# Afrikaans Hl Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)

> Grade 11 Afrikaans Hl Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 17 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-memo-nov-2019/389a192b-7bf5-435c-8167-2f2c2d34294a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans Hl
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans Hl](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans Hl Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-memo-nov-2019/389a192b-7bf5-435c-8167-2f2c2d34294a)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P2 GR11 QP NOV 2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-qp-nov-2019-d/382e5356-2a84-44dc-9c6f-a7e99677346e) — QP · 2019 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                      NOVEMBER 2019

                AFRIKAANS HUISTAAL V2
                    NASIENRIGLYN

PUNTE:   80

                 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                         AFRIKAANS HUISTAAL V2                           (EC/NOVEMBER 2019)

 NASIENRIGLYNE

 1.   As ŉ kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste
      antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die
      kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)

 2.   As ŉ kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen het,
      word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.

 3.   As ŉ kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
      opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
      antwoord word geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en
      C beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een
      kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.

 4.   As ŉ kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
      die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
      antwoord word geïgnoreer.

 5.   As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die nasien-
      riglyn nagesien.

 6.   As ŉ spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
      gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word
      dit as korrek beskou.

 7.   Literêre opstel:
      As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepe-
      naliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te lank
      is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener/vakhoof.
      Die nasienriglyn is slegs ŉ riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as
      korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die literêre opstelle
      na te sien.

 8.   Kontekstuele vrae:
      As ŉ kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ŉ vraag dit vereis nie, word
      die kandidaat nie gepenaliseer nie.

 9.   Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK
      STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

 10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
     rede/motivering/bewys verdien die punt.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    3

 AFDELING A: GEDIGTE

 VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK
 VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

 LET WEL:
  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

    Verliefdheid is kortstondig en die verhouding kan afsterf, of dit kan in liefde
     ontwikkel.
    Verliefdheid word gekenmerk deur liggaamlike begeertes, terwyl liefde
     eerder ŉ innerlike gevoel en liefdesband behels.
    Verliefdheid lê in die buitekring van die sintuie, maar liefde eerder in die
     fyn nuanses – soos in die glim van ŉ lag en die opslag van ŉ oog.
    Verliefdheid behels drange wat deur die sintuie ervaar word, maar liefde
     kan nie so maklik ervaar word nie en is baie meer onopsigtelik.
    Die metafoor en vergelyking van die kragdraad wat dun is en so
     onbreekbaar is soos ŉ haar beklemtoon die kompleksiteit van liefde.
    Die kragdraad wat dun is beklemtoon die onsigbare band tussen geliefdes.
    Die kragdraad word verder vergelyk met iets onbreekbaar, want dit
     beklemtoon hoe broos die liefde is.
    Die vergelyking is ironies, want ŉ haar kan teruggroei – as dit ware liefde
     is, sal die moontlike probleme in ŉ verhouding opgelos kan word. Daar is dus
     altyd hoop.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                  [10]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                          AFRIKAANS HUISTAAL V2                            (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG – Afrika, my Afrika

 Vraag                                      Antwoord                                   Punt
 2.1      Die leser verwag om van die trots, patriotisme rondom Afrika te lees,
          maar kom dan agter dat die gediginhoud op ŉ moedeloosheid/
          pessimisme dui./ŉ Mens sou verwag dat ŉ inwoner van Afrika wat
          “Afrika, my Afrika” sê, tuis op die vasteland sal voel, maar die klein
          irritasies maak hom radeloos. √                                                1
 2.2      Dit sluit aan by die spottoon in die gedig./
          Dit dui op Bybelse erns wat in die gedig aangeraak word./
          Dit dui daarop dat die gedig ŉ formele teks is. √                              1
 2.3      r-alliterasie: beklemtoon die irritasies (wat die spreker radeloos
          maak). √                                                                       1

          a-assonansie: beklemtoon die ratsheid van die vlooi. √                         1
 2.4      Die muskiet se aksie word oordryf deurdat dit voorkom of hy
          prospekteer. √                                                                 1

          Die vlooi word vergelyk/gelykgestel aan ŉ springhaas. √                        1

          Die spreker se vel word (subtiel) met ŉ groot oop vlakte vergelyk. √           1
 2.5      Die springaksie van die vlooi word visueel uitgebeeld. √                       1
 2.6      Die hartseer/geweld in Afrika word deur die gedig opgeroep: koloniale
          uitbuiting, slawerny, siekte, honger en oorloë veroorsaak Afrika-
          pessimisme. √                                                                  1

          Hier heers ŉ spottende toon met ŉ onderliggende erns. √                        1
                                                                                        [10]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      5

 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG – Mercedesrit in die aand

 Vraag                                   Antwoord                                      Punt
 3.1       (Elisabeth Eybers se gedig) ‘Busrit in die aand’ √                            1
 3.2       Inversie √                                                                    1

           Die voorplasing van ‘Sit’ beklemtoon die passiwiteit van die bestuur =
           ers./Die voorplasing van ‘Sit’ laat die leser op die handeling eerder as
           die bestuurders fokus./Die beklemtoning van ‘sit’ suggereer die
           weersin/disrespek van die spreker teenoor diegene wat floreer ten
           koste van ander. √                                                            1
 3.3       Tersines √                                                                    1
 3.4       Strofe 2 verduidelik hoe die verflenterde bedelaar blootgestel is aan die
           wind en weer en in strofe 3 is die motor en bestuurder goed beskerm
           teen die elemente./Op konnotatiewe vlak word stukkende mense met
           heel mense gekontrasteer. √                                                   1

           Strofe 3 handel oor welvaart/weelde en die ster is die kenteken van ŉ
           Mercedes wat welvaart suggereer. √                                            1

           Ja
           Die spreker meen dat die Mercedes vir die bestuurders bekostigbaar is
           uit die opbrengs van geld deur die uitbuiting van minderbevoorregtes. /
           Wat ander ontsê word, betaal vir die rykmanslewe van mense wat
           Mercedese kan bekostig./Dié wat niks anders as ŉ slawemaal kan
           bekostig nie, se arbeid maak ander se rykdom moontlik. √                      1
 3.5       Die moegheid/afgestomptheid/afwesigheid van die executives’ word so
           beklemtoon. √                                                                 1
 3.6       Die nood/hartseer van armes word dikwels deur rykes/suksesvolle
           mense misken. √                                                               1

           Die kandidaat bied ŉ eie boodskap binne konteks van die tema vir EEN
           punt aan, bv. Ek het opnuut geleer dat ek sosiale deernis aan my
           medemens/behoeftiges/minderbevoorregtes moet betoon. √                        1
                                                                                       [10]

                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                          AFRIKAANS HUISTAAL V2                              (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG – pa

 Vraag                                      Antwoord                                     Punt
 4.1      Die feit dat die pa nie die tipiese sterk man was nie/dat die pa
          sagmoedig was, word hierdeur met ŉ kort en kragtige/eenvoudige/sterk
          stelling beklemtoon./Dit beklemtoon die feit dat haar pa anders was
          (sagmoedig/gevoelvol) as wat die samelewing hom gesien het
          (hard/gehard). √                                                                  1
 4.2      Die aanhoudende lag-en-praat/ween-en-roep-aksie word uitgehef./Sy
          herroep belewinge/herinneringe en die een volg die ander op./Die
          afwesigheid van leestekens is tipies van die vrye vers. √                         1
 4.3      Herhaling √                                                                       1
 4.4      “ontslape” √                                                                      1

          Die pa was kreatief/liefdevol. √                                                  1
 4.5      “murgsag en in die liefde geskaad” √                                              1

          Die pa se huwelik was moontlik op die rotse./Die gemeenskap het
          moontlik nie die pa vir sy ware menswees waardeer/aanvaar nie./Die
          lewe het die pa emosionele letsels toegedien./Die pa het verlies van
          mense na aan hom ervaar. √                                                        1

          Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

          Ja
          Die pa het in sy selfdoodbrief geskryf dat sy dood so moes gebeur./hy
          rustigheid het rondom die dood./Haar pa is teruggegee aan die bodem
          wat hy so innig liefgehad het./ŉ Kind van die aarde is terug na die aarde.

                                             OF

          Nee
          Geen woorde kan vir ŉ kind vertroosting bring wanneer hul ouer
          selfdood pleeg nie./Niks kan die verlies van ŉ ouer versag nie. √                 1

          Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
 4.6      Weemoedigheid/ŉ Hartseer stemming √                                               1

          Die digter maak gebruik van lang woorde/lang vokale/die lang a-klank/
          assonansie √                                                                     1
                                                                                         [10]

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     7

 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG – storm

 Vraag                               Antwoord                                           Punt
 5.1       Geen vaste rymskema/Geen vaste strofebou/Geen leestekens/Geen
           hoofletters √                                                                  1
 5.2       see √                                                                          1
 5.3       Metafoor √                                                                     1

           Die (onstuimige) see maak diep/dreigende geluide./Die see maak (diep)
           geluide soos ŉ basviool. √                                                     1

           Alliterasie/b-alliterasie √                                                    1
 5.4       Strofe 2 – Die wind verskuif die sandduine na nuwe liggings./Die wind
           dwing die blomme om toe te gaan. √                                             1

           Strofe 3 – Die voëls se vlug word gestuit./Hulle soek eerder veiligheid op
           die aarde as om te vlieg. √                                                    1
 5.5       ŉ Storm het ŉ beduidende uitwerking op die natuur. √                           1
 5.6       Die spreker beklemtoon dat slegs die pikkewyne die vermoë het om vir
           die wind/storm weg te kruip omdat hulle onder die water kan swem. √            1

           Net onder die water is daar skuiling/is dit veilig. √                          1
                                                                                        [10]

                                                               TOTAAL AFDELING A:        30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                            AFRIKAANS HUISTAAL V2                           (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord EEN vraag.

 VRAAG 6: OPSTELVRAAG

 DROOMDELWERS – Esta Steyn

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
 VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

 LET WEL:
  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

     Leendra ervaar uiterlike konflik met Gilbert Redelinghuys omdat sy glo hy ŉ
      aandeel aan haar skuldigbevinding gehad het en sy hom daarvoor wil terugkry.
     Leendra is steeds baie kwaad vir Gilbert en laat hom goed verstaan dat sy ŉ
      wrok teen hom koester en niks met hom te doen wil hê nie/dat hy haar suster
      moet uitlos, want hy en sy ma het haar lewe verwoes.
     Leendra se woede teenoor die Redelinghuyse het nog nie verdwyn nie,
      want sy sê vir Gilbert dis hy en sy ma wat haar lewe opgeneuk het en sy wil hul
      daarvoor laat betaal.
     Leendra en Minette daag mekaar uit by Patty se verjaardagpartytjie omdat
      hul ook ŉ geskiedenis van konflik het wat steeds nie opgelos is nie.
     Leendra baklei met haar oom oor haar ma se orrel wat aan ŉ handelaar
      van die Kaap verkoop is en hy nie die sentimentele waarde daarvan
      respekteer het nie, want die orrel is vir haar van onskatbare waarde – dit is ŉ
      herinnering aan haar ma.
     Leendra kan nie glo dat Samuel in die Kleinkloof kamp nie en trek sy
      tentpenne uit in reaksie op haar woede, want sy wil nie hê iemand moet op
      daardie grond kom nie.
     Leendra vertrou nie vir Samuel nie omdat sy vermoed hy iets wegsteek en
      daarom is haar houding jeens hom een van agterdog en antagonisme.
     Leendra praat ontsteld met Patty na die insident waar Sielie Gilbert se
      Porche beskadig het, omdat Patty neerhalend van Sielie praat en sy dit nie sal
      duld nie.
     Leendra ervaar innerlike konflik oor Sielie se hartseer situasie en wonder of
      sy haar sal onthou toe sy vrygelaat is, maar sy is hulpeloos omdat sy nie voel
      dat sy iets omtrent die situasie kan doen/verander nie.
     Leendra is na haar vrylating uit die Silwerkruis-gevangenis nog wroegend
      en kwaad, want sy weet steeds nie wie vir haar ouers se dood verantwoordelik
      is nie en dit vreet haar op/laat haar uiters gefrustreerd voel/ontneem haar ŉ kans
      op vryheid.
     Leendra sê vroeg in die roman reeds dat sy nooit sal vry wees voordat sy
      weet wat sy moet weet nie, want die geheime hou haar gevange in die
      hartseer verlede waaruit sy wil ontsnap.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   9

  Leendra ervaar innerlike konflik oor haar verhouding met Ferdinand voor
   haar ouers se dood omdat sy besef die verhouding het ŉ negatiewe impak op
   haar verhouding met haar ouers gehad en sy is spyt dat sy nooit vir haar ouers
   kon jammer sê nie.
  Leendra het baie vrae oor die verlede, want sy onthou byvoorbeeld van die
   Italianer wat die dag van die ontploffing in die kloof was en dit bekommer haar
   dat sy nie weet wie hy is nie en sy wil agter die kap van die byl kom.
  Leendra ervaar innerlike konflik oor haar pa se finansiële situasie en is
   onseker of hy werklik bankrot was, want sy vermoed dit is nie die waarheid nie.
  Leendra bots met die groter krag van die dood, want sy is kwaad omdat haar
   ouers op so ŉ vroeë ouderdom gesterf het en dink dis onregverdig dat hul van
   haar weggeneem is.
  Leendra is vasgevang in die seer van die verlede omdat sy glo die
   ontploffing waarin haar ouers dood is, moord was, maar sy het nie al die
   antwoorde op hierdie moordraaisel nie.
  Leendra bevind haar steeds in ŉ warboel van raaisels en is agterdogtig toe
   sy uitvind Samuel is die Italianer se vennoot en wil weet hoekom hy voor die
   ontploffing in die Kleinkloof was, want sy vermoed hy weet iets omtrent haar
   ouers se dood.
  Leendra se karakterontwikkeling word gestrem deur haar innerlike konflik,
   want sy verklaar dat ŉ mens net vry kan wees as jy kan vergewe en sy is nog
   nie gereed om dit te doen nie, want sy het nie antwoorde op haar baie vrae nie.
  Leendra delf in haar verlede is juis omdat sy innerlike konflik ervaar en sy jaag
   onbewustelik ŉ droom na vryheid van gemoed na.
  Leendra se innerlike konflik aktiveer eindelik die behoefte om te droom
   oor ŉ beter toekoms vir almal, want sy wil in haarself, haar omstandighede en
   verlede delf op soek na ŉ beter toekoms sodat sy kan vry wees.
  Pastoor Gerald ervaar innerlike konflik oor die beroep in die Kaap wat hy
   moet aanvaar, want hy weet nie of dit die regte besluit vir hom en sy familie is
   nie.
  Pastoor Gerald ervaar later weer konflik toe hy besluit het om die beroep
   te aanvaar, want hy besef dat Vlaktevlei nou ’n leier nodig het en daarom is dit
   nie die regte tyd om te gaan nie.
  Pastoor Gerald ervaar ook innerlike konflik oor sy besluit om Kaap toe te
   gaan omdat hy verlief is op Rebekka en haar nie in die proses wil verloor nie.
  Pastoor Gerald ervaar konflik omdat hy verlief is op Rebekka terwyl hy ŉ
   getroude man – en ŉ man van God is.
  Pastoor Gerald se innerlike worstelinge/struwelinge lei tot uiterlike konflik
   met Jamaina omdat sy wil Kaap toe gaan en besef dat hy gevoelens vir ŉ
   ander vrou het – en hy weet hy dra skuld vir Jemaina se hartseer.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.
                                                                                        [25]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                         AFRIKAANS HUISTAAL V2                              (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag                                    Antwoord                                         Punt
 7.1      Leendra is uit die Silwerkruis Gevangenis vrygelaat. √                             1
 7.2      Derdepersoonsverteller √                                                           1

          Die verteller skep afwagting/spanning omdat die leser nie weet wat Sielie
          gaan doen nie/hoe Leendra gaan reageer nie. √                                       1
 7.3      Sielie (en Leendra) se ouers is in ŉ gasontploffing oorlede en sedertdien
          is Sielie se spraak (en gedrag) aangetas. √                                         1
 7.4      Sielie herleef die werklikheid van haar verlede deur haar
          verbeeldingsvlugte met haar lappopgesin en daarom wil die leser leidrade
          omtrent die baie raaisels in die intrige hierdeur probeer aflei./Die leser kry
          slegs gedeeltes van die waarheid deur haar poppespel en dit verhoog dus
          die spanning. √                                                                     1

          Sielie se handeling met die lappoppe het eindelik tot die beantwoording
          van onopgeloste vrae gelei wat haar eindelik bevry het/emosionele
          gesondheid besorg het sodat sy as jong meisie tot nuwe insigte kon
          kom/kon ontwikkel. √                                                                1
 7.5      Leendra is spyt dat sy nooit die kans gehad het/gaan hê om vir haar ma
          (ouers) jammer te sê oor die gebeure rondom haar verhouding met
          Ferdinand nie, want haar pa was nie ten gunste van hul verhouding
          nie./die diefstal/die moord nie omdat sy dit baie graag sou wou doen en
          later daarna smag om dit te kon doen. √                                             1

          Nee
          Haar ma is oorlede voor sy dit kon doen. √                                          1

          Die kandidaat bied enige EEN voorbeeld van uiterlike konflik aan en
          motiveer of die konflik opgelos is, bv.

          Leendra en Minette ervaar uiterlike konflik by Patty se verjaardagpartytjie
          toe Minette Leendra uitdaag oor haar teenwoordigheid en Leendra snedig
          reageer. √                                                                          1

          Ja, die konflik word opgelos.
          Leendra en Minette gesels beskaafd/rustig met mekaar by Rebekka se
          begrafnis nadat albei ŉ folteringsproses deurgemaak het/tot bepaalde
          nuwe insigte omtrent die lewe gekom het. √                                          1

          Die kandidaat moet albei kante van die konflik vir EEN punt aandui.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    11

 7.6       Mario Martinelli √                                                               1

           Die kandidaat bied enige TWEE karaktereienskappe en ŉ motivering van
           elkeen vir EEN punt elk aan, bv.

           Romantikus – na ŉ warrelwind vriendskap en romanse met Gretel vra hy
           haar om te trou.
           Ambisieus/Sakevernuf – Western Mining/Sy mynmaatskappy delf in die
           Agterkloof op soek na graniet/Koop Vlaktevlei uit. √√                            2
 7.7       Vertellersperspektiefsprong/Dit dui ŉ sprong tussen die verlede en die
           hede aan/Tydsprong. √                                                            1
 7.8       Oom Phil het selfdood gepleeg (en dis op daardie spesifieke plek waar
           Leendra blomme gaan neersit.) √                                                  1

           Ja
           Leendra het vrede gevind/karakterontwikkeling ondergaan/tot nuwe
           insigte gekom nadat sy diep gederf het/ŉ kans op ŉ nuwe lewe het. √              1

           Die kandidaat kan nie “nee” as antwoord aanbied nie.
 7.9       Benaming √                                                                       1

           Leendra het ŉ vurige humeur/geaardheid gehad. √                                  1
 7.10      Ja
           Die leser het verwag dat die Vlaktevleiers hul gemeenskap moes
           ontruim/hul huise sou van hul weggeneem word, maar nou word nuwe
           huise gebou en strate geteer. √                                                  1

           Die kandidaat moet albei kante van die ironiese wending vir EEN punt
           aandui.

           Ja
           Dit is ŉ droom wat vir die Vlaktevleiers waar word wanneer hulle nie hul
           gemeenskap hoef te ontruim nie. √                                                1

           Pastoor Gerald het by Rebekka se begrafnis verklaar dat met haar dood
           toets die Here die Vlaktevleiers om te sien of hulle mekaar kan
           vergewe/kan liefhê (soos ware manne en vroue van sout). √                        1
 7.11      In TEKS A is Leendra gefrustreerd/moedeloos/hartseer, maar in TEKS B
           is sy uitbundig/opgewonde/uitgelate. √                                           1
 7.12      Droomdelwers fokus op die verwoestende effek wat
           hebsug/geldgierigheid op mense/gemeenskappe kan hê. √                            1

           Die kandidaat bied ŉ eie boodskap binne die konteks van die tema aan,
           bv.
           Ek het opnuut geleer dat dit belangriker is om ŉ behoorlike/goeie
           medemens te wees voordat ek op ander mense trap om my eie
           (finansiële) voorspoed te bewerkstellig. √                                       1

           Leendra moes in haarself/die verlede delf om eindelik by die droom van ŉ
           beter toekoms uit te kom. √                                                     1
                                                                                          [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                         AFRIKAANS HUISTAAL V2                          (EC/NOVEMBER 2019)

                                         OF

MY JAPAN – Schalk Schoombee

VRAAG 8: MY JAPAN– LITERÊRE OPSTEL

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
    Dis ŉ breë raamwerk van feite.
    Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

  Ilse bots uiterlik met haar ma omdat haar verwagtinge deurentyd so hoog is
   en sy nie daaraan wil voldoen nie.
  Ilse bots ook met haar ma omdat sy gefrustreerd is met haar huislike
   omstandighede waarmee sy nie tevrede is nie, want sy voel hartseer dat sy aan
   hierdie gesinsdinamika blootgestel moet wees.
  Ilse se verhouding met haar ma is erg problematies omdat sy kwaad oor die
   disfunksionaliteit van hul situasie is en besef sy niks daaraan kan doen nie – of
   dat die situasie nie kan verbeter nie.
  Ilse is kwaad omdat haar gesin verbrokkel het, want die tragedie van haar
   broer se dood het in uiterlike konfliksituasies na vore gekom omdat sy nie haar
   seer kan verwerk nie.
  Ilse en haar ma bly bots, want hul kommunikeer nie oor hul verlies nie en
   moet dit eers doen voordat hul emosioneel gesond kan raak.
  Omdat Ilse uit ŉ gebroke gesin kom, ervaar sy konflik met die omgewing en
   samelewing se norme, want sy wil nie konformeer om soos die samelewing te
   wees nie.
  Ilse ervaar skuldgevoelens/innerlike wroeginge oor haar broer wat
   verdrink het omdat sy veronderstel was om na hom te kyk – en het nie – maar
   sy voel dis onregverdig dat sy vir haar broer se veiligheid en sorg aanspreeklik
   gehou moet word.
  Iris ervaar innerlike konflik omdat sy as buitestander getipeer word/nie in
   die skoolgroep inpas nie, want sy is anders en wil nie konformeer nie en sy voel
   dat sy die reg op haar andersheid het.
  Ilse ontsnap na haar verbeeldingswêreld wanneer haar innerlike
   konflik/skuldgevoelens haar onderkry, want sy idealiseer Japan waar Engela
   woon omdat haar huislike omstandighede/werklikheid haar baie hartseer maak.
  Omdat Ilse ontevrede is met haar gesin/innerlike konflik ervaar, skep sy in
   haar verbeeldingswêreld vir haar ŉ nuwe, gelukkige Japannese gesin omdat
   haar gesinslewe haar ongelukkig laat voel.
  Ilse se onvermoë om as karakter te ontwikkel is gesetel in die innerlike
   konflik wat sy in haar lewe beleef het, want haar broer se dood en haar ouers
   se optrede laat haar hartseer voel omdat sy meen sy van lewensgeluk ontneem
   is.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   13

  Iris se karakterontwikkeling word gestrem omdat haar innerlike wroeging
   omtrent die lewe in haar pad staan en sy sukkel om die werklikheid te aanvaar
   en aan te beweeg/emosioneel afstand te doen van ŉ verbeelde werklikheid.
  Ilse se vermoë om die konflik met haar ma op te los word gestrem omdat
   sy en haar ma nie hul verlies verwerk nie en dit nie kan gebeur alvorens elkeen
   se eie seer beter is nie.
  Ilse het ŉ sterk wil van haar eie wat haar innerlike konflik aanvuur omdat
   sy nie insette van haar ma (oor byvoorbeeld akademie) waardeer nie omdat sy
   hardkoppig/eiewys/seer is.
  Ilse is aanvanklik ŉ tiener wat deur haar skuldgevoelens verteer word,
   maar sy groei en leer om die konflik uit te daag, want sy raak later emosioneel
   sterker.
  Ilse se innerlike konflik taan en sy is eindelik ŉ jong volwassene wat insig
   in haar probleme kry, want sy word aan ander se ervaringswêrelde en
   probleme blootgestel wat haar leer om haar situasie beter te bestuur.
  Ilse verwerk haar seer/haar innerlike konflik word opgelos, want sy besef
   dat sy nie kan toelaat dat die seer van die verlede haar verder negatief
   beïnvloed nie omdat sy besef/tot insig kom dat sy geluk wil najaag
  Mercia ervaar innerlike konflik oor die hartseer dood van haar seun omdat
   sy verpletter is dat sy nie iets aan die situasie kan doen nie.
  Mercia ervaar ook uiterlike konflik met Ilse oor die dood van Danie, want sy
   is van mening dat Ilse na haar boetie moes omsien, maar sy weet nie presies
   hoe om Ilse te laat verstaan dat sy nie vir Danie se dood verantwoordelik is nie.
  Mercia ervaar innerlike konflik oor haar verbrokkelde huwelik, want haar
   man het die gesin verlaat en Australië toe getrek en sy moet as enkelouer ŉ
   moeilike tiener grootmaak en broodwinner wees.
  Mercia ervaar konflik oor Ilse se obsessie om Japan toe te gaan, want sy is
   bang om nog ’n kind te verloor en sy weet nie hoe om die situasie sensitief en
   korrek te benader nie.
  Mercia en Ilse se konflik word eindelik opgelos wanneer hul albei in die
   ontboesemingtoneel mekaar vryspreek van skuld en verwyte oor Danie se dood
   omdat hul elkeen emosioneel sterker geword het en kans sien vir die lewe.
  Mercia se konflik word verder opgelos wanneer sy vir Ilse toelaat om
   Japan toe te gaan, want sy sê Ilse moet die wêreld gaan beleef sodat sy haar
   storie kan skryf en sy dus vrede in haar hart het dat sy nie haar dogter gaan
   verloor deur haar die belewenis van Japan te gun nie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                        AFRIKAANS HUISTAAL V2                             (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 9: MY JAPAN – KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag                                    Antwoord                                      Punt
 9.1      Die leerlinge – in die gimnasium √                                              1
          Ilse – links op die verhoog/voor op haar plek, Japan √                          1
          Elzette – regs op die verhoog/voor op haar plek, Gotham City √                  1

          Hierdie gedeelte beeld die botsing tussen strydende partye uit – die
          tipiese handeling in hierdie fase van die drama. √                              1
 9.2      Elzette kom in opstand teen aanvaarbare sisteme/ordes/die konvensio-
          nele/normaliteit. √                                                             1

          Ja
          Elzette is ŉ goth/vrydenker wat haarself sny en haar gedrag is dus in lyn
          met haar lewensbeskouing/oortuigings.

                                             OF

          Nee
          Elzette moet leer om te konformeer, want ŉ mens kan nie altyd jou
          waardes in alle omstandighede (uit)leef nie.√                                   1
 9.3      Ilse se pa het die gesin verlaat/het Australië toe getrek toe die
          hartseergebeure van haar broer se dood hul gesin getref het. √                  1
 9.4      Die verteller wil vir die leser die geordende Japannese leefstyl
          illustreer./Die verteller gee subtiel aan die leser die idee dat Japan baie
          meer ordelik as Suid-Afrika is. √                                               1
 9.5      ŉ Frenetiese dans is ŉ wilde dans met opwinding/passie en vrees/pyn. √          1

          Elzette se dans is vry/sonder ŉ vaste struktuur terwyl die leerlinge se
          dans georden/gechoreografeer/ritmies/soos soldate is. √                         1

          Elzette is anders as die ander leerders/huldig ŉ ander
          lewensbeskouing/pas nie in die gekonformeerde wêreld/die normale in
          nie./Sy sukkel/weier om te konformeer. √                                        1
 9.6      Toneelaanwysings/neweteks √                                                     1

          Die toneelaanwysing bied aan die karakters/spelers spelleiding ten
          opsigte van hul handeling/posisie op die verhoog./
          Die toneelaanwysing bied aan die leser ŉ visuele blik op die karakters
          se handeling/posisie op die verhoog./Die toneelaanwysing help dat die
          leser verstaan dat die karakters nou met mekaar Skype. √                        1

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    15

 9.7      Ilse se ma wou nie toelaat dat Ilse Japan toe gaan nie (omdat sy nie nog
          ŉ kind wou verloor nie), maar laat haar nou toe om Japan te gaan
          ervaar. √                                                                        1

          Ilse was vasgevang in haar veilige kopruimte, Japan, en het geglo dis ŉ
          utopia/ontsnappingsruimte, maar sy besef nou die werklikheid van haar
          en haar ma se hartseer situasie/het nie meer illusies oor Japan nie. √           1

          Karakterontwikkeling moet aandui hoe die karakter was en hoe die
          karakter nou is.

          Ilse en haar ma het in die ontboesemingtoneel mekaar vrygespreek van
          enige aandeel aan/skuld vir Danie se dood en die konflik is so opgelos. √        1
 9.8      Lukas sê vir Ilse dat hy begrip het vir Ilse se ma se siening en dat sy dit
          moet probeer verstaan: sy wil nie nog ŉ kind verloor nie. √                      1
 9.9      Ilse doen (simbolies) afstand van haar obsessie met Japan. √                     1

          Ja
          Die leser het verwag dat Ilse enduit haar obsessie met Japan gaan
          volhou, want dit sou vir haar vryheid/ontsnapping van haar huidige
          omstandighede verseker. Nou kom sy egter tot die insig dat sy nie die
          werklikheid kan ontsnap nie en dus nie Japan toe hoef te gaan om beter
          te begin voel nie. √                                                             1

          Die kandidaat moet albei kante van die ironiese wending vir EEN punt
          wys.
 9.10     Monster – Akashita √                                                             1

          Vrou met die twee monde – Futakuchi-onna √                                       1

          Daar word ŉ parallel getrek omdat Ilse se ma twee kante het – aan die
          een kant die hartseer/moeilike/aanhoudende ma en aan die ander kant
          die professionele beroepsvrou. √                                                 1
 9.11     Ilse aanvaar aan die einde van TEKS D die werklikheid en doen afstand
          van haar obsessie met Japan, terwyl sy in TEKS C met alle mag en
          geweld in Japan wou kom om van haar huidige omstandighede te vlug. √             1
 9.12     ŉ Tragedie kan ŉ geweldige negatiewe invloed op ŉ gesin hê./ŉ Tragedie
          kan ŉ gesin vervreem van mekaar/uitmekaarskeur. √                                1

          Die kandidaat formuleer binne konteks ŉ eie boodskap, bv.

          Ek het opnuut geleer dat ek my gesin moet waardeer./Ek het geleer dat
          daar tog hoop is as ongeluk my tref. √                                           1
                                                                                          [25]

                                                            TOTAAL AFDELING C:            25
                                                                GROOTTOTAAL:              80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                          (EC/NOVEMBER 2019)

AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE]

           Kriteria                 Uitsonderlik                    Knap                      Gemiddeld                 Elementêr              Onvoldoende
 INHOUD                                 8–10                         6–7                          4–5                       2–3                     0–1
 Interpretasie van           ˗ Diepgaande                ˗ Toon begrip van die        ˗   Redelike                ˗ Onbevredigende       ˗ Geen begrip van die
 onderwerp                     interpretasie van           onderwerp en het die           interpretasie van die     interpretasie van      onderwerp nie
 Diepte van argument,          onderwerp                   onderwerp goed                 onderwerp                 die onderwerp        ˗ Geen verwysing na die
 verantwoordbaarheid en      ˗ Reeks treffende             geïnterpreteer             ˗   Enkele goeie punte      ˗ Byna geen punte        gedig nie
 insig in teks                 argumente wat             ˗ Respons redelik                ter ondersteuning         wat die onderwerp    ˗ Leerder het nie die
                               behoorlik uit die gedig     gedetailleerd                  van die onderwerp         ondersteun nie         genre en gedig onder
 7 PUNTE                       gerugsteun is             ˗ Enkele deeglike            ˗   Enkele argument         ˗ Onvoldoende            die knie nie
                             ˗ Uitstekende begrip          argumente gegee,               word ondersteun,          begrip van genre
                               van die genre en gedig      maar nie almal ewe             maar bewyse nie           en gedig
                                                           goed gemotiveer nie            altyd oortuigend nie
                                                         ˗ Begrip van genre en        ˗   Basiese begrip van
                                                           gedig duidelik                 genre en gedig
 STRUKTUUR EN TAAL           ˗ Samehangende              ˗ Duidelike struktuur en     ˗   Enkele bewyse van       ˗ Struktuur toon       ˗ Struktuur swak
 Struktuur, logiese vloei      struktuur                   logiese vloei van              struktuur                 tekens van swak      ˗ Ernstige taalfoute
 en aanbieding               ˗ Argumente goed              argument                   ˗   ŉ Goed                    beplanning           ˗ Foutiewe styl
 Taalgebruik, toon en styl     gestruktureer en daar     ˗ Vloei van argument             gestruktureerde         ˗ Argumente nie
 gebruik in opstel             is duidelike                kan gevolg word                logiese vloei en          logies gerangskik
                               ontwikkeling              ˗ Taalgebruik, toon en           samehang ontbreek         nie
 3 PUNTE                     ˗ Taalgebruik, toon en        styl is grootliks korrek       in die opstel           ˗ Taalfoute
                               styl is volwasse, dit                                  ˗   Geringe taalfoute;        beduidend
                               beïndruk en is korrek                                      toon en styl meestal    ˗ Toon en styl nie
                             ˗ Grammatika, spelling                                       gepas                     geskik nie
                               en punktuasie feitlik
                               foutvry
 VERSPREIDING VAN                        8–10                       6–7                          4–5                      2–3                       0–1
 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                                      Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                                     17
AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE]
           Kriteria                 Uitsonderlik                   Knap                      Gemiddeld                Elementêr               Onvoldoende
 INHOUD                                12–15                        9–11                         6–8                      4–5                       0–3
 Interpretasie van           ˗ Uitsonderlike respons:    ˗ Toon begrip van die        ˗ Redelike                ˗ Onbevredigende        ˗   Geen begrip van die
 onderwerp                     14–15                       onderwerp en het die         interpretasie van die     interpretasie van         onderwerp nie
 Diepte van argument,        ˗ Uitstekende respons:        onderwerp goed               onderwerp; nie alle       die onderwerp:        ˗   -Swak poging om die
 verantwoordbaarheid en        12–13                       geïnterpreteer               aspekte in detail         byna geen aspekte         vraag te beantwoord
 insig in teks               ˗ Diepgaande                ˗ Respons redelik              ondersoek nie             in detail ondersoek   ˗   Argumente oortuig
                               interpretasie van           gedetailleerd              ˗ Enkele goeie punte        nie                       nie
 15 PUNTE                      onderwerp                 ˗ Enkele deeglike              ter ondersteuning       ˗ Min punte wat die     ˗   Leerder het nie die
                             ˗ Reeks treffende             argumente gegee,             van die onderwerp         onderwerp                 genre en teks onder
                               argumente wat               maar nie almal ewe         ˗ Enkele argument           ondersteun                die knie nie
                               behoorlik uit die gedig     goed gemotiveer nie          word ondersteun,        ˗ Baie min relevante
                               gerugsteun is             ˗ Begrip van genre en          maar bewyse nie           argumente
                             ˗ Uitstekende begrip van      teks duidelik                altyd oortuigend nie    ˗ Weinig begrip van
                               die genre en teks                                      ˗ Basiese begrip van        genre en teks
                                                                                        genre en teks
 STRUKTUUR EN TAAL                     8–10                         6–7                          4–5                     2–3                       0–1
 Struktuur, logiese vloei    ˗ Samehangende              ˗ Duidelike struktuur        ˗ Enkele bewyse van       ˗ Struktuur toon        ˗   Gebrek aan
 en aanbieding                 struktuur                 ˗ Logiese vloei van            struktuur                 tekens van swak           beplande struktuur
 Taalgebruik, toon en styl   ˗ Uitstekende inleiding       argument                   ˗ Logika en samehang        beplanning                belemmer vloei van
 gebruik in opstel             en slot                   ˗ Inleiding, slot en ander     is duidelik, maar met   ˗ Argumente nie             argumente
                             ˗ Argumente goed              paragrawe                    foute                     logies gerangskik     ˗   Taalfoute en foutiewe
 10 PUNTE                      gestruktureer en daar       samehangend                ˗ Enkele taalfoute;         nie                       styl laat hierdie
                               is duidelike                georganiseer                 toon en styl meestal    ˗ Taalfoute                 skryfstuk misluk
                               ontwikkeling              ˗ Taalgebruik, toon en         gepas                     beduidend             ˗   Styl en toon nie
                             ˗ Taalgebruik, toon en        styl is grootliks korrek   ˗ Paragrafering           ˗ Toon en styl nie          geskik nie
                               styl is volwasse, dit                                    meestal korrek            geskik nie            ˗   Paragrafering foutief
                               beïndruk en is korrek                                                            ˗ Paragrafering
                                                                                                                  foutief
 VERSPREIDING VAN                     20–25                       15–19                       10–14                       5–9                      0–4
 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P1 MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-memo-nov-2019/cc69d4d1-16aa-4b0a-9f2f-f5f2b5556419) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2019/f9a9671f-5a24-4e6a-b25c-327ad80e428e) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo/30ab9bff-a730-42e2-a934-2aa81e7b7336) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP NOV 2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-nov-2019-d/af17b42a-bf7d-411a-bd91-82a3e48685f9) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP NOV 2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-nov-2019-d/621faa5a-85ea-491d-97c1-65c622ae079f) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR11 NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr11-nov2018-d/4421cb1b-234e-4ec1-9fb3-dd18cd614ec3) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans Hl

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/4cc70ac7-f749-4802-8e1b-8cec773c7368) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/a7e90129-8e5a-43be-963d-f02b31d0b7a4) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/df1906ad-6c91-4938-9533-c5ba7baa3444) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-1-afrikaans/9892ea43-cb95-460f-8521-db662ba8b5c9) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-2-afrikaans/58fc56f1-3f43-4541-9fa9-c8cf9faa560a) — QP · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
