# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the NSC June Exam 2025, 30 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2025/54f706e4-cd9d-4ea7-8875-a8c13f320529
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2025
- Exam period: NSC June Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 30

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 NSC June 2025 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2025/54f706e4-cd9d-4ea7-8875-a8c13f320529)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · NSC June Exam · 2025 · Afrikaans. Question paper, 30 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Vertroulik

                                 GRAAD 12

                 SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN/
            NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                          AFRIKAANS HUISTAAL V2

                                MEI/JUNIE 2025

                                                                       PUNTE: 80

                                                                     TYD: 2½ uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 30 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Afrikaans Huistaal/V2                        2                         DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel beantwoord.

2.      Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
        inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die letterkundetekste
        wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die tekste wat jy bestudeer het en
        kies die soort vraag wat jy wil beantwoord.

3.      Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

        AFDELING A: Gedigte        (30)
        AFDELING B: Roman          (25)
        AFDELING C: Drama          (25)

4.      Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, EEN in AFDELING B en
        EEN in AFDELING C.

        AFDELING A: GEDIGTE
        Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
        Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

        AFDELING B: ROMAN
        Beantwoord EEN vraag.

        AFDELING C: DRAMA
        Beantwoord EEN vraag.

5.      KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C (DRAMA)

         •   Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy bestudeer het.
         •   Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG. As jy
             die opstelvraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die kontekstuele vraag
             in AFDELING C beantwoord. As jy die kontekstuele vraag in AFDELING B
             beantwoord, moet jy die opstelvraag in AFDELING C beantwoord. Gebruik die
             kontrolelys op bladsy 5 om jou te help.

6.      LENGTE VAN ANTWOORDE

         •   Die lengte van die opstel vir die gedig is 250 tot 300 woorde.
         •   Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400 tot 450 woorde elk.
         •   Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word deur die
             puntetoekenning van elke vraag bepaal. Beantwoord jou vrae bondig en
             relevant.

7.      Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.
                           2025

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Afrikaans Huistaal/V2                         3            DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

9.        Beantwoord ELKE afdeling op 'n NUWE bladsy.

10.       Voorgestelde tydsindeling:

          AFDELING A: ongeveer 40 minute
          AFDELING B: ongeveer 55 minute
          AFDELING C: ongeveer 55 minute

11.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Afrikaans Huistaal/V2                   4                       DBE/Mei/Junie 2025
                                 SS/NSS Vertroulik

INHOUDSOPGAWE

AFDELING A: GEDIGTE

Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
         VRAAGNOMMER                  VRAAG             PUNTE        BLADSY
1. "elegie vir my toekomstige vrou"  Opstelvraag          10            6

2. "Op sy branderplank"            Kontekstuele vraag    10              8

3. "Vroue van Vermeer"             Kontekstuele vraag    10              9

4. "Maaltyd"                       Kontekstuele vraag    10              10

                                     EN

Ongesiene gedig: Verpligtend
5. "Rivierstraat"                  Kontekstuele vraag    10              11

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.*
6. Onderwêreld                         Opstelvraag       25              13

7. Onderwêreld                     Kontekstuele vraag    25              13

8. Manaka Plek van die Horings         Opstelvraag       25              16

9. Manaka Plek van die Horings     Kontekstuele vraag    25              16

10. Vatmaar                            Opstelvraag       25              19

11. Vatmaar                        Kontekstuele vraag    25              19

12. Die kwart-voor-sewe-lelie          Opstelvraag       25              22

13. Die kwart-voor-sewe-lelie      Kontekstuele vraag    25              22

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.*
14. Krismis van Map Jacobs             Opstelvraag       25              25

15. Krismis van Map Jacobs         Kontekstuele vraag    25              25

16. Mis                                Opstelvraag       25              28

17. Mis                            Kontekstuele vraag    25              28

*LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
          AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Afrikaans Huistaal/V2                    5                        DBE/Mei/Junie 2025
                                  SS/NSS Vertroulik

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.

          AFDELING              VRAAGNOMMER             GETAL VRAE         MERK
                                                       BEANTWOORD           ()
A: Gedigte                             1–4                  2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte                              5                     1
(Ongesiene gedig)
B: Roman                              6–13                    1
(Opstel of kontekstueel)
C: Drama                             14–17                    1
(Opstel of kontekstueel)

LET WEL:       Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG in
               AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Afrikaans Huistaal/V2                        6                      DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord die vraag wat volg.

elegie vir my toekomstige vrou – André Letoit

1       ek sal nooit die dag vergeet toe ek jou
2       ontmoet het nie (net soos in die
3       populêre liedjies)
4           :dit was op die skaatsbaan
5           of op die sessiondansvloer
6           of dalk by die biduur
7           (hoewel die soort
8           wat jy by bidure ontmoet
9           gewoonlik nie lank
10          hou nie)

11      ek het jou uitgeneem
12      op my motorfiets (boksburgmeer
13      of milky lane in hillbrow of
14      daai hippiekolonie in berea – ek
15      had altyd 'n voorliefde vir
16      hippiekolonies) en jy het
17          verlief geraak op my
18          toe jy my profiel in die
19          – nee wag – toe ek
20          in jou oor fluister
21          "ek smaak jou" (jou hare
22          het effens na kougom geruik – oh baby)

23      daarna het ek jou ouers ontmoet
24      hulle het my uit die huis uitgejaag
25      (vermoedelik vanweë my lang hare en baard –
26      uit die mode sedert jan van riebeeck en oom paul se tyd –
27      my tydsberekening is altyd verkeerd)

28      maar uiteindelik
29      het ons tóg getrou; jy was
30      so bly: niemand het opgedaag by die kerk nie
31           behalwe die dominee
32           en 'n paar assuransieagente
33           (onder andere my pa, saam met sy
34           vrou: gawe mense, darem,

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Afrikaans Huistaal/V2                         7                                 DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

35           as jy hulle leer ken; ongelukkig
36           ken ek hulle
37           nie so goed nie)

38      daarna het ons, soos altyd, saam
39      geleef (leef?) soos al die ander
40      mense (mense?) en
41            nie meer toptwintig
42            geluister nie;
43            ek het altyd gedog
44            ek was verlief op jou (hahaha!)
45            maar toe eers, toe vang ek
46            die hele triek:
47            alles gaan om skreeuende bybies
48            en kombuiskaste wat piep
49      en die huwelik is 'n duur prys om te betaal
50      vir 'n lewe vol platoniese dogmatiek
                                         [Bron: Suburbia deur André Letoit, uitgegee deur Perskor]

Die titel, stylfigure en leestekengebruik word effektief in dié gedig aangewend om die
spreker se ontnugtering met die huwelik oor te dra.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 250 tot 300 woorde.                                         [10]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Afrikaans Huistaal/V2                            8                               DBE/Mei/Junie 2025
                                          SS/NSS Vertroulik

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Op sy branderplank – Petra Müller

1       Hy waag hom weer teen horisonne.
2       Die see gooi son in teen sy sonne, maar skuimskuddend
3       deur die teug vlug hy na vore, hys hom
4       lugtig teen die stroom uit, en kom
5       staan-staan strand toe, groen
6       deursigtig en ook reeds gebore.
                           *
7       Die seun het see in sy mond. Hy weet
8       nie of dit bloed of water is nie: uit
9       spoeg hy dit. Met sy sagte tongpunt voel
10      hy wortels van sy tande af, en proe die lug
11      wat sag van land en kruie om hom labberlag.
12      Hy lig hom van die seeplank af; afwesig
13      skud hy nou sy kop – 'n blonde rob –
14      en snuit hom skoon
15      van wat hy was;

16      'n elegante, goed gesteelde lyf
17      wat eeue lank reeds
18      land toe dryf
                                              [Bron: Nuwe verseboek vir seniors, Tafelberg, 1992]

2.1       Met watter DRIE afsonderlike werkwoorde in versreëls 1 tot 3 word die "hy"
          se stryd teen die natuur uitgelig?                                                            (3)

2.2       Watter gedagte oor die "hy" se stryd teen die natuur word deur middel van
          alliterasie in versreëls 4 tot 6 gesuggereer?                                                 (1)

2.3       Wat is die funksie van die agterplasing van "uit" in versreël 8?                              (1)

2.4       Dink jy die gebruik van sinestesie in versreël 10 en 11 is gepas? Motiveer jou
          antwoord.                                                                                     (1)

2.5       Benoem die beeldspraak in versreël 13 EN verduidelik waarom dié spesifieke
          beeld geslaagd is.                                                                            (2)

2.6       Wat, dink jy, word bereik met die insluiting van die woorde "eeue lank"
          (versreël 17) EN hoe sluit die gebruik van die kommapunt in versreël 15
          hierby aan?                                                                                   (2)
                                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Afrikaans Huistaal/V2                           9                           DBE/Mei/Junie 2025
                                         SS/NSS Vertroulik

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Vroue van Vermeer – TT Cloete
1      Dit is meestal 'n mooi jong vrou.
2      Meestal is sy alleen binnenshuis,
3      dalk met 'n wit veraf brief wat sy vashou,
4      naby, in 'n gloeiende klein hand
5      voor 'n kleiner of groter oop
6      venster. Daar kom 'n ligte geruis
7      van 'n wêreld aan uit 'n land-
8      of groter wêreldkaart
9      wat teen die muurvlak oorkant
10     hang, daar waar seestrome en wind loop
11     met haar land se ganse skeepvaart.
12     Sy staan, sy sit, sy buk oor kant,
13     sy droom of sluimer
14     in lig wat in vlokkies of korrels brand
15     of dof kaats in die ruimer
16     ruimte van 'n skildery of spieël of in 'n wynhouer
17     ivoor maak, of sy speel klavesimbaal
18     of sy loer oor haar skouer
19     en dra 'n sonnende pêrel teen haar nek
20     se skadu. En altyd is daar lig wat áfstraal
21     ín in die liefs klein afgemete vertrek,
22     oorvloedig, uit die oop grote
23     universum en wat die klein aardse geslote
24     stilte in die onmeetlike laat asemhaal.
                                                             [Bron: Driepas, Tafelberg, 1989]

3.1       Waarna verwys die "Dit" in versreël 1?                                                    (1)
3.2       Verwys na versreëls 2 tot 6.
          3.2.1         Watter 17de-eeuse persepsie oor die vrou word deur die woorde
                        "alleen binnenshuis" (versreël 2) uitgelig?                                 (1)
          3.2.2         Haal TWEE afsonderlike woorde uit dié versreëls aan wat met 'n
                        wêreld buite die vrou se ruimte skakel.                                     (2)
3.3       Hoe skakel die kontrasterende werkwoorde "hang" en "loop" in versreël 10
          met die vrou se emosies? Verwys na beide woorde in jou antwoord.                          (1)
3.4       Verwys na versreëls 13 tot 18.
          Watter stylfiguur kom voor met die herhaling van "of "? Evalueer die funksie
          daarvan en motiveer jou antwoord.                                                         (2)

3.5       Op watter TWEE maniere word die gedagte dat die lig van buite (versreël 20
          en 21) haar wêreld binnedring, uitgehef? Waarom, dink jy, kan "asemhaal" as
          die hoogtepunt van die gedig beskou word?                                                 (3)
                                                                                                    [10]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Afrikaans Huistaal/V2                          10                             DBE/Mei/Junie 2025
                                         SS/NSS Vertroulik

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Maaltyd – PJ Philander

1      Ou moeder met haar hoepelrokkie
2      en stywe kappie, staan hande gevou
3      in die vorm van 'n koperklokkie
4      vir smôrens, smiddags en vir nou.

5      Die blou bord en die skoon servet,
6      die helder bril, die Bybel oop,
7      en teen die hoë muur haar groot portret
8      hou my aan haar steeds vasgeknoop.

9      En op die gladde, blink buffet,
10     glimmend in die skerp lig van die lamp,
11     skyn sy nou in die seëngebed,
12     leef sy nou in die wasige damp.

13     Sy was eers goud, heel later silwer,
14     nou's sy koper waar sy staan,
15     maar met elke lui dan skilfer
16     af ... die grasgroenspaan.
                                                     [Bron: Uurglas, Nasionale Boekhandel, 1955]

4.1       Benoem EN verduidelik die beeldspraak in versreëls 1 tot 3.                                 (2)

4.2       Watter stemming word deur die halfrym in versreël 4 oorgedra?                               (1)

4.3       Verwys na versreëls 5 tot 8.

          Noem DRIE voorwerpe wat die spreker se herinnering aan sy ma lewendig
          hou.                                                                                        (3)

4.4       Verwys na versreël 11 en 12.

          Dink jy hierdie versreëls dui op 'n afname in die herinnering aan die moeder?
          Motiveer jou antwoord.                                                                      (1)

4.5       Watter TWEE betekenisvlakke van die gedig word in versreël 13 en 14
          geïmpliseer?                                                                                (2)

4.6       Evalueer die geslaagdheid van die titel van die gedig. Motiveer jou antwoord.               (1)
                                                                                                      [10]

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Afrikaans Huistaal/V2                          11                          DBE/Mei/Junie 2025
                                         SS/NSS Vertroulik

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

Rivierstraat – Neo Mehlomakulu

1        Een oggend
2        was daar 'n begrafnis
3        vier huise van ons huis af
4        dit was 'n celebrity-suiplap se begrafnis
5        en al sy dronk tjommies het gekom
6        om hul laaste bier
7        en dronkverdriet
8        met hul gevalle god te deel
9        die oorledene se familie
10       het matching suits en rokke aangehad
11       met hul neuse in die lug
12       en fake trane wat by hul wange afgerol het
13       clearly net hier
14       om te kyk wat elkeen van hulle kon erf
15       die lykskouer en sy helpers het 'n cheap kis
16       uit die lykswa gerol
17       en soos robotte met die kis op hul skouers
18       die vuil jaart ingemarch
19       ek het skielik aan die huil geraak
20       nie omdat ek hartseer vir die oorledene was nie
21       maar omdat ek nie soos hy wou doodgaan nie:
22       arm, dronk en alleen
                                                                          [Bron: Litnet 2022]

5.1       Verwys na versreëls 1 tot 3.
          Waaroor handel hierdie gedig? Skryf slegs EEN woord neer.                               (1)

5.2       Waarom is dit ironies dat die oorledene as 'n "celebrity" (versreël 4) beskryf
          word?                                                                                   (1)

5.3       Die spreker verwys na die oorledene as "hul gevalle god" (versreël 8).
          Hoe sluit hierdie woorde onderskeidelik by die dronk tjommies EN die familie
          se ander idee van die oorledene aan?                                                    (2)

5.4       Watter houding, dink jy, word met die beeldspraak in versreël 17 oorgedra?              (1)

5.5       Verwys na versreëls 19 tot 22.
          Is dit 'n geregverdigde afleiding dat die rede vir die spreker se trane hom/haar
          in dieselfde kategorie as die oorledene se familie plaas? Motiveer jou
          antwoord met TWEE feite.                                                                (2)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Afrikaans Huistaal/V2                        12                   DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

5.6       "arm, dronk en alleen" (versreël 22)

          Bewys dat die spreker se slotsom oor die oorledene in hierdie versreël
          akkuraat is met 'n aanhaling van twee woorde vir ELKEEN van hierdie
          eienskappe uit die gedig.                                                      (3)
                                                                                         [10]

                                                           TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Afrikaans Huistaal/V2                       13                          DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy bestudeer het.

ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG

Die titel van die roman is baie geslaagd.

Bespreek in 'n opstel van 400 tot 450 woorde in watter opsigte die roman se titel op
die hoofkarakter se ervarings van toepassing is.                                               [25]

VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS A

   Ek klop 'n paar ouens op die skouer. Dit is iets dié waarna jy uitsien van die eerste
oomblik dat jy aan die ander kant uit die Tonnel kom: die oorgee van die ritueel.
   En toe, tussen al die glimlaggende gesigte, val my oë op Eckardt. Ek stap na hom
toe. Met 'n stem wat bo die ander ouens se opgewonde pratery uitstyg, sê ek: "Maar
hier is mos nog 'n Trapper!"                                                             5
   Skielik word dit stil. Almal kyk nou na Eckardt.
   "Hoe lyk dit, Eckardt, kan jý die skoollied sing?" vra ek, smalend.
   "Ek sing nie," sê hy.
   "O, maar dan het ek net die ding om jou tune te verander."
    Die stilte om ons is oorweldigend. Ek weet alle oë is nou op my.                     10
   "Gee vir my nog 'n blinddoek." Ek voel die sagte lap in my hande. Span dit tussen
gebalde vuiste. Stap om Eckardt. Stadig. Net toe ek die doek oor sy oë wil bind, draai
hy sy lyf en stamp my hande weg.
   "Hou hom vas!" skree ek.
   'n See van hande gryp na Eckardt, anker hom op sy knieë daar voor my. Ek 15
grynslag. Geniet elke oomblik. Trek die knoop styf agter sy kop. Ek hoor sy vinnige
asemhaling, sien hoe die spiere in sy nek span. Toe begin ons hom draai. Hy val 'n
keer, toe nog 'n keer. Maar hy sê niks nie. Om en om. Hande wat vat, los, vat, los.
   Ek hoor die mangat se deksel oopgaan.

7.1       Na watter ritueel word in reël 2 verwys EN hoe sluit die Tonnel op letterlike
          vlak by die romantitel aan?                                                          (2)

7.2       Verwys na reëls 1 tot 5.

          Waarom is dit enersyds geregverdig EN andersyds ongeregverdig dat Greg
          hier vir Eckardt 'n Trapper noem? Onder watter omstandighede maak Eckardt
          later in hulle vriendskap hierdie woorde op Greg van toepassing?                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Afrikaans Huistaal/V2                         14                            DBE/Mei/Junie 2025
                                        SS/NSS Vertroulik

7.3       Verwys na reël 7.

          Waarom tree Greg op hierdie stadium van die roman "smalend" teenoor
          Eckardt op?                                                                              (1)

7.4       Verwys na reël 14 en 15.

          Watter afleiding kan die leser oor Greg se invloed in die skool op hierdie
          stadium van die roman maak? Wat was die hoofrede dat Greg se invloed in
          die skool verander het?                                                                  (2)

                                              EN

TEKS B

'n Sukses? Is dit nog enigsins moontlik?
Kan ek weer in die mindset kom waarmee ek die jaar begin het? Ek weet nie hoekom
nie, maar selfs al voel ek en my pa soos vreemdelinge vir mekaar, is daar iets in my
wat nog smeek vir my pa se aanvaarding. Iets wat hom nog tevrede wil stel. Maar dan
is daar ook die ander deel van my wat wonder of enigiets wat ek doen, goed genoeg              5
gaan wees vir hom. Sal daar ná alles nog meer verwagtinge wees waaraan ek nie sal
kan voldoen nie?
    Moet ek sy liefde en aanvaarding koop met my prestasies?
    Sal ek John se skoene kan vol staan?
    Die besluit is 'n tawwe een, maar dit is een waarby ek gaan hou. Ek gaan weer              10
probeer. 'n Nuwe begin maak. Vir John. Vir my ma. En, ja, ook vir my pa.
    Hierdie tyd van die oggend is al Clarens se galerye en ander winkels nog toe. Net
by die gastehuise is daar lewe. Motors staan in die strate. Sommige van die bome wat
in die somer so groen staan en skaduwees gooi, is nou kaal, maar Clarens het 'n
sjarme wat min klein dorpies het.                                                              15
Dis 'n plek wat mens tevrede laat voel met jouself. En dis seker waarna ons almal
soek, uiteindelik.
    Ek staan voor die Addy Hoyle Fine Art galery en kyk na binne deur die
blokkiesvensters.
    Die stem kom onverwags: "Terwyl Zeus, die heerser van Olimpus, slapend gevou lê            20
in Hipnos se vlerke, strand sy seun, Herakles, se skip vandag weer op Kos."
    Die beeld van iemand wat agter my staan, spieël in die winkelvenster.

7.5      Verwys na reël 1 en 2.

         Noem DRIE aspekte van Greg se lewe wat hom aan die begin van die jaar laat
         dink het dat hy suksesvol is. Waarom is dit ironies dat Greg se pa hom aan die
         begin van die jaar as ruggraatloos bestempel?                                             (4)

7.6      Waarom voel Greg dat hy sy oorlede broer John se skoene moet vol staan?                   (1)

7.7      Watter tipe verteller tree in reëls 1 tot 7 op? Is hierdie tipe verteller geslaagd?
         Motiveer jou antwoord.                                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Afrikaans Huistaal/V2                        15                           DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

7.8      "En, ja, ook vir my pa." (Reël 11)

         Onder watter wanindruk ten opsigte van sy pa verkeer Greg as hy dié besluit
         neem EN hoe dra die verskyning van die persoon in reël 22 daartoe by dat
         Greg se idee van sy pa versplinter word?                                                (2)

7.9      Hoe verskil Greg se emosies ten opsigte van sy pa van dié van sy ma? Hoe
         dra Greg se pa enersyds EN sy ma andersyds daartoe by om hierdie
         verskillende emosies te veroorsaak?                                                     (3)

7.10     Verwys na die ruimtebeskrywing in reëls 12 tot 17.

         Dink jy hierdie ruimtebeskrywing is funksioneel? Motiveer jou antwoord met
         TWEE feite. Het Greg op hierdie stadium van die roman rede om "tevrede"
         (reël 16) te voel? Motiveer jou antwoord.                                               (3)

7.11     Verwys na reëls 20 tot 22.

         Waarom herken Greg dadelik hierdie woorde?                                              (1)

7.12     Herlees reëls 3 tot 14 van TEKS A en reëls 6 tot 9 van TEKS B.

         Het Greg, volgens jou, enige karakterontwikkeling vanaf die gedeelte in
         TEKS A tot die retoriese vrae in TEKS B ondergaan? Motiveer jou antwoord.               (1)
                                                                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Afrikaans Huistaal/V2                        16                           DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

Die titel van die roman is baie geslaagd.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde ten opsigte van Baas se
ervarings.                                                                                        [25]

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS C

  "Die vloek!" Baas vat nie die koffie nie.
  "Ons het gistermiddag laat hier aangekom. Toe eers sien ons die geboue is
verwoes." Oom Scholtzie balanseer die beker op 'n gelykte en kom sit langs Baas op
die nat seil.
  Grace kom met haar mukolo van Mubuyu af. Sy het haar kolletjiesrok aan. Sy knak            5
haar knieë liggies en hou met al twee hande 'n toegeknoopte doekie na hulle toe uit.
  "Dit is nog 'n bietjie warm. Groenmielies in die blare gekook." Sy glimlag. "Miskien sal
muluti Malila ook daarvan hou."
  "Dankie Grace, ek is honger." Oom Scholtzie knoop die doekie los.
  "Ek is ook honger." Nanna sluit by hulle aan.                                              10
  Grace maak vir Nanna 'n mielie skoon. Baas eet nie. Griesel sit in die Datsun; dit is
sy tyd om Bybel te lees. Grace haal 'n opgevoude wit lap voor uit haar rok.
 "Dit is die tablette wat ek in die nag saamgevat het Mubuyu toe," sê sy vir Baas.
  Hy vat nie die pille nie.
   "Dit was om vir die vrou te gaan gee wat met die slee ingebring is na Manaka toe,         15
maar sy is nou al begrawe. Haar naam was Ester. Sy het my ouma se naam gehad. Sy
was my niggie, die kind van my oorlede pa se suster Miriam."
  Oom Scholtzie vryf sy oë. Hy sit sy mielie langs hom neer en hou sy twee hande na
weerskante toe uit. Grace neem die een hand. Nanna neem Grace se hand. Baas gee
nie sy hande om die kring te voltooi nie.                                                    20

9.1       Na wie verwys Baas in reël 1 EN waarom is hy so ontsteld?                              (2)

9.2       Wat het die mense, wat saam met oom Scholtzie gekom het, op Manaka kom
          doen?                                                                                  (1)

9.3       Verwys na reël 5 en 6.

          Watter TWEE rolle speel Grace in Baas se lewe? Bewys met voorbeelde uit
          die roman dat elkeen van hierdie rolle uiteindelik tot Baas se karaktergroei
          bydra.                                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Afrikaans Huistaal/V2                          17                           DBE/Mei/Junie 2025
                                         SS/NSS Vertroulik

9.4       Griesel sit in die Datsun-bakkie en Bybel lees. (Reël 11 en 12)

          9.4.1         Hoe verskil Griesel se optrede in TEKS C van sy latere optrede
                        teenoor die Lozi's? Hoekom is hierdie houding van Griesel ironies?         (2)

          9.4.2         Nanna se optrede verskil van Griesel s'n. (Reël 10 en 19)

                        Verwys na 'n ander geleentheid in die roman waar haar optrede
                        met dié van Griesel kontrasteer.                                           (1)

9.5       Verwys na reëls 6 tot 17.

          Watter tipe verteller tree in dié reëls op? Waarom, dink jy, is hierdie tipe
          verteller geslaagd in hierdie reëls?                                                     (2)

9.6       Verwys na reëls 1, 14, 19 en 20.

          Waarom is dit enersyds geregverdig EN andersyds ongeregverdig om vir
          Baas as ongeskik te beskou? Wat is die eintlike rede hoekom hy in reël 20
          nie teenoor dié mense wil reageer nie?                                                   (3)

                                               EN

TEKS D

   Dis lank stil in die slaaprondawel.
   Baas maak die Bybel oop. " 'To our eldest son Dennis'," lees Baas vir Whitey wat op
die binneblad staan. " 'On his 30th birthday. May our Father in heaven be with you on
your journey and forever. From your father and mother Dennis and Jennifer Chipman.
29th October 1870.' "                                                                    5
   Whitey sak op die bed neer. Hy vat die Bybel stadig uit Baas se hande en staar na
die inskrywing. Dan kyk hy na die portret teen die muur en kom op sy voete.
   "En hy was nie tien of twintig jaar hier in Barotseland nie, Baas Dennis Chipman," sê
Baas. "Dit was nege en twintig jaar. Jy is reg. Dit was 'n tough old Canadian daardie."
   Whitey gryp Baas vas.                                                                 10
   Baas gee vir hom die Bybel. "Vat dit vir jou. Ek het nog een," sê hy.
   "Die kos is reg," sê Grace in die deur.
Hulle sien gelyk die gloed bokant die kerk uitslaan.
   Vlamme skiet hoog bokant die bome uit.
   Hulle hardloop.                                                                       15

9.7       Onder watter omstandighede het Baas vir Whitey die eerste keer ontmoet?                  (1)

9.8       Verwys na reël 4 en 5.

          Watter wanopvatting het Whitey oor sy oupa se identiteit gehad EN hoe dra
          Baas se inligting oor dié persoon daartoe by dat die verhouding tussen Baas
          en Whitey verander?                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Afrikaans Huistaal/V2                      18                         DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS Vertroulik

9.9       Is Whitey se emosie in reël 10 geloofwaardig? Motiveer jou antwoord. Op
          watter tasbare wyse demonstreer Whitey hierdie emosie in die afloop van die
          roman?                                                                             (2)

9.10      Verwys na reël 14.

          Dink jy die ruimtebeskrywing is funksioneel? Motiveer jou antwoord met
          TWEE feite. Het Baas enige rede om vir hierdie treurspel verantwoordelik te
          voel? Motiveer jou antwoord.                                                       (3)

9.11      Verwys na reël 21 van TEKS C en reël 11 van TEKS D.

          Slaag hierdie teksgedeeltes daarin om Baas as 'n buitestander uit te beeld?
          Motiveer jou antwoord deur afsonderlik na beide gedeeltes te verwys.               (2)
                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Afrikaans Huistaal/V2                       19                          DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

VATMAAR – AHM Scholtz

Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).

VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

Die titel van die roman is baie geslaagd.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde teen die agtergrond van
die ontstaan van Vatmaar en die Vatmaar-inwoners.                                              [25]

VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS E

    … het Oom Chai gewoontlik die graaf gevat en vir die intrekker gesê: Nou vir
water. Wanneer hulle oor die plek ooreengekom het, het Oom Chai gesê: Dankie,
Here, vir die eer om die eerste graaf grond uit te spit. Dan het al Vatmaar se mans,
oud en jonk, help grawe, en voor sononder het Vatmaar een put by gehad.
   Rommel rondgooi was daar nie. Elkeen van ons het 'n vuilgoedgat op 'n hoek van sy 5
erf gehad en alle rommel is daarin gegooi, met die as van die dag se vuur bo-op.
   Daar was toe nog nie 'n kerk of poliesstasie om vrees in onse gemoedere te blaas
nie. Geen sokkerspan en danssaal om onse aandag af te trek nie. Geen dokter en
prokureur om op staat te maak nie. Daar was net veldpaaie, met gate wat vanself
toegaan as dit reën. En oral was daar kortpaaitjies.                                    10
   Vatmaar was arm, en tog het ons nie armoede geken nie. Ek kan nie onthou dat ek
ooit 'n swanger ongetroude meisie gesien het nie. Daar was meer kinders as
grootmense. Oupas het altyd gesê: Ek kan nog altyd daai klein werkie doen.
   Sterfgevalle was ver uitmekaar maar elke nou en dan is daar 'n baba gebore.
Niemand is dood aan kanker nie want dit was rykmansiekte, maar teen witseerkeel het 15
kinders nooit 'n kans gehad nie. En daar was twee soorte tering: die vette en die mare.
   Onse kinders het oorgenoeg gebaklei, maar as onse ouers stry gekry het, het hulle
vir mekaar gesê: Pas op, die bure hoor jou.

11.1      Verwys na reël 2 en 3.

          Op watter TWEE maniere het oom Chai probeer seker maak dat die kinders
          van Vatmaar gelowig grootword?                                                       (2)

11.2      "… en voor sononder het Vatmaar een put by gehad." (Reël 4)

          Watter Vatmaar-karakter se put het uiteindelik aan al die mense van Vatmaar
          water verskaf?                                                                       (1)

11.3      Verwys na reël 7.

          In watter opsig is dit enersyds geregverdig EN andersyds ongeregverdig dat
          die kerk en die polisiestasie in dieselfde sin genoem word? Waarom was dit
          te verstane dat die dorp met die naam Vatmaar nie 'n polisiestasie het nie?          (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 20

Afrikaans Huistaal/V2                       20                          DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

11.4      Verwys na reël 8 en 9: "Geen dokter en prokureur …"

          Noem EEN karakter wat op Vatmaar gesterf het omdat daar nie 'n kliniek was
          nie.                                                                                 (1)

11.5      "Vatmaar was arm, en tog het ons nie armoede geken nie." (Reël 11)

          Bewys met VIER feite uit die roman dat Oom Chai finansieel selfversorgend
          was.                                                                                 (4)

11.6      Verwys na reëls 5 tot 18.

          Dink jy die agtergrondbeskrywing oor die lewe in Vatmaar is funksioneel?
          Motiveer jou antwoord met TWEE feite. Watter reaksie lok hierdie beskrywing
          oor Vatmaar by jou as leser uit? Motiveer jou antwoord.                              (3)

11.7      Watter tipe verteller tree in TEKS E op? Dink jy hierdie tipe verteller is
          geslaagd in hierdie reëls? Motiveer jou antwoord.                                    (2)

                                            EN

TEKS F

   Die kapkar het 'n halfdeurtjie gehad en toe Tant Wonnie daaroor leun sien sy
Johnny September staan amper reg voor die perd. Asseblief, asseblief, Mineer Jones.
Asseblief, Mineer. Kyk, my vrou kan nie meer loop nie, soebat hy.
   Tant Wonnie het haar kop teruggetrek om te luister sonder dat sy gesien word.
   Haar arme voete is vol blase. Mineer, wees dan tog genadig. Hy het sy hande voor 5
hom gehou soos iemand wat bid: Asseblief, Mineer, ek kan loop, vat net my Settie
saam. Sy is 'n eerlike vrou. Die Here sal Mineer Jones seën.
   Tant Wonnie het gesien Johnny September staan so naby die perd dat dié nie kan
vorentoe loop nie.
   Ek het jou vrou nou net sien stap asof daar niks met haar voete verkeerd is nie. Toe 10
moet sy die perd gehoor het, want sy het omgekyk en toe kyk jy om. En toe sien ek sy
trek haar skoene uit en maak of haar voete seer is. Ek ken jou baie goed, jy het altyd 'n
slimstorie te verkoop. Maar ek sal julle vir twee sjielings oplaai, sê Stoffel Jones.
   Ek het nie 'n enkele pennie op my nie, Mineer Jones, antwoord Johnny. Ek sal
Mineer betaal wanneer ons in Vatmaar kom.                                                 15
   Nee, nooit nie. Ek vertrou jou nie. Ek sal dit een sjieling maak of anders gebruik ek
my sweep – eers op jou en dan op die perd. En waar is die geld waarvoor jy daai goue
trouring verkoop het wat jy sê jy opgetel het?

11.8      Van waar af kom die kapkar?                                                          (1)

11.9      Hoe verskil Tant Wonnie en Johnny September se optrede teenoor hulle
          medemens? Watter TWEE lesse kon Suzan uit Tant Wonnie se optrede, wat
          direk ná TEKS F volg, leer?                                                          (3)

11.10     Verwys na reël 17 en 18.

          Hoe skakel die trouring met die titel van die roman?                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 21

Afrikaans Huistaal/V2                      21                          DBE/Mei/Junie 2025
                                     SS/NSS Vertroulik

11.11     Watter TWEE rolle speel die goue trouring (reël 17 en 18) in die verbetering
          van Tant Wonnie se omstandighede?                                                   (2)

11.12     Lees reël 3 en 4 van TEKS E en reëls 10 tot 13 van TEKS F.

          Watter karaktereienskap van die mense van Vatmaar word in TEKS E
          uitgelig? Dink jy 'n mens kan Stoffel Jones van harteloosheid beskuldig in
          TEKS F? Motiveer jou antwoord.                                                      (2)
                                                                                              [25]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 22

Afrikaans Huistaal/V2                       22                          DBE/Mei/Junie 2025
                                      SS/NSS Vertroulik

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

VRAAG 12: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

Die titel van die roman is baie geslaagd.

Bespreek hierdie stelling in 'n opstel van 400 tot 450 woorde ten opsigte van die
hoofkarakter se ervarings.                                                                       [25]

VRAAG 13: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS G

My ouma (Ma se ma) het in engele geglo. Nie net die soort waarvan 'n mens in die
Bybel lees en wat gewoonlik in kore gesing het nie, maar die soort wat van tyd tot tyd
op aarde kom kuier en met sekere mense gesels.
    Sy was in die hospitaal toe die Engel haar die eerste keer besoek het. Van die skrik
het sy een van die pypies losgeruk sodat die vloeistof op haar beddeken gedrup het.          5
Sy het die storie dikwels vir my vertel. Net vir my. Elsa en Kara en Ma sou nie verstaan
nie, het sy gesê. Hoe die pypie wind gesluk het en hoe bang sy was die verpleegster
kom in en raas met haar.
    "Maar wat het die Engel vir Ouma gesê?" het ek altyd gevra.
    " 'Dis goed,' het die Engel gesê."                                                       10
    "Net dit?"
    "Net dit. Ek wou my hand uitsteek en aan hom raak, maar hy was dun, die bak
blomme wat jou ma-hulle gestuur het, het klaar deur sy klere geskyn. Terwyl ek na
hom gekyk het, het die tierlelies deur sy rok gewys. Toe was hy weg."
    Dit was 'n wonderlike storie. "Hoe het Ouma geweet hy is 'n man?" Ek het engele          15
altyd as vroulik ervaar, mooi meisies met lang golwende hare. Soos Kara. Kara was
jaar na jaar die hoofengel in die skoolkonsert.
    "Sy gesig, sy gesig. Hy was 'n man."
    "Het Ouma nooit vir iemand anders vertel nie?"
    "Nee!" het sy ontsteld gesê. "Ons is Gereformeerd, ons glo nie aan geeste nie."          20

13.1      In reël 1 word verwys na Iris se ouma wat aan engele geglo het.

          Watter invloed het die engel op haar ouma se huwelik gehad?                            (1)

13.2      "Net vir my." (Reël 6)

          Watter gedagte word met hierdie kort sin geïmpliseer EN hoe skakel hierdie
          woorde met Iris se persepsie oor haar rol in die huisgesin? Motiveer waarom
          dié woorde nie waar is nie.                                                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 23

Afrikaans Huistaal/V2                           23                          DBE/Mei/Junie 2025
                                          SS/NSS Vertroulik

13.3      Verwys na reëls 4 tot 8.

          13.3.1        Ná watter gebeurtenis het die Engel die eerste keer aan Iris
                        verskyn EN het Iris se reaksie op sy verskyning ooreengestem met
                        haar ouma s'n? Motiveer jou antwoord.                                      (2)

          13.3.2        Watter boodskap het die Engel vir Iris tydens die eerste verskyning
                        gegee EN tot watter wanpersepsie ten opsigte van die Engel se rol
                        in haar lewe het hierdie boodskap gelei?                                   (2)

13.4      Daar is herhaalde verwysings dat die Engel van tradisionele engele verskil.

          Hoe beïnvloed hierdie verwysings die leser se verwagting oor Iris en die Engel
          se verhouding?                                                                           (1)

13.5      Verwys na reël 20.

          Watter persoon buite Iris se gesin openbaar dieselfde gesindheid teenoor
          engele as wat haar Ouma hier handhaaf? Noem nog TWEE karakters wat ook
          skepties oor die Engel se bestaan was.                                                   (3)

                                                   EN

TEKS H

       "Jou ouers moes jou nooit Iris gedoop het nie," het Peter skielik losgetrek. "Hulle
moes jou Anna of Marie genoem het."
    "Ken jy 'n Marie?" het ek gevra toe ek skielik van my droom onthou.
    "Nee, dit was net 'n voorbeeld. As jou naam Marie was, het jy nie so vol idees
rondgeloop nie."                                                                               5
    "Dis nie net die naam nie, dis my lewensfilosofie. Kara blom van sy haar Claude
gekry het. Elsa blom ..." Daar het ek my vasgeloop.
    "Ja?" het hy my aangehits. "Waar blom sy? In die kombuis waar sy haar vrieskas
alfabeties georganiseer het, skaapvleis voor varkvleis en beesvleis heel eerste?"
    "Ek weet nie. Maar kyk nou maar na my pa van hy op die plaas is. En Ma ..."                10
    "Ja?" het hy gekoggel. "Jou teorie is net op elke tweede mens van toepassing. Wat
van jou ma?"
    "Miskien was haar blomtyd toe sy kinders gekry het."
    "Nee," het hy ferm gesê. "Jy het my self vertel sy sou nie eens onthou het om julle
bottels warm te maak as Johanna nie daar was nie. Sy kan nie beskuit bak sonder om             15
die suurdeeg te vergeet en kluitjies uit die oond te haal nie."
    Ek het my oë voel water, maar dit kon gewees het omdat die bestuurder sy ruit
afgedraai het om iets vir 'n kollega langs hom by die verkeerslig te skree. "Jou ma het
vir jou beskuit en konfyt saamgestuur," het ek vir hom gesê. "Moenie dat ek vergeet om
dit vir jou te gee nie."                                                                       20

13.6      Binne watter ruimte bevind Iris en Peter hulle in TEKS H? Hoe dra die
          fotograaf binne hierdie ruimte enersyds tot Iris se innerlike konflik EN
          andersyds tot uiterlike konflik tussen Iris en Peter by?                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 24

Afrikaans Huistaal/V2                            24                          DBE/Mei/Junie 2025
                                           SS/NSS Vertroulik

13.7      Verwys na reël 6 en 7.

          Behalwe vir die blombetekenis van haar naam, noem nog twee betekenisse
          van die naam Iris EN verklaar waarom elkeen afsonderlik vir Iris groot
          betekenis het.                                                                            (4)

13.8      Die Claude-karakter word gebruik om enersyds Iris se gesin se siening oor
          Claude in die politieke situasie ten tye van die roman EN andersyds Johanna
          se sienswyse oor Claude te ironiseer. Stem jy saam? Motiveer jou antwoord
          deur na beide aspekte onderskeidelik te verwys.                                           (2)

13.9      In reëls 8 tot 16 kritiseer Peter onderskeidelik Iris se suster Elsa EN haar ma.

          13.9.1        Op watter teenstrydige karaktereienskappe van hierdie twee vroue
                        lê Peter hier klem?                                                         (2)

          13.9.2        Watter EEN van hierdie twee vroue, sou jy sê, ondergaan die
                        grootste karakterverandering ten opsigte van die eienskap wat in die
                        uittreksel genoem word? Motiveer jou antwoord.                              (1)

13.10     Verwys na reëls 1 tot 3 van TEKS G EN reël 3 van TEKS H.

          Beide die Engel en Iris se drome/fantasieë het 'n groot invloed op Iris se lewe.
          Evalueer watter EEN die grootste invloed op Iris se lewe uitoefen. Motiveer
          jou antwoord.                                                                             (1)
                                                                                                    [25]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:              25

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 25

Afrikaans Huistaal/V2                            25                             DBE/Mei/Junie 2025
                                           SS/NSS Vertroulik

AFDELING C: DRAMA
Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer het.
KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).
VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG
Bespreek, in 'n opstel van 400 tot 450 woorde, watter rol die ruimte in dié drama ten
opsigte van die Cavernelis-gesin se behoefte aan bevryding speel.                                      [25]
VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.
TEKS I

LA GUMA:                ... Never mind lat julle nie amenities en facilities in die township het
                        nie! Dáái's group areas legislation, mister Cavernelis. Group areas,
                        ha! More like prisons, big bloody prisons!
CAVERNELIS:             Nou kan jy sien, mister La Guma, dis hoekom ek en Maudie en
                        Blanchie hierso wil weg. Dis hoekom ek en my gesin hierso uit wil          5
                        kom ...
LA GUMA:                Hierso ytkom? You must be joking, mister Cavernelis! Or maybe
                        you're lucky, maybe. Jy't nou 'n opportunity ge-strike om geld te
                        maak, but the others? The others? ... Under the bread-line, man,
                        they live under the ... bread-line, hulle hele dêm lewe lank. En hulle     10
                        move nooit op nie! Liewerste ónner toe! Kyk, jy word hierso gebore
                        onder die bread-line … en jy vrek hierso onner die bread-line ...
                        Moet poverty, en al die misery, en al die crime, robbery, rape, en
                        murder ...
CAVERNELIS:             Dis hoekom ek en Maudie en Blanchie hierso wil weg!                        15
LA GUMA:                Best of luck to you, mister Cavernelis. Jy maak geld om hierso yt te
                        briek. Best of luck. Maar 'is 'n sterk tronk dié. Kyk, die tralies! (Hy
                        trek regaf strepe in die lug, met albei hande, en wys na die geboue
                        in die omgewing.)
CAVERNELIS:             Anyway, dis hoekom ons seker nie nou gaan worry met 'n shower              20
                        in die huis nie, mister La Guma. Dis 'n onnodige uitgawe, op 'n
                        huurhuis.
LA GUMA                 (luister nie): 'n Sterk tronk, sê ek ...
CAVERNELIS              (plaas die tou in La Guma se hande terug, maar dié let dit skaars
                        op): Ja ...                                                                25
LA GUMA:                Nou is Map Jacobs ook terug ...
                        Cavernelis sê niks.

 15.1     Teen watter politieke agtergrond speel hierdie drama af?                                     (1)
 15.2     Gee DRIE redes waarom Cavernelis nie tydens vorige geleenthede met
          La Guma wou gesels nie.                                                                      (3)

 15.3     Waarom gebruik mister Cavernelis die verkleiningsvorm as hy van Maud in
          reël 4 en 5 praat?                                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 26

Afrikaans Huistaal/V2                           26                        DBE/Mei/Junie 2025
                                          SS/NSS Vertroulik

 15.4     Verwys na reël 5 en 6.
          Dink jy dit is effektief dat Cavernelis hierdie woorde in reël 15 herhaal?
          Motiveer jou antwoord. Watter TWEE planne maak Cavernelis en sy gesin
          wel om uit die township te kom EN waarom sal hierdie droom van hulle nooit
          waar word nie?                                                                         (4)
 15.5     "Kyk, die tralies!" (Reël 17)
          Met watter emosie sê La Guma hierdie woorde?                                           (1)
 15.6     Hoe dra die dialoog en neweteks in reëls 14 tot 26 onderskeidelik by tot die
          leser se afleiding dat Cavernelis en La Guma by mekaar verbypraat?                     (2)
                                                   EN
TEKS J

CYRIL:          Well, as ons sê hy's 'n nice boy nou, dan werk 'ít goed vir hom yt, by die
                parole-board, jy wiet!
RICHIE:         O…
                Hulle speel.
RICHIE:         Maar nou, wat poke sy haar nies oek by ons ammal in?                         5
CYRIL:          Daai's haar job, man! Nou concentrate nou op jou kinners!
                Hulle speel.
CYRIL:          Sy's 'n nice tootsie, gehoor …
RICHIE:         Miss Africa? Hê, moenie ideas kry nie, man. Sy's 'n social worker …
CYRIL:          So what?! Sy's nog altyd 'n … jy wiet mos wat oek!                           10
RICHIE:         Hê, moenie so praat nie, man!
CYRIL:          Kry jy die vibes?
                Hulle lag. Speel.
TOMMY:          Skaam vir julle!
CYRIL:          Aag, bugger off, Tommy, man, altyd so heilag, asof jy nog nooit …            15
TOMMY:          Wat? Wat?
                Cyril en Richie lag.
CYRIL:          Ou Tommy, soes 'ie Ingelsman sê, you haven't got what it takes, man!
                Jy moet jou bangles! (Lag brutaal.)
RICHIE:         Moenie gemien wies nie, ou swaer …                                           20
                TOMMY is hard besig om sy ware op te vryf.
                Cyril en Richie speel voort.
                Dan verskyn Willy la Guma – soos altyd "jogging" of "skipping".
CYRIL:          Aggenee … Kyk wie's hie' … Mister physical fitness himself …
RICHIE:         A healthy mind in a healthy body, like! Jy wiet mos!                         25
CYRIL:          En al daai talk!
RICHIE:         Cool it!
CYRIL           (sagter): So 'n … Altyd so slim … wiet alles, moet die blêdie rooi track
                suit aan!
RICHIE:         Ja, sil sweer sy ma het geboorte gegee aan hom in 'n rooi track suit!        30
                La Guma is nou by hulle.
LA GUMA:        Hey, Richie! Cyril! Hoe gaan 'it? … Julle all right?
RICHIE          (teësinnig): Ja …
CYRIL           (onvriendelik): 'Is okay, man!
LA GUMA:        Ek wil … nou nie criticise nie, maar … Kerrim … julle speel so baie          35
                kerrim … What a waste … I mean, of time … and talent …
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 27

Afrikaans Huistaal/V2                        27                         DBE/Mei/Junie 2025
                                       SS/NSS Vertroulik

15.7      Van wie praat Cyril in reël 1?                                                       (1)

15.8      Dink jy Miss Africa speel 'n belangrike rol in die drama? Motiveer jou
          antwoord met TWEE feite.                                                             (2)

15.9      Watter karaktereienskap van Cyril blyk uit sy woorde oor Miss Africa in
          reël 8? Dink jy daar is 'n ooreenkoms in sy siening van Miss Africa en hoe hy
          oor Blanchie praat? Motiveer jou antwoord met TWEE feite.                            (3)

15.10     Verwys na Cyril en Richie se woorde in TEKS J.

          Wie van Cyril of Richie toon in sy woorde in reëls 1 tot 20 'n sin vir
          regverdigheid? Motiveer jou antwoord. Waarom kan Richie se woorde in
          reël 30 as ironies beskou word?                                                      (2)

15.11     Verwys na reël 35 en 36.

          By watter tema van die drama sluit die kerrimspelery aan? Watter ander
          karakter in die drama kritiseer ook hierdie kerrimspelery? Hoe verskil
          La Guma en die ander karakter se redes waarom hulle die kerrimspelery
          kritiseer?                                                                           (3)

15.12     Herlees reël 26 van TEKS I en reël 35 en 36 van TEKS J.

          Watter gemeenskaplike oogmerk het La Guma met sy woorde aan Cavernelis
          in TEKS I en aan Cyril en Richie in TEKS J? Met wie bereik La Guma sy
          doel? Motiveer jou antwoord.                                                         (2)
                                                                                               [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2022/b6902408-ac2a-4a7c-a4f3-5057a283114e) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2021/bd0848ce-447c-46d0-8bdd-1169e8e62e6e) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018/d44727d2-705d-4fdd-a87d-4da1c4380318) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2019-memo/669ef435-fb0c-4809-bd37-e82d905f388f) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018-memo/89172392-378e-4868-8b19-5f1762563210) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
