# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2015 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2015, 28 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-june-july-2015-memo/8da47c41-e534-4c6b-97f6-361042b9ed60
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 28

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-june-july-2015-memo/8da47c41-e534-4c6b-97f6-361042b9ed60)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2015 · Afrikaans. Memorandum, 28 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                         2015

                                   MEMORANDUM

                                                                       PUNTE: 80

                      Hierdie memorandum bestaan uit 27 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       2                                   DBE/2015
                                    SSE – Memorandum

NASIENRIGLYNE
1.   As ’n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste
     antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die
     kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
2.   As ’n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte beantwoord
     het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.
3.   As ’n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
     opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
     antwoord word geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C
     beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een
     kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.
4.   As ’n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die
     tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
     antwoord word geïgnoreer.
5.   As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
     memorandum nagesien.
6.   As ’n spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
     gemerk. As die spelfout nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit
     as korrek beskou.
7.   Literêre opstel
     As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
     gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te
     lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener. Die
     memorandum is slegs ’n riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek
     beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die literêre opstelle na te sien.
8.   Kontekstuele vrae
     As ’n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ’n vraag dit vereis nie, word die
     kandidaat nie gepenaliseer nie.
9.   Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM
     NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
10.  Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
     rede/motivering/bewys verdien die punt.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           3                                         DBE/2015
                                        SSE – Memorandum

AFDELING A: GEDIGTE

VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

LET WEL:
       •   Dis ŉ breë raamwerk van feite.
       •   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Inleidingsparagraaf
Die kandidate kan enige gepaste inleidingsparagraaf aanbied, bv.
    • Dié gedig beeld die lewe van diegene wat in ’n bepaalde ruimte/tyd/omgewing/tydperk/
        apartheidbestel/tuislandbeleid uitgelewer is, uit.

   •   Volgens die kultuur waarin beauty gebore is, sal daar eendag vir haar lobola (beeste)
       betaal word deur haar toekomstige skoonouers wat tot moontlike rykdom vir haar eie
       ouers sal lei./bv. versreël 16: ek het beeste gebaar
   •   Die ruimte wat in die gedig/tydens die geboorte voorkom, getuig van armoede,
       want daar is nie kos nie/die baba is in die buitelug gebore./Bv. versreël 18: en die
       mielies klaar/versreël 3: omring deur die sterre se liggies/versreël 4: en koerante
       kaal klip.
   •   Die ruimte waarin die pa hom bevind, is die myn, want dit is waar die meeste
       trekarbeiders gewerk het./hy verdien geld vir sy gesin./Bv. versreël 20: oopgeskiet
       tussen lae klip
   •   Die geboorte van die baba is ook ’n tydsaanduiding, want die baba is in ’n eensame
       nag in die winter gebore./Bv. versreël 2: op ’n wintersnag so all forlorn
   •   In die aand, nadat hy moeg gewerk is, droom die pa van sy dogter, want die goeie
       nuus/opgewondenheid streel sy moegheid weg./Bv. versreël 30: saans as hy sy
       moegheid streel
   •   In die briewe kan ’n bepaalde milieu van die gedig raakgelees word.
           o Die eerste brief is deur beauty se ma uit Dimbaza (die tuisland,
               Ciskei)/apartheidsjare gestuur.
                Sy sê beauty is onder die sterre/in armoede /op ’n wintersnag gebore./Bv.
                   versreël 17–18: op ’n wintersnag so all forlorn met die sterre se goud.
                Dit is die gebruik dat die pa, wat in die stad werk/’n trekarbeider is, geld huis
                   toe sal stuur. Daarom het die ma vir die pa gevra om geld te stuur./Bv.
                   versreël 13: en te vra van die geld
                Die vroue versorg die landerye terwyl die man in die stad werk./Die ma het
                   aan die pa vertel dat die mielies (hul kos) klaar is./dat die mielies klaar
                   geplant is./die oes klaar is./Bv. versreël 18: en die mielies klaar
                Die ma het aan haar man gesê dat sy beeste gebaar het, dus was daar
                   volgens die kulturele gebruik, die vooruitsig op lobola./’n
                   rykmanswêreld./Bv. versreël 16: o my man ek het beeste gebaar.
           o Die pa het die tweede brief vanuit die stad/myne/as trekarbeider gestuur.
                Die pa het die brief in die laatnag gelees, want hy het toe eers tyd gekry/in
                   die dag gewerk./Bv. versreël 22: in ’n laatnagbrief: my vrou

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           4                                         DBE/2015
                                        SSE – Memorandum

                 Terwyl die pa ver van die huisgesin gewerk het, kon hy nie by die geboorte
                  wees nie, en het die boodskap aan beauty gestuur dat hy haar liefhet, bv.
                  versreël 27: om te sê hy het haar lief
               Die pa het sy brief per lugpos gestuur om die boodskap vinnig by haar uit te
                  kry, bv. versreël 25–26: hy’t sy brief gepos ... ’n lugposbrief aan beauty
                  douglas
            o Die derde brief wat die ma op ’n sonskynmiddag/uit die tuisland/dorp/Mnxesha
              aan die pa op die myne gestuur het, het slegs die tragiese nuus bevat dat
              beauty dood is./Bv. versreël 34–35: “beauty douglas was born she died”

Slotparagraaf
Die kandidate kan enige gepaste slotparagraaf aanbied, bv.
   • Dié tyd en ruimte (milieu) waarvan die spreker in die gedig praat, dra by tot die begrip
       van die gedig.                                                                                 10

                                              OF

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
Kwatryne – Ina Rousseau

Vraag     Antwoord                                                                          Punt
2.1       Gebroke rym √                                                                     1

2.2       ’n Akteur/mens/onbekende persoon. √                                               1

          Ja.
          Kwatryne 10 en 13 vorm ’n gedagte-eenheid, daarom kan dit een spreker
          wees./
          Omdat die spreker universeel van toepassing is, kan dit dieselfde spreker
          wees. √

                                                OF

          Nee.
          Kwatryn 13 vorm ’n afsonderlike gedig, daarom is dit ’n ander spreker. √          1

2.3       In die eerste deel word die stelling/waarneming gemaak/beeld                      1
          geskep/(akteursrol). √

          In die tweede deel word die stelling van toepassing gemaak./bring kontras wat
          groei tot ’n bepaalde beeld oor die lewe./(lewensrol)√                            1

2.4       Metafoor √                                                                        1

          Aan die einde van jou lewe word jou kostuums/maskers uitgetrek/ondergaan jy
          ’n gedaanteverwisseling/staan jy ongegrimeer/as jou ware self om
          verantwoording te doen voor die spelleier van die lewe. √                         1

          Ja.
          Die beelde wat in hierdie kwatryne gebruik word, sluit by toneelspel/drama
          aan. √                                                                            1

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            5                                         DBE/2015
                                         SSE – Memorandum

2.5       Die kandidaat gee sy/haar eie motivering hoekom hy/sy die betrokke vraag
          gekies het, bv.

          Kwatryn 11/sal U vir ons wat ons kostuums uittrek volgens ons moeite en
          geduld betaal?
          Ek sal wil weet of ek vergoed sal word vir my goeie dade/lewe en of dit
          tevergeefs was. √

                                                 OF

          Kwatryn 13/Is ek van hierdie klug die held of teen die agterdoek ’n figurant?
          Dit is belangrik om erkenning te ontvang vir die lewe wat ek voluit geleef het en
          waarin ek nie net bloot bestaan het nie. √                                          1

          Die motivering verdien die punt.

2.6       Die lewe is ’n toneelspel./Die mens is slegs ’n akteur in die lewe./God is die
          groot regisseur van die lewe. √                                                     1

                                                                                              10

                                              OF

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Die huis luister – Daniel Hugo

Vraag     Antwoord                                                                            Punt
3.1       Die huis. √                                                                         1

3.2       verwyt/skoor √                                                                      1

          Polisindeton/herhaling van en √                                                     1

3.3       Die inwoners sowel as die huis gaan agteruit./Die huis sowel as die inwoners
          word afgetakel. √                                                                   1

3.4       Huismense/gesinne moet na mekaar luister./beter met mekaar
          kommunikeer. √                                                                      1

          Kommunikasie tussen gesinslede is nie altyd goed nie. √
          Afwesige ouers/gesinslede veroorsaak dat daar nie genoeg met mekaar
          gekommunikeer word nie./na mekaar geluister word nie. √                             2

          Die kandidaat bied sy eie redes aan vir TWEE punte, EEN punt elk.

3.5       Die spreker wil beklemtoon dat die gesinne nie na mekaar luister nie./juis die
          nie-hoor van die inwoners beklemtoon./wil hê dat die lesers bedag daarop
          moet wees om kommunikasie te herstel. √                                             1

3.6       Die inwoners gaan bly bid. √
          Die rusie/onmin/roesemoes/probleme gaan voort. √                                    2

                                                                                              10

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            6                                      DBE/2015
                                         SSE – Memorandum

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
Vroegherfs – NP van Wyk Louw

Vraag     Antwoord                                                                         Punt
4.1       nuwe wind √                                                                      1

4.2       Die enjambement dui op die vloeiende proses van herfswording./Die
          wordingsproses. √
          Die enjambement dui op die vallende blare. √                                     2

          die eerste blare val so stilweg (in die rook-vaal bos en laan) √                 1

4.3       Personifikasie √                                                                 1

          Hy wil gestroop/gesuiwer word van dit wat oorbodig is in sy lewe. √              1

4.4       ’n Gewyde/smekende/pleitende stemming. √                                         1

          O Heer/Heer laat √                                                               1

4.5       Nee.
          In die gedig beteken nakend gestroop./gesuiwerd./onbevlek. √                     1

          Ja, kan nie as antwoord aangebied word nie.

4.6       Ja.
          Die mens word gestroop/gesuiwer van sy eie waan./sy hoogmoed./gesuiwer
          om in die proses meer (geestelik) volwasse te raak.

                                                 OF

          Nee.
          Die natuur is te wispelturig om op ’n mens se lewe van toepassing gemaak te
          word./
          Groei word nie met herfs assosieer nie, eerder met lente. √                      1

          Die kandidaat gee sy eie gepaste motivering vir een punt.

                                                                                           10

                                              EN

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
Highpriest van die Socialism – Adam Small

Vraag     Antwoord                                                                         Punt
5.1       Na iemand wat die bevrydingstryd lei/bevrydingsaktivis/politikus. √              1

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            7                                          DBE/2015
                                         SSE – Memorandum

5.2       Die retoriese vraag/vrae druk sy/haar ongeloof/skok uit. √                           1

          Die bevryder woon in ’n weelderige huis.
          Die bevryder ry met ’n luukse motor./het duur pakke klere./het hope kos.
          Die bevryder leef in vyfster-weelde./hotelle.
          Die bevryder maak van eersteklas lugvervoer gebruik. √√                              2

          Die kandidaat bied sy eie redes aan vir TWEE punte, EEN punt elk. Die
          kandidaat mag die aanhaling uit die gedig as antwoord aanbied.

5.3       (met daai) kamma (sed bek) √                                                         1

5.4       Die onderdrukte leef ’n ordinary living-leefstyl teenoor die aangesprokene se
          five star style./
          Die onderdruktes se klere is dié van werkers, overalls/oorpakke teenoor die
          aangesprokene se blink suits./
          Terwyl die onderdruktes take away fish ’n chips/vis en skyfies eet, geniet die
          aangesprokene skorrelsvol yt daai plush hotels. √√                                   2

          Die kandidaat bied enige TWEE kontraste aan vir EEN punt elk. In elke geval
          moet beide kante van die kontras aangebied word vir een punt.

5.5       Die bevryder van die onderdruktes/valse profeet het hom-/haarself verryk
          terwyl daar nie bevryding van die massa plaasgevind het nie. √                       1

          Die kandidaat gee sy eie, gepaste motivering, bv.

          Ja.
          Terwyl daar korrupsie en verryking in die land heers, word die meerderheid
          mense nie van hul armoede bevry nie. √

                                                 OF

          Nee.
          Diegene wat die bevrydingstryd lei, is geregtig om hulself te verryk vir al die
          opofferings wat hulle in die stryd moes maak. √                                      1

5.6       Daar is geen eindrym nie./Die versreëls se lengte verskil./Inkonsekwente
          hoofletter- en leestekengebruik. √                                                   1

                                                                                               10

                                                                       TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           8                                       DBE/2015
                                        SSE – Memorandum

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 6: LITERÊRE OPSTEL Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
       • Dis ŉ breë raamwerk van feite.
       • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding, bv.
   • Daar is twee verhaallyne, dié van Iris se werklikheid/die realistiese wêreld en haar
       fantasiewêreld/droomwêreld, wat parallel met mekaar loop.

   •   Die verhaallyn wat die werklikheid bevat, handel oor Iris se geboorte, haar gesin,
       grootwordjare, ontmoeting met Riekie/Peter, oorsese besoeke en troue.
   •   Iris het ’n saai, voorstedelike bestaan in ’n gesin waarvan sy die buitestander is
       omdat sy voel dat niemand regtig na haar luister nie./Bl. 9: Niemand het nog ooit regtig
       na my geluister nie.
   •   Iris is die jongste van drie dogters en word dikwels uitgesluit uit haar susters se
       gesprekke omdat sy te jonk is om haar eie mening te hê./Bl. 34: Dit was altyd
       dieselfde ou storie. Ek was te jonk. Ek kon nog nie saampraat nie.
   •   Iris se pa is ’n stil, rustige en gemoedelike mens, maar nie die tradisionele pa
       waarop Iris kon steun nie omdat hy fisies afwesig is noudat hy op sy wildsplaas gaan
       boer./Bl. 73: Nou het hy ons kort en kragtig vertel dat hy sy vennote uitgekoop het en
       van plan is om met beeste te boer./Bl. 76: Met Pa uit die huis ... was Ma meer op my
       aangewys ...”
   •   Iris droom van haar eie blomtyd en het ’n obsessie om eendag te blom omdat sy
       iets groots in die lewe wil bereik en sien die geleentheid om ’n modelkontrak los te
       slaan as ’n moontlike blomtyd./Bl. 131: “En dat ek glo ek sal eenkeer blom. Nou, soos
       ek dit sien ... wie sê dis nie nou my kans nie?”
   •   Na matriek studeer Iris aan die universiteit en behaal ’n graad in letterkunde,
       maar verkies om as stoelassistent by die tandarts, dokter Anders, te gaan werk
       omdat sy ’n werk wil hê wat nie te veeleisend is nie./tyd gee om aan haar
       fantasiewêreld te spandeer./Bl. 42: Ek wou nie ’n werk hê wat my gedagtes in beslag
       sou neem nie.
   •   Die verhaallyn wat die fantasiewêreld bevat, handel oor haar fantasieë oor Richard,
       Eduard, Peter, Greta en die Engel.
   •   Iris se fantasiewêreld word reeds in die titel van die roman ingelei, want die
       blomnaam, kwart-voor-sewe-lelie, bestaan nie in botaniese kringe of in die
       omgangstaal nie; dit is ’n fiktiewe naam wat pas by die verbeeldingswêreld wat sy vir
       haarself skep./Bl. 187: Dit was maar altyd daar, een van daardie groen plante wat jaar
       na jaar ’n hoek vol maak sonder om iets dramaties te doen./Bl. 186: ... Ma se kwart-
       voor-sewe-lelie ...”/Bl. 104: “Hulle blom net een keer per jaar ...”
   •   Iris skep vir haarself ’n fantasiewêreld omdat sy daarin van die onwelkome
       werklikheid kan ontvlug. /Bl. 14: Ek het dikwels soos Aspoestertjie gevoel behalwe dat
       my susters nóg stief nóg lelik was./Bl. 9: “Heeltemal anders,” het Ma saamgestem./
       Bl.24: “Haai, sussie, ek sien swarigheid vir jou as jy nie gou van jou romantiese
       drogbeelde ontslae raak nie.”

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            9                                          DBE/2015
                                         SSE – Memorandum

   •   Iris sien haarself as ’n godin wat ander hoër gode moet dien omdat dit een van die
       betekenisse van haar naam is./Bl. 10: Die een god in die besonder het die gesig gehad
       van André Visser ...
   •   Hannes se vriend Riekie begin Iris uitneem, maar sy omskep hom in ’n fantasie-
       karakter omdat sy uitgekuier raak met hom./Bl. 11: ... ek het hom oorgeskryf tot iets
       meer na my sin ... het ek sy naam verander na Richard, uitgespreek as Rigardt ...
   •   Met Elsa se troue skep sy die karakter, Eduard, ’n onbekende Fransman omdat
       Riekie as strooijonker haar koud gelaat het en Elsa se troue nie ingepas het by Iris se
       romantiese prentjie van troues nie./Bl. 22: Terwyl die dominee se stem oor ons koppe
       gedreun het ... het ek sit en borduur aan die storie in my kop.
   •   Met Elsa se swangerskap skep Iris ’n nuwe fantasie omdat sy swangerskap nie as
       romanties ervaar nie, maar dit tog self wil beleef sonder om in die moeilikheid te
       kom./Bl. 28: Daarvoor was ek te nugter, maar in my verhaal sou ek verwagtings, babas
       en geboorte omskep tot ’n fantasie.
   •   Greta, as Iris se alter ego, leen haar skouer vir Peter, ’n aantreklike Engelse
       buitelander, om sy hart uit te praat, wat later lei tot ’n nag van passie omdat Iris self
       ’n swangerskap wou ervaar./Bl. 29: ... hulle bring die nag in mekaar se arms deur ...
   •   Iris skryf Peter uit die verhaal deur hom te laat sterf in ’n motorongeluk omdat hy
       met haar wil trou toe hy uitvind dat sy swanger is en Iris nie wil trou nie./Bl. 31: Hy is ’n
       paar dae later in ’n motorongeluk dood. (Wel, ek moes hom van die toneel af kry, moes
       ek nie?)
   •   Peter se broer, Eduard, kom op die toneel omdat hy Greta wil ondersteun met die
       swangerskap van sy broer se buite-egtelike kind, maar raak self betrokke by die
       geboorte van die seuntjie en ’n verhouding ontstaan tussen hulle, maar Iris besluit om
       die twee karakters te laat verdwyn omdat sy moeg was vir hulle./Bl. 213: Af en toe het
       ek nog met hulle lewe gespeel, maar die vlam was weg ... hulle fut was uit.
   •   Iris kuier by Kara en Claude in Frankryk en sien die Engel vir die eerste keer, want
       hy verskyn en praat met haar wanneer iemand haar op die partytjie ontstel./Bl. 92: ...
       het ek die vae omlyning van ’n Engel gesien ... Sou die man al die pad saamgevlieg het
       of was dit ’n plaaslike engel?
   •   Die Engel is deel van Iris se fantasie, want die Engel sê self dat sy hom opgeroep
       het./Bl. 178: “Jy het my opgeroep ... Jy het my een van jou fantasieë gemaak.”
   •   Die Engel tree op as Iris se raadgewer, want hy sê sy is taktloos en dom om met
       Peter oor haar naam te praat en oor Brian se eerste vrou./Bl. 131: “Jy’s dwaas,” het die
       Engel gesê./Bl. 153: “Taktloos,” het die Engel in my oor gesug. “Ons probeer olie op die
       waters gooi, nie ’n brandende fakkel nie.”
   •   Iris voel dat die Engel haar faal as beskermengel omdat hy nie Bettie se gifdrinkery
       en Pieter se ongeluk keer nie./Bl. 177: “As beskermengel het jy gefaal.”
   •   Met die Engel ook by is Greta en Eduard eenkant gestoot, want Iris se
       verbeeldingsvlugte het oorbevolk geraak en haar fantasiekarakters al vaer./Bl. 110: ...
       bly my hoofkarakters altyd huiwer in die voorstede van my brein. En die rede waarom
       hulle nou na vore kom, kon wees omdat ek alleen en skrikkerig in ’n vreemde plek was.
       Greta se habitat. Daarby was my eie Eduard vir my op daardie tydstip ewe vaag as
       Greta s’n.
   •   Iris verwar Peter met die Engel toe Peter onverwags terugkeer en ’n figuur in die
       donker oor haar val./Bl. 205: ... het ek gewonder of die Engel besig was om my terug te
       betaal vir my onoordeelkundige bekendmaking van sy bestaan.
   •   Die Engel lei Iris om haar werklikheid te aanvaar en in plaas daarvan om in haar
       fantasieë te ontvlug, self verantwoordelikheid vir haar besluite te aanvaar omdat die
       lewe nie ’n storieboek is nie en help hy haar besef dat ’n naam net ’n naam is./Bl. 187:
       “Die lewe is nie ’n storieboek nie.” ... “En ’n naam is net ’n naam.”
   •   Peter aanvaar die Engel in sy en Iris se werklikheid omdat hy nie opdringerig is of
       Iris se tyd in beslag neem nie./Bl. 219: Die Engel het hy aanvaar.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             10                                          DBE/2015
                                           SSE – Memorandum

      •   Fantasie en werklikheid oorvleuel wanneer sy Peter ontmoet en ’n verhouding met
          hom begin omdat sy werklikheid sterker was./Bl. 112: ... ek, skepper van romantiese
          maaksels.
      •   Fantasie speel ’n groter rol as die werklikheid: Iris se beroepskeuse is ’n aanduiding
          dat fantasie ’n sterker rol speel as die werklikheid./Werklikhede soos Elsa se troue en
          swangerskap word ook omskep in fantasieë en makliker om te verwerk.
      •   Die werklikheid verdring die fantasieë, daarom speel dit ’n groter rol. Alhoewel Iris se
          liefdeslewe oorheers word deur fantasieë, is die werklikheid aangenamer en sterker en
          verdring dit later die verbeeldingswêreld.

Die kandidaat verskaf ’n gepaste slot, bv.
   • Dit is as gevolg van die omstandighede van Iris se werklikheid wat sy vir haar ’n
       fantasiewêreld skep waarheen sy kan ontvlug, maar hoe sterker die werklikheid raak,
       hoe meer oorvleuel die twee verhaallyne van haar lewe totdat haar fantasiewêreld
       vervang word deur die realiteit.
                                                                                                               25

                                                  OF
VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker

Vraag        Antwoord                                                                                      Punt
7.1          Iris het hom opgedroom./deel van haar fantasieë gemaak. √                                     1

7.2          Die Engel is deel van haar lewe daarom moes hulle daarvan weet./As hulle mekaar
             leer ken, moet sy hulle van die Engel vertel./Engele was deel van die gesprek. √              1
             Iris was desperaat om Bettie te troos./haar bui te verander./Dit was ’n laaste
             desperate poging om met Bettie te gesels. √                                                   1

             Sy het gelag en gelag totdat sy hik./Dit was vir haar baie snaaks. √                          1

7.3          Hy het nie vir Peter tydens die sweisongeluk beskerm nie. √                                   1

7.4          Sy kan die wyfies se broeiery beïnvloed./Sy kan veroorsaak dat hul die eiers uit die          1
             neste skop. √

             Hy vra haar om uit te vind waarom ’n wyfieduif eiers uit die nes skop. √                      1

7.5          Sy is ’n versamelaar./Sy maak antieke ware bymekaar./Sy is ’n tuisteskepper wat
             daarvan hou om goedjies bymekaar te maak./
             Sy is ’n voorbeeld van ’n tradisionele huisvrou van daardie tyd.√
                                                                                                           1
7.6          Nee.

             Die duiwe is nog steeds veilig, al is Iris by die duiwe./Die broeipaar sal nog altyd
             kleintjies kan kry./ √                                                                        1

7.7          Hy gee haar die raad om nie oor haar naam met Peter te praat nie./
             Hy gee haar die raad om Peter te laat slaap wanneer Peter moeg is./
             Hy gee haar die raad om nie oor Brian se eerste vrou met hom te praat nie./                   2
             Hy gee haar die raad om haar eie lewe te leef. √ √

             Die kandidaat bied sy eie redes aan vir TWEE punte, EEN punt elk.

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           11                                         DBE/2015
                                         SSE – Memorandum

7.8        Johanna neem die rol van die verstrooide ma oor./ondersteun haar deur haar hele
           lewe. √                                                                                      1

           Billy besorg Iris in New York veilig in haar hotel/dien as haar biegvader/ gee vir haar
           perspektief op haar naam./blomtyd. √                                                         1

           Peter gee vir haar die geleentheid om in haar bekende omgewing te kan aanbly. √              1

7.9        Die Engel het haar toegelaat om haar eie besluite te neem, bv. hy laat haar toe om
           self te besluit oor die modelkontrak./
           Die Engel beskerm nie vir Iris of ander karakters soos sy gevra het nie, bv. sy breek
           haar enkel in Vermont./hy pas nie die gifbottel op nie.

                                                     EN

           Die Engel het Iris soms beskerm, bv. hy stamp haar uit die pad van die
           skaatsplankryer./hy beskerm haar in Frankryk toe ’n gas haar oor Suid-Afrika
           konfronteer. √                                                                               2

7.10       Hy kan ’n glasoog kry en niemand sal die verskil opmerk nie. √                               1

           Peter se oë herstel volkome. √                                                               1

7.11       Die tannie het ’n tradisionele siening van ’n verhewe wese wat in sekere gevalle na
           mense omsien. √                                                                              1
           Iris se Engel leef in haar werklikheid en moet haar van raad en beskerming
           voorsien. √                                                                                  1

           Toe sy haar been in Vermont gebreek het. √                                                   1

           Hy beskou homself nie as ’n beskermengel nie. √                                              1

7.12       Die kandidaat kan Ja of Nee as antwoord aanbied. Die kandidaat se eie mening, bv.

           Nee.
           Iris sou permanent in haar verbeeldingswêreld gebly het en nie die realiteit aanvaar
           het nie. √                                                                                   1
           Iris sou heel moontlik die modelkontrak aanvaar het en nie liefde in haar lewe ervaar
           het nie. √                                                                                   1
           Iris sou haar hele lewe deur na ’n volmaakte oomblik gesoek het. √                           1

           Die leerder bied enige DRIE sinne in konteks van die roman aan vir EEN punt ELK.

                                                                                                        25

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          12                                         DBE/2015
                                        SSE – Memorandum

VRAAG 8: LITERÊRE OPSTEL Manaka plek van die horings – Pieter Pieterse

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
       • Dis ŉ breë raamwerk van feite.
       • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding, bv.
   • Die karakter, ouma Essie, se rol as versoener en bewaarder van geloof kan nie gering
       geskat word nie.

   •   Vir Ouma Essie is die bewaring van die geloof op Manaka ’n natuurlike optrede
       omdat sy in ’n Christelike omgewing grootgeword het./Bl. 116: “Die enigste pa en ma
       wat ek ooit geken het, was wit mense. Dit was eerwaarde Phil Kruger en mevrou
       Bessie.”/sy deur die Kruger sendelingegpaar aangeneem is en op ’n Vrystaatse
       sendingstasie grootgemaak is./Bl. 116: “Hulle het my aangeneem en my saam met
       hulle kinders grootgemaak.”
   •   Haar studierigting veroorsaak ook dat sy ’n bewaarder van die geloof sal wees,
       omdat sy die eerste swart meisie was wat by die Bybelkollege in Witsieshoek ingeskryf
       was./Bl. 116:”..., het hulle dit reggekry om my by die Bybelkollege op Witsieshoek in te
       skryf. Ek was die eerste swart meisie wat ooit daar toegelaat is.”
   •   Haar troue met Joseph Sitali Mulambwa dwing haar om die geloof te bewaar,
       omdat hulle na die Senagagebied vir sendingwerk gaan./Bl. 117: “Ons is deur die kerk
       tot by Ngweze gebring.”
   •   Omdat sy God se woord wil versprei, begin sy met die herstelwerk op die
       sendingstasie./Bl.118: “Tot daar weer ’n kerkgebou is, sal hierdie boom die kerk
       wees ...”
   •   Sy staan by haar Christelike beginsels omdat sy die khuta oor hul afdwaling van die
       godsdiens berispe./Bl. 167: “..., dan is dit tyd dat die mense van hierdie hele stam vra
       hoekom die vergadering nie meer met ’n gebed oopgemaak word ...”/ sy die khuta
       aanval wat die kerk se goed steel./Bl. 166: “En het iemand al gevra hoekom is daar hier
       rond nou skielik mense met die kerk se sinkplate op hulle huise se dakke?”
   •   Haar geloof is sterk, want sy verdryf meneer Chisupo./Bl. 148: Sy klap sy hand weg
       en wys vir hom ook vinger./Bl. 149: “Hy hoort nie hier nie.”
   •   Ouma Essie is as Christen baie bekend in die Senanga-omgewing en selfs die
       polisiemanne uit Mongue weet van haar./Bl. 211: “Dra ons groete oor aan die
       Profeet van die Bybel,” sê inspekteur Matibe en salueer. Daarom het sy dus ’n invloed
       op elkeen van hulle.
   •   Mense het respek vir haar as Christen, want sy het selfs op Riekert, die
       diamantsmokkelaar, ’n invloed./Bl. 133: “As daar nou een swarte is wat reguit hemel
       toe sal gaan, is dit sy.”
   •   Ouma Essie se invloed op die mense is beduidend, want sy oortuig mnr. Kebbey
       om Baas gratis na die hospitaal te vervoer./Bl. 47: “Toe! Loop nou na jou huis toe en
       gaan haal die sleutels.”
   •   Ouma Essie glo dat ’n Christen aan sy dade geken word, daarom verskaf sy
       huisvesting aan ’n wildvreemde man wie se voertuig gebreek het./Bl. 74: “Daar het al
       op ’n tyd ’n wit mens by ons geslaap. Hy het ’n week daar gebly.”
   •   Ouma Essie gee vir haar medemens om, want sy duld nie dat die khuta Grace inloop
       nie./Bl. 165: “Die mens met wie daar gepraat moet word oor die salaris van die
       sendelinge se tolk, is nie Tibelelo nie.”/sy gee vir Baas ’n hondjie in die plek van
       Brindle./Bl. 239: “Dit is ’n hond wat ouma Essie gister al vir jou gestuur het,” sê Grace.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             13                                         DBE/2015
                                           SSE – Memorandum

      •   Ouma Essie verseker kontinuïteit in die uitdra van God se woord en werk, omdat
          sy telkens as tussenganger tussen Baas en die khuta en Baas en die sendelinge
          optree./Bl. 170: “Sonder meneer Baas sal hulle nie in Barotseland kan bly nie.” /Bl. 118:
          “En hoekom sal die Here nou sy hand wegvat net oor iets wat tussen mense gebeur?”
      •   Ouma Essie gee betekenis aan die daar wees van die sendelinge, want sy sorg vir
          die sendelinge as sy die werk aan die sendingstasie orkestreer./Bl. 118: “Die ander
          man wat wit is, sal vir julle sê wat om te doen om ’n dak oor julle koppe te kry.”/Bl. 119:
          “Die meubels wat nog op die lorrie is, kan nou by die kerk afgelaai word.”
      •   Ouma Essie en Baas het vanuit die staanspoor ’n goeie verhouding, omdat sy die
          twyfel in Baas oor geloof wat jy kan verloor besweer./Bl. 202: “Jou reg om ’n Christen te
          wees maak van jou ’n Christen.”/ sy in die verlede dieselfde twyfel as Baas ervaar het./
          bl. 163: “Maar toe ek van my huis hier by Manaka weggevat word, en van my kerk af ...
          Toe het ek, toe ek al ’n ou vrou was, my Bybel in die rivier gegooi, muluti.”

Die kandidaat verskaf ’n gepaste slot, bv.
   • Ouma Essie speel dus ’n integrale deel in die verhaal.
                                                                                                            25

                                                  OF

VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG Manaka plek van die Horings – Pieter Pieterse

Vraag      Antwoord                                                                                     Punt
9.1        Baas het teruggekeer na Manaka/herstel die Zambezi Joy.√                                     1

9.2        Dennis Chipman(oupagrootjie) √                                                               1
           Dit is simbolies van die verkondiging van die Woord. √                                       1
           In hierdie stadium lees Baas nie meer sy Bybel nie; dus sou hy nie die Woord
           verkondig nie.√                                                                              1

9.3        Hy sal toelaat dat die Woord weer op Manaka verkondig word. √
                                                                                                        1
           Baas beskou homself op hierdie stadium nie as ’n Christen nie; dus is sy
           onderneming nie geloofwaardig nie. √                                                         1

9.4        ’n Buffel gaffel hom dood. √                                                                 1

           Dit dui op ’n nuwe fase in Baas se lewe. √                                                   1

9.5        Hy noem die boot Grace nog voordat daar ŉ vriendskap tussen hulle ontwikkel het. √           1

9.6        Moenie moed opgee nie./Hou aan om jou droom na te volg. √                                    1

9.7        Hy dra ’n donker pak met dofwit strepies teenoor die khuta se verslete klere √ en hy
           was sy hande nadat hy meneer Kebbey gegroet het. √                                           2

9.8        Hy is die tussenganger tussen die Du Pisani’s en die khuta. √                                1

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           14                                          DBE/2015
                                         SSE – Memorandum

9.9      Met hul aankoms op Manaka het hulle ’n soetwyntjie gedrink./                                1
         Nanna het privaataangeleenthede in die openbaar bespreek./
         Hy was kwaad en vermaan haar om nie vir almal geld en werk te gee nie. √

                                                    EN

         Die berisping oor die “grote met die baard” is nie aanvaarbaar nie, want Nanna het
         Griesel geterg. √                                                                           1

                                                    EN

         Die berisping is nie aanvaarbaar nie, die wyndrinkery was menslik, maar Griesel is
         net gesteld op die beeld na buite./omdat Griesel dubbele standaarde het, sy inbraak
         in Baas se slaaphut kan ook ’n slegte beeld na buite skep.
         Die berisping is aanvaarbaar aangesien ’n huwelikspaar hulle sake in privaatheid
         moet oplos./
         Die berisping is nie aanvaarbaar nie , daar is nie ’n plek waar Nanna en Griesel kan
         praat nie, want hulle het nie hul eie huis op Manaka nie./
         Die berisping is nie aanvaarbaar nie, want Nanna se handeling dui op haar                   1
         weelsynwerk/omgee vir haar medemens wat van sendelinge verwag word. √

9.10     Positiwiteit. √                                                                             1

         Sy laat toe dat ’n dogtertjie aan haar hare vat./trek vir die kinders gesigte tydens die
         khuta-vergadering./het by ouma Essie gaan slaap./sy gee geld vir die plaaslike              1
         bevolking.

         Dis mos Afrika. √                                                                           1

         Die kandidaat moet ’n handeling as antwoord aanbied wat daarop dui dat Nanna
         Afrika-gebruike aanvaar.

9.11     Meneer Johnnie. √                                                                           1

         (Nanna ontvang) ’n pampoen. √                                                               1

         Hy was kwaad en vermaan haar om nie vir almal geld en werk te gee nie. √                    1

         Ja.
         Griesel het hom misgis met die omgewing en omstandighede op Manaka en was dus
         ongelukkig./Hy het nie tuis gevoel nie en moet dus so optree./Griesel beskou hom as
         die inwoners se meerdere en moet dus so optree. √

         Nee.
         Ek sou ook geïrriteerd wees, die kerk het sekere beloftes aan Griesel gemaak en dit
         kan nie nagekom word nie. √                                                                 1

9.12     Baas impliseer in Teks 1 dat hy die godsdiens weer op Manaka wil laat herleef √ en
         in Teks 2 arriveer die sendelinge om dit te doen. √                                         2

                                                                                                     25

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           15                                         DBE/2015
                                         SSE – Memorandum

VRAAG 10: LITERÊRE OPSTEL Vatmaar – AHM Scholtz

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
       • Dis ŉ breë raamwerk van feite.
       • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidate voorsien die opstel van ’n gepaste inleiding, bv.
• Slegte dinge wat met onskuldige mense gebeur, kan wel soms ’n gelukkige en sinvolle
    einde inhou.

•   Die karakter, Tant Wonnie, ervaar intense hartseer omdat haar lewensmaat, Heinrich, in
    die oorlog sterf en ses van haar kinders in die Groot Griep./Bl. 180–181: My Heinrich het
    nooit van die oorlog af teruggekom nie ... ek het ses met 1918 se Groot Griep verloor.
    Hulle is almal saam in een sloot begrawe ...
•   Tant Wonnie sukkel voort in armoede na Heinrich se dood omdat sy nie wettiglik met
    hom getroud was nie en dus nie geregtig was op sy oorlogspensioen nie./Bl. 206: Toe ek
    die telegram kry dat jou pa dood is, is ek na die army se pay-office toe ... Ek het gesê ek is
    nooit met die ring getroud nie ... Sorry I can’t help you.
•   Tant Wonnie ervaar haar eerste vernedering as vrou terwyl sy op Schoongesicht
    werk omdat Piet de Bruin haar probeer verkrag./Bl. 135: Jou vuilgat, jou vuilgat! het ek
    gesê ... Piet de Bruin het soos ’n gekweste bul weggeloop. En van daardie dag af probeer
    hy my terugbetaal.
•   Tant Wonnie is na haar liefdeswerk by Sannah Vosloo slegter daaraan toe as voor sy
    Schoongesicht toe is omdat haar huis leeg gesteel is toe sy terugkeer na Sannah se
    dood./Bl. 136: Toe hulle by die kamer kom, staan die deur oop. Alles wat binne was, was
    geplunder.
•   Tant Wonnie word van diefstal beskuldig en daarvoor in hegtenis geneem en ervaar
    intense vernedering omdat Settie September glo dat sy haar goue ring gesteel het./Bl.
    125: Baas, hierie vrou, sê Mevrou September en wys na Tant Wonnie, het my trouring
    gesteel./omdat sy geboei word en te voet voor die polisieman op sy perd na die
    polisiekantoor moet stap./Bl. 127: Die poliesman: Jy moet voor die perd uit loop, ’n
    prisonier ry nooit saam met die gereg nie.
•   Tant Wonnie verloor haar sewende kind as gevolg van Mevrou Bosman se verkeerde
    vermoede dat haar man verantwoordelik is vir Kaatjie se swangerskap omdat dit
    uitloop op ’n mislukte poging tot ’n aborsie, tronkstraf en haar dood tydens die geboorte./Bl.
    268: Toe haar kind die laaste swakke asem uitblaas, het sy buite teen die ou doringboom
    gaan staan. Haar oë was oop, maar sy het niks gesien nie ...
•   Tant Wonnie het ten spyte van die gemeenskap se uitjouery dat sy ’n dief is, haar nie
    laat onderkry nie./Bl. 127: Sy het haar kop gelig en na hulle gekyk, want hulle het haar nie
    bang gemaak nie.
•   Tant Wonnie vind vertroosting vir haar vernedering omdat sy vasklou aan haar man,
    Heinrich, se woorde op ’n poskaart./Bl. 130: ... it is said God is within us at all times
•   Tant Wonnie omskep haar negatiewe omstandighede in iets positiefs omdat sy nou
    weet waar om God te vind./Bl. 131: Hulle het van my ’n dief gemaak, maar ek is nie ’n dief
    nie. My Meester wat in my binneste woon, ek het U gevind.
•   Tant Wonnie ontvang vergoeding vir haar vernedering om soos ’n misdadiger in die
    hof te staan as die magistraat haar onskuldig bevind en die hof gelas om vir haar ’n rok en
    skoene te koop en haar ook finansieel te vergoed vir haar onkoste en ongerief./Bl. 180:
    You are free to go, Mrs Muller ... Tant Wonnie se innerlike wese het verby haar uiterlike
    omstandighede gestraal en by almal respek afgedwing.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          16                                        DBE/2015
                                        SSE – Memorandum

•   Tant Wonnie se waardigheid word na haar vryspraak herstel omdat die
    oorlogspensioen wat sy met behulp van die magistraat ontvang, haar in staat stel om nie
    meer ander mense se wasgoed te doen nie en Suzan nie meer die Venters se bokke hoef
    te melk nie./Bl. 194: Die Venters se lui seuns kan van nou af hulle se eie melkwerk doen.
•   Tant Wonnie word vergoed vir haar jare se swaarkry in een kamertjie as sy die
    geleentheid kry om haar huis te kan terugkoop omdat die Wingroves besluit om te
    verhuis./Bl. 239: Hy (Wingrove) het opgestaan, ’n stuk papier uit sy trommel gaan haal en
    gesê: Hier is die koopbrief wat ek graag prokureur toe wil vat, Won, en ons hou dit op
    twintig pond.
•   Ondanks die onreg teen haar, word Tant Wonnie nie bitter nie, maar staan sy vas in
    haar goedheid omdat haar oorgawe aan God ’n anker is wat haar in moeilike tye staande
    hou./Bl. 129: Die Here weet beter, my kind, sê tant Wonnie.
•   Tant Wonnie word na haar dood vereer deur die Ster-van-Behtlehem-blomme wat
    oor haar graf groei, want die lelies versinnebeeld haar suiwer, vredeliewende gees en die
    verganglikheid van alle lewe./Bl. 316: ... sodat die Ster-van-Behtlehem-blomme ook oor
    haar kon groei ...
•   Tant Wonnie word vir haar goedheid beloon en sy leef op haar oudag sonder
    finansiële kommer, want sy is terug in haar ou huis en ontvang haar man se
    oorlogspensioen./Bl. 241: (Oom Flip): Dit is nou julle s’n, die sleutels het ek in die deure
    gelos ...
•   Die newekarakter, Norman, het onaangename herinneringe aan sy tyd in die
    konsentrasiekamp omdat sy ma daar dood is./Bl. 196: Hy onthou hoe hulle sy ma in die
    graf gesit het ... en hoe hy moes inspring om die kappie oor haar gesig te trek om te keer
    dat die klippe en sand daarop val.
•   Norman is as 13-jarige weeskind na die beëindiging van die Anglo-Boereoorlog aan
    sy eie lot oorgelaat en om te oorleef, moes hy kos steel./Bl. 198: Hy moes kos steel om
    aan die lewe te bly en sy lyf was vol hale soos hy met die riem geslaan is.
•   Norman ervaar vernedering van die wit Bob White as hy die wasgoed terugneem en sy
    voete twee maal deur Bob getrap word./Bl. 202: Mommy, who is this dirty Boer?
•   Norman se geluk draai toe hy een aand op heterdaad betrap word omdat hy ’n swart
    vrou se pappot wou steel./Bl. 198: Hy het net ’n stok opgetel gehad om die pot aan die
    hingsel op te lift, toe ’n swart vrou in Afrikaans vir hom sê: Nee, nie doen, vra, jy kry.
•   Norman ervaar vir die eerste keer na sy ma se dood die vertroeteling van ’n ma as
    Ma Khumalo vir hom kos gee, hom bad en die blase aan sy voete behandel./Bl. 199: Toe
    het sy haar arms om hom gesit en gesê: Ek niks, jy niks ... Hy het die trane in haar oë
    gesien... Hy het sy skouers opgetrek en daar het ook uit sy oë trane geloop, die eerste
    keer vandat hy die kappie oor sy ma se gesig getrek het met haar begrafnis.
•   Norman se beplande diefstal van die pappot het ’n positiewe uitvloeisel as hy die
    swart vrou Ma noem en haar as sodanig aanvaar./Bl. 199: Hy het haar uit sy hart uit Ma
    genoem, want hy het geweet sy het die plek van sy oorlede moeder ingeneem.
•   Norman het Ma Khumalo as sy nuwe ma aanvaar omdat hy haar dadelik liefgekry
    het./Bl. 201: Ek het haar daar en dan liefgekry, die verbond tussen ons was verseël.
•   Norman kom tot ander insigte oor swart mense nadat hy net slegte dinge oor hulle
    gehoor het./Bl. 200: Ek het soveel slegte dinge oor swart mense gehoor. Ek gaan hier bly,
    al moet ek myself ook swart maak ... hierdie swart aija is ’n moeder want ek het haar
    borste gevoel toe sy my vasgehou het.
•   Norman word wees gelaat deur die Boere-oorlog, maar verdien ’n medalje vir
    dapperheid in die Eerste Wêreldoorlog soos opgeteken in sy army-uitbetaalboekie./
    Bl. 216: He even has a military medal for bravery.
•   Die karakter, Kenneth, voel deel van Kaatjie se onskuldige lyding as die
    meerderwaardige Bosmanvrou haar as haar eiendom beskou omdat sy eers
    toestemming moes gee dat hy Kaatjie mag besoek./Bl. 152: Ek moet eers my miesies vra.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           17                                          DBE/2015
                                         SSE – Memorandum

•   Kenneth word seergemaak deur Mevrou Bosman se rassisme as sy na Kaatjie verwys
    as haar “kindermeid”./Bl. 150: Hy moes hom inhou om nie vir hierdie vrou te gaan vra waar
    haar “meid” is nie.
•   Kenneth was bekommerd dat sy ouers nie die ongeletterde Kaatjie sou aanvaar nie
    omdat hul statusbewus was en sy beslis nie in hul klas nie./Bl. 153: En nou sy Kaatjie –
    sy’s nie geleerd soos hulle nie ... sy het nog nooit met ’n mes en vurk geëet nie en sy kan
    nie lees nie.
•   Kenneth het ook gely toe Tant Wonnie in aanhouding was omdat hy lief was vir Kaatjie
    en haar moeder onvoorwaardelik aanvaar het./Bl. 150: Jou moeder is ook my moeder, wie
    of wat sy ook al is. Ek sal haar aanvaar al is sy ook ’n dief.
•   Kenny se ongeluk by die Masonic Temple dra by tot die kommer oor Kaatjie omdat hy
    haar nie kon kontak nie en toe moes hy by Mevrou Bosman hoor dat sy haar werk gelos
    het./Bl. 283: Kaatjie, my Kaatjie, is al wat in sy kop bly maal het ... en toe hy sterk genoeg
    was om op krukke te loop, het hy dadelik telefoon toe geloop.
•   Die wreedheid van Mevrou Bosman teenoor die karakter, Kenneth, wie se
    boodskappe en briewe aan Kaatjie onderskep is, dra by tot die paartjie se lyding
    omdat geen nuus enigeen van hulle bereik nie./Bl. 250: Mevrou Bosman het vir Mister
    Burns gesê hy moenie moeite doen nie, sy sal sommer die boodskap gee ... Sy het gelieg.
•   Mevrou Bosman se oneerlikheid lei daartoe dat Kenneth geskok uitvind van Kaatjie
    se dood, want hy het nie geweet dat Kaatjie swanger is, en met die baba se geboorte
    dood is nie./Bl. 318: Wanneer Kenny van die werk af gekom het, het hy sy kind opgetel en
    gesoen ...
•   Uit Kenneth se seer na Kaatjie se dood verrys Kliniek Katrina omdat hy haar
    nagedagtenis wou eer./Bl. 298: Om die herinnering aan my geliefde lewendag te hou, wil
    ek graag ’n kliniek ter nagedagtenis aan haar bou.
•   Ten spyte van hul teenspoed bly Kenneth positief omdat hy voel dat hulle nie alles in
    die brand verloor het nie, maar nog mekaar het./Bl. 323: Maar ons het darem nie alles
    verloor nie, ons het nog steeds mekaar, my Als.
•   Kenneth ploeg terug in die gemeenskap as hy instem om ’n sokkerspan vir Vatmaar op
    die been te bring./Bl. 304: Dit was ’n trotse Kenneth Kleinhans wat daardie
    Saterdagmiddag – met die hele Vatmaar wat om die sokkerveld staan – die bal van Boytjie
    Afrika gekry het om op die middellyn te gaan stel.

Die kandidate voorsien die opstel van ’n gepaste slot, bv.
• Dit is duidelik dat die onskuldige lyding van die karakters in Vatmaar, naas die negatiewe,
• ook positiewe gevolge vir die karkters inhou.

                                                OF

VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG Vatmaar – AHM Scholtz

Vraag      Antwoord                                                                                      Punt
11.1       Elkeen kon iets vat as hy dit nodig het. √                                                    1

           Die nedersetting se naam is Vatmaar wat ontstaan het met die gesteelde goed van
           oom Chai en George Lewies. √                                                                  1

           In Vatmaar is daar ’n gees om te deel wat joune is. √                                         1

           Dit sluit aan by die filosofie om met jou broer wat ’n behoefte het te deel. √                1

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           18                                         DBE/2015
                                         SSE – Memorandum

11.2       Ja.
           Harry Look het niks gevat/homself toegeëien nie, maar hard gewerk om self te kan
           koop wat hy wil hê. √

           Harry Look het genoeg geld gehad om die Angus General Dealer Shop te koop. √

                                                     OF

           Nee.
           Die mense van Vatmaar behoort dieselfde as die ander behandel te word. √

           Mister Pieterson het afsonderlike bediendekamers vir die werkers. √                           2

           Die kandidaat gee ’n gepaste motivering binne konteks van die roman.

11.3       MacNamara noem vir Harry Look ’n skelnaam./Ching Chong. √                                     1

           Harry Look behandel hom nog steeds met respek. √                                              1
           Harry kan die koopprys met gemak in goue munte betaal.√                                       1

11.4.1     Chan Look sê dat hy die arm mense kan help as hulle wen. √                                    1
           Lisa wil nie dat fa-fee in die winkel gespeel word nie, want dis onwettig. √                  1

           Beide die houdings van die karakters moet vir TWEE punte aangebied word.

11.4.2     Eerlikheid √                                                                                  1

11.5       Ja.
           Indien hulle wen, is die uitbetaling meer as waarmee hulle aanvanklik gedobbel het. √

                                                     OF

           Nee.
           Die mense van Vatmaar is reeds arm en verspil nou geld op dobbel. √                           1

11.6       Tant Wonnie is onskuldig aan die diefstal./
           Hy kry haar terug nadat Tant Wonnie sy duim gebyt het. √                                      1

11.7       Die magistraat het geglo dat Tant Wonnie die waarheid praat. √
           Tant Wonnie is vrygelaat. √
           Die magistraat het vir Tant Wonnie gehelp om ’n huweliksertifikaat te kry sodat sy vir
           pensioen kon aansoek doen. √                                                                  3

11.8       Settie September haat wit bruinmense/is rassisties. √                                         1

           Settie September wil haar baasskap bewys. √                                                   1

11.9       Neels Vool √                                                                                  1

           Chan Look betaal die seun se boete sodat hy tronkstraf vryspring. √                           1

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         19                                      DBE/2015
                                       SSE – Memorandum

11.10      Die sersant is van mening dat daar baie diewe in Vatmaar bly. √                          1

           Die mense van Vatmaar beskou dit nie as diefstal nie, maar eerder om iets van
           iemand anders te gebruik as jy dit nodig het. √                                          1

           Beide die sienings van die karakters moet vir TWEE punte aangebied word.

           Die mense wil hul eie misbruik van Tant Wonnie regverdig./Tant Wonnie tree nie op
           soos die mense van Vatmaar dink/optree nie, maar nou het sy aan hulle bewys dat
           sy net soos hulle is. √                                                                  1

           Die kandidaat gee sy eie, gepaste rede.
11.11      Nee.
           Tant Wonnie leef eerlik/misbruik nie ander mense nie. √                                  1

                                                                                                    25

                                                                     TOTAAL AFDELING B:             25

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-june-july-2015-memo/bf8c35d0-d11d-4de1-b157-00c447f077fb) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2015-memo/c6ff0cff-3a94-4378-9e0f-77cd7439d9c9) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2019-memo/669ef435-fb0c-4809-bd37-e82d905f388f) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018-memo/89172392-378e-4868-8b19-5f1762563210) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2016-memo/5497b749-e408-4f00-b341-25758bcc85a8) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P1 June July 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-june-july-2015/37fb3790-ac90-40b8-8e30-19a5b23e458e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
