# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2015 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2015, 23 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-june-july-2015/bfeb98b0-6cf2-48ee-a439-bf7cdf1a07ef
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 23

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-june-july-2015/bfeb98b0-6cf2-48ee-a439-bf7cdf1a07ef)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2015 · Afrikaans. Question paper, 23 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P2 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-june-july-2015-memo/8da47c41-e534-4c6b-97f6-361042b9ed60) — Memo · 2015 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                          2015

                                                                       PUNTE: 80

                                                                     TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        2                                  DBE/2015
                                            SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel
          beantwoord.

2.        Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
          inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die
          letterkundetekste wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste
          wat jy gedoen het en kies die tipe vraag wat jy wil beantwoord. Neem die
          voorskrifte by elke vraag in ag.

3.        Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A: Gedigte        (30)
          AFDELING B: Roman          (25)
          AFDELING C: Drama          (25)

4.        Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B
          en EEN uit AFDELING C.

          AFDELING A: GEDIGTE
          Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
          Ongesiene gedig – VERPLIGTE vraag

          AFDELING B: ROMAN
          Beantwoord EEN vraag.

          AFDELING C: DRAMA
          Beantwoord EEN vraag.

5.        KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

           •   Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer
               het.
           •   Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG.
               As jy die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die
               kontekstuele vraag in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele
               vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag in
               AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou te help.

6.        LENGTE VAN ANTWOORDE

           •   Die lengte van die opstelvraag vir die gedig is 250–300 woorde.
           •   Die lengte van die opstelvraag vir die roman en drama is elk
               400–450 woorde.
           •   Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word bepaal deur
               die puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord jou vrae bondig en
               relevant.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        3                                  DBE/2015
                                            SSE

7.        Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

9.        Beantwoord ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

10.       Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: ongeveer 40 minute
          AFDELING B: ongeveer 55 minute
          AFDELING C: ongeveer 55 minute

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                      4                                    DBE/2015
                                          SSE

INHOUDSOPGAWE

Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele
vraestel deur te lees.

AFDELING A: GEDIGTE

Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER                          VRAAG                     PUNTE        BLADSY
1. “last grave at dimbaza”   Opstelvraag                         10            6

2. Kwatryne                        Kontekstuele vraag            10             7

3. Die huis luister                Kontekstuele vraag            10             8

4. Vroegherfs                      Kontekstuele vraag            10             9
                                        EN

Ongesiene gedig: Verpligtend
5. Highpriest van die Socialism    Kontekstuele vraag            10             10

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.*
6. Die kwart-voor-sewe-lelie       Opstelvraag                   25             11

7. Die kwart-voor-sewe-lelie       Kontekstuele vraag            25             11

8. Manaka Plek van die Horings     Opstelvraag                   25             13

9. Manaka Plek van die Horings     Kontekstuele vraag            25             14

10. Vatmaar                        Opstelvraag                   25             16

11. Vatmaar                        Kontekstuele vraag            25             16

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.*
12. Krismis van Map Jacobs        Opstelvraag                    25             19

13. Krismis van Map Jacobs        Kontekstuele vraag             25             19

14. Mis                           Opstelvraag                    25             21

15. Mis                           Kontekstuele vraag             25             21

*LET WEL:         Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
                  uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       5                                    DBE/2015
                                           SSE

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy al die vereiste vrae beantwoord
het.

                 AFDELING                    VRAAG-           GETAL VRAE         MERK
                                             NOMMER          BEANTWOORD           ()
A: Gedigte                                     1–4                2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte                                        5                 1
(Ongesiene gedig)
B: Roman                                         6–11               1
(Opstelvraag of kontekstuele vraag)
C: Drama                                       12–15                1
(Opstelvraag of kontekstuele vraag)

LET WEL:       Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit
               AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          6                               DBE/2015
                                              SSE

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vraag wat volg.

“last grave at dimbaza” – Fanie Olivier

 1        beauty douglas was born
 2        op ’n wintersnag so all forlorn
 3        omring deur die sterre se liggies
 4        en koerante kaal klip
 5        en nuuskierige hande
 6        en tien ander gesiggies
 7        a ’n dogter oplaas ’n dogter
 8        om beeste te kry om die wêreld
 9        te wei a dis lekker
10        om ’n vader te is te is

11        die ma het ’n briefie geskryf
12        aan haar man op die myne
13        om te sê van die kind en te vra van die geld
14        want dit was sy kind die dogter
15        was syne om te sê: o my man
16        o my man ek het beeste gebaar
17        op ’n wintersnag so all forlorn
18        met die sterre se goud en die mielies klaar
19        beauty douglas your daughter was born

20        sy hart het oopgeskiet tussen lae klip
21        opgeskiet boontoe en oopgevou
22        in ’n laatnagbrief: my vrou
23        my vrou sê aan beauty douglas
24        haar pa het haar lief

25        hy’t sy brief gepos met sy viersentseël
26        ’n lugposbrief aan beauty douglas
27        om te sê hy’t haar lief
28        die adres was mnxesha
29        oor kingwilliamstown kaap

30        saans as hy sy moegheid streel
31        het hy gedroom van sy meisiekind
32        en op ’n sonskynmiddag twee maande later
33        het ’n brief uit mnxesha hom teruggevind:

34        “beauty douglas was born
35        she died”
                                                                [Uit: skimmellig, 1978]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         7                                          DBE/2015
                                             SSE

Die briewe in hierdie gedig word in ’n spesifieke milieu geskryf.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 200–250 woorde.                                           [10]

                                               OF

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

Kwatryne – Ina Rousseau

          10
1         Agter die skerms, lank reeds gegrimeer
2         aanskou ek die verhoog se glans en kleur
3         en wag dat u my toelaat om oplaas
4         my rol te gaan vertolk, O Regisseur.

          11
1         As daar applous was vir die laaste maal
2         en U die décor moeg na onder haal,
3         sal U vir ons wat ons kostuums uittrek
4         volgens ons moeite en geduld betaal?

          12
1         In hierdie klug vergeet soms ’n akteur
2         heel onverwags sy reëls en loer versteur
3         na die coulisses links en regs
4         maar geen souffleur se stem dring tot hom deur.

          13
1         Ofskoon die saal se ligte nie meer brand
2         vra menigeen aan die verhoog se kant
3         nog steeds: Is ek van hierdie klug die held
4         of teen die agterdoek ’n figurant?
                                                                    [Uit: Die verlate tuin, 1954]

2.1       Watter soort eindrym kom in dié kwatryne voor?                                             (1)

2.2       Wie is die spreker in kwatryn 10? Dink jy dat dit dieselfde spreker is as in
          kwatryn 13? Motiveer jou antwoord.                                                         (2)

2.3       Kwatryn 10 kan na aanleiding van die inhoud in twee dele verdeel word.
          Noem die dele waarin die kwatryn verdeel word.                                             (2)

2.4       Verwys na kwatryn 11.

          Benoem die beeldspraak in versreël 3, gee die verklaring van dié
          beeldspraak in jou eie woorde weer en motiveer of dié beeld met die ander
          kwatryne verband hou.                                                                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         8                                 DBE/2015
                                             SSE

2.5       In kwatryn 11 en kwatryn 13 word elk ’n vraag gevra. Watter een van dié
          vrae is vir jou die belangrikste? Motiveer jou antwoord.                            (1)

2.6       Wat is die oorkoepelende tema van die kwatryne?                                     (1)
                                                                                              [10]

                                                 OF

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

Die huis luister – Daniel Hugo

1         my kamers is hol soos ’n binne-oor
2         ek hoor hoe die bewoners roesemoes
3         liefde maak, verwyt, mekaar vertroos, skoor
4         soek met die goor hede, nooit tevrede
5         aanhou kibbel oor kon en sou en moes

6         luister, ek bewaar julle verlede
7         my fondamente kraak onder die las
8         my plafonne raak voos van die eggo’s
9         te veel vloeke laat my pleisterwerk bars
10        jare se trane laat my rame roes

11        so word ons saam verweer deur dit wat was
12        my dakplate en julle gebede
13        fluister en knal al hoe harder om hulp
14        ongehoord in elke nag se oorskulp
                                                             [Uit: Dooiemansdeur, 1991]

3.1       Wie is die spreker in hierdie gedig?                                                (1)

3.2       Watter woord in versreël 3 dui aan dat daar onmin in die huis is en watter
          stylfiguur word in strofe 1 gebruik om aan te toon dat die onmin aanhou?            (2)

3.3       Watter ooreenkoms is daar tussen die inwoners en die huis?                          (1)

3.4       Wat is die boodskap van die gedig? Waarom is hierdie boodskap vandag
          steeds relevant?                                                                    (3)

3.5       Wat bereik die spreker met die deurlopende gebruik van beelde wat met
          “oor” en “gehoor” te doen het?                                                      (1)

3.6       Wat suggereer die weglating van die punt in versreël 14 omtrent die gebede
          (versreël 12)?                                                                      (2)
                                                                                              [10]

                                                 OF

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          9                                    DBE/2015
                                              SSE

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

Vroegherfs – NP van Wyk Louw

 1        Die jaar word ryp in goue akkerblare,
 2        in wingerd wat verbruin, en witter lug
 3        wat daglank van die nuwe wind en klare
 4        son deurspoel word; elke blom word vrug,
 5        tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
 6        so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
 7        dat die takke van die lang populiere al
 8        teen elke ligte môre witter staan.
 9        O Heer, laat hierdie dae heilig word:
10        laat alles val wat pronk en sieraad was
11        of enkel jeug, en vér was van die pyn;
12        laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
13        my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
14        en nakend uit my teerder jeug verskyn.
                                                                [Uit: Die halwe kring, 1937]

4.1       Die titel dui op ’n veranderde seisoen. Haal ’n frase uit versreël 3 aan wat
          hierby aansluit.                                                                       (1)

4.2       In versreël 2–4 en 5–6 maak die spreker van enjambement gebruik.

          Hoe sluit dié enjambemente by herfs aan? Haal ’n frase uit versreël 5–6 aan
          om jou antwoord te motiveer.                                                           (3)

4.3       Benoem die beeldspraak in versreël 9. Verduidelik wat die spreker vir ons
          deur die gebruik van dié beeld wil sê.                                                 (2)

4.4       Watter stemming heers in versreël 9–14? Bewys jou antwoord met ’n frase uit
          dié versreëls.                                                                         (2)

4.5       Sal “nakend” (versreël 14) dieselfde as “kaal/sonder klere” beteken? Motiveer
          jou antwoord deur na die inhoud van die oktaaf te verwys.                              (1)

4.6       Kan die veranderinge in die natuur soos wat dit in “Vroegherfs” weergegee
          word, ook op die mens van toepassing gemaak word? Motiveer jou antwoord.               (1)
                                                                                                 [10]

                                                 EN

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         10                                          DBE/2015
                                             SSE

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

Beantwoord VRAAG 5.

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

Highpriest van die Socialism – Adam Small

1         ’n Profit* van die liberation djy*?
2         ’n socialist?
3         djy met djou* hys-palys
4         met djou lang slap mouterkar
5         djy met daai kamma sed bek van djou oorie plight van die
6         oppressed
7         met djou tears
8         en djou woera warra* oppie stage
9         met djou skorrelsvol yt daai plush hotels ennie first class
10        vannie jets
11        djou spiritual hys oppie level vannie people? nou sal my
12        djou verbeel!
13        En hoe lyk dit met ordinary living vi’ daai five star style
14        Hoe lyk dit met djou blink suits vir overalls en soe
15        Hoe lyk dit met djou skorrelsvol vir take away fish ’n chips?
                                                [Uit: http://versindaba.co.za/gedigte/adam-small/]

          *Profit: profeet
          *djy: jy
          *djou: jou
          *woera warra: baie praat

5.1       Waarna verwys “Profit”/profeet binne die konteks van die gedig?                              (1)

5.2       Op watter wyse hef die spreker sy/haar ongeloof in versreël 1–2 uit? Gee
          bewyse uit die gedig wat die spreker as redes vir sy/haar ongeloof aanvoer.                  (3)

5.3       Haal DRIE woorde uit versreël 3–5 aan om te bewys dat die aangesprokene
          nie bedoel wat hy/sy sê nie.                                                                 (1)

5.4       Bewys uit die gedig dat die spreker van kontraste gebruik maak om die lewe
          van die onderdrukte teenoor die lewe van die aangesprokene uit te hef.                       (2)

5.5       Watter siening huldig die spreker in dié gedig? Stem jy saam met dié
          siening? Motiveer jou antwoord.                                                              (2)

5.6       Waarom kan hierdie gedig as ’n voorbeeld van ’n vrye vers beskou word?                       (1)
                                                                                                       [10]

                                                                    TOTAAL AFDELING A:                 30

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        11                                  DBE/2015
                                            SSE

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 6: OPSTELVRAAG

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Die intrige van Die kwart-voor-sewe-lelie bestaan uit twee verhaallyne.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.                                     [25]

                                               OF

VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Lees die onderstaande uittreksels en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS 1

1            “Tja,” het die tannie gesug. “’n Mens kan deesdae maar net bid dat daar
2         nog beskermengele oor is om na ons kinders te kyk.”
3            “Ek het een,” het ek gesê. As ons mekaar moes leer ken, wat die idee van
4         die naweek was, moes ons seker al die karakters aan mekaar voorstel.
5            “’n Wat?” het die oom gevra.
6            “’n Beskermengel. Ek het hom van my ouma geërf.”
7            “Hom?” het die tannie gevra. “Ek dag engele is vroue.”
8            “Nee, myne is ’n man.”
9            Die oom het my nadenkend aangekyk om te sien of ek die gek skeer. My
10        ernstige gesig moes hom oortuig het. “Weet Piet daarvan?” het hy gevra.
11           “Ja, oom. Hy gee nie om nie.” Peter het nie sterk gevoelens oor die Engel
12        gehad nie. Omdat hy hom nooit in aksie gesien het nie, het hy nie regtig
13        geglo dat hy bestaan nie, maar hy was bereid om toegewings te maak.
14           “Kan jy hom sien?” het die tannie verwonderd gevra.
15           “O ja.”
16           Sy het stadig deur die kombuis gekyk, verby die wit geverfde
17        kombuiskaste, die stel blou en wit gekraakte porseleinflesse met aanwysings
18        daarop soos “Thee” en “Rijs”, die outydse beskuittrommel waarvoor EIsa haar
19        agtertande sou gee, die plafon met sy vlieëgompapier en terug na my. “Is hy
20        nou hier?”
21           Ek het ook om my gekyk, maar meer spesifiek na die venster. “Nee.”
22           Die oom het vinnig opgestaan. “Kwit,” het hy gesê. “Die kind sien
23        gesigte ...”

7.1       Iris sê dat sy die Engel van haar ouma geërf het.

          Hoe het die Engel, volgens hom, in Iris se lewe gekom?                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        12                                   DBE/2015
                                            SSE

7.2       Iris maak die bestaan van die Engel aan Peter se ouers en Bettie bekend.

          Waarom maak Iris dit aan hierdie karakters bekend en wat was Bettie se
          reaksie op dié bekendmaking?                                                          (3)

7.3       Hoe het die Engel die tannie se siening van engele in reël 1–2 verkeerd
          bewys?                                                                                (1)

7.4       Watter gevaar het Iris se spesiale gawes, volgens die oom, vir sy duiwe
          ingehou? Gee ’n voorbeeld uit die roman waar hy haar hulp inroep om haar
          spesiale gawes in te span.                                                            (2)

7.5       Herlees reël 16–20.

          Watter eienskap van Elsa maak dat sy “haar agtertande” sou gee om so ’n
          beskuitblik te hê?                                                                    (1)

7.6       Het die oom se toegewing ten opsigte van die Engel sy duiweboerdery
          beïnvloed? Motiveer jou antwoord.                                                     (1)

                                              EN

TEKS 2

1            “Ek is nie verantwoordelik vir jou en jou mense nie,” het hy kalm gesê.
2         “Ek gaan dit ook nie weer vir jou sê nie. Jy sien jouself as ’n kind wat leer
3         loop en my as die ma wat met haar arms beskermend weerskante van die
4         kleuter saamloop om te keer dat hy nie val nie. Ek is nie ’n loopring nie. Ek
5         maak nie reg waar jy verbrou het nie. Ek skakel nie stowe of sweisapparate
6         af nie. As jy môre op die dak loop en gly en afval, sal ek jou nie vang nie.
7         Om op die dak te loop, is jou keuse. Peter se werk is sy keuse.”
8            Ek het my op ons bed neergewerp en gehuil, nie net van skok nie, maar
9         ook omdat ek beskaamd was oor my uitbarsting.
10           “Gaan terug hospitaal toe en gaan sit by Peter. Hou sy hand vas in plaas
11        van om so liederlik jammer vir jouself te voel.”
12           “Ek is jammer vir hom,” het ek myself verdedig, maar opgestaan en my
13        hare gekam.
14           “En ry versigtig,” het hy gemaan voor ek loop. Hy het geglimlag.
15           “Vergewe my,” het ek gesê. “Ek was ontsteld. As ek net kon seker wees
16        sy oë sal weer aangroei. Of wat ook al nodig is.”
17           “Die lewende sel is ’n besondere organisme. Dit het die vermoë om
18        homself te regenereer.”
19           “Dink jy so?” het ek gevra, meteens weer vol moed.
20           “Ek weet dit.”
21           “Jy’s ’n engel,” het ek gesê en vir hom gewaai.

7.7       In Teks 2 tree die Engel ook as raadgewer op.

          Noem nog voorbeelde in die roman waar hy vir Iris raad gee.                           (2)

7.8       Gee voorbeelde waar Johanna, Peter en Billy as engele in Iris se lewe
          optree.                                                                               (3)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            13                                DBE/2015
                                                SSE

7.9       Die Engel se optrede in die roman stem ooreen met sy woorde in reël 6–7,
          maar dit weerspreek ook dié woorde.

          Motiveer hierdie stelling met voorbeelde uit die roman.                                (2)

7.10      Herlees reël 17–18.

          Watter troos bied Johanna aan Iris en hoe realiseer die Engel se woorde in
          Peter se lewe?                                                                         (2)

7.11      Herlees reël 1–2 (Teks 1) en reël 1–7 (Teks 2).

          Hoe verskil die tannie se siening oor die rol van ’n beskermengel in mense se
          lewens van dié van Iris s’n oor haar Engel? Waar het die Engel vir Iris self as
          beskermengel gefaal en wat gee die Engel as rede vir sy onbetrokkenheid?               (4)

7.12      “Jy’s ’n engel,” sê Iris. (Reël 21)

          Sou Iris as karakter ontwikkel het indien die Engel nie in die roman
          voorgekom het nie? Motiveer jou antwoord.                                              (3)
                                                                                                 [25]

                                                  OF

VRAAG 8: OPSTELVRAAG

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Die karakter, Ouma Essie, speel in die verloop van die verhaal ’n belangrike rol as
bewaarder van die geloof op Manaka en in haar verhouding met die mense van
Barotseland.
                                                                                                 [25]
Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.

                                                  OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        14                                   DBE/2015
                                            SSE

VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Lees die onderstaande uittreksels en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS 1

1            En die toue waarmee die dwarsbalke aan die stutpale vas is, sal hou.
2            Al waaroor Baas jammer is, is dat hulle van die worsboom se takke moes
3         afsaag om die boot se stuurkajuit verby te kry. Die houtbankies onder die
4         boom het ook in die slag gebly.
5            “Eendag sal ons dit vervang,” sê hy vir die ses honde. Lady is nie by nie.
6         Sy is weer op hitte. Hy het haar toegemaak in die draadhok wat hy vir die
7         doel gebou het. Vir nog ’n klomp hondjies is daar nie tyd nie. Hy moet huis
8         bou en die gereedskap en die materiaal vir die werkery aan die romp en die
9         kajuite bestel en aanry.
10           Hy klim teen die boot op om sy tuisgemaakte leer van mopaniepale te
11        toets. Die kiaathoutdwarslatte vat sy honderd kilogram met gemak. Hy gaan
12        haal die blik verf onder uit die ruim en verf die naam Zambezi Joy dood.
13           Dan klim hy tot op die stuurkajuit se dak en stut sy pontboot se nuwe
14        naam teen die bakboord maslig se paal om te kyk hoe dit Iyk. Dit is die naam
15        wat hy tydens sy omswerwinge tussen Livingstone en Mambova tydsaam in
16        groot sierletters op die plank geverf het. Maar hy skroef dit nie vas nie. Nog
17        nie. Dit sal hy doen wanneer die finale laag verf aangebring is.
18           Zambezi Grace is die naam op die vergulde kiaathoutplank.
19           Ná twee en negentig jaar het Manaka weer ’n Chipman vir ’n baas.

9.1       Noem hoe Teks 1 binne die konteks van die roman inpas.                                (1)

9.2       Herlees reël 2–4.

          Wie het oorspronklik die bankies onder die worsboom gebou en watter
          simboliek kan ons daaraan heg? Waarom is dit ironies dat juis Baas jammer
          is oor die afsaag van die worsboom se takke en die in die slag bly van die
          houtbankies?                                                                          (3)

9.3       Herlees reël 5.

          Wat is die volle implikasie van Baas se woorde? Waarom is dié implikasie in
          hierdie stadium nie geloofwaardig nie?                                                (2)

9.4       Hoe kom Brindle aan sy einde en waarop dui sy dood?                                   (2)

9.5       Herlees reël 18.

          Hoe weet ons die boot is nie na Grace Tibelelo vernoem nie?                           (1)

9.6       Watter boodskap kom in Teks 1 sterk na vore as jy die einde van die roman
          in gedagte hou?                                                                       (1)

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        15                                    DBE/2015
                                            SSE

TEKS 2

1             “Hoe opwindend,” sê Nanna du Pisani vir haar man toe die sendelinge van
2         Fumi, indoena Daaimon se gehuggie, af wegry.
3             Oom Scholtzie ry met die Dyna, die tweetonpaklorrie met sy dubbele
4         agterwiele, voor hulle uit.
5             “Dink jy nie ook so nie, muluti Krieseltjie?” Haar glimlag wys ’n tergerige
6         kuiltjie in haar wang. “Dit was net jammer van die stank. Hoe kan enige mens
7         met die reuk van daardie bokke saamleef? Veral die ou grote met die baard,
8         en die verskriklike sak?”
9             “Moenie banaal wees nie!” Griesel se hande gaan oop en toe oor die
10        Datsun 1200-bakkie se stuurwiel. Deur elke knik stamp sy kop teen die dak.
11        Agter op die bakkie val hulle tasse en ander besittings onder die kappie rond.
12            “En nou vir die opwinding om in ons nuwe huis in te trek. Ek kan nie wag
13        nie! En jy, muluti?” Sy haal die skets van die geboue by Manaka Evangelical
14        Mission wat oom Scholtzie in Grootfontein vir hulle geteken het uit die
15        paneelkissie. “Hierdie drie vertrekke wat die kantoor, die woonkamer en die
16        slaapkamer was, is mos groot genoeg om in te woon tot ons aangebou het.
17        Dis net jammer van die sinkdak. Ons moet ’n grasdak gehad het! Dis mos
18        Afrika. Ek sal dit vir ons baie gesellig maak. Jy sal sien.”
19            Griesel swenk wild uit vir iemand wat armswaaiend uit die bosse gestorm
20        kom. Die bakkie tref ’n slaggat en skuur met ’n geknars teen ’n wal tot
21        stilstand.
22            Nanna val skuins oor die rathefboom.

9.7       Griesel se kleredrag en sy optrede tydens hierdie vergadering bewys dat
          Griesel nie in Barotseland tuis voel nie.

          Motiveer dié stelling.                                                                 (2)

9.8       Wat is oom Scholtzie se rol by die vergadering?                                        (1)

9.9       Herlees reël 9.

          By watter ander geleentheid berispe Griesel vir Nanna? Is hierdie TWEE
          berispinge aanvaarbaar? Gee redes vir jou antwoord.                                    (3)

9.10      Herlees reël 12–13.

          Watter karaktereienskap van Nanna kom in hierdie reëls na vore? Noem ’n
          handeling van Nanna uit die roman wat vir die leser aandui dat sy tuis voel by
          die plaaslike bevolking en haal die woorde uit Teks 2 aan wat hierby aansluit.         (3)

9.11      Wie is die persoon wat uit die bos gestorm kom; wat het Nanna van sý vrou
          ontvang en hoe reageer Griesel daarop? Sou jy die wyse waarop die verteller
          Griesel uitbeeld as geslaagd beskou? Motiveer jou antwoord.                            (4)

9.12      Watter verband is daar tussen Teks 1 en Teks 2 ten opsigte van godsdiens?              (2)
                                                                                                 [25]

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       16                                   DBE/2015
                                           SSE

VRAAG 10: OPSTELVRAAG

VATMAAR – AHM Scholtz

Slegte dinge wat met onskuldige karakters soos Tant Wonnie, Norman Boonzaaier en
Kenneth Kleinhans gebeur, kan wel soms ’n gelukkige en sinvolle einde inhou.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.                                     [25]

                                              OF

VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG

VATMAAR – AHM Scholtz

Lees die uittreksels hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS 1

1           Toe hy terugkom, was die man weg met al sy aardse besittings. Hy het nie
2         van die plek gehou nie, maar teruggeloop dorp toe, gebroke oor die verlies
3         van sy goed. Hy het by die nuwe hotel, wat net daardie week oopgemaak
4         het, werk as kelner of chef-boy gaan vra.
5           Die bestuurder het gesê: Jy is heeltemal anders as hierdie mense. Daar is
6         jou kamer – en hy het na die nuwe bediendekamers gewys. Ek sal soveel
7         betaal as wat jy vir my werd lyk, verstaan jy?
8           Ja, Miester Peterson, het hy gesê.
9           Hy het ’n splinternuwe, eie kamer gehad, die eerste in sy lewe.
10          Die chef, Mister Pierre du Pont, het baie gedrink en Harry Look het gou
11        geleer om net soos hy te kook, die skottelgoed te was en nog kelner ook te
12        wees. Op ’n dag het Mister du Pont siek geword. Die bestuurder was
13        bekommerd en het gesê hy weet nie waar om ’n kok te kry om uit te help tot
14        Pierre weer beter is nie. Hy het nooit opgelet dat Harry al klaar meeste van
15        die tyd gekook het nie.
16          Wag, kyk vanaand, Miester Peterson, het Harry gesê.
17          Mister Peterson het gedink: Goed dan wag ek tot vanaand.
18          Daardie aand was dit net soos altyd. Party mense het glad gevra: Harry, sê
19        vir my, het Pierre so gou beter geword?

11.1      Hoe sluit reël 1 by die naam, Vatmaar, aan?                                          (4)

11.2      Herlees reël 5.

          Dink jy dat die oordeel wat Mister Peterson hier fel, regverdig is? Motiveer
          jou antwoord en noem ’n spesifieke voorbeeld as bewys vir jou antwoord.              (2)

11.3      Op watter wyse tree MacNamara rassities teenoor Harry Look op en wat is
          Harry Look se reaksie op dié optrede?                                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           17                                 DBE/2015
                                               SSE

11.4      Harry Look het met die fa-fee-game-of-chance in Du Toitspan begin.

          11.4.1        Vergelyk die houding van Chan Look met dié van Lisa ten opsigte
                        van die fa-fee-game-of-chance.                                           (2)

          11.4.2        Watter karaktereienskap kan jy van Lisa uit haar houding teenoor
                        die fa-fee-game-of-chance aflei?                                         (1)

11.5      Dink jy dat die fa-fee-game-of-chance tot voordeel van die mense op
          Vatmaar is? Motiveer jou antwoord.                                                     (1)

                                                  EN

TEKS 2

1           Na hy haar ’n kyk en ’n skelm glimlag gegee het, het Mineer de Bruin
2         weggery.
3           Hulle het na die charge-office geloop, met die poeliesman op die perd agter
4         hulle aan. Party mense het hulle koppe geskud en ander het gelag. Een
5         ouerige vrou het gesê: Ek wil nie graag in haar skoene staan nie. ’n Ander
6         bemoeisieke het gevra: Wat het sy gedoen, Konstabel?
7           Sy’s ’n dief, het hy gesê.
8           Hulle moes buite wag dat die poeliesman afklim en die toom aan die
9         ysterpaal met die ysterpenne vasmaak. Toe het hy Tant Wonnie die kantoor
10        ingestoot met die woorde: Loop, jou skelm!
11          ’n Sersant het agter die toonbank gestaan. What have you here, Constable
12        Prins? het hy gevra.
13          Sy’t haar madam se goue ring in Vatmaar gesteel, Sarge.
14          And did you tell her madam to be in court tomorrow?
15          Ja, ek het, Sarge.
16          Die sersant het die pen in die inkpot gedoop en geskryf: Theft of a golden
17        wedding ring. Name of her madam?
18          Die konstabel het sy sakboekie uitgehaal. Martha September, het hy gesê.
19          You from the Cape, Constable?
20          Ja, van Stellenbosch af.
21          Have you noticed that all these mixed-blood people who are descended
22        from slaves are either Afrika or one of the calender months, from January to
23        December?
24          Ja, Sarge, ek het.
25          Hy het sy pen in die inkpot gesteek en gevra: And the name of the culprit?
26          Yvonne Miller, adres ook Vatmaar, Sarge.
27          You are doing a fine job, Constable Prins, ridding this place Vatmaar of
28        thieves. I’ll put your name on the promotion list.

11.6      Waarom is ‘Mineer de Bruin’ se reaksie teenoor Tant Wonnie nie regverdig
          nie?                                                                                   (1)

11.7      Hoe sluit die gebeure in Teks 2 aan by die feit dat die waarheid sal seëvier
          en geregtigheid sal geskied?                                                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       18                                  DBE/2015
                                           SSE

11.8      Gee redes waarom jy dink dat Settie September vir Tant Wonnie van diefstal
          beskuldig het.                                                                      (2)

11.9      Wie kom Tant Wonnie in die tronk teë wat met Harry Look
          (Teks 1) se seun in verband gebring kan word en wat is dié persoon se
          verband met Harry Look se seun?                                                     (2)

11.10     Herlees reël 27.

          Hoe verskil die sersant se siening van die mense in Vatmaar se sienings ten
          opsigte van diefstal? Hoekom het die mense van Vatmaar so maklik geglo
          dat Tant Wonnie ’n dief is?                                                         (3)

11.11     Vroeër in die roman noem Ta Vuurmaak vir Oom Chai skelm-slim.

          Dink jy hy sal dieselfde van Tant Wonnie sê? Motiveer jou antwoord.                 (1)
                                                                                              [25]

                                                             TOTAAL AFDELING B:               25

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       19                                   DBE/2015
                                           SSE

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 12: OPSTELVRAAG

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Die ruimte waarin Krismis van Map Jacobs afspeel, dwing die Cavernelis-gesin en vir
Map Jacobs om uit hulle situasie te probeer ontsnap.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.                                     [25]

                                                OF

VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Lees die uittreksels hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS 1

1     MAP:                   Skullag en vuil en vieslik! Here, kan jy die merke sien, al
2                            die merke wat ek my laat merk het ... ’Cause ek wil
3                            somewhere ge-belong het? Kan jy sien die merke? (Hy
4                            praat nou met God.) Kan jy sien die tattoos, al die
5                            merke? (Sy stem raak ’n oomblik weg. Huil hy?) ‘it was
6                            ’n terrible gesoek seker, vir ’n identity, Here Jesus! ’n
7                            Verskriklike Map. Van al die merke, al die tattoos, call
8                            hulle toe vir my Map Jacobs ... En Apostel George, wat
9                            jy gestuur het, Here, hy’s reg, ek wiet, ‘is verskriklike
10                           merke dié, maar dis nog altyd deel van my kaart, ‘it wys
11                           waar ek gewies het, elke merk, ek wiet ... Hoe sal jy wiet
12                           waarnatoe om te gaan, sê Apostel George ...

13    APOSTEL GEORGE:        So sê die Here, Map ...

14    MAP:                   ... as jy nie acknowledge waar kom jy vandaan nie? So
15                           hierso acknowledge ek nou, my Here ... In die
16                           teenwoordigheid van my ma en van Apostel George ...
17                           Lyster jy, my Here ...

18    APOSTEL GEORGE:        Praise the Lord!

19                           Map is tierend en ootmoedig nou.

20    MAP:                   Jy moet die guts hê, en alles sê voor God! Never mind
21                           die judge of die koort van hierdie wêreld, maar voor die
22                           Here moet jy erken ... jy moet die guts hê, sê Apostel
23                           George ... Never mind even Blanchie ...

24    APOSTEL GEORGE:        Sê die Here, Map ...

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                              20                                    DBE/2015
                                                  SSE

13.1      Hoekom is die naam Map betekenisvol? Noem waarom ons kan sê dat
          Map se vel sy tronk is en noem ook wat gesuggereer word deur die gedeelte,
          “... maar dis nog altyd deel van my kaart ...” (reël 10).                                    (3)

13.2      In Teks 1 is dit duidelik dat Map berou oor sy vorige lewe het. Noem gebeure
          uit die drama waaroor hy berou kan hê.                                                       (3)

13.3      Die vraag wat Map gaan doen as hy vrygelaat word, is die oorsaak van die
          gebeure in die drama.

          13.3.1     Motiveer hierdie stelling.                                                        (1)

          13.3.2     Dink jy dat Map op parool vrygelaat moet word? Motiveer jou
                     antwoord.                                                                         (3)

13.4      Op watter wyse skakel die dialoog in Teks 1 met die tema van die drama?                      (1)

13.5      Teen die einde van die drama kan Map ’n kruis en ’n saksofoon vir hom laat
          tatoeëer.

          Motiveer hierdie stelling.                                                                   (2)
                                                    EN
TEKS 2

1         MAP:          Ma! Tommy Sobotker vertel vir my van Blanchie ... van daai wit
2                       varke wat haar verlei ... vir Blanchie, Ma ... wat het moet ons
3                       gebeur, Ma, moet my en moet haar? (Bewoë.) Ons was same op
4                       skool, in die Elsiesrivier ... alles het mooi gelyk, ek het gehou van
5                       haar, sy’t gehou van my, en toe ... kom al die dinge wat gebeur het
6                       ... Wat het moet ons gebéúr, Ma? (Huil amper; dan driftig.) Lyster,
7                       julle ammal! (Hy spreek die straat aan.) Ek mind nie wat Blanchie
8                       gedoen het meanwhile nie, ek mind van niks, even as ‘it waar is sy
9                       het ’n abortion gehad van ’n wit vark of van enige iemand ... Here
10                      Jesus, wie is ekke om te mind! Apostel George, ja, jy sê vir my, wie
11                      is ekke om te mind, ek is soes niks, soes niets ... soes niks ... Niets
12                      ... (Die straat raas.) ‘Is net ... Hoekô avoid jy vir my, Blanchie? ...
13                      Hoekô avoid sy vir my? ... (Dan sagter.) Here! Ma! Apostel George!
14                      Hoekô avoid sy vir my? ... Ek wil so graag net moet haar práát, net
15                      vir haar sê, ek is sorry ... Blanchie ... Ek het ... aangevang ...
16                      Apostel George het my gewys, en ek was al lankal ge-convince, ek
17                      het shit aangevang ... en ek is sorry, Blanchie ... ek was nie meer
18                      die ou wat jy op skool geken het nie, ek het ’n regte vark geword,
19                      maar nou, ek het weer ge-change, ek het weer ’n mens geword, ...

13.6      Wat is die toon van Map se dialoog in sowel Teks 1 as Teks 2?                                (1)

13.7      Herlees reël 1–2 en reël 18–19.

          Waarom verwys Map na die mans as “daai wit varke” (reël 1–2) wat Blanchie
          verlei? Watter rol speel hulle in Blanchie en haar pa se droom op ’n beter
          lewe? Wat is die verskil tussen die “wit varke” en Map wat homself “’n regte
          vark” (reël 18) noem?                                                                        (4)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         21                                     DBE/2015
                                             SSE

13.8      Map sê later in die drama aan sy ma: “... ek is ’n anner man, ôldou, ek is of
          course oek nog Map Jacobs ...”

          Wat bedoel Map met hierdie woorde? Watter bewys is daar in die drama dat
          Map wel ’n “ge-changde man” is?                                                          (2)

13.9      ’n Tronk wat ’n ruimte van gevangenskap is, raak ’n ruimte van bevryding
          terwyl die Kaapse Vlakte Map se tronk bly.

          Wat is die ironie in hierdie stelling na aanleiding van Map se situasie?                 (2)

13.10     Map se dialoog in Teks 2 stel dit dat Antie Grootmeisie aanwesig is, maar
          haar stem word nooit gehoor nie.

          Noem EEN funksie van haar stilte in die drama.                                           (1)

13.11     Watter voordeel hou Map se belydenis vir sy en Blanchie se verhouding in?
          Hoe sluit dít by die saksofoonmusiek aan die einde van die drama aan?                    (2)
                                                                                                   [25]
                                                OF
VRAAG 14: OPSTELVRAAG

MIS – Reza de Wet

Die mismotief is ’n duidelike motief in die drama.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.                                         [25]

                                                OF

VRAAG 15: KONTEKSTUELE VRAAG

MIS – Reza de Wet

Lees die onderstaande uittreksels en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS 1

1         KONSTABEL:            My ma en pa hou elk ’n skerf gerookte glas vas. My ma
2                          kyk na my. Haar hare waai oor haar gesig. Net een oog steek
3                          uit. “Gaan kombuis toe en kry vir jou ook glas,” sê sy met
4                          haar mond vol hare. Ek gaan kombuis toe. Ek dink miskien
5                          help die glas vir die wind. In die kombuis kook tant Hannie
6                          moerbeikonfyt. Haar vingers is rooi van die moerbeie. Sy
7                          suig haar voorvinger en vee die ander aan ’n witdoek af. Sy
8                          gee vir my ’n lang, skerp stuk gerookte glas. “Hou dit tussen
9                          jou duim en jou voorvinger vas,” sê sy. Sy vra nog waar my
10                         broer is, toe staan hy in die deur. Sy gee vir hom ook glas.
11                         Sy hurk en maak haar arms oop. Ons staan nader. “Weet
12                         julle dan nie?” fluister sy en lag. “Die sonsverduistering. Dis
13                         amper hier. Die gerookte glas is om deur te kyk. Anders is
14                         die son te skerp. As julle mooi kyk, sal julle sien ...” sy skuif
15                         haar een hand met blink ringe oor haar ander hand “... hoe
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        22                                   DBE/2015
                                            SSE

16                        die maan se skaduwee oor die son gly.” Ons wou so naby
17                        aan die son kom as wat ons kon. Ons klim die perskeboom
18                        en gaan sit op die dak. Op die nok van die dak. Die wind
19                        druis in ons ore. In die agtertuin skel die hoenders en waai
20                        teen die draad vas en die kwepers val soos hael. In die
21                        voortuin vlieg die blomme weg.

15.1      Watter stemming word deur die verwysings na die wind in reël 5 en 18–19
          geskep? Hoekom pas dié stemming ook by die res van die drama?                         (2)

15.2      Haal ’n frase uit reël 5–7 aan wat op ’n vaardigheid waaroor tant Hannie
          beskik, dui en noem die ander karakter in die drama wat oor 'n soortgelyke
          vaardigheid beskik.                                                                   (2)

15.3      Herlees reël 9–10.

          Aan watter ander verskyning herinner die verskyning in bogenoemde reëls?
          Is hierdie ander verskyning noodsaaklik vir die verloop van die drama?
          Motiveer jou antwoord.                                                                (2)

15.4      Waarom verwys die sonverduistering na die blindheid van die vrouens?                  (1)

15.5      Hoe word spanning in Teks 1 geskep?                                                   (1)

15.6      Waarin transformeer Konstabel? Waarom kan hy nie Konstabel bly nie en
          waarom is dié transformasie noodsaaklik? By watter ruimte sluit die
          transformasie aan?                                                                    (4)

                                               EN

TEKS 2

1         GERTIE:         En hoe maak u nou weer die keuse? Ek bedoel tussen u
2                         Moeder en tant Hannie, as ek haar so mag noem?

3         KONSTABEL:      Sekerlik, Juffrou. Dit is die stem. Dit hang alles van die stem
4                         af.

5         GERTIE:         Werklik? Hoe interessant. (Kort stilte) Sal u my asseblief tog
6                         so ’n ietsie van hierdie tant Hannie vertel?

7         KONSTABEL:      Sy is nooit getroud nie. Sy was beeldskoon, maar veels te
8                         kieskeurig.

9         GERTIE:         My aarde. Ons klink nogal baie eenders. (Skaam laggie) Ek
10                        is ook glad nie te onaardig nie. (Kort stilte) Kan u vir my nog
11                        so ’n ietsie vertel?

12        KONSTABEL:      Sy was veral bekend vir haar hare. Lang, goue, golwende
13                        hare.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         23                               DBE/2015
                                             SSE

14        GERTIE:         (raak aan haar yl haartjies) Merkwaardig! Dit is presies hoe
15                        my hare Iyk.

16        KONSTABEL:      (bly) Werklik?

17        GERTIE:         Ja. Net so! (Kort stilte) Vertel nog. Asseblief.

18        KONSTABEL:      Sy was lank en slank ... en soepel.

19        GERTIE:         (byna skril van opgewondenheid) Net soos ek! Dis al die
20                        oefening. Dit hou my fiks!

21        KONSTABEL:      Ek het baie gekyk hoe die grootmense dans. En sy kon dans.
22                        Niemand kon soos sy dans nie.

23        GERTIE:         (baie opgewonde) Net so! (Spring op) Ek is die voorste
24                        danser in ons kontrei.

25                        Terwyl die KONSTABEL verder praat, voer GERTlE dromerig
26                        die bewegings uit wat hy beskryf.

27        KONSTABEL:      Met die hartseerwals het sy haar Iyf so agteroor gebuig met
28                        haar kop terug. Haar nek was lank en melkwit en haar oë
29                        halftoe.

15.7      Watter karaktereienskap van Gertie kom duidelik in haar dialoog in reël 1–2
          na vore en hoe kan dit tot haar voordeel strek?                                 (2)

15.8      Herlees reël 9–10.

          Hoe probeer Gertie Konstabel in hierdie reëls beïnvloed? Is haar optrede
          funksioneel? Motiveer jou antwoord.                                             (3)

15.9      Wat suggereer Konstabel met sy woord in reël 16?                                (1)

15.10     Wat noem ons die kursiefgedrukte gedeelte in reël 17? Wat is na jou mening
          die funksies daarvan in dié reël?                                               (3)

15.11     Herlees reël 23–24.

          Hierdie is die derde leuen wat Gertie in Teks 2 vertel. Noem nog EEN ander
          leuen wat sy later in die drama vertel.                                         (1)

15.12     Watter karaktereienskap van tant Hannie kom in die twee tekste voor?
          Haal ’n frase uit Teks 1 en ook uit Teks 2 aan wat op die ooreenkoms dui.       (3)
                                                                                          [25]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:      25
                                                                      GROOTTOTAAL:        80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 June July 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-june-july-2015/37fb3790-ac90-40b8-8e30-19a5b23e458e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2015/cdab90d4-3d84-4b91-af49-f2c24059a99e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2022/b6902408-ac2a-4a7c-a4f3-5057a283114e) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2021/bd0848ce-447c-46d0-8bdd-1169e8e62e6e) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018/d44727d2-705d-4fdd-a87d-4da1c4380318) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
