# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2016, 28 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2016-memo/5497b749-e408-4f00-b341-25758bcc85a8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 28

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2016-memo/5497b749-e408-4f00-b341-25758bcc85a8)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2016 · Afrikaans. Memorandum, 28 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                         2016

                                   MEMORANDUM

                                                                      PUNTE: 80

                      Hierdie memorandum bestaan uit 28 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           2                                          DBE/2016
                                        SSE – Memorandum

NASIENRIGLYNE

1.     As ’n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste
       antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die
       kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
2.     As ’n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte beantwoord het, word
       die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.
3.     As ’n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre opstelle
       beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word
       geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord het, word die
       eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag en een opstelvraag
       beantwoord is.
4.     As ’n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die tweede
       antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word
       geïgnoreer.
5.     As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die memorandum
       nagesien.
6.     As ’n spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die
       spelfout nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.
7.     Opstelvrae:
       As die literêre opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepenaliseer
       nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die literêre opstel te lank is,
       assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener. Die memorandum is
       slegs ’n riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die
       aangehegte rubrieke om die opstelvrae na te sien.
8.     Kontekstuele vrae:
       As ’n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ’n vraag dit vereis nie, word die
       kandidaat nie gepenaliseer nie.
9.     Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
       SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
10.    Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die rede/
       motivering/bewys verdien die punt.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             3                                     DBE/2016
                                          SSE – Memorandum

AFDELING A: GEDIGTE

VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL
Een sprong vir ... – Joan Hambidge

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

LET WEL:
•  Dis ’n breë raamwerk van feite.
•  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

KODE

 B – Beelde                                            I – Inhoud
BS – Beeldspraak                                       S – Struktuur & Taal
 S – Stylfigure

Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan.

•   Die maanbeeld word in die verbreking van die verhouding aangewend waar die
    spreker sê dat die geliefde hom/haar na die maan gestuur het, wat impliseer dat die
    verhouding verbreek is./Versreël 5: jy stuur my na die maan
•   In die gesprek met die geliefde word die beeld van die maankors gebruik om die
    herinneringe te verbeeld wat die spreker tot die insig lei dat die liefde ’n illusie is./
    Versreël 14: neem stukkies maankors saam
•   In die klimaks/hoogtepunt van die gedig is die maanbeeld aangewend om die insig
    waartoe die spreker kom, aan te dui, naamlik die besef dat die werklikheid net so mooi
    en romanties op die aarde kan wees as wat romanse met die maan geassosieer
    word./Versreël 15–16: en weet na maande die maan is hier
•   In die vergelyking word die spreker, wat koersloos deur sy/haar lewe beweeg met
    Neil Armstrong vergelyk wat in die lugdrukvrye atmosfeer, ook koersloos, beweeg het./
    Versreël 6: à la Neil Armstrong beweeg ek in die lugdrukvrye atmosfeer ...
•   Die spreker se besinning oor die pyn en verbittering van die verbreekte verhouding
    word metafories met kraters wat op die maan karteer word, gelykgestel./Versreël 8:
    karteer die kraters
•   Die spreker gebruik ’n hiperbool om die beloftes van die gewese liefde aan te dui
    wat daartoe lei dat die spreker nie van die verbreekte verhouding herstel nie./
    Versreël 3–4: want jy het my die maan, sterre en uitspansel beloof.
•   Die spreker gebruik teenstelling om aan te toon dat die verhouding verby is. Dit
    staan in teenstelling met die maan en maanbeeld wat in die gedig voorkom./Versreël 10:
    (dis verby, dis verby, dis ...) op die klein silw’rige planeet.
•   Die emosionele pyn wat die verbreekte liefdesverhouding vir die spreker bring, word
    deur die paradoks, stil verwoesting wat gesaai word, aangedui./Versreël 18: karteer die
    kraters, die stil verwoesting wat jy saai
•   Die insig waartoe die spreker in die klimaks kom, is dat beloftes wat ’n (volgende)
    geliefde maak, nie sonder meer geglo word nie/die lewe sonder die geliefde is nie maklik
    nie./Versreël 19–20: ek weet die maan is beslis nie van kaas

Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
                                                                                                     10

                                                  OF

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             4                                         DBE/2016
                                          SSE – Memorandum

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
Busrit in die aand – Elisabeth Eybers

Vraag     Antwoord                                                                                      Punt
2.1       “hulle”/”sy” √                                                                                1
2.2       “wat huis toe (gaan)”/
          “dis laat”/
          “Skaduwee-skimme gly (verby)” √ √                                                             2

          Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir een punt elk aan.

2.3       Assonansie √

          Dit ondersteun die somber stemming./
          Dit vertraag die leestempo. √                                                                 1

2.4       Die letterlike bus word ’n figuurlike kaperskuit √                                            1

2.5       Polisindeton. √                                                                               1

          Die leser beleef die ry/sukkel van die bus./
          Die leser beleef ’n visuele/klankmatige voorstelling van die bus se gesukkel. √               1

          Dit is geslaagd, want die polisindeton beklemtoon die gesukkel van die bus. √                 1

2.6       Die kontras tussen die verliefdes en die ander passasiers word uitgehef./
          Die vrolikheid van die verliefdes in die bus word uitgehef./
          Die verliefdheid van die paartjie word beskryf. √                                             1

                                                                                                        10

                                                    OF

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Sonsverduistering – PJ Philander

Vraag     Antwoord                                                                                      Punt
3.1       “geruisloos” √                                                                                1

3.2       Dit rym met “trek”.
          Dit het ’n negatiewe konnotasie.
          Die maan se skadu lyk soos ’n vlek op die son.
          Die maan se skadu hou met die titel verband. √√                                               2

          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

3.3       “die vlek van skadu”/
          “dreigend swart die kol”/
          “n koue vreemde skemerte” √                                                                   1

3.4       Om te leef soos wat God wil hê./
          Die wil van God./
          Leiding wat God deur natuur aan die mens gee.
          Kennis van God (se wil). √                                                                    1

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            5                                             DBE/2016
                                         SSE – Memorandum

3.5       Dit verwys na die hemel./
          Dit verwys na die hiernamaals./
          Dit word figuurlik bedoel. √                                                                    1

          ’n Voorgevoel/’n mens se geloof lei ’n mens Huiswaarts, maar die mens beskik nie
          daaroor nie.
          Die mens se keuse om gehoorsaam aan die duisternis te wees, veroorsaak dat hy/sy
          nie weet om tydig Huiswaarts te keer nie.
          Omdat die mens se pad verduister/onsigbaar is, kan die mens nie tydig Huiswaarts
          keer nie.
          Hoewel ons sou verwag dat die mens gevaar sou aanvoel, is hul dommer as skape/
          tree hul nie instinktief soos die skape op nie.                                                 2

          Die kandidate moet beide kante van die ironie vir EEN punt aanbied. Die kandidaat
          bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

3.6       ’n Somber/mismoedige/neerslagtige/onheilspellende stemming √                                    1

          Die mens se ongehoorsaamheid/verlorenheid/vashou aan die sonde word beskryf./
          Die duisternis oorheers./
          Dit ondersteun “skaduwee” wat “alle lig” verduister./
          Dit sluit aan by “Sy pad onsigbaar is”. √                                                       1

                                                                                                          10

                                               OF

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
Safari – DJ Opperman

Vraag     Antwoord                                                                                        Punt
4.1       ’n Uittog/trek/uitstappie/jagtog/trekgeselskap/ontdekkingstog/reis (in die veld) √              1

          Die mens is op ’n lewensreis./
          Die mens gaan van geboorte tot sy dood op ’n lewensreis./
          Die mens se lewensreis word aan ’n safari gelykgestel. √                                        1

4.2       Al drie woorde verwys na mense wat vorentoe beweeg./dui beweging aan.
          Al drie woorde verwys na mense wat op reis gaan./
          Al drie woorde dui op die verloop van mense se lewens. √                                        1

4.3       Dit dui aan dat die mens baie hoogte- en laagtepunte/fases/stadiums gedurende sy/
          haar lewe beleef. √                                                                             1

4.4       Ja
          Die gebrek aan leestekens beklemtoon die gedagte dat die optog sonder keer na ’n
          noodwendigheid/die graf afloop./
          Die gebrek aan leestekens beklemtoon die gedagte dat die optog sonder steurnisse op
          ’n noodwendigheid/na die graf, afloop. √
                                                                                                          1
4.5       Dit illustreer die gaatjie in die grond waarna verwys word.
          Dit is ’n visuele voorstelling van die gat./graf.
          Dit wys skok/verbasing/dui op gelatenheid.
          Dit dien as ’n punt aan die einde van die lewe.
          Dit sluit aan by/illustreer die “Niks” in versreël 1. √√√                                       3

          Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            6                                           DBE/2016
                                         SSE – Memorandum

4.6       Die kandidaat moet die boodskap uit die tema formuleer – nie bloot die tema (die
          verganklikheid van die mens) neerskryf nie, bv.

          Geniet jou lewensreis. √                                                                        1

          Die gedig is ’n visuele voorstelling van die lewensreis wat nie ’n reguit pad is nie, maar
          kronkel. √                                                                                      1

                                                                                                          10

                                               EN

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
gedig vir mammie – Selwyn Milborrow

Vraag    Antwoord                                                                                         Punt
5.1      Die gedig handel nou oor enige ma./handel nie oor ’n spesifieke ma nie. √                        1

5.2      Wanneer die spreker nie kon slaap nie, het sy/haar ma hom/haar aan die slaap
         gesing/vir hom/haar stories voorgelees/beskermend laat voel. √                                   1

5.3      Metafoor √                                                                                       1

         Die verskrikvoël jaag gevaar weg soos die spreker se ma (se oë) die nagmerries
         weggejaag het. √                                                                                 1

5.4      Die strofes waarin die versoeke voorkom, is korter./
         Vraagsinne word gebruik./
         Retoriese vrae word gebruik. √                                                                   1

5.5      “maar” √                                                                                         1

         Die ma gaan sterf. √                                                                             1

5.6      Hy besef ’n gedig gaan nie sy ma vir ewig by hom hou nie. √                                      1
         Hy besef eintlik sy ma is aan die einde van haar lewe.√                                          1

         Hy vra ’n paar somers/jare en nie ’n lang tyd nie. √                                             1

                                                                                                          10

                                                                         TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            7                                           DBE/2016
                                         SSE – Memorandum

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
LITERÊRE OPSTEL VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
•  Dis ’n breë raamwerk van feite.
•  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

KODE

K – Keuses van Iris beïnvloed haar se lewe             I – Inhoud
                                                       S – Struktuur

Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan.

•   Iris kies om die “dienares van hoër gode” as die verklaring vir haar naam te aanvaar
    wat daartoe lei dat sy ander se wense uitvoer, eerder as haar eie./Bv. bl. 10: Iemand wat
    altyd moes regstaan vir ander, belangriker gode. Ouers, susters, onderwysers.
•   Iris se keuses versterk haar buitestanderskap, veral as sy meer ’n toeskouer as ’n
    deelnemer aan die lewe is./Bv. bl. 25: Ek het hulle (my susters) fyn dopgehou, hulle
    lewens geëvalueer en dit as ’n teoretiese oefening gesien om vas te stel hoe ek in ’n
    soortgelyke situasie sou optree.
•   Iris se keuse om te eksperimenteer versuur haar verhouding met haar susters as sy
    toegelaat word om dinge te doen wat nie vir hulle beskore was nie./Bv. bl. 15: “Het Ma ons
    ook toegelaat om dit te doen?” wou hulle geskok weet toe ek een aand my tande staan en
    borsel met die uitgekrapte as uit die kaggel.
•   Iris se keuse om in ’n eksistensiële periode te tob het tot gevolg dat haar susters haar
    kritiseer./Bv. bl. 53: My kloosterrokke was almal grys of swart. “Jy lyk so druipstert,” was
    Elsa se kommentaar. “Asof jy ’n vlugteling is.”
•   Tydens die eksistensiële periode van Iris se lewe maak sy ’n vrye keuse om soos
    Aspoestertjie te leef, maar haar ouers en susters se reaksie daarop laat haar
    onbelangrik voel./Bv. bl. 25: Ek het nooit gelag nie en smiddae laat deur die tuin geloop en
    tob oor die sin van die wêreld en my plek in die groter bestel. Niemand het eens opgekyk
    nie ...
•   Iris se keuse om by dr. Anders te gaan werk as ’n stoelassistent en om nie ’n beroep
    te volg waarvoor sy opgelei is nie, bring konflik tussen haar en haar pa./Bv. bl 41: “En dis
    waarvoor ek haar drie jaar op universiteit gehou het, om by die tandarts te werk. Spoeg
    weg te vee.”
•   Iris kies ’n beroep wat haar toelaat om haar kop onbetrokke te laat en haar die
    geleentheid te gee om haar fantasiekarakters uit te brei./Bv. bl. 42: Ek wou nie ’n werk hê
    wat my gedagtes in beslag sou neem nie.
•   Sy kies om saam met Riekie matriekafskeid toe te gaan terwyl hy haar verveel.
    Riekie word as Richard omgetower./Bv. bl. 19: Buitendien moes ek ’n maat hê vir die
    matriekafskeid en Riekie was op sy ongekunstelde manier aantreklik. Aanvaarbaar.
•   Iris se keuse om alleen na die partytjie te gaan bring haar in kontak met Peter wat
    haar wys op ander ryk betekenisse van haar naam en haar laat goed voel daaroor./
    Bv. bl. 36: “Die fleur de lis. Jy weet tog wat dit is?” “Ja.” “Daar het jy dit dan. ’n Naam vol
    ryke assosiasies.”

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             8                                          DBE/2016
                                          SSE – Memorandum

•   Iris se keuse om saam met Peter na sy woonstel te gaan, laat haar haar
    maagdelikheid verloor en die werklikheid begin haar fantasie oorheers./Bv. bl. 40: Peter
    was werklikheid. Hy het hare op sy bors, voorarms en bene gehad. Sy asem het soet
    geruik, na wyn. Hy het my ernstig ontklee ...
•   Iris se keuse om saam met Peter te slaap kon moontlik haar blomoomblik wees,
    want haar ma het die volgende oggend opgemerk dat sy goed lyk./Bv. bl. 41: “Jy lyk goed
    vir iemand wat ...” Ek het vinnig opgekyk. “Wat wat?”
•   Iris maak ’n keuse ten opsigte van haar verhouding met Peter as sy ’n vliegkaartjie
    na Amerika koop en so ’n nuwe rigting in hul verhouding inslaan./Bv. bl. 79: Peter se
    laaste, onduidelike poskaart het voorgestel dat ons mekaar in New York ontmoet, die
    naweek voor Kersfees.
•   Iris se keuse om vir Peter te gaan kuier bevestig dat sy ontwikkel van iemand wat die
    werklikheid vermy tot iemand wat betrokke raak by die werklikheid as haar emosies
    duideliker blyk./Bv. bl. 97: Ek het neerslagtig op die bed gaan sit en om my rondgekyk. Dit
    was nie die romantiese herontmoeting wat ek my voorgestel het nie.
•   Iris kry bevestiging vir haar keuse om Peter in Amerika te gaan besoek by sy ma
    omdat die inligting wat Ans oor haar seun deel, Iris laat besef dat sy fisies na hom
    verlang./Bv. bl. 85: Ek het geknik en my binnegoed voel draai van verlange.
•   Iris kies om saam met Peter na Vermont te gaan en nie ’n loopbaan as model aan te
    gryp nie en verspeel so haar kans op ’n moontlike blomtyd. /Bv. bl. 133: As jy wil blom
    onder ateljeeligte met mense wat jou deurmekaar gaan boelie, moet jy dit doen. Ek gaan
    Vermont toe.” ... “Ek kan nie onbepaald sit en wag dat jy tot jou sinne kom nie.”
•   Iris laat die Engel toe om deel van haar lewe te word en as haar beskermengel,
    raadgewer en klankbord dra hy by tot haar insig oor haar naam en haar blomtyd./
    Bv. bl. 187: “Die lewe is nie ’n storieboek nie.” “En ’n naam is net ’n naam.”/Bv. bl. 195:
    “Party mense blom ongesiens.”
•   Iris kies later om verantwoordelikheid vir haar eie lewe te neem en besef dat sy self
    verantwoordelik is vir haar keuses as die Engel haar daarop wys wanneer sy hom
    verantwoordelik hou vir Peter se ongeluk./Bv. bl. 217: “As jy môre op die dak loop en gly
    en afval, sal ek jou nie vang nie. Om op die dak te loop, is jou keuse. Peter se werk is sy
    keuse.” Ek het my op ons bed neergewerp en gehuil, nie net van skok nie, maar ook
    omdat ek beskaamd was oor my uitbarsting.
•   Iris se keuse om haar hart oop te maak teenoor Billy, die taxibestuurder, bring insig
    oor haar naam en blomtyd./Bv. bl.104: “My suster het nog nooit aan hierdie goed gedink
    nie. Iris is haar naam. Dis al. Toeval, dis wat dit is. My ander suster is Daisy.”/Bv. bl. 105:
    “Nie alle bolle kom tot bloei nie.”
•   Iris raak so betrokke by die werklikheid dat sy haar fantasiekarakters laat verdwyn
    en is selfs bereid om die Engel te laat gaan./Bv. bl. 214: Ek het ook met die Engel gepraat
    en voorgestel dat hy van werkgewer verander en hom by Ma aansluit aangesien ek nie
    regtig sy dienste op ’n daaglikse grondslag nodig gehad het nie.
•   Iris besluit om met Peter te trou en ontvang daarmee saam alles wat haar tevrede en
    gelukkig maak as Peter haar ouerhuis vir hulle as woonhuis koop en daarmee saam die
    kwart-voor-sewe-lelie, Polder, Johanna en die Engel./Bv. bl. 214: Ek was in die wolke
    omdat ek die tuin en die kwart-voor-sewe-lelie geërf het ...
•   Iris kies om haar fantasiewêreld agter te laat en volkome betrokke te raak by haar
    werklikheid as sy Peter se groot invloed op haar lewe besef met sy ongeluk./Bv. bl. 215:
    “Ag,” het ek gesê. “Peter.” Toe het ek begin huil. My oë kon dit nie help nie.
•   Iris kies om haar te vereenselwig met die kwart-voor-sewe-lelie en laat gaan so haar
    beheptheid met haar naam omdat sy, soos die lelie, ook bestem is om te blom en dat
    haar blomtyd ook nie volmaak hoef te wees nie./Bv. bl. 220: Dis halfsewe en ons hou die
    lelie dop ... “Wees geduldig,” sê ek. “Dis amper tyd.”

Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
                                                                                                          25

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            9                                           DBE/2016
                                         SSE – Memorandum

                                                OF

VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag      Antwoord                                                                                       Punt
7.1        Sy het Riekie deur Hannes, wat by Elsa gekuier het, ontmoet. √                                 1

           Die manier waarop Riekie “Haai” gesê het./
           Die manier waarop Riekie gegroet het. √                                                        1

7.2        Sy is ’n dromer./verbeeldingryk. √                                                             1

           Die kandidaat kan die karaktereienskappe omskryf.

7.3        Sy het aan haar ma gesê om haar te verbied om hom te sien. √                                   1

           Haar ma het nie na haar geluister nie./
           Iris se ma was ontsteld oor Kara wat ’n non wou word. √                                        1

           Sy sê reeds aan die begin van die roman dat niemand/Ma haar (nie) ernstig opneem
           nie./
           Een van die ander susters het altyd net ’n groter krisis beleef wat Ma se aandag vereis
           het. √                                                                                         1

7.4        Daar is slegs een keer in ’n leeftyd ’n blomgeleentheid. √                                     1

           Iris besef daar is meer as een blomgeleentheid in jou lewe./
           Iris besef elke dag is ’n blomgeleentheid. √                                                   1

           Dit sluit aan by die een knop waarvoor Iris en Johanna wag om oop te gaan. √                   1

7.5        Sy sê dat sy nie ’n broeikas is nie./
           Sy sê haar liggaam behoort aan haar. √                                                         1

           Sy en Claude het kinders./
           Sy en Claude wil ’n huis vol kinders hê. √                                                     1

7.6        Frederik √                                                                                     1

7.7        Dit is geloofwaardig. √                                                                        1

7.8        In Vermont/die vakansiehuis √                                                                  1

           Sy sal dit geniet om huis-huis te speel./
           Sy sal dit geniet om (twee regte) kinders te versorg. √                                        1

           Met Bettie in dieselfde ruimte het die kinders verkies dat Iris hulle moet versorg./
           Iris raak deel van die vakansiegesin.√                                                         1

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            10                                            DBE/2016
                                          SSE – Memorandum

7.9        Hy tree as ’n beskermengel op. √                                                                 1

           Hy aanvaar nie verantwoordelikheid vir Peter se keuses nie./Hy beskerm nie vir Peter
           toe hy ’n ongeluk by die werk gehad het nie. √                                                   1

7.10       Bettie het gif gedrink. √                                                                        1

           Iris het gedink sy gaan ’n heldin wees wanneer sy Bettie van ’n gifdood red, maar
           Bettie het slegs te ryk geëet./
           Iris wou dat hulle Bettie hospitaal toe neem, maar uiteindelik beland Iris self in die
           hospitaal. √                                                                                     1

7.11       Hulle verdra nie vir Bettie nie./Hulle wil nie hê dat Brian met haar trou nie./Hulle luister
           nie na haar nie. √                                                                               1

7.12       Innerlike konflik. √                                                                             1

           Bettie wil graag met Brian trou, maar hy wil nie weer trou nie. √                                1

           Iris se konflik word opgelos as Riekie uit haar lewe verdwyn. √                                  1
           Bettie se konflik word nie opgelos nie, want Brian wil steeds nie met haar trou nie. √           1

                                                                                                            25

                                                OF

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
LITERÊRE OPSTEL VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
•  Dis ’n breë raamwerk van feite.
•  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

KODE

B – Baas se reaksie op verlies van ouers                 I – Inhoud
G – Grace se reaksie op verlies van ouers                S – Struktuur & Taal
E – Ouma Essie in hulle lewens

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          11                                        DBE/2016
                                        SSE – Memorandum

Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan.

•   Baas se ouers word op Sable Ranch/in Suid-Rhodesië deur vryheidsvegters
    vermoor, want dit was die tyd toe talle Suid-Rhodesiërs in ’n onafhanklikheidstryd
    betrokke was./Baas was nie daar om hulle te beskerm nie./Bv. bl. 11: … loop hom in
    Afrika se onafhanklikheidstryd vas./Hy doen verpligte militêre diens en bevind hom, as lid
    van die berugte Selous Scouts van Suid-Rhodesië, midde-in die bloedige slagting van
    baie jare./Terwyl hy elders in die bosoorlog vasgevang is, kry hy ’n berig dat Sable Ranch
    vir ’n tweede keer aangeval is./Later kry ’n buurman sy pa se lyk in die kliniek …/
    bl. 12: … Sy ma se lyk kry hulle in haar wildskuiling.
•   Baas se ouers was onskuldige slagoffers van die bloedige stryd, want hulle het net
    goed gedoen aan die mense van Suid-Rhodesië/was betrokke by sendingwerk en het ’n
    kliniek op die plaas ingerig om die plaaslike bevolking te help./Bv. bl. 11: … Later kry ’n
    buurman sy pa se lyk in die kliniek wat die Chipmans op die plaas gebou het om basiese
    hulp en medisyne aan die plaaslike bevolking beskikbaar te stel.
•   Grace se ouers is ook vermoor/doodgemaak, want Suid-Afrikaanse troepe/wit soldate
    het vir hulle voertuig ’n landmyn in die pad gestel./Suid-Afrikaanse troepe het die
    vryheidstryd in Zambië probeer stuit./Bv. bl. 78–79: Dit is die voornaam wat altyd aan die
    oudste seun in die Mulambwa-families gegee word. Muluti Joseph se tradisionele naam
    was ook Sitali. Hulle is ’n familie indoenas. Haar pa was jonk toe hy die hoofindoena
    geword het./bl. 78–79: Iemand het kom sê naby die pontboot by Senanga het ’n bussie
    oor ’n landmyn gery. Toe dit begin reën, het hulle kom sê hoofindoena Sitali Mulambwa en
    sy vrou is dood.
•   Grace se ouers het nie verdien om deur wit soldate doodgemaak te word nie, want
    hulle was nie betrokke by militêre aksies/geweld nie./het net aan ander goed gedoen./
    Bv. bl. 78: ... Haar pa was jonk toe hy die hoofindoena geword het.
•    Baas ontwikkel ’n wrok teenoor swart mense omdat hy verbitterd is oor die manier
     waarop sy ouers dood is./Bv. bl. 63: Na my ma en pa deur ’n spul barbare vermoor is.
•   Baas kom in opstand teenoor sy geloof/lees uiteindelik glad nie meer die Bybel nie
    as gevolg van die onregverdigheid./Bv. bl. 13: … Selfs toe Baas later die Bybel minder
    gereeld uithaal …
•   Baas onttrek hom grootliks en voer ’n afgeslote, privaat lewe wat fokus op sy eie
    drome omdat hy alles wat vir hom kosbaar is, verloor het./Bv. bl. 13: … Baas verloor al sy
    familiebesittings, insluitende die plaas./Bl. 14: … Tog besef hy dat ’n mens mettertyd
    familie ontgroei, dat Houtboschberg se drome nie meer drome wil wees nie …
•   Op Manaka wil Baas glad nie by die plaaslike bevolking betrokke wees nie, want hy
    het niemand in sy lewe nodig nie./Bv. bl. 63: “Ek is net heeltemal gatvol! Dink jy ek het
    Barotseland toe gekom om verantwoordelik te voel vir almal se skete en kwale en
    hongersnood? Na my pa en ma deur ’n spul barbare vermoor is?”
•   Baas wil nie al die armes en siekes versorg nie omdat hy voel hy is nie met ’n doel na
    Manaka gestuur nie./hy reeds al sy geld gebruik het om die siekes en armes te versorg./
    hy sy boot wil klaarmaak t.w.v. die toerismebesigheid./Bv. bl. 43: “Sê vir daardie ouma
    Essie van jou ek is nie gestuur nie en ek is vir seker nie hier om enigiemand te kom help
    nie. Ek is hier om my boot op die Zambezi te kry.”
•   Baas wil nie by die sendingkerk se doen en late betrokke wees nie, want hy wil niks
    met godsdiens te make hê nie./Bv. bl. 13: … Selfs toe Baas later die Bybel minder gereeld
    uithaal, …
•   Grace koester nie ’n wrok teen wit mense/Suid-Afrikaners nie, want sy is ’n Christen
    wat vergewensgesind leef./reeds die soldate vergeef het./net goed doen aan ander
    mense./ volgens die ubuntu-beginsel leef./sy weier om deur Baas weggejaag te word./
    Bv. bl. 94: Ek wil jou help./Bl. 95: … Maar die Here wil nie hê ek moet verskonings gebruik
    om weg te kom van iemand wat my nodig het nie.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          12                                         DBE/2016
                                        SSE – Memorandum

•   Baas het vir ouma Essie in sy lewe nodig, want op Manaka gee sy vir Baas rigting en
    leiding t.o.v. godsdiens./sy is die Profeet van die Bybel wat Baas met sy innerlike konflik
    help./vir Baas help om antwoorde te vind op sy godsdiensstryd./vir Baas help om
    uiteindelik as geestelike leier sy oupagrootjie se voetspore te volg en sy rol te aanvaar./
    sy help hom om deur ’n veranderde leefwyse ook sy ouers se dood te aanvaar./
    Bv. bl. 117: “Ons is deur die kerk tot by Ngweze gebring.”/Bl.118: “Tot daar weer ’n
    kerkgebou is, sal hierdie boom die kerk wees.”
•   Ouma Essie help Baas met sy sosiale aanpassing op Manaka, want sy organiseer die
    verhouding met die sendelinge./neem leiding om die sendelinge en Baas in vrede op
    Manaka te laat bly./ruk die khuta in die bek omdat hulle Baas uitbuit en hom eintlik
    wegjaag./Bv. bl. 46: Die man wat wit is, is baie siek, sê sy by die Plek van die
    Kremetartbome vir meneer Kebbey./Bl. 105: Aan ouma Essie se hand hang ’n
    hoenderhen onderstebo.
•   Ouma Essie help Baas om sy rol as geestelike leier te aanvaar, want sy sê
    aanhoudend vir hom dat sy doen en late van hom ’n Christen maak./gee vir hom haar
    oorlede man se lyfband sodat hy simbolies in die geestelike leier se voetspore kan
    ingroei./Bv. bl. 112: Daar was altyd bankies onder die worsboom./Bl. 118: Dit is die plek
    wat die Here deur die khuta aan hulle toegewys het. Die ander man wat wit is, sal vir julle
    sê wat om te doen om ’n dak oor julle koppe te kry./Bl. 118: En wie weet of jy nie met die
    oog op ’n tyd soos hierdie Manaka toe gestuur is nie./Bl. 121: Dis my muluti Joseph se
    lyfband. ’n Sterk man moet ’n sterk lyfband dra. Haal maar af die biesies wat Tibelelo
    gevleg het./Bl. 202: Jou reg om ’n Christen te wees maak van jou ’n Christen./
    Bl. 210: ... Ek het My laat vind deur dié wat My nie gesoek het nie ...
•   Grace het ook vir ouma Essie in haar lewe nodig, want Grace se ouers is dood en haar
    ouma versorg haar met lewensmiddele en gee vir haar huisvesting./Bv. bl. 57 Grace het
    by die sendingstasie by haar oupa en ouma Essie grootgeword.
•   Ouma Essie duld nie dat die khuta vir Grace inloop nie/kry vir Grace werk as tolk
    wat dit vir haar moontlik maak om ’n inkomste te verdien./Bv. bl. 165: Die mens met wie
    daar gepraat moet word oor die salaris van die sendelinge se tolk, is nie Tibelelo nie ...
•   Ouma Essie se voorbeeld van naasteliefde, geloof en mededeelsaamheid beïnvloed
    Grace om dieselfde te doen, want sy help Baas om sy innerlike konflik op te los en lei
    hom so tot aanvaarding van sy ouers se dood./Bv. bl. 185: ... Miskien kan ons vir haar nog
    ’n dosis gee. Daar is ook nog Disprins in die noodhulpkis van die sendelinge. Haar koors
    is baie hoog./Bl. 199: Baas bly staan, sy kop geboë. Dit is die liedjie wat Grace gesing het
    toe hy besig was om Briekwa te begrawe …/Bl. 220: Grace loop die water in om die plank
    aan te gee wat ingeslaan moet word./Bl. 236: “Was dit Namibiese troepe?” vra Baas.
    “Nee, Suid-Afrikaners.”

•   Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
                                                                                                       25

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          13                                         DBE/2016
                                        SSE – Memorandum

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag      Antwoord                                                                                Punt
9.1        Whitey is baie jare aan haar bekend./
           Whitey is iemand uit die plaaslike bevolking./
           Whitey is nie wit nie./
           Whitey het vroeër vir haar vertel dat haar ouers dood is, iets wat mense baie nader
           aan mekaar bring./
           Whitey is meer van ’n vriend./familie. √                                                1

           Baas is ’n vreemdeling./
           Baas is ’n wit man./
           Baas het dit baie duidelik gemaak dat hy sy privaatheid koester./
           Baas wil nie iets met die plaaslike bevolking te make hê nie./
           Baas bly sy Christenskap ontken./
           Baas is steeds meneer Baas. √                                                           1

9.2        Baas het nie eintlik vir Grace geken nie.
           Baas het nie ’n vertrouensverhouding met haar gehad nie.
           Baas het gesê hy wou niks met die plaaslike bevolking te doen hê nie. √√                2

           Die kandidaat bied enige TWEE redes vir EEN punt elk aan.
           Baas begin nou ’n vertrouensverhouding met Grace bou.
           Hy ken haar beter as in Ngweze.
           Hy leer van omgee by haar.
           Baas hoor by almal dat Christenskap en omgee sinoniem is.
           Baas sien by Grace en Whitey dat omgee tussen mense belangrik is. √√                    2

           Die kandidaat bied enige TWEE redes vir EEN punt elk.

9.3        Baas besef dat hy nie ’n wrok teen Barotseland se mense mag koester oor sy ouers
           se dood nie./
           Baas besef dat hy moet vergewe en aangaan met sy lewe. √                                1

           Hierdie gesindheidsverandering maak dit vir hom moontlik om toe te laat dat Manaka
           voortaan as sendingstasie/vir sendingwerk gebruik mag word./
           Hy kan sy plek as geestelike leier op Manaka inneem. √                                  1

9.4        Grace is aangedaan./
           Grace soek na woorde./
           Grace soek ’n uitweg uit die situasie./
           Grace sou kon dink dat Baas, as Suid-Afrikaner, deel het aan haar ouers se dood. √      1

9.5        Baas is geskok oor die implikasie van haar woorde./besef sy volk is verantwoordelik
           vir Grace se ouers se dood.
           Whitey dink terug aan die nag toe hy die tyding moes oordra./
           Whitey besef dat Baas eintlik ’n Suid-Afrikaner is (wat hom aandadig maak)./
           Baas en Whitey besef dat Grace nooit enige wrok teen witmense gekoester het nie./
           Hulle besef dat Grace vir hulle ’n voorbeeld van vergewensgesindheid stel. √            1

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           14                                           DBE/2016
                                         SSE – Memorandum

9.6        Baas impliseer dat hy en Whitey dieselfde oupagrootjie het./die eerste Baas Dennis
           Chipman ook Whitey se oupagrootjie is./Baas impliseer dat hy en Whitey familie is.          1

           Whitey is geskok daarom sak hy op die bed neer./
           Whitey wil seker maak/bevestig/kontroleer dat die inligting werklik daar staan./dat hy
           iewers hoort./dat daar familietrekke is, daarom vat hy die Bybel en lees self. √√           2

           Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

9.7.1      Muluti Joseph/Die induna van God/Haar oorlede man/Die vorige geestelike leier op
           Manaka se lyfband. √                                                                        1

           Hy het in sy rol as geestelike leier ingegroei./
           Hy is gereed om sy plek as geestelike leier in te neem. √                                   1

9.7.2      Ja
           Hy bid vir die eerste keer in jare.
           Hy doen vir Ouma Essie ’n gebed.
           Hy tree reeds as geestlike leier in die gemeenskap op.
           Hy suggereer dat hy die herstel van die kerk sal lei./sy rol as geestelike leier aanvaar.
           Hy sê dat daar vir hom (en die ander) werk is wat gedoen moet word. √√
                                                                                                       2
           Die kandidaat bied TWEE motiverings vir EEN punt elk aan.

9.8        Hy bevestig dat hy sy oupagrootjie se doen en late op Manaka gaan voortsit./hy die
           leier op Manaka sal wees soos in die tyd van sy oupagrootjie.
           Hy herstel die bankies onder die worsboom sodat die gemeenskap/kinders daar kan
           byeenkom./sodat kinders daar geleer kan word.
           Hy en meneer Johnnie werk skouer aan skouer.
           Hulle het ander mense op Manaka nodig./Hy koester nie meer ’n wrok teen die
           plaaslike bevolking nie. √√√                                                                3

           Die kandidaat bied DRIE redes vir EEN punt elk aan.

9.9        Ja
           Albei tree soos familie op.
           Hulle reik uit na mekaar.
           Hulle is nou mededeelsaam.
           Hulle vertrou mekaar. √√√                                                                   3

           Die kandidaat bied DRIE ooreenkomste vir EEN punt elk aan.

9.10       Die seuntjie moet in ’n boom klim om te kyk of hy die boot sien./
           Die seuntjie moet hom help om Baas se boot te kry. √                                        1

9.11       Die alomteenwoordige verteller is objektief in sy beskrywing van die gebeure./weet
           wat al die karakters doen, dink en sê./weet hoekom Whitey die seuntjie leen./kan op
           verskillende plekke wees./help met karakterisering in teks D./beskryf die verhoudings
           tussen die verskillende karakters as hulle saambid./as hulle hande vat./ √                  1

                                                                                                       25

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          15                                        DBE/2016
                                        SSE – Memorandum

VATMAAR – AHM Scholtz

VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
LITERÊRE OPSTEL VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
•  Dis ’n breë raamwerk van feite.
•  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

KODE

W – Tant Wonnie verliese                             I – Inhoud
                                                     S – Struktuur & Taal

Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan.

•   Tant Wonnie was een van die armstes op Vatmaar, want sy is gedwing om haar
    groot huis te verkoop en in ’n agterkamer te bly./Bv. bl.107: Hulle het op ander se
    genade in ’n buitekamer gebly wat eens op ’n tyd aan hulle behoort het.
•   Piet de Bruin het ook nie die erfposie wat Tant Wonnie uit Sannah Vosloo se boedel
    moes ontvang, aan haar gegee nie./Bv. bl. 135: En van daardie dag af probeer hy my
    terugbetaal.
•   Tant Wonnie verloor haar sewende kind as gevolg van Mevrou Bosman se verkeerde
    vermoede dat haar man verantwoordelik is vir Kaatjie se swangerskap./Bv. bl. 268: Toe
    haar kind die laaste swakke asem uitblaas, het sy buite teen die ou doringboom gaan
    staan. Haar oë was oop, maar sy het niks gesien nie ...
•   Tant Wonnie se goedheid word uitgebuit deur die gemeenskap, soos deur Settie en
    Johnny September as sy vir hul rit na Vatmaar betaal./Bv. bl. 190: Hy lig weer die bottel.
    Die twee lag weer en toe smyt hy die bottel by die kapkar uit.
•   Tant Wonnie ‘verloor’ haar kind omdat ander mense haar kind vat om te gaan werk,
    want Anna de Bruin het Kaatjie net gevat en vir Mevrou Bosman as kinderoppasser
    gegee./Bv. bl. 135: Miesies de Bruin, jy het geen reg om my kind vir die Bosmans te gee
    nie ...
•   Tant Wonnie sukkel voort in armoede na Heinrich se dood omdat sy nie wettiglik
    met hom getroud was nie en dus nie geregtig was op sy oorlogspensioen nie./
    Bv. bl. 206: Toe ek die telegram kry dat jou pa dood is, is ek na die army se pay-office
    toe ... Ek het gesê ek is nooit met die ring getroud nie ... Sorry I can’t help you.
•   Tant Wonnie verloor weer alles, want met haar terugkoms is haar kamer geplunder en
    haar besittings gesteel./Bv. bl.136: Alles wat binne was, was geplunder.
•   Tant Wonnie aanvaar haar ontslag uit die diens van die De Bruins omdat sy weet
    hulle was eintlik dié wat verleë was./Bv. bl. 130: Toemaar, daar was ’n dag wat jy my
    nodig gehad het ...
•   Tant Wonnie verloor haar werk by die De Bruins omdat Piet se suster oorlede is wat
    Tant Wonnie teen sy attensies verdedig het. Sy moet terugkeer na Vatmaar./Bv. bl. 136:
    Na Sannah Vosloo se begrafnis is Tant Wonnie en Suzan alleen terug Vatmaar toe.
•   Tant Wonnie leef in armoede en met slegs Kaatjie se hulp, moes sy en Suzan van voor
    begin./Bv. bl.136: Sy en Suzan het ’n nuwe lewe in armoede begin ...

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            16                                          DBE/2016
                                          SSE – Memorandum

•   Tant Wonnie word verder verneder toe Piet de Bruin haar op sy vragmotor laai en
    met opset die langste pad na die polisiekantoor toe ry omdat hy haar wou terugkry vir
    haar weiering van sy seksuele attensies./Bv. bl. 142: Piet de Bruin het die langste
    moontlike pad deur die Pan gery na die charge-office toe.
•   Tant Wonnie ervaar intense hartseer omdat haar lewensmaat, Heinrich, in die oorlog
    sterf en ses van haar kinders in die Groot Griep./Bv. bl. 180-181: My Heinrich het nooit
    van die oorlog af teruggekom nie ... ek het ses met 1918 se Groot Griep verloor. Hulle is
    almal saam in een sloot begrawe ...
•   Settie September se vals beskuldiging van Tant Wonnie het veroorsaak dat sy vir
    altyd die goedgunstigheid van die Vatmaar-gemeenskap verloor het, omdat hulle
    haar altyd as ’n dief sou beskou./hul was nie by die hofverrigtinge nie./Bv. bl. 228: Maar
    Wonnie, het jy nie al die mense na haar huis toe sien gaan nie?
•   Tant Wonnie is van haar waardigheid ontneem toe sy saam met die polisieman op die
    perd moes stap na die tronk./Bv. bl. 157–161: “Die polisieman het van sy perd afgeklim en
    haar hande voor haar lyf vasgeboei, ’n prisonier moet voor die perd uitloop ...”
•   Tant Wonnie ervaar vernedering as vrou terwyl sy op Schoongesicht werk omdat
    Piet de Bruin haar probeer verkrag./Bv. bl. 135: Jou vuilgat, jou vuilgat! het ek gesê ... Piet
    de Bruin het soos ’n gekweste bul weggeloop. En van daardie dag af probeer hy my
    terugbetaal.
•   Tant Wonnie voel haar lewe lank dat sy iets moet terugbetaal nadat Piet de Bruin
    probeer het om haar seksueel te verlei./Bv. bl.135: En van daardie dag af probeer hy my
    terugbetaal.
•   Tant Wonnie ervaar vernedering omdat haar intieme briewe van Heinrich met die
    gemeenskap gedeel is nadat Moira Jacobs dit vir Tant Wonnie moes lees en alles wat
    daarin staan uitgeblaker en die inhoud aangedik het./Bv. bl. 207: Nou hierdie Moira het
    altyd jou vader se briewe vir my gelees. Die volgende dag het die hele Vatmaar geweet
    wat daarin staan.
•   Tant Wonnie is gebroke oor Norman se dood, want sy besef sy het hom al die tyd
    liefgehad./Bv. bl. 215: Toe ek dit nie langer kon uithou nie, het ek weggeloop en my hart
    gaan uithuil ...

Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.
                                                                                                          25

                                               OF

VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag      Antwoord                                                                                   Punt
11.1       Oom Flip het diamante gesteel. √                                                           1
           Bennie was ’n vleisdief. √                                                                 1

11.2       Vatmaar is ’n fiktiewe woonplek ongeveer 8 km (vyf myl) van Du Toitspan af. √              1

11.3       Settie September het gesê sy het haar ring gesteel. √                                      1

           Tant Wonnie was ’n Rehoboth-baster/nie blank nie/wat op grond van rasse-
           klassifikasie so sleg deur die blanke polisieman behandel is./
           Tant Wonnie was baie arm;/daarom behandel die polisieman haar as deel van die
           laagste vlak van die bevolking.
           Die polisieman het nie respek vir Tant Wonnie nie. √                                       1

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          17                                         DBE/2016
                                       SSE – Memorandum

11.4       Die verteller dra kennis van al die gebeure in teks E./
           Die verteller dra kennis van die karakters (Tant Wonnie/konstabel/inwoners) se
           handelinge./
           Die verteller dra kennis van die karakters (Tant Wonnie/konstabel/die inwoners) se
           ingesteldheid.
           Die verteller dra kennis van die karakters (Tant Wonnie/die konstabel/die inwoners)
           se emosies. √                                                                           1

11.5       Die wit man is blatant rassisties./word as blatant rassisties gestereotipeer./
           Die wit man word gestereotipeer dat hy geen respek vir ’n ander ras/vrou het nie.√      1

           Die Müller-vroue word in hierdie roman gestereotipeer as sterk./vreesloos. √            1

11.6       Familiewaardes
           Ewige liefde
           Ware liefde
           Getrouheid
           Hardwerkendheid √√                                                                      2

           Die kandidaat bied enige TWEE waardes vir EEN punt elk aan.

           Ja
           Gesinne leef in vrede en liefde saam./
           Ek is bewus van baie voorbeelde waar ware liefde seëvier.

                                                    OF
           Nee
           Die hegte familiestruktuur is nie meer in vandag se samelewing so belangrik nie./
           Liefde het goedkoop geraak.√                                                            1

           Die kandidaat bied EEN soortgelyke motivering vir EEN punt elk aan.

11.7       Spanning/Afwagting √                                                                    1

11.8       Diensbaarheid
           Onselfsugtigheid
           Trots
           Medemenslikheid
           Deursettingsvermoë √√                                                                   2

           Die kandidaat kan die karaktereienskappe omskryf.
           Die kandidaat bied TWEE karaktereienskappe vir EEN punt elk aan.

           Hulle misbruik haar/haar goeie geaardheid./
           Hulle het haar nie betaal nie/volgens die waarde van die werk wat sy gedoen het
           betaal nie.√                                                                            1

11.9       Beide die geregsdienaars verneder die oortreders. √                                     1

11.10      As jy Engels kan praat, is jy beter as ander mense. √                                   1

           Ja
           Oom Chai sê hulle dink hulle is beter as ander./
           Suid-Afrika het toe nog sterk bande met Brittanje gehad./
           Engels is hoër geag as Afrikaans. √                                                     1

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            18                                           DBE/2016
                                         SSE – Memorandum

11.11      Die predikant behoort nie betrokke te wees by diefstal nie, maar hy gebruik nou die
           Bybel as regverdiging vir die steel van die diamant. √
           Die predikant behoort ’n waarheidsverkondiger van die Bybel te wees, maar hy
           verdraai nou die Bybel om sy gewete te sus. √                                               2

           Alhoewel hy die waarheid praat, het die waarheid hom nooit vry gemaak nie./
           Die waarheid het nooit tot sy vryheid gelei nie, want hy is ’n jaar later tydens die
           eerste winter in die tronk oorlede.√                                                        1

           Die kandidaat moet beide kante van die ironie vir EEN punt aanbied.

11.12      Vatmaar het sy ontstaan te danke aan goed wat maar net gevat is./
           Sommige goed in Vatmaar is op oneerlike wyse bekom./
           Hulle het nie geweet van die agste gebod nie. √√                                            2

           Die kandidaat bied TWEE redes vir EEN punt elk aan.

                                                      EN

           Ja                                                                                          2
           Diefstal is ’n algemene verskynsel in ons samelewing vandag.
           Die mens wil nie verantwoordelikheid vir verkeerde dade aanvaar nie.√√

           Die kandidaat gee TWEE soortgelyke gemotiveerde menings vir EEN punt elk.

           Aangesien diefstal strydig met die landswette is, kan NEE nie as antwoord aanvaar
           word nie.
                                                                                                       25

                                                                          TOTAAL AFDELING B:               25

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          19                                           DBE/2016
                                        SSE – Memorandum

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

VRAAG 12: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
LITERÊRE OPSTEL VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
•  Dis ’n breë raamwerk van feite.
•  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

KODE

AM – Antie Grootmeisie beïnvloed Map                   I – Inhoud
BM – Blanchie beïnvloed Map                            S – Struktuur & Taal
BC – Blanchie beïnvloed Cavernelis
MC – Maud beïnvloed Cavernelis

Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan.

•   Antie Grootmeisie se verkragting./die dood van haar dogter laat Map in die tronk
    beland/aan ’n skuldgevoel ly/sewe jaar van sy lewe in die tronk deurbring, want hy
    voel verantwoordelik vir Antie Grootmeisie se toestand./stomheid./Bv. bl. 9: ... Ek is
    jammer, oor dit alles, Ma ... Ek het al gesê ... Ek het vir Ma al gesê, ek is jammer oor dit
    alles .../Bl. 15: Hulle sê sy’s stom, ek mien, lat sy haar praat geverloor het daai selfde
    aand nog ...
•   Danksy Antie Grootmeisie se volgehoue besoeke./ondersteuning hou Map vol om
    sy lewe in die tronk te verbeter/met sy bekeringsproses in die tronk, want sy ma se
    liefde vir hom is tasbaar./hy weet dat sy hom nie verwerp nie./hy is steeds haar kind./
    Bv. bl. 9: Ek is jammer, oor dit alles, Ma ... Ek het al gesê ... Ek het vir Ma al gesê, ek is
    jammer oor dit alles .../Bl. 9 Ek het ge-change hierso in die tronk in. Ma wiet self./
    Bl. 62: ANTIE GROOTMEISIE (praat vir die eerste keer in jare): Johnnie ...
•   Antie Grootmeisie verwerp Map nie/ondersteun Map vir sewe jaar daarom neem Map
    se inherente goedheid beheer van sy lewe./Bv. bl. 29: ... maar die Here, Hy het my
    vergewe .../Bl. 29: Kyk, hy het nuwe klere aan!/Bl. 62: ANTIE GROOTMEISIE (praat vir
    die eerste keer in jare): Johnnie ...
•   Die teenwoordigheid en invloed van die vroue, Antie Grootmeisie en Blanchie maak
    Map se uitsiglose bestaan in die tronk positiewer./Bv. bl. 10: Het Ma al vir Blanchie gesê
    van my, lat ek vir Ma gesê het ek het die Here gekry hierso ...
•   Blanchie het ’n positiewe invloed op Map se tronkbestaan, veral wanneer sy hom
    besoek omdat hy van skooltyd af lief is vir haar en daarom, wil hy hê sy moet weet hy is
    weer Johnnie./Bv. bl. 11: ... lat ek ’n annerste man is ... Ma ... Sê tog vir Blanchie wat ek
    sê .../Bl. 13: Ek het ... vir haar ... liefgehad ...
•   Blanchie is die rede waarom Map sy lewe in die tronk wil verander omdat hy
    deurgaans in die tronk vra dat sy ma haar die ware toedrag van sake moet gaan
    vertel./Bv. bl. 25: Ek het vir Blanchie gesê, Hy breek die gevangenis vir my oop!

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2016-memo/f5c157e4-66bd-4457-8073-3afef745981a) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016-memo/286a319c-256a-4fcd-b924-7c2fce54b61b) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016-memo/4d844ab2-9772-4460-97b6-9a9c27ed70c2) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2016-memo/5bb7960d-f331-44be-9676-13d3f2b334bd) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2019-memo/669ef435-fb0c-4809-bd37-e82d905f388f) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018-memo/89172392-378e-4868-8b19-5f1762563210) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
