# Afrikaans HL Grade 12 P2 Supplementary November 2016 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Supplementary November 2016, 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2016/760a99b9-5836-4c80-a0d1-1a249ac76ba8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Supplementary November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 Supplementary November 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2016/760a99b9-5836-4c80-a0d1-1a249ac76ba8)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Supplementary November · 2016 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P2 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2016-memo/5bb7960d-f331-44be-9676-13d3f2b334bd) — Memo · 2016 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 12

                            AFRIKAANS HUISTAAL V2

                            FEBRUARIE/MAART 2016

PUNTE: 80

TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 24 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        2                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.

2.    Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
      inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die
      letterkundetekste wat jy in die klas behandel het. Lees daarna die vrae oor die
      tekste wat jy gedoen het en kies die soort vraag wat jy wil doen.

3.    Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A: Gedigte        (30)
      AFDELING B: Roman          (25)
      AFDELING C: Drama          (25)

4.    Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B en
      EEN uit AFDELING C.

      AFDELING A: GEDIGTE
      GESIENE GEDIGTE – Beantwoord TWEE vrae.
      ONGESIENE GEDIG – VERPLIGTE vraag

      AFDELING B: ROMAN
      Beantwoord EEN vraag.

      AFDELING C: DRAMA
      Beantwoord EEN vraag.

5.    KEUSE VAN VRAE VIR AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

      •   Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy in die klas
          gedoen het.
      •   Beantwoord EEN LITERÊRE OPSTEL en EEN KONTEKSTUELE VRAAG.
          As jy die literêre opstel in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele
          vraag in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in
          AFDELING B beantwoord, moet jy die literêre opstel in AFDELING C
          beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou te help.

6.    LENGTE VAN ANTWOORDE

      •   Die lengte van die literêre opstel vir die gedig is 250–300 woorde.
      •   Die lengte van die literêre opstel vir die roman en drama onderskeidelik is
          400–450 woorde.
      •   Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word bepaal deur die
          puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord jou vrae bondig en relevant.

7.    Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                    3                     DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                        NSS

8.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

9.    Beantwoord ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

10. Voorgestelde tydsindeling:

      AFDELING A: ongeveer 40 minute
      AFDELING B: ongeveer 55 minute
      AFDELING C: ongeveer 55 minute

11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                      4                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                          NSS

INHOUDSOPGAWE

Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele
vraestel deur te lees.

AFDELING A: GEDIGTE

Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
        VRAAGNOMMER                     VRAAG                   PUNTE        BLADSY
1. ‘staat’                          Literêre opstel               10            6

2. ‘Vroegherfs’                         Kontekstuele vraag         10            7

3. ‘Sonsverduistering’                  Kontekstuele vraag         10            8

4. ‘Die huis luister’                   Kontekstuele vraag         10            9
                                         EN
Ongesiene gedig: VERPLIGTE vraag.
5. ‘Vers-in-’n-bottel’            Kontekstuele vraag               10            10

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.*
6. Die kwart-voor-sewe-lelie              Literêre opstel          25            11

7. Die kwart-voor-sewe-lelie            Kontekstuele vraag         25            11

8. Manaka Plek van die Horings            Literêre opstel          25            13

9. Manaka Plek van die Horings          Kontekstuele vraag         25            14

10. Vatmaar                               Literêre opstel          25            16

11. Vatmaar                             Kontekstuele vraag         25            16

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.*
12. Krismis van Map Jacobs                Literêre opstel          25            19

13. Krismis van Map Jacobs              Kontekstuele vraag         25            19

14. Mis                                   Literêre opstel          25            21

15. Mis                                 Kontekstuele vraag         25            22

*LET WEL:         Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
                  uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         5                 DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy al die nodige vrae
beantwoord het.

                 AFDELING                    VRAAG-     GETAL VRAE       MERK
                                             NOMMER    BEANTWOORD         
A: Gedigte                                     1–4          2
   (Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte                                         5        1
   (Ongesiene gedig)
B: Roman                                       6–11         1
   (Literêre opstel of kontekstuele vraag)
C: Drama                                       12–15        1
   (Literêre opstel of kontekstuele vraag)

LET WEL:       Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit
               AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       6                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

staat – Niel van Tonder

1         jare nou al
2         sit roerloos wit
3         ’n krap in ’n gaterige wal

4         roer ’n steeltjiesoog
5         met tye
6         waaksaam omhoog

7         niemand sal ooit
8         met sekerheid kan sê
9         of ’n droë dood ook in hom lê

10        maar wanneer en hoé
11        het die swart mierbataljon
12        dié parate pantser binnegekom?

                                                             [Uit: As Hy weer kom, 1975]

Die gedig, “staat”, kan as ’n protesgedig beskou word, maar dit het ook universele
betekenis.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 250–300 woorde.                                    [10]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          7                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Vroegherfs – NP van Wyk Louw

1         Die jaar word ryp in goue akkerblare,
2         in wingerd wat verbruin, en witter lug
3         wat daglank van die nuwe wind en klare
4         son deurspoel word; elke blom word vrug,
5         tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
6         so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
7         dat die takke van die lang populiere al
8         teen elke ligte môre witter staan.
9         O Heer, laat hierdie dae heilig word:
10        laat alles val wat pronk en sieraad was
11        of enkel jeug, en vér was van die pyn;
12        laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
13        my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
14        en nakend uit my teerder jeug verskyn.
                                                                [Uit: Die halwe kring, 1937]

2.1       Watter soort eindrym kom in versreël 1–4 voor?                                        (1)

2.2       Benoem die beeldspraak in versreël 1 en dui aan hoe versreël 11–12 by dié
          beeld in versreël 1 aansluit.                                                         (2)

2.3       Watter woord in die oktaaf dui op die rypwordingsproses in die natuur? Gee
          bewyse uit die oktaaf dat die seisoene verander.                                      (3)

2.4       Watter funksie verrig die herhaalde gebruik van die woord laat in
          versreël 9–12?                                                                        (1)

2.5       Wat is die versoek van die spreker in versreël 10?                                    (1)

2.6       Watter leser dink jy sal hom/haar die beste met die tema kan identifiseer?
          Motiveer jou antwoord.                                                                (2)
                                                                                                [10]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        8                        DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Sonsverduistering – PJ Philander

1         Langsamerhand, geruisloos skuif die vlek
2         van skadu en verklein die sekelboog
3         van son tot dreigend swart die kol daar hoog
4         ’n koue vreemde skemerte laat trek
5         wyd oor die vlakte waarvandaan, swygsaam,
6         ’n vaal streep donkies met die kortste pad
7         oorhaastig stalwaarts swingel nog voordat
8         die skape blêr-blêr na die kraal toe gaan.
9         Oor gans die mensdom hang ’n skaduwee
10        wat alle lig van God en Christus so
11        verduister Sy pad onsigbaar is.
12        En ons, aan hierdie duisternis gedwee,
13        het nie ’n skaap se voorgevoel of glo
14        dat ons moet tydig Huiswaarts keer vir rus.
                                                                     [Uit: Uurglas, 1955]

3.1       Gee bewyse dat hierdie gedig ’n sonnet is.                                         (2)

3.2       Gee die woord in versreël 1 wat op dreigende gevaar dui.                           (1)

3.3       Haal nie meer nie as DRIE opeenvolgende woorde uit versreël 1–3 aan wat
          by die gedigtitel aansluit.                                                        (1)

3.4       Hoe word die stilte in versreël 5 beklemtoon?                                      (1)

3.5       Waarna verwys die skaduwee in versreël 9? Haal nie meer nie as VIER
          opeenvolgende woorde uit versreël 9–11 aan om die omvang van hierdie
          skaduwee aan te dui.                                                               (2)

3.6       Tot watter insig het die spreker gekom? Wat is ironies aan hierdie insig?
          Motiveer of jy met hierdie insig waartoe die spreker kom, saamstem.                (3)
                                                                                             [10]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         9                             DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Die huis luister – Daniel Hugo

1         my kamers is hol soos ’n binne-oor
2         ek hoor hoe die bewoners roesemoes
3         liefde maak, verwyt, mekaar vertroos, skoor
4         soek met die goor hede, nooit tevrede
5         aanhou kibbel oor kon en sou en moes

6         luister, ek bewaar julle verlede
7         my fondamente kraak onder die las
8         my plafonne raak voos van die eggo’s
9         te veel vloeke laat my pleisterwerk bars
10        jare se trane laat my rame roes

11        so word ons saam verweer deur dit wat was
12        my dakplate en julle gebede
13        fluister en knal al hoe harder om hulp
14        ongehoord in elke nag se oorskulp

                                                                   [Uit: Dooiemansdeur, 1991]

4.1       Benoem die beeldspraak in die titel. Lei die moontlike boodskap wat die
          spreker wil oordra, uit die titel af.                                                    (2)

4.2       Herlees versreël 1.

          Watter suggestie is in die woord “hol” opgesluit?                                        (1)

4.3       Benoem die klankeffek (halfrym) in versreël 3–4 en sê waarom dit
          funksioneel is.                                                                          (2)

4.4       Watter woord in versreël 6–8 beskryf die huis se lojaliteit?                             (1)

4.5       Watter TWEE opeenvolgende woorde dui daarop dat die huismense na ’n
          beter toekoms smag?                                                                      (1)

4.6       Watter rol vervul die huis in hierdie gedig? Wat is die gevolge van die huis se
          optrede?                                                                                 (3)
                                                                                                   [10]

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        10                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Vers-in-’n-bottel – Joan Hambidge

1         Lief, vanoggend wil ek
2         vir jou ’n vers in ’n bottel
3         stuur nes daardie Japannees
4         aan boord van die Helderberg.
5         “Ek sal jou nooit weer sien
6         nie – dis die einde, onverwags.
7         Weet net hiermee, as iemand
8         dié boodskap vind, van my liefde.”
9         Verbaasde pêrelvissers vind ’n bottel
10        langs die strand en ontsyfer
11        ’n stil boodskap in pyn geskandeer
12        oorspronklik net vir jou gestuur.

                                                      [Uit: Nuwe Verseboek vir seniors, 1991]

5.1       Wie is die aangesprokene in die gedig?                                                  (1)

5.2       Benoem die stylfiguur wat in versreël 1 voorkom en gee die funksie daarvan.             (2)

5.3       Gee die ooreenkomste tussen die Japannees en die spreker.                               (2)

5.4       Hoekom gebruik die digter aanhalingstekens in versreël 5–8?                             (1)

5.5       Watter gevoel ervaar die spreker in versreël 7–8? Skryf die frase neer wat by
          dié gevoel aansluit.                                                                    (2)

5.6       Verwag die spreker dat iemand sy/haar brief sal kry? Motiveer jou antwoord
          deur ’n woord uit die gedig aan te haal.                                                (1)

5.7       Die spreker beskryf sy/haar seerkry as ’n “stil boodskap in pyn geskandeer”.

          Is hierdie beeldgebruik geslaagd? Motiveer jou antwoord.                                (1)
                                                                                                  [10]

                                                                TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         11                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag oor die letterkundeteks wat julle in die klas gedoen het.

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Beantwoord ÓF VRAAG 6 (literêre opstel) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – LITERÊRE OPSTEL

Die newekarakters – die Engel, Peter en Billy – het ’n invloed op Iris en ondersteun
haar met die besef dat die lewe uit meer as een blomtyd bestaan.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.                                        [25]

                                             OF

VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS A

1         “Ek wil hulle nie vanaand onder my voete hê nie.”
2            “Sal hulle ook laat bed natmaak,” het ek teruggefluister.
3            “Eers badkamer toe voor julle inkruip!” het sy beveel en hulle gehelp om al
4         hulle buit boontoe te dra.
5            “Iris sal ons in die bed sit,” het hulle vir haar gesê en sy is terug ondertoe
6         sonder om hulle nag te sê.
7            “Dis Oukersaand,” het ek betig. “Ons moet lief wees vir mekaar.”
8            “As sy my in die bed sit, maak ek sommer my bed nat,” het Junior gesê.
9            “Dis verspot. Om doelbewus so iets te doen, is baie kinderagtig.” Maar ek
10        was ook nie Ius vir baklei nie, en hulle was eintlik baie moeg van die speel
11        buite, die opgewondenheid en die wyn. Ek het hulle toegemaak en op die
12        voorkop gesoen en besef dat ek dit nogal geniet het om huis-huis te speel
13        met twee regte kinders.

14        “Watse werk doen jy eintlik?” het Brian my gevra toe ons later lankuit in ons
15        stoele voor die kaggelvuur sit.
16           “Ek werk by ’n tandarts.”
17           “Dis nie baie ambisieus vir iemand wat glo sy moet ’n ster wees nie,” het
18        Bettie gesê.
19           “Ek het nooit gesê ek wil ’n ster wees nie.”
20           “Jou oomblik van glorie dan.” Sy het venynig geklink.
21           “Ek dink dit werk op ’n glyskaal,” was Brian se mening. “Vir ’n aktrise
22        beteken dit seker ’n toekenning, vir ’n model om op die buiteblad van ’n
23        toptydskrif te verskyn ...” Hy het my ’n skuins kyk gegee. “Vir die ou man wat
24        langs ons woon, is dit wanneer sy kaktus blom.”
25           “En vir jou?” het Peter gevra.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         12                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

7.1       Wat wil die verteller bereik met die gebruik van die woord “buit” in reël 4?            (1)

7.2       Hoe kom Bettie met Brian se kinders oor die weg? Motiveer jou antwoord.
          Gee ’n voorbeeld uit TEKS A wat hierby aansluit.                                        (3)

7.3       Iris droom later in die roman van die kinders wat sy en Peter sal hê.

          Op watter wyses het die droom van Iris se eie geboorte verskil?                         (2)

7.4       Herlees reël 17–18.

          Stem jy saam met Bettie se woorde? Motiveer jou antwoord deur na die tema
          van die roman te verwys en haal ’n frase uit TEKS A aan wat die tema
          ondersteun.                                                                             (2)

7.5       Herlees reël 20.

          Wat, dink jy, is Peter, Brian, Bettie en Iris se onderskeie oomblikke van
          glorie?                                                                                 (4)

                                             EN

TEKS B

1             “Bog. Hannes moet sy verantwoordelikhede besef.”
2             “Nee, darling,” het Ma gesê. “Sy voordele.”
3             Ek het maar gaan slaap. Toe ek die lig afskakel, het ek die Engel op die
4         vensterbank sien sit, sy gesig na die tuin gedraai.
5             “Jy het weer drooggemaak,” het ek verwyt. “Waar was jy toe jy ’n oog oor
6         die man moes hou?”
7             “Dis sy lewe.”
8             “Jy kan maklik praat. Jy is vry van aardse drange. Sover ek weet.”
9             Hy het waardig geswyg.
10            “En ons is swak. Ek wens ek was jy, verby hierdie aardse geploeter.”
11            “Jy sal ook eendag soos ek word.”
12            “Dink jy so?” Dit was 'n fassinerende gedagte. Sou ek ook op mense se
13        vensterbanke rondsit en advies aanbied of weier? Sou ek ook saam met my
14        toegewysde persoon in vliegtuie vlieg, in vreemde wêreldstede rondloop
15        sonder om eers my roksoom vuil te maak? “Maar jy is nie altyd by nie,” het ek
16        hom herinner. “Ek hoop ten minste nie so nie. Dit sou pervers wees as jy altyd
17        op my vensterbank na my sit en loer.” ’n Ander gedagte het my getref. “Dink
18        jy ek blom dalk eers ná ek dood is? Gaan my bloeityd eers kom as ek my
19        sigbaarheid verloor het?”
20            “Party mense blom ongesiens,” het hy gesê. “So onverwags dat niemand
21        dit eers opmerk nie.”
22            “Soos Ma se lelie.”
23            “lets in dier voege, ja.”

7.6       Watter soort konflik kom in reël 5–6 voor? Waar in die roman bots Iris ook met
          die Engel omdat hy nie sy taak as beskermengel verrig het nie?                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        13                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

7.7       “Jy is vry van aardse drange.” (Reël 8)

          Waarom is Hannes binne die konteks van TEKS B nie vry van aardse
          drange nie? Watter karakter (nie Elsa nie) speel direk ’n rol om Hannes van
          sy aardse drange te bevry? Motiveer of die rol van hierdie karakter
          noodsaaklik is.                                                                       (3)

7.8       Dink jy Hannes moes in die gedeelte van die roman wat TEKS B voorafgaan,
          as verteller opgetree het? Motiveer jou antwoord.                                     (1)

7.9       Herlees reël 10.

          Watter een van Iris se susters tree sterk op? Motiveer jou antwoord.                  (2)

7.10      Watter rol van die Engel kan Iris eendag vertolk? Motiveer jou antwoord binne
          die konteks van die roman.                                                            (2)

7.11      Herlees reël 20–21.

          Wanneer het Iris dieselfde woorde as dié van die Engel gebruik? Haal woorde
          van Bettie uit TEKS A aan wat hierby aansluit. Watter boodskap gee die
          Engel se woorde (reël 20–21 van TEKS B) vir jou as leser?                             (3)
                                                                                                [25]

                                            OF

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Beantwoord ÓF VRAAG 8 (literêre opstel) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – LITERÊRE OPSTEL

Barotseland, as deel van die milieu, is die plek waar Baas en Ouma Essie hulle drome
verwesenlik en die Griesel-egpaar nie.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.                                      [25]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         14                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS A

1            Iemand is redelik onlangs hier begrawe. Indoena van God? ’n Sendeling
2         miskien? Die letters op die sinkplaat aan die bougainvillea is ook nie oud nie.
3         Miskien is dit onlangs oorgeverf. Hy soek verder, maar aan geeneen van die
4         bome in die omgewing kry hy tekens dat buffelhorings ooit aan die stamme
5         vasgekap was nie. Mettertyd kom die gedagte by hom op dat iemand hom
6         dophou. Dit laat hom effens verspot voel.
7            Eintlik is dit verspot, dink hy. En g’n horing kan honderd jaar hou nie. Die
8         haarwurms het hulle werk gedoen. Selfs die skedelbene het teen hierdie tyd
9         Iankal stof geword. Maar die bewerigheid verdwyn nie uit sy ledemate nie.
10           Terug op die laer plato ontdek hy op menshoogte ’n rif reg rondom die
11        stam van ’n kersregop jakkalsbessie. ’n Kabeldraad wat iemand lank gelede
12        om die boom vasgemaak het? Miskien om vleis aan op te hang? spekuleer
13        hy. Toegegroei onder bas. Hy voel skaars die rif onder sy hand, maar diep
14        onder, binne-in die pit van die boom, moet die ysterkabel nog wees, weet hy.
15           Aan die voet van die jakkalsbessie steek ’n stuk been uit die donker
16        sandgrond. Dit lyk na die verweerde kakebeen van ’n bees. Of ’n buffel? Toe
17        hy onder die ander groot bome in die omgewing begin soek, kry hy nog
18        stukke kakebeen, baie met die agterste maaltande nog daarin.

9.1       Wie is die Indoena van God wat redelik onlangs (reël 1) op Manaka
          begrawe is?                                                                            (1)

9.2       Hoe skakel die horings/buffelhorings met Baas se droom?                                (2)

9.3       Verduidelik die simboliese rol wat die bougainvillea in die roman speel.               (3)

9.4       Herlees reël 3.

          9.4.1         Watter ander soektog het Baas gehad en hoe help Ouma Essie om
                        hom ’n antwoord op hierdie soektog te gee?                               (2)

          9.4.2         Het Baas se oupagrootjie dieselfde soektog as Baas gehad?
                        Motiveer jou antwoord.                                                   (1)

9.5       Watter teenstrydigheid is daar in Baas se naam geleë?                                  (1)

9.6       Dink jy dat Manaka ’n positiewe invloed op Baas het? Motiveer jou antwoord.            (2)

9.7       Aan die einde van die roman sê Baas aan Grace om hom “Baas” en nie
          “meneer Baas” te noem nie.

          Wat kan ons uit dié woorde oor Baas en Grace se verhouding aflei?                      (2)
                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         15                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                             NSS

TEKS B

1                                                   Oom Scholtzie klap hande, maak
2         seker dat hy die khuta aanspreek en nie die tolk nie, en stel die nuwe
3         sendelingegpaar vir die Senanga-gebied in Engels aan die vergadering
4         bekend.
5             Indoena Daaimon waai met die bos swart beessterthare aan sy ampskierie
6         die vlieë van sy blinkgeskeerde kop af weg. Sy ogies flits oor die oumanne.
7             “Ons het gedink jy sal nie weer terugkom nie,” sê hy.
8             “Daar was probleme. Maar ons is nou hier.”
9             “Ja, ons het ook probleme,” dra die tolk die khuta se eenparige besluit oor.
10        “Dit is al meer as vier jaar vandat muluti Joseph, die sendeling van Manaka,
11        dood is. In dié tyd het die khuta niks van die kerk gehoor nie.”
12            “Die sendeling waarvan ons gepraat het toe evangelis Joseph oorlede is,
13        het leiding van die Here ontvang om nie Barotseland toe te kom nie. Ons het
14        daarna ’n ander sendeling beroep, maar toe is dit nou weer sy vrou wat
15        leiding ontvang. Dit is hoekom dit meer as vier jaar geneem het,” sê die tolk in
16        sy eie taal vir die khuta en beduie vir die stampolisieman om indoena
17        Daaimon se bokke, wat aan Nanna se rok kom snuffel, weg te jaag.
18            Die khuta sê dit is baie jammer dat hy so lank gewag het, want die geld
19        van nou en die geld van lankal waaroor hulle laas gepraat het, kan nie
20        dieselfde wees nie. Nog ’n rede waarom die geld nie dieselfde kan wees nie,
21        is dat daar nie net oor ’n plek gepraat word vir iemand om te bly nie, maar ook
22        oor ’n plek waar daar besigheid gedoen gaan word.

9.8       Watter karaktereienskap van Oom Scholtzie kan ons in TEKS B aflei? Beskik
          Griesel oor dieselfde karaktereienskap? Motiveer jou antwoord met ’n
          spesifieke voorbeeld uit die roman. Watter naam gee Grace vir Griesel?                 (3)

9.9       Is dit ongeskik van Griesel om op die stoel te sit terwyl Nanna op die grond
          moet sit? Motiveer jou antwoord.                                                       (1)

9.10      Herlees reël 22.

          Op watter wyse bedryf die khuta ’n besigheid en hoe veroorsaak dié
          besigheid konflik met Baas?                                                            (3)

9.11      Griesel en Baas se woorde in verband met welsynwerk staan in kontras (met
          mekaar en) met hul handelinge. Noem hoe Baas en Griesel se woorde met
          hul handelinge kontrasteer. Staaf jou antwoorde met voorbeelde uit die                 (4)
          roman.                                                                                 [25]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       16                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

VATMAAR – AHM Scholtz

Beantwoord ÓF VRAAG 10 (literêre opstel) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).

VRAAG 10: VATMAAR – LITERÊRE OPSTEL

Die vertellers – Ta Vuurmaak, Sus Bet en oom Chai – gebruik tradisies en gebruike in
hul storievertelling om die leefwyse van die karakters in Vatmaar uit te lig.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400–450 woorde.                                     [25]

                                           OF

VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder deeglik deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS A

1               Toe gooi ek die kombers oor my nuwe ma want ek kon in die maanskyn
2         sien hoe sy onder een kombers lê en bewe, en ek kruip agter haar rug in.
3            Ek het die volgende oggend wakker geword met my arm om haar nek. Sy
4         het omgedraai en haar gesig was langs myne. In my kinderverstand het die
5         woorde opgekom: Ons is. Ek het haar daar en dan liefgekry, die verbond
6         tussen ons was verseël. Van toe af het ons die meeste van die tyd Setswana
7         gepraat. En sy was trots daarop as ek tussen ander mense met haar
8         Setswana praat. Vir my was dit, soos die bruines en wittes dit noem, onse
9         taal.
10           Ek het altyd saam met haar gegaan as sy die wasgoed vir Mister Norman
11        White terugvat, maar ek moes buite in die straat wag tot sy terugkom. Ek het
12        nooit geweet hoekom nie, tot op ’n dag dat sy siek was en beswaarlik kon
13        loop. Sy het my gevra om die skoon wasgoed, wat sy klaar opgevou het, in ’n
14        skoon uitgewaste meelsak in die son op ’n paraffienblik te sit om seker te
15        maak daar is geen luise in nie. Want hulle loop uit in die son.
16           Toe dit tyd word vir ons om die wasgoed weg te bring, kon sy kwalik loop.
17        Sy het my gevra om peperboomblare te gaan pluk en op haar kop te sit. Ek
18        het gemaak soos sy gevra het en toe vir haar gesê: Ma, ek sal die wasgoed
19        na Mister Norman toe vat.

11.1      Norman bid saam met Ma Khumalo.

          Hoe het dit gebeur dat hy by haar beland het en wat anders as bid, leer hy by
          haar?                                                                                (3)

11.2      “Ons is.” (Reël 5)

          Wat bedoel Norman met dié woorde?                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        17                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                            NSS

11.3      Ma Khumalo is die wasvrou van Norman White.

          Watter vernedering ervaar Norman van der Westhuizen by die Whites as hy
          die wasgoed aflewer? Wat ontvang hy as vergoeding daarvoor en hoe
          verander sy lewe ten goede na hierdie ontmoeting? Watter voordeel hou die
          verhouding tussen Bob White en Norman vir Ma Khumalo persoonlik in?                   (4)

11.4      “ ‘Hy is wit, ek is swart, saam is ons Coloureds,’ sê Ma Khumalo.”

          Watter motief in die tema van die roman is hier ter sprake?                           (1)

11.5      Waarom is vloekwoorde binne die konteks van dié roman aanvaarbaar?                    (2)

11.6      Watter ironie word in Norman én in Ma Khumalo se situasie aangetref?                  (2)

                                            EN

TEKS B

1           Dit het seker ’n week so aangegaan. Toe die sambokmerke hulle blou kleur
2         begin verloor, het sy my weer my rok gegee om aan te trek. Die voorkant was
3         nou vasgelap en dit was gewas en gestryk.
4           Jy weet, Tant Wonnie, hierdie ou swartvrou het dit alles vir my gedoen
5         sonder om ooit te vra wat gebeur het of wat my naam is. Al wat sy gesê het,
6         was: As jy wil weggaan, moet jy my dit net vooraf sê. Ek het my kop geskud
7         en gehuil. Sy het die deur toegemaak en buite op haar bankie gaan sit. Ek
8         kon dit nie langer verduur nie en ek het die kombers om my gedraai en langs
9         haar gaan sit, met my hand op haar knie. Dit was al laatoggend en na ’n
10        rukkie het ek haar vertel wat gebeur het en dat my naam Mariam is en my
11        mense Slamse.
12          ’n Goeie man kruip nie agter sy godsdiens weg nie, het sy gesê. Ons
13        Tswanas was nooit sonder ’n God nie. Dit was die witman wat gesê het ons is
14        heidene.
15          Toe sê ek vir haar: Ma, ek wil bly.
16          Dan sal ek jou as my kind vat, Mary, het sy gesê.
17          Dit is hoe ek Mary geword het.
18          Dankie, Ma, het ek gesê en haar hand gesoen.
19          Toe my baba ’n paar dae oud was, het Ma Khumalo sy kennetjie gekielie en
20        gesê: Lucas.

11.7      Ma Khumalo ontvang sowel Norman as Mary met ope arms in haar huis.
          (TEKS A en TEKS B)

          Wat is die simboliek van die gee van die komberse en die verandering van hul
          name?                                                                                 (2)

11.8      Reël 4–5 sluit aan by die tema van liefde oor die kleurgrens heen.

          Hoe word hierdie tema deur Mary en Ma Khumalo belig?                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       18                         DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                           NSS

11.9      Watter betekenis van die titel, Vatmaar, is van toepassing op die gebeure in
          TEKS A en TEKS B? Wat is die algemene gesindheid van die gemeenskap
          van Vatmaar en hoe verteenwoordig Ma Khumalo dit met haar optrede
          teenoor die twee jongmense?                                                           (3)

11.10     Waarom is die gebruik van ’n ek-verteller in die roman ’n geslaagde keuse?            (1)

11.11     Vatmaar is ’n “lewendagge verhaal” van ’n tyd wat nie meer bestaan nie.

          Gee jou gemotiveerde mening oor hierdie stelling.                                     (2)

1.12      Waarom kan Kenneth Kleynhans ’n inspirasie vir die leser wees?                        (3)
                                                                                                [25]

                                                              TOTAAL AFDELING B:                25

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             19                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                 NSS

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag oor die dramateks wat julle in die klas gedoen het.

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Beantwoord ÓF VRAAG 12 (literêre opstel) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

VRAAG 12: KRISMIS VAN MAP JACOBS – LITERÊRE OPSTEL

In die drama, Krismis van Map Jacobs, speel musiek ’n belangrike rol in die tema van
bevryding, maar ook van gevangeneskap.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.                                           [25]

                                                 OF

VRAAG 13: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS A

1                       Lig op. Die straat is vol mense, ook Cyril en Richie en Tommy
2                       is daar. Ons gewaar vir Maud, bo, agter haar gordyne. Maar
3                       die mense is nie van Map bewus nie. Hy is nou die verteller;
4                       hulle die voorwerpe van die storie. Dan is Map stil. Die lig
5                       helder op hom. Ons sien hom, sy arms rustend op die leuning
6                       van die stoel wat hy agterstevoor gestel het om op te sit. Hy
7                       staar voor hom uit.
8         MAP:          Tommy Sobotker! En Cyril, en Richie, en Willy la Guma, en
9                       Blanchie ... almal ... almal ... (Lag, dieselfde lag, en staar voor
10                      hom uit.) Almal hier, almal in hierdie strate, in hierdie huise,
11                      almal ... (Lag.) En die employers, o, almal die employers ...
12                      Hulle almal is so sympathetic ... Blanchie, ja, even Blanchie,
13                      almal is so sympathetic ... But … (sê dit baie hard) but, but, but,
14                      but ... sympathetic, but … (Stil. Lag weer.) Even Cyril en Richie!
15                      ... Apostel George, ek wiet jy’t my ge-warn lat dit so sal wies,
16                      maar ... well ... ’is tough luck, Apostel George ... (Dan, skielik,
17                      skreeu hy.) ’Is tough luck, Here! (Dan praat hy, sagter, met Antie
18                      Grootmeisie, iewers in die huis.) ’Is tough luck, Ma! Lyster Ma?!
19                      (Hy staan op, en praat asof hy voor ’n spieël staan.) Here! ... en
20                      Ma! (Kyk na die baie tatoeëermerke op sy lyf) ... Nei ... (Lag.) …
21                      Hulle vat jou nie so nie! Hulle accept jou nie so nie! Map Jacobs,
22                      hulle vat jou net nie so nie! ’Cause why?

13.1      Wat is die doel van die neweteks waarmee TEKS A begin?                                     (2)

13.2      In die neweteks gebruik die dramaturg vir Map as ’n verteller.

          Op watter wyse lig die dramaturg vir Map as verteller uit? Watter voordeel hou
          dit vir die verloop van hierdie toneel in?                                                 (2)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           20                            DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

13.3      Herlees reël 13–17.

          In hierdie gedeelte blyk dit dat Cyril en Richie oënskynlik simpatiek teenoor
          Map staan. Noem voorbeelde uit die drama waar Cyril onsimpatiek teenoor
          Map staan.                                                                                 (2)

13.4      Waarna verwys die “tough luck” in reël 16–18? Stem jy saam met Map wat dit
          as “tough luck” beskou? Gee redes vir jou antwoord.                                        (3)

13.5      Watter “getuigskrifte” van Map sien die werkgewers?                                        (1)

13.6      Watter rol speel Miss Africa in Map se lewe?                                               (3)

                                               EN

TEKS B

1       CYRIL:                  En al daai talk!
2       RICHIE:                 Cool it!
3       CYRIL:                  (sagter) So ’n … Altyd so slim ... wiet alles, moet die
4                               blêdie rooi track suit aan!
5       RICHIE:                 Ja, sil sweer sy ma het geboorte gegee aan hom in ’n rooi
6                               track suit!
7                               La Guma is nou by hulle.
8       LA GUMA:                Hey, Richie! Cyril! Hoe gaan ’it? ... Julle all right?
9       RICHIE:                 (teësinnig) Ja ...
10      CYRIL:                  (onvriendelik) ’Is okay, man!
11      LA GUMA:                Ek wil ... nou nie criticise nie, maar … Kerrim ... julle speel
12                              so baie kerrim ... What a waste … I mean, of time ... and
13                              talent ...
14      TOMMY:                  (selfs hy vererg hom) Man, mind jou eie biesagheit!
15      LA GUMA:                Nei, ek mien maar ... Julle wiet, world events are
16                              overtaking us ... and events here, in South Africa ... en,
17                              hél, julle speel kerrim ...
18      CYRIL:                  So, world events are like overtaking us? Omlat ons kerrim
19                              speel! … ek sê vi’ jou, kerrim sal nog al die blêdie world
20                              events overtake, waarvan jy praat!
21      RICHIE:                 Ja, mind your own business, man ...
22      LA GUMA:                ... Ek sê weer ... speel kerrim ... while julle julle moet
23                              prepare ...
24      RICHIE:                 (rol sy oë) ... For de coming of de Lord! – seker ...
25      CYRIL:                  Nei, man, for de revolution, like! Revolution moet Jan
26                              Tysbly se karrentjie!
27      TOMMY:                  (op sy manier) Kerrim is king, mister La Guma!
28      CYRIL en RICHIE:        Cheers! Sê vir hom, Tommy!
29      LA GUMA:                Dis die trouble moet julle ... so-called coloureds ... Julle
30                              maak jokes oor die situation ... instead of ...

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          21                       DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

13.7      Stem jy saam met La Guma se woorde in reël 11–13? Motiveer jou antwoord.             (2)

13.8      Herlees reël 14.

          13.8.1        Gee voorbeelde uit die drama waar Tommy se woorde nie met
                        reël 14 ooreenstem nie.                                                (4)

          13.8.2        Watter ander karakter sê ook in die drama dat sy/haar sake niks
                        met iemand te doene het nie?                                           (1)

13.9      Verwys na reël 15–16.

          13.9.1        Waarna kan dié woorde verwys? Haal ’n woord uit TEKS B aan
                        wat op die gevolge daarvan kan dui.                                    (3)

          13.9.2        Watter karaktereienskap van La Guma kan uit dié woorde afgelei
                        word?                                                                  (1)

13.10     Kan     Cyril,  Richie   en    Tommy     ook    hul    omstandighede        as
          “tough luck” (TEKS A, reël 16–18) beskou? Motiveer jou antwoord.                     (1)
                                                                                               [25]

                                              OF

MIS – Reza de Wet

Beantwoord ÓF VRAAG 14 (literêre opstel) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).

VRAAG 14: MIS – LITERÊRE OPSTEL

In die drama, Mis, vervul die twee manlike karakters die rol van afwesige versorger en
beskermende verleier onderskeidelik.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.                                     [25]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          22                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                              NSS

VRAAG 15: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder deeglik deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS A

1         MIEM:             Wie is dit?

2         KONSTABEL: Konstabel Van der Riet, Mevrou.

3         MIEM:             Konstabel Van der Riet. Ek ken nie so ’n konstabel nie.

4         KONSTABEL: Ek weet, Mevrou. Ek kom van elders. Deel van die ontplooide
5                    waakeenheid. En ek is hierheen gestuur. Julle bly so
6                    afgesonderd. Dit kan gevaarlik wees.

7                           MIEM, MEISIE en GERTlE kyk na mekaar.

8         MIEM:             Verskoon my tog, Konstabel, maar vannag moet ’n mens
9                           versigtig wees. (Loer deur die sleutelgat) Dis waar! Hy is ’n
10                          konstabel. Dis hoekom Wagter nie geblaf het nie!

11                          GERTlE loer ook deur die sleutelgat.

12        GERTIE:           (bewonderend) Selfs in die donker kan ek sien hy het ’n goeie
13                          houding. Regop rug. Skouers terug. So ’n man kan ’n mens
14                          vertrou.

15        MIEM:             Net ’n oomblik, Konstabel. Ek sukkel ’n bietjie met die slot.
16                          (Sluit die deur oop) So ja. (Maak die deur oop) Kom gerus
17                          binne.

18                          Die KONSTABEL kom binne. Hy dra ’n ronde donkerbrilletjie
19                          en ’n helm. In die een hand hou hy ’n wit kierie vas en in die
20                          ander ’n groot leersak of ‘Gladstone bag’. Daar heers ’n
21                          doodse stilte terwyl MIEM, MEISIE en GERTlE hom
22                          sprakeloos aankyk. Deur die oop deur kan die sirkusmusiek
23                          gehoor word.

24        KONSTABEL: (na ’n stilte. Glimlag) Soos u kan sien, is ek heeltemal blind.
25                   En u vind dit ontstellend. Hoe kan ek ’n ogie oor u hou as ek
26                   niks kan sien nie? Dames, wees tog gerus. Hulle noem my
27                   nie verniet Snuf-in-die-neus nie. (Hy tik met ’n voorvinger teen
28                   sy neus.) Wat ek nie al kon uitsnuffel nie!

15.1      Herlees reël 4.

          Waar is die “elders” waarna Konstabel verwys? Haal ’n woord uit TEKS A aan
          wat by jou antwoord aansluit.                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            23                          DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                                NSS

15.2      Herlees reël 9–10.

          Stem jy saam met die rede wat aangevoer word hoekom Wagter nie geblaf
          het nie? Motiveer jou antwoord.                                                           (1)

15.3      Hoe kry Konstabel die vroue in die loop van die drama aan sy kant?                        (3)

15.4      Konstabel het nie aan Miem en Gertie se verwagtinge voldoen nie.

          Bewys hierdie stelling uit die drama. Toon ook aan hoe reël 26–28 daarby
          aansluit.                                                                                 (3)

15.5      Wat “sien” die vroue nie en wat is die gevolg daarvan vir Miem?                           (2)

                                                EN

TEKS B

1                       Geluid van sagte huilwind

2         MIEM:         En nou is die spoor al koud. Hulle het nooit ordentlik gesoek nie.
3                       Konstabel, ons praat oor die verdwynings. Oor die ondersoek na
4                       die verdwynings. Nou ja. (Sug) Wat kan ’n mens verwag? (Gaan
5                       sit by die tafel, glimlag) Dit Iyk darem of julle mekaar se geselskap
6                       geniet het, of hoe?

7         MEISIE:       (bang) Wat was dit?

8         MIEM:         Toe maar, dis net die wind, my kind. En die takke op die dak.

9                       Kort stilte

10        GERTIE: En ek voel ’n trek. Miskien is iets iewers oop.

11        MIEM:         Moet jou nie bekommer nie. Als is toe. Die wind waai deur die
12                      krake. (Kort stilte. Skielik heftig aan die KONSTABEL) En putte,
13                      het ek gesê: Kyk in putte. (Sug) Maar niemand wou luister nie.
14                      Nou wat kan ’n mens meer doen?

15        GERTIE: Ja. Jou hande is afgekap.

16        MIEM:         En dan was daar tant Salie se droom. Baie oud. AI pêrels op die
17                      oë. Maar daar is nie ’n droogte, sterfte of ’n vloed wat sy nie
18                      voorspel het nie.

19        GERTIE: Dit is so, Konstabel. Wat sy sien, kom altyd waar.

20        MIEM:         En toe het sy gedroom. Van ’n meisie. Onder die water. Of dit
21                      Rienie was of Hannah se Sannie, die kon sy nie sê nie. Maar
22                      niemand wil luister nie. (Fluisterstem aan die KONSTABEL) Glo
23                      my, Konstabel. Ek het my suspisies.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           24                           DBE/Feb.–Mrt. 2016
                                               NSS

24        KONSTABEL: Werklik, Mevrou?

25        MIEM:             Behalwe nou die aaklige sirkusmense is daar ook dinge wat
26                          op die dorp aangaan ... nee, maar wag. Ek praat te veel.

27                          Die wind vervaag en verdwyn.

28        GERTIE:           (gretig) Nee, kom nou, Miem. Vertel alles vir die konstabel. Dis
29                          nie asof jy skinder nie. Jy praat met die gereg.

30        MIEM:             Dit is seker so. Konstabel, ek kan jou ’n ding of twee vertel. En
31                          vooraanstaande mense.

32                          ’n Angswekkende kreet word gehoor.

15.6      Watter stemming word deur die neweteks in reël 1 geskep? Verander dié
          stemming wanneer die wind in reël 27 vervaag? Motiveer jou antwoord.                    (2)

15.7      In reël 2–6 betrek Miem Konstabel by haar gesprek.

          Op watter wyse betrek sy Konstabel in TEKS A en in TEKS B by die gesprek?
          Watter ironie is daarin geleë?                                                          (4)

15.8      Waarom is Meisie se handeling in reël 7 ironies?                                        (1)

15.9      Daar is ’n ooreenkoms tussen die bespiegeling oor Sannie se verdwyning en
          Meisie se omstandighede.

          15.9.1        Wat is die ooreenkoms?                                                    (1)

          15.9.2        Dink jy dat dié ooreenkoms tot Meisie se verdwyning gelei het?
                        Motiveer jou antwoord. Noem ook watter tema van die drama
                        hierby aansluit. Haal ’n woord uit reël 18–23 van TEKS A aan wat
                        by dié tema aansluit.                                                     (3)

15.10     Herlees reël 32.

          15.10.1       Wie se kreet word gehoor? Hoekom is dié kreet angswekkend?                (2)

          15.10.2       Hoe verskil die betekenis van hierdie kreet van dié van Miem se
                        woorde in reël 11?                                                        (1)
                                                                                                  [25]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:             25
                                                                       GROOTTOTAAL:               80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Feb March 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2016/e869ab9c-69d1-47c4-b2b7-6c2c5fecf6f1) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Feb March 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2016/2f38ced4-0c76-42df-86de-e5c14d4b9568) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016/f0c679d6-57b1-4941-a730-e09febb83a15) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Feb March 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2018/10c5efc1-0ed4-4215-a6dc-32da1ca6faed) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Feb March 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2017/773c90b1-cfa7-4a66-b158-b5ebce5dc8d1) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2016-memo/ec5253b7-0b0a-4d47-8896-0899c013fb83) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
