# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2017 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2017, 28 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2017-memo/efb89f41-eae0-4782-bbbc-0868baffc1c7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 28

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2017-memo/efb89f41-eae0-4782-bbbc-0868baffc1c7)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 28 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                          2017

                                   NASIENRIGLYNE

                                                                          PUNTE: 80

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 28 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       2                                   DBE/2017
                                    SSE – Nasienriglyne

NASIENRIGLYNE
1.   As 'n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste
     antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die
     kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
2.   As 'n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte beantwoord
     het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.
3.   As 'n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
     opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
     antwoord word geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C
     beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een
     kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.
4.   As 'n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die
     tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
     antwoord word geïgnoreer.
5.   As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
     memorandum nagesien.
6.   As 'n spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
     gemerk. As die spelfout nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit
     as korrek beskou.
7.   Opstelvraag
     As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepenaliseer
     nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te lank is,
     assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener. Die
     memorandum is slegs 'n riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek
     beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die opstelvraag na te sien.
8.   Kontekstuele vrae
     As 'n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar 'n vraag dit vereis nie, word die
     kandidaat nie gepenaliseer nie.
9.   Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM
     NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
10.  Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
     rede/motivering/bewys verdien die punt.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           3                                       DBE/2017
                                        SSE – Nasienriglyne

AFDELING A: GEDIGTE

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

''Die huis luister'' – Daniel Hugo

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
OPSTELVRAAG – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

LET WEL:
       •   Dis 'n breë raamwerk van feite.
       •   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied 'n gepaste inleidingsparagraaf aan.

   •   Die gesinslede verwyt mekaar/is nooit tevrede nie/hou aan kibbel oor wat anders
       kon wees. Dit lei daartoe dat hulle die hede (in versreël 4) as goor beleef./as 'n
       deurmekaar, sinnelose, hol werklikheid, sonder sin, (versreël 1 en 2) beleef.
   •   Die gesinslede van hierdie huis word deur die aanhoudende onmin/verwyte/
       bakleiery beïnvloed, want volgens versreël 3 het hulle nodig om mekaar te vertroos./
       Versreël 10 maak melding van jare se trane wat die vensterrame laat roes.
   •   Die onmin in die huis beïnvloed die struktuur van die huis/gebou/laat die huis
       uitmekaar val, want die huis raak nooit van die onmin/bakleiery ontslae nie: die huis
       bewaar die geheime (versreël 6) sodat daar nooit 'n oplossing kom nie./in strofe 2 val die
       fokus op die verval wat die huis beleef./Die fondamente kraak (versreël 7), die plafonne
       raak voos (versreël 8), die pleisterwerk bars (versreël 9) en die vensterrame (versreël 10)
       roes./volgens strofe 3 knal die dak om hulp wat die verval bevestig.
   •   Die invloed van die jarelange onmin/die feit dat die huis die verlede vir die gesin
       bewaar, lei daartoe dat die huis saam met die gesin agteruitgaan, verweer (versreël 11)/
       sonder enige hoop op uitkoms/oplossing vir die onmin/konflik is, want die gebede en
       hulpkrete bly ongehoord (versreël 14).
   •   Die negatiewe situasie in die huis is van so 'n aard dat die inwoners tevergeefs
       gebede fluister (versreël 12 en 13), want die gesin is in 'n bose kringloop vasgevang./
       die huis bewaar die geheime (versreël 6) sodat daar nie 'n oplossing kom nie.
   •   Die skade wat deur bakleiende gesinne/onmin in huisgesinne aangerig word, kring
       wyer uit as die gesinslede en die huis se struktuur, want die onbepaalde julle wat (in
       versreël 6, 12) aangespreek word, word die mensdom én huise in die algemeen. Die
       woorde elke nag (in versreël 14) dui op die wyer invloed.
   •    Die ganse mensdom word uiteindelik deur huisgesinne wat heeldag baklei/stry/
       mekaar verwyt/ontevrede is, geraak, want elke huisgesin is deel van 'n groter
       gemeenskap; uiteindelik raak konflik die ganse mensdom.
   •   Hierdie onmin in huise/gesinne lei tot gemeenskappe/die ganse mensdom se
       negatiewe beïnvloeding/word 'n bose kringloop/het onbeperkte, verreikende
       gevolge omdat my (die huis se) dakplate en julle gebede al hoe harder fluister en knal
       sonder om gehoor te word – niemand luister nie. Daar is nie 'n oplossing nie. Die gevolge
       van die onmin hou dus onbeperk aan./die negatiewe beïnvloeding van die huisgesin, die
       gebou/huis asook die gemeenskap en die universele mensdom duur voort.

Die kandidaat bied 'n gepaste slotparagraaf aan.
                                                                                                      [10]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                              4                                      DBE/2017
                                           SSE – Nasienriglyne

VRAAG 2 : KONTEKSTUELE VRAAG

'' 'last grave at dimbaza' '' – Fanie Olivier

Vraag     Antwoord                                                                            Punt
2.1       Dit is die titel van die Britse dokumentêre rolprent wat oor die sterftes van die
          kinders in Dimbaza gemaak is. √                                                     1

2.2       Haar naam dui op skoonheid terwyl die omstandighede waarin sy gebore is,
          negatief/lelik/ongunstig/armoedig/troosteloos/uitsigloos is. √           1

          ''tien ander gesiggies'' √                                                          1

2.3       Herhaling (van ''o my man'') √                                                      1

2.4       Die geboorte van 'n dogtertjie (beteken beeste/lobola in die toekoms)./
          Die geboorte van die dogtertjie hou (vir die man) finansiële voordeel in. √         1

          'n Stemming van somberheid/troosteloosheid/uitsigloosheid/droefheid word
          teenoor haar blydskap gestel. √                                          1

          Dit beklemtoon die troostelose/uitsiglose omstandighede./
          Dit wil die leser voorberei op die moontlikheid dat die kind se kans op
          oorlewing min is./suggereer die omvang van die ellende. √               1

2.5       Alliterasie/b-alliterasie √                                                         1

2.6       Ja
          Kinders word steeds in baie dele van die wêreld in slegte omstandighede
          gebore./
          Kinders sterf steeds wêreldwyd weens 'n gebrek aan basiese mediese sorg./
          Gesinne word steeds ontwrig a.g.v. ouers wat elders werk./
          Armoede bly steeds in Afrika/wêreldwyd 'n geweldige probleem./
          Die lobolastelsel is steeds in Afrika in gebruik./word net anders gedoen.

                                                  OF

          Nee
          Vroedvroue wat huisgeboortes hanteer, is meestal goed opgelei./
          Kommunikasieprobleme is tot 'n groot mate iets van die verlede omdat almal
          deesdae selfone het./
          Kinderregte/Die behoeftes van kinders geniet aandag./is 'n prioriteit vir die
          meeste owerhede./
          Lobola is deesdae besig om in onbruik te verval. √√                           2
          Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke motiverings binne konteks van
          die gedig vir EEN punt elk aan.
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           5                                       DBE/2017
                                        SSE – Nasienriglyne

VRAAG 3 : KONTEKSTUELE VRAAG

''Safari'' – DJ Opperman

Vraag     Antwoord                                                                        Punt
3.1       Ekspedisie om na diere te gaan kyk/(ontdekkings)reis/trekgeselskap op jag √     1

3.2       ''Niks'' √                                                                      1

3.3       Beweging/Verganklikheid √                                                       1

          Dit dui op die onstuitbaarheid van die lewensreis/onafwendbare beweging/
          voortgang op pad na die dood/graf. √                                     1

3.4       Goeie dinge in die lewe/Die positiewe ervarings wat 'n mens opdoen./Die mooi
          wat met jou gebeur./hoogtepunte in jou lewe. √                               1

3.5       Eufemisme/Litotes/Versagting √                                                  1

          Die eufemisme/litotes dui op die nietigheid van die mens se lewe./
          Die eufemisme versag die hardheid/werklikheid van die dood. √                   1

3.6       Die onderwerp van die gedig/inhoud handel oor die dood./die mens se reis na
          die dood./handel oor 'n ernstige saak. √                                    1

3.7       Ek besef nou dat my lewe ook in die gaatjie in die grond/dood gaan eindig./
          Die lewe bied talle uitdagings./voorspoed./oorvloed./geleenthede./
          Ek weet ek begin en eindig met niks./
          Ek weet dat daar hoogte- en laagtepunte op my lewenspad gaan wees. √√           2

          Die kandidaat bied enige soortgelyke TWEE motiverings vir EEN punt elk aan.
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            6                                         DBE/2017
                                         SSE – Nasienriglyne

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

''Kwatryne'' – Ina Rousseau

Vraag     Antwoord                                                                           Punt
4.1       Paarrym √                                                                          1

4.2       Metafoor √                                                                         1
          Dit dui op eerbied./verwys na God. √                                               1

4.3       Die spreker moes baie moeite √ en geduld √ aan die dag gelê het.                   2
          Indien die kandidaat ’n aanhaling as antwoord aanbied, mag slegs versreël 4
          van kwatryn 11 aangehaal word.

          ''betaal'' √                                                                       1

4.4       Daar is niemand beskikbaar om jou aan die (lewens-)reëls te herinner nie.
          In krisistye is daar niemand om jou te help nie./is jy op jouself aangewese. √     1

          Die kandidaat bied 'n eie, soortgelyke antwoord aan.
                                                 EN
          Ja
          Die lewe bestaan vir my uit 'n doolhof sonder leiding./
          Dit sal vir my goed wees indien daar soms iemand beskikbaar is wat namens
          my keuses kan maak./my aan die regte goed kan herinner.
                                                 OF
          Nee
          Ek leef binne bepaalde reëls en grense./Die lewe is vir my 'n baie ernstige
          saak./In my lewe is daar altyd iemand beskikbaar om leiding te gee. √       1

4.5       Die enjambement verdoesel/verberg die rym./
          Dit dra by tot die vloeiendheid van die kwatryn./
          Die gedigtempo word deur die enjambement versnel./
          Dit versterk die gedagte van die lewe./die retoriese vraag./die laaste
          versreël. √                                                            1

4.6       Ja
          Ek wil graag belangrik in die lewe voel./'n held in my eie lewensverhaal wees./
          iets vir iemand in die lewe beteken./
          Soms is ek die held en ander kere ondersteun ek ander deur die figurant in hul
          lewe te wees.

                                                 OF

          Nee
          Ek maak nie gedigte op my lewe van toepassing nie./Ek leef my lewe sonder
          om ander mense in ag te neem. √                                           1

          Die kandidaat bied 'n eie, soortgelyke antwoord aan.
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           7                                    DBE/2017
                                        SSE – Nasienriglyne

VRAAG 5: ONBEKENDE GEDIG

''Hemel'' – Lina Spies

Vraag     Antwoord                                                                       Punt
5.1       Die eienaar van die kat/'n Onbekende spreker/'n Huisbewoner √                  1

5.2       Vergelyking √                                                                  1
          Die vergelyking gee 'n duidelike prentjie van die kat se oë./sluit by die
          blombeeld van versreël 1 aan./versterk die idee dat die kat mooi is./mooi oë
          het./sluit aan by die verkleiningsvorm in die res van die strofe.
          Die verkleiningsvorm (botterblommetjies) in die vergelyking versterk die
          gevoel van liefde wat die spreker vir sy/haar kat het. √                     1

5.3       Die verkleinwoorde suggereer liefde/vertedering/omgee vir die kat (wat die
          stemming/vrede/rustigheid ondersteun). √                                   1

5.4       Dui die teenstelling/kontras/wending (tussen strofes 1 en 2) aan/tussen die
          vrede en angs aan. √                                                        1

          ''angs'' √                                                                     1
5.5       Alliterasie (van die w)/(aa-)assonansie √                                      1

5.6       Die hemel √                                                                    1

                                                EN

          Ja
          Die spreker wil nie weggaan/doodgaan nie./nie die hemelse vrede ervaar nie./
          Die spreker wil langer op die aarde by die kat bly./
          Die spreker verkies die kat met sy natuurlike instinkte/optredes bo die
          veranderde/vredeliewende/onnatuurlike kat vol hemelse vrede.

                                                OF

          Nee
          Dis nie oortuigend om geweld/wreedheid bo vrede/veiligheid te verkies nie./
          Die gebruik om botter aan voete te smeer om jou/iets teen wegloop/die dood
          te vrywaar, is 'n bygeloof/snert. √√                                        2

          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke redes binne konteks aan vir EEN punt
          elk.

                                                                                         [10]

                                                              TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            8                                         DBE/2017
                                         SSE – Nasienriglyne

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 6: OPSTELVRAAG

Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
       •   Dis 'n breë raamwerk van feite.
       •   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf 'n gepaste inleiding.

•   Die Engel is Iris se beskermengel, want hy maak seker sy is veilig./Bv. bl. 110: ''Oppas!''
    het die Engel vir my gesis en ek het rats eenkant toe gespring voor 'n jong seun op 'n
    skaatsbord my middeldeur kloof.
•   Die Engel se geselskap openbaar Iris se karakter, want sy verkies dit om eerder met hóm
    as met ander mense oor haar gedagtes en die lewe te praat./Bv. bl. 136: Ek het my
    voorgeneem om buite te gaan stap sodat ek privaat met die Engel kon gesels.
•   Die Engel tree as raadgewer vir Iris op wanneer sy haar in moeilike situasies bevind./Bv.
    bl. 208: ''Jy moenie die man so treiter nie,'' het die Engel vir my gesê toe ek later my trourok
    uittrek en ordentlik warm kon aantrek.
•   Die Engel verskyn in Iris se ryk verbeeldingswêreld omdat sy ontvanklik vir die suggestie
    van 'n Engel is./Bv. bl. 184: ''Met wie is jy nou besig?'' het die Engel gevra.
•   Die Engel bied aan Iris die moontlikheid om van haar verbeeldingsvlugte te vergeet,
    want vir haar is die Engel werklik./Bv. bl. 110: Met die Engel ook by, is Greta en haar geliefde
    tersyde gestoot; het my verbeeldingsvlugte oorbevolk geword.''
•   Die Engel is op die belangrikste oomblikke van Iris se lewe teenwoordig, wat daarop dui
    dat hy haar belangrik ag./daar wil wees as sy die mooi in die lewe ervaar./haar lewe
    beïnvloed./Bv. bl. 208: Tydens die onthaal het ek opgekyk na die kerksaal se vensters waar-
    deur die winterson weldadig geskyn het en agter 'n groot rangskikking bestaande uit
    buiteseisoenlike blomme, het ek die Engel sien staan.
•   Die Engel bied waarskuwings aan Iris as sy in gevaar verkeer, want hy besef sy is
    impulsief./Bv. bl. 99: ''Moenie alle mense wantrou nie,'' het die Engel grimmig in my oor
    gefluister.
•   Die Engel verskyn aan Iris sonder waarskuwing op 'n toneel om haar met raad by te
    staan, want hy beskou dit as sy plig om in alle omstandighede as ondersteuning beskikbaar
    te wees./Bv. bl. 162: ''Kom,'' het die Engel gesê. ''Kom.''
•    Die Engel dwing haar om haar eie take uit te voer/dans nie altyd na Iris se pype nie,
     want hy is beslis nie daar om Iris se take uit te voer nie./Bv. bl. 217: ''Ek is nie
     verantwoordelik vir jou en jou mense nie,'' het hy kalm gesê.
•   Die Engel sê vir Iris hoe om in sekere situasies op te tree, want hy het 'n beter begrip vir
    ander se gevoelens./Bv. bl. 121: ''Hy's moeg,'' het die Engel skielik agter my gesê.
•   Die Engel bied sy raad aan Iris aan, maar as sy nie wil luister nie, moet sy haar eie kop
    stamp./Bv. bl. 131: ''Jy's dwaas,'' het die Engel met 'n lae stem gesê. Ek was sommer
    ergerlik. ''Ag, bly stil.''
•   Die Engel gee deur die jare aan Iris seksvoorligting, want hy raak deurentyd baie meer
    byderwets omtrent seks./Bv. bl. 178: ''En jy's 'n vreeslik byderwetse engel,'' het ek gesê. ''Het
    jy ook só met Ouma gepraat?''

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                               9                                       DBE/2017
                                            SSE – Nasienriglyne

•     Die Engel kritiseer Iris se gesprekke/lewer kommentaar op Iris se doen en late, want hy
      dink nie sy tree altyd behoorlik op nie./Bv. bl. 133: ''Sien jy?'' het die Engel gesê. ''Jou dom
      aap.''/Bv. bl. 101: ''Sies,'' het die Engel in my oor gesis.
•     Die Engel bied aan Iris gemoedsrus, want hy sal haar altyd keer om te ver te gaan./hy is
      getrou in sy pogings om haar op te pas./Bv. bl. 104: ''Dis dié dat ek seker nie so versigtig is
      soos ek behoort te wees nie. Ek reken die Engel sal my pootjie of so iets as ek te ver gaan.''
•     Iris bly baie lief vir die Engel, al maak hy haar deur die loop van die roman kwaad./Bv.
      bl. 218: ''Jy's 'n engel,'' het ek gesê en vir hom gewaai.
•     Die Engel is in krisistye by Iris, want hy ondersteun./gee raad./Bv. bl. 218: ''Gaan terug
      hospitaal toe en gaan sit by Peter. Hou sy hand vas in plaas van om so liederlik jammer vir
      jouself te voel.''
•     Die Engel as newekarakter bring Iris tot nuwe insigte omtrent die lewe, want hy wil vir
      haar lewenslesse tuisbring./Bv. bl. 187: ''Tja,'' het die Engel gesug. ''Die lewe is nie 'n
      storieboek nie.''
•     Iris projekteer haar ontevredenheid met haarself teenoor die Engel, want hy is in 'n mate
      haar gewete./Bv. bl. 217: ''Jy behoort van jou vlerke gestroop te word. Jy moet herroep word
      vir indiensopleiding. Jy is die naam beskermengel nie werd nie.''
•     Die Engel bly altyd deel van Iris se lewe, al is sy later 'n getroude vrou./Bv. bl. 210: Die
      Engel het nie inbreuk gemaak op ons lewe nie. Ek het hom nooit meer saans op die
      vensterbank gesien sit nie, maar laatmiddae, voor Peter by die huis gekom het, het hy
      dikwels by my in die kombuis gestaan en gesels.
Die kandidaat verskaf 'n gepaste slot.                                                             [25]

VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG

Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker

Vraag       Antwoord                                                                           Punt
7.1         In 'n hospitaal in Vermont √                                                       1

7.2         Verbeeldingrykheid √                                                               1

7.3         Billy/Taxibestuurder √                                                             1
            Nee
            Iris oortuig vir Billy dat sy susters se name wel beskrywend van hulle is.
            Sy sê die Engel stem nie met haar saam nie./sê 'n naam is net 'n naam. √
                                                   OF
            Ja
            Sy sê dit vir die Engel (in die hospitaal in Vermont).                             1

7.4         Die lewe is nooit volmaak nie – dis altyd net kwart voor sewe./kwart voor die
            volmaakte./
            Die mens hunker na ŉ groot oomblik in sy lewe terwyl elke oomblik eintlik 'n
            blomoomblik is. √                                                             1
            Aan die begin van die roman is Iris so behep met haar groot blomoomblik dat
            sy oordeelsfoute begaan./nie haar volle potensiaal uitleef nie./geleenthede
            mis. √                                                                      1
            Iris kom aan die einde van die roman tot die insig dat die hier en die nou
            belangriker is as een groot blomoomblik./dat ŉ voorspelbare voorstedelike
            bestaan net so magies soos die grootste fantasie kan wees./dat die lewe nooit
            volmaak is nie. √                                                             1

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            10                                             DBE/2017
                                          SSE – Nasienriglyne

7.5       Iris/Die hoofkarakter √                                                                  1
          Die verteller/eerste persoon kan haar gevoelens omtrent haar blomoomblik die
          beste verwoord./Dit maak die vertelling geloofwaardig. √                     1

7.6       Die Engel tree as beskermengel/vertroueling/versorger vir Iris op./Die Engel
          hou haar geselskap./bring haar tot nuwe insigte. √√                          2
          Die kandidaat bied TWEE voorbeelde uit die roman aan waar die Engel as
          beskermengel/vertroueling optree/haar geselskap hou/haar tot nuwe insigte
          lei, wat by die eerste deel van die antwoord pas, bv.
          Die Engel beskerm Iris toe die skaatsplankryer haar amper-amper in Amerika
          omry./luister na Iris se stories oor die ander karakters./die lewe./Die Engel sê
          vir Iris dat die lewe nie 'n storieboek is nie. √√                               2

7.7       Iris se been moes weer gebreek/gespalk word./In Vermont is haar been nie
          korrek behandel nie, wat nou reggestel moet word. √                      1

7.8       Iris en Peter kommunikeer vaag/met poskaarte.
          Iris ken Peter nie goed toe sy Amerika toe is nie.
          Frederik dink hy kan Iris sommer per kabelgram vra om te trou.
          Iris en Frederik het dikwels saam oor vreemde dinge gespekuleer.
          Frederik het gedink hulle oppervlakkige verhouding kan tot romanse lei. √√√              3
          Die kandidaat bied enige DRIE redes aan vir EEN punt elk, maar daar moet
          ten minste EEN rede per karakter aangebied word.

7.9       Bettie het voorgegee dat sy gif gedrink het./Bettie kan dalk weer (probeer)
          voorgee om selfmoord te pleeg./gif te drink./Bettie is nie heeltemal gelukkig in
          haar verhouding met Brian en sy kinders nie./Bettie het onopgeloste
          vrae/kwessies wat haar weerloos maak. √                                          1
          Nee
          Peter sou nie daarvan gehou het nie, want hy keur nie die Engel se invloed op
          Iris se lewe goed nie.
                                                  OF
          Ja
          Peter sou dit aanvaar het, want hy verdra die Engel se teenwoordigheid in Iris
          se lewe. √                                                                     1

7.10      Elsa was 'n feminis/wou nie kinders gehad het nie./wou net een kind hê./het
          onbeplan/onvoorsien swanger geraak./was hiperperfek, maar later het sy
          kinders./haar huis is deurmekaar. √                                         1
          Kara wou nooit kinders gehad het nie,/het gesê sy is nie 'n broeikas nie, maar
          later het sy en Claude saam 'n kind gehad. √                                   1

7.11      Johanna is gewoonlik baie uitgesproke./deel graag haar menings. √                        1
          Johanna het vir Iris gesê dat sy vir hulle daagliks blom.
          Johanna wag saam met Iris op die blomoomblik in hul tuin. √√                             2

7.12      In beide tekste is Iris effens negatief jeens die Engel./geïrriteerd/vies. √             1

                                                                                                   [25]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           11                                         DBE/2017
                                         SSE – Nasienriglyne

VRAAG 8: OPSTELVRAAG

Manaka Plek van die Horings – Pieter Pieterse

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
       • Dis 'n breë raamwerk van feite.
       • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf 'n gepaste inleiding.

•   Ouma Essie dwing oral respek af vanweë haar uitgesproke getuienis as Christen, want
    sy het selfs op Riekert, die diamantsmokkelaar, 'n invloed./Bv. bl. 133: ''As daar nou een
    swarte is wat reguit hemel toe sal gaan, is dit sy.''
•   Ouma Essie se integriteit en vreeslose vashou aan wat reg is, maak dat mense haar
    gehoorsaam, want sy oortuig mnr. Kebbey om Baas gratis na die hospitaal te vervoer./
    oortuig selfs vir Baas om die sendelinge te help om 'n blyplek by die kerk in te rig./Bv. bl. 47:
    ''Toe! Loop nou na jou huis toe en gaan haal die sleutels.''/Bl. 118: Die ander man wat wit is,
    sal vir julle sê wat om te doen om 'n dak oor julle koppe te kry.''/Bl. 118: ''Tot daar weer 'n
    kerkgebou is, sal hierdie boom die kerk wees.''
•   Ouma Essie glo dat 'n Christen aan sy dade geken word, daarom verskaf sy huisvesting
    aan 'n wildvreemde man wie se voertuig gebreek het./daarom kan sy met oortuiging praat van
    Baas as Christen op grond van sy dade./ Bv. bl. 74: ''Daar het al op 'n tyd 'n wit mens by ons
    geslaap. Hy het 'n week daar gebly.''/Bl. 74: ''Daar is ook plek in my huis, muluti. Tibelelo se
    hut staan leeg.''/Bl. 43: ''Sy is ook die een wat gesê het sy weet meneer Baas is 'n Christen.''
•   Ouma Essie stel deurgaans die voorbeeld van wat reg/goed/aanvaarbaar/korrek is,
    want sy duld nie dat die khuta Grace inloop nie./vir Baas finansieel uitroei nie./volhard met
    verkeerde gebruike nie./ Bv. bl. bl. 165: ''Die mens met wie daar gepraat moet word oor die
    salaris van die sendelinge se tolk, is nie Tibelelo nie.''/ Bl. 167: ''..., dan is dit tyd dat die
    mense van hierdie hele stam vra hoekom die vergadering nie meer met 'n gebed oopgemaak
    word ...''/Bl. 166: ''En het iemand al gevra hoekom is daar hier rond nou skielik mense met die
    kerk se sinkplate op hulle huise se dakke?''/Bl. 170: ''Daarom is dit 'n goeie ding dat julle die
    man wat wit is, weggejaag het met julle gierigheid.''/Bl. 170: ''Ek sal aanhou praat in die taal
    wat hierdie vrou wat wit is, kan verstaan, want wat julle oor die man wat wit is, besluit, is ook
    julle besluit oor die sendelinge.''
•   Ouma Essie gee betekenis aan die teenwoordigheid van die sendelinge, want sy sorg
    vir die sendelinge as sy die werk aan die sendingstasie organiseer en vir almal take gee./
    Bv. bl. 118: ''Die ander man wat wit is, sal vir julle sê wat om te doen om 'n dak oor julle
    koppe te kry.''/Bl. 119: ''Die meubels wat nog op die lorrie is, kan nou by die kerk afgelaai
    word.''
•   Sy staan op vir die Here/staan by haar Christelike beginsels/skroom nie om mense wat
    die pad byster raak, aan te spreek nie omdat sy die khuta oor hul afdwaling van die
    godsdiens berispe./sy die khuta aanval omdat hulle die kerk se eiendom steel./Bv. bl. 167:
    ''..., dan is dit tyd dat die mense van hierdie hele stam vra hoekom die vergadering nie meer
    met 'n gebed oopgemaak word ...''/Bl. 166: ''En het iemand al gevra hoekom is daar hier rond
    nou skielik mense met die kerk se sinkplate op hulle huise se dakke?''
•   Ouma Essie bewaar die geloof op Manaka omdat sy 'n oortuigde Christen is./glo sy moet
    haar oorlede man se werk voortsit./glo dat elke ding met 'n doel gebeur./dit deur God so
    beskik word./ Bv. bl. 71: ''Die bril en die kierie en die Woord. En die skape wat die Here my
    gegee het om op te pas.''/Bl. 77: ''Jy wat uit 'n geslag kom van mense wat in die Here glo! Het
    jy gedink Satang los jou sommerso as jy eers jou hand vir hom gegee het?''/Bl. 116: ''Die

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            12                                           DBE/2017
                                          SSE – Nasienriglyne

    enigste pa en ma wat ek ooit geken het, was wit mense. Dit was eerwaarde Phil Kruger en
    mevrou Bessie.''/Bl. 210: In Whitey se Bybel lees hy die tekste wat ouma Essie vir hom
    gegee het toe sy hom kom roep het ... /Bl. 203: ''Dis nie ons wat jou pla nie ... Dit is die Here,
    jongman,'' sê sy ...
•   Ouma Essie is die Profeet van die Bybel wat haar beywer vir die uitbreiding van geloof
    op Manaka, want die Induna is dood./Bv. bl. 71 ''Die bril en die kierie en die Woord. En die
    skape wat die Here my gegee het om op te pas.''/Bl. 71: ''Dis 'n Woord wat lyk of hy al deur
    diep waters gegaan het, ouma Essie.''
•   Ouma Essie aanvaar die verantwoordelikheid vir die voortsetting/uitbreiding van
    geloof op Manaka/herstel van die sendingstasie, want sy is 'n oortuigde Christen vanweë
    haar kinderjare by eerwaarde Phil Kruger-hulle./haar studie en opleiding./Bv. bl. 70: ''Julle
    kan maar huil,'' sê sy. ''Ek het ook gehuil oor ons kerk.''/Bl. 116: ''..., het hulle dit reggekry om
    my by die Bybelkollege op Witsieshoek in te skryf. Ek was die eerste swart meisie wat ooit
    daar toegelaat is.''
•   Ouma Essie begin met die herstelwerk van die sendingstasie omdat sy God se woord wil
    versprei./want die herstel van die sendingstasie is vir haar 'n prioriteit./want sy glo dat Baas
    met 'n doel na Manaka gestuur is./Bv. bl. 43: ''My ouma Essie is die een wat die mense die
    Profeet van die Bybel noem. Sy is ook die een wat gesê het sy weet meneer Baas is 'n
    Christen.''/Bl. 105: ''Dit is om kos te gee vir die baie mense wat die Here na jou toe gestuur
    het.''/Bl.118: ''Tot daar weer 'n kerkgebou is, sal hierdie boom die kerk wees ...''/Bl. 112:
    ''Daar was altyd bankies onder die worsboom.''
•   Op Manaka voer ouma Essie, as Christen, die stryd teen die bose/die ongeloof/die
    tradisionele bygeloof/die plaaslike bevolking se geloof in die toordokter, want sy verdryf
    meneer Chisupo./sy berispe mnr. Kebbey wat aan Chisupo onderdanig is./Bv. bl. 77: ''Jy wat
    uit 'n geslag kom van mense wat in die Here glo! Het jy gedink Satang los jou sommerso as
    jy eers jou hand vir hom gegee het? Het jou gierigheid jou nou al so ver gevat dat jy vir 'n mal
    man bang moet wees?''/Bl. 148: Sy klap sy hand weg en wys vir hom ook vinger./Bl. 149: ''Hy
    is nie van die Here nie. Hy hoort nie hier nie.''
•   Ouma Essie se onwrikbare geloof in Baas as 'n gestuurde/geestelike leier ontketen by
    Baas (die hoofkarakter) innerlike konflik oor wat Christenskap se aard en wese is, want
    sy skroom nie om vir Baas te sê dat hy met 'n doel na Manaka gestuur is nie./Bv. bl. 202: ''Ek
    wil weet of jy in hierdie Boek glo, jongman.''/Bl. 203: ''Dis nie ons wat jou pla nie. Ke Modimo,
    leogana. Dit is die Here, jongman.''/Bl. 203: Die drome wat die kinders van die Here droom, is
    die drome wat Hy vir hulle gee om te droom, het sy daardie dag gesê.
    Ouma Essie tree as tussenganger tussen Baas en die sendelinge/die khuta op omdat
    die uitdra van die Woord op Manaka vir haar lewensbelangrik is./want sy glo dat Baas na
    Manaka gestuur is om die sendingwerk voort te sit./Bv. bl. 170: ''Sonder meneer Baas sal
    hulle nie in Barotseland kan bly nie.'' /Bl. 118: ''En hoekom sal die Here nou sy hand wegvat
    net oor iets wat tussen mense gebeur?''
•   Ouma Essie help die hoofkarakter in sy soeke na antwoorde m.b.t. sy godsdiensstryd,
    want sy verskaf die antwoorde./wys hom op bepaalde plekke in die Bybel wat hy moet
    lees./sien sy innerlike worsteling raak en tree met liefde en empatie op om hom te help./Bv.
    bl. 202: ''Jou reg om 'n Christen te wees, maak van jou 'n Christen. Weet jy dit dan nie?''/Bl.
    202: ''Jy kan mos lees. Romeine 10 vers 20.''/Bl. 202: ''Het jy 'n Bybel?''
•   Ouma Essie glo in die toekoms van Manaka onder Baas se geestelike sorg/weet dat
    Baas gaan aanbly as die nuwe geestelike leier, want sy bring vir hom 'n nuwe hondjie
    nadat sy hond dood is./weet dat hy op Manaka gaan bly./Bv. bl. 234: ''Die duiwel het sy eie
    vuur gemaak,'' sê ouma Essie vir die kruis op die graf. ''Ons sal sy as saam met die as van
    die brand met 'n besem van skoon takke wegvee voor ons weer begin bou.''/Bl. 239: ''Dit is 'n
    hond wat ouma Essie gister al vir jou gestuur het,'' sê Grace ...

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
    Afrikaans Huistaal/V2                         13                                      DBE/2017
                                           SSE – Nasienriglyne

•      By haar siekbed gee Ouma Essie aan Baas die geleentheid om sy geestelike groei ten
       toon te stel/sy keuse vir 'n lewe in die voetspore van sy oupagrootjie met die daad te
       bewys, want by haar siekbed bid hy in die openbaar./neem hy die rol van die geestelike leier
       in./suggereer hy dat die kerk se herstel deur hom gedoen gaan word./Bv. bl. 243: ''Dankie,
       Here. Amen.'' sê Baas./Bl. 244: ''Die deure en die vensters vir die kerk en vir die huis het
       gekom,'' sê Baas.

Die kandidaat verskaf 'n gepaste slot.                                                           [ 25]

VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG

Manaka Plek van die Horings – Pieter Pieterse

Vraag       Antwoord                                                                          Punt
9.1         Hulle voel baie onwelkom op Manaka./Baas maak dit duidelik dat hy hulle nie
            daar wil hê nie./
            Baas en Grace het 'n woordewisseling./uiterlike konflik./
            Baas struikel oor die hoop hout en kan nie self opstaan nie./maar weier dat hulle
            hom help. √√                                                                      2

            Die kandidaat bied enige TWEE van die antwoorde aan vir EEN punt elk.

9.2         Baas doen van nature goed aan ander mense./tree van nature met respek
            teenoor ander op./is inherent 'n Christen. √                          1

9.3         Ja                                                                          1
            Sy is 'n oortuigde Christen./leef haar Christelike godsdiens uit./
            Haar dade bevestig haar geloof./bewys dat sy omgee vir ander in nood./is 'n
            bewys dat sy volgens die Ubuntu-beginsel van naastediens leef. √

                                                 EN

            Grace moet 'n ekstra inkomste genereer omdat daar groot armoede en ellende
            heers./daar baie mense is wat honger ly./sy 'n opgeleide verpleegster is wat 'n
            bydrae kan lewer./geld kan verdien. √                                           1

9.4         Baas is geweldig ontsteld oor haar versoek m.b.t. 'n werk./wil haar nie help
            nie. √                                                                       1

            Hy wil nie die sendelinge op Manaka hê nie. √                                    1

                                                 EN

            Baas weet dat Grace eintlik die waarheid praat./Hy is nog baie siek a.g.v. die
            malaria./die nagevolge van die hospitaalbehandeling/medikasie./het nie krag vir
            baklei nie./
            Haar verwysing na die man wat Manaka begin het, prikkel sy nuuskierigheid./
            Hy wil nie weer 'n gedoente maak sodat Nanna en oom Scholtzie naderkom
            nie. √                                                                          1

    Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Huistaal/V2                          14                                      DBE/2017
                                         SSE – Nasienriglyne

9.5      Ja
         Sy help hom in sy siek toestand om regop te kom./sy maak vir hom 'n belt/lyf-
         band/gordel sodat sy broek nie afval nie./sy neem die goed wat vir hom
         belangrik/waardevol is (soos die foto) in ag. √                               1

9.6      Die lyfband wat ouma Essie vir hom gebring het./muluti Joseph se lyfband √       1

9.7      Dis sy oupagrootjie./Hy is die ou man/sendeling se agterkleinseun. √             1
         Hy wil graag soos dit die ou man se droom was, 'n boot op die Zambezi kry (om
         toeriste te vervoer), maar hy het nie meer geld om dit te doen nie./hy moes al sy
         geld op welsynswerk uitgee. √
         Hy bevind hom op die sendeling se sendingstasie, maar hy wil niks met
         godsdiens/Christenskap te make hê nie./ontken dat hy 'n Christen is./wil nie eers
         die sendelinge daar ontvang nie. √                                                2

9.8      Grace √                                                                          1

9.9      Innerlike konflik √                                                              1
         Baas het oorgegee./die weddenskap verloor om die skoenlapper te vang. √          1

9.10     Die verteller is objektief in sy beskrywing van Baas se gelate aanvaarding van
         die einde van sy droom. √                                                      1

         Die verteller dra inligting oor/beskryf wat op verskillende plekke gebeur (onder
         die Land Rover sowel as in die hoofpad)./is gelyktydig op verskillende plekke
         teenwoordig. √                                                                   1

9.11     Chisupo √                                                                        1
         Whitey kom haal vir Sitali om die boot te gaan soek./laat Sitali in 'n boom klim
         om te kyk waar die boot is. √                                                    1
         Ja
         Whitey het kort voor hierdie gebeure agtergekom dat hy en Baas agterkleinneefs
         is./dieselfde oupagrootjie het./familie is./
         Omgee vir ander loop in die Chipmans se bloed en dis wat Whitey hier bewys. √ 1

9.12     Hy skryf sy naam in die boomstam onder sy oupagrootjie se naam./herstel die
         bankies./sendingstasie. √                                                   1

         Hy kap Morena se kop/horings teen die naambord vas. √                            1

         Die kandidaat gee sy/haar eie motivering vir enige een van die karakters wat
         hy/sy kies, bv.

         Grace √                                                                          1

         Nadat Baas besluit het om weg te gaan/hy (vir sy oupagrootjie) gesê het: ''Jy
         wen, Baas Dennis,'' sê Grace vir hom die ou man sê R5 is te min vir sy drome./
         Grace beïnvloed hom om te bly./herinner hom aan sy drome om in sy
         oupagrootjie se voetspore te volg. √                                           1

                                                                                          [25]

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Huistaal/V2                           15                                     DBE/2017
                                          SSE – Nasienriglyne

VRAAG 10: OPSTELVRAAG

Vatmaar – AHM Scholtz

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
       • Dis 'n breë raamwerk van feite.
       • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.

• Daar is beweringe dat die naam Vatmaar van Ta Vuurmaak afkomstig is, want hy is een van
  die eerste mense wat gewoon het in wat later Vatmaar sou wees./Bv. bl. 5: Party mense het
  gesê Vatmaar het sy naam by Ta Vuurmaak gekry.
• Ta Vuurmaak steek die buit van die plase weg in die watertenk op die sylyn. Hierdie buit is
  later in Vatmaar gebruik./Bv. bl. 9: Chai het gesê dis vatmaar-goed.
• Ta Vuurmaak skep vir die mense werk en gee so menswaardigheid aan Vatmaar se
  mense./Bv. bl. 22: Ek het party van die manne wat nie werk gehad het nie, of wat afgedank is,
  aan die stene maak gesit. Vir elke drie wat gemaak is, was twee die maker s'n en een myne.
• Ta Vuurmaak sorg dat die Griekwa-kinders kontak hou met hul kultuur, want hy vertel
  hulle stories uit die verlede/van Heitsi Eibib./Bv. bl. 83: Daar was Griekwa-kinders wat Sus Bet
  wou hê die stories van hulle se afkoms moes hoor en onthou.
• Ta Vuurmaak is die een met die meeste kennis van die rol wat die oorlog in die nedersetting
  gespeel het wat hy aan die kinders van Vatmaar oordra./Bv. bl. 7: Vertel ons nog, Ta, het ons
  hom aangespoor.
• Ta Vuurmaak ken die geskiedenis van die ontstaan van Vatmaar die beste, hy word as die
  bewaarder van Vatmaar se geskiedenis beskou./Bv. bl. 20: Ta Vuurmaak vertel hoe alles begin
  het.
• Die Griekwa-beginsel om met jou broer te deel word deur Ta Vuurmaak voorgeleef en hy
  leer dit ook aan die jong seuns wat hom besoek./Bv. bl. 85: In die lewe, in die lewe is een van
  die grootste deugde om te deel. Deel met jou broer wat 'n behoefte het. Dit sal vermenigvuldig
  terugkom.
• Ta Vuurmaak leer die seuns omtrent die kompleksiteit van die natuur, want hy glo dat jy
  respek teenoor die natuur moet betoon./Bv. bl. 88: Ta Vuurmaak het ontsag gehad vir die Son
  en Maan en hy het sy stem laat sak as hy oor hulle praat.
• Oom Chai proklameer die nedersetting met George Lewis se hulp, want hy wil 'n
  soortgelyke nedersetting as die Engelse settlement vestig./Bv. bl. 21: Chai het glo een nag
  terwyl hy wakker gelê het, die plan gekry vir wat die Engelse 'n settlement noem. In sy gedagtes
  het hy die plek naby die vlei gesien. Ek het met George daaroor gepraat, het Chai gesê …
• Oom Chai verskaf 'n heenkome vir talle uitgewekenes, wat by die vatmaar-gedagte aansluit,
  die nedersetting begin met vatmaar-goed. /Bv. bl. 22: In die winter was Chai en sy George se
  eenkamer-huise so lat hulle kon intrek.
• Oom Chai onderhandel namens die mense van Vatmaar met die dorpsraad van Du Toitspan
  sodat 'n plek waar die nedersetting gevestig kan word, toegeken word./Bv. bl. 21: Ek het met
  George daaroor gepraat, het Chai gesê, …
• Oom Chai onderhandel met die predikant van Du Toitspan. Hy sorg dus dat die
  nedersetting hul eie kerkgebou kon kry, die Sendingkerk./Bv. bl. 27: … almal het saamgestem
  dat julle mense van Vatmaar ons ou saal kan kry.
• Oom Chai is een van die ouderlinge in die kerk wat ook daarvoor verantwoordelik is om
  dienste in die kerk te hou./Bv. bl. 41: … het altyd die eerste drie Sondae van die maand
  gepreek, en oom Chai die laaste een.

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Huistaal/V2                           16                                      DBE/2017
                                          SSE – Nasienriglyne

• Oom Chai bring Vatmaar se mense met ouderling Hans du Plooy in aanraking, wat die
  Woord aan hulle bedien. Dit het hulle saamgebring en hulle het die seën daarvan ervaar./Bv.
  bl. 35: Charlie, sê die domanie, jy en oom Hans sal saamwerk en by die volgende
  kerkraadsvergadering sal ons jou naam aanteken as ouderling van die Sendingkerk Vatmaar.
• Oom Chai sorg dat alles in die skool vlot verloop, want hy probeer 'n skryfbord in die hande
  kry toe hy sien dat die skool een benodig./Bv. bl. 100: Oom Chai het die beste swartbord en
  staander gevat en 'n klompie afvalstukkies bordkryt gevra vir ons kinders om op die swartbord
  mee te kan skryf.
• Vir Oom Chai is die oprigting van ʼn kerk baie belangrik, want hy wil die kinders laat doop.
  Dus sorg hy dat die gemeenskap die Woord van God bekom/vir die stigting van die skool dat
  almal kan leer lees./Bv. bl. 25: Domanie, sê Oom Chai, ons in Vatmaar het rêrigwaar 'n
  sendingkerk nodig want daar is bybies en jong kinders wat nie gedoop is nie.
• Oom Chai is 'n natuurlike leier. Daar is gesê: ''Om oor iemand te wees was iets wat altyd na
  hom toe aangekom het sonder dat hy daarvoor gesoek het.''/Bv. bl. 28: Vyf, jy wat Chai is, sal
  die ouderling van die kerk wees.
• As nie-amptelike burgemeester neem hy belangrike besoekers in Vatmaar rond./Bv. bl. 97:
  Oom Chai is vooraf vertel van hulle koms. … Oom Chai het die kerk vir hulle oopgesluit, …
• Oom Chai het 'n groot invloed in die nedersetting. Hy kon die onderwyseres, Teacher Elsa,
  aanbeveel en sy is aangestel omdat sy van Vatmaar kom./Bv. bl. 98: En: Miss. E. Lewis will be
  on the payroll of the Du Toitspan Town Council.
• Oom Chai is die sedebewaker van Vatmaar wat vir Teacher Elsa aansê het om haar gesig te
  was en dat sy bly kan wees hy was daar toe die Rooinek verspot begin raak het omdat bruin
  vroumense nooit nee vir 'n wit man kan sê nie./Bv. bl. 100: Was daai gemors af. Dan kan jy
  weer aangaan. Lóóp! Was daai gemors af en gee skool.

Die kandidaat bied 'n gepaste slot aan.                                                          [25]

VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG

Vatmaar – AHM Scholtz

Vraag    Antwoord                                                                            Punt
11.1     Vatmaar √                                                                           1

11.2     Ja
         Dit maak die vertelling/beskrywing geloofwaardig./
         Die verteller kan uit eie ervaring inligting oor die plek en gebruike beter as 'n
         buitestander gee./ken al die gebruike en tradisies. √

                                                OF

         Nee
         'n Buitestander kan navorsing doen/ingelig word en die inligting net so
         oortuigend aanbied.                                                     1

11.3     Khadie/sjerrie is gedrink wat op die grond uitgespoeg is./
         Soms is daar gebid./
         Op hoekbakens is daar geürineer. √√                                                 2

         Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

 Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
 Afrikaans Huistaal/V2                           17                                     DBE/2017
                                          SSE – Nasienriglyne

11.4     Tant Wonnie is op vernederende wyse na die polisieselle gebring (nadat sy van
         diefstal beskuldig is). √                                                         1
         Kaaitjie is dood na haar ontberinge in die tronk. √                               1
         Die landdros het die (weduwee-) oorlogspensioen van haar man aan Tant
         Wonnie toegestaan. √                                                  1

11.5.1   Innerlike konflik √                                                               1

11.5.2   Oom Chai hou nie van dans nie, maar word een van die voorbokke om by Bettie
         by te hou./tree soos 'n ''blerrie fool'' op./
         Oom Chai dink dat hy eerder vir Bettie by sy outydse manier van lewe moes laat
         inval as om (ter wille van Bettie) modern te probeer wees./
         Oom Chai is jaloers op Bettie/hou nie daarvan dat sy met ander mans dans nie,
         net hy mag met haar dans. √                                                    1
         Oom Chai breek die grammofoon./jaag vir Boitjie Afrika weg. √                     1

11.6     Tant Wonnie moet wasgoed vir ander mense was om 'n inkomste te verdien.
         Tant Wonnie ontvang nie 'n pensioen van haar man nie; hulle het daarom nie
         geld nie.
         Sy moet haar huis/erf verkoop en in 'n enkelkamer op haar eie erf woon. √√ 2
         Die kandidaat bied enige TWEE gepaste redes uit die roman aan vir EEN punt
         elk.

11.7     Hy is oneerlik./skelm. √                                                          1

11.8     Nee
         Hy glimlag by die gedagte dat hy die hof uitoorlê het./is trots daarop dat hy met
         diefstal weggekom het./dink nog steeds daaraan om skape te steel. √               1
         ''Ja'' kan nie as korrek aanvaar word nie.

11.9     Bennie O'Grady kan vleis nie weerstaan nie. √                                     1

         Nee
         Chan Look probeer die inwoners deur fa-fee help./Fa-fee is tot voordeel van die
         mense van Vatmaar./Hy dwing nie die mense om te speel nie, hulle neem
         vrywillig deel. √                                                               1

11.10    Bennie O'Grady is die kleinkind van Anna Swartz en een van Adam Kok se
         mense./was 'n halfbloed. √                                             1
         Chan Look is die kind van 'n gemengde egpaar, Harry Look en Lisa. √               1
         Ouma Ruth is met 'n Engelsman, Lance-Corporal Lewis, getroud. √                   1

11.11    Chan Look aanvaar sy skuld./is eerbaar.
         Chan Look beskou fa-fee nie as 'n misdaad nie, maar eerder 'n diens aan die
         inwoners van Vatmaar.
         Hy is nie bang om fa-fee te speel nie, al is dit onwettig.
         Chan Look is 'n Suid-Afrikaner wat nie weggestuur kan word nie./terug na China
         gestuur kan word nie.
         Chan Look beskik oor die geld om sy boete te betaal. √√√√                      4
         Die kandidaat bied VIER soortgelyke redes aan vir EEN punt elk.

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
    Afrikaans Huistaal/V2                           18                                        DBE/2017
                                             SSE – Nasienriglyne

11.12       Nee
            Bennie O'Grady weet dat hy steel.

                                                   OF

            Ja
            Bennie O'Grady beskou dit nie as steel as hy die waarheid voor God praat nie. √     1

                                                   EN

            Nee
            Oom Flip wil diamante op Sus Bet se versoek steel. √                                1

            ''Ja'' kan nie by oom Flip se antwoord aanvaar word nie.

                                                                                                [25]

                                                                       TOTAAL AFDELING B: 30

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 12: OPSTELVRAAG

Krismis van Map Jacobs – Adam Small

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
       • Dis 'n breë raamwerk van feite.
       • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf 'n gepaste inleiding.

•     Cavernelis wys op die uitgelewerdheid van 'n gemeenskap en die omstandighede
      waarin hulle leef wanneer hy sy fiets vasketting om te verhoed dat dit gesteel word./Bv. bl. 1:
      Hy sluit die fiets en ketting dit aan die traliewerk.
•     Cavernelis vorm 'n belangrike deel van die eksposisie van die drama, want die kyker/
      leser maak reeds in die openingstoneel kennis met die obsessie van die Cavernelisse om weg
      te kom uit die gemeenskap./Bv. bl. 3: ''… Dis hoekom ek vir jou sê ons moet uit hier …''
•     Deur Cavernelis se handeling is dit duidelik dat hy hard werk om sy droom van 'n beter
      toekoms te verwesenlik deur bedags by die ''polony factory'' te werk en saans en naweke
      onderklere te smous./Bv. bl. 11: ''Onthou Ma nog vir Uncle Cavernelis moet sy suitcase moet
      die soft goods ... die overtime-werk om ekstra te verdien, geld, geld, geld ... vir 'n plot grond
      en 'n huis in Grassy Park, of even in Belhar, weg van die township af ...''
•     Cavernelis se kontak met die ander newekarakters bevestig dat hy anders as die ander
      inwoners is, want Cyril beskuldig hom daarvan dat hy op hulle neersien./Bv. bl. 18:
      ''Cavernelis is mos 'n cut above onse township-robbiese! ... Mos nie working class soes ons
      nie!''

    Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2017-memo/a6422696-4ee3-497e-a363-2d437719558c) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017-memo/8d004299-0884-48ae-94a7-fa262185f416) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2017-memo/872c6282-9442-4b04-b87a-61c1a547d2be) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2019-memo/669ef435-fb0c-4809-bd37-e82d905f388f) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018-memo/89172392-378e-4868-8b19-5f1762563210) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2016-memo/5497b749-e408-4f00-b341-25758bcc85a8) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
