# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2019 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the NSC June Exam 2019, 44 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2019-memo/669ef435-fb0c-4809-bd37-e82d905f388f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 44

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2019-memo/669ef435-fb0c-4809-bd37-e82d905f388f)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 44 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                          2019

                                   NASIENRIGLYNE

                                                                           PUNTE: 80

                      Hierdie nasienriglyne bestaan uit 44 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          2                                      DBE/2019
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

RIGLYNE VIR NASIENERS
1.    As 'n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste
      antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die
      kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
2.    As 'n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte beantwoord het,
      word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.
3.    As 'n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre opstelle
      beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord word
      geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord het, word
      die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag en een
      opstelvraag beantwoord is.
4.    As 'n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die
      tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede antwoord
      word geïgnoreer.
5.    As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die nasienriglyne
      nagesien.
6.    Taalfoute by kontekstuele vrae word nie gepenaliseer nie. As 'n spelfout die betekenis
      van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die spelfout nie die betekenis
      van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek beskou.
7.    Opstelvrae:
      As die literêre opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
      gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die literêre opstel te
      lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener. Die
      nasienriglyne is slegs 'n riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek beskou
      word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die opstelvrae na te sien.
8.    Kontekstuele vrae:
      As 'n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar 'n vraag dit vereis nie, word die
      kandidaat nie gepenaliseer nie.
9.    Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
      SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
10.   Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die rede/
      motivering/bewys verdien die punt.
11.   Moenie woorde nasien nie; sien betekenis na.
12.   Vir hierdie eksamen geld die volgende eksamenriglyne vir die opstelvraag:
       Lees die opstelvraag die eerste maal en toon die reeks treffende argumente met die
          ooreenstemmende kode aan.
       'n Reeks treffende argumente is stellings wat met:
           o    relevante verduidelikings gemotiveer word./
           o    korrekte, gepaste aanhalings uit die roman/drama/gedig gemotiveer word./
           o    geparafraseerde aanhalings uit die roman/drama/gedig gemotiveer word.
       'n Treffende argument is nie noodwendig in die formaat punt, verduideliking én
          illustrasie nie.
       Lees die opstelvraag 'n tweede maal om die struktuur en taal te assesseer. Taalfoute
          word met onderstreping aangedui.
      Die aantal kodes in die opstelvraag word nie getel om 'n bepaalde punt by inhoud toe te
      ken nie.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             3                                        DBE/2019
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING A: GEDIGTE

VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

"Die sagte sprong" – Sheila Cussons
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.
LET WEL:
   Dis 'n breë raamwerk van feite.
   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.

   Die aanvanklike belewing is 'n vlugtige aanraking van die verstand, met ander woorde
    dit is 'n intellektuele bewuswording wat van korte duur is. Die progressie is duidelik
    wanneer die spreker ervaar dat dié belewing nog lank daarna by jou/die mens/die
    spreker bly. Die vlugtigheid word dus iets blywenders./Bv. versreël 2 en versreël 3: ... 'n
    aanraking van die verstand ... asook vlugtig teenoor versreëls 5 tot 6: ... die aandag nog lank
    daarna die indruk behou ...
   Die spreker beleef God se teenwoordigheid, hoewel lig en vlugtig, as iets wat presies is
    – die mens kan dit nie ontkom of ontduik nie en die invloed daarvan word progressief
    sterker, want dit bly 'n mens by./Bv. versreël 3: vlugtig maar presies ... teenoor versreëls 5
    tot 6: dat die aandag nog lank daarna die indruk behou ...
   Die ligte/vlugtige aanraking is gelaai met krag – die aanraking is dus nie so lig en
    vlugtig soos aanvanklik vermoed is nie; die aanraking se intensiteit neem toe, want dis
    "potent". Iets wat "potent" is, het verreikende gevolge./invloed. Die gevolg is dat die
    aanraking 'n mens nie weer los nie, dit bly lank na die tyd by jou./Bv. versreëls 4 tot 6: ...
    so potent dat die aandag nog lank daarna die indruk behou, hoe moet sy vasvat wees?
   Ten spyte van die ligte aanraking/vlugtige aard van die aanraking, is dit iets wat die
    spreker/mens progressief beïnvloed: vir lank ná die belewing van God/die goddelike se
    teenwoordigheid bly die mens/spreker daaroor nadink./hom/haar daaroor
    verwonder./dit bly in die spreker/mens se gedagtes voortleef./Bv. versreëls 5 tot 6: ... die
    aandag nog lank daarna die indruk behou ...
   Die aanvanklike "aanraking" laat die spreker wonder oor 'n moontlike "vasvat" iewers
    in die toekoms – dus vooruitskouende progressie./Bv. in versreël 2: ... 'n aanraking van
    die verstand ... teenoor versreël 6: hoe moet sy vasvat wees?
   Die progressie is duidelik wanneer "verstand" verander na "bewussyn" – die
    aanvanklike intellektuele aanraking neem toe: nou raak dit die hele wese. In die tweede
    deel van die gedig is die aanraking/belewing dus allesomvattend./Bv. versreël 2 : 'n
    aanraking van die verstand ... teenoor versreëls 8 tot 9: iets wat die bewussyn tot in die lewe
    tref ...
   Die teenwoordigheid van God bring verdere progressie wanneer die aanvanklike
    intellektuele belewing/aanraking groei/toeneem tot iets wat die mens in sy/haar diepste
    wese tref, m.a.w. 'n emosionele/geestelike aanraking en belewing. Die gevolg van
    hierdie progressie is die herkenning van die mens se diepste emosies soos vreugde en
    verbasing./Bv. versreëls 8 tot 10: ... iets wat die bewussyn tot in die lewe tref, ... asook
    vreugde, verbasing, vreugde, herkenning ...
   Wat aanvanklik 'n aanraking ("lig soos 'n veer") is, word in die tweede deel van die
    gedig baie intenser: dit tref tot in die lewe wat suggereer dat die "aanraking" ingrypend
    en ontroerend is. Duidelike progressie kom voor./Bv. versreëls 2 tot 3: 'n aanraking van
    die verstand lig soos 'n veer, vlugtig ... teenoor versreëls 8 tot 9: iets wat die bewussyn tot in
    die lewe tref ...

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           4                                   DBE/2019
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

   Die aanvanklike aanraking wat "lig soos 'n veer" is, word baie intenser in die slotreël
    van die gedig/versreël 11 wanneer die spreker verwys na "u vasvat"; die goddelike
    aanraking verdiep dus tot 'n vasgryp wat dui op onlosmaaklike/definitiewe/onmis-
    kenbare ingryp deur God./die goddelike./Bv. versreëls 2 tot 3: 'n aanraking van die
    verstand lig soos 'n veer, vlugtig ... teenoor versreël 11: hoe moet u vasvat wees?
   Die aanvanklike aanraking is "vlugtig", terwyl die slotreël aandui dat die goddelike
    "vasvat" – dit dui op iets permanenters, meer ingrypend as bloot 'n "vlugtige"
    aanraking. Dis 'n duidelike progressie./Bv. versreëls 2 tot 3: 'n aanraking van die
    verstand lig soos 'n veer, vlugtig ... teenoor versreël 11: hoe moet u vasvat wees?
   Die belewing van God se aanraking word in die titel/gedig gelykgestel aan 'n sagte
    sprong" – die woord "sprong" suggereer beweging van een punt na 'n ander wat dui
    op progressie./Bv. versreël 9: iets soos 'n sagte sprong ...
   'n Verdere progressie kom voor wanneer die spreker in versreël 6 ván God/'n
    goddelike praat, maar in die slot van die gedig direk mét God/die goddelike praat.
    Die spreker beweeg dus nader aan God./die goddelike./Bv. versreël 6: ... hoe moet sy
    vasvat wees? teenoor versreël 11: ... hoe moet u vasvat wees?

Die kandidaat bied 'n gepaste slot aan.                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           5                                      DBE/2019
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

" 'n brief van hulle vakansie" – Breyten Breytenbach

Vraag     Antwoord                                                                                   Punt
2.1       "hulle" √                                                                                  1

                                                   EN

          "hulle gebede"/sy/haar ouers se gebede/
          "hul Gij Here God"/Hulle God/Die God wat deur sy/haar ouers aanbid word √                  1

2.2       Dit versnel die tempo om aan te sluit by die jeugdige/hoeveelheid aktiwiteite waarmee
          die pa hom besig hou./
          Dit verleen vloeiendheid aan die gedig om die pa se beweging/aksies te ondersteun./
          Die opstapeling van aktiwiteite het baie meer trefkrag as gevolg van die
          enjambement./
          Dit ondersteun die tempo waarteen die pa 'n groot hoeveelheid aktiwiteite beoefen./sy 1
          jeugdige krag uitleef. √

          Die kandidaat bied EEN antwoord vir EEN punt aan.
          Die kandidaat mag nie nét 'n generiese antwoord gee nie. Dit moet binne konteks
          aangebied word.

2.3       Die spreker beklemtoon sy/haar pa se jeugdige krag./benadruk sy/haar pa se gesond-
          heid/liggaamskrag (in teenstelling met die latere veroudering)./kwaliteite
          (veelsydigheid/ talente/vaardighede/betrokkenheid in die samelewing) waaroor die pa
          beskik./                                                                              1
          Die bewondering wat die spreker vir sy/haar pa/pa se kwaliteite het, word uitgehef. √

          Die pa se jeugdige krag word teenoor die lyflike aftakeling a.g.v. die ouderdom
          uitgehef./                                                                          1
          Die pa se geweldige krag word gestel teenoor die afgetakelde liggaam teen die einde
          van sy/haar lewe. √
                                                   EN
                                                                                                     1
          Die pa se jeugdige krag/sterk gesonde liggaam word gestel teenoor die oorweldigende
          kosmos wat die mens reduseer tot iets kleins./nietigs. √

          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde aan vir EEN punt elk.
          Een antwoord moet fokus op die aftakeling van die liggaam a.g.v. die ouderdom en die
          ander moet fokus op die mens se nietigheid teenoor die kosmiese verskynsels.

2.4       Sy/haar verganklikheid/
          Die oudwordproses wat die spreker ervaar/waaraan die spreker blootgestel word √            1

2.5       Herhaling √                                                                                1

          Ja
          Die gedig is 'n elegie/treurlied (waarin die invloed van die ouderdom op die spreker se
          pa oorgedra word)./
          Dis 'n gedig waarin afskeid van die pa (se krag) geneem word. √                         1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
          Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           6                                      DBE/2019
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

2.6       Ja
          Die gebrek aan 'n vaste rymskema sluit aan by die gesprekstrant (omdat dit 'n brief is)
          van die gedig./stem ooreen met die formaat van 'n vrye vers (waarin 'n vaste
          rymskema ontbreek)./ondersteun die elegiese toon./verteltrant./geselstoon. √            1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
          Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.

                                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             7                                    DBE/2019
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

"Wie's Hy?" – Adam Small

Vraag     Antwoord                                                                                   Punt
3.1       Die herhaling van die (vraag in die titel)./'n retoriese vraag. √                          1

3.2       Alliterasie/b-alliterasie √                                                                1

3.3       Ja
          Dit maak die rym in die bepaalde reëls minder opvallend./
          Dit bind die reëls wat met mekaar verband hou./skep vloeiendheid binne dieselfde
          gedagte./
          Dit beklemtoon die wanopvatting van mense (oor digters/taalgebruikers). √√       2

          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.
          Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.

3.4       Mense dink digters skryf met ink./dat digters noodwendig met pen en ink skryf./dat
          gedigte altyd neergeskryf word./
          Mense dink digters skryf gedigte in studeerkamers./dat gedigte in studeerkamers
          ontstaan./
          Mense dink dat gedigte a.g.v. diep nadenke deur die digter ontstaan. √√            2

          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

3.5       Die spreker hef die werklikheid teenoor mense se wanindrukke uit./
          Hy/Sy betrek die leser met sy/haar woorde./die antwoord wat hy/sy in die volgende
          versreëls gee./
          Hy/Sy daag hulle/die mense se opvattings uit. √                                            1

3.6       Gewone mense kan ook gedigte skep./skryf./
          Almal wat taal op 'n klankryke/natuurlike manier gebruik, kan dig./
          Mense wat speels/kreatief met taal kan omgaan, kan gedigte skryf./
          Gedigte skryf is nie vir spesiale/uitgelese/uitgesoekte mense nie./
          Mense in die straat kan ook gedigte skryf./
          Gewone/Gespreks-/Natuurlike taal kan aangewend word vir gedigte. √                         1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

          Die spreker wat die gewone mens/leser in versreëls 11 tot 15 direk aanspreek/
          Die beklemtoning van "djulle"/"djúlle" (in versreël 11) (om die leser/gewone mens by
          die boodskap te betrek)/
          Die herhaling van "djulle" (in versreëls 11 en 12)/
          Die inhoud van versreël 11 wat die antwoord op die vraag in die titel gee/
          Die uitroepteken aan die einde van versreël 15/
          Die -oep-rymwoorde in versreëls 12, 13 en 15 √√                                      2

          Die kandidaat bied TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

                                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                              8                                      DBE/2019
                                         SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

"Nog in my laaste woorde" – NP van Wyk Louw

Vraag     Antwoord                                                                                      Punt
4.1       "Nog" √                                                                                       1

4.2       Jy sal nog in my laaste woorde wees/In my laaste woorde sal jy nog wees √                     1

          Dit hef die woord "Nog" uit (deur die voorplasing/vooropplasing)./
          Die (voorplasing/vooropplasing van) "Nog" beklemtoon dat die spreker voortdurend
          aan die geliefde/skoonheid dink./
          Deur die agterplasing van/Met die woorde "sal jy wees" word die geliefde/skoonheid
          (ook) uitgehef./
          Die omkering/inversie van die woordorde verseker 'n jambiese metrum (wat by
          sonnette belangrik is). √                                                          1

4.3       Ter wille van ritme/metrum √                                                                  1

4.4       Dit beklemtoon elke deug van die aangesprokene afsonderlik./
          Dit hef elke woord wat gebruik word, regmatig uit./
          Die herhalende "en"/polisindeton dra by tot die vaste ritme./metrum. √                        1

4.5       Kruisrym/Gekruiste rym √                                                                      1

          Die slotreëls/Versreëls 13 en 14 bevat die hoogtepunt/kern van die gedig./insig waar-
          toe die spreker kom./
          Die hoogtepunt/kern/insig van die gedig word tot 'n eenheid gebind./
          'n Engelse sonnet eindig met 'n rymende eindkoeplet./gewoonlik met paarrym in die
          twee slotreëls. √                                                                     1

4.6       Ja
          Die spreker besef dat hy/sy die dood nie meer hoef te vrees nie omdat sy liefde vir die
          aangesprokene selfs in die dood teenwoordig sal wees./die dood mooi sal maak./
          Die liefde neem die vrees vir die dood weg; gevolglik is die spreker se lewe én die
          dood "mooi"./
          Die aangesprokene voltooi die spreker se lewenskring/maak sy lewe volkome,
          daarom is hy nie bevrees vir die lewe/dood nie./
          Die skoonheid maak 'n mens volkome, gevolglik kan selfs die dood vir die spreker
          aanneemlik/mooi wees./
          Die spreker besef dat die dood onlosmaaklik deel is van die lewenskring, daarom is
          die dood ook vir hom aanneemlik./mooi. √√                                               2

          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
          Die kandidaat moet die teenstelling/paradoks in elke antwoord m.b.v. die gedig se
          inhoud aanspreek.
          Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.

                                                     EN
          Herhaling √                                                                                   1

                                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          9                                     DBE/2019
                                     SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

"Die geel kanarie" – Donald W Riekert

Vraag     Antwoord                                                                                 Punt
5.1       "Die" √                                                                                  1

5.2       Assonansie/ee-assonansie √                                                               1

          Dit ondersteun die spreker se suggestie dat die kanarie moet "leer" om soos 'n vry
          voël te "eet" wat die natuur bied./
          Dit vertraag die tempo om die bepaalde woorde uit te hef./te beklemtoon dat die
          kanarie natuurlike veldkos as vreemd/"bitter" ervaar./
          Dit hef uit hoe die mens 'n voël van sy natuurlike habitat/natuurlike lewenswyse
          vervreem. √                                                                        1

5.3       Personifikasie √                                                                         1

5.4       Ja
          Dit beklemtoon die (klein) ruimte van die voëlhok(kie) waarin die kanarie aangehou
          is./dui op die beperkte ruimte in die voëlhok. √
          Dit stel die ingeperktheid tydens gevangeneskap voor./ontneming van vryheid wat die
          kanarie in die natuur geniet. √                                                     2

          "prentjies" √                                                                            1

5.5       Die mens/mensdom ontneem die kanarie van sy vryheid./natuurlike habitat deur hom
          in 'n klein hokkie aan te hou./
          Die mens verander die aard van 'n kanarie deur hom/haar te laat praat./
          Die mens is behep met TV-vermaak in plaas daarvan om die natuur te geniet./
          Die mens kom met die natuur in kontak slegs deur na "prentjies" op die TV te kyk. √√ 2

          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

5.6       Die gebrek aan 'n punt/leesteken sluit by die enjambement/leestekenloosheid van die
          gedig aan./
          Die ontbrekende punt/leesteken suggereer dat die praktyk om wilde voëls/diere hulle
          vryheid te ontneem/om die natuur m.b.v. TV te ervaar nie ophou nie./nie stopgesit
          word nie./nie einde kry nie./
          Dit sluit by die vryeversvorm aan./
          Dit dui aan dat die proses nog nie afgesluit is nie. √                              1

          Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

                                                                                                   [10]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          10                                     DBE/2019
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
   Dis 'n breë raamwerk van feite.
   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.

 Iris verkeer onder die indruk/is van mening dat niemand van geboorte af na haar wou
  luister nie; dit veroorsaak dat Iris haar gesin sou wou konfronteer ás sy by geboorte
  verstand gehad het. Iris ontstel haar later nie meer veel hieroor nie, maar gaan aan met
  haar lewe en trou met Peter./Bv. bl. 9: Ek is spyt dat ek toe nog nie my verstand gehad het
  nie, want ek sou daarvan gehou het om op daardie punt 'n paar aanmerkings te maak.
 Die feit dat sy die derde kind/dogter in die huisgesin is, veroorsaak dat sy selde 'n
  keuse in haar gesin gebied word: alles wat sy kry, soos speelgoed en klere, kom van
  haar susters. Hierdie omstandighede veroorsaak dat Iris haar bestaan en die sin
  daarvan bevraagteken – sy beleef 'n eksistensiële krisis./identiteitskrisis. Sy soek na
  haar plek in die groter bestel. Haar ma moet bv. namens haar van Riekie ontslae raak,
  so asof sy afhanklik is van ander se ingryping in haar lewe. Hoe ouer sy word, hoe
  meer neem sy egter haar eie (vreemde) besluite soos bv. om met 'n graad in die
  letterkunde as stoelassistent by 'n tandarts te werk, al is haar pa daaroor ongelukkig.
  Later volg sy haar eie kop deur agter Peter aan te gaan ten spyte van Elsa se
  kritiek./Bv. bl. 14: Uit die aard van die saak was ek dus 'n alleenloper en, soos Polder,
  iemand wat op oorskietkos geleef het. In Polder se geval was dit sy eie keuse: hy het geweier
  om geblikte hondekos te eet. In my geval kon dit nie anders nie, ek het die speelgoed en
  dikwels die klere gekry waarvoor my susters moeg was./Bl. 25: Ek het nooit gelag nie en
  smiddae laat deur die tuin geloop en tob oor die sin van die wêreld en my plek in die groter
  bestel./Bl. 17: Ek het Riekie self steurend begin vind en gewens my ouers wil my verbied om
  hom te sien.
 Iris word groot in 'n onkonvensionele huis: haar ma is redelik afwesig en tree anders
  op as die ma's van Iris se portuurgroep. Ander matriekdogters se ma's verbied hulle
  kêrels om hulle te sien en Iris se ma doen dit nie. Dit veroorsaak dat sy nie langer met
  Riekie wil uitgaan nie. Sy smag na 'n definitiewe ingryping van haar ma in haar lewe.
  Dit veroorsaak dat Iris haar stelselmatig aan Riekie onttrek – haar ma wil haar nie help
  nie. Later volg sy haar eie kop en besluit op die ingewing van die oomblik om agter
  Peter aan te gaan. Sy het dus nie meer haar ma/ouer susters se betrokkenheid/
  raad/optrede nodig nie./Bv. bl. 17: Ek het Riekie self steurend begin vind en gewens my
  ouers wil my verbied om hom te sien./Bl. 18: ''Ek wil hê julle moet my verbied om hom weer te
  sien.'' Sy het vir die eerste keer na my gekyk. ''Nee, my ding, waarom sou ons dit doen?
  Riekie is 'n gawe seun.''
 Gedurende Iris se ontwikkelingsjare ervaar sy dikwels dat haar susters telkens haar
   kollig steel en haar nie help of ondersteun om haar plek in die groter bestel te vind nie.
   Dit veroorsaak dat Iris onkonvensionele besluite neem: sy gaan werk by 'n tandarts as
   stoelassistent; sy skep haar eie fantasiekarakters waarmee sy kan fantaseer/gesels/
   sodat sy uitdrukking aan haar gemoedstoestand/konflik kan gee. Dis nie vir haar
   langer so belangrik om raakgesien te word/bygestaan te word om haar plek in die
   samelewing te vind nie./Bv. bl. 25: En die ergste: elke keer dat ek deur 'n krisis of

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            11                                          DBE/2019
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

    interessante stadium gegaan het, was my susters my voor, hulle het die kalklig gesteel deur
    iets meer dramaties te doen. Soos die keer toe ek Riekie wou afsê en Kara 'n non wou
    word./Bl. 25: Ek het nooit gelag nie en smiddae laat deur die tuin geloop en tob oor die sin
    van die wêreld en my plek in die groter bestel. Niemand het eens opgekyk nie, want Elsa was
    swanger.
   In Iris se huislike omstandighede voel sy dikwels dat sy nie ondersteuning kry oor haar
    blomtyd/in krisisse/met onsekerhede/ten opsigte van lewensvrae nie; dit veroorsaak by
    Iris 'n soort onsekerheid wat haar bewus maak daarvan dat sy nie verkeerde keuses wil
    maak nie. Sy soek desperaat na 'n blomoomblik. In alles wat met haar gebeur, wonder
    sy of dit nie dalk 'n blomoomblik is nie. Later in haar lewe besef sy dat 'n mens nie net
    een blomoomblik het nie. Sy besef ook dat 'n blomoomblik dikwels ongesiens
    verbygaan – dit dui op die groei wat by haar plaasvind./Bv. bl. 87: Onthou jy nie wat Ma
    altyd gesê het nie? 'n Iris blom net een keer per jaar. Ek is aan die oud word en dis tyd dat ek
    blom./Bl 104: Ek glo al sedert my skooldae dat ek, soos my botaniese naamgenoot, die een
    of ander tyd moet blom en dat ek dus te alle tye gereed moet wees en nooit 'n nuwe aanbod
    van die hand mag wys of 'n potensieel opwindende situasie onbenut mag laat nie.
   Iris voel aanvanklik dat sy in die skadu van haar susters staan, want alles wat sy doen,
    is reeds deur haar susters gedoen; dit veroorsaak dat Iris erkenning wil hê/waardeer
    wil word vir insette wat sy (kan) maak. Dit lei tot 'n eksistensiële periode in Iris se lewe
    waartydens sy vir lang tye mediteer en vreemde klere dra. Hierdie gedrag/optrede dui
    op haar behoefte aan erkenning. Later in haar lewe neem sy wel haar eie besluite ten
    spyte van kritiek en kies Peter bo bv. die geleentheid om in modelwerk erkenning te
    kry./Bv. bl. 34: Dit was altyd dieselfde ou storie. Ek was te jonk. Ek kon nog nie saampraat
    nie. Ek het nie geweet waarvan ek praat nie. Van ek die dag gebore is, was dit so. Wat ek
    ook al gedoen het, was reeds deur hulle gedoen.
   Iris se familie spot haar oor haar naam; sy ontwikkel gevolglik 'n beheptheid met haar
    naam: sy glo haar naam het 'n bepaalde betekenis of ryke assosiasie. As "iris" (die
    blomplant) soek sy desperaat na een spesiale blomoomblik, maar wanneer Junior
    verklaar dat sy ma se irisse meer as een keer per jaar blom, begin Iris wonder of 'n
    mens ook (dalk) meer as een blomoomblik het. Dié twyfel wat Junior by Iris saai,
    veroorsaak dat sy later in haar lewe tot insig groei wanneer sy weet dat ook sy meer as
    een keer kan blom. Haar karakter ontwikkel so dat sy selfs besef 'n blomoomblik kan
    skielik kom en/of ongesiens verbygaan./Bv. bl. 148: ''Dis tog 'n mooi blom,'' het ek myself
    verdedig. ''Irisse is pragtig wanneer hulle in die lente blom.'' ''My ma s'n blom in die herfs ook,
    ...'' My lewensfilosofie was besig om te wankel./Bl. 186: Ek sou al die irisse in ons tuin uitspit
    en aan 'n vriendin skenk sodat ek nie gedurig geterg word nie.
   Dat Iris nie 'n familienaam het nie, is vir haar 'n probleem, maar toe te skryf aan
    omstandighede buite haar beheer. Sy slaan haar naam in 'n woordeboek na waarna sy
    nie meer saam met die gesin oor haar naam spot nie; sy bly eerder stil oor haar gesin
    se "domheid". Die feit dat Iris die betekenisse van haar naam ken, terwyl haar susters
    nie die betekenisse van hulle name ken nie, veroorsaak dat sy skerpsinnig en
    diepsinnig voel. Later in haar lewe, onder die invloed van Peter en die Engel, aanvaar
    sy/weet sy dat 'n naam net 'n naam is. Gevolglik hou sy op om haar te bekommer oor
    moontlike betekenisse van die naam "Iris" en leef doodgewoon gelukkig./Bv. bl. 10: Toe
    ek klein was, het ek saamgelag, maar in my diepsinnige puberteit het ek geswyg en my gesit
    en verwonder oor hulle domheid./Bl. 10: Waarom het niemand verby die moeë ou grappe oor
    flappe en ''iets knaag weer vandag aan Iris se bol'', gekyk nie?
   Iris se kwelvraag oor die betekenis en waarde van haar naam speel 'n groot rol
    gedurende haar ontwikkeling: Iris voel elke naam het 'n bepaalde betekenis, maar sy
    twyfel oor die waarde van haar naam. Uiteindelik kom sy tot insig (deur die invloed van
    die Engel en Peter) dat 'n naam net 'n naam is. Iris sien af van haar beheptheid met
    haar naam./Bv. bl. 132: "Jou ouers moes jou nooit Iris gedoop het nie ..."/Bl.132: "As jy weer
    begin verduidelik wat jou naam beteken, gaan ek my kop in die sneeu begrawe ..."

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           12                                        DBE/2019
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

   Iris is sedert haar geboorte uitgelewer aan 'n kritiese, uitgesproke, beherende ouer
    suster, nl. Elsa, met wie se kommentaar Iris as kind reeds moes vrede maak. Nadat
    Peter Iris saamnooi Amerika toe, skep Elsa se kommentaar dat 'n vrou nie agter 'n man
    aanloop nie, vir Iris 'n ongemaklike situasie. In die verlede het Elsa se kommentaar Iris
    beïnvloed, maar Iris is nou van mening dat sy vyf-en-twintig is en daarom kan sy haar
    eie besluite neem./weet sy wat sy wil doen: sy neem die besluit om vir Peter te gaan
    kuier./Bv. bl. 85: Elsa het my voornemende reis afgekeur. Sy en Hannes het kom groet die
    dag voor my vertrek en sy het haar mening ongevraag en onomwonde gegee. '' 'n Meisie loop
    nie agter 'n man aan nie.''/Bl. 86: ''En wat van sy ouers? Hulle sal dink jy's 'n los flossie.''
   Die gebrek aan opwinding in Iris se lewe lei daartoe dat sy vir haar bepaalde
    fantasiekarakters skep: dit gee haar die geleentheid om haar verbeelding vrye teuels te
    gee. Van hierdie fantasiekarakters is die Engel 'n belangrike karakter wat rigting aan
    haar lewe gee: Iris en die Engel voer gesprekke oor haar naam asook die feit dat die
    lewe nié 'n storieboek is nie. Dit bring by Iris die insig dat haar naam geen besondere
    verskuilde betekenisse het nie én sy besef dat haar lewe en besluite haar eie
    verantwoordelikheid is./Bv. bl. 187: "Die lewe is nie 'n storieboek nie."/Bl. 37: "En 'n naam is
    net 'n naam."
   Iris se aanvanklike stryd om haar plek in die samelewing/groter bestel te
    vind/beheptheid met die betekenis van haar naam neem onder die bestendiger, nugtere
    invloed van (veral) Peter en die Engel af. Iris dink meer volwasse oor dinge wat vroeër
    vir haar belangrik was. Sy besef 'n naam is net 'n naam. Sy besef ook dat 'n mens talle
    blomoomblikke kan beleef./Bv. bl. 187: "Die lewe is nie 'n storieboek nie."/Bl. 187: "En 'n
    naam is net 'n naam."
   Die omstandighede in die hotel in Amerika is vir Iris onaangenaam as gevolg van die
    onvriendelike klerk. Voorheen sou Iris die situasie ignoreer en konsentreer op haar
    fantasiekarakters. In Amerika doen sy egter iets wat sy voorheen nooit sou gedoen het
    nie, nl. om die vreemde man te konfronteer oor sy ongeskikte onhulpvaardigheid. Dit
    bewys dat sy groei tot volwassenheid en verantwoordelikheid. Sy neem haar plek in en
    deins nie terug vir uitdagings of onsekerhede nie./Bv. bl. 108: Ek het nader gestap. "Jy
    pla my. Ek is vreemd hier, soos ongetwyfeld die meeste van jou gaste. Jy kan ons help deur
    vriendeliker te wees, meer tegemoetkomend."
   Die omstandighede in Vermont in die huis saam met Bettie en Brian se kinders laat Iris
    met ander oë na kinders/die huwelik kyk. Na Iris en Bettie se gesprek oor die kinders
    verander Iris haar oorspronklike standpunt: waar sy vroeër nie kinders wou gehad het
    nie, stel sy nou intens in Denise en Junior belang. Sy begin ook oor Peter anders dink.
    Dis duidelik dat Iris anders oor die huwelik begin dink./Bv. bl. 139: Ek het met meer
    ontsag na die spelende kinders gekyk./Bl. 185: Ek het my probeer voorstel hoe dit sou wees
    as ek en Peter trou. ... Peter wou kinders hê en seker gou ook. ... Metterjare sou die houthuis
    vol kinders wees.
   Die werklikheid van Iris se huweliksomstandighede veroorsaak dat haar fantasieë
    verdwyn. Iris is nie nou meer 'n dromer nie omdat die werkliheid van Peter se
    teenwoordigheid haar fantasieë laat verdwyn. Sy besef die werklikheid is mooier as
    haar fantasieë./Bv. bl. 213: Bowendien was geen denkbeeldige karakter opgewasse teen die
    harde, fisieke werklikheid van Peter nie. Hy was snaakser, warmer en meer dimensioneel as
    die spookbeelde waarmee ek my jeug omgedroom het.

Die kandidaat bied 'n gepaste slot aan.                                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           13                                        DBE/2019
                                       SS/NSS – Nasienriglyne

VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

7.1        Griekse godin van die reënboog/
           Dienares in diens van hoëre gode/
           Fleur de lis/blommotief op die Franse vaandel/
           "Iris" dui op 'n blom./plant./
           "Iris" dui op 'n deel van die oog (waarmee jy skerp kan sien). √√√                          3

           Die kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.

7.2        Die byna verbeeldingryke ontmoeting tussen Iris en Peter/Peter wat net soos die een
           fantasiekarakter, Peter, lyk, sluit by Iris se verbeelding aan. √                   1

7.3        Beide het 'n ruwe aantreklikheid. √
           Beide het selfvertroue. √
           Beide is vir 'n tydperk Amerika toe. √                                                      3

                                                      EN

           Ja
           Sy besef uiteindelik dat die werklikheid/haar huwelik met Peter/Peter se teenwoordig-
           heid in haar lewe beter as fantasieë is. √                                                  1

           Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
           Die kandidaat kan nie NEE as antwoord aanbied nie.

7.4        Iris moet 'n definitiewe keuse maak tussen Frederik en Peter./besluit of sy haar aan
           Elsa se kritiek (dat 'n vrou nie agter 'n man aangaan nie) gaan steur en of sy haar eie
           kop gaan volg. √                                                                            1

           Die kandidaat moet albei kante van die konflik vir EEN punt aandui.

7.5        Die roman speel gedurende die Apartheidsjare af. √                                          1

7.6        Elsa aanvaar Johanna, die huiswerker, se hulp wanneer sy na haar troue verklee./
           Johanna leen haar pêrels vir Elsa wanneer sy gereed maak om op wittebrood te
           vertrek./
           Ma/Els noem Johanna haar "niggie" wat nie 'n pas hoef te dra nie./
           Pa verbou aan Johanna se kamer soos Johanna dit versoek./
           Die gesin laat Johanna toe om in die huis te woon (nadat Pa plaas toe is)./
           Pa gaan woon alleen op die plaas, terwyl sy vrou alleen in die stad agterbly. √√√           3
           Die kandidaat bied DRIE soortgelyke antwoorde binne konteks vir EEN punt elk aan.

7.7        Iris breek haar enkel (toe sy die ys met die graaf wil wegbreek waarna sy in die
           hospitaal opgeneem is). √                                                        1

7.8        (Die Engel het nie verhoed) dat sy haar enkel breek (nie). √
           (Die Engel het nie voorkom) dat Bettie siek word/gif drink (nie). √                         2
                                                      EN

           Nee
           Die Engel het haar wakker gemaak toe Bettie gif gedrink het./siek geword het./
           Dit was 'n onvoorsiene ongeluk dat sy haar enkel gebreek het. √                             1
           Die kandidaat kan nie JA as antwoord aanbied nie.

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            14                                      DBE/2019
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

7.9        Ja
           Die Engel sê duidelik vir haar dat 'n naam net 'n naam is; dit beteken vir Iris dat sy
           met haar beheptheid oor haar naam kan ophou./
           Die Engel wys haar daarop dat 'n mens baie blomoomblikke kan hê./dat daar nie net
           een blomoomblik in 'n mens se lewe is nie./
           Die Engel stel dit baie duidelik dat sy self verantwoordelikheid vir haar keuses moet
           aanvaar, aangesien hy nie altyd by haar is nie./sy nie altyd kan staatmaak op ander
           vir raad en leiding ten opsigte van haar lewe nie./
           Die Engel lig haar in dat die lewe nie 'n storieboek is nie./dat die lewe vol werklikhede
           is./dat daar nie plek is vir baie fantasieë in die werklike lewe nie. √√√                 3
           Die kandidaat bied DRIE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
           Die kandidaat kan nie 'n NEE-antwoord aanbied nie.

7.10       In die hospitaal/Vermont √                                                                  1

7.11       Iris hou daarvan dat iemand anders die verantwoordelikheid vir gebeure/besluite moet
           aanvaar./
           Iris voel onseker oor haar plek in die groter bestel wat daartoe lei dat sy nie foute wil
           maak nie./
           Sy tob/ervaar konflik oor belangrike keuses/besluite in die lewe./
           Sy is te bang om self die verantwoordelikheid vir haar besluite te neem./
           Sy soek deurgaans na erkenning/bevestiging dat sy die regte ding doen./
           Sy openbaar haar diepste gedagtes/konflik/onsekerheid dikwels aan die Engel. √            1

           Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord binne konteks vir EEN punt aan.

           Die ek-verteller dui aan die leser dat Iris iemand is wat van dramatiese insidente hou./
           Die ek-verteller openbaar aan die leser dat Iris verwag dat iemand anders haar
           keuses moet bepaal./
           Die ek-verteller skep die idee by die leser dat Iris tog daarin belangstel om kinders te
           hê./
           Die ek-verteller suggereer aan die leser dat 'n huwelik met Peter vir Iris aanvaarbaar
           sal wees. √                                                                              1
           Die kandidaat bied 'n soortgelyke antwoord binne konteks vir EEN punt aan.

7.12       Iris soek na 'n blomoomblik, wat sy nie kry nie/vrees dat sy haar blomoomblik gaan
           mis wat aansluit by die tema dat elke mens blomoomblikke in sy/haar lewe het./
           Iris wonder aanhoudend wanneer sy 'n blomoomblik sal beleef, hoewel dit nie gebeur
           nie. Dit sluit aan by die tema dat blomoomblikke soms ongesiens/onverwags
           plaasvind./
           Iris wag ongeduldig op 'n spesifieke blomoomblik./Sy moet leer dat 'n mens soms
           meer as een blomoomblik kan beleef. Dit sluit aan by die tema dat 'n mens meer as
           een blomoomblik kan beleef./dat blomoomblikke dikwels onverwags oor jou pad 1
           kom./ongesiens verbygaan. √
           Die kandidaat bied 'n soortgelyke formulering van Iris se verwagtinge ten opsigte van
           haar naam wat by die tema aansluit, vir EEN punt aan.
           Haar ouers moes haar nooit "Iris" gedoop het nie./
           Hy wil sy kop in die sneeu begrawe wanneer sy begin verduidelik wat haar naam
           bete-ken/waarop haar naam dui./                                               1
           Hy stem saam dat 'n naam net 'n naam is. √
                                                                                         [25]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          15                                      DBE/2019
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
   Dis 'n breë raamwerk van feite.
   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied 'n gepaste inleiding aan.

 Baas se karakter ontwikkel as gevolg van innerlike konflik wat hy oor sy ouers se dood
  ervaar. Hy koester 'n wrok teenoor die plaaslike bevolking./die Lozi's./Hy wil hulle/die
  khuta nie help nie, maar hy kan nie anders as om goed aan die mense te doen nie. Later
  kry hy dit reg om hulle gebruike te aanvaar./met Grace in 'n bepaalde verhouding te
  tree./die bankies onder die worsboom te herstel as aanduiding dat hy die plek inrig vir
  gebruik deur die Lozi's. Sy karakter toon tekens van vergifnis en samewerking./Bv. bl.
  93: "Ek wil ook nie weet van werksoekers en siek mense en honger mense en weeskinders en
  kruppel vrouens en sterwendes wat met 'n slee na my toe aangery word nie."/Bl. 243: Die
  mense om die bed vat hande. Hulle bly lank so staan met hulle koppe gebuig. "Dankie, Here.
  Amen." sê Baas./Bl. 244: Sy gee koperskroewe aan. Baas skroef die eerste bankie se plank
  op die stutpaaltjies onder die worsboom vas.
 Baas ervaar innerlike konflik oor die sendinggedagte op Manaka./die feit dat ouma
  Essie sê dat hy met 'n doel na Manaka gestuur is. Hy onthou die geestelike liedere wat
  hy as kind in die kerkie/by sy ouers gehoor/leer sing het, maar wil nie saamsing nie./wil
  nie saam bid nie./weier om Bybel te lees. Later maak hy vrede met sy Christenskap/sy
  geroepenheid: hy sit openlik en lees uit sy ma se Bybel./suggereer dat hy die herstel
  van die kerkie sal onderneem./Bv. bl. 94: "Ek is nie hiernatoe gestuur nie. Ek is op my eie
  hier."/Bl. 94: Baas hou op kap. "Ek moet die sendelinge help om hier op my eie werf in te trek
  sodat jy 'n werk kan kry ..." "Dit is hoe dit is." Baas swaai 'n hou na die hardekoolstomp./Bl.
  234: Wie weet of jy nie met die oog op 'n tyd soos hierdie Manaka toe gestuur is nie? het
  ouma Essie gesê./Bl.249: ... sê meneer Johnnie vroegoggend onder die worsboom langs die
  water waar Baas in sy ma se Bybel sit en lees.
 Baas se innerlike konflik oor godsdiens/sy geloof is 'n belangrike skakel in sy
  karakterontwikkeling: hy ontken aanvanklik dat hy 'n Christen is./praat baie lelik oor
  ouma Essie se opmerking dat hy 'n Christen is, hoewel almal om hom na sy goeie dade
  verwys en daaruit aflei dat hy 'n Christen is. Grace verwag van hom om as Christen uit
  te reik na/om te gee vir ander mense, veral die Lozi's, wat hy aanvanklik nie wil doen
  nie. Later aanvaar hy, nadat hy dikwels vrae oor Christenskap gevra het, dat hy nooit sy
  geloof werklik verloor het nie; hy begin in die Bybel lees en bid selfs by ouma Essie se
  siekbed. Uiteindelik suggereer hy ook dat hy die herstel van die sendingkerk sal
  onderneem./rig hy Manaka in as 'n bymekaarkomplek vir mense net soos dit in die tyd
  van sy oupagrootjie was, waarmee hy aandui dat hy sy rol as geestelike leier
  aanvaar./Bv. bl. 91: "Ek het maar net gedink ek sal jou mond toehou. Die laaste keer toe
  iemand jou 'n Christen genoem het, het jy baie lelik gepraat."/Bl. 228: "Omgee, ja. Dis
  sendingbloed." Baas raak aan Grace se skouer. "Is dit wat van jou 'n Christen maak?" "Ja, en
  die weet," antwoord sy. "Die weet waar ek heengaan, hier, en in die lewe hierna."/Bl. 244: "Die
  deure en die vensters vir die kerk en vir die huis het gekom," sê Baas.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          16                                       DBE/2019
                                      SS/NSS – Nasienriglyne

 Baas ervaar innerlike konflik oor ouma Essie se uitspraak dat hy na Manaka gestuur is
  net soos die eerste sendeling soontoe gestuur is. Hoewel hy dit ten sterkste ontken,
  spook die uitspraak/sy geloofstryd by hom. Hy wonder wat van 'n mens 'n Christen
  maak, en vra die vraag aan Griesel, Nanna, ouma Essie en Grace. Omdat hy verskillende
  antwoorde kry, bly hy worstel. Hy besef dat hy voorheen nooit gewonder het of hy die
  Bybel glo nie, en vra selfs vir Johnnie wat hy van die Here weet. Hy lees die tekste wat
  ouma Essie vir hom gee om te lees; ook lees hy in sy ma se Bybel. Uiteindelik besef hy
  jou reg om 'n Christen te wees, maak van jou 'n Christen. Hy besef dat die drome wat 'n
  mens droom, drome is wat van God af kom. Hy besef ook dat die drome wat 'n mens
  droom, dikwels verskil van drome wat God vir jou beplan. Uiteindelik tree hy as die
  Lozi's se geestelike leier op wanneer hy Chisupo en meneer Daaimon uit die siek vrou
  se teenwoordigheid/uit ouma Essie se lapa wegdra./vir die eerste keer in jare bid hy by
  ouma Essie se siekbed./Bv. bl. 94: "Ook nie die werk waarvoor jy hiernatoe gestuur is nie."/Bl.
  94: "As jy weggaan, sal die sendelinge ook weggaan."/Bl. 95: "Om my te help om 'n werk te
  kry, en om die pad vir die sendelinge oop te maak, is miskien party van die werke waarvoor die
  Here jou na Manaka toe gestuur het. Miskien is dit ook hoe hy die eerste sendeling gestuur het
  om Manaka te begin, lank voor my oupagrootjie se tyd."/Bl. 210: Hoekom het hy nooit
  gewonder of hy die Bybel glo, tot ouma Essie dit vir hom gevra het nie?/Bl. 207: Sonde is 'n
  gesindheid, sê Nanna ... Chrístenskap is 'n gesindheid, sê Griesel ... "Wat weet jy van Jesus?"
  vra Baas./Bl. 234: Wie weet of jy nie met die oog op 'n tyd soos hierdie Manaka toe gestuur is
  nie? het ouma Essie gesê./Bl. 243: Die mense om die bed vat hande. Hulle bly lank so staan
  met hulle koppe gebuig. "Dankie, Here. Amen." sê Baas.
 Hoe langer Baas op Manaka vertoef, hoe meer verdiep sy konflik oor veral Chris-
  tenskap./geloof. Die teks in sy ma se Bybel (Joh. 3:16) met sy geboortedatum by laat
  hom wonder of 'n mens die ewige lewe kan hê en dit weer verloor. Na meneer Mosko se
  ma se dood wonder hy oor wat van 'n mens se siel word. Uiteindelik vra hy selfs vir
  Johnnie uit oor Christenskap en geloof. Die ontwikkeling wat plaasvind, is duidelik. Hy
  dra meneer Daaimon en Chisupo (as verteenwoordigers van die bose/die bygeloof) uit
  die siek vrou se kamer. Hy bid by ouma Essie se siekbed. Boonop sit hy teen die einde
  van die verhaal vroegoggend onder die boom en lees uit sy ma se Bybel – 'n Bybel wat
  hy aanvanklik nie Manaka toe wou saambring nie. Hy suggereer dat hy die kerk en huis
  se herstel sal klaarmaak. Hy herstel die bankies onder die worsboom sodat die
  gemeenskap weer daar byeen kan kom./Bl. 184: Hy gaan soek sy ma se Bybel. Baie verse is
  netjies met potlood en liniaal onderstreep ... By sy paraffienlampie lees hy hoofstuk 3 vers 16.
  Die datum wat sy ma daarby geskryf het, is 25 Maart 1952. Dit is die dag waarop hy gebore
  is./Bl. 193: "Baas tel hom op en dra hom uit. Die Een wat met die Vinger wys, verset hom
  nie./Bl. 243: Die mense om die bed vat hande. Hulle bly lank so staan met hulle koppe gebuig.
  "Dankie, Here. Amen." sê Baas./Bl. 244: "Die deure en die vensters vir die kerk en vir die huis
  het gekom," sê Baas.
 Baas ervaar baie konflik vanweë die sendelingpaar se teenwoordigheid op Manaka. By
  Griesel sien hy die teenkant van Christenskap. Baas besef dat woord en daad by Griesel
  nie ooreenstem nie; hy roem daarop dat hy 'n sendeling is, maar openbaar hoogmoed en
  onverdraagsaamheid teenoor Baas se optrede wat getuig van omgee en welwillendheid
  ten spyte daarvan dat hy met mag en mening ontken dat hy 'n Christen is. Baas groei tot
  insig dat sy eie optrede baie meer van Christenskap getuig as Griesel s'n./As predikant
  op Manaka erken Griesel dat hy 'n misplaaste droom gehad het wat Baas se konflik oor
  sy eie drome versterk, want hy sien dat 'n mens se eie drome en God se plan nie
  noodwendig dieselfde is nie. Aanvanklik hou hy vas aan sy droom om 'n boot op die
  Zambezi te kry, terwyl die gemeenskap se behoefte aan 'n geestelike leier sy planne
  aanhoudend in die wiele ry./ouma Essie hom kort-kort wys op sy rol as gestuurde.
  Uiteindelik ontwikkel hy so dat hy die leierskap as Manaka se geestelike leier aanvaar.
  Hy verwyder die verteenwoordigers van die bose by die ou vrou se siekbed deur
  Chisupo en meneer Daaimon uit die kamer te dra. Hy betaal meneer Johnnie se lobola
  sodat hy met sy gesin herenig kan word. Hy bid by ouma Essie se siekbed. Hy suggereer
  dat hy die

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            17                                        DBE/2019
                                        SS/NSS – Nasienriglyne

    kerk se herstel sal waarneem. Hy herstel die bankies onder die worsboom./Bv. bl. 122:
    "Wat wil jy met die boot maak?" Ouma Essie staan vas teen Baas ... "Die drome wat die
    kinders van die Here droom, is die drome wat Hy vir hulle géé om te droom ..."/Bl. 122: "So
    romanties is dit darem nie, ouma Essie. Die boot moet my aan die lewe hou."/Bl. 118: "En wie
    weet of jy nie met die oog op 'n tyd soos hierdie Manaka toe gestuur is nie."/Bl. 192: Baas tel
    meneer Daaimon op en dra hom van die hut af weg./Bl. 193: Baas tel hom op en dra hom uit.
    Die Een wat met die Vinger wys, verset hom nie./Bl. 239: By Manaka beduie hy vir meneer
    Johnnie in watter sloot die bul lê. Hy stuur hom om vir sy skoonmense te gaan sê dit is die
    losprys vir sy vrou en kind./Bl. 244: "Die deure en die vensters vir die kerk en vir die huis het
    gekom," sê Baas.
   Baas wil aanvanklik graag alleen wees, want hy dink hy het nie ander mense nodig nie;
    hy jaag Grace behoorlik weg wanneer sy hom tydens die malaria-aanval versorg. Later
    begin hy dink oor sy eie eensaamheid in die teenwoordigheid van Nanna en onder die
    invloed van Griesel se jaloesie. Hy dink terug aan Fires./dink aan Riekert se woorde.
    Uiteindelik besef hy hy kan nie alleen oorleef nie./hy het ander mense in sy lewe nodig,
    soos hulle hom ook nodig het. Gevolglik laat hy Grace toe om die vleisverkope te
    hanteer. Saam met Grace gaan soek hy die boot nadat hy vir haar sê om hom nie meer
    as "meneer" aan te spreek nie. Dis baie duidelik dat hy ontwikkel het van iemand wat
    alleen wil wees/niks met die Lozi's te make wil hê nie tot iemand wat 'n lewe saam met
    hulle aanvaar./Bv. bl. 137: "Ek kom goed klaar sonder geselskap."/Bl. 145: Baas se oë soek
    na die kuiltjie in haar wang ... Hulle bly staan elkeen met 'n punt van die handdoek in die
    hand./Bl. 146: Eintlik was Fires se hare meer rooi as bruin. En sy het baie sproete gehad.
    Nanna het net 'n paar sproete en dié lê alles oor haar neus. En hier rond vat almal maar so 'n
    ou lekselstjie roet deur die draad./Bl. 246: "Jy moenie weer vir my ‘meneer' Baas sê nie," sê
    hy.
   Baas ervaar konflik oor sy oupagrootjie se soektog na die skoenlapper: hoewel hy
    graag in sy oupagrootjie se voetspore wil volg, maak die khuta se gierigheid dit vir Baas
    onmoontlik om sy drome oor die boot te realiseer. Hy besluit om weg te gaan, maar
    nadat Grace hom aan sy droom herinner het, besluit hy om te bly om sy oupagrootjie se
    voetspore op 'n ánder manier te volg: nie deur 'n boot op die Zambezi te hê nie, maar as
    geestelike leier sy oupagrootjie se voorbeeld te volg. Sy aanvanklike soeke na tekens
    dat sy oupagrootjie wel op Manaka was, verander na 'n aanvaarding dat Manaka sy plek
    is, soos dit sy oupagrootjie se plek was. Hy kap, na die voorbeeld van sy oupagrootjie,
    Morena se kop teen die stutpaal vas. Hy herstel die bankies sodat die gemeenskap,
    soos in sy oupagrootjie se tyd, by Manaka kan byeenkom. So vervul hy sy oupagrootjie
    se droom om die ontwykende skoenlapper te vang./Bv. bl. 174: "O, die ou buffeljagter? Ja,
    hy was my oupagrootjie. Hy was 'n Kanadees."/Bl. 174: Baas is lank stil. Die suising in sy kop
    is terug. Hy weet dit het niks met die malaria te doen nie./Bl. 225: "Ek wil jou iets wys." Baas
    vat Whitey se beker en gee dit ook vir Grace. Hy haal die ou bruin Bybeltjie met die blink
    leeromslag van die rak af./Bl. 226: Whitey gryp Baas vas. Baas gee vir hom die Bybel./Bl.210:
    Hy kerf nog 'n naam onder sy oupagrootjie se naam in die sagte bas uit: Baas Chipman.
   Wanneer Baas se drome oor sy boot telkens in die wiele gery word, baklei hy om wel die
    boot klaar te maak. Dís al wat hy op Manaka wil doen. Whitey se aankondiging dat hy
    die verlore boot in die Liabwa la Twelve gevind het, bring Baas tot die insig dat hy op
    Manaka selfs sy droom ten opsigte van sy boot kan realiseer./dat hy op Manaka kán
    bly./Bv. bl. 211: "Vandag slaan ek die laaste plank onderkant die waterlyn vas!" dawer Baas se
    dreigement tussen die klipkoppe in./Bl. 220: Laatmiddag draai hulle die laaste skroewe vas.
    Baas maak die voeë dig. "Nou sal my boot kan dryf," sê Baas .../Bl. 224: "Ek kom eintlik net
    hoor of ek nie daardie seuntjie by jou kan leen nie ... Ek het 'n droom gehad."/Bl.245: "Die boot
    het nie verby die waterval gedryf nie. Dit het in Liabwa la Twelve dwars gedraai en sit nou in
    die kanaal vas." "Jy het die boot gesién?" vra Grace vir Sitali.
   Dat Baas karakterontwikkeling ondergaan, is duidelik wanneer Whitey Baas se rol in die
    gemeenskap erken deur vir Baas planke vir die herstel van die bankies te bring; dit gee
    vir Baas die finale insig dat hy sy rol as geestelike leier nie langer kan ignoreer nie./dat

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018-memo/89172392-378e-4868-8b19-5f1762563210) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2016-memo/5497b749-e408-4f00-b341-25758bcc85a8) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-june-july-2015-memo/8da47c41-e534-4c6b-97f6-361042b9ed60) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2019/367ff59a-d2b3-4a61-9ec2-462562ce9a61) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2022/b6902408-ac2a-4a7c-a4f3-5057a283114e) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
