# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2022, 29 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2022/b6902408-ac2a-4a7c-a4f3-5057a283114e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 29

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2022/b6902408-ac2a-4a7c-a4f3-5057a283114e)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 29 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                             AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                          2022

                                                                          PUNTE: 80

                                                                        TYD: 2½ uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 29 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         2                                 DBE/2022
                                           SS/NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.

2.      Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
        inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste
        wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy gedoen het en
        kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.

3.      Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

        AFDELING A: Gedigte         (30)
        AFDELING B: Roman           (25)
        AFDELING C: Drama           (25)

4.      Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en
        EEN in AFDELING C.

        AFDELING A: GEDIGTE
        Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
        Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

        AFDELING B: ROMAN
        Beantwoord EEN vraag.

        AFDELING C: DRAMA
        Beantwoord EEN vraag.

5.      KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

            Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
            Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
             die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag
             in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
             beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
             kontrolelys om jou te help.

6.      LENGTE VAN ANTWOORDE

             Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.
             Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.
             Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
              puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en
              relevant.

7.      Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                     3                    DBE/2022
                                       SS/NSS

9.        Beantwoord ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

10.       Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: ongeveer 40 minute
          AFDELING B: ongeveer 55 minute
          AFDELING C: ongeveer 55 minute

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                   4                             DBE/2022
                                     SS/NSS

INHOUDSOPGAWE

AFDELING A: GEDIGTE

Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER                          VRAAG             PUNTE      BLADSY
1. "Reaksie"                       Opstelvraag           10          6

2. "eerste worp"                  Kontekstuele vraag    10            7

3. "besoekersboek"                Kontekstuele vraag    10            8

4. " 'n vigslyer sterf"           Kontekstuele vraag    10            9
                                     EN
Ongesiene gedig: Verpligtend
5. "Lied vir haar uitvaart"       Kontekstuele vraag    10            10
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.*
6. Die kwart-voor-sewe-lelie         Opstelvraag        25            12

7. Die kwart-voor-sewe-lelie      Kontekstuele vraag    25            12

8. Manaka Plek van die Horings       Opstelvraag        25            15

9. Manaka Plek van die Horings    Kontekstuele vraag    25            15

10. Vatmaar                          Opstelvraag        25            18

11. Vatmaar                       Kontekstuele vraag    25            18

12. Onderwêreld                       Opstelvraag       25            21

13. Onderwêreld                   Kontekstuele vraag    25            21

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.*
14. Krismis van Map Jacobs           Opstelvraag        25            24

15. Krismis van Map Jacobs        Kontekstuele vraag    25            24

16. Mis                              Opstelvraag        25            27

17. Mis                           Kontekstuele vraag    25            27

*LET WEL:         Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
                  in AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                    5                                 DBE/2022
                                      SS/NSS

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.

            AFDELING             VRAAGNOMMER            GETAL VRAE         MERK
                                                       BEANTWOORD           ()
A: Gedigte                              1–4                 2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte                               5                    1
(Ongesiene gedig)
B: Roman                               6–13                   1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama                               14–17                  1
(Opstel of kontekstueel)

LET WEL:       Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
               AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        6                                       DBE/2022
                                          SS/NSS

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

Reaksie – Vernon February

1        Ou Ghwarrie en tjy sê daai ding
2        dat tjy nou gloe met hart en siel,
3        is tjy oek nou een van hul kring
4        en vyand vannie hotnotsriel?
5        oe tjy sil nou met newwies
6        en tjou beste sjute die dag deurbring,
7        dit kan ek nog verdra,
8        ma aai, wa'om
9        daai Sunday-go-to-meeting-face, ou Ghwarrie?
10       wiet, tjy praat mos nes daai seurtjie
11       oppie draad,
12       dis justice, love en tjêritie,
13       tjy sê my ek sil eendag brand
14       ma waa's daai love en tjêritie?
15       Die teorie wêk olraait,
16       en wat kry tjy ou maat,
17       net hate en insults hier.
18       Dan soebat tjy nog ek moet gloe
19       Nei mattie, gee daai kan,
20       Hou tjy tjou Sunday-go-to-meeting-face
21       en ek my bottel jien.

                                                                 [Bron: O snotverdriet, 1979]

Die spreker gebruik 'n retoriese middel, beeldspraak en stylfigure in die gedig om sy
afkeur van Ghwarrie se optrede – ná laasgenoemde se bekering – te beskryf.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 250 tot 300 woorde.                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           7                                       DBE/2022
                                             SS/NSS

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.
eerste worp – TT Cloete
1        ons het nie ou katedrale en kastele nie,
2        geen breë riviere bevaarbaar vir groot skepe nie.
3        die min wolke wat ons het, is yl versprei.
4        ons het nie groot metropole nie.
5        ons is sonder groot donkergroen woude.
6        dun is ons geskiedenis met min groot name
7        soos beethoven of dante
8        of rembrandt of bramante
9        ons het min onwerklike sagte drome
10       maar ons het uitgestrekte woestyne
11       en krom grys bome wat houtbeen vasskop
12       in die droë sand en koets teen die son
13       ons het baie droë lope
14       en oerrivierbeddings met ou inheemse name
15       soos gourits en storievertelname soos skrij
16       of kameelsleep en lijersdraai
17       en baie reste naby aan die eerste worp
18       by wêreldseinde in die suisende stil nag
19       hoor jy die jakkalse se fossielskreeu
20       iewers tussen angstjank en primitiewe spotlag
                                                          [Bron: Uit die hoek van my oog, 1998]

2.1       Met watter woord in versreël 1 verwys die spreker na die inwoners van
          Suidelike Afrika?                                                                          (1)
2.2       Herlees versreëls 1 tot 4.

          Wat is die funksie van die herhalende gebruik van "nie"?                                   (1)
2.3       Wat is die funksie van die baie leestekens in versreëls 1 tot 5?                           (1)
2.4       Dink jy die omgekeerde woordorde én enjambement in versreël 6 versterk
          die gedagte van Suid-Afrika se kulturele armoede? Motiveer jou antwoord
          met 'n rede vir elke aspek.                                                                (2)
2.5       Noem TWEE redes vir die afwesigheid van hoofletters in versreël 15 en 16.                  (2)
2.6       Versreëls 17 tot 20 strek oor twee strofes.
          2.6.1         Waarna verwys die "eerste worp" in versreël 17?                              (1)
          2.6.2         Watter woord in versreëls 18 tot 20 kontrasteer met die titel én
                        watter waarde het die gebruik van "spotlag" aan die einde van die
                        gedig?                                                                       (2)
                                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         8                                      DBE/2022
                                           SS/NSS

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

besoekersboek – Fanie Olivier

1        op die sel se mure het iemand uitgekrap
2        (of liewer: íngekrap): sy naam en al die dae
3        van sy duskantse verblyf. gaan mens op stap
4        deur duikweë stasies onder brûe bly draai die vrae

5        wie was dié peter? waar kom pam vandaan?
6        hoe het die vriendskap tussen brian en ed begin?
7        sou w.a.l. se ouers hom meer as normaal geslaan
8        het? hoe lank het lieb sy liesbet bly bemin?

9        ek loer na hiërogliewe. 'n boer het my gewys
10       waar jagtonele oorgebly het teen die krans.
11       vóór in die gideons se bybel is 'n lang lys
12       lesers wat hul teen sterflikheid probeer verskans.

13       'n kind hoes seer; 'n lam huil stomgemaak. ek skraap
14       moed bymekaar: ek was hier en hier het ek geslaap.

                                                                     [Bron: Skimmellig, 1978]

3.1       Watter woord in versreël 1 dui daarop dat die spreker die inhoud
          veralgemeen?                                                                            (1)

3.2       Wat is die funksie van die eerste dubbelpunt in versreël 2?                             (1)

3.3       Waarom gebruik die spreker soveel vrae in versreëls 5 tot 8 én waarop dui
          die inhoud van die vrae?                                                                (2)

3.4       Watter woord in versreëls 9 tot 12 dui aan dat die spreker by die gebeure
          begin betrokke raak? Gee 'n rede vir jou antwoord.                                      (2)

3.5       Benoem die stylfiguur in versreël 13. Dink jy die suggestie in hierdie versreël
          dwing die spreker tot aksie? Motiveer jou antwoord.                                     (2)

3.6       Herlees versreëls 9 tot 14.

          In watter opsig verskil die rym in die slotstrofe van dié in versreëls 9 tot 12?
          Motiveer of die verskil funksioneel is.                                                 (2)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           9                                     DBE/2022
                                             SS/NSS

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

'n vigslyer sterf – Vincent Oliphant

1         die takelwerk word afgetakel
2         stadig sien sy geliefdes hom inplof
3         die bekende vlees na binne stort
4         hulle sien hom reeds stof word

5         iets wil huil oor die bros vel
6         wat soos dun seil oor brose stokke lê
7         oor die mond wat iets wil sê

8         die gewig van lug
9         is vir die hand te swaar
10        die lyf
11        nou klein en seer
12        het byna alles reeds verleer

13        net die oë bly groter staar
14        soek na raad teen al die skade
15        na die genade van sag gaan
16        na verstaan

                                                                     [Bron: Poësiepalet, 2007]

4.1       Wie is die spreker in die gedig?                                                         (1)

4.2       Benoem die beeldspraak in versreël 1 en sê waarom die beeld effektief is.                (2)

4.3       Waarom is die a-assonansie in versreël 1 en 2 effektief?                                 (1)

4.4       Herlees versreëls 5 tot 7.

          Wat noem ons so 'n driereëlige strofe? Haal TWEE afsonderlike woorde uit
          dié strofe aan wat aandui dat die "vigslyer" buitengewoon breekbaar is.                  (3)

4.5       Watter invloed het die eufemisme in versreël 15 op die stemming van die
          gedig?                                                                                   (1)

4.6       Herlees versreël 16.

          Dink jy die leser kan hierdie versreël op meer as een manier verstaan? Gee
          TWEE redes vir jou antwoord.                                                             (2)
                                                                                                   [10]

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          10                                        DBE/2022
                                            SS/NSS

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Lied vir haar uitvaart – Daniel Hugo

1         as kind het ek net een
2         keer my ma hoor sing:
3         die bootjie na kammaland*

4         dit was die soetste ding
5         wat ek ooit sou ervaar
6         heen en weer het sy gewieg:

7         hoe sag gly ons bootjie
8         op golfies wat dein
9         in die skyn van die maan

10        nou moet ek, wat nooit
11        die noot kon hou, haar
12        begelei op hierdie vaart

13        wat na kammaland voer
14        die land waar jonkheid
15        mos nimmer vergaan

16        ek staan aan die roer
17        verbeel my ek's stuurman
18        in 'n bootjie van papier

          *Die "Bootjie na Kammaland" is 'n bekende Afrikaanse wiegeliedjie wat ouers saans
          vir kinders sing.

                                                 [Bron: Taalgenoot, Lente 2018/Klinkklaar, 2021]

5.1       By watter woord in versreël 1 en 2 sluit "haar" (in die titel) aan?                         (1)

5.2       Hoekom is die herhalende s-klanke in versreëls 4 tot 6 doeltreffend? Dink jy
          die gebruik van "soetste" ondersteun dié doel? Motiveer jou antwoord.                       (2)

5.3       Haal 'n frase uit versreëls 7 tot 12 aan waarmee die spreker 'n wending in die
          gedig aandui.                                                                               (1)

5.4       Benoem die stemming in versreëls 1 tot 9. Het die eufemisme in versreël 12
          'n invloed op dié stemming? Motiveer jou antwoord.                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            11                                   DBE/2022
                                              SS/NSS

5.5       Herlees versreëls 13 tot 18.

          5.5.1         Benoem die beeldspraak in "kammaland".                                      (1)

          5.5.2         Is die rede wat die spreker vir dié beeld aanbied, oortuigend?              (1)

          5.5.3         Watter woord in versreëls 16 tot 18 sluit by "kamma" in
                        "kammaland" aan?                                                            (1)

5.6       Waarom is die beeld in versreël 18 gepas?                                                 (1)
                                                                                                    [10]

                                                                  TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         12                                    DBE/2022
                                           SS/NSS

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

Ma, Pa en Johanna speel 'n belangrike rol in die vorming van Iris se menswees.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                    [25]

VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

   Ek het tevrede aan my hamburger begin eet. "Sien. Ek's nie mal nie. En ek glo ook
nie aan toeval nie. Dinge gebeur soos dit veronderstel is om te gebeur. Soos jy.
Behalwe die hotelklerk is jy die enigste mens wie se gesig ek ken. As wetenskaplikes
nou die ding reg moes uitwerk, wat dink jy is die kans dat ek die een mens wat ek ken
tussen agt miljoen sal raakloop? Hulle sal lag. Dit kan nie gebeur nie behalwe as dit so 5
bedoel was. En dit was. Want ek wou wegkom van daardie vent met sy ewige geklik
van kameras."
   Billy het 'n vars sigaret aangesteek en oor sy skouer na sy motor gekyk. "Dis seker
waar wat jy alles sê," het hy erken. "En dit bring my terug na die man. Jy moet versigtig
wees. Ek ken hierdie stad. Jy's 'n kind hier. Dis alles goed en wel dat jy wil blom, maar 10
gestel die man spit jou uit?" Hy het gegrinnik vir sy bevredigende beeldspraak. "Dit kan
ook gebeur. Nie alle bolle kom tot bloei nie. Dis beter om maar in jou pasoppens te
wees."
   "Maar as ek in my hotelkamer bly sit, gaan ek niks ervaar nie. Nie goed of sleg nie.
Dan kon ek net sowel by die huis gebly het. Ek moet iets ondervind wat ek vir Ma-hulle 15
en Johanna kan vertel." Ons het 'n rukkie in gemeenskaplike stilte gesit tot ek aan iets
gedink het. Miskien moet ek dit juis doen vir Ma en vir Johanna.

7.1       Wat gee direk aanleiding tot die situasie waarin Iris haar in die teksgedeelte
          bevind?                                                                                 (1)

7.2       Is dit geloofwaardig dat Iris haar lewensiening met Billy deel? Motiveer jou
          antwoord.                                                                               (1)

7.3       Op watter TWEE maniere dra die ruimte (New York) waarin Iris haar bevind,
          tot haar karakterontwikkeling by?                                                       (2)

7.4       Haal 'n sin uit reëls 6 tot 13 aan wat by die roman se titel aansluit. Watter les
          leer die kwart-voor-sewe-lelie vir Iris?                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           13                                  DBE/2022
                                             SS/NSS

7.5       Watter karaktereienskap van Iris blyk uit haar handeling in dié teksgedeelte?
          Motiveer jou antwoord uit die roman met TWEE ander voorbeelde van haar
          handeling in New York waartydens sy dieselfde eienskap openbaar.                        (3)

7.6       Volgens reël 17 voel Iris dat sy dit "vir Ma en Johanna" moet doen.

          Stem jy saam dat Ma én Johanna vir Iris selfstandigheid geleer het? Motiveer
          jou antwoord met DRIE redes.                                                            (3)

                                                  EN

TEKS B

     As een van my karakters gepraat het, het mense geluister en gereageer. Dis
waarom ek hulle dialoog gepoleer en verfyn het. Hulle het nie "Ha!" gesê en hulle
neuse rooi gesnuif nie. Greta sou ook nie gedreig het om by 'n vlak waterval af te
spring nie.
    Maar my onmiddellike probleem was Peter en Eduard. Die twee was besig om te               5
oorvleuel, veral in die koue nagte onder die dik donskombers. Eduard was 'n
adolessente skim, moes ek teësinnig toegee, Peter was werklikheid en die Engel het
êrens tussen die twee ingepas. My lewe was bevolk met mense wat óf te veel óf te min
ektoplasma gehad het. En aangesien die Engel nooit saans voor my slaapkamerdeur
uitgekamp het en gewaarsku het teen onheilighede nie, het ek Ouma se weergawe van             10
die gebeure bevraagteken. Sy kon die Engel meer mag toegeëien het as wat hy in
werklikheid gehad het of anders is hy, soos ons, deur die evolusieproses van die
twintigste eeu gestoot en het anderkant uitgekom met 'n verslapte sin vir
verantwoordelikheid.
    "Waarmee is jy nou besig?" het Peter gevra. "Frederik?"                                   15
    "Ek dink sommer."
    "Dink aan my."
    "Sekerlik," het ek gesê en my neus tussen sy borshare ingewoel.
    Ek weet nie hoe laat dit was toe ek wakker geword het nie. Peter het vas geslaap,
sy arm swaar oor my bors, en eers wou ek net omdraai en weer slaap behalwe dat                20
daar 'n hand op my ander skouer was, en 'n koue hand daarby. Ek kon niks sien nie,
daarvoor was dit te donker.

7.7       Hoe bewys Iris later dat sy Greta ontgroei het?                                         (1)

7.8       Watter verteller is in reëls 1 tot 3 aan die woord? Dra dié verteller tot die
          geslaagdheid van die gedeelte by? Motiveer jou antwoord.                                (2)

7.9       In reël 5 en 6 word na konflik by Iris verwys.

          7.9.1         Gee TWEE redes waarom Peter in die roman innerlike konflik by
                        Iris veroorsaak.                                                          (2)

          7.9.2         Iris roep die Engel in om haar met haar innerlike konflik te help.
                        Gee TWEE voorbeelde hiervan.                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        14                                     DBE/2022
                                          SS/NSS

7.10      Watter verklaring gee die Engel vir sy teenwoordigheid in Iris se lewe?               (1)

7.11      Wie se "koue hand" voel Iris in reël 21 op haar skouer? Gee TWEE redes
          waarom Iris hierna ontevrede is met hiérdie karakter se optrede.                      (3)

7.12      Herlees reëls 10 tot 13 van TEKS A en reël 7 en 8 van TEKS B.

          Watter verband is daar tussen die roman se tema en hierdie reëls
          onderskeidelik?                                                                       (2)
                                                                                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          15                                   DBE/2022
                                            SS/NSS

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

Verskeie slagoffers van malaria het 'n invloed op Baas se besluit om sy roeping op
Manaka te aanvaar.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                    [25]

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS C

Hy kan nie onthou wanneer hy laas alleen in sy kamp was nie. Hy weet van die twee
bosuile in die worsboom, die seekoeie wat van die eiland af verbykom, 'n naguiltjie se
fluitnote iewers in die pad wat na die sendelinge toe gaan en die geur van die gras
waarmee sy slaaphut se dak gedek is.
    Hy weet ook van die tent wat in die kerk opgeslaan is en van die opgemaakte bed.          5
    Hy gaan soek sy ma se Bybel. Baie verse is netjies met potlood en liniaal
onderstreep. By party verse is datums ingeskryf.
    Een van die dinge wat hy opmerk, is dat sy van die boek Johannes gehou het. By
sy paraffienlampie lees hy hoofstuk 3 vers 16. Die datum wat sy ma daarby geskryf
het, is 25 Maart 1952. Dit is die dag waarop hy gebore is.                                    10
    "Tjuu-tjuu-tjuu ... Tjuu-tjuu-tjuu ..." roep die dikkop, die onweervoël, laatnag op die
kaalte waar Manaka se as weggegooi word. Baas wurm hom onder sy net uit en smeer
sy kaal bolyf met insekweerder. Dit is drukkend warm. Die maan is aan die groei. Dit is
helderder as toe hy en Griesel agter die olifante aan was.
    Waar hy Briekwa begrawe het, gaan sit hy teen die skuins stam van die                     15
kameeldoring.
    Sodat elkeen wat in Hom glo ...
    Kan 'n mens die ewige lewe hê en dit verloor?
    Ouma Essie het haar Bybel in die rivier gegooi.
    Longwane knor. Iemand kom met die voetpad langs van Mubuyu se kant af.                    20

9.1       Hoekom was Baas lanklaas alleen in sy kamp?                                             (1)

9.2       Watter invloed het die ruimte (in reëls 1 tot 4) op Baas?                               (1)

9.3       Herlees reël 6 en 7.

          9.3.1         Waarom het sy ma se Bybel vroeër by Baas konflik veroorsaak?              (1)

          9.3.2         Is daar 'n verband tussen die roman se titel en Baas se ander
                        Bybel? Motiveer jou antwoord.                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           16                                  DBE/2022
                                             SS/NSS

9.4       Waarom het Baas se ma sy geboortedatum by Johannes 3 vers 16 geskryf
          en is dié ontdekking 'n keerpunt in Baas se lewe? Motiveer jou antwoord.                (2)

9.5       Watter subtema blyk uit die woorde, "Waar hy Briekwa begrawe het"
          (reël 15)? Noem TWEE ander geleenthede waar hierdie subtema in Baas se
          optrede na vore kom.                                                                    (3)

9.6       Watter soort verteller is in TEKS C aan die woord en waarom is dié soort
          verteller in hierdie teks voordelig?                                                    (2)

                                                  EN

TEKS D

   Baas loop teen die ruie duin af rivier se kant toe.
   "Die pad gaan onder die groot maroela verby!" hoor hy Grace roep.
   Teen die luglyn sien hy die boom se kaal takke in die laaste lig van die maan. Hy
kry die voetpad wat Manaka toe gaan.
   Die janfrederik sing reeds toe Baas by die huis kom. Hy klim teen sy boot op en 5
gaan sit tussen die bagasierakke op die bodek met sy rug teen die stuurkajuit en wag
dat dit moet lig word. Die seekoeie kom raserig terug van hulle weiplekke af.
   Sy gedagtes dwaal oor die stil water van die Zambezi ver onder hom. Waar is sy
nou? Elke mens wat doodgaan, laat iemand agter wat wonder wat van sy siel geword
het ... DV, sê Whitey – as die Here wil. Sodat elkeen wat in Hom glo ... Asseblief ... Ek 10
het nog nooit iemand gesien sterf nie. Tien bokke en 'n kind is die prys van die
weddenskap. Daar is 'n vrou met wie ek wil trou, sê die ngambela van die khuta.
"Tibelelo" beteken die een wat wag vir haar besoekers. Daar is iemand anders wat vir
die Plek van die Horings aansoek gedoen het.
   In die oggendskemering draai Baas die plank op sy skoot dat die lig daarop val. 15
Zambezi Grace ... die naam van sy pontboot wat hy tussen Kazangula en Mombova
op die stuk kiaat geverf het.
   Moenie skuldig voel oor wie jy vernoem nie.
   Hy bêre die naamplank weer in die kajuit en klim teen die leer af.

9.7       Ná watter ontstellende gebeurtenis stap Baas terug Manaka toe (reël 1)?                 (1)

9.8       Watter karaktereienskap blyk uit Grace se woorde in reël 2? Noem TWEE
          ander geleenthede waartydens Grace dieselfde eienskap openbaar.                         (3)

9.9       "Tien bokke en 'n kind is die prys van die weddenskap." (Reël 11 en 12)

          9.9.1         Wie se "weddenskap" is hier ter sprake?                                   (1)

          9.9.2         Formuleer die tema wat by hierdie woorde aansluit. Slaag Baas
                        later daarin om sy oupagrootjie se lobolaskuld te betaal? Motiveer
                        jou antwoord.                                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        17                                  DBE/2022
                                          SS/NSS

9.10      Watter eienskap van Baas is ook in Whitey se optrede sigbaar en op watter
          DRIE maniere dra Whitey daartoe by dat Baas uiteindelik op Manaka wil bly?           (4)

9.11      Dink jy Baas behoort oor die naam van sy boot skuldig te voel? Motiveer jou
          antwoord.                                                                            (1)

9.12      Herlees reëls 17 tot 19 van TEKS C en reëls 9 tot 11 van TEKS D.

          Met watter innerlike konflik worstel Baas, te oordeel aan albei tekste? Slaag
          Baas daarin om later tot insig te kom? Motiveer jou antwoord.                        (2)
                                                                                               [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           18                                    DBE/2022
                                             SS/NSS

VATMAAR – AHM Scholtz

Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).

VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

Oupa Lewies en Oom Chai beïnvloed – elkeen op sy eie manier – die Vatmaar-
inwoners se lewenskwaliteit.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                      [25]

VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS E

Dan het hy dit vir die Reverend gegee om op die altaar te sit en te seën.
  Dit was die tyd toe arm mense gedink het tiekies is daar vir kollekte in die kerk.
  By die nagmaal was Oom Hendruk die eerste om die Heilige Bloed te ontvang, en al
was hy 'n "tee-toddler", het hy 'n groot sluk gevat. Die kerkmense het altyd gesê: Daai
groot sluk is genoeg om enige mailer dronk te maak!                                     5
  Noudat Oom Hendruk in die grootste verknorsing van sy lewe gesit het, het almal
gesê watter groot aap hy was, hy moes die diamant na hulle toe gebring het om te
verkoop. Die hele gemeenskap en al sy kerkgenote was teen hom. Hulle het gesê: Hy
sal nooit weer so 'n groot geluk kry nie, nooit in sy hele lewe weer nie. En watter
vonnis die witmense hom ook al gee, dit sal sy verdiende loon wees.                     10
  Volgende het die poliesman geskree: Hendruk Jannewarie.
  Baas? Het Oom Hendruk gesê en na die traliedeur toe geloop.
  Die poeliesman het na die beskuldigdebank gewys.
  Oom Hendruk het in die hofsaal om hom rondgekyk en die hele gemeente van sy
kerk en nog ander mense ook sien sit. Teen dié tyd het die diamant in die oorvertellery 15
tot die grootte van 'n hoendereier gegroei.
  Die bewysstuk, die diamant, het op 'n omgekeerde koppie op die skryfbank naby die
magistraat se inkpot gelê. Skitterende ligstrale het daaruit geflits want dit was
blinkskoon van al die gesuig in Oom Hendruk se bek ...

11.1      Watter skelm plan van Reverend Cobb het Oom Hendruk in dié verknorsing
          laat beland?                                                                              (1)

11.2      Herlees reël 6.

          11.2.1        Gee die rede vir Oom Hendruk se "verknorsing".                              (1)

          11.2.2        Waarom is die verloop van dié "verknorsing" ironies?                        (1)

          11.2.3        By watter tema in die roman sluit dié gebeure aan?                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           19                                  DBE/2022
                                             SS/NSS

11.3      Hoe dra die milieu in Vatmaar onderskeidelik tot die optrede van Reverend
          Cobb en die Vatmaar-gemeenskap (reëls 6 tot 9) by?                                       (2)

11.4      Herlees reëls 8 tot 10.

          11.4.1        Lei TWEE karaktereienskappe van Vatmaar se mense af na
                        aanleiding van reëls 8 tot 10.                                             (2)

          11.4.2        Noem TWEE Vatmaar-inwoners wat nie hierdie eienskap(pe)
                        openbaar nie.                                                              (2)

11.5      Dink jy Oom Hendruk verdien die behandeling wat hy in die hof kry? Motiveer
          jou antwoord met TWEE redes.                                                             (2)

11.6      Op watter DRIE maniere bevoordeel Reverend Cobb homself na afloop van
          die gebeure in TEKS E?                                                                   (3)

11.7      Wie is in hierdie teks die verteller en waarom is dit effektief?                         (2)

                                             EN

TEKS F

 Sy het gelag en die pot van die vuur afgehaal en gesê: Gaan haal hout. Jy koud.
 Hy het daar naby gaan hout haal, dit op die vuur gesit en hy was gou warm. Hy was
kaalvoet, met net 'n kakie Tommie-baadjie wat hy gesteel het, aan. Sy voete was vol
winterblase.
 En weet jy wat het hierdie ouma gedoen? het Norman van der Westhuizen vir jou pa             5
gevra. Heinrich, het hy gesê, sy het twee blikborde en 'n kallabas melk gaan haal en vir
ons elkeen 'n groot bak pap geskep. Die eerste ordentlike ete wat ek gehad het vandat
my pa op kommando vertrek het.
 Hy het haar uit sy hart uit Ma genoem, want hy het geweet sy het die plek van sy
oorlede moeder ingeneem. Hy was dadelik lief vir hierdie nuwe swart ma, want sy was           10
al wat hy op die aarde gehad het. En gelukkig vir hom, het sy ook al haar kinders en
man in 'n swart konsentrasiekamp verloor.
 Sy het toe 'n blik water op die vuur gesit en gesê: Seerplekke op jou lyf baie sleg. Kyk
agter vuur, ek kyk vir wilde kopiefa-blare.
 Sy het teruggekom en die blare op die tafel gesit wat van twee armybokkies en 'n los         15
houtblad gemaak was.
 Bring water, mosimane, het sy gesê.
 Hy het die water in die hut ingedra en die blare en skoon stuk doek op die tafel
gesien. Sy het hom uitgetrek en gevra: Jou ma, waar?
 Hy het met sy vinger grond toe gewys.                                                        20

11.8      Wat is die "Sy" in reël 1 se naam?                                                      (1)

11.9      Die ouma het vir Norman TWEE lewenswaardes geleer.

          11.9.1        Skryf die TWEE lewenswaardes neer.                                        (2)

          11.9.2        Dink jy dié lewenswaardes pas by die roman se titel? Motiveer jou
                        antwoord.                                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                        20                                   DBE/2022
                                          SS/NSS

11.10     Hoe veroorsaak Norman van der Westhuizen later by tant Wonnie innerlike
          konflik en word dié konflik opgelos? Motiveer jou antwoord.                           (2)

11.11     Watter tema van die roman word in hierdie teks beklemtoon?                            (1)

11.12     Herlees reëls 9 en 10 van TEKS E asook reëls 10 tot 12 van TEKS F.

          Is dit geloofwaardig om al die Vatmaar-inwoners daarvan te beskuldig dat
          hulle hulle in ander se ellende verlekker? Motiveer jou antwoord na aanleiding
          van die twee tekste.                                                                  (1)
                                                                                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                         21                                   DBE/2022
                                           SS/NSS

ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG

Greg se pa, sy ma en John speel 'n belangrike rol in die vorming van Greg se
menswees.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                   [25]

VRAAG 13: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS G

   "Sal dit nie waag nie. Nie by dié skool nie, anyway. My pa sal uitfreak as sy
skouperd iets doen wat hom 'n skorsing kos."
   "So, het jy ook een van daardie pa's?"
   "Jy ook?"
   Eckardt trek sy skouers op. "Seker nie so erg nie. Maar wat dink jy maak ek hier?         5
Clones, hè, almal van ons – clones van ons pa's. Dis wat hulle hier met ons doen, issit
nie? Hulle breinspoel ons sodat ons mooi kan glimlag, die regte dinge doen en sê."
   "En in pappa se voetspore kan volg," voltooi ek die sin.
   "Ek sien jy weet," sê Eckardt.
   Daar is 'n ruk stilte waarin nie ek of Eckardt weet wat om te sê nie. Ek klik daarom      10
maar net op een van die links op die site waarop ek nou is. Voltooi my besonderhede
op die blad om te registreer om DVD's te kan invoer van Amerika af.
   "Baie gevaarlik wat jy nou doen, nè?" sê Eckardt.
   "Hoekom?"
   "Kyk daar onder op jou skerm." Hy wys met sy vinger na 'n leë blokkie. "Sien jy,          15
geen slot nie? Dit beteken enigiemand kan sien wat jy nou doen – ás hulle wil sien
waarna jy kyk, bygesê."
   "Tjol, man," grinnik ek.
   "Nee, genuine. En selfs al was daar 'n slot, beteken dit ook nie jy surf veilig nie. Jy
moet na die site se sertifikaat gaan kyk." Ek het nie 'n clue waarvan Eckardt praat nie.     20
"Maar dis boring stuff," sê hy. "Het jy tyd, dan gaan wys ek jou 'n paar ander goed?"

13.1      Wat gee aanleiding tot Greg se antwoord aan Eckardt in reël 1 en 2?                    (1)

13.2      Na watter gebeure later in die roman word Greg se woorde oor sy pa
          (reël 1 en 2) bewaarheid?                                                              (1)

13.3      Greg se optrede en keuses herinner baie aan sy pa en John s'n.

          13.3.1        In watter situasie besef Greg dat hy soos sy pa teenoor ander
                        mense optree?                                                            (1)

          13.3.2        Kan Greg aan die einde van die roman as 'n kloon van sy broer
                        John beskou word? Motiveer jou antwoord met DRIE redes.                  (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                            22                                   DBE/2022
                                              SS/NSS

13.4      Waarom sou sy pa nie Greg se optrede teenoor die polisie, later in die roman,
          beskou as "die regte dinge doen en sê" (reël 7) nie?                                      (1)

13.5      Herlees reël 19.

          Wat is Eckardt se bedoeling met dié woorde én waarom is hierdie woorde
          ironies?                                                                                  (2)

13.6      Watter karaktereienskap van Greg word deur Eckardt in reëls 19 tot 21
          uitgebuit? Noem TWEE onmiddellike gevolge wat hierdie manipulasie vir
          Greg inhou.                                                                               (3)

                                                EN
TEKS H

   "... Praat. Wat weet jy?"
   'n Ope vraag wat enigiets kan beteken.
   "Wat weet ek van wat?" Hardkoppig.
   Sersant Botha antwoord: "Van die hacking."
   Ek kan dit alles ontken, weet ek. Ek kan net sê ek het 'n joke gemaak met TJ. Maar           5
dan gaan ek myself vaslieg. My keel trek toe. Die vertrek lyk skielik kleiner, met die
sieklike reuk van die leermeubels wat my naar maak.
   "Eckardt was 'n hacker," sê ek uiteindelik. Die woorde wat uit my mond kom, word
soos 'n uitlaatklep vir 'n tyre wat te styf opgepomp was.
   "Was?" frons Inspekteur Cele.                                                                10
   "Oukei, is," sê ek weer. "Eckardt is 'n hacker."
   "En hoe weet jy dit, Greg?"
   "Hy het my vertel."
   "Het jy gesien dat hy hack?"
   Ek dink voordat ek antwoord. "Ja."                                                           15
   "Hoeveel keer? Een, twee?"
   Weer moet ek dink. Die kantoormure trek nog 'n paar sentimeter kleiner. " 'n Paar
keer."
   "Hoeveel is 'n paar keer?" Sersant Botha kom sit nou hier skuins voor my. Meneer
Andersen bly op die agtergrond luister.                                                         20
   "Ek weet nie. Baie kere."
   Sersant Botha haal diep asem. Inspekteur Cele kyk na hom. Dit is sy wat die vrae
vra. "En jy, Greg? Het jy ook rekenaars gehack?"
   Ek draai my kop na die vensters toe. Is hier dan geen lug in hierdie plek nie?
Inspekteur Cele se oë beweeg nie vir 'n millisekonde van my af nie. Sy is 'n ystervrou          25
onder daardie gemoedelike front wat sy voorhou, weet ek nou. Sy gaan nie laat los nie.
   Kan ek haar vertel waarmee ek besig is?

13.7      "Maar dan gaan ek myself vaslieg." (Reël 5 en 6)

          13.7.1        Noem TWEE voorbeelde van leuens/oneerlikheid van Greg
                        teenoor sy pa tot op hierdie stadium in die roman.                          (2)

          13.7.2        By watter betekenis van die titel sluit Greg se leuens aan?                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           23                                    DBE/2022
                                             SS/NSS

13.8      Herlees reël 4.

          13.8.1        Hoe dra Eckardt se milieu as kind daartoe by dat hy 'n kuberkraker
                        (reël 8) word?                                                            (1)

          13.8.2        Watter gebeurtenis, volgens jou, speel die grootste rol daarin dat
                        Greg vir Eckardt se sosiale manipulasie geval het? Motiveer jou
                        antwoord.                                                                 (1)

13.9      Herlees reëls 5 tot 7.

          13.9.1        Benoem die soort konflik wat Greg ervaar en gee 'n rede vir sy
                        konflik.                                                                  (2)

          13.9.2        Is jy oortuig daarvan dat Greg se konflik teen die einde van die
                        drama opgelos is? Motiveer jou antwoord.                                  (1)

          13.9.3        Waarom kan 'n mens sê dat daar in die loop van die drama geen
                        karakterontwikkeling by Eckardt plaasvind nie?                            (1)

13.10     Wie is in TEKS H die verteller en waarom is dié verteller hier effektief?               (2)

13.11     Herlees reël 21 van TEKS G en reël 27 van TEKS H.

          Watter verband is daar tussen Greg se keuses in dié tekste en die titel van
          die roman en watter insig verwerf Greg in die slot van die roman?                       (2)
                                                                                                  [25]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:              25

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          24                                DBE/2022
                                            SS/NSS

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).

VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG

Map toon positiewe karakterontwikkeling vandat hy tronkstraf kry.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde.                                 [25]

VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS I

MAUD:       (praat met haarself): Hy sê ook nooit iets anners nie. Always just
            "yes", always just "no". Gmf! You never know, this man, what is on his
            mind. (Sy bly besig met die regmaak vir ete. Ons hoor die water in die
            badkamer loop.) No, no, no, what am I saying. Hy't net die een ding
            op sy mind, soes 'n obsession, 'n obsession. It drives me bloodywill           5
            crazy ... It does ...
CAVERNELIS: (roep): Hoe sê jy, Maudie?
MAUD:       I'm almost ready now, Cavernelis-darling ... (Dan weer aan haarself.)
            Bloodywill crazy ... (Geïrriteerd, wanneer sy daaraan dink.) Ja, ek sê
            ... ! 'Is soes iets hom jaag. Jaag, jaag, jaag! Skaars by die huis,            10
            skaars by die huis, dan is hy weer vort moet sy bicycle, dan is hy
            weer yt moet sy suitcase, skaars by die huis ... As if I don't want to
            have him sometimes, just for myself ...
            (Dan, asof sy nadink, met 'n vurk in die hand, wat sy nie mooi weet
            waar om dit neer te sit nie.) Now, why am I so nervous!?                       15
            (Die water het opgehou loop.)
MAUD:       Ja, stop wasting water, Cavernelis-darling ...
CAVERNELIS: Hoe sê jy, Maudie?
MAUD:       ... hy sil die laaste een wees om water te waste! He really wants us
            out of here, out, out, óút of here, out of this ... bloody township place.     20
            Oh, he's a good man, really ... (Skielik bewoë.) Cavernelis-darling ...
            You're a good man ... I know. But you don't stand a bloody chance,
            man, I tell you, can't you hear? Don't you listen ...

15.1      Waarna verwys Maud met die woorde in reël 4 en 5?                                    (1)

15.2      Wat is die funksie van die dialoog in reëls 1 tot 5?                                 (1)

15.3      Dink jy Cavernelis se obsessie (reël 5) hou vir sy huisgesin ironiese gevolge
          in? Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                             25                                     DBE/2022
                                               SS/NSS

15.4      Noem die maatskaplike omstandighede wat tot Maud se woorde in reël 17 lei.
          Waarom is dit vir die verloop van die drama nodig dat die leser die
          maatskaplike omstandighede ken?                                                              (2)

15.5      Noem TWEE redes waarom die Cavernelisse so graag wil weggaan. Watter
          oordeelsfout begaan Cavernelis ten opsigte van dié doelwit?                                  (3)

15.6      Hoe verskil die toon van Maud se gesprek met Cavernelis (reëls 19 tot 23)
          van die laaste keer dat sy in die drama met hom praat? Waarom is hulle
          lááste gesprek so anders?                                                                    (2)
                                                 EN
TEKS J

LA GUMA:             Best of luck. Maar 'is 'n sterk tronk dié. Kyk, die tralies! (Hy trek regaf
                     strepe in die lug, met albei hande en wys na die geboue in die
                     omgewing.)
CAVERNELIS:          Anyway, dis hoekom ons seker nie nou gaan worry met 'n shower in
                     die huis nie, mister La Guma. Dis 'n onnodige uitgawe, op 'n                  5
                     huurhuis.
LA GUMA:             (luister nie): 'n Sterk tronk, sê ek …
CAVERNELIS:          (plaas die tou in La Guma se hande terug, maar dié let dit skaars op):
                     Ja …
LA GUMA:             Nou is Map Jacobs ook terug …                                                 10
                     Cavernelis sê niks.
LA GUMA:             Yt die tronk yt. Terug, hiérnatoe. Kan jy dit vir jou imagine?
                     Hiérnatoe?
                     Cavernelis sê niks.
LA GUMA:             Kamma yt die tronk yt. Na dit toe. (Hy wys, bars dan uit van die lag.)        15
                     An' you know, what really gets me? Lat die mense almal actually nog
                     bid! Nog in die Here in glo! Praise the Lord, en al daai jazz!
CAVERNELIS:          Wel ...
                     Bo by die woonstelvenster verskyn Blanchie se gesig weer, om te
                     sien wat haar pa ophou. Sy roep dan.                                          20
BLANCHIE:            Daddy! Daddy!
LA GUMA:             En ek hoor Map Jacobs is oek kamma ge-bekeer!
CAVERNELIS:          Ek kom, Blanchie ...! Okay, goodnight, mister La Guma ...
LA GUMA:             (is nog nie klaar gepraat nie. Cavernelis huiwer weer): Weet jy
                     hoekom hulle vir hom Map ge-call het? You know why?                           25
CAVERNELIS:          ('n bietjie meer ferm): Maar ... ek stel nie belang nie, mister
                     La Guma ...
LA GUMA:             Omlat hy getattoo is oor sy hele lyf. (Hy wys.) That beautiful body,
                     hoekô moet hy dit nou so gaan op-mess! Allerhande merke, like, to
                     identify himself!                                                             30

15.7      Watter boodskap dra La Guma aan Cavernelis in reël 1 oor?                                    (1)

15.8      Herlees reëls 1 tot 3.

          Lei TWEE karaktereienskappe van La Guma af na aanleiding van sy woorde
          én handeling onderskeidelik.                                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                           26                                 DBE/2022
                                             SS/NSS

15.9      Waarom kan die vroeëre praatjies oor Map Jacobs se vrylating as die
          motoriese moment van die drama beskou word?                                            (1)

15.10     Herlees reëls 10 tot 22.

          15.10.1       Hoekom reageer Cavernelis nie in reël 14 nie?                            (1)

          15.10.2       Wat wil La Guma met die inligting oor Map Jacobs bereik?                 (1)

          15.10.3       Sluit Map se naamsverandering (na Johnnie) by La Guma se
                        woorde in reël 22 én by Map se worsteling in die tronk aan?
                        Motiveer jou antwoord deur na albei sake afsonderlik te verwys.          (2)

15.11     Wat noem ons die kursiefgedrukte woorde in reël 14 en 19? Wat is die funksie
          van hierdie kursiefgedrukte woorde onderskeidelik?                                     (3)

15.12     Herlees die onderstreepte sinne in reël 22 en 23 van TEKS I asook die
          onderstreepte sinne in reël 15 van TEKS J.

          15.12.1       Is daar in dié twee tekste 'n ooreenkoms in Maud en La Guma se
                        toekomsvoorspelling? Motiveer jou antwoord.                              (1)

          15.12.2       Noem EEN aspek uit die onderstreepte sinne in die twee tekste wat
                        by die tema van die drama aansluit.                                      (1)

          15.12.3       Waarom is La Guma se woorde 'n korrekte voorspelling van Map
                        se toekoms?                                                              (1)
                                                                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Huistaal/V2                          27                                   DBE/2022
                                            SS/NSS

MIS – Reza de Wet

Beantwoord ÓF VRAAG 16 (opstelvraag) ÓF VRAAG 17 (kontekstuele vraag).

VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG

Meisie se karakter ontwikkel opvallend ná die koms van Konstabel.

Bespreek die karakterontwikkeling wat Meisie ondergaan in 'n opstel van 400 tot 450
woorde.                                                                                           [25]

VRAAG 17: MIS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS K

MIEM:           Ons het gewaarsku en gewaarsku maar hulle wou nie hoor nie! As ek
                dink aan die aaklige mense. Rondlopers en kwaaddoeners.
GERTIE:         Om nie eers te praat van die fratse nie! (Gril) Om net daaraan te dink ...
MIEM:           Fratse? Watse fratse?
GERTIE:         In die kleiner tent langsaan. Jy moet betaal om in te gaan.                   5
MIEM:           En hoe weet jy van ... hierdie fratse?
GERTIE:         (verbouereerd) Ek?
MIEM:           Ja. Jy.
GERTIE:         Wel ...
MIEM:           Het jy hulle gesien?                                                          10
GERTIE:         Ja. (Vinnig) Net een maal.
MIEM:           Maar, Gertie, hoe kon jy soontoe gaan?
GERTIE:         Sien ... ek wou na hierdie arme skepsels gaan kyk ... hierdie armsalige
                en gebreklike wesens ... sodat ek my seëninge kan tel. Om ander se
                ongeluk te aanskou ... maak 'n mens so innig dankbaar ...                     15
MIEM:           Ja-nee, dit is seker waar. Ek is jammer, Gertie. Ek het gedink jy het
                gaan kyk uit blote nuuskierigheid. (Sug) Nou vertel ons van die arme
                skepsels, Gertie. (Wys na MEISIE) Dit sal haar goed doen. Sy is mos
                alewig ontevrede.
MEISIE:         Dis nie so nie, Ma.                                                           20
MIEM:           O ja, ek weet jy sê niks. Maar ek sien vir jou!
                MEISIE draai haar kop weg.
MIEM:           Sien! Dit is nou net wat ek bedoel. (Sug en skud haar kop) Maar kom
                nou, Gertie. Vertel maar.
GERTIE:         (vryf haar hande vinnig. Na 'n kort stilte begin sy vertel. Gedurende die     25
                vertelling leef sy haar heeltemal in. Dit is nie asof sy die gebeure onthou
                nie, maar asof sy dit in die hede beleef.) Halfdonker tent. Net fakkels in
                die hoeke. Die gedrogte is agter 'n dun, geroeste reling.

17.1      Waarna verwys Miem in reël 1?                                                           (1)

17.2      Wat is die funksie van Miem se dialoog in reël 1 en 2?                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P3 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2022/c6956443-8f83-4967-aec5-c587b7e618da) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2022/5354dd07-46df-4f34-b294-d451ae648a12) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2021/bd0848ce-447c-46d0-8bdd-1169e8e62e6e) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018/d44727d2-705d-4fdd-a87d-4da1c4380318) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2019-memo/669ef435-fb0c-4809-bd37-e82d905f388f) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
