# Afrikaans Hl Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)

> Grade 11 Afrikaans Hl Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2019 (Afrikaans), 24 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-qp-nov-2019-d/382e5356-2a84-44dc-9c6f-a7e99677346e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans Hl
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans Hl](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans Hl Grade 11 P2 Eastern Cape November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-qp-nov-2019-d/382e5356-2a84-44dc-9c6f-a7e99677346e)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2019 · Afrikaans. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P2 GR11 MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-memo-nov-2019/389a192b-7bf5-435c-8167-2f2c2d34294a) — Memo · 2019 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                      NOVEMBER 2019

                  AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   80

TYD:     2½ uur

                              *IAFRHL2*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/NOVEMBER 2019)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel
       beantwoord.

 2.    Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhouds-
       opgawe op bladsy 4 en kies die tipe vraag wat jy wil doen. Neem die
       voorskrifte by elke vraag in ag.

 3.    Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

       AFDELING A: Gedigte (30)
       AFDELING B: Prosa (25)
       AFDELING C: Drama (25)

 4.    Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B
       en EEN in AFDELING C.

       AFDELING A: GEDIGTE
       Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
       Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

       AFDELING B: ROMAN
       Beantwoord EEN vraag

       AFDELING C: DRAMA
       Beantwoord EEN vraag.

 5.    KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) en C (DRAMA)

        Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
         die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag
         in AFDELING C beantwoord. As jy egter die kontekstuele vraag in
         AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beant =
         woord. Gebruik die kontrolelys op bladsy 5 om jou te help.

 6.    LENGTE VAN ANTWOORDE

          Die lengte van die opstel vir die gedig is 200–250 woorde.
          Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 350–400 woorde elk.
          Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word bepaal deur
           die puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord die vrae bondig en
           relevant.

 7.    Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

 8.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

 9.    Beantwoord ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                   3

 10.    Voorgestelde tydsindeling:

        AFDELING A:       ongeveer 40 minute
        AFDELING B:       ongeveer 55 minute
        AFDELING C:       ongeveer 55 minute

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             AFRIKAANS HUISTAAL V2               (EC/NOVEMBER 2019)

 INHOUDSOPGAWE

 AFDELING A: GEDIGTE

 Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
 VRAAGNOMMER                            VRAAG                 PUNTE        BLADSY
 1. Vraag                             Opstelvraag               10            6

 2. Afrika, my Afrika                  Kontekstuele vraag        10             7

 3. Mercedesrit in die aand            Kontekstuele vraag        10             8

 4. pa                                 Kontekstuele vraag        10             9

                                             EN
 Ongesiene gedig: Verpligtend
 5. storm                              Kontekstuele vraag        10            10

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord EEN vraag.*
 6. Droomdelwers                          Opstelvraag            10            11

 7. Droomdelwers                       Kontekstuele vraag        25            11

 AFDELING C: DRAMA

 Beantwoord EEN vraag.
 8. My Japan                              Opstelvraag            25            14

 9. My Japan                           Kontekstuele vraag     25   14
 *LET WEL:       Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
                 uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

                 Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae
                 beantwoord NIE.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     5

  KONTROLELYS
  Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
  beantwoord het.

             AFDELING                VRAAG-        GETAL VRAE BEANTWOORD MERK
                                     NOMMER                                
 A: Gedigte
                                   1–4          2
 (Voorgeskrewe gedigte)
 A: Gedigte
                                    5           1
 (Ongesiene gedig)
 B: Roman
                                   6–7          1
 (Opstel- of kontekstuele vraag)
 C: Drama
                                   8–9          1
 (Opstel- of kontekstuele vraag)
 LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit
               AFDELING B en AFDELING C.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING A: GEDIGTE

 VOORGESKREWE GEDIGTE

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

 VRAAG 1: OPSTELVRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

 Vraag – Lina Spies

 1      Verliefheid – so is proefondervindelik vasgestel –
 2      duur ŉ jaar, hoogstens agtien maande;
 3      langer is die hartkloppings, die kortasemheid
 4      nie uit te hou nie. Verliefdheid is ŉ siektetoestand.
 5      Maar wat van wat daarop volg
 6      as dit nie afgestorwenheid is nie, maar liefde?
 7      Is dit draagliker omdat dit minder gerig is
 8      op die drif gehuisves in die lendene
 9      en meer op wat skuil in die buitekring van die sintuie,
 10     in die glim van ŉ lag en die opslag van ŉ oog,
 11     op dít wat jou aan die geliefde bind
 12     met ŉ kragdraad so dun
 13     en so onbreekbaar soos ŉ haar?
                                                                     [Uit: Tydlose gety]

 Liefde en verliefdheid word in hierdie gedig gekontrasteer. Die leser word duidelik
 bewus van die kompleksiteit van die liefde.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 200–250 woorde.                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                    AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    7

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Afrika, my Afrika – Daniel Hugo

         I
 1       vergeet van sprinkane en droogte
 2       haelstorms en meteoriete
 3       dit is die klein irritasies
 4       wat my radeloos maak:
 5       vlieë, vlooie, muskiete

         II
 6       die muskiet prospekteer met sy boor –
 7       stellasie op die vlakte van my vel:
 8       hy soek die minerale in my are

         III
 9       die vervlakste, ratse vlooi is ŉ spring –
 10      haas op die karooveld van my kooi

         IV
 11      die vlieg is ŉ voorste sensasiesoeker:
 12      in hierdie droë land is hy eerste by – geboei
 13      deur trane wat loop, bloed wat vloei
                                                                   [Uit: Hanekraai, 2012]

 2.1     Verklaar die ironie in die gedigtitel.                                              (1)

 2.2     Verklaar die rede vir die gebruik van die Romeinse syfers in die gedig.             (1)

 2.3     Halfrym word effektief in strofe 1 en 3 aangewend. Gee die funksie van die
         r-alliterasie en die a-assonansie onderskeidelik.                                   (2)

 2.4     Verduidelik die hiperbool in strofe 2 asook beide metafore in strofe 3 in jou
         eie woorde.                                                                         (3)

 2.5     Wat is die funksie van die enjambement in strofe 3?                                 (1)

 2.6     Wat is die tema van hierdie gedig? Sê ook watter stemming in die gedig
         oorheers.                                                                           (2)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                          (EC/NOVEMBER 2019)

 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Mercedesrit in die aand – Willem Krog

 1      Sit hulle met monde moeg gesluit
 2      yl langs sy enkel weerkaatsing in die ruit
 3      die executives van die stad wat huis toe gaan

 4      Skaduweekinders gly verby
 5      stukkende bedelvaandels wapper wanhopig
 6      in die swartpad op soek na kos en kleed

 7      Die vaartuig blink in die ster geklink
 8      sagte leer omhul die stuurman aan die wiel
 9      betaal uit die opbrengs van die slawemaal

 10     Yl langs sy enkel weerkaatsing in die ruit
 11     sit hulle met monde moeg gesluit
 12     die executives van die stad wat huis toe gaan
                                                                     [Uit: Assignaat, 2014]

 3.1    Op watter interteks is hierdie gedig geskoei? Wees spesifiek.                          (1)

 3.2    Benoem die stylfiguur in versreël 1 en gee die rede vir die gebruik hiervan.           (2)

 3.3    Hoe word die driereëlige strofes in die gedig genoem.                                  (1)

 3.4    Herlees strofe 2 en 3.

        Sê in watter opsig strofe 2 en 3 kontrasteer. Verduidelik waarom die ster-
        beeld juis in versreël 7 geslaagd is. Motiveer ook of die woorde in versreël
        9 ŉ aanklag op die mensdom is, al dan nie.                                             (3)

 3.5    Gee die funksie van die halfrym/klankeffek in versreël 11.                             (1)

 3.6    Wat is die tema en die boodskap van die gedig?                                         (2)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      9

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 pa – Marlise Joubert
 1       hy was nie ŉ man van staal nie

 2       waar die reën se blink some
 3       alkant oor die berge sleep
 4       hoor ek hom lag hoor ek hom praat
 5       waar die knettervuur van son
 6       die heuwels kaal skeer
 7       hoor ek hom ween hoor ek hom roep

 8       pa was nie ŉ man van staal nie
 9       pa was in murg en borsbeen
 10      ŉ doodgewone man

 11      ontslape vertoef hy soms in my drome
 12      dans rond in stiltes van my boord
 13      versteur die wilgertoiings
 14      ryg wingerdharte aanmekaar
 15      en hang dit elke dag
 16      voor my kamervenster oop

 17      op die lessenaar drup sy inkpen leeg
 18      glip die lig van ŉ lamp oor die laaste brief:
 19      ek was ŉ doodgewone man
 20      met borswonings van lag en van huil
 21      murgsag en in die liefde geskaad

 22      en my dood was soos dit ons aarde behaag
                                                                     [Uit: Lyfsange, 2001]

 4.1     Wat is die funksie van die enkelstrofe aan die begin van die gedig?                  (1)

 4.2     Gee die rede vir die afwesigheid van leestekens in versreël 4 en 7.                  (1)

 4.3     Benoem die retoriese middel wat treffend in versreël 8 aangewend word.               (1)

 4.4     Watter woord in strofe 4 bevestig dat die pa nie meer lewe nie? Sê ook
         watter karaktereienskap van die pa uit sy handeling in versreëls 14–16
         blyk.                                                                                (2)

 4.5     Haal die versreël in strofe 5 aan wat die klimaks van dié strofe is. Hoekom,
         dink jy, sou die pa moontlik so kon voel? Dink jy die slotstrofe bring vir die
         spreker ŉ mate van vertroosting? Motiveer jou antwoord.                              (3)

 4.6     Watter stemming oorheers in hierdie gedig? Sê ook hoe die digter
         verstegnies daarin slaag om hierdie stemming te bewerkstellig.                       (2)
                                                                                             [10]

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/NOVEMBER 2019)

 ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)
 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 storm – Mari Grobler

 1      die reën waai die see in
 2      stroomop teen die slapelose blou
 3      ŉ basviool dreun in die branders

 4      die wind verskuif die duine
 5      sluit die blomoog van die pimpernel
 6      vou die botterblomme toe

 7      die storm stuit later die voëls se vlug
 8      dwing hulle terug aarde toe
 9      net die pikkewyne bly

 10     onder die water
                                                       [Uit: Toe dit nog vroeg was, 2011]

 5.1    Bewys dat hierdie gedig ŉ vrye vers is.                                              (1)

 5.2    Metonimia kom in die woord blou voor aangesien dit iets aandui. Vervang
        blou met ŉ woord uit versreël 1 om die betekenis van dié beeld duidelik te
        laat blyk.                                                                           (1)

 5.3    Benoem en verklaar die beeldspraak in versreël 3. Benoem ook die halfrym
        wat in dié versreël opvallend is.                                                    (3)

 5.4    Alle natuurelemente buig voor die wil van die wind.

        Bewys hierdie stelling met EEN bewys uit strofe 2 en EEN bewys uit
        strofe 3.                                                                            (2)

 5.5    Wat, dink jy, is die tema van die gedig?                                             (1)

 5.6    Hoekom staan die slotstrofe alleen? Noem TWEE redes.                                 (2)
                                                                                            [10]

                                                              TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     11

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag.

 DROOMDELWERS – Esta Steyn

 Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 6: DROOMDELWERS – OPSTELVRAAG

 Leendra van Hellberg en Pastoor Gerald ervaar deur die loop van die roman
 konflik.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 350–400 woorde.                                [25]

 VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
 TEKS A

 1              Dis Sielie wat voor haar bed staan.
 2             “Sielie?”
 3             “Ssu-ssie.”
 4              Sielie se donker krulle staan woes en wild om haar kop. Haar donker
 5         oë kyk stip. Sy haal ŉ lappop onder jaar pajamatop uit. “M-mamma kan
 6         ... by Ssu-ssie s-slaap.” Sy lê die lappop langs Leendra neer en trek dit
 7         versigtig met die punt van die duvet toe.
 8              “Dankie, Sielie.”
 9              “Nag, Ss-ssussie. Nag, M-mamma.”
 10             En toe gaan Sielie uit en trek die deur agter haar toe. Leendra staar
 11        na die pop met die donkerbruin wolhare. Dit het ŉ voorskoot aan. Die
 12        lyfie is sag en gerond. Die oë is twee bruin kraletjies. Die lippies is
 13        laggend en pienk.
 14            Mamma.
 15             Die pad na die Kleinkloof loop op teen die kliprante, agter die hotel
 16        verby. Die kliphuis, die kamers, die kombuis, die koekies, die werf,
 17        kuikens, die steengroef, klippe.
 18            Mamma!
 19             Die trane wat so lank diep weggesteek was, loop uit en val op die
 20        bruin kraletjiesogies wat huil, nes sy. Dwarsdeur die nag voel sy die lyfie
 21        teen haar rug. Sy droom van die werf en die huis in die kloof. Haar ma
 22        plant pers vygies teen die rotsrante. Haar ma gee die hoenders kos.
 23        Sielie help haar.
 24             Sy word wakker en met skielike helderheid onthou sy iets. Dis ŉ
 25        vlietende gedagte wat helder deur haar brein dring: Die Italianer wat by
 26        Pa was. Wie was hy?
 27             Sy slaap weer.
 28             Toe sy die volgende oggend wakker word, staan die deur effens oop.
 29        Daar is geen teken van die Mamma-pop nie.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/NOVEMBER 2019)

 7.1    Watter belangrike gebeurtenis het vroeër hierdie dag plaasgevind?                   (1)

 7.2    Benoem die soort verteller in hierdie uittreksel en verklaar die rol van die
        verteller in reël 1.                                                                (2)

 7.3    Verklaar die gebeure wat tot Sielie se spraak in reël 3 aanleiding gegee
        het.                                                                                (1)

 7.4    Hoe het die lappopmotief voortdurend die spanning in die verhaal ver-
        hoog? Motiveer ook dat dié lappopgesin tot Sielie se karakterontwik-
        keling bygedra het.                                                                 (2)

 7.5    Hoekom ervaar Leendra innerlike konflik oor haar ma? Is hierdie konflik
        eindelik opgelos? Motiveer jou antwoord. Noem enige EEN voorbeeld van
        uiterlike konflik by Leendra en motiveer of dié konflik opgelos word.               (4)

 7.6    Wat is die naam en van van die Italianer wat Leendra in reël 25 onthou?
        Gee TWEE karaktereienskappe van die karakter en motiveer telkens
        hoekom jy so sê.                                                                    (3)

                                             EN

 TEKS B

 1         ŉ Week na Rebekka se begrafnis het die nuus gekom dat Western
 2      Mining ŉ offer van miljoene rande ingesit het by die Redelinghuyse om
 3      Vlaktevlei yt te koep. Die klipman het van ver af gekom virrie groot
 4      transaksie.

 5         Leendra loop met die bossie blomme oor die wit soutpan tot waar die
 6      rooi kol in die wit sout gelê het. Sy sit die blomme neer en kniel stil
 7      peinsend. Sy kyk op wanneer sy die geluid hoor. Dis Samuel se rooi Ford-
 8      bakkie wat van ver af aangery kom! Sy spring op en hardloop hom met
 9      lang hale tegemoet. Hy klim uit die bakkie, tel haar hoog op in die lug en sit
 10     haar weer neer. Hy lees die blydskap in die groen oë.
 11        Juffrou Van Helleveeg, as ek jou vra om saam met my in ŉ tent te woon,
 12     belowe jy plegtig om nie ons tentpenne uit te pluk nie?
 13        “Ja!” sê sy.
 14        Toe soen hy haar daar op die ooptes van die wit hemel waar die son
 15     soos diamante op soutkristalle skyn.

 16         Toe Western Mining Vlaktevlei oorvat, het hulle vir ons nuwe
 17     klaskamers by die skool aangebou en Jamaina weer aangestel as
 18     prinsipaal. Hulle het nuwe hyse gebou en parke aangelê. Hulle het die
 19     strate geteer. Hulle het groot kantore daar opgesit en Vos Philander wat by
 20     die skool bedank het, het daar ŉ offiesjop gekry. Hulle het vir ons ’n groot
 21     community hall gebou met ŉ kliniek daarby. Dit was die Rebekka Cupido
 22     Community Hall.

 7.7    Verklaar die rede vir die wit spasie tussen reël 4 en 5.                            (1)

 7.8    Verklaar die rede vir Leendra se handeling in reël 5–6. Dink jy Leendra se
        optrede is geregverdig? Motiveer jou antwoord.                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  13

 7.9    Watter karakteriseringstegniek span die skrywer in die onderstreepte
        woorde in reël 11 in om Leendra te karakteriseer? Watter afleiding kan die
        leser hieruit omtrent Leendra maak?                                             (2)

 7.10   Dink jy reël 18–19 dui op ŉ ironiese wending in die verhaal? Motiveer jou
        antwoord. Dink jy die verwikkeling in reël 16–22 skakel op konnotatiewe
        vlak met die romantitel? Motiveer jou antwoord. Sê ook hoekom die naam
        van die gemeenskapsaal baie gepas is deur na Pastoor Gerald se preek by
        Rebekka se begrafnis te verwys.                                                 (3)

 7.11   Beskryf kortliks die verskil in die stemming wat in TEKS A en TEKS B
        heers.                                                                          (1)

 7.12   Wat is die hooftema en ŉ moontlike boodskap van Droomdelwers? Sê ook
        watter implikasie die romantitel vir Leendra se karakterontwikkeling
        ingehou het.                                                                    (3)
                                                                                       [25]

                                                           TOTAAL AFDELING B:           25

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/NOVEMBER 2019)

 AFDELING C: DRAMA
 Beantwoord in hierdie afdeling slegs EEN vraag.

 MY JAPAN – Schalk Schoombee

 Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 8: MY JAPAN – OPSTELVRAAG

 Ilse en Mercia ervaar deur die loop van die drama konflik.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 350–400 woorde.                                   [25]

 VRAAG 9: MY JAPAN – KONTEKSTUELE VRAAG
 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
 TEKS C

 1       ILSE:                   Een, twee, drie! Ruk daai lyfie, rol daai koppie!
 2                               Spring, spring, spring, hop en skop, dowwe dolla
 3                               dans! Skud daai breintjie, wikkel daai lyfie tot die
 4                               monde oophang! Wie wil agter ’n simpel bal aanhol
 5                               met ŉ stok? Nee dankie.

 6                               Elzette haal ŉ lemmetjie uit en begin haar been kerf
 7                               dat die bloed loop. Sy neem die bloed en teken ŉ
 8                               streep oor haar wang. Engela, Ilse se niggie, kom
 9                               links op en gaan staan skuins agter Ilse. Hulle gesels
 10                              op Facebook. Hulle “mime” hul skootrekenaar.

 11      ENGELA:                 (tik) Die Japannese is groepmense.

 12      ILSE:                   (verbaas, tik) Ek weet, Engela. Hulle konformeer ook.

 13      ENGELA:                 (tik) Streng kulturele dissipline het hulle voorberei om
 14                              saam te staan.

 15      ILSE:                   (tik) Soos met die tsoenami...

 16      ENGELA:                 (tik) Nooit gekla nie, geduldig gewag in ellelange rye,
 17                              mekaar gehelp met mense uitgrawe, kosgee. Geen
 18                              winkels is geplunder nie. Hulle het nie hul goeie
 19                              maniere verloor nie.

 20                              Elzette verf haar gesig vol bloedstrepe, staan op en
 21                              dans haar eie vinnige, frenetiese, individuele dans,
 22                              terwyl die leerlinge en Juffrou Venter agter in stadige
 23                              aksie gereglementeerd beweeg.

 24      ILSE:                   (tik) Engela! Kom ons SKYPE gou.

 25      ENGELA:                 (tik) Goed, net ŉ oomblik.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      15

 26                                Hulle gaan staan teenoor mekaar in profiel.

 27     ILSE:                      Hallo, niggie!

 28     ENGELA:                    Hallo skattebol!

 29     ILSE:                      Jy’t maer geword!

 30     ENGELA:                    Werk hard, kleintjies bedags en grootmense saans.
 31                                Eet baie vis en sasjimi.

 32     ILSE:                      Wat’s dit?

 33     ENGELA:                    Gesnyde rou seekos, vis en skulpvis met sojasous en
 34                                wasabi en daikon, gekerfde radys. Nie vir Boere wat
 35                                hou van braaivleis en boerewors nie!

 36                                Die groep agter sit hande oor die mond,
 37                                gechoreografeerde mimiek van naar word.

 9.1    In watter ruimte bevind die leerlinge, Ilse en Elzette hul onderskeidelik in hierdie
        toneel? Bewys ook dat hierdie gedeelte deel vorm van die ontwikkelingsfase in
        die drama.                                                                                  (4)

 9.2    Herlees reël 6–8.

        Verklaar die dieperliggende betekenis van Elzette se handeling. Dink jy haar
        optrede is geregverdig? Motiveer jou antwoord.                                              (2)

 9.3    Bewys dat Ilse se pa nie aan Engela se beskrywing van die Japannese voldoen
        nie.                                                                                        (1)

 9.4    Wat is die rol van die verteller in reël 16–19?                                             (1)

 9.5    Herlees reël 20–23.

        Verduidelik wat ŉ frenetiese dans is en sê wat die kontras tussen Elzette en die
        leerlinge se dans presies behels. Wat is die dieperliggende betekenis van
        Elzette se dans?                                                                            (3)

 9.6    Wat word die kursiefgedrukte gedeelte in reël 26 genoem? Sê ook wat die
        funksie van dié kursiefgedrukte woorde is.                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                          AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/NOVEMBER 2019)

  TEKS D
  1      ENGELA:             (Skype) Gee haar tyd om die gedagte te verwerk. Jy’s
  2                          al wat sy het. Gee kans.

  3        ILSE:             (Skype) Wel, ek hou nie my asem op nie ...

  4                          Ilse klap haar skootrekenaar toe, trek haar kimono
  5                          aan en help haar ma tafel dek.

  6        MA:               (aan Ilse) Ilse, dis okay met my. Jy kan maar gaan.
  7        ILSE:             Wat?
  8        MA:               Dit sal vir my baie swaar wees, ek sal jou elke dag
  9                          mis, maar jy kan Japan toe gaan. Ek kan jou nie, sal
  10                         jou nooit keer nie.
  11       ILSE:             Ek wil nog steeds gaan, Mamma. Ek sal self spaar.
  12       MA:               Bring die vorms dan vul ons dit saam in. Ek het iets
  13                         weggesit vir jou.
  14       ILSE:             Dankie, Ma. Maar ek weet nou, my Japan bestaan
  15                         nie. My Japan is ŉ plek vol kersiebloeisels en spoke
  16                         en lieflike tradisies. Die regte Japan is ŉ rampgebied.

  17       MA:               Gaan kyk en leer en beleef ... en skryf jou boek.

  18       ENGELA:           (Skype) Kom kyk en besluit self. Dis ŉ vreemde,
  19                         wonderlike plek.

  20                         Ilse se selfoon lui. Dis Lukas.

  21       LUKAS:            Haai. Dis Lukas.

  22       ILSE:             Swot jy?

  23       LUKAS:            Nee, ek speel Assasins Creed.

  24       ILSE:             My ma het toestemming gegee. Dis official.

  25       LUKAS:            Cool! Jy’s seker hiperbly! Solank jy terugkom.

  26       ILSE:             (lag) Eendag sal ek, Lukas.

  27       LUKAS:            Ons kan vriende bly op Facebook.

  28       ILSE:             Meer as dit, hoop ek.

  29       LUKAS:            Penvriende?

  30       ILSE:             Skype.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2019)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  17

 31         LUKAS:                Whoa, nie so haastig nie! Netnou trou jy met ŉ
 32                               Manga-Japannees en waar’s ek dan? Wat maak jy
 33                               nou?

 34                               Ilse trek haar kimono uit.

 35         ILSE:                 Ek trek my kimono uit.

 36         LUKAS:                Moet ek kom help? Hehe.

 37         ILSE:                 Ag gaan slaap.

 38         LUKAS:                Ek het so ŉ idee jy gaan lekker doeks vanaand. Niks
 39                               nagmerries en monsters en vroue met twee monde
 40                               nie.

 9.7    Ilse en haar ma se dialoog in reël 6–17 dui op tekens van karakteront =
        wikkeling wat reeds plaasgevind het.

        Verklaar hoe elkeen se karakter ontwikkel het en sê hoe die konflik tussen
        hulle opgelos is.                                                                 (3)

 9.8    Hoe het Lukas vroeër in die drama gehelp om die ma-dogter-verhouding te
        probeer verbeter?                                                                 (1)

 9.9    Verklaar wat Ilse se handeling in reël 34 op konnotatiewe vlak beteken. Dink
        jy hierdie handeling is ŉ ironiese wending? Motiveer jou antwoord.                (2)

 9.10   Gee die Japannese mitologiese name vir die monster en die vrou met twee
        monde na wie Lukas verwys en verduidelik die verband tussen die vrou en
        Ilse se ma.                                                                       (3)

 9.11   Hoe verskil Ilse se gemoedstoestand aan die einde van TEKS D van haar
        ingesteldheid in TEKS C?                                                          (1)

 9.12   Wat, dink jy, is die tema en boodskap van hierdie drama?                         (2)
                                                                                        [25]

                                                               TOTAAL AFDELING C:         25
                                                                   GROOTTOTAAL:           80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com

         

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com



         

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com



## Related documents

- [AFRIKAANS HL P1 QP NOV 2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-nov-2019-d/af17b42a-bf7d-411a-bd91-82a3e48685f9) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP NOV 2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-nov-2019-d/621faa5a-85ea-491d-97c1-65c622ae079f) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR11 NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr11-nov2018-d/4421cb1b-234e-4ec1-9fb3-dd18cd614ec3) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR11 NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr11-nov2018/ed790c5d-1cfd-4305-a799-6e65f0636659) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-memo-nov-2019/cc69d4d1-16aa-4b0a-9f2f-f5f2b5556419) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2019/f9a9671f-5a24-4e6a-b25c-327ad80e428e) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans Hl

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7331d9c-fb08-4e50-a5fa-5194e10abedf) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/5169c337-6d70-4178-bd0f-5faa5fe965d4) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/d9c49a75-8852-4349-9c83-f93cd7d0edb8) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1-afrikaans/4b4f5755-8780-46c0-939e-18488a8db73e) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-2-afrikaans/c1c25cf5-d38e-4cb8-93e6-6f12c024cc2c) — Memo · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
