# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2021 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2021, 34 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo-sept-2021/ce1607be-db64-4dc4-85e6-ca68deeded87
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2021
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 34

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo-sept-2021/ce1607be-db64-4dc4-85e6-ca68deeded87)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Memorandum, 34 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2021

                AFRIKAANS HUISTAAL V2
                    NASIENRIGLYN

PUNTE:   80

                  Hierdie nasienriglyn bestaan uit 34 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2021)

 NASIENRIGLYNE

 1.   Indien ŉ kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
      eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag
      en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)

 2.   Indien ŉ kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte
       beantwoord het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.

 3.   Indien ŉ kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
      opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
      antwoord word geïgnoreer. Indien ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B
      en C beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits
      een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.

 4.   Indien ŉ kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd,
      maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die
      tweede antwoord word geïgnoreer.

 5.   Indien antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
      nasienriglyn nagesien.

 6.   Taalfoute by kontekstuele vrae word nie gepenaliseer nie. As ŉ spelfout die
      betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die
      spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek
      beskou.

 7.   Opstelvrae:
      Indien die literêre opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat
      nie gepenaliseer omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te
      lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener/
      vakhoof. Die nasienriglyne is slegs ŉ riglyn, daarom moet ander relevante
      inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die
      opstelvrae na te sien.

 8.   In ŉ literêre opstel word argumente aangebied en ondersteun of illustreer deur
      na die teks te verwys.

 9.   Kontekstuele vrae:
      Indien ŉ kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ŉ vraag dit vereis nie,
      word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

 10. Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JAN/NEE/EK STEM SAAM/EK
     STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

 11. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
     rede/motivering/bewys verdien die punt.

 12. Moenie woorde nasien nie; sien betekenis na.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    3

 AFDELING A: GEDIGTE

 VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

 “Vincent van Gogh ” – D.J. Opperman

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK
 VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

 LET WEL:
 • Dis ŉ breë raamwerk van feite.
 • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 ARGUMENTE WORD AANGEBIED EN ONDERSTEUN OF GEΪLLUSTREER
 DEUR NA DIE TEKS TE VERWYS.
 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

 • Die kontras tussen Van Gogh se stryd en die uiteindelike volbringing word deur
   kontrasterende woorde ondersteun.
 • In versreël 1 word Van Gogh as ŉ “miskende” r. 1 beskryf, want hy het
   tevergeefs geveg vir die lot van die armes, boere en myners. Daarteenoor staan
   die woorde “volbring” in versreël 13.
 • Die skilderkuns word nou die medium waarmee Van Gogh uiting kon gee aan
   die ellende wat hy as prediker leer ken het.
 • Van Gogh kan nou deur sy skilderkuns dit wat lelik was verander in iets moois.
   Eers toe hy die boere en wasvrouens en gepynigde gesigte in r. 9 kon verwe
   r. 8, was hy deel van God se skeppingsplan.
 • Die woorde mens en boom verknot r. 6 verwys hoe die mens sosiaal onderduk
   is. Dit word deur Van Gogh verhef tot skoonheid in die woorde sipresse tot ŉ
   vlam verwring r. 14.
 • Die eerste sewe reëls lê klem op Van Gogh se stryd en word ondersteun deur
   woorde soos ellende, pyn, skriklike en kramptrekke.
 • Die tweede gedeelte reëls 7–14 teken die volbringing van die stryd en word
   ondersteun deur woorde soos ligte r. 10, skone r. 12, hartstog en volbring
   r. 13.
 • Dit gaan dus oor die stryd van die mens binne die groter Raadsplan. Deur lyding
   word die mens gesuiwer en lei dit tot volbringing in die slot van die gedig.
 • Deur sy skilderkuns het van Gogh sy roeping gevind en het hy dus die stryd
   oorwin.
 • Die kernfrases “heilige vergeefs geveg” en “hartstog eers in jou volbring”
   staan dus in duidelike kontras met mekaar. Dit beklemtoon van Gogh se stryd
   en dui aan hoe hy uiteindelik sy goddelike roeping aanvaar.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                               [10]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/SEPTEMBER 2021)

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

 “Die sagte sprong” – Sheila Cussons

 Vraag                                    Antwoord                                       Punt
 2.1      God se aanraking of teenwoordigheid word gelykgestel aan ŉ sagte
          sprong./Dit hou ook verband met die belewing dat dié aanraking sag is
          (sagte), maar dat dit vol krag en beweeglikheid is (sprong)/Dit word ŉ
          metafoor vir die ligte maar kragtige aanraking van God. √                        1

          Alliterasie √                                                                    1
 2.2      Onverwags √                                                                      1
 2.3      2.3.1     In reël 2 is die aanraking intellektueel/met die verstand √ en in
                    reël 7 is die aanraking ŉ goddelike belewing. √                        2
          2.3.2     Die gebruik van die dubbelpunt lig telkens die belewing uit. √         1

 2.4      Dit is gepas, want ŉ veer is nie net lig nie, √ ŉ veer se aanraking is
          ook besonder sag. √                                                              2
 2.5      Ja, ŉ dubbelpunt word gewoonlik nie aan die begin van ŉ reël geplaas
          nie – dit word dus nie verwag nie. √                                            1
 2.6      Reël 11 is deels ŉ herhaling van reël 6. √                                      1
                                                                                         [10]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                        5

  VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

  “oupa Thomas Daniel Granfield” – Ronelda Kamfer

  Vraag                                  Antwoord                                  Punt
  3.1   Die datum van daardie dag het haar daaraan herinner dat dit haar oupa
        wat oorlede is, se verjaarsdag is. √                                        1
  3.2   Sy is veronderstel om te onthou dit is sy verjaardag, maar sy onthou die
        dag juis omdat dit sy sterfdag is./Sy verjaardag is om sy lewe te herdenk,
        maar nou is dit juis die dag waarop hy gesterf het. √                       1

           Die kandidaat moet albei kante van ironie vir EEN punt aanbied.

  3.3      3.3.1      ŉ Elegie betreur die afsterwe van ŉ persoon/geliefde √ en die
                      spreker treur oor haar oupa wat dood is. √                             2

                   Die kandidaat moet eers sê wat ŉ elegie is en dan wys hoe
                   hierdie gedig een is.
           3.3.2 Die stemming is droewig/hartseer/weemoedig. √                               1
  3.4      Leestekengebruik/ Hooflettergebruik ontbreek/
           Versreëllengtes wissel/
           Strofebou wissel/
           Nie vaste rymskema nie. √                                                         1

           Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.

           ŉ Vrye vers het nie ŉ vaste patroon nie/is informeel daarom praat die
           spreker met haar oupa praat/gesels/Praatvers √                                    1

           Die kandidaat moet by die evaluering uitkom vir die punt.
  3.5      Vergelyking                                                                       1
  3.6      Ja, want dit sê vir die leser dat haar oupa dood is √ beklemtoon die
           finaliteit van die dood/Dit hef ook uit dat sy dood haar alleen agterlaat. √     2
                                                                                           [10]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2021)

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

 “eerste worp” – T.T. Cloete

 Vraag                                     Antwoord                                      Punt
 4.1      Letterlik, want dit verwys na die eerste werp wat gegooi is. √                  1
 4.2      Die spreker konsentreer op alles wat ons nie in Suid-Afrika het nie. √          1
 4.3      Koeplet √                                                                       1

          Dit word deur paarrym verbind. √                                                 1
 4.4      “krom grys bome wat houtbeen vasskop”/
          “koets teen die son” √                                                           1

          Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.

          Die bome skop vas teen die sand./
          hulle koes teen die son √                                                        1

          Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.
          Dieselfde personifikasie wat by die eerste deel van die antwoord
          aangehaal is, moet in die tweede deel verduidelik word.
 4.5      4.5.1   Die polisedeton/stylfiguur beklemtoon die ryke besit van ons
                  land. √                                                                  1

                     Die kandidaat hoef glad nie die stylfiguur te benoem nie
          4.5.2      Oksimoron √                                                           1
          4.5.3      Die oorverdowende stilte is een van die baie mooi/bates wat ons
                     hier in die Suidpunt het. √                                           1

                 Die kandidaat se antwoord moet die polisedeton met die
                 oksimoron verbind.
 4.6      Die mens leef nie na genoeg aan die natuur nie en ook nie na genoeg
          aan God nie.

                                               OF

          Ons waardeer nie ons land genoeg nie. √                                         1
                                                                                         [10]

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   7

 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

 “As die son sy ray bans nader trek” – Ernst Grundling

 Vraag                                      Antwoord                                   Pun
                                                                                        t
 5.1       Son en ray bans √                                                            1

           Die kandidaat bied BEIDE woorde vir EEN punt aan.
 5.2       Alliterasie √                                                                 1

           Dit beklemtoon hoe kwaad die son vir die mens se dade word. √                 1
 5.3       5.3.1    Kwatryn √
                                                                                         1
           5.3.2      Personifikasie √
                                                                                         1
           5.3.3  Die son is skaam vir die mens se dade op aarde daarom kruip hy
                  agter sy sonbril weg. √                                                1
 5.4       Die mens wil altyd in die mode wees./                                         1
           Die mens loop met oogklappe/wil nie raaksien waarmee hy besig is
           nie. √

           Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.

           Ja, want dit gebeur nog steeds./die mens is nog altyd so. √                   1

           Die kandidaat kan nie NEE as ŉ antwoord aanbied nie.
 5.5       Sonsverduistering √                                                          1
 5.6       Hartseer/ontnugering/weemoedigheid √                                         1
                                                                                       [10]

                                                             TOTAAL AFDELING A:         30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2021)

 AFDELING B: ROMAN

 VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
 VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DIE DRAMA nagesien.

 LET WEL:
 • Dit is ŉ breë raamwerk van feite.
 • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 ARGUMENTE WORD AANGEBIED EN ONDERSTEUN OF GEΪLLUSTREER
 DEUR NA DIE TEKS TE VERWYS.
 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

    • Die roman speel in ŉ anonieme stad in Suid-Afrika af.
    • Die roman speel in die tagtigerjare af/tydens die apartheidsjare af.
    • Die grootste deel van die roman speel in Iris se ouerhuis af/in dr. Anders se
      spreekkamer af/in Peter se woonstel af.
    • Iris groei op in ŉ huis met sterk vroue./ in ŉ liberale huishouding.
    • Die verhaal speel ook in Frankryk, New York en Vermont af.
    • Hierdie milieu dien as agtergrond vir die gebeure.
    • Iris voel sedert haar geboorte dat niemand na haar luister nie.
    • Iris as laatlam (6 jaar na die geboorte van die ander susters) het haarself as ’n
      alleenloper beskou wat op oorskietkos geleef het.
    • In haar gesin is Iris as ŉ aardigheid beskou.
    • Iris voel in hierdie milieu dat niemand na haar luister nie en hierdie gevoel
      beïnvloed Iris se keuses wat sy uitoefen.
    • Teen die agtergrond waarin Iris grootword, word sy aangesê om stil te bly.
    • Iris skep ŉ fantasiewêreld waar sy ŉ stem het.
    • In Iris se omstandighede maak die Engel deel van haar lewe uit/die magies-
      realistiese deel van haar lewe uit.
    • In Iris se gesin voel sy dat alles wat sy doen, reeds deur haar susters gedoen
      is.
    • Sy beleef dus ŉ bestaanskrisis/eksistensiële krisis.
    • Iris besluit om na voltooiing van haar universiteitstudie by dr. Anders as sy
      assistent te gaan werk, aangesien sy naam haar amuseer./sy nie ŉ werk wil hê
      wat haar gedagtes in beslag neem nie.
    • Iris oefen die keuse uit om met Peter seks te hê met hul eerste ontmoeting,
      omdat sy hunker na ŉ romantiese verhouding.
    • Iris se besluit om vir Peter in Amerika te gaan kuier, het ŉ ingrypende invloed
      op haar toekoms.
    • Sy aanvaar nie die modelwerk nie/omdat sy uiteindelik met Peter trou.
    • Iris kies om die Engel in haar lewe te hê aangesien sy iemand nodig gehad het
      om na haar te luister/raadgewer te wees/haar te help om besluite te neem/
      verantwoordelikheid te aanvaar vir die keuses wat sy uitoefen.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      9

 •    Iris kies om in ŉ fantasiewêreld te leef om haar lewe op te kikker.
 •    In New York ontmoet Iris vir Joe wat van haar ŉ model wil maak, maar
      aangesien Peter daarteen gekant is, besluit Iris om nie die modelkontrak te
      aanvaar nie en gaan saam met hom na Vermont toe.
 •    Iris en Peter besluit om te trou en sy en Peter leef rustig voort.
 •    Iris neem die besluit om van haar fantasiekarakters (behalwe die Engel)
      ontslae te raak.
 •    Iris kies om deur die eksistensiële krisisperiode te gaan/vormloos aan te trek
      omdat sy ŉ soeke het na wie sy is/wat haar blomoomblik is en sy nie soos die
      huisgesinlede wil wees nie.
 •    Haar beheptheid met haar naam se betekenis is verantwoordelik vir die keuses
      wat sy uitoefen, bv. die modelkontrak wat moontlik haar blomgeleentheid is.
 •   Iris se keuse om met Peter seks te hê (sonder dat hulle in ŉ verhouding is of
     mekaar goed ken), is gevaarlik/onverantwoordelik in die huidige tyd van
     geslagsiektes en Vigs.
 •   Iris wat die keuse uitoefen om met Peter seks te hê (sonder dat hulle in ŉ
     verhouding is of mekaar goed ken), is soos wat sommige tieners deesdae
     optree.
 •    Iris se besluit om by dr. Anders/die tandarts te gaan werk, is ŉ goeie besluit. ŉ
      Mens moet eerder ŉ beroep volg waarin jy gelukkig is.
 •    Iris se besluit om by dr. Anders/die tandarts te gaan werk, is nie ŉ goeie besluit
      nie. Dit is ŉ vermorsing van tyd en geld om verkeerde beroepskeuses te maak.
 •    Iris se besluit om nie die modelkontrak te aanvaar nie, is ŉ goeie besluit,
      aangesien sy en Peter in Suid-Afrika gaan woon.
 •    Iris se besluit om nie die modelkontrak te aanvaar nie is nie ŉ goeie besluit nie,
      aangesien dit haar van ŉ gulde blomgeleentheid ontneem het.
 •    Iris se besluit om met Peter te trou is goed, want dit het haar insig gegee t.o.v.
      haar blomtyd/het haar rustig gemaak.
 •    Die besluit om van die fantasiekarakters (behalwe die Engel) ontslae te raak, is
      ŉ goeie besluit, aangesien ŉ mens een of ander tyd groot moet word/die wêreld
      in die oë moet kyk sonder om agter fantasieë te skuil.
 •    Die besluit om van die fantasiekarakters (behalwe die Engel) ontslae te raak, is
      nie ŉ goeie besluit nie, aangesien mense tog fantaseer.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                    [25]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/SEPTEMBER 2021)

 VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag                                      Antwoord                                        Punt
 7.1       Dis die plek waar Iris vir Peter moet kry./
           Dis Iris se eerste blyplek in New York/Amerika. √                                   1

           Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.
 7.2       Iris is verstrooid./
           Iris is lief vir rondloop./
           Iris ontvang mans in haar kamer./
           Iris is gesteld op wat reg is.
           Iris is ŉ (tipiese) Suid-Afrikaner. √                                               1

           Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.
 7.3       7.3.1 Ma is onbetrokke terwyl Johanna betrokke by Iris se opvoeding
                  is. √
                    Beide kante van die saak moet genoem word.                                 1
           7.3.2 Hy wil Ma se negatiewe eienskappe/andersheid (soos
                    verstrooidheid/ afsydigheid/ swak
                    kommunikasie/bevooroordeeldheid) beklemtoon. √                             1
 7.4       Ek-verteller/Eerstepersoonsverteller √                                              1
 7.5       Nee
           Ten spyte van Johanna se uitspraak begin Joe lukraak foto’s van Iris te
           neem. √                                                                             1
           Joe dink sy is mooi genoeg om ŉ modelkontrak in New York los te
           slaan. √                                                                            1
           Ten spyte van die lelike haarkapsel word Iris ŉ modelkontrak
           aangebied./Iris se haarstyl het Peter nie verskrik nie. √                           1
 7.6       Dit was juis ŉ Neger, Billy, wat hom oor Iris ontferm het toe sy in
           Amerika aangekom het./
           Billy word Iris se vriend terwyl Peter nog sukkel om ŉ vlug te kry. √               1

           Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.
 7.7       7.7.1 In Parys, Frankryk/by Claude en Kara /koffiewinkel √                          1

           7.7.2     Iris knoop gesprekke met enige vreemdeling aan./
                     Iris vaar blindelings die strate in./
                     Iris laat haar deur die vuurhoutjieversamelaar mislei./
                     Iris vertrou mense te maklik. √√                                          2

                     Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir TWEE punte
                     aan.

           7.7.3     Hy sukkel vanweë sneeustorms om by Iris in New York aan te
                     sluit./
                     Die milieu waarin Iris haar bevind het hom bekommer, want hy
                     was nie daar om haar te beskerm nie. √                                    1

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       11

 7.8       Sy het Peter ontmoet wat oor die kwaliteite wat sy in ŉ lewensmaat
           soek, beskik./Hy het regtig na haar geluister/haar die nodige vryheid
           gegee om haar eie keuses te maak. √                                            1

           Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.
 7.9       Iris se ma het geweier om saam te gaan voordat daar nie ŉ behoorlike
           badkamer is nie/hulle hond veilig sal wees nie. √                              1

           Sy is ŉ selfstandige vrou./
           Sy is ŉ feminis./
           Sy neem haar eie besluite./
           Sy was ŉ selfsugtige vrou./
           Sy is ŉ diereliefhebber en wil nie met Polder plaas toe gaan nie. √            1

           Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.
 7.10      Johanna spot met Ma./
           Iris se ma het gedink dat seekoeie haar hond sou doodmaak, maar dit
           was net ŉ flou verskoning omdat daar nie badgeriewe was nie. √                 1
 7.11      Sy wil vir Polder hê./
           Sy wil aangaan soos altyd./
           Sy wil maak asof niks gebeur het nie. √                                        1

           Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.
 7.12      Die lelie/
           Die Engel/
           Polder √√                                                                      2

           Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde aan vir TWEE punte.
 7.13      Fantasiewêreld versus realiteit/
           Die rol wat fantasie in die lewe van mense speel/
           Magiese realisme √                                                             1

           Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.
 7.14      Die Engel sal die duiwe ontstel./
           Die duiwe broei. √                                                             1
 7.15      Ja.
           Sy is geïrriteerd met haar skoonpa omdat hy vooropgestelde idees het. √
           Sy is gefrustreerd met haar skoonpa omdat hy haar nie eintlik ernstig
           opneem nie. √                                                                  2

           Die kandidaat kan nie Nee as ŉ antwoord aanbied nie.
 7.16      Daar is nooit ŉ swaarmoedige atmosfeer nie./Probleme word gou
           opgelos. √                                                                     1
                                                                                        [25]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2021)

 MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – PIETER PIETERSE

 VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
 VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

 LET WEL:
 • Dit is ŉ breë raamwerk van feite.
 • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 ARGUMENTE WORD AANGEBIED EN ONDERSTEUN OF GEΪLLUSTREER
 DEUR NA DIE TEKS TE VERWYS.
 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

 • Baas bevind hom in Barotseland/Afrika/weste van Zambië/op die wal van die
   Zambezi-rivier/ tussen die mense van die Lozi-stam/op Manaka/ŉ
   sendingstasie/op Sable Ranch/in Suid-Rhodesië.
 • Sy omstandighede op Manaka was haglik/onherbergsaam/afgesonderd/
   Christenskap-wroeging.
 • Hy het geen geld gehad nie/bevind hom in ŉ gemeenskap waar armoede
   heers.
 • Hy is in ŉ malaria-gebied.
 • Hy is alleen/sonder familie/ŉ alleenloper.
 • Hy worstel met die moord van sy ouers.
 • Hy wil die droom van sy oupagrootjie waar maak.
 • Die tydperk is min of meer 1992–1994.
 • Baas bevind hom in ŉ ruimte waar sendelinge/Westerse manier van doen
   sowel as toordokters/tradisionele Afrika-stamgebruike/invloed van die Khuta
   voorkom.
 • Baas se voorgeskiedenis beïnvloed sy volwasse lewe.
 • Baas besluit of hy as bootsman op die Zambezi Joy gaan werk. Hy wys dit
   later van die hand, omdat hy sy oupagrootjie se droom wil verwesenlik.
 • Baas besluit of hy Manuel se dogtertjie van malariapille gaan voorsien. Hy help
   haar t.s.v. die feit dat hy nie betrokke wil raak nie en op die ou end het hy nie
   pille vir homself nie.
 • Baas gee sy laaste malariapille vir Grace wat meebring dat hy niks het om
   homself mee te behandel nie.
 • Baas besluit of hy sy eie (pont-)boot gaan bou en of hy eerder die Zambezi Joy
   gaan koop en omskep. Hy koop die Zambezi Joy, aangesien hy nie die geld
   het om sy eie boot te bou nie.
 • Baas maak die keuse om die mense van Manaka te help al dan nie. As gevolg
   van die moord op sy ouers en sy ideaal om ŉ boot op die Zambezi te kry,
   besluit hy om nie betrokke te raak nie. Hy help die mense tog deur medisyne
   en kos te gee.
 • Baas kies om die mense van Manaka te respekteer ondanks die feit dat sy
   ouers deur vryheidsvegters vermoor is.
 • Baas maak aanvanklik die keuse om nie betrokke te raak by die gemeenskap
   nie, omdat hy sy eie ding wil doen/daar nie plek vir ander in sy lewe is nie.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    13

 • Baas moet besluit of hy die sendelinge op Manaka gaan aanvaar. Aanvanklik
   wil hy hulle nie daar hê nie, omdat hy voel hulle dring sy ruimte binne/omdat hy
   self met godsdiens worstel.
 • Baas moet besluit of hy die sendelinge op Manaka gaan aanvaar. Aanvanklik
   wil hy hulle nie daar hê nie, omdat hy ŉ alleenloper is./Griesel so ŉ
   hoëvaardige/meerderwaardige houding het.
 • Hy besluit aanvanklik om nie die khuta te gaan spreek wanneer hulle hom roep
   nie. Dit lei daartoe dat hulle hom dagvaar./Grace oortuig hom om te gaan.
 • Baas moet besluit of hy sy saak voor die Khuta gaan stel. Hy voel egter dat
   hulle hom net vir eie gewin wil gebruik./Dit lei daartoe dat Baas dit oorweeg om
   te vertrek.
 • Baas moet besluit of hy gaan vertrek en gevolglik sy droom laat vaar. Grace
   herinner hom aan die weddenskap met sy oupagrootjie./Baas besluit om te bly.
 • Baas word voor die keuse gestel om saam met Riekert by diamantsmokkelary
   betrokke te raak. Hy stel egter nie belang nie, omdat hy iemand is wat die
   regte pad loop.
 • Riekert kom ook met ŉ aanbod om Baas se boot te koop. Baas stel nie belang
   nie, want hy het reeds weer begin werk aan die boot en die moontlikheid om sy
   droom te verwesenlik lyk beter.
 • Baas moet ŉ antwoord kry op sy vraag: Wat maak van jou ŉ Christen? Tydens
   sy gesprekke met Ouma Essie en Grace kry hy hierop ŉ antwoord en besef
   dat hy Manaka toe gestuur is met ŉ doel.
 • Baas kies om medemenslik op te tree en vir Morena te skiet.
 • Baas kies om nie aan die nagmaal deel te neem nie/hande vas te hou tydens
   gebed nie aangesien hy nog worstel met sy eie geloof.
 • Baas maak die keuse om Whitey wel van die familieverwantskap te vertel,
   sodat hy ook die waarheid oor die oupagrootjie en die familieverwantskap kan
   ken.
 • Baas verkies om die houtbankies self te herstel, want hy wil sy oupagrootjie se
   droom herstel.
 • Baas wys Nanna se toenadering van die hand, want sy was ŉ getroude
   vrou/op grond van sy morele oortuiging.
 • Baas het op die Ebenheazer-dam en Letabarivier gevaar met ŉ blikskuit wat hy
   self gemaak het toe hy ŉ kind was (voorgeskiedenis). Hy kon later die rivier om
   Manaka makliker bevaar.
 • Baas se besluit om sy oupagrootjie se droom te verwesenlik, was die regte
   besluit. Elke mens moet ŉ droom hê wat jy najaag.
 • Baas se besluit om nie as ŉ bootsman te werk nie, was dom. Hy kon ŉ vaste
   inkomste gehad het./Hy sou dan geen geldelike probleme gehad het nie.
 • Baas se besluit om malariapille aan die mense te verskaf, was die regte
   besluit. Jy moet dit wat jy het, met ander mense deel.
 • Baas se besluit om malariapille aan die mense te verskaf, was dom. Op die ou
   end het hy toe nie malariapille vir homself gehad nie.
 • Baas se besluit om malariapille aan die mense te verskaf, was dom. Hy moes
   dit aan hulle verkoop het./ Niks in die lewe is verniet nie.
 • Om die Zambezi Joy te koop, was ŉ goeie besluit, aangesien dit Baas heelwat
   minder geld uit die sak gejaag het.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                 (EC/SEPTEMBER 2021)

 • Om die Zambezi Joy te koop, was ŉ goeie besluit, aangesien hy nou die
   vreugde van handewerk ervaar.
 • Baas se keuse om na Manaka te gaan was op die lang duur ŉ goeie besluit.
   Baas het die doel van Christenskap verstaan.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                            [25]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    15

 VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag                                     Antwoord                                   Punt
 9.1       As die oupagrootjie/die Buffeljagter nie destyds na Barotseland gegaan
           het nie, sou sy agterkleinkind nie so begeesterd gewees het om na
           Manaka te gaan nie./
           Die vestiging van godsdiens/onderwys/Westerse beskawing/nageslag
           in Afrika. √                                                                  1

           Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.

 9.2       Die jong Baas is net so lank en rankerig gebou/het breë skouers soos
           sy oupagrootjie./
           Hulle het dieselfde naam./
           Beide koester ŉ droom./
           Hulle is vreemdelinge of indringers op Manaka./
           Altwee het op Manaka gebly./
           Beide het Ierse terriërs gehad./
           Beide is goeie skuts. √√√                                                     3

           Die kandidaat kan enige DRIE antwoorde vir DRIE punte aanbied.
 9.3       Hy is obsessief (behep) met sy oupagrootjie/Hy verafgod sy
           oupagrootjie./
           Hy hou van die buitelewe (jag/roei)/Hy is ŉ natuurmens.
           Wat die verteller van hom vertel. √                                           1

           Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.
 9.4       Baas het ŉ obsessie met sy oupagrootjie. √                                    1

           Die verteller is oral teenwoordig./
           Die verteller weet wat almal dink en/of voel./
           Die verteller vertel die leser van Baas se verlede./
           Die verteller is teenwoordig in die verlede en die hede. √                    1
           Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.
 9.5       Baas besoek hom nie in die hospitaal nie. √                                   1
 9.6       9.6.1 Manaka/
                   Langs die Zambezi-rivier √                                            1
           9.6.2 Alles was vervalle./
                   Daar was geen tekens van sy oupagrootjie nie (daar was geen
                   buffelhorings nie)./                                                  1
                   Dit het nie gelyk of daar enige lewe is nie. √

                      Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.
           9.6.3      Baas wil graag al die grond huur, √ maar die khuta het die
                      boonste gedeelte aan die sendelinge verhuur. √/
                      Baas tree deurgaans reg op in sy poging om die grond wettig
                      te huur, √ maar die khuta hou nie woord nie/bly nie by die
                                                                                         2
                      eerste ooreenkoms nie. √

                      Die kandidaat moet BEIDE kante van die konflik noem vir EEN
                      punt.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2021)

 9.7      Ja
          Sy ouers word op dié plaas in Suid-Rhodesië vermoor./
          Baas se alleenloperskap/godsdiensstryd begin hier./
          Hy gaan terug Houtboschberg toe (omdat hy nie die plaas kan erf
                                                                                      2
          nie)/die familiebande is verbrokkel/Baas besluit om na Manaka te gaan.
          Op Manaka word sy godsdiensstryd/alleenloperskap opgehef. √√

          Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt ELK aan.
 9.8      Nanna verwys na haar (eerste) ontmoeting met mister Johnnie. √              1

          Sy wil hom indirek bewus maak van hul eintlike missie daar/ dat
          Christenskap meer as Woordverkondiging behels. √                            1
 9.9      Sy kneukels wys wit op die stuurwiel. √                                     1
 9.10     Dit is ŉ baie arm gemeenskap met min werksgeleenthede./
          Daar is vreeslik baie mense wat afhanklik gaan wees van hul hulp. √         1

          Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.
 9.11     Sy wou Nanna laat welkom voel. √
          Nanna het vir haar geld gegee/werk aangebied. √                             2
 9.12     9.12.1 Griesel verwag korrekte optrede van Nanna, √ maar hy breek
                  by Baas se slaaphut in. √                                           2

                  Die kandidaat moet BEIDE kante van ironie vir TWEE punt
                  aanbied.
          9.12.2 Nanna groet toe hul Manaka verlaat, maar Griesel loop sonder
                  om te groet. √                                                      1
 9.13     Ja
          Scholtzie veroordeel/beskuldig die plaaslike bevolking aanvanklik, √
          maar maak dadelik verskoning daarvoor. √                                    2

          Die kandidaat kan nie NEE as ŉ antwoord aanbied nie.
                                                                                     [25]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   17

 VATMAAR – AHM Scholtz

 VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
 VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

 LET WEL:
 • Dis ŉ breë raamwerk van feite.
 • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 ARGUMENTE WORD AANGEBIED EN ONDERSTEUN OF GEΪLLUSTREER
 DEUR NA DIE TEKS TE VERWYS.
 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.
 • Tant Wonnie bevind haar in Vatmaar/in die tronk/in armoedige omstandighede
   (geen elektrisiteit of ŉ telefoon nie/moet ŉ put grawe vir water).
 • Tant Wonnie moes jaargeld vir verblyfreg betaal.
 • Tant Wonnie is in omstandighede waar drank misbruik word.
 • Tant Wonnie woon in ŉ gemeenskap waar almal vir mekaar omgee/nie
   skeiding t.o.v. godsdiens of kultuur ervaar nie.
 • Tant Wonnie moet besluit of sy die huis na haar man se dood gaan verkoop al
   dan nie: sy verkoop dit aan die Wingroves. Sy moet kan oorleef.
 • Tant Wonnie het die keuse gehad om hard te werk of van ellende te krepeer.
   Omdat sy ŉ trotse vrou was, het sy verkies om die meeste van die tyd net te
   werk.
 • Sy het baie huweliksaansoeke gekry, maar nie een aanvaar nie. Sy het geglo
   niemand kan haar oorlede man se plek volstaan nie.
 • Tant Wonnie het besluit om nie haar geld by die werkgewers te gaan haal nie.
   Sy was nie ŉ bedelaar nie.
 • Tant Wonnie het besluit om “skoon” te lewe, sy was anders as die res. Dit het
   haar die gramskap van Martha September op die hals gehaal.
 • Tant Wonnie het besluit om naasteliefde te betoon. Sy het velriemskoene
   gemaak en dit die meeste van die tyd verniet aan die vrouens gegee./Tant
   Wonnie besluit om vir Onie-as medisyne te gee vir die snye op sy lyf./Sy gee
   die gemmerbier vir Settie September.
 • Tydens haar arrestasie en tog Du Toitspan toe het sy besluit om haar kop op
   te lig en nie bang te wees nie. Die hele tyd het sy met God gepraat.
 • Tant Wonnie neem die besluit dat sy nie van Vatmaar se mense se God deel
   wil wees nie. Sy besef dat God binne jou woon.
 • Tant Wonnie besluit om Piet de Bruin se belangstelling teen te staan. Van toe
   af het hy probeer om die wêreld so moeilik moontlik vir Tant Wonnie te maak.
 • Tant Wonnie kies vir haar ŉ rok en ŉ paar skoene. Dit laat haar baie spesiaal
   voel.
 • Tant Wonnie besluit om die sjieling te betaal sodat die Septembers op die
   kapkar kan klim. Sy het Martha September vergewe.
 • Tant Wonnie besluit om die Septembers van die kapkar af te smyt. Sy kom
   agter dat Johnie die ring gesteel het.
 • Tant Wonnie besluit oor haar toekoms. Dit is tyd dat hulle iets vir hulle self
   moet doen./Sy besluit om wel haar huis van die Wingroves terug te koop.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2021)

 • Tant Wonnie kom agter dat Kaaitjie swanger is, maar besluit om niks te sê nie.
   Dit was ŉ skande in Vatmaar om ŉ dogter te hê wat ŉ kind het sonder dat sy ŉ
   man het.
 • Tant Wonnie het besluit om Kenny as een van die familie te aanvaar toe sy
   hoor dat Kenny nie weggehardloop het toe Kaaitjie hom die nodigste gehad
   het nie.
 • Tant Wonnie se besluit om haar huis na haar man se dood te verkoop, was
   goed. Nou hoef sy niemand in die oë te kyk nie.
 • Tant Wonnie se keuse om die meeste van die tyd te werk was dom. ŉ Mens
   moet ook tyd kry om te ontspan.
 • Tant Wonnie se keuse om die meeste van die tyd te werk was goed, want ŉ
   mens moet vir jouself sorg.
 • Tant Wonnie se besluit om die huweliksaansoeke af te keur was dom. Sy kon
   ŉ ryk man getrou het en ŉ luukse lewe gelei het.
 • Tant Wonnie se besluit om die huweliksaansoeke af te keur was goed. Daar
   was geen aanvaarbare man in Vatmaar nie.
 • Tant Wonnie se besluit om rein te lewe is goed. Die Bybel verwag dit van
   ons.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                              [25]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    19

 VRAAG 11: VATMAAR – KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag                                   Antwoord                                   Punt

 11.1      Hulle het saam besluit om die diamant te verkoop./
           Hulle het hulle werkgewers verlaat/Sus Bet en Oom Flip is nooi en
           kêrel. √                                                                    1

           Siesie Lena en Janman is Ma en seun. √                                      1

           Sus Bet en Siesie Lena is vriendinne/beide Griekwavroue. √                  1
 11.2      Dit was die enigste plek waar hulle kon kuier/gevry het. √                  1
 11.3      Hy was die gruis/werk by ŉ delwery. √                                       1

           Alles wat hy van diamante weet het Mister Swartz, ŉ blanke, hom
           geleer, nou besteel hy hom./
           Mister Swartz hou die ander werkers weg van die gruisbank en vertrou
           net Oom Flip daar./Oom Flip het gesteel. √                                  1

           Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.

 11.4      11.4.1    Haar haglike omstandighede waarin sy geleef het, laat haar
                     deel hê aan die plan. √                                           1
           11.4.2    Sy moes Oom Flip oorreed om ŉ diamant op die gruistafel te
                     steel. √                                                          1
           11.4.3    Dit sou haar die vryheid gee/sy sou wegkom van die
                     Steenkamps om ŉ beter lewe te kan hê. √                           1
           11.4.4    Hy kon sy eie besigheid/transportbesigheid begin. √               1
 11.5      Siesie Lena is self nie eerlik nie/
           Siesie Lena beplan self om die diamante te steel./
           Volgens die roman is die mense gewoond daaraan om goed te neem wat
           nie aan hul behoort nie. √√                                                 2

           Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir TWEE punte aan.
 11.6      Mariam √                                                                    1
 11.7      Sy het hierdie gebeure beleef./
           Sy kan dit eerstehands oorvertel./
           Dit is baie meer geloofwaardig. √                                           1

           Die kandidaat bied enige EEN antwoord vir EEN punt aan.
 11.8      Nee
           Alle mense kan foute maak./
           Al het sy hierdie fout begaan, bly sy hul dogter./
           Sy is spyt oor wat gebeur het./
           Allah is ŉ genadige God wat haar sal vergewe.
                                            OF
           Ja
           In daardie dae was dit ŉ onvergeeflike oortreding./
           Die gemeenskap gaan nou ook haar ouers verwerp. √√                          2
 11.9      geldgierigheid √                                                            1

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2021)

 11.10    Ma Khumalo √                                                                  1

          Sy het soveel goed in haar gehad dat sy Mariam onder haar vlerk
          geneem het. √                                                                 1
 11.11    Sy het die naam wat Ma Khumalo haar gegee het, aanvaar en haar
          kind die van Khumalo gegee. /
          Sy het die naam, Mary, wat Ma Khumalo haar gegee het, aanvaar en
          haar kind die van Khumalo gegee. √                                            1

          Taliep het geen seggenskap oor die kind nie. √                                1
 11.12    Hartseer/
          Ontnugtering/
          Alleenheid √                                                                  1

 11.13    11.13.1     Sy het van die Moslem geloof na die Christelike geloof
                      oorgegaan. √                                                      1
          11.13.2     Dit kan realisties wees, aangesien dit daagliks gebeur dat
                      ander gelowe die Christelike geloof aanneem. √√
                                                      OF
                      Dit is nie realisties nie, aangesien ŉ Moslem nie sommer die
                      Christelike geloof sal aanneem nie. √√                            2
                                                                                       [25]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     21

 ONDERWêRELD – Fanie Viljoen

 VRAAG 12: ONDERWêRELD – OPSTELVRAAG

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
 VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

 LET WEL:
 • Dis ŉ breë raamwerk van feite.
 • Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 ARGUMENTE WORD AANGEBIED EN ONDERSTEUN OF GEΪLLUSTREER
 DEUR NA DIE TEKS TE VERWYS
 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

 • Eckardt sluit eers in gr. 12 by Lawson College aan wat reeds toe van hom ŉ
   buitestander maak, omdat hy nie deel van die trapper ritueel was nie. Bv. bl.53:
   En ek kan dit sommer ruik: ŉ nuweling. Kan jy nou meer? In ons laaste jaar.
 • Omdat Eckardt eers in gr. 12 by Lawson College aansluit, is die skoolopset vir
   hom vreemd en vals en dit maak van hom ŉ buitestander. Bv. bl. 212: Nie as ek
   myself klaar geregistreer het as ŉ matriekleerder nie./ So, ek het ingekom by
   Lawson Kollege – op my eie stoom en met vervalste skoolrekords.
 • Eckardt is ŉ alleenloper want hy is nie deel van die groep nie – hy speel nie
   rugby nie en draf alleen. Bv. bl. 54: Dan draf hy seker nog iewers buite. Ek
   weet hy is fanaties daaroor. Elke oggend vyfuur gaan draf hy./Bl.192: Ek kry vir
   Eckardt waar hy eenskant sit, weg van die lawaai.
 • Hy bly buite die groep, want selfs by die koshuisbraai sit hy eenkant.
   Eckardt se leesstof onderstreep sy individualisme wat eie is aan ŉ buitestander
   omdat hy wyd lees en ook oor ernstige onderwerpe. Bv. bl. 55: Kennis kos tyd,
   jy moet op jou watsenaam gaansit en lees.
 • Nie net Eckardt se leesstof maak hom anders as die ander seuns nie, maar ook
   die onderwerpe waarin hy belangstel. Bv. bl. 55: Hy weet van goed waarvan die
   res van die ouens nie ŉ clue het nie.
 • Eckardt se kuberkrakery is ook ŉ bewys van sy buitestanderskap aangesien
   hulle hul dikwels in ŉ individualistiese aktiwiteite verdiep. Bv. bl.78: Ek is al ŉ
   ruk besig om hierdie een te try hack.
 • Eckardt hou Greg op ŉ afstand deur die feit dat hy vir hom ŉ denkbeeldige
   familie skep wat hy as sy eie voorhou. Bv. bl. 213: Van die internet afgelaai. ek
   het nie ŉ clue wie die mense is nie.
 • Eckardt praat min, selfs met Greg, en juis hierdeur word hy gesien as ŉ
   vreemdeling. Bv. bl. 56: Ek probeer terugdink aan die baie kere dat ons saam
   was. Die onderwerp het nooit opgekom nie. Altyd stil .../ Bl. 193: Jy is stiller
   deesdae. Ek was mos maar nog altyd.
 • Eckardt se buitestanderskap word verder onderstreep deur die feit dat hy
   anders dink, want hy bevraagteken Greg se onderdanigheid aan sy pa se eise.
   Bv. bl. 73: Clones, hè, almal van ons – clones van ons pa’s./ Bl.99: Jeez, Greg,
   jou pa kan nie vir jou besluit nie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2021)

 • Eckardt se identiteitskrisis laat hom sonder identiteit en kry hy identiteit as
   Ekk-0, maar ook is dit vals. Bv. bl.213: ..., want jare later sou hy vir homself ŉ
   ander naam kies./ Bl. 213: En dit was in elk geval ook nie my regte naam nie ...
 • Ten spyte van die feit dat Eckardt ŉ buitestander is, beskik hy oor sosiale
   vaardighede soos ons kan sien wanneer hy die nodige inligting oor die Owens
   vanaf Rita Owen kry. Bv. bl.214: Hel, ek het tot jou ma gebel en sy kon nie
   ophou praat oor jou nie.
 • Eckardt beskik oor sosiale vaardighede soos gesien kan word wanneer hy die
   nodige inligting oor Greg by die skool versamel. Bv. bl. 214: Ek het gemaak of
   ek talent scout is vir ŉ universiteit.
 • Eckardt se sosiale vaardighede bluf selfs mnr. Owen wanneer Eckardt heerlik
   met hom tydens die vakansie gesels. Bv. bl.146: Eckardt en my pa gesels dik
   stukke die aand ...
 • Eckardt se sosiale vaardighede word ook gesien wanneer hy saam met Greg
   en Nicole-hulle na die nagklub gaan. Bv. bl. 120: Ek kyk oor my skouer na
   Eckardt. hy en Candy het ŉ ding aan.
 • Eckardt se sosiale vaardighede lei ook vir Nicole op Jeffreysbaai om die bos en
   wil dit voorkom of daar iets fisieks tussen haar en Eckardt gebeur het. Bv. bl.
   148: ..., maar twee aande later kry ek vir Eckardt in die middel van die nag in
   die gang naby Nicole se kamer.
 • Eckardt is so sosiaal vaardig dat hy al die nodige inligting uit Joan Gibbs kry.
 • Eckardt se sosiale vaardighede word op die spits gedryf wanneer hy Greg in die
   onderwêreld van kuberkrakery inlei. Bv. bl. 81: Oukei, maar nie vanaand al nie.
   Môre. Ons kan môre begin.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                   [25]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    23

 VRAAG 13: ONDERWêRELD – KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag                                    Antwoord                                       Punt
 13.1      Tydens die gr. 12’s se inlywingsritueel van die Trappers by Lawson
           College. √                                                                       1

           Die kandidaat moet hier die WIE, WAT en WAAR vir EEN punt noem
 13.2      Greg verslaap die eerste oggend. √                                               1

           Plank insinueer dat die VRL almal blote saketransaksies is/bloot gekies
           is as gevolg van hul ouers wat die skool ŉ finansiële hupstoot kon gee. √        1
 13.3      Dok Pienaar kondig aan dat hy hom meer op sy sakebelange gaan
           toespits. √                                                                      1
 13.4      Greg √                                                                           1
           Hy gee vir ons eerstehandse inligting oor die inlywingsritueel van die
           Trappers. √                                                                      1
           Die kandidaat moenie ŉ generiese antwoord hier gee nie. Wees
           spesifiek.
 13.5      Daar is ŉ besondere band tussen die leerders van Lawson College/
           hulle ondersteun mekaar goed. √                                                  1
 13.6      13.6.1 Greg en die Trappers is by die mangat wat na die
                     ondergrondse tonnels lei. √                                            1
           13.6.2 Dit dui op die ondergrondse wêreld/bose √                                 1
           13.6.3 Die onderwêreld van geld. √                                               1
 13.7      Ek stem saam met hierdie stelling, want direk daarna gaan help Eckardt
           vir Greg om die Trappers wat nie gevind is nie te soek. √                        1
           Dit maak dit dus vir Eckardt makliker om na Greg se kamer toe te gaan
           en te begin gesels. √                                                            1

           Die kandidaat kan nie die stelling weerlê nie.
 13.8      Greg het gekeer dat Eckardt nie in die mangat moes afsak nie, waar hy
           oorspronklik gedink het dat Eckardt ŉ les geleer moes word. √                    1

           Die kandidaat moet BEIDE kante hier gee.
 13.9      13.9.1 Hy kom af op Project Nursery Rhyme √                                      1
           13.9.2 Dok Pienaar is die mester brein agter hierdie projek. √                   1
           13.9.3 Die skool se leuse is Lig in die lewe vir die mensdom, maar
                    Dok en sy projek bring lyding vir die mensdom. √                        1

                       Die kandidaat moet BEIDE kante van die ironie vir EEN punt
                       aanbied.
           13.9.4      Greg stel hierdie projek aan die kaak en bring so lig na die
                       mensdom. √                                                           1

                       Die kandidaat moet by die leuse en handeling in sy antwoord
                       uitkom.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2021)

 13.10     Kwanele steek ŉ hand uit om die Trapper te help waar Inspekteur Cele
           ook ŉ hand uisteek om Greg te probeer help. √                                1

           Die kandidaat moet BEIDE kante van die verskil aandui vir EEN punt.

           Nee, Greg het aangehou om vir Inspekteur Cele te jok. √                      1
 13.11     13.11.1 Mnr. Andersen is deel van die skool wat niks aan Eckardt se
                    verdwyning wou doen nie en nou vra hy hom om hulp. √
                                                                                        1
                      Die kandidaat moet BEIDE kante van ironie vir EEN punt
                      aanbied.
           13.11.2    Ja, want Greg wou aanvanklik niks van Eckardt weet nie, √
                      maar nou het hy hom probeer help en beskerm. √                    2

                     Die kandidaat moet in sy antwoord die ontwikkeling aantoon.
 13.12     Butcher – Dok Pienaar
           Baker – Viroloog
           Candlestickmaker – Mnr. Owen √√√                                            3
                                                                                      [25]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2021)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     25

 AFDELING C: DRAMA

 Beantwoord EEN vraag.

 KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

 VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
 VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

 LET WEL:
 • Dis ŉ breë raamwerk van feite.
 • Al die feite hoef nie genoem te word nie.
 ARGUMENTE WORD AANGEBIED EN ONDERSTEUN OF GEΪLLUSTREER
 DEUR NA DIE TEKS TE VERWYS.
 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

 • Die gemeenskap twyfel of Map verander het, want niemand het direkte kontak
   met hom nie en bespiegel net, want slegs Blanchie het soms vir Map gaan
   kuier en Antie Grootmeisie, maar sy is stom. Bv. bl. 7: “TOMMY: Remember, ek
   is darem vrinne moet hulle ... So ek sal darem wiét ...”
 • Die gemeenskap twyfel of Map verander het, want hulle onthou hom as die
   misdadige. Bv. bl. 7 “Al wat ek sê is, ek wil nie by wies as hy weer hierso is nie,
   en hy vinne at last yt van Blanchie nie ...”
 • Cyril en Richie dink Map gaan woedend wees as hy uitkom en uitvind dat
   Mister Cavernelis vir Blanchie laat uitbuit. Bv. bl. 7: “CYRIL: Al wat ek sê is, ek
   wil nie by wies as hy weer hierso is nie, en hy vinne at last yt van Blanchie nie
   ...”
 • Die Kersorkes twyfel ook in Map se verandering toe Miriam vra of Map weer vir
   hulle gaan speel. Bv. bl 37: “MIRIAM (terwyl sy bly werk): En mister Jacobs,
   waar is hy? ...”
 • Die Kersorkes twyfel ook in Map se verandering daarom wil hulle nie vir hom sy
   plek teruggee nie Bv. bl. 37: “ŉ Stilte en erns kom oor die groep wat so pas nog
   gelag het. Al die instrumente is stil …”
 • Cavernelis vermoed ook dat Map nie verander het nie, want hy wil nie hê dat
   Blanchie die verhouding voortsit nie. Bv. Bl. 23: “Hy’s ŉ ... ŉ misdadiger ...”
 • Alhoewel Antie Grootmeisie nie noodwendig getwyfel het in sy verandering nie,
   het sy nie begin praat alvorens hy werklik boete gedoen het nie. Bl. 62: “hy val
   half – voor Antie Grootmeisie neer. ANTIE GROOTMEISIE (praat, vir die eerste
   keer in jare)”
 • Map gee sy volle samewerking aan Apostel George en sy maatskaplike
   werkster (Miss Africa). Bv. bl 12: “MAP: Maar Apostel George sê ook vir my,
   Miss Africa is reg ...”
 • Map bely sy misdaad voor Antie Grootmeisie en Apostel George in die tronk.
   Bv. bl 29: “MAP: Één ding moet ek nog doen, ek wéét, Apostel, ... lat ek moet
   ýtpraat, om die exact waarheid van daarie aand te vertel,”
 • Map meng nie regtig met die mense na sy vrylating nie – Tommy gewaar hom.
   Bv. bl 40: “TOMMY: So hoe lank is jy al t’rug?”

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
26                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/SEPTEMBER 2021)

 • Map is stil en terughoudend wanneer Tommy hom al die nuus van die afgelope
   jare vertel, maar Tommy se stories oor Blanchie ontstel hom. Bv. bl 41: “Map
   stil Tommy praat voort”. Bl 42: “Map hewig onstel.”
 • Map probeer sy bes om deur die gemeenskap aanvaar te word en werk kry.
   Bv. bl 45: “MAP: ... Nei ... (Lag) ... Hulle vat jou nie so nie! ...”
 • Map wil bitter graag weer deel van die Kersorkes word. Bv. bl 46: “MAP: ... Die
   band nét so, Oompie Paulsen-hulle ... even húlle, ... steer ma’ clear van Map
   Jacobs af …”
 • Map wil bitter graag met Blanchie praat en sê hoe jammer hy oor alles is en dat
   hy ŉ “gechangde man” is. Bv. bl 46: “MAP: Hoekô avoid jy vir my, Blanchie?”
 • Map sê vir Blanchie dat hy haar vergewe het, want hy het self dinge gedoen
   wat verkeerd is. Bv. bl 46: “MAP: Ek mind nie wat Blanchie gedoen het
   meanwhile nie, ek mind van niks…”
 • Map probeer vir Blanchie moed inpraat en sê dat hulle niks kan verander nie.
   Bv. bl 60: “MAP: Daar’s ... niks wat ons kan doen nie ... Blanchie ... Dit ... moet
   nou ... so gebeur ...”
 • Map sê vir Blanchie dat hy haar alles vertel het. Bv. bl 60: “MAP: Ek het vir jou
   ... alles ge-vertel ... Blanchie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                   [25]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2021/ff108b78-d3ed-481e-bcc0-ecd7d096a8be) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2021/bd0848ce-447c-46d0-8bdd-1169e8e62e6e) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — Afrikaans HL · QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
