# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Prelim Exam 2024, 41 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo-sept-2024/e412b292-3a54-4cb3-9cf3-cbca93217901
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2024
- Exam period: Eastern Cape Prelim Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 41

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Prelim 2024 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-memo-sept-2024/e412b292-3a54-4cb3-9cf3-cbca93217901)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Prelim Exam · 2024 · Afrikaans. Memorandum, 41 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIORSERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2024

                 AFRIKAANS HUISTAAL V2
                     NASIENRIGLYN

PUNTE:   80

                  Hierdie nasienriglyn bestaan uit 41 bladsye.

                   Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2024)

NASIENRIGLYNE

1.    As ŉ kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
      eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die
      opstelvraag en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord
      nie.)

2.    As ŉ kandidaat in AFDELING A al vier vrae en die gesiene gedigte
      beantwoord het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.

3.    As ŉ kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
      opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
      antwoord word geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B
      en C beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien
      mits een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.

4.    As ŉ kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd,
      maar die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die
      tweede antwoord word geïgnoreer.

5.    As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
      nasienriglyn nagesien.

6.    Taalfoute by kontekstuele vrae word nie gepenaliseer nie. As ŉ spelfout die
      betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd gemerk. As die
      spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit as korrek
      beskou.

7.    Opstelvrae:
      As die literêre opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat
      nie gepenaliseer omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die literêre
      opstel te lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior
      nasiener/ vakhoof. Die nasienriglyne is slegs ŉ riglyn, daarom moet ander
      relevante inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke
      om die opstelvrae na te sien.

8.    Kontekstuele vrae:
      As ŉ kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ŉ vraag dit vereis nie,
      word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

9.    Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JAN/NEE/EK STEM SAAM/EK
      STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

10.   Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
      rede/motivering/bewys verdien die punt.

11.   Moenie woorde nasien nie; sien betekenis na.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                3

AFDELING A: GEDIGTE

VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

ŉ Paternoster vir Suid Afrika – Lina Spies

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK
VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

LET WEL:

•   Dis ŉ breë raamwerk van feite.
•   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

ARGUMENT WORD AANGEBIED EN ONDERSTEUN OF GEILLUSTREER
DEUR NA DIE TEKS TE VERWYS.

        ARGUMENT               MOTIVERING: VERDUIDELIKING OF AANHALING OF
                               PARAFRASE

Die kandidaat bied ŉ toepaslike inleiding aan.

EENHEID
Die titel spreek reeds die Omdat die hele land se          “’n Paternoster    vir   Suid-
idee van eenheid aan.         mense vir die gebed in ag    Afrika”
                              geneem word.
In versreël 1–2 word die Omdat al die mense van            “laat die name geheilig word
gevoel       van     eenheid die land in die gebeds-       van al die kinders van die
uitgebrei.                    versoek ingesluit word.      land”
Die ‘hulle’ in strofe 3 sluit Omdat die arbeiders en       “wat modderkoekies gebak
kinders van alle rasse in.    boere se kinders saam op     het uit sy aarde”/ “dassies
                              die plaas gespeel het.       skrikgemaak het in sy
                                                           klowe”/ “wolgetrap het in sy
                                                           krale”
In die gebed word daar         Omdat die spreker se wens “en Here, sien ons hande
deurgaans na “ons”             is dat ons almal mooi met aan”
verwys.                        mekaar sal omgaan.
Die geskenk van die            Omdat die kinders in hul “om my wit pols is ŉ armband
speelmaat dui op               onskuld mekaar se verskille van gras; my donker
vreedsaamheid en               kan opmerk en waardeer.     speelmaat het dit kunstig
aanvaarding tussen rasse.                                  gevleg …”/ “soos ek nooit
                                                           kon nie”
In strofe 7 sluit die          Omdat ons almal God se “aan u behoort … die skape
metafoor alle mense in.        kinders is.                 van sy weiding”
In versreël 32 is die          Omdat die spreker vir God “Gee ons liefdevolle hande,
versoek op alle mense          vra om ons te help om Heer”
gerig.                         mekaar met liefde te
                               hanteer.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2024)

VERDEELDHEID
In strofe 3 word daar die    Omdat daar vir ons ŉ            “swart bolywe”/ swart
eerste melding van           prentjie geskep word van        versigtige hande” teenoor
verdeeldheid gemaak.         die wit boere se kinders wat    “ek kon die lootjies uitdeel”
                             die swart arbeiders se loon
                             bepaal.
In strofe 5 word die mense Omdat die vergeetagtiges          “Vergewe ons, die
gegroepeer waarvoor          (die wat vergeet het hoe        vergeetagtiges, die
gebid word.                  lekker hul as kinders met       uitgerustes, soos ons hulle
                             almal kon saamspeel) en         vergewe, die luidrugtiges”
                             uitgerustes (die wat nooit
                             saam met mense van
                             ander rasse gewerk het
                             nie) teenoor die luidrugtige
                             (die wat luidkeels politiek
                             verkondig,     maar     nooit
                             meegewerk het aan goeie
                             volkere verhoudings nie)
                             gekontrasteer word.
Die idee van verdeeldheid Omdat ons kulture tog              “wit pols” teenoor “donker
word versterk in strofe 6    verskil en dit vir party        speelmaat”
omdat elk van die kinders mense moeilik is om dit te
se rasse genoem word.        waardeer.
Die metafoor in versreël     Omdat rasseverhoudings          “belemmerde kleed”
33 verwys na die             van die verlede vandag nog
verdeeldheid tussen          veroorsaak dat mense
mense van verskillende       mekaar       nie    volkome
rasse in ons land se         vertrou nie.
geskiedenis.
GEBED
In die titel het ons reeds   Omdat die woord                 “ŉ Paternoster vir Suid-
bewyse dat die gedig in      Paternoster na die Onse         Afrika”
die formaat van ŉ gebed      Vader verwys.
aangebied gaan word.
Die aaspreekvorm in          Omdat God direk                 “Here, laat die name
versreël 1 is ŉ verdere      aangespreek word.               geheilig word …”
bewys dat ons hier met ŉ
gebed te doen het.
Strofe 1, 5, 6, 7, 8, 9 stem Omdat ons ooreenkomste          “Vergewe ons …”/ en Here
ooreen met die formaat       met die onse Vader kan          sien ons hande aan …”/
van ŉ gebed.                 waarneem.                       “Aan u behoort die land …”/
                                                             “Gee ons liefdevolle hande,
                                                             Heer …”

Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.
                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   5

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

“Op sy branderplank” – Petra Müller

Vraag                                    Antwoord                                     Punt
2.1      In strofe twee is die branderplankryer op die strand, maar die titel skep
         die verwagting dat hy deurgaans op sy branderplank gaan wees. √                1

2.2      Strofe 1 geskied in die see/op ŉ brander.
         Strofe 2 speel op die strand/land af. √√                                       2

2.3      Letterlik:
         Hierdie versreël kan verwys na die branderplankryer wat sopas uit die
         water teruggekom het asof hy opnuut gebore word / die seun voel
         vernuwe en kan die natuur weer opnuut beleef na sy
         branderplankervaring. √

         Mitologies:
         Glaukus verander wanneer hy uit die see uitkom van sy seevoorkoms/
         meerman na sy landvoorkoms/mens, wat as ŉ geboorte beskryf kan
         word. √                                                                        2

         Die kandidaat moet BEIDE aanspreek vir EEN punt elk.

2.4      Agterplasing √
         Inversie √
         Aandagstrepe √

         Kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.                            3

2.5      Ja, dit is gepas, want die branderplankryer speel ook in die water net
         soos ŉ rob./ die branderplankryer dra ŉ donker duikpak nes die pels van
         ŉ rob. √                                                                       1

         Kandidaat kan nie NEE as antwoord hier aanbied nie.

2.6      Ja, net soos wat ŉ vrye vers nie aan vasgestelde reëls hoef te voldoen
         nie, hoef die brandplankryer ook nie ingeperk te word deur reëls wanneer
         hy in die branders speel nie./ Nes daar vryheid met die skryf van ŉ vrye
         vers ervaar word nie, voel die branderplankryer vry wanneer hy in die
         golwe speel. √                                                                 1

         Die kandidaat bied albei kante vir EEN punt aan.

                                                                                      [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                  (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

“Susan Boyle” – Kobus Grobler

Vraag                                Antwoord                                           Punt
3.1      Nêrens word die aangesprokene se naam genoem nie. √
         Slegs ŉ nommer (43212) word gegee wanneer daar van die deelnemer
         gepraat word. √
         Daar word ook genoem hoe die deelnemer soos ŉ skaap aangeja
         word. √                                                                           3
         Kandidaat bied DRIE antwoorde vir een punt elk aan.

3.2      Dit word hier as ŉ soortnaam en nie eienaam gebruik nie, omdat dit die
         beoordelaars en nie ŉ enkele persoon beskryf nie. √                               1

         Nes Pilatus ŉ oordeel oor Jesus moes uitspreek, is die beoordelaars
         besig om vir Susan Boyle op haar voorkoms te oordeel. √                           1

3.3      s-alliterasie/alliterasie √                                                       1

         Dit is effektief, want dit is klanknabootsend en stel vir ons voor hoe die
         gehoor en beoordelaars oor Susan gons./ dit beklemtoon hoe daar met
         Susan gespot word. √                                                              1

3.4      ŉ Mens sou verwag dat iemand wat as die grap van die jaar beskou
         word, sal misluk, maar in werklikheid het Susan Boyle ŉ ster geword. √            1

         Kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

3.5      “in ongeloof laat aanskou” √                                                      1

3.6      Ja, nes ŉ vrye vers is Susan Boyle eenvoudig/onopgesmuk. √                        1

         Kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

                                                                                         [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  7

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

“Briefie aan Madiba” – Sandra O’Kelly

 Vraag                               Antwoord                                       Punt
4.1       Iemand wat Madiba bewonder. √                                              1

          Die skrywer wil graag eer aan Madiba betoon. √                               1

          Kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord aan.

4.2       ŉ Mens sou verwag dat die skrywer ŉ meer formele aanhef (soos Geagte
          meneer Mandela) sou gebruik as mens vir die president/vreemdeling
          skryf, maar hier gebruik die skrywer Nelson Mandela se bynaam. √             1

4.3       In strofe 2 en 3 rym slegs die eerste twee versreëls, terwyl die ander       1
          strofes almal van paarrym gebruik maak. √

          Dit is veral geslaagd in strofe 2 dat die rymskema verskil omdat dit
          verwys na Mandela se tyd in die tronk/’n onaangename tyd in sy lewe. √       1

          Kandidaat kan nie die NIE geslaagd hier as antwoord aanbied NIE.

4.4       “Ek sal dit oppas”. √                                                        1
          “Ek sal dit koester”. √                                                      1
          “Ek sal dit beoefen”. √                                                      1

          Kandidaat word NIE gepenaliseer indien NIE tussen aanhalingstekens is
          NIE.

4.5       Polisindeton √                                                               1

4.6       Ons is Madiba baie dank verskuldig. / Ons moet soos Madiba probeer
          lewe. / Ons moet eerder dien as heers. √                                     1

          Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
          Leerder se eie antwoord, maar dit moet by die boodskap pas.

                                                                                     [10]

                                           EN

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2024)

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

“dekonstruksie” – Fanie Viljoen

Vraag                                     Antwoord                                     Punt
5.1       Krities                                                                       1

          Ja, dit is geregverdig, want ŉ gedig hoef nie hoogdrawend te
          wees/verskuilde boodskappe te hê om goed te wees nie.
                                             OF
          Nee, nes die spreker nie van tradisionele gedigte hou nie sal daar mense
          wees wat nie van sy/haar gedigte hou nie./ Mense wat ŉ waardering vir
          literatuur het, geniet tradisionele gedigte. √
                                                                                         1
          Kandidaat bied soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

5.2       Hul word gekritiseer dat hul verskuilde boodskappe in hul gedigte
          gebruik./
          Dat hul strofes vreeslik georden is./
          Hul gebruik van enjambement is oordadig./
          Hul gebruik verwysings na goed waarvan niemand al voorheen gehoor
          het nie / die betekenis moet gegoogle word. √ √ √                              3
          Kandidaat bied enige DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.

5.3       ŉ Mens sou verwag dat die spreker se gedig ook hierdie tipe strofes
          (koeplette, sonnette, kwatryne) sal bevat, omdat hy sê dat hy so kan dig,
          maar dan is sy gedig net een aaneenlopende strofe. √                            1

5.4       Alleenplasing (reël 10)./
          Herhaling van “na die volgende”./
          Die gebruik van enjambement deur die hele gedig. / die gedig is een
          aaneenlopende sin wat vloei van die een versreël na die volgende. √√            2

          Kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

5.5       Geen vaste rymskema./
          Wisselende versreël lengte./
          Afwesigheid van hoofletters./
          Afwesigheid van leestekens. √                                                   1
          Kandidaat bied EEN antwoorde vir EEN punt aan.

5.6       Ja, ek verkies gedigte wat maklik verstaanbaar is / wat nie te ernstig en
          hoogdrawend is nie.
                                             OF
          Nee, dis ŉ onbenullige gediggie met geen diepte / slegs kritiek. √              1

          Kandidaat bied soortgelyke antwoord aan.
                                                                                        [10]

                                                           TOTAAL AFDELING A:            30
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                9

AFDELING B: ROMAN

ONDERWÊRELD – Fanie Viljoen

VRAAG 6: ONDERWÊRELD – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:

• Dis ŉ breë raamwerk van feite.
• Al die feite hoef nie genoem te word nie.

ARGUMENT WORD AANGEBIED EN ONDERSTEUN OF GEILLUSTREER DEUR
NA DIE TEKS TE VERWYS.

ARGUMENT                       MOTIVERING: VERDUIDELIKING OF AANHALING OF
                               PARAFRASE

Die kandidaat bied ŉ toepaslike inleiding aan.

BULLETPROOF
Greg Owen is ŉ                 Omdat hy weet dat sy Hy is ŉ leerder by Lawson-kollege,
rykmanskind en voel            familie se goeie naam en ŉ eksklusiewe skool met ŉ waglys
daarom of hy onaantasbaar      geld hom bevoordeel.       van ŉ kilometer lank en ŉ
is.                                                       ongeskrewe kriteria./Sy leierskap
                                                          posisie was ŉ saketransaksie.
As hoofseun van die skool      Omdat hy sy pligte versuim Hy stel nie ŉ wekker om vroeg op te
tree hy op of die reëls        sonder enige vrees dat hy staan vir sy gr.8-diens nie./Hy doen
benede hom is.                 gestraf sal word.          nie moeite om ŉ geveg in die klas
                                                          op    te    breek wanneer die
                                                          onderwyser uit die klas is nie./Hy
                                                          drink saam met Eckard bier.
Hy dink niks daarvan om sy     Omdat hy ontevrede voel Hy weier om die rugbywedstryd te
skoolhoof se gesag te          oor hoe die skool Eckardt speel voordat die skool Eckardt se
ondermyn nie.                  se verdwyning hanteer.     verdwyning rugbaar maak.
Greg neem sake t.o.v.          Omdat hy teenkanting van Hy stuur ŉ anonieme e-pos aan die
Eckardt se verdwyning in       die hoof gekry het en weet media om die nuus van Eckardt se
sy eie hande                   dat sy pa hom nie sal help verdwyning openbaar te maak.
                               nie.
Greg draai na die              Omdat hy nie op die Hy gebruik sy vaardighede as
onderwêreld/onwettige          tradisionele maniere enige kuberkraker     om    inligting    te
aktiwiteite in sy soektog na   antwoorde kry nie.         bekom/hy        gebruik        social
Eckardt                                                   engineering met Joan Gibbs om in
                                                          Dok se rekenaar data te kom.
Greg lieg selfs vir die        Omdat hy self sy soektog   Hy ontken sy betrokkenheid by die
polisie en vertel hul net      na Eckardt d.m.v. hacking kuberkrakery.
halwe waarhede.                wil voortsit.

 Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 10                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2024)

PION
TJ laat Greg besef hy is ŉ      Omdat hy gehoorsaam            Die skoolhoof het die seuns
pion.                           (soos die res van die          verbied om oor Eckardt se
                                skoolseuns) moet doen          verdwyning uit te praat.
                                soos wat daar vir hom gesê
                                word.
Greg moet teen sy sin aan       Omdat sy pa die patriarg       Sy pa verwag dat hy 9
sy pa se verwagtinge            van die Owen-gesin is./ hy     onderskeidings aan die einde
voldoen.                        bang vir sy pa is./ nie ‘n     van die skooljaar moet hê./
                                goeie verhouding met sy        dat hy nie oor John se dood
                                pa het nie en dit nie verder   mag huil nie./ vir Dok Pienaar
                                wil kompliseer nie.            moet om verskoning vra nadat
                                                               hy geweier het om vir die
                                                               skool rugby te speel.
Onbewustelik raak Greg          Omdat hy sy skoolwerk          Hy word ingesuig deur die
ook ŉ skaakstuk in Eckardt      afskeep om na Eckart te        kuberkraakaktiwiteite      wat
se skaakspel.                   soek.                          Eckardt hom geleer het ten
                                                               koste van sy vriendskappe en
                                                               toekoms.
Hy word in Eckardt se           Omdat hy Eckardt se            Nie net ontmasker hy die
meesterplan misbruik.           vuilwerk vir hom doen./sy      PNR-projek nie, maar hy
                                wraakplan namens hom           inkrimineer    sy    pa    ook
                                uitvoer                        terselfdertyd.

Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.
                                                                                         [25]

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                             Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                       AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   11

VRAAG 7: ONDERWÊRELD – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag                                         Antwoord                                    Punt

7.1       7.1.1       Eckardt Wilken / Eckardt. √                                             1

          7.1.2       Dit lyk of sy pa wil huil / sy pa se natgehuilde gesig./
                      Sy pa wat ŉ pistool in ŉ lap toevou./
                      Sy pa se hande wat bewe./ √√√

                      Kandidaat bied DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.
                                                                                              3
7.2       Die pistool wat in die lessenaarlaai gebêre word, behoort hom gerus te              1
          stel. √

          Die versoek om ŉ geheim van sy ma te hou, behoort hom verder te                     1
          ontstel. √

7.3       Nee, dit is onregverdig om te verwag dat die jong seun die las van sy pa
          se moontlike selfmoordpoging alleen moet dra. / dit is onregverdig om te
          verwag dat die jong seun nie vir sy ma moet vertel dat alles nie pluis met
          sy pa is nie./ dat die jong seun nie sy ma se hulp / ondersteuning moet
          inspan nie. √√                                                                      2

          Kandidaat bied enige TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk
          aan.

7.4       Greg: G-4ce/
          Mnr. Owen: The candlestick-maker √
          Dok Pienaar: The butcher √
          Die viroloog: The baker √                                                           3

          Kandidaat bied enige DRIE karakters en skuilnaam vir EEN punt elk aan.

7.5       Skuilname word gebruik om iemand se identiteit te beskerm, gewoonlik
          wanneer hul iets onderduims/verkeerd doen. Net so impliseer die titel
          Onderwêreld misdrywe/iets duister. √√                                               1

          Kandidaat bied EEN soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

7.6       “Weerklink” √                                                                       1

          Kandidaat word NIE gepenaliseer indien daar NIE aanhalingstekens is
          nie.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

                                Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                  (EC/SEPTEMBER 2024)

7.7      Die ander keer wat ons dié teksgedeelte aantref, is in die proloog
         wanneer ŉ jong / 11-jarige Eckardt sy pa in sy studeerkamer vind waar
         hy met ŉ pistool in sy hand sit. √                                            1

         In die proloog ervaar Eckardt die emosies. √                                  1
         In TEKS B ervaar Greg die emosies. √                                          1

7.8      Clarens √                                                                     1

7.9      Tydens die eerste skooldag van hul matriekjaar het Greg vir Eckardt in
         die matriekgang raakgeloop en besluit dat hy ŉ hardegat houding
         het. √                                                                        1

         Greg het later sy broer in Eckardt se oë gesien wat sy gesindheid
         teenoor Eckard verander het. √                                                1
         Dit het by die trapperritueel plaasgevind. √                                  1

7.10     Eckardt wil Greg beledig/verkleineer./
         Hom laat dom voel./
         Hom seer maak met sy woorde. √                                                1

         Kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

7.11     Die leser weet reeds dat Greg sy eie pa vir die wolwe gegooi het toe hy       1
         Project Nursery Rhyme ontbloot het, maar Greg besef dit nog nie. √

         Die funksie is om spanning op te bou. √                                       1

7.12     Albei het ŉ gespanne atmosfeer. √                                             1

         In TEKS A het Eckardt as kind so seergekry dat hy daar en dan besluit
         het dat die mense wat vir sy seerkry verantwoordelik is (mnr. Owen en
         Dok) daarvoor sal moet boet en daarom word Greg nou in TEKS B die
         slagoffer van Eckard se wraakplan wanneer hy hoor dat hy sy pa se
         misdrywe/misdaad openbaar het. √                                             1
                                                                                     [25]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  13

MANAKA PLEK VAN HORINGS – PIETER PIETERSE

VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN HORINGS – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:

•   Dit is ŉ breë raamwerk van feite.
•   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

• Grace se versorging tydens Baas se malaria-aanval laat Baas herstel en maak dit
  uiteindelik vir Baas moontlik om op Manaka te bly./Bv. bl. 50: “Dit sal goed wees
  as jy nou probeer slaap. Jy gaan gesond word.”
• Grace is die een wat deur haar voorbeeld vir Baas wys hoe omgee in Barotseland
  lyk: jy deel wat jy het met mense wat niks het nie soos hy wel maak./Bv. bl. 125:
  “Sy is baie oud. En in die groen trommel agter die bed is daar nog van die
  blikkiesvis wat jy van Ngweze af gebring het voor jy siek geword het.”
• Grace beïnvloed Baas se verhouding met die Lozi’s, want sy leer vir Baas die
  kultuurreëls/-gebruike van haar stam./sy sê vir hom dat hy nie lank in Barotseland
  sal oorleef as hy nie die kultuur van die Lozi’s eerbiedig nie./Sy lei hom in besluite:
  wanneer hy die stam-polisieman ignoreer, sê sy dit kom neer op die vloek van die
  koning./Bv. bl. 89: “Dit is nie iets wat kan wag nie. Die polisieman is die oë en ore
  van die khuta," sê Grace. “Die khuta is die oë en ore van die litunga, die koning. Jy
  het die koning gevloek.”/Bl. 97: “In ons stam moet jy respek betoon. Ons is mense
  wat hande klap om te wys dat ons mekaar respekteer.”/Bl. 94: “As jy nie weet wie
  jy kan slegsê en wie nie, sal jy nie jou pontboot klaarmaak nie.”
• Grace glo, soos haar ouma Essie, dat Baas met ŉ spesifieke doel na Manaka
  gestuur is, en dis nie om ŉ pontboot te bou nie. Sy vermaan Baas dat die Here hom
  oë en ore gegee het om te sien en te hoor wat Hy wil hê Baas moet sien en hoor –
  vir haar gaan dit om die sendingstasie./Grace verteenwoordig ouma Essie wanneer
  sy ouma Essie se woorde herhaal dat Baas met ŉ doel na Manaka gestuur is./Bv.
  bl. 94: “Ook nie die werk waarvoor jy hiernatoe gestuur is nie.”/Bl. 94: “As jy
  weggaan, sal die sendelinge ook weggaan.”
• Grace is die skakel tussen Baas en die sendelinge, want Baas se optrede is
  vyandig; Grace verduidelik vir Nanna dat dit hoofsaaklik toe te skryf is aan die
  nagevolge van die malaria. Sy interpreteer ook vir Baas reaksies van mense, soos
  bv. toe oom Scholtzie huil oor ŉ bars antwoord van Baas. Sy probeer dus die vrede
  handhaaf sodat die sendelinge sowel as Baas op Manaka kan bly./Bv. bl. 109: “As
  ŉ mens oor iemand anders huil, dan huil jy eintlik oor jouself ook.”/Bl. 111: “Grace
  het my gesê. Sy sê dit verklaar ook jou irrasionele optrede. Maar dis net tydelik ”

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2024)

•    Grace trek (onwetend) ŉ parallel tussen Baas en sy oupagrootjie wanneer sy hom daarop
     wys dat hy op Manaka is om die pad vir die sendelinge oop te maak sodat sy op die koop
     toe ŉ werk kan kry. Hierdie subtiele beïnvloeding werk, want hy kom uiteindelik tot die
     insig dat hy in sy oupagrootjie se voetspore moet volg deur op Manaka ŉ verskil te
     maak./Bl. 95: “Om my te help om ŉ werk te kry, en om die pad vir die sendelinge oop te
     maak, is miskien party van die werke waarvoor die Here jou na Manaka toe gestuur het.
     Miskien is dit ook hoe hy die eerste sendeling gestuur het om Manaka te begin, lank voor
     my oupagrootjie se tyd.”
•    Grace is die een persoon, naas ouma Essie, wat Baas se vertroue wen, soveel so dat
     hy haar met van sy diepste geheime vertrou: hy vertel haar bv. van sy droom oor sy
     oupagrootjie, nl. dat hy met hom ŉ denkbeeldige weddenskap aangegaan het om die
     skoenlapper te vang wat sy oupagrootjie nooit kon vang nie. Uiteindelik, wanneer hy
     oorweeg om weg te gaan omdat die khuta hom verder wil misbruik, is dit Grace wat Baas
     aan sy weddenskap herinner en hom sodoende beïnvloed om nie weg te gaan nie./Bv.
     bl. 127: “Ek sal jou ŉ storie vertel. Van ŉ skoenlappervanger wat van Kanada af gekom
     en nege en twintig jaar in Afrika gebly het. Toe ek ŉ kind was, het ek hom in my gedagtes
     gewed dat ek vir hom die skoenlapper sal kan vang wat hy nooit gekry het nie.”/ Bl. 180:
     “Die ou man in jou huis sê dis te min.” Sy hou die munt reg voor sy oë. “Hy sê die prys
     van die weddenskap is tien bokke en ŉ kind.”
•    Grace se aanvoeling vir besigheid is vir Baas op die lang duur baie werd. Sy besef dat
     hy, as gevolg van sy goeie hart, dikwels van die vleis wat hy skiet, weggee vir die arm
     mense wat op Manaka kom vleis koop. Sy besluit self dat sy die vleisverkope in die
     toekoms sal hanteer om seker te maak dat Baas ŉ inkomste het. Daarmee suggereer sy
     by voorbaat dat Baas op Manaka gaan bly./Bv. bl. 196: “Hierdie keer sal ek die vleis
     verkoop.” Sy vryf haar hande teen mekaar en buig haar knieë ŉ klein bietjie. “Om
     besigheid te doen, is nie iets waarmee jy goed is nie.”
•    Grace is ŉ mensekenner wat weet wanneer Baas voor moeilike situasies te staan kom.
     Subtiel beïnvloed sy hom om die regte ding te doen/regte keuse te maak deur liedjies uit
     sy kinderdae te neurie. Sodoende maak sy dit vir Baas moontlik om die regte ding te
     doen sodat hy nie in die moeilikheid kom nie en daarom later as leier op Manaka die
     voorbeeld kan stel./Bv. bl. 131: “I once was lost but now I'm found, sing sy sag en wieg
     haar lyf effens op die maat.”
•    Grace speel ŉ groot rol in Baas se konflik oor godsdiens en die Bybel, aangesien sy
     onbeskaamd godsdienstig is en volgens haar geloofsoortuiging leef. Sy glo dat die Here
     altyd die een of ander boodskap stuur. Sy is ook die een wat Baas meedeel dat “omgee”
     van jou ŉ Christen maak. Hy het soveel omgee wat hy bewys, dat dit vir hom net logies
     moes wees dat hy op die sendingstasie ŉ plek van omgee behoort te bly./ Bv. bl. 228:
     “Die weet waar ek heengaan, hier, en in die lewe hierna.”/Bl. 228: “Omgee, ja, dis
     sendingbloed.”
•    Grace stel omgee gelyk aan Christenwees. Dis sy wat Baas oortuig dat hy ŉ Christen is
     vanweë sy omgee en die feit dat hy weet waarheen hy in die huidige en toekomstige
     lewe gaan. Dis hierdie invloed wat so verdiep/groei dat Baas uiteindelik besef dat hy wel
     met ŉ doel na Manaka gestuur is. Gevolglik herstel hy die bankies onder die worsboom
     en suggereer dat hy die herstel van die kerk sal onderneem./Bv. bl. 228: “Die weet waar
     ek heengaan, hier, en in die lewe hierna."/Bl. 228: "Omgee, ja, dis sendingbloed.”
•    Grace is vir Baas ŉ hulp. Wanneer hy die bankies herstel, of na sy boot gaan soek, dan
     beïnvloed haar hulp sonder dat hy haar vra. Dit laat Baas besef dat ŉ mens nie alleen
     kan regkom nie, en dat hy in die toekoms op Manaka vir ander ook beskikbaar moet
     wees./Bv. bl. 244: Sy gee koperskroewe aan. Baas skroef die eerste bankie se plank op
     die stutpaaltjies onder die worsboom vas./Bl. 246: Hulle loop agtermekaar in die
     olifantpad teen die rivier af ”

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   15

•   Griesel se voorbeeld as ŉ hoogmoedige, onopregte prediker wys dadelik vir Baas die
    teenkant van Christenskap. Baas besef dat woord en daad by Griesel nie ooreenstem
    nie hy groei tot insig dat sy eie optrede baie meer van Christenskap getuig as Griesel
    s’n, wat maak dat hy beter op Manaka as Griesel pas./Bv. bl. 42: “As ek reg onthou,
    is dit jy wat die laaste dosis gevat het!”/Bl. 121: “Jy het hier van Manaka af met die
    voet Mubuyu toe geloop om vir Tibelelo pille te gee toe sy siek was.”/Bl. 67: “Ek moes
    vir hierdie vir hierdie man uitswaai ”/Bl.74: Die bastou breek. Die honde storm.
    Griesel ruk die slaaphut se deur oop, struikel na binne en klap dit toe./Bl. 153: “Jy het
    ŉ goeie vrou, Du Pisani. Jy moet haar oppas.”
•   Griesel word die spieël waarin Baas sy eie doen en late kan kaats wanneer hy
    opstandig/ontevrede voel oor die sendelinge sy lewe op Manaka kom omkrap./van
    hom tyd/hulp/aandag/die indringing in sy lewe vra sodat hy besef hoe ŉ Christen nié
    behoort te maak nie./Bv. bl. 42: “As ek reg onthou, is dit jy wat die laaste dosis gevat
    het!”/ Bl. 59: Dominee Griesel du Pisani gooi water uit die wit plastiekkannetjie wat
    hy agter op sy bakkie het en was sy hande.”
•   As predikant op Manaka erken Griesel dat hy ŉ misplaaste droom gehad het wat Baas
    se konflik oor sy eie drome beïnvloed/versterk, want hy sien dat ŉ mens se eie drome
    en God se plan nie noodwendig dieselfde is nie. Aanvanklik hou hy vas aan sy droom
    om ŉ boot op die Zambezi te kry terwyl die gemeenskap se behoefte aan ŉ geestelike
    leier sy planne aanhoudend in die wiele ry./ouma Essie hom kort-kort wys op sy rol as
    gestuurde. Daarom groei hy uiteindelik in sy rol as leier op Manaka in./Bv. bl. 122:
    “Wat wil jy met die boot maak?” “Ouma Essie staan vas teen Baas "Die drome wat
    die kinders van die Here droom, is die drome wat Hy vir hulle géé om te droom, ”/Bl.
    122: “So romanties is dit darem nie, ouma Essie. Die boot moet my aan die lewe
    hou.”/Bl. 118: “En wie weet of jy nie met die oog op ŉ tyd soos hierdie Manaka toe
    gestuur is nie.”
•   Griesel se jaloesie as getroude man maak Baas bewus van Nanna as vrou./dat ŉ
    mens nie alleen deur die lewe hoef te gaan nie. Baas wil graag alleen wees, want hy
    dink hy het nie ander mense nodig nie, maar begin dink oor sy eie eensaamheid./dink
    terug aan Fires./dink aan Riekert se woorde. Uiteindelik besef hy, hy kan nie alleen
    oorleef nie./hy het ander mense, soos Grace en die Lozi’s, nodig. Hulle het hom ook
    nodig./ Bv. bl. 137: "Ek kom goed klaar sonder geselskap."/Bl. 145: Baas se oë soek
    na die kuiltjie in haar wang Hulle bly staan elkeen met ŉ punt van die handdoek in
    die hand./Bl. 146: Eintlik was Fires se hare meer rooi as bruin. En sy het baie sproete
    gehad. Nanna het net ŉ paar sproete en dié lê alles oor haar neus. En hier rond vat
    almal maar so ŉ ou lekseltjie roet deur die draad. “
•   Griesel se ingesteldheid op die uiterlike beeld/korrekte optrede is in direkte kontras
    met Baas wat die goeie nie wíl doen nie, maar nie anders kan as om die goeie te doen
    nie. Griesel se voorbeeld/invloed bring Baas tot insig dat ŉ mens se innerlike bepaal
    wie en wat jy is: hy is in wese ŉ Christen/ŉ gelowige/ŉ goeie mens wat niks anders as
    goed aan mense doen nie. Baas begin besef dat hy dalk met ŉ doel op Manaka is./Bv.
    bl. 42: “As ek reg onthou, is dit jy wat die laaste dosis gevat het!”/Bl. 121: “Jy het hier
    van Manaka af met die voet Mubuyu toe geloop om vir Tibelelo pille te gee toe sy siek
    was.”/ Bl. 59: “Dominee Griesel du Pisani gooi water uit die wit plastiekkannetjie wat
    hy agter op sy bakkie het en was sy hande. “

.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
    16                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2024)

•    Griesel se negatiewe reaksie op die Lozi-kultuur/Grace se poging om die witmense in
     te lig oor die etiketgebruike van die Lozi’s laat Baas besef dat hy, op Manaka, deel van
     die Lozi-kultuur is. Om op Manaka te oorleef, sal hy moet inkoop op die etiketgebruike.
     Teen die einde van die roman stap hy en Grace op tipiese Lozi-wyse in die paadjie af,
     wat bewys dat hy besluit om op Manaka te bly./Bv. bl. 98: “Dis júlle kultuur.” “Griesel
     wil onder die kombuisafdak gaan eet. Nanna trek hom terug in die hut.:”/Bl. 246: “Hulle
     loop agter mekaar in ŉ olifantpad teen die rivier af om na die boot wat in ŉ baie ou
     kanaal vasgespoel het, te gaan soek.”
•    Whitey se vertelling dat dit sy oupagrootjie is wat Manaka begin het, beïnvloed Baas
     sodanig dat hy besef dat hy uiteindelik tuisgekom het by sy oupagrootjie se plek./dat
     sy kinderdroom om in sy oupagrootjie se voetspore te volg, kan realiseer./Bv. bl. 174:
     “O, die ou buffeljagter? Ja, hy was my oupagrootjie. Hy was ŉ Kanadees."/Bl. 174:
     Baas is lank stil. Die suising in sy kop is terug. Hy vat Whitey se beker en gee dit ook
     vir Grace. Hy haal die ou bruin Bybeltjie met die blink leeromslag van die rak af./Bl.
     226: “Whitey gryp Baas vas. Baas gee vir hom die Bybel.”
•    Whitey se erkenning dat sy oupagrootjie die Kanadees is wat Manaka begin het, laat
     Baas tot die insig groei dat hy nie langer aan sy oupagrootjie se Bybel kan vasklou nie,
     want deur die Bybel aan Whitey te gee, sal Whitey besef dat sy van nie “Dennis” is nie,
     maar “Chipman.”/sal Whitey besef dat die familieverbintenis vir Baas belangrik is./ Bv.
     bl. 175: "Ek stel belang. Sê my, dié oupagrootjie van jou, wat was sy van?” Baas gee
     met 'n bewerige hand sy leë koffiebeker vir Grace aan. “Dennis. Dis my van ook. Is jy
     seker dis jou van?”/Bl. 175: “Dit lyk dalk nie vir jou so nie maar hierdie takhaar kom uit
     ŉ bloedlyn van sendelinge.”/Bl. 177: “Nege en twintig jaar, om presies te wees, wil
     Baas vir hom sê, maar die woorde wil nie kom nie.”
•    Whitey gee met sy vertelling oor sy oupagrootjie aan Baas die insig dat hy iewers
     behoort/sendelingskoene het om vol te staan. Wanneer Baas sy oupagrootjie se Bybel
     aan Whitey gee, deel hy vir die eerste keer die Evangelie met iemand as bewys dat hy
     sy oupagrootjie se plek gaan inneem./Bl. 225: "Ek wil jou iets wys.” Baas vat Whitey
     se beker en gee dit ook vir Grace. Hy haal die ou bruin Bybeltjie met die blink
     leeromslag van die rak af./Bl. 226: Whitey gryp Baas vas. Baas gee vir hom die Bybel.”
•    Whitey se droom oor die verlore boot/se soektog na die verlore boot laat Baas besef
     dat hy in Whitey iemand het wat sy belange op die hart dra./se aankondiging dat hy die
     verlore boot in die Liabwa la Twelve gevind het, bring Baas tot die insig dat hy op
     Manaka selfs sy droom ten opsigte van sy boot kan realiseer./dat hy op Manaka kán
     bly./Bv. bl. 224: "Ek kom eintlik net hoor of ek nie daardie seuntjie by jou kan leen nie
•       Ek het ŉ droom gehad."/Bl.245: “Die boot het nie verby die waterval gedryf nie. Dit
     het in Liabwa la Twelve dwars gedraai en sit nou in die kanaal vas.” “Jy het die boot
     gesién?” vra Grace vir Sitali.”
•    Dat Whitey Baas se rol in die gemeenskap erken deur vir Baas planke vir die herstel
     van die bankies te bring, beïnvloed Baas/bring vir Baas die insig dat hy sy rol as
     geestelike leier nie langer kan ignoreer nie./hy ŉ verantwoordelikheid het om in alle
     opsigte in sy oupagrootjie se voetspore te volg – daarom herstel hy die houtbankies
     sodat Manaka – plek kan wees waar die gemeenskap kan byeenkom, soos in die tyd
     van sy oupagrootjie./Bv. bl. 223: “Hierdie is joune. Jy het daardie dag gesê jy wil bankies
     bou. Ek het sommer stutpaaltjies ook saamgebring.”/Bl. 244: Sy gee koperskroewe aan.
     Baas skroef die eerste bankie se plank op die stutpaaltjies onder die worsboom vas.”

     Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                           [25]

    Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

                               Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2024)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 17

VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag                                      Antwoord                                       Punt
9.1        Grace √                                                                          1

9.2        Ouma Essie volg in haar man/die Induna of God se voetspore/tree. √               1

9.3        Nadeel: Hy is nie daar toe die sendelinge/Griesel by sy plek inbreek/sy plek
           beset nie./Hy kan nie aan sy boot werk nie./ Die siekte maak hom afhanklik
           van Grace./ander mense. √
           Voordeel: Hy leer dat ŉ mens ander mense/iemand soos Grace in jou lewe
           nodig het./gewoond daaraan raak om na Grace se raad/leiding te
           luister./ontmoet vir Whitey. √
           Ja.
           Griesel keer nie na Manaka terug nie, wat Baas se konflik oor die man (en
           sy vrou) ophef./
           Baas kan rustig voortgaan met sy lewe sonder om verantwoordelik te wees
           vir die sendelinge./
           Die sendeling se afwesigheid veroorsaak dat Baas die rol van geestelike
           leier inneem./vir die voortgang van geloof op Manaka sorg./in die sendeling
           se plek die werk doen. √√                                                        4

           Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

9.4        Die Bosoorlog/Grensoorlog/Die konflik tussen die Suid-Afrikaanse magte
           en die inheemse bevolking. √
           Grace het nie meer ouers nie./moet vir die verdere verloop van haar
           lewe by ouma Essie bly. √                                                        2

           Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.

9.5        Derdepersoonsverteller √                                                         1

           Hy/Sy weet nie wat Sitali./die siek vrou dink nie./kan net rapporteer wat
           Sitali/die siek vrou doen./is ŉ objektiewe waarnemer wat nie die
           vrou/Sitali/ouma Essie se gedagtes. √                                            1

9.6        Hy vervoer Baas na die hospitaal op Ngweze. √                                    1
           Hy kry nie vir Grace as vrou nie./ Hy word nie die nuwe hoofindoena nie./
           Hy kry nie ŉ aandeel in Baas se bootbesigheid nie. √                             1

9.7        Die leser voel positief oor mnr. Jos wanneer hy (later) die hoofindoena
           word./ Omdat die leser weet dat meneer Jos ŉ Christen is, verwag die leser       1
           positiewe dinge van hom. √

           Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                            Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
 18                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2024)

9.8       Hy gee sy/hulle oupagrootjie se Bybel vir Whitey.                                 1
          Hy sê vir Whitey wat sy van is./gee aan Whitey korrekte inligting oor sy
          regte van.                                                                        1

          Hy wil daarmee die familieband tussen hulle bevestig./bevestig dat hulle
          dieselfde oupagrootjie het./
          Hy weet die Bybel sal Whitey oortuig van sy (Baas se) opregtheid./
          Hy wil vir Whitey wys hy gee vir hom om./sy eie kennis oor sy oupagrootjie
          uitbrei deur inligting by Whitey te kry./help dat Whitey se kennis oor sy         1
          oupagrootjie uitbrei.

          Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

9.9       Sy wil Baas dwing om by die gemeenskap betrokke te wees./
          Sy weet moontlik wie die nuwe hoofindoena is./dat die nuwe hoofindoena
          (wat ŉ Christen is en ander nie sal uitbuit nie) vir Baas positiewer
          omstandighede (bv. geen uitbuiting d.m.v. konsessies/korrupsie) sal
          meebring./
          Sy wil verseker dat            Baas goeie      verhoudinge met die
          hoofindoena/khuta/gemeenskap het./die Lozi’s se gebruike ken./
          Sy aanvaar reeds dat hy die geestelike leier op Manaka is./wil hê dat hy
          self sy rol in die gemeenskap moet raaksien./moet besef dat hy met ŉ doel
          op Manaka is.                                                                     1

9.10      ŉ Mens kan selfs, wanneer jy dink dat jy jou geloof verloor het, dit weer
          terugkry./ŉ Mens verloor nie regtig jou geloof nie./
          ŉ Geloof-/godsdiensstryd maak jou ŉ sterker mens./
          God roep elke mens vir ŉ taak./doel./
          Die drome wat mense droom, is drome wat God gee.                                  1

          Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

          Ja, hy lees ten aanskoue van almal/ander mense uit die Bybel, terwyl hy
          aanvanklik niks met godsdiens te make wou hê nie./
          Hy gebruik sy ma se Bybel (omdat hy sy oupagrootjie se Bybel weggegee
          het) terwyl hy aanvanklik nie die Bybel wou saamneem Manaka toe
          nie.                                                                              2

          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke redes vir EEN punt elk aan.
          Die kandidaat se antwoord moet die groei/verandering by Baas aandui, of
          dit suggereer.
          Die kandidaat kan nie ŉ NEE-antwoord aanbied nie.

9.11      Hy kap dit teen die stutpaal op Manaka/by die ingang van Manaka vas. √            1

          Dit suggereer dat hy nie (van Manaka) weggaan nie./op Manaka gaan
          bly./
          Dit suggereer dat hy sy plek op Manaka gaan volstaan./
          Dit suggereer dat hy in sy oupagrootjie se voetspore gaan volg./sy
          oupagrootjie se tradisie sal voortsit. √√                                         2

          Die kandidaat bied TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk aan.
 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                              19

9.12      Ouma Essie se lewensomstandighede is die gevolg van die khuta wat haar
          van Manaka af verwyder het./As gevolg van die khuta se gierigheid het
          hulle ouma Essie van Manaka af verwyder in die hoop dat hulle die plek
                                                                                       1
          verhuur kan kry. √

          Dis moontlik, want hy heg waarde aan godsdiens./sendingwerk./loop ŉ
          reguit pad./ sal nie deur geld/korrupsie verlei word nie./
          Nee, dis onwaarskynlik, want ouma Essie is reeds sterwend. √                 1

          Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

                                                                                      [25]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2024)

VATMAAR – AHM Scholtz

VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:

•    Dis ŉ breë raamwerk van feite.
•    Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

• Tant Wonnie bly in Vatmaar net na die Anglo-Boereoorlog gedurende ŉ tyd
  wat gekenmerk word deur armoede/werkloosheid/swaarkry. Tant Wonnie
  kry gevolglik baie swaar en moet daagliks hard werk bloot om te kan
  oorleef./Bv. bl.111: En soos dit gaan met mense wat regtig arm is, is die water en
  die meeste van die bulletjie se vleis met die mense gedeel.
• Tant Wonnie leef teen die agtergrond van die Anglo-Boeroorlog; sy is
  alleenouer na Heinrich se dood in die oorlog./Bv. bl.111: ... wat Tant Wonnie
  se man geplant het die dag voor hy weg is oorlog toe ... /Bl. 179: Ja Mineer, ag,
  en Heinrich het gesê as hy terugkom van die oorlog af, sal ons met ŉ ring trou.
  Maar my Heinrich het nooit van die oorlog teruggekom nie.
• Vatmaar is ŉ nedersetting waar uitgewekenes wat nêrens elders welkom is
  nie, woon Tant Wonnie se Duister-Baster afkoms maak haar onaanvaarbaar
  in die wit gemeenskap./ In die Vatmaar – gemeenskap beleef sy eweneens
  baie jaloesie en haat./ Bv. bl. 125: Een koue wintersoggend het Tant Wonnie
  wasgoed vir ŉ swart Bruinvrou gewas – die soort wat wit bruinmense haat./Bl.112:
  Uit jaloesie is daar slegte dinge oor Tant Wonnie gesê.
• Die Vatmaar-gemeenskap word deur vooroordeel gekenmerk – iets wat Tant
  Wonnie ook ervaar: die haat van swartmense (bv. Settie September)
  veroorsaak dat sy vals beskuldig word./gehaat word./ná die vals
  beskuldigings oor die sg. diefstal word sy (onskuldig) gebrandmerk deur
  Vatmaar se mense sodat sy van hulle vervreemd raak. Bv. bl.125: ... dié soort
  wat wit bruinmense haat./Bl. 127: Sy’s ŉ dief! Sy’s ŉ dief! Tant Wonnie het haar
  kop gelig en na hulle gekyk want hulle het haar nie bang gemaak nie./ Bl.125:
  Mev. September stamp haar weer in die modder en hou aan skree: Djy’s ŉ dief,
  jou wit baster!/Bl. 126:Settie, het hulle gesê om haar te troos, om te dink ons het
  haar altyd gevetrou./Bl. 229: Djy wiet, ek sê gehelle sy is dangerous en sy het baie
  sterk toormedisyne.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

                           Hosted by www.ecexams.co.za.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2024)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 21

 • Tant Wonnie, net soos die mense in Vatmaar, is arm/het min besittings/leef
   onder die broodlyn/moet baie hard werk om te kan oorleef. Tant Qonnie het
   op genade in ŉ buitekamer gebly./op die grond geslaap./Die gevolg van
   hierdie armoede was dat Tant Wonnie op verskillende plekke en vir
   verskillende mense gewerk het in die hoop dat hulle haar iets sou gee om
   van te leef./Bv. bl.111: En soos dit gaan met mense wat regtig arm is, is die
   water en die meeste van die bulletjie se vleis met die mense gedeel./Bl. 112:
   Sonder om te dink wat môre sal bring, het hulle wakker gelê op hulle grondbed,
   sonder begeertes en sonder hoop, so gelukkig en tevrede .../Bl. 112: Tant
   Wonnie was die wasvrou en veral mense met ŉ donker velkleur het daarvan
   gehou dat sy vir hulle werk. Dit was die meeste van die tyd in ruil vir iets om te
   eet en Tant Wonnie het met trots gesê: Ons het nog nooit honger gaan slaap
   nie.
 • In Vatmaar beleef Tant Wonnie rassisme, want sy is te donker om in ŉ wit
   gemeenskap tuis te voel, maar vir die Vatmaar-gemeenskap is sy te lig:
   Settie September beskuldig haar vals omdat sy haar haat; sy moet geboei
   voor die perd uitloop toe sy polisiestasie toe geneem word./Bv. bl. 125: Mev.
   September stamp haar weer in die modder en hou aan skree: Djy’s ŉ dief, jou
   wit baster!
 • Tant Wonnie ervaar op Vatmaar ook magsmisbruik: Piet de Bruin probeer
   om haar te verkrag wat vir haar traumaties is./haar opnuut haar liefde vir
   Heinrich laat ontdek het./Bv. Bl. 134: Daardie Saterdag het ek byna vir hom
   ingegee, het Tant Wonnie nou sit en dink. Maar danksy my geliefde Heinrich,
   wat vir my nog lewendag was al het hy nie meer geleef nie, kon ek my teensit.
 • Die magsmisbruik wat daardie tyd kenmerk, bring vir Tant Wonnie baie leed
   wanneer haar dogtertjie Kaatjie sterf as gevolg van die
   baba/tronkstraf/gebrek aan mediese versorging./sy verloor haar kind as
   gevolg van Mevrou Bosman se verkeerde vermoede dat haar man
   verantwoordelik is vir Kaaitjie se swangerskap omdat dit uitloop op
   tronkstraf en haar (Kaatjie se) dood. Bl. 268: Toe haar kind die laaste swakke
   asem, uitblaas, het sy buite teen die ou doringboom gaan staan. Haar oë was
   oop, maar sy het niks gesien nie ...
 • Tant Wonnie se lewe op Vatmaar na Heinrich se dood is gekenmerk deur
   armoede en swaarkry omdat sy nie wettig met hom getroud is nie en dus
   nie geregtig is op sy oorlogspensioen nie. Dit dompel haar in armoede./
   veroorsaak dat sy daagliks baie hard moet werk om te kan oorleef./Bl. 201:
   Toe ek die telegram kry dat jou pa dood is, is ek na die army se pay- office toe
   ... Ek het gesê ek is nooit met die ring getroud nie ... Sorry I can’t help you.
 • Vatmaar se mense het in daardie tyd nie respek teenoor ander se besittings
   getoon nie, die naam “Vatmaar” dui aan dat jy mag vat wat jy nodig het.
   Tant Wonnie is baie sleg benadeel deur hierdie gewoonte /milieu; met haar
   terugkeer na haar huis ná Sannah Vosloo se dood tref sy haar huis in totale
   chaos aan, want al haar besittings is deur Vatmaar se mense uit haar huis
   gevat./Bv. bl.136: Al die maande wat hulle weg was, was daar niemand om agter
   hulle buitekamer te kyk nie. ... Alles wat binne was, was geplunder.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

                          Hosted by www.ecexams.co.za.

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0d3edb3f-1c44-4a82-a9fa-7832a4161288) — Afrikaans HL · QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2019-memo/669ef435-fb0c-4809-bd37-e82d905f388f) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018-memo/89172392-378e-4868-8b19-5f1762563210) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2017-memo/872c6282-9442-4b04-b87a-61c1a547d2be) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
