# Afrikaans HL Grade 12 P2 Supplementary November 2018 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Supplementary November 2018, 34 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2018-memo/5a6ca94d-302d-4e18-87ce-deb3ba82f20e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Supplementary November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 34

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 Supplementary November 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2018-memo/5a6ca94d-302d-4e18-87ce-deb3ba82f20e)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Supplementary November · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 34 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P2 Feb March 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2018/10c5efc1-0ed4-4215-a6dc-32da1ca6faed) — QP · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                             AFRIKAANS HUISTAAL V2

                              FEBRUARIE/MAART 2018

                                   NASIENRIGLYNE

PUNTE: 80

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 34 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        2                           DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                     NSS – Nasienriglyne

RIGLYNE VIR NASIENERS

1.    As 'n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste
      antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die
      kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)

2.    As 'n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte beantwoord
      het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.

3.    As 'n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee opstelvrae
      beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord
      word geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C
      beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een
      kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.

4.    As 'n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die
      tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
      antwoord word geïgnoreer.

5.    As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
      nasienriglyne nagesien.

6.    Taalfoute by kontekstuele vrae word nie gepenaliseer nie. As 'n spelfout die
      betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die spelfout
      nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.

7.    Opstelvrae:
      As die opstelvraag korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
      gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstelvraag
      te lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener. Die
      nasienriglyne is slegs 'n riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek
      beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die opstelvrae na te sien.

8.    Kontekstuele vrae:
      As 'n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar 'n vraag dit vereis nie, word
      die kandidaat nie gepenaliseer nie.

9.    Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM
      NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die rede/
    motivering/bewys verdien die punt.

11. Moenie woorde nasien nie; sien betekenis na.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           3                             DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                        NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: GEDIGTE

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

Vincent van Gogh – DJ Opperman

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
OPSTELVRAAG – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

LET WEL:
 Dis 'n breë raamwerk van feite.
 Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf 'n gepaste inleiding.

   As geestelike werker ervaar Van Gogh nie vreugde nie, maar pyn/mislukking/
    miskenning, want die woorde "miskende"/"vergeefs"/"pyn"/"skriklike" dui op die stryd en
    pyn wat hy ervaar het.
   Die gedig gebruik spesifieke woorde om baie van die lelike/pynlike/seer wat Van
    Gogh as geestelike werker beleef het, te noem nl. (in versreël 3) "krotte"/"myn" en in
    versreël 4: "agterbuurte" en "landerye" (met spesifieke verwysing na mense wat
    swaargekry het/in armoede geleef het).
   As geestelike werker het hy die armoede, lyding, swaarkry en sosiale verdrukking
    van mense ervaar, want in die sametrekking van "skriklike" (i.p.v. verskriklike) en ander
    woorde soos "verknot" en "kramptrekke" blyk iets van Van Gogh se ervaring van sy werk
    as 'n vreugdelose/sukseslose stryd.
   Van Gogh se werk met verarmde/sukkelende mense sonder hoop of uitkoms was vir
    hom 'n voortdurende stryd wat blyk uit woorde soos "verknot" en "kramptrekke" (in
    versreël 6 en 7)./want D.J. Opperman probeer met die sametrekking van woorde soos
    "verknot" en "kramptrekke" uitdrukking gee aan Van Gogh se stryd./die woord "verknot"
    (versreël 6) suggereer die lyding/stryd/verwringing van mense wat dui op Van Gogh se
    geestelike worsteling.
   In Opperman se beeldgebruik is die swaarkry van Van Gogh as geestelike werker
    opvallend, want hy noem hom 'n "miskende heilige" wat "vergeefs geveg" het./dit word
    duidelik dat Van Gogh nie sukses behaal het nie./nie bevredigende werk gedoen het
    nie./dat hy sy werk as 'n "geveg" beleef het.
   Van Gogh se geestelike werk was vir hom soos om mense en bome saam te knoop
    tot iets wat saamtrek/kramp (van pyn), want Opperman maak melding van beelde soos
    "mens en boom verknot in Sy kramptrekke" ... (versreël 6 en 7).
    Dis eers toe Van Gogh 'n skilder word dat die woord- en beeldgebruik verander om sukses,
    vreugde, skoonheid aan te dui:
   Van Gogh het dikwels koringgerwe geverf wat sonnig en vrolik was, want as skilder
    het hy sukses/vreugde/nuwe lewe/warmte ervaar./die sonnige vrolikheid dui op Van Gogh
    se veranderde ervaring.
   As skilder toon Van Gogh nuwe lewe/beweging/verandering wat in sy kuns neerslag
    vind in die woord "kantelende" in versreël 10.
   In die woord "landskap" (versreël 10) kry die leser 'n positiewer onderwerp as
    "krotte" en "myne" wat met sy geestelike werk geassosieer word.
   As skilder kontrasteer woorde soos "in aanbidding van die son" fel met sy werk as
    geestelike wat gekenmerk is deur "ellende", miskenning en vergeefsheid.
   Die woorde in versreël 9 noem onderwerpe wat dikwels in Van Gogh se kuns gebruik
    is, t.w. "boere", "wasvrouens" en "gepynigde gesigte" van vroeër word nou, in die nuwe
    fase van sy lewe, kuns./iets moois/verhef tot skoonheid/die skone.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            4                                DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

 Die skilder Van Gogh maak van opvallende kleure ("geel", "groen" en "blou", versreël 11)
  wat lewe, hoop en warmte suggereer gebruik. Dit verskil van sy werk en ervaring as
  geestelike ("pyn", "miskende", "ellende").
 Dat Van Gogh as skilder met groot drif, hartstog en intensiteit skilder; word aangedui
  deur die gebruik van die woord "koorsige" in versreël 11 (wat kontrasteer met "vergeefs).
 As skilder slaag Van Gogh daarin om die randfigure van die samelewing/die
  uitgeworpenes/die sukkelende armes deur middel van kuns tot iets moois/iets met
  skoonheid te omskep aldus versreël 12 in die woorde "branding", "skone" asook die woord
  "verwek" (wat verskil van "verknot"/"kramptrekke"/"onreg in die krotte" in die eerste
  gedeelte van sy lewe.)
 Die gebruik van personifikasie by "aanbidding van die son" in versreël 7 en 8/die
  vergelyking in versreël 14 nl. " ... soos groen sipresse tot 'n vlam verwring."
  ondersteun die feit dat Van Gogh as skilder 'n mate van vreugde en sukses beleef
  het, want dit het vir hom gevoel of hy vir die eerste keer doen waarvoor hy geroep is./hy het
  die kuns as 'n "hartstog"/passie beleef.
Die kandidaat verskaf 'n gepaste slot.
                                                                                                         [10]

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Wie's Hy? – Adam Small

Vraag     Antwoord                                                                           Punt
2.1       Die leser word by die gedig/boodskap betrek./
          Die spreker wil die leser laat nadink oor digterskap,/wanneer iemand as 'n
          digter beskou kan word. √                                                          1
          Ja
          Die spreker verduidelik dat die tradisionele siening van digterskap nie
          noodwendig korrek/die enigste aanvaarbare een is nie./die meeste mense in
          die straat die eintlike digters is. √                                              1
          Die kandidaat kan nie NEE as antwoord aanbied nie.

2.2       Die alleenplasing beklemtoon wending/teenstelling in die gedig./
          Die alleenplasing wil die wending/teenstelling uithef.
          Die alleenplasing beklemtoon die antwoord wat die spreker gee.                     1
          Die alleenplasing dui op die besliste mening van die spreker (dat dit nie net
          digters is wat poësie skryf nie). √

2.3       Sinekdogee √                                                                       1
          Die gewone mense maak van humor/slim praatjies gebruik.
          Die gewone mense praat hard./word gehoor.
          Die gewone mense se woorde dra gewig (hulle het nie 'n gladde mond nie) as
          hulle God aanroep (oor die dinge wat hulle waarneem). √                            1

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           5                                DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                        NSS – Nasienriglyne

2.4       Die gewone mens is die digter en nie net diegene wat in hul studeerkamers sit
          en skryf nie./
          Almal wat taal speels en kreatief gebruik, is digters./
          Gewone mense kan ook skep./
          Digterskap is nie net om formeel/amptelik te dig nie. √                           1

          Die gebroke rym ondersteun die informele trant van die gedig./ondersteun die
          gedagte dat die (ware) digter nie deur vaste rymskemas/deur reëls aan bande
          gelê wil/hoef te word nie. √

                                                EN                                          1
          Ja
          Die mense op die straat skep met hul vernuftige gebruik van taal soms die
          mooiste gedigte./beeldspraak.

                                                OF

          Nee
          Digterskap verg baie meer vaardigheid as bloot interessante woordgebruik./
          sentimentele gedagtes sonder enige literêre kenmerke. √                           1

          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

2.5       Ernstig √                                                                         1

2.6       Die woordgebruik ondersteun die tema dat die gewone mens digters is sonder
          om iets anders as hul spreektaal te gebruik./beklemtoon dat poësie in Kaaps
          moontlik is./bied aan die leser 'n getroue beeld van wie die spreker in hierdie
          gedig is. √                                                                       1

                                                                                            [10]

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

besoekersboek – Fanie Olivier

Vraag     Antwoord                                                                          Punt
3.1       "duskantse verblyf" √                                                             1

3.2       Die spreker vra vrae oor ...
          die identiteit van die mens./wie die mens is. √
          die herkoms van die mens./waar die mens vandaan kom. √
          die sosiale lewe van die mens./menseverhoudinge. √                                3

3.3       Ja
          Dit dui daarop dat die mens se (volle) verhaal verborge/(in die besoekersboek)
          weggesteek/onduidelik is. √                                                    1

3.4       abab/efef √                                                                       1
          kruisrym/gekruiste rym √                                                          1

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            6                                DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

3.5       Oksimoron/Paradoks √                                                           1
          Huil kan nie stom (sonder geluid) plaasvind nie./
          Die lam (wat op Christus kan dui) is stil/stom oor die mense/besoekers wat hul
          sterflikheid probeer besweer./
          Die lam huil in stilte./na binne./dra die seer binne. √                        1

3.6       Die mens is 'n tydelike besoeker op aarde./verewig/dui sy bestaan in 'n
          besoekersboek aan./
          Die mens het 'n behoefte om sy aardse bestaan in 'n besoekersboek te
          verewig./
          Die mens wil onthou word vir wat hy/sy op aarde gedoen het, daarom skryf
          hy/sy in die besoekersboek./
          Die mens se aardse bestaan/bydrae is soos 'n inskrywing in die metaforiese
          besoekersboek van die lewe. √                                                      1

                                                                                             [10]

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

'n vigslyer sterf – Vincent Oliphant

Vraag     Antwoord                                                                           Punt
4.1       Die vigslyer √                                                                     1

4.2       Eufemisme √                                                                        1

4.3       Aan die sloping/inploffing/aftakeling van 'n gebou./takelwerk van 'n skip wat
          afgetakel word. √                                                                  1

          Die persoon kan nie verder leef nie./sterf. √                                      1

4.4       "die mond wat iets wil sê"/
          "die gewig van lug is vir die hand te swaar" √√                                    2

          Die kandidaat bied TWEE aanhalings vir EEN punt elk aan.

4.5       Die hoofsaak waarna die vigslyer "soek" word laaste opgenoem.
          Die vigslyer se begrip van sy siekte/dat die dood verlossing bring, word as
          klimaks gestel.
          Van al die sake waarmee die vigslyer worstel, word "verstaan" laaste genoem
          om te beklemtoon hoe belangrik dit is om te verstaan wat met jou gebeur./
          hoekom so iets met jou gebeur.
          Dit is belangrik dat die omstanders die vigslyer/en sy/haar situasie moet
          verstaan. √√                                                                       2

          Die kandidaat noem enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk.

          Dit hef die woorde uit/beklemtoon die vigslyer se soeke na begrip/
          Die insig waartoe die vigslyer in sy lyding kom, word beklemtoon. √                1

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            7                                DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

4.6       Ja
          Die somberheid versterk/ondersteun die feit dat iemand sterf./ondersteun die
          feit dat die dood met baie onsekerheid/soeke na vrae gepaardgaan. √               1

          Die kandidaat kan nie NEE as antwoord aanbied nie.

                                                                                            [10]

                                               EN

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

Afrikaans – Theo de Jager

Vraag     Antwoord                                                                          Punt
5.1       "drif"/"wellus"/"dans" √                                                          1

5.2       Alliterasie/d-alliterasie/dr-alliterasie √                                        1
          Dit hef die hardheid/geweld/aggressie/drif jeens Afrikaans uit. √                 1

5.3       Gebruikers van Afrikaans/Kampvegters vir Afrikaans √                              1

5.4       Kwatryn √                                                                         1

5.5       "sal jou spoor ... soos 'n ploegvoor (oor die Suidland) lê. √                     1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord aan, bv.
          Die Afrikaanse taal het 'n invloed op Suid-Afrika.
          Die Afrikaanse taal/woorde groei/ontwikkel.
          Die Afrikaanse taal is deel van Suid-Afrika. √                                    1

5.6       Wanneer die taal nie meer waarde het nie./gebruik word nie./afgeskaf
          word./nie meer relevant is nie./taalgebruikers verloor. √                         1

          Ja
          Die wêreldtaal is Engels, nie Afrikaans nie.
          Afrikaans het nie bestaansreg ten koste van ander landstale nie.
          Afrikaans is die taal van die onderdrukker wat moet plek maak vir 'n ander
          gemeenskaplike taal.
          Ter wille van eenheid in die land behoort die gebruik van Afrikaans
          verminder/afgeskaf te word.

                                                  OF

          Nee
          Die taal moenie politiseer word nie.
          Solank as wat daar mense is wat die taal praat/gebruik, het die taal
          bestaansreg.
          Afrikaans het net soveel bestaansreg as wat ander tale het. √√                    2
          Die kandidaat bied enige soortgelyke TWEE antwoorde binne konteks van die
          gedig vir EEN punt elk aan.

                                                                                            [10]

                                                                          TOTAAL AFDELING A:            30
Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           8                                DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                        NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
 Dis 'n breë raamwerk van feite.
 Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf 'n gepaste inleiding.

 Iris verwoord die sentrale tema as die mens se hunkering na die groot blomoomblik
  in sy/haar lewe./Bv. bl. 104: Ek glo al sedert my skooldae dat ek, soos my botaniese
  naamgenoot, die een of ander tyd moet blom.
 Iris se hunkering na haar blomoomblik sluit aan by die betekenis van haar naam./Bv. bl.
  10: 'n Iris was nie slegs 'n bolplant nie, maar sy was ook 'n Griekse mitologiese godin, in
  diens van meer belangrike gode.
 Vir Iris hou die betekenis van haar naam verband met die lelie in haar ma se tuin wat
  net een keer per jaar blom en dit versterk haar begeerte om haar eie blomoomblik te
  ervaar./Bv. bl. 187: ... een laatmiddag speel ek met Polder in die tuin en uit die hoek van
  my oog sien ek 'n beweging, iets wilds tussen die groen ... 'n Blom het oopgegaan. Nie
  stadig nie, oombliklik.
 Iris vrees dat die wonder van haar blomoomblik by haar sal verbygaan omdat die lelie
  in haar ma se tuin skielik blom en dan verlep./Bl. 187: As ek my oë sou geknip het, het ek
  dit gemis, so vinnig het dit gebeur./Bl. 195: Dink jy ek blom dalk eers na ek dood is?
 Iris bly hunker na die groot blomtyd in haar lewe en sy glo dat, soos die kwart-voor-
  sewe-lelie, sy haar magiese blomoomblik moet ervaar./Bv. bl. 140: Elke mens moet een
  keer in sy lewe die regte ding op die regte tyd doen en só 'n moment van volmaakte
  sintese beleef.
 Iris glo dat sy nie haar kans om te blom moet misloop nie en leef haar hele lewe in
  afwagting van haar blomtyd./Bv. bl. 104: En dit is miskien ook een van die redes waarom
  ek nie altyd nee sê as ek dit behoort te doen nie ... en dat ek dus te alle tye gereed moet
  wees en nooit 'n nuwe aanbod van die hand mag wys nie ...
 Vir Iris raak dit 'n lewensfilosofie om te wag vir haar blomoomblik, al is daar
  opmerkings van ander wat haar laat twyfel./Bv. bl. 140: Dis tog net die naam van 'n blom,
  het Bettie gesê .../Bl. 140: Wat een keer per jaar blom, het Peter gesê. En sy het gedink die
  modelstorie is dalk haar kans./Bl. 148: Dis 'n simpel naam. Blomname vir mense is simpel.
 Iris glo dat sy net een kans sal kry om 'n blomoomblik te beleef, maar Junior
  weerspreek dit wanneer hy verwys na sy ma se irisse wat ook in die herfs blom./Bv.
  bl. 148: My ma s'n blom in die herfs ook, het Junior gesê.
 Johanna probeer om Iris se siening omtrent haar spesifieke blomtyd te verander
  deur haar daarop te wys dat sy elke dag vir hulle blom./Bv. bl. 87: Ag, Iris, het sy gesug. Jy
  blom elke dag vir ons.
 Iris is van mening dat ander mense ook blomtye het; daarom wonder sy hoe Jonsie 'n
  blomtyd sou hanteer./Bv. bl. 204: Sy was nie die soort mens wat sou sit en wonder
  wanneer sy eendag gaan blom nie; sy sou tyd, plek en datum bepaal, die gebeurtenis
  deeglik beplan en almal wat belangstel, inlig.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             9                                  DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS – Nasienriglyne

 Iris besluit om Amerika toe te gaan omdat sy voel dat dit haar tyd is om te blom,
  want sy is bang haar een geleentheid daarvoor gaan verby./Bv. bl. 87: 'n Iris blom net een
  keer per jaar. Ek is aan die oud word en dis tyd dat ek blom.
 Iris sien nie die potensiaal van 'n moontlike blomoomblik raak wat Kara en die
  Fransman in Frankryk wat haar vir modelwerk wil afneem, sien nie. Iris sien haarself as
  iemand met 'n doodgewone boeregesig./Bv. bl. 93: Jy het daardie soort gesig./Bv.
  bl. 92–93: Is jy 'n model? ... As jy wil, sal ek foto's van jou neem./Bv. bl. 93: By die huis, ja,
  maar hier soek hulle na iets anders.
 Iris kry nog 'n geleentheid om te blom as die fotograaf Joe in New York haar potensiaal
  as model raaksien./Bv. bl. 119: Elke fotograaf droom van so 'n ontdekking.
 Billy bring Iris terug tot by die realiteit oor haar blomtyd wanneer hy sê dat nie alle
  bolle blom nie./Bv. bl. 105: Dis alles goed en wel dat jy wil blom, maar gestel die man spit
  jou uit? Hy het gegrinnik vir sy bevredigende beeldspraak. Dit kan ook gebeur. Nie alle
  bolle kom tot bloei nie.
 Iris ervaar Peter se negatiwiteit oor haar soeke na haar blomoomblik wanneer hy
  meen dat haar ouers haar nooit Iris moes genoem het nie, want sy sou dan nie soveel
  verwagtinge gehad het nie./Bv. bl.132: Jou ouers moes jou nooit Iris gedoop het nie ... As
  jou naam Marie was, het jy nie so vol idees rondgeloop nie.
 Iris word tot haar sinne gebring oor haar blomtyd wanneer Peter haar voor 'n ultimatum
  stel en sy kies om saam met hom Vermont toe te gaan in plaas daarvan om die
  modelkontrak te aanvaar./Bv. bl. 133: As jy wil blom onder ateljeeligte met mense wat jou
  deurmekaar gaan boelie, moet jy dit doen. Ek gaan Vermont toe.
 Die Engel bring Iris tot insig dat die blomnaam en die lelie niks met haar toekoms te
  doen het nie, want 'n naam is net 'n naam./Bl. 187: Net sowel, het hy gesê. Ek sien geen
  verband tussen jou lelie en enigiets wat ons vannag bespreek het nie.
 Iris word bewus daarvan dat sy ongesiens kan blom wanneer die Engel haar maan om
  versigtig te wees, want 'n mens kan blom sonder dat jy dit besef./Bv. bl. 195: Party mense
  blom ongesiens, het hy gesê. So onverwags dat niemand dit eers opmerk nie. Soos Ma se
  lelie.
 Iris kom later tot die besef dat 'n mens se hele lewe 'n blomtydperk kan wees en dat
  dit nie beperk word tot een magiese oomblik nie. As 'n voorstedelike huisvrou wag sy
  geduldig saam met Polder, Johanna en die Engel op die kwart-voor-sewe-lelie om te
  blom./Bv. bl. 220: Wees geduldig, sê ek. Dis amper tyd.

Die kandidaat verskaf 'n gepaste slot.
                                                                                                            [25]

VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag      Antwoord                                                                              Punt
7.1        Bettie voel dat niemand/Brian se kinders haar waardeer/na waarde ag nie.
           Brian wil nie met haar trou nie./hou net van haar omdat sy goed kan kook./
           Brian se libido is laag.
           Bettie se hormone keil haar op./maak haar buierig.
           Bettie se rug was seer.
           Bettie se fisiese toestand veroorsaak dat sy opgebeur moet word. √√√                  3

           Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           10                                 DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

7.2        Nee
           Johanna dokter Kara met boererate soos 'n ma sal.
           Johanna vleg die dogters se hare.
           Johanna tree soos 'n ma by Elsa se troue op deur vir haar 'n blinkdingetjie te
           leen.
           Johanna se brief aan Iris in Amerika bevat vermaninge soos wat 'n ma sal
           skryf./ondersteun Iris dat sy elke dag vir hulle blom.
           Johanna staan vir Elsa met haar kinders by./
           Johanna hou ma geselskap as sy in die huis gaan bly nadat Pa plaas toe is. √ 1

           Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

7.3        Bettie is 'n raakvatter./ongeduldig met ander wat nie aan haar vereistes
           voldoen nie./prakties ingestel./onafhanklik./uitgesproke. √                          1

           Die kandidaat bied 'n eie, gepaste motivering vir EEN punt aan.

7.4        Iris √                                                                               1
           Die verteller laat die leser besef dat Iris oor die modelkontrak/haar verlore
           blomoomblik twyfel. √                                                                1

           Aangesien die vraag lui “Wie” die verteller is, kan slegs “Iris” as antwoord
           aanvaar word.

7.5        Joe neem foto's van Iris om 'n model te word terwyl Peter van haar verwag om
           saam met hom Vermont toe te gaan./'n ultimatum aan haar stel om onder
           ateljeeligte te blom terwyl hy Vermont toe gaan. √                                   1

           Ja
           Iris het aan Peter se ultimatum gehoor gegee./het die modelkontrak laat
           vaar. √                                                                              1

7.6        Die Engel maak Iris wakker om Bettie te help toe sy siek was. √                      1
           Die Engel pas die kas op waarin die gif gebêre word.√                                1

           Die Engel beskerm nie vir Iris toe sy haar enkel breek nie. √                        1

7.7        Ma is eksentriek. √                                                                  1

           Ja
           Sy het by Die Spieël aangesluit./praat met voorvadergeeste.

                                                  OF

           Nee
           Sy tree nou konvensioneel op deur by haar man te woon. √                             1

7.8.1      Elsa maak Iris stil toe sy 'n mening oor Kara en Claude se liefde lug. √
           Pa maak Iris stil toe sy aan die gesprek rondom Hannes en Elsa se
           voorgenome troue wil deelneem. √
           Elsa sê dat Iris te jonk is om saam te praat. √
           Pa sê dat hulle nie aan Iris se stuiwer 'n behoefte het nie./die susters genoeg
           moeilikheid veroorsaak. √                                                            4

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            11                                 DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS – Nasienriglyne

7.8.2       Ja
            Haar fantasiekarakters luister na mekaar/reageer op gesprekke wat haar
            familie nie met haar doen nie./Sy soek die geselskap van fantasiekarakters op
            omdat haar familie nie na haar luister nie.

                                                   OF

            Nee
            Iris het 'n fantasiewêreld geskep omdat sy as jongste alleen was. √                  1

7.8.3       Die Engel is die oorsaak dat Iris se fantasiewêreld verdwyn./
            Die Engel help haar om tot insig oor haar naam/blomtyd te kom./
            Die Engel lei haar tot die besef dat sy verantwoordelikheid vir haar eie keuses/
            toekoms moet neem./
            Die Engel help haar om tot insig oor die lewe te kom (dis nie 'n storieboek
            nie)./
            Die Engel help haar om Peter/'n voorstedelike bestaan bo 'n modelkontrak te
            kies. √√√                                                                            3

7.9         Iris kry die speelgoed/klere waarvoor haar susters moeg is./
            Iris voel sy leef (sonder 'n keuse) op oorskietkos./word afgeskeep./
            Iris word anders as haar susters behandel./
            Iris voel dat sy vir ander/haar ouers/susters/onderwysers moet regstaan. √           1

7.10        Die kandidaat bied 'n eie, gemotiveerde antwoord aan, bv.

            Nee
            Ma is eksentriek/kunstig om met voorwerpe te gesels. √                               1

            Aangesien Bettie self 'n raakvatter is/nie 'n huishoudster nodig het nie, is sy
            ongeduldig met ander. √                                                              1

                                                                                                 [25]

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
 Dis 'n breë raamwerk van feite.
 Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf 'n gepaste inleiding.

     Baas is aanvanklik onwillig om verhoudings met mense aan te knoop, want hy is
      stram as Nanna oor hom en Grace wil praat./Bv. bl. 103: In my lewe is daar nie plek vir
      'iemand anders' nie./Bl. 137: Ek kom goed klaar sonder geselskap.
     Grace se verhouding met Baas groei uit haar dankbaarheid omdat hy haar lewe gered
      het deur sy malariamedisyne vir haar te gee./Bv. bl. 94: Ek wil jou help. Jy het my lewe
      gered.

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           12                                DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

   Grace verwerp Baas nie as hy irrasioneel optree tydens sy malaria-aanvalle nie./skryf sy
    optrede toe aan die nagevolge van die siekte./Bv. bl. 111: Jy gaan nog lank sukkel met die
    nagevolge van die malaria ... Sy sê dit verklaar jou irrasionele optrede.
   Grace wen stadigaan Baas se vertroue sodat hy haar van sy droom vertel./Bv. bl. 127:
    Goed, ek is kwaad. Ek sal jou 'n storie vertel. Van 'n skoenlappervanger wat van Kanada af
    gekom en nege en twintig jaar in Afrika gebly het ...
   Grace wys vir Baas dat 'n mens nie moet probeer wegkom van iemand wat jou hulp
    nodig het nie wanneer sy weier om te loop toe hy haar vra om huis toe te gaan./Bv. bl. 95:
    Maar die Here wil nie hê ek moet verskonings gebruik om weg te kom van iemand af wat
    my nodig het nie.
   Grace en Baas se verhouding groei stadigaan tot 'n verstandhouding en 'n
    sensitiwiteit vir mekaar./Bv. bl. 161: Die moerasfiskale roep. Baas en Grace se oë
    ontmoet.
   Grace en Baas se verhouding groei tot 'n meer permanente een wat die moontlikheid
    van 'n toekoms saam suggereer wanneer hulle sáám na die boot stap in die slot van die
    verhaal./Bv. bl. 246: Hulle loop agter mekaar in 'n olifantpad teen die rivier af om die boot
    wat in 'n baie ou kanaal vasgespoel het te gaan soek.
   Grace help Baas om beter verhoudinge met ander te bou wanneer sy hom leer van
    die tradisies van die khuta en die stam./Bv. bl. 89: Die khuta is die oë en ore van die
    litunga, die koning. Jy het die koning gevloek./Bl. 97: Ons is mense wat hande klap om te
    wys dat ons mekaar respekteer.
   Grace leer vir Baas dat dit soms nodig is om dinge wat pla uit te praat wanneer sy
    aanbeveel dat hy met die khuta 'n gesprek voer./Bv. bl. 97: Maar daar kan nie meer
    stilgebly word oor probleme nie. Dit laat dit net meer word./So leer sy hom om die konflik
    met die sendelinge te hanteer.
   Grace wys Baas op die waarde van respek teenoor alle mense, want dan sal jy nie
    sommer iets slegs aan ander doen nie./Bv. bl. 100: ... sal dit die beste wees om respek te
    wys vir elke mens wat jy langs die pad kry. Dan sal 'n mens nie so maklik iets doen wat
    iemand kan laat sleg voel nie.
   Grace leer Baas dat vergewensgesindheid verhoudinge tussen mense verbeter
    omdat sy nie 'n wrok koester teen die mense wat haar ouers vermoor het nie./Bv. bl. 78:
    Ek was net twaalf jaar oud en dis al dertien jaar gelede dat dit gebeur het./Bl. 226: Die
    troepe wat die landmyn gestel het, is deur die Zambiese soldate agtervolg, maar hulle het
    oor die Namibiese grens gevlug. Hulle is nie gekry nie. Was dit Namibiese troepe? vra
    Baas. Nee, Suid-Afrikaners. Ek ... ek sal gaan kyk of die kos al reg is.
   Grace wys Baas op sy verhouding met die Here omdat sy glo dat die Here hom met 'n
    doel na Manaka gestuur het./sê hy moet net sy oë en ore oopmaak vir die Here./Bv. bl. 93:
    Ook die ore wat die Here jou gegee het, is gemaak om te hoor wat Hy graag wil hê jy moet
    hoor, nie wat jy graag wil hoor nie.
   Grace konfronteer Baas met godsdiens wanneer sy reguit praat oor sy verhouding met
    die Here en die keuses wat hy maak./Bv. bl. 63: As die Here daar by Manaka vir jou kom
    sê het jy gaan nie van hierdie siekte gesond word nie en daar is net één ding wat jy nog
    kan kies om klaar te maak ... sou jy die boot gekies het?
   Grace ondersteun Baas in sy worstelstryd oor wat van 'n mens 'n Christen maak,
    wanneer sy vir hom antwoorde op sy kwelvrae gee./Bv. bl. 228: Omgee, ja ... En die weet
    ... Die weet waar ek heengaan, hier, en in die lewe hierna.
   Ouma Essie en Baas het van die staanspoor af 'n goeie verhouding omdat sy die
    twyfel in Baas se geloof kan besweer./Bv. bl. 202: Jou reg om 'n Christen te wees maak
    van jou 'n Christen.
   Baas leer van ouma Essie dat Christene se verhouding met die Here soms tot twyfel
    lei. Soos hy nie sy Bybel kon lees na sy ouers se dood nie het sy ook ten tye van twyfel
    haar Bybel in die rivier gegooi het./Bv. bl. 163: Toe het ek, toe ek al 'n ou vrou was, my
    Bybel in die rivier gegooi, muluti.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           13                               DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

   By ouma Essie leer Baas die belangrikheid van 'n verhouding met die Here en onder
    haar invloed raak hy 'n gereelde leser van sy ma se Bybel./Bv. bl. 240: ... vroegoggend
    onder die worsboom langs die water waar Baas in sy ma se Bybel sit en lees.
   Ouma Essie lei Baas tot die besef dat sy verblyf op Manaka nie van ander
    menseverhoudinge geskei kan word nie/dat hy tog met 'n doel na Manaka gestuur is
    as sy sê dat hy deel is van die saadjie wat die Here destyds in Manaka geplant het./Bv.
    bl.118: Dit was baie jare na die buffeljagter verdwyn het, toe versorg die Here nog altyd sy
    plantjie.
   Ouma Essie leer vir Baas oor sy verhouding met die Here en die drome wat van Hom
    af kom as sy met Baas praat oor sy planne met die boot./Bv. bl. 122: Die drome wat die
    kinders van die Here droom, is die drome wat Hy vir hulle géé om te droom, jongman, ...
   Ouma Essie glo in Baas se roeping en vermoë om die geestelike versorging/
    geestelike verhoudinge van Manaka oor te neem, want sy gee haar Joseph se lyfband
    vir hom./Bv. bl. 121: Dit is my muluti Joseph se lyfband. 'n Sterk man moet 'n sterk lyfband
    dra.
   Ouma Essie toon empatie met Baas se omstandighede as sy huil oor die boot wat weg
    is./wanneer sy huil omdat sy weet hoe belangrik die boot/sy droom vir hom was./Bv. bl.
    233: Ouma Essie kyk na Baas. Haar oë huil.
   Baas en Griesel se verhouding is van die staanspoor af ongemaklik: Baas is
    antagonisties teenoor Griesel omdat hy sonder sy toestemming in sy kamp ingetrek het./
    Bv. bl. 82: Wat soek julle in my kamp? ... Dit is mý kamp die, sê hy weer. En daardie is my
    honde se slaapplek. Dit reën!
   Baas ignoreer Griesel se hand van vriendskap omdat hy glo dat om 'n dominee te
    wees, nie van hom 'n helikopter-pilot maak nie./Bv. bl. 84: Hy steek hand uit. Baas vat nie
    sy hand nie. Ons is sendelinge. Dit maak seker nie van 'n mens 'n helikopter-pilot nie,
    maak dit?
   Baas is geïrriteerd met Griesel se arrogansie/meerderwaardigheid wanneer Griesel
    aandring op sy basiese regte en nie sy ruimte wil deel nie./Bv. bl.84: Die helikopter-pilot
    moet ander plek gaan soek om sy regte uit te oefen.
   Griesel vertrou Baas nie omdat hy agterdogtig is oor die aantrekkingskrag tussen Baas
    en sy vrou./Bv. bl. 153: Maar luister nou mooi: My vrou los jy uit.
   Griesel toon, as predikant, min empatie met Baas se soeke na antwoorde oor
    Christenskap en laat so konflik tussen hulle opvlam./Bv. bl. 154: Beslis nie om met 'n
    wrok in jou hart rond te loop nie. Wat wil jy hê, Chipman? Sy stem klink beheers maar sy
    baard bewe.
   Griesel is selfsugtig in sy verhouding met Baas, want hy reageer woedend op Baas se
    versoek om te help om die olifante te verjaag./Bv. bl. 155: Nee, spiere bult gaan hierdie
    keer nie werk nie, dominee. Dis nie die soort probleem wat jy met verset kan oplos nie./Bl.
    155: Jy moet seker van jou sinne af wees om te dink ek kan iets daaraan doen!
   In sy verhouding met die mense van Barotseland openbaar Griesel
    hoogmoed/arrogansie/meerderwaardigheid wat vir Baas wys hoe 'n mens se
    verhoudinge met ander nie moet wees nie. Griesel was sy hande nadat hy een van die
    Lozi's groet./Hy het geen empatie met die Lozi's se sukkelbestaan nie./Sy preek is sonder
    liefde en omgee.

Die kandidaat verskaf 'n gepaste slot.
                                                                                                        [25]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           14                                DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag     Antwoord                                                                            Punt
9.1       Baas was in die hospitaal (nadat hy ernstige malaria opgedoen het)./
          Baas is uit die hospitaal ontslaan. √                                               1

9.2       Baas en Whitey het dieselfde oupagrootjie./
          Hulle is agterkleinneefs. √                                                         1

9.3       Sy gee om vir ander mense./wil ander mense graag help./leef die Christelike
          liefdesgebod uit. √                                                         1

          Sy bly by hom in die hospitaal om hom op te pas./ontferm haar oor die siek
          Baas, al jaag hy haar weg./versorg die wond aan sy gesig ten spyte van sy
          woede./
          Sy loop 40 km Sioma toe om te gaan hoor of daar nie medisyne vir Baas is nie./
          Sy sorg vir kos deur die hoender gaar te maak sodat Baas die sendelinge kan
          kos gee./
          Sy probeer Baas en die khuta se verhoudinge gesond hou./lei hom in in die
          rituele en gebruike van die stam./
          Sy help Baas met die herstel van die bankies./die bou van die boot./
          In Baas se afwesigheid gee sy die honde kos.√√                                 2

          Die kandidaat verskaf enige TWEE soortgelyke antwoorde binne konteks vir
          EEN punt elk.

9.4       Sy welsynswerk op Manaka./lewensmiddele wat hy met almal moet deel./
          Die feit dat almal by hom aanklop om hulp terwyl hy nie meer geld het nie. √        1

          Hy het die laaste geld uit sy bankrekening onttrek./Hy het nie meer geld nie. √     1

9.5.1     Ja
          Sy eie lewe/drome/die boot ly skade omdat hy permanent ander mense se
          belange moet dien.
          Grace (vir wie hy die laaste pille geneem het) is die direkte oorsaak daarvan dat
          hy siek geword het.
          Hy is gefrustreerd/bekommerd, want hy het nie meer geld nie.

                                                 OF

          Nee
          Dis onnodig om so kwaai te wees met Grace wat vir hom net goed is.
          Moedeloosheid/Uitdagings/Probleme/Bekommernis gee niemand 'n rede om uit
          te bars/ongeskik te wees nie. √√                                                    2

          Die kandidaat bied TWEE gepaste antwoorde binne konteks van die roman vir
          EEN punt elk aan.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          15                            DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                        NSS – Nasienriglyne

9.5.2     Baas is gefrustreerd omdat hy niks met die plaaslike bevolking te make wil hê
          nie (in reaksie op soortgelyke plaaslike mense wat sy ouers vermoor het), maar
          besluit tog om te help wanneer hulle om hulp/kos/medisyne vra. √               1
          Baas wil op Manaka niks met godsdiens/die sendinggedagte te make hê nie (in
          reaksie op sy ouers se moord), maar aanvaar die aanhoudende konfrontasie
          met geloof/sendelinge/ouma Essie se woorde. √                                  1

          Ja
          Nadat Baas gesien het dat sy nie 'n wrok teen wit mense koester nie/wit mense
          vergewe het, het sy gesindheid verander./het hy begin om sy rol as geestelike
          leier te aanvaar. √                                                           1

9.6       Die alomteenwoordige verteller √                                               1

          Hy weet selfs wat ouma Essie dink./het nie dialoog nodig om ouma Essie se
          optrede te verstaan nie. √                                                     1

9.7       Chisupo het in die vuur wat hy self gemaak het, verbrand. √
          Chisupo het die kerk aan die brand gesteek het. √                              2

9.8       Geloof/Positiwiteit/Vasberadenheid/Deursettingsvermoë √                        1

          Ja
          Ouma Essie glo dat Chisupo se dood vir die uitbreiding van die geloof op
          Manaka 'n nuwe tyd inlei./dat die sendingstasie weer tot sy reg sal kom.
          Ouma Essie verwys na Baas wat in die rol van die nuwe geestelike leier op
          Manaka ingegroei het./
          Ouma Essie, wat so na aan die natuur leef, weet dat 'n nuwe besem van takke
          skoner vee as 'n ou besem./gebruik beelde wat in hulle milieu bekend is. √√ 2

          Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde binne konteks van die roman aan vir
          EEN punt elk. Die kandidaat kan nie NEE as 'n antwoord aanbied nie.

9.9       Baas se konflik met die sendinggedagte/met die sendelinge se
          teenwoordigheid/Griesel se hoogmoedige houding/Nanna se inmenging in sy
          lewe is redelik afgeloop./het reeds baie ver gevorder./het reeds groei teweeg
          gebring./het veroorsaak dat hy gemakliker is met die naasmekaarbestaan van
          mense in Barotseland./het hom laat besef dat mense op Manaka mekaar nodig
          het./Baas het gewoond geraak aan Nanna se gemaklike manier van dinge
          doen./Baas is emosioneel geraak deur die gebeure van die dag. √               1

          Die kandidaat bied enige antwoord aan vir EEN punt.

9.10      Hy wou 'n boot op die Zambezi gereed maak./bou om toeriste 'n Afrika-avontuur
          te gee. √                                                                     1

          Hy wou in sy oupagrootjie se voetspore volg./wou vir sy oupagrootjie die
          spreekwoordelike skoenlapper vang. √                                           1

                                                EN

          Ouma Essie het gesê dat Baas vir 'n tyd soos tóé na Manaka gestuur is.
          Want Ouma Essie het vandat sy Baas ontmoet het, gesê dat hy 'n Christen
          is./oor die geestelike krag beskik om haar oorlede man se opvolger te wees.

                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            16                               DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                          NSS – Nasienriglyne

           Ouma Essie se woorde het tot innerlike konflik by Baas gelei./hom aan sy
           wortels in die Houtboschberg herinner./hom voortdurend herinner daaraan dat
           hy 'n Christen is./nie kan weghardloop van sy verantwoordelikhede as Christen
           nie. √                                                                             1

           Sy het sy dade beoordeel/gesien dat hy goed doen aan ander mense./
           Sy het hom voortdurend gehelp om sy innerlike konflik op te los./het hom
           Bybelgedeeltes gegee om te lees sodat hy antwoorde op sy vrae kan kry./ √          1

           Die kandidaat bied telkens TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

9.11       Om goed te doen aan ander mense, maak jou lewe sinvol./die moeite werd./gee
           jou motivering om aan te hou./
           Geen mens kan in afsondering leef asof hy/sy niemand anders nodig het of nie
           vir ander iets kan beteken nie. √                                            1
           Die kandidaat bied die boodskap in sy eie woorde aan.

                                                                                              [25]

VATMAAR – AHM Scholtz

VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
 Dis 'n breë raamwerk van feite.
 Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf 'n gepaste inleiding.

      George Lewis en Ruth se liefde strek oor rasse- en klassegrense. George is 'n
       Engelsman terwyl Ruth 'n Tswana-meisie is./Bv. bl. 12: I don't see her blackness, you
       know.
      George Lewis en Ruth se liefde strek oor die grense van geletterdheid, want Ruth se
       ongeletterdheid staan nie in die pad van George, 'n geletterde man, se liefde nie./Bv. bl.
       19: Ek en George het die papiere geteken en Ruth en haar oom het elkeen 'n kruisie
       gemaak.
      George se liefde vir Ruth strek oor kultuurgrense heen, want hy is lief genoeg vir
       Ruth om volgens haar tradisie bogadie vir haar te betaal om met haar te trou./Bv. bl. 18:
       Hy was 'n gelukkige man toe hy die naweek voor die troue van die tweeperdkarretjie
       afklim met die ekstra groot driebeenpot en twee twintig-gelling-dromme vir die pap.
      George en Chai se vriendskap verteenwoordig liefde/omgee oor rasgrense, want
       Chai is 'n Afrikaanssprekende bruinman en George Lewis is 'n Brit./Bv. bl. 12: Toe sit hy
       sy hand op my knie en sê: Charlie, you are the only friend I have.
      George neem Chai, sy vriend, in sy vertroue as hy hom van sy liefde vir Ruth wat oor
       rasgrense heen strek, vertel./Bv. bl. 11: Die Corporal het vertel dat hy 'n meisie in
       Vryburg ontmoet het. Ruth was haar naam.
      George en Chai se vriendskap/omgee vir sy vriend se welstand strek oor rasgrense
       heen as George daarvoor sorg dat Chai drie maande langer betaal word as wat hy
       gewerk het./Bv. bl. 14: Die Corporal, het oom Chai verder vir Ta Vuurmaak vertel, het
       gesorg dat ek drie maande langer betaal word as wat ek gewerk het omdat ek sy enigste
       vriend was.
Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          17                                DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                        NSS – Nasienriglyne

    George help sy vriend Chai, een van die Cape Boys, om werk by die dorpsraad te kry
     toe die oorlog verby is./Bv. bl. 16: Nou laat ons skoonmaak en jou army-captain gaan
     sien, het ek gesê. Ons moet werk hê want ons moet leef.
    George se goeie vriendskapsverhouding met Chai word voortgesit wanneer hy hom
     ondersteun en help om 'n erf vir Vatmaar se Sendingkerk te kry./Bv. bl. 31: Jy weet
     George, Vatmaar het nie 'n erf uitgesit vir 'n kerkgebou nie. Nou vra ek jou mooi om met
     daardie company-commander van jou te gaan praat.
    George en Chai se vriendskap is baie heg, al is hulle van verskillende rasse, want
     Chai hou die begrafnisdiens vir Ruth en hy is die enigste een wat vir George kan
     troos./Bv. bl. 42: Hulle het mekaar omhels soos net tweelinge kan./Bl. 42: Oom Flip het
     met 'n stadige skud van sy kop gesê: Die liefde ken nie grense nie.
    Chai se omgee/respek strek oor rasgrense, daarom sê hy die Cape Boys aan om 'n
     graf vir die ouma wat doodgebrand het te laat grawe. Hy bid ook vir haar./Bv. bl. 8: Sy het
     die ou vrou ingerol en die Onse Vader opgesê. Chai het dit saam met haar gesê.
    Oom Chai ervaar liefde vir sy medemens, want hy raak ontsteld oor die afbrand van die
     boere se huise./hy sê vir Corporal Lewies dat hy nie meer boere se plase wil afbrand
     nie./Bv. bl. 9: Ek weet nie wanneer Chai en die Corporal besluit het om die Queen se
     orders te verander soos dit hulle pas nie.
    Al is daar 'n groot ouderdomsverskil tussen Oom Chai en Bettie, gee hy vir sy
     familie se eer om/is daarom bereid om met Bettie te trou om sy familie se eer en Bettie
     se eer te red./Bv. bl. 273: Later het ons gehoor die kind se pa is een van oom Steven se
     seuns, 'n getroude man met kinders.
    Oom Chai probeer goed vir Bettie wees, al was hy aanvanklik nie lief vir haar nie en
     maak die kind soos sy eie groot./Bv. bl. 281: Oom Chai het teen die tyd geglo hy het
     Bettie lief en aan klein Job as sy eie gedink.
    Kenneth Kleinhans is 'n gekwalifiseerde bruin ambagsman van Graaff-Reinet en
     Kaaitjie Müller 'n ongeletterde, armoedige bastermeisie wat lief vir mekaar geraak
     het./Bv. bl. 224: My Kenny, was al wat sy in haar gedagtes gehad het. My Kenny.
     Partykeer het sy die naam hardop gesê sonder om na te dink.
    Kenny is lief vir Kaaitjie oor klasgrense heen; Kenny het matriek voltooi, terwyl Kaaitjie
     nie kon lees en skryf nie./nog nooit met 'n mes en vurk geëet het nie./Bv. bl. 153: En nou
     Kaaitjie – sy's nie geleerd soos hulle nie, maar sy ken die wêreld.
    Kenneth besluit om Kaaitjie te aanvaar ten spyte daarvan dat haar ma 'n dief is. Hy
     probeer vir Tant Wonnie borg reël deur die prokureurs se telefoonnommers te kry en hul
     die volgende dag te skakel.
    Die dood is nie die grens vir die liefde wat Kenneth vir Kaaitjie het nie, hy is
     hartgebroke na Kaaitjie se dood./beywer hom vir die totstandkoming van die kliniek om
     Kaaitjie se nagedagtenis lewendig te hou./Bv. bl. 298: Om die herinnering aan my geliefde
     lewendag te hou, wil ek graag 'n kliniek as nagedagtenis aan haar bou.
   Chetty, 'n winkelier, neem die brandarm Free-da sonder enige besittings in nadat sy
    van haar omstandighede ontvlug./Bv. bl. 23: Haar ma Free-da het haar stat in die tyd van
    die groot droogte verlaat. Sy was wees en het by mense gebly wat haar op die landerye
    laat werk het./Bl. 24: Sy liefde vir Ma Koelie het nooit oud geword nie en Vatmaar het dit
    geweet.
   Free-da en Chetty is ten spyte van hul rasverskille lief vir mekaar./Bv. bl. 23: Die
    mense van Vatmaar het gesê sy het haar man lief met die liefde waaroor daar in die Bybel
    geskryf staan.
   Die tema van liefde sonder grense hou die Septembers uit die tronk. Settie lê valslik
    'n klag van diefstal teen Tant Wonnie. Tant Wonnie verset haar nie en gaan gedweë saam
    met die konstabel./Settie vertel onwaarhede oor Tant Wonnie. As Tant Wonnie se liefde
    grense gehad het, kon sy Settie laat opsluit het vir hierdie onwaarhede, maar sy lewer
    geen kommentaar hierop nie./Bv. bl. 143: Sy't haar madam se goue ring in Vatmaar
    gesteel, sarge.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           18                                DBE/Feb.–Mrt. 2018
                                         NSS – Nasienriglyne

   Tant Wonnie hoor dat Johnny die ring gesteel het, maar omdat haar liefde oor
    grense strek, kla sy hom nie aan nie./Bl. 188: So hý is die dief wat die trouring gesteel en
    verkoop het.
   Die Septembers sou die hele pad vanaf Du Toitspan na Vatmaar moes stap. Tant Wonnie
    se liefde strek egter oor grense van naasteliefde wanneer sy die Septembers se
    sjieling vir die rit op die kapkar betaal al betoon die Septembers nie naasteliefde
    teenoor haar nie../Bv. bl. 189: Hier is 'n sjieling, Mineer Jones, sê sy. Laat hulle opklim.
   Die Septembers se dors word geles. Tant Wonnie deel haar gemmerbier met die
    mense wat haar byna in die tronk laat beland het. Dit is beslis naasteliefde sonder
    grense, Tant Wonnie tree menslik teenoor die Septembers op terwyl hulle nie so teenoor
    haar opgetree het nie./Bv. bl. 189: Gee die gemmerbier, sê Tant Wonnie vir Suzan.
   Miesies Wingrove se liefde vir haar (arm) medemens strek so ver dat sy die huis aan
    Tant Wonnie verkoop vir dieselfde prys as waarvoor sy dit gekoop het. Miesies Wingrove
    weet dat Tant Wonnie nie kan bekostig om meer te betaal nie./Bv. bl. 239: Hier is die
    koopbrief wat ek graag prokureur toe wil vat, Won, en ons hou dit op twintig pond.
   Miesies Wingrove weet hoe swaar Tant Wonnie kry en sy besluit om die stoof in die
    huis te laat bly wat haar liefde bewys. Dit sluit aan by die tema van naasteliefde teenoor
    iemand wat swaarkry./Bv. bl. 240: nou is ons kwiets, Won.
   Ma Khumalo en haar twee aanneemkinders se verhoudinge verteenwoordig liefde
    wat oor die grense van ras en geloof strek. Sy is ʼn Tswana-weduwee terwyl Borman
    van der Westhuizen 'n blanke seun en Mariam Mohamed 'n Moslemmeisie is./Bv. bl. 199:
    Hy het haar uit sy hart uit Ma genoem, want hy het geweet sy het die plek van sy oorlede
    moeder ingeneem.
   Ma Khumalo leef moederliefde uit as sy alles wat sy het met Norman, wat nie haar
    biologiese kind is nie, deel./Bv. bl. 199: Hy het haar uit sy hart uit Ma genoem, want hy het
    geweet sy het die plek van sy oorlede moeder ingeneem.
   Ma Khumalo se optrede teenoor Norman sluit aan by die tema van liefde wat nie
    grense het nie, want sy het gesê Norman is wit en sy is swart – en saam maak hulle
    Coloured./Bv. bl. 203: Hy Norman is wit en ek swart, ons maak Coloured.
   Ma Khumalo tree in onbaatsugtige liefde op as sy vir die vreemdeling Mariam
    Mohamed 'n heenkome bied as Mariam deur haar ouers weggejaag word omdat sy
    swanger is./Bv. bl. 222: Jy weet Tant Wonnie, hierdie ou swartvrou het dit alles vir my
    gedoen sonder om ooit te vra wat gebeur het of wat my naam is.

Die kandidaat verskaf 'n gepaste slot.
                                                                                                         [25]

VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag      Antwoord                                                                           Punt
11.1       Eerstepersoonsverteller./Ek-verteller √                                            1

           Die eerstepersoonsverteller/ek-verteller/Ta Vuurmaak vertel dit uit sy eie
           oogpunt./is subjektief in sy vertelling./Die jong seuns kan net oorvertel wat (Ta
           Vuurmaak) aan hulle vertel. √                                                     1

           sy waarheid √                                                                      1
11.2       Ta Vuurmaak gee aan Vatmaar sy naam./is die eerste/oudste inwoner in
           Vatmaar. √                                                                         1

11.3.1     Oom Chai √                                                                         1

           Oom Chai neem gesteelde goedere van die plase wat vir latere gebruik in
           Vatmaar versteek word./
           Alhoewel Ta Vuurmaak die goedere oppas, word dit nie met hom gedeel nie. √ 1

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 Feb March 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2018-memo/774b795c-7467-46ef-bbf8-49299197af1c) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018-memo/89172392-378e-4868-8b19-5f1762563210) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2016-memo/5bb7960d-f331-44be-9676-13d3f2b334bd) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2018/bcd42fc0-41e4-42c1-a659-fcbdbdae1e58) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018/d44727d2-705d-4fdd-a87d-4da1c4380318) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2018/e7743bcd-7218-48b4-8668-8fc4d889c57a) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
