# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2018, 42 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018-memo/89172392-378e-4868-8b19-5f1762563210
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 42

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018-memo/89172392-378e-4868-8b19-5f1762563210)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 42 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P2 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018/d44727d2-705d-4fdd-a87d-4da1c4380318) — QP · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                          2018

                                   NASIENRIGLYNE

                                                                         PUNTE: 80

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 42 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       2                                    DBE/2018
                                    SSE – Nasienriglyne

AFDELING

RIGLYNE VIR NASIENERS

1.    As 'n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste
      antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die
      kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)

2.    As 'n kandidaat in AFDELING A al die vrae oor die gesiene gedigte beantwoord het,
      word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.

3.    As 'n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre opstelle
      beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word
      geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord het,
      word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag en
      een opstelvraag beantwoord is.

4.    As 'n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die
      tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord
      word geïgnoreer.

5.    As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die nasienriglyne
      nagesien.

6.    Taalfoute by kontekstuele vrae word nie gepenaliseer nie. As 'n spelfout die
      betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die spelfout nie
      die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.

7.    Opstelvrae:
      As die literêre opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
      gepenaliseer nie omdat hy/sy hom-/haarself gepenaliseer het. As die literêre opstel
      te lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener. Die
      nasienriglyne is slegs 'n riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek
      beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die opstelvrae na te sien.

8.    Kontekstuele vrae:
      As 'n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar 'n vraag dit vereis nie, word die
      kandidaat nie gepenaliseer nie.

9.    Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
      SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die rede/
    motivering/bewys verdien die punt.

11. Moenie woorde nasien nie; sien betekenis na.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                     3                                   DBE/2018
                                  SSE – Nasienriglyne

12. Vir hierdie eksamen geld die volgende nasienriglyne vir die opstelvraag:
     ♦ Lees die opstel die eerste maal en toon die reeks treffende argumente met die
          ooreenstemmende kode aan.
     ♦ ’n Reeks treffende argumente is stellings wat met
           • relevante verduidelikings gemotiveer word./
           • korrekte, gepaste aanhalings uit die roman/drama/gedig gemotiveer word./
           • ’n geparafraseerde aanhaling uit die roman/drama/gedig gemotiveer word.
     ♦ Die bespreking oor die invloed van die milieu in vrae 10, 12, 14 en 16 moet
          telkens die milieu asook die invloed daarvan vermeld.
     ♦ Lees die opstel ’n tweede maal om die struktuur en taal te assesseer.
     ♦ Taalfoute word met onderstreping aangedui.
     ♦ ’n Treffende argument is nie noodwendig in die formaat punt, verduideliking
          én illustrasie nie.
     ♦ Die aantal kodes in die opstelvraag word nie getel om ’n bepaalde punt by die
          inhoud toe te ken nie.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           4                                        DBE/2018
                                        SSE – Nasienriglyne

AFDELING A: GEDIGTE

VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

"staat" – Niel van Tonder

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

LET WEL:
•   Dis 'n breë raamwerk van feite.
•   Al die feite hoef nie genoem te word nie.
•   Vir die nasien van Vraag 1 is dit belangrik dat die kandidaat minstens EEN
    argument ten opsigte van beeldspraak EN minstens EEN argument ten opsigte
    van stylfigure moet aanbied alvorens die opstel as UITSONDERLIK beskou kan
    word.
Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.
•   Die metaforiese "krap" (versreël 3) is in 'n magsposisie as gevolg van sy grootte en
    stewige knypers; vandaar die feit dat hy houtgerus, sonder om iets te doen, in sy
    vesting sit./Bv. versreëls 1 tot 2: jare nou al sit roerloos wit …
•   Die gedig maak van 'n metafoor gebruik: die "staat" (titel) word gelykgestel aan 'n wit
    krap, waar die titel by die eerste strofe wat na 'n krap verwys, aansluit./Bv. versreëls 2 tot
    3: sit roerloos wit 'n krap …
•   Die "gaterige wal" (versreël 3) is 'n metafoor wat die skuilplek/blyplek van die krap
    aandui as iets wat onstabiel/aan die verval/reeds stukkend/onveilig is. Dit dui op die
    staat se posisie: selftevrede en selfgenoegsaam, maar onveilig, reeds aan die
    agteruitgaan./       Bv. versreël 3: 'n krap in 'n gaterige wal
•   Die metaforiese "steeltjiesoog" (versreël 4) van die krap wat net af en toe "roer" dui
    nogeens op die selftevrede gemak van die staat wat glo/dink dat hulle veiligheid onaan-
    tasbaar is./Bv. versreëls 4 tot 6: roer 'n steeltjiesoog met tye waaksaam omhoog
•   'n Verdere metafoor wat gebruik word, kom in versreëls 10 tot 12 voor – die "swart mier-
    bataljon" word 'n metafoor van die meerderheid mense wat teen die staat in opstand
    kom en die krap/staat binneval./Bv. versreëls 10 tot 12: maar wanneer en hoé het die swart
    mierbataljon …
•   In versreël 12 word parate pantser as 'n metafoor gebruik vir die dop van die selfge-
    noegsame krap./die staat. Die mierbataljon (versreël 11) val die parate pantser (versreël
    12) van die krap ongesiens binne./Bv. versreëls 10 tot 12: maar wanneer en hoé het die
    swart mierbataljon dié parate pantser binnegekom?
•   Die gedig maak van kontras gebruik om die twee partye (soos in 'n land waar die
    regering nie ingestel is op die bevolking se wense/drome nie) uit te hef. Hier word
    pertinent gepraat van 'n wit krap wat teenoor 'n swart mierbataljon te staan kom./Bv.
    versreël 2 en versreël 11: sit roerloos wit teenoor die swart mierbataljon.
•   Dat die krap oënskynlik "roerloos" sit, kontrasteer met die feit dat die "steeltjiesoog"
    darem "met tye" "roer". Hoewel beweging afwesig blyk te wees, is daar tog 'n mate van
    beweging in 'n poging om waaksaam en paraat voor te kom./Bv. versreëls 2 tot 3: sit
    roerloos wit 'n krap …/Versreël 4–6: roer 'n steeltjiesoog met tye waaksaam omhoog …
•   Die "steeltjiesoog" (versreël 4) van die krap is ironies gebruik: dit dui eintlik op goeie
    waarnemingsvermoë, maar anders as wat 'n mens verwag, "roer" die "krap" die "steel-
    tjiesoog" net "met tye" wat dui op die staat se gebrek aan behoorlike waarneming/
    ingesteldheid op gevaar./Bv. versreëls 4 tot 6: roer 'n steeltjiesoog met tye waaksaam
    omhoog …

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             5                                       DBE/2018
                                          SSE – Nasienriglyne

•   Wanneer die waaksame krap deur iets soos klein miertjies binnegeval word, is dit
    ironies, want ten spyte van "waaksaam" en "steeltjiesoog" vind die inval plaas op so
    'n wyse dat niemand weet hoe en wanneer dit gebeur het nie./Bv. versreël 6: waaksaam
    omhoog teenoor versreël 12: dié parate pantser binnegekom?
•   Daar is ook ironie in die feit dat die krap jare nou al so paraat lyk, terwyl hy in
    werklikheid ongesiens binnegeval kon word deur miere, want niemand kan met
    sekerheid sê of die droë dood nie al lankal in die krap teenwoordig was nie./Bv.
    versreël 1–2: jare nou al sit roerloos wit … teenoor versreël 9: 'n droë dood ook in hom lê …
•   Verdere ironie kom voor in die feit dat die krap buite verhouding groot vertoon tot
    miertjies. 'n Mens sou dus verwag dat die krap (wat groot is) veilig sou wees teen die
    aanslag van die miere wat – in verhouding tot die krap – buitengewoon klein is, maar
    ironies genoeg is die krap nie teen die klein miertjies bestand nie./Bv. versreël 3: 'n
    krap in 'n gaterige wal teenoor versreël 11: het die swart mierbataljon
•   Dis ook ironies dat die krap in 'n "gaterige wal" sit; die "wal" behoort 'n veilige
    vesting te wees, maar die wal is "gaterig" en omdat die krap net soms waaksaam
    "roer", is sy ondergang verseker./Bv. versreël 3: 'n krap in 'n gaterige wal teenoor
    versreël 9: 'n droë dood ook in hom lê …
•   Die krap besit ironies genoeg 'n "parate pantser" wat hom/haar moet beskerm, maar
    dit blyk ondoeltreffend te wees, want die miere val dit ongesiens binne./Bv. versreël
    12: dié parate pantser binnegekom? teenoor versreël 10: maar wanneer en hoé …
•   Die krap dien as simbool van die staat/regering wat nie op sy hoede/paraat genoeg
    was nie en gevolglik ten gronde gaan./Bv. titel "staat" teenoor versreëls 2 tot 3: sit
    roerloos wit 'n krap …
•   Die mierbataljon dien as simbool van die ontevredenes wat stil-stil die staat se on-
    dergang bewerkstellig./Bv. titel "staat" teenoor versreëls 11 tot 12: het die swart mier-
    bataljon dié parate pantser binnegekom?

Die kandidaat bied 'n gepaste slot aan.                                                                [10]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          6                                        DBE/2018
                                       SSE – Nasienriglyne

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
"Sonsverduistering" – PJ Philander

Vraag     Antwoord                                                                                   Punt
2.1       vlek √                                                                                     1

2.2       Langsamerhand √                                                                            1

2.3       Klanknabootsing/Onomatopee √                                                               1
          geruisloos √                                                                               1

2.4       Dit beklemtoon die "gans" wat aandui dat alle mense aan sonde onderwerp word./
          Dit beklemtoon die omvang van die "skaduwee"/sonde.
          Die agterplasing van “skaduwee” word gedoen om te rym met “gedwee”./ter wille van
          rym. √                                                                                     1
          Die kandidaat bied EEN soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

2.5       Skape gaan huiswaarts wanneer dit donker word, terwyl die mens aanhou om in die
          donker te leef. √
          Voorgevoel lei skape daartoe om huiswaarts te keer wanneer dit donker word, maar die
          mens se intuïsie lei hulle nie na God wanneer sonde hulle pad verduister nie. √      2
          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
          Die kandidaat bied beide kante van die verskil vir EEN punt aan.

2.6       Mense se sondes bring verwydering tussen hulle en God./
          Mense besef nie dat hulle heil by God lê nie.√                                             1
          Die kandidaat bied EEN soortgelyke antwoord binne konteks van die gedig vir EEN punt
          aan.
                                                 EN
          Ja
          Die gedig handel oor 'n aktuele probleem, want mense pleeg steeds sonde./leef al
          verder van God en sy gebod./doen wat hulle pas en nie noodwendig wat God van hulle
          verwag nie.
          Sonde is 'n universele verskynsel, want alle mense, waar hulle ook al woon/werk/leef,
          doen soms/dikwels/aanhoudend sonde.
                                                   OF
          Nee
          Dis nie aktueel nie, want in talle lande word God nie gedien nie./word ander waardes/
          norme/gelowe aangehang./lyk dit of mense wat die verste van God leef, gelukkig/
          voorspoedig/geseënd is./
          Mense heg in ons tyd nie meer soveel waarde aan godsdiens nie. √                      1
          Die Christelike geloof is nie universeel/oral die norm vir mense se lewe nie./word in
          sommige lande verbied./
          Wat sogenaamd "sonde" is, verskil van geloof tot geloof. √                                 1
          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
          Die kandidaat moet 'n antwoord vir beide aspekte, nl. aktualiteit én universaliteit
          aanbied.

                                                                                                     10
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            7                                             DBE/2018
                                         SSE – Nasienriglyne

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

"Die huis luister" – Daniel Hugo

Vraag     Antwoord                                                                                        Punt
3.1       Die huis √                                                                                      1

3.2       binne-oor/hoor √                                                                                1

3.3       Polisindeton/enumerasie √                                                                       1

          Dit beklemtoon hoe aanhoudend die inwoners mekaar verwyt./waaroor daar gekibbel
          word. √                                                                         1

3.4       Ja
          Hulle kibbel oor/verwyt mekaar oor "kon en sou en moes". √
          Te veel vloeke laat sy/die huis se pleisterwerk bars./Hulle vloek te veel./baie. √              2
          Die kandidaat gee enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk.
          Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.
          In die slotstrofe praat die huis van "elke nag" – dit hou dus nie op nie./
          Die dakplate en die huisbewoners se gebede knal al hoe harder om hulp./
          Ten spyte van die dakplate en huisbewoners se gebede bly dit "ongehoord". √                     1

          Die kandidaat mag net “ongehoord”/“knal al hoe harder om hulp” aanbied vir een punt.

3.5       v-alliterasie/alliterasie √                                                                     1
          Dit beklemtoon die hoeveelheid verwyte./rusies./onaangenaamhede. √                              1

3.6       Wanhoop/Moedeloosheid/Magteloosheid √                                                           1
                                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             8                                          DBE/2018
                                          SSE – Nasienriglyne

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

"Een sprong vir …" – Joan Hambidge

Vraag     Antwoord                                                                                        Punt
4.1       sprong √                                                                                        1

4.2       Die ander persoon/geliefde het haar/hom baie/allerhande beloftes gemaak. √                      1

4.3       Alliterasie/k-alliterasie √                                                                     1
          Die k-klank ondersteun die (spreker se) stryd./pyn./seer./ontnugtering./teleurstelling./
          bitterheid. √                                                                            1

4.4       Oksimoron/paradoks/teenstelling √                                                               1
          Dit verwys na die (intense) lyding wat in stilte/onopsigtelik geskied. √                        1

4.5       Die herhaling beklemtoon die onherroeplikheid van die verlies. √                                1

4.6       Ja
          In strofe 1 treur die spreker oor die "maan" wat beloof is/baie beloftes van die geliefde,
          terwyl strofe 3 aandui dat die spreker berusting gevind het in die wete dat die "maan"
          "hiér" is./die aarde/die huidige/die oomblik/die nou/hier mooi genoeg is./die beloftes leeg
          was. √
          In strofe 1 en 2 is die spreker ontnugter oor die geliefde hom/haar weggestuur/
          weggejaag het, "na die maan gestuur het", maar in strofes 3 en 4 herstel die spreker in
          die wete dat hy/sy hier/nou gelukkig is./dat hy/sy nou weet die "maan" is "nie van kaas"
          nie./nie weer alles vir soetkoek sal opeet nie. √                                           2
          Die kandidaat bied TWEE motiverings vir EEN punt elk aan.
          Elke motivering moet beide kante van die verskil aanbied.
          Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.
          Die tipografie herinner aan die vorm van 'n maantuig./ruimtetuig./pendeltuig. √                 1

                                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             9                                          DBE/2018
                                          SSE – Nasienriglyne

VRAAG 5: LITERÊRE OPSTEL

"eerste worp" – TT Cloete

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

LET WEL:
•   Dis 'n breë raamwerk van feite.
•   Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.
•   Suid-Afrika het nie katedrale en kastele/geen breë riviere/oorweldigende wolke/
    donkergroen woude/'n jarelange geskiedenis nie, terwyl dit redelik algemeen in Europa
    voorkom./Bv. versreël 1: het nie ou katedrale en kastele nie/Versreël 2: geen breë riviere
    bevaarbaar vir groot skepe/Versreël 3: die min wolke/Versreël 4: nie groot metropole nie./
    Versreël 5: is sonder groot donkergroen woude./Versreël 6: dun is ons geskiedenis
•   In versreëls 6 tot 8 sê die spreker dat Suid-Afrika se geskiedenis nie groot baanbrekers
    opgelewer het nie, terwyl Europa talle sulke baanbrekers soos wêreldbekende
    musikante/digters/skilders/argitekte het./Bv. versreëls 6 tot 8: dun is ons geskiedenis met
    min groot name soos beethoven of dante of rembrandt of bramante
•   In versreël 9 word Suid-Afrika as hard/droog en veeleisend voorgestel, daarteenoor het
    Europa 'n sagte, dromerige, ouwêreldse romantiek./Bv. versreël 9: ons het min onwerklike
    sagte drome
•   Versreëls 14 en 17 beklemtoon die oeroue bestaan van ons vasteland en Europa skiet
    hieraan tekort./Bv. versreël 14: en oerrivierbeddings/Versreël 17: en baie reste naby aan die
    eerste worp
•   Suid-Afrika het oerrivierbeddings/riviere wat nie bevaarbaar is nie teenoor Europa se
    baie water/bevaarbare riviere./Bv. versreël 2: geen breë riviere bevaarbaar vir groot skepe
    nie/Versreël 14: en oerrivierbeddings
•   Suid-Afrika het veelseggende/beskrywende/klankryke name vir plekke wat Europa nie
    het nie/Bv. versreël 15: soos gourits en storievertelname soos skrij/Versreël 16:
    of kameelsleep en lijersdraai
•   In versreël 17 noem die spreker dat Suid-Afrika oorblyfsels/fossiele van die eerste worp
    het, dit maak Suid-Afrika anders as Europa./Bv. versreël 17: en baie reste naby aan die
    eerste worp/Versreël 19: hoor jy die jakkalse se fossielskreeu/Versreël 20: iewers tussen
    angstjank en primitiewe spotlag
•   Suid-Afrika het min kultuurfigure wat onwerklike drome uitbeeld in kuns/
    letterkunde/musiek/argitektuur soos Europa, maar ons het die harde werklikheid.
    Bv. versreël 18: by wêreldseinde in die suisende stil nag …/Versreël 12: in die droë sand en
    koets teen die son
•   In Suid-Afrika is die "angstjank" van jakkalse 'n werklikheid terwyl Europa gekenmerk
    word deur "sagte drome" wat soms "onwerklik" voorkom./Bv. versreël 19 tot 20: hoor jy
    die jakkalse se fossielskreeu iewers tussen angstjank en …/Versreël 9: ons het min
    onwerklike sagte drome …
•   Van Suid-Afrika suggereer die spreker 'n soort primitiwiteit (bv. "fossielskreeu") teen-
    oor Europa se gesofistikeerdheid./Bv. versreël 11: en krom grys bome wat houtbeen vas-
    skop …/Versreël 19: hoor jy die jakkalse se fossielskreeu … teenoor versreël 1: ons het nie
    ou katedrale en kastele nie …
Die kandidaat bied 'n gepaste slot aan.
Die kandidaat moet telkens Suid-Afrika teenoor Europa stel, of die teenstelling impliseer.              [10]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           10                                            DBE/2018
                                         SSE – Nasienriglyne

VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG
"besoekersboek" – Fanie Olivier

Vraag     Antwoord                                                                                        Punt
6.1       sel/mure/uitgekrap/naam/dae √                                                                   1

6.2       Hulle wil hulle teen sterflikheid (probeer) verskans/wil hulle deur die skryfdaad
          (probeer) verewig./onthou word. √                                                               1

          Ja
          Hulle name leef voort na hulle dood./Mense wat hulle name lees, wonder
          daaroor./Tekens dat gestorwe mense/vorige geslagte gelewe het, is teen kranse
          sigbaar.

                                                      OF

          Nee
          In versreël 12 suggereer die spreker hulle slaag nie, want hulle "probeer". √                   1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

6.3       lang lys (lesers)/sterflikheid verskans √ (Nié “lesers” saam met “sterflikheid verskans” 1
          nie)

          Beklemtoon die lengte van die lys name (voor in die Bybel)./
          Die hoeveelheid mense wat hulle onverganklik probeer maak, word beklemtoon. √                   1

6.4       huil stom(-gemaak) √                                                                            1

6.5       'n Koeplet √                                                                                    1

          Ja
          Die koeplet word uitgehef omdat dit die kern/hoogtepunt van die gedig bevat./
          Die slotkoeplet bevat paarrym wat pas by 'n koeplet./
          Die koeplet in die slot hef die spreker se eie poging om onsterflik te wees uit./
          Die koeplet in die slot sluit by die titel aan wanneer die spreker self die besoekersboek
          teken./
          Die slotkoeplet speel sterflikheid teenoor onsterflikheid af./sluit by die gedig se tema
          aan./hef die tema uit.
          'n Engelse sonnet eindig met 'n koeplet. √√                                                     2

          Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.
          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

6.6       Die mens wil sy/haar aardse bestaan in 'n besoekersboek aanteken./Die mens wil sy/
          haar naam in 'n boek skryf as bewys dat hy/sy hier was/gelewe het. √               1

                                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           11                                           DBE/2018
                                         SSE – Nasienriglyne

VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG

"'n vigslyer sterf'' – Vincent Oliphant

Vraag     Antwoord                                                                                        Punt
7.1       vigslyer √                                                                                      1

7.2       Vergelyking √                                                                                   1

          Die vel is soos dun seil. √                                                                     1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke verklaring vir EEN punt aan

7.3       Die lyf wat al kleiner word, word uitgehef (deur die kort reël)./
          Die kort versreël beklemtoon die lyf (van die vigslyer) wat al kleiner word. √                  1

7.4       Die vigslyer se oë is nie werklik groter nie./se lyf en kop wat maerder word, vertoon
          nou groter. √                                                                         1

7.5       sag gaan √                                                                                      1

          Ja
          Die vigslyer smag na verlossing van die lyding./
          Die slotstrofe fokus op die lyding/sterwe van 'n mens./
          Die mens se oë/vensters van die siel wys sy/haar emosies/onbegrip wat 'n eufemisme
          gepas maak.
          In die slotstrofe raak die spreker subjektief betrokke./is hy/sy met deernis/simpatie
          gevul. √√                                                                             2

          Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

7.6       na die genade van sag gaan/
          na verstaan √                                                                                   1

          Die herhaling van die lang a-klank ondersteun die somber atmosfeer./
          Die aa-assonansie gee 'n trae/stadige gang/tempo aan die slot (wat die vigslyer se
          naderende dood ondersteun.)/
          Dit sluit aan by die deernis met die vigslyer./
          Dit beklemtoon die genade/verstaan in die slot. √                                  1

                                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          12                                        DBE/2018
                                        SSE – Nasienriglyne

VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG
''Vincent van Gogh" – DJ Opperman

Vraag     Antwoord                                                                                    Punt
8.1       Vincent van Gogh √                                                                          1

8.2       Ja
          Deur die versreël op miskende te laat eindig, word die woordbetekenis beklemtoon./
          Die woord miskende in die rymposisie verseker paarrym met ellende. √

          Die tipografiese skeiding verseker dat heilige nou aan die begin van versreël 2
          beklemtoon word./beklemtoon die woord heilige. √                                2

          Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.

8.3       Mynwerkers/handearbeiders (op landerye)/agterbuurtbewoners √                                1
          Hy/Van Gogh/die aangesprokene kon nie die lot/omstandighede van die mynwerkers/
          handearbeiders/agterbuurtbewoners verbeter nie./
          Die ellende het maar net voortgeduur. √                                                     1

8.4       maar √                                                                                      1

          Van Gogh ervaar nou hartstog teenoor sy werk in vergelyking met die vergeefsheid van
          sy werk vroeër./
          God se doel met die skilder (se lewe) is volbring, terwyl hy aanvanklik misken is./
          Die laaste versreëls stel kuns/skoonheid/passie teenoor ellende./onreg./pyn./stryd wat in
          die eerste paar versreëls genoem word. √√                                                 2

          Die kandidaat bied enige TWEE verskille vir EEN punt elk aan.
          Albei dele van die wending moet vir EEN punt gegee word.

8.5       Vervuldheid/Volkomenheid/Tevredenheid √                                                     1

          Die stemming mag ook in 'n sin beskryf word.

8.6       Vergelyking √                                                                               1
                                                                                                      [10]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          13                                        DBE/2018
                                        SSE – Nasienriglyne

VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG
''woorde" – Vincent Oliphant

Vraag     Antwoord                                                                                    Punt
9.1       My √                                                                                        1

          Die kandidaat se eerste woord word nagesien.

          Herhaling √                                                                                 1

9.2       Dit gee die eienskappe van die spreker se woorde./sê wat die spreker met sy/haar
          woorde kan doen./Dit stel die kenmerke van die spreker se woorde aan ons bekend./
          gee enkele positiewe en negatiewe kenmerke van sy/haar woorde. √                  1

9.3       my woorde is kaal √                                                                         1

          Daar is nie hoofletters/leestekens/'n vaste rymskema/vaste versreëllengte nie./Dit is 'n
          vrye vers./
          Die versreëls is kort. √                                                                 1

9.4       Sy woorde sal mense seermaak./vernietig./leed aandoen./skeiding veroorsaak./grense
          meebring. √                                                                        1

9.5       Ja
          Dit bring 'n ekstra dimensie/verdieping/dieper betekenis in die gedig./
          Na die "nee" verander die stemming in die strofe./hef die spreker sy/haar versugting
          m.b.t. die gebruik van woorde uit./sê die spreker waarvoor hy/sy hoofsaaklik sy/haar
          woorde aanwend./verdiep die inhoud tot 'n versugting t.o.v. die positiewe gebruik van
          woorde. √                                                                             1

          Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.

9.6       Dat mense van grense sal vergeet. √                                                         1
          Dat mense vir mekaar sal omgee. √                                                           1

          Ja
          Daar is baie mense wat moeite doen om grense af te breek m.b.v. "woorde"./mense wat
          "woorde" gebruik om ander seer te maak./te verneder./te misken./te boelie./grense te
          regverdig./konflik te veroorsaak./mense te vernietig.

                                                    OF

          Nee
          Die gedig suggereer dat daar steeds mense is wat woorde gebruik om ander seer te
          maak./mense is wat woorde gebruik om oorloë te (probeer) keer. √                 1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord binne konteks vir EEN punt aan.

                                                                                                      [10]
                                                                        TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          14                                         DBE/2018
                                        SSE – Nasienriglyne

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 10: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
•   Dis 'n breë raamwerk van feite.
•   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.

•   Hoewel Iris grootword in 'n konserwatiewe samelewing, beïnvloed haar huisgenote
    haar om liberaal, andersdenkend, selfs eksentriek te wees./Bv. bl. 15: Dis nie kampvuur-
    as waarmee sy daar borsel nie.
•   Iris se huis is onkonvensioneel; terwyl sy die jongste kind is, luister niemand ooit
    werklik na haar of haar opinies nie. Dit laat haar voel dat wat sy sê, nie belangrik
    genoeg is nie. Sy word stilgemaak wanneer sy haar opinie wil lug./Bv. bl. 20: "Stil, Iris,"
    het Pa kwaad gesê. "Aan jou stuiwer het ons nie 'n behoefte nie."/Bl. 26: "Iris!" het Elsa
    geknor. "Gee jy om as ek klaar praat?"
•   Iris se huislike omstandighede is so dat die ouer susters se speelgoed vir Iris
    aangegee word. Dit laat Iris afgeskeep voel; die speelgoed wat sy gekry het, was dié
    waarvoor haar susters moeg was./Bv. bl.14: "Ek het dikwels soos Aspoestertjie gevoel."
•   Iris is by die huis die laatlam van die gesin en voel voortdurend sy beweeg in die skadu
    van haar susters/sy voel daarom dat alles wat sy doen, onbenullig is – haar susters het
    dit reeds gedoen./Bv. bl. 25: "My dramas was onbenullig teen hulle s'n en selfs as daar
    ooreenkomste was, het almal teruggesit met 'n gevoel van déjá-vu."
•   Iris is in hulle huishouding die jongste, haar susters is albei baie ouer as sy, met ander
    belangstellings; sy word dus 'n alleenloper./Bv. bl.14: Elsa en Kara het net twee jaar
    verskil, maar voor ek gebore is, het ses leë jare verbygegaan. Uit die aard van die saak was
    ek dus 'n alleenloper …
•   In Iris se huis sien niemand haar raak nie,/is haar pa op die agtergrond,/haar ma ver-
    strooid, gevolglik doen sy vreemde goed om die fokus op haar te kry; sy borsel bv. haar
    tande met uitgekrapte as uit die kaggel./Bv. bl. 15: Dis nie kampvuuras waarmee sy daar
    borsel nie.
•   In Iris se huis word sy groot met 'n onkonvensionele ma, gevolglik tree Iris self by tye
    onkonvensioneel op; sy gaan in haar finale universiteitsjaar deur 'n eksistensiële
    periode./Bv. bl. 25: Ek het my lang hare stomp afgesny, los jurke gedra, 'n swaar don-
    kerraambril aangeskaf en plat toerygskoene aangetrek.
•   In Iris se ouerhuis word sy gedurig stilgemaak. Daarom skep sy vir haar 'n
    fantasiewêreld om in beheer te wees, want sy skryf Riekie (haar eerste kêrel ) oor./
    Bv. bl. 28: Op pad terug huis toe in Pa se kar het ek weer aan Elsa gedink en so is 'n nuwe
    storie gebore.
•   In Iris se huishouding ervaar sy nie baie liefde nie; daarom romantiseer sy die
    liefde./dink sy liefdesfantasieë uit./het sy romantiese drogbeelde./sien sy Elsa as 'n
    onromantiese bruid./Bv. bl. 24: Haai, sussie, ek sien swarigheid vir jou as jy nie gou van jou
    romantiese drogbeelde ontslae raak nie./Bl. 22: … ek sit en dink aan die storie in my kop./
    Bl. 23: Hy wou my liefhê. Hierdie deel van my droom …

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            15                                       DBE/2018
                                          SSE – Nasienriglyne

•   In Iris se huislike omstandighede in Suid-Afrika groei sy op met 'n onbetrokke ma wat
    veroorsaak dat sy naïef/oningelig/impulsief/onvoorbereid op die wêreld is wanneer sy
    Amerika toe gaan; daarom word sy ingeloop deur 'n vuurhoutjiemaker./weet sy nie sy
    kan koffie in haar hotelkamer maak nie./laat sy toe dat 'n onbekende man (Joe) foto's
    van haar neem./Bv. bl. 123: "Ek versamel vuurhoutjiedosies," … Hy het lieftallig geglimlag. …
    sy rekening ook op my tafel gesit, …/Bl.119: "Ek het nog nie eens koffie gehad nie …" "Ek sal
    gou vir jou maak, …" "Hoe't jy geweet dis daar?"/Bl. 105: "Jy moet versigtig wees."
•   Iris se huislike omstandighede/haar ma en pa se onkonvensionele huwelik/Bettie en
    Brian se verlowing in Vermont, terwyl hulle waarskynlik nie sal trou nie, veroorsaak dat
    Iris haar bedenkinge oor die huwelik het./Bv. bl. 139: Dit sal trauma wees vir die
    kinders./Bl. 154: "Sy (Bettie) wil trou." "Dis wat alle vrouens wil hê." "Behalwe ek."/Bl. 82:
    "Trou?" het ek gevra. "Ek wil nie trou nie." My redes was moeilik verklaarbaar, selfs aan
    myself. Die onwilligheid was nie net vanweë my eie ouers se huwelik nie …
•   Dr. Anders se spreekkamer/praktyk bied vir Iris 'n veilige ruimte waarin sy skeppend
    kan wees; haar kan oorgee aan haar fantasiewêreld. Sy wou 'n werk hê wat nie haar
    gedagtes in beslag neem nie./Bv. bl. 42: My kop sou onbetrokke bly.
•   By dr. Anders se spreekkamer verander die situasie wanneer Frederik, dr. Anders se
    plaasvervanger, Iris begin uitneem; sy vatterigheid irriteer Iris so dat sy haar vlerke
    sprei; sy besluit daarom om op Peter se uitnodiging na Amerika te gaan./Bv. bl. 79:
    Ek het verkies om dit andersom te doen omdat ek so gou as moontlik onder Frederik se
    verwytende oë wou uitkom.
•   In Frankryk word Iris se menswaardigheid positief beïnvloed; sy kry erkenning wanneer
    sy vir 'n model aangesien word; een van Kara se vriende bied aan om foto's van haar
    te neem./Bv. bl. 92: "Is jy 'n model?" het hy gevra. "As jy wil, sal ek foto's van jou neem,"
    het hy aangebied.
•   In Frankryk ontstel een van die gaste Iris sodanig dat sy wil reageer, maar die Engel
    keer haar; Iris betree 'n nuwe fase in haar lewe waarin die Engel 'n beduidende rol in
    haar lewe speel./Iris laat toe dat die Engel haar van raad bedien./voorsê hoe om op te
    tree./Bv. bl. 92: … ek het die vae omlyning van 'n Engel gesien. "Moenie jou aan hom steur
    nie," het iemand sag gesê.
•   In Frankryk veroorsaak die liefdevolle gemeensaamheid tussen Claude en Kara dat sy
    die gemis aan liefde intens ervaar./sy eintlik wegkyk van die liefdesgebaar wat Kara
    maak, aangesien sy onverhoeds betrap is deur die verlange./Bv. bl. 91: … 'n gebaar so
    vol liefde dat ek vinnig weggekyk het, meteens hol van verlange na Peter en iemand van my
    eie om lief te hê.
•   In Amerika/Vermont ontmoet Iris vir Bettie en later, terug in Suid-Afrika, vir Merel –
    albei sterk liberale vroue met sterk oortuigings wat Iris laat voel dat sy tekort skiet en
    haarself en ander faal./Bv. bl.138: "Jy moes dit nie gedoen het nie! So 'n kans kry 'n mens
    net een keer in 'n leeftyd."/Bl. 204: "Ek het gevoel dat ek gefaal het …"
•   In Vermont/Amerika veroorsaak die huislikheid met die kinders dat Iris besef sy wil trou
    en kinders hê./met ander oë na Peter asook die kinders kyk./Bv. bl. 154: … en ek het 'n
    aantekening gemaak van die feit dat Peter 'n goeie pa sou maak./Bl. 158: Ek het hulle
    toegemaak en op die voorkop gesoen en besef dat ek dit nogal geniet het om huis-huis te
    speel met twee regte kinders.
•   In Vermont waar Iris-hulle tydens hulle vakansie in 'n vakansiehuis weens die sneeu
    vasgekeer is, kry sy die geleentheid om die fokus op haar te kry, maar met verreikende
    gevolge, sy dink Bettie het gif gedrink en in haar en Peter se poging om die motor uit
    die sneeu te grawe, breek sy haar enkel./Bv. bl.163: "Het jy iets gedrink?" "Gif," het sy
    gesê, …/Bl.169: "Hy't 'klieks' gemaak soos 'n droë stok," het ek gesê. "Dis gebreek!" het ek
    geroep.

Die kandidaat bied 'n gepaste slot aan.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           16                                        DBE/2018
                                         SSE – Nasienriglyne

VRAAG 11: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag     Antwoord                                                                                     Punt
11.1      Vermont/Brian se vakansiehuis/Amerika √                                                      1

          Sy is na Vermont toe nadat Peter aan haar ’n ultimatum gestel het./Peter het ’n
          ultimatum aan haar gestel. √                                                    1

11.2      Sy is veglustig./bevooroordeeld./humeurig./emosioneel √                                      1

11.3      Brian se kinders/Denise/Junior √                                                    1
          Iris begin dink/besef dat kinders in die huwelik tog nie so sleg is nie./kan werk./
          Sy besef dat sy dit geniet om “huis-huis” te speel./dink die huwelik is nie
          onaanvaarbaar nie. √                                                                1

11.4      Hulle is susters. √                                                                          1
          Elsa is vir haar 'n rolmodel met betrekking tot presiesheid./
          Sy sien dat die huwelik 'n vrou sagter kan maak./'n vrou se lewensuitkyk kan versag./
          Iris het deur Elsa dop te hou, vasgestel hoe sy in soortgelyke situasies moet optree./
          Elsa laat Iris minderwaardig voel./By Elsa is Iris altyd stilgemaak./leer sy dat sy nie 'n
          sê het nie. √√                                                                             2
          Die kandidaat bied binne konteks enige TWEE invloede vir EEN punt elk aan.

11.5      Hulle verlekker hulle in Elsa se verleentheid. √
          Hulle geniet dit omdat Elsa hier nié in beheer is nie. √                                     2

          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

          Elsa probeer altyd voorsiening maak vir elke soort gebeurlikheid/is perfeksionisties,
          maar hier was sy nie in beheer nie./het haar voorbereiding misluk. √                  1
          Die kandidaat bied beide kante van die saak vir EEN punt aan.

11.6      Iris se ma/Els was verstrooid./het nie baie aandag aan die dogters se grootmaak
          geskenk nie. √                                                                  1

          Johanna leer Iris-hulle hoe om hulle hare te vleg./kritiseer Iris wanneer sy voel haar
          hare is nie na wense nie./vermaan Iris in 'n brief om versigtig te wees vir
          vreemdelinge./gee Iris opdrag om haar welstand dop te hou./gee vir Elsa pêrels
          wanneer sy op wittebrood gaan./pas Elsa se kinders op. √√                              2
          Die kandidaat gee TWEE soortgelyke voorbeelde vir EEN punt elk.

11.7      Gesprek tussen Ma en Elsa oor Hannes se (vermoedelike) ontrouheid./Iris en die Engel
          oor die Engel wat in gebreke gebly het om Hannes dop te hou./Vermoedelike 1
          ontrouheid van Hannes.√

11.8      Iris √                                                                                       1

          Ja
          Sy maak die gebeure geloofwaardig omdat sy dit self ervaar./Sy ervaar die gebeure
          eerstehands, daarom is dit geloofwaardig. √                                       1

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          17                                          DBE/2018
                                        SSE – Nasienriglyne

11.9      Iris is behep/het 'n obsessie met/hunker na haar blomtyd. √                                   1

          Ja
          Iris besef jy wag nie vir 'n enkele blomoomblik nie./Iris besef dat 'n mens se lewe uit
          onsamehangende flardes bestaan./nie 'n enkele blomtyd nie./
          Sy besef alle bolle kom nie noodwendig tot blom nie./
          Sy besef elke geleentheid is 'n blomoomblik./
          Sy besef dat sy nie haar blomtyd aan 'n naam kan koppel nie, want 'n naam is net
          'n naam./
          Sy besef dat Peter beter as 'n fantasie is./
          Iris weet dat die modelkontrak nie haar blomtyd was nie. √√√                            3

          Die kandidaat bied enige DRIE soortgelyke redes vir EEN punt elk aan.
          Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.

11.10     Hy vind Iris vreemd, want sy praat met 'n engel./
          Hy dink Iris kan goël/toor./
          Peter se pa wou nie toelaat dat Iris saam na die duiwe gaan kyk nie, want hy was bang
          sy sal die wyfies wat broei, ontstel. √√                                                      2

          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

11.11     Nee
          Elsa se verleentheid is nie 'n blomoomblik nie.

          "… een van die skulpe begin wegloop en 'n slymspoor oor die gestyfde tafeldoek
          gelaat het."
                                                  OF

          Ja
          Omdat almal kon sien hoeveel moeite Elsa gedoen het, sal dit (seker) 'n blomoomblik
          verteenwoordig./
          Die slak het onverwags beweeg, al was dit nie ongesiens nie./
          Die gebruik van slakke as tafelversiering is redelik ongewoon. √                    1

          "Elsa het nooit net 'n tafel gedek nie; sy het altyd 'n kleurskema, 'n tema en iets pikants
          of ongewoons as versiering." √                                                              1

          Die kandidaat bied enige soortgelyke motivering vir EEN punt aan.
          Die gepaste aanhaling verdien EEN punt.

                                                                                                        [25]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          18                                         DBE/2018
                                        SSE – Nasienriglyne

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
VRAAG 12: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
•   Dis 'n breë raamwerk van feite.
•   Al die feite hoef nie genoem te word nie.
Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.
•   Baas is 'n alleenkind; sy ouers verhuis in 1966 van Houtboschberg in Suid-Afrika na
    Sable Ranch in die suide van Rhodesië; hy mis nie ander mense se geselskap nie./
    hy hou van alleenwees./Bv. bl. 11: Die jong Baas Chipman voltooi sy skoolopleiding op
    Louis Trichardt waar hy bevriend raak met die dorpsbibliotekaresse …/Bl. 11: … wat hom
    voorsien van leesstof oor Suid-Afrika se noordelike buurlande, veral Zambië en die gedeeltes
    rondom die Zambezirivier./Bl. 137: "Ek kom goed klaar sonder geselskap."
•   Die afgesonderdheid van die plaas veroorsaak dat Baas 'n alleenmens bly wat tevrede
    is met sy eie geselskap./sy vriende min is./bevriend raak met die dorpsbibliotekaresse
    in Louis Trichardt, waar hy skoolgaan./Bv. bl. 11: Die jong Baas Chipman voltooi sy
    skoolopleiding op Louis Trichardt waar hy bevriend raak met die dorpsbibliotekaresse …/
    Bl. 137: "Ek kom goed klaar sonder geselskap."
•   Sable Ranch se afgesonderdheid veroorsaak dat hy in Louis Trichardt moet
    skoolgaan/alleenheid maak van Baas 'n boekwurm/leser./lei daartoe dat hy drome
    droom om in sy oupagrootjie se voetspore te volg./die Zambezi wil verken./
    van kleintyd af gedroom het oor 'n boot op die Zambezi./Bv. bl. 11: Die jong Baas
    Chipman voltooi sy skoolopleiding op Louis Trichardt …/Bl. 11: … wat hom voorsien van
    leesstof oor Suid-Afrika se noordelike buurlande, veral Zambië en die gedeeltes rondom die
    Zambezirivier./Bl. 137: "Ek kom goed klaar sonder geselskap."/Bl. 137: "Jy is nie gewoond
    om jou lewe met ander mense te deel nie, is jy?"/Bl. 10: Gedurende skoolvakansies roei hy
    dae lank met sy selfgemaakte blikskuit … voel hy dikwels dat hy met elke tree in die spoor
    van sy oupagrootjie trap.
•   Op Sable Ranch boer die gesin met beeste wat 'n liefde vir spesifiek Brahmane by
    Baas ontwikkel. Daarom is dit vir hom traumaties om later, na die vryheidstryd, die
    diere te moet skiet./Bv. bl. 11: Hulle verkoop die saagmeule en word beesboere./Bl. 186: Hy
    onthou ook sy grond wat hy verloor het en die seisoen waarin hy sy beeste soos wildsbokke
    moes jag en afmaai. Hy was lief vir sy beeste. Hulle het name gehad …
•   Op Sable Ranch sien hy hoe belangrik hulp aan mense is, want sy pa rig 'n kliniek op
    om mense van die omgewing te help./versorg./dokter. Dis iets wat deel word van Baas
    se menswees – daarom kan hy later nie anders as om ook by mense betrokke te wees
    nie./Bv. bl. 23: "Die ding wat jou pa oor sy kliniek gehad het, is 'n ding wat in die Chipmans
    se bloed loop," het Mart hom herinner./Bl. 29: Baas weet dat hy hom gaan laat
    saamsleep./Bl. 29: Hy staan op en loop terug na die hut waar die siek kind lê./Bl. 30: Ligdag
    gaan gee Baas vir die kind die laaste twee pille van die dosis./Bl. 43: Hy het met die voet
    Mubuyu toe geloop, waar hy ouma Essie gehelp het om Grace chlorokien in te gee./
    Bl. 63: "En dis hierdie soort ding wat my só gemaak het. Ek het niks meer om te gee nie."
•   Op Sable Ranch is honde deel van die gesin se leefwêreld; hierdie liefde vir honde lei
    daartoe dat Baas nooit sonder honde is nie./altyd 'n leierhond met die naam Brindle
    het./Bv. bl. 12: En wanneer die Bybel laataand uit die jagbagasie gehaal word, weet hy dis
    amper slaaptyd … Eers as die Bybel weer gebêre word, maak hy hulle met 'n tevrede sug
    toe …
•   Op Sable Ranch ervaar Baas vyandigheid/spanning/gevaar/breek die Rhodesiese vry-
    heidstryd uit wat Baas dwing om teen die vryheidsvegters te gaan veg./veroorsaak dat
    hy, as soldaat, nie tuis is toe sy ouers vermoor word nie./veroorsaak dat Baas vir jare
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           19                                           DBE/2018
                                         SSE – Nasienriglyne

    daarna 'n soort wrok teen plaaslike inwoners koester./hom aan mense onttrek./
    Bv. bl. 11: Hy doen verpligte militêre diens en bevind hom, as lid van die berugte Selous
    Scouts van Suid-Rhodesië, midde-in die bloedige slagting van baie jare./Bl. 63: "Dink jy ek
    het Barotseland toe gekom om verantwoordelik te voel vir almal se skete en kwale en
    hongersnood? Ná my pa en ma deur 'n spul barbare vermoor is?"
•   Baas se ouerloosheid/skuldgevoel oor sy ouers se dood veroorsaak dat hy 'n soort
    wrok teen die Here ontwikkel wat hom mettertyd van die Bybel/sy godsdienssin ver-
    vreem./Bv. bl. 12: Die gedeelte wat Baas in hierdie tyd dikwels hardop uit sy oupagrootjie se
    verweerde Bybeltjie met die bruin omslag lees, is die Psalm wat mense graag … teenoor
    bl. 13: Selfs toe Baas later die Bybel minder gereeld uithaal, en uiteindelik glad nie meer nie,
    is dit of die hond …/Bl. 43: "Sê vir daardie ouma Essie van jou ek is nie gestuur nie …"/
    Bl. 43: "Wat de donder het haar dié idee gegee?"
•   Die guerilla-oorlog en vyandigheid op Sable Ranch lei tot Baas se ouers se dood wat
    hom traumatiseer/vir hom konflik veroorsaak omdat hy skuldig voel oor hulle dood./
    dink dat hy hulle van die plaas moes weggeneem het./Bv. bl. 23: Al waaroor hy tóé
    jammer was, was dat hy nie sy pa en ma uit die land gevat het ná die eerste aanval op die
    plaas nie. Tog het hy geweet hy sou sy pa nooit van sy kliniek af kon wegkry nie. "Die ding
    wat jou pa oor sy kliniek gehad het, is 'n ding wat in die Chipmans se bloed loop," het Mart
    hom herinner.
•   Die omstandighede op Sable Ranch versleg wanneer die nuwe regering in Suid-
    Rhodesië weier dat Baas die plaas erf, want hy is 'n gebore Suid-Afrikaner./nie 'n
    Rhodesiër nie. Dit beïnvloed sy lewe, want om sy beeste te jag/dood te skiet in 'n
    poging om dit verkoop te kry om darem iets van sy erfporsie te kan red, veroorsaak
    dat hy 'n harde/eensame/inkennige/verbitterde mens word./Bv. bl. 12: Met die verkryging
    van onafhanklikheid is die stryd vir Baas nog nie verby nie. Hy word as 'n uitlander beskou en
    beland in 'n jarelange politieke oorlog om iets van sy erfporsie te probeer behou./Bl.186: Hy
    onthou ook sy grond wat hy verloor het en die seisoen waarin hy sy beeste soos wildsbokke
    moes jag en afmaai … Dit was 'n seisoen wat vir hom te lank geword het.
•   Die ekonomiese en/of politieke situasie/vyandigheid/uitsigloosheid op Sable Ranch
    dwing Baas om sy geld te gebruik om vir hom 'n nuwe Land Rover te koop./noop Baas
    om terug te keer na Suid-Afrika./Bv. bl. 13: Baas verloor al sy familiebesittings, insluitende
    die plaas./Bl. 13: In 1991 pak hy sy aardse besittings op die Land Rover en gaan terug na sy
    plek van herkoms om iets van die drome van sy jeugjare te vind.
•   Die maande wat hy alleen in die veld op Sable Ranch deurbring in 'n poging om sy
    beeste te jag, veroorsaak dat Baas vervreem raak van ander mense./min behoefte het
    aan ander mense; sy skoolmaats/selfs sy familie ontgroei./Bv. bl. 26: "'n Mens ontgroei
    jou skoolmaats," het Baas geantwoord, onwillig om dit te bespreek.
•   Die alleenheid/ouerloosheid/spanning wat Baas vir maande op Sable Ranch ervaar,
    het beslis 'n invloed op Baas se gemoedstoestand en menswees; wanneer hy by sy
    familie in die Houtboschberg vertoef, slaap hy in die kerkhof./tree hy vreemd op./
    kom Mart agter dat hy verander het./gaan kuier hy nie eers vir Ngwako in die hospitaal
    nie./Bv. bl. 22: "Dis nie goed wat in 'n mens se klere bly sit nie. Moenie maak of dit nie
    bestaan nie. Dis meer as twintig jaar sommer net so weg. Miskien die beste jare van 'n mens
    se lewe … Jou pa en ma, die plaas wat jy verloor het, die beeste. Jy het baie verander,
    Baas."
•   Baas vestig hom op Manaka Evangelical Mission, die plek waar sy oupagrootjie feitlik
    100 jaar voor hom 'n sendingstasie en skooltjie bedryf het. Hierdie sendingomstandig-
    hede/nalatenskap veroorsaak vir Baas geweldige spanning/konflik, want hy wil alleen
    gelaat word./wil niks met godsdiens/die sendelinge/arm, versukkelde Lozi's te make hê
    nie./Bv. bl. 43: "Sê vir daardie ouma Essie van jou ek is nie gestuur nie en ek is vir seker nie
    hier om enigiemand te kom help nie. Ek is hier om my boot op die Zambezi te kry."/Bl. 91:
    "Ek het maar net gedink ek sal jou mond toehou. Die laaste keer toe iemand jou 'n Christen
    genoem het, het jy baie lelik gepraat."/Bl. 107: "Ek glo nie dis hoe die Here dit bedoel het nie,
    neef. Hierdie Manaka is die plek waar Hy sy vlammetjie aangesteek het … baie lank gelede."

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018-memo/ec966033-9c89-4162-a085-348fa5019f1d) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2019-memo/669ef435-fb0c-4809-bd37-e82d905f388f) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2016-memo/5497b749-e408-4f00-b341-25758bcc85a8) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-june-july-2015-memo/8da47c41-e534-4c6b-97f6-361042b9ed60) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018/545e8fa8-1674-4879-89f2-de25424ab5f0) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2018/a2880343-bd5f-4f3a-ae57-86ba082a8a22) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
