# Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2021, 26 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr12-qp-sept-2021/654dda14-95cc-44c5-9a96-98adc48f1800
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 26

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2021 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr12-qp-sept-2021/654dda14-95cc-44c5-9a96-98adc48f1800)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 26 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2021

                  AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   80

TYD:     2½ uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 26 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2021)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel
      beantwoord.

 2.   Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhouds-
      opgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste wat
      jy in die klas bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen
      het en kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.

 3.   Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A: Gedigte        (30)
      AFDELING B: Prosa          (25)
      AFDELING C: Drama          (25)

 4.   Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B
      en EEN uit AFDELING C.

      AFDELING A: GEDIGTE
      Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
      Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag

      AFDELING B: ROMAN
      Beantwoord EEN vraag.

      AFDELING C: DRAMA
      Beantwoord EEN vraag.

 5.   KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

      •   Beantwoord SLEGS die vrae van die prosa en drama wat jy bestudeer het.
      •   Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG.
      •   Indien jy die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die
          kontekstuele vraag van AFDELING C beantwoord.           Indien jy die
          kontekstuele vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in
          AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou met jou keuses
          te help.

 6.   LENGTE VAN ANTWOORDE

      •   Die lengte van die opstel vir die gedig is 250–300 woorde.
      •   Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400–450 woorde elk.
      •   Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
          puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord die vrae bondig en
          relevant.

 7.   Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

 8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                  3

 9.    Beantwoord ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

 10. Voorgestelde tydsindeling:

       AFDELING A:       ongeveer 40 minute
       AFDELING B:       ongeveer 55 minute
       AFDELING C:       ongeveer 55 minute

 11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               AFRIKAANS HUISTAAL V2           (EC/SEPTEMBER 2021)

 INHOUDSOPGAWE

 AFDELING A: GEDIGTE
 Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
 VRAAGNOMMER                             VRAAG                PUNTE     BLADSY
 1. “Vincent van Gogh”                 Opstelvraag              10         6

 2. “Die sagte sprong”                   Kontekstuele vraag    10            7

 3. “oupa Thomas Daniel Granfield”       Kontekstuele vraag    10            8

 4. “eerste worp”                        Kontekstuele vraag    10           10

                                                EN
 Ongesiene gedig: Verpligtend
 5. “as die son sy ray bans nader
                                         Kontekstuele vraag    10           11
     trek”
 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord EEN vraag.*
 6. Die kwart-voor-sewe-lelie               Opstelvraag        25           12

 7. Die kwart-voor-sewe-lelie            Kontekstuele vraag    25           12

 8. Manaka Plek van die Horings             Opstelvraag        25           14

 9. Manaka Plek van die Horings          Kontekstuele vraag    25           14

 10. Vatmaar                                Opstelvraag        25           16

 11. Vatmaar                             Kontekstuele vraag    25           16

 12. onderwêreld                            Opstelvraag        25           18

 13. onderwêreld                         Kontekstuele vraag    25           18

 AFDELING C: DRAMA

 Beantwoord EEN vraag.*
 14. Krismis van Map Joacobs                Opstelvraag        25           21

 15. Krismis van Map Jacobs              Kontekstuele vraag    25           21

 16. Mis                                    Opstelvraag        25           24

 17. Mis                               Kontekstuele vraag      25    24
 *LET WEL:      Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
                AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
                Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae
                beantwoord NIE.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       5

 KONTROLELYS

 Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae beantwoord
 het.

                AFDELING            VRAAG-              GETAL VRAE               MERK ✓
                                    NOMMER             BEANTWOORD
A: Gedigte
(Voorgeskrewe gedigte)                 1–4                     2
A: Gedigte
                                         5                     1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
                                       6–13                    1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama
                                      14–17                    1
(Opstel of kontekstueel)

LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit
         AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2021)

 AFDELING A: GEDIGTE

 VOORGESKREWE GEDIGTE

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

 VRAAG 1: OPSTELVRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

 Vincent van Gogh – D.J. Opperman

 1      Jy het as ŉ miskende
 2      heilige vergeefs geveg teen die ellende
 3      en die onreg in die krotte van die myn,
 4      in agterbuurte en op landerye; slegs die pyn
 5      en skriklike stryd van God
 6      leer ken, wat mens en boom verknot
 7      in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe
 8      In aanbidding van die son kon verwe,
 9      boere, wasvrouens en gepynigde gesigte,
 10     die kantelende landskap in die snelle ligte
 11     geel en groen en blou – alles met koorsige gevlek
 12     tot branding van die skone kon verwek,
 13     toe is Sy hartstog eers in jou volbring
 14     soos groen sipresse tot ŉ vlam verwring.
                                                         [Bron: Heilige beeste, 1947]

 Die kernfrases “heilige vergeefs geveg” en “hartstog eers in jou volbring”
 staan in kontras met mekaar. Verduidelik hoe hierdie frases Van Gogh se stryd
 beklemtoon en hoe hy uiteindelik sy goddelike roeping aanvaar.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 250–300 woorde.                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                         7

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Die sagte sprong – Sheila Cussons

 1     Dit kom wanneer dit nie verwag
 2     word nie: ŉ aanraking van die verstand
 3     lig soos ŉ veer, vlugtig maar presies
 4     en jy dink as sy ligtheid so is, so potent
 5     dat die aandag nog lank daarna
 6     die indruk behou, hoe moet sy vasvat wees?
 7     : Dit kom wanneer dit nie verwag
 8     word nie: iets wat die bewussyn tot
 9     in die lewe tref, iets soos ŉ sagte sprong –
 10    vreugde, verbasing, vreugde, herkenning:
 11    hoe moet sy vasvat wees?
                                                              [Uit Die sagte sprong,1979]

 2.1   Verduidelik die beeldspraak wat in die titel voorkom en benoem die halfrym.           (2)

 2.2   Gee een woord om versreël 1 saam te vat.                                              (1)

 2.3   Herlees versreëls 2 en 7.

       2.3.1    Hoe verskil die aard van die belewing wat in versreëls 2 en 7 volg?          (2)

       2.3.2    Hoe word die belewing by beide reëls uitgelig?                               (1)

 2.4   Evalueer die gepastheid van die beeldspraak in versreël 3.                            (2)

 2.5   Is dit korrek om te sê dat die vetgedrukte leesteken en woorde in versreël 7
       by mekaar aansluit? Motiveer jou antwoord.                                            (1)

 2.6   Watter ooreenkoms is daar tussen versreëls 6 en 11?                                   (1)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               AFRIKAANS HUISTAAL V2             (EC/SEPTEMBER 2021)

 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 oupa Thomas Daniel Granfield – Ronelda Kamfer

                                          1.
 1      dis vandag my oupa Thomas
 2      se verjaarsdag
 3      dit sou gewees
 4      het
 5      hy is dood
 6      toe ek in matriek was
 7      dis al wat ek regtig van
 8      matriek kan onthou

 9      die oggend toe die telefoon lui
 10     het my ma nie kom sê nie
 11     sy en my pa het opgestaan
 12     en is weg hospitaal toe

 13     al die grootmense, my oupa se kinders en hulle
 14     mans en vroue is hospitaal toe

 15     ek wou saamgaan
 16     ek wou net my oupa belowe dat ek
 17     okay sou wees
 18     dat ek eendag ŉ boek gaan skryf
 19     en hom nooit sal vergeet nie
 20     en dat ek die liefste vir hom was

 21     my ma het ŉ paar uur later
 22     gebel om te sê dat ek vir my en my suster moet kos maak
 23     sy het niks gesê van my oupa nie
 24     haar woorde het soos vlermuise om my gevlieg

 25     ek het gewag vir iets
 26     vir Pappa is dood
 27     of dis verby of hy’s oorlede
 28     maar sy’t aanhou praat oor kos
 29     toe ek haar uiteindelik stop en vra
 30     het die vlermuise aanhou vlieg

 31     “ja, vroeg vi-oggend”

                                           2.
 32     Die swaarste vir my was nie dat my oupa dood was nie
 33     maar
 34     dat die aarde aanhou draai het
 35     dat ek aanhou leef het
 36     dat alles wat verkeerd was nogsteeds verkeerd is

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                        9

 37     dat ek kon slaap en wakker word
 38     matriek slaag en aan ŉ toekoms kon dink
 39     die ergste van alles was dat ek alles kon doen wat
 40     ek moes doen
 41     en al wat ek regtig wou doen was om te huil
 42     ek wou dae aaneen huil
 43     ek wou sy leeftyd uithuil
 44     ek wou huil vir wie hy was en vir wie hy kon wees
 45     ek wou huil oor die onregverdigheid
 46     en ek wou huil omdat hy regtig lief was vir my
 47     en omdat ek geweet het dat hy lief was vir my
                                                           [Uit grond/Santekraam, 2011]

 3.1    Lees die titel van die gedig en die eerste strofe. Wat dink jy het aanleiding
        tot die skryf van die gedig gegee?                                                 (1)

 3.2    Waarom is die onthou van oupa Thomas ironies?                                      (1)

 3.3    Digvorm.

        3.3.1    Motiveer waarom hierdie gedig juis as ŉ elegie bestempel kan
                 word.                                                                     (2)

        3.3.2    Dui aan hoe die stemming by dié van ŉ elegie aansluit.                    (1)

 3.4    Waarom kan die gedig as ŉ vrye vers getipeer word, en evalueer waarom
        hierdie vrye versvorm gepas is as jy na die inhoud van die gedig kyk?              (2)

 3.5    Benoem die beeldspraak in versreël 24.                                             (1)

 3.6    Dink jy die alleenplasing van strofe 7 is funksioneel? Motiveer jou antwoord.      (2)
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/SEPTEMBER 2021)

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 eerste worp – T.T. Cloete
 1     ons het nie ou katedrale en kastele nie,
 2     geen breë riviere bevaarbaar vir groot skepe nie.
 3     die min wolke wat ons het, is yl versprei.
 4     ons het nie groot metropole nie.
 5     ons is sonder groot donkergroen woude.
 6     dun is ons geskiedenis met min groot name
 7     soos beethoven of dante
 8     of rembrandt of bramante
 9     ons het min onwerklike sagte drome
 10    maar ons het uitgestrekte woestyne
 11    en krom grys bome wat houtbeen vasskop
 12    in die droë sand en koets teen die son
 13    ons het baie droë lope
 14    en oerrivierbeddings met ou inheemse name
 15    soos gourits en storievertelname soos skrij
 16    of kameelsleep en lijersdraai
 17    en baie reste naby die eerste worp
 18    by wêreldseinde in die suisende stil nag
 19    hoor jy die jakkalse fossielskreeu
 20    iewers tussen angstjank en primitiewe spotlag
                                                     [Bron: Uit die hoek van my oog, 1998]

 4.1   Word die titel letterlik of figuurlik hier gebruik word? Motiveer jou antwoord.        (1)

 4.2   Waarop konsentreer die spreker in die eerste stofe?                                    (1)

 4.3   Benoem die strofebou van strofe 2 en verduidelik hoe die strofe as eenheid
       saamgebind word.                                                                       (2)

 4.4   Haal ŉ voorbeeld van personifikasie uit strofe 4 aan en verduidelik die beeld.         (2)

 4.5   Herlees versreëls 10–18.

       4.5.1    Wat is die funksie van die stylfiguur wat herhaaldelik in dié gedeelte
                van die gedig voorkom?                                                        (1)

       4.5.2    Benoem die stylfiguur in versreël 18.                                         (1)

       4.5.3    Verduidelik hoe die herhaalde stylfiguur van VRAAG 4.5.1 die
                stylfiguur in versreël 18, van VRAAG 4.5.2 ondersteun.                        (1)

 4.6   Watter boodskap het jy as leser in die gedig gekry?                                    (1)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                           11

                                              EN
 ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)
 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 As die son sy ray bans nader trek – Ernst Grundling

 1        soms word selfs die son
 2        in sy wentelende braaikokon
 3        moeg vir wat hy op die Aarde sien
 4        as woede en weerlig hom pla ná tien

 5        tussen kernbomme en kuberkrakers
 6        en vullisdromme en vals orakels*
 7        dwing die mensekinders se lag en huil
 8        die son om agter sy bril te skuil

 9        by gebrek aan oogklap in sy herd*
 10       die son is nie ŉ seerower of perd
 11       besluit hy om die wêreld deur ŉ Ray Ban te lees
 12       (ŉ son wil mos ook in die mode wees!)

 13       dit doen hy dan vir ŉ kwartier of so
 14       en dwing ons om te loer na bo
 15       en verwonderd na die hemele kyk

 16       om te sien hoe die son agter sy sonbril lyk
          *orakels – spreekbuise deur wie gode direk met mense praat
          *herd – kudde
                                                                    [Uit as die son kom oogknip]

 5.1    Lees weer die titel en skryf die drie woorde wat met mekaar verband hou
        neer.                                                                                       (1)
 5.2    Benoem die halfrym in versreël 4 en verklaar die funksie daarvan.                           (2)
 5.3    Herlees versreëls 5–8.
        5.3.1    Wat word die strofe wat uit versreëls 5–8 bestaan, genoem?                         (1)
        5.3.2    Benoem die beeldspraak wat in dié strofe voorkom.                                  (1)
        5.3.3    Verklaar die beeldspraak wat in dié strofe voorkom.                                (1)
 5.4    Noem EEN van die menslike swakhede wat in strofe 3 aangespreek word.
        Sou jy sê hierdie is nog aktuele onderwerpe? Motiveer jou antwoord.                         (2)
 5.5    Noem die natuurverskynsel wat in versreël 13 plaasvind.                                     (1)
 5.6    Watter stemming heers in die gedig?                                                         (1)
                                                                                                   [10]
                                                                   TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2021)

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestu-
 deer het.
 DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
 Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG
 Iris se milieu of omstandighede het ŉ invloed op die keuses wat sy uitoefen.
 Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                      [25]
 VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG
 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS A

 1     By die hotel was daar pos. ŉ Ander klerk, seker lid van die nagskof, het die
 2     koeverte vir my gegee toe ek my sleutel kry.
 3     Hy het my skerp aangekyk en ek het gewonder of sy kollega hom omtrent
 4     my ingelig het. Daar was ŉ brief van Ma en een van Johanna. Ma het ge-
 5     lukkig geklink en vertel hoe sy saans Pa se sokkies sit en stop. Verder het
 6     klein Johan ŉ week by hulle gekuier omdat Hannes eksamen geskryf het,
 7     en die kind was vir haar ŉ vreugde. Johanna se brief was skerper. Die hitte
 8     was verskriklik, my kamer was ontstellend leeg en die klein snotkop dra die
 9     huis vol grond. Sy het my gemaan om warm aan te trek alhoewel sy nie kon
 10    verstaan hoe enigiemand in Desember kan winter hê nie en dat dit volgens
 11    haar swak beplan is omdat almal tog weet dat Julie winter is. Sy het ook die
 12    hoop uitgespreek dat ek my hare sal laat kap by een van die haarkappers
 13    wat sy op televisie gesien het, want my huidige steil, regaf gesnyde kapsel
 14    was nog nooit vir haar mooi nie en gaan Peter verskrik. Sy het haar brief
 15    geëindig met die vermaning dat ek versigtig moet wees, nie met vreemde
 16    mense moet praat nie en moet lig loop vir die Negers “omdat hulle nie soos
 17    ons is nie”.

 7.1   Hoekom bevind Iris haar in ŉ hotel?                                                (1)

 7.2   Wat omtrent Iris kon die ou klerk aan die nuwe een oorgedra het?                   (1)

 7.3   Ma en Johanna speel beide ŉ rol in Iris se opvoeding.                              (1)

       7.3.1   Hoe verskil Ma en Johanna ten opsigte van Iris se opvoeding?               (1)

       7.3.2   Waarom kontrasteer die verteller juis vir Ma met Johanna?                  (1)

 7.4   Watter soort verteller tree in die uittreksel op?                                  (1)

 7.5   Dink jy Johanna se verwysing na Iris se hare (reël 12–15) is regverdig?
       Verduidelik of haar verwysing na Iris se hare ŉ invloed op die loop van die
       roman het.                                                                         (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   13

 7.6    Johanna se slotwoorde in die uittreksel is onwaar. Hoekom?                         (1)

 7.7    Iris is met vakansie in dié uittreksel.

        7.7.1     Waar het sy haar direk voor die uittreksel bevind?                       (1)

        7.7.2     Noem TWEE bewyse van hoe die stad waar sy tans is, haar
                  naïwiteit bevestig.                                                      (1)

        7.7.3     Sê watter konflik die ruimte wat in die teks ter sprake is, by Peter
                  veroorsaak.                                                              (1)

                                                  EN

 TEKS B

 1      My getroude status het almal gepas. Ma en tant Ans het baie goed
 2      klaargekom en die twee pa’s, ná ŉ aanvanklike inkennigheid, ook. Peter se
 3      ouers het by Pa op die plaas gaan kuier en Ma is saam om te gaan kyk hoe
 4      dinge daar vorder. Sy het aangenaam verras teruggekeer; dit was blykbaar
 5      nie nodig gewees om haar te skaam nie. Pa se hartbeeshuis is uitgebou tot
 6      ŉ ordentlike woonhuis met ŉ dak, mure, ŉ badkamer en kombuis, elektriese
 7      bedrading en deure wat kon sluit en die wilde diere buite hou. Die werf was
 8      afgekamp en die beeskrale nie so na aan die huis dat die vlieë gepla het
 9      nie.
 10     “Ek sou daar kon woon,” het sy my vertel. “Polder Twee sal veilig wees.”
 11     “Die nijlpaarden vreet blykbaar nie honne op nie,” het Johanna uit haar
 12     maag gelag.
 13     “Ma kan nie vir Polder wegvat nie!” het ek gesê.
 14     “Hoekom nie, darling?”
 15     “Wat van my?”
 16     “Jy het mos nou vir Peter.”
 17     “Peter is nie ŉ hond nie.”
 18     “Haai, darling,” het sy gesê. “Ek hoop nie so nie.”
 19     My skoonouers het ŉ keer of twee by ons in die woonstel kom kuier,
 20     maar ...

 7.8     Iris het aanvanklik glad nie aan trou gedink nie. Wat, dink jy, het haar van
         besluit laat verander?                                                            (1)

 7.9     Pa se destydse besluit om ŉ plaas te koop, het konflik tot gevolg gehad.
         Hoekom was daar konflik en watter karaktereienskap van Ma word uit dié
         konflik afgelei?                                                                  (2)

 7.10    Waarom kan Johanna se woorde in reël 13 as sarkasties beskou word?                (1)

 7.11    Iris hanteer veranderinge moeilik.
         Hoe word die stelling in hierdie uittreksel bevestig?                             (1)

 7.12    Iris erf Johanna saam met die huis.
         Noem nog TWEE ander dinge wat Iris deur die loop van die roman geërf
         het.                                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2021)

 7.13    Die feit dat Iris se skoonpa ongemaklik voel in haar teenwoordigheid,
         sluit aan by een van die roman se temas. Noem dié tema.                         (1)

 7.14    Wat was Peter se pa se motivering vir die feit dat Iris van sy duiwe moet
         wegbly?                                                                         (1)

 7.15    Is Iris se ingesteldheid teenoor haar skoonpa geregverdig? Motiveer jou
         antwoord deur na haar skoonpa se optrede te verwys.                             (2)

 7.16    Hoe dra die stemming van die aangehaalde gedeelte by tot die roman se
         sukses?                                                                         (1)
                                                                                        [25]

 MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

 Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

 Baas se milieu of omstandighede het ŉ invloed op die keuses wat hy uitoefen.

 Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                     [25]

 VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS C

 1       Dennis Chipman, na wie die ooms en tantes dikwels liefdevol as die
 2       Skoenlappervanger of Die Buffeljagter van Barotseland verwys, is lank
 3       voor die jong Dennis Chipman se geboorte dood, maar in sy gedagtes
 4       groei die beeld van sy oupagrootjie geleidelik tot groter as lewensgroot.
 5       Hy kry nie genoeg van die familievertellings oor sy voorsaat nie.
 6       Gedurende skoolvakansies roei hy dae lank met sy selfgemaakte
 7       blikskuit op die Ebenezer-dam. In die reënseisoen toets hy die boot op
 8       die sterk kabbelwater van die Bo-Letabarivier. Wanneer hy naweke
 9       saam met sy pa, oom Baas, nefie Baas, oupa Baas en Ngwako gaan
 10      jag, voel hy dikwels dat hy met elke tree in die spoor van sy oupagrootjie
 11      trap.
 12      Hy is ŉ uithalerskut en jagter. Op jagtogte is dit hy wat geweer in die
 13      hand, bergop en bergaf deur die ruigste bosse en klowe, by die span
 14      jaghonde op die spoor van ŉ bosvark bly tot waar die dier omdraai om te
 15      veg. Nie eens Ngwako, sy Noord-Sotho-jagmaat met die lang
 16      asem, kan byhou nie.
 17      In 1966 verhuis hierdie Chipman-gesin na die suide van Suid-Rhodesië,
 18      nou Zimbabwe, waar pa Page en ma Grace die plaas Sable Ranch aan
         die Saverivier koop. Hulle verkoop die saagmeule en word beesboere.

 9.1     Watter rol speel Die Buffeljagter in hierdie roman?                             (1)

 9.2     Baas is in baie opsigte nes sy oupagrootjie. Noem DRIE ooreenkomste
         tussen die twee karakters.                                                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    15

 9.3   Hoe word Baas in dié uittreksel gekarakteriseer?                                 (1)

 9.4   Tot watter insig kom die leser rakende Baas en sy oupagrootjie in die
       uittreksel? Wat is die voordeel van dié soort verteller in die uittreksel?       (2)

 9.5   Op watter wyse ontnugter Baas later vir Ngwako?                                  (1)

 9.6   Barotseland speel as milieu-aanduider ŉ belangrike rol in die verhaal.

       9.6.1     Waar in Barotseland vestig Baas hom uiteindelik?                       (1)

       9.6.2     Waarom was Baas aanvanklik in dié plek teleurgesteld?                  (1)

       9.6.3     Hoe veroorsaak die verhuring van dié grond konflik by Baas?            (2)

 9.7   Dink jy Sable Ranch het ŉ invloed op die verloop van die verhaal?
       Verduidelik.                                                                     (2)
                                            EN

 TEKS D

 1     Die hooggelaaide vragmotor wat die gemeente gehuur het om die
 2     sendingpaar se meubels na Barotseland te vervoer, hervat sy reis.
 3     “Was dit nie vir jou ook snaaks nie, muluti? No work, no nothing, niks.”
 4     “Nou hoekom huil jy dan?” vra Griesel. Sy kneukels op die stuurwiel wys
 5     wit.
 6     “Oor die pampoen,” sê sy.
 7     “Stadig, Nanna. Jy kan nie vir elke mens langs die pad geld in die hand stop
 8     en reël dat hulle vir jou kom werk nie. Hier sal jy meer as ooit daarop moet
 9     konsentreer om dinge korrek te doen.”
 10    “Is dit nie korrek om te huil oor die eerste pampoen wat jy by jou nuwe
 11    gemeente present kry nie?”
 12    By Manaka hou hulle langs oom Scholtzie stil en klim uit. Hulle hoor hom ŉ
 13    woord sê wat predikante gewoonlik nie gebruik nie.
 14    ... “Wát sê jy, oom Scholtzie?” Die kuiltjie in Nanna se
 15    wang wil-wil terug.
 16    ... “Ek sê...ek sê hulle het al die sinkplate van die dakke afgesteel. Ek
 17    bedoel ... iémand het al die sinkplate van die dakke afgesteel.”
 18    Nanna stap stadig deur die verwoesting. “En die vensters en die
 19    deure en die kosyne uit die mure geruk,” sê sy

 9.8    Waarna verwys Nanna in die onderstreepte woorde in reël 3 en waarom vra
        Nanna juis hierdie vraag aan Griesel?                                           (2)

 9.9    Waaruit kan ons aflei dat Griesel gespanne is oor waar hulle hulle bevind?      (1)

 9.10 Hoe sluit Griesel se woorde dat Nanna nie vir elkeen kan geld gee nie, aan
      by die ruimte waarin dié sendelinge hulle gaan bevind?                            (1)

 9.11 Hoekom het die vrou vir Nanna ŉ pampoen gegee EN wat was die gevolg
      van hierdie handeling?                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2021)

 9.12   Herlees reël 8 en 9.

        9.12.1       Toon die ironie wat in Griesel se woorde voorkom, aan.                (2)

        9.12.2       Verduidelik hoe dié ironie teen die einde van die roman steeds
                     vir Griesel geld.                                                     (1)

 9.13   Dink jy oom Scholtzie se Christenskap kom in sy woorde in reël 16–17 na
        vore? Motiveer jou antwoord.                                                       (2)
                                                                                          [25]

 VATMAAR – AHM Scholtz

 Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

 Tant Wonnie se milieu en/of omstandighede het ŉ invloed op die keuses wat sy
 uitoefen.

 Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                       [25]

                                          OF

 VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS E

 1      Die volgende naweek terwyl Sus Bet en Oom Flip onder hulle boom
 2      (want hulle het dit nou “onse boom” genoem) sit en die tyd stadiger
 3      probeer laat loop deur nie te praat nie en nie aan die slaap te raak
 4      nie, sit en wag Siesie Lena vir haar Janman. Toe hy kom, gaan hulle
 5      ook onder ŉ doringboom sit sodat hulle kan sien as iemand aankom.
 6      Na sy vir hom vertel het wat haar kazie, haar cousin, haar vertel het,
 7      sê Janman: Sê dit weer, my Ma. Ek kan dit net nie glo nie, en dan glo
 8      ek dit tog weer. Partykeer pluk ŉ witman darem ŉ lat vir sy eie gat!
 9      Wat sal ons nou doen?
 10     Janman, sê sy ma, ons het nie baie tyd nie want tyd en geluk werk
 11     saam. Ek gaan vir Bet sê sy moet hierdie man van haar vra om vir haar
 12     een van die klippe te bring. Maar sy moet hom eers sê hoe gevaarlik
 13     dit is, want word hy gevang, sal hy in die tronk loop doodgaan.
 14     Ja, sy moet hom eers goed skrikmaak, sê Janman.
 15     Toe, nadat hulle hulle plan baie goed uitgedink het, sê Siesie Lena:
 16     Jy weet my kind, ons moet eerlik wees met hierdie man want ek weet
 17     al die mense wat gevang is, het mekaar probeer besteel.

 11.1   Wat is die verband tussen die vier karakters in die uittreksel?                    (3)

 11.2   Hoekom is dit korrek om te sê dat Oom Flip en Sus Bet die doringboom met
        reg “onse boom” kon noem?                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 17

 11.3   Watter werk het Oom Flip in die uittreksel gedoen en hoe sluit dit by die
        onderstreepte woorde van Janman in reël 8 aan?                                     (2)

 11.4   Herlees reël 15.

        11.4.1        Noem wat die rede vir Sus Bet se betrokkenheid by die plan was.      (1)

        11.4.2        Sê wat haar rol in die plan was?                                     (1)

        11.4.3        Watter voordeel het die plan vir haar ingehou?                       (1)

        11.4.4        Wat was die gevolg van dié plan vir Oom Flip?                        (1)

 11.5   Waarom is Siesie Lena se woorde in reël 16–17 teen die agtergrond van die
        roman nie geloofwaardig nie?                                                       (2)

                                                 EN

 TEKS F

 1      Sy het my ŉ kombers gegee om oor my te gooi, warm water gaan
 2      maak en dit saam met ŉ stukkie seep en ŉ handdoek vir my gebring.
 3      Na ek gewas het, het ek in die hoek van die kamer gaan sit en gou-gou
 4      aan die slaap geraak. Dis die diepste wat ek ooit in my lewe geslaap
 5      het, want ek was heeltemal weg. Maar toe die ou vrou my wakker
 6      maak, was ek terug in die wêreld van mense en vol pyn.
 7      My hart was gebreek oor wat ek gedoen het en tog ook nie alleen
 8      gedoen het nie. Ek het geen genade van my pa gekry nie, die pa vir wie
 9      ek so lief was en wat my sy Blom-uit-die-hemel genoem het.
 10     Ek kon nie glo wat in net ses maande se tyd gebeur het nie. My hele wêreld
 11     het verander en ek was alleen. Allah, het ek gesê, U is genadig, wees tog
 12     ook hierdie gevalle meisie genadig.
 13     Ek was maar net sewentien en ek het alles verloor wat die moeite
 14     werd was. Niemand het my meer liefgehad nie. Toe my pa my rok ge-
 15     skeur het, het hy gesê my respek is deur die varke opgevreet. En nou
 16     het hierdie ou vrou my “my kind” genoem en my aan my hand opge-
 17     trek. Sy het die kombers van my afgehaal en toe die rok gevat soos ŉ mens
 18     ŉ baadjie uittrek.

 11.6      Wie is in hierdie gedeelte aan die woord?                                       (1)

 11.7      Waarom is dit geslaagd dat hierdie persoon die verteller is?                    (1)

 11.8      Dink jy die oortreding regverdig die pa se drastiese optrede teenoor sy
           dogter? Motiveer jou antwoord.                                                  (2)

 11.9      Later in die roman kom die volgende woorde voor:
           In sy woede het hy gesê hy het sy maskawie, sy lobola, verloor.
           Watter karaktertrek van die pa kom hier duidelik na vore?                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2021)

 11.10   Na wie word hier verwys as die ou vrou en hoe sluit haar optrede by die
         tema van goed en sleg aan?                                                            (2)

 11.11   Hoe het die verteller haar dankbaarheid teenoor die ou vrou betoon en
         watter implikasie het dit vir Taliep ingehou?                                         (2)

 11.12   Herlees reël 7, 11 en 13.
         Watter stemming skep hierdie reëls?                                                   (1)

 11.13   Die verteller sê die volgende woorde later in die roman:
         Sy is ŉ Christen, het sy gesê, en ŉ lid van Ma Khumalo se kerk waar sy
         haar Jesus gevind het.

         11.13.1      Verduidelik wat hier in die verteller se lewe gebeur het.                (1)

         11.13.2      Motiveer waarom hierdie gebeurtenis as realisties, of nie,
                      beskou kan word.                                                         (2)
                                                                                              [25]

 ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

 Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG

 Eckardt is ŉ buitestander, maar tog het hy sosiale vaardighede gehad.
 Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                           [25]

 VRAAG 13: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS G

 1       Ons wag, asems opgehou totdat ... die eerste bleek vingers oor die rand
 2       van die mangat vou. ŉ Kop verskyn. Kwanele hou sy hand uit, vat die
 3       Trapper s’n vas, trek hom uit. Die jong seun kom staan voor my en vir ŉ
 4       oomblik lank kyk ek hom vas in die oë. Dan gee ek hom die geheime
 5       Lawson Kollege handdruk. En uit die Trapper se sak haal ek die klein
 6       flitsliggie. Die een wat ons in al die Trappers se sakke sit as hulle
 7       geblinddoek en in die rondte getol word, voordat hulle in die mangat
 8       wegsak. Maar op daardie stadium is jy so gedisoriënteerd en bang dat jy dit
 9       nie eens agterkom nie. Jy word in die donker tonnels losgelaat, maar jy
 10      word die gereedskap gegee om jou te help om jou pad te vind.
 11      Die verbasing op die Trappers se gesigte is een wat hom herhaaldelik gaan
 12      afspeel, weet ons almal. Ek glimlag. “Lux hominum vita,” sê ek. “Lig is die
 13      lewe vir die mensdom.” Toe haal ek die doek wat om die Trappers se oë
 14      vasgebind was en wat nou los om sy nek hang, af.
 15      Ek vou dit op en sit dit in die Trapper se ander hand. “Om te onthou dat ons
 16      hier is om mekaar te help. Nou en in die toekoms.
 17      Toe begin die seuns wat by die vensters uithang, die skoollied te sing. Die
 18      klanke van hul stemme laat die hoendervleis op my arms uitslaan.
 19      Maar nie almal vind hulle pad nie.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   19

 13.1     Teen watter agtergrond speel hierdie uittreksel af?                              (1)
 13.2     Greg begin reeds sy eerste skooldag as ŉ hoofseun op die verkeerde voet.
          Waarom kan ons so sê en wat insinueer Plank oor die VLR?                         (2)
 13.3     Watter onverwagse aankondiging maak Dok Pienaar wat later verreikende
          gevolge in die roman sou hê?                                                     (1)
 13.4     Wie is die verteller in die uittreksel? Gee EEN voordeel van sodanige
          verteller.                                                                       (2)
 13.5     Wat impliseer die onderstreepte sin in reël 4 en 5?                              (1)
 13.6     Ruimte.
          13.6.1      Dui die verband aan tussen die ruimte waarin Greg en die
                      Trappers hul in hierdie uittreksel bevind.                           (1)
          13.6.2      Hoe skakel die ruimte met die titel van die roman?                   (1)
          13.6.3      Van watter onderwêreld het Greg “die doek” afgehaal?                 (1)
 13.7     Die feit dat Greg gekeer het dat Eckardt in die mangat moet afsak, maak
          die deur vir Eckardt oop om Greg sosiaal te manipuleer. Bewys of weerlê
          hierdie stelling.                                                                (2)
                                               EN

 TEKS H

 1        “Jy was vroeër vanjaar by die ouens ... daardie aand toe die graadagts
 2        deur die tonnel gejaag is, was jy nie?”
 3        “Ja, al die matrieks was daar.”
 4        “En Eckardt?”
 5        “Hy ook.”
 6        “Een van die matrieks sê my daar het iets gebeur die aand. Dat Eckardt
 7        ook deur die tonnels moes gaan, maar jy het gekeer.”
 8        Ek voel hoe ŉ sweetdruppel langs my slape begin vorm, dan stadig afloop
 9        na my wang.
 10       “Hoekom het jy gekeer,Greg?” Sy laat die vraag so onskuldig klink.
 11       Ek sluk swaar. “Want ek het nie gedink dis fair nie. Hy was nie een van
 12       die Trappers nie.
 13       Maar hy was nuut in die skool.”
 14       “Ek weet.”
 15       “En dit was tog aanvanklik jóú plan om hom saam met die graadagts in
 16       die tonnel te sit.”
 17       “Ek het my mind ge-change, Inspekteur. Is daar iets daarmee verkeerd?”
 18       Sy bly kalm. “Ek glo jou nie, Greg. Is daar iets dáármee verkeerd?”
 19       Stilte. Ek antwoord haar nie. “As jy nie praat nie, kan ek my eie afleidings
 20       maak. Soos dat jy dit nie daardie aand gedoen het nie, maar wel later.
 21       Dalk verlede Woensdagaand, Donderdagoggend?”
 22       “Ek het niks aan Eckardt gedoen nie! Niks!”
 23       Inspekteur Cele knik haar kop stadig, glimlag skalks.
 24       “Julle moet my glo!” Ek draai na meneer Andersen toe. “Meneer?”
 25       “Ek dink dis nou genoeg,” sê hy vir die inspekteur.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2021)

 26      Haar stem is sag maar ferm: “Goed dan, ons praat weer, Greg. Jy beplan
 27      nie om ook iewers heen te gaan nie, nè?”
 28      “Ek moet by die Wiskundeklas uitkom,” antwoord ek net. “My pa gaan nie
 29      daarvan hou dat ek so baie klasse mis nie. Hy verwag nege onderskei -
 30      dings van my.

 13.8    Watter optrede in die uittreksel is teenstrydig met Greg se aanvanklike
         dunk van Eckardt?                                                                   (1)

 13.9    Greg maak ŉ skokkende ontdekking.

         13.9.1      Watter skokkende ontdekking maak Greg die aand ná die
                     ondervraging deur Inspekteur Cele?                                      (1)

         13.9.2      Watter rol speel Dok Pienaar in hierdie ontdekking in
                     VRAAG 13.9.1?                                                           (1)

         13.9.3      Waarom is hierdie ontdekking ironies as jy die skool se leuse (reël
                     12 TEKS G) in gedagte hou?                                              (1)

         13.9.4      Hoe doen Greg egter die leuse gestand?                                  (1)

 13.10   Hoe verskil Kwanele se handeling in TEKS G reël 2 en 3 van Inspekteur
         Cele se handeling in TEKS H reël 19 en 20? Motiveer of Greg dieselfde as
         die Trapper doen.                                                                   (2)

 13.11   Herlees reël 24.

         13.11.1      Hoekom is dit ironies dat Greg nou na mnr. Andersen toe draai
                      vir hulp as jy die skool se optrede met die verdwyning van
                      Eckardt in ag neem?                                                    (1)

         13.11.2      Het Greg vanaf TEKS G na TEKS H karakterontwikkeling
                      ondergaan om eindelik as ŉ ronde karakter geklassifiseer te
                      word? Motiveer jou antwoord.                                           (2)

 13.12   Dit titel van hierdie uittreksel is Project Nursery Rhyme. Na watter drie
         karakters in die roman verwys die volgende aanhalings uit die kinderrympie
         onderskeidelik: The Butcher, The Baker en The Candlestickmaker?                     (3)
                                                                                            [25]

                                                              TOTAAL AFDELING B:             25

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)            AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     21

 AFDELING C: DRAMA

 Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer
 het.

 KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

 Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF vraag 15 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG

 As gevolg van Map se verlede is daar verskeie karakters in die drama Krismis van
 Map Jacobs wat onseker is oor die feit dat hy wel ŉ “changed man” in die tronk
 geword het. Map bewys egter die teendeel.
 Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                     [25]

 VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS I

 1      BLANCHIE:         (hou hom halfhartig weg): Johnnie ... Nee ...
 2      MAP:              Aag, Blanchie ...
 3      BLANCHIE:         Ek moet nou loop ...
 4      MAP:              Maar ...
 5      BLANCHIE:         Hulle wag vir my ...
 6      MAP:              Hulle?
 7      BLANCHIE:         Daddy en Antie Maud ...
 8      MAP:              O ...
 9      BLANCHIE:         Daddy moet weer yt vanaand, man ...
 10     MAP:              Moet die canvassing?
 11     BLANCHIE:         Ja ...
 12     MAP:              Hy’s ŉ werksamige man ...
 13     BLANCHIE:         Aag, jy wiet hoe is Daddy ...
 14     MAP:              Ja, hy wil julle hierso ytvat, yt die township yt ...
 15                       Ek niem hom nie kwalik nie ...
 16     BLANCHIE:         Hy’s all right ... Eintlik ŉ goeie man ...
 17     MAP:              Blanchie...
 18     BLANCHIE:         Mmmm?
 19     MAP:              Ek ... Ek ... Het jy ... Ek mien ...
 20     BLANCHIE:         Johnnie, moenie ...
 21     MAP:              Blanchie ...
 22     BLANCHIE:         Johnnie ...
 23                       Hy raak aan haar. Sy aan hom. Hulle soen mekaar.
 24                       Breek.
 25     MAP:              Blanchie ...
 26     BLANCHIE:         Johnnie ... Ek Antie Maud ... Daddy ... wag ...
 27     MAP:              Ja ... Blanchie ... Okay
 28     BLANCHIE:         Bye ... Okay ...

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2021)

 29     MAP:                 Okay ... Sien, jou môre-oggend ... op die bus ... by die
 30                          busstop ...
 31     BLANCHIE:            Okay, Johnny ...
 32                          Blanchie beweeg stadig af, terwyl sy bly terugkyk. Die
 33                          lig verander. Ons is terug by Map in die tronk, waar hy
 34                          afskeid geneem het van Antie Grootmeisie

 15.1   In watter milieu bevind Map hom in hierdie uittreksel?                               (1)
 15.2   Milieu.

        15.2.1       Wat het daartoe gelei dat Map hom in hierdie spesifieke milieu
                     bevind?                                                                 (1)
        15.2.2       Dink jy die politieke bestel wat aan die orde van die dag was, het
                     daartoe bygedra dat Map in hierdie milieu is?                           (2)
 15.3   Herlees die toneelaanwysing in reël 1.
        Motiveer waarom hierdie aanwysing funksioneel is en sê wat ons hieruit oor
        hulle verhouding leer.                                                               (2)
 15.4   Blanchie praat voortdurend van Johnnie in die uittreksel? Hoekom word daar
        op twee maniere na dieselfde karakter verwys?                                        (2)
 15.5   Waarom is die gebruik van die beletseltekens hier so funksioneel?                    (1)
 15.6   Herlees reël 12.
        Watter verband is daar tussen dié reël en Mr. Cavernelis se droom vir hom
        en sy gesin?                                                                         (2)
 15.7   Hoe skakel die neweteks in reël 32–34 met dié uittreksel?                            (3)
                                                  EN
 TEKS J

1       MAUD:                 (gooi haar hande op): Well, so there you have it!
2       CAVERNELIS:           (heeltemal uit die veld geslaan): Maar ... maar Maudie ...
3                             Blanchie ...
4                             Blanchie, met ŉ stuk papier – ŉ brief in haar hande. Sy
5                             huil.
6       BLANCHIE:             ‘Is nie wáár nie ...
7       MAUD:                 Maar ‘it is wáár! You’ve read the letter, my dear ... Now
8                             stop crying, sweetheart, crying won’t help ...
9                             Blanchie huil.
10      CAVERNELIS:           (hulpeloos): Maar ... ek het nie gekan dink ...
11      MAUD:                 (wreed): Maar jy’t nooit gekan enigiets nie, Cavernelis-
12                            darling! Of course het jy nie gekan dink ... (Sy lag sinies.
13                            Cavernelis bek-af.) Blanchie, that’s life my sweetheart ...
14                            that’s people, man ... You trust them, you trust them, you
15                            do things for them, an’ they will just dump you, like that!
16                            (Sy beduie.) Trust me, I’ve been through it all ...
17      CAVERNELIS:           Die vuilgoed ...

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       23

 18      MAUD:                ... when they’ve used you, that’s it ... Maar ek het vir jou
 19                           gesê, sweetheart, those white dandies, die klomp
 20                           fashion-moffies ... hulle sil vir jou use tot lat hulle jou
 21                           klaar geuse het en dan ... dúmp hulle vir jou ... Next
 22      CAVERNELIS:          pretty girl in the queue, please ...
 23      MAUD:                Die vuilgoed ... En hoekom net ... nóú ...
 24                           in the béd ... I know the swine, sweetheart! All the sweet
 25                           talk, all the promises, while hulle vir jou use vir hulle eie
 26      BLANCHIE:            purposes ...
 27      CAVERNELIS           (snikkend): Daddy ... Antie Maud ...
 28                           Maar hulle het gesê ... gebelowe ... jy gaan Paris toe ...

 15.8     Watter slegte nuus kry die Cavernelis gesin? Beskryf die teenstellende
          reaksie van Cavernelis en Maud onderskeidelik op hierdie nuus?                         (3)

 15.9     Watter karaktereienskap van Blanchie blyk uit reël 6? Motiveer of Blanchie
          hierdie karaktertrek nog steeds aan die einde van dié toneel openbaar.                 (2)

 15.10    Cavernelis het alles in sy vermoë gedoen om uit die township weg te kom.

          15.10.1      Was hy suksesvol in sy pogings? Motiveer jou antwoord.                    (1)

          15.10.2      Wat was uiteindelik die resultaat van sy pogings?                         (2)

          15.10.3      Motiveer of jy simpatie met die Cavernelis-gesin het, al dan nie.         (1)

 15.11    Wat is die verskil in die stemming tussen TEKS I en TEKS J?                            (1)

 15.12    Die tema van die drama kom duidelik in die uittreksel na vore. Formuleer die
          tema van die drama.                                                                   (1)
                                                                                               [25]

                                                 OF

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2021)

VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG

Konstabel boesem vertroue in by die vrouekarakters in die drama Mis. Vir die leser
bewys hy egter die teendeel.
Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                         [25]

VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG

TEKS K

1                      Terwyl Miem verder praat, kom Meisie weer binne, gaan sit en werk
2                      verder.
3        MIEM:         Ek wil dit nie hoor nie. Ek wil dit nie weer hoor nie! Dit ontstel my te
4                      veel. Al die arme sotte wat nie die gevaar besef nie. (Snork) Op pad
5                      hierheen het jy seker die tent net buite die dorp gesien?
6        GERTIE:       Ja. En baie mense wat toustaan om in te gaan.
7        MEISIE:       (opgewonde) is daar baie liggies en is die tent groot?
8        MIEM:         (kwaai) En vir wat wil jy weet! (Aan GERTIE) Die dwase!
9                      Maar ek was my hande in onskuld. Ons het gewaarsku en
10                     gewaarsku, maar hulle wou nie hoor nie! As ek dink aan die aaklige
11                     mense. Rondlopers en kwaaddoeners.
12       GERTIE:       Om nie eenste praat van die fratse nie! (Gril) Om net daaraan te dink
13                     ...
14       MIEM:         Fratse? Watse fratse?
15       GERTIE:       In die kleiner tent langsaan. Jy moet betaal om in te gaan.
16       MIEM:         En hoe weet jy van ... hierdie fratse?
17       GERTIE:       (verbouereerd) Ek?
18       MIEM:         Ja. Jy
19       GERTIE:       Wel ...
20       MIEM:         Het jy hulle gesien?
21       GERTIE:       Ja. (Vinnig) Net een maal.
22       MIEM:         Maar, Gertie, hoe kon jy soontoe gaan?
23       GERTIE:       Sien ... ek wou na hierdie arme skepsels gaan kyk ... hierdie
24                     armsalige en gebreklike wesens ... sodat ek my seëninge kan tel. Om
25                     ander se ongeluk te aanskou ... maak ŉ mens so innig dankbaar ...
26       MIEM:         Ja-nee, dit is seker waar. Ek is jammer, Gertie. Ek het gedink jy het
27                     gaan kyk uit blote nuuskierigheid. (Sug) Nou vertel ons van die arme
28                     skepsels, Gertie. (Wys na Meisie) Dit sal haar goed doen. Sy is mos
29                     alewig ontevrede.

17.1     Wat behels Meisie se werk, volgens reël 1 en 2 en watter nagevolg hou dit
         vir haar in?                                                                         (2)

17.2     Waarom gebruik Miem herhalende dialoog in reël 3?                                    (1)

17.3     In reël 4 verwys Miem na gevaar.

         17.3.1 Watter gevaar bedreig die gemeenskap?                                         (1)

         17.3.2 Identifiseer die sosio-politieke agtergrond waarin Miem en Meisie
                hulle hier bevind.                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      25

17.4    Herlees die neweteks in reël 7.
        Waarom reageer Meisie so, gesien in die lig dat sy rééds daar was?                      (1)

17.5    Herlees die neweteks in reël 12.

        17.5.1        Motiveer waarom Gertie se optrede nie so oortuigend is nie.               (1)

        17.5.2        Spreek jou uit oor Miem se reaksie oor Gertie se vertelling.              (3)

17.6    Motiveer waarom Miem se maatreëls om Meisie teen die sirkus te beskerm
        nie suksesvol was nie en sê om watter rede die hofnar suksesvol was.                    (3)

17.7    Waarvan is hierdie fratse ŉ simbool in dié drama?                                       (1)

                                                 EN
 TEKS L

 1      MIEM:                 Gaan maak dit tog leeg, my kind. En spoel dit goed uit.
 2      KONSTABEL:            Laat ek help.
 3      MEISIE:               As dit vol is, is dit baie swaar. As jy een kant vat, dan vat ek die
 4                            ander kant.
 5      KONSTABEL:            Dis goed so.
 6      MEISIE:               (bly) en as ons baie gesels, dan hoef ons nie die musiek te hoor
 7                            nie.
 8                            Die KONSTABEL staan op. MEISIE neem sy arm en lei
 9                            na die emmer. Sy sit sy hand op die handvatsel.
 10     MIEM:                 Dit is gaaf van u, Konstabel.
 11                           MEISIE en die KONSTABEL beweeg met die slopemmer na die
 12                           agterdeur. Van die inhoud spat uit.
 13     MIEM:                 Meisie, sê vir die konstabel van die drie trappe op na die
 14                           kleinhuisie.
 15     MEISIE:               Ja, ma. (Maak die deur oop)
 16                           Die sirkusmusiek kan gehoor word. Meisie en die KONSTABEL
 17                           na buite.
 18     MIEM:                 (trap versigtig oor die spatsel, gaan staan by die deur en kyk
 19                           agterna) En moenie op die flappe trap nie. Hulle word vanjaar
 20                           so mooi. (Sag aan GERTIE) Die tweetjies kom nogal goed
 21                           klaar.
 22                           GERTIE gaan sit op die stoel langs die stoof.
 23     MIEM:                 Dit is baie koud. Vannag kan dit nog ryp. (Kort stilte) Die aakli-
 24                           ge musiek! As ek net dink ... (gril) glo towenaars en halfkaal
 25                           mense wat aan toue swaai.
 26     GERTIE:               En die spul was nog vanmôre deur die strate ook.

 17.8   Herlees reël 1.

        17.8.1        Waarna verwys Miem?                                                       (1)

        17.8.2        Gee bewyse uit die drama hoe die antwoord op VRAAG 17.8.1 Miem
                      se lewe beïnvloed.                                                        (2)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2021/ff108b78-d3ed-481e-bcc0-ecd7d096a8be) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2021/bd0848ce-447c-46d0-8bdd-1169e8e62e6e) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2021/42e929f2-d518-448d-9474-d880ba2834f8) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2021/7bdd34ac-0ea8-45ae-9033-ffd66428cf13) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2021/54f8cdfd-5b2e-4cb9-a51e-0ac6aa4c408b) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
