# Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2020, 25 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr12-qp-sept2020/0d2a12a3-0e38-4314-a0ff-8a366ff84e5e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-gr12-qp-sept2020/0d2a12a3-0e38-4314-a0ff-8a366ff84e5e)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2020 · Afrikaans. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2020

                  AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   80

TYD:     2½ uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2020)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.

 2.   Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
      inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die
      letterkundetekste wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat
      jy gedoen het en kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.

 3.   Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A: Gedigte        (30)
      AFDELING B: Roman          (25)
      AFDELING C: Drama          (25)

 4.   Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B
      en EEN uit AFDELING C.

      AFDELING A: GEDIGTE
      Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
      Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

      AFDELING B: ROMAN
      Beantwoord EEN vraag.

      AFDELING C: DRAMA
      Beantwoord EEN vraag.

 5.   KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

         Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
         Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG.
         Indien jy die opstelvraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die
          kontekstuele vraag van AFDELING C beantwoord. Indien jy die kontekstuele
          vraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C
          beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou te help.

 6.   LENGTE VAN ANTWOORDE

         Die lengte van die opstel vir die gedig is 250–300 woorde.
         Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400–450 woorde elk.
         Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
          puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord die vrae bondig en
          relevant.

 7.   Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

 8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                   3

 9.    Beantwoord ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

 10. Voorgestelde tydsindeling:

       AFDELING A: ongeveer 40 minute
       AFDELING B: ongeveer 55 minute
       AFDELING C: ongeveer 55 minute

 11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2020)

 INHOUDSOPGAWE

 Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele
 vraestel deur te lees.

 AFDELING A: GEDIGTE
 Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
 VRAAGNOMMER                          VRAAG                        PUNTE         BLADSY
 1. “Wie’s hy?”                      Opstelvraag                     10             6

 2. “Reaksie”                           Kontekstuele vraag            10              7

 3. “besoekersboek”                     Kontekstuele vraag            10              8

 4. “Nog in my laaste woorde”           Kontekstuele vraag            10              9

                                                EN
 Ongesiene gedig: Verpligtend
 5. “Tsunami”                           Kontekstuele vraag            10             10
 AFDELING B: ROMAN
 Beantwoord EEN vraag.*
 6. Die kwart-voor-sewe-lelie               Opstelvraag               25             11

 7. Die kwart-voor-sewe-lelie           Kontekstuele vraag            25             11

 8. Manaka Plek van die Horings             Opstelvraag               25             13

 9. Manaka Plek van die Horings         Kontekstuele vraag            25             13

 10. Vatmaar                                Opstelvraag               25             15

 11. Vatmaar                            Kontekstuele vraag            25             15

 12. onderwêreld                            Opstelvraag               25             17

 13. onderwêreld                        Kontekstuele vraag            25             17
 AFDELING C: DRAMA

 Beantwoord EEN vraag.*
 14. Krismis van Map Jacobs                 Opstelvraag               25             20

 15. Krismis van Map Jacobs             Kontekstuele vraag            25             20

 16. Mis                                    Opstelvraag               25             22

 17. Mis                        Kontekstuele vraag       25           23
 *LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
           in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.
           Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae beantwoord
           NIE.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   5

 KONTROLELYS

 Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae beantwoord
 het.

                  AFDELING                VRAAG-             GETAL VRAE              MERK
                                          NOMMER            BEANTWOORD                
A: Gedigte
(Voorgeskrewe gedigte)                       1–4                    2
A: Gedigte
                                               5                    1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
                                             6–13                   1
(Opstelvraag of kontekstuele vraag)
C: Drama
(Opstelvraag of kontekstuele vraag)         14–17                   1

LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
         AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2020)

 AFDELING A: GEDIGTE

 VOORGESKREWE GEDIGTE

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

 VRAAG 1: OPSTELVRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

 Wie’s hy? – Adam Small

 1      Die poet
 2      wie’s hy?
 3      Djulle het so baie bek oorie poet
 4      ma wié’s hy?
 5      Is hy rêrag soes djulle dink
 6      Die ou moerie pen ennie ink
 7      wat in sy study sit en poems dink?

 8      Nai,
 9      djulle’s mistaken
 10     ma djulle is die poets
 11     djulle wat ini straat in loep
 12     ennie gladde bek verkoep
 13     ma die dinge sien
 14     en soema met daa God tien hulle roep!

                                                             [Uit: Sê Sjibbolet, 1963]

 Die kenmerke van die vrye vers kom duidelik in hierdie gedig na vore en die
 taalgebruik is funksioneel om die tema van die gedig te ondersteun.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 250–300 woorde.                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     7

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Reaksie – Vernon Fourie

 1      Ou Ghwarrie en tjy sê daai ding
 2      dat tjy nou gloe met hart en siel,
 3      is tjy oek nou een van hul kring
 4      en vyand vannie hotnotsriel?
 5      oe tjy sil nou met newwies
 6      en tjou beste sjute die dag deurbring,
 7      dit kan ek nog verdra,
 8      ma aai, wa’om
 9      daai Sunday-go-to-meeting-face, ou Ghwarrie?
 10     wiet, tjy praat mos nes daai seurtjie
 11     oppie draad,
 12     dis justice, love en tjêritie,
 13     tjy sê my ek sil eendag brand
 14     ma waa’s daai love en tjêritie?
 15     Die teorie wêk olraait,
 16     en wat kry tjy ou maat,
 17     net hate en insults hier.
 18     Dan soebat tjy nog ek moet gloe
 19     Net mattie, gee daai kan,
 20     Hou tjy tjou Sunday-go-to-meeting-face
 21     en ek my bottel jien.

                                                              [Uit: O snotverdriet, 1979]

 2.1    Gee die standaardafrikaans vir Ghwarrie in versreël 1.                                (1)

 2.2    Verduidelik wat die hotnotsriel is waarna in versreël 4 verwys word.                  (1)

 2.3    Waar is die wending in die gedig? Sê ook watter stemming na die wending
        in die gedig heers.                                                                   (2)

 2.4    Watter karaktertrek van die aangesprokene kom in versreël 9 na vore?                  (1)

 2.5    Van watter teorie is daar in versreël 15 ter sprake? Bewys dat dié teorie nie
        in die praktyk werk nie.                                                              (2)

 2.6    Gee die tema en boodskap van die gedig. Dui ook aan hoe die gedigtitel
        hierby aansluit.                                                                     (3)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2020)

 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 besoekersboek – Fanie Olivier

 1      op die sel se mure het iemand uitgekrap
 2      (of liewer: íngekrap): sy naam en al die dae
 3      van sy duskantste verblyf. gaan mens op stap
 4      deur duikweë stasies onder brûe bly draai die vrae

 5      wie was dié peter? waar kom pam vandaan?
 6      hoe het die vriendskap tussen brian en ed begin?
 7      sou w.a.l. se ouers hom meer as normaal geslaan
 8      het? hoe lank het lieb sy liesbet bly bemin?

 9      ek loer na hiërogliewe. ŉ boer het my gewys
 10     waar jagtonele oorgebly het teen die krans.
 11     vóór in die gideons se bybel is ŉ lang lys
 12     lesers wat hul teen sterflikheid probeer verskans.

 13     ŉ kind hoes seer; ŉ lam huil stomgemaak. ek skraap
 14     moed bymekaar: ek was hier en hier het ek geslaap.

                                                                   [Uit: Skimmellig, 1978]

 3.1    Watter simboliese betekenis verkry die titel van hierdie gedig?                       (1)

 3.2    Hoekom verander die spreker uitgekrap in versreël 1 na íngekrap? Verduidelik
        ook hoekom die woorde in versreël 2 tussen hakies geplaas word.                       (2)

 3.3    Wat is die funksie van die l-alliterasie in versreël 8?                               (1)

 3.4    Verklaar wat hiërogliewe in strofe 3 is en motiveer hoekom dit binne konteks
        van die gediginhoud ŉ geslaagde woordkeuse is.                                        (2)

 3.5    Benoem die stylfiguur in versreël 13 en verduidelik die dieperliggende
        implikasie van ŉ lam huil en stomgemaak onderskeidelik.                               (3)

 3.6    Waarom word die titel van die gedig met ŉ kleinletter geskryf?                        (1)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      9

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Nog in my laaste woorde – N.P. van Wyk Louw

 1      Nog in my laaste woorde sal jy wees,
 2      nog in die laaste skeemring van my dink
 3      en weet, as ek alleen in die bitter vrees
 4      van sterwe lê, en al die mindre sink
 5      in my deur vaal vergetelheid: veel haat,
 6      veel liefde wat kon waag om min te vra,
 7      ure wat rus geken’t, of blote daad,
 8      en nie die teken van jou onrus dra,
 9      jy wat vlam was: skoon en sterk en blind
 10     vir smart; wat alles tot jou beeltnis brand;
 11     wat áls kon eis en nooit volkome vind
 12     versadiging! Dan weet ek het jou hand
 13     my jeug se oopgelate kring voltooi:
 14     mooi is die lewe en die dood is mooi.

                                                               [Uit: Die halwe kring, 1937]

 4.1    Wie word in hierdie gedig aangespreek?                                                 (1)

 4.2    Verklaar die funksie van die enjambement in versreël 2–3. Haal ŉ woord in
        versreël 3 aan wat die emosie van die spreker se dink beskryf.                         (2)

 4.3    Verduidelik versreël 4–5 in jou eie woorde.                                            (1)

 4.4    Benoem die stylfiguur in versreël 7 en gee die funksie daarvan.                        (2)

 4.5    Hoe dra polisindeton in versreël 9 tot die verering van die geliefde by?               (1)

 4.6    Verduidelik TWEE implikasies van die woorde in versreël 12–13 as jy die
        bundeltitel in gedagte hou. Sê ook wat die slotsom is waartoe die spreker aan
        die einde van die gedig kom.                                                            (3)
                                                                                              [10]

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/SEPTEMBER 2020)

 ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Tsunami – Kobus de Wet

 11 Maart 2011

 1      toe die aarde se kors in twee skeur
 2      het eoniese kragte die oseaan gelig
 3      en woedend maar dodelik sekuur
 4      het die watermonster met volle mag
 5      op weerlose wesens afgestuur ...

 6      vergeefs is vervaard geskarrel
 7      om voor die sissende serpent
 8      van verwoesting te ontkom
 9      want duisendtalle het soos oggendmis
 10     in hul geliefde nippon
 11     onder die water en puin
 12                    verdwyn

 13     weke lank het die monster se ingewande
 14     nog van oordadigheid gerammel
 15     toe traag maar tevrede
 16     na die dieptes teruggetrek

                                                                 [Uit: www.woes.co.za]

 5.1    Waarna verwys die datum in die subtitel waarskynlik?                              (1)

 5.2    Benoem die halfrym in versreël 5 en verklaar die funksie daarvan.                 (2)

 5.3    Gee die funksie van die ellips aan die einde van strofe 1.                        (1)

 5.4    Benoem die beeldspraak in versreël 9–10 en gee die funksie van die
        enjambement in hierdie versreëls.                                                 (2)

 5.5    Wat word die soort strofe wat uit versreëls 13–16 bestaan, genoem? Gee
        ook TWEE bewyse uit die slotstrofe dat hierdie gedig ŉ vrye vers is.              (3)

 5.6    Verklaar die betekenis van versreël 15–16 in jou eie woorde.                      (1)
                                                                                         [10]

                                                           TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  11

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

 DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

 Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

 Die ruimtes in hierdie roman dra soms positief en soms negatief by tot Iris se
 lewensbegeerte.

 Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.                                [25]

 VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS A

 1     “Jy’s terug. Het ek lank geslaap?”
 2         Ek het na my horlosie geloer. “Omtrent ’n uur. Sal ek vir jou vars tee maak?”
 3         Hy het regop gesit en die deken soos ’n mantel oor sy skouers getrek. Die
 4     satynagtige stof en die goue kleur het dit nogal koninklik laat lyk. “Koffie,
 5     asseblief.” Hy het na sy sigarette gesoek en een aangesteek.
 6         “Hoekom wou jy vroeër tee hê en nou koffie?”
 7         “Ek het nie van daardie man gehou nie.” Hy het regop geskuif sodat hy met
 8     sy rug teen die muur kon sit. Ek kon sien hy word wakker, ordentlik wakker. “Het
 9     jy lekker geëet?”
 10        “Ja.”
 11        “En met niemand gesels nie?”
 12    Ek het stilgebly.
 13        “Iris. Vertel die waarheid.”
 14        “Die man het eerste met my gepraat. Wat kon ek doen?”
 15        “En wat wou hy hê? Het hy ook aangebied om jou beroemd te maak?”
 16        “Nee. Hy’t my vuurhoutjies gevat omdat hy dit versamel en toe het hy
 17    geloop.”
 18        Ek het op my eie bed gaan sit ná ek sy koffie vir hom gegee het. Hy het sy
 19    hand uitgehou na my.
 20        “Kom sit hier langs my,” het hy genooi.
 21        “Liewers nie.”
 22        “Hoekom nie?”
 23        “Jy weet wat sal gebeur.”
 24        Hy het geglimlag en ek moes my inhou of ek het oorgeduik in sy arms in.
 25    “Nou ja?” het hy gesê.
 26        “Ek dink ons moet mekaar net eers weer leer ken,” het ek preuts gesê, wel
 27    wetende dat ek nie lank sal uithou nie. Maar op daardie oomblik het die
 28    telefoon gelui ...

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2020)

 7.1 Waar bevind Iris haar in hierdie gedeelte?                                            (1)

 7.2 Watter karaktertrek van Iris kom in reël 3–4 na vore en van watter hulp en waarde
     is hierdie karaktertrek vir haar deur die loop van die roman?                         (2)

 7.3 Wie is die man na wie Peter in reël 7 verwys? Sê wat Iris se lewensfilosofie is en
     motiveer hoe dié man se optrede hierdie lewensfilosofie ondersteun.                   (3)

 7.4 Wat is die rol van die verteller in reël 12?                                          (1)

 7.5 Watter gevoel word deur Peter se dialoog in reël 15 opgemerk en gee ’n
     regverdigbare rede hoekom Peter so met Iris sou kon praat.                            (2)

 7.6 Is Iris se opmerking in reël 26 dat sy en Peter mekaar nie meer goed ken nie,
     geregverdig? Motiveer jou antwoord. Gee ook bewyse uit die roman dat Iris en
     Peter se verhouding tot dusver baie oppervlakkig was.                                 (3)

 7.7 Wat beteken deus ex machina? Verklaar hoekom die lui van die telefoon in
     reël 27–28 as ’n deus ex machina tussen Peter en Iris beskou kan word.                (2)

 7.8 Die telefoongesprek wat na hierdie gedeelte volg, het oor die aflewering van ’n
     kabelgram gehandel. Wat was die inhoud van hierdie kabelgram?                         (1)

 TEKS B

 1       Ek het maar gaan slaap. Toe ek die lig afskakel, het ek die Engel op die
 2    vensterbank sien sit, sy gesig na die tuin gedraai.
 3       “Jy het weer drooggemaak,” het ek verwyt. “Waar was jy toe jy ’n oog oor die
 4    man moes hou?”
 5       “Dis sy lewe.”
 6       “Jy kan maklik praat. Jy is vry van aardse drange. Sover ek weet.”
 7       Hy het waardig geswyg.
 8       “En ons is swak. Ek wens ek was jy, verby hierdie aardse geploeter.”
 9       “Jy sal ook eendag soos ek word.”
 10      “Dink jy so?” Dit was ’n fassinerende gedagte. Sou ek ook op mense se
 11   vensterbanke rondsit en advies aanbied of weier? Sou ek ook saam met my
 12   toegewysde persoon in vliegtuie vlieg, in vreemde wêreldstede rondloop sonder
 13   om eers my roksoom vuil te maak? “Maar jy is nie altyd by my nie,” het ek hom
 14   herinner. “Ek hoop ten minste nie so nie. Dit sou pervers wees as jy altyd op my
 15   vensterbank na my sit en loer.” ’n Ander gedagte het my getref. “Dink jy ek blom
 16   dalk eers ná ek dood is? Gaan my bloeityd eers kom as ek my sigbaarheid
 17   verloor het?”
 18      “Party mense blom ongesiens,” het hy gesê. “So onverwags dat niemand dit
 19   eers opmerk nie.”
 20      “Soos Ma se lelie.”
 21      “Iets in dier voege, ja.”
 22   Net Polder Twee het opgetree soos hy moes. Sy lewe het jaar na jaar
 23   onveranderd voortgegaan. Hy het nie skielik kleintjies gekry of ’n dramatiese
 24   persoonlikheidsverandering ondergaan nie.

 7.9 Watter soort konflik kom in reël 3–4 voor en wie is die man na wie Iris verwys?       (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                13

 7.10   Herlees reël 12 van Teks A.
        Watter ooreenkoms is daar tussen Iris se handeling in Teks A en die van die
        Engel in Teks B?                                                                 (1)

 7.11   Reël 16–21 raak die hooftema van hierdie roman aan. Dink jy die tema van
        die roman is universeel geldend? Motiveer jou antwoord. Watter TWEE lesse
        het jy uit hierdie roman geleer?                                                 (3)

 7.12   Reël 22–24 raak die aspek van verandering aan. Noem die ironiese wending
        wat Iris, haar ma en haar twee susters se karakters in hierdie roman
        ondergaan.                                                                      (4)
                                                                                       [25]

 MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

 Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

 Baas se handeling beklemtoon die verhouding tussen die mens en die natuur.
 Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.                            [25]

 VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS C

 1          Teen die Zambezi draai hy wes om stroomop die kronkels van die
 2       rivier, en veral die stroomversnellings, te verken en aan te teken. Waar
 3       die Zambezi sy boggel maak, is dit al in die uitgetrapte olifantpaadjies
 4       langs, nog eens noord-waarts deur die oewerruigtes.
 5          Twee jaar ná sy aankoms op die kontinent vestig Dennis Chapman
 6       hom op die wal van die Zambezi tussen die mense van die Lozi-stam
 7       in Barotseland, die westelike provinsie van die huidige Zambië. Hy
 8       vang nie ’n enkele skoenlapper nie, en gaan nooit terug na sy land van
 9       herkoms nie.
 10         Onder die Malozi staan hy bloot as Baas bekend. Hy en Brindle,
 11      later ook hy en die basterafstammelinge van die oorspronklike Brindle
 12      – altyd met ’n Brindle as tropleier – word legendariese buffeljagters. Hy
 13      kap die trofeë aan die stamme van die reuse – oewerbome om sy kamp
 14      vas en dit besorg aan sy blyplek die naam Manaka, wat Plek van die
 15      Horings beteken.
 16         Met die jare kry hy langs sy hut ’n skooltjie aan die gang waar hy ’n
 17      klomp Malozi-kinders onder ’n worsboom met die vinger in die sand
 18      leer skryf en somme maak. Hulle leer ook lees en Engelse kerkliedjies
 19      sing – die enigste liedjies wat hy uit sy kinderjare onthou. Sy
 20      Sakbybeltjie staan in vir die leeswerk. Sondae word die ruwe
 21      kiaathoutbankies onder die worsboom die kinders en sommige ouers
 22      se kerk. Hy noem dit Manaka Evangelical Mission. Een van sy gemeente-
 23      lede is indoena Sitali Mulambwa, die stamhoof van die Senanga-gebied.
 24         ’n Passie om die noordelike wildernisgebiede van Afrika
 25      toegankliker te maak dryf Dennis Chapman.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (EC/SEPTEMBER 2020)

 9.1    Benoem die soort verteller in hierdie uittreksel en sê wat sy funksie in
        reël 1–4 is. Motiveer waarom hierdie soort verteller hier funksioneel is.               (3)

 9.2    Herlees die onderstreepte gedeelte in reël 8–9.
        Verklaar die verwysing na die skoenlappers en sê wat Dennis se land van
        herkoms is.                                                                             (2)

 9.3    Herlees reël 10.
        Verduidelik waarom Dennis Chapman slegs as Baas bekend gestaan het.                     (1)

 9.4    Watter belangrike rol vervul die worsboom (reël 17) in hierdie verhaal?                 (2)
 9.5    Was die oupagrootjie se ideaal om die wildernisgebied van Afrika toegank-
        liker te maak, geslaagd? Motiveer jou antwoord met TWEE redes. Sê ook wat
        Baas se droom is en of dit realiseer.                                                   (4)

 TEKS D

 1         “Jou reg om ’n Christen te wees maak van jou ’n Christen. Weet jy
 2      dit dan nie?” Ouma Essie haal haar Bybel uit haar sisvoorskoot se sak
 3      en gee dit vir Baas. “Jy kan mos lees. Romeine 10 vers 20.”
 4      Baas blaai.
 5         “Nie daar nie!” gebied sy. “Romeine is verder agtertoe. Glo jy
 6      hierdie boek?”
 7         “Wat sê jy, ouma Essie?”
 8         “Ek wil weet of jy in hierdie Boek glo, jongman. Dit help nie ons
 9      staan daaroor en praat as jy nie glo wat hierin staan nie. Het jy ’n
 10     Bybel?”
 11        “Ek het meer as een Bybel, ouma Essie. Ek het twee. Dit wil nie sê
 12     ek het die antwoorde nie.”
 13        Ouma Essie vat die boek hardhandig uit Baas se hande.
 14        “Nou vat al twee saam en gaan lees Romeine 10 vers 20.” Sy druk
 15     haar Bybel terug in haar sak. “Muluti Griesel en meneer Johnnie wag
 16     vir jou. Dis lekker stil daar in die mopaniewoud. Dan lees jy sommer
 17     Vers 9 en 10 ook.” Sy skakel die kragopwekker af.
 18          Priscilla en Akwilla se helder fluite hang oor die stilte. Baas trek die
 19     vasmaaktoue onder die seil uit.
 20          “Dank die Here,” sê ouma Essie.
 21          “Bolena!” sê Baas in die taal van die maats uit sy kindertyd. “Lea
 22     tshwenya!”
 23          “Wat sê jy?” vra ouma Essie verontwaardig.

 9.6    Wat lei ons in reël 1–3 omtrent ouma Essie se karakter af? Watter bydrae
        lewer ouma Essie tot Baas se karakterontwikkeling?                                      (2)

 9.7    Teen watter agtergrond vind Baas en ouma Essie se gesprek in hierdie
        gedeelte plaas?                                                                         (1)

 9.8    Herlees reël 11–12.
        Noem TWEE dinge wat tot Baas se innerlike konflik aanleiding gegee het.
        Hoe sou sy ouers se dood tot hierdie konflik kon bydra?                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                    AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     15

 9.9    Waarom is dit ironies dat Baas innerlike konflik ten opsigte van sy godsdiens
        beleef?                                                                                  (1)

 9.10   Motiveer met DRIE bewyse uit die roman dat Baas ŉ buitestaander is.                      (3)

 9.11   Hoe verskil Baas se optrede in TEKS D van sy oupagrootjie sŉ in TEKS C?                  (1)

 9.12   Watter tema van Manaka, Plek van Horings, kom in TEKS D sterk na vore?
        Motiveer waarom die boodskap van dié roman nog aktueel is.                              (2)
                                                                                               [25]

 VATMAAR – AHM Scholtz

 Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

 Vatmaar se versamelverhale is besonder menslik en leer vir die leser lewenslesse.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde deur na tant Wonnie,
 Bettie, oom Chai en Kenny te verwys. Evalueer die aktualiteit van die lewenslesse
 van hierdie karakters.                                                                        [25]

                                            OF

 VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS E

 1                                     And take this letter to Mister Keeley – the sur-
 2      veyor next to the firebuckets.
 3      Mister Keeley het vir my gesê: Hope you can work when you are drunk, for
 4      you are all the same. Be here on Thursday at eight o’clock sharp! – en hy het
 5      na die vloer gewys.
 6      Ons sou ons pay vir die eerste maand kry net voor die tyd wat genoem word
 7      die Paasnaweek. Die Goeie Vrydag, Saterdag, die Paassondag en die
 8      Paasmaandag – vier volle dae om George en Ruth se troue te vier.
 9      George het ’n hele maand vooraf gehad om dinge reg te kry, maar die tyd was
 10     min. Ek het op ’n keer vir hom gesê: George, vir wat vat jy haar nie net en
 11     woon met haar saam soos man en vrou nie?
 12         Hy kan, het hy gesê. But I don’t want to. If I love Ruth as I think I do, I must
 13     also respect her and her family.
 14         Ek het hom toe maar vertel dat ons die volgende dag ons mate by
 15     die kleremaker, Moosa Keppie, moes laat neem en sommer ook moes kyk of
 16     die swart materiaal vir ons pakke al gekom het.
 17         Alles het uitgewerk en ’n paar dae voor die troue was die pakke reg.
 18         Ruth se ouers was baie arm. Toe het ek stilletjies met een van haar tantes
 19     afgespreek dat ek vir haar geld sal gee om vir Ruth trouklere te koop.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2020)

 11.1   Watter indirekte rol het die Queen gespeel om Oom Chai en George Lewies
        bymekaar uit te bring?                                                              (1)

 11.2   Hoe het die besoek van Oom Chai en George Lewies aan mnr. J Walker ’n
        aandeel in die stigting van Vatmaar gehad en watter rol het George Lewies in
        die stigting gespeel?                                                               (2)

 11.3   Herlees die onderstreepte woorde in reël 4.
        Teen watter agtergrond speel die roman af? Is mnr. Keely se woorde teen dié
        agtergrond geregverdig? Noem EEN gevolg wat uit hierdie stereotipering
        gespruit het.                                                                       (3)

 11.4   Herlees reël 10–11.
        Dui die verband tussen Oom Chai se woorde in dié reëls en die titel van die
        roman aan.                                                                          (2)

 11.5   Ta Vuurmaak het Oom Chai skelm-slim genoem.
        Watter optrede van Oom Chai in TEKS E staan in kontras met bogenoemde
        uitspraak?                                                                          (1)

 11.6   In reël 12–13 is dit duidelik dat George Lewies vir Ruth respekteer. Wat is die
        gevolg daarvan vir George Lewies ten opsigte van ’n woonplek in Du Toitspan
        en watter tema sou na vore gekom het indien hy nie vir Ruth respekteer het
        nie?                                                                                (2)

 11.7   Wat is die voordeel van die soort verteller in TEKS E?                              (1)
                                             EN
 TEKS F

   1    Jy het buite gespeel, my kind. Kaaitjie het sit en luister. Toe het sy vir Oom
   2    Normy ŉ koppie tee gegee. Sy het daarvan gehou om vir hom tee te maak,
   3    partymaal tot drie, vier koppies toe.
   4    Die mense van Vatmaar het my gereeld gevra: Het daai jong man jou nog
   5    nie gevra om te trou nie? Ek het altyd gedink ek hou van hom, maar ek het
   6    nie ’n man nodig nie.
   7      Oom Norman het ŉ paar keer gesê hy is op een maand verlof en daarna
   8    sal hy ŉ nuwe lewe begin. Ek het altyd gewonder wat hy bedoel. Toe, op ŉ
   9    baie koue Vrydagmiddag, het hy skierlik oral rondgesoek na ŉ tentpen. Ek
  10    weet nie waar hy uiteindelik een gekry het nie, maar hy het die tentpen vir
  11    ons kom wys. Hy was baie gelukkig, net asof hy iets wat kosbaar was, gekry
  12    het. Dit het begin donker word en ek het vir hom gesê: Hoekom wil jy
  13    vanaand Pan toe loop? Jy kan mos hier slaap vannag.
  14      Hy het net gelag dat sy maag op en af gaan. Voor hy weg is, het Kaaitjie
  15    hom nog tee gegee.
  16      Dit was al laat, baie koud en donker buite. Hy het nog nooit tevore so laat
  17    by ons gebly nie en hy was ook nog nooit so aangenaam nie. Nooit het ons
  18    kon dink dat dit die laaste keer was dat ons hom lewendig sien nie.

 11.8     Hoekom is tant Wonnie as verteller hier geslaagd?                                 (1)
 11.9     Verduidelik die ironie in die woorde “Het daai jong man jou nog nie gevra
          om te trou nie?” (reël 4–5) en gee ŉ voorbeeld van latere woorde en
          handeling wat egter hierdie woorde van tant Wonnie weerspreek.                    (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    17

 11.10    Verduidelik hoe die woorde “... sal hy ŉ nuwe lewe begin.” (reël 8) met die
          tentpen se wys, skakel.                                                              (2)
 11.11    “Maar in daardie tentpen lê daar ook ŉ deel van Kaaitjie Muller.”
          Watter afleiding kan ons uit hierdie woorde van Kaaitjie maak?                       (1)
 11.12    Gee die tema van die roman wat in hierdie gedeelte sterk na vore kom.                (1)
 11.13    Die probleem van onskuldige lyding is een van die temas van Vatmaar.
          Watter gebeure het aanleiding gegee tot tant Wonnie se insig dat God
          binne in jou woon en verduidelik hoe die mense van Vatmaar se optrede
          tydens die gebeure hierdie insig versterk het.                                       (4)
 11.14    Is die taalgebruik in Vatmaar geloofwaardig? Motiveer jou antwoord.                 (1)
                                                                                             [25]

 ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen
 Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).
 VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG
 Die titel van die roman beklemtoon ook die hooftema. Dit verwys na die wêreld van
 die kuberkraker en ook na ander dieperliggende onderwêrelde.
 Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                          [25]

 VRAAG 13: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG
 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
 TEKS G

 1        “Dit sal cool wees om ŉ job te hê waar ek steeds kan speel met die tools en
 2        systems wat ek nou gebruik, en om betaal te word daarvoor.” Sy gesig helder
 3        sommer op toe hy dit sê. Ek kan hom nogal in so ŉ rigting sien, hy sal goed
 4        wees daarin.
 5             Ek wonder skielik wat John sou geswot het. Sou my pa hom steeds in ŉ
 6        rigting gedruk het waar hy nie wou wees nie?
 7             “Jy droom lekker,” sê Eckardt.
 8             “Skies, ek dink sommer net.”
 9             “Oor?”
 10            “Oor hoe mens besluit,” lieg ek. “Ek meen, ek is nog so jonk. Hoe moet
 11       ek weet wat ek vir die res van my flippen lewe wil doen?”
 12            “Tja, die skole toets kamtig, gee raad. Maar op die ou einde is die besluit
 13       joune. Ek dink jy moet luister na wat jou hart sê.”
 14            “My hart sê: ŉ toe bek is ŉ heel bek. Hy praat nie,” lag ek. “Miskien moet
 15       ek oorsee gaan. Net vir so ŉ jaar of twee. Maar ek sien al hoe sit dit my pa
 16       se stress levels in die rooi.”
 17            “Jeez, Greg, jou pa kan nie vir jou besluit nie,” sê Eckardt. “Jy is byna
 18       agttien, my ou. Tyd om op jou eie bene te staan.”
 19            “Jy ken obviously nie my pa nie,” grinnik ek.
 20            “Jy’s reg, ek ken hom nie.” Daar is ŉ vreemde glinstering in Eckardt se
 21       oë toe hy dit sê, maar hy tel weer sy boek op en ek vergeet daarvan.
 22            Twee aande later crack ek Challenge 4. En drie dae later pluk ek vir die
 23       eerste keer in my lewe ŉ wiskundetoets.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2020)

 13.1   Wat is die naam van die spesifieke ruimte waarin hierdie uittreksel afspeel?        (1)

 13.2   Hoekom is die onderstreepte beskrwying van Eckardt in reël 2–3
        geregverdig? Verskil hierdie direkte beskrywing van hoe Eckardt aan die
        einde van die roman beskryf word? Motiveer jou antwoord.                            (2)

 13.3   Watter soort verteller is in reël 5–6 aan die woord? Sê ook wat die rol van die
        verteller in hierdie reëls is.                                                      (2)

 13.4   Herlees reël 15–16.
        Noem DRIE gebeure in die roman waar Greg sy pa se ‘stress levels in die
        rooi’ sit. Word hierdie spanning tussen pa en seun eindelik opgelos? Motiveer
        jou antwoord.                                                                       (4)

 13.5   Bewys dat dramatiese ironie in reël 20–21 na vore kom en sê watter TWEE
        implikasies dit vir Greg en Eckardt se vriendskap inhou.                            (3)

 13.6   Verklaar die verwysing na Challenge 4 in reël 22.                                   (1)

                                             EN

 TEKS H

 1          Hulle weet nou dit was nie syne nie, weet ek dadelik.
 2          “ ... daar was niks op nie.”
 3          Ek frons. “Niks?”
 4          “Niks buitengewoons nie. ŉ Standaard Microsoft-bedryfstelsel,
 5      woordverwerkingspakket, sulke goed, jy weet.”
 6          “Seker, ek weet nie,” hou ek myself dom. So, daar was nie enige hacking
 7      tools op die laptop nie. Of, as daar was, sou sy vir my sê? Gooi
 8      inspekteur Cele aas uit om te kyk of ek byt?
 9          Sy gaan voort: “Wat vreemd was, was dat daar ook nie enige e-pos
 10     ontvang of gestuur is nie. Daar was ook nie enige dokumente gebêre nie.
 11     Ons kon nie sien op watter webbladsye hy was nie. Amper asof iemand dit
 12     alles uitgevee het.” Haar oë pen my weer vas. “Of dink jy daar is ŉ ander
 13     rede daarvoor, Greg?”
 14         “Inspekteur Cele, ek is nie die speurder nie,” antwoord ek haar. “Vertel jy
 15     my.”
 16         “Ek wonder nog steeds, Greg: hoekom was jou selfoonnommer die
 17     enigste een op Eckardt se sel? Wou hy daarmee vir ons ŉ leidraad gee?
 18     Wou hy sê jy het iets met sy verdwyning te doen gehad?”
 19         “Wat?” roep ek. “Beskuldig jy my, inspekteur?”
 20         “Nee, Greg, ek vra jou.”
 21         “Ek hou nie van sulke vrae nie!” Die woorde kook oor my lippe.
 22         “Greg, asseblief, hou jou in,” keer meneer Andersen.
 23         Inspekteur Cele se mondhoek lig effens. Haar oë blink, asof sy daardie
 24     vraag met opset in die gesprek ingegooi het. Sy wou my onkant vang terwyl
 25     ek op pad uit die klaskamer was.

 13.7   Waar pas TEKS H in die struktuur van die verhaal in? Motiveer jou
        antwoord.                                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 19

 13.8     In TEKS G het Greg tydens hul gesprek iets in die regterkantse hoek aan
          die buitekant van Eckardt se laptop gesien. Waarna, dink jy, kon inspekteur
          Cele dan moontlik in reël 2 van TEKS H verwys?                                   (1)

 13.9     Watter karaktereienskap van inspekteur Cele kom in reël 9–13 na vore?
          Noen TWEE bewyse dat Rina Owen se karakter baie anders as dié van
          inspekteur Cele is.                                                              (3)

13.10     Herlees reël 16–17.
          Skryf neer hoe Greg se naam op Eckardt se selfoonskerm vertoon het.
          Verduidelik hoe hierdie naamgewing Greg se teenwoordigheid in die
          onderwêreld ondersteun.                                                          (2)

 13.11    Benoem die soort konflik in reël 21.                                             (1)

 13.12    Wat is die hooftema en boodskap van hierdie roman? Gee ook EEN bewys
          dat onderwêreld ŉ jeugroman is.                                                 (3)
                                                                                         [25]

                                                             TOTAAL AFDELING B:           25

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/SEPTEMBER 2020)

 AFDELING C: DRAMA

 Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer
 het.

 KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

 Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF vraag 15 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG

 Blanchie se handeling en dialoog het telkens ŉ invloed op Map. Hul liefdesintrige
 oorleef tog eindelik die storms van die Kaapse Vlakte.
 Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                          [25]

 VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS I

 1                              Mister Cavernelis kom op ŉ Saterdagmiddag,
 2                              etenstyd, by die huis aan. Hy stoot sy fiets teen die
 3                              trap uit van die “flat” waar hy woon, en parkeer dit op
 4                              die klein platform bo. Hy sluit die fiets en ketting dit
 5                              aan die traliewerk. Hy gaan by sy deur in. Lig op die
 6                              kombuis doof in, waar Maud besig is om
 7                              Saterdagmiddag se ete reg te sit.
 8
 9        MAUD:                 O, jy’s by die huis, Cavernelis-darling. I’m just setting
 10                             the table for lunch, as you see.
 11       CAVERNELIS:           Ja, Maudie.
 12       MAUD:                 You can ma’ wash your hands. I’m almost ready.
 13       CAVERNELIS:           Ja, Maudie.
 14       MAUD:                 (by die kombuistafel) Jy mind mos nie lat ek maar die
 15                             matjies opsit nie, die doek is nog in die wash en ek
 16                             wil nie môre se doek nou al gebruik nie. Is môre
 17                             Sondag ...
 18       CAVERNELIS:           (van die badkamer af) Ja, Maudie.
 19       MAUD:                 (praat met haarself) Hy sê ook nooit iets anners nie.
 20                             Always just “yes”, always just “no”. Gmf! You never
 21                             know, this man, what is on his mind. (Sy bly besig
 22                             met die regmaak vir ete. Ons hoor die water in die
 23                             badkamer loop.) No, no, no, what am I saying. Hy’t
 24                             net die een ding op sy mind, soes ŉ obsession, ŉ
 25                             obsession. It drives me bloodywill crazy ... It does ...
 26       CAVERNELIS:           (roep) Hoe sê jy, Maudie?
 27       MAUD:                 I’m almost ready now, Cavernelis-darling ... (Dan
 28                             weer aan haarself.) Bloodywill crazy. Jesus!
 29                             (Geïrriteerd, wanneer sy daaraan dink.) Ja, ek sê
 30                             Jesus! ‘Is soes iets hom jaag. Jaag, jaag, jaag!

 15.1     Waar pas TEKS I in die struktuur van die drama in? Motiveer jou antwoord.           (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   21

 15.2     Watter sosio-ekonomiese omstandigheid is in reël 2–3 ter sprake en watter
          sosio-maatskaplike omstandigheid word in reël 4–5 aangeraak? Dink jy die
          dramatiese doelwit van reël 2–5 is geslaagd? Motiveer jou antwoord.                 (3)
 15.3     Dink jy Maud se lieftalligheid teenoor haar man in reël 9 is geregverdig?
          Motiveer jou antwoord.                                                              (1)
 15.4     In reël 16–17 blyk dit dat Sondag ŉ spesiale dag is.
          Is Maud se kritiek teenoor die leeglêers oor hul ingesteldheid jeens die Sabbat
          later in die drama regverdig? Motiveer jou antwoord.                                (1)
 15.5     Herlees reël 20–21.
          Bewys dat Maud se onderstreepte woorde teen die einde van die drama waar
          word en dui aan of die gebeurtenis ŉ ironiese wending in die drama meebring,
          al dan nie.                                                                         (2)
 15.6     Hoe dra Maud se taalgebruik tot haar buitestaanderskap in hierdie drama by?
          Noem enige TWEE ander handelinge van die Cavernelisse wat hul as
          buitestaanders beklemtoon.                                                          (3)
 15.7     Op watter wyse verseker die dramaturg dat spanning in reël 30 toeneem?              (1)
                                               EN
 TEKS J

 1        MAP                        Dankie, Here Jesus!
 2        APOSTEL GEORGE             Sê dit same met my ... Praise the Lord!
 3        MAP                        Praise the Lord! Ja ...
 4        APOSTEL GEORGE             In the name of Jesus Christ of Nazareth, rise up, rise up!
 5        MAP                        Praise the Lord!
 6        APOSTEL GEORGE             Jy kom van die Cape Flats af, broer Jacob, my nuwe
 7                                   broer. Hoekom bekommer jy jou, die Here Jesus het
 8                                   gekom van Nasaret!
 9        MAP                        (intens) Hoekom worry jy nog vir jouselwers, Map
 10                                  Jacobs!?
 11                                  Die twee praat in vervoering.
 12       APOSTEL GEORGE             Jy moet jou nie worry nie, Map Jacobs, laat los
 13                                  jouselwers net in die sorg van die wit lig van die Here ...
 14                                  See the lilies of the veld, they toil not neither do they
 15                                  spin!
 16       MAP                        Ek weet ...
 17                                  Dan, swetend, begin die Apostel sing, en uiteindelik
 18                                  sing Map ewe intens saam. Kitare – en ŉ saxofoon – op
 19                                  die agtergrond.
 20                                  Map en Apostel George is uitgeput wanneer hul klaar is
 21                                  met die lied. Dan praat die Apostel met Antie
 22                                  Grootmeisie.
 23       APOSTEL GEORGE             Missies Jacobs, die Here het jou seun aan jou
 24                                  teruggegee ...
 25                                  Sy knik.
 26       APOSTEL GEORGE             Die Here het vir hom gevat en vir hom ge-verander!
 27                                  Antie Grootmeisie bewoë, byt haar lip saam. Knik.
 28       APOSTEL GEORGE             Geloof sy die Here, missies Jacobs, sy weë is wonderlik

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2020)

 29                                   ...En sy weë is moeilik, en sy weë is soms langsaam,
 30      APOSTEL GEORGE:              maar sy juk is sag, so sê die Woord ...
 31                                   Antie Grootmeisie knik.
 32      APOSTEL GEORGE:              Só sê die Woord, missies Jacobs ...
 33                                   Die Apostel praat voort.
 34      APOSTEL GEORGE:              Map Jacobs kom huis toe, missies Jacobs, dieselfde
 35                                   Map Jacobs, maar nie dieselfde Map Jacobs nie, want
 36                                   hy is skoon gewas, hy het nuwe klere aan ...

 15.8    Teen watter agtergrond speel hierdie uittreksel af? Sê ook hoe die stemming
         in TEKS J van die stemming in TEKS I verskil.                                       (2)

 15.9    Wat is die rol van die verteller in reël 6–8?                                       (1)

 15.10   Die ligmotief in reël 13 dui op intertekstualiteit.

         Verduidelik volledig watter intertekstuele gebeurtenis die skerp wit lig betrek
         en sê hoekom dit met betrekking tot die hoofkarakter in hierdie drama
         funksioneel is.                                                                     (2)

 15.11   Herlees reël 18.
         Waarvan raak die saksofoon aan die einde van die drama simbolies?
         Verduidelik hoe musiek op TWEE ander oomblikke in die drama ŉ bepaalde
         stemming skep.                                                                      (3)

 15.12   Wat word die kursiefgedrukte woorde in reël 27 genoem. Gee DRIE gebeure
         vroeër in die drama wat aanleiding gegee het tot Antie Grootmeisie se
         reaksie hier.                                                                       (4)
                                                                                            [25]

                                                 OF

 VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG

 Konstabel en Meisie se transformasie ontbloot hul menswees en lei ook tot hul
 bevryding.

 Skryf ŉ opstel van 400–450 woorde waarin jy dié stelling bespreek.                         [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  23

 VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS K

1       GERTIE:          O!
2       KONSTABEL:       Nou ja ... (voel-voel met sy stok en beweeg nader aan MEISIE
3                        terwyl hy liggies snuif) ’n jong dame gee ŉ baie spesiale geur af.
4                        (By MEISIE. Ruik diep asof hy aan ŉ blom ruik)
5                        MEISIE word skaam en laat haar kop sak.
6       KONSTABEL:       (behaaglik) Die geur ... van ŉ jong dame.
7       MIEM:            Werklik interessant, Konstabel.
8       GERTIE:          (effens suur) Ja, dit is.
9       KONSTABEL:       Ek hoop ek het u gerusgestel. En my ander sintuie ... is byna net
10                       so goed ontwikkel. Ek het byvoorbeeld vannag geweet dis volmaan
11                       daarbuite.
12      MEISIE:          (verwonderd) Kan ŉ mens die maan dan ruik?
13      KONSTABEL:       (glimlag) Nee, Juffrou.
14      MEISIE:          (laggie, herhaal sag) Juffrou ...
15      KONSTABEL:       Dis net – met die volmaan is alles anders.
16      MEISIE:          (gretig) Hoe ... anders?
17      KONSTABEL:       Die krieke kriek harder. Die aandblom ruik soeter. Die adder seil
18                       vinniger deur die gras.
19      GERTIE:          En u kan dit alles waarneem?
20      KONSTABEL:       Ja. Ek kan.
21      GERTIE:          (vou haar hande saam) Uitsonderlik!
22      MIEM:            Kom sit gerus, Konstabel.
23      GERTIE:          (beweeg vinnig na die KONSTABEL en neem sy arm) So ja.
24                       Versigtig net vir die punt van die tafel. Dis reg. (Trek ŉ stoel uit)
25      KONSTABEL:       (kil) Ek sal verder regkom!
26      GERTIE:          (afgehaal) Soos u wil.
27      MIEM:            Wat van ŉ lekker koppie koffie, Konstabel?
28      KONSTABEL:       Ja, dankie. (Sit) Drie suikers en min melk. (Skuif sy sak onder die
29                       stoel in)
30      MIEM:            Meisie, maak vir die konstabel koffie. En jy het hom gehoor. Drie
31                       suikers en min melk.
32      MEISIE:          Ja, Ma. (Beweeg na die stoof)
33                       MEISIE hou die KONSTABEL onderlangs dop. MIEM en GERTIE
34                       hou hom ook dop. Hy sit doodstil en kyk voor hom uit. Na ŉ paar
35                       oomblikke van stilte bars hy skielik uit van die lag.

 17.1    Gee die moontlike toneelaanwysing wat tussen hakies voor Gertie se uitroep
         in reël 1 sou staan en sê wat net voor hierdie uittreksel gebeur het wat
         meegebring het dat sy só reageer.                                                   (2)

 17.2    Watter karaktereienskap van Miem kom in reël 7 na vore? Watter verreikende
         gevolge hou hierdie eienskap vir Miem in as jy die slot van die drama in gedagte
         hou?                                                                                (2)

 17.3    Verklaar hoekom Meisie in reël 16 gretig is.                                        (1)
 17.4    Wat is die funksie van die beletselteken in reël 16?                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2020)

 17.5     Watter karakter in die drama raak simbolies van die adder waarna in reël 17
          verwys word? Gee DRIE redes waarom hierdie karakter ŉ adder is.                  (4)

 17.6     Word dramatiese ironie in hierdie uittreksel opgemerk? Motiveer jou
          antwoord.                                                                        (1)

 17.7     Waar pas TEKS K in die struktuur van die drama in? Motiveer jou antwoord.        (2)

                                              EN

 TEKS L

 1                       Die agterdeur gaan oop. GERTIE verskyn. Haar bloes is weer
 2                       netjies toegeknoop en haar hare is ietwat onnet op haar kop
 3                       vasgesteek. Die sirkusmusiek kan gehoor word.
 4      MIEM:            Gertie, vir wat dwaal jy daar buite rond? Jy besef tog die gevaar.
 5      GERTIE:          (effens verbouereerd) Oefening en koue, vars lug ... bevorder ŉ
 6                       goeie nagrus.
 7      MIEM:            En maak toe die deur!
 8      GERTIE:          Jammer, Miem. (Maak die deur toe)
 9                       Die sirkusmusiek word nie meer gehoor nie.
 10     MIEM:            (staan swaar op) Nou ja, dan gaan kruip ek maar in.
 11     GERTIE:          Ek ook.
 12     MIEM:            Ek moet vroeg op. Die besending mis word sewe-uur gelaai.
 13     GERTIE:          Die skoolklok lui al kwart voor agt.
 14     MIEM:            (Honde wat blaf.) Hoor net. Dis die polisiehonde wat so blaf.
 15     GERTIE:          Die dorp word goed beskerm. (Kyk skaam na die KONSTABEL)
 16                      Ek is seker daar sal dié keer niks gebeur nie.
 17     MIEM:            Ek weet nie, Gertie. Ek ... het so ŉ aardige gevoel. Maar wag, ek
 18                      wil nie spoke opjaag nie. Kom ons gaan slaap. Nou goed,
 19                      Konstabel, ek hoop ons sien u gou weer. (Draai albei lampe se
 20                      pitte af) Ek draai maar die lampe se pitte af, Konstabel. Alles kos
 21                      geld en vir u is dit om’t ewe, nie waar nie?
 22     KONSTABEL:       Dit is so, Mevrou.
 23     MIEM:            Goeienag, Konstabel.
 24     KONSTABEL:       Goeienag, Mevrou. Goeienag, Juffrou.
 25     GERTIE:          Goeienag, Konstabel.
 26                      GERTIE en MIEM verdwyn deur die gangdeur. Die verhoog is nou
 27                      byna in donker gehul. Die KONSTABEL sit doodstil. ŉ DEUR klap
 28                      toe. Die KONSTABEL sit nog vir ŉ paar oomblikke stil, dan voel-
 29                      voel hy onder die stoel na die sak.

 17.8     Verklaar volledig hoekom Gertie se hare in reël 2–3 onnet op haar kop
          vasgesteek is.                                                                   (1)

 17.9     Verwys na die sirkusmusiek in reël 3.
          Gee DRIE funksies van die sirkusmusiek in hierdie drama.                         (3)

 17.10    Herlees reël 4.
          Verduidelik wat die gevaar is waarna Miem verwys. Gee ook die presiese
          historiese jaartal waartydens hierdie drama afspeel.                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2020)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 25

 17.11    Verduidelik watter implikasies die onderstreepte woord in reël 12 vir Miem
          inhou.                                                                          (3)

 17.12    Wat is die tema van die drama en formuleer ŉ boodskap deur die
          verwikkeling wat van TEKS K na TEKS L plaasgevind het, in gedagte te hou.
          Bewys ook dat Mis ŉ voorbeeld van ŉ eenbedryf is.                              (3)
                                                                                        [25]

                                                            TOTAAL AFDELING C:            25
                                                                GROOTTOTAAL:              80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 QP SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-qp-sept2020/54595e79-3d93-4ae2-b134-974b78fd2965) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2020/c443320a-014e-4134-a869-afbb86475a74) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2020/1c2a3f09-82b0-4c05-9c11-abab034e3b99) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2022/635d4025-2ec6-4a06-a793-dc0f35254a58) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
