# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2016, 22 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2016/a90dde4a-387f-40c3-a7ef-2006da1dc615
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2016/a90dde4a-387f-40c3-a7ef-2006da1dc615)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2016 · Afrikaans. Question paper, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P2 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2016-memo/5497b749-e408-4f00-b341-25758bcc85a8) — Memo · 2016 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                          2016

                                                                       PUNTE: 80

                                                                     TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       2                                   DBE/2016
                                           SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.

2.      Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
        inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste
        wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en
        kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.

3.      Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

        AFDELING A: Gedigte        (30)
        AFDELING B: Roman          (25)
        AFDELING C: Drama          (25)

4.      Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en
        EEN in AFDELING C.

        AFDELING A: GEDIGTE
        Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
        Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

        AFDELING B: ROMAN
        Beantwoord EEN vraag.

        AFDELING C: DRAMA
        Beantwoord EEN vraag.

5.      KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

         •   Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
         •   Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
             die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag
             in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
             beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
             kontrolelys om jou te help.

6.      LENGTE VAN ANTWOORDE

         •   Die lengte van die opstel vir die gedig is 250–300 woorde.
         •   Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400–450 woorde elk.
         •   Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word bepaal deur die
             puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord jou vrae bondig en relevant.

7.      Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                     3                  DBE/2016
                                         SSE

9.      Beantwoord ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

10.     Voorgestelde tydsindeling:

        AFDELING A: ongeveer 40 minute
        AFDELING B: ongeveer 55 minute
        AFDELING C: ongeveer 55 minute

11.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                     4                           DBE/2016
                                         SSE

INHOUDSOPGAWE

AFDELING A: GEDIGTE
Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER                          VRAAG             PUNTE      BLADSY
1. ‘Een sprong vir ...’      Opstelvraag                 10          6

2. ‘Busrit in die aand’           Kontekstuele vraag    10            7

3. ‘Sonsverduistering’            Kontekstuele vraag    10            8

4. ‘Safari’                       Kontekstuele vraag    10            9
                                       EN
Ongesiene gedig: Verpligtend
5. ‘gedig vir mammie’             Kontekstuele vraag    10            10

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.*
6. Die kwart-voor-sewe-lelie      Opstelvraag           25            11

7. Die kwart-voor-sewe-lelie      Kontekstuele vraag    25            11

8. Manaka Plek van die Horings    Opstelvraag           25            13

9. Manaka Plek van die Horings    Kontekstuele vraag    25            13

10. Vatmaar                       Opstelvraag           25            15

11. Vatmaar                       Kontekstuele vraag    25            15

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.*
12. Krismis van Map Jacobs       Opstelvraag            25            18

13. Krismis van Map Jacobs       Kontekstuele vraag     25            18

14. Mis                          Opstelvraag            25            20

15. Mis                          Kontekstuele vraag     25            20

*LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
          AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                   5                                  DBE/2016
                                       SSE

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.

                                         VRAAG-         GETAL VRAE         MERK
                 AFDELING
                                         NOMMER        BEANTWOORD           ()
A: Gedigte
                                             1–4              2
   (Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte
                                              5               1
   (Ongesiene gedig)
B: Roman
                                             6–11             1
   (Opstel of kontekstueel)
C: Drama
                                           12–15              1
   (Opstel of kontekstueel)

LET WEL:       Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit
               AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            6                                           DBE/2016
                                                SSE

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

Een sprong vir ... – Joan Hambidge

1         Jy wil weet
2         waarom herstel ek nie –
3         want jy het my die maan,
4         sterre en uitspansel beloof.

5         Jy stuur my na die maan
6         en à la Neil Armstrong beweeg
7         ek in die lugdrukvrye atmosfeer,
8         karteer die kraters, die stil verwoesting
9         wat jy saai, plant ’n vlaggie van rekapitulasie
10        (dis verby, dis verby, dis ...) op die klein silw’rige planeet.

11        Danksy die verbinding tussen my en die lugskip van glas
12        genaamd poësie, keer ek weer terug na die aarde,
13        wys my foto’s vir diegene wat wil sien,
14        neem stukkies maankors saam
15        en weet ná maande
16        die maan is hiér.

17        Jy wil weet
18        waarom vergeet ek nie –
19        omdat ek weet die maan
20        is beslis nie van kaas.
                                                                            [Uit: Kriptonemie, 1989]

In die gedig ‘Een sprong vir ...’ ondersteun beelde, beeldspraak en stylfigure die
gesprek wat die spreker met die gewese geliefde voer.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 250–300 woorde.                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         7                                         DBE/2016
                                             SSE

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Busrit in die aand – Elisabeth Eybers

1         Elk langs sy yl weerkaatsing in die ruit
2         sit hulle suf, met monde moeg gesluit,
3         die werkers van die stad wat huis toe gaan.

4         Skaduwee-skimme gly verby … Dis laat
5         en lang ligvaandels wapper oor die straat
6         soos oor ’n dam die blinkpad na die maan.

7         Ons ploeg deur stormsee met ons kaperskuit:
8         die stuurman aan die wiel, die passasiers die buit
9         wat ons as slawe huis toe bring vanaand …

10        Die vaartuig waggel afdraand, om die draai,
11        met skril gekners en skommelende swaai,
12        en hyg en skok en snork en swoeg opdraand

13        terwyl ons, soos twee kinders opgetoë,
14        mekaar toelag met glinsterende oë …
15        Asof hul jammerlik hul lot kan raai

16        sit hulle suf, met monde moeg gesluit,
17        elk langs sy yl weerkaatsing in die ruit,
18        die werkers van die stad wat huis toe gaan.
                                                                 [Uit: Die stil avontuur, 1939]

2.1       Watter woord in versreël 1–3 dui daarop dat die spreker nie een van die
          werkers is nie?                                                                            (1)

2.2       Haal TWEE frases uit versreël 1–4 aan wat die verloop van tyd aandui.                      (2)

2.3       Die lang “a”-klank word in versreël 4–6 by herhaling gebruik.

          Benoem dié halfrym en gee ’n rede vir die gebruik daarvan.                                 (2)

2.4       In versreël 7–9 beleef die spreker ’n verbeeldingsvlug.

          Motiveer hoekom jy met dié stelling saamstem.                                              (1)

2.5       Benoem die stylfiguur in versreël 12. Wat is die gevolg van die gebruik
          daarvan vir die leser? Motiveer hoekom dié stylfiguur geslaagd aangewend
          word in die gedig.                                                                         (3)

2.6       Wat, dink jy, is die funksie van die vergelyking in versreël 13?                           (1)
                                                                                                     [10]
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            8                                     DBE/2016
                                                SSE

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Sonsverduistering – PJ Philander

1         Langsamerhand, geruisloos skuif die vlek
2         van skadu en verklein die sekelboog
3         van son tot dreigend swart die kol daar hoog
4         ’n koue vreemde skemerte laat trek
5         wyd oor die vlakte waarvandaan, swygsaam,
6         ’n vaal streep donkies met die kortste pad
7         oorhaastig stalwaarts swingel nog voordat
8         die skape blêr-blêr na die kraal toe gaan.
9         Oor gans die mensdom hang ’n skaduwee
10        wat alle lig van God en Christus so
11        verduister dat Sy pad onsigbaar is.
12        En ons, aan hierdie duisternis gedwee,
13        het nie ’n skaap se voorgevoel of glo
14        dat ons moet tydig Huiswaarts keer vir rus.
                                                                          [Uit: Uurglas, 1955]

3.1       Skryf ’n woord uit versreël 1–4 neer wat op ’n stilte in die natuur dui.                  (1)

3.2       Gee redes waarom die gebruik van “vlek” (versreël 1) gepas is.                            (2)

3.3       Haal VIER opeenvolgende woorde uit versreël 1–8 aan wat by versreël 9 in
          die sestet pas.                                                                           (1)

3.4       “... alle lig van God ...” (versreël 10)

          Gee die figuurlike betekenis van dié woorde.                                              (1)

3.5       Herlees versreël 12–14.

          Waarom word “Huiswaarts” met ’n hoofletter geskryf? Gee ook TWEE
          bewyse dat die handelinge van die mens in hierdie reëls ironies is.                       (3)

3.6       Watter stemming oorheers in versreël 9–14? Motiveer jou antwoord.                         (2)
                                                                                                    [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       9                                    DBE/2016
                                           SSE

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Safari – DJ Opperman

1         Niks
2            staan
3              stil –
4                 alles
5              kry
6            voete,
7            beweeg
8         in
9            lang
10             stoete:
11                grassteeltjies,
12             kosyne,
13           stede
14        en
15           treine;
16             oor
17                 Saharas
18                    en
19                       savannes
20                    die
21                optog
22             van
23           alle
24        paaie
25           oor
26             die
27                 wêreldrond
28                na
29             die
30           gaatjie
31        in
32           die
33             grond
34           o
                                                                    [Uit: Kuns-mis, 1964]

4.1       Wat is ’n “safari”? Toon aan hoe dié safaribeeld op die mens van toepassing
          is.                                                                                 (2)

4.2       Watter betekenisooreenkoms is daar tussen “Safari” (titel), “stoete”
          (versreël 10) en “optog” (versreël 21)?                                             (1)

4.3       Hoekom word die meervoudsvorm in reël 17 en 19 gebruik?                             (1)

4.4       Is die gebrek aan die gebruik van leestekens in versreël 16–34 doeltreffend?
          Motiveer jou antwoord.                                                              (1)
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         10                                       DBE/2016
                                             SSE

4.5       Gee DRIE moontlike figuurlike verklarings vir die “o” in die laaste versreël.             (3)

4.6       Watter boodskap wil die spreker met die tema van die gedig oordra? Motiveer
          ook hoekom die tipografie die tema van die gedig ondersteun.                              (2)
                                                                                                    [10]
                                             EN
ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

gedig vir mammie – Selwyn Milborrow

1         die lied van jou mond
2         was my klaasvakie
3         toe ek nie kon slaap nie
4         en jou oë verskrikvoëls
5         teen al die nagmerries

6         wat het jy Hom gevra
7         wat my tot vandag nog dra?

8         mag my gedig
9         jou hou by my
10        vir ewig

11        maar ek weet jy maak gereed
12        vir die sonsverduistering
13        en ek
14        vir die val van ’n herfsblaar

15        wat moet ek Hom vra
16        om jou nog ’n paar somers te spaar?
                                                            [Uit: as die son kom oogknip, 2002]

5.1       Waarom maak die gebruik van kleinletters in die titel die gedig universeel?               (1)

5.2       Verduidelik versreël 1–3 in jou eie woorde.                                               (1)

5.3       Benoem die beeldspraak in versreël 4 en sê waarom die beeld geslaagd is.                  (2)

5.4       Hoe word die versoeke in die gedig uitgehef?                                              (1)

5.5       Haal die woord aan wat die spreker se wens kontrasteer en noem wat
          uiteindelik gaan gebeur.                                                                  (2)

5.6       Tot watter TWEE insigte kom die spreker? Waarom is dit korrek om te sê dat
          die spreker met min tevrede is?                                                           (3)
                                                                                                    [10]
                                                                  TOTAAL AFDELING A:                30
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        11                                  DBE/2016
                                            SSE

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

Die keuses wat Iris uitoefen, beïnvloed haar lewe.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.                                     [25]

VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

1            “Waarom?” het hy seergemaak gevra toe ons die aand by die huis kom en
2         soos ons gewoonte was eers ’n ruk in die motor bly sit.
3            “Ek dink nie ons pas bymekaar nie,” het ek waardig gesê.
4            Hy het my probeer soen, iets wat Richard se aansien altyd kwaai skade
5         aangedoen het. Richard het teer maar intens opgetree, sy soene het my
6         ruggraat vermurwe. Riekie, aan die ander kant, het net te menslik na my sin
7         opgetree. Ek kon sy harde asemhaling hoor, sy mond was te nat, te groot en
8         te werklik. Dit was byna onmoontlik om sy mond weg te skryf terwyl hy my
9         teen die voorste sitplek vasgedruk het.
10           “Dis verby,” het ek gesê, losgeruk en uit die motor geklim.
11        “Kry vir jou iemand anders. Ek is te jonk.” Wat ek eintlik wou sê, was dat ek
12        my krag moes spaar vir die dag as die regte Richard opdaag. Ek het die huis
13        ingeloop en op my bed gaan lê om die volgende hoofstuk te skryf in my
14        epistel oor Richard. Uit die sitkamer het ek my ma se stem gehoor, hoog en
15        desperaat. “Hulle gaan jou hare afskeer, darling!”
16           Natuurlik het Kara nie ’n non geword nie en nog minder het Riekie van my
17        af weggebly. Ek het hom maar laat begaan op voorwaarde dat hy my nie
18        soen nie. (As VIGS toe al bekend was, het ek ’n goeie verskoning gehad,
19        maar my geslag was uitgelewer aan ons eie ordentlikheid en moes soek na
20        redes vir ons kuisheid.)

7.1       Hoe het Iris en Riekie se vriendskap ontstaan en watter aanvanklike optrede
          van Riekie het dié vriendskap vroeg-vroeg laat wankel?                               (2)

7.2       Herlees reël 4–5.

          Watter karaktereienskap van Iris kom hier sterk na vore?                             (1)

7.3       Noem die plan wat Iris aanvanklik bedink het om van Riekie ontslae te raak.
          Hoekom het haar plan misluk? Motiveer ook waarom Ma se optrede in hierdie
          uittreksel geloofwaardig is.                                                         (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         12                                    DBE/2016
                                             SSE

7.4       Herlees reël 12.

          By watter lewensfilosofie van Iris pas hierdie uitspraak? Hoe verander hierdie
          filosofie deur die loop van die roman? Motiveer die geslaagdheid van dié
          filosofie vir die slot van die roman.                                                   (3)

7.5       Skryf Kara se feministiese uitspraak ten opsigte van kinders neer. Watter
          latere gebeurtenis bewys egter die teendeel?                                            (2)

7.6       Watter ander manlike karakter se aandag het Iris ook aanvaar?                           (1)

7.7       Waarom is dit so geslaagd dat Iris self die storie van haar en Riekie vertel?           (1)

                                             EN

TEKS B

1             “Kom,” het die Engel gesê. “Kom.”
2             Ek het agter hom aangestrompel en eers by die deur besef ek is kaal. “Net
3         ’n oomblik,” het ek gemompel en ’n trui oor my kop getrek. Ek was nog besig
4         om my sweetpakbroek op te trek toe ek ’n nare geluid hoor en die Engel my
5         gewelddadig in die gang uitstoot.
6             Die badkamerdeur was toe, maar ek kon die lig onderdeur sien skyn. Die
7         geluide wat ek gehoor het, het my wawyd wakker gemaak.
8             “Joe-hoe,” het ek saggies gesê en aan die deur geklop. “Is iets verkeerd?”
9             Daar was geen antwoord nie, maar die skeurende, brakende geluide het
10        momenteel opgehou.
11            “Bettie?” het ek gevra en aan die handvatsel getrek. Dit was gesluit. Ek het
12        met die trappe afgedraf na die kinders se kamer en ingeloer. Albei was aan
13        die slaap. Terug op ons verdieping het ek by al twee kamers ingekyk en
14        gesien dat Brian ook rustig slaap. Hy het op sy rug gelê, sy bultende borskas
15        deinend in die koue. Ek het die kombers tot onder sy ken opgetrek en vinnig
16        teruggespring toe sy gesnork van rat verander. Dit moet Bettie gewees het en
17        ek is terug na die badkamer. “Bettie?” het ek gesis. “Dis ek. Maak oop.” Ek
18        het weer aan die handvatsel geruk en dié keer het die deur meegegee en
19        ingeswaai na binne.
20            Sy het in die middel van die vloer gesit, kruisbeen op die klam blou matjie,
21        die plastiekwasgoedemmer tussen haar bene. Sy het miserabel gelyk en die
22        reuk was oorweldigend, suur en chemies.

7.8       Waar speel TEKS B af? Tot watter besef kom Iris in die roman ten opsigte
          van haar idee van ’n gesinslewe? Hoe dra die ruimte tot hierdie besef by?               (3)

7.9       Iris het sekere verwagtinge van die Engel gehad.

          Aan watter verwagting voldoen hy in TEKS B? Hoe misluk hy ten opsigte van
          Peter?                                                                                  (2)

7.10      Waarvan verdink Iris vir Bettie (reël 21–22)? Hoekom is die gebeure rondom
          die reddingspoging ironies?                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         13                                   DBE/2016
                                             SSE

7.11      Die optrede van Brian se kinders dra by tot Bettie se gemoedstoestand.

          Motiveer die stelling met ’n bewys uit die roman.                                     (1)

7.12      Herlees reël 11–12 van TEKS A.

          Benoem die soort konflik wat Iris in TEKS A ervaar. Gee ’n bewys dat Bettie
          dieselfde konflik met betrekking tot Brian ervaar. Motiveer met bewyse uit die
          roman hoe dié konflik van Iris en Bettie opgelos word.                                (4)
                                                                                                [25]

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

Baas en Grace verloor albei hulle ouers in terroristevoorvalle. Hulle reageer verskillend
op hierdie verlies en albei het dus vir ouma Essie in hulle lewens nodig.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.                                      [25]

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS C

1            “As ek ’n dop of twee inhet, moet ek nie aan Grace dink nie. Dit gee my die
2         blues. Dit was my job om vir haar te gaan sê haar ma en pa is dood, weet jy.”
3            Grace sit haar hand oor sy mond. “Die kos is amper gaar,” sê sy sag.
4            Baas se oë is op Grace. “Jy het nie die nag by Ngweze vir my gesê of die
5         mense wat jou pa en ma doodgemaak het ooit gevang is nie.”
6            “Die troepe wat die landmyn gestel het, is deur die Zambiese soldate
7         agtervolg, maar hulle het oor die Namibiese grens gevlug. Hulle is nie gekry
8         nie.”
9            “Was dit Namibiese troepe?” vra Baas.
10           “Nee, Suid-Afrikaners. Ek ... ek sal gaan kyk of die kos al reg is.”
11           Dis lank stil in die slaaprondawel.
12           Baas maak die Bybel oop. “ ‘To our eldest son Dennis’,” lees Baas vir
13        Whitey wat op die binneblad staan. “ ‘On his 30th birthday. May our Father in
14        heaven be with you on your journey and forever. From your father and mother
15        Dennis and Jennifer Chipman. 29th October 1870.’ ”
16           Whitey sak op die bed neer. Hy vat die Bybel stadig uit Baas se hande en
17        staar na die inskrywing. Dan kyk hy op na die portret teen die muur en kom
18        op sy voete.
19           “En hy was nie tien of twintig jaar hier in Barotseland nie, Baas Dennis
20        Chipman,” sê Baas. “Dit was nege en twintig jaar. Jy is reg. Dit was ’n tough
21        Old Canadian daardie.”

9.1       Waarom verskil Grace se optrede teenoor Whitey (reël 3) van haar optrede
          teenoor Baas?                                                                         (2)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         14                                   DBE/2016
                                             SSE

9.2       Herlees reël 4–5.

          Gee TWEE redes waarom Baas nie in Ngweze vir Grace oor haar ouers se
          dood uitgevra het nie. Gee TWEE redes waarom hy haar wél later in die
          roman oor haar ouers se dood uitvra.                                                   (4)

9.3       In watter opsig beïnvloed Grace se antwoord in reël 10 Baas se verhouding
          met die plaaslike inwoners? Waarom is dit belangrik in die konteks van Baas
          se verblyf op Manaka?                                                                  (2)

9.4       In reël 10 dui die ellips aan dat Grace sonder woorde is.

          Motiveer haar reaksie.                                                                 (1)

9.5       Wat suggereer die stilte (reël 11) in die slaaprondawel?                               (1)

9.6       Wat impliseer Baas met sy woorde in reël 12–15? Waarom is Whitey se
          optrede in reël 16–17 geloofwaardig?                                                   (3)

                                             EN
TEKS D

1           “Dankie, ouma Essie,” sê hy. “Ek het dit nie meer nodig nie.”
2           “Meneer Baas kan vir ons bid,” sê meneer Jos.
3           Die mense om die bed vat hande. Hulle bly lank so staan met hulle koppe
4         gebuig.
5           “Dankie, Here. Amen,” sê Baas.
6           “Amen,” sê meneer Jos. Hy staan uit die pad dat Baas verby die buffet kan
7         skuur. “Miskien sal ons vir haar ’n plek kan gee waar al haar goed sal inpas,”
8         sê hy en vryf sy hande teen mekaar.
9           “Die deure en die vensters vir die kerk en vir die huis het gekom,” sê Baas.

10        By sy kamp dra Baas Morena se horings teen die bult uit en slaan dit bokant
11        Manaka se naambord teen die stutpaal vas.
12            Meneer Johnnie help hom om die planke en die stutpaaltjies te verf vir die
13        bankies wat onder die worsboom gebou moet word. ’n Groot voertuig ratel
14        tussen die ysterklipkoppe in die hoofpad tot stilstand. Whitey kom in sy blou
15        oorpak teen die bult af geloop.
16            “Howzit?” Hy hou Baas aan die skouers vas. “Ek het maar daar bo
17        stilgehou,” sê hy toe Baas nie antwoord nie. “Ek kom eintlik net hoor of ek nie
18        daardie seuntjie by jou kan leen nie. Ek wil hom stuur.”
19            “Ja, hy is groot genoeg om gestuur te word. Ons moet net hoor of hy
20        gestuur wíl word. Sitali!”
21            “Ek sal voor vanaand terug wees.” Whitey sit sy hand op Sitali se kop.
22            “Vat die Land Rover,” bied Baas aan.

9.7       Herlees reël 1–9.

          9.7.1      Wat is dit wat Baas vir ouma Essie teruggee en wat is die
                     simboliese waarde van sy daad?                                              (2)

          9.7.2      Ondersteun Baas se woorde in reël 5 én reël 9 sy optrede in dié
                     uittreksel? Motiveer jou antwoord.                                          (2)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        15                                    DBE/2016
                                            SSE

9.8       Baas se optrede in reël 10–13 bewys dat sy innerlike konflik opgelos is.
          Gee redes vir hierdie stelling.                                                       (3)

9.9       Dink jy daar is ooreenkomste tussen die optrede van Whitey (TEKS C,
          reël 17) en Baas (TEKS D, reël 22)? Motiveer jou antwoord.                            (3)

9.10      Waarom wil Whitey die seuntjie (reël 19) leen?                                        (1)

9.11      Waarom is die alomteenwoordige verteller in TEKS D gebruik?                           (1)
                                                                                                [25]

VATMAAR – AHM Scholtz

Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).

VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

Tant Wonnie het letterlik en figuurlik verliese op Vatmaar gely.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.                                      [25]

VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder deeglik deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS E

1            Ja, my Baas.
2            En jy, dief, wat is jou naam?
3            Yvonne Müller, sê Tant Wonnie. Sy het haar hande gewys en gesê: Ek
4         het nog nooit ’n ring aan my vingers gehad nie, Mineer, nie vandat ek myself
5         ken nie.
6            En jy is van Vatmaar? vra hy sonder om enige notisie te vat van wat Tant
7         Wonnie sê.
8            Ja, Mineer.
9            Tant Wonnie draai na die ander mense wat nader gestaan het om seker
10        te maak dat hulle niks mis nie.
11           Ek het ’n man gehad vir wie ek ag kinders in die wêreld gebring het. Hy
12        het my nooit ’n ring gegee om aan my vinger te sit nie, sê sy en laat haar
13        hande sien. Daar wás ’n ring, maar dit was om onse harte, ons kon dit nooit
14        verloor nie, nie eers in die dood nie. My vingers is gemaak vir werk.
15           Toe, is agterna vertel, het daar ’n traan uit haar linkeroog gekom, die een
16        waarmee sy nie kon sien nie omdat die perdeby haar jare terug daar gesteek
17        het.
18           Hulle het doodstil na haar staan en kyk, dié mense vir wie sy gehelp en
19        gewerk het vir wat hulle haar ook al wou gee en vir wie sy nooit gesê het dis
20        nie genoeg nie. Party het aspris misbruik gemaak van haar goeie geaardheid
21        en net gesê: Kom môre. Tant Wonnie het nooit die volgende dag
22        teruggegaan vir die betaling nie en net vir haar dogters gesê: Ons is nie
23        betelaars nie. Sy was van ’n hoër statuur as hulle en het aardse armoede
24        geken.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         16                                   DBE/2016
                                             SSE

11.1      Herlees reël 2.

          Waarom kan Oom Flip en Bennie O’Grady ook as diewe beskou word?                        (2)

11.2      Waar is die fiktiewe nedersettinkie, Vatmaar, geleë?                                   (1)

11.3      Hoekom word Tant Wonnie as ’n dief (reël 2) beskou? Waarom praat hierdie
          persoon so met Tant Wonnie?                                                            (2)

11.4      Watter funksie verrig die verteller in TEKS E?                                         (1)

11.5      Hoe word die wit man in reël 6–7 en die Müller-vroue in die roman
          gestereotipeer?                                                                        (2)

11.6      Herlees reël 11–14.

          Watter belangrike lewenswaardes word hier aangevoer? Dink jy hierdie
          waardes is vandag nog in ons samelewing aanwesig? Motiveer jou
          antwoord.                                                                              (3)

11.7      Wat is die stemming in reël 18–20?                                                     (1)

11.8      Watter karaktereienskappe van Tant Wonnie kom in reël 21–23 na vore?
          Waarom is die inwoners van Vatmaar se optrede teenoor Tant Wonnie
          onregverdig?                                                                           (3)

                                             EN

TEKS F

1             Wat het die sersant gesê toe jy hom die diamant gee?
2             Baas, hy het gesê hy het al gehoor dat ’n mens hulle in die strate kan
3         optel, maar hy het dit nooit geglo nie en dat ek die grootste aap is wat hy nog
4         ooit teëgekom het. Hy het gevra wat my naam is en ek het gesê Hendruk
5         Jannewarie. Toe sê hy die aanklag is handel in ongeslypte diamante sonder
6         lisensie en besit van ’n ongeslypte diamant. Die sersant het toe geroep:
7         Konstabel! en ’n swart poeliesman het gekom en die sersant het vir hom
8         gesê om my deur te soek en toe te sluit.
9             Toe maak die magistraat keel skoon en vra: What has the accused to say
10        before sentence is passed?
11            Terwyl hy die Bybel ’n laaste kyk uit die hoek van sy oog gee, het Oom
12        Hendruk gedink: Noulat ek die waarheid vertel het, sal die waarheid my
13        vrymaak.
14            Hy het ’n rukkie nagedink en toe sê hy: Ek het nie die klip gesteel nie, ek
15        het hom opgetel. Dit het aan die aarde behoort. Net soos kos uit die aarde
16        uitgehaal en vir geld verkoop kan word, so behoort blink klippies ook verkoop
17        te kan word. Die verskil lê by die mense.
18            Die hofsaal was volgepak met bruinmense, sy mense. ’n Hele paar het
19        gemompel: Dit is waar.
20            Stilte! skree die poeliesman.
21            Na ’n rukkie sê die magistraat: Ignorance of the law is no excuse, eight
22        years hard labour. Take him away.
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       17                                  DBE/2016
                                           SSE

11.9      Motiveer waarom dit korrek is om te sê die handeling van die geregsdienaars
          in TEKS E en TEKS F stem ooreen.                                                    (1)

11.10     Watter algehele mening heers in Vatmaar oor mense wat Engels praat
          (reël 9–10)? Is hierdie mening geregverdig binne die konteks van die roman?
          Motiveer jou antwoord.                                                              (2)

11.11     Gee TWEE redes waarom die verwysing na die Bybel in reël 11 ten opsigte
          van die predikant ironies is. Waarin is die ironie van Hendruk se woorde in
          reël 12–13 geleë as jy die verdere gebeure in die verhaal in gedagte hou?           (3)

11.12     Herlees reël 14–22.

          Gee TWEE redes waarom hierdie gedeelte by die romantitel aansluit. Dink jy
          Hendruk se optrede sê iets oor eietydse probleme in Suid-Afrika? Motiveer
          jou antwoord.                                                                       (4)
                                                                                              [25]

                                                             TOTAAL AFDELING B:               25

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            18                                    DBE/2016
                                                SSE

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer
het.

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

VRAAG 12: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG

Antie Grootmeisie en Blanchie het ’n invloed op Map Jacobs, terwyl Blanchie en Maud
Cavernelis beïnvloed.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.                                           [25]

VRAAG 13: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS G

1      CYRIL:           ..., hy’s lucky vir parole nou al!
2                       Hulle speel.
3      RICHIE:          Maar daa’ was mos extenuating circumstances, daai tyd, jy wiet ...
4      CYRIL:           Ga!
5      RICHIE:          Anyway, ’is seker oek nie ons biesagheit nie ...
6      CYRIL:           Shit, hoe praat jy dan nou nes ou Tommy! (Lag. Hulle speel hulle
7                       kerrim. Die kerrimskyfies is “kinders”.)
8                       Hê, my kinners is darem weer stout vi’dag!
9      RICHIE:          Stoot, jong, stoot!
10                      Hulle speel.
11     CYRIL:           Hê, die ou-lady het toe nooit weer eintlik gepraat nie, nè?
12     RICHIE:          Ja! Sy loep ma’ altyd so silent-silent ...
13                      Hulle speel.
14     CYRIL:           Hulle sê sy’s stom, ek mien, lat sy haar praat geverloor het daai
15                      selfde aand nog toe dit gebeur het ... Sy sê glo net ’n woord hier
16                      en daar, ma’ dis al ...
17     RICHIE:          ’Is hearty ...
18     CYRIL:           Ja.
19                      Hulle speel.
20     RICHIE:          Hê, my kinnertjies, kom dan nou, kom dan nou!
21                      Hulle speel.
22     RICHIE:          ’it was die shock van die ding, daai aand, sê hulle ...
23     CYRIL:           Concentrate op die game, man!
24     RICHIE:          ’It kán so gebeur, sê hulle ...
25     CYRIL:           Ek sil nie wiet nie, man, ek is nie ŉ psychiatris’ nie. Speel!
26                      Hulle speel.
27     RICHIE:          ’It was glo daai anner vark, Gappie Martin, se skuld eintlik ... daai
28                      aand ... Hulle’t altyd gesê ’is hý wat die hele ding begin het, daai
29                      aand ...

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           19                                   DBE/2016
                                               SSE

30     CYRIL:           Ma’ Map was die leader, man ... Hy was mos altyd die leader ...
31                      Ennie leader moet die responsibility vat ... Hulle ammal was vuil
32                      varke ...
33     RICHIE:          Hel, wiet jy hoe bly was ek ek was nie daai aand saam nie!
34                      Hulle speel.

13.1      Hoekom word Map op parool vrygelaat (reël 1)? Waarom beskou Map
          homself gelukkig om nou reeds op parool vrygelaat te word?                               (2)

13.2      Wat was die versagtende omstandighede waarna Richie in reël 3 verwys?                    (1)

13.3      Wat verklap Richie se woorde in reël 5 oor hom? Waarom is die woorde
          ironies?                                                                                 (2)

13.4      Wat is die funksies van die onderstreepte toneelaanwysings in reël 6–7?                  (2)

13.5      Hoe dra die dialoog in reël 14–16 by om spanning te versterk?                            (2)

13.6      Herlees reël 27–34.

          Cyril en Richie se uitgesprokenheid en veroordeling van Map en sy
          bendelede is ongeregverdig. Stem jy saam met hierdie stelling? Motiveer jou
          antwoord uit die drama.                                                                  (3)

                                               EN

TEKS H

1      LA GUMA:            Kamma yt die tronk yt. Na dit toe. (Hy wys, bars dan uit van die
2                          lag.) An’ you know, what really gets me? La die mense almal
3                          actually nog bid! Nog in die Here in glo! Praise the Lord, en al
4                          daai jazz!
5      CAVERNELIS:         Wel ...
6                          Bo by die woonstelvenster verskyn Blanchie se gesig weer, om
7                          te sien wat haar pa ophou. Sy roep dan.
8      BLANCHIE:           Daddy! Daddy!
9      LA GUMA:            En ek hoor Map Jacobs is oek kamma gebekeer!
10     CAVERNELIS:         Ek kom, Blanchie ...! Okay, goodnight, mister La Guma ...
11     LA GUMA:            (is nog nie klaar gepraat nie. Cavernelis huiwer weer.)
12                         Weet jy hoekom hulle vir hom Map ge-call het? You know
13                         why?
14     CAVERNELIS:         (’n bietjie meer ferm) Maar ... ek stel nie belang nie, mister La
15                         Guma ...
16     LA GUMA:            Omlat hy ge-tattoo is oor sy hele lyf. (Hy wys.) That beautiful
17                         body, hoekô moet hy dit nou so gaan opmess! Allerhande
18                         merke, like, to identify himself! Daai’s wat ’n man doen as jy
19                         desperate is, in ’n plek soes dié. (Hy wys weer na die geboue.)
20                         In dié ... wasteland ... ’is dieselde ding, man, soes wat die
21                         mense hierso hulle grys hyse paint, die een bright red ennie
22                         anner een bright blue, en die een paint ’n eagle
23                         op sy deur, en die anner een vir Superman, an’ so on.
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        20                                  DBE/2016
                                            SSE

24                      Verstaan jy, mister Cavernelis! ‘Is soes tattoos, man, dieselfde
25                      ... You search for something, man. As jy ’n regte mens is, dan
26                      wil jy wiet waar jy aan is en waar jy af is, waar jy stáán.
27                      Understand?

13.7      Watter spesifieke rol vervul La Guma in hierdie drama?                               (1)

13.8      Herlees reël 1–4.

          Benoem die fisiese ruimte waarin La Guma en die ander inwoners hul bevind.
          Hoe beïnvloed dié ruimte hulle gemoedstoestand? Noem ook TWEE oorsake
          van hierdie invloed.                                                                 (4)

13.9      Hoekom sê Cavernelis in reël 14 hy stel nie belang nie?                              (1)

13.10     Watter tema van die drama kan uit La Guma se woorde in reël 20 afgelei
          word?                                                                                (1)

13.11     Wat is die verband tussen die tatoeëermerke en die huise op die Kaapse
          Vlakte (reël 21–25)? Dink jy dat hierdie verband ook op Cavernelis van
          toepassing is? Motiveer jou antwoord.                                                (3)

13.12     Die woorde in reël 24–27 bevestig Krismis van Map Jacobs as ’n voorbeeld
          van protesteater.

          Wat is die protes wat Adam Small met hierdie drama wou aanteken?
          Gee voorbeelde uit die drama waarmee hy probeer om dié protesboodskap
          oor te dra.                                                                          (3)
                                                                                               [25]

MIS – Reza de Wet

Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).

VRAAG 14: MIS – OPSTELVRAAG

Die sirkus het ’n belangrike invloed op die drama.

Bespreek hierdie stelling in ’n literêre opstel van 400–450 woorde.                            [25]

VRAAG 15: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS I

1       GERTIE:           Daarom is ons so dankbaar ...
2       MEISIE:           (verskyn in die deur) Ek is klaar, Ma.
3       MIEM:             Goed so, my kind.
4       GERTIE:           Ek was besig om te sê dat ons so dankbaar is om u vanaand
5                         by ons te hê. (Loop versigtig met ’n oorvol koppie koffie na
6                         die KONSTABEL.)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           21                                   DBE/2016
                                               SSE

7         KONSTABEL:         Ek is bly ek kan van diens wees.
8         MIEM:              En maak toe die deur, Meisie!
9         GERTIE:            Hier, Konstabel. Ek is jammer ... Ek het ’n bietjie gestort in
10                           die piering.
11                           (MEISIE maak die deur toe. Die sirkusmusiek word nie meer
12                           gehoor nie.)
13        KONSTABEL:         Alles reg, Juffrou. (Maak sy keel skoon) Ek hoop nie u neem
14                           aanstoot nie, maar dit val my op dat u u miskien blind staar
15                           teen die feite.
16        MIEM:              Hoe so, Konstabel?
17        KONSTABEL:         Al hierdie feite is tog ooglopend. Maar daar is ander
18                           gegewens ... wat u miskien misgekyk het.
19        GERTIE:            En wat sou dit wees, Konstabel?
20        KONSTABEL:         (kil) Ek het al te veel gesê. Kom ons laat dit daar. (Klap sy
21                           hande saam) Nou wel, as u dan die saak oopgevlek het, is
22                           dit seker waarom ek hier is. Miskien koester die persoon ... of
23                           persone ...
24        GERTIE:            Ag nee, Konstabel! Is daar dan meer as een?
25        KONSTABEL:         ’n Mens weet nooit. Enigiets is moontlik.
26        MIEM:              Ja, dit is waar. (Aan MEISIE) Vir wat staan jy by die venster?
27                           Kom sit en maak jou sak klaar.
28        MEISIE:            Ja, Ma.
29                           MEISIE gaan sit en werk verder.

15.1      Die ellips in reël 1 dui aan dat Gertie in die rede geval word.

          Wat wil sy vir Konstabel sê?                                                             (1)

15.2      Waarom vind Meisie dit nodig om haar teenwoordigheid in die kombuis te
          verduidelik?                                                                             (2)

15.3      Hoekom is Gertie dankbaar vir Konstabel se teenwoordigheid?                              (3)

15.4      Dink jy Konstabel se woorde in reël 7 is opreg? Motiveer jou antwoord.                   (1)

15.5      Herlees reël 8.

          15.5.1        Hoe ondersteun hierdie woorde van Miem haar rol as ma? Dink jy
                        die woorde ondersteun die tema? Gee EEN rede vir jou antwoord.             (3)

          15.5.2        Waarom is Miem se woorde ironies?                                          (1)

15.6      Herlees reël 13–18.

          Skryf TWEE frases neer wat by die titel van die drama aansluit.                          (2)

15.7      Dink jy Konstabel se woorde in reël 25 is funksioneel? Motiveer jou antwoord.            (2)

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          22                                      DBE/2016
                                              SSE

TEKS J

1         KONSTABEL:       En daar staan sy in haar onderklere. Onderklere van kant
2                          en sy.
3                          GERTIE kyk in ekstase na haarself in die denkbeeldige
4                          spieël.
5         KONSTABEL:       Sy kyk weer na haarself. Sy streel haar palms stadig langs
6                          haar sye af.
7                          GERTIE streel haar palms langs haar sye af. Sy sug van
8                          plesier.
9         KONSTABEL:       Sy word twee mense. Sy begeer. En sy word begeer.
10                         GERTIE kyk byna in ’n beswyming na haar ‘beeld’ in die
11                         ‘spieël’. Skielik gaan ’n deur oop. Die geluid van die wind hou
12                         op. Daar is voetstappe in die gang. GERTIE lyk verward,
13                         asof sy skielik wakker skrik. Sy gryp haar bloes en
14                         haarnaalde van die tafel af en verdwyn vinnig deur die
15                         agterdeur. Die agterdeur klap hard agter haar toe. Na ’n
16                         oomblik verskyn MIEM in die deur. Oor haar arm is ’n pienk
17                         kombers.
18        MIEM:            En wie is so skielik hier uit?
19        KONSTABEL:       Dit is juffrou Gertie.
20        MIEM:            (snork) Dit is seker weer die vars lug en die oefening. Dit is
21                         regtig onverstandig van haar. Op so ’n aand. Ek is darem
22                         seker Wagter sal ’n ogie oor haar hou. Ek het net die
23                         kombers gebring. As u so ’n bietjie wil skuins lê op die bank.
24                         Nou ja, goeienag, Konstabel. En weer eens dankie.
25        KONSTABEL:       Goeienag, Mevrou.
26                         MIEM huil skielik en sak op ’n stoel by die tafel neer.
27        KONSTABEL:       Wat makeer, Mevrou?
28        MIEM:            Dit is so lank laas ... lank laas ...

15.8      Gee TWEE redes vir Gertie se “ekstase” in reël 3 en skryf EEN woord uit
          reël 10–12 neer wat hierdie ekstase bevestig. Dui aan dat Gertie se ekstase
          met die tema verband hou.                                                               (4)

15.9      Die gebruik van die wind (reël 11–12) is effektief. Motiveer die stelling.              (2)

15.10     Wat verklap die toneelaanwysing in reël 20 ten opsigte van Miem se
          karakter?                                                                               (1)

15.11     Vergelyk Miem se optrede in reël 26–28 van TEKS J met reël 26–27 van
          TEKS I.

          Gee ’n rede vir Miem se optrede in elk van die twee verwysings. Dui aan in
          watter opsig Miem in hierdie drama ’n onverantwoordelike ma vir Meisie is.              (3)
                                                                                                   [25]

                                                                  TOTAAL AFDELING C:              25
                                                                      GROOTTOTAAL:                80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016/e6142ea4-cb8a-4b71-9341-44f4847a8b2d) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016/f0c679d6-57b1-4941-a730-e09febb83a15) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2022/b6902408-ac2a-4a7c-a4f3-5057a283114e) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2021/bd0848ce-447c-46d0-8bdd-1169e8e62e6e) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018/d44727d2-705d-4fdd-a87d-4da1c4380318) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
