# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2022 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2022, 33 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo-gr12-sept-2022-finaal/6ddc8527-9b12-436c-bd68-23419fb0172a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 33

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2022 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo-gr12-sept-2022-finaal/6ddc8527-9b12-436c-bd68-23419fb0172a)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Memorandum, 33 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2022

                AFRIKAANS HUISTAAL V2
                    NASIENRIGLYN

PUNTE:   80

                  Hierdie nasienriglyn bestaan uit 33 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  2

NASIENRIGLYNE

1.     As ŉ kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
       eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag
       en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)

2.     As ŉ kandidaat in AFDELING A al vier vrae en die gesiene gedigte beantwoord
       het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.

3.     As ŉ kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
       opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
       antwoord word geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en
       C beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een
       kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.

4.     As ŉ kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
       die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
       antwoord word geïgnoreer.

5.     As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
       nasienriglyn nagesien.

6.     Taalfoute by kontekstuele vrae word nie gepenaliseer nie. As ŉ spelfout die
       betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die
       spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek
       beskou.

7.     Opstelvrae:
       As die literêre opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
       gepenaliseer omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die literêre
       opstel te lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior
       nasiener/vakhoof. Die nasienriglyne is slegs ŉ riglyn, daarom moet ander
       relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om
       die opstelvrae na te sien.

8.     Kontekstuele vrae:
       As ŉ kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ŉ vraag dit vereis nie, word
       die kandidaat nie gepenaliseer nie.

9.     Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JAN/NEE/EK STEM SAAM/EK
       STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

10.    Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
       rede/motivering/bewys verdien die punt.

11.    Moenie woorde nasien nie; sien betekenis na.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 3

AFDELING A: GEDIGTE

VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

“Reaksie” – Vernon February

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK VIR
LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

LET WEL:
• Dis ŉ breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

• Die stemming is hoofsaaklik een van misnoegdheid en van minagting.
• Die verkleining van die woord Ghwar, nl. Ghwarrie en die feit dat daar na bekering as daai
  ding gewys word, dui hierop.
• Tog is daar ook ŉ stukkie spot wanneer daar na Ghwarrie se bekering met hart en siel
  verwys word.
• In reël 8 verander die minagting na moedeloosheid wanneer hy die uitroep, maar ai gee.
• Die stemming van minagting word voortgesit wanneer Ghwarrie se taalgebruik
  gelykgestel word aan die seurtjie s’n. Weereens word die verkleining gebruik om die
  minagting aan te toon.
• Die verontwaardige stemming word verder gevoer wanneer hy bevestig hy sien geen
  love and charity vanaf Ghwarrie nie.
• Die kontras van hoe Gwarrie was teenoor hoe hy nou is, kom baie duidelik na vore.
• Hy was vantevore nie bekeerd nie en ŉ aanhanger van die hotnotsriel. Nou glo hy met
  hart en siel en is hy die vyand van die hotnotsriel.
• Sy voorkoms het ook verander. Hy loop nou die hele dag met sy newwies en beste
  sjute. Daarby het hy nou ŉ Sunday-go-to-meeting-face.
• ŉ Verdere kontras kom voor tussen wat Ghwarrie predik – justice love, and tjêrritie –
  teenoor dit wat die spreker ervaar – hate and insults.
• Die slot van die gedig staan ook in kontras wanneer die spreker vir sy bottel jien vra
  teenoor Ghwarrie se Sunday-go-to-meeting-face.
• Die gebruik van Kaaps Afrikaans is funksioneel aangesien dit die gedig binne ŉ
  bepaalde milieu plaas en dit so baie meer geloofwaardig maak.
• Kaaps Afrikaans kan gesien word in die gebruik van die Engelse woorde, bv. sjute,
  Sunday-go-to-meeting-face; justice love, and tjêrritie; hate and insults.
• Die palatalisasie van die j-klank tot ŉ tj-klank soos in tjy en tjou.
• Die weglating van konsonante aan die einde van woorde: ma; waa soema.
• Weglating of elisie van klanke in die middel: wa’om
• Verlaging van vokale: gloe in plaas van glo; oek in plaas van ook
• Assimilasie kom ook voor: oppie

Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                     AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     4

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

“ŉ Brief van hulle vakansie” – Breyten Breytenbach

Vraag                                    Antwoord                                           Punt
2.1       Voorplasing / met ŉ hoofletter geskryf / herhaling. √                              1

          Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.
2.2       2.2.1 Polisindeton/Hiperbool √                                                      1
          2.2.2 Dit beklemtoon elke ding wat die spreker se pa doen /
                  afsonderlik genoem. /
                  Dit skep die indruk dat sy pa ten spyte van sy 60 jaar nog
                  steeds sterk is. /Dui bewondering vir sy pa aan. √                          1
2.3       kwatryn / kwatryne √                                                                1
2.4       2.4.1       Vergelyking √                                                           1

                      Dit is geslaagd, net soos die kapok vinnig (en sonder keuse in
                      die son) smelt, net so is die familie besig om te sterf. / Dit dui
                      op hoe vinnig die aftakelingsproses plaasvind – so vinnig soos
                      die kapok in die son smelt. √                                           1

                      Beide kante van die twee aspekte wat vergelyk word, moet
                      gegee word vir een punt.

          2.4.2       Net soos die kapok uitgelewer is aan die son en nie dit kan
                      verhoed om te smelt nie – net so is die is mens uitgelewer aan
                      die dood, niks of niemand kan jou daarvan red nie /
                      Net soos die kapok nie die smeltproses kan keer nie, net so
                      takel die ouderdom ŉ mens af en verganklikheid is vir almal ŉ
                                                                                              1
                      onvermydelike realiteit. √

                   Kandidaat moet by die tema uitkom.
2.5       Die spreker se pa het te veel begin drink. / suggereer verganklikheid /
          hy kruip al hoe meer in sy dop. √                                                   1
2.6       Dit bewerk eenheid in die gedig/Beklemtoon dat die spreker treur. √                 1

          Weemoedig/hartseer/treurig. √                                                       1
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                     AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   5

 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

 “Twee kleuters in die Vondelpark” – Elisabeth Eybers

 Vraag                                         Antwoord                                       Punt
 3.1        Dit beklemtoon die illusie van die werklikheid. √                                  1
 3.2        p- en s-alliterasie /alliterasie √                                                 1

            “ewewig” √                                                                          1
 3.3        Versreël word tipografies alleen geplaas./ Die alleenplasing van r.12 /
            Alleenplasing. √                                                                    1
 3.4        3.4.1 Die wiel is ŉ simbool van realisme die harde werklikheid /
                    Statussimbool van die man / Dui op die wêreld van prestasie /
                    Geen plek vir drome in die wêreld van materialisme nie. √                   1

                      Ja, promosie behoort te lei tot positiewe groei, maar hier word hy
                      tot verbeeldingloosheid bevorder. / die seun se wêreld word               1
                      geestelik kleiner. √

                      NEE word nie as antwoord aanvaar nie.
            3.4.2     Ja, dit vertel die leser wat die man sal konstateer / bevestig /
                      dit hef die inhoud van die statussimbool uit. / Dit beklemtoon
                      wat die man se statussimbool is. √                                        1

                     Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
 3.5        “kollektiewe Lilliput” √                                                            1

            Dit is gepas, want daar word beklemtoon dat alle mans eendag net deel
            sal word van die kleinlike massas/ alle mans is net geestelike dwerge. √

                                                 OF

            Dit is nie gepas nie, want dit is ŉ verskriklike veralgemening nie alle mans
            is kleinlik en belangrik in hulle eie oë nie / Nie alle mans is geestelik arm
            nie. √                                                                              1
 3.6        Dit gaan oor die ontwikkelingsproses van jeug tot volwassenheid / ŉ
            Proses waarin die mens deur die tyd gevorm en vervorm word en sekere
            lewenswaardes aankweek.
            Die skoonheid, idealisme en ewige waardes sal altyd bly. / Die navraag
            na vooruitgang veroorsaak dat mense hulle vermoë om verwondering te
            ervaar verloor. √                                                                  1
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  6

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

“Vincent van Gogh” – D.J. Opperman

Vraag     Antwoord                                                                        Punt
4.1       Paarrym √                                                                        1
4.2       “ellende”/“onreg”/“krotte”/“agtergebuurtes” √                                    1

          Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.
4.3       Polisindeton √                                                                    1

          Dit is geslaagd, want dit hef al die verskillende kleure wat in die skildery
          gebruik is, doeltreffend uit. √                                                   1
4.4       4.4.1     In deel 1 is daar ŉ gevoel van gejaagdheid/angstigheid, maar in
                    deel 2 is die tempo rustiger. √                                         1
          4.4.2     Ja, Van Gogh se gejaagdheid het verander na rustigheid, want
                    hy het sy ware roeping gevind. √                                        1

                   NEE as antwoord word nie aanvaar nie.
4.5       Metafoor, √ Van Gogh ervaar verlossing terwyl hy die sipresse skilder. √          2
4.6       4.6.1    Deurlopende gedagte is Vincent van Gogh se lewe en stryd. √              1
          4.6.2    Dit verwys na die kunstenaar / Van Gogh se taak op aarde wat
                   volbring is/God se skeppingsplan in Van Gogh se lewe is
                   voltooi. √                                                              1
                                                                                          [10]

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2022)                    AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     7

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

“Man wat doof word” – Peter Blum

Vraag                                       Antwoord                                       Punt
5.1      “word” √                                                                           1
5.2      personifikasie √                                                                     1

         Die kraan klink of dit soos ŉ mens fluister. / Die spreker se gehoor is
         moontlik al so sleg, dat selfs ŉ kraan wat loop – soos ŉ fluister klink. √           1
5.3      Dit skep afwagting dat hy dit wel kan hoor. / Dit is asof die leser saam met
         die spreker asem ophou in die nag / Hy hoop dit is ŉ kraan wat “fluister” /
         Hy kan darem nou nog hoor. √                                                        1
5.4      5.4.1    Tersine √                                                                  1
         5.4.2    Net soos die spreker al hoe minder kan hoor, raak die versreëls al
                  hoe minder / Net soos die woorde wat die spreker nie meer kan
                  hoor nie, val die versreëls ook weg. √                                     1
5.5      5.5.1    Tipografiese wit. / weglating van woorde in die versreël. √                1
         5.5.2    Ja dit is gepas, want net soos die laaste klanke wat die man kan
                  hoor eendag sal ‘wegval’, so val ŉ deel van die versreël weg/

                    Die persoon wat nie kan hoor nie hoor net ŉ deel van die gesprek
                    en in hierdie geval, die helfte van die versreël. / Die wit gedeelte
                    dui op die stiltes wat nou die spreker se lewe vul. √√                    2

                 NEE as antwoord is verkeerd.
                 Die kandidaat bied enige TWEE voorbeelde vir EEN punt elk aan.
5.6      Ek dink die spreker is besig om sy gehoor te verloor / Ek dink die spreker
         wantrou sy vriende en dink hulle skinder oor hom, omdat hy nie hulle
         gesprekke kan hoor nie. √                                                           1
                                                                                            [10]

                                                              TOTAAL AFDELING A:             30

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                8

AFDELING B: ROMAN

VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DIE DRAMA nagesien.

LET WEL:
• Dit is ŉ breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

• Iris is nie die tradisionele heldin wat in ŉ liefdesverhaal aangetref word nie,
  want as ŉ onsekere karakter en bly sy deurentyd op soek na ŉ geleentheid om haar
  volle potensiaal te bereik.
• Iris is nie ŉ gewone, selfversekerde meisie nie, maar voel eerder dat niemand
  na haar luister nie.
• Iris is nie ŉ entoesiastiese meisie wat opgewonde is oor haar doen en late nie,
  want sy glo alles wat haar susters doen is opwindender en interessanter.
• Iris se familie wil dink dat sy nie in mans belangstel nie en sy smeek haar ma
  om van Riekie ontslae te raak.
• Iris se knieë knak nie voor enige aantreklike man nie en daarom beïndruk
  Frederik se plakkaatvoorkoms haar maar min.
• Iris verkies om die hede te ontduik deur in haar verbeeldingswêreld te leef,
  want dit bied baie meer opwinding.
• Aangesien Iris nie tevrede is met alles wat die werklikheid bied nie, skep sy
  verbeeldingsvlugte en ŉ Engel sodat sy kan ontsnap na ŉ interessanter wêreld.
• Sy hanteer verhoudings nie soos die tipiese meisie wat ŉ emosionele ervaring
  wil hê nie, maar verkies om slegs fisiek betrokke te raak.
• Iris is nie beroepsgerig en gedrewe nie, maar verkies om eerder by dokter Anders
  te werk omdat sy nie wil hê die werklikheid moet haar verbeeldingsvlugte
  onderbreek nie.
• Iris stel alles in haar lewe ondergeskik aan die een groot blomoomblik in haar
  lewe, want sy glo dat ŉ mens net een kans op ware geluk het.
• Els is nie die konvensionele ma wat haar dogters liefdevol grootmaak nie,
  maar hierdie taak word grootliks aan Johanna oorgelaat.
• Els word eerder deur haar kinders grootgemaak, want hul wys haar op baie dinge
  wat sy moet doen.
• Els is nie die tipiese ma wat ŉ goeie kok is nie en is eintlik dankbaar wanneer
  die aandete aan die gaar raak was.
• Els verkies dit om tyd in die tuin deur te bring eerder as om die tradisionele take
  van ŉ ma te verrig.
• Els maak haar kinders ietwat liberaal groot aangesien sy nie in hul pad staan
  wanneer hul op jong ouderdomme verhoudings aanknoop nie.
• Els tob nie oor haar dogters se sedes nie en deur stil te bly of hul nie aan te
  spreek nie, aanvaar sy hul optrede.                                                    [25]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                    AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     9

 VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag                                        Antwoord                                           Punt
 7.1        ŉ Dief het by Iris-hulle ingebreek. / ŉ Dief het die televisie probeer steel. √        1
 7.2        Verstrooid √                                                                           1

            Ma het die amptenare by Binnelandse Sake deurmekaar gehad met die
            inligting omtrent Johanna vir die pas wat sy moes dra. √                                  1
 7.3        Eerstepersoonsverteller √                                                                 1

            Die verteller laat die leser besef dat Iris ŉ storie so gemaklik/lekker vertel dat
            sy maklik afdwaal van wat sy eintlik wil sê. /
            Die leser besef dat Iris se gedagtes afdwaal terwyl sy ŉ storie vertel. /
            Dit word vir die leser beklemtoon dat Iris se gedagtes rondspring/nie altyd
            georden is nie. √                                                                         1
 7.4.       7.4.1    Claude is nie-blank/swart. √                                                     1
            7.4.2    Rassisme √                                                                       1
            7.4.3    Ma ignoreer die pas wat Johanna moet dra met vaagheid./
                     Iris verwys spottend na Suid-Afrikaners as rassiste./
                     Johanna waarsku Iris teen die Negers in die VSA./
                     Iris se gesin het geen vooroordeel teen anderskleuriges nie./
                     Iris is nie bang om saam met Billy te ry nie./
                     Billy, ŉ nie-blanke, is die eerste persoon wat werklik na Iris
                     luister. √√                                                                      2

                     Die kandidaat bied enige TWEE voorbeelde uit die roman aan.
 7.5        (Hiper) prakties √                                                                        1
            Ja, toe sy ŉ drieling verwag, het sy haar praktiese ingesteldheid effe
            verslap./ Haar huis was later ook deurmekaar. √                                           1

            Die kandidaat bied enige EEN motivering uit die roman aan.
 7.6        Hannes sê wat moontlik tot ŉ probleem in Kara en Claude se verhouding
            kan lei, maar hy knoop self later ŉ buite-egtelike/onbehoorlike verhouding
            met ŉ student aan. / veroorsaak ook probleme in sy eie huwelik. √                         1
            Die kandidaat moet albei kante van die ironie noem vir EEN punt.
 7.7        7.7.1   Iris is baie jonger as haar twee susters. √                                       1
            7.7.2   Iris se ma beskou haar by geboorte al as anders./
                    Iris se ma is by haar geboorte onseker of sy haar hoor skree het./
                    Iris voel dat niemand in die gesin na haar luister nie./
                    Iris hoor sy was eintlik ŉ glips./
                    Iris het nie soos haar susters ŉ familienaam nie./
                    Iris voel soos die Aspoestertjie in haar gesin./
                    Iris se pa was nie by toe sy gebore is nie. √√                                    2

                       Die kandidaat bied enige TWEE voorbeelde uit die roman aan.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  10

 7.8        Vermont / Iris en Peter se slaapkamer in die houthuis in Vermont. √                1
 7.9        7.9.1    Die fiktiewe Peter bied aan Iris die moontlikheid om van die
                     werklikheid te ontsnap./help Iris om deur fantasie vraagstukke vir
                     haarself uit te werk./laat Iris dinge doen wat sy nog nie in die
                     werklike lewe gedoen het nie. √                                           1
            7.9.2    Die werklike Peter bied aan Iris die moontlikheid om van haar
                     fantasiewêreld afstand te doen en die werklikheid te geniet./
                     Anker Iris se werklikheid vir haar./laat Iris besef dat daar nie
                     slegs een groot blomoomblik in die lewe hoef te wees nie. √               1

                      Dit is Peter se teenwoordigheid in Iris se lewe wat haar laat besef
                      dat die lekker van die hier en die nou nie durf ignoreer word
                      nie./Peter laat Iris afstand doen van haar hunkering na een groot
                      droomoomblik deur met haar te trou. √                                    1
 7.10       Ek sou hom by die realiteit plaas, want hy beskerm Iris./sy kan met hom
            praat./sy kan hom sien./sy sê vir haarself is hy die werklikheid.

                                                OF

            Ek sou hom by haar verbeeldingsvlugte/fantasie plaas, want die motto sê
            reeds dat ŉ mens baie dinge in die roman met ŉ knippie sout moet
            neem. √                                                                            1

            Die kandidaat bied ŉ soortgelyke motivering vir EEN punt aan.
 7.11       7.11.1 Die motto help dat die leser die humor in die onderstreepte
                     gedeelte raaksien. / dat die leser besef om nie alles ernstig op te
                     neem nie. √                                                               1
            7.11.2 Beskermengel/Geselsgenoot/Raadgewer/Gee Irisse selfvertroue
                     ŉ hupstoot/ Tree as Iris se gewete op/Hy help haar om tot
                     belangrike insigte te kom. √                                              1
            7.11.3 Die Engel het Iris gehelp om nou aan die werklikheid te dink/in
                     die werklikheid te leef. √                                                1
 7.12       Die Engel se hand √                                                                1

            Die Engel het Iris kom roep omdat Bettie siek is./kwansuis gif gedrink
            het. √                                                                            1
                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  11

 MANAKA PLEK VAN HORINGS – PIETER PIETERSE

 VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN HORINGS – OPSTELVRAAG

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
 DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

 LET WEL:
 • Dit is ŉ breë raamwerk van feite.
 • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

 • Ouma Essie dwing oral respek af vanweë haar uitgesproke getuienis as
   Christen, want sy het selfs op Riekert, die diamantsmokkelaar, ŉ invloed./Bv. bl.
   133: “As daar nou een swarte is wat reguit hemel toe sal gaan, is dit sy.”
 • Ouma Essie se integriteit en vreeslose vashou aan wat reg is, maak dat mense
   haar gehoorsaam, want sy oortuig mnr. Kebbey om Baas gratis na die hospitaal te
   vervoer./ oortuig selfs vir Baas om die sendelinge te help om ŉ blyplek by die kerk
   in te rig./Bv. bl. 47: “Toe! Loop nou na jou huis toe en gaan haal die sleutels.”/Bl.
   118: Die ander man wat wit is, sal vir julle sê wat om te doen om ŉ dak oor julle
   koppe te kry.''/Bl. 118: ''Tot daar weer ŉ kerkgebou is, sal hierdie boom die kerk
   wees.
 • Ouma Essie glo dat ŉ Christen aan sy dade geken word, daarom verskaf sy
   huisvesting aan ŉ wildvreemde man wie se voertuig gebreek het./daarom kan sy
   met oortuiging praat van Baas as Christen op grond van sy dade./ Bv. bl. 74: ''Daar
   het al op ŉ tyd ŉ wit mens by ons geslaap. Hy het ŉ week daar gebly.''/Bl. 74: “Daar
   is ook plek in my huis, muluti. Tibelelo se hut staan leeg.” Bl. 43: “Sy is ook die een
   wat gesê het sy weet meneer Baas is ŉ Christen.”
 • Ouma Essie stel deurgaans die voorbeeld van wat eg/ goed/ aanvaarbaar/
   korrek is, want sy duld nie dat die khuta Grace inloop nie./vir Baas finansieel uitroei
   nie./volhard met verkeerde gebruike nie./ Bv. bl. 165: “Die mens met wie daar
   gepraat moet word oor die salaris van die sendelinge se tolk, is nie Tibelelo nie.”/
   Bl. 167: ''..., dan is dit tyd dat die mense van hierdie hele stam vra hoekom die
   vergadering nie meer met ŉ gebed oopgemaak word ...''/Bl. 166: “En het iemand al
   gevra hoekom is daar hier rond nou skielik mense met die kerk se sinkplate op hulle
   huise se dakke?”/Bl. 170: ''Daarom is dit ŉ goeie ding dat julle die man wat wit is,
   weggejaag het met julle gierigheid.''/Bl. 170: “Ek sal aanhou praat in die taal wat
   hierdie vrou wat wit is, kan verstaan, want wat julle oor die man wat wit is, besluit, is
   ook julle besluit oor die sendelinge.”
 • Ouma Essie gee betekenis aan die teenwoordigheid van die sendelinge, want
   sy sorg vir die sendelinge as sy die werk aan die sendingstasie organiseer en vir
   almal take gee./ Bv. bl. 118: “Die ander man wat wit is, sal vir julle sê wat om te doen
   om ŉ dak oor julle koppe te kry.”/Bl. 119: “Die meubels wat nog op die lorrie is, kan
   nou by die kerk afgelaai word.”

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  12

 • Sy staan op vir die Here/staan by haar Christelike beginsels/skroom nie om
   mense wat die pad byster raak, aan te spreek nie omdat sy die khuta oor hul
   afdwaling van die godsdiens berispe./sy die khuta aanval omdat hulle die kerk se
   eiendom steel./Bv. bl. 167: “..., dan is dit tyd dat die mense van hierdie hele stam
   vra hoekom die vergadering nie meer met ŉ gebed oopgemaak word ...”/Bl. 166: “En
   het iemand al gevra hoekom is daar hier rond nou skielik mense met die kerk se
   sinkplate op hulle huise se dakke?”
 • Ouma Essie bewaar die geloof op Manaka omdat sy ŉ oortuigde Christen is./glo
   sy moet haar oorlede man se werk voortsit./glo dat elke ding met ŉ doel gebeur./dit
   deur God so beskik word./ Bv. bl. 71: “Die bril en die kierie en die Woord. En die
   skape wat die Here my gegee het om op te pas.”/Bl. 77: ''Jy wat uit ŉ geslag kom
   van mense wat in die Here glo! Het jy gedink Satang los jou sommerso as jy eers
   jou hand vir hom gegee het?''/Bl. 116: ''Die enigste pa en ma wat ek ooit geken het,
   was wit mense. Dit was eerwaarde Phil Kruger en mevrou Bessie.''/Bl. 210: In Whitey
   se Bybel lees hy die tekste wat ouma Essie vir hom gegee het toe sy hom kom roep
   het ./ Bl. 203: ''Dis nie ons wat jou pla nie ... Dit is die Here, jongman,'' sê sy ...
 • Ouma Essie is die Profeet van die Bybel wat haar beywer vir die uitbreiding
   van geloof op Manaka, want die Induna is dood./Bv. bl. 71 ''Die bril en die kierie en
   die Woord. En die skape wat die Here my gegee het om op te pas.''/Bl. 71: “Dis ŉ
   Woord wat lyk of hy al deur diep waters gegaan het, ouma Essie.”
 • Ouma Essie aanvaar die verantwoordelikheid vir die voortsetting/uitbreiding
   van geloof op Manaka/herstel van die sendingstasie, want sy is ŉ oortuigde
   Christen vanweë haar kinderjare by eerwaarde Phil Kruger-hulle./haar studie en
   opleiding./Bv. bl. 70: “Julle kan maar huil,” sê sy. “Ek het ook gehuil oor ons kerk.”/Bl.
   116: ''..., het hulle dit reggekry om my by die Bybelkollege op Witsieshoek in te skryf.
   Ek was die eerste swart meisie wat ooit daar toegelaat is.''
 • Ouma Essie begin met die herstelwerk van die sendingstasie omdat sy God se
   woord wil versprei./want die herstel van die sendingstasie is vir haar ŉ prioriteit./want
   sy glo dat Baas met ŉ doel na Manaka gestuur is./Bv. bl. 43: “My ouma Essie is die
   een wat die mense die Profeet van die Bybel noem. Sy is ook die een wat gesê het
   sy weet meneer Baas is ŉ Christen.”/Bl. 105: “Dit is om kos te gee vir die baie mense
   wat die Here na jou toe gestuur het.”/Bl.118: “Tot daar weer ŉ kerkgebou is, sal
   hierdie boom die kerk wees ...''/Bl. 112: “Daar was altyd bankies onder die
   worsboom.”
 • Op Manaka voer ouma Essie, as Christen, die stryd teen die bose/die
   ongeloof/die tradisionele bygeloof/die plaaslike bevolking se geloof in die
   toordokter, want sy verdryf meneer Chisupo./sy berispe mnr. Kebbey wat aan
   Chisupo onderdanig is./Bv. bl. 77: “Jy wat uit ŉ geslag kom van mense wat in die
   Here glo! Het jy gedink Satang los jou sommerso as jy eers jou hand vir hom gegee
   het? Het jou gierigheid jou nou al so ver gevat dat jy vir ŉ mal man bang moet
   wees?”/Bl. 148: Sy klap sy hand weg en wys vir hom ook vinger./Bl. 149: “Hy is nie
   van die Here nie. Hy hoort nie hier nie.”
 • Ouma Essie se onwrikbare geloof in Baas as ŉ gestuurde/geestelike leier
   ontketen by Baas (die hoofkarakter) innerlike konflik oor wat Christenskap se
   aard en wese is, want sy skroom nie om vir Baas te sê dat hy met ŉ doel na Manaka
   gestuur is nie./Bv. bl. 202: ''Ek wil weet of jy in hierdie Boek glo, jongman.''/Bl. 203:
   ''Dis nie ons wat jou pla nie. Ke Modimo, leogana. Dit is die Here, jongman.''/Bl. 203:
   Die drome wat die kinders van die Here droom, is die drome wat Hy vir hulle gee om
   te droom, het sy daardie dag gesê.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    13

 • Ouma Essie tree as tussenganger tussen Baas en die sendelinge/die khuta op
   omdat die uitdra van die Woord op Manaka vir haar lewensbelangrik is./want sy glo
   dat Baas na Manaka gestuur is om die sendingwerk voort te sit./Bv. bl. 170: “Sonder
   meneer Baas sal hulle nie in Barotseland kan bly nie.” /Bl. 118: “En hoekom sal die
   Here nou sy hand wegvat net oor iets wat tussen mense gebeur?”
 • Ouma Essie help die hoofkarakter in sy soeke na antwoorde m.b.t. sy
   godsdiensstryd, want sy verskaf die antwoorde./wys hom op bepaalde plekke in
   die Bybel wat hy moet lees./sien sy innerlike worsteling raak en tree met liefde en
   empatie op om hom te help./Bv. bl. 202: ''Jou reg om ŉ Christen te wees, maak van
   jou ŉ Christen. Weet jy dit dan nie?''/Bl. 202: ''Jy kan mos lees. Romeine 10 vers
   20.''/Bl. 202: “Het jy ŉ Bybel?'”
 • Ouma Essie glo in die toekoms van Manaka onder Baas se geestelike
   sorg/weet dat Baas gaan aanbly as die nuwe geestelike leier, want sy bring vir
   hom ŉ nuwe hondjie nadat sy hond dood is./weet dat hy op Manaka gaan bly./Bv.
   bl. 234: ''Die duiwel het sy eie vuur gemaak,'' sê ouma Essie vir die kruis op die graf.
   ''Ons sal sy as saam met die as van die brand met ŉ besem van skoon takke wegvee
   voor ons weer begin bou.''/Bl. 239: “Dit is ŉ hond wat ouma Essie gister al vir jou
   gestuur het,” sê Grace ...
 • By haar siekbed gee Ouma Essie aan Baas die geleentheid om sy geestelike
   groei ten toon te stel/sy keuse vir ŉ lewe in die voetspore van sy oupagrootjie
   met die daad te bewys, want by haar siekbed bid hy in die openbaar./neem hy die
   rol van die geestelike leier in./suggereer hy dat die kerk se herstel deur hom gedoen
   gaan word./Bv. bl. 243: “Dankie, Here. Amen.” sê Baas./Bl. 244: “Die deure en die
   vensters vir die kerk en vir die huis het gekom,” sê Baas.

 Die kandidaat verskaf ŉ gepaste slot.                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                     AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 14

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag                                       Antwoord                                         Punt
9.1       Hulle voel baie onwelkom op Manaka./Baas maak dit duidelik dat hy hulle
          nie daar wil hê nie./
          Baas en Grace het ŉ woordewisseling./uiterlike konflik./
          Baas struikel oor die hoop hout en kan nie self opstaan nie./maar weier dat
          hulle hom help. √√                                                                    2
9.2       Baas doen van nature goed aan ander mense./tree van nature met respek
          teenoor ander op./is inherent ŉ Christen. √                                           1
9.3       Ja
          Sy is ŉ oortuigde Christen./leef haar Christelike godsdiens uit./
          Haar dade bevestig haar geloof./bewys dat sy omgee vir ander in nood./is
          ŉ bewys dat sy volgens die Ubuntu-beginsel van naastediens leef. √                    1

                                                 EN

          Grace moet ŉ ekstra inkomste genereer omdat daar groot armoede en
          ellende heers./daar baie mense is wat honger ly./sy ŉ opgeleide
          verpleegster is wat ŉ bydrae kan lewer./geld kan verdien. √                           1
9.4        9.4.1 Baas is geweldig ontsteld oor haar versoek m.b.t. ŉ werk./wil haar
                  nie help nie. √                                                               1

                      Hy wil nie die sendelinge op Manaka hê nie. √                             1
          9.4.2       Baas weet dat Grace eintlik die waarheid praat./Hy is nog baie siek
                      a.g.v. die malaria./die nagevolge van die hospitaalbehandeling/
                      medikasie./het nie krag vir baklei nie./
                      Haar verwysing na die man wat Manaka begin het, prikkel sy
                      nuuskierigheid./
                      Hy wil nie weer ŉ gedoente maak sodat Nanna en oom Scholtzie
                      naderkom nie. √                                                           1
9.5       Ja
          Sy help hom in sy siek toestand om regop te kom./sy maak vir hom ŉ
          belt/lyf-band/gordel sodat sy broek nie afval nie./sy neem die goed wat vir
          hom belangrik/waardevol is (soos die foto) in ag. √                                   1
9.6       Die lyfband wat ouma Essie vir hom gebring het./muluti Joseph se
          lyfband √                                                                             1
9.7       9.7.1 Dis sy oupagrootjie./Hy is die ou man/sendeling se
                    agterkleinseun. √                                                           1
          9.7.2 Hy wil graag soos dit die ou man se droom was, ŉ boot op die
                    Zambezi kry (om toeriste te vervoer), maar hy het nie meer geld om
                    dit te doen nie./hy moes al sy geld op welsynswerk uitgee. √
                    Hy bevind hom op die sendeling se sendingstasie, maar hy wil niks
                    met godsdiens/Christenskap te make hê nie./ontken dat hy ŉ
                    Christen is./wil nie eers die sendelinge daar ontvang nie. √                2
9.8       Grace √                                                                               1
9.9       Innerlike konflik √                                                                   1

          Baas het oorgegee./die weddenskap verloor om die skoenlapper te vang. √               1

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                15

9.10      Die verteller is objektief in sy beskrywing van Baas se gelate aanvaarding
          van die einde van sy droom. √                                                      1

          Die verteller dra inligting oor/beskryf wat op verskillende plekke gebeur
          (onder die Land Rover sowel as in die hoofpad)./is gelyktydig op verskillende
          plekke teenwoordig. √                                                              1
9.11      9.11.1 Chisupo √                                                                   1
          9.11.2 Whitey kom haal vir Sitali om die boot te gaan soek./laat Sitali in
                   ŉ boom klim om te kyk waar die boot is. √                                 1
          9.11.3 Ja
                   Whitey het kort voor hierdie gebeure agtergekom dat hy en Baas
                   agterkleinneefs is./dieselfde oupagrootjie het./familie is./
                   Omgee vir ander loop in die Chipmans se bloed en dis wat Whitey
                   hier bewys. √                                                             1
9.12      9.12.1 Hy skryf sy naam in die boomstam onder sy oupagrootjie se
                   naam./herstel die bankies./sendingstasie. √                               1

                      Hy kap Morena se kop/horings teen die naambord vas. √                  1
          9.12.2      Grace √ (Leerders kan enige gepaste karakter kies)                     1
          9.12.3      Nadat Baas besluit het om weg te gaan/hy (vir sy oupagrootjie)
                      gesê het: “Jy wen, Baas Dennis,” sê Grace vir hom die ou man
                      sê R5 is te min vir sy drome./
                      Grace beïnvloed hom om te bly./herinner hom aan sy drome om
                      in sy oupagrootjie se voetspore te volg. √                             1

                      Die kandidaat gee sy/haar eie motivering vir enige een van die
                      karakters wat hy/sy kies.
                                                                                           [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 16

VATMAAR – AHM Scholtz

VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
• Dis ŉ breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf ŉ gepaste inleiding.

• George Lewis en Ruth se liefde strek oor rasse- en klassegrense. George is ŉ
  Engelsman terwyl Ruth ŉ Tswana-meisie is./Bv. bl. 12: I don’t see her blackness,
  you know.
• George Lewis en Ruth se liefde strek oor die grense van geletterdheid, want
  Ruth se ongeletterdheid staan nie in die pad van George, ŉ geletterde man, se liefde
  nie./Bv. bl. 19: Ek en George het die papiere geteken en Ruth en haar oom het
  elkeen ŉ kruisie gemaak.
• George se liefde vir Ruth strek oor kultuurgrense heen, want hy is lief genoeg
  vir Ruth om volgens haar tradisie bogadie vir haar te betaal om met haar te trou./Bv.
  bl. 18: Hy was ŉ gelukkige man toe hy die naweek voor die troue van die
  tweeperdkarretjie afklim met die ekstra groot driebeenpot en twee twintig-gelling-
  dromme vir die pap
• George en Chai se vriendskap verteenwoordig liefde/omgee oor rasgrense,
  want Chai is ŉ Afrikaanssprekende bruinman en George Lewis is ŉ Brit./Bv. bl. 12:
  Toe sit hy sy hand op my knie en sê: Charlie, you are the only friend I have.
• George neem Chai, sy vriend, in sy vertroue as hy hom van sy liefde vir Ruth wat
  oor rasgrense heen strek, vertel./Bv. bl. 11: Die Corporal het vertel dat hy ŉ meisie
  in Vryburg ontmoet het. Ruth was haar naam.
• George en Chai se vriendskap/omgee vir sy vriend se welstand strek oor
  rasgrense heen as George daarvoor sorg dat Chai drie maande langer betaal word
  as wat hy gewerk het./Bv. bl. 14: Die Corporal, het oom Chai verder vir Ta Vuurmaak
  vertel, het gesorg dat ek drie maande langer betaal word as wat ek gewerk het omdat
  ek sy enigste vriend was.
• George help sy vriend Chai, een van die Cape Boys, om werk by die dorpsraad
  te kry toe die oorlog verby is./Bv. bl. 16: Nou laat ons skoonmaak en jou army-
  captain gaan sien, het ek gesê. Ons moet werk hê want ons moet leef.
• George se goeie vriendskapsverhouding met Chai word voortgesit wanneer hy
  hom ondersteun en help om ŉ erf vir Vatmaar se Sendingkerk te kry./Bv. bl. 31: Jy
  weet George, Vatmaar het nie ŉ erf uitgesit vir ŉ kerkgebou nie. Nou vra ek jou mooi
  om met daardie company-commander van jou te gaan praat.
• George en Chai se vriendskap is baie heg, al is hulle van verskillende rasse,
  want Chai hou die begrafnisdiens vir Ruth en hy is die enigste een wat vir George
  kan troos./Bv. bl. 42: Hulle het mekaar omhels soos net tweelinge kan./Bl. 42: Oom
  Flip het met ŉ stadige skud van sy kop gesê: Die liefde ken nie grense nie.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                17

 • Chai se omgee/respek strek oor rasgrense, daarom sê hy die Cape Boys aan om
   ŉ graf vir die ouma wat doodgebrand het te laat grawe. Hy bid ook vir haar./Bv. bl.
   8: Sy het die ou vrou ingerol en die Onse Vader opgesê. Chai het dit saam met haar
   gesê.
 • Oom Chai ervaar liefde vir sy medemens, want hy raak ontsteld oor die afbrand
   van die boere se huise./hy sê vir Corporal Lewies dat hy nie meer boere se plase
   wil afbrand nie./Bv. bl. 9: Ek weet nie wanneer Chai en die Corporal besluit het om
   die Queen se orders te verander soos dit hulle pas nie.
 • Al is daar ŉ groot ouderdomsverskil tussen Oom Chai en Bettie, gee hy vir sy
   familie se eer om/is daarom bereid om met Bettie te trou om sy familie se eer en
   Bettie se eer te red./Bv. bl. 273: Later het ons gehoor die kind se pa is een van oom
   Steven se seuns, ŉ getroude man met kinders.
 • Oom Chai probeer goed vir Bettie wees, al was hy aanvanklik nie lief vir haar
   nie en maak die kind soos sy eie groot./Bv. bl. 281: Oom Chai het teen die tyd geglo
   hy het Bettie lief en aan klein Job as sy eie gedink.
 • Kenneth Kleinhans is ŉ gekwalifiseerde bruin ambagsman van Graaff-Reinet
   en Kaaitjie Müller ŉ ongeletterde, armoedige bastermeisie wat lief vir mekaar geraak
   het./Bv. bl. 224: My Kenny, was al wat sy in haar gedagtes gehad het. My Kenny.
   Partykeer het sy die naam hardop gesê sonder om na te dink.
 • Kenny is lief vir Kaaitjie oor klasgrense heen; Kenny het matriek voltooi, terwyl
   Kaaitjie nie kon lees en skryf nie./nog nooit met ŉ mes en vurk geëet het nie./Bv.
   bl. 153: En nou Kaaitjie – sy’s nie geleerd soos hulle nie, maar sy ken die wêreld.
 • Kenneth besluit om Kaaitjie te aanvaar ten spyte daarvan dat haar ma ŉ dief
   is. Hy probeer vir Tant Wonnie borg reël deur die prokureurs se telefoonnommers
   te kry en hul die volgende dag te skakel.
 • Die dood is nie die grens vir die liefde wat Kenneth vir Kaaitjie het nie, hy is
   hartgebroke na Kaaitjie se dood./beywer hom vir die totstandkoming van die kliniek
   om Kaaitjie se nagedagtenis lewendig te hou./Bv. bl. 298: Om die herinnering aan
   my geliefde lewensdag te hou, wil ek graag ŉ kliniek as nagedagtenis aan haar
   bou.
 • Chetty, ŉ winkelier, neem die brandarm Free-da sonder enige besittings in
   nadat sy van haar omstandighede ontvlug./Bv. bl. 23: Haar ma Free-da het haar
   stat in die tyd van die groot droogte verlaat. Sy was wees en het by mense gebly
   wat haar op die landerye laat werk het./Bl. 24: Sy liefde vir Ma Koelie het nooit oud
   geword nie en Vatmaar het dit geweet.
 • Free-da en Chetty is ten spyte van hul rasverskille lief vir mekaar./Bv. bl. 23:
   Die mense van Vatmaar het gesê sy het haar man lief met die liefde waaroor daar
   in die Bybel geskryf staan.
 • Die tema van liefde sonder grense hou die Septembers uit die tronk. Settie lê
   valslik ŉ klag van diefstal teen Tant Wonnie. Tant Wonnie verset haar nie en gaan
   gedweë saam met die konstabel./Settie vertel onwaarhede oor Tant Wonnie. As
   Tant Wonnie se liefde grense gehad het, kon sy Settie laat opsluit het vir hierdie
   onwaarhede, maar sy lewer geen kommentaar hierop nie./Bv. bl. 143: Sy't haar
   madam se goue ring in Vatmaar gesteel, sarge.
 • Tant Wonnie hoor dat Johnny die ring gesteel het, maar omdat haar liefde oor
   grense strek, kla sy hom nie aan nie./Bl. 188: So hý is die dief wat die trouring
   gesteel en verkoop het.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                18

 • Die Septembers sou die hele pad vanaf Du Toitspan na Vatmaar moes stap.
   Tant Wonnie se liefde strek egter oor grense van naasteliefde wanneer sy
   die Septembers se sjieling vir die rit op die kapkar betaal al betoon die
   Septembers nie naasteliefde teenoor haar nie./Bv. bl. 189: Hier is ŉ sjieling,
   Mineer Jones, sê sy. Laat hulle opklim.
 • Die Septembers se dors word geles. Tant Wonnie deel haar gemmerbier met
   die mense wat haar byna in die tronk laat beland het. Dit is beslis
   naasteliefde sonder grense, Tant Wonnie tree menslik teenoor die Septembers
   op terwyl hulle nie so teenoor haar opgetree het nie./Bv. bl. 189: Gee die
   gemmerbier, sê Tant Wonnie vir Suzan.
 • Miesies Wingrove se liefde vir haar (arm) medemens strek so ver dat sy
   die huis aan Tant Wonnie verkoop vir dieselfde prys as waarvoor sy dit gekoop
   het. Miesies Wingrove weet dat Tant Wonnie nie kan bekostig om meer te betaal
   nie./Bv. bl. 239: Hier is die koopbrief wat ek graag prokureur toe wil vat, Won,
   en ons hou dit op twintig pond.
 • Miesies Wingrove weet hoe swaar Tant Wonnie kry en sy besluit om die stoof
   in die huis te laat bly wat haar liefde bewys. Dit sluit aan by die tema van
   naasteliefde teenoor iemand wat swaarkry./Bv. bl. 240: nou is ons kwiets, Won
 • Ma Khumalo en haar twee aanneemkinders se verhoudinge
   verteenwoordig liefde wat oor die grense van ras en geloof strek. Sy is ŉ
   Tswana-weduwee terwyl Borman van der Westhuizen 'n blanke seun en Mariam
   Mohamed ŉ Moslemmeisie is./Bv. bl. 199: Hy het haar uit sy hart uit Ma genoem,
   want hy het geweet sy het die plek van sy oorlede moeder ingeneem.
 • Ma Khumalo leef moederliefde uit as sy alles wat sy het met Norman, wat nie
   haar biologiese kind is nie, deel./Bv. bl. 199: Hy het haar uit sy hart uit Ma
   genoem, want hy het geweet sy het die plek van sy oorlede moeder ingeneem.
 • Ma Khumalo se optrede teenoor Norman sluit aan by die tema van liefde
   wat nie grense het nie, want sy het gesê Norman is wit en sy is swart – en
   saam maak hulle Coloured./Bv. bl. 203: Hy Norman is wit en ek swart, ons maak
   Coloured.
 • Ma Khumalo tree in onbaatsugtige liefde op as sy vir die vreemdeling
   Mariam Mohamed ŉ heenkome bied as Mariam deur haar ouers weggejaag
   word omdat sy swanger is./Bv. bl. 222: Jy weet Tant Wonnie, hierdie ou
   swartvrou het dit alles vir my gedoen sonder om ooit te vra wat gebeur het of
   wat my naam is.

 Die kandidaat verskaf ŉ gepaste slot.                                                [25]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                    AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 19

VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag                                       Antwoord                                   Punt
11.1      11.1.1    Eerstepersoonsverteller/Ek-verteller √                               1
          11.1.2    Die eerstepersoonsverteller/ek-verteller/Ta Vuurmaak vertel dit
                    uit sy eie oogpunt./is subjektief in sy vertelling./Die jong seuns
                    kan net oorvertel wat (Ta Vuurmaak) aan hulle vertel. √              1
          11.1.3    sy waarheid √                                                        1
11.2      Ta Vuurmaak gee aan Vatmaar sy naam./is die eerste/oudste inwoner in
          Vatmaar. √                                                                     1
11.3.     11.3.1    Oom Chai √                                                           1
          11.3.2    Oom Chai neem gesteelde goedere van die plase wat vir latere
                    gebruik in Vatmaar versteek word./
                    Alhoewel Ta Vuurmaak die goedere oppas, word dit nie met
                    hom gedeel nie. √                                                    1
          11.3.3    Ta Vuurmaak dra nog verbande om sy been (al is die vleiswond
                    genees) as hy nie lus is om sy deel as een van die Cape-
                    Boy/tydens die oorlog te doen nie. √                                 1
11.4.     11.4.1    Uiterlike konflik / Innerlike konflik √                              1
          11.4.2    Indien Uiterlike konflik by VRAAG 11.4.1 gegee is:
                    Oom Chai haat vir Boytjie Afrika wat te veel aandag aan Bettie
                    gee./Oom Chai jaag vir Boytjie uit sy huis. √

                                                     OF

                       Indien Innerlike konflik by VRAAG 11.4.1 gegee is:
                       Oom Chai kan nie meer by Bettie se jongmenslewe byhou nie,
                       al wil hy./is spyt dat hy nie van Bettie verwag het om by sy lewe
                       in te skakel nie. √                                                   1
11.4      11.4.3       Ja
                       Oom Chai beskerm sy familie se goeie naam./
                       Oom Chai wil graag vir oom Steven wys dat hy wat Chai is, tot
                       die familie se redding kan kom./
                       Oom Chai is eensaam, ŉ vrou kan sy eensaamheid verlig./
                       Oom Chai het nie eie erfgename nie. √√

                                                     OF

                       Nee
                       Sy kleinneef behoort die verantwoordelikheid van sy dade te
                       dra. / Dis nie regverdig dat Oom Chai sy eie geluk vir familie
                       opoffer nie. √√                                                       2

                    Die kandidaat bied sy eie TWEE redes binne konteks van die
                    roman vir EEN punt elk aan.
11.5      Tydens die oorlog √                                                                1
11.6      11.6.1    Die Vatmaar-gemeenskap se versoek vir grond (om ŉ kerk in
                    Vatmaar te bou), is afgekeur. √                                          1
          11.6.2    Vatmaar se inwoners kan die kerk in Du Toitspan bywoon. √                1

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                20

           11.6.3      Nee
                       Die gemeenskap het geld kollekteer om die hoekerf te
                       koop./Hulle het dit nie net gevat omdat dit in onbruik is nie. √      1
                       Die kandidaat kan nie Ja as antwoord aanbied nie.
 11.7      Elsa is die onderwyseres./hou skool vir die kinders van Vatmaar. √                1

           Oom Chai sorg dat Elsa op Vatmaar as onderwyseres aangestel
           word./stel die sendingkerk tot beskikking van die skool. √                        1
 11.8      11.8.1     Tant Wonnie is trots/ hardwerkend. √                                   1
           11.8.2     Tant Wonnie werk hard as sy ander mense se wasgoed vir ŉ
                      inkomste was.
                      Tant Wonnie is te trots om haar geld by diegene te gaan haal
                      wat haar nie betaal nie (want sy is nie ŉ bedelaar nie.) √√            2

                     Die kandidaat bied soortgelyke TWEE voorbeelde uit die
                     roman vir EEN punt ELK aan waar dieselfde eienskap getoon
                     word.
 11.9      Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord aan, bv.

           Ja
           Tant Wonnie is een van Vatmaar se oudste inwoners./kweek trots./
           samehorigheid by die inwoners./
           Oom Chai as gerespekteerde inwoner noem haar só. √
                                                OF
           Nee
           Tant Wonnie word nie deur die mense van Vatmaar respekteer nie. √                 1
 11.10.    11.10.1 Die mense van Vatmaar is nêrens anders/in Du Toitspan
                    welkom as inwoners nie. √                                                1
           11.10.2 Tant Wonnie / Freeda / Mary Mohamed √                                     1
           11.10.3 Tant Wonnie word, as gevolg van haar Duitse bloed, nie in die
                    wit gemeenskap opgeneem nie; sy vind blyplek in Vatmaar.

                                                     OF

                       Free-da word nie deel van die Indiërgemeenskap nie omdat sy
                       swart is/al is sy met Chetty getroud, woon sy saam met Chetty
                       in Vatmaar.

                                                     OF

                       Mary word deur Ma Khumalo aangeneem nadat haar eie mense
                       nie plek vir haar het nie/haar wegjaag, sy word deur Ma Khumalo
                       in Vatmaar aanvaar. √                                                 1

                       Die kandidaat bied rede na aanleiding van vrouekarakter gekies
                       in VRAAG 11.10.2.
           11.10.4     Dit is Corporal Lewis wat nie tuis voel om by sy eie of by Ruth
                       se mense te bly nie./se keuse om op Vatmaar saam met Ruth
                       te bly. √                                                            1
                                                                                           [25]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2022)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 21

ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

VRAAG 12: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
• Dis ŉ breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

• Greg se omstandighede tuis is nie ideaal nie. Weens die swak verhouding tussen
  sy ma en pa, raak Greg die een wat dan sy ma se welstand op die hart dra. Dit lei
  daartoe dat hy iemand word wat omgee. (omstandighede).
• Hierdie omgee sien ons duidelik in sy obsessiewe soektog na Eckardt. Dit lei daartoe
  dat hy lynreg teen die versoek van die skool ŉ e-pos aan Turretmedia skryf
  (oortreding). Hy daag ook die skoolhoof uit deur nie rugby te speel tot die skool iets
  aan Eckdardt se verdwyning doen nie. (oortreding) Die res van die span volg nie
  sy voorbeeld nie en Greg begin twyfel aan sy leierskapposisie. Die gevoel om ŉ
  ‘loser’ te wees, gee aanleiding tot sy betrokkenheid by kuberkraking (oortreding).
  Om Eckdardt te beskerm, jok hy vir die polisie. (oortreding)
• Sy pa word deur geld en mag gedryf. Dit veroorsaak dat hy baie druk op Greg plaas
  om te presteer. (omstandighede)
• Dit lei daartoe dat hy in opstand teen sy pa kom en al hoe minder werk, maar eerder
  by kuberkrakery betrokke word. Hy moet dan vir sy pa jok (oortreding) oor sy
  akademie. Dit veroorsaak ŉ groter kloof tussen hulle en maak dit vir Eckardt al hoe
  makliker om Greg te manipuleer.
• Sy broer John het selfdood gepleeg. Dit laat nie net ŉ vrees vir die dood by Greg
  nie, maar knou ook sy selfvertroue. (omstandighede)
• Die kuberlesse gee hom ŉ valse, rebelse selfvertroue. (oortreding) Hy hou dus vol
  met sy soektog, omdat hy glo hy kan. So kom hy dan af op sy pa en Dok Pienaar se
  misdaad. Die blootstelling hiervan ruk die hele Owen-gesin uitmekaar.
• Greg mis John. Dit skep vir Eckardt die geleentheid om Greg makliker te manipuleer.
  (omstandighede)
• Greg oortree verskeie kere: hy breek by die skool se rekenaarkamer in; hy pas
  sosiale manipulering op die sekretaresse toe en plaas RAT op Dok se rekenaar.
  (oortreding)
• Die hoofseunskap tesame met die kuberkraking (‘hacking’) raak net vir Greg te veel.
  (omstandighede)
• Greg begin sy pligte as hoofseun afskeep. Hy woon nie meer vergaderings by nie
  en skuif sy verantwoordelikhede op Kwanele af. (oortreding)

Die kandidaat verskaf ŉ gepaste slot.                                                       [25]

                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2022/635d4025-2ec6-4a06-a793-dc0f35254a58) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2022/b6902408-ac2a-4a7c-a4f3-5057a283114e) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2022/5354dd07-46df-4f34-b294-d451ae648a12) — Afrikaans HL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — Afrikaans HL · QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
