# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2018, 29 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018/d44727d2-705d-4fdd-a87d-4da1c4380318
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 29

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018/d44727d2-705d-4fdd-a87d-4da1c4380318)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2018 · Afrikaans. Question paper, 29 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans HL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018-memo/89172392-378e-4868-8b19-5f1762563210) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                          2018

                                                                        PUNTE: 80

                                                                      TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 29 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        2                                   DBE/2018
                                            SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.

2.      Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
        inhoudsopgawe op bladsy 4 en 5 en merk die vraagnommers van die
        letterkundetekste wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy
        gedoen het en kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.

3.      Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

        AFDELING A: Gedigte        (30)
        AFDELING B: Roman          (25)
        AFDELING C: Drama          (25)

4.      Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en
        EEN in AFDELING C.

        AFDELING A: GEDIGTE
        Voorgeskrewe gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
        Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

        AFDELING B: ROMAN
        Beantwoord EEN vraag.

        AFDELING C: DRAMA
        Beantwoord EEN vraag.

5.      KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

         •   Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
         •   Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
             die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag
             in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
             beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
             kontrolelys om jou te help.

6.      LENGTE VAN ANTWOORDE

         •    Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.
         •    Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.
         •    Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
              puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en
              relevant.

7.      Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                     3                    DBE/2018
                                         SSE

9.        Beantwoord ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

10.       Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: ongeveer 40 minute
          AFDELING B: ongeveer 55 minute
          AFDELING C: ongeveer 55 minute

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                   4                             DBE/2018
                                       SSE

INHOUDSOPGAWE
AFDELING A: GEDIGTE
Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER                         VRAAG              PUNTE      BLADSY
1. "staat"                         Opstelvraag           10          6

2. "Sonsverduistering"            Kontekstuele vraag    10            7

3. "Die huis luister"             Kontekstuele vraag    10            8

4. "Een sprong vir …"             Kontekstuele vraag    10            9

5   "eerste worp"                    Opstelvraag        10            10

6   "besoekersboek"               Kontekstuele vraag    10            11

7   " 'n vigslyer sterf"          Kontekstuele vraag    10            12

8   "Vincent van Gogh"            Kontekstuele vraag    10            13
                                     EN
Ongesiene gedig: Verpligtend
9. "woorde"                       Kontekstuele vraag    10            14
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.*
10. Die kwart-voor-sewe-lelie        Opstelvraag        25            15
11. Die kwart-voor-sewe-lelie     Kontekstuele vraag    25            15
12. Manaka Plek van die Horings      Opstelvraag        25            17
13. Manaka Plek van die Horings   Kontekstuele vraag    25            17
14. Vatmaar                          Opstelvraag        25            20
15. Vatmaar                       Kontekstuele vraag    25            20
16. Onderwêreld                       Opstelvraag       25            22
17. Onderwêreld                   Kontekstuele vraag    25            22
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.*
18. Krismis van Map Jacobs           Opstelvraag        25            24
19. Krismis van Map Jacobs        Kontekstuele vraag    25            24
20. Mis                              Opstelvraag        25            27
21. Mis                           Kontekstuele vraag    25            27

*LET WEL:         Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
                  in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                   5                                  DBE/2018
                                       SSE

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.

           AFDELING             VRAAGNOMMER             GETAL VRAE         MERK
                                                       BEANTWOORD           ()
A: Gedigte                           1–8                    2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte                            9                1
(Ongesiene gedig)
B: Roman                            10–17              1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama                            18–21              1
(Opstel of kontekstueel)
LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
              AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        6                                        DBE/2018
                                            SSE

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

staat – Niel van Tonder

1         jare nou al
2         sit roerloos wit
3         'n krap in 'n gaterige wal

4         roer 'n steeltjiesoog
5         met tye
6         waaksaam omhoog

7         niemand sal ooit
8         met sekerheid kan sê
9         of 'n droë dood ook in hom lê

10        maar wanneer en hóé
11        het die swart mierbataljon
12        dié parate pantser binnegekom?
                                                                 [Bron: As Hy weer kom, 1975]

Dié gedig maak van beeldspraak én stylfigure gebruik om die boodskap – dat 'n staat
wat selftevrede is tot niet sal gaan – oor te dra.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 250 tot 300 woorde.                                      [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          7                                    DBE/2018
                                              SSE

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Sonsverduistering – PJ Philander

1         Langsamerhand, geruisloos skuif die vlek
2         van skadu en verklein die sekelboog
3         van son tot dreigend swart die kol daar hoog
4         'n koue vreemde skemerte laat trek
5         wyd oor die vlakte waarvandaan, swygsaam,
6         'n vaal streep donkies met die kortste pad
7         oorhaastig stalwaarts swingel nog voordat
8         die skape blêr-blêr na die kraal toe gaan.
9         Oor gans die mensdom hang 'n skaduwee
10        wat alle lig van God en Christus so
11        verduister dat Sy pad onsigbaar is.
12        En ons, aan hierdie duisternis gedwee,
13        het nie 'n skaap se voorgevoel of glo
14        dat ons moet tydig Huiswaarts keer vir rus.
                                                                      [Bron: Uurglas, 1955]

2.1       Gee die woord in versreël 1 wat by die titel aansluit.                                 (1)

2.2.      Watter woord dui daarop dat die sonsverduistering stadig plaasvind?                    (1)

2.3       Benoem die stylfiguur in versreël 8 en haal 'n woord uit versreëls 1 tot 4 aan
          wat daarmee kontrasteer.                                                               (2)

2.4       Hoekom is die omkering van die woordorde (inversie) in versreël 9 gepas?               (1)

2.5       Gee TWEE verskille tussen die skape (versreël 8) en die mensdom
          (versreëls 9 tot 14).                                                                  (2)

2.6       Gee die tema van die gedig. Stem jy saam dat dié tema in 2018 steeds
          aktueel én universeel geldig is? Motiveer jou antwoord ten opsigte van ELKE
          aspek afsonderlik.                                                                     (3)
                                                                                                 [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           8                                         DBE/2018
                                               SSE

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Die huis luister – Daniel Hugo

1         my kamers is hol soos 'n binne-oor
2         ek hoor hoe die bewoners roesemoes
3         liefde maak, verwyt, mekaar vertroos, skoor
4         soek met die goor hede, nooit tevrede
5         aanhou kibbel oor kon en sou en moes

6         luister, ek bewaar julle verlede
7         my fondamente kraak onder die las
8         my plafonne raak voos van die eggo's
9         te veel vloeke laat my pleisterwerk bars
10        jare se trane laat my rame roes

11        so word ons saam verweer deur dit wat was
12        my dakplate en julle gebede
13        fluister en knal al hoe harder om hulp
14        ongehoord in elke nag se oorskulp
                                                                   [Bron: Dooiemansdeur, 1991]

3.1       Wie is aan die woord in die gedig?                                                            (1)

3.2       Watter woord in versreëls 1 tot 3 sluit by "luister" in die titel aan?                        (1)

3.3       Benoem die stylfiguur in versreël 5. Wat is die funksie hiervan?                              (2)

3.4       Is daar genoeg rede om die bewoners aan te spreek oor hulle taalgebruik?
          Gee TWEE redes vir jou antwoord. Gee 'n bewys uit die gedig dat die
          bewoners hulle nie aan die spreker steur nie.                                                 (3)

3.5       Benoem die halfrym/klankeffek in versreël 9 en sê watter funksie dit hier
          verrig.                                                                                       (2)

3.6       Watter gevoel kom in die slotstrofe van die gedig voor?                                       (1)
                                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          9                                       DBE/2018
                                              SSE

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Een sprong vir … – Joan Hambidge

1         Jy wil weet
2         waarom herstel ek nie –
3         want jy het my die maan,
4         sterre en uitspansel beloof.

5         Jy stuur my na die maan
6         en à la Neil Armstrong beweeg
7         ek in die lugdrukvrye atmosfeer,
8         karteer die kraters, die stil verwoesting
9         wat jy saai, plant 'n vlaggie van rekapitulasie
10        (dis verby, dis verby, dis …) op die klein silw'rige planeet.

11        Danksy die verbinding tussen my en die lugskip van glas
12        genaamd poësie, keer ek weer terug na die aarde,
13        wys my foto's vir diegene wat wil sien,
14        neem stukkies maankors saam
15        en weet ná maande
16        die maan is hiér.

17        Jy wil weet
18        waarom vergeet ek nie –
19        omdat ek weet die maan
20        is beslis nie van kaas.
                                                                      [Bron: Kriptonemie, 1989]

4.1       Watter woord in die gedigtitel dui op die afstand tussen die geliefdes?                    (1)

4.2       Wat is die geїmpliseerde betekenis van versreëls 3 tot 4?                                  (1)

4.3       Benoem die klankeffek/halfrym in versreël 8. In watter opsig ondersteun dié
          klankeffek/halfrym die spreker se gemoedstoestand in versreëls 8 tot 10?                   (2)

4.4       Benoem die stylfiguur in versreël 8 en verduidelik wat dit beteken.                        (2)

4.5       Gee die funksie van die herhaling in versreël 10.                                          (1)

4.6       In al vier strofes word na die "maan" verwys.

          Dink jy die spreker se siening van die "maan" het, binne konteks van die
          gedig, verander? Gee TWEE redes vir jou antwoord. Dui ook aan hoe die
          tipografie van die gedig by "maan" aansluit.                                               (3)
                                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        10                                       DBE/2018
                                            SSE

VRAAG 5: OPSTELVRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

eerste worp – TT Cloete

1         ons het nie ou katedrale en kastele nie,
2         geen breë riviere bevaarbaar vir groot skepe nie.
3         die min wolke wat ons het, is yl versprei.
4         ons het nie groot metropole nie.
5         ons is sonder groot donkergroen woude.
6         dun is ons geskiedenis met min groot name

7         soos beethoven of dante
8         of rembrandt of bramante

9         ons het min onwerklike sagte drome

10        maar ons het uitgestrekte woestyne
11        en krom grys bome wat houtbeen vasskop
12        in die droë sand en koets teen die son

13        ons het baie droë lope
14        en oerrivierbeddings met ou inheemse name
15        soos gourits en storievertelname soos skrij
16        of kameelsleep en lijersdraai

17        en baie reste naby aan die eerste worp

18        by wêreldseinde in die suisende stil nag
19        hoor jy die jakkalse se fossielskreeu
20        iewers tussen angstjank en primitiewe spotlag
                                                        [Bron: Uit die hoek van my oog, 1988]

Die tema van hierdie gedig handel oor opvallende verskille tussen Suid-Afrika en
Europa.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 250 tot 300 woorde.                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         11                                     DBE/2018
                                             SSE

VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

besoekersboek – Fanie Olivier

1         op die sel se mure het iemand uitgekrap
2         (of liewer: íngekrap): sy naam en al die dae
3         van sy duskantse verblyf. gaan mens op stap
4         deur duikweë stasies onder brûe bly draai die vrae

5         wie was dié peter? Waar kom pam vandaan?
6         hoe het die vriendskap tussen brian en ed begin?
7         Sou w.a.l. se ouers hom meer as normaal geslaan
8         het? hoe lank het lieb sy liesbet bly bemin?

9         ek loer na hiërogliewe. 'n boer het my gewys
10        waar jagtonele oorgebly het teen die krans.
11        vóór in die gideons se bybel is 'n lang lys
12        lesers wat hul teen sterflikheid probeer verskans.

13        'n kind hoes seer; 'n lam huil stomgemaak. ek skraap
14        moed bymekaar: ek was hier en hier het ek geslaap.
                                                                     [Bron: Skimmelig, 1978]

6.1       By watter woord in versreël 1 en 2 sluit "íngekrap" aan?                                (1)

6.2       Waarom krap mense hulle name ín? Slaag hulle in hul doel? Motiveer jou
          antwoord.                                                                               (2)

6.3       Skryf net allitererende woorde in versreël 11 en 12 neer. Gee die funksie van
          dié halfrym/klankeffek.                                                                 (2)

6.4       Haal die oksimoron wat in versreël 13 en 14 voorkom, aan.                               (1)

6.5       Wat noem ons 'n strofe wat uit twee versreëls bestaan? Dink jy dit is gepas
          dat die gedig met 'n koeplet eindig? Gee TWEE redes vir jou antwoord.                   (3)

6.6       Herlees die woorde ná die dubbelpunt in versreël 14.

          Wat is die verband tussen die titel en dié woorde?                                      (1)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            12                                     DBE/2018
                                                SSE

VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

'n vigslyer sterf – Vincent Oliphant

1         die takelwerk word afgetakel
2         stadig sien sy geliefdes hom inplof
3         die bekende vlees na binne stort
4         hulle sien hom steeds stof word

5         iets wil huil oor die bros vel
6         wat soos dun seil oor brose stokke lê
7         oor die mond wat iets wil sê

8         die gewig van lug
9         is vir die hand te swaar
10        die Iyf
11        nou klein en seer
12        het byna alles reeds verleer

13        net die oë bly groter staar
14        soek na raad teen al die skade
15        na die genade van sag gaan
16        na verstaan
                                                                      [Bron: Poësiepalet, 2007]

7.1       Skryf die woord in die titel neer wat by "takelwerk" in reël 1 aansluit.                   (1)

7.2       Benoem die beeldspraak in versreël 5 en 6 en gee die betekenis van die
          beeld wat geskep is in jou eie woorde.                                                     (2)

7.3       Waarom is die gebruik van slegs twee woorde in versreël 10 funksioneel?                    (1)

7.4       Wat suggereer die spreker met versreël 13?                                                 (1)

7.5       Haal die eufemisme in versreël 15 aan. Dink jy die gebruik van dié stylfiguur
          is gepas? Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                                            (3)

7.6       Skryf versreël 15 en 16 oor en onderstreep die assonerende klanke.
          Wat word in dié reëls met dié assonansie bereik?                                           (2)
                                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        13                                      DBE/2018
                                            SSE

VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Vincent van Gogh – DJ Opperman

1         Jy het as 'n miskende
2         heilige vergeefs geveg teen die ellende
3         en die onreg in die krotte van die myn,
4         in agterbuurte en op landerye; slegs die pyn
5         en skriklike stryd van God
6         leer ken, wat mens en boom verknot
7         in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe
8         in aanbidding van die son kon verwe,
9         boere, wasvrouens en gepynigde gesigte,
10        die kantelende landskap in die snelle ligte
11        geel en groen en blou – alles met koorsige gevlek
12        tot branding van die skone kon verwek,
13        toe is Sy hartstog eers in jou volbring
14        soos groen sipresse tot 'n vlam verwring.
                                                                [Bron: Heilige beeste, 1937]

8.1       Wie is die aangesprokene in die gedig?                                                 (1)

8.2       Dink jy die tipografiese skeiding van "miskende" en "heilige" is funksioneel?
          Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                                                  (2)

8.3       Na wie se ellende word in versreël 2 verwys? Waarom was die geveg teen
          die ellende "vergeefs"?                                                                (2)

8.4       Watter woord dui die wending in die gedig aan? In watter TWEE opsigte sluit
          die inhoud by dié wending aan?                                                         (3)

8.5       Watter stemming heers in versreëls 7 tot 14?                                           (1)

8.6       Benoem die beeldspraak wat in versreël 13 en 14 voorkom.                               (1)
                                                                                                 [10]

                                            EN

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          14                                       DBE/2018
                                              SSE

VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
woorde – Vincent Oliphant
1         my woorde het nie die krag
2         om bose magte tot 'n val te bring nie
3         my woorde kan bloot sing
4         my woorde is nie 'n dak
5         om onder te skuil nie
6         my woorde is swak
7         my woorde kan nie keer
8         dat ons die kromme note haal nie
9         my woorde is kaal
10        glo tog
11        my woorde het nie die byt
12        van koeëls en grofgeskut nie
13        nee
14        my woorde kan bloot bid
15        en pleit
16        en wens
17        medeburgers van die lewe
18        dat ons van grense sal vergeet
19        en bloot mens sal wees
20        en medemens
                                                                  [Bron: Die sagte vlees, 1998]
          LET WEL: Die spreekwoord in versreël 8 beteken: met alle mag of besonder hard werk
                   [Bron: HAT]. Hier beteken dit dus dat 'n probleem net met moeite opgelos
                   kan word.

9.1       Gee die woord waarmee die spreker sy/haar persoonlike betrokkenheid by
          die inhoud aandui. Watter retoriese middel gebruik die spreker om dié
          betrokkenheid in die gedig te beklemtoon?                                                  (2)
9.2       In watter opsig stem versreël 3, 6 en 9 inhoudelik ooreen?                                 (1)
9.3       Die spreker maak gebruik          van     eenvoudige    taal sonder onnodige
          beskrywings.
          Haal 'n versreël aan waarmee die spreker dit aandui. Op watter wyse sluit
          die tipografie van die gedig by hierdie taalgebruik aan?                                   (2)
9.4       Wat sal gebeur indien die spreker se woorde "die byt van koeëls en
          grofgeskut" verkry?                                                                        (1)
9.5       Is die alleenplasing van "nee" in versreël 13 funksioneel? Motiveer jou
          antwoord.                                                                                  (1)
9.6       Die spreker gebruik woorde om te "bid", "pleit" en "wens" in versreëls 14
          tot 20.
          Noem TWEE aspekte wat die spreker met sy/haar woorde wil bereik. Dink jy
          die versugting oor die gebruik van "woorde" is aktueel? Motiveer jou
          antwoord.                                                                                  (3)
                                                                                                     [10]
                                                                  TOTAAL AFDELING A:                 30
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        15                                    DBE/2018
                                            SSE

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).

VRAAG 10: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

Die milieu in Suid-Afrika, Frankryk én Amerika beϊnvloed Iris.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                   [25]

VRAAG 11: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

    Ná die slapie was almal knorrig. My teorie was dat die suurstof in die huis begin
min raak het, maar ek het geen ondersteuning gekry nie, veral nie van die mans wat
my daarop gewys het dat meer as genoeg suurstof deur die balke ingelaat word.
Dit, op sy beurt, het Bettie genoop om te kla dat dit verklaar waarom sy so koud om
die blaaie gevoel het. Die kinders was die enigste wat vrolik was. Hulle het selfs           5
aangebied om die tafel te dek en het elke klapper geskud, probeer inkyk wat binne-in
is en daarvolgens besluit wie kry watter een. Ek het hulle gewys hoe om die servette
in waaiers te vou, 'n truuk wat ek by Elsa geleer het. (Elsa het nooit net 'n tafel gedek
nie; sy het altyd 'n kleurskema, 'n tema en iets pikants of ongewoons as versiering.
Soos die keer toe sy by 'n visete 'n kunstige versameling skulpe op 'n silwer bordjie        10
gerangskik het en een van die skulpe begin wegloop en 'n slymspoor oor die gestyfde
tafeldoek gelaat het. Dit was Hannes se skuld, het sy gesê. Die idee was dat hy leë
slakskulpe uit die tuin bymekaar moes maak. Johanna het gelag soos 'n heks toe ek
haar ná die tyd daarvan vertel het.)
    Ons het verder gebou aan die legkaart. Brian het aan die lug gearbei omdat dit sy        15
spesialiteit was. Tussendeur het hy ons vertel van sy bekwame broers.

11.1      In watter ruimte speel TEKS A af? Waarom bevind Iris haar in hierdie
          spesifieke ruimte?                                                                     (2)

11.2      Volgens reël 4 "kla" Bettie. Noem 'n ander eienskap van Bettie soos die leser
          haar in die roman leer ken.                                                            (1)

11.3      Wie dra in die spesifieke ruimte van TEKS A by tot Iris se veranderde siening
          van die huwelik? Sê wat Iris se veranderde siening is.                                 (2)

11.4      Wat is die verwantskap tussen Iris en Elsa? Noem TWEE invloede wat Elsa
          op Iris se lewe het.                                                                   (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         16                                     DBE/2018
                                             SSE

11.5      Herlees reëls 10 tot 14.

          Gee TWEE redes waarom Iris en Johanna dié insident so geniet. In watter
          opsig verskil dié insident met die slakke van Elsa se karakter soos wat sy dit
          in die roman openbaar?                                                                   (3)

11.6      Hoekom speel Johanna so 'n belangrike rol in Iris se lewe? Gee TWEE
          voorbeelde van Johanna se rol uit die roman om jou antwoord te ondersteun.               (3)

                                                EN

TEKS B

    "Dink jy so?" Dit was 'n fassinerende gedagte. Sou ek ook op mense se
vensterbanke rondsit en advies aanbied of weier? Sou ek ook saam met my
toegewysde persoon in vliegtuie vlieg, in vreemde wêreldstede rondloop sonder om
eers my roksoom vuil te maak? "Maar jy is nie altyd by nie," het ek hom herinner.
"Ek hoop ten minste nie so nie. Dit sou pervers wees as jy altyd op my vensterbank na 5
my sit en loer." 'n Ander gedagte het my getref. "Dink jy ek blom dalk eers ná ek dood
is? Gaan my bloeityd eers kom as ek my sigbaarheid verloor het?"
   "Party mense blom ongesiens," het hy gesê. "So onverwags dat niemand dit eers
opmerk nie."
   "Soos Ma se lelie."                                                                 10
   "Iets in dier voege, ja."
   Net Polder Twee het opgetree soos hy moes. Sy lewe het jaar na jaar onveranderd
voortgegaan. Hy het nie skielik kleintjies gekry of 'n dramatiese
persoonlikheidsverandering ondergaan nie. As hy lui was, het hy geslaap en wanneer
hy honger was, het hy geëet. Hy het smiddae saam met my gaan stap en uit die pad 15
gebly wanneer Elsa en haar kroos kom kuier het. Hy was net 'n hond.
    My nuwejaarsvoorneme, nadat my enkel weer aangegroei en albei voete weer na
voor gewys het, was om my aanstaande skoonfamilie te leer ken. Ma het ook gedink
dit was wys. Elsa het haar mooi hande (dit was voor die drieling) teen haar voorkop
gedruk en my sterkte toegewens.                                                     20

11.7      Watter gebeure gee aanleiding tot Iris se vraag in reël 1?                               (1)

11.8      Wie is die verteller in reëls 1 tot 6? Dink jy dis effektief dat dié persoon hier
          aan die woord is? Motiveer jou antwoord.                                                 (2)

11.9      In watter opsig sluit reëls 6 tot 9 by die tema van die verhaal aan? Dink jy Iris
          kom tot insig oor haar blomtyd? Gee DRIE redes vir jou antwoord.                         (4)

11.10     Reël 18 verwys na Iris se "aanstaande skoonfamilie".

          Gee TWEE redes waarom die verhouding tussen Iris en haar aanstaande
          skoonpa ongemaklik is.                                                                   (2)

11.11     Herlees reël 8 en 9 van TEKS B en reëls 8 tot 12 van TEKS A.

          Is hierdie woorde in TEKS B van toepassing op Elsa? Motiveer jou antwoord
          én haal EEN sin uit TEKS A aan wat jou antwoord ondersteun.                              (2)
                                                                                                   [25]
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        17                                   DBE/2018
                                            SSE

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

VRAAG 12: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

Die milieu op Sable Ranch én op Manaka beïnvloed Baas.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                  [25]

VRAAG 13: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS C

   Twee jaar ná sy aankoms op die kontinent vestig Dennis Chipman hom op die wal
van die Zambezi tussen die mense van die Lozi-stam in Barotseland, die westelike
provinsie van die huidige Zambië. Hy vang nie 'n enkele skoenlapper nie, en gaan
nooit terug na sy land van herkoms nie.
   Onder die Malozi staan hy bloot as Baas bekend. Hy en Brindle, later ook hy en die       5
basterafstammelinge van die oorspronklike Brindle – altyd met 'n Brindle as tropleier –
word legendariese buffeljagters. Hy kap die trofeë aan die stamme van die reuse-
oewerbome om sy kamp vas en dit besorg aan sy blyplek die naam Manaka, wat Plek
van die Horings beteken.
   Met die jare kry hy langs sy hut 'n skooltjie aan die gang waar hy 'n klompie Malozi-    10
kinders onder 'n worsboom met die vinger in die sand leer skryf en somme maak.
Hulle leer ook lees en Engelse kerkliedjies sing – die enigste liedjies wat hy uit sy
kinderjare onthou. Sy Sakbybeltjie staan in vir die leeswerk. Sondae word die ruwe
kiaathoutbankies onder die worsboom die kinders en sommige ouers se kerk.
Hy noem dit Manaka Evangelical Mission. Een van sy gemeentelede is indoena                  15
Sitali Mulambwa, die stamhoof van die Senanga-gebied.
   'n Passie om die noordelike wildernisgebiede van Afrika toegankliker te maak,
dryf Dennis Chipman. Eendag, glo hy, sal hy 'n boot hê om mense en goedere op
die Zambezi te vervoer.
   Die middele om sy boot mee te bou, beplan hy om uit ivoorhandel te verdien,              20
ook uit ruilhandel met buffelvleis. Maar sy droom word nooit waar nie.

13.1      Wie het Dennis Chipman na Suid-Afrika gestuur?                                        (1)

13.2      Gee DRIE redes waarom Dennis Chipman nooit 'n "enkele skoenlapper"
          vang nie. Hoe wil Baas, die agterkleinseun, sy oupagrootjie se "skoenlapper"
          simbolies "vang"?                                                                     (4)

13.3      Dui die naam "Baas" wat Dennis Chipman (TEKS C) in Barotseland kry op
          'n meerderwaardige houding teenoor die plaaslike bevolking? Gee TWEE
          redes vir jou antwoord.                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          18                                 DBE/2018
                                              SSE

13.4      Dennis Chipman se optrede op Manaka verskil baie van Baas, Dennis se
          agterkleinseun, se optrede 92 jaar later.

          13.4.1        In watter stadium kap Baas (die agterkleinseun) sy eerste paar
                        buffelhorings teen 'n stutpaal op Manaka vas? Wat simboliseer
                        hierdie handeling van Baas?                                             (2)

          13.4.2        Hoekom verskil Baas (die agterkleinseun) se gesindheid teenoor
                        die Malozi's van sy oupagrootjie s'n?                                   (1)

13.5      Dennis Chipman se optrede in reëls 10 tot 16 sluit aan by die tema van
          omgee en naasteliefde.

          Is Baas, die hoofkarakter, iemand wat naasteliefde en omgee teenoor
          meneer Johnnie bewys? Motiveer jou antwoord.                                          (1)

13.6      Baas, die agterkleinseun, vestig hom ook op Manaka, maar wil – anders as
          sy oupagrootjie – niks met godsdiens te make hê nie.

          Gee die rede vir Baas, die agterkleinseun, se gesindheid. Verander sy
          gesindheid in die loop van sy verblyf op Manaka? Motiveer jou antwoord met
          TWEE redes.                                                                           (3)

13.7      Waar vestig Dennis Chipman, die oupagrootjie, hom ná nege-en-twintig jaar
          se verblyf in Barotseland?                                                            (1)

                                                EN

TEKS D

    "Eendag … Miskien … As ek 'n kombuis het. Hierdie is joune. Jy het daardie dag
gesê jy wil bankies bou. Ek het sommer stutpaaltjies ook saamgebring."
    Hulle sit die gewere neer, maak die drade los waarmee die planke aan die trekker
vasgewoel is en pak dit onder die seil by die werkswinkel. Baas nooi Whitey
slaaprondawel toe, steek die paraffienlampie aan en bêre sy geweer. Grace kom in            5
met twee bekers.
    "Nou moet julle besluit. Ek stel voor julle gebruik die bekers vir koffie," sê sy.
    "Jy weet mos ek hou nie van koffie nie en koffie hou nie van my nie."
    Whitey sit sy geweer op die bed neer. Grace los die bekers langs die foto's op die
swart trommel en gaan uit om water te gaan haal.                                            10
    "Ek gooi dop," sê Whitey. "Wat van jou?"
    "Nie nou nie, dankie." Baas tel die geweer op en bekyk dit.
    "Agtponder." Whitey gaan sit op die groen trommel.
    Baas se oë dwaal verby die man in die blou oorpak na die portret teen die muur.
    Hy sak op die bed neer. "Ek gooi maar vir my ook 'n dop, wat," sê hy toe hy             15
uiteindelik opstaan. Hy skink en lig die agtponder.
    " 'n Hele troppie buffels wat hy platgeskiet het … En 'n hele paar olifante ook wat
oupagrootjie daarmee grond toe gebring het …"
    "Ja, jy raai reg. Dit was my oupagrootjie se geweer," sê Whitey. "Ek dink toe ek sal
jou maar kom wys. Ons het so baie oor die ou man gepraat …"                                 20

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       19                                 DBE/2018
                                           SSE

13.8      Herlees reël 1 en 2.

          Waarom het die houtbankies vroeër konflik vir Baas veroorsaak? Op watter
          TWEE wyses skakel die herstel van die houtbankies die huidige Manaka met
          die oupagrootjie se Manaka?                                                        (3)

13.9      Watter soort verteller is in reëls 13 tot 16 aan die woord? Waarom is die
          gebruik van dié verteller in hierdie reëls nie so effektief nie?                   (2)

13.10     Watter inligting verswyg Baas in reëls 15 tot 18? Hoekom gee hy later sý
          oupagrootjie se Bybel vir Whitey ?                                                 (2)

13.11     Herlees reëls 5 tot 9 van TEKS C asook reëls 14 tot 20 van TEKS D.

          Wat suggereer Baas deur na "die portret teen die muur" te kyk? Gee TWEE
          redes vir Baas se dade in reël 15 en 16.                                           (3)
                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         20                                     DBE/2018
                                             SSE

VATMAAR – AHM Scholtz

Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).

VRAAG 14: VATMAAR – OPSTELVRAAG

Die milieu op Vatmaar én Du Toitspan beïnvloed tant Wonnie.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                     [25]

VRAAG 15: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder deeglik deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS E

Siesie Lena en Janman sou terug Windsorton toe loop en die trein Kimberley toe
daar vat. Dis hoe hulle twee-twee uitmekaar is. Toe hulle mekaar groet, het die vier
gesê: God was met ons. En in hulle harte het hulle gesê: Dankie, Vader.
   Bet en Flippus was nou alleen in die vreemde wêreld.

    Jare later, toe Oom Flip en Tant Bet goed gevestig was in Vatmaar en Klein-Neels 5
al 'n fris klong, loop Oom Flip vir Jakob Kierie in die Pan raak. Hy het net uit die tronk
gekom na hy drie jaar gesit het oor hy ongeslypte diamante by hom gehad het.
Hy vertel toe dat Oubaas Swartz op Bakerville dood is, 'n arm man, soos die meeste
ander delwers. Sy dogter Mollie het met Filemon getrou. Hulle enigste kind is dood.
Oubaas Steenkamp het sy eie lewe geneem. Albei ou manne het gesê as hulle net 10
geweet het, sou hulle nooit daardie twee skepsels laat gaan het nie, want hulle was
die laaste van hulle soort wat nog in die wêreld oor was. Hulle geluk het hulle met
hulle saam weggevat en hulle verdriet vir hulle, die witmense, gelos. Dis wat die
toordokter glo vir hulle gesê het.
    Dit, het Jakob Kierie gesê, is wat die witmense op Bakerville onder mekaar vertel. 15

   In die mouterkar Kimberley toe is daar nie 'n woord gesê nie. Mister Hall-Stone het
sonder om te vra by die stasie gaan stilhou. What a contrast, sê hy toe hy na die twee
kyk wat uitklim.

15.1    15.1.1     Watter gebeure gaan die afskeid in reëls 1 tot 3 vooraf?                        (1)

        15.1.2     Gee TWEE redes vir die karakters se dankbaarheid. Op watter
                   manier verander dié gebeurtenis die karakters se lewens-
                   omstandighede?                                                                  (3)

15.2    In watter TWEE opsigte word Tant Bet gepas uitgebeeld? Waarom is Oubaas
        Swartz se uitbeelding in die roman nie gepas nie?                                          (3)

15.3    Waarom voeg die verteller die inligting oor Jakob Kierie hier van reël 5 tot
        reël 15 in?                                                                                (1)

15.4    Herlees reëls 8 tot 12.

        Oubaas Swartz en Oubaas Steenkamp het uiterlike konflik met hulle werkers,
        Bet en Flippus. Gee 'n voorbeeld van dié konflik by ELK van die werkgewers.                (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         21                                  DBE/2018
                                             SSE

15.5     Gee EEN van die "twee skepsels" in reël 11 se naam.                                    (1)

15.6     Oubaas Swartz en Oubaas Steenkamp het 'n baie hoë dunk van Flippus en
         Sus Bet. Is dit geregverdig dat hulle so baie van dié twee dink? Motiveer jou
         antwoord.                                                                              (2)

15.7     Wat bedoel Mister Hall-Stone met sy uitlating in reël 17 en 18?                        (1)

                                              EN

TEKS F

Toe haal Tant Wonnie 'n sjieling uit haar roksak en gee dit vir hom. Hier is 'n sjieling,
Mineer Jones, sê sy. Laat hulle opklim.
   Stoffel Jones het nie geweet dat Tant Wonnie daardie dag in die hof verskyn het
nie, ook nie dat Mevrou September die saak teen haar gemaak het nie. Klim op jou
skelm, sê hy en vat die sjieling.                                                         5
   Settie September was baie verbaas om Tant Wonnie met 'n nuwe rok en skoene
aan in die kapkar te sien. Sy kon haar nie in die oë kyk nie en Tant Wonnie het
gedink: As sy 'n stert gehad het, was hy tussen haar bene.
   Johnny September was net so verbaas soos sy vrou. Middag, Tante, het hy gesê.
   Sy het net na hom gekyk en niks gesê nie.                                              10
   Die kar het weggetrek: Klip-kop, klip-kop, klip-kop en hulle koppe het saam met die
klip-kop, klip-kop, klip-kop gewieg.
Tant Wonnie het sit en dink: Ek en Suzan is altwee verwerp, veroordeel en beledig.
My eer is in die hofgebou herstel, maar nie in Vatmaar nie. Daar was niemand van
Vatmaar in die hof nie. Ek wonder watter liegstories nou vertel en uitgedink gaan 15
word. Maar vanaand sal ek die blikkie beesvleis oopmaak, 'n uie opsny en brood
bysit. Dan, as Suzan wil, kan sy droëvrugte kry en die gemmerbier drink.
   Tant Wonnie was op die punt om aan die slaap te val toe Mevrou September vir
haar man met die oë na die bottel gemmerbier in die kardoes beduie.

15.8      Watter soort verteller is aan die woord in TEKS F en hoekom is dit
          noodsaaklik dat juis hierdie verteller in reëls 3 tot 7 gebruik word?                 (2)

15.9      Is Settie September se reaksies in reëls 6 tot 7 oortuigend? Gee 'n motivering
          by ELKE reaksie.                                                                      (2)

15.10     Watter tema in die roman sluit by die onderstreepte woorde aan? In watter
          TWEE opsigte het dié tema betrekking op Kaaitjie?                                     (3)

15.11     Sus Bet (TEKS E) en Tant Wonnie (TEKS F) leef Ta Vuurmaak se filosofie
          van mededeelsaamheid uit.

          Bewys met behulp van TWEE voorbeelde by ELK dat Sus Bet én Tant
          Wonnie mededeelsaam optree.                                                           (4)
                                                                                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         22                                   DBE/2018
                                             SSE

ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

Beantwoord ÓF VRAAG 16 (opstelvraag) ÓF VRAAG 17 (kontekstuele vraag).

VRAAG 16: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG

Die milieu in sy ouerhuis én by Lawson Kollege beïnvloed Greg.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                   [25]

VRAAG 17: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS G

"… Die ander ouens sien op na jou. En dan doen jy sulke goed! Ek is teleurgesteld in
jou, Greg."
    "Dan is ek ten minste nie die eerste kind wat jou teleurstel nie, Pa!"
    Die woorde is uit voor ek kan keer. Maar dit stop my pa in sy spore.
    Hy weet wat ek bedoel. Ek praat van John. Eers was John alles, totdat hy besluit 5
het hy het genoeg gehad en hy gaan suip daardie pille. Toe is hy nikswerd. 'n Skande.
'n Teleurstelling.
    "Ons praat nie nou van John nie," sê my pa na 'n ruk, sy stem beheers maar
beneuk. "Ek weet ook van daardie e-pos wat jy gestuur het."
    Ek wil sê dit was nie ek nie. Dit was mos van 'n vals e-posadres gestuur. Maar ek 10
weet ek moet nie nou sukkel nie. My pa is nie stupid nie. Om te lieg gaan die ding net
erger maak.
    "Môreoggend, Greg … die eerste ding wat jy doen as jy jou voete uit die bed tel,
gaan jy na Dok Pienaar toe en jy gaan vra om verskoning vir jou skandelike gedrag.
En dan laat staan jy hierdie rebelse houding van jou. Jy los die skool uit dat hulle 15
Eckardt se storie hanteer soos hulle dit goeddink. En wát hulle doen het niks met jou
uit te waai nie. Bepaal jou aandag by jou studies en jou sport. Ek verwag uitstekende
resultate van jou teen die einde van jou matriekjaar. Ek sal met niks minder as dit
tevrede wees nie …"

17.1      Wat gee aanleiding tot Greg se pa se woorde in reël 1 en 2?                             (1)

17.2      Hoekom is Greg se pa se teleurstelling in Greg ironies?                                 (1)

17.3      In reël 3 noem Greg een ooreenkoms met sy broer, John.

          Noem TWEE ánder ooreenkomste tussen Greg en John. Watter TWEE
          kenmerke van Eckardt het Greg baie aan John laat dink?                                  (4)

17.4      Dink jy Greg sou die e-pos (reël 9) gestuur het as hy toe reeds geweet het wat
          die verreikende gevolge van sy dade gaan wees? Motiveer jou antwoord met
          DRIE redes.                                                                             (3)

17.5      "En wát hulle doen het niks met jou uit te waai nie." (Reël 16 en 17)

          Is dit, binne die konteks van Greg se skoolmilieu, aanvaarbaar dat sy pa
          hierdie mening lug? Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                               (2)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          23                                  DBE/2018
                                              SSE

17.6      17.6.1        Formuleer die tema van die roman na aanleiding van die woorde in
                        reël 15.                                                                 (1)

          17.6.2        In watter TWEE opsigte geld die roman se tema ook vir Greg se pa
                        én Dok Pienaar?                                                          (2)

                                                 EN

TEKS H

"Was dit nie interessant hoe jy alles wat ek vir jou geleer het, kon gebruik nie, Greg?
Ek meen, van al die goed wat hackers kan doen, was die goed wat jy sou nodig kry om
die Butcher te ontmasker die presiese goed wat ek met moeite in daardie kop van jou
probeer inprent het … of moet ek sê, wat ek probeer program het."
   Noudat ek daaraan dink, dit is waar. Ek kon plek-plek self nie glo hoe maklik dit was 5
nie. Byvoorbeeld om die foto van die white hat te ontsyfer, om die password van
Eckardt se webblad na my toe te mail. Om die password by Joan te kry … Alles goed
wat Eckardt my geleer het.
   "Hoe lyk dit? Is jy al online, Greg? Kan jou brein al die encrypted password hashes
brute force en die geheime woord vir jou netjies en mooi op die skermpie gooi?" 10
Eckard forseer die woorde deur sy tande. Ek sien hoe sy vuiste bal. Wat is dit met
die ou? Dit lyk dan nou of hy my … haat?

Wat hy voor hom sien, word die eerste snydende skreegeluid wat deur sy grootwordjare
sal eggo: Sy pa se groot lyf, half oor die lessenaar gebuig, asof hy besig is om te skryf.
Maar in sy hand is daar nie 'n pen nie. Daar is 'n 9 mm-pistool in sy geklemde vuis. 15
Een vinger is om die sneller.

Ek skud my kop. Ek weet nie waarvan Eckardt praat nie.
   "Goed dan … hier is die password: social engineering, Greg."

17.7      Waarom wil Eckardt die Butcher ontmasker?                                              (1)

17.8      Waarom kan Greg as 'n white hat én 'n black hat beskou word?                           (2)

17.9      Wat is die verband tussen social engineering in reël 18 en die uiterlike konflik
          tussen Greg en Eckardt in Clarens? Word dié konflik opgelos? Motiveer jou
          antwoord.                                                                              (2)

17.10     Herlees reëls 11 tot 17.

          Gee TWEE redes waarom reëls 13 tot 16 van die res van die teks geskei
          word. Hoekom is dit onregverdig dat Greg by Eckardt se haat betrek word?               (3)

17.11     Herlees reëls 13 tot 19 van TEKS G asook reëls 9 tot 12 van TEKS H.

          Gee die ooreenstemmende stemming wat in die tekste (TEKS G en TEKS H)
          heers en gee die rede vir dié stemming in ELK van die twee tekste.
                                                                                                 (3)
                                                                                                 [25]

                                                                TOTAAL AFDELING B:               25
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        24                                  DBE/2018
                                            SSE

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer
het.

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Beantwoord ÓF VRAAG 18 (opstelvraag) ÓF VRAAG 19 (kontekstuele vraag).

VRAAG 18: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG

Map Jacobs en Cavernelis is in die drama, Krismis van Map Jacobs, gevangenes van
hulle omstandighede.
Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                [25]

VRAAG 19: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS I

MAP:            Ek is nog ôrait, Ma … 'is Map … 'is Johnnie …
                Sy kyk na hom, knik.
MAP:            Hoe gaan 'it moet Ma?
                Sy knik dat dit "goed gaan".
MAP:            En moet Blanchie? Sy kom ook nie meer nie … Ek wiet sy't ook              5
                altyd skelm gekom, sonner lat haar mense wiet …
                Antie Grootmeisie kyk na hom, vol ontsteltenis.
MAP:            … maar ek verkwalik haar nie … Die social worker het weer moet
                my gepraat, sy's nogal vrinnelik …
                Sy kyk na hom.                                                            10
MAP:            Miss Africa … 'n Mens kan nogal moet haar praat.
                Sy kyk vraend op.
MAP:            Miss Africa, Ma … Ek sê, sy's nogal vrinnelik …
                Antie Grootmeisie knik.
MAP:            Sy sê parole is nou due vir my, ek kom yt op die sewende wat nou          15
                kom, annermaand …
                Antie Grootmeisie kyk lewendig op.
MAP:            Annermaand!
                Sy knik opgewonde.
MAP:            Parole, Ma …                                                              20
                Sy knik weer.
MAP:            Ek is jammer, oor dit alles, Ma … Ek het al gesê … Ek het vir Ma al
                gesê, ek is jammer oor dit alles … Ek het ge-change hierso in die
                tronk in. Ma wiet self. (Driftig.) Ek is jammer, maar Ma moet my glo,
                Ma móét my gló! Ek het ge-change hierso …                                 25
                Sy skud haar kop hewig om te kenne te gee dat sy "glo".
MAP:            Ek is 'n ge-change-de man, ek … het die Here Jesus gevind hierso,
                regtig, ek sal nie lieg nie … Dink Ma ek lieg?!
MAP(sektaries): Sy knik "nee".
                Praise the Lord, Ma! Hy vát vir jou, Hy … Hy vat vir jou, vuil …          30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           25                                  DBE/2018
                                               SSE

19.1      Waarom is Johnnie/Map in die tronk? Waarop dui die naam "Johnnie" wat
          Map in reël 1 gebruik?                                                                  (2)
19.2      Is dit geloofwaardig dat hy in reël 3 na sy ma se welstand vra? Motiveer jou
          antwoord.                                                                               (1)
19.3      Waarom besoek Blanchie nie meer vir Map nie?                                            (1)
19.4      Watter simboliese betekenis het "sewe" (n.a.v. reël 15) in hierdie konteks?
          Is die vrylating, juis op die "sewende" van "annermaand", effektief?
          Motiveer jou antwoord.                                                                  (2)
19.5      Wat is die funksie van al die toneelaanwysings/neweteks in reëls 2 tot 21?
          Dink jy dié toneelaanwysings/neweteks het 'n effek op die toneel?
          Gee TWEE redes vir jou antwoord.                                                        (3)
19.6      Watter TWEE sake het Map in gedagte wanneer hy in reëls 22 tot 25 sê dat
          hy "jammer oor dit alles" is?                                                           (2)
19.7      Watter stemming heers in reëls 15 tot 28? Gee TWEE redes vir hierdie
          stemming.                                                                               (3)
19.8      Watter mededeling dra in hierdie stadium in die struktuur van die drama by
          tot verhoogde spanning? Gee TWEE redes waarom dié spesifieke
          mededeling die spanning verhoog.                                                        (3)
                                                 EN
TEKS J

LA GUMA:             Oh well … (Hy spring.) I suppose it's … not so easy to adapt again
                     after … all this time … But hell … he's really got a beautiful … body
                     … Sorry about … the … tattoos … Anyway …
CAVERNELIS:          op met sy fiets, nogmaals terug van 'n aand se smouswerk met die
                     soft goods.                                                             5
LA GUMA:             (bly oor die moontlike geselskap): O, hello, mister Cavernelis …
CAVERNELIS:          (sku): Evening, mister La Guma …
LA GUMA:             Lovely evening, nice an' … crisp, for jogging …
CAVERNELIS:          'Is 'n bietjie koud, mister La Guma. Ek gaan maar inkruip.
LA GUMA:             You had a … long day, mister Cavernelis?                                10
CAVERNELIS:          (het nou al tot stilstand gekom, sy hande op die stuurstang van die
                     fiets): Ja.
                     Ons sien vir Blanchie, bo by die deur, buite.
BLANCHIE:            (roep na binne): Antie Maud … Daddy het nou net gekom … Maar
                     dis weer daai lastige Willy la Guma daar by hom! Bly altyd agter        15
                     mense aan …
MAUD:                (van binne af): Oh … talk talk, talk, die ou praatbek! All words and
                     air, and nothing done!
CAVERNELIS:          (te ordentlik of te swak om sommer net sy eie koers te kry): Ja, 'n
                     lang dag, mister La Guma. (Staan onseker, met die fiets in sy hande.    20
                     Hy lyk moeg.)
BLANCHIE:            (praat weer met MAUD. La Guma-hulle, onder, kan nie vir haar en
                     Maud hoor nie): Hulle praat daar onner by die lig …
MAUD:                Jy mien Willy la Guma praat!

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                       26                                 DBE/2018
                                           SSE

19.9      Noem die TWEE kenmerkende eienskappe van La Guma wat al die mense
          in die township irriteer.                                                          (2)

19.10     Van wie praat La Guma in reëls 1 tot 3?                                            (1)

19.11     "Sorry about … the … tattoos … Anyway …"

          By watter tema van die drama sluit dié woorde van La Guma aan?                     (1)

19.12     Herlees reëls 5 tot 6 van TEKS I en reël 7 van TEKS J.

          Gee DRIE ander bewyse dat die Cavernelis-gesin nie met die mense in die
          township wil meng nie. Dink jy dit is geregverdig dat die Cavernelis-gesin
          hierdie gesindheid openbaar? Motiveer jou antwoord.                                (4)
                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P1 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2018/545e8fa8-1674-4879-89f2-de25424ab5f0) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P3 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2018/a2880343-bd5f-4f3a-ae57-86ba082a8a22) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2018/e7743bcd-7218-48b4-8668-8fc4d889c57a) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Feb March 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2018/10c5efc1-0ed4-4215-a6dc-32da1ca6faed) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2022/b6902408-ac2a-4a7c-a4f3-5057a283114e) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
