# Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape November Exam 2022, 18 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-qp-nov-2022/6cfc7600-b8dc-4065-a528-082976d50971
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2022 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-qp-nov-2022/6cfc7600-b8dc-4065-a528-082976d50971)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                       NOVEMBER 2022

                  AFRIKAANS HUISTAAL V2
                      (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   80

TYD:     2½ uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                  (EC/NOVEMBER 2022)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Lees die volgende instruksies/opdragte noukeurig deur voordat jy die vraestel
      beantwoord.

2.    Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhouds-
      opgawe op bladsy 4 en merk die nommers van die letterkundetekste wat jy
      bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en kies
      die soort vraag wat jy wil beantwoord.

3.    Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A: Gedigte              (30)
      AFDELING B: Roman/Prosa          (25)
      AFDELING C: Drama                (25)

4.    Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en
      EEN in AFDELING C.

      AFDELING A: GEDIGTE
      Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
      Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

      AFDELING B: ROMAN
      Beantwoord EEN vraag

      AFDELING C: DRAMA
      Beantwoord EEN vraag.

5.    KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN C (DRAMA)

      • Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
        die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag
        in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
        beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
        kontrolelys op bladsy 5 om jou te help.

6.    LENGTE VAN ANTWOORDE

      o   Die lengte van die opstel vir die gedig is 200–250 woorde.
      o   Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 350–400 woorde elk.
      o   Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word bepaal deur
          die puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord die vrae bondig en
          relevant.

7.    Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

9.    Beantwoord ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                  3

10.   Voorgestelde tydsindeling:

      AFDELING A: ongeveer 40 minute
      AFDELING B: ongeveer 55 minute
      AFDELING C: ongeveer 55 minute

11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             AFRIKAANS HUISTAAL V2               (EC/NOVEMBER 2022)

INHOUDSOPGAWE

AFDELING A: GEDIGTE

Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
       VRAAGNOMMER                     VRAAG                  PUNTE      BLADSY
1. Mercedesrit in die aand           Opstelvraag                10          6

2. Boggomsbaai-blues                  Kontekstuele vraag        10           7

3. Vroegherfs                         Kontekstuele vraag        10           8

4. Ek wil                             Kontekstuele vraag        10           9

                                            EN
Ongesiene gedig: Verpligtend
5. ŉ Trossie pers Genade              Kontekstuele vraag        10           11

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.*
6. Droomdelwers                          Opstelvraag            25           12

7. Droomdelwers                       Kontekstuele vraag        25           12

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.
8. My Japan                              Opstelvraag            25           15

9. My Japan                          Kontekstuele vraag   25      15
*LET WEL:       Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit
                AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

                Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae beantwoord
                NIE.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      5

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae beantwoord
het.

           AFDELING                 VRAAG-               GETAL VRAE               MERK
                                    NOMMER              BEANTWOORD                  ✓
A: Gedigte
                                   1–4          2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte
                                    5           1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
                                   6–7          1
(Opstel- of kontekstuele vraag)
C: Drama
                                   8–9          1
(Opstel- of kontekstuele vraag)
LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit
              AFDELING B en AFDELING C.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/NOVEMBER 2022)

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

Mercedesrit in die aand – Willem Krog

1       Sit hulle met monde moeg gesluit
2       yl langs sy enkel weerkaatsing in die ruit
3       die executives van die stad wat huis toe gaan

4       Skaduweekinders gly verby
5       Stukkende bedelvaandels wapper wanhopig
6       In die swartpad op soek na kos en kleed

7       Die vaartuig blink in ster geklink
8       sagte leer omhul die stuurman aan die wiel
9       betaal uit opbrengs van die slawemaal

10      yl langs sy enkel weerkaatsing in die ruit
11      sit hulle met monde moeg gesluit
12      die executives van die stad wat huis toe gaan

                                                             [Bron: Assignaat, 2004]

Die verskil in die sosio-ekonomiese status van die Suid-Afrikaanse bevolking word
in Mercedesrit in die aand aangespreek en die gebruik van beeldspraak, stylfigure
en halfrym ondersteun hierdie uitbeelding.

Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 200–250 woorde.                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                         7

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Boggomsbaai-blues – Pirow Bekker

1        Bog met die blues, dis agter die duin:
2        almal ry hier op die golwe se kruin.

3        Niemand skree boggom oor ŉ donker jas,
4        hier sing jy ŉ ding totdat dit jou pas.

5        Eintlik is die dood jou beste pel:
6        bly jou lewe lank jou metgesel.

7        Waar jy ook al gaan, hy bly by jou,
8        druk op sy nommer en hy’s gou soos nou.

9        Jy kan maar aanjaag, hy’s daarvoor gebou.
10       Raak jy dalk eensaam, hy is daar vir jou.

11       Die beste nog: vergeet maar die gekwel:
12       Verstoot sal hy jou nooit, sy hart is ŉ hotel.
                                                                [Bron: Stillerlewe, 2002]

2.1      Verklaar hoe die gedigtitel by die inhoud van die strofe 1 aansluit.                (1)

2.2      Haal TWEE woorde uit strofe 1 aan wat by dié spesifieke milieu aansluit.            (1)

2.3      Benoem die stylfiguur in versreël 3 en motiveer of die gebruik daarvan
         geslaagd is, al dan nie.                                                            (2)

2.4      Verduidelik die informele taalgebruik in versreël 5.                                (1)

2.5      Watter beeldspraak kom in versreël 12 voor? Spreek jou uit oor die
         gepastheid van dié beeld.                                                           (2)

2.6      Herlees versreëls 1–12.

         2.6.1       Benoem die rymskema en strofebou onderskeidelik.                        (2)

         2.6.2       Dui ook aan hoe die rymskema en strofebou die tema van die
                     gedig ondersteun.                                                       (1)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (EC/NOVEMBER 2022)

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Vroegherfs – Joan Hambidge

1       Die jaar word ryp in wrede ontnugtering,
2       in woede wat verkil, en bitter idees
3       wat daglank deur my nuwe minagting
4       uitgespoel word; alle idees word reëls,
5       tot selfs die slustes; en die eers beelde val
6       so stilweg in my donker depressiewe drome uit
7       sodat die dendriete in my brein al
8       teen elke ligte môre ooreis, ópspruit.
9       O muses, laat hierdie dae nooit verbygaan:
10      laat alles val wat poësie of stilte verbreek
11      of cliché is, en vér was van die pyn;
12      laat ryp word, muses, laat jul verwoesting nimmer taan,
13      vir ewig, tot al my demone afgebreek
14      word in relevante, tydgebonde skyn.
                                                              [Bron: Bitterlemoene,1986]

3.1     Die titel skep ŉ bepaalde verwagting by die leser. Dink jy die gedig voldoen
        aan hierdie verwagting? Motiveer jou antwoord.                                      (2)

3.2     Waarom word die emosie wat die digter in versreël 1 ervaar nodig geag?              (1)

3.3     Waartoe dra die enjambement in versreël 2–4 by?                                     (1)

3.4     Uiterlike bou.

        3.4.1   Met watter tipe gedig het ons hier te doen?                                 (1)

        3.4.2   Dui die rympatroon van versreël 5–8 aan.                                    (1)

        3.4.3   Benoem die eindrym van versreël 5–8.                                        (1)

3.5     Waarin lê die ironie in versreël 9 opgesluit?                                       (1)

3.6     Verduidelik die dubbelsinnigheid in die vetgedrukte woord in versreël 14.           (2)
                                                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                         9

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Ek wil – Willem Fransman
1         Ek wil’ie fênsie poetry skryf’ie
2         Oekie special expressions gebrykie
3         Net skryfe in my Taal
4         Soos o’se mênse ‘it praat!

5         Roep’t wat djy wil, but o’s call ‘it
6         Streetpoetry en ek sê soema:
7         Straatpraat of Township Afrikaans

8         Ek wil skryf
9             van o’se feelings
10            van o’se fears
11            van o’se joys
12            van o’se sadness
13            van o’se frustrations
14            van o’se ambitions
15        In o’se Township Afrikaans

16        Ek wil’t skryf
17           vi o’se oue’s
18           vi o’se suste’s en broe’s
19           vi o’se kinnes
20           vi o’se bra’se
21           vi o’se Communities
22           oek vi o’se Non Black Vrinne ...
23        Soelat ammal my kan verstaan en ‘t kan enjoy

24        Soe, as djy nie O’se taal ve’staan nie,
25        En djy djou upstairs wil hou
26        Oo’djou grênd Ofrikôns:
27        Dan sê o’s poelitely:
28        Vra net die meaning van ŉ wid
29        Soe nie, dan tatta djy an
30        But moet’ie vi’ o’s kom djudge ‘ie
31        Cause o’s skryf Afrikaans soes
32        O’s ‘it innie Townships praat

                                                       [Bron: Klippe gloe nie in democracy]

4.1       Wie is die aangesprokene in hierdie gedig?                                          (1)

4.2       Watter oogmerk het die spreker volgens strofe 1?                                    (1)

4.3       Wat noem ons die gebruik van ŉ ander teks binne ŉ gedig? Verduidelik die
          ironie hiervan in dié gebruik daarvan in versreël 1.                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                 (EC/NOVEMBER 2022)

4.4    Gee ŉ rede vir die hooflettergebruik in versreël 3 en haal twee opeenvol-
       gende woorde uit strofe 2 aan wat by hierdie tipe taal pas.                   (2)

4.5    Hoe word die los woorde en idees in strofe 3 en 4 gebind?                     (1)

4.6    Herlees versreël 31–32.

       4.6.1    Watter TWEE kwessies word in die versreëls aangespreek?              (2)

       4.6.2    Dui ook hoe hierdie twee kwessies by die tema van die gedig
                aansluit.                                                           (1)
                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                         11

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)
VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

ŉ Trossie pers Genade – Christo du Plessis

1     Ek bly in die middestad
2     van Pretoria op die tweede vloer
3     tussen motor-getoet
4     en die verkeer se lawaai
5     waar misdaad hoogty vier
6     en die dwelmsmouse konings kraai...

7     - Maar voor die venster
8     van my karig gemeubileerde
9     kamer met die gekraakte ruit
10    hang ŉ trossie pers Genade

11    Want die Jakarandas blom!

                                            [Bron: Vir vanaand sal ek net jou hand vashou]

5.1   Benoem die beeldspraak in die titel en dui aan hoe die titel met die inhoud
      van die gedig skakel.                                                                   (2)

5.2   Wat noem ons ŉ strofe soos strofe 1?                                                    (1)

5.3   Motiveer waarom dit korrek is om te sê enjambement kom hoofsaaklik in
      strofe 1 voor en spreek jou uit oor die funksionaliteit daarvan.                        (2)

5.4   Haal die versreël aan waar die wending in die gedig voorkom.                            (1)

5.5   Herlees Strofe 2.

      5.5.1     Haal TWEE woorde aan wat aansluit by die tema dat die slegte elke
                dag deel is van ons pad, maar dat die mooi tog ook seëvier.                   (2)

      5.5.2     Dui die stemming van dié strofe aan.                                          (1)

5.6   Hoekom staan die slotstrofe alleen? Noem EEN rede.                                      (1)
                                                                                             [10]

                                                             TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/NOVEMBER 2022)

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag.

DROOMDELWERS – Esta Steyn

Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

VRAAG 6: DROOMDELWERS – OPSTELVRAAG

Karakters in ŉ roman beïnvloed mekaar positief of negatief. So het die
Redelinghuyse en die Bonthuyse ook vir Leendra beïnvloed.

Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 350–400 woorde.                             [25]

VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS A

1        Boeta kom terug van die pakkamer af en haal twee blikkies Coke uit die
2        yskas. Hy gee een vir haar en gaan sit op ŉ koeldrankkis. Sy trek ŉ
3        bankie nader en kom sit by hom. Hy kyk haar afwagtend aan. “En wat
4        het Sielie gesê toe sy jou sien? Ken sy vir jou?”
5        “Ek dink sy ken my.”
6        “Ek het haar baie vertel van jou.” Sy stem kom stadig. Nou is sy verbaas
7        dat hy tog soveel te sê het. “Nee, Leentjies.” Hy stoot lug oor sy lippe.
8        “Sy’t nooit groot geword nie. Sy’t op elf jaar loop vassteek. Haar tong
9        ook. Op daai dag. Ek wonder nog altyd ...” Hy bly stil.
10       “Wat, Boeta?” moedig sy hom aan.
11       “Ma...Ma glo vas dat Sielie nooit weer gaan regkom nie.” Hy knak sy
12       Cokeblikkie oop. “Die ontploffing ... het haar hele lewe uit mekaar uit
13       geruk ... die hele huis ... haar ma, haar pa. En toe nog die skietery. Als
14       op een dag.” Hy vryf bewoë met sy groot hande oor sy oë.
15       “Boeta,” sê sy sag, “weet jy dat ek bly was dat ma-hulle nooit geweet het
16       van die ... van wat ek gedoen het nie. Dat dit hulle gespaar gebly het.”
17       Hy snuif. “Ma sê ons moenie bly karring aan die dinge van die Kleinkloof
18       nie.”
19       “Nee, Boeta. Ek sal nie ophou karring tot ek weet wat daardie middag
20       gebeur het nie. En wat Gilbert Redelinghuys daarmee te doen gehad het
21       nie.”
22       “Los dit liewer, Leentjies.”
23       “Ek kan nie! Ek haat hom vandag niks minder as daardie tyd nie.”
24       Hy kyk haar lank aan. “Hy was mal oor jou! Almal het dit geweet.”
25       “Mal, ja. Mal van jaloesie. As ek daardie dag weer kon oorkry, as ek elke
26       oomblik weer kon oorlééf, dan sou ek hom weer wou skiet.”

7.1      Motiveer waarom die alomteenwoordige verteller in reël 1–3 ŉ beter
         keuse as die eerstepersoonsverteller is.                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    13

7.2     Herlees reël 3–4.

        7.2.1    Waarom was dit nodig vir Boeta om dié vrae te vra as ons Leendra
                 en Sielie se verwantskap in ag neem?                                     (2)

        7.2.2    Wat is die verwantskap tussen Sielie en Leendra?                         (1)

7.3     Noem enige VIER geheime wat Sielie hou.                                           (4)

7.4     Hoe beïnvloed Boeta se handeling in versreël 7 die stemming wat in reël
        3–6 heers?                                                                        (1)

7.5     Herlees reël 17.

        Watter invloed het hierdie ruimte uiteindelik op Leendra en Samuel se
        verhouding?                                                                       (1)

7.6     Herlees reël 19–21.

        7.6.1    Watter tipe konflik ervaar Leendra hier?                                 (1)

        7.6.2    Word Leendra se konflik uiteindelik opgelos? Motiveer jou antwoord.      (2)

7.7     Motiveer of die hiperbool in reël 25 funksioneel is.                              (1)

TEKS B

1       Mario en Samuel sit vir middagete aan saam met Minette, Rudi en
2       Gilbert.
3       Soos dikwels op ŉ Maandag is die eetsaal stil.
4       Samuel neem ŉ sluk wyn. “Voordat ons die volume van die afsetting kan
5       bepaal, sal daar ŉ groot blok uit die kop gehaal word wat in die Kaap
6       getoets en gepoleer sal word.”
7       “What we normally do,” vervolg Mario, “is to send a block to Italy, to show in
8       Carara. The analyses of a price for a spesific product is influenced by
9       carcity, the size of the block, homegenity, texture and colour of the rock.”
10      Daar is ŉ pouse. Gilbert kyk wantrouig van Mario na Samuel. “Waaroor
11      gaan dit nou eintlik?”
12      “Ons wil onderhandel oor ŉ prospekteerpermit,” sê Samuel.
13      Minette kyk vlugtig na Rudi en frons. Mario leun vooroor. “I’ve been to the
14      Department of Land Affairs and also to the office of Mineral and Energy ...”
15      Hy haal ŉ brief uit sy aktetas en gee dit vir Rudi. “It seems that many years
16      ago your grandfather signed away his mineral rights to the father of the
17      woman he wanted to marry ...”
18      “Wat?! Is dit alweer oupagrootjie?” vra Gilbert verbaas.
19      Mario glimlag. “I have a great respect for the man. He must have been quite
20      a gentleman ...”
21      “Wat net nonsens aanjaag,” sê Gilbert.

7.8     Samuel van der Sand, Rebekka Cupido en Mario Martinelli staan bekend as
        ‘inkommers’ wat ŉ sentrale rol in die roman speel. Watter rol speel elkeen
        van die karakters in die roman?                                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/NOVEMBER 2022)

7.9   Herlees reëls 4–9.

      Wat hét Mario en Samuel uit die kop gehaal en hoe sluit die naam daarvan by
      een van die temas van die roman aan?                                            (2)

7.10 Is dit regverdig om te sê dat Gilbert disrespekvol teenoor sy oupagrootjie
     optree? Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                                    (2)

7.11 Die Vlaktevleiers gaan nou ŉ beter toekoms hê. Stem jy saam met die
     stelling? Motiveer jou antwoord.                                                 (2)

7.12 Watter karaktereienskap van Mario Martinelli kan ons in versreël 19–20 aflei
     en hoe verskil Mario se gemoedstoestand van Leendra s’n in TEKS A
     reël 25–26?                                                                      (2)
                                                                                     [25]

                                                         TOTAAL AFDELING B:           25

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       15

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord in hierdie afdeling slegs EEN vraag.

MY JAPAN – Schalk Schoombee

Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

VRAAG 8: MY JAPAN – OPSTELVRAAG

My Japan moet teen die agtergrond van ŉ droomstruktuur gesien word en is dan
ook die gevolg van Ilse en Elzette se buitestanderskap.

Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 350–400 woorde.                               [25]

VRAAG 9: MY JAPAN – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS C

1                     Die lig verander. Tradisionele Japanese musiek speel,
2                     rustig en strelend.
3                     Ilse staan op en beweeg na links na haar plek,
4                     “Japan”.

5          ILSE:      My naam is Amaja. “Nagreën” in Japannees. My pa is
6                     Marioka San. Hy is ŉ kalligraaf, ŉ meester van die
7                     kwas. Hy skryf met ink en waterverf op ryspapier, fyn
8                     soos ŉ skilder. O so geduldig, presies, sonder om ŉ
9                     druppel te mors. My ma is Jun. Dit beteken
10                    “gehoorsaam”. Sy leer my om eerbied te wys aan
11                    Marioka San.

12                    Terwyl Ilse praat, sien ons Marioka San wat plat gaan
13                    sit en met ŉ kwas Japanese simbole skilder op groot
14                    velle papier.

15                    Jun kom op met delikate teegoed wat sy voor hom
16                    dek. Ilse gaan sit by hulle. Jun skink tee in die
17                    koppies, ŉ hele ritueel. Hulle drink tee. Marioka San
18                    en Jun is tradisioneel geklee.

19         ILSE:      Dis mooi hier, ver van die groot stad Tokio. Ek woon
20                    in Naka, ŉ piepklein bergdorpie in die Tokusjina-
21                    provinsie aan die Ooskus. Hier’s minder as 3 000
22                    mense. Ek loop oor ŉ houtbrug en ŉ helder rivier vol
23                    visse skool toe. Een keer het ŉ storm die brug
24                    weggespoel, seker Akashita se handewerk. Ons
25                    woon tussen twee hoë berge soos draketande en sien
26                    die son net vir ŉ paar ure elke dag wanneer dit daar
27                    bo in die hemel sit soos ŉ goue oog.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/NOVEMBER 2022)

 28       MA:          (af) Ilse!

 29       ILSE:        (gesteurd) Ruik die lente! Kersiebloeisels vol in die bome.
 30                    Ons huis ruik soet van takkies wat in klein
 31                    vase rangskik is.

 32       MA:          (af) Gaan jy nie opstaan nie? Jy begin vandag rekord
 33                    skryf!

 34       ILSE:        Marioka San het my geleer om kalligrafie te doen. Jou
 35                    gewrig moet soepel wees en jou vingers lig en
 36                    sterk.

 9.1    Herlees reël 1–4.

        9.1.1     Die leser kom hier agter dat die ruimte in dié toneel verander. Bewys
                  of weerlê die stelling.                                                  (1)

        9.1.2     Hoe onderstreep die kursiefgedrukte gedrukte gedeelte die
                  verandering van die ruimte?                                              (1)

        9.1.3     Waarom verplaas Ilse haar na dié spesifieke ruimte? Gee TWEE
                  moontlike redes.                                                         (2)

 9.2    Kan ons sê TEKS C onderstreep die titel van die drama? Motiveer jou
        antwoord.                                                                          (1)

 9.3    In versreël 5 word na Ilse verwys as Amaja, maar in die afloop van die drama
        kom Ilse tot die insig dat sy nie meer Amaja is nie. Noem nog DRIE ander
        gevolgtrekkings waartoe Ilse aan die einde van die drama gekom het.                (3)

 9.4    Is Ilse se beskrywing van die ruimte in reël 19–22 realisties?                     (1)

 9.5    Wat word die kursiefgedrukte gedeelte in reël 29 genoem? Sê ook wat die
        funksie van dié kursiefgedrukte woorde is.                                         (2)

 9.6    Noem die kontrasterende stemminge wat in reëls 28–35 geskep word.                  (2)

 TEKS D

 1         MA:          (af) Daaaanie!

 2         ILSE:        Nee, nee, NEE! Ek het niks daarmee ... Hy’t self die
 3                      hekkie oopgemaak, altyd orig, self in daai
 4                      stormwaterpyp gaan infoeter. Seker bang vir die
 5                      weerlig. Hoe kan dit my skuld wees? (sy onderduk ŉ
 6                      snik) Ek was so vaak gelees, Mamma.

 7                      Die wind bewaar. Ilse staan op en beweeg stadig na
 8                      haar Japan.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2022)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      17

 9         ILSE:      Miskien liewer ... ja ... liewer ŉ Japannese
 10                   spookstorie!

 11                   Ma klop aan die kamerdeur.

 12        MA:        Huiswerk of Sims jy, Ilse?

 13        ILSE:      Ek speel lankal nie meer Sims nie, Ma. Kom tog in.

 14        MA:        Ons het Tshwane se rekening gekry. Groot geld.

 15        ILSE:      Waaroor nou weer?

 16        MA:        Om Pretorianers te paai oor straatname wat
 17                   verander.

 18        ILSE:      Ek gee nie juis om of dit Tshwane of Pretoria is nie.
 19                   Laat my dink aan ... Tokio.

 20        MA:        Dan het jy seker weer met Engela geskype.

 21        ILSE:      (botter smelt nie) Hoe’t Ma geweet?

 22        MA:        My liewe broerskind smokkel met jou kop. Moenie jou
 23                   drome uitverkoop nie.

 24        ILSE:      (liefies) Ag dankie, Moeksie. Sulke goeie raad.
 25                   Verstaan ek reg? Ek mag maar my eie drome droom
 26                   en niemand toelaat om in my pad te staan nie?

 27        MA:        (moeg, weet wat kom) Ja, ja. Jy maak wat jy wil, al sê
 28                   ek wat. Al vra ek mooi, al smeek ek.

 29        ILSE:      Moet asseblief nie smeek nie. Dit pas ma nie.
 30                   Probeer eerder boelie, nag en wat van ŉ bietjie
 31                   emosionele afpersing?

 32        MA:        Wanneer het jy my so begin haat, Ilse?
 33        ILSE:      Hier gaan ons.

 9.7      In reël 2 word daar gebruik gemaak van herhaling. Wat is die funksie
          daarvan?                                                                         (1)

 9.8      Daar is duidelike spanning tussen Ilse en haar ma. Wat is die hoofoorsaak
          van die innerlike konflik by beide karakters? Die innerlike konflik verander
          mettertyd in uiterlike konflik. Noem enige TWEE voorbeelde.                      (3)

 9.9      In reël 2–6 kom Ilse tot ŉ gevolgtrekking wat haar hele lewe sou verander.
          Tot watter besef kom Ilse en is dit regverdig om te sê dat haar ma
          verantwoordelik vir die innerlike worsteling was? Motiveer.                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/NOVEMBER 2022)

9.10    Herlees reël 14.

        Dui aan watter karaktereienskap ons van ma kan aflei.                          (1)

9.11    Is dit geregverdig om te sê dat Ma en Ilse wel aan die einde van die drama
        hulle probleme opgelos het? Motiveer jou antwoord. Het hierdie handeling
        van hulle wel ŉ invloed op hul verhouding gehad? Motiveer jou antwoord.        (3)

9.12    Herlees TEKS C reëls 28–35 en TEKS D reëls 12–19. Motiveer uit beide
        tekste dat Ilse en haar ma nie baie goed met mekaar kon kommunikeer nie.      (2)
                                                                                     [25]

                                                         TOTAAL AFDELING C:            25
                                                             GROOTTOTAAL:              80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP NOV2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-nov2022/db69133f-90ec-41ee-b649-4f7f8d832779) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 GR11 MEMO NOV 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-memo-nov-2022/2a2b4d80-efc5-40e2-8a57-4a658d180039) — Afrikaans HL · Memo · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR11 QP NOV2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr11-qp-nov2022/5e051ad5-1be1-4608-ba05-076b372ab1d9) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 GR11 QP NOV 2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr11-qp-nov-2019-d/382e5356-2a84-44dc-9c6f-a7e99677346e) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR11 NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr11-nov2018-d/4421cb1b-234e-4ec1-9fb3-dd18cd614ec3) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR11 NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr11-nov2018/ed790c5d-1cfd-4305-a799-6e65f0636659) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7331d9c-fb08-4e50-a5fa-5194e10abedf) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/5169c337-6d70-4178-bd0f-5faa5fe965d4) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/d9c49a75-8852-4349-9c83-f93cd7d0edb8) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1-afrikaans/4b4f5755-8780-46c0-939e-18488a8db73e) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-2-afrikaans/c1c25cf5-d38e-4cb8-93e6-6f12c024cc2c) — Memo · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
