# Afrikaans HL Grade 11 Paper 2 Exemplar November 2022 Memo

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Exemplar November Exam 2022, 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-memo-nov-2022/2a2b4d80-efc5-40e2-8a57-4a658d180039
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Exemplar November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 Paper 2 Exemplar November 2022 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-memo-nov-2022/2a2b4d80-efc5-40e2-8a57-4a658d180039)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Exemplar November Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                      NOVEMBER 2022

                 AFRIKAANS HUISTAAL V2
                     NASIENRIGLYN
                     (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   80

                  Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/NOVEMBER 2022)

NASIENRIGLYNE

1.    As ŉ kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
      eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag
      en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)

2.    As ŉ kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen het,
      word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.

3.    As ŉ kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
      opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
      antwoord word geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en
      C beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een
      kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.

4.    As ŉ kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
      die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
      antwoord word geïgnoreer.

5.    As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
      nasienriglyn nagesien.

      As ŉ spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
      gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word
      dit as korrek beskou.

6.    Literêre opstel:
      As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
      gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te
      lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior
      nasiener/vakhoof. Die nasienriglyn is slegs ŉ riglyn, daarom moet ander
      relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om
      die literêre opstelle na te sien.

7.    Kontekstuele vrae:
      As ŉ kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ŉ vraag dit vereis nie, word
      die kandidaat nie gepenaliseer nie.

8.    Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM
      NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

9.    Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
      rede/motivering/bewys verdien die punt.

10.   Sien betekenis na en nie woorde nie.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  3

AFDELING A: GEDIGTE
VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL
Mercedesrit in die aand – Willem Krog
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK
VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.
LET WEL:
• Dis ŉ breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

• Die gebruik van die m-alliterasie in versreël 1 “met monde moeg gesluit” beklemtoon
  die onbetrokkenheid van die hooggeplaastes by die armoede in die straat.
• Die verwysing in versreël 2 na “enkel weerkaatsing” suggereer dat die sakemanne
  alleen reis terwyl die werkersklas moet saambondel in treine, taxi’s of busse.
• Die verwysing na “yl” in versreël 2 suggereer dat die sakemanne min beteken vir die
  sukkelende samelewing.
• Reeds in strofe 1 word daar gepraat van die hooggeplaaste amptenare wat ŉ beter
  sosio-ekonomiese status aandui – versreël 3 “die executives van die stad”.
• Daar is a-assonansie in versreël 2 “weerkaatsing” en in versreël 3 “gaan” en dit
  beklemtoon die afstand tussen die sakemanne en die bedelaars.
• In strofe 2 kry ons die beeld van armoede wat heers – versreël 4
  “Skaduweekinders”
• ŉ Verdere aanduiding van armoede is in versreël 5 “stukkende bedelvaandels”
• Die spreker spreek kritiek uit op diegene wat in hul rykdom floreer terwyl die w-
  alliterasie in versreël 5 “wapper wanhopig” die armoede verder uitlig.
• In versreël 6 “in die swart pad” word daar gesuggereer dat die mense dakloos is.
• Die wanhopige prentjie word verder onderstreep deur die gebruik van die
  k-alliterasie in versreël 6 “op soek na kos en kleed”.
• Daarteenoor word die verskil in sosio-ekonomiese status in strofe 3 beklemtoon
  deur die luukse vaartuig te beskryf – versreël 7 “vaartuig blink”.
• Die “vaar” in “vaartuig” in versreël 7 suggereer spoed terwyl dit ook dui op sukses
  wat weer eens die verskil in sosio-ekonomiese verskille beklemtoon.
• Nie net is die motor volgens versreël 8 met “sagte leer” beklee nie, wat die
  bestuurder teen die elemente beskerm nie, maar hy is ook goed geklee.
• Die “sagte leer” dui op die gemak waarin die bestuurder sit teenoor die bedelaars
  wat blootgestel is aan die wind en die weer.
• Versreël 9 suggereer dat die rykes baat uit die werk van die laagbesoldigde
  werkers.
• In versreël 10 is daar herhaling van die woord “yl” om die gebrek aan meegevoel te
  beklemtoon.
• In versreël 11 word die m-alliterasie “met monde moeg gesluit” herhaal om die
  ryker mense/hooggeplaastes se onbetrokkenheid by die bedelaars / ellende te
  beklemtoon.
Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                    [10]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/NOVEMBER 2022)

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG – Boggomsbaai-blues – Pirow Bekker

 Vraag                                      Antwoord                                     Punt
 2.1       Die titel is Boggomsbaai-blues en in strofe 1 word die woord blues
           gebruik wat met hartseer / depressie / blues-musiek verband hou. /
           Die spreker wil in strofe 1 oordra dat dit onsinnig / simpel is om
           depressief te wees wat dan aansluit by bog en blues in die titel. √             1

           Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord aan.
 2.2       Duin en Golwe √                                                                 1

           Kandidaat dui beide woorde vir EEN punt aan.
 2.3       Klanknabootsing / Onomatopee √                                                  1

           Dit is geslaagd, want dit dui hier op die uitkoggel van iemand.
           Dit is geslaagd, want dit hou verband met die gedigtetitel./
           Dit is geslaagd, want dit beklemtoon die ironiese / speelse toon van die
           gedig. √                                                                        1

           Die kandidaat kan nie “nie geslaagd” as ŉ antwoord aanbied nie.
           Om ŉ punt te verdien, MOET die kandidaat sê of dit geslaagd is al dan
           nie.
 2.4       Die woord ‘pel’ onderstreep die speelse element in die gedig. √                 1
 2.5       Metafoor √                                                                      1

           Dit is gepas, want die dood sal altyd vir jou plek hê net soos ŉ hotel. √       1
 2.6       2.6.1 Rymskema – paarrym √                                                      1
                    Strofebou – koeplet √                                                  1
           2.6.2 Dit pas by die uiterlike bou aangesien beide op twee dui wat dan
                    ŉ paar is / die dood is altyd saam met jou. √                         1
                                                                                         [10]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      5

 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG – Vroegherfs – Joan Hambidge

 Vraag                                Antwoord                                  Punt
 3.1   Nee, die leser verwag om van die vroeë herfs te lees, √ maar hier handel  1
       dit oor wat in die gemoed van die spreker gebeur. √                       1

          Die kandidaat kan nie “ja” as ŉ antwoord aanbied nie.
          Die kandidaat se antwoord moet by die verwagting en die inhoud van die
          gedig uitkom.
 3.2      Dit is die bron van poësie. √                                                1

          Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord aan.
 3.3      Die enjambement dui op die deurlopende gedagteproses. √                      1

          Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord aan.
 3.4      3.4.1     Sonnet √                                                           1
          3.4.2     abba √                                                             1

                     Die kandidaat moet die patroon aandui.
          3.4.3      Kruisrym √                                                        1
 3.5      Die kunstenaar beleef soveel smart, maar wil hê dit moet aanhou./
          Die muses se werk word as ‘verwoesting’ uitgebeeld, maar tog vra sy dat
          dit nooit moet weggaan of verswak nie. √                                     1

          Die kandidaat moet BEIDE kante van die ironie vir EEN punt aandui.
 3.6      “Skyn” dui op om lig te bring √ sowel as om voor te gee. √                  2
                                                                                     [10]

                                       OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/NOVEMBER 2022)

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG – Ek wil – Willem Fransman

 Vraag                                Antwoord                                         Punt
 4.1   Die spreker spreek die mense aan wat nie Township Afrikaans praat nie
       / mense wat daarop neersien. √                                                    1
 4.2   Die spreker wil poësie toeganklik maak vir alle mense. / Hy wil nie deftige
       poësie skryf nie, maar net in Township Afrikaans soos sy mense dit
       praat. √                                                                          1

          Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord aan.
 4.3      Interteks √                                                                    1

          Die spreker wil niks te doen hê met Antjie Krog se Afrikaans nie, maar
          tog gebruik hy haar woorde. √                                                  1

          Die kandidaat bied BEIDE kante van die ironie vir EEN punt aan.
 4.4      Dit beklemtoon die spreker se agting/respek vir sy moedertaal. √               1

          Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord aan.

          “Township Afrikaans” √                                                         1
 4.5      Deur middel van enjambement. √                                                 1
 4.6      4.6.1   Die kwessies van identiteit √ en menswaardigheid. √ Jou
                  manier van praat.                                                      2
          4.6.2   Elke mens het die reg op sy eie manier van praat. / gee
                  identiteit aan jou. √                                                  1
                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                        7

 VRAAG 5:       KONTEKSTUELE VRAAG – ŉ Trossie pers Genade – Christo du
                Plessis

 Vraag                                    Antwoord                                      Punt
 5.1   Metafoor √                                                                        1

          Die titel is ŉ Trossie pers Genade en die gedig handel oor die genade wat
          ons elke dag in die vorm van iets eenvoudigs soos jakarandas ontvang. √
                                                                                           1
          Die kandidaat moet by die metafoor in die gedig uitkom.
 5.2      Se(k)stet √                                                                      1
 5.3      Die versreëls gaan oor in die volgende sonder die gebruik van lees-
          tekens. √                                                                        1

          Dit beklemtoon die besige/woelige/genadelose stadslewe. √                        1
 5.4      “- Maar voor die venster” √                                                      1

          Kandidaat moet die versreël aanhaal en nie die reël neerskryf nie
 5.5      5.5.1  “karig” / “gekraakte” √ (slegte)                                          1
                 “trossie” √ (mooi)                                                        1

                     Die twee antwoorde staan los van mekaar.
          5.5.2      Optimisme / Hoopvolle / Positiewe stemming √                          1

                   Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord aan.
 5.6      Dit beklemtoon dat die mooi altyd daar sal wees. / ten spyte van die slegte
          is daar altyd die goeie / hoop. √                                                1

          Die kandidaat moet sê WAT beklemtoon word.
                                                                                         [10]

                                                           TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/NOVEMBER 2022)

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 6: OPSTELVRAAG

DROOMDELWERS – Esta Steyn

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
• Dis ŉ breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

Rudi Redelinghuys het ŉ negatiewe invloed op Leendra:
• sy ervaar spanning en angs as sy onthou dat sy vir Ferdinand in die hotel
   doodgeskiet het.
• omdat dit haar aan haar slegte verlede herinner waar sy van diefstal beskuldig is.
• aangesien sy vriende gemaak het met die Vlaktevleiers wat hy nou wil ontwortel
   om ŉ vakansie-oord te bou, is sy nou deel van hulle stryd.
Minette Redelinghuys het ŉ negatiewe uitwerking op Leendra:
• want sy beskuldig haar van diefstal en veroorsaak sodoende dat sy in die tronk
   beland waar sy emosioneel baie swaar gekry het.
• want sy jok in die hof en vorm ŉ verenigde front saam met Gilbert om haar
   skuldigbevinding te verseker. Dit neem haar weg van Sielie en laat haar “wees”.
• want sy veroorsaak haatgevoelens by Leendra omdat sy nie in die tronk na die
   waarheid oor haar ouers se dood kan soek nie.
• want Minette staan in Leendra se pad om heel te word na haar ouers se dood.
• omdat Minette haar nie na haar vrylating in die hotel wil toelaat nie. Sodoende kry
   sy nie vrede met dit wat daar gebeur het nie.
• Sy veroorsaak dat Leendra van haar suster geskei word en nie met haar kan
   kontak maak nie. Dit laat Leendra bekommerd en alleen agter.
Gilbert Redelinghuys is ŉ negatiewe invloed op Leendra:
• want hy pers Leendra af om saam met hom partytjie toe te gaan sodat sy dan eers
   die waarheid oor die diefstal by hom kan hoor. Dit bring Leendra in konflik met hom
   en met haarself.
• omdat hy wrywing tussen Sielie en Leendra veroorsaak, want Sielie wou die geld vir
   die roomys aanvaar het wat Gilbert vir haar wou gee.
• omdat hy Sielie wegstamp toe sy aan die Porsche wou vat. Dit laat Leendra weer
   met die ou wrewel.
Patti Redelinghuys het ook ŉ negatiewe invloed op Leendra:
• omdat sy agterdog by Leendra saai. Haar flankering met Samuel van der Sandt
   laat dit lyk of daar ŉ verhouding tussen hulle is.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      9

Oom Bontie Bonthuys het ŉ positiewe uitwerking op Leendra:
• omdat hy ŉ vaderfiguur vir Leendra is en praat haar moed in as sy wil tou opgooi
  omdat sy nie antwoorde oor die verlede kry nie.
• want hy speel ŉ ondersteunende rol, omdat Leendra hom as iemand sien wat haar
  kan help om die vrae oor die gasontploffing op te los.
• want hy is ŉ tussenganger tussen Leendra se verlede en toekoms. Hy gee vir haar
  die naam van die prokureur wat met haar pa se boedel gewerk het.
• omdat hy haar vertroueling is, want sy gee vir oom Bontie die dokumente oor die
  boedel wat sy uit Phil se kluis gekry het.
• want hy moedig Leendra aan om antwoorde op haar ouers se dood te kry.
  Alleen dan sal sy vry wees.
Sweetie Bonthuys ïnspireer Leendra op ŉ positiewe manier:
• omdat sy vir Leendra in die tronk skryf en tree so op as die moederfiguur wat
  Leendra mis.
• sy hou Leendra teen haar bors, toe sy vir die eerste keer uit die tronk kom en haar
  weer sien. Leendra voel tuis en geliefd.
Boeta Bonthuys lewer ŉ positiewe bydrae:
• omdat hy optree as Sielie se beskermer en dit gee vir Leendra gemoedsrus.
• want hy het vir Sielie die hele tyd van Leendra vertel terwyl sy in die tronk was om
  sodoende haar ŉ werklikheid vir Sielie te hou.

Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                   [25]

                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag                                    Antwoord                                      Punt
7.1      Die ruimte word uit ŉ objektiewe oogpunt beskryf. √                             1

         Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord aan.
         Waak egter teen generiese antwoorde. Die kandidaat moet die antwoord
         van toepassing maak op die spesifieke reëls.
7.2      7.2.1 Leendra was vir 7 jaar in die gevangenis √ en Sielie het geen                 1
                 kontak met Leendra in daardie tyd gehad nie. √                              1
         7.2.2 Hulle is susters. √                                                           1
7.3      Sielie weet wie verantwoordelik vir die gasontploffing was. √                       1
         Sielie weet hoe haar ouers vermoor is. √                                            1
         Sielie weet waar die appelkooskleurige graniet is. √                                1
         Sielie weet wat met Koster Kaaiman gebeur het.√                                     1
7.4      Die gemoedelike/gemeensame/ontspanne stemming verander na ŉ
         hartseer/gespanne atmosfeer. √                                                      1

         Die kandidaat moet noem hoe die atmosfeer was en hoe dit nou is vir EEN
         punt.
7.5      Dit bring Leendra en Samuel bymekaar (want hy ontdek die graniet daar
         en hulle vernoem dit na haar.) √                                                    1
7.6      7.6.1 Innerlike konflik √                                                           1
         7.6.2 Ja, die konflik word opgelos, want Leendra vind uit wie vir haar
                  ouers se dood verantwoordelik was. √                                       1
                  Leendra se konflik met Samuel word opgelos, want hulle trou. √             1

                Die kandidaat moet BEIDE noem vir ŉ punt elk.
7.7      Ja, want dit beklemtoon hoe fanaties Gilbert oor Leendra was. √                     1

         Die kandidaat moet aandui of dit funksioneel is.
         Die kandidaat moet noem WAT beklemtoon word.
         Die kandidaat kan nie ŉ nee-antwoord aanbied nie.
7.8      Samuel van der Sandt – Geoloog op soek na graniet / raak verlief op
         Leendra. √                                                                          1
         Rebekka Cupido – Raak verlief op pastoor Gerald Killian. √                          1
         Mario Martinelli – Vennoot van Samuel van der Sandt / raak verlief op
         Gretel Grossman./ Bied uitkoms vir die Vlaktevleiers. √                             1
7.9.     Graniet √                                                                           1

         Elke mens moet bly streef na die vryheid wat hy verdien. √                          1
7.10     Ja, want Gilbert suggereer met sy woorde dat sy oupagrootjie verkeerd
         was deur Vlaktevlei se huurpag aan die Vlaktevleiers te gee √ en om ook
         die mineraalregte weg te gee. √                                                     2
7.11     Ja, want hulle gaan die infrastruktuur van die dorp verbeter √ baie mense
         gaan werk by die granietmyn kry. √                                                  2

         Die kandidaat moet aandui of hy/sy saamstem.
         Die kandidaat kan nie ŉ nee-antwoord aanbied nie.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 11

7.12       Mensekenner √                                                              1

           Mario se gemoedstoestand is een van bewondering teenoor Leendra s’n
           van haat/woede. √                                                          1

           Die kandidaat moet aandui hoe BEIDE se gemoedstoestand is vir EEN
           punt.
                                                                                    [25]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/NOVEMBER 2022)

AFDELING C: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 8: OPSTELVRAAG

MY JAPAN – Schalk Schoombee

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
• Dis ŉ breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

Die eerste droomstruktuur kom in die vorm van ŉ nagmerrie voor:
• want die leser/kyker word aan die onaangename gebeure van Danie se verdrinking
    voorgestel.
• Ma se opname in die senukliniek is nie ŉ aangename ondervinding vir Ilse nie.
Om van Danie se verdrinking te vergeet, ontvlug Ilse na haar Japan wat haar ŉ
buitestaander maak:
• omdat die ander leerders nie haar fassinasie met Japan verstaan nie.
• omdat sy haar onttrek van die ander leerders sien hulle haar nie as deel van hulle
    groep nie.
Ilse se lewensdroom is om in Japan te gaan skoolhou:
• maar dit maak haar ook ŉ buitestander omdat die ander leerders nie kan verstaan
    waarom sy die land wil verlaat en ander kulture gaan verken nie.
Ilse skep ŉ nuwe wêreld:
• want dit is ŉ plek waar drome waar word.
• want in haar Japan het sy die volmaakte gesin: ŉ onderdanige Ma en ŉ rustige en
    tradisievaste Pa.
• waar die verlede nie bestaan nie, want sy het nie ŉ broer nie.
In Ilse se droomwêreld sien sy haar ma as die monster, Futakuchi-onna:
• want sy is ŉ vrou met twee persoonlikhede.
• want sy verteenwoordige die goeie en die bose.
• want sy karakteriseer Mercia as iemand wat te veel praat en niemand kans gee om
    iets te sê nie.
Elzette se selfvernietiging speel in ŉ droom af:
• omdat niemand enigsins reaksie toon wanneer sy haarself met die lemmetjie sny
    dat die bloed loop, maar in drome is dit wel moontlik.
• en juis as gevolg hiervan stoot die groep haar eenkant.
• maar omdat niemand verstaan waarom sy dit doen nie, stoot hulle haar uit die groep.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    13

Wanneer ma na Danie soek, gaan die nagmerrie/droom voort:
• maar net in die vorm van ŉ ou Japanese spookstorie van Okiku en Tessan.
• Okiku se selfdood loop parallel met Danie se verdrinking.
• Tessan se vooroor val en die toe druk van sy ore, doen Ma ook om haar
   emosionele val/gebrokenheid voor te stel.
Ma ervaar ŉ nagmerrie ondervinding:
• want sy word opgeneem in Grootvlei na haar senu-ineenstorting as gevolg van
  Danie se dood.
• so ook Elzette want geen van die leerders het simpatie met haar opname in
  Grootvlei nie en dit maak haar nou nog meer ŉ buitestander.
Die vergestalting van die tsoenami in Japan word ook in droomvorm
weergegee:
• want dit is die akteurs wat met byklanke en figure, wat heen en weer hardloop en
   klere wat op die verhoog lê, dit voorstel.
• en die emosionele belewing hiervan word deur Jun en Marioka San – wat ook nie
   ware karakters is nie – uitgebeeld.
• want ma se soeke na Danie word gelykgestel aan die oorlewendes van die
   tsoenami se soeke na hulle geliefdes.
Die terugflits na Engela en die tsoenami is ook ŉ droombeeld:
• want die tsoenami het reeds in 2011 plaasgevind en sy herroep nou net die
   herinneringe.
Die droomwêreld word afgesluit:
• want Ilse maak vrede met haar situasie en kom tot die gevolgtrekking dat sy lief is
   vir haar land.

Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                  [25]

                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/NOVEMBER 2022)

 VRAAG 9: MY JAPAN – KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag                                       Antwoord                                   Punt
 9.1       9.1.1     Dit is waar, want Ilse verplaas haar na haar plek “Japan”. √         1
           9.1.2     Tradisionele Japannese musiek word gespeel. √                        1
           9.1.3     Ilse hou haarself verantwoordelik vir Danie se dood. / Sy het
                     skuldgevoelens oor Danie se dood.
                     Ilse se ma plaas te veel druk op haar in die werklike wêreld. / Sy
                     probeer van haar ma ontsnap.
                     Ilse soek iemand wat haar kan liefhê. / ŉ plek waar sy verstaan
                                                                                          2
                     kan word. √√

                     Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk
                     aan.

 9.2       Die titel van die drama is My Japan en hier word daar na Japan in die
           drama verwys. √

           Die kandidaat moet na die TITEL en die TEKS verwys.                             1
 9.3       Alhoewel sy Japan wil besoek, is sy lief vir haar eie land.
           Haar pa woon in Australië en sy kan niks daaraan doen nie.
           Sy besef ma Mercia probeer haar bes om haar te ondersteun.
           Marioka San en Jun is net haar verbeeldingsouers. √√√                           3

           Die kandidaat bied enige DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.
 9.4       Nee, die dorp Japan is ŉ baie digbevolkte land. / Dis onwaarskynlik dat
           daar so ŉ klein dorpie sal wees. / Die werklike Naka se bevolking is baie
           groter. √
                                                                                           1
           Die kandidaat moet aandui of dit realisties is.
           Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord aan vir EEN punt.
 9.5       Neweteks / Toneelaanwysings √                                                   1

           Dit dui aan dat haar ma haar pla / haar onderbreek / sy geïrriteerd is √        1

           Die kandidaat moet die funksie van toepassing maak op reël 29.
 9.6       In Japan is daar ŉ rustige/vreedsame/ontspanne atmosfeer. / Atmosfeer
           waarin eerbied / respek betoon word. √                                          1

           In die werklikheid heers daar ŉ gespanne atmosfeer √                            1

           Die kandidaat se stemming moet die kontras aandui.
 9.7       Ilse kom tot die gevolgtrekking dat sy nie verantwoordelik vir haar broer
           / Danie se dood was nie. √                                                      1

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      15

 9.8         Albei voel skuldig oor Danie se dood, maar is nie bereid om daaroor te       1
             praat/mekaar te vergewe nie. √

             Die kandidaat moet BEIDE kante van die konflik aandui.

             Ma wil hê Ilse moet opstaan, maar sy wil nie opstaan nie./
             Ma wil hê Ilse moet haar help, maar Ilse wil nie help met kosmaak
             (hoender) nie. /
             Ma wil hê Ilse moet haar hande uit haar moue steek, maar Ilse is lui.
             Ma druk Ilse om te presteer, maar al wat Ilse wil doen, is om Japan toe
             te gaan./
             Ma skryf vir Ilse ŉ toespraak oor aardverwarming, maar Ilse wil haar         2
             eie toespraak oor Japan skryf. √√

             Die kandidaat moet BEIDE kante van die konflik aandui vir EEN punt.
             Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt ELK aan.
 9.9         Ilse kom tot die besef dat sy nie verantwoordelik vir Danie se dood was
             nie. √                                                                       1

             Ja, want Ma het Ilse aanvanklik kwalik geneem vir Danie se dood wat
             bygedra het tot Ilse se innerlike stryd. √                                   1

             Die kandidaat moet aandui of dit regverdig is, al dan nie.
 9.10        Ma is materialisties / ŉ werkesel. √                                         1

             Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord aan.
 9.11        Ja, want hulle het mekaar vergewe. √                                         1

             Die kandidaat moet aandui of dit geregverdig is, al dan nie.

             Ja, want hulle kan nou met mekaar praat oor hul probleme. √                  1
             Hulle kan aandag gee aan mekaar se behoeftes. √                              1

             Die kandidaat kan nie ŉ nee-antwoord gee nie.
             Die kandidaat moet aandui of die handeling ŉ invloed het.
 9.12        In TEKS C is Ilse geïrriteerd as haar ma met haar praat – “gesteurd” /
             sy dink aan ander dinge terwyl haar ma met haar praat. √                     1

             En in TEKS D is Ilse sarkasties met haar ma / haar ma weet nie eintlik
             wat in haar lewe aangaan nie – “Ek speel lankal nie meer Sims nie,
             Ma.” √                                                                       1
                                                                                         [25]

                                                            TOTAAL AFDELING C:            25
                                                                GROOTTOTAAL:              80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                                         AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                             (EC/NOVEMBER 2022)

AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE]
       Kriteria                 Uitsonderlik                    Knap                     Gemiddeld                 Elementêr             Onvoldoende
 INHOUD                              5–6                           4                          3                         2                     0–1
                          Diepgaande                   Toon begrip van die         Redelike interpretasie    Onbevredigende          Geen begrip van die
 Interpretasie van        interpretasie van            onderwerp en het die        van die onderwerp         interpretasie van die   onderwerp nie
 onderwerp                onderwerp                    onderwerp goed                                        onderwerp
 Diepte van argument,                                  geïnterpreteer
 verantwoordbaarheid
 en insig in teks         Reeks treffende              Respons redelik             Enkele goeie punte ter    Byna geen punte wat     Geen verwysing na die
                          argumente wat behoorlik      gedetailleerd Enkele        ondersteuning van die     die onderwerp           gedig nie
 6 PUNTE                  uit die gedig gerugsteun     deeglike argumente          onderwerp                 ondersteun nie
                          is                           gegee, maar nie almal       Enkele argument word
                                                       ewe goed gemotiveer         ondersteun, maar
                                                       nie                         bewyse nie altyd
                                                                                   oortuigend nie

                          Uitstekende begrip van       Begrip van genre en         Basiese begrip van        Onvoldoende begrip      Leerder het nie die
                          die genre en gedig           gedig duidelik              genre en gedig            van genre en gedig      genre en gedig onder
                                                                                                                                     die knie nie
 STRUKTUUR EN TAAL                  4                              3                         2                          1                       0–1
                          Samehangende                 Duidelike struktuur en      Enkele bewyse van         Struktuur toon tekens   Struktuur swak
 Struktuur, logiese       struktuur                    logiese vloei van           struktuur                 van swak beplanning
 vloei en aanbieding                                   argument
 Taalgebruik, toon en
 styl gebruik in opstel   Argumente goed               Vloei van argumente         ŉ Goed                    Argumente nie logies
                          gestruktureer en daar is     kan gevolg word             gestruktureerde logiese   gerangskik nie
 4 PUNTE                  duidelike ontwikkeling                                   vloei en same hang
                                                                                   ontbreek in die opstel

                          Taalgebruik, toon en styl    Taalgebruik, grootliks      Geringe taalfoute         Taalfoute beduidend     Ernstige taalfoute
                          is volwasse, dit beïndruk    korrek
                          en is korrek

                          Grammatika, spelling en      Toon en styl is grootliks   Toon en styl meestal      Toon en styl nie        Foutiewe styl
                          punktuasie feitlik foutvry   korrek                      gepas                     geskik nie

Kopiereg voorbehou                                                                                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                                            17

AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE]
        Kriteria                 Uitsonderlik                       Knap                      Gemiddeld                  Elementêr                Onvoldoende
INHOUD                             12–15                            9–11                          6–8                         4–5                     0–3
                         Diepgaande interpretasie van    Toon begrip van die            Redelike                   Onbevredigende            Geen begrip van die
Interpretasie van        onderwerp                       onderwerp en het die           interpretasie van die      interpretasie van die     onderwerp nie
onderwerp                                                onderwerp goed                 onderwerp; nie alle        onderwerp: byna geen
Diepte van argument,                                     geïnterpreteer                 aspekte in detail          aspekte in detail
verantwoordbaarheid                                                                     ondersoek nie              ondersoek nie
en insig in teks
                         Uitsonderlike respons: 14–15    Respons redelik                Enkele goeie punte ter     Min punte wat die         Swak poging om die
15 PUNTE                 Uitstekende respons: 12–13      gedetailleerd                  ondersteuning van die      onderwerp ondersteun      vraag te beantwoord
                                                                                        onderwerp

                         Reeks treffende argumente       Enkele deeglike argumente      Enkele argument word       Baie min relevante        Argumente oortuig nie
                         wat behoorlik uit die gedig     gegee, maar nie almal ewe      ondersteun, maar           argumente
                         gerugsteun is                   goed gemotiveer nie            bewyse nie altyd
                                                                                        oortuigend nie

                         Uitstekende begrip van die      Begrip van teks en genre       Basiese begrip van teks    Weinig begrip van teks    Leerder het nie die teks/
                         teks en genre                   duidelik                       en genre                   en genre                  genre onder die knie nie
STRUKTUUR EN TAAL                    8–10                             6–7                         4–5                         2–3                       0–1
                         Samehangende struktuur          Duidelike struktuur            Enkele bewyse van          Struktuur toon tekens     Gebrek aan beplande
Struktuur, logiese                                                                      struktuur                  van swak beplanning       struktuur belemmer vloei
vloei en aanbieding                                                                                                                          van argumente
Taalgebruik, toon en
styl gebruik in opstel   Argumente goed                  Logiese vloei van argument     Logika en samehang is      Argumente nie logies      Taalfoute en foutiewe
                         gestruktureer en daar is                                       duidelik, maar met foute   gerangskik nie            styl laat hierdie skryfstuk
10 PUNTE                 duidelike ontwikkeling                                                                                              misluk

                         Uitstekende inleiding en slot   Inleiding, slot en ander       Paragrafering meestal      Paragrafering foutief     Paragrafering foutief
                                                         paragrawe samehangend          korrek
                                                         georganiseer

                         Taalgebruik, toon en styl is    Taalgebruik, toon en styl is   Enkele taalfoute; toon     Taalfoute beduidend       Styl en toon nie geskik
                         volwasse, dit beïndruk en is    grootliks korrek               en styl meestal gepas      Toon en styl nie geskik   nie
                         korrek                                                                                    nie
VERSPREIDING VAN
                                    20–25                           15–19                        10–14                       5–9                        0–4
PUNTE

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P1 GR11 MEMO NOV2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr11-memo-nov2022/1e04650c-e834-47e3-9aee-a606654beb99) — Afrikaans HL · Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov2022/5fbf119f-6607-4787-9b6a-4c83e47918a1) — Afrikaans HL · Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR11 QP NOV2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr11-qp-nov2022/5e051ad5-1be1-4608-ba05-076b372ab1d9) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 GR11 QP NOV 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-qp-nov-2022/6cfc7600-b8dc-4065-a528-082976d50971) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 GR11 MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-memo-nov-2019/389a192b-7bf5-435c-8167-2f2c2d34294a) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo/30ab9bff-a730-42e2-a934-2aa81e7b7336) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/4cc70ac7-f749-4802-8e1b-8cec773c7368) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/a7e90129-8e5a-43be-963d-f02b31d0b7a4) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/df1906ad-6c91-4938-9533-c5ba7baa3444) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-1-afrikaans/9892ea43-cb95-460f-8521-db662ba8b5c9) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-2-afrikaans/58fc56f1-3f43-4541-9fa9-c8cf9faa560a) — QP · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
