig maak om van
           die gebeure uit sy oogpunt kennis te neem nie. √                                    1

           Die kandidaat gee sy/haar eie gepaste mening binne die konteks van die
           roman.

7.9        Elsa √                                                                              1

           Sy is ’n feminis./onafhanklik in haar huwelik. √                                    1

7.10       Die kandidaat bied ’n eie gepaste rol (wat wel een van die Engel se rolle in Iris
           se lewe is) en motivering aan, bv.

           Beskermengel √                                                                      1

           Iris kan as Peter se beskermengel optree om hom van ander moontlike
           ongelukke te beskerm. √                                                             1

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          10                              DBE/Feb.-Mrt. 2016
                                        NSS – Memorandum

7.11       Toe Iris in Vermont in die hospitaal was (met haar gebreekte enkel). √              1

           “Jou oomblik van glorie”/“iemand wat glo sy moet ’n ster wees” √                    1

           Die kandidaat bied ’n eie gepaste boodskap aan, bv.
           Ek moet my lewe voluit leef en nie wag vir ’n groot gebeurtenis wat my goed
           sal laat voel nie. √                                                                1

                                                                                               25

                                               OF

VRAAG 8: LITERÊRE OPSTEL Manaka plek van die horings – Pieter Pieterse

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:       • Dis ’n breë raamwerk van feite.
               • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidate voorsien die opstel van ’n gepaste inleiding.

•   In Barotseland kan Baas die Zambezi Joy koop en restoureer. Dus word sy (en
    sy oupagrootjie se) droom verwesenlik./Bl. 39: Mark moet, as deel van hulle
    ooreenkoms, die boot met die vragmotor se hyskraan op ’n paalstellasie lig vir die
    herstelwerk aan die romp.
•   In Barotseland verwesenlik Baas as volwassene sy droom, omdat hy die
    plekke waar sy oupagrootjie gebly het, opspoor./Bl. 18: Laatmiddag kry Baas die
    bougainvilleabos waarvan Mark gepraat het ... Langs die verwronge stam hang ’n
    stuk sinkplaat met die woorde ‘Manaka Evangelical Mission’ netjies op geverf.
•   Baas droom om die streek se toerisme te ontwikkel, en is daarom ernstig oor
    die instel van ’n gereelde pontboot op die Zambezi. Hy deel sy planne met
    Manuel./Bl. 30–31: Hy wil mense van ander lande kom wys hoe die mense van die
    Zambezi leef ... Daarvoor sal ’n ryk toeris uit Europa of Amerika sy beursie omdop.
•   Baas se droom oor sy planne met die Zambezi Grace is so sterk dat hy selfs in
    sy koorsdrome tydens sy malaria-aanvalle bekommerd is oor sy boot./Bl. 41: “My
    boot!” kerm hy. “Die water kom!” Hy gloei van die koors.
•   Die werklikheid en sy drome word verenig as Baas bedags na die spore van die
    buffels soek en snags droom oor hoe hy sy ideaal verwesenlik en die groot bul
    skiet./Bl. 36: Party nagte droom hy dat hy met die Mott-Mauser agter die groot bul
    met die hink in sy voorpoot aan is – kaalvoet, soos hy altyd op Sable Ranch gejag
    het.
•   Baas droom oor die dag wanneer hy die groot buffelbul kan skiet, omdat hy
    dan die horings bokant Manaka se naambord kan vaskap en so die plek
    toeëien./Bl. 244: By sy kamp dra Baas Morena se horings teen die bult uit en slaan
    dit bokant Manaka se naambord teen die stutpaal vas.
•   Die verwagting word by Baas geskep dat hy sy oupagrootjie se droom van ’n
    slagplaas kan verwesenlik omdat die vleiskopers al hoe meer word en hy ’n
    inkomste daaruit verdien./Bl. 39: Buffelvleis sal sterk in aanvraag wees by die
    plaaslike bevolking.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        11                            DBE/Feb.-Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

•   Baas begin algaande twyfel of die bootdroom op Manaka verwesenlik gaan
    word, maar ouma Essie bevestig sy droom omdat sy glo dat hy deur die Here
    gestuur is./Bl. 122: “Die drome wat die kinders van die Here droom, is die drome
    wat Hy vir hulle gee om te droom, jongman.”
•   Aanvanklik sneuwel Baas se droom oor die Zambezi Grace, want Chisupo het
    die toue gesny en die boot het weggedryf./Bl. 230: Die boot is weg. Die toue
    waarmee die stellasie se dwarspale vasgemaak was, hang aan flarde. Dit is
    afgekap.
•   Die gevreesde malaria-siekte wat in dié milieu (die waters van die Zambezi)
    voorkom, bied Baas ’n geleentheid op ’n nuwe droom, omdat hy daardeur
    Grace ontmoet en ’n moontlikheid van ’n toekoms saam ontstaan./Bl. 246: Hulle
    loop agter mekaar in ’n olifantpad teen die rivier af om na die boot wat in ’n baie ou
    kanaal vasgespoel het, te gaan soek.
•   Ouma Essie koester haar eie droom op Manaka dat haar kleinkind, Jos, die
    oppergesag van die khuta moet oorneem./Bl. 242: “My kleinkind Jos ... Dié een
    wat die naam dra van sy oupa, my muluti Joseph Mulambwa ... Dit is die droom wat
    die Here sy kind gegee het om te droom.”
•   Die koms van die sendelinge op Manaka is vir ouma Essie ’n antwoord op
    haar gebede (droom) vir ’n sendingstasie, want sy is bekommerd oor haar
    mense se gebrek aan Christelike waardes en hul afvalligheid./Bl. 192: “Die tradisie
    van die trawante van Satang!” skreeu ouma Essie. “En hy is nie ’n doktor nie, hy is
    ’n towenaar, ’n moloi!”
•   Ouma Essie droom dat daar op Manaka ’n opvolger vir haar man (die vorige
    sendeling) is, wat verwesenlik word as haar man se lyfband perfek vir Baas
    pas./Bl. 121: Baas vat die lyfband van fyngevlegte voorslagriempies wat ouma
    Essie uit haar voorskoot se sak haal en met al twee hande na hom uithou ... Die
    lyfband pas.
•   Ouma Essie droom dat daar eendag weer ’n kerkgebou op Manaka sal wees
    en sy glo die Here het die plek, by die bouvallige kerkgebou, waar die sendelinge
    moet bly, aangewys./Bl. 118: “Tot daar weer ’n kerkgebou is, sal hierdie boom die
    kerk wees. Dit is wat die Here sê.”
•   Ouma Essie droom dat sy eendag weer haar huis op Manaka sal terugkry,
    omdat die khuta haar huis, wat sy en haar man self gebou het, weggeneem het./Bl.
    170: “As julle na vier of vyf jaar nie weer iemand gekry het om Manaka te huur nie,
    sal ek en Tibelelo miskien ons huis kan terugkry en dit gaan regmaak.”
•   Ouma Essie se droom dat haar kleinseun, Jos, die nuwe leier op Manaka
    word, word bewaarheid as hy ingehuldig word as die nuwe hoofindoena van die
    khuta./Bl. 241: Die khuta lei die man uit die lapa. Dis ’n lang man. Tussen die
    mense wat rasend van spanning meegevoer word, haal meneer Kebbey die
    kombers af. Dit is meneer Jos.
•   Ouma Essie se droom dat Baas muluti Joseph se plek as geestelike leier sal
    oorneem, word deels bewaarheid as Baas haar man se lyfband vir haar teruggee
    omdat hy daardeur aandui dat hy sy eie leiersrol in Manaka gaan vervul./Bl. 243:
    “Dankie, ouma Essie,” sê hy. “Ek het dit nie meer nodig nie.”
•   Ouma Essie se droom van sendelinge op Manaka word nie bewaarheid nie,
    maar Baas neem die plek van versorger in met ’n sterk moontlikheid dat hy ook die
    geestelike leier sal word./Bl. 243: “Dankie, Here. Amen,” sê Baas.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           12                               DBE/Feb.-Mrt. 2016
                                         NSS – Memorandum

•     Ouma Essie se droom van ’n kerkgebou op Manaka word bewaarheid, omdat
      oom Scholtzie nuwe vensters en deure vir die kerk bring./Bl. 242: Oom Scholtzie
      wag vir hom (Baas) onder die worsboom by die Dyna. Hy het dit gehuur om die
      kerk se vensters en deure te bring wat die gemeentes gekoop het uit die geld wat
      ingesamel is.
•     Die Du Pisani-egpaar het ’n droom om die Woord van die Here te verkondig,
      daarom is hulle in Barotseland om as sendelinge te werk./Bl. 53: “Ons is hier om
      die Woord van die Here aan ongeredde siele te bring,” kondig Griesel aan. “Ons sal
      ook siek mense kan help.”
•     Die mense van Manaka se reaksie vernietig Griesel se sendingdroom, omdat
      die mense nie sý boodskappe verstaan nie, maar eerder geraak word deur Nanna
      se kinderliedjies./Bl. 205: Aan die einde van die diens sê Griesel dié wat hul harte
      vir die Here wil gee en by die kerk wil aansluit, moet opstaan. Die vrouens staan
      tydsaam op en begin wegstap .../”Jesus loves me! This I know,” sing sy en Grace ...
      Die vrouens gaan staan.
•     Die omstandighede en tradisies op Manaka voed Griesel se
      meerderwaardigheid en dit kelder sy sendingdroom/lei daartoe dat Griesel
      erken dat sy sendingdroom ’n misplaaste droom is, omdat sy meerderwaardige
      houding juis dit is wat nie van ’n sendeling verwag word nie./Bl. 113: “Ek hou nie
      daarvan om behandel te word soos iets wat die kat ingedra het nie ... Ook nie deur
      enige janrap en sy maat waarmee ek my ruimte moet deel nie.”
•     Griesel erken self dat sy sendingdroom op Manaka sneuwel as hy na malaria
      uit die hospitaal ontslaan word en besluit om nie weer terug te gaan na Manaka
      nie./Bl. 242: Hy wil nie in Barotseland bly nie. Hy sê hy weet nou dit was nie sy
      roeping nie.

•     Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slot.                                            [25]

                                                 OF

VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG Manaka plek van die horings – Pieter Pieterse

Vraag       Antwoord                                                                          Punt
9.1         Joseph Sitali √                                                                   1

9.2         Baas beplan om, nes sy oupagrootjie, die Buffeljagter, buffels te jag.
            Baas se droom is om in sy oupagrootjie se voetspore te volg en op Manaka,
            die Plek van die Horings, te gaan bly en werk.
            Die sirkel word simbolies voltooi wanneer Baas Morena se horings teen die
            naambord vasspyker. √√                                                            2

            Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

9.3         Dit is die voortsetting van sy oupagrootjie se nalatenskap. √
            Die groei van die plant bring saam met Baas hernuwing vir Manaka. √
            Baas se vertroeteling van die plant voltooi die werk wat sy oupagrootjie begin
            het. √                                                                            3

9.4.1       Baas het na die antwoord, op wat van jou ’n Christen maak, gesoek. √              1

            Ouma Essie beantwoord die vraag, naamlik dat jou dade jou ’n Christen
            maak. √                                                                           1

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          13                                DBE/Feb.-Mrt. 2016
                                        NSS – Memorandum

9.4.2      Nee

           Hy het gehelp om die sendingstasie te vestig./wou sy Christenskap uitleef. √      1

9.5        Baas is nie in bevel nie./die besluitnemer nie./Die khuta neem die besluite. √    1

9.6        Ja

           Baas leer om saam met ander mense te werk.
           Baas kry ’n antwoord op sy kwelvraag oor Christenskap.
           Baas leer by Grace mededeelsaamheid/medemenslikheid/van die liefde. √√            2
           Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
           Nee, kan nie as ’n antwoord aangebied word nie.

9.7        Hulle het moontlik ’n toekoms saam./is moontlik in ’n liefdesverhouding. √        1

           Grace is Baas se vertroueling. √                                                  1
9.8        Respek √                                                                          1

           Nee

           Hy respekteer nie die khuta nie, want hy was sy hande nadat hy mnr. Kebbey
           gegroet het. √                                                                    1

           Makoa√                                                                            1

9.9        Nee

           Dit is die kulturele gebruik dat Nanna op die grond moet sit terwyl die man op
           die stoel sit. √                                                                  1

9.10       Die mense buite stamverband betaal konsessies (huur) aan die khuta. √             1

           ’n Stuk van die grond waarop Baas konsessie betaal het, word aan die
           sendelinge toegeken. √                                                            1

           Daar word van Baas verwag om meer konsessie te betaal terwyl hy nie meer
           geld het nie. √                                                                   1

9.11       Baas sê dat hy nie na Manaka gekom het om welsynwerk te doen nie,/mense
           te help nie, √ maar Baas gee vir die mense malariapille./vleis./ry hout vir die
           khuta aan./help meneer Johnnie om sy skuld vir sy vrou en kinders te
           betaal. √                                                                         2

           Griesel sê dat hy die mense van Manaka wil help, maar help nie om die
           olifante uit die landerye te jaag nie./Hy staan afsydig teenoor die mense van
           Manaka./respekteer nie die mense van Manaka nie. √                                2

                                                                                             25

                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        14                           DBE/Feb.-Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

VRAAG 10: LITERÊRE OPSTEL Vatmaar – AHM Scholtz

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:       • Dis ŉ breë raamwerk van feite.
               • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste inleiding.

• Oupa Lewies kon net met Ruth trou nadat hy ’n bruidskat betaal het, want dit
  is die gebruik van haar mense./Bl. 11: Yes, they all like me but the old aunty said: If
  you really want her you must give bogadie (lobola) …
• Nadat George die bogadie betaal, sal die hoofman aan hom ’n stuk grond laat
  uitwys waar George sy hut kan bou en ’n veekraal en ploegland kon begin,
  want dit was een van die trougebruike van Ruth se mense./Bl. 11: Hy het vir ons
  alles vertel wat ons wou weet oor die trougebruike van sy mense.
• Die troureëlings is deur ’n ouma en ’n jong man hanteer, want dit was die
  gebruik dat die bruid nie self iets met die reëlings te doen het nie./Bl. 15: Die
  volgende dag het ’n ouma en ’n jong man ons kom sien. Die ngosi het hulle gestuur
  om die troue aanmekaar te sit.
• Ta Vuurmaak het genoem dat ’n hottentotsgot nie doodgemaak mag word
  nie, want die Griekwa-mense kan verstaan wat die hottentotsgot sê omdat hulle
  deur ’n ander Skepper as die verkleurmannetjie gemaak is./Bl. 85: Maar daar was
  groen en bruin hottentotsgotte van verskillende groottes, en ons mag hulle nie
  doodgemaak het nie. Ons Griekwa-mense kan verstaan wat die hottentotsgot sê …
• Deel van Ta Vuurmaak se grootwordjare was dat die seuns, wanneer hulle
  groot genoeg is, die gifkewers gewys is wat waarskynlik in die pyl en boog
  gebruik kon word./Bl. 86: … en die klein pyl en boog wat onse pa-goed vir ons
  gemaak het, en wanneer die seun groot genoeg was, het hulle vir hom die gifkewer
  gewys.
• Ta Vuurmaak het van die Grootman van God, Heitsi Eibib, se voorkennis
  vertel, want dié het vertel dat daar mense sou kom wat net die teenoorgestelde
  van hul kultuur is./Bl. 86: Onse Grootman van God, Heitsi Eibib, die boodskapper
  van Tsui, God van Alles, het Ta Vuurmaak op ’n ander dag gesê, het baie winters
  voor die witman gekom het vir ons vertel dat daar mense sou kom wat net die
  teenoorgestelde van ons is in hoe hulle lyk en leef.
• Volgens Ta Vuurmaak moet ’n mens nooit verby ’n plek loop waar klippe op
  ’n hoop gegooi is sonder om ook ’n klip op te tel en dit op die hoop te gooi
  nie, want almal met Griekwa-bloed (en Boesman-bloed) moet dit doen./Bl. 87: Tel
  self ’n klip op en gooi dit op die hoop, al moet jy dit ook ver gaan haal. Almal met
  Boesman-bloed en Griekwa-bloed in sy lyf moet dit doen, ook al is sy bloed met
  ander bloed gemeng.
• Die drie bediendes wat Heitsi Eibib gehad het, is een van die vertellings van
  Ta Vuurmaak, hulle was Son-eters (die opkoms en ondergang van die son), maar
  het ook die werk gehad om na die behoeftes van Heitsi Eibib om te sien./Bl. 88: Dit
  was hulle werk om te kyk agter die behoeftes van Heitsi Eibib en die mense het vir
  hulle heuning, volstruiseiers en dit wat in die aarde groei, gebring.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                      15                           DBE/Feb.-Mrt. 2016
                                    NSS – Memorandum

• Dit was die gebruik om na een van die Ouderlinge te gaan om gesond
  gemaak te word, want hulle kon met Heitsi Eibib praat om die kleur wat uit die
  sieke se kop straal, van siek na gesond te verander./Bl. 88: Mense het van naby en
  ver na die drie Ouderlinge gekom om hulle te laat gesond maak.
• Ta Vuurmaak het vertel dat die gees nie kan doodgaan nie, want dit behoort
  aan Tsui-Goab en verlaat die liggaam om na hom te gaan wanneer jy
  doodgaan./Bl. 88: Dit kan nie sterf nie, want dit behoort aan Tsui-Goab. Hy is die
  Skepper van alles.
• Daar is ’n geloof dat jy wakkerdood kan wees as jy deur ’n gees seergemaak
  word en jy moet die regte kruie gebruik om gesond te word./Bl. 89: Party
  kruiebossies kan jy eet en van die wortel van die mor-plant maak jy khadie. En julle
  ken almal die smaak van morogo.
• Geld sal onverwags na jou toe kom, slegs een keer, indien jy met Nuwemaan
  na ’n tiekie kyk, na die maan kyk, die tiekie omdraai en in jou sak sit./Bl. 89: Die
  tiekie sal groei en geld sal onverwags na jou toe kom. Maar net een keer.
• Sus Bet het die tradisie van khadie laat voortleef, want sy het dit gemaak en
  aan die inwoners van Vatmaar verkoop./Bl. 47: … en sy met haar khadie – ’n drank
  wat lekker dronkmaak – van heuning en veldwortel wat net sy geweet het waar om
  te grou en wat sy altyd vingeralleen gaan haal het.
• Sus Bet het in haar vertelling van mense gepraat as Mies en Baas soos
  wat die gewoonte van dié tyd was./Bl. 49: En so, wanneer Mies Mollie en Baas
  Filemon …
• In die Griekwa-tradisie neem die pa se broer die rol van die ouer oor indien
  die pa dood is, so het haar pa se oudste broer die hoof van hul huis geword./Bl.
  53: My pa was al dood en sy oudste broer was hoof van onse huis. Hy het gesorg
  vir my ma en vir ons kinders.
• Dit is die gebruik dat ’n Griekwa-vrou sekere dinge moet weet soos wat Siesie
  Lena aan Sus Bet geleer het, die geboorte van ’n kind, wanneer iemand sterf, hoe
  om khadie te maak./Bl. 55: Sy het my geleer hoe om khadie te maak en waar om
  na die wortel te soek.
• Siesie Lena het ook aan Sus Bet van kruie vertel, want sy het gesê dat Sus Bet
  sal weet wanneer sy die bossies sien, omdat Griekwa-vroue daardie gawe het./Bl.
  55: Siesie Lena het my alles van kruiebossies vertel, hoe hulle lyk en waarvoor ’n
  mens hulle kan gebruik. Sy het gesê ek sal weet as ek hulle sien omdat alle
  Griekwa-vroue daai gawe het.
• Die gebruik was dat elkeen, nes Sus Bet en Oom Flip gemaak het, ’n sluk
  water moet neem wanneer die put gegrawe is, want op daardie manier word jy
  deel van die put./Bl. 82: Die put is gegrawe. Soos die gebruik was, is die eerste
  beker water rondgegee sodat elkeen ’n sluk kan vat om deel te word van die put.
• Met die dood van Ta Vuurmaak het Sus Bet hom behandel soos wat die
  Griekwa-tradisie vereis het./Bl. 95: Die ta is in die karos toegerol en hulle het die
  lyk met sy knieë onder sy ken teen die boom sitgemaak.
• Griekwa-tradisies is gebruik met die dood van Ta Vuurmaak, want die goed
  wat Ta Vuurmaak nooit meer kan gebruik nie, is verbrand./Bl. 96: … onse Ta het
  my, toe hy nog sterk was, gevra om hom soos ’n Griekwa te begrawe./Bl. 96: Hy
  het die eer gehad om die goed te verbrand wat nooit weer gebruik sal word nie.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           16                                DBE/Feb.-Mrt. 2016
                                         NSS – Memorandum

• Sus Bet het Ta Vuurmaak volgens Griekwagebruik begrawe. Ta Vuurmaak is
  op sy hurke, met sy gesig na waar die son opkom, in die graf geplaas terwyl die
  drie kruie gebrand is en sy die woorde, Tsui-Goab, Tsui-Goab, vat wat aan Tsui-
  Goab behoort, moes sê./Bl. 96: Toe die lekker ruik van die drie kruie saam met die
  rook uit die vuur uit opslaan, het Sus Bet seker gemaak dat die liggaam van die ta
  op sy hurke was, met die gesig na waar die son opkom.
• Daar was nie ’n vleisfees, soos gebruiklik, na die begrafnis van Ta Vuurmaak
  nie, want hy het nie kinders nagelaat nie./Bl. 97: Daar sal nie vandag ’n vleisfees
  wees nie, het Sus Bet vir die mense gesê, Ta Vuurmaak het nie vir ons ’n nageslag
  gelaat nie.
• Dit is suksesvol dat daar meer as een verteller in die roman voorkom,
  aangesien daar verskillende groepe mense op Vatmaar woon, en so kan elkeen se
  gebruike en tradisies oorgedra word.

Die kandidaat voorsien die opstel van ’n gepaste slot.                                                   [25]

                                                 OF

VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG Vatmaar – AHM Scholtz

Vraag      Antwoord                                                                            Punt
11.1       Hy is wees gelaat na die oorlog./moes steel om te oorleef. √                        1
           Toe hy Ma Khumalo se pappot van die vuur wou steel, word hy betrap en
           ingenooi in haar huis. √                                                            1
           Hy leer by haar om hom oor ander te ontferm./nie te lieg nie./nie te steel nie. √   1

11.2       Ons is ma en kind./Ons hoort bymekaar. √                                            1

11.3       Hy word uitgekryt as ’n wit boer.√

           Hy ontvang ’n paar stewels/klere as vergoeding.√

           Hy word aangestel as bode./later bevorder tot posman.√

           Daar is nou genoeg geld in die huis sodat sy nie meer ’n wasvrou hoef te wees
           nie.√                                                                               4

11.4       Liefde ten spyte van rasverskille/oor kleurgrense/oor rasgrense heen √              1

11.5       Dit is nie kwetsend binne die romangegewe nie./
           Dit is soos die mense dit daardie tyd gebruik het./
           Dit maak die verhaal histories eg.√ √                                               2

           Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk.

11.6       Norman word verstoot deur sy eie mense, witmense, maar die swart vrou, Ma
           Khumalo, aanvaar hom onvoorwaardelik.√                                              1

           Ma Khumalo ontferm haar oor ’n persoon wie se ras/bevolkingsgroep haar
           gewoonlik sleg behandel het. √                                                      1

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          17                              DBE/Feb.-Mrt. 2016
                                        NSS – Memorandum

11.7       Komberse is simbolies van haar aanvaarding van hulle as familie.√               1

           Die naamsverandering dui simbolies op die ou verlede wat hulle nou
           agterlaat./Dit dui op ’n nuwe toekoms wat hulle saam met Ma Khumalo
           ingaan.√                                                                        1

11.8       Ma Khumalo aanvaar die Moslemmeisie in haar huis ten spyte van haar
           Christelike waardes./Mary lê haar Moslemgeloof af en neem Ma Khumalo se
           Christelike geloof aan. √                                                       1

11.9       Vat maar my liefde./gasvryheid./simpatie./
           Vatmaar is ’n toevlugsoord waar mense tuiskom. √

           Gesindheid van ruimhartigheid/goedgesindheid/welwillendheid. √

           Sy maak hulle onvoorwaardelik deel van haar gesin./
           Sy skep vir hulle die geleentheid om iewers te behoort. √                       3

11.10      Die verteller/Sy beleef die gebeure eerstehands/dra dit meer geloofwaardig
           oor.√                                                                           1

11.11      Leerder se eie mening, bv.
           Ja
           Die gebeure en gebruike is nie meer van toepassing op vandag se lewe nie. √
           Verskille tussen ras en geloof is afgeskaf en sulke idilliese gemeenskappe
           soos Vatmaar bestaan nie meer nie. √

                                                 OF

           Nee
           Dit is steeds die werklikheid waarmee die leser van vandag gekonfronteer
           word./waarmee hy kan vereenselwig.√
           Daar is nog steeds onverdraagsaamheid tussen rasse. √                           2

11.12      Leerder se eie mening, bv.
           Kenneth Kleinhans is ’n man wat ver gekom het in die lewe./
           Alhoewel sy status hoër was as die meeste mense op Vatmaar, het hy
           vasgebyt om die liefde van die ongeletterde Kaatjie te verower./
           Deur sy toedoen is daar vandag ’n kerk en ’n sokkerveld op Vatmaar en ’n
           supermark en rioolstelsel op pad./
           Die gemeenskap van Vatmaar salueer ’n bruin man van stoffasie. √√√              3

           Die kandidaat bied DRIE redes vir EEN punt elk aan.
                                                                                           25
                                                               TOTAAL AFDELING B: 25

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        18                             DBE/Feb.-Mrt. 2016
                                      NSS – Memorandum

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 12: LITERÊRE OPSTEL Die Krismis van Map Jacobs – Adam Small

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:       • Dis ŉ breë raamwerk van feite.
               • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding.

•   Die Kersorkes se naam, Star of the Redemption, is ironies, omdat dit op die
    verlossing van sonde, soos Map dit met sy bekering ontvang het, sinspeel, maar hy
    word weggewys toe hy weer lid van die orkes wou word./Bl. 46: “Even die
    verskoning: Ons het al klaar ’n sax, as ons net gewiet het jy kom ýt, ou Map, maar
    ons het nie gewiet nie ...”
•   Die Kersorkes word deel van die gemeenskap se verwerping en Map se soeke
    (na identiteit om iewers te behoort), omdat hulle, net soos die werkgewers waar
    hy aanklop vir werk, hom nie ’n kans wil gee nie./Bl. 46 “Die band is nét so,
    Oompie Paulsen-hulle ... even húlle, net so dieselfde ... Map Jacobs, obviously, sal
    die band nou ’n naam gee ...”
•   Die naam van die orkes, wat ook dui op die Betlehemster en die redding wat
    Christus se geboorte bring, sluit ironies aan by die tema van verwerping en
    identiteitloosheid, want Map word juis in dié tyd van hoop en redding voor
    Kersfees nie weer ’n tweede kans in die orkes gegun nie./Bl. 42: Tommy eggo Map
    se verwagting: “So, dié Krismis is jy seker weer terug innie band ...”
•   Die naam van die orkes kan ook dui op emosionele bevryding vir Map, want
    dit sinspeel op die verlossing van sonde en sy bekering met die daaropvolgende
    vergifnis vir sy dade./Bl. 29: “Soos ’n oogwink is dit alles, sê Hy wat die Here is ...
    Gaan in die vrede van God, Map Jacobs ...”
•   Die Kersorkes dra by tot die karnaval-atmosfeer in die straat omdat dit die
    inwoners, wat Tommy insluit, help om van hul uitsiglose bestaan te vergeet./Bl. 5:
    Hulle practise al vir Krismis! Dan loep hulle mos! /Bl.5: Wel, Oompie Paulsen wil hê
    al die koppe moet hulle kant toe kom vi’jaar ...
•   Die orkes ondersteun die atmosfeer van spanning oor Map se vrylating en die
    gemeenskap se onkunde oor Map se bekering, want die orkes speel dramaties
    sy laaste akkoorde as Cyril verwys na hul vrees as Map moet uitvind van
    Blanchie./Bl. 7: “Al wat ek sê is, ek wil nie by wies as hy weer hierso is nie, en hy
    vinnie at last yt van Blanchie nie ... Nie daai bastard nie!”
•   Die orkes dra by tot die vestiging van die spanning oor Map se vrylating as
    Miriam verneem na Map Jacobs om sy mate te neem, want die instrumente raak
    skielik stil asof daar ’n ernstige kwessie is./Bl. 37: ’n Stilte en erns kom oor die
    groep wat so pas nog gelag het. Al die instrumente is stil, behalwe ’n enkele banjo
    wat halfhartig ingestem word.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          19                              DBE/Feb.-Mrt. 2016
                                        NSS – Memorandum

•   Die reaksie van die orkes op Miriam se navrae is ’n vooruitwysing op Map se
    verwerping deur die orkes na sy vrylating, want in die volgende toneel is Map
    vrygelaat waarna hy sê dat die orkes nie ’n plek vir hom het nie./Bl. 46: Map
    Jacobs, obviously, sal die band nou ’n naam gee.
•   ’n Deel van Map se hoop in die tronk is sy herinneringe aan die orkes, want hy
    praat van sy parool en die orkes in dieselfde asem./Bl. 11: Die band practise seker
    al vir Krismis. Ek onthou ... Kan Ma glo, ek kom ýt, op die sewende ...
•   Die orkes suggereer ’n tyd toe dit goed gegaan het met Map omdat hy toe deel
    was van die orkes en as voorspeler saam met hulle bekers gewen het./Bl. 43: Ek
    onthou nog, die jaar, so twee jaar, drie jaar voor jou ... trouble man ... toe julle al die
    koppe gevat het daar op die Common ...
•   Daar is waardering vir Map as saxofoonspeler, want Tommy verwys na Map se
    bedrewenheid met die instrument en die prys wat hy ontvang het vir sy spel./Bl. 43:
    Maar hel, die sax en jy, bo almal ýt ... Toe vat julle die first vir solo oek!
•   Tommy is die enigste een wat Map terug verwelkom en hoop by hom skep om
    weer aan die orkes te behoort, want hy verwys na die orkes se oefening asof hy
    Map daar verwag./Bl. 43: Dan speel jy seker weer innie band vi’jaar ... Dan siet ek
    jou seker by die practise, Sondagmarrag …
•   Niemand kan die saxofoon soos Map speel nie, want niemand kon Map eintlik
    as beste saxofoonspeler in die orkes vervang nie./Bl. 43: Kaffi’tjie Arries het getry,
    maar well, saxophone is nie sý instrument nie ...
•   Die saxofoon is ’n middel waardeur Map weer kon behoort en bevryding kon
    smaak, omdat hy weer identiteit as ’n orkeslid kon kry, maar dit word hom
    ontneem./Bl. 46: Ons het al klaar ’n sax, as ons net gewiet het jy kom ýt, ou Map ...
•   Die saxofoon simboliseer ’n tyd van onskuld, hoop en goedheid toe Johnnie
    se lewe nog belofte getoon het./Bl. 43: Ek onthou nog, die jaar, so twee jaar, drie
    jaar voor jou ... trouble man ...
•   Map word as ’n leier in die gemeenskap gesien, omdat hy as die beste speler
    simbolies verbind word met die koning van die instrumente, die saxofoon./Bl. 5: Die
    saxofoon klim bo die ander instrumente uit.
•   Die saxofoonspel in die slottoneel, soos Map dit vroeër gespeel het, sorg vir
    hoop en ’n positiewe toekoms, want dit suggereer dat Map weer sy plek in die
    gemeenskap inneem en die versoening tussen hom en sy ma as sy saam met die
    klanke van die instrument sy naam sê./Bl. 62: Dan wend Map sy oë af en hy hoor –
    en óns hoor – die saxofoon, soos hy dit gespeel het, voorheen./Bl. 62: ANTIE
    GROOTMEISIE (praat vir die eerste keer in jare): “Johnnie ...”
•   Apostel George se lofuitinge/lofsange is deel van Map se bevryding in die
    tronk omdat hy Map daardeur lei tot bekering; bekering maak hom vry./Bl. 25:
    Praise the Lord! Map Jacobs, praise the Lord!
•   Map se bekering en bevryding van sy skuldlas word bevestig wanneer hy
    intens met die Apostel saamsing./Bl. 28: Dan swetend, begin die Apostel sing, en
    uiteindelik sing Map ewe intens saam.
•   Map is intens betrokke by die bekeringsproses en kwytskeldingsproses deur
    sy deelname aan die sang, want hy is moeg as hulle klaar gesing het./Bl. 28: Map
    en Apostel George is uitgeput wanneer hulle klaar is met die lied.
•   Map en Apostel George eggo pryswoorde, ’n soort geestelike refrein, omdat
    hulle daardeur Map se bekering bevestig./Bl. 27: Halleluja, Map Jacobs! Sê
    Halleluja! ... Halleluja, Here Jesus! ...

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2016-memo/ec5253b7-0b0a-4d47-8896-0899c013fb83) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2016-memo/5497b749-e408-4f00-b341-25758bcc85a8) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016-memo/4d844ab2-9772-4460-97b6-9a9c27ed70c2) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2016/e869ab9c-69d1-47c4-b2b7-6c2c5fecf6f1) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Feb March 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2016/2f38ced4-0c76-42df-86de-e5c14d4b9568) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016/f0c679d6-57b1-4941-a730-e09febb83a15) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
