# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2020 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2020, 25 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr12-memo-sept2020/5b6141e3-aa58-44e0-9d85-88007dddd7a1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr12-memo-sept2020/5b6141e3-aa58-44e0-9d85-88007dddd7a1)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2020

                AFRIKAANS HUISTAAL V2
                    NASIENRIGLYN

PUNTE:   80

                   Hierdie nasienriglyn bestaan uit 25 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2020)

 NASIENRIGLYNE

 1.   As ŉ kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
      eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag
      en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)

 2.   As ŉ kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen het,
      word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.

 3.   As ŉ kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
      opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
      antwoord word geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C
      beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een
      kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.

 4.   As ŉ kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
      die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
      antwoord word geïgnoreer.

 5.   As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
      nasienriglyn nagesien.

 6.   Taalfoute by kontekstuele vrae word nie gepenaliseer nie. As ŉ spelfout die
      betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die
      spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek
      beskou.

 7.   Opstelvrae: As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat
      nie gepenaliseer omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te
      lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior
      nasiener/vakhoof. Die nasienriglyn is slegs ŉ riglyn, daarom moet ander
      relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om
      die opstelvrae na te sien.

 8.   Kontekstuele vrae: As ŉ kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ŉ vraag
      dit vereis nie, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

 9.   Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JAN/NEE/EK STEM SAAM/EK
      STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

 10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
     rede/motivering/bewys verdien die punt.

 11. Moenie woorde nasien nie; sien betekenis na.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                       AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     3

 AFDELING A: GEDIGTE

 VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

 “Wie’s hy?” – Adam Small

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
 LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

 LET WEL:
  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

  Hierdie gedig het geen vaste strofebou nie, want dit het sewe versreëls in beide
   strofes. Bv. Strofe 1 en 2
  Geen vaste rymskema word aangetref nie, want kruisrym en paarrym kom spontaan
   in strofe 1 voor. Daar is ook tekens van rym in strofe 2. Bv. Die poet/wie’s hy?/Djulle het
   so baie bek oorie poet/ma wié’s hy? (versreël 1–4)
  ŉ Vaste ritme ontbreek en die gebruik van kort en lang woorde dra hiertoe by. Bv.
   Djulle het so baie bek oorie poet (versreël 3)
  Versreëls en strofes is onreëlmatig, want dit word afgewissel deur lang en kort sinne
   en woorde om ŉ bepaalde klem op sekere woorde te plaas. Bv. Djulle het so baie bek
   oorie poet/ma wiés hy? (versreël 3–4)
  Die versreëls se lengtes verskil en lang en kort versreëls kom afwisselend voor. Bv.
   Nai,/djulle;s mistaken, (versreël 8–9)
  Hoewel die gedig ŉ vrye vers is, kom daar tog hoofletters en leestekens voor,
   maar dit word onreëlmatig toegepas. Bv. Is hy rêrag soes djulle dink/Die ou moerie pen
   ennie ink/wat in sy study sit en poems dink? (versreël 5–7)
  Die keuse van die vrye vers sluit treffend aan by die tema dat geen amptelike en
   formele reëls vereis word wanneer gedig word nie.
  Die gebruik van Kaaps Afrikaans dra tot die spreker se geloofwaardigheid by en
   skep ŉ gemoedelike stemming waarin die boodskap van die gedig duidelik aan die
   leser oorgedra kan word. Bv. djulle’s mistaken (versreël 9)
  Die feit dat die taal informeel is, sluit aan by die tema dat gewone mense ook kan
   skep. Bv. ma djulle is die poets (versreël 10)
  Die taalgebruik is speels en kreatief en dit is wat die spreker ook preek:
   enigiemand wat hul taal speels en kreatef gebruik, is die ware digter. Digterskap is dus
   nie net om formeel te dig nie. Bv. ennie gladde bek verkoep (versreël 12)
  Die informele slotwoorde sluit aan by die gedagte dat digterskap ook nie vereis
   dat iemand amptelik dig nie, maar dit kan informeel in gesprekke en daaglikse
   omgang met mekaar ook na vore kom. Bv. en soema met daa God tien hulle roep!
   (versreël 14)

 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                           [10]

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                             (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

 “Reaksie” – Vernon Fourie

 Vraag                                   Antwoord                                                 Punt
 2.1     Vriend/Ongemanierde/Onverfynde/Ruwe (persoon) √                                           1

 2.2     Die riel is die oudste danssoort in Suid-Afrika./sirkeldans om ŉ vuur .√                   1

 2.3     Versreël 8/’Ma’ √                                                                          1

         Moedeloosheid √                                                                            1

 2.4     Sy skynheiligheid √                                                                        1

 2.5     Geregtigheid, liefde en liefdadigheid lyk maklik op papier. √                              1

         Die toepassing daarvan is as gevolg van haat, nyd en verwyte baie moeilik. √               1

 2.6     Die mens is geneig om sy kultuurgoedere te verwaarloos en ander te
         veroordeel./Die mens predik geregtigheid, liefde en liefdadigheid, maar leef die
         nie uit nie. √                                                                             1

         Die kandidaat formuleer ŉ eie tema vir EEN punt, bv.
         Ek het opnuut geleer om nie skynheilig te wees/ander mense te oordeel nie. √               1

         Die titel dui op ons (die mens) se reaksie op ander mense se doen en late – hul
         skynheiligheid/hul veranderde optrede. √                                                   1
                                                                                                  [10]

                                                 OF

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                       AFRIKAANS HUISTAAL V2                                         5

 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

 “besoekersboek” – Fanie Olivier

 Vraag                                       Antwoord                                                 Punt
 3.1      Die besoekersboek raak simbolies van die lewe (waar ŉ mens net tydelik leef)./ van
          die mens se tydelike aardse bestaan. √                                                        1

 3.2      Hy beklemtoon die aksie dat die inskrywing nie sommer verwyder kan word nie en
          dus blywender is./Uitkrap kan ook uitwis beteken en daarom is íngekrap meer
          permanent. √                                                                                  1

          Dit is ŉ nagedagte/parentese wat die spreker wil beklemtoon deur dit met hakies te
          isoleer./Die beter keuse word deur hakies geïsoleer. √                                        1

 3.3      Die (vrolike) l-alliterasie dra by tot die positiewe stemming/verliefdheid/
          maak die versreël klankryk. √                                                                 1

 3.4      Hiërogliewe is tekeninge wat as skryftekening gebruik is by antieke volke soos die
          Egiptenare. √                                                                                 1

          Omdat hiërogliewe onverstaanbaar/onleesbaar is, beklemtoon dit die gedagte dat
          die uitgekrapte name en graffiti/boodskappe ook dikwels onverstaanbaar/
          onleesbaar is. √                                                                              1

 3.5      Paradoks/Oksimoron √                                                                          1

          Christus, as die Lam van God, is hartseer oor sy kinders se vrees vir hul eie
          sterflikheid en hul onvermoë om te besef dat hul aardse bestaan slegs tydelik is –
          en dat hul hul hier wil verewig. √                                                            1

          Stomgemaak verwys na Christus se verbasing vir sy kinders se pogings om hul
          onsterflik te maak. √                                                                         1

 3.6      Dit ondersteun die onbelangrikheid/kortstondigheid van die mens se aardse
          bestaan./Die spreker, net soos die graffitikuns waarvan ons in die gedig lees, steur
          hom nie aan korrekte skryfkonvensies nie. √                                                    1
                                                                                                       [10]

                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

 “Nog in my laaste woorde” – N.P. van Wyk Louw

 Vraag                                       Antwoord                                           Punt
 4.1     Die spreker se geliefde/skoonheid/Truida √                                              1

 4.2     Dit ondersteun die spreker se vrye gedagtegang./Dit laat die klem op weet val.√          1
         “vrees” √                                                                                1

 4.3     Die dinge in ŉ mens se lewe wat nie belangrik is nie, sal in die laaste oomblikke
         maklik vergeet word. √                                                                   1

 4.4     Elisie √                                                                                 1
         Die ritme/metrum in die gedig word behou. √                                              1

 4.5     Elke deug van die skoonheid/geliefde word afsonderlik uitgehef. √                        1

 4.6     Die mens bly onvervuld soek na die sin van die lewe en die liefde./Die spreker se
         onvolwassenheid/onrypheid is nou agtergelaat.√                                           1
         Die spreker se geliefde het die lewenskring vir hom voltooi – hom volkome/heel
         gemaak. √                                                                                1
         Dood is die voltooiing van die lewe en daarom ook mooi./Omdat die spreker se
         geliefde deel van sy lewe is, sal sy deel van sy dood wees en daarom sal die dood
         ook so mooi wees soos die lewe was. √                                                     1
                                                                                                 [10]

                                                  EN

 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
 “Tsunami” – Kobus de Wet

 Vraag                                       Antwoord                                           Punt
 5.1     Dit is die datum waarop die tsunami die strand getref het./Op 11 Maart 2011 het ŉ
         verwoestende tsunami Japan getref./Die dag waarop die tsunami gebeur het. √              1

 5.2     Alliterasie (van die w-klank) √                                                          1
         Dit beklemtoon die mense se ellende/hartseer/hoe weerloos die mense was. √               1

 5.3     Dit stem die leser tot nadenke oor die magteloosheid van die mense teenoor die
         kragtige tsunami./Dit dui daarop dat die water op die weerlose mense bly afpeil
         het. √                                                                                   1

 5.4     Vergelyking √                                                                            1
         Dit beklemtoon die aanhoudende chaos van mense wat verdwyn. √                            1

 5.5     Kwatryn √                                                                                1
         Geen vaste rymskema/Geen hoofletters/Versreëllengtes verskil √√                          2

 5.6     Die tsunami is uitgewoed en die seevlak het bedaar. √                                     1
                                                                                                 [10]

                                                                     TOTAAL AFDELING A:          30

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                      AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    7

 AFDELING B: ROMAN

 VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
 OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DIE DRAMA nagesien.

 LET WEL:
  Dit is ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

    Die atmosfeer in Iris se ouerhuis het nie juis haar begeerte om te blom
     aangemoedig nie, want Iris meen sy het op oorskietaandag geleef.
    Sy kon nie in haar ouerhuis haar volle potensiaal ontwikkel nie, want sy het ouers
     wat nie haar droom om ŉ groot oomblik te beleef, deel nie. Hulle is tevrede met ŉ
     gewone voorstedelike bestaan.
    Iris se susters staan in die pad van Iris se begeerte om te blom, want hulle lewe is
     altyd belangriker geag as Iris se vrae en onsekerhede.
    Iris se begeerte om te blom word onderdruk wanneer haar ouers en susters meen sy
     is te jonk om ŉ mening oor enigiets te hê.
    In Iris se ouerhuis word haar menswees eerder gekritiseer, want haar pa ondersteun
     nie haar keuses vir ŉ beroep nie en Elsa nie haar besluit om agter ŉ man aan oorsee te
     gaan nie.
    Johanna dra egter positief tot Iris se lewensbegeerte by, want sy ondersteun en gee
     raad en sê ook dat Iris vir hulle almal elke dag blom.
    In die tuin van haar ouerhuis beleef ons Iris as ŉ karakter wat gegroei het omdat sy
     in hierdie stadium van die roman besef het dat daar nie net een groot blomoomblik in ŉ
     mens se lewe is nie.
    Iris ervaar vrede en rustigheid oor die lewe in die tuin en wag op die kwart-voor-
     sewe-lelie om te blom, want sy besef sy is gelukkig en tevrede om elke dag ongesiens te
     blom.
    Die tuin van haar ouerhuis wys haar begeerte om die mense vir wie sy lief is by
     haar te hê wanneer sy die grootse magiese oomblik in die natuur gadeslaan.
    Iris besef in die tuin van haar ouerhuis dat dit net so magies is om ŉ gewone
     voorstedelike bestaan te voer soos dit is om die beste fantasie te beleef.
    Frankryk en New York bied aan Iris die grootste moontlikhede om haar een groot
     blomoomblik te beleef, want sy word raakgesien as model en word ŉ modelkontrak
     aangebied.
    Frankryk en New York bied ook aan Iris die geleentheid om haarself en die wêreld
     beter te leer ken en te verstaan en die dinge wat sy hier beleef, help haar besef wat sy
     uit die lewe wil hê.
    Frankryk en New York is die ruimte waar Iris besef dat haar lewensfilosofie ander
     mense beïnvloed, want Peter sê duidelik dat hy nie met haar begeerte om te blom
     saamstem nie.
    In New York kom Iris voor die grootste besluit in haar lewe te staan, want sy is
     onseker of sy hierdie groot modelblomgeleentheid moet aanvaar en of sy eerder ŉ lewe
     saam met Peter moet kies.
    New York help Iris om tot die besef te kom dat die lewe nie ŉ fantasie is nie en dat
     sy nie op die een blomgeleentheid moet wag nie, want Billy luister na haar en gee
     raad oor dinge waaroor sy innerlike konflik beleef.
    Vermont laat Iris besef dat sy die gesinsopset geniet, want sy hou daarvan om die
     vrou- en ma-rol in te neem en besef dat sy in ŉ groot mate blom as sy vir ander iets
     beteken.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    AFRIKAANS HUISTAAL V2                          (EC/SEPTEMBER 2020)

     Vermont bied aan Iris die geleentheid om haar verhouding met Peter te versterk en
      sy blom wanneer hul liefde ŉ al groter werklikheid word.
     Die Engel bring Iris in Vermont tot nuwe insigte oor die lewe en Iris besef dat sy
      verantwoordelik is vir haar eie geluk/dat die lewe nie net een groot blomoomblik gaan
      oplewer nie.
     In Vermont kies Iris om die werklikheid te aanvaar en in ŉ groot mate dus afstand te
      doen van haar lewensbegeerte om te wil blom.
     Iris dink aanvanklik haar werk as tandartsassistent kan bydra tot haar lewens-
      begeerte, want haar werk sal nie met haar fantasie inmeng nie en sy kan leef soos sy wil
      leef en sy sal gelukkig wees.
     Dis duidelik dat haar werkruimte egter min ondersteuning bied aan haar begeerte
      om iets groots te beleef, want die werk het nie juis enige uitdagings aan haar gestel nie.
     Iris kry tog in haar werkruimte die geleentheid om te blom toe Frederik haar vra om
      te trou, maar sy het die kans op so ŉ blomoomblik van die hand gewys.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.
                                                                                                    [25]

                                                OF

    VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

    Vraag                                         Antwoord                                         Punt
    7.1     Iris bevind haar in ’n hotelkamer in New York, Amerika. √                               1

    7.2     Verbeeldingrykheid/fantasie √                                                            1

            Iris se verbeeldingrykheid/fantasie help haar om die werklikheid/lewe
            draagliker/meer aanvaarbaar te maak. √                                                   1

    7.3     Joe √                                                                                    1

            Iris glo dat sy net een keer in haar lewe gaan blom./net een kans gaan kry om ware
            sukses/geluk te ervaar. √                                                                1

            Joe bied vir Iris ŉ modelkontrak aan en dit kan dalk net die kans wees waarop Iris
            gewag het. /kan haar blomoomblik wees. √                                                 1

    7.4     Die verteller bou spanning/afwagting.
            Die verteller wys hoe Iris op Peter se bytende opmerking reageer. √                      1

    7.5     Sarkasme √                                                                               1
            Peter is ontevrede met Iris se lewensfilosofie./dat Iris so vashou aan die gedagte
            dat sy net een kans het om te blom./om geluk te ervaar. √                                1

    7.6     Ja
            Peter is oorsee kort nadat hy en Iris ontmoet het daarom was daar nie juis baie tyd
            dat hul mekaar behoorlik kon leer ken nie. √                                             1

            Iris en Peter se ontmoeting was maar net ŉ seksuele ervaring./
            Iris en Peter se gesprek toe hy die aand by Iris se huis kom kuier het, was oor
            alledaagse/oppervlakkige dinge./ Iris en Peter het nie gereeld kontak nie./
            Iris en Peter kommunikeer deur middel van telegramme. √√                                 2

            Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                       AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       9

 7.7      Dit is ŉ maklike/toevallige/ongemotiveerde oplossing vir ŉ moeilike situasie. √             1

          Net voor Iris voor die fisiese versoeking swig, lui die telefoon en is die probleem (dis
          ŉ probleem omdat hulle mekaar nie goed ken nie) tydelik opgelos. √                          1

 7.8      Iris het ŉ huweliksaansoek van Frederik ontvang. √                                          1

 7.9      Uiterlike konflik √                                                                         1

          Hannes/Iris se swaer/Elsa se man √                                                          1

 7.10     Hulle bly albei stil om konfrontasie/die waarheid/ongemaklike situasies te vermy. √         1

 7.11     Ja
          Baie mense hunker na ŉ groot oomblik in hul lewe. √                                         1

          Ek het geleer dat ŉ mens nie na een groot oomblik moet hunker nie, maar die hier
          en die nou moet geniet./Ek het geleer dat die hele lewe ŉ blomgeleentheid is./
          Ek het geleer dat die realiteit van ŉ geroetineerde voorstedelike bestaan net so
          magies soos die beste fantasie kan wees. √√                                                 2

          Die kandidaat noem enige TWEE lesse, wat met die hooftema verband hou, wat
          hy/sy geleer het.

 7.12     Iris leef aanvanklik in haar fantasiewêreld/skram weg van die werklikheid, maar aan
          die einde van die verhaal is sy tevrede met ŉ geroetineerde voorstedelike bestaan
          en getroude lewe. √                                                                         1

          Iris se ma wil nie saam met haar man plaas toe trek nie, maar aan die einde van die
          verhaal gee sy haar onafhanklikheid op en trek plaas toe. √                                 1

          Elsa is aanvanklik hiperprakties en beplan alles, maar aan die einde van die
          verhaal is haar huis ook deurmekaar/sy verslap haar hiperpraktiese
          ingestelheid/strewe om als perfek te doen. √                                                1

          Kara sê aanvanklik sy gaan nooit trou nie/nooit kinders hê nie, maar sy trou tog
          later /sy en Claude kry ŉ seuntjie, Michel. √                                               1

          Beide kante van die ironie moet genoem word.
                                                                                                     [25]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2020)

 MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – PIETER PIETERSE

 VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG
 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
 OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
 LET WEL:
  Dit is ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

  Baas het ’n besondere kennis van die bos en die bome en die veld word in liefdevolle,
   ingeligte detail deur sy oë beleef.
  Baas het ook ’n verstommende kennis van al die bewoners in die bos en met die
   grootste agting word vlakvarke, olifante, koedoes, blouwildebeeste en sebras –
   waargeneem en deur Baas se oë beskryf.
  Baas is in ’n groot mate afhanklik van die natuur om te oorleef, want hy is uitgelewer
   aan die natuurelemente om sy dag tot dag bestaan te voer.
  Hy vertoon die mag van die mens oor die dier deur die diere van die omgewing te jag.
  Toe Baas se oupagrootjie tydens ŉ jagtog oorlede is, besef hy die natuur kan
   ongenaakbaar wees en besef sy nietigheid.
  Baas moet sy kamp beveilig teen die krokodille en seekoeie, want hy besef die
   natuur maak ŉ man weerloos.
  Die natuur lewer verrassings op toe ’n trop olifante Manaka besoek en die mens se
   weerloosheid verder beklemtoon.
  Die mens is totaal aan die genade van die natuur uitgelewer, want toe iemand die
   toue los sny wat die Zambezi Grace vasgebind het, dryf die boot rivier-af.
  Baas se respek vir die natuur word eerstens duidelik deur die hegte band tussen
   hom en sy honde, want hy het sy honde liewer as enigiets anders.
  Sy verhouding met sy diere is besonder heg, want Baas gee toestemming dat die
   sendelinge vir nog een nag in sy hut kan slaap, aangesien hy by die honde in die
   kombuis sal slaap.
  Baas betoon respek teenoor die natuur deur sy houding teenoor Morena, die groot
   buffelbul, selfs al skiet Baas hom uiteindelik.
  Baas is van kleins af lief vir die natuur, roei gereeld op die Ebenezer-dam, en hou van
   jag.
  Hy leef sy ‘baasskap’ oor die natuur uit, maar voor die khuta en die Lozi-mense moet
   hy egter juis bewys dat hy hulle nie wil domineer nie.
  Baas glo in die instandhouding van die natuur en gee die bougainvillea wat sy
   oupagrootjie geplant het, water.
  Baas se honde is ook uitgelewer aan ander elemente, want voordat Baas ’n groot
   vlakvark kan skiet, val dit een van sy honde, Longwane, aan.
  Baas betoon respek aan alle diere, want toe een van die honde, Briekwa, vrek, het
   Baas hom met behulp van Sitali begrawe.
  Die natuur bied aan Baas soete herinneringe, want toe hy die kremetart met sy
   oupagrootjie se naam op kry, kerf hy sy naam daaronder uit.
  Baas se begrip vir die natuur laat hom nugter optree, want Baas agtervolg ’n trop
   buffels met die doel om Morena te skiet.
  Baas maak seker dat die orde in die natuur herstel word, want nadat hy vir Brindle
   begrawe het, volg hy die groot buffel se spoor verder en skiet hom uiteindelik dood.
  Die verhouding tussen mens en dier word verder beklemtoon toe Baas die buffel
   aan Johnnie as losprys vir sy vrou en kind gee.
 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                      [25]
                                               OF
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                       AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   11

 VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag                                         Antwoord                                        Punt
 9.1      Derdepersoonsverteller √                                                              1

          Die verteller skets vir die leser die ruimte/geografiese agtergrond. √                 1
          Die beskrywing van die karakter se ervaring is objektief./
          Die verteller is altyd teenwoordig./
          Die verteller weet wat die karakter dink/doen. √
                                                                                                 1

 9.2      Hy moes vir die staatsmuseum skoenlappers in Afrika gaan vang. √                       1
          Kanada √                                                                               1

 9.3      Dit was in die tyd wat die roman afspeel, die gepaste aanspreekvorm vir ŉ persoon
          in gesag./Seuns en kleinseuns dra volgens tradisie hul oupa se noemnaam. √             1

 9.4      Die worsboom bied aan die gemeenskap ŉ byeenkomplek./ Daar is Sondae onder
          die boom kerk gehou./ √                                                                1
          Die worsboom raak die sentrale plek waar leer kon plaasvind./Die kinders het
          onder die boom gesit vir skool. √                                                      1

 9.5      Ja
          Hy het ŉ sendingstasie opgerig.
          Hy het die rivier karteer.
                                                     OF
          Nee
          Daar is geen werklike uitbreiding nie. √                                               1
          Malaria is steeds ŉ werklikheid. √                                                     1
          Baas wil ŉ boot op die Zambezi hê waarmee hy toeriste aan Afrika kan blootstel. √      1
          Nee
          Hy het wel die boot gebou, maar die rivier het hom weggespoel.
                                                     OF
          Ja
          Die suggestie bestaan dat met die kry van die boot en Grace wat saamstap,
          voorspoed wag. √                                                                       1

 9.6      Sy is ŉ Christen. √                                                                    1
          Sy wil Baas laat verstaan dat hy met ŉ spesifieke doel na Manaka gestuur is om
          hul te help./Sy is die stem van geregtigheid wat Baas wil aanmoedig om sy
          Christenskap te aanvaar en uit te leef. √                                              1

 9.7      Ouma Essie kom vra Baas se hulp om die pale aan te ry. √                               1

 9.8      Die bosoorLog in Suid-Rhodesië/
          Die verloor van die plaas/
          Ouma Essie en Grace wat sê hy is ŉ Christen. √√                                        2
          Die kandidaat bied enige TWEE voorbeelde uit die roman vir EEN punt elk aan.
          Baas kon nie vrede vind nadat sy ouers deur rebelle vermoor is nie. √                  1

 9.9      Baas ontken die heeltyd dat hy ŉ Christen is, maar sy optrede getuig van
          Christenskap. √                                                                        1

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                          (EC/SEPTEMBER 2020)

 9.10    Toe Baas na sy ouers se dood terugkeer plaas toe, is hy alleen met net sy hond./
         Van kleins af is hy voor die ander uit wanneer hulle gaan jag het./
         Hy raak gou verveeld met sy werk by die saagmeule en gaan jag eerder alleen
         met sy hond./
         Sy denke is ‘noordwaarts’ gerig en nie ‘suidwaarts’ na die ‘beskawing’ toe nie.
         Hy koop ŉ motorboot en sleepwa en reis alleen verder met sy twee honde./
         Hy het sy eie idee van wat toeriste in Afrika behoort te beleef; nie in hotelle nie,
         maar afgesonder in hutte tussen die plaaslike inwoners. √√√                              3

         Die kandidaat bied enige DRIE bewyse uit die roman vir EEN punt elk aan.

 9.11    Sy oupa tree mensliewend op en wil sy Christenskap met die inwoners deel,
         terwyl Baas hier nie mensliewend optree nie en veg teen die feit dat hy ŉ Christen
         is. √                                                                                    1

 9.12    Die mens staan in ŉ belangrike en verantwoordbare verhouding tot die natuur./ tot
         mekaar./die aard van ware geloof. √                                                      1

         Ons moet mense volgens hul dade, en nie volgens woorde/velkleur/agtergrond
         nie, oordeel. √                                                                           1
                                                                                                 [25]

VATMAAR – AHM Scholtz

VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
 Dis ŉ breë raamwerk van feite.
 Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

  Tant Wonnie het hartseer in haar lewe geken, want sy verloor ses van haar agt kinders
   tydens die Groot Griep./Haar man sterf tydens die Eerste Wêreldoorlog/Piet de Bruyn
   probeer tant Wonnie verkrag.
  Tant Wonnie ken die ellende van alles verloor, want toe sy na Sannah Vosloo se dood
   weggejaag word, is haar huis op Vatmaar gestroop./Sy word valslik van diefstal beskuldig
   en verloor so haar naam (reputasie).
  Tant Wonnie ken egter ook geluk, want die magistraat bewonder haar trots en sorg dat
   sy ŉ huweliksertifikaat kry wat veroorsaak dat sy op oorlogspensioen geregtig is./Sy kon
   later terugtrek na haar huis.
  Uit tant Wonnie se verhaal is daar baie lewenslesse te leer: Al beklee jy die laagste
   posisie in die samelewing, soos sy, kan jy nog steeds trots wees op wie jy is./Piet du
   Bruyn, Settie September was venynig teenoor tant Wonnie, maar sy het nooit ŉ wrok in
   haar binneste rondgedra nie./Sy het altyd die beste van slegte omstandighede
   gemaak./Ten spyte van wat mense gesê en gedoen het, het tant Wonnie ŉ skoon lewe
   gelei en onwrikbaar by haar beginsels gebly.
  Bettie het die hartseer van ŉ ongehude moeder geken, omdat sy ŉ kind by een van
   oom Steven se seuns gehad het en sy vir hul ŉ verleentheid was.
  Bettie het egter die geluk van aanvaarding gesmaak, want oom Chai was bereid om
   hom oor haar en haar kind te ontferm.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                       AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    13

  Bettie se huwelik met oom Chai was egter nie gelukkig nie, omdat die
   ouderdomsverskil te groot was.
  Bettie ken die kwaad van ŉ buite-egtelike verhouding, want sy het oom Chai met Boitjie
   verneuk.
  Uit Bettie se lewensverhaal leer ons die verwerping wat ŉ baba buite die huwelik
   kan bring./Ons leer ook dat ŉ huwelik waar die ouderdomsverskil te groot is, net frustrasie
   kan meebring.
  Oom Chai het die slegte in die lewe gesien, want hy het tydens die Anglo-Boereoorlog
   gesien hoe Boervroue se huise en besittings vernietig word.
  Oom Chai het egter ook die goeie in sy lewe beleef, want hy het ŉ lewenslange
   besondere vriendskap met George Lewies gehad./Hy het met ŉ mooi, jong vrou getrou./Hy
   het Vatmaar se stigting en groei beleef.
  Oom Chai het egter ook hartseer in sy lewe beleef, want sy huwelik het hom later meer
   pyn as vreugde besorg./Hy het sy vriend, George Lewies, aan die dood afgestaan./Hy het
   a.g.v. sy troue sy aansien in die gemeenskap verloor.
  Die lewensles om ŉ besondere vriendskap te koester, is vandag nog steeds aktueel,
   omdat ons wel sulke vriendskappe nog beleef./Daar is vandag nog jaloesie in ŉ verhouding
   soos oom Chai met Boitjie Afrika beleef het. Hieruit leer ons dat jaloesie net trane bring en
   vriendskappe vernietig.
  Kenny ken ook hartseer in die lewe, want hy verloor sy werk by die Masonic
   Temple./a.g.v. status keur sy ouers nie sy verhouding met Kaaitjie goed nie./hy verloor die
   groot liefde in sy lewe.
  Kenny beleef egter ook vreugde in sy lewe, want hy ontmoet Kaaitjie, die liefde van sy
   lewe./hy vind ŉ tweede liefde.
  Kenny ken die vreugde van goed wees vir ander, want hy kon die vreugde van Vatmaar
   oor die kliniek beleef./van Boitjie Afrika oor die sokkerspan en -veld beleef.
  Die lewensles wat Kenny se lewe vir ons leer is aktueel omdat ons vandag nog weet
   dat deur goed te doen aan ander kan ons ook groot vreugde smaak./Ons leer ook uit
   Kenny se verhaal dat ŉ mens na groot hartseer weer vreugde kan beleef.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.
                                                                                                   [25]

                                              OF

 VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag                                         Antwoord                                            Punt

 11.1     Die Queen verklaar oorlog teen die Boere en oom Lewies en oom Chai het vir die
          Queen geveg./ Tydens die Britte/Queen se oorlog teen die Boere (die Anglo-Boere-
          oorlog) was hulle aan die Queen se kant./ Tydens die oorlog was oom Lewies ’n
          korporaal vir die Britte/in die Queen se weermag en Oom Chai was een van die
          Queen se Cape-boys.√                                                                      1

 11.2     Mnr. Walker het aan Oom Chai werk by die landmeter gegee EN George Lewies
          het die plan van Oom Chai aan kaptein Walker oorgedra. √                                  1
          George Lewies het gesorg dat die saak van ’n nedersetting op die agenda geplaas
          word. √                                                                                   1

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/SEPTEMBER 2020)

 11.3    Teen ’n politieke/historiese/sosio-maatskaplike agtergrond./Teen die agtergrond
         van bruinmense in Suid-Afrika se belewing in ’n nedersetting./Vatmaar se arm,
         eenvoudige, ongeslypte mense./mense wat na die Anglo-Boereoorlog in een
         nedersetting saamgesnoer is./werkloos is. √                                              1

         Ja, want dit was arpartheid/ Die mense van Vatmaar is nie as witmense se gelyke
         gesien nie.
                                                 OF

         Nee, ongeag jou ras of klas, mag mense mekaar nie stereotipeer nie. √                    1

         Apartheidswandade het hieruit voortgespruit./ Die mense van Vatmaar was arm/het
         ’n sosiaal-maatskaplike agterstand beleef. √                                             1
 11.4    Die titel suggereer jy neem sonder dat iets aan jou behoort √ en Oom Chai se
         woorde dui daarop dat George Lewies vir Ruth moet vat (in ’n
         saamblyverhouding)/sonder dat hulle hoef te trou. √                                      2

 11.5    Hy het vir Ruth se trourok geld gegee, maar gevra niemand moet vir George daarvan
         sê nie.√                                                                                 1

 11.6    Hy kan nie in Du Toitspan woon nie. √                                                    1

         Liefdeloosheid √                                                                         1

 11.7    Oom Chai ken die gebeure die beste aangesien hy deel daarvan was./Dit is
         geloofwaardig. √                                                                         1

 11.8    Dit is baie meer geloofwaardig/ Sy het die ervarings eerstehands beleef. √               1

 11.9    Al verwag almal dat hy tant Wonnie gaan vra, gaan dit nie gebeur nie, want hy het
         haar dogter al gevra om te trou. √                                                       1
         Toe sy Norman se lyk sien, was sy gebroke./ Toe sy Norman se lyk sien, het sy
         besef sy het hom liefgehad. √                                                            1
         Sy het geglo Heinrich sou tevrede wees as sy met Norman trou. √                          1

 11.10   As hy die tentpen by Kaaitjie se broers en susters se graf gaan inslaan, √ sal sy
         met hom trou en dan begin sy nuwe lewe. √                                                2

 11.11   Sy was lief vir Norman. √                                                                1

 11.12   Liefde sonder grense. √                                                                  1

 11.13   Toe Piet de Bruin haar probeer verneder het deur haar tronk toe te neem. √               1

         Vatmaar se mense het langs die pad gestaan en niks gedoen om haar te help
         nie./hulle het haar beskinder. √                                                         1
         Toe het sy besluit sy wil nie deel wees van hulle God nie √ maar sy het besef om
         God te dien, gaan oor of Hy binne jou woon. √                                            2

 11.14   Ja, dit is soos die Griekwas praat. √                                                     1
                                                                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                     AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  15

 ONDERWêRELD – Fanie Viljoen

 VRAAG 12: ONDERWêRELD – OPSTELVRAAG

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
 OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

 LET WEL:
  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

  Kuberkrakery, want as kuberkraker is Eckardt se webblaaie sy onderwêreld.
  Greg gee sy eerste tree na die onderwêreld toe hy vir Eckardt vra of hy hom omtrent
   kuberkrakery sal leer.
  Eckardt is Greg se mentor in die onderwêreld van kuberkrakery, want hy nooi hom
   in Cyberspace in. Hy stel hom bekend aan al die aspekte van kuberkrakery.
  Greg raak so betrokke by die onderwêreld van kuberkrakery dat hy kontak met die
   werklikheid verloor en sy skoolwerk, vriende en pligte afskeep.
  Greg leer in die onderwêreld spesifieke eienskappe van die kuberkraker, soos die
   verskil tussen hackers en crackers en white hats en black hats. Dit lei hom dieper en
   dieper die onderwêreld in om meer te wil uitvind.
  Greg betree die onderwêreld van gevaar en misterie/misdaad wanneer Eckardt hom
   die tegnieke van kuberkrakery leer.
  Eckardt weet dat Greg daarvan hou om extreme sport te beoefen en dus van gevaar
   en misterie hou en daarom weet hy, hy kan hom manipuleer om ook van hierdie nuwe
   extreme sport te hou.
  Die misterie en gevaar/misdaad van die onderwêreld is Eckardt se lokaas om Greg
   in te katrol na sy donker wêreld, want hy wil ŉ sosiale manipuleringsaanval uitvoer.
  Greg aanvaar ŉ bier uit Eckardt se yskas en gee nie om vir die gevaar om
   uitgevang te word nie. Hierdie handeling is sy eerste misstap op pad na die
   onderwêreld.
  Die onderwêreld van geld kom ter sprake wanneer Greg se skoolmilieu aan die
   leser bekendgestel word, want Lawson College is ŉ skool vir die superrykes.
  Greg besef dat geld veroorsaak dat mense nie sal skroom om misdaad te pleeg
   nie, want sy skoolhoof en pa was bereid om ŉ misdaad teen die samelewing te pleeg in
   poging om ryk te word.
  Die seuns se leierskapposisies word dikwels as saketransaksies beskou, want
   Plank sê vir Greg dat die hoofseunbalkie op sy baadjie die kwitansie is wat hy die hele
   jaar gaan dra.
  Die skool is eksklusief en ŉ lang waglys verseker dat ongewenste elemente (wat nie
   kan betaal nie) uitgehou word.
  Geld is egter die element wat seuns in skouperde vir hul ouers omtower en
   verseker dat hul ook eendag deel gaan word van die “ewige rat race” om “soveel geld
   as moontlik te kry”.
  Geld is die grootste euwel en wanneer Greg van Dok Pienaar en sy pa se planne
   uitvind, verklaar hy “die wêreld van geld is boser as enigiets wat ŉ hacker sal kan
   aanvang”.
  Greg besef ook dat geld hul gesin se ondergang beteken het omdat sy pa se
   betrokkenheid by die voëlgriepplan ontbloot is.
  Die onderwêreld van emosies betrek Greg se emosies en dikwels die onderdrukking
   daarvan. Sy pa het hom beveel om nie te huil oor John se dood nie.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                          (EC/SEPTEMBER 2020)

  Greg ervaar ook deur die loop van die roman vrees wat geaktiveer is deur John se
   selfdood. Eckardt se verdwyning verhoog die vrees en hy is ook bekommerd dat Nicole
   iets onbesonne sou aanvang.
  Greg is dikwels opgewerk en gefrustreerd soos wanneer sy pa navraag doen oor sy
   sport en akademie. Wanneer sy pa vra hoekom hy geweier het om rugby te speel het dit
   vir hom gevoel soos ŉ bom wat ontplof.
  Greg ervaar die onderwêreld van magteloosheid wanneer hy besef dat hy reeds te
   diep in die onderwêreld is en nie kan terugkeer nie. Hy strompel deur die uitdagings,
   maar kan nie ophou nie.
  Die onderwêreld van die dood/verlies word duidelik wanneer die leser besef die
   dood/verlies van John is vir Greg moeilik om te aanvaar en die druk wat John ervaar
   het, word nou op hom geplaas.
  Die onderwêreld van die adolessent kom na vore in die verwagting van die
   adolessent om onderdanig te wees aan gesagstrukture soos die skool en die
   ouerhuis. Greg rebelleer teen die gesagstrukture en ontmasker later die korrupsie van
   die volwassenes.
  Die mitologiese onderwêreld van Hades kom na vore. Die donker onderaardse
   gebied is die ryk van die dooies/skimme/doderyk/hel.
  Soos Herakles ook in die mitologiese wêreld op wraaktogte was, is Eckardt besig
   met ŉ veldtog om wraak te neem op die Owen-gesin vir sy pa se dood. Hy noem selfs
   die skool sy “slayground” waar hy monsters moet vernietig.
Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.
                                                                                                 [25]
                                             OF

VRAAG 13: ONDERWêRELD – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag                                        Antwoord                                           Punt
13.1     Huis Da Vinci √                                                                         1

13.2     Rekenaars/Tegnologie maak Eckardt opgewonde/Eckardt is geïnteresseerd in die
         wêreld van rekenaars. √                                                                 1
         Ja
         Eckardt is aan die einde van die roman met wraak en haat gevul./Die
         gemoedelikheid waarmee hy Greg leer hack het, het verdwyn. √                            1

13.3     Eerstepersoonsverteller √                                                               1
         Die verteller wil vir die leser wys dat Greg emosioneel/hartseer/gefrustreerd is oor
         die hartseer dood van sy broer./Die verteller wil vir die leser wys dat Greg sy pa
         kwalik neem vir die druk wat hy op John geplaas het. √                                  1

13.4     Greg weet nie hoe hy sy matriekjaar gaan aanpak om sukses te behaal nie. √              1
         Greg gee inligting omtrent Eckardt se verdwyning aan een van sy koerante deur. √        1
         Greg weier om rugby te speel omdat die skool nie Eckardt se verdwyning wil
         bekendmaak nie./Eckardt daag Dok Pienaar se gesag uit deur te weier om rugby
         te speel. √                                                                             1

         Die kandidaat bied enige DRIE soortgelyke bewyse vir EEN punt elk aan.

         Die spanning tussen Greg en sy pa word nie opgelos nie, want hy is die een wat
         sy pa se betrokkenheid by Project Nursery Rhyme ontbloot (en sy pa gaan nou
         moontlik vervolg word.) √                                                               1

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                      AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     17

 13.5     Eckardt weet presies wie Greg se pa is./Eckardt weet dat Greg se pa ŉ aandeel in
          sy eie hartseer het. √                                                                  1

          Eckardt manipuleer Greg om ŉ kwansuise/vals vriend van hom te word deur ŉ
          sosiale manipuleringspoging om eintlik hom op Greg se pa te wreek. √                    1

          Eckardt en Greg se vriendskap word aan die einde van die roman vernietig
          wanneer hy Greg se gesin uitmekaar laat skeur/sy plan ontbloot. √                       1

 13.6     Challenge 4 verwys na een van die kuberkraakuitdagings wat Eckardt vir Greg
          laat doen het (toe hy hom die fynere kunsies van kuberkrakery geleer het). √            1

 13.7     Verwikkeling/Ontwikkeling √                                                             1

          Spanning word deur konflik of botsing tussen karakters in hierdie gedeelte
          opgebou. √                                                                              1

 13.8     Die Matrix-plakker wat op Eckardt se laptop was (en nie nou meer is nie). √             1

 13.9     Sy is ŉ ystervrou/intimiderend/op die man af. √                                         1

          Rina is angstig (dat Greg iets onbesonne soos John sou aanvang)./
          Rina kom onseker oor en woon vrouevergaderings by waar vrouens agter facelifts
          skuil./
          Sy leef in die eensame skadu van haar man./
          Sy probeer Greg se guns wen deur vir hom ekstra sakgeld te gee. √√                      2

          Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
 13.10    G – 4ce √                                                                               1

          Greg voel magtig/soos ŉ kragtige fors in die onderwêreld/het baie selfvertroue
          wanneer hy kuberkraak. √                                                                1

 13.11    Uiterlike konflik √                                                                     1

 13.12    Binne die konteks van ouerdruk en kinders wat moet presteer, word die wêreld van
          kuberkrakers en die manipulering van data fassinerend verken. Die sportmal
          wenmentaliteit word ook hierdeur bevraagteken. √                                        1

          Die kandidaat bied ŉ eie boodskap vir EEN punt aan, bv.

          Ek het opnuut geleer dat ek nie eendag my kinders so wil druk dat hul eindelik in
          opstand kom en in die proses hul waardes prysgee nie./Ek wil nie toelaat dat wraak
          my lewe oorheers nie. √                                                                 1

          Die leser kan met die emosionele krisisse van die hoofkarakter identifiseer./
          Die baie Engelse woorde in die teks dui op die jonger geslag se taalgebruik./
          Die tema van rekenaars beeld die leefwêreld van die tienerlesers realisties uit. √      1

          Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
                                                                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/SEPTEMBER 2020)

 AFDELING C: DRAMA
 Beantwoord EEN vraag.
 KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
 VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG
 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
 OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
 LET WEL:
  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.
 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.
  In die terugflitstoneel is dit duidelik dat Johnnie positief gereageer het op die jong,
    mooi Blanchie wat onskuldig en skrander was. Hy was verlief op die mooi meisie.
  Die leeglêers maak dit aan die begin van die drama duidelik dat Map hom op die
    gemeenskap gaan wreek wanneer hy uit die tronk kom en van Blanchie se werk by die
    Lonely Hearts uitvind.
  Blanchie se aanvanklike tronkbesoeke het ’n positiewe invloed op Map omdat dit vir
    hom belangrik is om aan haar te bewys dat hy weer die Johnnie geword het op wie sy
    verlief was.
  Blanchie is die rede hoekom Map hom in die tronk wil bekeer, want hy vra die
    heeltyd vir sy ma om vir Blanchie te sê hoe dit met hom gaan/hoe hy verander het.
  Map is ontsteld dat Blanchie nie meer vir hom in die tronk kom kuier nie, want hy
    dink sy het van hom vergeet. Hy hou dit egter nie teen haar nie.
  Map is kwaad dat Cavernelis sy dogter beïnvloed om nie kontak met hom te hê nie,
    want hy wil graag vir haar wys dat hy ŉ changed man is.
  Map vra vir Antie Grootmeisie om vir Blanchie te sê hoe lief hy haar het omdat sy
    nie meer kontak met hom het nie en hy haar graag wil sien.
  Wanneer Apostel George sê dat Map sy vergifnis by die Here moet vind, bly hy
    verwys na Blanchie by wie hy vergifnis gesoek het, want hy is lief vir haar.
  Map is baie ontsteld wanneer Tommy hom oor Blanchie se werk by die Lonely
    Hearts inlig, want hy weet dat sy dit ook om die verkeerde redes doen.
  Map is kwaad vir Cavernelis wat toelaat dat sy dogter haar lyf verkoop en kan nie glo
    dat hy dit toelaat nie.
  Blanchie soek haar vertroosting by Map wanneer Cavernelis vreemd reageer na
    die modelkontrakuitval/in haar krisisoomblik en in ŉ emosionele reaksie laat Map vir
    Blanchie verstaan dat dinge gebeur soos dit moet – en dat hul dus slagoffers van hul
    omstandighede is.
  Wanneer Blanchie vir Map sê dat sy sleg is, sê hy sy is goed, want hy besef dat
    omstandighede hul die verkeerde dinge laat doen het.
  Blanchie erken teenoor Map dat sy vuil is, maar hy sê sy is mooi, want hy vergewe
    haar vir wat sy gedoen het.
  Blanchie sê vir Johnnie dat sy alles vir hom vertel het en nou kon hul mekaar vir
    die eerste keer styf vashou en Johnnie het haar (hartstogtelik) gesoen. Hul liefde vir
    mekaar het oorwin.
  Map word eindelik vrygemaak, want Blanchie besef haar eie skuld.
  Vir Map bly Blanchie “Blanchie” – die onskuldige, rein meisie alhoewel sy ook by
    onbehoorlike praktyke betrokke geraak het.
  Johnnie en Blanchie kon aan die einde van die roman die storms van die Kaapse Vlakte
    oorleef omdat hul eerlik oor hul foute was en mekaar vergewe het.
  Wanneer Map vir Blanchie vashou wanneer hy voor Antie Grootmeisie kniel, is dit
    duidelik dat hulle sáám hul vryheid wil vind om die lewe saam aan te pak.
 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                       [25]
                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                      AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    19

 VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag                                        Antwoord                                         Punt
 15.1     Eksposisie √                                                                          1

          Die agtergrond ten opsigte van karakters/milieu/tyd word vir die leser geskep. √        1

 15.2     Armoede √                                                                               1
          Misdaad √                                                                               1

          Ja
          Die inhoud is ŉ bewusmaking van die sosio-ekonomiese put waarin die mense
          van die Kaapse Vlakte hul bevind. √                                                     1

 15.3     Ja
          Maud is in ŉ goeie bui/bly dat haar man vir ŉ slag by die huis is sodat sy hom kan
          bederf, want hy werk so hard.

                                                  OF

          Nee
          Die leser bevraagteken Maud se opregte liefde vir Cavernelis wanneer hul
          agterkom dat sy baie gefrustreerd is oor die feit dat hy min by die huis is. √          1

 15.4     Nee
          Maud sê dat hul nie respek vir die Sabbat het nie, maar sy is bewus van Blanchie
          se werksaamhede by die Lonely Hearts/Cavernelis se smousery op ŉ Sondag. √              1

 15.5     Cavernelis pleeg selfdood. √                                                            1

          Cavernelis se selfdood is ŉ ironiese wending aangesien hy met alle mag uit die
          township wou kom en hard gewerk het daarvoor, maar nou sal daardie droom
          nooit verwesenlik word nie. √                                                           1

          Die kandidaat moet BEIDE kante van die ironie vir EEN punt noem.

 15.6     Maud praat net Engels. √                                                                1

          Die Cavernelisse laat hul dogter toe om by die Lonely Hearts haar lyf te verkoop./
          Cavernelis verkoop vroueonderklere./
          Cavernelis praat Bolandse Afrikaans./
          Cavernelis en Maud meng nie met die res van die gemeenskap nie./
          Maud kom nie uit hul woonstel nie. √√                                                   2

          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

 15.7     Die herhaling van jaag verhoog die spanning. √                                          1

 15.8     Apostel George is besig om Map in die tronk tot bekering te lei. √                      1

          In TEKS I heers ŉ gespanne/negatiewe atmosfeer, terwyl TEKS J sektaries/
          intens/positief is. √                                                                   1

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 QP SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-qp-sept2020/54595e79-3d93-4ae2-b134-974b78fd2965) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — Afrikaans HL · QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2020-memo/3616620c-736f-4168-94a2-f6f69f2a226d) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-ht-v1-memo/19b5312b-77b9-4b25-b9b1-34b934b92b83) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
