# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2021 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2021, 30 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2021/bd0848ce-447c-46d0-8bdd-1169e8e62e6e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 30

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2021 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2021/bd0848ce-447c-46d0-8bdd-1169e8e62e6e)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 30 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                          2021

                                                                          PUNTE: 80

                                                                        TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 30 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         2                                  DBE/2021
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.

2.      Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
        inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste
        wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en
        kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.

3.      Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

        AFDELING A: Gedigte         (30)
        AFDELING B: Roman           (25)
        AFDELING C: Drama           (25)

4.      Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en
        EEN in AFDELING C.

        AFDELING A: GEDIGTE
        Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
        Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

        AFDELING B: ROMAN
        Beantwoord EEN vraag.

        AFDELING C: DRAMA
        Beantwoord EEN vraag.

5.      KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

            Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
            Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
             die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag
             in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
             beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
             kontrolelys om jou te help.

6.      LENGTE VAN ANTWOORDE

             Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.
             Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.
             Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
              puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en
              relevant.

7.      Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                     3                    DBE/2021
                                       SS/NSS

9.        Beantwoord ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

10.       Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: ongeveer 40 minute
          AFDELING B: ongeveer 55 minute
          AFDELING C: ongeveer 55 minute

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                  4                             DBE/2021
                                    SS/NSS

INHOUDSOPGAWE

AFDELING A: GEDIGTE

Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER                         VRAAG             PUNTE      BLADSY
1. " 'n brief van hulle vakansie"  Opstelvraag          10          6

2. "Reaksie"                     Kontekstuele vraag    10            8

3. "Vincent van Gogh"            Kontekstuele vraag    10            9

4. "besoekersboek"               Kontekstuele vraag    10            10
                                    EN
Ongesiene gedig: Verpligtend
5. "selfs die son"               Kontekstuele vraag    10            11
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.*
6. Die kwart-voor-sewe-lelie        Opstelvraag        25            12

7. Die kwart-voor-sewe-lelie     Kontekstuele vraag    25            12

8. Manaka Plek van die Horings      Opstelvraag        25            15

9. Manaka Plek van die Horings   Kontekstuele vraag    25            15

10. Vatmaar                         Opstelvraag        25            18

11. Vatmaar                      Kontekstuele vraag    25            18

12. Onderwêreld                      Opstelvraag       25            21

13. Onderwêreld                  Kontekstuele vraag    25            21
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.*
14. Krismis van Map Jacobs          Opstelvraag        25            24

15. Krismis van Map Jacobs       Kontekstuele vraag    25            24

16. Mis                             Opstelvraag        25            28

17. Mis                          Kontekstuele vraag    25            28

*LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
          AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                    5                                 DBE/2021
                                      SS/NSS

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.

                 AFDELING                VRAAG-         GETAL VRAE         MERK
                                         NOMMER        BEANTWOORD           ()
A: Gedigte                                 1–4              2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte                                     5              1
(Ongesiene gedig)
B: Roman                                   6–13               1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama                                   14–17              1
(Opstel of kontekstueel)

LET WEL:       Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
               AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         6                                         DBE/2021
                                           SS/NSS

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE
Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAG 1: OPSTELVRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

'n brief van hulle vakansie – Breyten Breytenbach
vir oubaas:

1        Noudat ek uitgeswel van lyf is kan ek treur
2        oor die eelte van my vader, die lugoë van my ma,
3        die skamel offerandes van hulle gebede as hulle my
4        op die knieë van hul Gij Here God lê;

5        noudat ek agter 'n baard kou kan ek huil
6        as hulle snags my naam fluister met die ruite
7        donker knippende oë in die wind, oor die visolie
8        vir my griep, die ingelegde perskes (albertas) op die rak

9        In sy sestigste jaar swem my pa in Stilbaai se see
10       en stap myle ver oor die sand met sy reguit bene
11       in 'n kortbroek en speel krieket op die duine
12       en eet alikruikels in die Sea View-losieshuis

13       want hys 'n bokser dokter boer
14       'n kaptein en 'n held 'n indoena tussen grysaards –
15       En as die reën soos 'n gesluierde bruid oor die see kom
16       word die lieflinghond (Trixie) lam;

17       drie dae veg die veearts en buig dan die knie
18       en hulle dra die lyk terug na Kafferskuilsrivier
19       die plaas van hulle jong liefde en plant die saad
20       'n soenoffer in die diep grond se skoot

21       want nou is hulle minnaars
22       stil bome in die najaar met die wind
23       strelende drome in die takke
24       onder komete leeftye lang wêrelde

25       My ooms sterf soos kapok in die son
26       hartaanval beroerte kanker en tering
27       en my pa word stiller en meer verskriklik
28       van dop tot dop

29       Hier waar die harde winters en nat somers
30       my lyf ongenaakbaar skil, treur ek oor
31       die soet hart van my moeder
32       my pa se stil en bitter krag
                                                        [Bron: die ysterkoei moet sweet, 1964]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        7                          DBE/2021
                                          SS/NSS

Die spreker in die gedig gebruik verskillende vorme van beeldspraak om die
verganklikheid/sterflikheid van die mens te verwoord.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 250 tot 300 woorde.                        [10]

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           8                                      DBE/2021
                                             SS/NSS

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Reaksie – Vernon February

 1          Ou Ghwarrie en tjy sê daai ding
 2          dat tjy nou gloe met hart en siel,
 3          is tjy oek nou een van hul kring
 4          en vyand vannie hotnotsriel?
 5          oe tjy sil nou met newwies
 6          en tjou beste sjute die dag deurbring,
 7          dit kan ek nog verdra,
 8          ma aai, wa'om
 9          daai Sunday-go-to-meeting-face, ou Ghwarrie?
 10         wiet, tjy praat mos nes daai seurtjie
 11         oppie draad,
 12         dis justice, love en tjêritie,
 13         tjy sê my ek sil eendag brand
 14         ma waa's daai love en tjêritie?
 15         Die teorie wêk olraait,
 16         en wat kry tjy ou maat,
 17         net hate en insults hier.
 18         Dan soebat tjy nog ek moet gloe
 19         Nei mattie, gee daai kan,
 20         Hou tjy tjou Sunday-go-to-meeting-face
 21         en ek my bottel jien.
                                                                  [Bron: O snotverdriet, 1979]

 2.1        Herlees versreël 1 en 2.

            2.1.1       Waarop reageer die spreker?                                                 (1)

            2.1.2       Met watter klankeffek/halfrym word "daai ding" gebind?                      (1)

            2.1.3       Hoekom is die plasing van "daai ding" aan die einde van die reël
                        effektief?                                                                  (1)

 2.2        Wat gebruik die spreker in beide versreël 5 en 8 om die informele
            gesprekstrant te versterk?                                                              (1)

 2.3        Gee TWEE funksies van die gebruik van die retoriese vrae in dié gedig.                  (2)

 2.4        Wat word met "Sunday-go-to-meeting-face" (versreël 9) bedoel?                           (1)

 2.5        Dink jy die gebruik van herhaling in versreël 14 en 20 onderskeidelik is
            funksioneel? Motiveer telkens jou antwoord.                                             (2)

 2.6        Gee die tema van die gedig.                                                             (1)
                                                                                                    [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             9                                      DBE/2021
                                               SS/NSS

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Vincent van Gogh – DJ Opperman

1         Jy het as 'n miskende
2         heilige vergeefs geveg teen die ellende
3         en die onreg in die krotte van die myn,
4         in agterbuurtes en op landerye; slegs die pyn
5         en skriklike stryd van God
6         leer ken, wat mens en boom verknot
7         in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe
8         in aanbidding van die son kon verwe,
9         boere, wasvrouens en gepynigde gesigte,
10        die kantelende landskap in die snelle ligte
11        geel en groen en blou ‒ alles met koorsige gevlek
12        tot branding van die skone kon verwek,
13        toe is Sy hartstog eers in jou volbring
14        soos groen sipresse tot 'n vlam verwring.
                                                                    [Bron: Heilige beeste, 1937]

3.1       Watter woord in reël 1 en 2 dui daarop dat Van Gogh geen erkenning gekry
          het nie?                                                                                    (1)

3.2       Herlees versreël 5.

          3.2.1         Waarna verwys die "skriklike stryd" (versreël 5)?                             (1)

          3.2.2         Dink jy die verwysing na die stryd as "skriklike" is 'n funksionele
                        beskrywing? Gee TWEE redes vir jou antwoord.                                  (2)

3.3       "maar eers toe jy die koringgerwe
          in aanbidding van die son kon verwe" (versreël 7 en 8)

          Benoem die beeldspraak wat voorkom én skryf hoe dié beeld in hierdie
          versreëls beklemtoon word.                                                                  (2)

3.4       Hoe hef die spreker Van Gogh se kleurgebruik in reël 11 uit?                                (2)

3.5       Benoem die eindrym wat in die gedig gebruik word.                                           (1)

3.6       Hoe kontrasteer die stemming in versreëls 1 tot 7 met die stemming in
          versreëls 8 tot 14?                                                                         (1)
                                                                                                      [10]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           10                                     DBE/2021
                                             SS/NSS

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

besoekersboek – Fanie Olivier

1         op die sel se mure het iemand uitgekrap
2         (of liewer: íngekrap): sy naam en al die dae
3         van sy duskantste verblyf. gaan mens op stap
4         deur duikweë stasies onder brûe bly draai die vrae

5         wie was dié peter? waar kom pam vandaan?
6         hoe het die vriendskap tussen brian en ed begin?
7         sou w.a.l. se ouers hom meer as normaal geslaan
8         het? hoe lank het lieb sy liesbet bly bemin?

9         ek loer na hiërogliewe. 'n boer het my gewys
10        waar jagtonele oorgebly het teen die krans.
11        vóór in die gideons se bybel is 'n lang lys
12        lesers wat hul teen sterflikheid probeer verskans.

13        'n kind hoes seer; 'n lam huil stomgemaak. ek skraap
14        moed bymekaar: ek was hier en hier het ek geslaap.
                                                                      [Bron: Skimmellig, 1978]

4.1       Watter woord in versreël 2 sluit by die letterlike betekenis van die titel aan?           (1)

4.2       Wat is die funksie van die kleinletters in onderskeidelik die titel én die
          eiename in versreëls 5 tot 8?                                                             (2)

4.3       Wat gebruik die spreker in versreël 7 en 8 om die kortstondigheid van
          verhoudings uit te lig?                                                                   (1)

4.4       Herlees versreël 9.

          4.4.1         Is daar 'n verband tussen versreël 9 en die eerste drie woorde in
                        versreël 2? Motiveer jou antwoord.                                          (1)

          4.4.2         Op watter TWEE maniere word dié eerste drie woorde (in versreël
                        2) uitgehef?                                                                (2)

4.5       Slaag die mens daarin om onsterflikheid te verkry? Motiveer jou antwoord na
          aanleiding van versreël 12.                                                               (1)

4.6       Herlees versreël 13 en 14.

          Wat suggereer die spreker in versreël 13 én hoe sluit dit by die spreker se
          optrede in versreël 14 aan?                                                               (2)
                                                                                                    [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                              11                                          DBE/2021
                                                SS/NSS

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

selfs die son – Pieter Smit
1         jy praat van trek na griekeland
2         maar my oë
3         sien reeds hoe eensaam
4         staan die suikerbos
5                    teen die berg se suidekant
6         o hierdie land sal ons swaar verlaat
7         elke oggend
8         strek net 'n dagreis voor ons uit
9         al droog die dae
10        net perskes by bethulie
11        weg van mense in die son
12        hierdie land gaan ons swaar verlaat
13        hierdie land wat konsertina* speel
14                     met eensaamheid
15        hierdie land wat wals met hartseer
16                     as jou voete nie vat aan sy grond nie
17        hierdie land sal ons swaar verlaat
18        ja selfs die son keer terug
19        en hierdie grond weet reeds
20        hoe klop die tuisblykierie op sy rug
                  *Konsertina is 'n musiekinstrument soos 'n klein trekklavier wat jy in albei hande
                  vashou en bespeel deur knoppies langs die kante te druk terwyl jy jou hande na en
                  weg van mekaar beweeg.
                                                                                [Bron: Witskrif, 1987]

5.1       Na wie verwys die spreker met die woord "jy" in versreël 1?                                       (1)
5.2       Met watter woord in versreëls 1 tot 5 dui die spreker 'n teenstelling aan?                        (1)
5.3       Benoem die retoriese middel wat in versreël 12 gebruik word en gee 'n rede
          vir die gebruik daarvan.                                                                          (2)
5.4       Wat is die funksie van die inkeping van versreël 14?                                              (1)
5.5       Watter stemming heers in versreëls 1 tot 6? Haal 'n woord uit
          versreëls 16 tot 17 aan wat by hierdie stemming aansluit.                                         (2)

5.6       Herlees versreëls 18 tot 20.
          5.6.1         Benoem die driereëlige strofe.                                                      (1)
          5.6.2         Dink jy die indeling van dié drie versreëls in 'n afsonderlike strofe is
                        funksioneel? Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                                  (2)
                                                                                                            [10]
                                                                        TOTAAL AFDELING A:                  30

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        12                                  DBE/2021
                                          SS/NSS

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

Anders as ander mense gebruik Iris haar fantasiekarakters en die teenwoordigheid van
die Engel in haar lewe om haar werklikheid beter te maak.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                [25]

VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

    "Het jy nie iets beters om te doen nie?" het ek gevra toe hy my uiteindelik deur die
groot glasdeure van 'n winkel stoot.
    "Nee."
    In die skoenafdeling het ek my klam hare agtertoe geskud en gesien hoe die kamera
flits. Ek het dit geïgnoreer en toegelaat dat die assistent tongklikkend my blou voete        5
meet. 'n Seëning was dit, 'n warm omhelsing toe my voete gehul is in wolsokke en
stewels met trekkerbandsole.
    ''Aa,'' het ek gesug en die helfte van my Kersfeesbonus aan die winkeldame betaal.
    "Dis so," het die Engel agter my beaam, maar ek het my nie aan hom gesteur nie
omdat hy natuurlik nie regtig bestaan nie en bloot so opdringerig geword het omdat hy         10
Peter se telefoongesprek afgeluister het.
    "Waarheen nou?" het Joe gevra en self geantwoord. "Wat van die park? Ek kan mooi
foto's van jou neem."
    "Verskoon my," het ek beleef geantwoord. "Maar wat is hierdie beheptheid met foto's
neem? Nie eens as baba is ek so gedurig afgeneem nie. 'n Derde kind se oulikhede is           15
ou nuus en ... "
    "Jy't 'n interessante gesig. Ons kan iets daarvan maak."
    Ek het 'n paar potensiële leuens agtermekaar gekry. Sou ek noem dat my ma by die
hotel vir my wag? "My agent sal nie hiervan hou nie," het ek die swakste moontlike
verskoning opgediep.                                                                          20
    ''Agent? Ek het nie geweet jy het een nie." Hy het die lensdop van die kamera
teruggedruk. "Wie is hy? Ons kan 'n ooreenkoms aangaan."

7.1       Gee TWEE redes waarom Iris verplig is om Joe saam met haar na die
          afdelingswinkel te neem.                                                            (2)

7.2       By watter vorige geleentheid wou iemand ook 'n foto (soos in reël 12 en 13)
          van Iris neem?                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           13                                DBE/2021
                                             SS/NSS

7.3       Herlees reël 12 en 13.
          7.3.1         Watter verband is daar tussen die moontlikheid van 'n
                        modelkontrak (as gevolg van die foto's wat Joe neem) en Iris se
                        obsessie?                                                               (1)
          7.3.2         Noem TWEE voorbeelde van innerlike konflik wat die moontlike
                        modelkontrak by Iris veroorsaak.                                        (2)
7.4       Hoekom kies Joe juis Central Park om foto's van Iris te neem?                         (1)

7.5       Het dit 'n invloed op Iris dat sy die derde kind is? Motiveer jou antwoord met
          DRIE redes.                                                                           (3)
7.6       Herlees reël 17.
          Watter persoon het vroeër in die roman soortgelyke woorde aan Iris gesê en
          watter beskrywing gee Iris by daardie geleentheid van haar gesig?                     (2)
7.7       Waarom dink Iris die leuens in reëls 18 tot 20 uit en wat gee aanleiding
          daartoe dat sy tog saam met Joe gaan om foto's te neem?                               (2)

7.8       Dink jy Peter se optrede nadat Joe die modelkontrak vir Iris aangebied het, is
          geregverdig? Motiveer jou antwoord.                                                   (1)
                                                 EN

TEKS B

     "Ek weet nie."
     "Jy's nie lief vir Frederik nie."
     Ek het gesug. "Ek weet. Dis oor Peter wat ek wonder. Ken ek hom goed genoeg om
tot 'n besluit te kom?"
     "Het hy jou gevra?" het hy my vraag slim teruggekaats.                                     5
     "Soort van. As ek nou 'n karakter in een van my stories was, het ek iets dramaties
gedoen soos sy kind verwag. Dit sou alles tot 'n punt dryf."
     "Jy's op die Pil," het hy my herinner.
     "En jy's 'n vreeslik byderwetse engel," het ek gesê. "Het jy ook só met Ouma
gepraat?"                                                                                       10
     "Tye was anders."
     "Volgens haar het jy haar aangeraai om haar onheiligheid met Oupa te staak." Ek
het gelag. "Waar kom jy aan so 'n eufemisme?"
     Hy het sy waardigheid behou. "Mense skryf maklik dinge aan my toe wat hulle eintlik
self besluit het."                                                                              15
     "Nog 'n ding," het ek onthou. "Waarom het jy jou by my aangesluit? Wat van Ma of
die ander tantes of Elsa en Kara? Wat het ek en Ouma gemeen?"
     "Jy het my opgeroep," het hy gesê. "Jy het my een van jou fantasieë gemaak."
     Ek het regop gesit en hom goed bekyk. "Jy's alles behalwe 'n fantasie. Ek sien jou
met my eie oë. Jou linkervlerk se punt het 'n modderspatsel op."                                20
    Hy het sy vlerk gelig, daarna gekyk en dit teen die wit beddeken van die bed afgestof.
    "Terwyl ons nou die hele nag het om te praat, is daar baie wat ek jou wil vra," het ek
hom gesê.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            14                                 DBE/2021
                                              SS/NSS

7.9       Behalwe dat Peter op Frederik jaloers is, kom sy besitlikheid by TWEE ander
          geleenthede na vore. Noem die geleenthede.                                              (2)

7.10      Die Engel is 'n werklikheid in Iris se lewe.

          7.10.1        Watter TWEE rolle speel die Engel in Iris se lewe?                        (2)

          7.10.2        Hoe en waarom verander die Engel se rol aan die einde van die
                        roman?                                                                    (2)

7.11      Ondergaan Iris karakterontwikkeling in die loop van die roman? Gee 'n rede
          vir jou antwoord.                                                                       (1)

7.12      Herlees TEKS A reël 9 tot 11 en TEKS B reël 18 tot 20.

          7.12.1        Motiveer waarom Iris die Engel in TEKS A (reël 9 tot 11) en
                        TEKS B (reël 18 tot 20) onderskeidelik verskillend beleef.                (2)

          7.12.2        Hoe reageer Peter op Iris se verhouding met die Engel?                    (1)
                                                                                                  [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          15                                       DBE/2021
                                            SS/NSS

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).
VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG
In die roman is Baas 'n andersoortige mens wat sy eie kop volg. Wat maak hom so
anders?

Beantwoord die vraag in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                          [25]
VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS C

... Hulle word in die familiekerkhof in die Republiek begrawe.
    Met die verkryging van onafhanklikheid is die stryd vir Baas nog nie verby nie. Hy
word as 'n uitlander beskou en beland in 'n jare lange politieke oorlog om iets van sy
erfporsie te probeer behou. Uit desperaatheid word hy jagter. Maande lank jag hy
meedoënloos sy eie beeste in die mopanieveld van Sable Ranch, selfs in die ranteveld 5
op die oosgrens van die plaas. Die kudde Brahmane het gedurende die oorlog so wild
soos koedoes geword.
    Hy en die Ierse terriër wat hy by 'n teler in Mutare gekoop het, gebruik sy oorlede pa
se kliniek as slaapplek. Sable Ranch se opstal is afgebrand.
    Die reuntjie pas goed aan, al is hy nog jonk. Hy leer gou sy baas se roetine aan. As 10
die mes saans geslyp word vir die volgende dag se jag, weet hy dis amper tyd om kos te
kry en sy bek begin kwyl. As die waterbottel vol getap word, weet hy sy bak gaan ook vol
gemaak word. En wanneer die Bybel laataand uit die jagbagasie gehaal word, weet hy
dis amper slaaptyd en hy krul hom op sy streepsak langs die kampbed op. Maar sy oë
bly oop. Eers as die Bybel weer gebêre word, maak hy hulle met 'n tevrede sug toe en 15
slaan vir oulaas met sy driekwartstert 'n paar sambokslae op die vloer om te wys hy hou
van alles wat nou gebeur.
    Die gedeelte wat Baas in hierdie tyd dikwels hardop uit sy oupagrootjie se verweerde
Bybeltjie met die bruin leeromslag lees ...

9.1       Wie is die eerste familielid wat in die familiekerkhof (reël 1) begrawe is?              (1)
9.2       Herlees die onderstreepte sinsdeel in reël 2 en 3.
          9.2.1         Hoekom word Baas op Manaka anders as in Suid-Rhodesië
                        behandel?                                                                  (1)
          9.2.2         Op watter TWEE maniere word Baas op Manaka deur die khuta
                        uitgebuit?                                                                 (2)
9.3       Baas se ouers sterf in Suid-Rhodesië.
          9.3.1         Het die dood van Baas se ouers 'n permanente invloed op sy
                        geloofslewe? Motiveer jou antwoord.                                        (1)
          9.3.2         Watter TWEE mense in die roman praat met Baas oor sy ouers
                        se dood?                                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           16                                   DBE/2021
                                             SS/NSS

9.4       Baas verloor uiteindelik al sy geld op Manaka.

          Watter karaktereienskap van Baas, dink jy, is hoofsaaklik hiervoor
          verantwoordelik? Motiveer jou antwoord met TWEE feite.                                   (3)

9.5       Is dit van belang dat die verteller in soveel besonderhede uitbrei op die jong
          reuntjie in reëls 10 tot 17? Gee TWEE redes vir jou antwoord.                            (2)

                                                  EN

TEKS D

   Baas loop teen die ruie duin af rivier se kant toe.
   "Die pad gaan onder die groot maroela verby!" hoor hy Grace roep.
   Teen die luglyn sien hy die boom se kaal takke in die laaste lig van die maan. Hy
kry die voetpad wat Manaka toe gaan.
   Die janfrederik sing reeds toe Baas by die huis kom. Hy klim teen sy boot op en 5
gaan sit tussen die bagasierakke op die bodek met sy rug teen die stuurkajuit en wag
dat dit moet lig word. Die seekoeie kom raserig terug van hulle weiplekke af.
   Sy gedagtes dwaal oor die stil water van die Zambezi ver onder hom. Waar is sy
nou? Elke mens wat doodgaan, laat iemand agter wat wonder wat van sy siel geword
het ... DV, sê Whitey – as die Here wil. Sodat elkeen wat in Hom glo ... Asseblief ... Ek 10
het nog nooit iemand gesien sterf nie. Tien bokke en 'n kind is die prys van die
weddenskap. Daar is 'n vrou met wie ek wil trou, sê die ngambela van die khuta.
"Tibelelo" beteken die een wat wag vir haar besoekers. Daar is iemand anders wat vir
die Plek van die Horings aansoek gedoen het.
   In die oggendskemering draai Baas die plank op sy skoot dat die lig daarop val. 15
Zambezi Grace ... die naam van sy pontboot wat hy tussen Kazangula en Mombova op
die stuk kiaat geverf het.
   Moenie skuldig voel oor wie jy vernoem nie.
   Hy bêre die naamplank weer in die kajuit en klim teen die leer af.

9.6       Wat gee aanleiding tot Baas se optrede in reël 1?                                        (1)

9.7       Herlees reël 2.

          Dink jy dit is vir Grace regtig nodig om vir Baas die padaanwysings te gee?
          Motiveer jou antwoord.                                                                   (1)

9.8       Waarom gaan sit Baas juis op sy boot om alleen met sy gedagtes te wees?
          Hoe sluit dit aan by die innerlike konflik wat hy oor sy eie persoonlike ruimte
          op daardie oomblik ervaar?                                                               (2)

9.9       Reël 10 verwys na Whitey.

          9.9.1         Watter rol speel Whitey aanvanklik in Baas se lewe?                        (1)

          9.9.2         Noem DRIE optredes van Whitey wat aandui dat Whitey se
                        aanvanklike rol in Baas se lewe verander.                                  (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            17                                  DBE/2021
                                              SS/NSS

9.10      Wie is aan die woord in die onderstreepte sinne in reël 10 en 11?                        (1)

9.11      "Tien bokke en 'n kind is die prys van die weddenskap." (reël 11 en 12)

          Hoe hou hierdie woorde met Baas se oupagrootjie én met Baas
          onderskeidelik verband?                                                                  (2)

9.12      Herlees TEKS C reël 1 en TEKS D reël 18 en 19.

          9.12.1        Watter verband bestaan tussen die naam van die boot en Baas se
                        oorlede ouers?                                                             (1)

          9.12.2        Vind jy dit ironies dat juis Riekert dié woorde in reël 18 (TEKS D)
                        vir Baas sê? Motiveer jou antwoord.                                        (1)
                                                                                                   [25]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          18                                DBE/2021
                                             SS/NSS

VATMAAR – AHM Scholtz

Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).

VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

In die roman is Ta Vuurmaak anders as die ander karakters van Vatmaar. Wat maak
hom so anders?

Beantwoord die vraag in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                      [25]

VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E

    ... en gaan staan by die koppenent van die kis. Hy het in die swart gesig van sy
geliefde Ruth gekyk en in 'n mooi, ryk stem gesing: Rock of Ages, cleft for me, Let me
hide myself in Thee ... Al vier verse.
   Die kis is toegemaak en op Oom Flip se trollie getel en Ou Swaai het geweet sy
moet nie haastig wees nie, die hele Vatmaar loop agter haar aan.                        5
   Langs die graf het Oom Chai met 'n gebroke stem Nader my God by U begin sing.
Vatmaar het die woorde geken en dit gesing asof dit uit een hart kom en asof hulle met
die Hemelse Vader van Vatmaar praat. Daarna is die kis laat sak. Oom Chai het 'n
paar handevol sand in die graf gegooi en in Engels gesê: Dust tot dust, ashes tot
ashes – uit respek vir sy vriend se taal.                                               10
   Terwyl die graf toegegooi word, het Oom Chai na Oupa Lewies se gesig gekyk, sy
hand gevat en hom weggelei. Hulle het mekaar omhels soos net tweelinge kan. Albei
het begin huil. Die trane het op die skouers van die twee grysaards gedrup terwyl hulle
so staan. Almal het stil geraak. Toe het die twee ou vriende hulle arms laat sak en
sonder om na te dink het elkeen sy kakiesakdoek uitgehaal en die ander se gesig 15
afgedroog. Die mense het dit alles doodstil staan en aankyk. Oom Flip het met 'n
stadige skud van sy kop gesê: Die liefde ken nie grense nie.

11.1      Hoekom was die verhouding tussen Oupa Lewies en Ruth (reël 1 en 2) vir
          daardie tyd buitengewoon?                                                            (1)

11.2      Hoekom is Oupa Lewies en Ruth uiteindelik op Vatmaar gelukkig?                       (1)

11.3      Noem TWEE voordele wat sy verhouding met Oupa Lewies vir Oom Chai
          (reël 6) ná die Tweede Vryheidsoorlog ingehou het.                                   (2)

11.4      Oom Chai en Oupa Lewies ken mekaar van voor Vatmaar se ontstaan.

          11.4.1        Hoe dra Oupa Lewies tot Vatmaar se ontstaan by?                        (1)

          11.4.2        Watter rol speel Oom Chai in die totstandkoming van Vatmaar as
                        nedersetting?                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           19                                 DBE/2021
                                             SS/NSS

11.5      Oom Chai sing volgens reël 6 in Afrikaans.

          Noem TWEE voorbeelde van Oom Chai se betrokkenheid om die Vatmaar-
          kinders in Afrikaans op te voed.                                                       (2)

11.6      Oom Chai beleef konflik in Vatmaar.

          11.6.1        Watter besluit van Oom Chai veroorsaak dat hy die respek van die
                        Vatmaar-inwoners verloor?                                                (1)

          11.6.2        Noem TWEE voorbeelde van innerlike konflik wat Oom Chai ervaar
                        as gevolg van dié besluit?                                               (2)

11.7      Die twee mans se wedersydse omgee in reëls 12 tot 14 is 'n bewys van die
          gesindheid wat op Vatmaar heers.

          11.7.1        Noem TWEE voorbeelde van ander Vatmaar-inwoners se positiewe
                        optrede teenoor mekaar.                                                  (2)

          11.7.2        Word Settie September se dade teenoor Tant Wonnie deur omgee
                        gekenmerk? Gee DRIE redes vir jou antwoord.                              (3)

                                                 EN

TEKS F

    Miesies Wingrove moet my verskoon, sê Tant Wonnie. Ek het op pad van die Pan af
gedink dit sal nou ordentlik wees om huur te betaal vir die dak oor my kop. Die dak
behoort aan julle en ek sê dankie met 'n ope hart.
    Toe haal sy 'n kers uit en steek dit aan en vat die lantern, lig die glas op en blaas die
lig uit en gee dit vir Missus Wingrove: Asseblief, aanvaar dit as my dank.                    5
    Dit was of die twee vroue se harte een was want hulle gevoelens was dieselfde. Ek
sê ook baie dankie, het Missus Wingrove gesê.
    In haar enigheid het Suzan gedink: Die Here is goed, maar nou gee my Ma-Ma dan
weg wat Hy vir ons gegee het!
    Suzan, sê Missus Wingrove, steek asseblief vir jou Antie die lamp op. Toe Suzan vir 10
haar die brandende lantern aangee, sê sy: Dankie. Vat dit vir jou my kind, ook met 'n
ope hart.
    Dankie, Antie Wingrove, het Suzan gesê en die lantern teruggehaak aan die draad
waar dit gehang het. Toe het sy die kers met haar vingers uitgesnuit. Want die mense
het gesê om 'n kers met jou mond uit te blaas, is om die lig uit die huis uit te blaas.       15
    Sy het die vrou omhels en haar van haar stoel af opgelig en gesoen want sy was
baie klein.
    Jy druk my wind uit, het Missus Wingrove laggend gesê.
    Baie dankie, Antie, het Suzan weer gesê. Ek sal mooi agter dit kyk.

11.8      Reël 1 verwys na Tant Wonnie.

          11.8.1        Wat het gebeur wat dit nou vir Tant Wonnie moontlik maak om huur
                        te betaal?                                                               (1)

          11.8.2        Op watter TWEE maniere het Settie September se optrede
                        Tant Wonnie bevoordeel?                                                  (2)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           20                                  DBE/2021
                                             SS/NSS

11.9      Watter voorwaarde stel Missus Wingrove vir Tant Wonnie se terugkoop van
          die huis?                                                                               (1)

11.10     Hoekom is Suzan se dankbaarheid in reëls 15 tot 18 ironies?                             (1)

11.11     Herlees TEKS E reël 15 en 16 asook TEKS F reël 8 en 9.

          11.11.1       Hoe geld Oom Flip se gedagte dat die liefde nie grense ken nie vir
                        Ma Khumalo en Kenny onderskeidelik?                                       (2)

          11.11.2       Geld die tema van lyding sonder grense vir Suzan (reël 18) en
                        Harry Look onderskeidelik? Motiveer jou antwoord.                         (2)
                                                                                                  [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           21                                  DBE/2021
                                              SS/NSS

ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG

In die roman is Eckardt 'n andersoortige mens. Wat maak hom so anders?

Beantwoord die vraag in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                             [25]

VRAAG 13: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS G

   Teen die Saterdagoggend het die nuus soos 'n griepepidemie versprei na die laer
grade. Almal probeer inligting uit die matrieks kry, maar omdat dié nie regtig iets sê nie,
maak die ouens hulle eie stories op. Ek is aan diens in die Da Vinci-eetsaal. Dwaal net
lusteloos daar rond en wens die spul wil nou hul freerange eiers en ander organiese kos
eet en loop.                                                                                      5
   "Hulle het hom gekry, ouens. Vir Eckardt." 'n Opgewonde stem agter my. Ek draai
vinnig om. "Opgehang aan 'n boom. Sy tong so uit – "
   "Ek gryp die graadagt-ou aan die skouer. Hard. "Waar hoor jy dit?"
   "By Jones," sê hy, stil geskrik.
   "Wie is Jones?"                                                                                10
   Hy wys met sy vinger. Ek voel hoe woede my lyf oorneem. Dit is so erg dat ek 'n
oomblik net eers moet stilstaan en asemhaal. Kalmeer. "Sê vir Jones ek ruk sý tong uit
as hy weer sulke bog versprei."
   Ek stap buitentoe en gaan sit op die trap voor die koshuis. Eckardt se deur was van-
oggend gesluit toe ek daaraan voel. Vir 'n oomblik het dit my laat dink aan 'n grafsteen.         15
Die wit verf soos marmer. Ek weet waar die koshuisvader en terreinbestuurder 'n loper
hou vir die kamers, maar ek het nie gebodder om dit te gaan haal nie.
   Ek kyk uit oor die plein. Tom, die terreinbestuurder, stap verby. Hy en 'n assistent is
besig met die laaste voorbereidings vir die rugbywedstryde wat negeuur begin. Toe hy
sien ek kyk na hom, lig hy sy hand. Ek knik net my kop.                                           20

13.1      Na watter nuus word in reël 1 verwys?                                                   (1)

13.2      Is Greg se optrede in die onderstreepte woorde geregverdig? Motiveer jou
          antwoord met TWEE redes.                                                                (2)

13.3      Konflik karakteriseer Greg.

          13.3.1        Watter afleiding oor Greg se karakter kan na aanleiding van sy
                        uiterlike konflik in reëls 11 tot 13 gemaak word?                         (1)

          13.3.2        Gee DRIE voorbeelde van innerlike konflik by Greg in die roman.           (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            22                                  DBE/2021
                                              SS/NSS

13.4      Verwys na reël 16 en 17.

          Is dit van belang vir die verloop van die verhaal dat Greg oor hierdie
          inligting beskik? Gee TWEE redes vir jou antwoord.                                  (2)

13.5      Herlees reël 18.

          13.5.1        Watter rol speel Tom om Greg in die onderwêreld in te lei?            (1)

          13.5.2        Op watter TWEE maniere help Tom om Greg te mislei?                    (2)

13.6      Tot watter insig kom Greg (na aanleiding van reël 20) nadat hy
          meerderwaardig teenoor Tom opgetree het?                                            (1)

                                                 EN

TEKS H

      Ek kry vir Eckardt op pad na die Engelsklas. "Jy onthou nog van jou belofte van
gisteraand, nè!" herinner ek hom.
    "Ek het nie vergeet nie," sê hy. Die terreinbestuurder loop verby ons. Hy kyk in ons
rigting. Eckardt knik sy kop uit hoflikheid, maar praat nie verder totdat hy buite hooraf-
stand is nie. "Dink solank aan 'n lekker catchy nick."                                     5
    " 'n Watse ding?"
    "Jou skuilnaam, Greg," fluister Eckardt uitdagend toe hy opstaan, "Jou hacker nick-
name ... Jy gaan tog nie onder jou eie naam onderwêreld toe nie."
    "Wat is joune?" vra ek toe hy begin loop.
    Eckardt draai terug, leun oor na my toe: "My naam is Ekk-0."                           10

Die res van die skooldag is 'n total loss vir my. Ek sit net en dink aan 'n hacker-naam.
   G-man. Klink soos 'n superhero wat uit die Fantastic 5 geskop is, en toe word hulle
die Fantastic 4.
   Gregorian. Nee, dit sal klink of ek 'n hacker-monnik is.
   Dalk moet ek iets vat wat niks te doen het met my naam nie. Smash. Master. 15
Destroyer. Ek hou nogal van daardie een en onderstreep hom vet agterin my dagboek.
Jackal. Intruder. Shadow.
   So gaan dit aan en aan. Uiteindelik kom ek op iets af. Force. En toe het ek dit: 'n
kombinasie van my voorletter en Force.
   G-Force.                                                                              20

Ek skryf dit die aand op die notepad wat ek saamgebring het na Eckardt se kamer.
"G-Force," sê ek triomfantlik, asof ek die eerste hekkie al oor is.
   Eckardt skud sy kop. Hy trek die "For" in die naam dood.

13.7      Hoe verskil Greg se gesindheid teenoor Eckardt in reël 1 en 2 van sy
          gesindheid teenoor hom tydens hulle eerste ontmoeting?                              (1)

13.8      Gee TWEE ooreenkomste tussen die skoolruimte en Greg se ouerhuis.                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           23                                  DBE/2021
                                             SS/NSS

13.9      In 'n roman is ondersteuning van die tema belangrik.

          13.9.1        Hoe oorheers die onderwêreld (reël 8) Greg en sy pa se
                        lewens onderskeidelik?                                             (2)

          13.9.2        Is plaasvervangerskap op beide Greg en sy pa van
                        toepassing? Motiveer jou antwoord met EEN rede.                    (1)

13.10     Watter verband is daar tussen Ekk-0 se karakter en sy naam?                      (1)

13.11     Greg (reël 20) én sy pa maak van 'n skuilnaam gebruik.

          13.11.1       Wat suggereer Greg met "G-4ce"?                                    (1)

          13.11.2       Waarom is dit ironies dat sy pa "The Candlestick-Maker" as
                        skuilnaam gebruik?                                                 (1)

13.12     Herlees TEKS G reëls 13 tot 16 en TEKS H reëls 21 tot 23.

          13.12.1       Wat gee aanleiding tot Greg se gemoedstoestand in TEKS G
                        (reëls 13 tot 16) en TEKS H (reëls 21 tot 23) onderskeidelik?      (2)

          13.12.2       Wat is Greg se gemoedstoestand in TEKS H (reëls 21 tot 23)?        (1)
                                                                                           [25]

                                                             TOTAAL AFDELING B:            25

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         24                                   DBE/2021
                                            SS/NSS

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer
het.

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).

VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG

La Guma: Best of luck. Maar 'is 'n sterk tronk dié. Kyk die tralies!

Bespreek in 'n opstel van 400 tot 450 woorde hoe hierdie woorde vir Johnnie/Map en
Cavernelis waar word.                                                                            [25]
VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS I

ALMAL                    (groet): Haai, Miriam! ... Miriam ...
BÊREND:                  Ons is 'n bánd, hoor, Miriam, nie 'n choir nie! 'Cause ons ammal
                         sing vals! (Lag)
MIRIAM:                  O ...
FREDDY:                  Miriam, my meisie, ek hoor jy sê O-li-fant ... (Knik Bêrend se kant 5
                         toe.) Maar dis g'n plain O-li-fant nie, jong, dis Oliphant, op Ingils
                         like ...
BÊREND:                  Lyster jy nie na hom nie, Miriam!
                         Miriam lag skaam.
FREDDY:                  Speel maar, Bêrend ... Gie weer die noot!                             10
MIRIAM:                  Oompie Paulsen, Boeta Issie het gesê ek moet die band se
                         measurements kom vat, vir julle suits ...
OOMPIE PAULSEN:          'Is so ... Jy kan maar aangaan, Miriam ... 'is al weer dié tyd
                         vannie jaar, ja en hulle ken nog nie eers al die march'e nie! Laat
                         staan nog al die note!                                                15
DANNY:                   Die march'e! Hel, oompie Paulsen, ons is mos nie in die army nie.!
BOYTJIE:                 Oompie klink kompleet of ons freedom fighters is, ek mien
                         terrorists! Die march'e! (Lag)
OOMPIE PAULSEN:          Nei, maar Miriampie is reg vir die measurements ...
MIRIAM:                  Somaar hierso bytekant?                                               20
OOMPIE PAULSEN:          'Is so ... Lyster almal, Miriam het gekom, Miriam van Boeta Issie
                         om onse measurements te niem, vir onse klere ...
MIRIAM:                  Ek sil nie te lank wies nie ...
KAFFI'TJIE:              'Is ôrait, ons het mos tyd, miss ...
BÊREND:                  Samsodien ... Miss Samsodien, man, ken jy dan nie vir 25
                         Samsodien Tailors nie?
KAFFI'TJIE:              O ... Miss Samsodien ...
OOMPIE PAULSEN:          Kaffi'tjie is nuut by ons, Miriam. (Dan hard en gemoedelik.) Vir
                         enigiemand wat nog nie mag wiet nie, Issie Samsodien, Miriam
                         se pa, is onse tailor ... elke jaar ...                               30

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          25                                   DBE/2021
                                             SS/NSS

DANNY:                      Verstáán jy nou, Kaffi'tjie?
KAFFI'TJIE:                 Ek leer gou!
                            Hulle lag.
OOMPIE PAULSEN:             Kô, hou nou op moet praat. Miriam sal die measurements niem,
                            en while sy die measurments niem, practise ons ma aan ... 35
                            Miriam, jy sal by Boytjie beginne ...

15.1      Vir watter geleentheid moet Miriam nuwe klere vir Bêrend-hulle maak?                    (1)

15.2      In reël 13 is Oompie Paulsen aan die woord.

          15.2.1        Hoe was Johnnie in die verlede by Oompie Paulsen se orkes
                        betrokke?                                                                 (1)

          15.2.2        Het dié betrokkenheid 'n voordeel vir Oompie Paulsen se orkes
                        ingehou? Motiveer jou antwoord.                                           (1)

15.3      Dink jy Oompie Paulsen en die orkeslede behandel Johnnie regverdig ná sy
          vrylating? Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                                        (2)

15.4      Waar in die struktuur (bou) van die drama pas hierdie teks in? Motiveer jou
          antwoord.                                                                               (2)

15.5      Die teks is 'n uittreksel uit die drama, Krismis van Map Jacobs.

          15.5.1        Hoekom is die titel spesifiek Krismis van Map Jacobs?                     (1)

          15.5.2        Hoekom is dié Krismis vir Cavernelis en Blanchie onderskeidelik
                        ironies?                                                                  (2)

                                                 EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            26                                   DBE/2021
                                              SS/NSS

TEKS J

          Hy is nou die verteller, hulle die voorwerpe van die storie. Dan is Map stil.
          Die lig helder op hom. Ons sien hom, sy arms rustend op die leuning van die
          stoel wat hy agterstevoor gestel het om op te sit. Hy staar voor hom uit.
MAP:      Tommy Sobotker! En Cyril, en Richie, en Willy la Guma, en Blanchie …
          almal … almal … (Lag, dieselfde lag en staar voor hom uit.) Almal hier, almal 5
          in hierdie strate, in hierdie huise, almal … (Lag.) En die employers o, almal
          die employers … Hulle almal is so sympathetic … Blanchie, ja, even
          Blanchie, almal is so sympathetic … But … (sê dit baie hard) but, but, but,
          but … sympathetic, but … (Stil, lag weer.) Even Cyril en Richie! … Apostel
          George, ek wiet jy't my ge-warn lat dit so sal wies, maar … well … 'is tough 10
          luck, Apostel George … (Dan, skielik, skreeu hy.) 'Is tough luck, Here! (Dan
          praat hy, sagter, met Antie Grootmeisie iewers in die huis.) 'Is tough luck,
          Ma! Lyster Ma?! (Hy staan op, en praat asof hy voor 'n spieël staan.) Here!
          … en Ma! … (Kyk na die baie tatoeëermerke op sy lyf.) … Nei … (Lag.) …
          Hulle vat jou nie so nie! Hulle accept jou nie so nie! Map Jacobs, hulle vát jou 15
          nét nie so nie! 'Cause why? 'Cause hulle kan sién waarvandaan jy kom, jou
          history is op jou lyf, op jou nek, op jou gesig even … jou history en even jou
          geography, jou … alles! (Lag weer.) Hulle vat ga' vir jou so nie! (Stil, maar
          die straat beweeg, en hy wys na almal daar.) Ma!

15.6      Waar was Map voordat hy na hierdie ruimte (TEKS J) gekom het?                             (1)

15.7      Map verwys in reël 4 na Cyril en La Guma.

          15.7.1        Hoe stem hulle twee se protes teen die omstandighede in die
                        township ooreen?                                                            (1)

          15.7.2        Gee 'n bewys dat Cyril se optrede bydra tot uiterlike konflik in die
                        township.                                                                   (1)

15.8      Wat suggereer Map met die herhaling van "almal is so sympathetic" (reël 7
          en 8)?                                                                                    (1)

15.9      Dra Apostel George (reël 9 en 10) tot Map se karakterontwikkeling by? Gee
          'n rede vir jou antwoord.                                                                 (1)

15.10     Herlees die onderstreepte woorde in reël 11.

          Is dié woorde van Johnnie/Map in ooreenstemming met sy karakter?
          Motiveer jou antwoord en gee nog TWEE voorbeelde uit die drama wat jou
          antwoord ondersteun.                                                                      (3)

15.11     Herlees reël 14.

          15.11.1       Om watter TWEE redes het Map tatoeëermerke op sy lyf?                       (2)

          15.11.2       Op watter TWEE maniere ondersteun hierdie tatoeëermerke die
                        tema van vasgevangenheid in die drama?                                      (2)
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          27                                 DBE/2021
                                            SS/NSS

15.12     Herlees TEKS I reëls 3 tot 8 en TEKS J reëls 9 tot 14.

          15.12.1       Gee die stemming in TEKS I (reëls 3 tot 8) en TEKS J
                        (reëls 9 tot 14) onderskeidelik.                                        (2)

          15.12.2       Noem EEN insident wat tot die stemming in TEKS J bydra.                 (1)
                                                                                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2021/42e929f2-d518-448d-9474-d880ba2834f8) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2022/b6902408-ac2a-4a7c-a4f3-5057a283114e) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018/d44727d2-705d-4fdd-a87d-4da1c4380318) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2019-memo/669ef435-fb0c-4809-bd37-e82d905f388f) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018-memo/89172392-378e-4868-8b19-5f1762563210) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
