# Afrikaans HL Grade 12 P2 Supplementary November 2017 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Supplementary November 2017, 28 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2017-memo/aba845fa-6356-4c67-839a-7e90378cf8ac
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Supplementary November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 28

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 Supplementary November 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2017-memo/aba845fa-6356-4c67-839a-7e90378cf8ac)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Supplementary November · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 28 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P2 Feb March 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2017/773c90b1-cfa7-4a66-b158-b5ebce5dc8d1) — QP · 2017 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                      GRAAD 12

                             AFRIKAANS HUISTAAL V2

                              FEBRUARIE/MAART 2017

                                   MEMORANDUM

PUNTE: 80

                      Hierdie memorandum bestaan uit 28 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          2                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                       NSS – Memorandum

NASIENRIGLYNE

1.     As ‟n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste
       antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die
       kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
2.     As ‟n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte beantwoord het, word
       die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.
3.     As ‟n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre opstelle
       beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word
       geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord het, word die
       eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag en een opstelvraag
       beantwoord is.
4.     As ‟n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede
       antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word
       geïgnoreer.
5.     As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die memorandum
       nagesien.
6.     As ‟n spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die
       spelfout nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.
7.     Literêre opstel
       As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie
       omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te lank is, assesseer dit op
       meriete en bespreek dit met die senior nasiener. Die memorandum is slegs ‟n riglyn,
       daarom moet ander relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte
       rubrieke om die literêre opstelle na te sien.
8.     Kontekstuele vrae
       As ‟n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ‟n vraag dit vereis nie, word die
       kandidaat nie gepenaliseer nie.
9.     Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
       SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
10.    Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
       rede/motivering/bewys verdien die punt.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           3                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                        NSS – Memorandum

AFDELING A: GEDIGTE

VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

LET WEL:
    Dis ‟n breë raamwerk van feite.
    Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ‟n gepaste inleiding aan.

   Die ek-spreker (as akteur) besin oor die akteur/mens wat dikwels lank moet wag/
    geduld moet beoefen/afhanklik is van toestemming om sy/haar rol op die lewens-
    verhoog te gaan vertolk, want die Regisseur is in beheer./Bv. versreël 3–4 (Kwatryn 10):
    en wag dat u my toelaat om oplaas my rol te gaan vertolk ...
   Die mens se ongeduld en haas om sy/haar rol in die lewe/op die lewensverhoog te
    vertolk, word deur die spreker verwoord, want dikwels moet die mens lank wag vir die
    geleentheid/toestemming wat hy/sy nodig het./Bv. versreël 1–2 (Kwatryn 10): Agter die
    skerms, lank reeds gegrimeer .../... en wag dat u my toelaat om oplaas my rol te gaan
    vertolk ...
   Die ek-spreker spreek die mens se ongeduld om te wag op opdragte van die
    Regisseur in die gedig aan, want die Regisseur/God besluit wanneer jy jou lewensrol
    mag vertolk./Bv. versreël 3–4 (Kwatryn 10): ... en wag dat u my toelaat om oplaas my rol
    te gaan vertolk ...
   Die spreker, soos die universele mens, dink na oor sy/haar onsekerhede oor sy/haar
    lewe/werk/optrede/toneelspel, want hy/sy wonder of daar enige erkenning sal wees./Bv.
    versreël 1 (Kwatryn 11): As daar applous was vir die laaste maal ...
   Die spreker verwoord die mens se versugting na erkenning/regverdigheid in die
    lewensvraag of hy/sy regverdige beoordeling (wanneer hy/sy te sterwe kom) sal
    ontvang, want regverdige beoordeling vir alles wat jy gedoen het/met moeite vermag het,
    is vir alle mense belangrik./Bv. versreël 4 (Kwatryn 11): volgens ons moeite en geduld
    betaal?
   Die spreker wonder of hy/sy/die mens ooit regverdig vergoed/beoordeel sal word,
    (as hy/sy meer doen as wat van hom/haar verwag word), want die lewe openbaar
    selde regverdigheid./Bv. versreël 3–4 (Kwatryn 11): sal U vir ons wat ons kostuums uittrek
    volgens ons moeite en geduld betaal?
   Die spreker dink na oor die lewensvraag of die mens kan voorgee om iets te wees
    wat hy/sy nie is nie as hy/sy aan die einde van die lewe gestroop voor God staan./Bv.
    versreël 3 (Kwatryn 11): sal U vir ons wat ons kostuums uittrek ...
   Die spreker dink daaroor dat ’n mens soms vergeet om reëls te volg, want die
    onverwagte/versoekings kom oor jou pad./Bv. versreël 1 (Kwatryn 12): In hierdie klug
    vergeet soms ‟n akteur heel onverwags sy reëls ...
   Die spreker dink daaroor na dat hy/sy sy/haar eie keuses/optrede/besluite in die
    lewenspel bepaal, want daar is nie souffleurs wat vir jou voorsê wanneer jy die
    lewensreëls onverwags vergeet nie./Bv. versreël 4 (Kwatryn 12): maar geen souffleur se
    stem dring tot hom deur.
   Die spreker verwoord die mens se alleenheid in die lewenspel, want hy/sy kry nie
    hulp van ander nie; die souffleur verleen nie hulp nie./kan nie gehoor word nie./Bv.
    versreël 4 (Kwatryn 12): maar geen souffleur se stem dring tot hom deur.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                              4                               DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS – Memorandum

     Die spreker is van mening dat die lewe nie ernstig opgeneem kan word nie, maar ’n
      klug is wat bestaan uit verskillende soorte situasies waarin onmoontlike dinge met jou
      gebeur./Bv. versreël 1 (Kwatryn 12): in hierdie klug vergeet soms ‟n akteur ...
     Teen die einde van die lewe wonder die meeste mense oor die betekenis/waarde
      van sy/haar rol, want die spreker verwys na ander toneelspelers wat dieselfde vrae
      vra./Bv. versreël 2 (Kwatryn 13): vra menigeen aan die verhoog se kant ...
     Die spreker wonder, saam met al die ander akteurs, of hy/sy ’n hoofrol, of ’n
      mindere agtergrondrolletjie in die lewe vertolk het, want die spreker vra of hy/sy die
      held, of ‟n figurant was./Bv. versreël 3 (Kwatryn 13): Is ek van hierdie klug die held of teen
      die agterdoek ‟n figurant?
     Elke mens wil graag weet wat sy/haar aandeel aan die sukses van hul lewenstoneel
      is, want dit bly lewenslank ‟n vraag waarmee elke mens worstel./Bv. versreël 3–4
      (Kwatryn 13): Is ek van hierdie klug die held of teen die agterdoek ‟n figurant?
Die kandidaat bied ‟n gepaste slot aan.
                                                                                                          10
                                                    OF

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
“last grave at dimbaza” – Fanie Olivier

Vraag       Antwoord                                                                           Punt
2.1         “(op ‟n wintersnag) so all forlorn” √                                              1

2.2         Dit beklemtoon/suggereer die harde/genadelose/koue/ellendige/armoedige/
            primitiewe omstandighede./
            Vertraag die tempo van die versreël. √                                  1

            Die kandidaat kan nie net die woord beklemtoon as antwoord aanbied nie.

2.3         Sinekdogee √                                                                       1

            Die spreker beklemtoon die omstandighede/baie kinders/omstanders wat
            nuuskierig is. √                                                     1

2.4         Herhaling √                                                                        1

            Dit suggereer/wys dat die ma baie bly is/opgewonde is oor die vooruitsig van
            lobola. √                                                                    1

            Vergelyking/Metafoor √                                                             1

2.5         Dit wil die afstand tussen die pa en sy gesin/trekarbeiderstelsel wat hier as
            milieu aangebied word/moeilike omstandighede van mense onder die vroeëre
            Apartheidsregering beklemtoon./Die plekke en gebeure is werklik.
            Dit wil beklemtoon hoe lank dit geduur het voordat die brief sy bestemming
            bereik. √                                                                     1

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           5                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                        NSS – Memorandum

2.6        Ja
           Dit verleen geloofwaardigheid aan die spreker./
           Dit beklemtoon die politieke omstandighede van daardie tyd./die feit dat
           mense in sulke omstandighede eerder Engels as Afrikaans gebruik het./
           Dit wil juis wys dat die mense in die vorige tuislande Engels bo Afrikaans
           verkies het./in Engels gekommunikeer het./
           Dit sluit by die BBC-dokumentêr, wat in die inhoud en slot ter sprake
           is, aan./
           Dit verleen ‟n amptelike etiket aan die doodsaankondiging. √√
                                                                                          2
           Kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

           Die kandidaat kan binne konteks van hierdie gedig, nie NEE as antwoord
           aanbied nie.
                                                                                          10

                                                  OF

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Die skedel lag al huil die gesig – Wilma Stockenström

Vraag      Antwoord                                                                    Punt
3.1        Dit bevestig die spreker se sekerheid oor die dood.
           Eendag word beklemtoon.
           Die voorplasing/isolering van eendag beklemtoon die woord.
           Die agterplasing/isolering/beklemtoning van die dood word daardeur moontlik
           gemaak. √√                                                                  2

           Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

3.2        Dit suggereer die onafwendbare aftakeling/dood/ontbinding van die mens/
           liggaam deur die dood. √                                                1

3.3        Ja
           Dit beklemtoon hoe onbelangrik die mens is./
           Dit suggereer die mens is gelykstaande aan diere wat niks spesiaals is nie./
           Dit ondersteun die boodskap dat die mens niks het om oor aanstellerig te
           wees nie./
           Dit suggereer dat die mens (eintlik) pateties is./ondersteun die tema dat ‟n
           mens net oor die mensdom kan huil./
           Die mens is deel van die diereryk.

                                               OF

           Nee
           Die mens het baie bereik op aarde wat diere nie kan doen nie. √                1

           Die kandidaat bied by ‟n Nee-antwoord iets soortgelyks binne konteks van die
           gedig aan.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                              6                         DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS – Memorandum

3.4        Die mens is gierig./buit die aarde/omgewing uit. √                            1

           Die mens werk soos bye om rykdom/stawe goud/materiële besittings te
           vergaar./
           Die beeld sluit aan by die mens wat besittings opgaar. √            1
3.5        Somber/hartseer stemming √                                                    1

           aa-assonansie/s-alliterasie √                                                 1

           Oksimoron √                                                                   1

3.6        Ja
           Die mens vernietig die aarde/homself.

                                                 OF

           Nee
           Nie alle mense vernietig nie, daar is ook diegene wat bewaar. √               1

           Die kandidaat bied ‟n gemotiveerde antwoord binne konteks van die gedig
           aan.
                                                                                         10

                                               OF

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
’n tipe epistemologie van water – Breyten Breytenbach

Vraag     Antwoord                                                                       Punt
4.1       “somber”/“suf”/“reën”/“gearseer”/“gebuig”/”windstrome” √                       1

4.2       Die woordgebruik/gebruik van die woord “saamgewriemel‟./
          Geen kommas/voegwoorde wat tussen die woorde gebruik word nie./
          Opnoeming kom in dié versreëls voor./
          Die r-alliterasie beklemtoon die onordelikheid./
          Die gebruik van enjambement √                                                  1

4.3       Polisindeton √                                                                 1

          Die reaksie van die vlugtelinge word uitgehef./Die omvang van die hartseer
          word uitgehef. √                                                               1
4.4       Die aanhoudende rolbeweging van die water word beklemtoon. √                   1

4.5       Die mens en dier is voortdurend aan natuurkragte uitgelewer. √                 1

          “weer en weer en weer” √                                                       1
4.6       Diere sowel as mense vlug van die vloed na hoër dele. √
          Die lyke van die verdrinktes kan na die mense én diere verwys. √               2

          “norring vare en moere” √                                                      1
                                                                                         10
                                                 EN

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             7                               DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                          NSS – Memorandum

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
Inversie – Susan Smith

Vraag      Antwoord                                                                             Punt
5.1        Die (ryk) vrou (by wie die beringde vriendinne kuier)./Iemand van ‟n welge-
           stelde voorstedelike gemeenskap. √                                                   1

5.2        Sy bedien fyngebak op fyn porselein en silwer. √                                     1

           Die kandidaat bied ‟n soortgelyke antwoord, wat op die swierige/luukse/die
           beste smaak/styl dui, aan.

5.3        Dit verwys na stories./skinderstories/die vroue wat kuier./Dit waaroor die
           vroue praat./skinder. √                                                    1

5.4        “fyn gebak” – “klontjies kos” √                                                      1
           “aangebied” – “voer” √                                                               1
           “silwer” – “geen eetgerei” √                                                         1

           Kandidate moet na beide kante van die kontras verwys om EEN punt te
           verdien.

5.5        Versreël 1–10: Ontevredenheid/snobisme √                                             1
           Versreël 11–23: Aanvaarding/gelatenheid/hartseer √                                   1

           Elkeen moet sy/haar lot aanvaar./Mense sal altyd kla: al het hulle alles of
           niks./Elkeen is verskillend, of jy ontevrede/snobisties/gelate of hartseer is, dit
           is soos wat jy is. √                                                                 1

5.6        Ja
           Armoede/rykdom word aangespreek soos wat dit in SA plaasvind./
           Mediese sorg in SA ly tekorte./
           Hierdie gedig spreek die sosiale probleem van dié wat het teenoor dié wat nie
           het nie,/aktuele lwessies aan.

           OF

           Nee
           Armoede en swaarkry is nie uniek aan Suid-Afrika nie. √                              1

           Die kandidaat bied ‟n eie motivering binne konteks van die gedig aan.
                                                                                      10
                                                                   TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           8                              DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                        NSS – Memorandum

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 6: LITERÊRE OPSTEL Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
   Dis ‟n breë raamwerk van feite.
   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ‟n gepaste inleiding aan.

   Haar ouers bewys aan Iris dat jy in die huwelik vreedsaam verby mekaar kan leef,
    want haar ouers woon gemoedelik vir ‟n tyd afsonderlik./Bv. bl. 82: “Trou?” het ek gevra.
    “Ek wil nie trou nie.” My redes was moeilik verklaarbaar, selfs aan myself. Die onwilligheid
    was nie net vanweë my eie ouers se huwelik nie; ek het dit trouens goedgekeur dat Pa
    weg is om te doen wat hy altyd na verlang het. Hy en Ma was nie kwaaivriende nie; hy het
    gereeld huis toe gekom, al was dit net dat sy ‟n slag sy klere kon heelmaak.
   Die feit dat Iris se ouers in afsonderlike woonplekke binne hul huwelik funksioneer,
    laat haar met die idee dat dit dalk ‟n oplossing vir konflik in die huwelik kan wees./
    Bv. bl. 74: “Ek gee nie om wat julle sê nie,” het Pa beslis. “In Desember trek ek bosveld
    toe. Die wat wil bly, kan bly.” Ma het gebly./Bl. 55: ... en Ma en Pa het in gemoedelike
    onbegrip saamgeleef.
   Iris besef dat liefde en omgee in ’n verhouding verlange meebring, wanneer haar ma
    plaas toe trek om haar eie alleenheid op te hef./Bv. bl. 213: Ongeveer 'n jaar na ons
    getroud is, het Ma aangekondig dat haar dae leeg geword het en haar aande selfs erger.
   Haar ouers se gebrek aan kommunikasie in die huwelik laat by Iris die persepsie dat
    gebrekkige kommunikasie binne verhoudings aanvaarbaar is./Bv. bl. 56: Ma en Pa het in
    gemoedelike onbegrip saamgeleef.
   Haar ouers se gebrek aan kommunikasie in hul huwelik laat Iris met die oortuiging dat
    sy nie gaan trou nie omdat sy bang is dat sy binne so ‟n verhouding vasgevang gaan
    raak./Bv. bl. 82: “Ek het net geweet dat ek nie vasgevang wou word nie. Ek wou nie aan
    tafel sit, oorkant ‟n mens wat nie meer na my luister nie.
    Elsa en Hannes se saaklike, koue huwelik laat Iris besef dat ‟n huwelik sonder warmte
     moontlik kan wees./Bv. bl. 82: Dit was ook nie te wyte aan EIsa en Hannes se saaklike,
     geordende huwelik …
    Elsa se onromantiese onderklere/onromantiese en nugter siening van die huwelik
     skok Iris se idee van ‟n romantiese huweliksnag./Bv. bl. 23: Ek was geskok toe ek die
     trourok oor haar kop trek en op die bed neersit en sy voor my staan in die mees
     voorstedelike stel onderklere wat ek nog gesien het.
    Hannes se ontrouheid binne hul huwelik laat Iris besin oor die waarde van die
     huwelik, omdat sy nie verwag het dat Hannes ontrou sou wees nie./Bv. Bl. 193: “Kan jy
     dit glo?” het ek gefluister./“Maar Hannes!”
    Elsa se nonchalante aanvaarding van Hannes se ontrouheid veroorsaak dat Iris oor
     die waarde van die huwelik besin./Bv. bl. 193: “Hy kul my,” het EIsa gesê. “Met 'n student
     van hom.”

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                               9                            DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                            NSS – Memorandum

     Die feit dat die romanse in Hannes en Elsa se huwelik afgekoel het na die geboorte
      van hul seuntjie, het Iris laat besef dat die romantiek binne die huwelik naderhand
      afneem./Bv. bl. 68: maar teen die tyd dat die kind twee jaar oud was, kon ek min romanse
      in die situasie sien.
     Elsa raak later in haar huwelik ’n beter en gemakliker ma en vrou wat Iris bewus
      maak daarvan dat ‟n huwelik later van tyd positiewe gevolge kan inhou./Bv. bl. 190: ... het
      stralend op en af gedraf met bottels en nat wasgoed en gortwater.
     Elsa en Hannes se gemoedelikheid met mekaar later in hul huwelik laat dit vir Iris lyk
      of ‟n mens in die huwelik jou eie menswees kan verloor en so opgevang kan raak in die
      ander persoon./Bv. bl. 55: EIsa en Hannes het mekaar “Mammie” en “Pappie” genoem ...
     As Kara weier om aan trou en kinders te dink, laat dit Iris wonder oor kinders in die
      huwelik./Bv. bl. 28: Ek is nie ‟n broeikas nie. My lyf behoort aan my./Met die eerste
      oogopslag het swangerskap my nie getref as iets romanties nie, maar ek het darem geglo
      dat ‟n mens niks durf verwerp totdat jy dit self probeer het nie.
     Kara se saambly en latere terloopse troue met Claude is vir Iris ‟n aanduiding dat die
      huwelik tog ‟n opsie behoort te wees, want selfs Kara sien daarvoor kans./Bv. bl. 191:
      “Ons is lankal getroud.”
     Die gemoedelikheid en liefdesgebare tussen Kara en Claude wat Iris tydens haar kuier
      by Kara ervaar, maak die begeerte om ook in so ‟n verhouding te wees by Iris wakker./
      Bv. bl. 91: ... ‟n gebaar so vol liefde dat ek vinnig weggekyk het, meteens hol van verlange
      na Peter en iemand van my eie om lief te hê.

Die kandidaat bied ‟n gepaste slot aan.
                                                                                                        25

                                                  OF

VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker

Vraag      Antwoord                                                                          Punt
7.1        Elsa se troue √                                                                   1

7.2        Die leser hoor die gebeure net vanuit Iris se perspektief./
           Die leser weet nie wat die ander karakters dink nie./
           Die leser lees ‟n subjektiewe weergawe van die gebeure. √                         1

7.3        Apartheid/Apartheidsjare/In die tyd van die Apartheidsbeleid √                    1

7.4        Sy weier om die susters as kleinmies aan te spreek. √                             1

           Sy vleg die kinders se hare.
           Sy skryf briewe met raad.
           Sy help brei vir die kleinkinders. √                                              2

           Die kandidaat bied TWEE gepaste voorbeelde uit die roman vir EEN punt elk
           aan.

7.5        Johanna het ‟n baie gemaklike/gemoedelike verhouding met Iris en haar
           familie. √                                                            1

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            10                               DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                          NSS – Memorandum

7.6       Sy verwag dat Elsa meer romanties moet wees./
          Sy verwag dat Elsa vrouliker onderklere op haar wittebrood/eerste huweliksnag
          moes dra. √                                                                   1

          Iris verwag van Elsa om romanties/tradisioneel op haar troue te wees, maar
          Iris se rok vir haar eie troue is ook nie tradisioneel nie./
          Iris se trourok is gemaak van haar ma se ou gordyne./
          Iris trek ‟n trui oor haar trourok aan. √                                           1

7.7       Sy soek nog na die ideale huweliksmaat. √                                           1

          Iris sien die huwelik as romanties terwyl Elsa dit as prakties/alledaags sien. √    1

          Iris sien die huwelik as romanties; vir Kara is die huwelik iets wat terloops
          gebeur. √                                                                           1

          Die egskeiding van dr. Anders maak haar bewus van die werklikheid van die
          huwelik./van die huwelik sonder die fantasie./wat nie net uit romanse bestaan
          nie. √                                                                        1

7.8       Iris skep die karakter, Greta, wat swanger word./
          Iris reageer ontsteld as sy hoor dat sy ‟n glips was. √                             1

          Kara sê sy gaan nooit trou nie./kinders hê nie./toelaat dat haar lyf ‟n broeikas
          word nie. √                                                                         1

7.9       Dit verwys na Iris se ontmoeting met Peter dieselfde aand./
          Dit verwys na haar nuwe “boyfriend”. √                                              1

                                                 EN

          Die kandidaat bied ‟n eie mening aan, bv.

          Ja
          Dit het gelei tot ‟n huwelik met Peter.
          Dit het gelei tot die besef dat ‟n mens se blomtyd ook in elke dag se gewone
          bestaan kan lê.

                                                 OF

          Nee
          Dit het gelei tot ‟n vaste verhouding met Peter.
          Deur Peter se toedoen het sy die modelkontrak laat vaar en so haar enigste
          kans op ‟n blomtyd verloor. √√                                             2

          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke motiverings vir EEN punt elk aan.

7.10      Iris beteken godin van die reënboog. √                                              1

          Iris se voorkoms is vir haarself vaal en onopsigtelik/.
          Iris het vir haarself nie soos ‟n reënboog gelyk nie./
          Sy het haar eerder as dienares van hoëre gode gesien. √√                            2

          Die kandidaat gee TWEE redes vir EEN punt elk.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           11                               DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                         NSS – Memorandum

7.11      Innerlike konflik √                                                                1

          Sy was aanvanklik ongeërg oor die feit dat sy en Peter seksueel verkeer het,
          maar sy wonder oor die ondeurdagtheid van haar impulsiewe besluit. √         1

          Die kandidaat se antwoord moet TWEE dele waaruit die konflik bestaan, bevat.

7.12      Riekie was die strooijonker (by Elsa se troue). √                                  1

          Hy het haar nie aangestaan nie./
          Hy het haar koud gelaat./
          Sekere dinge van hom het haar irriteer./
          Sy het moeg geraak vir hom. √                                                      1

                                                                                             25

                                               OF

VRAAG 8: LITERÊRE OPSTEL – Manaka Plek van die Horings – Pieter Pieterse

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
   Dis ‟n breë raamwerk van feite.
   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ‟n gepaste inleiding aan.

•   Ouma Essie, Manaka se Profeet van die Bybel/geestelike leier, maak dit duide lik dat
    sy Baas as ’n Christen sien, want hy is ‟n goeie mens./hy bewys goeie dade aan almal./
    Bv. bl. 43: Ouma Essie was reg ... Want jy het haar weggejaag maar agterna het jy tog die
    malariapille gebring./Bl. 91: Hy gee vir baie mense pille as hulle siek is. Hy gee ook kos vir
    die mense wat honger is.
•   Ouma Essie is oortuig dat Baas deur die Here gestuur is/uitverkies is om die mense
    van Manaka te kom help, want dis hoe die sendingstasie in die verlede begin is./
    Bv. bl. 43: … want sy weet die tyd het gekom dat iemand gestuur word om die mense van
    Mana-ka te help.
•   Ouma Essie bring vir Baas ’n hoender om vir die sendelinge kos te gee omdat sy hom
    so aan sy verantwoordelikheid om vir die kerk se mense te sorg, wil herinner./
    Bv. bl. 105: “Dit is vir jou om kos te gee vir die baie mense wat die Here na jou toe gestuur
    het.” Baas vat die hoender.
•   Ouma Essie tree op as bemiddelaar tussen Baas en die sendelinge , want sy besef sy
    moet die spanning tussen Baas en die sendelinge ontlont./Bv. bl. 117–118: … baie jare na
    die buffeljagter verdwyn het, toe versorg die Here nog altyd sy plantjie. En hoekom sal die
    Here nou sy hand wegvat net oor iets wat tussen mense gebeur?
•   Ouma Essie tree op as tussenganger tussen Baas en die khuta, want so verseker sy
    dat godsdiens sy regmatige plek op Manaka kan behou./Baas in Barotseland kan aanbly
    om sy droom te kan bewaarheid./Baas later die rol van versorger op Manaka sal kan oor-
    neem./Bv. bl. 167: “… mense van hierdie hele stam vra hoekom die vergadering van
    hierdie khuta nie meer met ‟n gebed oopgemaak word soos dit al die jare was …”/“Ek sal
    hier bly sit dat ek met my eie ore kan hoor of iemand wat sy geld op honger mense en siek
    mense in jul families uitgegee het, ook weggejaag word.”

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           12                               DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                         NSS – Memorandum

•   Ouma Essie beïnvloed vir Baas deur te sê dat die Here vir sy kinders drome gee,/
    dat sy droom om ’n boot op die rivier te bedryf die plan van die Here is om hom op
    Manaka te kry, want sy wil hom herinner aan sy roeping om ‟n verskil op Manaka te
    maak./ Bv. bl. 203: Die drome wat die kinders van die Here droom, is die drome wat Hy vir
    hulle gee om te droom, het sy daardie dag gesê./Bl. 203 “Dis nie ons wat jou pla nie. …
    Dit is die Here, jongman.”
•   Ouma Essie bely teenoor Baas en die sendelinge dat sy haar Bybel in die water
    gegooi het toe sy aan God getwyfel het sodat Baas kan hoor dat almal soms in hul
    geloof twyfel./Bv. bl. 163: “Toe het ek, toe ek al ‟n ou vrou was, my Bybel in die rivier
    gegooi ...”/Bl. 184: (Baas) Kan ‟n mens die ewige lewe hê en dit verloor? Ouma Essie het
    haar Bybel in die rivier gegooi.
•   Ouma Essie gee muluti Joseph se lyfband vir Baas om sy broek bo te hou, omdat sy
    hom wil lei om simbolies in sy rol as geestelike leier in te groei./want dis simbolies van die
    krag wat (so glo sy) Baas besit om haar man se opvolger te wees./Bv. bl. 121: “‟n Sterk
    man moet ‟n sterk lyfband dra.”
•   Ouma Essie help Baas in sy soeke na ’n Christenidentiteit, want sy beantwoord sy
    vraag oor wat van ‟n mens ‟n Christen maak./sy verwys hom na gedeeltes in die Bybel om
    hom te help met antwoorde op sy vrae./sy vra hom of hy ‟n Bybel het./of hy die Bybel
    glo./Bv. bl. 202: Jou reg om ‟n Christen te wees maak van jou ‟n Christen./Bl. 202: “Glo jy
    hierdie Boek?”/Bl. 202: “Nou vat al twee saam en gaan lees Romeine 10 vers 20.”
•   Ouma Essie konfronteer Baas met sy geloof in die Bybel omdat haar opdrag aan hom
    om sekere teksgedeeltes in Romeine te lees die behoefte by hom skep na meer kennis./
    Bv. bl. 202: “Ek het twee. Dit wil nie sê ek het die antwoorde nie.”/Bl. 203: “Dis nie ons wat
    jou pla nie... Dit is die Here, jongman”, sê sy./Bl. 207: “Wat weet jy van Jesus?” vra Baas.
•   Ouma Essie stel voor dat Baas uit Romeine in die Bybel moet lees (op soek na
    antwoorde), want hy erken dat hy nie al die antwoorde het nie./Bv. bl. 202: “Ek het twee.
    Dit wil nie sê ek het die antwoorde nie.”
•   Ouma Essie gee opdrag dat Baas teksgedeeltes uit Romeine moet lees, want sy besef
    dat hy toenemend worstel met/konflik ervaar oor sy Christenskap./dat hy in die Bybel
    belangrike antwoorde sal kry./Bv. bl. 210: Hoekom het hy nooit gewonder of hy die Bybel
    glo, tot ouma Essie dit vir hom gevra het nie?
•   Ouma Essie suggereer dat Baas Manaka toe gestuur is met ’n spesifieke doel (nadat
    die kerk afgebrand is), want hy dink onmiddellik terug aan Whitey se woorde oor die sg.
    familiekwaal./Bv. bl. 234: Wie weet of jy nie met die oog op ‟n tyd soos hierdie Manaka toe
    gestuur is nie? het ouma Essie gesê./Bv. bl. 234: Is dit dalk ook hoe die familiekwaal werk
    waarvan Whitey gepraat het?/Bl.191: “Omgee is ‟n familiekwaal.”
•   Ouma Essie gee vir Baas ’n hondjie in die plek van Brindle en bewys hierdeur aan
    Baas dat ‟n Christen aan sy dade geken word./suggereer dat hy in die toekoms ‟n leier-
    hond op Manaka sal benodig./dat sy reeds aanvaar het dat hy sal bly./Bv. bl. 239: “Dit is ‟n
    hond wat ouma Essie gister al vir jou gestuur het,” sê Grace.
•   Ouma Essie help Baas om rustigheid oor sy geloof te kry, want hy begin uit behoefte
    Bybel lees; dis nie meer ‟n ritueel soos op Sable Ranch nie./Bv. bl. 240: ... vroegoggend
    onder die worsboom langs die water waar Baas in sy ma se Bybel sit en lees./Bl. 26: Selfs
    toe Baas later die Bybel minder gereeld uithaal en uiteindelik glad nie meer nie ... aand na
    aand wag vir die ritueel.
•   Ouma Essie se groot invloed op Baas is duidelik, want hy bid sy eerste gebed in jare
    juis by haar siekbed./Bv. bl. 243: “Dankie, Here. Amen,” sê Baas.
•   Vir ouma Essie is die bankies by die worsboom sinoniem met die verkondiging van
    die Woord, want sy praat gedurig met Baas daaroor./noem dit die kerk./praat oor die
    eerste wit man en haar muluti Joseph wat die kinders daar onderrig het./Bv. bl. 118: Tot
    daar weer ‟n kerkgebou is, sal hierdie boom (en die bankies) die kerk wees.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           13                               DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                         NSS – Memorandum

•   Baas reageer woedend op Ouma Essie se uitspraak dat hy ’n Christen is, want hy wil
    aanvanklik niks met Christenskap te make hê nie./Bv. bl. 43: “Wat de ... het haar dié idee
    gegee?”/Bl. 91: “Die laaste keer toe iemand jou ‟n Christen genoem het, het jy baie lelik
    gepraat.”
•   Baas reageer uiters negatief op die suggestie dat hy met ’n doel na Manaka gestuur
    is, want hy wil ongebonde en onafhanklik aangaan met sy lewe./wil nie welsynswerk doen
    en aan ander aandag gee nie./wil op sy boot fokus./Bv. bl. 43: “Sê vir daardie ouma Essie
    van jou ek is nie gestuur nie en ek is vir seker nie hier om enigiemand te kom help nie.”
•   Baas begin hom geleidelik steur aan die plaaslike bevolking se nood/begin uitreik na
    die plaaslike mense a.g.v. ouma Essie se woorde oor sy goeie dade/Christenskap/
    die feit dat hy gestuur is, want hy stap (nadat hy vroeër vir ouma Essie weggejaag het) in
    die nag Mubuyo toe om malariapille vir Grace weg te bring./Bv. bl. 43: “Ouma Essie was
    reg ... Want jy het haar weggejaag, maar agterna het jy tog die malariapille gebring.”/
    Bl. 91: “Hy gee vir baie mense pille as hulle siek is. Hy gee ook kos vir die mense wat
    honger is.”
•   Baas wil aanvanklik niks met die khuta te make hê nie/respekteer hulle nie, want hy
    noem hulle hansworse./vloek mnr. Mosko./Bv. bl. 87: “Sê vir hulle hulle kan in hulle ...
    vlieg,” antwoord Baas.
•   Baas wil nie die sendelinge op sy blyplek ontvang nie/is baie ontsteld omdat hulle sy
    privaatheid binnedring, want hy wil nie by Christenskap/sendingwerk/ander mense
    betrokke wees nie./glo nie ouma Essie se woorde nie./glo steeds dat hy nie gestuur is nie./
    Bv. bl. 82: “Wat soek julle in my kamp?”/Bl. 82: “Dit is mý kamp die,” sê hy weer. “En
    daardie is my honde se slaapplek.”
•   Hoewel onwillig, aanvaar Baas subtiel die verantwoordelikheid vir die versorging
    van die sendelinge/dat die sendelinge na hom toe gestuur is/dat hy met ’n doel na
    Manaka gestuur is, want hy aanvaar die hoender wat ouma Essie vir hom en die sende-
    linge bring./Bv. bl. 105: “Dit is vir jou om kos te gee vir die baie mense wat die Here na jou
    toe gestuur het.” Baas vat die hoender.
•   Baas aanvaar ouma Essie se optrede/leiding/besluite/bemiddeling by die vergade -
    ring onder die worsboom/ingryping om die spanning te ontlont, want hy stem toe dat
    die sendelinge op die boonste gedeelte van Manaka kan bly./om te gaan jag om kos te
    kry./dat hy vir die wit mense sal sê wat hulle moet doen om ‟n dak oor hulle koppe te kry./
    Bv. bl. 118: “Die ander man wat wit is, sal vir julle sê wat om te doen om ‟n dak oor julle
    koppe te kry.”/Bl. 119: “Juffrou Nanna sal jou wegbring.”/Bl. 121: Baas vat die lyfband van
    fyngevlegte voorslagriempies wat ouma Essie uit haar voorskoot se sak haal ...
•   Baas se aanvaarding van ouma Essie se reëlings oor die situasie op Manaka herin-
    ner hom aan sy oupagrootjie en sý rol op Manaka, want ouma Essie verwys na Baas se
    oupagrootjie, en Baas ook, as versorgers van Manaka./Bv. bl. 117–118: “Die man wat die
    Here uitverkies en gestuur het om die saadjie vir Hom te kom plant, was ‟n jagter ... baie
    jare na die buffeljagter verdwyn het, toe versorg die Here nog altyd sy plantjie. En hoekom
    sal die Here nou sy hand wegvat net oor iets wat tussen mense gebeur?”
•   Baas ervaar toenemend konflik oor godsdiens/sy godsdiensbelewing, want hy begin
    meer vrae oor geloof/godsdiens/Christenskap vra./want hy vra vir ouma Essie wat van ‟n
    mens ‟n Christen maak./Bv. bl. 202: “Wat maak van ‟n mens ‟n Christen, ouma Essie?”
•   Baas besef dat hy sy godsdiensonsekerheid moet opklaar, want dit beïnvloed sy om-
    gang met almal op Manaka./in Barotseland./Bv. bl. 202: “Ek wil weet, ouma Essie. Ek het
    dit nodig om te weet.”/Bl. 202: “Ek het meer as een Bybel, ouma Essie. Ek het twee. Dit wil
    nie sê ek het die antwoorde nie.”
•   Baas se gesprekke/gedagtes bewys al meer dat sy konflik oor godsdiens baie intens
    is, want hy vra selfs vir meneer Johnnie uit oor Jesus./dink aan woorde van gesprekke met
    ouma Essie./Bv. bl. 207: “Wat weet jy van Jesus?”/Bl. 203: Die drome wat die kinders van
    die Here droom, is die drome wat Hy vir hulle gee om te droom, het sy daardie dag gesê.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            14                               DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                          NSS – Memorandum

•   Baas besef n.a.v. ouma Essie se woorde dat sy droom om, soos sy oupagrootjie,
    ’n boot op die Zambezi te hê, ’n droom is wat die Here hom gegee het, want hy kry al
    meer sekerheid./hy lees al meer uit die Bybel./lees selfs uit Whitey se Bybel./
    Bv. bl. 210: Hoekom het hy nooit gewonder of hy die Bybel glo, tot ouma Essie dit vir hom
    gevra het nie?/Bv. bl. 210: Ek het my laat vind deur die wat My nie gesoek het nie, het hy
    in Whitey se Bybel gelees.
•   Baas kry rustigheid oor sy geloof a.g.v. ouma Essie se leiding wat daartoe lei dat hy
    nou meer gereeld uit behoefte Bybel lees teenoor die ritueel wat dit vroeër was./
    Bv. bl. 240: ... vroegoggend onder die worsboom langs die water waar Baas in sy ma se
    Bybel sit en lees./Bl. 26: Selfs toe Baas later die Bybel minder gereeld uithaal en uiteindelik
    glad nie meer nie ... aand na aand wag vir die ritueel.
•   Baas gee die lyfband van muluti Joseph aan ouma Essie terug, want hy het in die rol
    van geestelike leier ingegroei./hy het nie meer ‟n ander sterk man se hulp nodig om self
    sterk te word nie./sy godsdiensstryd is opgelos./Bv. bl. 243: “Dankie, ouma Essie,” sê hy.
    “Ek het dit nie meer nodig nie.”
•   Baas bid vir die eerste keer in jare wanneer ouma Essie op haar siekbed lê, want hy is
    dankbaar vir die ou vrou se rol in sy geloofsoortuiging./hy het sy konflik opgelos./hy weet
    nou wat sy rol op Manaka is./Bv. bl. 243: “Dankie, Here. Amen,” sê Baas.
•   Baas aanvaar die verantwoordelikheid as die geestelike versorger van Manaka, want
    direk na die gebed sê hy dat die kerk se deure en vensters gekom het./gaan kap hy die
    buffelkop teen die boom vas as teken dat hy gekom het om te bly./Bv. bl. 244: “Die deure
    en die vensters vir die kerk en vir die huis het gekom,” sê Baas./Bl. 244: By sy kamp dra
    Baas Morena se horings teen die bult uit en slaan dit bokant Manaka se naambord teen die
    stutpaal vas.
•   Die herstel van die bankies deur Baas en Grace dui daarop dat die Woord op Manaka
    sal voortleef./dat Baas ‟n groot aandeel aan die geestelike versorging/kerk van Manaka se
    mense gaan hê./Bv. bl. 244: Baas skroef die eerste bankie se plank op die stutpaaltjies
    onder die worsboom vas.
•   Baas se omgee vir die geestelike versorging van mense op Manaka blyk duidelik,
    want hy koop meneer Johnnie se vrou en kind los./Bv. bl. 239: Hy (Baas) stuur hom
    (meneer Johnnie) om vir sy skoonmense te gaan sê dit is die losprys vir sy vrou en sy kind.

    Die kandidaat bied ‟n gepaste slot aan.

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            15                                DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                          NSS – Memorandum

VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG – Manaka Plek van die Horings – Pieter Pieterse

Vraag     Antwoord                                                                               Punt
9.1       Hy probeer Baas in die versoeking lei./ompraat om by diamantsmokkelary
          betrokke te raak./
          Ouma Essie sal onmiddellik onthou dat sy nie vir haar gasvryheid betaal is
          nie./Hy skuld Ouma Essie geld./
          Grace sal herinner word aan sy poging om haar te verkrag. √                            1

9.2       Baas voorsien kos aan almal wat op Manaka aankom./deel sy lewensmiddele
          met almal wat honger en siek is./doen welsynswerk./moes konsessiegeld
          betaal./kon nie die vleis verkoop nie./het die vleis weggegee. √√                      2

          Enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk.

          Die mense beskou Baas as ‟n Christen op grond van sy dade./aanvaar dat hy 1
          ‟n goeie mens is./sien in hom ‟n geestelike leier./kry in hom iemand wat hulle
          belange op die hart dra./
          Baas aanvaar uiteindelik dat hy met ‟n doel na Manaka gestuur is en/of hulle
          geestelike leier is. √                                                         1

9.3       Sy eerlikheid/doelgerigtheid/standvastigheid/goedhartigheid √                          1

          Grace glo Baas is ‟n Christen daarom raak hy nie by diamantsmokkelary
          betrokke nie./doen hy nie verkeerde dinge nie./laat hy hom nie deur Riekert
          omkoop nie. √                                                                          1

          Dit is realisties, want sy Christelike agtergrond/waardes verhoed dat hy die
          uitnodiging aanvaar./
          Hy loop altyd die regte pad./doen altyd die goeie/regte ding./hou hom nie met
          kwaad op nie./
          Baas is ‟n sterk man./is in alle omstandighede in beheer./laat hom nie in ‟n
          hoek vaskeer nie./wys dat hy baas is op Manaka.

                                                  OF

          Dit is nie realisties nie, want as ‟n mens graag ‟n droom wil laat realiseer, sal jy
          enige iets doen. √                                                                     1

9.4       Hulle weet dat hy arrogant/‟n bedrieër/skurk is. √                                     1

          Hy word gevange geneem. √                                                              1

9.5       Hy wou sy oupagrootjie se droom laat voortleef. √                                      1

          Ja
          In die slot van die roman is Baas en Grace op pad om die boot te gaan
          soek./word gesuggereer dat die droom steeds voortgaan./word gesuggereer
          dat die toeristebesigheid steeds kan realiseer./dat ‟n nuwe begin voorlê.

                                                  OF

          Nee
          Baas se dae word waarskynlik so vol as gevolg van sy rol as geestelike leier
          dat die toerbesigheid nooit realiseer nie. √                                           1

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          16                               DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                        NSS – Memorandum

9.6       Zambezi Grace √                                                                   1

9.7       Baas het Grace nooit misbruik nie. √                                              1

9.8       Daar is nuwe lewe/hoop/‟n nuwe toekoms op Manaka. √                               1

          Baas en Grace herstel die bankies onder die worsboom./Baas en Grace tree in
          ‟n nuwe verhouding wanneer sy hom op sy versoek op sy naam noem./Hulle
          stap saam, in Lozi-tradisie, om die boot te gaan soek./na ‟n nuwe toekoms. √      1

9.9       Baas en Mark James het dit verwyder toe Baas die boot na die paalstellasie
          geneem het. √                                                                     1

          Nanna wil die bankies regmaak, maar Baas wil dit nie toelaat nie. √               1

9.10      Die Bybel/godsdiens sal steeds op Manaka verkondig word./
          Baas aanvaar sy rol as geestelike leier op Manaka/volg uiteindelik in sy
          oupagrootjie se voetspore./
          Baas het gekom om te bly. √                                                       1

          Whitey het die hout vir die klaarmaak van die bankies voorsien. √                 1

          Grace het vir hom gesê dat R5 te min is vir sy drome./hom aan sy oupagrootjie
          en die droom herinner toe hy wou moed opgee. √                                    1

9.11      Riekert het haar eenkeer probeer verkrag./Hy gee geld vir Meneer Kebbey om
          met Grace te trou. √                                                              1

          Sy huil oor die verval van godsdiens op Manaka./omdat Baas weier om sy rol
          as geestelike leier in te neem. √                                                 1

          Die kandidate bied EEN rede vir Baas en EEN vir Riekert vir EEN punt elk aan.

          Dit moet glad nie lekker wees om met iemand te trou vir wie jy nie lief is
          nie./om met ‟n familielid te moet trou nie./
          Dit moet baie erg wees om verkrag te word. √
                                                                                            1
          Enige soortgelyke antwoord vir EEN punt.

          Dit moet seer maak om te sien/ervaar hoe iemand vir wie jy omgee, die Here
          ontken./hom teen godsdiens verset./nie sy roeping erken nie./
          Dit moet bitter wees om te vrees dat jy met iemand soos meneer Kebbey moet
          trou terwyl jy vir iemand soos Baas omgee. √
                                                                                            1
          Enige soortgelyke antwoord vir EEN punt.

9.12      Ja
          Dié verteller weet ook dat Baas se oupagrootjie bykans ‟n eeu vantevore die
          kanaal laat bou het./verwys subtiel na die kanaal wat Baas en sy oupagrootjie
          bind. √                                                                           1

                                                                                            25

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           17                              DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                         NSS – Memorandum

VRAAG 10: LITERÊRE OPSTEL Vatmaar – AHM Scholtz

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
     Dis ‟n breë raamwerk van feite.
     Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ‟n gepaste inleiding aan.

    Oom Chai het met Bettie getrou om sy broerskind die skande te spaar, want sy
     broerskind was reeds getroud./Bv. bl. 273: Later het ons gehoor die kind se pa is een van
     oom Steven se seuns, ‟n getroude man met kinders.
    Die mense van Vatmaar, Ouma Drieka ingesluit, het min respek vir oom Chai se
     huwelik getoon omdat hulle van mening was hy het met ‟n kind getrou./Bv. bl. 274: Hy
     het ‟n kind getrou, die vuilgat!
    Oom Chai se huwelik het sy voorkoms beïnvloed, want hy het sy klere aangepas om
     jonger te lyk en het nie meer kruisbande gedra nie, maar net ‟n belt./Bv. bl. 278: Óf Bettie
     óf oom Chai het sy manier van lewe verander.
    Die mense het vir oom Chai gelag, want Bettie het hom domineer en voorgesê hoe om
     te maak./Bv. bl. 278: En die mense het gelag as hulle hom met sy nuwe voorkoms sien.
    Oom Chai is beïnvloed deur sy huwelik, want hy het nou aan die stokvel deelgeneem
     wat hy voorheen veroordeel het./Bv. bl. 279: Vroeër het hy altyd onder sy peperboom
     gesit en alles veroordeel wat hy by die stokvel sien gebeur het.
    Die ou oumas van oom Chai se portuur het hom ’n gek genoem, want hy was nou
     een van die voorbokke met die dans./Bv. bl. 279: Die blêrrie fool, hy is jags.
    Oom Chai se vriende het nie vir hom kom kuier nie, want hulle het nie meer tuis by
     hom aan huis gevoel nie./Bv. bl. 280: Sommer gou het oom Chai se vriende nie meer by
     hom kom kuier nie, want hulle het gesê hulle voel ontuis.
    Oom Chai se dood kan, volgens die dokter, aan sy huwelik met ‟n jonger vrou
     toegeskryf word./Bv. bl. 281: Te veel lekker laat die hart staan.
     Oom Chai se huwelik bring die lelike in hom na vore, want hy het nie daarvan gehou
      dat Bettie met ander seuns dans nie./hy het haar rok oor haar knieë afgetrek sodat die
      ander nie haar knieë sien nie./Bv. bl. 279: Hy het nie daarvan gehou dat die seuns met
      haar dans nie./Bl. 279: As hy dan weg was, het die kêrels met hulle oë vir haar gewys sy
      moet die rok weer opskuif./Bl. 281: Sy het soos ‟n hen in ‟n hok in haar eie huis gevoel.
     Mevrou Bosman het nie haar man vertrou nie, want sy was oortuig daarvan dat hy vir
      Kaaitjie se swangerskap verantwoordelik was./Bv. bl. 249: Daai pens ... het iets met jou
      te make.
     Mevrou Bosman het haar man manipuleer, sy het hom met liefde omgekoop om te
      doen wat sy wil hê./Bv. bl. 249: En as dit alles oor was, het sy geweet sy kan hom vra net
      wat sy wil, hy het amper nooit vir haar nee gesê nie.
     Mevrou Bosman se wantroue in haar man het tot gevolg gehad dat sy Kaaitjie wou
      dwing om vir ‟n aborsie te gaan./Bv. bl. 258: Da‟ vat ek die hak.
      George Lewis trou met Ruth omdat hy haar lief het vir wie sy is, hy sien nie haar
       kleur nie./Bv. bl. 12: I don't see her blackness, you know./Bl. 12: I am not me and she is
       not she. Our hearts beat as one beat, and we take breath in-between beats together.
      Hul huwelik het gevolge vir albei ingehou t.o.v. hul blyplek, want Ruth het nie by
       haar Batswana-mense gebly nie en George nie by sy mense nie, hulle het albei in
       Vatmaar gaan woon, waar almal welkom was./Bv. bl. 20: In hul sesde huweliksmaand
       het hulle in Vatmaar kom bly.
     Ruth het na haar huwelik groot invloed op Vatmaar uitgeoefen, want Vatmaar se
      mense is as deel van Ouma Lewies beskou en die kerk was stampvol met haar
      begrafnis./Bv. bl. 41: Die kerk was stampvol want Vatmaar se mense was deel van Ouma
      Lewies.
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             18                             DBE/Feb.–Mrt. 2017
                                           NSS – Memorandum

      Dit blyk dat George en Ruth se dogter bevooroordeeld optree, want sy het verkies
       om nie met die mense van Vatmaar in ‟n verhouding te staan nie./Bv. bl. 99: Dad, het sy
       gesê, I prefer a white man to a coloured man.
      Ma Khumalo se vriendskapsverhouding/ouer-kind-verhouding strek oor grense van
       rasse, want sy neem vir Borman (Norman) van der Westhuizen in nadat hy beide sy
       ouers tydens die Boere-oorlog verloor het en sy eie mense hom nie wou hê nie./
       Bv. bl. 198: Na Vereeniging wou niemand hom hê nie.
      Die invloed van dié verhouding is dat elkeen van hulle iemand gehad het, want
       Norman het sy ouers in die Boere-oorlog en konsentrasiekamp en Ma Khumalo haar man
       en kinders in die konsentrasiekamp verloor./Bv. bl. 199: Hy was dadelik lief vir hierdie
       nuwe swart ma, want sy was al wat hy op aarde gehad het. En gelukkig vir hom het sy
       ook al haar kinders en man in ‟n swart konsentrasiekamp, verloor.
      Ma Khumalo het toegesien dat hy skool toe moes gaan om te leer lees en skryf, so
       kon hy as soldaat briewe aan haar en ook namens Heinrich Miller skryf./Bv. bl. 203: ... my
       ma het my na ‟n skool vir bruin mense gevat.
      Norman kon vir Ma Khumalo help met die wasgoed wat sy vir ’n inkomste gewas
       het, want sy het moeg geword wanneer sy die bult na die Whites se huis moes
       uitloop./Bv. bl. 203: Altyd as ek uit die skool uitgekom het, het ek die wasgoed vir Mister
       Norman White gevat.
      Norman kon later vir Ma Khumalo sorg en sy het nie meer nodig gehad om wasgoed
       vir ‟n inkomste te was nie./Bv. bl. 204: Daarna het my ma opgehou wasgoed was, want
       ek het gesê: Dit is nou my beurt om agter die familie te kyk.
      Ma Khumalo het nie alleen gesterf nie, want Norman was by haar./Bv. bl. 209: Daardie
       aand so teen nege-uur het Ma Khumalo Norman se hand gevat.

Die kandidaat bied ‟n gepaste slot aan.
                                                                                                        25

                                                 OF

VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG Vatmaar – AHM Scholtz

Vraag      Antwoord                                                                          Punt
11.1       Kaaitjie het verdwyn./Kenneth het nie geweet wat van haar geword het
           nie./waar sy haar bevind het nie. √                                               1

           Mevrou Bosman het nie Kenneth se briewe vir Kaaitjie gegee nie. √                 1

11.2       Ja
           Sy het die wil om te leef verloor nadat sy nie meer van Kenneth gehoor het nie.
                                                  OF

           Nee
           Daar was nie mediese hulp/‟n kliniek/‟n dokter beskikbaar om Kaaitjie tydens
           die geboorte by te staan nie. √                                                   1
                                                  EN

           Kenneth het vir vier dae by Kaaitjie se graf gesit. √                             1

           Die mense het met Kenneth gesimpatiseer./Kenneth se hand geskud. √                1

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Feb March 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2017-memo/12b9d119-2e97-47a3-ad9f-b1556ca44258) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Feb March 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2017-memo/a439c31f-a9ef-42b4-920a-c5ad42bfbb59) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2017-memo/872c6282-9442-4b04-b87a-61c1a547d2be) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2016-memo/5bb7960d-f331-44be-9676-13d3f2b334bd) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2017/4b510bf1-897d-48b4-97b1-3bb8f71ded49) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Feb March 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2017/60537e99-e401-4b8c-87b0-63dfb08ba5b2) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
